ProAgri 224

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Weeg en Wen 2018: Hier is die wenners

Oktober / October 2018 No / Nr 224 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Ons stap deur NAMPO Kaap

KUBOTA DISTRIBUTED BY

Pasmaats vir jou plaas www.agri4all.com

www.proagri.co.za



Redakteursbrief

B

linkoog, oopgesig en met ’n vriendelike “Hallo Tannie” kom groet hulle wanneer ek op die plaas aankom om ’n artikel te skryf. Die boerekinders help op die plaas en speel buite en hulle gesigte straal selfvertroue en hoop uit. Wanneer ’n nuwe masjien op die plaas aankom, is dit hulle wat die opwinding wys wat Pa al geleer het om weg te steek. Dit is die Hallo Tanniekinders wat my motiveer om lang ure te werk, my woorde oor en oor te herkou en die mooiste moontlike artikels te skryf oor die masjiene en ander tegnologie wat boerdery die toekoms indra. Ek wil hê hulle tone moet net so krul van lekkerkry oor die beskrywing as oor die tegnologie self. Saam met ons adverteerders is dit immers die toekoms waarin ons belê. Op pad terug van so ’n positiewe plaasbesoek is ek skielik oorweldig deur ’n gevoel van verontwaardiging, woede en hartseer toe ek oor die nuus

Op ons voorblad moet hoor dat Suid-Afrika se president ontken dat boere vermoor word. Hoeveel van hierdie pragtige Hallo Tannie-kinders moes al by oop grafte en langs hospitaalbeddens staan as gevolg van plaasaanvalle, of self in ’n plaashuis probeer wegskuil van die gewelddadige terroriste? Wat doen die president en sy ANC-regering om vir hierdie kinders ’n toekoms te skep? Ons geldeenheid raak waardeloos, eiendomsreg word aangeval, meer as R5 per liter van die reeds peperduur brandstof beland in die staatkoffers waar dit heel moontlik deel van die korrupsiesiklus word… en politieke retoriek stook net meer geweld. Dit laat ’n mens magteloos voel tot jy weer op die volgende plaas kom en ’n opgeskote seun met volle oortuiging verklaar: “Ek wil boer!” Nou ja jong man en jong dame – ek wil ook hê julle moet boer! Laat elkeen wat wil, doen wat hy kan om dit moontlik te maak. Hier by ProAgri bring ons in hierdie propvol, lekkerleesuitgawe ’n wavrag vol woorde oor tegnologie wat boerdery vorentoe kan vat.

’n Hele span Kubotas staan reg vir al die werk in die oudste en grootste saailingkwekery in die land. Hulle werk in tonnels, tussen tonnels en orals elders op die plaas waar werk gedoen moet word. Lees meer op bl 3.

Geniet dit, en… boer slim!

Redakteur tydskrif en aanlyn

Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

41 Bonnox se Ringlock® loop oor berge en dale Vee en wild 43 Yara Animal Nutrition: Beeste presteer op selfgemengde lek en voer 45 Rumax se sakpasmengers laat jou voerrekening sak 48 Agri4all

www.proagri.co.za

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-business: Agriculture ABC Apr - June 2018 39 999

ProAgri Annemarie Bremner

> 082-320-3642

>annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers

Inhoudsopgawe / Contents Voorbladartikel 3 Multiplant kies Kubota NAMPO Kaap 4 Die eerste NAMPO Kaap was ’n reuse sukses 6 Timac Agro se kunsmis werk uitstekend in droogtetoestande 8 Hanteer jou vee self met Algar se toerusting 9 Vitamech se MacDon fnuik woeste winde en red oeste 10 New Holland: Die soetste stroper en taaiste trekker 11 Aquadam se Agri Tenk het ’n leeftyd van 50 jaar 13 Knikker peste uit met Swartland Spuitpompe Meganisasie 15 Groei groot met Scania 16 Valtrac: Baal beter met die Kuhn-grootpakbaler 19 CLAAS laat wêreldrekord spat! 21 John Deere se Onderdelekompetisie vir nog beter diens aan boere Gewasproduksie 23 Zimmatic se lineêre stelsel: Benut elke vierkante meter 25 Mielieboere: Begin reg met SureStartTM van Dow AgroSciences 28 Pioneer Weeg en Wen 2018: Die wenners! 33 Kry slaankrag teen peste met Amazone se UF-spuite Hulpbronbestuur 37 Hoe werk ’n dissiplinêre verhoor? 39 TLU SA dien steeds die boer

ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif / Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za

> 082-598-7329

>dupreez@proagri.co.za Benine Ackermann

2

> 073-105-6938

>benine@proagri.co.za Bemarkers: Xander Pieterse

> 079-524-0934

>xander@proagri.co.za

6

Tiny Smith

> 079-531-0024

>tiny@proagri.co.za Lindie Botha

> 061-650-5704

>lindie@proagri.co.za

9

Anelda Strauss

> 076-687-4419

>anelda@proagri.co.za Gerhard Potgieter

> 083-320-8135

> gerhard@proagri.co.za

15

Johan Swartz

> 071-599-9417

> johan@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Esta van Niekerk Navrae

23

Engela Botha

> 012-803-0782

>engela@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet

39

> 012-803-0667

>accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl

> 012-803-0782

>versprei@proagri.co.za

45

Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 1



Kubota M

in groot groenteboere het nog tyd om te sukkel om saailinge van saad te maak. Hulle soek stewige, gesonde saailinge wat blitsig geplant kan word en ewe vinnig kan groei sodat die groente op die mark kan kom. Om saadjies te laat ontkiem en met die nodige groeikrag voor te berei vir groenteboere, is die werk waarin Multiplant buite Brits spesialiseer. Meer as 200-miljoen saailinge word elke jaar in Len en Francois du Toit se netjiese nethuise gekweek. Dit is geen feëverhaal nie, maar gelukkig het hulle darem die ondersteuning van ’n stewige span oranje kabouters! "Kabouters" is die werkers op die plaas se naam vir die Kubota-trekkers wat die hele dag bedrywig heen en weer blits om te sleep, te spuit en kompos te maak. Die saadplantproses is outomaties en dit is veral die vier L4100- en vyf L3200-trekkers wat in gelid moet val om die vragte saailaaie na die tonnels te neem en weer te gaan haal as die bestellings moet uitgaan. Len sê daar is altyd iets wat êrens heen aangery moet word. Hulle het begin om hulle eie biologiese groeimediumblokkies te ontwikkel en te vervaardig om dit nog makliker vir groenteboere te maak om die plantjies oor te plant. Die grondstowwe vir die blokkies moet ook stiptelik aangery word, want as die fabriek eers begin loop moet hy aanhoudend gevoer word. Die drie smal M8540-kajuit-trekkers word ingespan vir die maak van kompos, algemene plaaswerk en veral om spuitwerk te doen. Daar is ook nog ’n RTV1140-rowweterrein-voertuig met sy eie stewige laaibak en gerieflike sitplekke vir personeel. Len sê daar is ander masjiene met Kubota-enjins op die plaas wat al jare lank werk, so hy weet “die goed breek net nie”. Dit is een van die hoofredes waarom

www.proagri.co.za

hulle na Kubota begin kyk het toe die trek- en rygoed op die plaas vernuwe moes word. Hulle verkies om te standaardiseer op een fabrikaat, omdat dit bestuur soveel makliker maak. Met die ondersteuning van Maubra, die Kubota-handelaar op Brits, het hulle ’n staatmaker trekkervennoot net om die draai gevind. Len sê: “Ons het ’n langtermynverhouding. Ons help mekaar en ontvang goeie diens.” Die broers het ’n vennootskap met ’n buurman gesluit om 450 hektaar graan te plant en die Kubotas is besig om hulleself ook daar te bewys. Kubota is die perfekte pasmaat ’n Paar van die voordele wat die Kubota-span goed laat inpas in die boerdery is: • Absolute betroubaarheid – daar is geen tyd om met ’n stukkende trekker te sukkel nie. • Die masjiene loop heeldag, dikwels teen luierspoed, sonder die geringste probleme. • Die brandstofbesparing in vergelyking met ander trekkers wat al op die plaas was, is merkwaardig. • Die M8540 se kruiprat maak van hom ’n ideale komposstoter en deurlugter. • Dit is ook die ideale spuittrekker met oorgenoeg krag vir die dwarrelspuit. • Die trekker se lugdigte kajuit beskerm werkers teen enige gifstowwe. • Met die M8540 kan daar ook in die aand gespuit word, wanneer die meeste werkers huis toe is. • Selfs die groter trekkers pas gemaklik tussen die rye in die tonnels. • Die trekkers is klein, maar kragtig en draai op ’n tiekie. • Dit trekkers se werking is eenvoudig en die operateurs verstaan dit gou. So lyk die span: L4100 en L3200: Die L-reeks het vier modelle wat wissel van 24,6 tot 38,9 kW (32 – 52 pk) waarvan die driesilinder L3200 die

Len du Toit van Multiplant en Chris Coetzee van Maubra, die Kubotahandelaar op Brits, sê hulle is vennote wat mekaar se ondernemings ondersteun. kleinste is. Die L4100 het vier silinders en kraglewering van 30,6 kW. Al vier modelle het vierwielaandrywing. M8540: Die M-reeks (smal/standaard) is beskikbaar in modelle van 51 tot 96,9 kW. Die smal M8540 is in ’n rolstaafmodel van 63 kW met agt ratte vorentoe en agt tru beskikbaar, of met ’n kajuit en tien vorentoe- en truratte. RTV1140 CPX: Kubota se rowweterreinvoertuie is ook in ’n klas van hulle eie wat ekonomie, bruikbaarheid, betroubaarheid en gebruikersgerief betref. Die RTV1140 met sy dieselenjin van 1 140 cm3 is vierwielaangedrewe en kan 730 kg dra.

Len du Toit van Multiplant op Brits sit nooit stil nie. Met Kubota se RTV1140 kan hy blitsig by al die projekte op die plaas uitkom. Vir meer inligting oor Kubota se reeks, kontak Robert Keir by 011-284-2024 of robertk@smithpower.co.za. Op Brits is Chris Coetzee van Maubra ook gereed om te help. Skakel hom by 082-263-7520. www.kubotasa.co.za ProAgri 224 – Oktober / October 2018 3

AgriGids

Multiplant kies

Voorbladartikel

deur Annemarie Bremner


NAMPO KAAP

deur Benine Ackermann

Die eerste NAMPO Kaap was ’n reus NAMPO Kaap is van 12 tot 14 September 2018 by Bredasdorp-park gehou. Al het die wind elke dag stormsterk gewaai het dit nie die besoekers of die boere in die omgewing weggehou nie. Daar was rye voertuie by die besoekershek om in te gaan. Die skou het verskeie landbou-uitstallers, stalletjies vir vroue, ’n damesprogram, Nasie in Gesprek en kosstalletjies gehad. Al was die eerste skou net ‘n kwart van die oorspronklike NAMPO in Bothaville, voorspel uitstallers en besoekers dat dit volgende jaar nog groter gaan wees.

John Deere

Santam

Irene Hart en Kevin Lesser van John Deere en Xander Pieterse van ProAgri het mekaar raakgeloop in die BKB-saal, die grootste saal op die skou.

Santam bied ware versekering vir die boer. Hulle verseker enigiets, van ’n hommeltuig tot ’n trekker en ook die trekker se GPS-stelsel. Hulle glo ook daaraan om heeltyd aan die voorpunt te bly. Niel Esterhuyse, bemarkingsbestuurder vir Santam, Pieter Plaatjies, gebiedsbestuurder van Santam, en Xander Pieterse van ProAgri by Santam Landbou se stalletjie.

Gundle

Philip Versfeld, landboukonsultant, Rudi Jansen van Vuuren, landboubemarkingsbestuurder en Herman Steyn, verkoopsverteenwoordiger van die Oos-Kaap vir Gundle by hulle stalletjie. Gundle bied betroubare damvoerings vir gronddamme. Dit word op die boer se plaas opgerig sodat water produktief benut kan word. 4

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


Kanna

Brandstof is baie duur, daarom het Kanna die nuwe JOLT elektriese 3 kW motorfiets by die skou bekendgestel. Willa Nolte van Kanna sê die motorfiets kan 90 km per uur ry en kan tot 100 km ver ry voordat jy hom weer moet herlaai. “Dit is perfek vir plaasgebruik.” Dit was voorwaar ’n groot aantrekkingskrag op NAMPO.

se sukses

Nichol Schreuder en Philip Fabricius van Kubota by die M7172-trekker. Hierdie is die eerste trekker van sy soort in Suid-Afrika. Die trekker het ’n V6108 enjin in, 171 perdekrag, outostuur, hy kan vir enige doel op die plaas gebruik word, gebruik minder brandstof en die kajuit van die trekker is so gerieflik dat die boer hom heeldag kan gebruik.

Kubota

Valtra Bonavide

Theunis Human en Attie de Villiers by die VALTRA E194-trekker op NAMPO. Een van die eienskappe van Valtra-trekkers is dat jy dit kan bestel in die kleur van jou keuse. www.proagri.co.za

Bert Ubbink (links), besturende direkteur van Bonavide en dr Andries Leuschner (regs) van Bonavide wys vir Niel Hanekom (middel), ’n graan-, bees- en skaapboer van Moorreesburg, waar op sy plaas is die probleemlande waar die graan gaan sukkel om te groei. Hulle meet dit met behulp van ’n landbousatelliet. Die probleemareas word met verskillende kleure aangewys. Hoe groener, hoe gesonder is die grond en waar dit geel is, is daar ’n probleem. Indien dit rooi is, groei daar niks. Die inligting word ook vir kunsmismaatskappye deurgegee wat hulle weer help met hulle aanbevelings vir boere. Hulle het ook ’n gekwalifiseerde en gelisensieerde hommeltuigloods wat met ’n hommeltuig op die boer se plaas tussen die bome vlieg waar dit moeilik is om die grond vanuit die ruimte te beskou.

