ProAgri 226

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Desember / December 2018 No / Nr 226 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Verbeter jou opbrengs: • Organiese bemesting • Produksiebeelde • Spesialisprodukte

Bekyk 2018 se bakkie-oes

bring jou vrag altyd daar www.agri4all.com

www.proagri.co.za



Redakteursbrief

“E

k gee om vir my goed; ek het hard gewerk daarvoor,” vertel ’n suksesvolle Vrystaatse boer. Na vyf- of sesduisend uur se werk lyk sy trekkers nog of hulle nuut op die handelaar se vloer staan. Nie eers stof word in ‘n kajuit toegelaat nie en sy mense weet, jy maak nie ’n trekker of stroper se deur oop terwyl die stof nog in die lug hang nie. Miskien is dit die verskil tussen vooruitgang en agteruit boer. As iemand ’n kragnetwerk erf wat met baie moeite en beplanning oor jare sonder sy eie sweet en harde werk opgebou is, kan hy regtig daarvoor omgee? Al wat hy sien, is die geleentheid om iemand aan wie hy ’n guns skuld terug te betaal deur sy myn se steenkool te koop, of mynregte te gee of ’n vervoertender toe te staan. As jy ’n dorp, ’n brug, ’n straat of ’n dam ’n politieke naam gee wat jou pas, sonder om eers te weet wie het dit beplan en gebou, hoekom sal jy omgee? As iemand vir jou ’n stuk grond gee en ’n trekker met werktuie en die eerste jaar se saad en kunsmis, sal jy regtig daarvoor omgee? Sal jy ooit weet hóé om daarvoor om te gee? Sal jy weet dat ’n oliekol onder die trekker ’n teken is

Op ons voorblad dat jy klaar nie meer omgegee het nie? Daar is mense wat werklik waardeer wat na hulle kant toe kom, maar dan is dit mense wat grootgeword het en grootgemaak is met die besef dat jy nederig dankbaar moet wees vir die gawes wat jy ontvang. Die ANC-regering en baie van hulle saketrawante het al oor en oor bewys dat hulle nie omgee vir die goed wat aan hulle toevertrou is nie. Dorpe, paaie, riviere, ’n spoornetwerk, ’n kragnetwerk, ministeries, departemente en selfs die land se grense... As hulle nie omgee vir hulle eie goed nie, waarom sal hulle omgee vir jou goed? Jou stukkie grond wat jy en jou voorgangers met moeite en opoffering bekom en bewerk het, is die volgende ryp vrug waarop hulle hulle hande wil lê. As hulle dit eers het, gaan hulle nie omgee daarvoor nie. Hulle gaan nie hulle hande was voor hulle in die trekker klim nie. Dit is nie maklik om teen ’n regering, landwette en die “gees van die tyd” op te staan nie, maar dit was ook nie maklik om jou plaas op te bou tot wat dit vandag is nie. Ondersteun die organisasies wat teen die onreg opstaan en ondersteun mekaar. Ons wil in hierdie tyd die vrede en samesyn van ’n Christusfees geniet en dit is ook wat ek elkeen toewens na hierdie harde jaar. Rus en vind krag vir jou siel, want dalk moet ons volgende jaar ’n paar tafels omgooi teen die onreg! Dankie aan elke leser, adverteerder en boer vir die ondersteuning deur die jaar. Lees lekker en boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Meganisasie 10 LEMKEN sê ’n duisend dankies 12 Valtrac se Kuhn-hoogloopspuit is die nuwe norm

Business-to-business: Agriculture ABC Jul - Sept 2018 39 999

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner

> 082-320-3642

>annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers

> 082-598-7329

>dupreez@proagri.co.za Benine Ackermann

> 073-105-6938

>benine@proagri.co.za Bemarkingsbestuurder: Diane Do Nascimento > 082-555-6866 >diane@proagri.co.za Bemarkers: > 079-524-0934 > 079-531-0024

>tiny@proagri.co.za

3

Anelda Strauss

> 076-687-4419

>anelda@proagri.co.za Gerhard Potgieter

> 083-320-8135

>gerhard@proagri.co.za

Hulpbronbestuur 23 MI Power bied krag waarop jy kan reken 24 Timac Agro het boere aan die gons 28 John Deere beloon goeie diens 31 LWO Werkgewersorganisasie: Bonusse 35 Kenners verkies Bonnox

19

www.proagri.co.za

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Tiny Smith

10

38 Agri4all.com

Posbus 72707, Lynnwoodrif / Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za

>xander@proagri.co.za

Gewasproduksie 17 Nuvance oortref die basiese beginsels 19 Verbeter jou pekanneutoes met World Focus 21 Bonavide: Akkurate beelde vir beter oeste

Spesiaal 36 Kersboodskappe

ProAgri

Xander Pieterse

Inhoudsopgawe / Contents Wiele 3 Scania draf lag-lag met die swaarste vrag 4 Bakkies! 2018 se bekendstellings

Lees meer op bl 3 oor die mooi, rooi Scania op ons voorblad en waarom Rossouw van Bergen sê hy vervang ’n Scania net met ’n Scania.

Johan Swartz

> 071-599-9417

>johan@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha

> 012-803-0782

>engela@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet

28

> 012-803-0667

>accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl

> 012-803-0782

>versprei@proagri.co.za

35

Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 226 – Desember / December 2018 1



“E

k sal ’n Scania weer vervang met ’n Scania,” sê Rossouw van Bergen, eienaar van Noordkaap Landboudiens- (NKLD) -vervoermaatskappy en besproeiingsboer van Backhouse Landgoed by Douglas. Rassie Jonker, wat al 23 jaar van Rossouw se Scania-vragmotors bestuur, stem saam: “Die beste ding wat nog ooit op die aarde gemaak is, is ’n Scania R 580.” Rassie toets elke handelsmerk vir hulle en het al ’n 1982-model van Scania ook bestuur. Rossouw het twintig vragmotors waarvan tien Scanias is. Hy vervoer hoofsaaklik chemiese produkte vir die landboubedryf landswyd. Hy het in 2011 letterlik deel van die Scaniafamilie geword, want hy koop nie net by hulle nie, maar braai ook saam met hulle... en hy het nog nooit sy besluit betreur nie: “Ek het eers drie Scaniavragmotors tweedehands gekoop met tussen 30 000 en 40 000 kilometer op en toe koop ek nog splinternuwes by; almal is die R 460 en R 580-modelle,” sê hy. Die vragmotors ry tussen 15 000 en 18 000 km gemiddeld per maand en vervoer 95% van die tyd vragte vir ander mense en 5% vir Rossouw self. Sy vragte weeg elk so 37 ton. As jy vir Rossouw vra hoekom moet ’n boer en vervoerkontrakteur ’n Scania koop, het hy baie redes: “Dit is ’n goeie gehalte trok met goeie rygerief en goeie tweedehandse waarde. Die belangrikste van alles is die goeie brandstofverbruik, veral op die groot lorrie (R 580).” Baie van die vragte word op grondpaaie vervoer en Scania doen dit sonder skroom, sukkel of skade. “Ek hou ook baie van ’n Scania, want alles van hom van a tot z is Scania: sy ratkas, sy lugversorger, alles is deur Scania self vervaardig,” sê hy. Rossouw het Scania se finansieringsopsies gebruik. “Hulle bied baie goeie finansiering aan. Ek sal nie ’n lorrie by hulle koop en nie by hulle finansier nie.” Scania se diensplan Rossouw het Scania se R&M (Repair www.proagri.co.za

and Maintenance)-diensplan op al sy vragmotors uitgeneem en is baie tevrede daarmee.“Dis ’n diensplan wat hou tot ek weer my vragmotor verkoop; ek diens hulle elke 40 000 km. Jy betaal ’n bepaalde aantal sent per km elke maand,” sê hy. “Ek ry ’n trok net drie jaar of tot op 600 000 km dan ruil ek hom weer by Scania in. Hulle gee die ou wat hom koop ook ’n sesmaandediensplan.” Scania se diens Volgens Rossouw het Scania nie naweke nie; hulle na-ure diens is puik en jy kan 24/7 die belsentrum kontak. Hy vertel hoe sy R 460 Scania se ratkas eenkeer in Harrismith probleme gegee het. “Die lorrie was nog nie ’n jaar oud nie en onder waarborg. Hy kon ook nie lank staan nie, want hy het gevaarlike stowwe opgehad,” sê Rossouw. “Hy was 9-uur die oggend in by Scania en 4-uur die middag ry ek met ’n splinternuwe ratkas,” sê Rassie.

Jan de Klerk is die bestuurder van die rooi Scania. Hy sê hy wil amper nie uit die vragmotor klim nie so gerieflik is hy binne-in. Scania connect Scania het ’n rekenaarstelsel in die vragmotor om te sien hoe goed die bestuurder die vragmotor hanteer. As die persentasie wat die bestuurder behaal te laag is, stuur hulle ’n instrukteur om jou bestuurder ’n week lank op te lei. Met hierdie stelsel kan die eienaar ook enige tyd op sy selfoon sien hoe die vragmotor hanteer word en hoe vinnig hy ry. “Jy sal nooit terugkyk as jy ’n Scania gekoop het nie en jy sal beslis nie die pad alleen stap of ry nie,” sê Rossouw.

’n Scania se kajuit is die toppunt van gerief en gemak. Daar is selfs ’n snoesige bed sodat bestuurders mekaar kan aflos.

Rossouw van Bergen, eienaar van Noordkaap Landboudiens, by sy mooi rooi Scania-vragmotor wat na sy dogtertjie, Klara, vernoem is.

Kontak Scania by 011-661-9600 of besoek hulle webwerf www.scania.co.za vir meer inligting oor jou naaste handelaar om ook ’n Scania te ry. ProAgri 226 – Desember / December 2018 3

AgriGids

draf lag-lag met die swaarste vrag

Rossouw kry ook baie goeie diens by hulle naaste Scania-tak in Kimberley. “Hulle maak tyd om deurgaans goeie diens te lewer en soms kan jy selfs oor ’n naweek jou trok laat versien.” Rassie sê dit is lekker om ’n trok Scania toe te vat vir versiening. “Hulle het ’n skoon wagkamer, koffie, tee, tv en doen baie ekstra moeite wat ander maatskappye nie doen nie om jou wagtydjie aangenaam te maak.” Rossouw sê ook jy koop nie net die vragmotor nie, maar kry altyd ekstras by Scania soos ’n hoed vir die bestuurder en ’n speelgoedvragmotortjie vir jou kind.

Voorbladartikel

deur Benine Ackermann


Wiele

Bakkies! Bakkies! Bakkies!

