Die Spieëlbeeld

Page 1

Volume 1, uitgawe 1

Hooglied 2:16

Die Spieëlbeeld 1

N E E M A S S E B L I E F K E N N I S : ·

·

·

O u m a

Vandag is ‘n nuwe gesin gebore, vier hierdie vreugde saam met ons!

3

s e

Dit is Mei 2017. Louise pas aan in haar nuwe woning saam met ‘n vriendin en haar dogter, Monique (30). Na ‘n lang dag by die werk, skep Monique behae in nog ‘n gesprek wat sy voer op Singles2meet, ‘n webblad vir enkellopendes.

Dankie dat julle ons so hoog ag, dat julle jul tyd kon afstaan om ons dag nog meer spesiaal te maak Keer asseblief veilig terug na jul wonings. Ons wil hierdie dag slegs met vreugde in herinnering roep….

J

U

L

I

E

s o e k e

2

0

1

n a

Sonder om te skroom, besluit Louise dit is tyd om ook in háár lewe bietjie humor in te bou en registreer summier op die webblad. Aangesien sy egter geen gedagtes koester aan ‘n maat nie, word die eerste, die beste foto gekies om die profiel te voltooi.

9

h u m o r Hierdie foto is redelik onduidelik, en is dus ideaal vir haar doeleindes. Min het sy geweet dat juis dié foto die begin van ‘n heel interessante lewenspad met ‘n besonderse man sou wees…….

“Verbeter verhoudings deur saam te lag”

G E T U I E N I S S E V A N … .

Bianca Erasmus

2

Willem & Theresa

2

Bill Coetzee

2

Monique Boshoff

3

Reinard Harmse

3

Nagila Vermaak

3

Marieta & Roy

4

Big J

4

Tydverdryf

5

Marcelle Barlow

6

Sonet Browne

6

Foto collage

7

Johan Vermaak

7

Andries & Hetta

8

L e d i g h e i d i s d i e d u i w e l o o r k u s s i n g

s e

Dowwe foto prikkel nuuskierigheid


B l a d s y

2

D i e

D i e

c o o l s t e

Vandag gaan ek julle van ‘n vrou vertel wat my soveel van die lewe geleer het. Sy het my geleer ons is almal mense, ons maak foute en dan is dit okay om op te staan en die stof af te skud en te glimlag in die middel van ‘n storm. Ons mag kwaad word, en ons mag jammer sê as ons verkeerd was..dit maak niks minder van jou nie. Sy is die sterkste

“Ondersteun mekaar—fisies en emosioneel ”

g i r l

vrou wat ek ken, van baklei tot jou baklei moeg is, tot sterk staan as ‘n mamma met 3 paar kleine ogies vol vrae. Sy is nie perfek nie, en ons sien nie altyd eye to eye nie, maar ek ruil haar vir geen ander ma nie! Sy is “loyal to a fault” en al bel jy haar 10 voor 12 met die woorde “Mamma, ek het my kar gerol” spring sy net daar in haar kar en kom om

O n s ’n Moedswil. Nee, ’n perfeksionistiese, sarkastiese, hardkoppige moedswil-wie-alewig-allesbevraagteken en jou perke toets tot net voor jy ontrafel. Maar dink weer volgende keer voor jy jou oë wil rol vir sy streke. Kyk bietjie wat hy eintlik besig is om te doen wanneer hy hierdie kwaliteite inspan. Dis wel eg, maar dis ook oëverblindery. Hy gebruik sy lewens

S p i e Ë l b e e l d

o o i t ! jou te help, sonder enige oordeel. Sy is een amazing mens en ek het die wêreld se respek vir haar,. Ek as ‘n mamma steek kort by haar en ek sal nooit haar skoene kan volstaan nie. - Bianca Erasmus Bianca, Monique & Louise

K r a p … . . .

ervaring as gereedskap om die mense om hom deur die diepste swaarkry te dra, en ook deur die alledaagse struikelblokke en uitdagings te help. Met sy vlymskerp humor en pittige sêgoed maak hy enige situasie lig. Dis juis die perfeksionis in hom - wat altyd alles tot op die been moet blootlê en bevraagteken - wie nie sal rus tot hy ’n oplossing gekry het wanneer jy vashaak en nie meer weet watter kant toe nie, wie soveel moeite

doen ongeag van hoe groot of klein jou probleem is nie van frustrerende kar nukke tot die diep wroeging van kinders aanneem. Hy is ’n vangnet, ’n voorsiener, ’n versorger, in murg en been, toegedraai in kontrasterende verpakking. Met hom aan jou sy kan jy met ’n geruste hart, ’n glimlag en ’n “oogrol” die lewe aanpak. Liefde, Willie & Theresa & kie