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 5


NAMPO KAAP

Timac Agro se kunsmis werk uitstekend in droogtetoestande I

n vandag se tyd is alles gegrond op tegnologie, so waarom moet kunsmis agterbly? Dit is hoe die mense van Timac Agro voel. Hulle bied volhoubare plant- en diereproduksie vir boere regoor die land aan en is veral gewild onder wingerdboere in die Wes-Kaap. Hulle fokus op korrelkunsmis asook ’n reeks bio-stimulante. Timac Agro Suid-Afrika is die filiaal van die Franse maatskappy, Roullier. Roullier bestaan al sedert 1959 en verbeter heeltyd hulle vaardighede en kundigheid deur navorsing en ontwikkeling om vernuwend te bly. Kaap Agri verkoop Timac Agro se produkte. “Timac Agro se spesialiteitsafdeling het die afgelope jaar groot uitgebrei in die Kaap, dit is waar Kaap Agri ’n belangrike rol speel. Ons het verlede jaar saam met hulle begin werk en ons het bestaande en nuwe kliёnte besoek. Ons verhouding met hulle is baie belangrik,” sê Pieter Conradie,

Timac Agro se produkte. 6

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 NAMPO

streeksbestuurder in die Wes-Kaap vir Timac Agro. Johann Barnard, bemarker vir Kaap Agri, sê: “’n Mens wil die jongste tegnologie vir die boere gee en Timac Agro het dit. Hulle groei die afgelope jaar was uitstekend en dit is ’n stelsel wat werk, daarom het ons ’n uitstekende verhouding met hulle. Hulle het skitterende produkte, dit is nommer een. Ek het nog nooit iets beter gesien nie en kan dit met niks vergelyk nie.” Hoe dit werk: Timac Agro het bemarkers in die veld wat die boere besoek om die boer se behoeftes op sy plaas te bepaal deur grondontledings te doen. Daarvolgens werk Timac Agro ’n program uit en maak ’n aanbeveling vir die boer. Hulle lewer ook die kunsmis wat tot voordeel van die boer en sy plaas moet wees by die boer af. “Hulle bemes wat die plant nodig het en werk volgens die plant se behoeftes,” sê Johann.

deur Benine Ackermann

Die gewildste Timac Agro-produkte vir wingerdboere is D-Coder, Sulfammo en Fertiactyl. D-Coder: Dit is ’n interaktiewe enkelkorrel wat op die plant se wortelsure reageer en meer as een element in die korrel bevat. Normale kunsmis blus gou, maar die D-Coder lê totdat dit opgebruik word; dit hoef nie op water te wag nie. “Dit is ideaal vir droogtetoestande asook nat toestande,” sê Pieter. Tydens die droogtetyd is Timac se D-Coder op grasperke by skole in die Wes-Kaap toegedien. “As dit na ’n ruk weer reёn, groei die gras weer. Daar is niks soos dit op die mark nie. Dit is die beste in die wêreld,” sê Johann. Meer oor die D-Coder: • Dit vertolk plantwortelseine wat in die vorm van wortelafskeidings vrygestel word en stel voedingstowwe vry soos en wanneer die plant dit benodig.

Timac Agro se Sulfammo-kunsmis is ’n stikstofkorrel wat gebruik word vir na-oes- of botbemesting by wingerde.

www.proagri.co.za


opname van alle elemente vir die verbeterde werking van bladgroenkorrels, wat lei tot beter groei en die opbou van reserwes. • Dit maak dat die plant onder spanningstoestande oorleef. • Dit versterk die natuurlike verdedigingstelsel van die plant.

Diereproduksie:

Timac Agro verskaf ook lekblokke vir vee. Die lekblokke bevorder die vertering van die dier om sy voer of weiding beter te benut en produksie te verbeter. Dit is soutgebaseer om oorinname op die blokke te verhoed.

Remé Levember, senior bestuurder van Kaap Agri; Deon van der Merwe, tegniese bemarker vir Timac Agro in die Boland; Johann Barnard, bemarker vir Kaap Agri en Pieter Conradie, streeksbestuurder van Timac Agro vir die Wes-Kaap, by grootmaatverpakkings van Sulfammo-kunsmis. • D-Coder versterk: Aktiwiteit in die wortelsone word versterk deur die FMR-kompleks, wat plantmikrobeinteraksie, die mineralisasie van organiese materiaal en die beskikbaarheid van voedingstowwe verbeter. • D-Coder vermeerder: Wortelgroei deur die gepatenteerde PES-kompleks, wat wortelgroei en die produksie van wortelafskeidings bevorder. • D-Coder bevat wateroplosbare voedingstowwe om in die behoeftes tydens die aanvanklike groeifases te voorsien. Sulfammo: Sulfammo is Timac Agro se stikstofkorrel wat gebruik word vir na-oes- of botbemesting by wingerde of as bo-

bemesting by ander gewasse soos koring. “Wat dit goed maak, is dat dit tot 120 dae sonder water kan lê, maar sodra dit water kry, tree die korrel in werking,” sê Pieter. Meer oor Sulfammo: • N-proses verminder stikstofverliese. • N-proses verbeter die stikstofinname van die plant en skakel die stikstof om na proteїene. • N-proses stimuleer grondbiologiese aktiwiteit en verbeter organiese stikstof. • N-proses werk grondversuring wat deur stikstoftoediening veroorsaak word teen, te danke aan bykomende seekalsiumkarbonaat. Fertiactyl: Fertiactyl is ’n spanningsreguleerder wat help dat ’n plant in sy groeisiklus deur so min as moontlik spanning gaan sodat dit ’n optimale oes lewer. “Ons beveel dit aan vir wingerdboere wat rolbladvirus het om die plant te help om minder spanning te hê, sodat die wingerd sy verlangde suikervlakke kan bereik,” sê Pieter.

Die vernuftige D-Coder wat ook in droogtetye gebruik kan word, want dit benodig nie water nie. www.proagri.co.za

Daar is drie verskillende Fertiactyl-produkte: GZ, Starter en Trium. Meer oor Fertiactyl: • Dit verhoog wortelontwikkeling en verbeter die voedingsvermoё van die plant. • Dit bevorder die

Voordele van die lekblokke: • Harde blok • Kan reёn hanteer, sal nie oplos in die reёn nie. • Soutgehalte – dier kan net ’n sekere hoeveelheid per dag inneem. • Tegnologie - verhoed ammonia-toksisiteit deur die vorming van ammonia te verhoed en proteïenvorming te verhoog. • Ureumvrye blok. • Diere kan nie blokke byt nie. • Ondersteun immuniteit en vrugbaarheid. • Verminder spanning. Voordele vir perde: • Een blok vir een perd kan tot agt maande hou. Plaas een blok uit vir twintig tot dertig diere. • Dit bevat selenium en vitamien E. • Bevat magnesium om spanning te verminder – ontspan spiere. • Natuurlike kalsium van seewier. • Verhoed asidose – buffer pH in maag. • Verskaf sout.

Timac Agro se Calseamag+ lekblok is ’n goed gebalanseerde blok wat perfek vir perde werk. Skakel Timac Agro by 071-610-8082 of stuur ’n e-pos aan info@timacagro.co.za om jou greep op tegnologiese plant- en diereproduksie te verstewig. Besoek ook hulle webwerf by www.timacagro.co.za vir meer inligting. ProAgri 224 – Oktober / October 2018 7


NAMPO KAAP

O

m lekker, maklik, vinnig, goedkoop en doeltreffend met veehantering klaar te speel, is Algar se veehanteringstoerusting die aller antwoord. Veeboere het vanjaar verstom gestaan om by NAMPO Kaap in Bredasdorp te sien hoe Algar se duursame en sterk toerusting lyk wat veilig is vir sowel die diere as die boer en ook die spanning op die diere verminder. Ewald Loggenberg, beesboer van Vredefort in die Vrystaat, het ’n verstelbare beesdrukgang met kopklamp en eenrigtinghek by Algar gekoop en sê hulle produkte is so goed soos ’n Mercedes Benz, want dit is die beste. Hannes en Carin Nortjé, eienaars van Algar, is passievol oor hulle toerusting en doen daarom die navorsing en ontwerp van die toerusting self. Hulle toets eers die produkte op hulle eie plaas om volledige terugvoering vir boere te kan gee voor hulle dit bekendstel. Die veehanteringstoerusting word ook regoor die land op boere se plase afgelewer. Ewald is baie tevrede met Hannes en Carin se diens en sê: “As jy op hulle knoppie druk is hulle daar.” Algar se toerusting word sterk gebou om deurgaans doeltreffend te werk en baie jare te hou. Volgens Ewald is die verstelbare drukgang so ontwerp dat die bees nie kan seerkry nie; jy kan klein kalwers tot groot beeste in die drukgang hanteer. “Ek werk alleen met my beeste; dit is nie nodig vir iemand om my te help nie. Algar se drukgang maak dit moontlik,” sê hy. Die drukgang word teenaan die kraal gesit, dan loop die bees in die ronde gedeelte (fuik) in en loop deur die gang. Die gang word met penne aanmekaargesit en is maklik verskuifbaar, maar dit kan ook op sement vasgebout word. Die gang vernou na 350 mm wyd

Hannes en Carin Nortjé, eienaars van Algar Veehanteringstoerusting, by NAMPO Kaap op Bredasdorp. deur Benine Ackermann

Hanteer jou vee self met Algar se veehanteringstoerusting

vir kalwers om deur te gaan sonder dat hulle kan omdraai. Die eenrigtinghek laat beeste toe om vorentoe te loop, maar keer hulle as hulle wil tru. Algar bied die boer al die toerusting om beeste maklik te beheer wanneer jy hulle wil weeg, doseer, ent, dokter, KI of brand. Die skaapkantelaar is vervoerbaar, gebalanseerd en verminder jou arbeid en koste, want dit maak dit vir die boer moontlik om alleen met sy skape te werk. Die skaap kan enige kant op die opgang oploop, dan word hy vasgeknyp en heeltemal onderstebo gekantel. Nou het die boer volle beheer oor die skaap. Dan is dit maklik vir prosedures soos om die skaap se kloue te snoei of hom Skaapkantelaar te mikskeer. As die boer klaar is, word die skaap Om ook jou werk op die plaas makweer teruggedraai liker te maak en om jou vee beter en op sy pote te hanteer, kontak Carin Nortjé by neergesit sodat hy 082-324-6256 of stuur vir haar ‛n rustig en kalm aan e-pos na carin@algar.co.za. Jy kan die ander kant van ook hulle webblad en Facebookblad die kantelaar af en vir meer inligting besoek by by die hekkie uit www.algar.co.za of kan stap. Verstelbare drukgang en kopklamp met eenrigtingFACEBOOK/AlgarVeetoerusting/. hekke.

8

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


fnuik woeste winde……en red boere se oeste

MacDon se selfaangedrewe platsnyer beteken vir vele boere in winderige streke die verskil tussen wins en verlies.

W

oeste winde waai in streke soos die Overberg en dit kan die boer gevoelige skade besorg in hierdie gebiede wat andersins perfek vir die produksie van koring en kanola is. Wanneer die gewasse begin ryp word, kan die wind so met hulle woel dat die korrels uit die are of die pitte uit die peule gewaai word en op die grond beland waar hulle vir die boer geen vooruitsig vir stroop inhou nie. Gelukkig kan ՚n boer altyd ՚n plan maak en gelukkig is daar maatskappye soos Vitamech wat die boer help om sy planne perfek te verwerklik: Vitamech se MacDon M155-selfloopplatsnyer werk vinnig en fluks om die gewasse sagkens en skoon af te sny net voordat dit ryp word, en in netjiese windrye te pak waar dit rustig droog word sodat die stroper dit later kan optel en elke korrel herwin. Vir koringplatsny is MacDon se bandtafel die beste, want dit hanteer die materiaal die sagste en pak dit die netjiesste, maar as ՚n mens enigiets anders, soos voergewasse, wil sny en in windrye pak, kan enige soort tafel aan die MacDon gemonteer word. Die venstertyd om koring plat te sny voordat dit begin korrels verloor is baie klein, daarom werk die MacDon vinnig – 25 km/u in die land, en as jy hom omdraai om op die pad na die volgende land te beweeg, draf hy teen 37 km/u. Vir padry, swaai jy net die sitplek om vir MacDon se Dual Direction® en daar gaan jy sonder ՚n oomblik se tydvermorsing. Sy betroubare Cummins-enjin van 116 kW teen 2 200 opm werk suinig met die diesel, loop stil en lewer oorgenoeg krag vir die taak. Die M-reeks se wiele loop lekker wyd en sy pens is ՚n volle 1 160 mm hoog sodat jy nie die windry wat jy so netjies gepak het met die masjien verrinneweer nie.

www.proagri.co.za

Vir die operateur in sy luggeveerde kajuit en sitplek is dit ՚n droom om met die MacDon-platsnyer te werk. Die gerekenariseerde tafelbeheerstelsel wys jou presies hoe jou platsnyer presteer en alles word maklik en logies vanuit die kajuit beheer – selfs verstoppings, wat maar selde voorkom, kan in die ry uitgeskop word. Vir al hierdie werk vereis die MacDon M155 die minimum tyd en moeite aan onderhoud en versiening.