’n Oorsig oor 2018 se bekendstellings

saamgestel deur Dirk Gallowitz van UltimateDrive

D

ie UltimateDrive Mediaspan ry jaarliks met omtrent elke nuwe model voertuig wat in SuidAfrika bekendgestel word. Weliswaar word dieselfde model soms deur ’n paar van hulle toetsers onder hande geneem. Ek self beoordeel jaarliks tussen 80 en 90 voertuie en bring gemiddeld 1 700 km per week agter die stuur deur. Johann van Tonder, ons Ultimate-Drivemotorkoerant se redakteur, woon en werk in George en ry elke week die nagenoeg 400 km Kaap toe en terug om sy toetsvoertuig te kom haal en weer terug te besorg - soms twee maal per week en gereeld met ’n motorfiets ook! Hy ry sommige maande tot 10 000 kilometer! Tog doen ons dit omdat die pragtige rygoed ons passie is en omdat ons dit bloot geniet om daarmee te “speel”. Toe ProAgri se redakteur, Annemarie, my vra om ’n samevattende artikel te skryf oor voertuie wat die afgelope jaar bekendgestel is of aandag geniet het en wat op die boer afgestem is, dus bakkies, maar ook 4X4’s vir plaaspaaie, was dit die ideale geleentheid om die span te betrek en hulle menings te kry oor die bakkies wat in 2018 ’n indruk by hulle gelaat het – so in ’n terugblik. Volgende maand gesels ons oor die sportnutse wat ons getoets het. Van ons by UltimateDrive Media, mag elkeen van ProAgri se lesers ’n baie geseënde en vredevolle feesgety geniet. Veilige reis!

2018 Toyota Hilux 2.8 GD-6 Dakar- en Raider-modelle Nuwe voorkoms vir selfs groter gewildheid deur Dirk Gallowitz Vir die bekendstelling vroeër vanjaar van die opgekikkerde Hilux-reeks en Dakar-modelle het Toyota sommer ook ’n paar verstellings en verfynings aange4

Toyota Hilux

bring ten einde sy tradisionele kopers se smaak te pas. Die topmodelle in die reeks soos die 2.4 GD-6 SRX en 2.8 GD-6 Raider (enkel-, dubbel- en Xtra kajuit-weergawes vir elkeen) kry ook nou die “Dakar”-voorkoms met ’n groter en dieper sierrooster en buffer wat by die SRX-modelle in swart afgewerk is en by die Raider met ’n blink chroomomranding spog. Ook die nuwe hoofligte met LUDdagryliggies geïntegreer, tref visueel. Binne, soos by die Dakar-modelle, is die kajuit meren-deels in swart afgewerk met ook die dakvoering in swart afgewerk en blinkswart afwerkings in die voorpaneel en deurpanele. Die vlagskip Raider-model is as standaard toegerus met 18” allooiwiele en 265/60R18-bande, ’n lugverkoelde paneelkissie, outomatiese klimaatbeheer, leerafwerking op die stuurwiel en rathefboom, spoedkontrole en sewe lugsakke, insluitende gordyn-tipe kantsakke asook by die knieë. Daar is ook 12V- en 220Vsokke en ’n armleuning met bekerhouers vir die agterste sitplek. Aandrywing by die opgedateerde “nuweling” is steeds deur Toyota se jongste 2,8 liter turboaangejaagde dieselenjin wat 130 kW lewer. Hierdie krag word deur ’n sesgang-handratkas (420 Nm) of sesgang-outokas (450 Nm) pad toe gestuur.

ProAgri 226 – Desember / December 2018 NAMPO

Die 4x4 Hilux se uitstekende veldryvermoë maak dit steeds ’n relatief “maklike” bakkie om moeiteloos van die pad af te ry. Veldry, sandry, moeilike terrein ingesluit, het die nuweling alles gedoen wat vereis is en elke uitdaging is sonder enige probleme suksesvol oorkom. Hierdie “gemaklike” veldryvermoë dra verseker ook by tot die Hilux

Mercedes-Benz X-Klas:

www.proagri.co.za


se gewildheid en status as topverkoper in sy segment. Die prys van ons opgekikkerde 2018 Toyota Hilux dubbelkajuit 2.8 GD-6 4x4 Raider sesspoed-handrat was tydens ons toets R601 500. Mercedes-Benz X-Klas: Kispakdraende hardebaard deur Dirk Gallowitz Mercedes het die plaaslike bakkiemark betree met wat die driepuntster se bemarkingsmense “die wêreld se eerste luukse bakkie” noem, al is dit op die rug, of tereg dan platform, van die nuutste Navara-bakkie gedoen. Volgens Mercedes het sy witjasse elke enkele aspek van die X-Klas onder hande geneem om hulle eerste bakkie te transformeer na ’n bakkie wat die Mercedeskenteken en naam in alle opsigte waardig is. Dit sluit onder meer in LUD-hoofligte, ’n wyer bakwerk asook die enjin, ratkas en aandryfstelsel wat verder verfyn en ingestel is om Mercedes se gehalte en verrigtingstandaarde te lewer. Verder is daar ’n tipiese Mercedes-kajuit wat met ontwerp, uitleg en gehalte dadelik die gevoel van ’n C-Klas skep. Voor word die X-Klas se neus gedomineer met ’n groot driepuntster. Agter is die bakontwerp en wye wielboë treffend, terwyl die regop LUD-agterligte weggesink is in die bak. ’n Sleepstang is standaardtoerusting by al die modelle. Die X-Klas se aste is met 50 mm verleng ten einde die wielspoor met 70 mm te verbreed, wat paddinamika en stabiliteit verbeter. Mercedes het baie moeite gedoen om die kajuit van die X-klas goed toe te rus en luuks te beklee ten einde die aanspraak as die wêreld se eerste luukse dubbelkajuitbakkie gestand te doen. Gevolglik is die kajuit se ontwerp, uitleg en afwerking gedoen met ’n tipiese gehalte waaraan Mercedes-eienaars

Mitsubishi Triton Athlete gewoond geraak het in die jongste Mercedes-sedanmodelle. Twee enjinopsies is tans beskikbaar, albei die 2,3-liter dubbelturbo-hoëdrukdiesel, maar met verskillende kraglewering en ook as 4x2 of 4x4 modelle met sesspoed-handrat of sewespoed-outomatiese ratkaste. ’n Sleepvermoë van 3 500 kg word aangegee. Met ’n 221 mm grondvryhoogte en 600 mm waterdiepteryvermoë kan die X-Klas die meeste stroompies met gemak baasraak. In die veld help ’n 30,1° inklimhoek, 25,9° vertrekhoek en ’n maksimum skuinshellingvermoë van 49° dat meeste van die uitdagings gemaklik oorkom kan word. Vir die meeste eienaars sal die X-Klas merendeels diens doen vir hoë hakkies, maskara en oor Sandton sypaadjies eerder as oor rowwe terrein of aan’t werk. Tawwe manne met kakieklere, harde hande en moddervoete sal egter ewe gemaklik met die X-Klas oor koppies en berge op uitdagende paaie kan ry... en boonop tevrede anderkant uitkom. Die Mercedes-Benz X-Klas is as standaard beskikbaar met die vervaardiger se PremiumDrive-program wat ontwerp is om klante gemoedsrus te gee. Dit sluit onder meer ’n volledige diensplan van 100 000 km/6 jaar in en kan teen ’n nominale fooi verleng word na 180 000km/8 jaar. Pryse begin met R642 103 vir die intreemodel X220d Progressive 4x2 handrat en eindig by R791 315 vir die huidige topmodel X250d Power 4Matic Outomaties. Die langverwagte V6 X350d met 190 kW word vandeesmaand plaaslik bekendgestel. Met ter perse gaan was pryse vir SA steeds onbekend.

Afrika se hartseer bakkiestories omdat hierdie uitstekende bakkie net nie enige noemenswaardige verkoopsukses in ons land kry nie. Net soos Toyota met sy Dakar-modelle, het Mitsubishi besluit om die Triton in ’n spesiale Athlete-model te verskaf. Die 133 kW/430 Nm 2,4-liter dieselenjin word net so van die res van die reeks oorgedra, maar met ’n vyfspoed outomatiese ratkas. Oral om die bakkie kan ’n mens sommer sien dat dit ’n anderste bakkie is en binne word die atleettema voortgesit met ’n swart en oranje kleurskema. Daar is selfs spane agter die stuurwiel waarmee mens ratte kan verwissel! Die “Athlete” bied ongetwyfeld een van die gemaklikste ry-ervarings teenoor sy mededingers en gly oor spoedwalle eerder as om heen en weer te hop. Dit is net hartseer dat hy misgekyk word. Die Mitsibushi Triton Athlete verkoop vir R579 995.

Mitsubishi Triton Athlete deur Charlen Raymond Die Mitsubishi Triton is een van Suidwww.proagri.co.za

ProAgri 226 – Desember / December 2018 5



2019 ISUZU D-MAX: Trusted bakkie changes its name, but not its stripes by Dirk Gallowitz Isuzu KB has been a trusted name in the bakkie market in South Africa stretching over 40 years and six generations, boasting a proud heritage that was built on reliability, capability, durability and trust. The popular Isuzu bakkie range comes with a name change from KB to D-MAX, re-aligning it with global markets. The D-MAX name originated in Thailand, with the ‘D’ originally referring to the 2000 model Isuzu bakkie which boasted the flush “Dragon Eyes” headlamp design. Outside a new grille and headlight design immediately catches the eye with the new projector-type Bi-LED headlamps and LED daytime running lights introduced on the extended and double cab models; there are restyled foglamp bezels framed by chromed vertical accents on the LX models. Inside a new generation infotainment system, incorporating an eight-inch full colour touch screen replaces the 6,5-inch version used in the previous model. The fully featured system incorporates the display for the rear-view camera, and facilitates Bluetooth hands-free cellphone use and audio streaming. On-road the standard Electronic Stability Control (ESC) with Traction Control has also been bolstered with the addition

www.proagri.co.za

2019 ISUZU D-MAX: Nissan Navara SE 4x2 deur Charlen Raymond

of Trailer Sway Control (TSC) that detects and minimises the effect of a trailer or caravan beginning to sway from side to 6side. The 3,0-litre 4X4 LX derivative is capable of hauling 3,5 tonnes. Prices start at R256 100 for the entry level work horse 250C Single Cab base to R606 400 for the top model D-MAX 300 4X4 Double Cab LX 6-spd automatic.

Nissan Navara SE 4x2

Toe Nissan sy nuwe Navara bekendgestel het, was die grootste besprekingspunt die bakkie se nuwe vyfskakelveerstelsel vir die agterwiele; dit nou om rygerief soortgelyk aan dié van ’n fênsie SUV te bied. En nou, in sy tweede jaar op die mark, het Nissan ’n intreevlak SE 4x2-model bekendgestel. Steeds word die 2,3-liter dieselenjin wat 140 kW en 450 Nm lewer ingespan, maar krag word nou slegs na die agterwiele via ’n sesspoed-handratkas gestuur. Die enjin voel lewendig en gee jy vet, hardloop die bakkie steeds vir ’n vale. Tog is die ritgehalte net nie so sag soos mens verwag het dit sou wees nie. Van agter die stuur is alles steeds lekker binne bereik en bied selfs die mediastelsel satellietnavigasie. Die Navara verkoop in baie beperkte getalle, maar dit is steeds ’n bakkie waarmee ’n mens moet rekening hou. Die Nissan Navara SE 4x2 verkoop vir R484 900.

