ProAgri 242

Page 1

ProAgri April 2020 No / Nr 242 ISSN 1042 - 1558

tegnologie vir die boer technology for the farmer

Gratis / Free

Nuwe tegnologie:

www.agri4all.com

• Trekkers • Stropers • Grondbewerking • Kuilvoerdata

www.proagri.co.za





Op ons voorblad

Redakteursbrief Voor die pandemie

N

et die tyd sal leer of ons in ’n mediese krisis of in ’n ekonomiese krisis is. Is korona se kuur erger as die kwaal? Internasionaal is daar ’n paar politieke leiers en gesaghebbende waarnemers wat meen dat die sluiting van ondernemings (tydelik of permanent) en die verlies aan inkomste as gevolg van die wêreldwye staat van inperking tot meer sterftes kan lei as die koronavirus self. Ons kinders sal eendag vir ons vertel wat ons moes gedoen het, maar mense kan net besluite neem op grond van die inligting wat nou tot hulle beskikking is en ons paar landjies hier aan die suidpunt van Afrika kan verseker nie standpunt inneem teen die wêreldneiging nie. Die ProAgri Mediagroep ondersteun die stappe wat gedoen word om die verspreiding van die virus te keer in al vyf lande waar ons tydskrifte versprei word. Ons wil hê ons lesers moet gesond bly! Ons is ook dankbaar dat die landbou een van die noodsaaklike bedrywe is wat kan voortgaan met bedrywighede. ProAgri in Suid-Afrika, sowel as ProAgri Zambia en ProAgri Botswana / Namibia / Zimbabwe, word soos altyd gratis by punte versprei waar boere steeds voer, saad, kunsmis en ander insette kan gaan koop. Ons verwag dat daar vertragings in die verspreiding van die tydskrifte kan wees, maar ons gaan voort soos altyd

Gedurende die pandemie

om ons adverteerders se boodskap na die boere te neem. Ondertussen het ProAgri ook in die gees van die Vierde Nywerheidsrewolusie ’n geruime tyd gelede begin om nuwe metodes van sake doen te ontgin en aan te gryp. Deur ons soek-en-verkoop-blad, www.agri4all.com, asook www.proagri.co.za en ons goedgestruktureerde veldtogte op sosiale media, bereik ons elke maand derduisende boere en ander rolspelers in die landbou. Ons nooi jou uit, veral as jy hierdie brief aanlyn lees, om dit so wyd en ver as moontlik te versprei. As jy, soos ons bestaande 141 000 intekenare, ons tydskrifte elke maand per e-pos of WhatsApp wil ontvang, stuur net jou adres of telefoonnommer na benine@proagri.co.za. As jy iets het om te verkoop, gaan laai dit op www.agri4all.com. NAMPO het geskuif na Augustus, maar in hierdie uitgawe kan jy nou al in jou gemakstoel of terwyl die stroper op outostuur sy ding doen, lees van al die tegnologie wat beskikbaar is. Een van die dae plant ons weer – maak seker jy is in die regte rat! Boer slim! Annemarie Bremner >annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents Voorbladartikel 5 Goscor Group: Support and technical back-up make the difference Meganisasie 7 Falcon: Amazone ZA-M, SA se mees geliefde kunsmisstrooier 8 Nog ’n nuutjie van John Deere: Ontmoet die 6B-reeks 11 Agrico-spilpunte staan reeds dekades lank sterk 12 Bewerk jou grond beter met Vitamech en Väderstadt 16 Strooptyd! Ontmoet CLAAS se nuwe LEXION 7000 en 8000 19 Scania help sake om te groei: Stroop, die trokke sal loop 21 Firestone supports optimal tyre quality in SA Agriculture Gewasproduksie 23 Maak beter mieliekuilvoer met Pioneer 25 Knikker peste en plae uit met Kuhn Stronger 4000 van Valtrac Hulpbronbestuur 29 Equus Supreme-perdesleepwa: Gebore uit ’n liefde vir perde 31 Inkwazi Pumps: Kry die regte, bekostigbare pomp afgelewer by jou 33 Afriq Water verwelkom hulle derdegeslag bestuurders 35 Maak jou trok slim met Ctrack 37 Isuzu-vragmotors lewer steeds water in die droogte Vee en wild 39 Molatek Beesvet 33+: Trakteer jou kudde met meer proteïene 44 Op pad na NAMPO 54 www.proagri.co.za

5

8

19

23

31

39

Every user of Goscor equipment has the peace of mind that he will always enjoy all the back-up needed to keep his equipment running. Read more about their support services on p 5.

ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577 Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights r­ eserved. No m ­ aterial, text or p ­ hoto­graphs may be r­ eproduced, copied or in any other way t­ ransmitted without the written consent of the publisher. O ­ pinions ­expressed are not n ­ ecessarily those of the publisher or of the e ­ ditor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their r­ espective o ­ wners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-business: Agriculture ABC Oct - Dec 2019 39 998

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 >annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 >dupreez@proagri.co.za Benine Ackermann > 073-105-6938 >benine@proagri.co.za Jaco Cilliers > 071-893-6477 > jaco@proagri.co.za Bemarkingsbestuurder: Diane Grobler > 082-555-6866 >diane@proagri.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 >xander@proagri.co.za Tiny Smith > 082-698-3353 >tiny@proagri.co.za Anelda Strauss > 074-424-0055 >anelda@proagri.co.za Gerhard Potgieter > 083-320-8135 >gerhard@proagri.co.za Johan Swartz > 071-599-9417 >johan@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 073-663-1234 >engela@proagri.co.za Kantoorassistent Janita du Plessis > 079-515-8708 janita@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 084-088-0123 >accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 079-515-8708 >versprei@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 242 – April 2020 3


www.reinke.com Patrick Ellis

+27 (0)31 350 4525

patrickellis@reinke.com


Support and technical back-up make the difference E

very user of Goscor equipment has the peace of mind that he will always enjoy all the back-up needed to keep his equipment running. After all, rock-solid back-up and support are the factors that separate Goscor from the rest. This goes for all the business units of the Goscor Group, namely Bobcat Equipment South Africa, SANY, Goscor Cleaning Equipment (GCE), Goscor Earth Moving (GEM), Goscor Power Products (GPP), Goscor Lift Truck Company (GLTC), Goscor Access Solutions and Goscor Compressed Air Systems (GCAS.) The Goscor Group focuses on high-quality, cost-effective and robust solutions to improve productivity and reduce costs. “The key to our ongoing success in markets as diverse as agriculture, construction and materials handling is the value-add through our aftermarket service that we can offer customers,” GEM MD Barry Owen comments. “This ensures maximum uptime of all equipment, adding significantly to productivity and cost-effectiveness.” SANY and Bobcat, in particular, have 15 highly trained and experienced technicians nationwide. “They can be deployed across the entire group and its companies if need be to deal with any problems that our customers may encounter.” GLTC Aftermarket Director Anthony Fouché agrees that strategic planning plays a vital role in guaranteeing

uptime for customers, as this has a significant impact on productivity. “Our key focus is to ensure that all customers have 100% support to keep their materials handling equipment (MHE) running.” The company’s strategy in this regard is based on a regional approach, implementing robust contingency plans. Product support personnel, contract managers and technicians have been mobilised in external teams, ensuring the highest level of service for GLTC customers. “We have an extensive parts and spares department to ensure business continuity for our customers,” states Anthony. “Our MHE is of the highest quality. Stringent quality inspection along with load testing before delivery to the customer minimises any downtime. This enhances the credibility and reliability of the brand,” he adds. GCE MD Greg Venter states that the company has a full complement of technicians to offer service support and to ensure that all equipment is operational at all times, especially as cleaning and hygiene is a critical health and safety aspect for many companies. All service vehicles are fully equipped with all major parts and consumables to service and repair machines on-site at any given moment. “We know that uptime is of the utmost importance. Our promise is to ensure that we repair or replace machines

Voorbladartikel

Goscor Group for quality equipment:

SANY on service plans within 48 hours of reported downtime,” Greg states. GPP MD Mark Bester explains that the availability of complete products, in addition to spare parts, is critical for customers. In addition to its wide stockholding, GPP also maintains its supply chain through its extensive dealer set-up. “This ensures an uninterrupted, end-to-end service support for our customers.”