As koring kon kies:

Vitamech se MacDon FD1-bandstropertafel Dit is enige fatsoenlike koringoes se strewe om met ՚n MacDon FD1-bandstropertafel gestroop te word. Die MacDon FD1 Flexdraper volg immers die grondglooiinge getrou na om al die halms netjies af te sny en in gelid, almal met die koppe na dieselfde kant, op die band te beland wat hulle

Hier kan duidelik gesien word hoe die seksies van die MacDon FD1 Flexdraper kan beweeg om die grondglooiinge getrou te volg vir ՚n voortreflike snit. sagkens en sorgsaam na die stroper se bek begelei. Op dié manier gaan die minste korrels verlore en die stroper stroop beter en hou langer omdat hy egalig en gelykmatig, sonder rukke en stote, gevoer word. Die FD1-reeks het ՚n 20% beter werkskapasiteit as vorige modelle, ver-

Vitamech, die vertroude en betroubare verskaffer van landbouoplossings, is die verspreiders van MacDon in Suid-Afrika. Kontak hulle by 021-907-8000, Louis van der Merwe: 072-6268409, Jurie Swart: 083-375-8840, jurie@vitamech.co.za of besoek www.vitamech.co.za. ProAgri 224 – Oktober / October 2018 9

NAMPO KAAP

se

stellings en versienings is maklik en hy pas aan enige ordentlike stroper. Die modelreeks se name is gegrond op die wydte van die toerusting in voet: FD130 (9,1 m), FD135 (10,6 m), FD140 (12,2 m) en FD145 (13,7 m). Die hoofraam word die FM100 (Float Module) genoem. Die hidrouliese tenk hou 75 liter en drie pompe verrig al die hidrouliese take flink en voortreflik. Die trommel met sy terugtrekbare tande, “Retractable Tine Drum (RTD)”, en met sy FeedMacX-voertegnologie kan verstel word om presies by die stroper se bek en werkspoed aan te pas. Awegaarvane kan op verskillende plekke aan die trommel vasgebout word om in enige toestande en omstandighede die beste vloei van materiaal na die stroper se ingewande te verseker. Die tande op die trommel staan bekend as DrumSaver Tines en hulle is hol buisies wat vinniger in en uit beweeg om voer te verbeter. Indien daar ՚n groot versperring is, kan die pypies afbreek om die trommel te beskerm en skade aan die stroper se binnekant te verhoed. Aan die optel- en snykant van die tafel is daar drie drywende seksies wat die grondkontoere knus volg, selfs met die yslike 13,7 m-tafel. Die middelste gedeelte bly ewe groot in al die modelle; dit is die flanke se lengtes wat verskil. Die flanke se hoeke kan maklik meganies verstel word indien dit nodig sou wees. Jy kan ook die tafel met ՚n hefboompie van “Flex” na “Rigid” oorskakel indien jy nie die buigsaamheidsfunksie wil benut nie. ՚n Slim, wakker sensor volg die hoogte van die snystaaf bo die grond en hou dit outomaties op jou gekose hoogte van 1 tot 5. Snywerk bly perfek omdat die tol aan die snystaaf gemonteer is om ՚n volgehoue kritieke klein afstand tussen die tolvingers en die snyerstaaf te handhaaf.


NAMPO KAAP

New Holland bied aan: deur Benine Ackermann

Die soetste stroper en die taaiste trekker G

root dinge, waaroor boere tot in die verre toekoms bly en dankbaar sou wees, het begin toe Abe Zimmerman in 1895 ’n toerustingherstelwinkel in New Holland, Pennsylvania, Amerika, oopgemaak het. Dit is die oorsprong van die naam, New Holland, wat boere regoor die wêreld vandag nog met waardering en respek gebruik. Abe het gou besef dat hy ’n groter bydrae tot die landbou kan maak as om bloot toerusting wat andere ontwerp en gemaak het te herstel. Hy het New Holland-werktuie begin vervaardig om betroubare, doeltreffende landboutegnologie ’n stap verder te voer. Van toentertyd tot vandag toe herken almal wêreldwyd die naam New Holland aan hulle gehalte en gebruikersvriendelike werktuie vir boere en veral trekkers wat hard werk in ruil vir min diesel. New Holland het ook hulle grootstes vanjaar by NAMPO Kaap uitgestal: CR-stroper Die CR-reeks stropers is die mees gevorderde en produktiewe stropers in die wêreld. Daar is drie stropers in die CR-stroper

10

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 NAMPO

T8-trekkerreeks Boere het na die gedugte T8.410trekker wat New Holland by NAMPO Kaap vertoon het gestroom om hom van naby en binne te bekyk en te bewonder. New Holland se T8-trekkerreeks is meestal vir primêre grondvoorbereiding bedoel en is van die kragtigste trekkers in die wêreld. Die reeks bestaan uit vyf modelle tussen 184 kW (T8.320) en 279 kW (T8.435). “Die trekkers word gekenmerk deur produktiwiteit en operateursgerief,” sê Ockert Scheepers, produkbestuurder van trekkers vir New Holland. Al die modelle is beskikbaar met PowerShift- of met CVT-transmissie (deurlopend wisselende kragoordrag). Die trekker het lang dienstussenposes en ’n klein koolstofvoetspoor. ’n Volledige reeks werktuie kan voor aan die trekker gemonteer word, want hy het ’n voorste driepunthyser en kragaftakker, wat opsioneel beskikbaar is.

New Holland-reeks: die CR 6.80, CR 7.90 en CR 9.80. Die stroper het op 15 Augustus 2014 die hui-dige strooprekord opgestel – 797,656 ton koring in minder as agt uur! Meer oor die CR7.90: Die stroper se graantenk kan 11 300 liter opslurp en die dubbelrotor-skoonmaakstelsel sorg vir vinnige, doeltreffende stroopwerk. “Hy het klipbeskerming (ASP) wat elektrohidroulies werk. Dit hoef nie deur mense skoongemaak te word nie; hy gooi die klippe self uit,” sê Nico Dreyer, New Holland se produkbestuurder vir stropers en spuite. Die IntelliSteer beteken die stroper kan self stuur en maklik verstel om vir die boer optimale produksie te gee en om dit moontlik te maak om 24 uur per dag te stroop. “Die stroper het ook telematika waarmee die boer die inligting van die stroper op sy rekenaar kan sien en aflaai,” sê Nico. Die boer se graangehalte is gewaarborg met die Opti-Clean-stelsel, want dit verseker die skoonste graan. Verder is die kajuit van die stroper lekker groot sodat die boer lang ure sonder engtevrees kan stroop en iemand kan selfs saamry vir geselskap. Die IntelliView-kleurraakskerm maak dit maklik om sy oog deurgaans op alle aspekte van die stroopproses te hou.

Meer oor die T8.380: “Die boer kan kies tussen “Smart Track”- of gewone bande. “Smart Track” is rusperbande aan die agterkant van die trekker en voor is gewone lugdrukbande. Die rusperband gee beter vastrapkrag met minder wielglip, verminder grondverdigting en sorg vir beter gewigsverspreiding, balans en stabiliteit,” sê Ockert. Die trekker bevat alles wat die boer nodig het om suksesvol te boer en al die kontroles is byderhand om sake vir die operateur so maklik as moontlik te maak. Dit is ook die gemaklikste trekkerrit wat die boer sal ervaar oor selfs die rofste terrein. “Die klimaatbeheer en spieёls verstel elektries, die trekker het ’n lugveringsitplek en ook ’n passasiersitplek, ruim kajuit, al die kontroles is op die armrus gemonteer en dit beweeg saam met die operateur in die stoel net soos die navigasieskerm wat standaardtoerusting is,” voeg Ockert by. Kontak New Holland by 011-2053700 of besoek hulle webwerf by www.newholland.com/za vir meer inligting of om te verneem wie jou naaste verspreider is.

www.proagri.co.za


NAMPO KAAP

Aquadam se Agri Tenk het ’n leeftyd van 50 jaar

deur Benine Ackermann

O

f jy nou ’n watertenk vir besproeiing, vee, pluimvee of huisgebruik benodig, Aquadam het die regte tenk vir jou: die Agri Tenk. Dit is uiteindelik ’n tenk wat die boer se behoeftes pas, omdat dit spesifiek vir die plaas ontwerp is. Die Agri Tenk is ’n modulêre paneeltipe-staaltenk wat aanmekaarbout vir maklike en vinnige installering en die grootte van die tenk is aanpasbaar. Die tenk is beskikbaar van 15 m3 tot 2 762 m3 met ’n deursnee van 2,35 tot 19,66 m. Die tenk se dop of muur word gebou van 1 mm tot 6 mm Zincalume®-staalpanele. Dit is ’n metaal wat sewe keer langer sal hou as versinkte staal en met ’n lewensverwagting van meer as 50 jaar. Die sink en silikoon in die deklaag beskerm die staal. Die boer kan ook kies watter kleur panele hy wil hê. Die dam se dak word ook van Zincalume®-plate gemaak. Dit is lig en weerbestand en is ontwerp om ’n windspoed van tot 200 km/u te weerstaan. Die dak kan met ’n lugrooster toegerus word om kondensasie aan die binnekant te voorkom en dit kan ook geseёl

www.proagri.co.za

Werner Norval, verkoopskonsultant, en Ronald van Lochem, besturende direkteur van Aquadam, wys by NAMPO Kaap in Bredasdorp hoe hulle tenks lyk. word om dit voёl- en knaagdierbestand te maak. Voordele van die Agri Tenk: • 9 uit 10 boere verkies dit. • Gemaak van materiaal geskik vir staalwatertenks wat ’n leeftyd sal hou. • Die tenk is windbestand. • Die tenk kan na ’n ander plek op die plaas verskuif word of vergroot word. • Die tenk sal vir 20 jaar nie lek nie. • Lewensverwagting van meer as 50 jaar.

• Lae onderhoud. • Ontwerp en goedgekeur volgens ingenieurstandaarde. • Vervaardig volgens AWWAstandaarde (Amerikaanse Waterwerke-vereniging). Vir meer inligting oor Aquadam, skakel 086-100-1010, of e-pos info@aquadam.co.za. Besoek ook www.aquadam.co.za vir meer inligting oor al Aquadam se vernuftige damme.

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 11



wartland Spuitpompe vervaardig en versprei ’n reeks hoëgehalte waaierspuite vir gebruik in wingerde en vrugte-, neut- en sitrusboorde. Sarel Swart het die maatskappy in 1991 in Franschhoek begin toe hy sy eie RS reeks-spuite vervaardig het en onderdele en spuite begin invoer het deur Teyme en Solteka in Spanje. Al die spuitpompe is vir swaar diens gebou en maklik om te versien. Dit is ook vervaardig vir Suid-Afrikaanse omstandighede en is beskikbaar in 250-, 500-, 1 000-, 1 500-, 2 000-, 3 000- en 4 000-litermodelle. “Die gaping wat Sarel in die mark raakgesien het, is om gehalte masjiene aan boere te lewer,” sê Marna de Vries van Swartland Spuitpompe. Die RS 3000 sitrusspuit se toring word binne 30 minute op of af verstel

Knikker peste uit met Swartland Spuitpompe se RS 3000

Sarel Swart, Marna de Vries en die RS 3000-spuit by NAMPO Kaap. sodat die spuit vir normale blaarvoeding en ander spuitprogramme gebruik kan word. Die spuit se 915-mm waaier kan op lae of hoë spoed gestel word en sodoende brandstof bespaar. Die spuit is toegerus met ’n 260 ℓ/min Cometpomp en reguleerder. Dit is vervaardig om tussen 750 tot 12 000 liter per hektaar te spuit deur middel van 50 spuitkoppe op die vier meter hoë vlekvryestaaltoring. Die spuit is so ontwerp dat dit teen ’n spoed van tot 7 km/u kan spuit waar

die terrein dit toelaat. Hy is 4,7 m lank en 1,8 m breed en het groot bande om die minimum grondverdigting te veroorsaak. Die koeëlvormige tenk is ontwerp om die minste skade aan vrugte aan te rig terwyl die spuit deur die boord beweeg. Die boer kan kies tussen waaiers vanaf 765 mm tot 1 050 mm en tenkgroottes van 1 000, 1 500, 2 000 en 3 000 liter. Vir meer inligting oor Swartland Spuitpompe, kontak hulle by 021876-3510 of stuur ’n e-pos na rasc@adept.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.swartlandspuitpompe.co.za.

Laat peste en plae spat met ’n spuit van SWARTLAND SPUITPOMPE PTY (Ltd)

Beskerm vrugte, druiwe en neute:

• Bewese betroubaarheid • Bewese doeltreffendheid • Hoogste gehalte • Gebou vir swaardiens • Maklik om te gebruik • Maklik om te versien • Veelsydig • Werk vinnig • Groot verskeidenheid – ‘n spuit vir elke taak

Swartland Spuitpompe: 021-876-3510 www.proagri.co.za

rasc@adept.co.za www.swartlandspuitpompe.co.za ProAgri 224 – Oktober / October 2018 13

NAMPO KAAP

S



“E

nigeen wat lewendehawe in ’n ander trok as ’n Scania vervoer, moet sy kop laat lees,” sê Alvin Steenkamp van die Cavalier-groep buite Cullinan. Sowat 7 500 skape en 800 beeste word elke week na dié houkrale en slagpale aangery vanaf boere en veilingskrale regoor die land. “Ons het sewe Scanias, maar hulle doen omtrent dertig gewone trokke se werk,” vertel Alvin. Hy sê daar loop byvoorbeeld elke

Humphrey Mojaki is een van Alvin Steenkamp van Cavalier-groep se vragmotorbestuurders. Hy het nou so 1,8 miljoen kilometer agter die stuur van Scania-trokke deurgebring en kan van net een keer onthou dat hy langs die pad hulp moes kry. www.proagri.co.za

Alvin Steenkamp glo daaraan dat diere so rustig as moontlik moet wees terwyl hulle aangery en aangehou word, vir hulle eie welsyn en ook om uiteindelik as ’n goeie, sagte vleisproduk op die verbruiker se bord te beland. nag ’n trok van Upington af met skaap. Alvin is self van daardie wêreld af, waar mense nog reguit praat en sê wat hulle dink. Oor Scania se vragmotors en dienslewering is hy veral uitgesproke. “Jy kan nie met diere agterop langs die pad gaan staan nie, dit is waarom jy ’n betroubare voertuig soos Scania nodig het. En ás iets sou breek, moet jy die gemoedsrus hê dat die probleem baie gou opgelos sal wees,” sê hy. Alvin het in 2010 deel van die Scania-familie geword. Hy het toe in Upington die lewendehawe-onderneming gekoop en moes ’n manier vind om sonder enige beskikbare kapitaal drie vragmotors aan te koop. Hy vertel dat hy met Scania gaan praat het oor sy sakeplan en vir hulle gevra het om hom en sy onderneming te vertrou. “Ek het met drie trokke daar uitgestap en nog nooit weer omgekyk nie.” Die drie het ondertussen tot sewe aangegroei en hulle word elke drie

Kies ’n vragmotor van ’n maatskappy wat wil help dat jou onderneming groei. Skakel Scania se hoofkantoor by 011661-9600 om uit te vind waar is jou naaste handelaar. Besoek gerus ook www.scania.co.za. ProAgri 224 – Oktober / October 2018 15