ProAgri 226 – Desember / December 2018 7




Meganisasie

AgriGids

sê: ’n Duisend dankies Die 1 000ste LEMKEN is pas afgelaai by Bertus Gerhardt van Alldays (middel). Dit is oorhandig deur Danie van Niekerk, takbestuurder AFGRI Pietersburg en Attie Diedericks, bemarker, AFGRI.

Die 1

000ste masjien is pas verkoop deur Annemarie Bremner

“O

ns is dankbaar dat ons boere die waarde van kombinasiebewerking en die LEMKEN-manier van grondvoorbereiding ingesien en die voordele daarvan aangegryp het,” sê Karel Munnik, bestuurder van dié Duitste vervaardiger se kantoor in Suid-Afrika. Die 1 000ste LEMKEN, sedert die vestiging van die plaaslike kantoor in 2012, is so pas verkoop aan Bertus Gerhardt, wat naby Alldays teen die grens van Botswana met aartappels boer. Hy en sy vrou, Elena, het met die aankoop van die Heliodor 9 ’n reis na die fabriek in Duitsland losgeslaan. Die 1 000 verkope het verseker nie vanself gekom nie. Baie boeredae, skoue, demonstrasies, derduisende kilometer vir plaasbesoeke en ’n uitgebreide handelaarsnetwerk het gesorg dat die klein blou span die boodskap kon uitdra. Karel sê sonder die handelaars, (kyk onder vir ’n volledige lys), sou dit nie moontlik gewees het om die blou voetspoor landwyd te vestig nie. Hy is veral dankbaar dat boere selfs in ’n paar baie moeilike landboujare in LEMKEN belê het. Vir hom is dit ook belangrik dat boere aanhou met die blou – daar is goeie opvolgverkope. So praat die boere oor LEMKEN: BP Greyling van Wakkerstroom was die eerste boer om in 2012 ’n Karat 9 by LEMKEN SA te koop en hy werk vandag nog net so goed soos die ander twee 6-meters wat later bygekom het. BP sê: “Hier is baie boere wat as gevolg van die droogte nog glad nie kon plant nie, want hulle kan nie die 10

vir eenvormige opkoms, goeie stand en beter groei.” “As ons geplant het soos ons in die verlede geplant het, het alles nou platgelê,” sê Willie de Klerk en sy seun, Johan, van Koedoeskop nadat daar ’n hael- en windstorm deur die plaas getrek het. Hulle was baie verlig om na die storm te sien dat die meeste van die koring en gars nog regop staan. Johan skryf dit toe aan die Solitair se presiese spasiëring van die saad wat optimale groei teweeg bring. Ben Bester van Bencor-boerdery was aanvanklik skepties, maar vandag het hy 'n vloot LEMKEN-masjiene en dit het sy boerdery omgekeer. BP Greyling en Karel Munnik by die eerste “Ons eerste Rubin 9 het al meer as Karat 9 wat LEMKEN SA verkoop het. 5 000 hektaar gedoen en ons het nog niks aan die werktuig herstel of kluite breek nie, maar met die Karat is vervang nie,” sê Ben se seun, Paul. dit moontlik. My plantwerk is klaar; ons Johan van Niekerk van Derby se wag vir die reën.” eerste Rubin het al 20 000 hektaar Dirk Viljoen van die plaas, Kroonspruit, naby Clarens in die Vrystaat, gebruik ’n span van LEMKEN se slim werktuie om net die beste groeiomstandighede vir sy mielies, koring, droëbone en soja te skep. “Ek was nog nooit voorheen in my lewe opgewonde oor enige demonstrasie van werktuie nie, maar hierdie goed het my gevang en ek kan nie genoeg van hulle kry nie,” erken hy. “Ek hou van die LEMKENS, dit werk hier by ons.” Aan die woord is George Mulder van EDE Farming by Middelburg. Hy sê: “LEMKEN se diens is 100% en met hulle Karats berei ek ’n Johan de Klerk van Koedoeskop. gelyke, ferm saadbed voor wat sorg

ProAgri 226 – Desember / December 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


agter die blad gehad met ProAgri se besoek twee jaar gelede en nog net so fluks soos die eerste dag gewerk. “Jy moet weet, ’n masjien kan nie vir homself dink nie. Jy moet vir hom dink en dan sal hy vir jou werk. Dis hoekom LEMKEN vir my werk,” sê hy. Kassie Coetzee van Koster se wêreld het met ProAgri gepraat na sy eerste 6 000 hektaar se grondvoorbereidingswerk op verskillende plase in die omgewing. Hy het LEMKEN se Gigant 10 ingespan om vinniger en wyer te werk. Die Gigant 10 is ’n stewige, breë drabalk van agt meter met sy eie twee driepunte, waaraan hy twee Rubin 9-skottelêe van vier meter elk gehaak het. “Ek het by sesduisend hektaar opgehou tel, maar ek kan vir jou sê dat ek deur die hele seisoen dieselfde stel skottels en laers gebruik het, net soos ek dit by NAMPO gekoop het,” sê Kassie. Hy praat ook met groot lof oor die res van die LEMKEN-span onder leiding van Karel Munnik: “Karel kon maar oom Lemken se eie seun gewees het, want hy is in liggaam en siel oortuig van hierdie produk. As hy met jou gepraat het, sien jy net LEMKEN-blou!” Klasie Jacobs van Douglas het, soos vele ander boere in die land, die gevolgtrekking bereik dat die oplossing vir oesverbetering nie net meer in chemie gevind kan word nie. Die grondstruktuur moet verbeter word deur die vermeerdering van organiese materiaal in die boonste laag grond en daarvoor werk die Rubin en die Karat uitstekend. “Die LEMKEN-goed is goedgemaakte goed,” sê Klasie. “Voor ons enigiets aankoop, doen ons behoorlike navorsing, want toerusting moet voldoen aan ons spesifieke behoeftes,” sê Gabriel Colasa van Clearwater Farms op Bapsfontein naby Pretoria. LEMKEN se Zirkon 8-krageg lewer nou al ’n paar jaar lank pligsgetroue diens om die grond se struktuur reg te stel vir die volgende aanplanting. “Dit is Duitse gehalte op sy beste,” vertel Gabriel. “As jy reg wil werk met jou grond, is LEMKEN die pad om te loop.” “Ons almal lewe uit die grond en eindig in die grond – grond is ’n lewende organisme.” Aan die woord is Mike Dobrowksy (jr) van Elliot-Ugie se wêreld in die Oos-Kaap wat op groot skaal aartappels en mielies plant. Mike sê Karel en sy tegniese man, Christo Prinsloo, ken hulle masjiene en hulle is plat-op-die-aarde mense wat altyd beskikbaar is en luister na wat ’n boer sê. Hulle doen ook moeite om te sorg dat ’n masjien reg ingestel word vir die omstandighede waarin dit moet werk. “As jy in hierdie omgewing ’n trekker wil verkoop, sit ’n LEMKEN agter hom!” Ook in die suikerrietbedryf het LEMKEN sy merk gemaak. Eben Basson van die familie-onderneming, Izolima, gebruik ’n Karat 9 en Rubin 12 om die www.proagri.co.za

Blackie Swart van LEMKEN by Kassie Coetzee van Koster. taai werk te doen om suikerrietlande voor te berei. “Ek is lief vir ysters en het meganisasie-oplossings gesoek. Voorverlede jaar het ons na LEMKEN se grondwerktuie gekyk. Ons het Karel Munnik regstreeks gebel en hy het baie moeite met sy demonstrasies gedoen. Hy was drie keer hier om ons by te staan. Sy diens en toegewydheid is uitstekend en hy glo in sy produk. Hy

Mike(sr) en Mike (jr) Dobrowsky van Elliot-Ugie. kan in ’n trekker klim en verstaan sy werktuie.” Op André du Preez se plaas tussen Koster en Lichtenburg moet ’n masjien sy plek ken. André se doelwit is om terug te sit in die grond wat uitgehaal word en dit is wat die Rubin 12 vir hom doen. "Ek bespaar ook diesel en tyd en as die Rubin deur die land is, is daar ’n saadbed.” Hy was ook by LEMKEN se fabriek in Duitsland en is baie beïndruk met die gehalte van die materiaal wat hulle gebruik en die dinkwerk wat in

elke produk ingaan. Hy sê: “Hulle weet hier is nie plek vir sissietjiemasjiene in Afrika nie. Die hele LEMKENreeks het ’n plek in my boerdery.” Sy fynsaad word met 'n Solitair 12 geplant. Jy kan net uit die grond uithaal wat jy insit. Dit is die beginsel wat Pieter Nortjé, bekende sitrusboer van die Sondagriviersvallei, handhaaf met sy uitgebreide sitrusboerdery en ook sy graanafdeling. Barend Bouwer en Roubel Thomas, wat die twee graaneenhede bestuur, is beïndruk met die diensondersteuning van hulle plaaslike handelaar, JD Implemente, en die mense van LEMKEN self. Barend sê: “Die eerste LEMKEN het nou vyf jaar gelede hier begin werk en daar is nog niks wat daarby kon kom nie, behalwe LEMKEN self, wat aanhou verbeter!” Word deel van die blou wenspan. Praat met Karel Munnik, 082-4122577, k.munnik@lemken.com, of Blackie Swart, 082-404-9651, b.swart@lemken.com, of besoek https://lemken.com/en/.

Dankie aan ons handelaars: AFGRI SA en Zambië, GWK, NWK, Senwes, JD Implemente, Rudamans, Bergville New Holland, Dundee New Holland, Barloworld Ford, Neniko Agencies, Genius Landini, Dorning Motors - Landini handelaar in Kokstad en Warmbad Landini.

Barend Bouwer en Roubel Thomas van Cradock. ProAgri 226 – Desember / December 2018 11


Meganisasie

AgriGids

deur Du Preez de Villiers

Kuhn se nuwe Stronger HD 4000 word deur Valtrac ingevoer en ondersteun om grootskaalboerdery ’n fees te maak.

