Proagri 169

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Maart / March 2014 No / Nr 169 ISSN 1042 - 1558

Gee jou mening oor georganiseerde landbou

Boere wen met Isuzu se dubbelkajuit-trokkie

Strooptyd:

Die ware toets

Gewasproduksie: PANNAR bied saad, raad en daad Bewerking: Wat vra jou grond? Hulpbronbestuur | Gewasproduksie | Meganisasie |

Veilings



Redakteursbrief

Voorblad

E

k lees op die Landbou Sosiaal-bakkiesblad skryf ’n boer dat die omie by die biddag vir reën gevra het dit moenie so tip-tip reën nie, dit moet sjor-sjor reën. Wel verseker is die grootste deel van die goeie ou Transvaal nou deurdrenk met sjor-sjor reën. Dit is ’n bietjie ongemaklik vir ons SuidAfrikaanse vee wat gewoond is aan sonskyn op hulle lywe om dag na dag die waters te trotseer, maar ek is seker hulle gaan breed glimlag oor die groen grassies. In hierdie uitgawe van ProAgri het ons ’n baie interessante artikel oor die pad vorentoe vir grondbewerking deur ’n kundige wat meen dat minimumbewerking wyd haalbaar is. Soveel boere, soveel planne natuurlik en uiteindelik moet elkeen doen wat vir sy plaas die beste werk en natuurlik bekostigbaar is. ’n Gebrek aan idees en masjiene om die werk te doen is daar bepaald nie en ek vertrou dat ons hier by ProAgri ons deel doen om boere ingelig te hou oor al die nuwe verwikkelinge. Hou gerus ook ons webwerf dop vir meer inligting oor die Plaasvars Musiekfees wat hierdie jaar sy verskyning tydens Nampo op Bothaville gaan maak. Dit is ’n gesinsfees met lekker Afrikaanse musiek van laatmiddag af en daar is ook spesiale geleenthede vir maatskappye om boere te onthaal. Praat gerus met een van ons bemarkers om die geleentheid te benut. Ek moedig u ook graag aan om deel te neem aan die meningsopname op bladsy 31. Georganiseerde landbou kan baie vir boere beteken, mits die organisasies genoeg bedingingsmag het. Ons wil graag weet hoe u daaroor voel. Boer slim! Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za Inhoud Inhoudsopgawe

/ Contents

Gewasproduksie 2 Grondbewerking: Wat vra jou grond? 8 PANNAR bied boere saad, raad en daad 13 Pioneer se wêreldkampioene deel hulle geheime 15 Berthoud spuit die pad oop na minimumbewerking 17 LEMKEN sorg vir ’n snoesige saadbed 19 Valley konsolideer sy eienaarstruktuur 21 Ocmis spuit ’n eerste plek in die groenmieliemark los Meganisasie 22 Strooptyd: Die ware toets 24 Isuzu se dubbelkajuit-trokkie: Vier wenners in een 27 Kubota se L39 is die veelsydigheid vanself Hulpbronbestuur 29 John Deere laat die stedeling na die plaas hunker 30 My hond is vergiftig. Wat nou? 33 Verblyfreg: Die invloed op koopooreenkomste 35 Shell lewer skitterdieseldiens op die Hoëveld 37 Is jou familieboerdery ’n bate of ’n las vir jou nageslag? 39 Neem volle beheer sonder draadwerk Gereeld 40 Veilings 42 GeneGids 44 AgriTrader Spesiaal! 14 Wen ’n selfoon vir die plaas 31 Gee jou mening oor georganiseerde landbou en wen www.proagri.co.za

Een van die nuwe opwindende nuwe kultivars wat PANNAR so pas bekend gestel het, is die gespikkelde rooi droëboon met sy unieke rooi blommetjie. Lees meer oor die wye kultivarkeuse op bladsy 8 en geniet die uitgawe propvol gewasproduksienuus.

Gebou 2, Menlyn Woods, Spritestraat 291, Faerie Glen Tel: 0861-777-225 www.smartpublishing.co.za Business-to-Business: Agriculture ABC Oct – Dec 2013 39 758 average copies per month Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

2

Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

8

Bemarkers: Klein advertensies Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Adele van Tonder > 0861-777-225 adele@proagri.co.za

15

Uitleg & grafika Esta van Niekerk Navrae Engela du Plessis > 0861-777-225 engela@proagri.co.za

22

29

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 0861-777-225 marlien@smartpublishing.co.za

Smart Publishing Bemarkingsbestuurder Anneke Claassen > 0861-777-225 anneke@smartpublishing.co.za

35

Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 169 – Maart / March 2014

1


Gewasproduksie

Grondbewerking:

Wat vra jou grond? Tradisie is nie meer die bepalende faktor wanneer boere besluite neem oor grondbewerking nie. Suksesvolle boere laat hulle lei deur die jongste navorsing en noukeurige ontleding en is nie bang om self te eksperimenteer nie. ProAgri het vir Martiens du Plessis, grondkundige by NWK Beperk, gevra om die rol van grondtipe in bewerkingsbesluite te bespreek. Tussendeur is daar ’n fotobeeld van enkele praktyke en toerusting wat ProAgri se redaksionele span die afgelope paar maande by demonstrasies en op plase raakgeloop het.

W

anneer grond bewerk word of bloot wanneer ’n werktuig oor die grond ry, het dit regstreeks ’n invloed op die grond se fisiese eienskappe. ’n Verandering in die fisiese eienskappe beïnvloed weer sommige chemiese en biologiese eienskappe. Die mate waartoe grondbewerking die eienskappe beïnvloed, verskil tussen grondtipes. In hierdie artikel gaan die invloed van grondtipe op die besluit oor ’n geskikte bewerkingstelsel, uitgelig word.

Grondfisiese eienskappe wat in ag geneem moet word. Daar is ’n aantal grondfisiese grondeienskappe wat met besluite oor ʼn bewerkingstelsel in ag geneem moet word. Sommige van hulle raak die gemaklikheid van bewerking, soos klewerigheid, vastheid en dravermoë. Sommige van die eienskappe is baie gevoelig vir agteruitgang tydens bewerking, soos grondsterkte, hidrouliese geleiding, brutodigtheid, deurlugting, organiese materiaal, grondmikrobes en hoërorde-grondlewe. Wanneer daar op ’n bewerkingstelsel besluit word, moet die voor- en nadele van die uitwerking van die stelsel op hierdie grondeienskappe oorweeg word. Uit die aard van die saak is die stelsel met die kleinste impak en wat prakties uitgevoer kan word, die wenner. Dit wissel van grond tot grond. Grondvastheid Daar word na vastheid verwys as daardie eienskappe wat afhanklik is van die kleefeienskappe en die weerstand teen vervorming by verskillende waterinhoude. Droë grond se vastheid is wesenlik harder weens toenemende 2 ProAgri 169 – Maart / March 2014

kohesiekragte in die grond teenoor wanneer dit klam is. Wanneer die grond bokant veldwaterkapasiteit nat is, verloor dit die meeste van sy sterkte en vervorm dit baie maklik (plastiese vastheid), maar verbrokkel nie. Dit is tussen hierdie twee grense (harde vastheid weens droogte en plastiese of vervormbare vastheid wanneer dit nat is) waarby grond bewerk word. Grondvastheid beïnvloed die keuse

van bewerking. Om droë grond met ’n harde vastheid te bewerk, vereis meer energie as om klam grond met ’n brokkelrige vastheid te bewerk. Derhalwe wag ’n mens eerder totdat dit goed gereën het. Kleigrond se vastheid in die droë toestand is tipies hard en verg baie energie om te bewerk. Aan die ander kant moet dit nie nat en plasties wees nie, want dan kleef dit aan die werktuie. Dus is die vensterperiode om kleigrond te bewerk klein. www.proagri.co.za


Grondsterkte Grondsterkte is die vermoë van die grond om vervorming deur kragte wat toegepas word, te weerstaan. Grond wat nog nooit deur bewerking versteur is nie of wat ook nog nooit deur iets vasgetrap is nie, kan geag word by natuurlike grondsterkte te wees. Sandgrond by natuurlike grondsterkte en tot veldwaterkapasiteit benat, se penetrasieweerstand soos met ’n penetrometer gemeet, wissel meesal tussen 900 kPa en 1 100 kPa. Die penetrasieweerstand van kleieriger grond is hoër weens die groter mate van klewerigheid van kleigrond. Wanneer werktuie oor ’n land beweeg, kompakteer dit die grond, wat die grondsterkte en dus die weerstand teen vervorming, verhoog. Sandgrond kompakteer makliker en dieper as kleigrond en derhalwe neem die grondsterkte weens kompaksie meer in sandgrond toe as in kleigrond. Dravermoë van die grond Die dravermoë van grond is ook ’n aspek van grondsterkte. Vir ’n trekker om oor grond te beweeg en vrag te kan trek, moet die trekkerwiel die grond kompakteer en dan haak die bande se kappe in die gekompakteerde grond en kan die trekker vorentoe gestoot word. Wanneer grond baie nat is (plastiese vastheid), vervorm dit in so ’n groot mate dat trekkerwiele dit nie gekompakteer kan kry nie en die trekker kan nie loop nie. Die teenoorgestelde is ook waar. Wanneer los sandgrond heeltemal droog is, kan dit ook nie gekompakteer word nie en dan sit ’n voertuig ook in die droë los sand vas (los vastheid). Grond met ’n swak dravermoë kan derhalwe net ligte bewerkings verdra. Hidrouliese geleiding Die hidrouliese geleiding van grond is

Trekker- en werktuigvervaardigers is deeglik bewus van die invloed van wiele op grondstruktuur en hoëflotasiebande is deesdae die standaard by veral swaar toerusting soos hier aan die Equalizer SL Min-Till-mielieplanter. die vermoë van die grond om water onder die invloed van ’n krag (gewoonlik swaartekrag) te gelei. Die geleiding of vloei van water vind deur die watergevulde porieë en langs waterfilms in die porieë plaas. Hoe groter die porieë (wat aaneenlopende buisies vorm en kapillêre buisies genoem word) hoe vinniger word die water deur die kapillêre buisies gelei (soos in sandgrond). In gekompakteerde of vasgetrapte grond is die grootste buisies inmekaargedruk en is die geleiding stadiger. In kleigrond is daar meer buisies, maar

Rusperbande verminder nie net kompaksie nie; dit help ook om wielglip uit te skakel. Die Soucy Tracks-rusperbande wat hier gedemonstreer word, pas aan enige bestaande trekker en kan ook weer afgehaal word vir padrywerk. www.proagri.co.za

hulle is baie dunner en bied dus meer weerstand teen waterbeweging weens die groter adhesiekrag in die dunner buisies. Gekraakte kleigrond verskaf tydelike makroporieë waarin water vinnig inbeweeg, maar sodra die krake toeswel met benatting, is die waterbeweging baie stadiger. Wanneer werktuie oor klam kleigrond beweeg, druk dit die krake toe en verlaag dit waterbeweging. Die implikasie hiervan vir grondbewerking is dat sandgrond gouer na benatting bewerk kan word. Kleigrond moet eers heelwat afdroog voordat dit bewerk kan word. Brutodigtheid Die brutodigtheid van grond verwys na die massa per eenheidsvolume grond en word in kilogram per kubieke meter (kg/m3) uitgedruk. Die brutodigtheid van onversteurde sandgrond is gewoonlik tussen 1 600 en 1 800 kg/m3 en dié van kleigrond tussen 1 100 en 1 300 kg/m3. Wanneer grond gekompakteer word, word die brutodigtheid daarvan verhoog omdat daar meer minerale deeltjies per kubieke meter saamgepers word en dus minder porievolume nalaat. Grond met ’n hoër brutodigtheid bewerk dus moeiliker en vereis meer energie vir bewerking. Grond met ’n abnormaal hoë brutodigtheid moet losgemaak word. Sandgrond is meer gevoelig vir vermindering van brutodigtheid met bewerking as kleigrond. Voorts herstel brutodigtheid nie natuurlik in sandgrond nie en moet dit deur meganiese bewerkingsaksies herstel word. Kleigrond kraak met uitdroging en die brutodigtheid herstel vanself oor tyd. ProAgri 169 – Maart / March 2014

3


Klewerigheid Grond se klewerigheid word deur ’n kombinasie van die kleipersentasie en die kleitipe bepaal. Montmorillonitiese klei (dié wat baie swel en krimp met benatting en uitdroging) is meer klewerig as die kaolinitiese klei. Grond waarin oorheersend montmorillonitiese klei is, kleef aan werktuie vas en dit moet droër bewerk word wanneer dit nie-plasties is. Grond met kaoliniet as kleimineraal kan natter bewerk word. Die hoeveelheid klei in die grond is ook belangrik. Sandgrond met montmorillonitiese klei is nie noodwendig klewerig nie en kleigrond met kaoliniet is ook nie noodwendig klewerig nie.

Sandgrond se brutodigtheid herstel nie natuurlik nie en meganiese bewerkingsaksies kan nodig wees as gevolg van kompaksie.