AgriGids

Scania

Meganisasie

Groei groot met

jaar, op so 700 000 tot 800 000 km, op nuwe Scanias ingeruil. Alvin sê in al die jare met al die derduisende kilometers kan hy op die vingers van een hand tel hoeveel keer daar probleme was met ’n trok. Die een keer het ’n vragmotor skuins na middernag van Carnarvon af tussen Prieska en Groblershoop gaan staan op pad na ’n veiling in Upington. Alvin het die Scania-noodnommer geskakel. Hulle het die bestuurder se nommer gevra en uitgevind presies waar is die trok en wat is die probleem. “Die man in die dienssentrum het vir my gesê ek moet gaan slaap, dit is nou verder hulle probleem. Die volgende oggend sewe-uur kry ek ’n oproep om te sê my trok is in Upington reg om te laai.” Die vragmotor kon nie dadelik langs die pad herstel word nie, maar Scania het ’n ander voorhaker gestuur om die leunwaens te haak en die stukkende trok op hulle koste Bloemfontein toe gesleep vir herstelwerk. ’n Ander keer was daar ’n trok met ’n gebarste waterpyp naby Parys. Die ondersteuningspan praat eers rustig met die bestuurder dat hy sy mening kan gee oor wat fout is en dan vat hulle wat nodig is vir die herstelwerk saam trok toe. Drie uur later was die vrag weer aan die beweeg en Alvin is die hele tyd op hoogte gehou van die vordering. Hy sê dit help ook baie dat Scania die bestuurders behoorlik oplei om nie net die vragmotor op die pad te hanteer nie, maar ook om die basiese werking te verstaan. As daar enige tegnologie aan die vragmotor verander, kom verduidelik hulle dit ook aan almal. Alvin se diensplan behels dat hy ’n vaste bedrag per kilometer betaal en dit dek al die nasienwerk en enige moontlike herstelwerk. Dit is dus maklik om daarvoor te begroot en daar is nooit enige skielike groot, onverwagte uitgawes nie. Die beste deel is egter die goeie verhouding met Scania se mense. Hy sê hy het seker die kleinste vloot Scanias in die land, maar Scania Suid-Afrika se besturende direkteur en ander topverteenwoordigers het al die pad Upington toe gery om by Alvin in te loer en sy mening oor die trokke te vra! Hy sê die een ding wat hy hulle kon verseker is dat hulle trokke die grondpaaie in die Kalahari kan hanteer en as ’n trok daar hou, sal hy oral in Afrika hou.


AgriGids

Meganisasie

deur Annemarie Bremner

Valtrac:

Baal beter met die nuwe Kuhn LSB 1270 DX-grootpakbaler W

anneer jy ’n groot platbak het om vinnig vol bale te pak, het jy ’n grootpakbaler nodig wat sy baalwerk ken. Hendrie Hills van Brits se Kuhn LSB 1270 DX, wat hy by Valtrac aangekoop het, het sy voermaakonderneming na ’n nuwe vlak geneem. “Die vervoer van die bale is nou baie meer ekonomies, want hulle word teen hoë digtheid verpak. Dit beteken meer gewig en meer voer per vierkante meter,” sê hy. Van sy bale word tot so ver as Stilbaai vervoer en nie net word die vragruim nou ekonomies benut nie, maar die bale kom ook netjies en heel anderkant aan. Baalmaak is ’n fyn wetenskap op die Hills-plaas en die Kuhn-grootpakbaler is die gereedskap wat dit moontlik maak. Hendrie sê alles geskied meganies en met twee manne vir die laai-

en rywerk kan hy sommer baie hektare op ’n dag deurdraf. “Die baler VAT ’n windry,” sê hy. Natuurlik het die pak van die windry en die voggehalte van die materiaal ’n groot invloed op die werkspoed, maar jy weet presies hoe vinnig om te ry, want die baler sê vir jou! Op die gebruikersvriendelike beheerskerm in die trekker se kajuit kan jy presies sien wat gaan aan. Hendrie verduidelik dit so: “Daar is ’n voorkamer met ’n meter wat bepaal of daar genoeg materiaal opgetel is om die baalkamer te vul. As daar nie is nie, vat hy nog ’n keer en as jy sien hy moet drie keer inkrap vir een baal, moet jy bietjie aanstoot. Die ideaal is een-op-een, dan is jou werkspoed net reg.” Die masjien vertel vir jou terwyl jy werk presies hoeveel elke baal weeg en

Die skermgreep uit ’n video wat Hendrie Hills van Brits geneem het wys hoe skoon die Kuhn-grootpakbaler optel en in die ry die baal agter afstoot. Kyk na die video op www.proagri.co.za

Hendrie het ook die opsie gekies vir ’n vogmeter. Die vogmeter meet wel net aan die kant van die baal en nie tot in die middel nie, maar jy kan gou sien wanneer die vogvlakke wissel en die materiaal te nat is. Hendrie sê soos met enige baler kan daar soms ’n knopie vashaak of ’n probleem met die baaltou ontstaan, maar daar is ’n alarmpie wat jou waarsku en dit hang van die operateur af of die probleem opgelos word of groter word. Die alarm waarsku jou ook as daar te veel materiaal in die keel sit wat verstoppings kan veroorsaak. “Ek het een keer ’n verstopping gehad wat my opgehou het, maar toe het ek al twee-uur in die oggend begin baal en ek was nie so op en wakker as wat ek moes wees nie,” vertel hy. Verstoppings gebeur nie gereeld nie, maar dit kan gebeur, veral as die materiaal te nat is. Die baler het ’n valklap onder wat oopgemaak kan word in geval van ’n ernstige verstopping, sodat jy gou weer kan voortgaan met jou werk. Enige gewas se baas Hendrie plant spesifiek hawer en lusern om gebaal te word, maar hy het al die masjien getoets met sojaboonreste en mieliereste. Koringreste word in die grond ingewerk, maar as dit moet, sal hy dit ook kan baal. Die Kuhn LSB 1270 DX het geen probleem om enige materiaal netjies op te tel en styf te verpak nie. Die optelhoogte kan verstel word afhangende van die terrein en die materiaal. Kuhn se Integral Rotor is die tegnologie wat gebruik word om die materiaal probleemvry in te voer. Dit beteken dat die awegare wat die materiaal na die bek van die baler voer regstreeks aan die voerrotor gemonteer is en deel daarvan vorm. Hierdie patent is eenvoudiger, doeltreffender, betroubaarder, onderhoudvry en sorg dat enige soort materiaal gladweg en onstuitbaar die kortste pad na die baler volg. Dit laat jou ook toe om vinniger te ry en gouer klaar te baal voordat die reën kom. Nokkoppelaars beskerm al die invoerfunksies om doeltreffendheid te verhoog en skade te voorkom. ’n Goedgepakte windry met genoeg materiaal is die beste manier om te verseker dat die grootpakbaler op sy beste werk. Hendrie het ook Pöttinger-


en meer doeltreffend werk, hoef daar minder heen en weer gery te word. Vir die doeleindes van kontrakwerk werk hy op ’n halwe liter brandstof per baal, maar dit hang ook af van die materiaal wat gebaal moet word. In die land het hy ’n man in ’n trekker met ’n aangepaste baalvurk wat drie bale kan stapel en op die wa laai om dadelik uitgery te word. Hendrie sê wanneer hy met die baler by die skuur aankom, is die meeste bale klaar daar en sy twee manne is op pad terug uit die land uit. Hy het onlangs vieruur die middag by ’n buurman begin baal en halfnege die aand was die 178 bale gepak en hy Koste, hantering en dienslewering op pad huis toe. Die Kuhn LSB 1270 DX is ’n groot ’n Eienskap wat hy ook verwelkom masjien en Hendrie glo sy 126,7 kWis dat die agteras van die masjien trekker is ’n goeie pasmaat. Hy het nog onafhanklik kan draai. Dit maak kleiner nie die brandstofverbruik per hektaar draaisirkels op die wenakker moontlik vergelyk met sy vorige kleiner baler en veral met ’n gewas soos lusern is nie, maar omdat die masjien vinniger daar minder skade vir die volgende snit. ’n Baler met ’n soliede as agter se wiele sleep dikwels polle uit die grond uit. Met die Kuhn gebeur dit nie. Hendrie sê hy loop al ’n lang pad met oom Wynn Dedwith en sy mense van Valtrac en hy is deeglik bewus van hulle legendariese dienslewering. Hendrie het sy baler gestel vir ’n baallengte van een meHulle het hom ter, want dan pas dit die beste op ’n platbakvragmotor vir kom help om vervoer en in die skuur. die masjien mooi in te stel en na sy eerste groot lopie van 504 bale het hulle weer ’n draai op die plaas gemaak om seker te maak alles is reg. Hulp is altyd net ’n oproep ver en as die probleem nie nog dieselfde aand opgelos kan word nie, gebeur dit vroeg die volgende dag. Hy het nog nie tyd gehad om al die funksies op die ISOBUS-paneel te ondersoek en gebruik nie, maar volledige redkordhouding van elke kilogram voer wat op die plaas gebaal word, het skielik sommer baie makliker geword. “Ek sal verseker die masjien aanbeveel vir boere vir wie werkspoed, gehalte en digtheid van bale belangrik is en veral vir kontrakteurs. Die baler is gebou om te hou,” sê Hendrie. bring waarmee hy bale met ’n hoë voginhoud chemies kan behandel sodra dit uit die kamer gestoot word, sodat die voer vars bly. Dit werk soos ’n preserveermiddel en dit verseker tevrede kliënte. ’n Dubbelknoopstelsel sorg dat die bale netjies gebind word en daar is geen vermorsing van baaltou nie. Hendrie het uitgewerk dat hy so 32 bale per tol kan maak. Nog ’n groot voordeel is dat daar ’n waaier is wat heeltyd ’n stroom lug booor die knoopmasjien uitblaas om dit stofvry en dus probleemvry te hou.

Hendrie Hills en sy seun, Johannes, kan met reg trots wees op die netjiese, ferm lusernbale wat hulle Kuhn-grootpakbaler van Valtrac lewer. kragharke en –deurlugters by Valtrac bekom om die beste moontlike windrye en flink uitdroging van nat materiaal te verseker. Stewig, vars en netjies Hendrie sê die eerste baal van die dag is nie heeltemal so stewig soos die ander nie en dit is verstaanbaar, want die bale druk opeenvolgend teen mekaar vir die hoëdigtheidverpakking. Die SLB 1270 se bale is tot 10% digter as dié van vorige modelle of vergelykbare balers. Hy sê die eerste baal land gewoonlik op die bakkie vir die naweekbesoek aan die wild op die Bosveldplaas, so dit pas hom! Op sy baler is ’n toediener aange-

Kuhn se integrale rotor bewys dat die reguit pad altyd die regte pad is – ook met die voer van materiaal na ’n baler se bek. www.proagri.co.za

Bestel jou Kuhn-baler by Valtrac. Kontak Attie de Villiers by 083261-9863 of 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting. ProAgri 224 – Oktober / October 2018 17



S

oos ’n warm mes deur botter – só het CLAAS se DISCO 1100 RCsnyerkneuser deur die lusernland gesny om die wêreldrekord vir die meeste snywerk in agt uur ver te oortref. Die skouspel het op 1 Julie vanjaar op Mesbergen Farms in Colorado plaasgevind waar Tate Mesbergen net na twaalfuur die middag sy Axion 800 bestyg en met sy DISCO 1100 RC die lusernlande aangedurf het. Die toestande was nie ideaal nie, te wyte aan 12,7 mm reën wat die vorige dag geval het om die lande natter as gewoonlik te laat, maar Tate het geweet hy kan op sy CLAAS-trekker en -snyer reken om deur te druk. Presies agt uur later was Tate die nuwe wêreldrekordhouer! Sy ondersteuningspan en die onafhanklike getuies was almal beïndruk en selfs verwonderd oor sy prestasie: 141,1 hektaar lusern netjies gesny én gekneus

teen ’n opbrengs van 5,24 ton droëmassa per hektaar! Dit oortref die vorige wêreldrekord met meer as 40,5 hektaar! Boonop is die vorige rekord opgestel met gras, nie lusern nie, en ’n snyer sonder kneuser is gebruik. Dit maak Tate en CLAAS se prestasie nog meer aanskoulik. Voorts is Tate se rekord opgestel op vier verskillende lande wat nie almal naby aan mekaar geleë is nie. Dit beteken dat die snyer telkens opgevou moes word om na die volgende land te ry. Maar dit is nie al nie – daar was ook twee onbeplande onderbrekings: Die eerste was toe Tate ’n betonblok in die eerste land getref het en moes stilhou om seker te maak dat dit geen skade aan die snyer aangerig het nie, wat toe ook die geval was. CLAAS is taai. Die tweede onderbreking was maar

net om seker te maak dat die snyer reg opgevou het voordat na die laaste land vertrek is. Soos blits Op die land het Tate teen ’n maksimum spoed van 30 km/u deur die lusern geblits en tussen lande het sy AXION teen 50 km/u gedraf. Maar dit beteken geensins dat die DISCO 1100 RC sy werk argeloos afgerammel het nie. Die lusern is mooi skoon en netjies gesny en die snyer se kneuser het die stingels deeglik en sonder blaarverlies gekneus sodat dit vinnig kan droog en die maksimum voedingswaarde en eetgenot bied vir die gelukkige beeste wat aan daardie lusern gaan smul. Die nodige dokumentasie en bewyse is na die Guinness-rekordboek gestuur, waar hierdie wêreldrekord waarskynlik nog lank agter CLAAS se naam sal staan.