Valtrac se Kuhn-hoogloopspuit is die nuwe norm G

roterwordende plase vereis groterwordende werktuie en daarom het Kuhn ’n nuwe hoogloopspuit gebou. Die werktuig is wêreldwyd gewild en is tans besig om ook in die Suid-Afrikaanse mark ’n stewige vastrapplek te kry. Valtrac, die betroubare verskaffer van landboutoerusting, is die invoerder en verspreider van hierdie grensverskuiwende spuit. Die Kuhn Stronger HD 4000 is vanjaar by Nampo bekendgestel en sy stewige, 36-meter balk wat van aluminium vervaardig is, het omtrent oor die hele Valtrac-standplaas gestrek. Die eerste Stronger is deur Tollie Nel, wat buite Newcastle op die plaas, Krom Elmboog, boer gekoop. Aan die gesonde gewasse op sy plaas kan ’n mens sien dat hy die regte keuse gemaak het. Die mees opwindende en rewolu-

Al die beheerfunksies van die spuit, insluitende vorentoe en agtertoe, word vanaf die stuurstok en konsole gedoen. 12

sionêre kenmerk van hierdie spuit is die Bosch elektroniese aandryfstelsel. Dit is die eerste spuit wat hierdie aandryfstelsel gebruik om alles vanaf wielglip, enjinomwentelinge asook pompdruk (deur enjinomwentelinge aan te pas) te beheer en is in ’n groot mate verantwoordelik vir die brandstofverbruik wat besonder laag is vir ’n 4 000-liter hoogloopspuit. Die Trimble GPSstelsel is net so modern Willem Botha, plaasbestuurder op Krom Elmboog, en is op ’n Androidwys hoe hy sy hande van die stuurwiel kan wegneem platform gebou. Dit laat terwyl die spuit self op die wenakker omdraai en ’n boer toe om op die weer presies in die volgende baan se spoor in ry. internet in te skakel, sou dit nodig wees vir Dit verseker dat die spuitstoftoevoer Valtrac se tegniese span om toegang onmiddellik afgesluit word en geen ontot die stelsel te kry. Trimble se hernodige vloeistof in die stelsel afloop nie. haalbaarheid is uitstekend ‒ die spuit Valtrac bied ook ’n rewolusionêre sal elke keer presies in sy vorige spore tweespuitkopstelsel. Dit is ’n goedkoop trap. Dit verseker minimum skade aan opsie wat deur Kuhn ontwikkel is en Tollie se sojabone, mielies en koring. kan op bestelling bygesit word. WanDie 36-meter balk werk mooi saam neer die spuit stadig ry, word die fyner met sy 12-meter planter en vertoef baie spuitkop geaktiveer en wanneer dit minder tussen die gewasse as sy vorige versnel, skakel dit oor na die groter spuit. “Die spuit trap aansienlik minder spuitkop om meer spuitstof toe te dien. graan plat en omdat ons nou breër Albei spuitkoppe word saam geaktiveer spuit, ry ons minder deur die land. Dit teen ’n nog hoër spoed of wanneer bespaar baie diesel en arbeid,” sê Tollie hoë volumes toegedien moet word. Dit se plaasbestuurder, Willem Botha. Hulle verseker eenvormige druppelgrootte gebruik ook die spuit vir kunsmis- en teen verskillende werksnelhede en kos plantvoedingtoediening. ongeveer ’n derde van ander tegnologie Buiten die minder heen-en-weer wat dieselfde funksie verrig. Boonop is ryery is die Stronger 4000 se dieselverdaar ’n bykomende voordeel van laer bruik dramaties minder as dié van sy onderhoudskoste, aangesien jy steeds voorganger. “Hy verbruik so 500 tot 700 jou standaard spuitkoppe kan gebruik. ml diesel per hektaar, afhangende van Dit werk verbasend goed en verseker ’n die grond se natheid. Ons vorige spuit baie egalige toediening. Die sproeikoppe se balk was korter en het een liter diesel steek ook nie onder die balk uit nie. per hektaar verbruik,” sê Willem. Die balk word stabiel gehou deur Die spuitbalk se seksiebeheer is in 9 Kuhn se swewendebalk-ewewigmontedele verdeel en elke viermetersegment ring. Die olieversameltenk en ’n terugbeheer homself heeltemal onafhanklik.

ProAgri 226 – Desember / December 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


skietveer aan die balk werk saam om skade tot die minimum te beperk indien dit ’n hindernis sou tref. Die Stronger 4000 se onderdele wat met spuitstof in aanraking kom is van vlekvrye staal gemaak. Dit sluit die 4 000-liter tenk en die sentrifugale pomp, wat 600 liter per minuut verplaas, in. Jy kan dus die tenk maklik binne vier minute vul. Die vlekvrystaaltenk hou veel langer as ’n plastiektenk en kraak ook nie so maklik nie. Dit is ook makliker en vinniger om ’n vlekvrystaaltenk skoon te maak omdat niks in die staal kan intrek nie. Die 4 000-liter tenk is lekker groot en verminder die volmaakritte, wat baie tyd en brandstof bespaar. Om die spuitkoppe en pype nog langer te laat hou, het die Kuhn HD-reeks ’n 400-liter skoonwatertenk wat aan die einde van ’n skof gebruik

word om die hele tenk en spuitstelsel uit te was. Dié moderne masjien is ten volle vierwielaangedrewe en die wiele word hidroulies aangedryf. Al die komponente van die hidrouliese stelsel word elektronies beheer en wielglip op elke wiel word byvoorbeeld afsonderlik beheer. Wanneer een wiel begin gly, word olie-vloei na die wiel se pomp verminder totdat die wielglip oor al die wiele weer gebalanseerd is. Dieselfde geld vir wanneer jy rem ‒ dan skop die hidrouliese antisluitremstelsel in. Met al hierdie inligting tot sy beskikking, kan die dieselenjin homself reguleer om teen die mees geskikte omwentelinge te werk vir die laagste brandstofverbruik en beste doeltreffendheid, selfs in moeilike omstandighede. ’n Intelligente, hidrostatiese ratkas sorg dat die regte hoeveelheid krag deurgaans na hierdie gevorderde stelsel oorgedra word. Die spuit het nie ’n vetpedaal nie. Daar is inderwaarheid geen werk vir jou voete nie en alles word met ’n stuurstok gedoen. As die stuurstok vorentoe

gedruk word, begin die enjin teen 1 600 omwentelinge draai. Soos die spoed verhoog en meer krag nodig is, word die omwentelinge meer. Dit is die rede hoekom die Stronger 4000 so lig op brandstof is. Op die pad handhaaf die spuit maklik ’n spoed van 30 kpu en in die lande is 15 kpu ’n doeltreffende, gemaklike spuitspoed. Om te rem, word die stuurstok teruggetrek en die balk se funksies word ook met knoppies op en langs die stuurstok beheer. Draai outomaties om Willem is baie ingenome dat Kuhn dit reggekry om die spuit aan die einde van die land outomaties te laat omdraai. Gelukkig vereis die spuit dat jy ’n knoppie op die skerm druk sodra die wenakker nader kom, sodat hy seker is dat die operateur nie aan die slaap raak nie. Vir die boere wat steeds lugtig is vir al die elektroniese tegnologie, is daar ’n meganiese drukmeter aan die buitekant van die kajuit wat uit die sitplek dopgehou kan word. Die sigbaarheid vanuit die kajuit is ook beter as die vorige modelle s’n en die lugkussing onder die operateur se sitplek verseker baie ure se spuitgerief. Die Stronger 4000 laat jou ook toe om die wielwydte hidroulies vanuit die kajuit te verstel en die pensvryhoogte is 1,8 meter.

Die tenk se suigpomp kan met gemak 600 liter per minuut na die spuit se 4 000-liter tenk verplaas. Willem Botha hoef net ’n hefboom te trek om die meng- en toedieningstenk te laat sak. Jy kan maar vergeet van die bak, want as die spuit vorentoe loop, vou dit vanself weer op en gaan lê uit die pad in sy holte teen die spuit se pens. www.proagri.co.za

Die 380/90 R46-duim straallaagbande van Kuhn se Stronger HD 4000 is steeds baie smal en bied uitstekende vastrap en rygemak sonder om gewasse onnodig plat te trap.

Om in pas te bly met Valtrac se moderne produkte en oplossings, skakel Attie de Villiers by 083261-9863 of 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za.

ProAgri 226 – Desember / December 2018 13







“E

k hou baie van World Focus se uitkyk,” sê Herlu Smit van Boomplaas naby Jacobsdal. “Hulle is nie hier net om ’n produk te smous nie; hulle verbeter die gesondheid van die grond en dit lei tot hoër produksie.” Herlu sê daar is groot waarheid in die slagspreuk: Sorg vir jou grond, dan sorg jou bome vir jou. Hy het 2016 pekanboorde oorgeneem wat tot in daardie stadium glad nie goed bestuur is nie. Die blokke het gewissel van drie tot sewe jaar oud. Herlu het die plaaslike verspreider van World Focus se produkte, Tinus Berg, gekontak en begin om die pad saam met die maatskappy te loop. Een van sy hoofoorwegings was dat World Focus se produkte organies is, want dit is die toekoms waarheen hy mik. Die produkte is nie net organies nie, maar ook uitstekend. “World Focus se gemikroniseerde kalk het wondere verrig,” sê Herlu. Hy sê hy kon nie die volledige aanbevelings volg nie, omdat die boorde nog nie vir hulleself kon betaal nie, maar selfs met die verlaagde toedienings het die prestasie na die eerste jaar vanself gespreek: Neutgraderings 2016 vs 2017 (Geen medium of klein neute vir 2017)

2016 2017

Oorgroot 10,5% 50%

X-groot 50,7% 38%

Herlu Smith van Jacobsdal beduie hier dat die boom vyf jaar oud is. www.proagri.co.za

kg/ha Complex Calsul wat in water opgelos en met ’n onkruidspuit op die wortelsone van die jong bome gespuit is. Mikrofyn produkte is gebruik omdat die reaksietempo soveel vinniger en die reaktiwiteit soveel meer doeltreffend is as konvensionele produkte. Die gemiddelde partikelgrootte van die ultrafyn gemikroniseerde kalk is 5 - 15 μm (1 000 maal kleiner as 80% van konvensionele landboukalk).

Die jong boom het amper meer stuifmeelpeule as blare nadat World Focus se bemestingsplan in werking gestel is. Die ander groot voordeel is dat die volumes van die middels aansienlik laer is as die tradisionele produkte. Vyf kilogram van die gemikroniseerde kalk se werking is gelykstaande aan een ton gips, maar daar is nog ’n verdere besparing, want jy het nie soveel vervoerkoste, masjinerie en werkstyd nodig om dit te strooi en in te werk nie – dit kan met ’n spuit of deur die besproeiingstelsel toegedien word!