Porieë Water- en lugbeweging deur die grond is van die hoeveelheid en grootte van porieë in die grond afhanklik. ’n Gunstige poreusheid of deurlugting van die grond is dus vir plantwortels belangrik. Deur die grond te bewerk, word die poreusheid van die grond verhoog en dit veroorsaak dat water- en lugbeweging deur die grond verbeter. Aan die ander kant kan grond te los wees met te veel makroporieë, tipies nadat ’n aggressiewe primêre bewerking uitgevoer is. Dit veroorsaak dat

Geenbewerking is die doeltreffendste metode wat gevolg kan word om die organiese inhoud van grond te verhoog. 4

ProAgri 169 – Maart / March 2014

Kleigrond kraak met uitdroging en die brutodigtheid herstel vanself mettertyd. die grond-wortelkontak nie optimaal is nie en dan kan plantwortels nie water en plantvoedingstowwe optimaal opneem nie. Organiese materiaal Organiese materiaal verlaag klewerigheid, verlaag brutodigtheid en verhoog poreusheid. Wanneer grond bewerk word, word die toestande vir biologiese afbreking van organiese materiaal bevorder. Dit het weer ’n uitwerking op verskeie grondfisiese, grondchemiese en grondbiologiese eienskappe. Geenbewerkingstelsels is uiters geskik vir die bewerking en benutting van organiese materiaal. Tekstuur Minerale gronddeeltjies van grond verskil in grootte. Minerale deeltjies kleiner as 2 mm in deursnee word as grond beskou. Die fynste deeltjies word as klei geklassifiseer, die growwe deeltjies as sand en die intermediêre grootte as leem. Tekstuur verwys na die verhouding waarin sand, leem en klei in die grond voorkom. Bogenoemde grondeienskappe word almal deur tekstuur beïnvloed. Kleigrond se vastheid is harder in die droë toestand en plasties in die klam toestand en dit beïnvloed bewerking regstreeks. Die gekompakteerde grondsterkte van sandgrond is hoër as dié van kleigrond. Kleigrond se hidrouliese geleiding is stadiger as dié van sandgrond. Kleigrond is meer klewerig as sandgrond. www.proagri.co.za


Bewerkingstelsels en grondtipe Oor die algemeen geld die reël dat hoe hoër die kleipersentasie, hoe vlakker kan bewerk word. Om kleigrond diep met ’n skeurploeg te bewerk, gaan in die oorgrote meerderheid van gevalle onnodig wees en gaan in baie gevalle waarskynlik nadelig wees. In sandgrond, daarenteen, gaan ’n diep skeurploegbewerking in die meeste gevalle opbrengs bevoordeel. Die hoofrede hiervoor is dat sandgrond maklik en diep kompakteer wanneer werktuie oor die land beweeg en dat ’n effektiewe diep skeurploegbewerking die kompaksie ophef, brutodigtheid verlaag, deurlugting verbeter, waterbeweging bevorder en wortelgroei stimuleer. Tussen hierdie twee uiterstes is leemgrond, wat tot ’n meerdere of mindere mate na die een of ander kant neig. Wat van geenbewerking? Tradisioneel word aanvaar dat klei- en kleileemgrond geskik is vir ’n geenbewerkingstelsel en dat sandgrond nie daarvoor geskik is nie. In Argentinië word sowat 90% van alle gewasverbouing in geenbewerkingstelsels gedoen. Hiervan is die oorgrote meerderheid van dié grond uiterste leem- en sandgrond met baie min klei. Maar wat van geenbewerking in Suid-Afrika? Na my mening kan geenbewerking suksesvol op alle grond in Suid-Afrika toegepas word, met die voorbehoud dat bogenoemde afbreking van grondeienskappe doeltreffend bestuur word. Dit word gedoen deur die grond se chemiese eienskappe reg te stel voordat daar met die stelsel begin word. Grondontledings is noodsaaklik hiervoor. Gedegradeerde fisiese eienskappe, by name grondsterkte, brutodigtheid, hidrouliese geleiding en poreusheid moet ook doeltreffend vooraf met die regte werktuie reggestel word. Hierna is ’n permanente spoorverkeerstelsel, waarin alle landverkeer jaar na jaar op dieselfde spore ry, ’n absolute voorvereiste. Hiervoor is GPS-navigasiestelsels aan die landbouwerktuie van besondere groot hulp. Dit beteken dat die praktyk om jaarliks die ryrigting te swaai, die volhoubaarheid van so ’n stelsel ernstig in die wiele ry. In Australië word beheerde spoorverkeer selfs op kleigrond gepropageer omdat dit, soos hierbo beskryf, die makroporieë oop hou en waterindringing wesenlik bevoordeel. Samevatting Wanneer werktuie oor ’n land beweeg en grond bewerk word, veroorsaak dit afbreking van sommige grondeienskappe. Aan die ander kant is bewerking dikwels ook nodig om afbreking wat voorgekom het, meganies te herstel. Boere moet seker maak dat die bewerking wat uitgevoer word, doeltreffend is. Dit is ongelukkig so dat die bal alte dikwels misgeslaan word en dat www.proagri.co.za

’n Tandbewerking as deel van die plantaksie, soos met die Equalizer MinTill-koringplanter, bied ’n goue middeweg waar plantrye dieper bewerking en kunsmisplasing benodig sonder om die voordeel van oesreste wat op die land agterbly in te boet. grondbewerking, sonder dat die boer dit besef, ondoeltreffend uitgevoer word. Geenbewerking is waarskynlik die pad vorentoe, met die voorbehoud dat grondafbreking in die geenbewerkingstelsel doeltreffend bestuur word. ’n Verskeidenheid fisiese, chemiese en biologiese grondeienskappe kan poten-

sieel in ’n geenbewerkingstelsel agteruitgaan en moet gereeld gemoniteer word. ’n Permanente spoorverkeerstelsel, waarin alle landverkeer jaar na jaar op dieselfde spore ry, kan doeltreffend aangewend word om afbreking van ’n hele aantal grondfisiese eienskappe te bestuur. P Vir verdere navrae kan die skrywer by martiens@nwk.co.za gekontak word.

’n Skaarploegaksie kan nodig wees om kompaksie in die bogrond te herstel. As gevolg van onkruiddoderweerstand, veral in die Wes-Kaap, pas sommige boere ook weer diepbewerking toe om onkruid te beheer. Die Lemken-omswaaiploeg sorg dat die aksie vinnig en doeltreffend kan plaasvind. ProAgri 169 – Maart / March 2014

5


6 ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


Die Jumil-reeks planters is spesiaal ontwikkel vir totale geenbewerking en plantwerk regstreeks in oesreste – en selfs onbewerkte grasland.

Nog ’n oplossing vir digter oesreste, veral waar daar gou na strooptyd geplant moet word, is strookbewerking soos deur Orthman se 1tRIPr, wat hier in kombinasie met ’n John Deere 1750-planter deur die land wikkel.

Die Turbomax met sy vertikale skottelbewerking sny oesreste fyn en vermeng dit doeltreffend met die bogrond.

Lemken se Rubin 9 in kombinasie met ’n Solitair 9-planter sorg vir fyn saadbedvoorbereiding en plantaksie in een beweging en die planter kan vir groot- en kleingraansaad gebruik word. www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

7


Gewasproduksie

Die grondslag vir sukses:

PANNAR bied boere saad, raad en daad D

ie beste kans vir sukses – dis wat boere kry deur PANNAR se samevoeging van topprodukte met vindingryke gewasvoorsorg en -nasorg om ’n volledige risikobestuurspakket te bied. PANNAR se doelwit is om boerdery se doeltreffendheid en winsgewendheid te verhoog en daarvoor is ’n vyfpuntplan ontwikkel: 1 Heel voorste navorsing en ontwikkeling: Met die groot navorsingskapasiteit van ’n ultramoderne, wêreldklas tegnologiesentrum, is PANNAR op die voorpunt van vooruitgang in saadnavorsing en -teling. PANNAR se teelprogramme kombineer gevorderde teeltegnologie en bioïnformatika. Dit verseker hoëopbrengsvariëteite met beter siekte-, droogte- en insekverdraagsaamheid.

2 Wenprodukte en gewaspakkette: PANNAR-produkte word gekenmerk deur uitsonderlike prestasie, stabiliteit en gebiedsaanpasbaarheid. Verspreiding is ʼn goeie strategie vir risikobestuur. PANNAR help die boer om ’n kultivarpakket uit verskillende groeiklasse en met verskillende agronomiese eienskappe saam te stel. Dit is een van die boustene waarmee boere die opbrengs op hulle belegging en vooruitstrewende boerdery kan verseker. 3 Gewasvoorsorg: PANNAR se ten volle gesertifiseerde en geakkrediteerde laboratoriums handhaaf die hoogste gehaltestandaarde. Die PANACEA™ omvattende saad- en

plantbeskermingsinisiatiewe identifiseer topgehalte chemiese produkte en polimere vir doeltreffende saadbehandeling. Dit verseker goeie plantbaarheid en groeikragtigheid. Sodoende word saad en saailinge teen vroeëseisoen insek- en saad- of grondgedraagte siektes beskerm vir ’n goeie wegspring. 4 Plant nommerpas: PANAGRI™ praktiese boerderynavorsing verskaf riglyne om verbouingspraktyke en die plantbevolking vir elke spesifieke gebied te optimaliseer. Akkurate saadspasiëring, diepte en saad-met-grond kontak bevorder gelyke/eenvormige opkoms en is die grondslag vir die beste moontlike opbrengspotensiaal. 5 Beskerm jou plante: Eersteklas saad en kundige advies verseker ’n suksesvolle oes. Deur die integrasie van topprodukte, praktiese boerderyoplossings en innoverende gewasnasorg, bied PANNAR die boer ’n volledige, kostedoeltreffende risikobestuurspakket om die winspotensiaal van sy boerdery te verbeter. By PANNAR se onlangse Gewasextravaganzas het boere hulle weer verlustig in die opwindende moontlikhede wat PANNAR se nuwe (en ou vertroude) kultivars bied. Kyk net: NUWE WITBASTERS Die uitstaande prestasie van PANNAR se mieliebasters in die LNR se nasionale proewe oor die afgelope vyf jaar is ʼn bewys van PANNAR se uitstekende kiemplasma en uitstaande toetsprogram.

Die sterk meerkoppige PAN 5R-993BR is ’n nuwe, vinnige witmielie wat ’n baie goeie keuse vir die droër produksiestreke is. Vinnige pakket: PAN 4A-111, PAN 4R-511R en PAN 4B-311B (NUUT): Aanbeveel vir die Noordoos-Vrystaat en al die oostelike produksiegebiede. Presteer uitstekend in die misgordelgebiede. Goeie staanvermoë, graangehalte en skepelmassa. Die pakket vind baat by ʼn swamdoderspuitprogram. Medium-vinnige pakket: PAN 5R-693R en PAN 5R-993BR (NUUT): Veelsydig en presteer in al die produksiestreke. Baie goeie keuse in die droër produksiestreke. Sterk meerkoppig met goeie agronomiese balans.

Silage King is ’n soetriettipe voersorghum wat uitmuntend is vir staande hooi of kuilvoer. Veeboere is ingenome met die opbrengs wat Silage King bied. 8 ProAgri 169 – Maart / March 2014

Medium pakket: PAN 6Q-245, PAN 6Q-345CB, PAN 6R-665R en PAN 6R-845CBGT (NUUT): Soortgelyk aan www.proagri.co.za


Vinnige pakket: PAN 4B-312CB en PAN 4B-304CB (NUUT): Vir die NoordoosVrystaat en die matige en koel oostelike produksiestreke aanbeveel. Die YIELDBOOST™swamdoderspuitprogram word aanbeveel vir optimale produksie. Spruit gewoonlik baie min en het ’n goeie staanvermoë. ʼn Hoër plantestand as vir die medium basters word aanbeveel. Die Bt- (stronkboorder) -geen kom uit die Agrisure® Corn Traits-stal van Syngenta. PAN 4R-576R en PAN 4R-776BR (NUUT): Word vir die NoordoosVrystaat en oostelike produksiestreke aanbeveel. Medium pakket: Al die basters in die reeks presteer goed. Dit is belangrik om dit teen die aanbevole plantestand vir die betrokke produksiestreek aan te plant. PAN 6R-680R (NUUT): Baster met glifosaat-onkruiddoderverdraagsaamheid. Lewer uitstekende, stabiele prestasie in al die produksiestreke. Goeie keuse waar hoë onkruiddruk ondervind word en as toevlugsoord vir PAN 6R-880CBGT. PAN 6R-880CBGT (NUUT): Stapelgeenbaster met stronkboorderbeskerming en verdraagsaamheid teen glifosaat-onkruiddoder. Soortgelyk aan PAN 6R-680R en PAN 6Q-408CB. Goed aangepas vir al die produksiestreke. Die Bt- (stronkboorder) en GT- (glifosaat-verdraagsaamheid) -gene kom uit die Agrisure® Corn Traits-stal van Syngenta.