Willem & Theresa

V r i e n d Wat noem jy iemand wat jy al 47 jaar lank ken? Vriend? Familie? In Sakkie se geval is dit beide. Sakkie is ‘n man met hoë standaarde en goeie waardes wat sy gesin bo alles stel. Hy sal nooit

skroom om te help waar hy kan of raad te gee nie. Iets wat ek persoonlik baie van Sakkie waardeer is sy vlymskerp sin vir humor! Ook sy eerlikheid en dat hy nie skroom om sy gevoelens uit te spreek nie.

o f

f a m i l i e … . . ?

Sakkie is ‘n staatmaker. Sy integriteit en leierskap staan bo verdenking by sy werk, tuis, tussen familie en vriende. Baie geluk aan jou en Louise en mag julle toekoms saam net voorspoed inhou!

-

Sakkie, Peet & Bill


V o l u m e

1 ,

u i t g aw e

1

B l a d s y

K i c k - a s s Hoe sê mens alles wat nodig is in 150 woorde…… Jy doen nie! Mamma, “Wonder Woman” kan haar skoene agterna gooi! Mamma is nie net ‘n moeder met ‘n sagte, liefdevolle hart nie, maar ‘n steunpilaar, ‘n hartsvriendin, ‘n terapeut, ‘n dokter, ‘n sonstraal wanneer ons soms deur donker dae gaan, ‘n lagmaat, huilmaat. ‘n Geduldige oor wat nie onnodige vrae vra wanneer mamma weet dat die

3

m a m m a

trane vlak lê nie, maar ‘n belangstellende ma wat die regte vrae vra wanneer mamma weet ek kan myself nie inhou om my nuus met mamma te deel nie! ‘n Mamma wat my onvoorwaardelik liefhet en aanvaar het. ‘n Mamma wat nog altyd in my glo selfs wanneer ek nie in myself kan glo nie, ‘n Mamma wat my genoeg vertrou om net myself te wees. ’n Paar jaar gelede het ek vir mamma 47 ballonne opgeblaas elk met ‘n woordjie wat mamma

beskryf. Baie sal dink dis ‘n moeilike taak maar dit was so maklik gewees om die ongelooflike mens wat mamma is te kon beskryf…… Vir ‘n beter mamma kon ons nie vra nie, Dankie vir die kick-ass mamma wat Ma is!! -

Monique

M y

p a

* You never know your luck in a big city

s e

s ê g o e d … . .

* Cash is king.

* 95% van jou vrese word nooit waar nie.

* Jou rente koop die bank se chrome en glas!

* Jy sal nooit weet as jy dit nie probeer het nie.

* In geval van nood is ‘n slang ook kos.

* Mens braai nie koue vleis nie.

* Koop die beste motorbande, remskoene en hondekos wat jy kan bekoststig

* Worcesthire sous help vir hoes en sellotape vir pleister.

‘ n

Jy doen nie... Jy staan ‘n rukkie stil by die grond en dorings (seerkry soos in elke verhouding maar is). Trane gee water en vergifnis groei. Wanneer water min is , gooi ons mekaar maar nat of in die

* As jy net R5 oor het, wat koop jy, brood of seep?

* Al wat groen is, is geld en gras. * ‘n Leuen het ‘n kort lewe -Reinard

* Die Engeltjies gaan dit nie vir jou doen nie. * ‘n Kar se kleur is wit; voëltjiemis ook.