Complex Calsus (B4682): Ca... 406 g/kg, Mg...29 g/kg, Organiese komponent...30 g/kg Complex Calsul (B4990): Ca... 230 g/kg, Mg...140g/kg, Organiese komponent...30g/kg

World Focus se plan vir Boomplaas se nuwe boorde:

Groot Dowwe neute Eetbare kern 24,48% 3,84% 58% 12% 2,10% 61,2% Volgens World Focus se verslag was die perseel in ’n kritieke toestand. At van Schalkwyk sê: “Voordat ons betrokke raak by ’n boerdery of enige aanbevelings doen, neem ons volledige grondmonsters en laat dit spesifiek ontleed. Vanaf die ontledings kan ons dan ’n volledige kort-, medium-, en langtermynbemestingsplan uitwerk en aan die boer voorstel.” In hierdie geval het die ontleding getoon dat die meeste van die blokke ’n drastiese tekort aan fosfaat (P), uitermate hoë magnesium (Mg) en heeltemal te min kalsium (Ca) bevat het. Die geweldige hoë magnesium het veroorsaak dat die kaliumopname belemmer is. Die fosfaattekort is reggestel met mikrofyn rotsfosfaat terwyl die kalsiumtekort met ultrafyn gemikroniseerde kalsitiese kalk (Complex Calsus) en ultrafyn gemikroniseerde gips (Complex Calsul) aangevul is. Die aanvulling is gedoen met 5 kg/ha Complex Calsus gekombineer met 5

Om verder tot die plant se gesondheid en groeikrag by te dra en voedingtekorte aan te vul, is ’n organiese groeistimulant, Gliosense, gebruik. In Gliosense is ETP, ’n ensiem wat afkomstig is van mikro-organismes wat in ’n beheerde omgewing vermeerder word. Die Gliosense is as blaarbespuiting aangewend voor blom, tydens vrugset en sal weer toegedien word tydens die laaste fase van neutvul. Ondertussen is ’n produk met die naam van Glionut geregistreer. Glionut is ’n organies gebaseerde groeistimulant, aangevul met mikro- en spoorelemente asook nikkel (Ni) en sink (Zn) spesifiek vir gebruik by pekanneute. Gliosense: ETP…1,5 μm/ml, B…7 g/l, Cu…8 g/l, Fe…9,8 g/l, Mn…30 g/l, Zn…21 g/l. Glionut: ETP…1,5 μm/ml, ZN…105,99 mg/kg, Mo…3 mg/kg, Cu…17,99 mg/ kg, Fe…112 mg/kg, B…20,99 mg/kg, Mn…118 gm/kg, Ni…1 226,95 mg/kg. Verder is nog twee produkte as blaarbespuiting gebruik, naamlik SuperZn met bykomende sink en SuperK met bykomende kalium en stikstof. By albei produkte is die voedingselement in ’n unieke kombinasie van organiese sure, aminosure en ensieme gecheleer. Kontak At van Schalkwyk by 082452-8983 of at@molcastagri.com of besoek www.molcastagri.com.

ProAgri 226 – Desember / December 2018 19

AgriGids

Gewasproduksie

Verbeter jou pekanneutoes met World Focus



Bonavide se satelliet-moniteringsopsies: • Medium resolusie: Satellietbeelde van 10 meter per beeldelement (pixel) kan gratis van die internet afgelaai word. Hulle gebruik data van Sentinel-satelliete en gepubliseerde formules om indekse te bereken wat die gesondheidstatus van die boer se gewasse opsom. Die Sentinel-satellietstelsel het ’n herbesoektydperk van vyf dae. Dit beteken dat Bonavide in gunstige weerstoestande ’n weeklikse verslag oor jou gewasse se gesondheidstatus kan lewer. Hierdie resolusie se data is gratis beskikbaar en die boer betaal slegs vir die plekbepaling, aflaai en verwerking en vertolking van die data. www.proagri.co.za

deur Benine Ackermann

Bonavide: Akkurate beelde help jou om die beste oes te behaal Bert Ubbink, besturende direkteur van Bonavide; Niel Hanekom, graan-, bees- en skaapboer van Moorreesburg en dr Andries Leuschner van Bonavide by NAMPO in die Kaap. • Hoё resolusie: Satellietbeelde van 0,3 tot 0,5 m/ beeldelement is op aanvraag beskikbaar. Hierdie beelde is beskikbaar met ’n minimum bestelling van 10 000 hektaar en is daarom geskik vir groot plase.

Alfa Foto – 06 Maart 2018

Beta Foto – 26 Maart 2018

Delta Foto – Die verskil tussen die Alfa en Beta foto.

• RPAS-monitering (Baie hoё resolusie): Hommeltuigfotobeelde van 0,08 m/ beeldelement is beskikbaar afhangende van die toepassing. Hommeltuigmonitering is duurder as satellietverkenning, omdat die diens deur ’n gekwalifiseerde hommeltuigloods gelewer word. Hommeltuigfotobeelde moet ’n 80%-oorvleueling hê om toe te laat vir akkurate stik van die foto’s wat gedurende die vlug geneem is. Hierdie diens word op aanvraag gereёl. Die prys hang af van die resolusie wat benodig word asook die graad van oorvleueling van vlugte. Sluit maklik by Bonavide aan deur die volgende te doen: 1. Registreer by hulle webtuiste: www.bonavide.com 2. Volg die instruksies en vul jou landerye se koördinate aanlyn in deur gebruik te maak van Googlekaarte. 3. Dien hierdie inligting in, saam met ander gevraagde inligting van beoogde gewasse en vereiste dienste. 4. By registrasie sal hulle ’n gratis satellietverslag van die vorige groeiseisoen e-pos. Gebruik die verslag om te verifieer dat jou landerye korrek geїdentifiseer is. 5. Teken in vir die nuwe groeiseisoen. 6. Aktiveer die moniteringsprogram by die opkomsfase. Vir meer inligting kontak Bert Ubbink by 012-543-2758 of stuur vir hom ’n e-pos by enquiries@bonavide.com. Jy kan ook hulle webwerf besoek: www.bonavide.com.

Satellietmoniteringsdiens begin teen R1 500 vir die eerste 100 ha en daarna R1,50/ha per seisoen wat ’n minimum van sewe verslae bevat. Indien Bonavide nie sewe verslae kan bied nie, sal die boer pro-rata vergoed word. Hommeldiens se pryse is op aanvraag beskikbaar. ProAgri 226 – Desember / December 2018 21

AgriGids

oere maak staat op suksesvolle oeste om die wêreld te voed, daarom moet hulle die groei en ontwikkeling van hulle gewasse verstaan en die regte produksiepraktyke op die regte tyd uitvoer. Hoe mooier ’n boer kan kyk wat op sy lande aan die gang is en hoe sy gewasse vorder, hoe akkurater en tydiger kan hy besluite neem om gesonde, oorvloedige oeste te verseker. Vir daardie mooi kyk kan hy reken op die dienste van Bonavide, wat letterlik “mooi kyk” beteken. Hulle gewasmoniteringstelsel is ’n bekostigbare hulpmiddel wat die boer kan gebruik om sy gewasse se toestand akkuraat te vertolk. Maak nie saak waarmee jy boer nie, Bonavide gebruik satelliet- en hommeltuigfotobeelde om jou landerye periodiek te ontleed deur die verskil tussen twee beelde se plantegroei van verskillende datums te bereken. Volgens die kleure van die beelde kan jy sien wat die toestand van jou gewasse is, of jy net by sekere plekke kan plant en of jy dalk net ekstra bemesting vir ’n gebied benodig. En dit alles is eenvoudig en bekostigbaar. Bonavide glo in vinnige, tydige diens, betroubaarheid, kliёntetevredenheid, kostebeperking, eerlikheid, respek en spanwerk en hulle leef deur hulle slagspreuk: Innovation that flies (vernuwing wat vlieg). “Ons wys vir die boer op sy plaas waar is die probleemareas,” sê dr Andries Leuschner van Bonavide. “Jy kan dit sien deur na die verskillende kleure te kyk. Hoe groener, hoe gesonder, geel is ’n probleemarea en rooi beteken daar groei niks nie en daar kan byvoorbeeld klip wees.” Bonavide het ’n gekwalifiseerde en gelisensieerde hommeltuigloods wat met ’n hommeltuig op die boer se plaas selfs tussen die bome vlieg indien dit moeilik is om die grond vanuit die lug te beskou. Hulle reik weekliks ’n verslag uit wat die toestand van die boer se gesaaides van drie of minder dae gelede weergee. Die verslag stel die boer en sy kunsmismaatskappye om ingeligte besluite te neem en tydige aanpassings te maak.

Hulpbronbestuur

B


• MiPower Solar water pumps have no running costs, which makes it the most cost effective way to pump water at any farm . • Low operating costs and no energy costs and costs are known in advance and runs on free power from the sun. • A robust system with long product life, low maintenance and manageable service requirements with 3 years warranty • Advice and support to ensure delivery of the right optimized solar water solution We have wide range of 3-inch to 10-inch submersible borehole pumps motors and other pumps such as sewage pumps and water treatment plant pumps. Our borehole pumps have proven themselves to be reliable in the harsh Southern African conditions. These cost effective pumps deliver excellent performance and deliver an excellent return on your investment. • Applications • Municipal Boreholes • Residential • Commercial • Agricultural • Industrial • River water extraction

Tel. 011-036-1562 or 011 -262-2107 11 Thora Cresent, Wynberg, Sandton, 2090 www.mipower.co.za 22

ProAgri 226 – Desember / December 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


B

oere raak toenemend op hulleself aangewese vir betroubare, bekostigbare elektrisiteitsvoorsiening. Alternatiewe energievoorsiening is op die lang duur wenslik en selfs lonend, maar dan moet die saak met die nodige kundigheid en verantwoordelikheid aangepak word. Vir hierdie soort raad, diens en toerusting hoef die boer nie verder te soek as MI Power nie. MI Power het ’n gerespekteerde rekord van elektronika en ontwerp en is een van die heel voorste – en steeds groeiende – verskaffers van volhoubare alternatiewe energiebronne en pompe in Afrika. MI lewer ’n volledige diens – vanaf ’n kragoudit om die behoefte te bepaal tot installasie, inbedryfstelling en onderhoud. Gebruikers in die mediese, kommunikasie-, nywerheid- en landbousektore in verskeie Afrikalande reken reeds op MI vir ononderbroke, volhoubare elektrisiteit. Kliënte wissel van huishoudings tot groot fabrieke en boerderye. Bespaar 75%! MI se batterystelsels help gebruikers om geld te bespaar deur te laai tydens tye wanneer Eskom se tarief laag is vir gebruik in hoëtarieftye. Tot 75% van Eskom se piekaanvraagtarief kan daarmee bespaar word. Dit bied ook ononderbroke krag tydens onderbrekings en Eskom se beurtkrag deur die batterystelsel alleen of deur inskakeling by sonkragpanele. Die stelsels is modulêr

www.proagri.co.za

en kan volgens die gebruiker se behoefte saamgestel en uitgebrei word. MI bied ook die mees gevorderde sonkragstelsels en neem die las van ingewikkelde beplanning en moeilike besluite van die boer se skouers af weg. Twee van MI se gewildste produkreekse vir boere is: Sonkragpompe Die mees kostedoeltreffende manier om water uit ’n boorgat of rivier te pomp is ’n sonkragdompelpomp van MI Power, want dit verg geen loopkoste nie: • Geen energiekoste • Koste is vooraf bekend sodat begroot kan word – geen onverwagte tariefstygings • ’n Wyse belegging mett ’n gunstige opbrengs • ’n Robuuste stelsel met et ’n lang lewe, lae onderhoudskoste koste en maklike versiening • Vir drie jaar gewaarborg • Raad en rugsteun

om die regte sonkragwaterpompoplossing te verseker Waterbehandelingspompe en wisselstroom-boorgatdompelpompe MI Power bied ook ’n groot verskeidenheid betroubare wisselstroomboorgatpompe vanaf 76 mm (3 duim) tot 254 mm (10 duim) en ook ander pompe soos riool- en waterbehandelingspompe. Hierdie pompe het hulleself reeds deeglik in Suid-Afrika se strawwe toestande bewys en bied die boer werklik waarde vir geld. Toepassings vir landbou, nywerheid- en huishoudelike gebruik • Boorgate • Onttrekking van water uit riviere en damme • Riool- en waterbehandelingaanlegte

Vir elektrisiteitbesparing, volhoubare kraglewering, sonkragbenutting en pomp- en kragoplossings, praat met Masala Ramabulana by 082-264-4888 of masala@mipower.co.za. Besoek ook www.mipower.co.za om te sien hoe MI Power jóú lewe kan makliker maak. ProAgri 226 – Desember / December 2018 23

AgriGids

MI Power bied krag waarop jy kan reken

Hulpbronbestuur

Volhoubaar, betroubaar, bekostigbaar:


Gewasproduksie

AgriGids

Maksimum opbrengs:

deur Tisha Steyn

van die land se skape word hier geproduseer,” sê Francois. Ander gewasse is wintergewasse soos koring, gars, hawer, kanola, lupiene, koljander en deesdae ook ertjies, en somergewasse soos mielies vir kuilvoer en ’n bietjie soja. Die verbouing van groente en groentesaad, asook vrugte soos druiwe, perskes, pruime, appelkose, tamatiepruime, appels en pere, en sitrus soos lemoene, nartjies en suurlemoene.