PAN 4B-311B is ’n opwindende nuwe vinnige witmielie vir al die oostelike produksiegebiede. Dit het ’n goeie staanvermoë, graangehalte en skepelmassa. PAN 6Q-445B (vir vyf jaar toppresteerder in die nasionale proewe). Baie goeie stabiliteit en kompensasievermoë in verskillende produksietoestande. Droog relatief vinnig af, goeie staanvermoë en sterk meerkoppig. Word as deel van die hoofaanplanting in al die produksiestreke aanbeveel. Goeie diplodia-kopvrot en grysblaar-vlek-verdraagsaamheid. Bt-(stronkboorder) en GT-(glifosaatverdraagsaamheid) -gene uit die Agrisure® Corn Traits-stal van Syngenta. NUWE GEELBASTERS Die geelmieliepakket van ultravinnige, vinnige en medium basters vorm ’n gedugte pakket vir goeie langtermynrisikoverspreiding. www.proagri.co.za

NUWE SONNEBLOMBASTERS PAN 7095CL met die CLEARFIELD®geen het die eerste plek in die LNR se nasionale kultivarproewe van 2012/13 behaal! PANNAR se nuwe reeks basters met die CLEARFIELD®-geen ding nou kop aan kop mee met die konvensionele staatmakers om ʼn totale nuwe konsep in wisselboustelsel daar te stel. PANNAR bemark nou ʼn volledige pakket van hierdie basters wat mekaar aanvul vir goeie risikobestuur. Die CLEARFIELD®-produksiesisteem bied doeltreffende na-opkomsonkruidbeheer van ʼn breë spektrum breëblaaronkruide en -grasse. Die ingeboude onkruidweerstand is ’n natuurlike mutasie; die basters is dus nie geneties gemodifiseer nie. PANNAR handhaaf ’n uitstekende prestasierekord in die LNR se nasionale proewe landwyd. Die basters bied almal uitstekende bruinroesweerstand. Aanvullend tot die konvensionele sonneblompakket, bemark PANNAR ook vier hoë-opbrengsbasters met die CLEARFIELD®-geen, waaronder die eerste baster met die CLEARFIELD®PLUS geen, wat ʼn verbetering op

Goeie nuus vir sonneblomboere is dat PANNAR se Clearfield®-basters nou kop aan kop met konvensionele staatmakers meeding om ’n totaal nuwe konsep in wisselbou daar te stel. CLEARFIELD® is. Die PANNAR-pakket sluit ook ’n hoë-oleïensuurbaster (hoë mono-onversadigde olie-inhoud) in vir die produksie van gesonder olie wat beter vir diepbraai geskik is. PANNAR is reeds 39 jaar betrokke by sonneblomnavorsing. PANNARbasters word in Afrika, Suid-Amerika en Europa bemark. Die Suid-Afrikaanse boer kan met groot gemoedsrus en vertroue PANNAR se sonneblomreeks aanplant met die wete dat die beste tegnologie in hierdie basters opgesluit is. PAN 7031CL: Volseisoen sonneblom-baster met die CLEARFIELD®geen. Dieselfde uitstekende opbrengspotensiaal as die konvensionele basters. Bied ʼn alternatiewe onkruidbeheerstelsel en is ʼn werkbare ekonomiese alternatief in ʼn wisselboustelsel. Euro-Lightning®-onkruiddoder (L8436, aktiewe bestanddeel: Imasapir en Imasamoks) bied na-opkomsbeheer van ʼn breë spektrum gras- en breëblaaronkruide. PAN 7095CL: Hierdie baster met die CLEARFIELD®-geen is ʼn deurbraak in sonneblomproduksie in Suid-Afrika deur die eerste plek in die 2012/13 LNR nasionale kultivarproewe te behaal! Die volseisoenbaster beskik oor ʼn opbrengspotensiaal soortgelyk aan en selfs beter as die konvensionele basters op die mark. PAN 7101CL: Soortgelyk aan PAN 7095CL en het ook die CLEARFIELD®-geen. Het dieselfde goeie opbrengspotensiaal as die konvensionele basters. Volseisoenbaster en vul PAN 7095CL uitstekend aan. PAN 7102CLP: Bevat die ”nuwe” ProAgri 169 – Maart / March 2014

9



veelsydige pakket van verskillende groeiseisoenklasse bied die optimale kultivar vir elke plantdatum in al die produksiegebiede. Die pakket sluit ook spesialiskultivars in met ’n regop groeiwyse, geskik vir nou rywydtes onder besproeiing. Die mediumgroeiseisoenkultivars maak die grootste deel van die hoofaanplanting in die gematigde produksiestreek uit, maar word ook in die warm dele onder besproeiing later aangeplant. PAN 1521R: Opwindende nuwe medium kultivar wat moontlik PAN 1583R in die toekoms gaan vervang. PAN 1623R: Puik nuwe medium kultivar wat konstant beter as ons voorste kommersiële kultivar, PAN 1664, in proewe presteer! Uitstekende staanvermoë, goeie peulhoogte en weerstand teen oopspring. PAN 1614R: Aantreklike nuwe medium kultivar met ʼn indrukwekkende stabiele opbrengsprestasie in verskillende produksiestreke. Gaan waarskynlik PAN 1666R in die toekoms vervang. PAN 1729R: Nuwe kultivar in die laat groeiseisoenklas. Geskik vir vroeë aanplanting in die gematigde streke en hoofaanplanting in warm droëlandgebiede. Goeie droogteverdraagsaamheid en is die eerste PANNAR-kultivar wat vir die droër westelike Hoëveld geteel is. Gehard en presteer goed waar vogstremming die opbrengspotensiaal beperk. Sterk onbepaalde groeiwyse met regop planttipe; kan as dubbeldoelkultivar vir graan- of voerproduksie in die hoëpotensiaalgebiede ingespan word. Antony Jarvie is met reg trots op die rooigespikkelde droëboonkultivar, PAN 9216, wat hy ontwikkel het. Dit hou belofte in vir direkte stroop met ’n stroper met ’n fleksiesnystaaf, veral as die rye nou genoeg geplant word sodat die peule met hulle groot pitte hoog gedra word. Hierdie kultivar kan aan sy rooi blommetjies uitgeken word. CLEARFIELD®-geen, CLEARFIELD®PLUS, met verbeterde onkruidbeheer. Volseisoenbaster met dieselfde goeie opbrengspotensiaal as die konvensionele basters. Verdraagsaam teen bruinroes. NUWE SOJABOONKULTIVARS PANNAR het toegang tot die beste kommersiële sojaboonkultivars en pre-kommersiële lyne van regoor die wêreld en toets hierdie bronne van kiemplasma deurlopend teen die plaaslik geteelde kultivars vir prestasie en aanpasbaarheid in uiteenlopende toestande. Die afgelope vier jaar behaal PANNAR se kultivars die topprestasieposisie in al die streke. PANNAR se www.proagri.co.za

NUWE ROOIGESPIKKELDE-DROËBOONKULTIVARS PANNAR bemark hoë-opbrengsdroëboonkultivars, spesifiek gekies vir goeie stabiliteit oor ’n wye verskeidenheid omgewingstoestande. Hierdie volledige pakket verminder die risiko wat tradisioneel met droëboonproduksie geassosieer word as ’n “hoë risiko, hoë inkomste”-gewas. PANNAR is op die voorpunt met die meganisasie van droëboonproduksie en fokus op die

oordrag van tegnologie aan boere om hulle oesproses te meganiseer. PAN 9216: Onbepaalde groeiwyse met kenmerkende rooi blomme wat maak dat dit enige plek in die wêreld geëien kan word. Goeie prestasie in die nasionale droëboon-statistiese proewe. Hou belofte in vir direkte stroop met meganiese stroper. Belangrike eienskappe: onbepaalde groeiwyse, uitstekende staanvermoë en groot sade. Uitstekende siekteverdraagsaamheid teen roes, hoekige blaarvlek- en BMV (bonemosaïekvirus). NUWE KORINGKULTIVARS PANNAR-kultivars handhaaf ’n uitstekende prestasierekord in die LNR se nasionale proewe. PANNAR se koringprogram fokus daarop om die opbrengspotensiaal van koring in Suid-Afrika te verhoog, en op die ontwikkeling van kultivars met nuwe bronne van weerstand teen Russiese koringluis en roes. Hoogtepunte in die teelprogram is veral die gedugte pakket lentetipes wat uitsonderlik presteer onder besproeiing. Twee nuwe besproeiingskultivars, PAN 3400 en PAN 3497, is beskikbaar; hulle vul PAN 3471 goed aan en is vir die besproeiingsboer ’n besliste keuse. PAN 3497: Behaal topprestasies in die 2012-proewe van die LNR Kleingraaninstituut. Effens langer groeiperiode as PAN 3471, met uitstekende opbrengspotensiaal – geskik vir vroeë aanplantings. Goeie stoelvermoë en graderingseienskappe. PAN 3400: Toppresterende vinnige groeier in die 2012 Nasionale Proewe. Korter groeiperiode, uitstekende opbrengspotensiaal en geskik vir later aanplantings. Uitstekende staanvermoë en uiters geskik vir medium- en later aanplantings onder besproeiing. P Vir meer inligting oor PANNAR se volledige saad, raad en daad aan die boer en om PANNAR se waardevolle Produkkatalogus te bestel, praat met Peet van der Walt by 033-413-9500 of infoserve@pannar. co.za. Besoek ook www.pannar.com.

PAN 6R-680R met sy glifosaatverdraagsaamheid is ’n medium vinnige geelmielie wat uitstekend en stabiel presteer in al die produksiestreke. ProAgri 169 – Maart / March 2014

11



Gewasproduksie verhoed dat die sojabone wat so hoog groei omval, want dit benadeel ook die fotosinteseproses.” Kip is ook lief daarvoor om buite die kassie te dink en bevraagteken bestaande norme. “Daar is ’n persepsie dat dit nie nodig is om stikstof by soja te gooi nie omdat een van soja se eienskappe is dat dit stikstof in die grond plaas. Ek het ’n eksperiment gedoen waar ek 1 000 kg stikstof per hektaar toegedien het en die resultate was verstommend. “Sojabone vervaardig ongeveer 6 pond (2,72 kg) stikstof om ’n skepel (0,036 m3) te produseer. Ek sit stikstof in as ek meer as 100 skepels per hektaar wil oes. Vir ’n laer opbrengs sal sojabone genoeg stikstof vir hulleself produseer.

Pioneer se wêreldkampioene deel hulle geheime Die manne wat die wisselboudag moontlik gemaak het was Kip Cullers, spreker; David Hula, spreker; Ruben Venter, Pioneer; Rickus Schoeman, Pioneer; Manfred Götzke, spreker van BASF en Barry Germishuys van BASF.

P

ioneer glo daarin om boere met die jongste kennis te bemagtig en as hulle dit doen, doen hulle dit behoorlik. Een van die jongste neigings in die graanbedryf is die wisselbou tussen soja en mielies. Om meer inligting oor hierdie lonende praktyk bekend te maak, het Pioneer met die ondersteuning van onder meer John Deere vanaf 3 tot 7 Februarie ’n soja-wisselboudinamikatoer deur die oostelike mielie- en sojaproduserende streek van die land gehou. By die aanbieding in Ermelo het byna 400 boere opgedaag. Die groot trekpleister van die toer was twee Amerikaanse reuse in die saaibedryf, wat hulle kennis met die boere in elke dorp waar aangedoen is, gedeel het. Die wêreldrekordhouer vir die hoogste soja-opbrengs per hektaar, Kip Cullers uit Missouri, VSA, en

die wêreld se mielie-opbrengsrekordhouer per hektaar, David Hula, wat op verskeie plase in Virginia boer, was hier om hulle begeesterende verhale vir Suid-Afrikaanse graanboere te kom vertel.

Sonlig is Kip Cullers se knelpunt Kip Cullers is ’n man wat baie moeite doen om nuwe metodes en idees op sy grond te ontwikkel en hy vaar besonder goed met soja. Die derde keer wat hy die wêreldrekord verbeter het, was in 2010 toe hy 10,8 ton per hektaar gestroop het. Kip boer streng wetenskaplik en benut sy hulpbronne so deeglik as moontlik. “As daar sonlig op die grond tussen die blare val, is dit ’n vermorsing en ek hou niks daarvan nie. Ek wil 100% van die fotosintese tot my beskikking benut. Ek het deur my kontrolelys gegaan en gesien dat sonlig my knelpunt is. “Ek kan wel nie sonlig beheer nie, maar ek kan die plante doeltreffender maak sodat dit beter kan fotosinteer. Hoe donkerder die plant is, hoe beter fotosinteer dit. Die afgelope vyf /ses jaar konsentreer ek daarop om my plante so donkergroen as moontlik te kry. “’n Volgende John Deere se groen werktuie wat so netjies uitgeuitdaging is om te stal is en in die son blink maak ’n boer lus vir boer.

www.proagri.co.za

David Hula se selfoon is sy belangrikste werktuig David Hula boer saam met sy pa en sy twee broers met mielies en hulle het ook ’n saadversorgingsaanleg. Hy verbou kleingraan, mielies en soja in ’n tradisionele gewasrotasiestelsel en behaal drie oeste in twee jaar. In 1987 het hy en sy pa met geenbewerking begin. Dit het so goed gewerk dat hulle dit vandag nooitbewerking in plaas van geenbewerking noem. In 2013 het hy 28,47 ton besproeiingsmielies per hektaar gestroop. “Gedurende die eerste drie geenbewerkingjare was daar ’n opbou van reste bo-op die grond na oestyd, maar daarna het dit vinnig verdwyn soos die afbreek-organismes in die grond herstel het,” sê hy. David glo dat ’n suksesvolle boer die wil moet hê om gedurig te eksperimenteer. As jy elke jaar presies dieselfde metode volg en dieselfde hoeveelheid plant en dalk net die variëteite verander, sal jy nie vooruitgaan nie. Jou opbrengs sal dalk elke seisoen ’n bietjie wissel, maar dis waar dit sal eindig. Maar verandering is nie maklik nie. Ek het baie meer dinge verkeerd gedoen as wat ek reg gedoen het, maar dit is belangrik om ’n verskil te maak en om van jou foute te leer. “’n Boer moet die vorige seisoen se goeie en slegte punte sorgvuldig evalueer en aantekeninge maak sodat berekende planne vir die volgende jaar gemaak kan word.” Volgens David moet ’n boer oopkop wees en met mense werk wat oopkop is. Sy selfoon moet sy belangrikste werktuig wees sodat hy sy verteenwoordigers gereeld kan bel en as hy onseker is oor iets. David sê die drie belangrikste kaarte in sy pakkie is: ’n Positiewe gesindheid, Pioneer-saad en die groen kleur van ’n John Deere. Die ander soja-wisselboudinamikadae is op Brits, Delmas, Bethlehem en Bergville aangebied. P ProAgri 169 – Maart / March 2014

12


Wen ’n Samsung Galaxy S4!