* Luister na ‘n ander

( S k o o n ) d o g t e r g e t u i e n i s

Hoe som ‘n mens 6 jaar se heimwee in ‘n paragraaf op?

man se storie en wees dankbaar vir jou eie (ABSA teorie)

swembad. Uit dit bloei die mooiste grappies, luister, troos, daar-wees, omgee, liefde, saam-staan……... karaktereienskappe wat almal in Moeder se tuin blom. Blomme en saadjies skiet oral waar Ma gaan…. Dan dikwels is daar weer trane wat val, ‘n bietjie donderweer (okay, baie).

s e "maar my kind, dit sal ook weer beter gaan".. En dit doen: die son skyn weer...die sneeu smelt... En die mooiste ma-en-dogter -vriendskap blom vir altyd in my hart…… -

“Liefde—die een ding wat jy nooit te veel van kan gee of van kan ontvang nie”


B l a d s y

4

D i e

P l a a s o n t e i e n i n g Ons het op ‘n plaas in die Heidelberg distrik groot geword, ek, broer Willem (ja nog een) en klein sus Lea. Sakkie het ‘n paar keer kom kuier in skoolvakansies en dit was altyd ‘n hoogtepunt in ons eensame, afgeleë lewens op daai stil plaas. My Ma was ‘n wonderlike kok, so daar was altyd lekker kos en koek en beskuit en biltong! Wat sal ek sê Sakkie, ek en jy skelm inni die spens agter droë punte biltong aan, want oom Willem het hulle getel! Ons het daai lang, droë middae omgespeel op die dorsvloer tot net ons oë wit was... Eesh, en badtyd was die pitts! Maak vuur buite onder

A

die drom met water en skep dan emmers vol uit en dra badkamer toe. Maat, daai bene brand soos die hel van droë mielieblare spring! Weer Sakkie-plan: badolie eers op die lyf, dan water en seep. Kannie onthou of dit gewerk het nie!? Somer vakansies was beter - lang ure swem in die rivier en kleilat gooi. So het hy en broer Willem probeer om my te leer skiet met die pellet gun. Altyd ‘n slegte oefening al, maak hulle watse planne. Op die laaste minuut maak ek my oë toe, want hoekom moet ek iets doodmaak?? Soos hoenders slag….. Nou hier was die planne groot!! Willem hou die hoender se pote vas en Sakkie het ‘n tou om die

t a l l

( t ) A l e

Sakkie is a very good friend of mine, as well as a wonderful person (I have not been paid to say this but I tossed around some other superlatives and this one fits best). Since I’ve known Sakkie he has been like the Big Brother that I never had. He also has a wicked and sometimes dark sense of humour and a different kind of outlook on life as we know it.

my property mortgage, teaching me how to hang a door and kicking my backside by getting me to continue with my studies when goal posts were moved for my promotion.

In the time that I have known Sakkie he has kept me on the straight and narrow by advising me on best practices in paying off

Sakkie was in charge of updating our purchases in the honesty bar book and whether I was not taking much notice or I was

Sakkie and I found ourselves late one evening, while on a business trip to Amanzimtoti, in an honesty bar at the guest house that we were staying at.

i n

d i e

s p i e Ë l b e e l d

7 0 ’ s

kop vas, sodat die nek mooi gestrek was oor die boomstomp. Nou moet ek met die byl kap tot die nek af is. Ag, wat ‘n tranedal!! Ook die raad en daad om my te leer bestuur in Pa se blou Mazda bakkie: was soo snaaks toe Sakkie besluit hy stap eerder as om saam te ry! Ha-ha!! So, my liewe Neef is ‘n man van goeie planne en sterk op spaar van kragte. En beste sin vir humor—altyd!

Roy & Marita

Dankie, dat jy in ons lewens was, is en sal wees! Al ons blessings vir die nuwe planne en lewe saam. - Marita, Willem en Lea

f r o m

a b r o a d

getting a little tired, I hadn’t seen Sakkie update the book in a while. When I asked whether the book was being kept up to date, he replied to me “Big J, I have done some calculations and it seems to me that the prices that we are being charged are about twice what one should pay. So with that in mind I have decided to only write in the book after every second drink, just to keep them honest – if you know what I mean.”

recite word for word the opening intro to Jim Steinman’s Love and Death and an American Guitar All the Best Louise and Sakkie. Big J, aka Jonathan Harries, Your Welsh Brother in Scotland

Sakkie is also the only person that I know who can Big J


V o l u m e

1 ,

u i t g aw e

1

B l a d s y

’

5


b l a d s y 6

D i e

D e u r

d i k

e n

s p i e Ë l b e e l d

d u n … .