CLAAS – ‘n trotse rekord CLAAS is in 1913 as ‘n familie-onderneming gestig en is vandag een van die mees gerespekteerde wêreldleiers in die vervaardiging van landbouwerktuie. CLAAS is die onbetwiste wêreldleier in stropers en selfloop-kuilvoerkerwers, en speel regoor die wêreld ‘n belangrike rol in boerderysukses met voortreflike trekkers, balers en hooimaaktoerusting, insluitende boerderyinligtingstegnologie. CLAAS het sowat 10 900 werknemers regoor die wêreld en het in die 2017-boekjaar ‘n omset van €3,7-miljard aangeteken. Tate Mesbergen van Colorado het met sy CLAAS DISCO 1100 RC-snyer kneuser ’n nuwe wêreldrekord opgestel deur 141,1 hektaar lusern in agt uur te sny! By hom is die trotse span van CLAAS. www.proagri.co.za

CLAAS – die naam waarop die boer kan reken ProAgri 224 – Oktober / October 2018 19

AgriGids

Meganisasie

laat wêreldrekord spat!



deur Du Preez de Villiers

J

ohn Deere is nie net ’n voorvatter as dit by tegnologiese ontwikkeling kom nie. Hulle glo ook daarin om met opwindende projekte hulle werknemers beter en slimmer te maak – alles tot voordeel van die boer. John Deere Suid-Afrika het drie jaar gelede ’n baie suksesvolle Tegnikus van die Jaar-kompetisie aan die rol gesit en vanjaar het die onderdeleverkopers ook op die wa geklim. Ronnie Phillips, onderdelebemarking, is baie opgewonde oor die Onderdelekenner van die Jaar-kompetisie. “Dit is vir ons belangrik om ons onderdelespan te begeester en op te bou. Die kompetisie sal baie bydra tot die verbetering in hulle vaardighede,” sê hy. Die kompetisie is oop vir alle onderdele-personeel insluitend onderdelebestuurders. Daar is derduisende onderdele waarvan die verkopers die doel, werking en posisie in die masjien moet ken en verstaan. Hulle moet ook verstaan hoe werk die benamings van die

Stephanus Fouche AFGRI Grootvlei

Gaetano Cassara Trekker & Diesel Oudtshoorn www.proagri.co.za

toerustingreeksnommers. As ’n boer by die onderdelehandelaar inkom, moet hy of sy die regte onderdeel op die stelsel kan vind volgens die boer se beskrywing. Wanneer die boer die model- en reeksnommer kan verskaf, is dit natuurlik baie makliker. Soms kan daar verskillende enjinmodelle in dieselfde masjien wees en daar is ook verskillende enjins of onderdele uit verskillende dele van die wêreld. ’n Onderdeleverkoper moet daarvan weet of dit kan waarneem. Barbara Crabbe is John Deere se opleidingskoördineerder in Onderdelebemarking. Sy sê: ”Ons het 130 inskrywings van regoor Sub-Sahara Afrika ontvang. In die eerste rondte moes die deelnemers twee aanlynkursusse deur die John Deere Universiteit aflê. 51 kandidate het toe na die tweede rondte deurgedring. Die volgende rondte was ’n geskrewe toets om die top tien te kies. In die laaste rondte moes die finaliste ’n praktiese toets aflê waar hulle onderdele op die John Deere-stelsel moes vind en ook ’n probleemgeval

Annalien Thompson AFGRI Standerton

Kobus Buys Senwes Wesselsbron

Danny Mclean AFGRI Standerton

Jaco Wessels AFGRI Marquad

moes hanteer. Daarna is ’n geskrewe toets afgelê waarin diepgaande vrae oor John Deere se produkte gevra is. Die top drie finaliste is hieruit gekies. Die drie wenners sal tydens ’n glansgeleentheid in November saam met die ander kompetisies se prysuitdelings aangewys word. Die eerste prys vir die Onderdelekenner van die Jaar en sy of haar metgesel, is ’n toer ter waarde van R100 000 na ’n John Deere-fabriek in die buiteland*. Die tweede prys is ’n John Deere E110 “Ride-on” grassnyer ter waarde van R32 150 en die derde prys is ’n vakansienaweek ter waarde van R10 000. * nie alle kostes ingesluit. Skakel Kevin Lesser by 082-807-2603 of 011-437-2600 of e-pos LesserKevinJohn@JohnDeere.com om meer van John Deere se uitsonderlike produkte te wete te kom.

Deon Britz AFGRI Malmesbury

Renier Oosthuizen GWK Barkley-Wes

Duncan Barry AFGRI Ermelo

Wynand Pretorius AFGRI Polokwane

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 21

AgriGids

Meganisasie

John Deere se Onderdelekompetisie: Motivering vir nog beter diens aan die boer



’n Dieselenjin met kragopwekker op die karretjie voorsien Zimmatic se lineêre stelsel se wiele en waterpomp van krag.

Die Lateraalkarretjie soos bekend gestel op Nampo-2017 voor sy reis na Zambië.

Spilpunttegnologie:

Benut elke vierkante meter met ’n Zimmatic Lateraal

O

Die drywende pomp met sy filter lewer 750 kubieke meter water per uur aan die lineêre stelsel.

p hierdie ronde aarde van ons verstelsel kan met ’n sleeppyp van 102, die kanaal,” sê Rhyk. “Elke uur moet kies ons om ons lande reghoekig 153 of 203 mm dik, of vanuit ’n kanaal 750 kubieke meter water deur die te hou. Dit is net baie makliker om op langs die karretjie voorsien word. Die stelsel vloei om die 220 hektaar land te meet en maksimaal te benut. Vir kanaal kan langs die kant of enige plek te besproei. Die stelsel word bedien besproeiingsboere is ’n reghoekige bein die land loop. Boere wat voorheen deur ’n kanaal wat langs die karretjie sproeiingstelsel dan ook baie prakties, op vloedbesproeiing vanuit ’n kanaal loop en die kanaal word volgehou deur maar ’n spilpunt loop in ’n sirkel. moes staatmaak, vind dus lineêre pompe wat water uit die rivier pomp. Zimmatic se laterale (lineêre) stelsels baie aanloklik. ’n Drywende Tans word die koring op die land geoes besproeiingstelsels bied ’n wye verpomp en filter in die kanaal voorsien voor die land voorberei sal word vir die skeidenheid aandrywing- en begeleidan deurlopend deur ’n verbindingspyp somergewas,” sê hy. dingsopsies wat ’n boer toelaat om ’n water soos die pomp saam met die Dit is baie belangrik dat die bemaakpasstelsel volgens sy behoeftes karretjie vorentoe beweeg. sproeiingstelsel presies op koers moet en omstandighede vir sy plaas te kies. Zimmatic het onlangs so ’n 9500Lbly en Zimmatic het vier verskillende So ’n Zimmatic-stelsel kan ’n vierkanstelsel in Zambië in die Copperbeltstuurstelsels wat gebruik kan word om tige, reghoekige of 'L-vormige' land provinsie, naby die dorp Kitwe, te verseker dat sake nie skeefloop nie. met hoë eenvormigheid besproei om opgerig. Rhyk Welgemoed is die ’n Bogrondse of ondergrondse kabel elke stukkie land te benut. gebiedsbestuurder vir Lindsay Africa, in kan ingespan word om die wiele met Zimmatic se laterale 9504L-model Suider Afrika, en hy is saam met Iain sensors te stuur. ’n Staaf met sensors is ’n eenvoudige, maar doeltreffende Anderson-Slight, besturende direkteur wat in ’n voortjie loop is ook ’n opsie. stelsel wat reeds baie goed beproef is. van ECM Farm, baie ingenome met die Op ECM Farm word ’n GPS-stelsel geDit bestaan uit ’n karretjie wat met ’n lineêre stelsel. bruik. dieselenjin en kragopwekker aangedryf “Ons stelsel in Kitwe bestaan uit Zimmatic se 9500L-stelsel bestaan word. Duursame, elektriese sleepka22 torings; 11 links en 11 regs van uit medium- en hoëraamstrukture. bels wat vanaf beheerkaste langs die Dit loop met gemak bo-oor enige roete van krag voorsien moontlike gewasse en selfs bome. word kan ook gebruik ’n Wye verskeidenheid sprinkelaarword. pakkette is ook beskikbaar. Op die karretjie kan Zimmatic se laterale (lineêre) tenks met vloeibare stelsels is aanpasbaar, bespaar kunsmis en gif geplaas water en energie en beloof om uitword om in die stelsel te muntende opbrengste te lewer. voer. Die beheerkas word ook op die karretjie geplaas. Die stelsel het Kontak vir Frederik Nel by ’n elektroniese Vision-be+27(0)72-517-7581 heerpaneel wat afstandof +27(0)21-986-8900 monitering en -bestuur of e-pos moontlik maak deur die Frederik.Nel@lindsayafrica.co.za. FieldNet-internetportaal Besoek ook hulle webwerf ’n GPS-stelsel verseker dat die lineêre besproeier se en -selfoontoepasing. by www.lindsay.com. karretjie getrou op sy roete al langs die kanaal loop en Watertoevoer na die saam met die hele stelsel in ’n reguit lyn besproei.

www.proagri.co.za

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 23

AgriGids

Gewasproduksie

deur Du Preez De Villiers



deur Annemarie Bremner

D

it is duur om mielies te plant en boere wat geld wil maak weet dit is belangrik om elke mieliesaadjie die beste moontlike kans te gee om wortel te skiet en tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Onkruid is die pes wat gereed staan om die jong plantjie se vog en voeding te gryp en die beste tyd om die onkruid baas te raak is nog voor die mieliesaad ontkiem. Ongelukkig is dit so dat alles nie altyd regloop met boerdery nie, anders sou die slagspreuk, ’n boer maak ’n plan, nooit ontstaan het nie. Omstandighede buite ’n boer se beheer, soos die weer, toerusting wat breek en ’n krimpende plantvenstertyd, kan die beste spuitprogram deurmekaar krap. Dan is dit goed om te weet dat ’n boer kan reken op Dow AgroSciences se staatmakerproduk, SureStartTM, wat

Voorplant

Vooropkoms

Na-opkoms

V8-stadium

SureStartTM is ’n onkruiddoder wat van voor plant tot net na opkoms toegedien kan word nie net ’n breë werking het nie, maar ook oor ’n langer tydperk toegedien kan word. Dit is doeltreffend vir die beheer van vroeëseisoengrasse en breëblaaronkruid. Die middel is geskik vir gebruik in die meeste wisselboustelsels

Hieronder volg ’n lys onkruide wat SureStartTM kan beheer.

as gevolg van die kort wagtydperk vir opvolggewasse. SureStartTM kan in die tenk met ’n glifosaatmiddel gemeng word vir ’n eenmalige toediening. Klop taai onkruid dubbel en dwars SureStartTM werk op drie verskillende maniere en selfs moeilik beheerbare plante soos porslein en dubbeltjies kan beheer word. Dit gebeur deesdae al hoe meer dat sekere onkruid glifosaattoedienings oorleef. Navorsing het bewys dat SureStartTM hierdie gaping kan vul om te sorg dat mielies die beste moontlik wegspring het. Die middel kan op sy eie toegedien word of in ’n mengsel met MambaTM DMA 480 SL. Die volgende toedieningvolumes word aanbeveel:

Toedieningsvolumes: % klei Liter/hektaar 11 – 20 1,5 – 2,0 21 – 30 2,1 – 2,5 31 – 40 2,6 – 3,0 *SureStartTM bevat Acetochlor, Clopyralid, Flumetsulam en Furilazole (beveiliger). Regno L10385 Wet 36 van 1947.

Gee jou mielies die beste kans. Kontak Dow AgroSciences by 021860-3620 of 012-683-5700 of besoek www.dowagro.co.za vir meer inligting. Skakel vooraf om seker te maak vir watter mieliekultivars die middel goedgekeur is. www.proagri.co.za

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 25

AgriGids

Begin reg met SureStartTM

Gewasproduksie

Dow AgroSciences vir mielieboere:


VIR KWALITEIT SAAD EN BESTE DIENS

SONNEBLOM

Met Link Seed se Toppresteerders, verbou die boer sukses. Noukeurige toewyding in die teelproses verseker ons The Limagrain logo to toegewydheid aan kwaliteit, opbrengs en stabiliteit in elke kultivar. LIMAGRAIN EN CAUTION Beplan nou en bestel onmiddellik om4.4.teleurstelling te voorkom.

LG 5626 HO LG 5710 LG 5678 CLP# LG 50750 CL#

Applications > PapierLogo à en-tête

“Ons onderskryf kwaliteit en diens – jou tevredenheid is ons trots”

SOJABONE LS 6146 R* LS 6150 R* LS 6161 R* LS 6164 R*

LS 6240 R* LS 6248 R* LS 6261 R* LS 6851 R*

Pos

In ea vers to th anot

P P 8 P 80 80 0

LS 6860 R* LS 6868 R*

In a The cartouche is an integral part of the logo and must always appear.

*ROUNDUP READY and YIELDGARD are registered #CLEARFIELD and CLEARFIELD PLUS are registered This logo can be used in various colors. trademarks of BASF South Africa (Pty) Ltd trademarks of Monsanto Technology LLC

On v

GEEL MIELIES LS 8518 LS 8526 LS 8536 B* LS 8542

LS 8538 R* LG 3607 Y LG 31.642 R* LG 31.644 R*

Positioning

HOOFKANTOOR

+27 (0)33 417 1494/6 linkseed@linkseed.co.za

Cartouche always: • on the right = against the right edge • at the bottom

Oth

LAMBERT BLOM +27 (0)82 786 6875 Mpumalanga / Limpopo Siège Social Route du Manoir 49250 La Ménitré France tel. +33 (0)2 41 79 41 79 - fax : +33 (0)2 41 79 41 80

WIT MIELIES LS 8541 BR* LG 31.745 LG 31.745 R* LG 31.743

26

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 NAMPO

(0)79 079 5857 LOUIS PEARSON +27 Refer to the detailed rules for positioning in the graphic identity charter. Noordwes / Wes-Vrystaat ALBERT KRIEK +27 (0)82 824 5442 KwaZulu-Natal / Oos-vrystaat / Oos Kaap

www.proagri.co.za

NB :


www.proagri.co.za

ProAgri 223 – September 2018

27


AgriGids

Gewasproduksie

PIONEER® Weeg en Wen 2018: Só moet ‘n goeie oes mos lyk! steeds kan voortgaan om PIONEER®- of PANNAR®-saad te koop. Heinz Oellermann, besigheidsbestuurder van PIONEER®, het boere verseker dat PIONEER® sal aanhou met navorsing op plase om die beste oplossings vir plaaslike omstandighede te vind. Die saadspesialiste is daar om boere te help om die regte produkte op die regte hektare te plant en die beste gewasbestuurspraktyke vir daardie hektare aan te beveel. Al hoe meer boere begin ook die idee van massasaad-aankope aanvaar en maak gebruik van PIONEER® se gerieflike PROBOX™-saadhanteringstelsel wat sorg dat behandelde saad op kort kennisgewing op die plaas afgelewer kan word.