P

roAgri het by Craige Fleischer, direkteur van mobiele kommunikasie by Samsung Electronics SA, gaan kuier om met hom te gesels oor die beste selfoon vir die boere:

PA: As jy ’n selfoon vir ’n boer kon voorstel, wat sou dit wees ? CF: Dit sal beslis die Samsung GALAXY S4 Active wees. Dit bied ’n onvergelykbare ervaring, wat al die betroubare en intelligente funksies van die GALAXY S4 insluit. PA: Hoekom sal ’n boer die foon onweerstaanbaar vind? CF: Die Samsung GALAXY S4 Active is ontwerp om die gebruiker wat gedurig aan die beweeg is in verbinding te hou, selfs ver van die stedelike gewoel. Hierdie toestel het beperkte beskerming teen stof en water (IP67*), sodat jy nooit die toestel by die huis hoef te los indien daar ’n lang, sonnige of nat dag in die veld vir jou voorlê nie. Die ten volle verseëlde ontwerp hou stofdeeltjies buite en beskerm dit teen waterskade tot op ’n diepte van een meter, met tot 30 minute se onderdompeling. Daarbenewens is die kameraflitser nou ook ’n kragtige LUD-flitslig sodat ’n boer sy weg in swak lig kan baan. Die GALAXY S4 Active stel jou in staat om enige buitetoneel met ’n 8-megabeeldelement agterkamera te kiek en dit

14 ProAgri 169 – Maart / March 2014

regstreeks met jou kollegas, familie en vriende te deel. PA: Boere bestee baie tyd in die buitelug sonder ’n kragbron tot hulle beskikking. Sal dit ’n probleem wees? CF: Glad nie. ’n Aktiewe leefstyl vereis baie energie en uithouvermoë - dit is die manier waarop die GALAXY S4 Active ’n langdurige en kragtige gebruikerservaring bied. Met 'n 1,9 GHZ Quad-Core-verwerker en ’n 2 600 mAh battery, kan die toestel die mees intensiewe take met gemak en presisie hanteer. PA: Watter ander noodsaaklike eienskappe is in die Samsung GALAXY S4 Active geïntegreerd? CF: Die “S Travel” (ritraadgewer) verskaf reishulp, plaaslike inligting asook aanbevelings wat ’n wonderlike ervaring in ’n onbekende gebied sal verseker. “Air View”, “Air Gesture”, en “Smart Scroll” lewer gevorderde beheeropsies daarvoor. Die 5,0 duim vollehoëdefinisieskerm (Full HD) is ontwerp met “Glove Touch”-vermoëns, wat verskillende aanrakings en gebare registreer om te verseker dat die raakskerm met handskoene aan gebruik kan word. Daarbenewens hou die “S Health” rekord van die gebruiker se persoonlike gesondheidstatistieke en -inligting. ’n Ingeboude pedometer hou tred van die aantal treë wat die gebruiker deur die dag loop of hardloop. P ’n Gelukkige boer staan die kans om die Samsung “Galaxy S4 Active” te wen.Stuur vir ons ’n e-pos met die woorde: “Ek wil ’n Samsung S4 GALAXY Active wen”na wen@proagri.co.za voor 14 April.

www.proagri.co.za


Gewasproduksie vir ’n kragaftakker om sy ding te doen nie, want die pomp werk hidroulies,” sê Stefaans. Die vier verskillende seksies van die balk kan ook met die druk van ’n knoppie aan- of afgeskakel word. Dit is moontlik om die seksiebeheer op te gradeer na ’n ten volle satellietbeheerde stelsel vir presisieboerdery, maar in hierdie stadium voldoen die spuit aan die Rautenbachs se behoeftes daarsonder. ’n Vernuftige, gepatenteerde kenmerk van Berthoud deur Annemarie Joubert se driepuntgemonteerde spuite is dat die tenk twee Stefaans Rautenbach van Petrus Steyn sê met die Berthoud aan sy kant sien lobbe vorm aan weerskante hy kans vir al die spuitwerk wat met minimumbewerking saamgaan. van die sentrale balkhysarm sodat laasgenoemde so kort as moontlik is en regstreeks na die trekker se driepunthyser loop. Die korter arm is aan minder spanning blootgestel, wat dit meer stabiel maak en langer laat hou. Die ontwerp verseker ook beter balans van s die minimumbewerkingspad jou vir die toekoms. die trekker-en-spuitkombinasie. begin roep, moet jy antwoord met Die Berthoud, met sy 1 000-liter Die skoonspoel- en handewastenk die regte toerusting. ’n Goeie, betroutenk en 16-meter balk, is maar nog is in die hooftenk versink, en die spuitbare spuit gaan vir jou sommer ’n hele ’n paar maande op die plaas, maar hy tenk kan lag-lag in die land skoongepaar regmerkies beteken. het al goed gewerk. Met ProAgri se spoel word met die blote oopdraai van Andries Rautenbach en sy seun, besoek was Stefaans en sy Berthoud ’n kraan. Stefaans, van Petrus Steyn in die Oosgou besig om bolwurm wat na die Die Berthoud steek niks vir sy Vrystaat het so ’n paar jaar gelede baie reën in die soja kop uitgesteek operateur weg nie en vanuit die kajuit begin om minimumbewerkingsprakhet, op hulle plek te sit. kan jy maklik sien of die drukking en tyke toe te pas en ’n paar van hulle Stefaans sê die spuit is baie maklik volume reg is. soja- en mielielande is vanjaar sonder om te kalibreer, want jy verander net Met Crop-Tech se Berthoud-spuit enige voorafbewerking geplant. die druk om meer of minder water en Jumil-planter aan sy kant, sien Maar om seker te maak dat hulle te spuit sodat dit in ooreenstemming Stefaans kans vir die oorskakeling nie gras en bossies stroop nie, moes met die gifstofvoorskrifte is. Sy spuit na geenbewerking: “Vroeër het ons daar behoorlik gespuit word. is ook toegerus met ’n stelsel van vier geploeg en gedis en alles, maar as die “Ons het die Berthoud op ’n demonspuitstukke (nozzles) wat net gedraai opbrengs dieselfde is en jy kyk na jou strasiedag by oom Bart Visser-hulle kan word sodat die regte punt vir die dieselrekening, dan mis jy nie daardie gesien en besef dit is net wat ons regte gewas en gifstof gebruik kan dinge nie.” P nodig het,” sê Stefaans. Bart is die word. handelaar vir Crop-Tech in die ReitzAs spuitspesialiste sedert 1895, omgewing en boer self ook. weet Berthoud se ontwerpers presies Vir meer inligting oor die reeks Stefaans sê dit is wat dit lekker wat boere nodig het en wil hê en die Berthoud-spuite wat in Suid-Afrika maak om by Bart-hulle te koop: “Hulle eenvoudige hidrouliese beheer vanuit beskikbaar is, praat met Hennie verstaan wat ons wil hê en hulle verdie kajuit, selfs vir die kleiner spuite, du Toit by 082-850-3744 of 056staan ons probleme.” maak dinge net makliker. 817-7210 of sales@croptech.co.za. Die Rautenbachs se aanplantings is “Waarvan ek baie hou, is dat ek Besoek ook www.croptech.co.za. ook deur Crop-Tech se mense moontlik hom net hoef te haak. Verder laat lig In die Reitz-omgewing staan Bart gemaak met ’n eersteklas Jumil-geenen sak ek sy balk vanuit die kajuit en Visser ook reg met raad en daad by bewerkingplanter en Stefaans sê hy as ek die aanknoppie druk, begin hy 082-050-4122. hou sy oog op ’n Jumil-koringplanter dadelik spuit; ek hoef nie nog te wag

Berthoud spuit die pad oop na minimumbewerking

A

Die Berthoud word maklik vanuit die kajuit beheer, sy kalibrasie is maklik en jy kan voortdurend ’n wakende oog oor die drukmeter en volume hou www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

15


16 ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Vir ’n snoesige saadbed:

Jy kan nie verkeerd gaan met LEMKEN nie was hoogs beïndruk met die vakmanskap en die gehalte van die staal wat gebruik word. “Dit is goeie masjiene en ons ontvang uitstekende diens van LEMKEN en hulle verpreider in die omgewing, die Afgri-tak op Thabazimbi. Jy kan nie verkeerd gaan met LEMKEN nie,” sê Willie.

deur Annemarie Joubert

’n

Totale omwenteling. Dit is wat LEMKEN se Rubin en Karat op die De Klerks van Koedoeskop se besproeiingsplaas veroorsaak het. Willie de Klerk vertel dat hulle nie kon glo wat hulle sien die dag met die LEMKEN-demonstrasie nie. “Ons het die manne die hele dag besig gehou en hulle moes op elke land wat ’n ander soort reste en grond het, wys hoe dit werk.” Hy sê hulle het uiteindelik ’n oplossing gevind om hulle oorvloed oesreste sinvol te hanteer en dadelik te plant sonder om te brand. Sy seun, Johan, sê dat hulle nou al hulle beitelploeë en skottelêe laat gaan het, want met die Karat 9 en Rubin 9 kan hulle al die tand- en egbewerkings doen wat nodig is en terselfdertyd ’n perfekte saadbed voorberei. Met ’n oes van tot 16 ton per hektaar was dit wel nodig om eers ’n rolmoer deur die mielielande te trek. Willie sê hy voorsien nie dat hulle ooit in hulle swaar gronde na ’n stelsel van geenbewerking sal kan oorskakel nie, maar die LEMKEN-toerusting beteken ’n groot besparing in diesel en tyd. Hy sê hulle het baie reën gehad

’n Perfekte saadbed is al wat oorbly nadat die Rubin 9 deur die land beweeg het. nadat hulle koring gestroop is en was verstom oor die Rubin se doeltreffendheid in nat grond wat wissel van gruisland tot swaar rooigrond. “Met ’n gewone dubbelskotteleg is dit moeilik om presies op jou GPSkoördinate te beweeg, want die masjien is geneig om te gly. Die Rubin bly egter presies in sy baan.” Willie skryf dit toe aan die hoek waarteen die skottels geplaas is en die feit dat elke skottel aan sy eie arm gemonteer is met ’n beskermende terugskopveer. Vir die Karat hou hulle twee stelle tande gereed vir hulle verskillende gronde, ’n breër platter skoen vir die swaar grond en ’n langer smaller skoen vir die gruis. “Dit vat omtrent tien minute om die hele stel skoene te vervang, want dit werk met ’n eenvoudige losknipmeganisme,” sê Johan. Hulle sê alles aan die masjiene is goed uitgedink vir net die beste werking, soos die vorm en spasiëring van die tande aan die Karat, wat sorg die grond in ’n rolbeweging glad oor die tand gly sonder aanpakking. Willie en Johan was selfs in Duitsland by die LEMKEN-fabriek om die masjiene beter te leer ken en sê hulle

Hoe dit werk: Karat 9-saadbedmaker LEMKEN se Karat 9 skep ’n perfekte saadbed deur die grond eers tot op enigiets tussen 200 en 400 mm diep los te maak en te deurlug met ’n stel stewige tande, dan met ’n stel gelykmaakskottels ’n netjiese saadbed te vorm en laastens met ’n rollerstel ferm vas te trap en alle moontlike kluite te verbrokkel. Die Karat se werkdiepte kan hidroulies vanuit die kajuit verstel word. Rubin 9-saadbedmaker Die Rubin 9 het twee rye kontragemonteerde, gehapte skottels van 620 x 6 mm wat teen ’n spesiale hoek gemonteer is om grond en plantmateriaal te sny en te vermeng vir die beste bewaring van grondvog en die opbou van organiese materiaal. Agter elke ry skottels is ’n ry stewige harktande om kluite te breek. Agterna kom ’n stel van twee spesiaal ontwerpte rollers, die een groter as die ander, om die grond mooi ferm gelyk te trap en die werkdiepte van die skottels te beheer. P

Kliek-klak en af is die tand, beduie Johan de Klerk van Koedoeskop.

Die Karat 9 se tande gly glad deur die grond. Let op die lang disselboom wat ’n krinkhoek van 90 grade moontlik maak. www.proagri.co.za

Vir meer inligting oor LEMKEN se voortreflike werktuie, praat met Karel Munnik by 082-412-2577 of Monia Shears by 072-597-0120 of besoek www.lemken.com. ProAgri 169 – Maart / March 2014

17



Gewasproduksie

Valley konsolideer sy eienaarstruktuur “Alle huidige en bestaande verhoudings met ons gewaardeerde kliënte en verskaffers sal op geen wyse geraak word deur hierdie gebeurtenis nie.”