Produkte Op die inligtingsdag is veral gefokus op die produk D-Coder, maar daar is ook verwys na Die Timac Agro-span is van links voor Jandré van der Westhuizen, Pieter Conradie, Martin Fertiactyl, Fertileader Smith, Francois Wolvaardt, en agter Joos Steenkamp, Pierre van Vuuren, Chris Botha en en Maxifruit, asook Bernard Groenewald. Calseabloc-lekke vir vee en wild. raan-, groente- en vrugteboere in die is reeds goed gevestig in die noordelike D-Coder is ’n interaktiewe groen korOverberg kan nie uitgepraat raak oor provinsies. Dit het in 2016/17 ook na ses rel wat al vier groeiprosesse van ’n plant die voordele wat Timac Agro se plantstreke in die Wes-Kaap uitgebrei. Timac stimuleer, naamlik vestiging, vegetatiewe voeding en ander produkte vir hulle inhou Agro se hoofkantoor is in Centurion, en ontwikkeling, blomfase en produksie. nie. Die boere het onlangs Timac Agro se die hoofverspreidingsentrum van die “Grondgesondheid is die beginsel eerste inligtingsdag by Kam’Bati op die produkte is in Kaapstad. waarop suksesvolle produksie berus, oewer van die Breederivier naby Swellen“Timac Agro se 80 werknemers, want dit verseker volhoubare produksie,” dam bygewoon. insluitend die 50 tegniese bemarkers, verduidelik Francois. is in diens van Roullier,” sê Jandré van Grondvrugbaarheid word bepaal deur Roullier der Westhuizen, ontwikkelingsdirekteur die fisiese, chemiese en biologiese balans Timac Agro Suid-Afrika is ’n filiaal van van Timac Agro. “Opleiding is belangrik: van die grond. Die D-Coder se groen kordie Franse moedermaatskappy, Roullier. nuwe bemarkers deurloop ’n intensiewe rels, wat gelaai is met voedingstowwe, Die Roullier-groep se hoofkantoor is in opleidingskursus om die projek te leer word in die wortelsone geplaas sodat dit St Malo, Frankryk, waar Daniel Roullier, ken, asook praktiese opleiding in die ten beste deur die plant opgeneem kan stigter van die Groep, ’n 8 000 m2-senveld.” word. Die plant “gaan haal” die voedingtrum gebou het waar intensiewe navorDaar is sowat 250 kommersiële boere stowwe wanneer hy dit nodig het vir ontsing gedoen word om Roullier se spesiain die Suid-Kaap, wat strek vanaf Wellingkieming, wortelgroei, vegetatiewe groei lisprodukte te ontwikkel. ton tot by Knysna in die Tuinroete, asook en optimale produksie. Hier ontwikkel 400 wetenskaplikes en in die Klein Karoo en dit is ’n belangrike Fertiactyl is ’n vloeibare spanningsingenieurs reeds die afgelope 57 jaar die mark vir Timac Agro. reguleerder wat toegedien word tydens uitstaande spesialiteitsprodukte volgens “Die Suid-Kaap is die grootste vroeë plantontwikkeling. Dit word in die Roullier se hoë standaarde. garsprodusent in Suid-Afrika en ’n derde plantvoortjie of deur die besproeiing“Die sukses van Roullier en dus ook stelsel toegedien. Die produk Timac Agro se produkte berus op stimuleer wortelontwikkeling noukeurige navorsing,” het Fransodat die plant die voecois Wolfaardt, bemarkingsbedingstowwe kan opspoor en stuurder van Timac Agro, tydens tydens kritieke groeifases al die inligtingsdag gesê. “Die die voedingstowwe opneem tegniese gevorderdheid van die om fotosintese te bevorder produkte laat dit uitstaan bo anen te verseker dat die plant der konvensionele produkte wat deurlopend sterk groei. in die mark beskikbaar is.” Fertileader is ook ’n vloeiVogens Roullier se definisie bare spanningsreguleerder wat is plantvoeding die verskaffing in ’n later groeistadium op die van kernspoorelemente wat in blare toegedien word. Dit help voldoende hoeveelhede, in die om spanning te weerstaan korrekte verhoudings en in ’n en help blaargroei aan om vorm wat vir die plant beskikbaar te verseker dat die plant ten is, toegedien word sodat die plant beste produseer en wasdom die maksimum opbrengs kan bereik. lewer. Maxifruit is ’n vloeibare Timac Agro se bakkie op die oewer van die Breederivier produk wat voor of na die Timac Agro SA by Kam’Bati buite Swellendam, waar Timac Agro se blomfase en gedurende die Timac Agro het drie jaar gelede hele vrugontwikkeling en in Suid-Afrika begin sake doen en inligtingsdag vir boere aangebied is.

Timac Agro het boere aan die gons

G

24

ProAgri 226 – Desember / December 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


Cobus du Toit, vyeboer van Napier.

Jean van Deventer, graan en veral garsboer van Napier.

groeifase op die blare toegedien word. Dit help die plant om selfs onder spanningsvolle toestande ’n uitstekende drag gesonde vrugte te produseer. In die streek word ook met DohneMerino’s, melkbeeste soos Jerseys, Friese en Ayershires geboer, en toenemend ook met wild. Timac Agro speel ook in diereproduksie ’n belangrike rol met ’n verskeidenheid Calseabloc-lekblokke vir vee en wild. Die lekblokke fokus elk op ’n spesifieke behoefte en bestaan uit Calsea-mag, Calsea-fibre, Calsea-zinc, Calsea-calver en Calsea-digest. Die produkte word ingevoer, maar ’n mengsel wat vir spesiale grondbehoeftes voorsiening maak, kan gemeng word. Wat sê die boere? Die boere met wie ProAgri gesels het, is baie positief oor die produk. Cobus du Toit: “My vye-oes het verdubbel.” Cobus is die afgelope sewe jaar bestuurder van Fairfigs, die grootste produsent van vye in Suid-Afrika. Dié afdeling van die Lourens-groep boer tussen Napier en Caledon met 60 ha Franse vye, waarvan 50% uitgevoer word. Nog 30% word plaaslik bemark, en die res, wat nie geskik is vir menslike gebruik nie, word vir die Dohne-Merino-skape gevoer. Omdat die grond op die plaas arm is aan fosfaat, het Cobus drie jaar gelede Timac Agro se D-Coder begin gebruik.

Pierre van Vuuren van Timac by Lourens van Eeden, graanboer van Swellendam.

“Binne ’n jaar nadat ek oorgeskakel het na D-Coder, kon ek sien hoe die vyebome verander: die blare was nie meer geel nie, maar ’n gesonde, helder groen. Dit kan toegeskryf word daaraan dat die vyebome spanning beter hanteer, en dus beter fotosinteer. Die opbrengs het ook dramaties van 3 ton/ha na 6 ton/ha toegeneem. Die toediening van Maxifruit het gelei tot groter vye en het die rakleeftyd van 14 dae met vier tot vyf dae verleng. Die ryp vye word volgens kleur geoes, verkoel en binne 24 uur per vliegtuig versend na Britse, Europese Unie- en Oosterse markte. Die vye word tussen Desember en Mei geoes, met die ideale venster vir uitvoer in April en Mei voordat vye uit Turkye en Israel die markte bereik. Lourens van Eeden: “90% van die voedingstowwe word opgeneem”. Lourens boer die afgelope 33 jaar op die plaas Vleitjie tussen Swellendam en Heidelberg met gars, koring, kanola en skape. “Timac Agro het pamfletjies uitgedeel, maar hulle kon nie na wense vir my verduidelik hoekom hulle produk beter is as konvensionele kunsmis nie,” vertel hy. Op ’n dag het Pierre van Vuuren, tegniese bemarker by Heidelberg, ’n chemiese ingenieur uit KwaZuluNatal by hom aangegaan wat vir hom mooi verduidelik het hoe D-Coder-plantvoeding ontwikkel is.

’n Klompie jong boere het ook kom luister na Timac Agro by Kam’Bati buite Swellendam.

“Die grootbaas het glo vir sy wetenskaplikes gesê hy wil ’n chemiese korrel hê wat in ’n biologiese matriks is, en na tien jaar het hulle na vore gekom met die produk,” sê Lourens. “90% van hierdie plantvoeding word deur die plant opgeneem, nie net 50% soos wat die geval met ander kunsmis is nie.” Omdat Lourens geenbewerkingbewaringsboerdery toepas, is hy baie beïndruk hiermee. “Boerdery is kompleks en ’n mens moet holisties daarna kyk. Sonder om die risiko te loop om geen kunsmis te gebruik nie, gaan ek nou hierdie plantvoeding gebruik waarvan die voedingstowwe in die regte verhouding is en wat die plant self gaan haal wanneer hy dit nodig het.” Jean van Deventer: “Ek het beste garsoes in 22 jaar afgehaal.” Jean boer die afgelope 22 jaar by Napier met gars, koring en kanola. Hy het vanjaar begin om Timac Agro se produkte te gebruik. “Ek hou daarvan dat die kunsmis net vrygestel word wanneer die plant se wortels dit gaan soek. Dit is ook gerieflik dat die produk tydens die plantproses toegedien kan word, want in planttyd wanneer dit begin reën, is dit onmoontlik om met die toerusting in die landerye te kom.” Bernard Groenewald, tegniese bemarker by Riviersonderend, het aan die begin van die jaar ’n proef op Jean se plaas gedoen. “Ek kon dadelik die voordeel insien, want D-Coder brand nie die saad en plantjies soos ander kunsmis nie. “Ek het klaar die gars geoes, en die opbrengs is minstens 15% meer as tevore. Ek het in 2018 die beste gars-oes ooit afgehaal, ten spyte van uitdagende toestande.” Kontak Timac Agro by 071-610-8082 of besoek die webtuiste by www.timacagro.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 226 – Desember / December 2018 25


26

ProAgri 226 – Desember / December 2018 NAMPO

www.proagri.co.za



Hulpbronbestuur

AgriGids

John Deere beloon goeie diens

John Deere het sy toppresteerders vir goeie diens aan boere en aan die maatskappy by Emperor’s Palace in Kemptonpark beloon.