Elize Schutte, die eerste vrouewenner in Weeg en Wen, ontvang haar toekenning van Heinz Oellermann van PIONEER®. In die agtergrond is Elize se pryswenner-sojabone.

“E

k wou nie inskryf nie, want dit was die eerste keer dat ek sojabone geplant het. My saadagent het my oortuig. Ek het niks geweet nie, maar so geleer soos ek aangaan,” vertel Elize Schutte van Klipdrift, Potchefstroom. Met dié eerste sojaboon-aanplanting het Elize ook die eerste vrou geword wat ՚n afdeling in die PIONEER® Weeg en Wen-kompetisie gewen het. Sy het die hoogste opbrengs vir sojabone onder besproeiing behaal met ՚n allemintige 5,8408 ton per hektaar met die PIONEER®-kultivar P64T39R. Elize het ses jaar gelede voltyds begin boer na haar man se afsterwe en haar aftrede by die Noordwes Universiteit waar sy met rekenaarstelselontwikkeling te doen gehad het. Sy het 94 hektaar onder besproeiing en wil graag haar boerdery uitbrei, “want ek het nog baie planne”. Elize skryf die hoë opbrengs daaraan toe dat sy na kundiges se raad geluister het, dat die reën op die regte tyd geval het en dat alles maar net mooi saamgewerk het. Sy is van plan om aan te hou met die sojabone as wisselgewas met mielies en skuif nou die soja-aanplanting na ՚n volgende land. ՚n Groot nuwe uitdaging vir hierdie jaar is dat sy gaan oorskakel van ՚n stelsel van skottelbewerking en saadbedvoorbereiding na totale geenbewerking. Haar raad aan nuwe boere is om positief te bly en te kyk wat die mense met ondervinding rondom jou doen. 28

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 NAMPO

Weeg en Wen 2018 Die droogte het deelname aan hierdie jaar se opbrengswedstryd beperk, maar diegene wat wel kans gesien het om in te skryf, het goeie oeste behaal. By die spoggerige toekenningsgeleentheid het Tony Esmeraldo van Corteva AgriscienceTM (dit is die naam van die maatskappygroep waarvan PIONEER®, PANNAR® en Dow AgroSciences deel is) gesê hulle verstaan dat dit vir boere oor wins per hektaar gaan.

Tony Esmeraldo Met die samesmelting van die internasionale landboumaatskappye is die toegang tot saadtegnologie vir plaaslike boere nog meer vergroot en Tony sê hulle sal aanhou om in Suid-Afrika te belê solank die boere positief bly en na oplossings soek. Daar is onlangs R100-miljoen belê in ՚n navorsingstasie by Delmas en R60miljoen in ՚n saadaanleg in Rosslyn. Ondanks al die internasionale sakeverskuiwings sal boere in Suid-Afrika

Borgboodskappe Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA, sê opbrengskompetisies gaan oor baie meer as om iemand te beloon vir die hoogste opbrengs; dit gaan daaroor dat boere by mekaar moet leer.

Corné Louw Lucas Groenewald, streeksverkoopshoof van John Deere, het al die boere ՚n “groen” toekoms toegewens. John Deere wil boere help om goeie opbrengste te behaal deur die beste werkverrigting van John Deere se produkte, deur staantyd tot die minimum te beperk en deur die kleinste moontlike geldelike impak te maak. Ben Schoonwinkel van Syngenta het boere gewys op die verskillende finansiële opsies en produkte wat Syngenta as deel van sy oesbeskermingspakket aanbied, soos om deur die jaar te koop en in Augustus te betaal teen ՚n uiters gunstige rentekoers. Hy sê Syngenta is vuur en vlam vir die nuwe jaar. So lyk die wenners Zirk Scheepers van Cradock het die hoogste opbrengs behaal vir mielies onder besproeiing, naamlik 20,72 t/ha. Zirk sê hy is eintlik ՚n skaapboer, maar hy geniet dit om mielies te plant en te troetel. Kort op sy hakke was Jaco Cilliers van Douglas met 19,71 en Francois Hoffman van Delmas met 18,1555 t/ha.

www.proagri.co.za


die pitte laat spat met opbrengste van meer as 14 t/ha. Mark Stein het 15,4 t/ ha gestroop en Gerlu Roos 15,373 t/ha.

Gerrie Claasen van Bethlehem het 'n uitstaande mielie-opbrengs van 13,533 t/ha gelewer met die PIONEER®-kultivar P2137B in die Sentraalstreek. Met droëlandmielies het die manne van KZN, Mark Stein, Bruce Shepherd en Ross Braithwaite, asook die Roosbroers van Wonderfontein in die Oosstreek, Gerlu en Heinrich, behoorlik

Mark Stein van KZN het ՚n opbrengs van 15,4 t/ha behaal met sy droëlandmielies.

Die Roos-boerdery van Wonderfontein het die droëland-afdeling in die Oosstreek gewen. Die broers, Gerlu en Heinrich, ontvang hulle toekennings van Prabdeep Bajwa en Tony Esmeraldo van Corteva en Heinz Oellermann van PIONEER®. In die Wesstreek het Dawie Maré 10,3 t/ha geoes, in die Oos-Vrystaat was Gerrie Claasen die wenner met 13,533 t/ha en in die Sentraalstreek, Bernard Rabe met 11,744 t/ha. Elize Schutte was die wenner in die afdeling van sojabone onder besproeiing met haar 5,8408 t/ha. Met droëlandsojabone het Gareth en Michael Allen van Middelburg uitstekend presteer met onderskeidelik

Nog ՚n familiespan, Gareth en Michael Allen van Middelburg, het die hoogste droëlandsojaboonoes behaal.

5,0483 en 4,8772 t/ha. In die Wesstreek het Heinrich Fouché van Potchefstroom gewen met 4,67 t/ha, in die Oos-Vrystaat Josef van Eeden met 4,2003 t/ha en in die Sentraal-streek, Barry van Wyk met 4,4178 t/ha. In die afdeling vir sonneblom het Gerhard Knoetze van Wolmaransstad die toekenning ontvang vir sy 3,3727 t/ha. Fochville het sy merk gemaak met ՚n groep boere wat amper beurte maak om weg te loop met die pryse vir die Sentraal-streek vir mielies en sojabone. Op ՚n vraag of daar iets in Fochville se water of grond is wat hulle so laat presteer het Bernard Rabe (11,7440 t/ha mielies en 3,84 t/ha sojabone) skertsenderwys geantwoord: “Ons wen, want ons skryf in.”

Die manne van Fochville het toekennings ontvang vir mielies en sojabone. Barry van Wyk, Armand de Villiers, en Nardus en sy pa, Bernard Rabe sê hulle studiegroep vind baat by deelname aan die kompetisie. Op ՚n ernstiger noot meen Armand de Villiers (11,0629 t/ha mielies en 3,7262 t/ha sojabone) dat dit vir hulle plaaslike studiegroep baie beteken dat die lede deelneem, want dit gee hulle die geleentheid om praktyke aan te teken en met mekaar te deel en om die resultate te meet. Dit is immers die doel van opbrengskompetisies: Om by mekaar te leer.

So lyk ՚n span PIONEER® Weeg en Wen-wennerboere!

Vir meer inligting oor PIONEER®, kontak jou naaste saadhandelaar of besoek www.facebook.com/ pioneerseedsa/. Meer inligting oor die Weeg en Wen Kompetisie is op www.weegenwen.co.za.

www.proagri.co.za

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 29





Kry slaankrag teen peste met

Amazone se UF-spuite “K

ies die spuit wat by jou boerdery pas,” is Dewald te Water van die plaas Schurvekop by Bethal se raad aan boere. In sy geval was die keuse die Amazone UF 1801-driepuntspuit met sy FT 1001-kleinboet wat voor op die trekker gedra word. Daar is wye hektare wat op Schurvekop gespuit moet word. Mielies, sojabone en droëbone word afwisselend geplant. Dewald sê hy het al selfaangedrewe hoogloopspuite gebruik en daar is niks fout met hulle nie. Met die Amazone UF-kombinasie het hy egter dieselfde kapasiteit as met ’n selfaangedrewe spuit, maar hy kan twee spuit-trekkerkombinasies koop vir die prys van een en dan het hy trekkers beskikbaar vir ander werk in tye wanneer oesbeskerming nie plaasvind nie. Daar is nou drie Amazone-spuitkombinasies op die plaas en die spuitprogram word so gereël dat daar altyd een spuit beskikbaar is om gou ontplooi te word in ’n kritieke tyd. “Dit gee ’n mens gemoedsrus om te weet jy kan enige situasie hanteer,” sê Dewald. “As jy regtig ’n probleem het, het jy slaankrag nodig.”

Dewald te Water van Schurvekop by Bethal sê met die Amazone UF 1801 het hy die slaankrag wat hy nodig het om peste te bestry wanneer dit nodig is. www.proagri.co.za

Die mengbak swaai uit vir gemaklike toegang en die handewaskraan is gerieflik naby. Voordele van die abbaspuite Die spuit en sy bykomende tenk word knus teen die trekker gemonteer, wat dit baie maneuvreerbaar maak, wenakkerruimte bespaar en netjies in die skuur laat pas. Tog, buite in die land kan die UF 1801 sy 24-meter wye vlerke sprei om wyd en vinnig te spuit. Dewald sê dit is nie ’n probleem om 120 tot 130 hektaar per dag met een spuit te dek nie. Die balk se hoogteverstellings laat jou toe om van vooropkoms tot saad egalige toediening toe te pas. Hy het ook afgesien van die gebruik om dwars of skuins oor rye te beweeg wanneer daar gespuit word, want benewens die plante wat beskadig word, trap dit spore uit wat tot verspoelings kan lei. Sy plantrywydte is 52 cm en die trekker loop in die spore tussen die rye. Die spuit se beheerstelsel en al die tegnologiese funksies skakel uitstekend in by sy John Deere-trekkers vir volledige presisiebeheer. Die balk het vyf seksies wat afsonderlik aan- of afgeskakel kan word. Dit help jou om tot op die soom van die land akkuraat te spuit sonder om duur gifstof te vermors. Dewald sê die spuit is baie gebruikersvriendelik en met die diensondersteuning van die plaaslike AFGRI Meganisasie-tak op Bethal was daar geen probleem om die operateurs op te lei om dit vinnig baas te raak nie. Die kalibrasie is elektronies en moet net

een keer per seisoen nagegaan word. Die spuit het sy eie mengbak wat gemaklik uitvou en die enigste tyd wat ’n werker die spuitstof hanteer, is wanneer hy dit in die bak giet. Vandaar word dit in die groot tenk agter en kleiner tenk voor ingesuig. Die handewastenk is reg bo die mengbak. ’n Skoonwaterbak is voor teen die tenk gemonteer en kan vanuit die kajuit beheer word om die tenk skoon te spoel wanneer spuitstof deur die dag ver van ’n waterpunt met ’n ander soort vervang moet word. Amazone-spuite se tenks is liggewig, stewig, sonligbestand en het ’n gladde netjiese afwerking binne sodat dit maklik en behoorlik uitgewas kan word. Dra voor vir balans Die bykomende 1 000 liter-tenk voor op die trekker, saam met die groot 1 800 liter-tenk agterop, plaas die spuit in die kapasiteitskategorie van ’n 3 000 liter-hoogloop- of -sleepspuit, maar met die voordeel van kleiner draaisirkels en laer koste. Nog ’n voordeel van die voorste FT 1001-tenk is dat die gewig altyd eweredig versprei is. Geen neusgewigte is nodig nie en met Amazone se slim FlowControl intelligente volumebestuur is daar altyd optimale gewigsverspreiding tussen die twee tenks. Daar is dus beter balans teen skuinstes, gemakliker vastrap in nat toestande en gepaardgaande brandstofbesparing. Dienslewering Falcon is die verspreider van Amazone se produkte in Suid-Afrika en ’n wye handelaarsnetwerk sorg vir flink, tydige dienslewering. In Dewald se geval bied AFGRI op Bethal se mense die nodige ondersteuning. Hy sê dit is duidelik dat hulle goeie opleiding ontvang het oor die spuite en hy weet die werkswinkel is net ’n oproep ver indien dit nodig sou wees. Vir meer inligting, skakel 033-330-4764, e-pos info@falconequipment.co.za, besoek www.falconequipment.co.za of gaan klop aan by jou naaste Falcon-handelaar. ProAgri 224 – Oktober / October 2018 33

AgriGids

Gewasproduksie

deur Annemarie Bremner



ProAgri 224 – Oktober / October 2018 35

AgriGids

Gewasproduksie

www.proagri.co.za



D

ie Suid-Afrikaanse arbeidsomgewing is hoogs gereguleerd en dit is van deurslaggewende belang dat werkgewers die regte prosedures volg, veral wanneer ’n werknemer ontslaan word, aangesien foute gedurende hierdie proses tot geldelike verliese kan lei. ’n Dissiplinêre kode is noodsaaklik om te verseker dat daar duidelike reëls en prosedures in die werksplek is waaraan werknemers gehoor moet gee. Wanneer hierdie reëls en prosedures nie nagekom word nie, kan die werkgewer progressiewe dissipline (waarskuwings) toepas, of in gevalle van ernstige wangedrag, dadelik met ’n dissiplinêre verhoor voortgaan. Hoekom moet ’n verhoor gehou word? ’n Dissiplinêre verhoor moet gehou word om te verseker dat billike prosedures gevolg is en dat daar ’n substantiewe rede is waarom die werknemer afgedank moet word. Dit is ook baie belangrik dat ’n werknemer die geleentheid gegun word om sy/haar saak te stel en getuies te roep. Stappe om billike prosedure en substantiewe regverdigheid te verseker: Reik ’n kennisgewing om die verhoor by te woon aan die werknemer uit. Die werkgewer moet die datum, tyd en plek waar die verhoor gaan plaasvind op die kennisgewing aandui. Die kennisgewing moet ook ’n volledige beskrywing van die klagtes wat teen die werknemer gebring word bevat, insluitende die datum, tyd en beskrywing van die voorval(le). Werkgewers word aangeraai om die werknemer minstens 48 uur kennis (uitgesluit naweke en openbare vakansiedae) van die verhoor te gee om die werknemer genoegsame tyd te gee om vir die verhoor voor te berei.