V

alley Besproeiing van Suider-Afrika, ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat gemeganiseerde besproeiingstoerusting vir die landbou regdeur Afrika verskaf, het aangekondig dat sy raad van direkteure die aankoop van die 40%-aandeelhouerposisie, gehou deur Agrinet Bpk in die maatskappy, goedgekeur het. As gevolg van die transaksie is Valley Irrigation of Southern Africa (Edms) Beperk nou ’n volfiliaal van Valmont Industries Inc, ’n toonaangewende verskaffer van ingenieursontwerpte produkte en -dienste vir die infrastruktuur en gemeganiseerde besproeiingstoerusting vir die landbou. “Die lang verhouding tussen Valmont en Agrinet dateer sedert 1986, toe albei belê het in die eerste besproeiingvervaardigingsaanleg in Afrika,” sê Tobie du Toit, die maatskappy se hoofbestuurder. “Ons wil Agrinet graag bedank vir sy bydrae om Valley as die toonaangewende verskaffer van spilpunte

en lateraal-bewegende besproeiingstoerusting in die streek te vestig. Alle huidige en bestaande verhoudings met

ons gewaardeerde kliënte en verskaffers sal op geen wyse geraak word deur hierdie gebeurtenis nie.” P

VERKLARING INGEVOLGE NEW YORK-AANDELEBEURS: Hierdie vrystelling bevat vooruitskouende stellings, binne die strekking van die “Private Securities Litigation Reform Act” van 1995. Hierdie stellings is gegrond op die bestuur se huidige sienings en skattings, en is onderhewig aan onsekerheid en veranderinge in omstandighede. Toekomstige ekonomiese en marktoestande, nywerheidsvoorwaardes, prestasie en finansiële resultate van die Maatskappy, bedryfsdoeltreffendheid, beskikbaarheid en prys van grondstowwe, beskikbaarheid en die markaanvaarding van nuwe produkte, produkpryse, die plaaslike en internasionale mededingende omgewing, optrede en beleidsveranderinge van plaaslike en internasionale regerings en ander risiko’s, soos van tyd tot tyd in Valmont se verslae aan die Kommissie van Sekuriteite en Ruilhandel beskryf, is onder meer voorbeelde van faktore wat kan veroorsaak dat die resultate wesenlik mag verskil van dié wat in die vooruitskouende verklaring beskryf word. Die Maatskappy waarsku dat enige vooruitskouende stelling in hierdie persverklaring gemaak is as van die datum van hierdie persverklaring en die Maatskappy onderneem nie om enige vooruitskouende verklaring te hersien nie.

P

www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

19



Gewasproduksie

Ocmis spuit ’n eerste plek in die groenmieliemark los Jumbo gebruik sy Ocmis nou al ses jaar lank en hy is nog net so tevrede soos die eerste dag toe hy hom gekoop het. Hy sê hy het op NAMPO vir ’n stelsel gaan soek wat aan sy behoeftes voldoen, want ’n spilpunt sal nie in sy opset werk nie. Die spuit moet verskuifbaar wees tussen verskillende lande en die volume wat geplaas word, moet maklik verstelbaar Die Ocmis-spuit sorg al die afgelope ses jaar en akkuraat wees. Vroeg in die seisoen, as die dat die mense van die Witbank-omgewing mielietjies hulle koppe moet weet waar om te kom aanklop vir die eerste begin uitsteek, gooi hy baie wagroenmielies van die seisoen. ter en die katrol se spoed word gestel dat die spuitkarretjie tot 16 uur neem om sy lopie te voltooi. s jy jou groenmielies eerste op die Later in die seisoen stel hy hom vir so mark wil hê, kan jy nie wag vir die nege uur lank. reën om te kom nie. Dan moet jy jou eie “Die lekker ding is, jy stel sy tyd en reën maak. dan kan jy maar gaan slaap – die Ocmis Jumbo van der Merwe van Witbank doen sy werk. Jy kan maar net agterna het hierdie seisoen al op 12 Augustus die pomp gaan afskakel en hom dan sy eerste sestien hektaar geplant en die skuif na ’n volgende punt op die moereën het eers teen die einde van Oktoderlyn.” ber behoorlik uitgesak, maar dit het nie Jumbo sê die onderhoudskoste sy C701’s gekeer om lekker stewig en is minimaal, maar as ’n mens enige hoog te groei en goed te dra nie, want navraag het, is Tobie van den Heever en Irrigation Unlimited se Ocmis R2/2-spuit sy span altyd gereed om te help. sorg vir die water.

Hoewel dit moontlik is om die kanonspuit met ’n verlengstuk te verhoog, het Jumbo dit nog nie nodig gevind nie. Hy sê hy spuit hoog genoeg en die mielies kry regdeur ewe veel water. “Die ry naaste aan die spuit se toppe word ’n bietjie deur die straal getref voor hy genoeg hoogte kry, maar nie so dat daar skade is nie.” Praat met Tobie van den Heever by 012-736-2121 of 082-658-6054 of tobie@iunlimited.co.za of besoek www.iunlimited.co.za vir meer inligting oor hulle hele reeks besproeiingstoerusting.

A

www.proagri.co.za

Jumbo van der Merwe sê die Ocmisspuit pas presies by sy boerderystelsel in omdat dit verskuifbaar en maklik verstelbaar is.

ProAgri 169 – Maart / March 2014

21


Meganisasie

A

l jou moeite van korrekte saadkeuse, presiese kunsmistoediening, akkurate plantwerk, plaag- en pesbeheer en selfs die reënseën op jou land kan benadeel word deur swak stroopwerk. Die regte stroper stroop skoon en vinnig, herwin al die graan en meet selfs jou opbrengs vir toekomstige kunsmisbeplanning en plantestandbesluite. ProAgri bied in hierdie uitgawe die eerste artikel in ’n reeks oor stroperkeuses en lê ’n paar riglyne neer vir die keuse van die regte strooptoerusting vir jou plaas. Sleepstropers Voordat die selfloopstropers hulle verskyning gemaak het, was daar sleepstropers wat agter die trekker gesleep is en later abbastropers of knapsakstropers wat langs die trekker

vasbout om ’n eenheid met die trekker te vorm. Normaalweg stroop so ’n sleep- of knapsakstroper een of twee rye mielies op ’n slag. Met die immer stygende voerpryse is daar deesdae al hoe meer vee- en melkboere wat graan soos mielies aanplant om self so ’n groot deel van hulle voerrantsoene as moontlik te produseer. Dit sal so ’n boer volstrek nie betaal om ’n selfloopstroper van ’n paar miljoen rand aan te koop om hierdie graan te stroop nie. Hierdie boer se antwoord is ’n sleepstroper of ’n abbastroper, want dit is heelwat goedkoper en die trekker wat gebruik word om dit aan te dryf, kan buite die stroopseisoen vir ander take aangewend word. Sleep- en abbastropers is ook ideaal vir kleinskaalse of opkomende boere. Wanneer ’n mens ’n sleepstroper

koop, moet jy seker maak dat hy vir al die soorte graan wat jy mag besluit om te plant geskik is. Hy moet ’n mielieplukkerkop of koringtafel kan pas en sy dorsmeganisme moet voorsiening vir verskillende soort graan maak. Die boer moet ook na gelang van sy omstandighede kies watter graanleweringstelsel hy wil hê. Daar is modelle met ’n platform en sakvuller agter, sodat werkers sakke kan vul en op die land kan afgooi vanwaar dit opgelaai en weggery kan word; en daar is modelle met aflaai-awegare wat graan vanuit ’n massatenk na ’n tapkar oorpomp – net soos ’n groot selfloperstroper. Selfloopstropers Verreweg die meeste stropers wat vandag gebruik word, is selflopers, waarvan daar ’n groot verskeidenheid fabrikate beskikbaar is. Daar is nie een stroper in Suid-Afrika beskikbaar wat as ’n swak of slegte stroper beskryf kan word nie, maar elke plaas, elke oes en elke boer verskil en daarom het boere tog sekere voorkeure. Nogtans is die kernkenmerke waarna ’n boer behoort aandag te gee wanneer hy ’n stroper wil koop die volgende: Hoë produktiwiteit ’n Stroper wat sy naam werd is, moet tydens strooptyd elke dag ’n groot lap aarde kafdraf, veral wanneer gewasse gestroop word wat ’n beperkte strooptyd het, soos sojabone wat kan begin oopspring en pitte verloor as die stropery te lank sloer. Volledige herwinning ’n Stroper moet graan so sny of pluk en dors dat daar geen sade of pitte op die land agterbly nie. Produksiekoste is hoog en geen boer kan bekostig dat ’n deel van sy oes op die land agterbly nie. Daar is verskeie soorte mielieplukkerkoppe beskikbaar en heel dikwels kies boere ’n plukkerkop wat nie deur die betrokke stropervervaardiger gemaak word nie. Maak seker dat die stroper wat jy verkies saam met die plukkerkop wat jy verkies sal werk.

’n Mielieplukkerkop moet klein genoeg kan opvou om deur ’n plaashek te kan gaan. 22

ProAgri 169 – Maart / March 2014

Knus kajuit Stof en kaf wat in die wind ronddwarrel is onvermydelik waar ’n stroper aan die werk is. In die “goeie” www.proagri.co.za


’n Mielieplukkerkop wat sy sout werd is moet sy aanvalshoek kan verstel en moet die koppe van selfs gevalle mielies skoon en netjies kan pluk en na die stroper se voerkamer stuur. ou tyd het die stroperoperateur oop en blootgestel aan die elemente op die stroper gesit en die meeste van sy aandag daaraan bestee om te wens dat sy skof verby moet gaan. Vandag se stropers het gerieflike kajuite met musiek, lugversorging, geraasdemping, luggeveerde sitplekke en soms selfs ’n yskassie wat jou koeldrank koud kan hou en ’n inpropplek vir jou skootrekenaar. Maak seker dat die kajuit van die stroper wat jy kies operateursvriendelik is, dat alle beheermiddels binne maklike bereik is en maklik werk, dat alle meters en wysers maklik gesien kan word, dat die operateur ’n goeie uitsig op die plukkerkop het en dat dit gerieflik genoeg is vir die lang skofte wat stroopwerk deesdae van operateurs vereis. Deesdae stroop boere dag en nag. Maak seker dat ’n stroper wat in die nag gebruik gaan word genoeg ligte het sodat die operateur oral waar hy nodig het om te sien, goed kan sien.

Hoe geriefliker ’n operateur is en hoe beter hy kan sien, hoe akkurater en hoe langer ure kan hy werk om die beste waarde uit die stroper en die oes te put. Die eerste stap in ’n suksesvolle stroopproses is om die materiaal skoon en netjies af te sny en om dit na die stroper se pens te vervoer sonder om pitte te mors. Mieilieplukkerkop Vir die stroop van mielies gebruik die stroper ’n mielieplukkerkop met eenhede wat een of meer rye se mieliekoppe pluk en met awegare na die voerkamer vervoer. Daar is mielieplukkerkoppe van ’n wye reeks vervaardigers beskikbaar en die sake waarna die boer moet oplet by die keuse van ’n plukkerkop, is die volgende: • Pas die plukkerkop op jou stroper? • Kan hy die aantal rye op ’n slag en rywydtes pluk wat jou boerderystel sel pas?

• Kan hy maklik en klein genoeg opvou om deur hekke of op paaie te beweeg? • Is dit maklik en vinnig om hom aanen af te haak en om sy hidrouliese en elektriese koppelings te maak? • Pluk hy die mieliekoppe deeglik en skoon, maar sonder om hulle te verniel? • Hoe suksesvol kan hy die koppe van mielies wat omgeval het pluk? • Dring daarop aan om te sien hoe die plukkerkop werk. Pluk hy die mielies sagkens, maar ferm en volledig? As jy die hele land vol mieliekoppe sien spat waar hy werk, is dit nie die plukkerkop vir jou nie. • Het hy sy eie hoogtesensors wat die operateur se taak vergemaklik deur die plukkerkop gedurende die hele stroopproses outomaties op die regte hoogte te hou? • Is hy betroubaar en stewig gemaak? • Kan hy maklik en vinnig versien word? • Daar is deesdae mielieplukkerkoppe wat verstel kan word om vinniger of stadiger te pluk na gelang van die stroperspoed, plantdigtheid en opbrengs. Kan die plukkerkop wat jy oorweeg dit doen as dit jou behoefte is? • Hoe hanteer die plukkerkop mieliestamme? Boere besef deesdae al hoe meer hoe belangrik dit is om organiese materiaal in die grond terug te plaas om grondlewe te bevorder. Daar is plukkerkoppe wat die mieliestamme selfs in die dwarste sowel as oorlangs kneus sodat dit makliker afbreek en dus gouer in die grond opgeneem kan word. • Wat stuur die plukkerkop na die stroper? Die boer stroop mielies vir die graan. As die hele mielieplant met stam en al in die stroper beland, moet die stroper soveel harder werk en stadiger ry om die graan van die kaf te skei. Daar is plukkerkoppe wat veel minder van die stam na die stroper stuur. Dit voorkom verstoppings en stel die boer in staat om vinniger en deegliker te stroop met minder stremming op die stroper se dorsmeganisme. • Hoe maklik is dit om met die plukkerkop te werk? Daar is plukkerkoppe wat hulle dekplate vanself verstel volgens die dikte van die mieliestamme, wat vanself hulle gryperkettings se spanning verstel en olie. Dit maak die boer se lewe makliker. • Word die plukkerkop verskaf deur ’n gevestigde, betroubare handelaar wat tegniese raad en steun, sowel as diens en onderdele, kan voorsien? Bevredigende antwoorde op al die vrae beteken ’n slim keuse wat sal sorg dat strooptyd nie sukkeltyd is nie.