“M

oet nooit om verskoning vra vir jou sukses nie,” is Jacques Taylor, besturende direkteur, John Deere Suid-Afrika, se raad aan die span wenners by vanjaar se John Deere-prysuitdeling. Die spoggeleentheid het ’n paar jaar gelede ontstaan om erkenning te gee aan die toptegnici wat boere in die veld moet bystaan. Strawwe toetsing word gebruik om die bestes onder die bestes uit te soek. Vanjaar is die geleentheid uitgebrei om ook die onderdelekundiges te toets en

erkenning te gee, en aan die sakekant is die Verkoopspersoon van die Jaar, Besigheidsanalis van die Jaar en Besigheidsontwikkelingsbestuurder van die Jaar ook beloon. Jacques sê dit is vir John Deere belangrik dat ’n boer nie ’n John Deereaankoop as ’n uitgawe moet sien nie, maar as waardetoevoeging tot sy boerdery. Die span van John Deere, vanaf die verkoopspersoon, die sakespan in die kantoor wat die boer se finansieringsaansoek hanteer, tot die tegnici en onderdelekundiges wat na-

Jacques Taylor, besturende direkteur van John Deere Suid-Afrika, is self ook ’n boer en hy sê ’n John Deere-aankoop moenie as ’n uitgawe gesien word nie, maar as waardetoevoeging. 28

ProAgri 226 – Desember / December 2018 NAMPO

verkopediens moet lewer, is almal daar om te help om waarde toe te voeg. Die drie kernwaardes wat John Deere plaas toe neem is gehalteprodukte, ’n persoonlike ondersteuningsnetwerk en die nuutste John Deere-presisieboerderytegnologie. Oor die volgende paar maande gaan ProAgri by die wenners kuier, in die hart van die “groen” maatskappy. Benut John Deere se persoonlike diens by jou naaste handelaar of besoek https://www.deere.com/ sub-saharan/en/ om na die groen spyskaart te kyk.

Artie Bester doen dit weer! Artie van AFGRI Bethlehem (in die middel) is vir die tweede keer as Tegnikus van die Jaar aangewys. Hy het die toekenning ook in 2016 ontvang. Gert Grobler van AFGRI Grootvlei (net links van Artie) is in die tweede plek en ook vir die tweede keer in die top-drie, en Myburg de Bruin van Senwes, Wesselsbron, is derde. Die toekennings is deur Stephan Nel en Jacques Taylor van John Deere oorhandig. www.proagri.co.za


As jy John Deere-boere wil bedien moet jy jou onderdele ken. Na strawwe toetsing is Jaco Wessels van AFGRI Marquard (middel) as die Onderdelespesialis van die Jaar aangewys. Gaetano Cassara van Trekker en Diesel in Oudtshoorn (regs) was tweede en Deon Britz van AFGRI Malmesbury (links) was derde.

Ronnie Philips, wat al 37 jaar vir John Deere werk, het ’n spesiale “Dankie!”-toekenning van Stephan Gouws, onderdelebemarkingsbestuurder, ontvang.

Die top John Deere-verkopers in die land, soos deur die handelaars aangewys, is Kwek Dietrichsen van Senwes Hoopstad, Francois Destroo van AFGRI Suid en Paul Jansen van Rensburg van AFGRI Noord.

Eddie Schüler word deur sy kollegas, Nelia Grobbelaar en Charlotte Nhlapo, gelukgewens met sy aanwysing as Besigheidsontwikkelingsbestuurder van die Jaar. Saam was die drie verantwoordelik vir uitbetalings van R225-miljoen rand!

Voordat enige boer finansiering kan ontvang, moet al die risiko’s deeglik ontleed word. Malinda de Beer (tweede van regs) van die Wes-Kaap is aangewys as Besigheidsanalis van die Jaar. Saam met Malinda is van links na regs Dawie Oberholzer van ABSA, wat John Deere Financial onderskryf, Sandra van Tonder van Sentraal-streek, Sue Pillay van Pietermaritzburg en Ferdie Marx van John Deere Financial. www.proagri.co.za

ProAgri 226 – Desember / December 2018 29



’n

Algemene wanpersepsie in die werksplek is dat werknemers geregtig is op jaarlikse bonusse en verhogings. ’n Werknemer kan slegs aanspraak maak op ’n bonus wanneer dit so voorgeskryf word deur ’n Sektorale Vasstelling of Bedingingsraadooreenkoms van toepassing op die spesifieke sektor. Sektorale Vasstelling 13 reguleer arbeidsverhoudinge in die Landbousektor en skryf geen verpligte bonus voor nie. Bonusse berus dus uitsluitlik op die werkgewer se oordeel. Om hierdie oordeel billik uit te oefen, is dit uiters belangrik dat die werkgewer skriftelik bevestig dat bonusse uitsluitlik volgens die werkgewer se diskresie toegeken word, om nie ’n verwagting by die werknemer te skep dat bonusse deel vorm van sy/haar diensvoorwaardes nie. Dit is ook noodsaaklik dat die werkgewer die werknemer se werksprestasie deurlopend evalueer, wat gebruik kan word as motivering tydens die toekenning van bonusse en ander vergoedingsaanpassings, al dan nie. Alle werknemers het die verpligting om pligte en take soos ooreengekom uit te voer, wat aan die werkgewer se vasgestelde standaarde in terme van gehalte en hoeveelheid voldoen. Dit is die werkgewer se reg om beheer in die werksplek uit te oefen met betrekking tot swak werksprestasie. Bonusse Bonusse kan handig te pas kom om werknemers te beloon vir puik prestasie, of te motiveer en aan te spoor om deurlopend te verbeter. Dit is belangrik om die terme en voorwaardes van bonusse duidelik aan werknemers oor te dra om moontlike toekomstige dispute en ongelukkigheid te vermy. Daar is verskillende tipes bonusse waarvoor ’n werknemer in die werksplek kan kwalifiseer:

www.proagri.co.za

Prestasiebonus Die prestasiebonus word toegeken volgens die werkgewer se diskresie na aanleiding van ’n werknemer se werksprestasie gedurende ’n sekere tydperk. Hierdie bonus kan maandeliks of jaarliks betaalbaar wees en kan verbeur word indien die betrokke werknemer se werksprestasie nie op standaard is nie. Werkgewers moet werknemers deurlopend evalueer sodat enige swak werksprestasie dadelik hanteer kan word. Produksiebonus Die produksiebonus word toegeken volgens die werkgewer se diskresie na aanleiding van ’n afdeling of groep se produksie teenoor produksiedoelwitte soos vasgestel deur bestuur. Dit is belangrik dat die werkgewer duidelike doelwitte stel en aan werknemers verduidelik. Wanneer ’n werknemer aanspraak maak op ’n bonus, rus die onus op die werkgewer om die teendeel te bewys. Daarom is dit krities belangrik dat werknemers se werksprestasie deurlopend geëvalueer word en dat die werkgewer hiervan rekord hou. Verhogings Sektorale Vasstelling 13 skryf ’n minimumloon voor van toepassing op

Tree proaktief op Dit is belangrik dat werkgewers proaktief optree ten einde die werkgewerwerknemerverhouding te versterk. Duidelike reëls en riglyne in die werksplek beperk misverstande en konflik, wat produktiwiteit, asook ’n positiewe werksomgewing, bevorder. Ons beveel die volgende punte aan: • Verseker dat alle werknemers geskrewe dienskontrakte het wat aan toepaslike arbeidswetgewing voldoen en dat hulle die inhoud daarvan verstaan. • Gebruik arbeidswetgewing tot u voordeel in die opstel van dienskontrakte deur proaktiewe klousules in te sluit wat bevestig dat bonusse uitsluitlik volgens die werkgewer se diskresie toegeken word en dus nie ’n verwagting skep nie. • Gereelde evaluering van werknemers se werksprestasie. Dit is belangrik dat die werkgewer rekord hou van hierdie evaluering as bewys dat die werkgewer billik opgetree het deur ’n bonus en/of verhoging toe te ken al dan nie. • Gereelde konsultasie met werknemers om enige probleme en/of veranderinge in die werksplek te bespreek. Vele risiko’s moet daagliks deur boere bestuur word. Die beste wyse waarop ’n boer arbeid as risiko kan hanteer, is om proaktief op te tree en te verseker dat die dienskontrakte, dissiplinêre kode, prosedures en beleide in plek is en hierdie dokumentasie aan toepaslike wetgewing voldoen.

ProAgri 226 – Desember / December 2018 31

AgriGids

deur Christo Bester

’n Dertiende tjek Hierdie tipe bonus is gewoonlike ’n diensvoorwaarde en die werknemer het die verwagting om elke jaar ’n dertiende tjek te ontvang as deel van sy/haar vergoeding. Indien die werkgewer die praktyk van ’n dertiende tjek wil wysig of staak, moet die werkgewer met die werknemer konsulteer en daarop ooreenkom. Die werkgewer kan nie diensvoorwaardes eensydig verander nie. ’n Geldige rede om ’n dertiende tjek te stop sal wees indien die werkgewer se finansies dit nie toelaat nie en die wegdoening van ’n dertiende tjek ’n moontlike alternatief is tot personeelvermindering.

die Landbousektor. Die huidige loon vir plaaswerkers is R16,25 (uurliks), R146,28 (daagliks, 9 uur per dag), R731,41 (weekliks, 45 uur per week) en R3 169,19 (maandeliks, 195 uur per maand). ’n Plaaswerker kan nie aanspraak maak op ’n verhoging indien die werknemer meer as die minimumloon verdien nie. Enige verhoging buiten om te voldoen aan die vasgestelde minimumloon, berus op die uitsluitlike diskresie van die werkgewer.

Hulpbronbestuur

Deurlopende evaluasie en bonusse of verhogings


Gelisensieërde Groothandelaars in Brandstofverspreiding

HOOFKANTOOR 082-323-0695 winkelhaak@mweb.co.za nico@winkelhaak.co.za

www.winkelhaak.co.za

32

ProAgri 226 – Desember / December 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


www.proagri.co.za

ProAgri 225 – November 2018 33



Kenners verkies Bonnox het hulle die Bonnox heining aan die bo- en onderkant met ’n elektriese draad afgerond. “Ons is baie ingenome met Bonnox se produk en diens en het tot dusver geen probleme gehad nie. Ons het onlangs ’n inbraak gehad, maar die diewe het besluit om eerder deur ons hekke te knip en die Bonnox-heining te laat staan,” sê Billy. Regs: Net oos van Nelspruit, teen die N4, is daar ’n reusagtige rots met groot wit letters bo-op, wat Mabalel uitspel. Dit is ’n ou bekende landmerk en baie gewilde kuierplek vir Laevelders. Dit is onlangs in ’n wildsoord omskep waar goue wildebeeste, blouwildebeeste, blesbokke, wit blesbokke, rooibokke, swart rooibokke, njalas, sebras en volstruise wei. Billy Botha is die trotse bestuurder en hy het onlangs die hele oord met Bonnox toegespan.