www.proagri.co.za

Hou die verhoor op die voorgestelde datum en tyd Selfs indien die werknemer nie opdaag vir die verhoor nie, behoort die werkgewer voort te gaan om bewyse aan die voorsittende beampte voor te lê. Die voorsittende beampte moet bepaal of die werknemer genoegsame kennis van die verhoor gehad het en of die werknemer ’n geldige rede vir sy/haar afwesigheid het. Na afloop van die verhoor sal die voorsittende beampte ’n aanbeveling maak rakende die afdanking van die werknemer al dan nie. Volg die verhoorprosedure Tydens die verhoor sal die voorsittende beampte die werknemer vra of hy/sy skuldig of onskuldig pleit op die klagtes wat teen hom/haar gebring word. Die werkgewer sal sy/haar saak stel deur bewyse voor te lê en getuies te roep. Die werknemer het daarna die geleentheid om die werkgewer se getuies onder kruisverhoor te plaas, waarna die werknemer die geleentheid het om sy saak te stel en getuies te roep. Daarna het die werkgewer weer geleentheid om die werknemer se getuies te kruisondervra. Aan die einde van die verhoor kan albei partye slotargumente lewer. Die voorsittende beampte moet ’n bevinding van skuldig of onskuldig maak Na die voorsittende beampte se bevinding gemaak is, sal die werkgewer gevra word om verswarende faktore voor te lê en die werknemer versagtende faktore. Die voorsittende

Wie kan die voorsittende beampte van ’n verhoor wees? Die voorsittende beampte van ’n verhoor moet ’n objektiewe en onpartydige derde party tot die saak wees, verkieslik met kennis van arbeidsregprosedures en -vereistes. Ons stel altyd voor dat werkgewers ’n regsadviseur van ’n werkgewersorganisasie gebruik. As die werkgewer nie ’n onpartydige persoon op die perseel beskikbaar het nie, kan hy/sy ’n buurman vra of hy/sy voldoende kennis het van die prosedures wat gevolg moet word. Dit is belangrik om aan die KVBA te kan bewys dat die voorsittende beampte nie partydig was nie. Moet ’n verhoor formeel of informeel wees? ’n Verhoor kan formeel of informeel wees, maar dit is noodsaaklik dat die werkgewer moet kan bewys dat ’n verhoor wel gehou is. ’n Formele verhoor word dus eerder aanbeveel, omdat die werkgewer kan verseker dat al die papierwerk in orde is, sou die saak na die KVBA verwys word. Die werkgewer-werknemerverhouding word gegrond op wedersydse voordele en respek. Duidelike reëls en riglyne beperk wrywing en misverstande, wat produktiwiteit en ’n positiewe werksomgewing bevorder. Werkgewers word ten sterkste aangeraai om duidelike reëls in die werkplek in te stel en deurlopend die korrekte prosedures te volg, veral rakende ontslag, afleggings en algemene dissipline in die werkplek.

’n Kommissaris van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) sal altyd die volgende vrae vra: • Was daar ’n reël in die werksplek wat oortree is? • Is daar bewyse dat die werknemer bewus was van hierdie reël? • Het die werknemer volgens die reël opgetree? • Is progressiewe dissipline ingevolge die betrokke oortreding toegepas?

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 37

AgriGids

deur Christo Bester, LWO Werkgewersorganisasie

Hulpbronbestuur

Hoe werk ’n dissiplinêre verhoor?

beampte sal dan die sanksie wat aan die werknemer opgelê word, bepaal. Indien die voorsittende beampte bepaal dat ontslag die geskikte sanksie is, word die werknemer met onmiddellike werking afgedank.


38

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


Louis Meintjes is weer as president van TLU SA verkies en tydens sy presidentsrede het hy die gevare van onteiening sonder vergoeding duidelik uitgestippel. Die onbedoelde gevolge van OSV is ook onder die loep geneem. “Kinders wat nie voldoende kos inneem wat op ’n doeltreffende, kommersiële manier geproduseer word nie, sal nie voldoende groei toon nie,” sê hy. Oor die ware redes vir OSV het hy ook verklaar dat dit baie duidelik is dat die ANC die grondkwessie opbring om verlore steun te probeer herwin. Hy het die regering ook gemaan om ’n draai deur die onlangse verlede te maak deur te sê: “TLU SA se lede het nie grond gesteel nie en tydens 1993 se onderhandelinge is daar duidelike skikkings oor grondeienaarskap bereik. Daar kan nie nou aan die grondwet gekarring word en aangevoer word dat grond gesteel is nie.” Louis Meintjes het ook gesê dat kommersiële boere reeds miljoene aan die ophef van swart boere spandeer het, maar dit het nie die welwillendheid van die ANC gekoop nie. www.proagri.co.za

Theo de Jager, president van die Wêreldlandbou-unie het TLU SA gelukgewens met die manier hoe hulle strukture binne en buite landbou betrek om boere se saak te ondersteun.

Adv Roelof du Plessis SC van die Brooklyn Advokatekamers het verligting vir die bekommerde boere gebring deur diep te delf in die wetlike aspekte van grondhervorming. Hy het die meganismes bespreek om onteiening sonder vergoeding met behulp van wetgewing te beveg.

Dr Pieter Mulder, vorige leier van die Vryheidsfront Plus, sê dat die regering die “sondebokresep” gebruik om verlore steun te probeer terugkry. “Dit is wanneer jy mites skep en die verlede verdraai om dade in die hede te regverdig,” sê hy. Slim planne help nie as jy met die regering onderhandel nie. Jy moet ook iets hê om mee te beding. Boere kan ook die voedselsekerheid-, grondwet-, parlementêre en buiteparlementêre onder- steuningsroetes volg, sê hy.

Gareth van Onselen is ’n politieke kommentator, rubriekskrywer en betrokke by die Instituut vir Rasseverhoudinge. Hy het ’n baie onstellende prentjie oor die koste van anargie in Suid-Afrika geskets. “Die agterstand op die onderhoud van ons paaie is oor die triljoen rand en dit groei eksponensieel. Ons sal dit nooit weer kan inhaal nie,” sê hy. ProAgri 224 – Oktober / October 2018 39

AgriGids

deur Du Preez de Villiers

Hulpbronbestuur

TLU SA dien steeds die boer

Te midde van ’n groeiende en baie ontstuimige landbouklimaat het die 121ste TLU SA-kongres vanjaar besondere belangstelling getrek. Daar is in baie duidelike terme oor die probleme in Suid-Afrikaanse landbou gepraat. Internasionale media en verskeie verteenwoordigers van ambassades was ook daar om te hoor wat TLU SA se standpunte en strategie is.



deur Du Preez de Villiers

A

s jy glo dat elke ding veilig op sy plek moet wees, is Bonnox die heining vir jou. Kobus Pretorius en sy vrou, Elna, het die dorp vir hulle eie stukkie paradys tussen die plantasies buite Amsterdam verruil. Hulle het in 2014 ’n lappie grond van 9 hektaar gekoop. “My droom was nog altyd om ’n wye verskeidenheid plaasdiere aan te hou. Nou kan ek dit uitleef,” sê Erna. Die bergagtige stukkie grond waarop die huis gebou is, was eers deel van ’n groter plaas voordat dit onderverdeel is. Vandag loop daar hoenders, ganse, volstruise, skape, varke, kalwers, donkies, bokke en natuurlik waghonde oral rond. Erna kan hulle na hartelus vertroetel of versorg terwyl Kobus by ’n myn daar naby werk. “Toe ons hier aankom, was hier heinings en drade, maar die brandtrokke het dit deur die jare platgery en dit is nooit onderhou nie,” vertel Kobus. “Die gemeenskap se beeste het ook Erna se plante verniel.” Die eerste aankomelinge sou volstruise wees wat ook die hoewe moes oppas, maar jy het ’n behoorlike heining nodig om mens en dier uit die kloue van die kwaai diere te hou. Kobus het besef dat die steiltes sy

nie, maar dit gou verstaan en vinnig baasgeraak. Die spannery het vining gegaan en baie lekker gewerk.” Kobus het die Bonnox-trekklamp saamgekoop wat baie goed saam met sy draadtrekker gewerk het. Die draad is langs die grens uitgerol, opgetel, vasgehou, styfgetrek en vasgemaak. Een van die voordele van Bonnoxdraad is dat dit kan meegee as ’n dier daarteen vashardloop, sonder om stewigheid prys te gee. Dit is vir Kobus belangrik dat die kleinwild op die plaas nie moet seerkry nie. Bonnox is juis daar om hulle te beskerm! Daar het al twee bome op die heining geval, maar Kobus en sy werker het dit net weer regop getrek en dit lyk nie eers of die draad iets oorgekom het nie. “Ek en my kontrakteur was eers skrikkerig vir Bonnox omdat ons dit nie geken het nie, maar vandag is ek Sifiso Hlophe, algemene werker op baie tevrede met my wonderlike heiPanbult, wys hoe jy binne ’n oogwink ’n ning,” sê Kobus. “Bonnox was die Bonnox-heining kan herstel nadat daar ’n beste besluit wat ek kon neem.” boom op geval het.

keuse vir ’n heining baie gaan beperk, want gewone draad trek plat of buig as jy dit teen sulke skuinstes span. “Ek het toe op die internet gaan soek vir heinings, maar ek het geweet van Bonnox, want almal praat daaroor,” sê Kobus. “Toe gaan kyk ek op hulle webwerf en sien die Ringlock®-ontwerp wat toelaat dat die draad by die aanhegpunt op en af en heen en weer kan skuif. Ek het hulle gebel. Zane was baie behulpsaam en het my van goeie raad bedien. Ek het 20 rolle van die 1,8 meter hoë heining bestel om die 2 km rondom die hoewe toe te span. Ons kon ook van die draad in die helfte sny waar ons laer draad benodig het. Jy sny hom net ’n entjie bo die Ringlock®-skakel af en buig die los punte oor. Die Ringlock®-skakels bly op hulle plek.” “Ek het ’n plaaslike kontrakteur gekry om dit op te rig. Hy het nog nooit Erna en Kobus Pretorius is baie tevrede met voorheen Bonnox gespan hulle Bonnox-heining.

www.proagri.co.za

Kobus het aanvanklik Bonnox se heining aangekoop om hulle kwaai mannetjiesvolstruise binne te hou. Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za, of besoek hulle webwerf by www.bonnox.co.za om jou prysberaming aan te vra. ProAgri 224 – Oktober / October 2018 41

AgriGids

Bonnox se 1,8 meter hoë Ringlock®-heining lyk baie netjies teen Panbult se steiltes. Dit hou rondloperbeeste buite en Erna se wye verskeidenheid plaasdiere binne.

Hulpbronbestuur

Bonnox se Ringlock® loop oor berge en dale



deur Alina Taute, Yara Animal Nutrition SA

W

illem Pieterse is die eienaar van Sarwipi Beefmasters, ’n Beefmasterstoet in die Greylingstad-omgewing, en hy glo daaraan dat sy bulle bogemiddeld moet presteer, maar so ekonomies moontlik gevoer moet word totdat hulle op driejarige ouderdom op ’n jaarlikse produksieveiling aangebied word. Die beskikbaarheid van Sarwipi Beefmaster-veilingsbulle begin met die gebruik van die beste beskikbare plaaslike, sowel as ingevoerde, VSA Beefmaster-semen waarmee die koeie/verse kunsmatig geïnsemineer (KI) word. Wanneer die bulletjies ongeveer sewe maande oud is, word hulle gespeen en oorwinter hulle op hoofsaaklik natuurlike weiding wat in moeilike jare met hooi aangevul word en Yara Animal Nutrition South Africa se winteronderhoudslek in die volgende mengsel: Mielies 250 kg Voergraad ureum 150 kg PhoSure P12 150 kg Kalori 3000 50 kg Veesout 350 kg Voergraad swael 7 kg

met kuilvoer en Yara Animal Nutrition South Africa se produkte. Willem sê hy bespaar ongeveer 50% van die koste deur self sy voer te meng, teenoor klaargemengde voere. Die mengsel wat tans gebruik word vir die afronding van die bulle vir die veiling, lyk só: Mielies 400 kg Kuilvoer 600 kg Katoensaad 75 kg HPK 85 50 kg Melassemeel 40 kg Hooi 120 kg Sarwipi Beefmasters is ’n sterk ondersteuner van die veldbulkonsep en voer bulle eers van Mei af wanneer daar kuilvoer beskikbaar is. Die bulle word elke twee weke geweeg om seker te maak dat hulle die verlangde gemiddelde daaglikse toename (GDT) bereik. Hooi word ad lib eenkant gevoer. Twee van die groot uitdagings wanneer bulle vir ’n veiling voorberei word, is hulle sementelling en uitgroei van hoewe. Al Rustfontein se bulle het die afgelope twee jaar op Yara Animal Nutrition South Africa se kuilvoermeng-

* ’n Ionofoor word bygevoeg

PhoSure P12 600 kg Sout 400 kg Voergraad ureum 50 kg

Gedurende dekseisoen is die dragtigheid van die verse elke jaar ongeveer 80%. Wat interessant is, is dat meer as 80% van die eerstekalfkoeie dragtig was. Dit is behaal in ’n dekseisoen van 63 dae met bogenoemde lek. Willem sê: “Ons resultate en kostebesparing is uitstekend, daarom sal Sarwipi Beefmasters aanhou om Yara Animal Nutrition South Africa se produkte te gebruik en met vrymoedigheid aan te beveel.”