’n Plukkerkop wat so maklik toeganklik is vir enige onderhoud- of herstelwerk is ook ’n groot pluspunt. www.proagri.co.za

Volgende keer bespreek ons koringtafels. P ProAgri 169 – Maart / March 2014

23


Meganisasie

24

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

25



Meganisasie

Kubota se L39 is die veelsydigheid vanself deur du Preez de Villiers

B

aie jare se dure sake-ervaring het Fanie de Jongh, ’n ontwikkelaar in Vanderbijlpark, geleer dat dit net beter is om so veel as moontlik beheer oor sy produksie- en waardekettings te hê. Vir ’n man wat staal verwerk; winkelruimte, kantoorblokke en woonstelle uithuur en motors verkoop, maak hy ook tyd om, net soos ’n goeie boer, oral waar hy kan self betrokke te wees. Daarom het hy twee jaar gelede, toe hy begin het om ’n reuse motorhawe te bou, vir hom ’n Kubota L39 gekoop. Die L39 is ’n volwaardige laaigraaf, tru-grawer en 4x4 trekker, volledig met alles wat jy van ’n gevorderde trekker verwag. “Ek hou daarvan om soveel as moontlik self te doen, want as jy al jou belangrike werk wat in elk geval gereeld gedoen moet word, moet uitkontrakteer, raak dit ’n duur storie.” Na heelwat rondsoek en toetslopies het Fanie, met 18 jaar se konstruksieagtergrond, besluit dat Kubota vir geen ander handelsmerk hoef terug te staan nie. “My finale keuse was tussen ’n groot 2x4 TLB (slootgrawer/laaigraaf/ tru-grawer) en dié oranje 4x4 buksie. Toe ek sien wat die outjie se vermoëns is in vergelyking met die groot masjiene, was ek baie beïndruk. “Boonop kan die Kubota by veel kleiner plekkies op ’n bouterrein inkom. Hierdie masjien is die Switserse weermagmes van masjiene, want met al sy funksies en bybehore kan jy hom vir amper elke moontlike boutaak gebruik,” sê Fanie. Die Kubota se eenvoudige en doeltreffende aanhegtoestel leen hom

daartoe dat Fanie sommer self ’n paar bybehore kon bou. Vir werk aan dakke en hoë plekke, het hy ’n steier met ’n veiligheidsreëling gebou. Daarmee word die werkers regstreeks van een punt na ’n volgende geneem en al die tyd wat hulle met op- en afklim sou vermors word nou bespaar. Met die groot en swaar selfgemaakte Fanie by sy Kubota L39 met sy bybehore. stootskraper, stoot die flukse Kubota massas sand heen en weer op die boupersele uur uit om ’n velddiens te doen. en maak gelyk sonder sukkel. “As die “As ek ’n boer is, sal ek verseker vir Kubota nie op die terrein is nie, voel my een aanskaf, want ek weet hoeveel ons die frustrasie, want hy maak die uiteenlopende take daar op ’n plaas handewerk veel ligter en minder,” sê is en jy sal ver moet soek vir soveel Fanie. “Ons gebruik hom ook vir ’n veelsydigheid,” sê Fanie. P grassnyer, vurkhyser, gatgrawer en laaibak.” As die L39 gou Vereeniging toe moet gaan waar Fanie se ander ontwikkelings is, klim hy vinnig op die pad en woerts-warts is hy daar en terug om verder te kom werk. “Dit help baie as jy ’n konstruksiemasjien het wat gelisensieerd is.” Fanie glo daarin om slegs een goeie operateur vir die L39 te hê en dit is sy verantwoordelikheid om die masjien mooi te versorg en te onderhou. Die gelukkige drywer wat tans aan die stuur sit, kom van Sasol af en het geen moeite gehad om die

Kubota met al sy bybehore

baas te raak nie. ’n Masjien wat so belangrik is en so baie werk verrig, verdien sy gereelde versienings. Die naaste Kubota-handelaar, Tractor Warehouse Vereeniging, is lekker naby. “Die ouens se rugsteundiens is uitstekend. Hulle bel ons gereeld om uit te vind hoeveel werksure op die meter is en kom dan elke 250 John Rampitsang hanteer hierdie swaar, selfgemaakte skraper asof dit ’n veertjie is.

Hierdie hoë, spoggerige steier word met gemak deur die Kubota hanteer . Vir meer inligting, skakel vir Deon Engelke by 083-306-8655 of deon@kubotasa.co.za. Besoek ook gerus Kubota se webwerf by www.kubotasa.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014

27



Hulpbronbestuur

Lydia Hutten en Rupert Jacobs in Farm City Atterbury tussen die John Deereklere wat vir oud en jonk iets bied.

John Deere

laat die stedeling na die plaas hunker L

andbou kan soms ’n vae en uitgediende begrip vir die ou in die stad wees en daar is selfs ’n paar stadsjapies wat nie mooi verstaan waar ons vleis en melk vandaan kom nie. Dit is egter wel belangrik vir landbou se oorlewing om ’n akkurate en gunstige beeld uit te dra as ’n stabiele en edel bedryf sodat die toekoms van kos- en klerevoorsiening verseker kan word. Jongmense moet ook bly glo dat landbou as loopbaankeuse bevredigend en opwindend is. ’n Landboumaatskappy wat beslis die teiken getref het met die bemarking van hulle beeld aan onder andere stedelinge, is John Deere. Dit is duidelik te sien aan die groot aantal stadsmotors wat met die kenmerkende bufferplakker spog. Hierdie groen en geel handelsmerk het dit selfs reggekry dat die verfkleure na

hom vernoem is en het intellektuele eiendomsreg op die kleure. “Ons jongste ‘Dealer of Tomorrow’strategie is daarop gemik om ons diens en bemarking so vaartbelyn as moontlik te maak,” sê Carel Theron, bemarkingsbestuurder van John Deere in Suid-Afrika. “Die resultaat is dat ons verlede jaar ’n omset van R18 000 000 net op ons bykomstighede, soos klere, skoene, plakkers, penne, gordels, gordelgespes en speelgoed, kon toon. Benewens die ingevoerde speelgoed het ons ook vyf plaaslike verskaffers wat vir ons John Deere-produkte in lisensie verskaf.” Die pienk John Deere-plakkers wat veral op dames se motorbuffers pryk, sorg steeds vir heelwat glimlagte in voorstedelike spitsverkeer. “Die idee vir die plakkers en hemde het op Nampo ontstaan toe daar

’n Groot aantal stedelinge – selfs yuppies – beskou die John Deerehandelsmerk as hulle band met die oop ruimtes en gasvryheid van plase op die platteland. www.proagri.co.za

verskeie versoeke gerig is om iets vir die vroulike geslag te bied,” sê Carel. Nou word dames ook die geleentheid gegun om vir die wêreld te wys dat hulle ook oor landbou kan droom, of is dit dalk die subtiele sein wat hulle uitstuur om die boer van hulle drome te vang? Die bekende Farm City-plaaswinkel met vier winkels in Johannesburg, Pretoria en Nelspruit, het net soos John Deere, dit reggekry om landbou in die stad te vestig. Geen wonder die twee handelsmerke loop hand aan hand nie, want benewens die John Deerehandelstakke op die platteland, is dit die enigste ander kleinhandelaar waar jy jou duursame John Deere T-hemp of vellies kan koop. Rupert Jacobs, kleinhandelbestuurder van die Farm City-winkelgroep, sê dat stedelinge die John Deere-handelsmerk vereenselwig met gehalte en dan met die plaas, gasvryheid en alles wat saam met landbou gaan. “Die handelsmerk is beslis stewig gevestig en daar is ’n hunkering onder stedelinge na die oop ruimtes, skoon lug en skoonheid van die plaas op die platteland. John Deere gee ook aan die ou wat van die plaas af kom die geleentheid om sy sentiment uit te leef in sy hunkering na sy grootwordjare,” sê Rupert. Lydia Hutten is die takbestuurder by Farm City Atterbury en sy kry baie mense wat veral John Deere se selfaangedrewe-grassnyer koop omdat dit ’n uitstekende produk is. “Jongmense, soos studente, is fanaties oor die handelsmerk en is veral lief om die skoene, gordels, gordelgespes, T-hemde en plakkers te koop. Die ouer mense is natuurlik lief vir die hoë gehalte John Deere-hemde,” sê sy. “Dis ook baie interessant om te sien dat ons baba- en kinderklere soos soetkoek verkoop en dan droog die mark op tot op twintigjarige ouderdom waar studente ons weer toestroom," sê Carel. Die plaasjapies word egter nie afgeskeep nie. In die John Deerehandelstakke, waar die asemrowende stropers en trekkers uitgestal word, is daar ook olie, ghries, batterykabels en -terminale en selfs kabelvasmakers met die John Deere-handelsmerk op wat netjies in die vertoonlokale uitgestal word. Dit werk uitstekend op impulsiewe kopers,” lag Carel. “Ons het ook planne om John Deere nog meer in die stede te vestig. Ons is besig om met ’n stap- en buitelewewinkelgroep te onderhandel om ons produkte ook daar te verkoop,” sê Carel. P Kontak Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarelJ@JohnDeere.com vir meer inligting of bekyk die ware by www.farmcity.co.za. ProAgri 169 – Maart / March 2014

29


Hulpbronbestuur

P

laasaanvalle en -diefstal wil maar net nie ’n einde kry nie. Dit is steeds die misdaad wat die meeste in die land voorkom en dit is besig om die boerderygemeenskap van SuidAfrika stelselmatig ’n ernstige knou toe te dien. Die trauma wat met ’n plaasaanval gepaard gaan kring baie wyd uit en een van die eerste slagoffers is maar die waghonde, wat na die veiligheidsheining die tweede verdedigingslinie uitmaak. Dit gebeur al te dikwels dat die arme diere vergiftig word omdat dit die maklikste manier is om hulle uit die pad te kry. Du Preez de Villiers van ProAgri het by dr Gerhard Verdoorn, seker die bekendste gifspesialis in Suid-Afrikaanse landbou, gaan hoor wat staan ’n boer te doen as sy getroue oppasser gif ingekry het. “Ongeveer 95% van alle gevalle waar honde vergiftig is, is tydens plaasaanvalle of inbrake en die jongste neiging is dat misdaadsindikate veral plase waar daar Land Cruiser-bakkies is teiken. Daar is al letterlik honderde gesteel nadat die plaashonde vergiftig is. Die ander vyf persent is maar agtelosigheid met jakkalsgifbestuur en ongelukke,” sê dr Verdoorn. “Die gifstof wat die meeste gebruik word, is Aldikarb of ‘Two-step’ soos dit ook bekend staan, ’n plaagdoder wat in seker 97% van die gevalle aangeteken word. Daar is egter deesdae ook gevalle waar karbofuraan en selfs metomiel gebruik word, maar dit is bitter min. Om handelsname uit te wys is vergeefs, omdat daar ’n groot aantal onbekende en onwettige plaagdoders gebruik word, benewens die wat wel geregistreer is en handelsname het.

My hond is vergifig! Wat nou?

Het jy die regte maatreëls getref om jou hond te behandel as hy gif sou inkry?

Wat nou? Die vergiftigingsimptome waarna opgelet moet word, is redelik duidelik. Aanvanklik raak die hond bewerig, sy pupille trek heeltemal toe, dan is daar is erge naarheid, vomering, asemnood en dan tree die dood vinning in. “Die eerste paar oomblikke is seker die belangrikste, omdat ’n hond ongeveer twintig minute oor het nadat dit Aldicarb ingekry het. Nadat die boer seker gemaak het dat sy omstandighede veilig is, kan hy noodhulp op die hond toepas: “Probeer onmiddellik om die hond te laat vomeer. Rol ’n bolletjie nat waspoeier tussen jou hande en gooi dit in die hond se keel af. Dit sal die dier onmiddelik laat vomeer sodat daar soveel as moontlik van die gif uit die dier se stelsel kan kom. Daarna moet die hond onmiddellik binnespiers met atropiensulfaat ingespuit word. Die veearts sal verduidelik wat die dosis per kilogram is. “Dieselfde noodhulp word op klein en groot honde toegepas, maar vir Jack Russel-tipes en kleiner is dit noodsaaklik om die hond Aldikarb is ’n insekdoder wat gebruik word om aartappels, onmiddellik met atropiensulfaat in grondboontjies, katoen en ander gewasse teen peste en te spuit.” plae te beskerm. 30

ProAgri 169 – Maart / March 2014

Dr Verdoorn glo nie daar is werklik enige voorkomende maatreëls wat ’n boer kan tref om te verhoed dat sy honde vergiftig word nie. “Ek glo nie dit sal help om honde op te lei om nie enige vreemde kos wat rondlê te eet of om nie kos van vreemdelinge te aanvaar nie. Honde is roofdiere en as sodanig ook aasdiere, en enige hond sal enige vleisagtige lokaas vreet. Die enigste teenfoeter vir vergiftiging is om honde snags binnenshuis te laat slaap.” Wat ’n boer wel kan doen, is om die regte medisyne by sy veearts te kry en genoeg daarvan in sy medisynetrommel aan te hou. Atropiensulfaat van 10mg/ml is maar die beste medisyne en ’n hele paar ampules is nodig. Verder kan die veearts ook raad gee oor hondenoodhulpopleiding vir boere. P

So lyk vleis wat met Aldikarb behandel is. www.proagri.co.za


! N E EN! W

W

! N E W

Hierdie vraelys kan ook elektronies in Afrikaans of Engels ingevul word. Volg die skakel op www.proagri.co.za. Dankie vir die tyd wat u neem om hierdie vraelys te voltooi. U mening is baie belangrik vir ons en die opname sal nie langer as 5 tot 7 minute neem om te voltooi nie.