Liesie & Cellie, Twee Vriendinne deur BAIE dik en BAIE dun:

medemens, die sout van

oop vuur en ‘n

die aarde! Sy het in haar

watertand lekker ete sal

51jarige leeftyd meer

kan voorsit. Haar liefde

Hoe praat die jong klomp

beleef as wat ander van

vir haar kinders is ‘n

vandag? BFF4E! Heel

kan droom! Louise is ‘n

diepgewortelde moeder-

gepas vir my & my Maat-

omgee-mens, ‘n ek-gee-

liefde, wat in die middel

jie! “Best Friends for

alles-mens, ‘n dame in

van die nag sal opstaan

Ever” Hoe beskryf ‘n

die volle sin van die

en gaan help waar nodig

vriendin, wat die grond

woord. Sy het ‘n hart vir

is. Sy los jou nooit in die

aanbid waarop haar

haar medemens en gee

donker nie, sy vat jou

beste vriendin loop, hul

meer van haarself, as wat

hand, en lei jou na die lig!

verhouding? Soveel om

verwag word. ‘n Vrou wat

Haar hele lewe

te sê van ‘n vriendskap

kaalvoet oor die Drakens-

weerspieël Jesus-liefde!

van 36 jaar. . . Sy is ‘n

berg sal kan loop, weet

unieke mens, sy is baie

hoe om die swart-

lief vir haar Skepper, ‘n

boompot te gebruik oor ‘n

Marcelle & Louise

-Marcelle & Barlow

voorbeeld vir haar

“’n Huwelik is die begin van saamwees,...van stap in die reën, bak in die son, gedeelde maaltye, omsien na mekaar en ‘n begrip van die liefde wat ‘ n huwelik dra” G e s i e n

d e u r

Louise is ‘n hartlike, spontane, liefdevolle en baie sterk mens. In haar jonger jare was sy al deur diep waters en moes sy vining leer op haar eie voete staan.

koste van haarself. Selfs by die werk gaan sy uit haar pad om ander te help en die lewe so bietjie makliker vir almal te maak. En dit alles sonder om enige iets op ‘n stadium terug te verwag.

Al sien ek en my suster mekaar nie gereeld nie, is sy altyd bereid om dit waarmee sy besig is, te los en my te help indien ek hulp of raad nodig het. Sy help altyd waar sy kan, al is dit ten

Met die 5 jaar verskil in ouderdom tussen ons, het ons nie baie saam gedoen as kinders nie. Ons het wel een keer goed saam uitgehaak by ‘n wynfees…. Ons altwee wonder nou nog

‘ n

s u s

s e

o Ë

hoe ons veilig by die huis gekom het….. Sy hou van die mooi in die lewe en is altyd netjies op haarself. Louise hou ook van bederf en het meestal iets lekkers om aan te smul in die yskas. ‘n Mens voel altyd tuis, al val jy net gou in…. -Sonet

Browne

Sonet & Wouter


V o l u m e

1 ,

u i t g aw e

W a t

i s

Dit blyk 'n maklike vraag wees om te beantwoord tot mens in diepte daaroor sit en dink. Wat presies behels dit om 'n ouer te wees? Wat presies behels dit om 'n moeder te wees? Mens kan alle navorsing gaan doen om antwoorde te kry, maar elke antwoord gaan op dieselfde resultaat afkom - opoffering. As ouer en as moeder is die opofferinge wat gemaak moet word op 'n ander vlak as normaalweg. Die opofferinge wat mens as ouer en moeder maak is soveel meer as net die suiker terug sit op die rak in die winkel en net die stroop vat aangesien jy

1

' n

B l a d s y

o u e r ?

W a t

dit in beide koffie asook die oggend se ontbytpap kan gebruik. Opofferinge van 'n ouer en moeder kan mens eers ten volle verstaan sodra jy self in daardie posisie is. Die opofferinge begin al vroeg vir 'n moeder, van die punt van swangerskap tot die punt waar die einste ryskorreltjie vir sy of haar moeder kan sorg, dit is konstant. Die rede waarom ek so sê is dat van die oomblik wat 'n vrou swanger raak, dra sy die verantwoordelikheid om na die ryskorreltjie om te sien. Dit beteken dat van daai dag af is sy nie net 'n ouer nie maar 'n moeder. 'n Moeder skenk lewe aan 'n ander, nie net met swangerskap nie maar deur die jare se baklei,

i s

' n

m o e d e r ?

hartseer, opbou, trots, en alle aspekte van kindwees om sodoende die ryskorreltjie sterk en gereed genoeg te maak vir die wêreld daarbuite. 'n Moeder is iemand wat haarself altyd laaste sal stel, sy sal veel eerder voedsel en drank vir haar ryskorreltjie gee as wat sy dit neem. Sy sal eerder vir die ryskorreltjie warm kleertjies kry teen die koue as vir haarself. 'n Moeder sal eerder omsien na die ryskorreltjie se welstand as haar eie, maak nie saak wat gebeur nie. As dit nou so sou gebeur dat daar konflik ontstaan tussen die twee, hartseer, vrees of selfs net bietjie opkikkering van die een na die ander—'n moeder sien om na die ryskorreltjie.