Sowel winter- as somerlek word ad lib gevoer. Geselekteerde bulle gaan hulle tweede winter binne en hulle voeding word weer met Yara Animal Nutrition South Africa se winteronderhoudslek aangevul. Tydens hierdie tweede winter word bulle se massa net onderhou en sit hulle geen vet aan nie. Vanaf November word van die geselekteerde bulletjies in die koeikudde gebruik, nadat die koeie eers kunsmatig geïnsemineer is. In Mei van die volgende jaar word hulle ingebring om gevoer te word vir die veiling. Na hulle tweede winter weeg die bulle in die omgewing van 640 kg en hulle word gevoer tot ongeveer 800 kg. Na twee jaar word die bulle afgerond vir die veiling op ’n volvoer

sel met hulle eerste toetsing ’n telling van meer as 70% behaal. Dr Neels van Wyk, die veearts op Grootvlei, doen die toetse. Die bulle het deur die voertydperk geen negatiewe hoefgroei, suurpens of laminitis gehad nie. Sarwipi Beefmasters behaal nie net sukses met die bulle nie, maar ook met die verse wat op 24 maande kalf. Na speen oorwinter die verse op goeie Smutsvinger en oesreste. Die verse tel gemiddeld 20 kg op tot aan die einde van September wanneer hulle ’n jaar oud is. Gedurende die winter kry die verse die volgende lek ad lib: Katoenoliekoek 200 kg Mielies (fyngemaal) 150 kg Sout 100 kg PhoSure P12 50 kg Ureum 25 kg Kalori 3000 12,5 kg Swael 1,5 kg

In Oktober begin al die bulletjies met ’n veldbulgroeitoets. Tydens hierdie toetstydperk word die bulletjies se voeding slegs met Yara Animal Nutrition South Africa se produkte aangevul. Dit bestaan uit:

www.proagri.co.za

Willem Pieterse van Sarwipi Beefmasters en Ben de Klerk van Yara Animal Nutrition South Africa deel in die vreugde van goeie beeste wat goed presteer met die regte voeraanvulling.

Vir verdere inligting kontak Alina Taute by 082-322-0333 of Ben de Klerk by 082-850 9776. Besoek ons by www.yara.co.za/animalnutrition

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 43

AgriGids

Vee en Wild

Beeste presteer op selfgemengde lek en voer



y kan baie goed op my plaas kom vat, maar nie my Rumax konsentraatmenger nie,” sê Carlo Nortje van Loxton. Hy het uitgewerk dat hy oor die afgelope sewe maande sedert hy die menger aangeskaf het, 22 dae van sy eie tyd bespaar het. Vroeër moes sy werkers die lek met grawe meng en hy moes bystaan in die skuur om seker te maak die mengsel is reg. Met die masjien meng hulle ’n ton in minder as 20 minute en dit loop uit die menger uit dadelik in sakke in. Carlo sê: “Net in terme van my tyd het ek in sewe maande reeds die helfte van die menger se koste betaal. Daarby word die lek nou behoorlik gemeng, wat beteken die skape het minder volume nodig.”

So lyk die Rumax 7 binne

www.proagri.co.za

As jou lekrekening van R1,50 tot R1,15 per dag per ooi daal, bespaar jy baie geld. Ander voordele van die menger is dat dit bitter min trekkerkrag benodig en die trekker luier rustig, so dit gebruik skaars diesel. “Ons het mos nie groot trekkers hier in die Karoo nie; jy kan die enetjie wat van jou pa se dae aangestuur is gebruik om die mengwerk te doen,” sê Carlo. Die mengwerk geskied deur spane waarop ystertjies teen ’n bepaalde hoek aangebring is sodat die materiaal ook na buite gestoot kan word. Rumax 7 ’n Voermenger wat ook sal tuis voel op enige skaapplaas is die Rumax 7. Dié menger het dubbele mengskroefkerwers onder in die bak en kan volgens Carlo tot ’n ton op ’n slag meng. Daar is 80 lemme met kappe ingesny wat oor die twee mengawegare versprei is. Die aggressiewe lemme is uit stewige vier mm dik staal gesny en in Rumax se eie smeltery verhard. Die menger voltooi ’n mengsiklus binne ’n skamele vyf minute. Die menger kan staties of mobiel

wees en kan die voer met ’n hidrouliese kettingband of ’n awegaar uitlaai. Carlo sê die skaal werk ook baie goed, veral vir ’n gewas soos lusern waarvan jy die gewig sekuur wil afmeet vir presisievoer. “Die masjien kom teen ’n sakpasprys vir ons boere en ek het mooi na Rumax se vakmanskap gekyk – jy kan nie die masjiene breek nie,” sê Carlo. “Daarby is Rumax se mense vriendelik en hulle diens is uitstekend.” Kry jou sakpasmenger vir jou plaas by Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070 of e-pos jaco@rumax.co.za. Besoek ook www.rumax.co.za om na die hele reeks te kyk.

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 45

AgriGids

“J

Vee en Wild

Rumax se sakpasmengers laat jou voerrekening sak




Agri4all

Dis weer sulke tyd

Oktoberfest!

Ons handelsure is 8h00 to 17h00 daagliks. Ons verkoop kwaliteit Boere- en Buitelugklere en is trotse verskaffers van: • Sterling Outdoor-klerereeks • Salty-klerereeks • Ruggedwear-Korporatiewe klerereeks • Freestyle- en Tarzan-skoene • Troutbeck-klerasie • Sweepwinkelhoede Klere so sterk • TEESAV Korporatiewe drag

soos Afrika self!

Tankwa V eldskoen @ .00

R1295

D Le ame ers s R ko oo en i @ .00

R6

95

Oorspronklike @ Velt Veldskoen

R499.00

Responder Veldskoen @

R1295.00

Skakel ons by 081-216-6748 of epos info@oomkalliekhaki.co.za (Termes en Voorwaardes geld)

48

ProAgri 224 – Oktober / October 2018

www.

.com


Bereik 40 000 boere landwyd met jou advertensie in

ProAgri Skakel 012-803-0667 en gesels met een van ons flink bemarkers

elke dag! www.

Die Rau immobiliseerder word gebruik vir vinnige en effektiewe immobilisering van beeste tydens prosedures soos brand, onthoring, kastreer, inspuiting in die ooglid vir ontsteking, hoewe sny en behandeling van vrotpootjie. Sonder die gesukkel van klampies aan die lip. Geen nekklamp word benodig met die gebruik van ons rektale immobiliseerder nie. Die RAU immobiliseerder kan ook gebruik word op perde, bokke, skape en wild.

Navorsing het bewys dat die RAU immobiliseerder stresloos is en dus ook veilig is op dragtige diere.

Vir meer inligting, besoek ons webwerf by www.raueasy.com

TheSunPays. co.za 100 l Low pressure solar geyser from

Besoek

co.za

ProAgri

Die RAU Rektale Immobiliseerder vir diere is na baie navorsing ontwerp en word van hoëgraadse elektroniese toerusting vervaardig.

www.

Agri4all

Vars NUUS!

* 1 jaar waarborg * herlaaibare 12-voltbattery ingesluit * Gapatenteer Pat.99/3554

Vir immobiliseerder of enige ander brandtoerusting, skakel RAU Easy Farming Sel: 082-550-6883 / 082-959-5759 raueasy@gmail.com Posbus 90, Reitz, 9810

HOEKOM

?

Ons is al langer as 32 jaar in die veiligheidsbedryf en 12 jaar met boere

1.

Voorkom verrassing

2.

R3 290

Auxiliary tank included

Solar panels

@ R6

28

per Watt

Solar pump 12m max head @ R395 works straight from 1 or 2 x 270watt panels.

www.TheSunPays.co.za

082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website No installa�on included

www.

.com

Kry vroeë waarskuwing

BESKERM

3.

jou mense en jou kosbare bates met 24 uur toesig

PLAASMOORDE

WWW.PROBUZZ.CO.ZA DESMUND SCHMIDT 082-414-3242 desmund@probuzz.co.za MORNE SLIPPERS 076-990-4292 morne@probuzz.co.za

Analitiese kameras

4.

Naverkoopdiens

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 49


Agri4all

Damvoerings en seile Dam linings and tarps

Maasdraddamme / Mesh dams

Gronddamvoerings / Earth dam liners

Trokseile / Truck Tarps

Hoenderhokgordyne / Chicken run curtains

Opgaardamvoering / Reservoir linings

Kuilvoerseile / Silage Covers

072-279-3294

www.tatamatarps.co.za 50

ProAgri 224 – Oktober / October 2018

www.

.com


Agri4all

DAMVOERINGS en SEILE DAM LINERS & TARPS Trokseile

Kuilvoerseile

Gronddamvoerings Reservoirvoerings

Kantoor: 072-562-2658 www.rainbowtarps.co.za

www.

.com

ProAgri 224 – Oktober / October 2018

51


Agri4all

Jasper Hewitt Cell: 082-773-7544 Email: jasper@rotrixafrica.co.za Andries Bothma Cell: 079-959-3356 Tel: 023-342-3438 Email: sales@rotixafrica.co.za

Gauteng Tobie van den Heever Cell: 082 658 6054. Tel: +27(0)12-736-2121/2103/2323 tobie@iunlimited.co.za

www.rotrixafrica.co.za 52

ProAgri 224 – Oktober / October 2018

www.

.com


Agri4all

FREE!

3 Free Adjustable Pouches to attach onto your Bulletproof Vest.

sales@actionsafetywear.co.za Jochen: 083-288-8777 Lily: 083-488-6060

www.

.com

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 53


Veehanteringsgeriewe Ryno Keeve: 078-460-3322 keeve@lantic.net

Besoek ons facebookblad! Vision Cattlequip

www.visioncattlequip.com

VAKATURE VAKATURE VAKATURE

Agri4all

AL 3 BOERDERY, ‘n toonaangewende aartappel- en uieprodusent in Limpopo in die Dendron- en Waterpoortomgewing beskik oor die volgende vakature: SENIOR PLAASBESTUURDER • Ouderdomsgroep 30 tot 50 • 8 jaar toepaslike akkerbou-ervaring, verkieslik aartappels, uie en rankgewasse. • Kennis en ondervinding van spilpunt- en drupbesproeiing, landvoorbereiding, sortering en hantering van aartappelsaad, plant-, siekte- en pesbeheer, kunsmistoedienings asook die oes van die eindproduk. • Uitstaande menslike hulpbronne bestuursvaardighede, naspeurbare bestuursrekord. Kennis van arbeidswetgewing. • Lewenslustige, volwasse benadering tot u werk. Buitengewone beplanning, organisatoriese en administratiewe vaardighede. • ‘n Toepaslike landboukwalifikasie. • Bestuursvaardighede en leierseienskappe is van kardinale belang. Moet selfstandig en onafhanklik die eenheid kan bestuur. • Sluit in alle aspekte van boerdery, van gewasverbouing tot arbeidsake tot begrotingsbestuur. • ‘n Hoogs mededingende pakket op ‘n deelwins/vennootskapbasis, onder andere maatskappybehuising en mediese voordele. LANDBOUKUNDIGE / LANDBOUTEGNIESE ADVISEUR • Weens volgehoue groei die afgelope vier dekades en toekomstige uitdagings in ‘n hoogs mededingende bedryf is hierdie uitdagende pos geskep. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die hoof uitvoerende beampte rapporteer met die opdrag “Lewer praktiese insette wat sal bydra tot winsgewende volhoubare groei.” • Toepaslike tersiêre kwalifikasie. Ouderdomsgroep 25 tot 45 jaar. • Tegnologies innoverend, dog prakties van aard. • Aktiwiteite: Landvoorbereiding, plantmetodes, vogbeheer, impak van spuitstowwe, oesmetodes, vervoer van produk, hantering van produk in die pakhuis asook eindprodukte. • Volhoubare strategiese geleenthede identifiseer en navors. • Indien u ‘n visioenêr is wat oor buitengewone landbouvaardighede en kennis beskik kan hierdie uitdagende geleentheid jou beroepsdrome verwesenlik. • ‘n Hoogs mededingende pakket, onder andere maatskappybehuising, mediese voordele en ‘n vervoertoelaag.

Belangstellende kandidate word uitgenooi om ‘n aansoekvorm aan te vra en te voltooi wat, tesame met ‘n ondersteunende CV, ingedien moet word by die hoof finansiële beampte by recruitment@al3.co.za . Sluitingsdatum is 5 November 2018. Indien u nie teen 19 November van ons hoor nie, beskou u aansoek as onsuksesvol.

FX Crown green laminate 5.5 mm

R 29 900-00

Air Arms S410 TDR 5.5 mm

R 22 500-00

Retay Arms X135 4.5 mm

R 2 250-00

Piexon Guardian Angel III

R 655-00

Tel: 011 900 4477 Email: sales@airgunwarehouse.co.za 23 Ne v i l le St re e t , Bracke ndow ns, A lb e r ton, G auteng 54

ProAgri 224 – Oktober / October 2018

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 55


Agri4all

BE HE ER U POMPS TE LS EL OP ‘N AF S TAN D ME T S M ARTA TE G N OLOG I E

colin@customplantsolutions.co.za keith@customplantsolutions.co.za 56

ProAgri 224 – Oktober / October 2018

Afstandbeheer aan/af

Monitor watervlak, vloei en druk 24/7

Monitor spanning, stroom & krag

Meervoudige gebruikers moontlik

Outomatiese pomp skedulering

Historiese data beskikbaar

Pomp kennisgewings

Reservoir beheer

Kon t a k :

Pedri: pedri@s mar ta. c o. za

Pe dri: 076 432 3013

In f o : in f o @s mar ta.co. za

K a nto o r: 010 110 1000

www. s m a r t a . c o. za

KEITH: 083-791-3777 /

COLIN: 083-777-9130

TEL: 031-943-6590 www.

.com


We are a manufacturing company and will give quotes on the construction of any type of fence, including electric fence.

PRODUCTS

• Barbed Wire And Diamond Mesh / Chain Link

• Welded Mesh And Hexagonal Wire Netting

• Field Fence / Razor Wire / Consertina Wire

• Gabion Baskets / River Mattresses

• Posts / Y-Section Standards / Palisade Panels / Droppers

• Gates

• Panel Fence Systems

• Steel Range & Reinforcing

Factories: Gauteng Branches: Blackheath, Paarl, Worcester, Vredenburg, Upington

Contact Alida Maré at 021-907-4700 or send an email to alida@agristeel.co.za www.

.com

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 57

Agri4all

Agristeel & Wire Products


Agri4all 58

ProAgri 224 – Oktober / October 2018

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 59


Agri4all 60 ProAgri 224 – Oktober / October 2018

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 61


Agri4all 62 ProAgri 224 – Oktober / October 2018

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 224 – Oktober / October 2018 63


Agri4all 64 ProAgri 224 – Oktober / October 2018

www.

.com




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.