Pos aan: Landbou-opname Posbus 912-51 Silverton, 0127 of faks aan: 086-693-8001

Wat is jou mening oor georganiseerde landbou?

Gee jou mening en kom in aanmerking vir een van die pryse! Vertel ons asb meer van uself

Georganiseerde Landbou

In watter provinsie woon/boer u? Gauteng Wes-Kaap Noord-Kaap Oos-Kaap Noordwes Limpopo Vrystaat KwaZulu/Natal Mpumalanga Buurland (spesifiseer asb) ......................................................

1. Is u ’n lid van enige van die volgende landbou-organisasies? Kies asb almal van toepassing of merk “Nee” indien u nie aan een behoort nie. Agri SA TLU SA AFASA NAFU Nee, ek is nie ’n lid van enige georganiseerde landbou nie

Geslag Manlik Vroulik Ouderdom: <17 jaar 18 – 24 jaar 25 – 34 jaar 35 – 44 jaar 45 – 54 jaar 55 – 64 jaar >65 jaar Watter stelling sal u die beste beskryf? Voltydse boer Deeltydse boer Plaaswerker Boer se gade Boer saam met pa Plaasbestuurder Student/skolier Landbouverskaffer Landbougeesdriftige Ander (spesifiseer asb) .................................................... ....................................................

2. Wat is u siening oor georganiseerde landbou? Dui aan op die volgende skale. 4 = Waarde vir geld

3

2

1 = Te duur

4 = Oorbodig

3

2

1 = Noodsaaklik

4 = Lewer ’n goeie diens aan landbou

3

2

1 = Lewer geen bydrae aan landbou

Lede van georganiseerde landbou Indien u ’n lid van georganiseerde landbou is, beantwoord asb die volgende vraag.

3. Merk asb u tevredenheid met u organisasie se standpunt oor die volgende aspekte deur die skaal van tevredenheid te gebruik Baie tevrede

Tevrede

Ontevrede Baie ontevrede NVT – nie bekend met standpunt

Landelike veiligheid Arbeidswetgewing Grondhervorming Eskom AgriSEB Watersuiwerheid Voedselsekerheid Grondbelasting Tolhekke


Nie-lede van georganiseerde landbou Indien u nie ’n lid van georganiseerde landbou is nie, beantwoord asb vrae 4 tot 9 4. Was u tevore n lid van georganiseerde landbou ? Ek was tevore ‘n lid maar is nie meer nie Ek was nog nooit ‘n lid nie 5. Watter van die volgende redes beskryf hoekom u nie aan georganiseerde landbou behoort nie? Kies almal wat van toepassing is. Ek is ‘n lid van ‘n bedryfsorganisasie Ek sien nie genoeg waarde daarin nie Ek weet nie baie van georganiseerde landbou af nie Ek kry in elk geval al die voordele wat hulle beding Ek baklei liewers self vir my sake Dit is te duur om ‘n lid te wees Ander (Sê ons asb) _______________ 6. Watter van die volgende stellings beskryf u houding in verband met lidmaatskap? Ek oorweeg dit om ‘n lid te word Ek sou dit oorweeg indien sekere dinge verander (bv meer waarde, laer koste) Ek benodig eers meer inligting voordat ek kan besluit Ek sal dit nie sommer oorweeg om ‘n lid te word nie 7. Indien u sou oorweeg om ’n lid te word van georganiseerde landbou, wie sou u oorweeg? Agri SA TLU SA AFASA NAFU Ek weet nie/nie seker nie 8. Indien u een sou kies, wat is die hoofredes waarom u hierdie organisasie kies? Verskaf asb tot 3 redes. a. _______________________________________ b. _______________________________________ c. _______________________________________

Pryse in die spel:

1

Bly die komende winter snoesig warm en droog met ’n K-Way Antares 3-in-1 baadjie van Cape Union Mart.

Neem stilstil ’n hoë gehalte video met klank op met die Mini DV Camera wat in jou handpalm pas. Alles wat jy nog ooit oor boerdery met kleinvee wou weet is vervat in die pragboek, Boer met Kleinvee, wat deur Kejafa Knowledge Works uitgegee is.

Naam:.............................................................................................. Tel no: ............................................................................................. E-posadres: ..................................................................................... Posadres: ........................................................................................ ......................................................................................................... Stuur in voor 20 April 2014

3

4

Geniet dr Paul van Dam se koffietafelboek oor Suid-Afrika se grootste uithourit: Fauresmith.

9. Wat sou u as ’n billike lidmaatskapbedrag beskou om aan ’n landbou-organisasie te behoort wat in alle opsigte aan u behoeftes sou voldoen? tot R5 000 per jaar tot R3 000 per jaar tot R1 500 per jaar

Om vir een van die pryse in aanmerking te kom, vul asb jou kontakbesonderhede in. Dit sal vertroulik hanteer word:

2

Twee boere kan ProAgri elke maand in die posbus kry met ’n jaar se gratis intekening.

6

5 Wen een van twee Mushroom Wireless luidsprekertjies vir lekkerluister orals.


Hulpbronbestuur

Verblyfreg: Die invloed op koopooreenkomste

Tiaan van Dyk gee inligting oor die wetgewing rakende verblyfreg (ESTA-wet). In die vorige aflewerings het hy die beëindiging van verblyfreg en die proses van uitsetting bespreek. In hierdie uitgawe bekyk ons die invloed van verblyfreg op kopers en huurders.

V

erblyfreg impliseer dat die okkupeerder sekere gebruik (gebruiksregte) van die plaas, of dele van die plaas, het, dikwels tot uitsluiting van die eienaar en ander persone (byvoorbeeld huurders of ander okkupeerders). Die aard en die omvang van daardie gebruik verskil noodwendig van plaas tot plaas. Die verblyfooreenkoms sal bepaal of die okkupeerder die deel op die plaas vir sy uitsluitlike gebruik het, of hy die gebruik daarvan moet deel met hetsy ander okkupeerders of die grondeienaar en/of persone in beheer. Dikwels is dit slegs enkele hektare of klein stukkies, wat nie enige wesenlike impak het op die gebruik van die plaas deur die grondeienaar/huurder/ persoon in beheer nie. Daar is egter gevalle waar die deel wat deur die okkupeerder gebruik word wesenlik in omvang is en dit die grondeienaar of persoon in beheer se gebruik van die plaas ernstig inkort. Hierdie regte is nie geregistreer nie en daar is geen amptelike bron waaruit hierdie regte vasgestel kan word nie, of waar dit aangeteken is nie. Vir enige verkoper en verhuurder is dit derhalwe noodsaaklik om die potensiële koper of huurder volledig in te lig oor die aard en omvang van okkupeerders se regte. Indien nie, kan die verkoper/verhuurder moontlik deur

www.proagri.co.za

die koper/huurder aanspreeklik gehou word vir wanvoorstelling en hy kan die kontrak kanselleer, of ’n vermindering in die kontrakprys eis, of skadevergoeding eis. ’n Koper/huurder wil tog nie ten duurste betaal vir grond wat hy nie kan gebruik nie! Daar is verdere redes hoekom die verkoper/verhuurder ʼn koper/huurder ten volle van die omvang van die okkupeerders se regte moet inlig. Okkupeerders is gou om op te merk dat die koper/huurder nie bewus is van wat die presiese omvang van hulle regte is nie. Hulle misbruik dan die situasie deur hulleself meer regte toe te eien as wat die aanvanklike ooreenkoms bepaal het. Die okkupeerders in so situasie sal byvoorbeeld die heinings om hulle woonarea groter span sodat hulle meer plek het om aan te bou. Hulle sal ook aanbou sonder toestemming, of meer vee aanhou, of vee op die plaas bring waar hulle aanvanklik nie toestemming gehad het nie. Hulle sal ook hulle vee op ander dele van die plaas laat wei waar hulle nie voorheen toestemming gehad het nie, of plant sonder toestemming op lande waarvoor hulle nie toestemming gehad het nie, of lande groter maak sonder toestemming. Die gevolg is, die ongeligte koper/

huurder se gebruik van die plaas word verder ingeperk deur hierdie onregmatige gebruik deur okkupeerders. As die koper/huurder egter ingelig is oor die presiese aard en omvang van die okkupeerders se regte kan die okkupeerders relatief maklik op terme geplaas om hulle oorskrydings reg te stel, en indien nie, kan regsaksie geneem word om dit reggestel te kry. Wat waardeerders in ag moet neem Noodwendig kan die waarde van ʼn plaas beïnvloed word deur hierdie (ongeregistreerde) verblyfregte van okkupeerders. Dit hang af wat die omvang van die verblyfregte is en of die verblyfregte op ’n deel van die plaas uitgeoefen word wat die boerderybedrywighede op die plaas nadelig beïnvloed, al dan nie. Noodwendig sal ’n koper/huurder in so geval waarskynlik minder betaal aan koopprys/huur hoe groter die impak van die verblyfregte is. Waardeerders moet derhalwe dit in ag neem by die waardasie van ’n plaas ten einde ’n koopprys- of huurbedrae vas te stel. P Volgende keer bespreek ons die invloed van verblyfreg op boedels en huurkontrakte en kyk na die nuwe bepalings wat die regering wil invoer. Vir meer inligting, kontak Tiaan van Dyk by 082-825-8876. Hierdie is ’n inligtingsartikel; vir regsadvies, kontak asb ’n prokureur.

ProAgri 169 – Maart / March 2014

33



Hulpbronbestuur

Shell lewer skitterdieseldiens op die Hoëveld W anneer die vloot trekkers op die SANCOR-boerdery se plaas tussen Middelburg en Bethal begin brul, kan jy maar weet, dit is Shell Diesel Extra wat die woema in die wiele sit. PORTA Verspreiders, Shell se Topverspreider in die Middelburggebied, verskaf al die diesel en ook al die smeermiddels wat nodig is op die plaas. Jannie Schoeman sê dit is ’n plesier om met Anton Verwey en sy span van PORTA sake te doen. “Ons het nooit ’n probleem met voorraad nie. As ek vanoggend bestel, kry ek vanmiddag my diesel,” sê hy. Jannie sê hy waardeer dit ook dat Anton hom ingelig hou oor toekomstige prysbewegings. Hy sal hom byvoorbeeld laat weet om ’n bestelling bietjie terug te hou as daar ’n prysdaling kom of om betyds te bestel as die prys gaan styg. “Hy sal my byvoorbeeld ook laat weet as hulle in die omgewing by iemand anders aflewer en daar is ’n halwe tenk oor wat hy dan teen ’n redelike prys aan my kan bied.” Anton het die onderneming in 1996

gekoop toe dit net diesel verkoop het. Hy het baie gou met uitbreidings begin soos om ook Shell se oliereeks in te sluit. Hy sê: “Ek het hier grootgeword en ken die omgewing en sy mense, wat my gehelp het om ons verkope drasties te verhoog teenoor die vorige eienaar s’n.” Anton het veertien vragmotors wat aflewerings in ’n straal van 100 km rondom Middelburg doen. Hy gaan laai sy diesel by die Shell-depot op Witbank en hy het drie vragmotors wat van daar af ook aflewer. Hy verskaf onder meer op Witbank aan ’n Shell-diesel kleinhandelstak wat nou reeds as deel van die Topverspreidersprogram duidelik met die bekende Shell-handelsnaam kan spog. Ander kliënte sluit heelwat van die magdom myne op die Hoëveld in, asook nywerhede en vervoermaatskappye. Hy het egter ’n spesiale verhouding met boere, want hy het immers self ’n plaas anderkant Marble Hall waar hy eksotiese wild teel. En boere is goeie kliënte: “Nog nie een keer in die 18 jaar wat ek nou in hier-