Dit is wat ma vir my beteken. Nou dat ek self 'n ouer is, sien en besef ek dinge wat ek nie vantevore gesien het nie; ek leef op 'n ander wyse met ander doelwitte wat ek nie tevore gehad het nie. Dankie dat ma my so geleer het en so voorbeeld vir my gestel het. Ek sal elke dag streef daarna om met elke dag van my lewe net beter en beter te raak sodat my kinders ook eendag so baie by my kan leer. Ek wil dan laastens net geluk sê aan die troupaartjie, mag jul jare saam vol geluk en gesondheid wees, pas mekaar op. -Johan Vermaak

Johan

7


DANKIE DAT JY DIE DAG SAAM MET ONS KOM VIER!

1 3

J U L I E

2 0 1 9

Ons is ‘n doodgewone, plat op die aarde paartjie, wat ontdek het dat die einde van 26 Golden Gate Boulevard Vaalpark 1948

die pad nie noodwendig die einde van jou

Sakkie: 083 648 9495 / sakkieharmse@gmail.com Louise: 082 821 7493 / louise.harmse@vodamail.co.za

Vir elke deur wat die Here toemaak, maak

lewe beteken nie! Hy ‘n ander een oop!

You never know your luck in a big city…...

‘ n

J a r e l a n g e

Sakkie en Andries se vriensksap het begin op ‘n skoolbus met ‘n eenvoudig vraag van Sakkie: “Is jy oom Herklaas Smit se seun?” Dit was omtrek 45 jaar gelede. Na al hierdie jare deel hulle nog steeds mekaar se lief en leed en kan hulle nogsteeds saam die goeie dinge in die lewe geniet. As jong seuns het hulle ‘n passie gedeel vir vinnige karre - ‘n bruin 1200 GX Datsun en ‘n rooi Ford Cortina GT. Terwyl hulle in die state van Rothdene en Kookfontein rond gery het, het die musiek van Queen, AC/DC, Nazareth en Suzi Quatro geblêr … ! Hulle vriendskap het vas gestaan deur sorglose jare van studies, werk en militêre diensplig. In 1984 het ek vir Sakkie en Andries ontmoet.

Hetta & Smittie

“Een minuut se geduld kan lei tot jare se vrede “

v r i e n d s k a p … . .

Andries was die stil man met min woorde. Sakkie was egter die ou wat al die praatwerk gedoen het. Ek het hom leer ken as ‘n persoon met ‘n baie fyn sin vir humor. Die jare het aangestap en ek en Andries is getroud - Sakkie was maar eintlik altyd deel van ons kring. Ons 3 saam het die beste tyd van ons lewe gehad toe ons in Vaalpark gebly het. Die braaivleis vure is gereeld aangesteek en dan het die lang laataand gesprekke gevolg. Ek en Sakkie was die twee wat diep kon filosofeer - tot Andries se ergenis soms. Ons het saam goeie whiskey gedrink en die wêreld se probleme opgelos. Ouerskap het ons almal se vrienskap tot ‘n meer volwasse vlak geneem. Die sorglose dae het nou plek gemaak vir die grootmaak van seuns. Sakkie en

Andries het hierdie rol van pa wees met trots vervul. Vandag kan hulle terugkyk na drie goed opgevoede jong manne, wat ook hulle onderskeie drome navolg. Sakkie is ‘n vriend en vertroueling - ‘n man van karakter. Hy is ‘n diep denker en ‘n omgee-mens. Hy is ‘n man saam met wie jy ‘n pad kan stap …. ‘n lang pad. Wanneer ek terug kyk op ons pad saam … sien ek diep spore wat getrap is, spore wat getuig van ‘n opregte vriendskap wat die toets van die tyd deurstaan het. Seënwense Andries en Henriette Smit


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.