Bonnox beteken gemoedsrus. Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, of stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za, of besoek hulle webwerf by www.bonnox.co.za. Die wit blesbokke, volstruise en sebras op die Mabalel-wildsplaas is veilig en lyk heel tevrede agter die Bonnoxwildsheining wat hulle teen wildstropers beskerm. www.proagri.co.za

ProAgri 226 – Desember / December 2018 35

AgriGids

’n Wildsplaasoord lyk net meer afgerond en professioneel met ’n Bonnoxwildsheining.

Hulpbronbestuur

deur Du Preez de Villiers

W

ildstropery is ’n groot probleem in die Laeveld en ’n groot gedeelte van ’n boer se sekuriteitsbegroting gaan in sy eerste linie van verdediging – sy grensheining. Die bekende Mabalel-wildsplaasoord teen die N4, oos van Nelspruit, het ook hulle kwota wildstropery agter die blad. “Ons plaas se draad is al honderde kere geknip,” sê Billy Botha. Hy en sy pa, Raymond, is die eienaars van die oord en Billy staan aan die stuur van sake. Hulle was verplig om ’n doeltreffende oplossing vir die draadknippery te vind, maar gelukkig ken hulle die draadbedryf. “My pa het ’n draad- en spykerfabriek gehad, my een vriend het ’n draadspanonderneming en die ander een is in die konstruksiebedryf. Ons het voorheen Bonnox op die plaas gehad en almal was dit eens dat ons weer Bonnox moet span,” sê hy. Raymond het Bonnox se fabriek in Sunderland Ridge regstreeks gebel en ’n prysberaming gekry wat baie laer as die plaaslike oprigters s’n was. Hulle het ’n vragmotor gestuur om die rolle Bonnox te gaan laai. Die projek het drie maande gelede begin en ’n kontrakteursvriend, wat reeds ervaring in Bonnox-oprig het, het hulle ’n baie redelike prys gevra om die oprigting te doen. Bonnox is so eenvoudig en maklik om op te rig dat hy nie anders kon nie. Die omheining is 1,8 meter hoog en 2,6 km heining is rondom die oord gespan. Op Mabalel loop daar goue wildebeeste, blouwildebeeste, blesbokke, wit blesbokke, rooibokke, swart rooibokke, sebras, njalas en volstruise. Om doodseker te maak dat hulle heining ekstra stewig is het hulle elke vyf meter ’n y-paal ingeslaan in plaas van die gebruiklike tien meter. Staalpype is vir die stut en hoekpale geplant. Om verder te verseker dat hulle en hulle wild elke aand rustig kan slaap,


We would like to express our sincerest appreciation for the trust you have place in us and your continuous support throughout 2018. Wishing you a Merry Christmas and a joyful New Year. Ons wil u graag bedank vir u vertroue en volgehoue ondersteuning gedurende 2018. Ons wens u ’n Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige Nuwe Jaar.

#Africanacity

T: 012 819 8 100 | E: info @beans.

Farming is remarkable, you are remarka

ble.

Absa Bank wishes you and your loved ones happy

holidays

Absa AgriBusiness Team | 011 350 6854

Na ’n jaar van veranderings en hartseer oor Stefan van Wyk se heengaan, sê ek ’n GROOT DANKIE aan al ons kliënte se goeie ondersteuning en samewerking.

Volgende jaar gaan ons almal nog groter en sterker groei!

Gedu re ons ty nde die se isoen d maa v eenvo udige k om rustig an gee, laa t dinge te raa wonde ke te rlike ty d van geniet. Ma n die g hie die ja sp Ons w esiale man ar jou hart rdie ier ens op ‘n feeste like se jou geluk raak. toe vir isoen en oo k regd hierdie 012• eur die 666• jaar. 87

17

Engela 36

ProAgri 226 – Desember / December De ecemb ber 2018 2018 8

www.

.com


031-910-5100

Wishing you peace, love, on and joy this holiday seas and in the new year. From the Hino team

www.

.com

|

cecile.deoliveira@yara.com

’n Ges u toeg eënde Chris e t met v wens. Mag usfees wor riende d d en fam ie tyd saam ili vreug de bri e vrede en n Danki e aan g. ’n jaa nog r van sa amsta p!

ProA g

ri

ProAgri 226 – Desember / December 2018 37

Agri4all

Mag die nabyheid van vriende en familie en die gemak van jou tuiste, jou gees hernu hierdie feestyd. Geseënde Kersfees!


38

ProAgri 226 – Desember / December De ecemb ber 2018 2018 8

www.

.com


Windmill SPARES AVAILABLE NOW!

Also suppliers of Salflo Pumps SALFLO PUMP RANGE • Centrifugal pumps • Borehole pumps • Surface pumps • Submersible pumps • Self priming pumps • Volumetric water pumps • Pump accessories

Contact your nearest Stewards&Lloyds Branch Polokwane Nelspruit Brits Pretoria Witbank

www.

.com

015 013 012 012 013

292 752 252 800 692

2001 8282 0256 9600 8425

ProAgri Pro oAgri 22 226 26 – Desember / December 2018 39


Agri4all

Specifications:

HD 930

3 TON

Specifications:

HD 912

40

ProAgri 226 – Desember / December 2018

1.2 TON

www.

.com


TLB BACKHOE LOADERS

Agri4all

WHEEL LOADERS

HD 920 2 TON

www.

.com

5 TON HD 950

ProAgri 226 – Desember / December 2018 41


Agri4all 42

ProAgri 226 – Desember / December December 2018 8

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 226 – Desember / December 2018 43


Agri4all 44

ProAgri 226 – Desember / December December 2018 2018 8

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 226 – Desember / December 2018 45


Agri4all 46

ProAgri 226 – Desember / December De ecemb ber 2018 2018 8

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 226 – December / December 2018 47


Agri4all 48

ProAgri 226 – Desember / December De ecember 2018 2018 8

www.

.com


Agri4all

www.

.com

P ProAgri roA Agri 2 226 26 6 – Desember Desember / December 2018 49


Agri4all 50 ProAgri 226 – Desember / December Dec cember 2018 20 018 8

www.

.com


Agri4all

FX Crown green laminate 5.5 mm

R 29 900-00 Air Arms S410 TDR 5.5 mm

R 22 500-00 Retay Arms X135 4.5 mm

R 2 250-00 Piexon Guardian Angel III

R 655-00 Tel: 011 900 4477 Email: sales@airgunwarehouse.co.za 2 3 Ne v i l l e St re e t , Br a cke n d ow ns , A l b e r ton , G aute ng www.

.com

ProAgri 226 – Desember / December 2018 51


Agri4all

Dis Hoe ons Rol!

ROLEGTAND/ ROTARY HOE

Rolegtand/ Rotary Hoe * Complete Implement: * Beams: Solid or Hydraulic Foldable: 3meter to 16meter * Roller Sizes Available: 250 mm - 400 mm

WINDROLLERS

Windkeer * Complete Implement: * Beams: Solid or Hydraulic foldable: 3 meter to 16 meter * Roller Sizes Available: 300 mm - 600 mm

VEELSYDIGHEID/VERSATILITY

Custom Made Designs

Like ons ook op facebook/rippertillage

Bestel betyds jou Rolegtand/Windroller by Christine 082-773-9297 52 ProAgri 226 – Desember / December Dec cember 2018 2018 8

www.

.com


Agri4all

www.

.com

P ProAgri roA Agri 2 226 26 6 – Desember Desember / December 2018 53


Agri4all

Damvoerings en seile Dam linings and tarps

Maasdraddamme / Mesh dams

Gronddamvoerings / Earth dam liners

Trokseile / Truck Tarps

Hoenderhokgordyne / Chicken run curtains

Opgaardamvoering / Reservoir linings

Kuilvoerseile / Silage Covers

072-279-3294

www.tatamatarps.co.za

Die RAU Rektale Immobiliseerder vir diere is na baie navorsing ontwerp en word van hoĂŤgraadse elektroniese toerusting vervaardig. Die Rau immobiliseerder word gebruik vir vinnige en effektiewe immobilisering van beeste tydens prosedures soos brand, onthoring, kastreer, inspuiting in die ooglid vir ontsteking, hoewe sny en behandeling van vrotpootjie. Sonder die gesukkel van klampies aan die lip. Geen nekklamp word benodig met die gebruik van ons rektale immobiliseerder nie. Die RAU immobiliseerder kan ook gebruik word op perde, bokke, skape en wild.

Navorsing het bewys dat die RAU immobiliseerder stresloos is en dus ook veilig is op dragtige diere. Vir meer inligting, besoek ons webwerf by www.raueasy.com * 1 jaar waarborg * herlaaibare 12-voltbattery ingesluit * Gapatenteer Pat.99/3554

Vir immobiliseerder of enige ander brandtoerusting, skakel RAU Easy Farming Sel: 082-550-6883 / 082-959-5759 raueasy@gmail.com Posbus 90, Reitz, 9810

54 ProAgri 226 – Desember / December Dec cembe er 2018 2018

www.

.com


Agri4all

Veehanteringsgeriewe Ryno Keeve: 078-460-3322 keeve@lantic.net

Besoek ons facebookblad! Vision Cattlequip

www.visioncattlequip.com

DAMVOERINGS en SEILE DAM LINERS & TARPS Trokseile

Kuilvoerseile

Gronddamvoerings Reservoirvoerings

Kantoor: 072-562-2658 www.rainbowtarps.co.za

www.

.com

ProAgri 226 – Desember / December 2018 55


Agri4all

www.

TheSunPays. co.za Solar panels

R590

from per Watt

100L Low pressure solar geyser from

R3 290

STEEL STRUCTURE SALES

200Amp AGM Auxiliary tank included. batteries

R4 595

Solar pump 140 m

R22 845

max head x he e @ incl. inc in ncl. 9 x 270 Watt panels, pump & controller

4kW/5kVA 48V Inverter rterr from R6

695

082-515-1655 / 012-734-0915 http://shop.thesunpays.co.za

No installa on included

All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan /

Full prices and specs on website

Steel Structure Sales Christo van Dyk: 082-838-5432 sales@steelstructures50.co.za www.steelstructuresfiveo.co.za https://www.facebook.com/structures50/

Jasper Hewitt Cell: 082-773-7544 Email: jasper@rotrixafrica.co.za Andries Bothma Cell: 079-959-3356 Tel: 023-342-3438 Email: sales@rotixafrica.co.za

Gauteng Tobie van den Heever Cell: 082 658 6054. Tel: +27(0)12-736-2121/2103/2323 tobie@iunlimited.co.za

www.rotrixafrica.co.za 56 ProAgri 226 – Desember / December De ece embe er 2018 2018

www.

.com




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.