Jannie Shoeman (links) van SANCOR-boerdery sê Anton Verwey se diens aan boere is uit die boonste rakke. Johan Schmidt, verkoopbestuurder, PORTA, Francois Oelofsen van Shell SA en Anton Verwey, eienaar van PORTA, voor een van sy veertien vragmotors wat die Hoëveld van Shell Diesel Extra voorsien. www.proagri.co.za

die bedryf is, het ’n boer versuim om my te betaal nie!” Anton sê as Topverspreider is die deur nou vir hom oop om sy afleweringsgebied te vergroot. Met Shell se ondersteuning kan hy ook meer bemarking doen en hulle help hom met die ontwikkeling van ’n sterk nuwe korporatiewe identiteit. Johan Schmidt, verkoopbestuurder van PORTA Verspreiders, sê nog voordele van die nuwe verbintenis met Shell is gespesialiseerde opleiding van verkooppersoneel en ander personeel, soos die vragmotorbestuurders. “Van die manne wat al jare vir ons ry, het na die gevorderde bestuursopleiding gesê hulle kan nie glo hoe baie hulle geleer het nie.” Die opleiding is ook deel van die streng vereistes met betrekking tot omgewingsgesondheid en -veiligheid wat Shell aan sy Topverspreiders stel. Die maatskappy moes ook deur ’n swartbemagtigingsproses gaan en nou kan niks hulle stuit nie. Met sy 20 jaar ondervinding by Shell, is Johan ook die regte man om op die boer se plaas kosteloos net die beste aanbevelings rakende smeermiddels te doen. Die streekbestuurder van Shell SA in die noorde, Francois Oelofsen, sê PORTA was ’n maklike keuse vir ’n Topverspreider omdat hulle gretig is om te groei en te ontwikkel en omdat hulle Shell se waardes van integriteit, eerlikheid en respek deel. “Dit is vir ons baie belangrik dat ons almal saam in die dieselfde koers trek en groei,” sê hy. PORTA was ook van die begin af ’n lojale kliënt van Shell. Shell SA het die Topverspreidersprogram ingestel omdat hulle besef het hoe waardevol dit is om toegewyde herverspreiders op strategiese plekke in die land te hê wat hulle plaaslike omgewing ken en rats diens kan lewer. Net agt verspreiders is tot dusver gekeur. Die Topverspreiders geniet voorkeur met laaiwerk by Shell se depots, maar Anton sê die grootste voordeel is dat mense nou duidelik sal kan sien dat die diesel wat hulle koop goeie gehalte Shell Diesel Extra is met al sy skoonbrandeienskappe. “Van ons kliënte wat self toetse gedoen het, ondervind tot ’n 4,5% besparing in dieselverbruik, hoewel ons die syfer amptelik op 3% stel; en dan geniet hulle ook die voordeel van die teenskuimtegnologie. Wanneer die trekkers in ’n ry staan vir diesel tydens planttyd, is daar nie tyd om te wag vir skuim om te sak nie!” P Vind uit wie jou plaaslike Shellverspreider is deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur ’n e-pos na r.vanderwesthuizen@shell.com. ProAgri 169 – Maart / March 2014

35


OOT! T S P U H N ’ OIE GEE JOU O NUUT NEW

Beheer die simptome van melkkoors, domsiekte en swak eetlus. • optimaliseer melkproduksie en-kwaliteit by ooie met twee- en drielinge • stimuleer eetlus • optimaliseer vrugbaarheid en konsepsie • maklik om te meng en doseer of gooi in drinkwater CalCiVita Recharge for Sheep bevat Kalsuim, Magnesuim, Probiotika (flora), Selenium, elektroliete en Vit. A, B, D, E en K

BESKIKBAAR LANDSWYD Kontak Johannes Jansen 082 560 0949 Distributor: Four Lakes Importers & Exporters PO Box 60913, Table View 7439 CK 2003/025506/23, Tel: 021-557-0606, e-mail: info@fourlakes.co.za Visit www.calcivita-recharge.co.za

36

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

Is jou familieboerdery ’n bate of ’n las vir jou nageslag? Risikobestuur verg deeglike beplanning om ’n familieboerdery te beskerm teen ongewenste gebeure

Tipiese sake wat in die familie-risikoplan ingesluit moet word, is: Skuld Die meeste eienaars moet persoonlike sekuriteit verskaf vir skuld, en lewens- en ongeskiktheidsdekking is ’n eenvoudige, en meestal die mees kostedoeltreffende manier om skuld af te los en die nageslagte in ’n beter situasie te laat vir die toekoms. Om skuld te erf, is nie ideaal nie. Belasting Goeie finansiële beplanning kan baie belasting bespaar en keer dat verskillende vorms van belasting die boedel onnodig beswaar. Onderhoudskoste Afhanklikes moet versorg word en daar moet beplan word vir hulle noodsaaklike lewensonkoste.

N

iemand van ons sal lewend uit hierdie lewe kom nie. Hierdie oomblik van waarheid kan aan die einde van ’n lang lewe kom, maar dit kan ook kom wanneer ons dink ons het nog baie lewe oor in hierdie lewe. Verder sal minstens een uit vier van ons permanent ongeskik word vir werk voor die ouderdom van 60. Koos Nel, hoof: Agrimark, Old Mutual verduidelik: “Opvolging in ’n familieboerdery is nie noodwendig net ’n toekomstige gebeurtenis nie en dit is van kardinale belang dat daar beplan moet word vir ongewenste risiko’s soos dood en permanente ongeskiktheid. Om ’n landbousaak vir toekomstige geslagte te bewaar, is ’n edele doel en daar moet ’n plan gereed wees om te verseker dat die familieboerdery overpoosd kan voortgaan indien iets met die huidige eienaarbestuurder gebeur voor normale aftrede.”

www.proagri.co.za

Die ooglopende redes vir ’n behoorlike familierisikoplan is: 1. Dit is in die huidige eienaar se persoonlike belang om dit wat hy deur swoeg en sweet opgebou het te bewaar vir toekomstige geslagte. Dis die nalatenskap van ’n ware rentmeester. 2. Ons familie is ons kernverantwoordelikheid en die grootste moontlike geskenk aan hulle is ’n nalatenskap wat hulle sal versorg en hulle in staat sal stel om hulle volle potensiaal te bereik. 3. Gemoedsrus aan ons kliënte deur dat die familieboerdery overpoosd kan voortgaan. 4. Gemoedsrus aan lojale werknemers wat ons bygestaan het om die familieboerdery uit te bou.

Opgedateerde en uitvoerbare testamente en trusts Wetgewing verander voortdurend en dit is daarom belangrik dat testamente en trusts gereeld hersien word om te verseker dat dit prakties uitvoerbaar is. “Old Mutual hanteer talle boedels en ondervinding het ons geleer hoe maklik dit is dat ondeurdenkte testamente onbeplande slegte gevolge kan meebring. ’n Voorbeeld is ’n testament waar die boer die plaas aan sy seun nagelaat het en die seun die helfte van die waarde van die plaas aan sy susters moes uitbetaal. Daar was ook skuld wat betaal moes word en die seun se enigste oplossing was om die plaas te verkoop om sy susters te kon betaal en die skuld af te los. Dit was verseker nie die bedoeling van die afgestorwene nie, maar dit is die tipiese resultaat van swak finansiële beplanning. Maak dus seker dat jou finansiële beplanning die resultate lewer wat jy beoog,” is Koos se raad. P Vir meer besonderhede oor familierisikobeplanning, kontak jou geakkrediteerde finansiële adviseur of vir Koos Nel via e-pos by: KNel1@oldmutual.com.

ProAgri 169 – Maart / March 2014

37


38

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur verbindings tussen sy toerusting op die plaas, sy telefone, internetverbindings, kameras, pompe en ander plaasprosesse programmeer om sy eie behoeftes te pas. Die tegnologie wat al hierdie dinge moontlik maak bestaan uit draadlose GSM-tafeltelefone met ingeboude internetskakeling wat boonop deur WiFi oral in die huis of kantoor beskikbaar is sonder om drade te span. Die fone kan terselfdertyd selfoonteksboodskappe stuur en ontvang en dit bied ook e-posadresse aan die boer en sy gesin. Waar die sein swak is, kan bykomende antennas gekoppel word om dit te versterk. Dieselfde geld vir kamerakontrole oor prosesse en vir beheer soos die skakeling of meting van waterlewering, elektrisiteit- en gasverbruik, pompe, hekke, spilpunte, ligte, temperatuurbeheer in byvoorbeeld hoenderhuise en ander stelsels – alles vanaf die boer se selfoon.

Neem volle beheer sonder draadwerk ’n

Kenmerk van kabels is die kinkels van verlore verbindings op kritieke tye, diefstal, en die hoë koste en lang wagtye wat onderhoud of herstelwerk aan kabelverbindings verg. Dit alles knou inkomste en kos geld en daarom maak draadlose stelsels vir sakesowel as huislike behoeftes al hoe meer sin. Draadlose beheer verg ook nie meer ’n span installeerders en programmeerders nie – die boer kan self sy simkaart installeer en sy draadlose

Die stelsel maak ook voorsiening vir kostedoeltreffende waarskuwingstelsels vir veiligheid wat sonder ’n enkele draad behalwe die muurprop s’n werk. Daarmee kan sensors by deure en vensters, rooksensors, bewegingsensors en paniekknoppies wat alles met batterykrag werk binne minute geïnstalleer of verskuif word. Dit alles kan met teksboodskappe van selfone af beheer word en dit kan so geprogrammeer word dat dit vanself vyf bure bel as daar moeilikheid kom. As die boer ’n “Smartphone” het, kan hy ’n klein toepassing van die internet aflaai wat die foon in ’n afstandbeheerstelsel verander. Hierdie soort stelsel kan selfs in woonwaens, tente, werkers se huise, vakansiehuise, herberge en hotelkamers in werking gestel word sonder die duur hulp van gespesialiseerde kundiges. Wat al hierdie draadlose stelsels nog interessanter maak, is die feit dat die nommer wat aan jou simkaart toegeken is, jou nommer vir ’n leeftyd is; waarheen jy ook al trek gaan jou oplossings saam. Sou dit breek, kan dit in ’n paar minute omgeruil word en dit maak die boer heeltemal los van kabeldiefstal, knaende weerlig- en waterprobleme en tegnici wat weke vat en dikwels ’n plaas se prys vra om herstelwerk ordentlik te doen. P

Truteq Devices – Wireless GSM Solutions for Remote: Automation, Connectivity, Security, Agriculture, Video, Voice & Data

www.truteqdevices.com www.proagri.co.za

012-667-1530

derick@truteqdevices.com ProAgri 169 – Maart / March 2014

39


Veilings 40

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


Veilings

Bostrum Bonsmaras 11 April 2014 op Lydenburg

35 Bonsmara bulle, 2,5-3 jaar en verskeie is poenas

50 Vroulike diere - ook 3 in 1

Gustav 082-870-8929 Dieter 083-634-8483

www.bostrumbonsmara.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

41


GeneGids 42

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


GeneGids AgriTrader

www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

43


AgriTrader

MOENIE VERDER SUKKEL NIE, KOM KOOP HOM EN GENIET HOM - DIT IS ’N GOEIE BELEGGING

!

Ons bou ’n doelgerigte wa volgens jou KEUSE en ruil waens in!

! We deliver smartly Kontak ons: Tel: 018-673-0224 / 082-859-0904 / E-pos: info@nictrailers.co.za 44

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.nictrailers.co.za www.proagri.co.za


AgriTrader

Kubota’s gaan nou ook in Frankryk gebou word Kubota-trekkers gaan van volgende jaar af ook in Frankryk gebou word. Die maatskappy het aangekondig dat bouwerk aan ’n trekkerfabriek in die noorde van Frankryk, naby Dunkerque, in Desember 2014 sal begin. Die trekkers behoort teen April 2015 by die aanleg te begin uitry en die plan is om uiteindelik 3 000 eenhede per jaar daar te vervaardig. Die hoofbestemmings vir die trekkers (van 95 tot 125 kW) is Europa, Noord-Amerika en Japan. Die koste van die projek is 40,3 miljoen Euro.

Farm trailer 10 ton no papers

New Holland 7840 4x2 with full Prbb transport conversation. Can be used as normal tractor.

R 85 000 plus VAT

18 ton Prbb trailer with air suspension. Good condition.

R 25 000 plus VAT

Call Willi @ 082-896-1896 034-995-9905 Paulpietersburg www.proagri.co.za

R 90 000 plus VAT

Yasuo Masumoto, president en hoofuitvoerende beampte van Kubota sê hulle het ten doel om wêreldwyd as landboumasjinerievervaardiger hulle merk te maak met betrekking tot die verbouing van ’n wye reeks gewasse. Hy sê Kubota het onlangs Kverneland SA bekom, juis met die doel om hulle mark-aandeel te vergroot en die nuwe fabriek sal hulle help om die doelwit te bereik. Smith Power Equipment het ook onlangs sy teenwoordigheid in Suid-Afrika vergroot met die uitbreiding van sy Kubota-monteeraanleg in Johannesburg na 6 000m2.

www.kubotasa.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014

45


AgriTrader 46

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


AgriTrader

www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

47


AgriTrader 48

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


AgriTrader

2014 Amarok

D/C 103kW 2.0 TDI Trendline 4x2 From: R344 500 Save: R40 000 Only at Mc Carthy Volkswagen Silver Oaks. Terms and conditions apply. Car featured fitted with optional equipment.

Mc Carthy Volkswagen Silver Oaks New Vehicles Sales Executive: Wouter Botes Tel: 012 809 8000 Cell: 082 769 1389

www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

49


AgriTrader

Weg met kragonderbrekings! Bespaar duisende op jou kragrekening! Verander jou bestaande dompelpomp, sentrifugale pomp of enige toerusting met ’n 3-fase motor na sonkrag met ons reëlbare-spoed-omsetter (variable speed drive converter).

Verleng die leeftyd van jou elektriese motors met ons omskakelaar se “sagte” aansit.

Pompe en motors van 0,5 kW tot 5,5 kW kan omgeskakel word.

R6 223 tot R11 826

Vanaf

Kontak ons vir enige sonkragstelsels huishoudelik en kommersieel Pryse sluit BTW en vervoerkoste uit Ons werk landwyd

Wilco van Niekerk: 072-390-6183 www.secure-automation.co.za

50

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


AgriTrader

www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

51


AgriTrader 52

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


Tweedehands

www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

53


Tweedehands 54

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


Tweedehands

www.proagri.co.za

ProAgri 169 – Maart / March 2014

55


Tweedehands 56

ProAgri 169 – Maart / March 2014

www.proagri.co.za


km waarborg



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.