OZEN DOOSAN

WEMA

BOBCAT

MAER For more information on Goscor’s different units, go to their website at www.goscor.co.za or call 011-230-2600.

www.proagri.co.za

ProAgri 242 – April 2020 5



Gewasproduksie

A m a z o n e Z A -M :

S u i d -A f r i k a s e m e e s g e lie fd e k u ns m is s t ro o ie rs

Die AMAZONE ZA-M reeks strooiers is die topverkoper in Suider-Afrika en spog met ՚n werkwydte van 36 meter en ՚n kunsmisbak wat 3 000 liter hou.

՚n

Goeie kunsmisstrooier is van kardinale belang op die meeste plase. Daarom is daar ՚n wye verskeidenheid strooiers van verskillende maatskappye met verskeie tegniese verskille. Deesdae word strooiers gekenmerk deur dubbelskywe as gevolg van die aanvraag na groter werktuie met hoër verrigting en groter horisontale verspreiding. Die AMAZONE ZA-M-reeks is een van die gewildste van hierdie soort strooiers. Elke jaar sorg hierdie strooiers vir meer as die helfte van die strooierverkope in die land. Die ZA-M-reeks is die vlagskipreeks wat spruit uit die ZA (Zentrifugalstreuer Anbaumaschine)-kunsmisstrooierreeks wat in 1958 die eerste strooiers in die wêreld was wat met twee skywe toegerus is. ZA-kunsmisstrooiers is nou beskikbaar in vier verskillende reekse. Die ZA-X (Eco-line), ZA-M (Classic-line), ZA-V (New-line) en die reeks wat spog met die beste tegnologie, ZA-TS (High-line). Die ZA-M-reeks is die markleier in kunsmisstrooitegnologie. In 1989 was dit die eerste strooier ter wêreld wat kon spog met ՚n doeltreffende strooiwydte van 36 meter en ՚n drakapasiteit van 3 000 liter, wat ongekende standaarde in die bedryf gestel het. In 1995 was dit

Die strooier kan baie maklik gekalibreer word. www.proagri.co.za

ook die eerste strooier wat met satelliettegnologie beheer kon word. In 2005 het die ZA-M Profis Hydroreeks die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel aan nuwe vlakke van outomatisering en presisiestrooiery. Dié reeks kon: • homself verstel deur die nuutste weegseltegnologie, • veranderlike toedieningsbeheer toepas, • toedieningsbeheer volgens spoed aanpas, • en het Suid-Afrika bekend gestel aan seksiebeheer. Dit het nie net AMAZONE bo-aan die lys van kunsmisstrooiers in Suid-Afrika geplaas nie, maar ook die pad gelyk gemaak vir die toename in ISOBUS-tegnologie wat ons vandag op plase sien. Ruben van der Merwe, verteenwoordiger van AMAZONE in Suider-Afrika, is net so geesdriftig as wat hy ingelig is oor die AMAZONE-produkte. “Die gemak waarmee die strooiers werk, hulle ongekende presisietoediening, en die betroubaarheid dat die strooier jaar na jaar perfek sal werk,” was die drie redes wat Ruben verskaf het oor die sukses van AMAZONE in Suider-Afrika. “In sommige gevalle erf die seun die pa se AMAZONE,” sê Ruben oor die langlewendheid van die produk. Die ZA-M-reeks bly die markleier in presisiestrooiers. Vandat hulle op die mark is, kan hulle wêreldwye sukses toegeskryf word aan bekostigbaarheid, betroubaarheid en veiligheid. Die mees gesogte kenmerke is die groot bakkapasiteit wat nog verder vergroot kan word, die gemak waarmee die strooiwydte en toediening gestel kan word en die veiligheid waarmee die strooiers gebruik kan word. Die stadige beweging van die roerder binne-in die kunsmisbak en die lae spoed

waarteen die skywe draai, verseker ՚n egalige toediening sonder om die kunsmiskorrels in die strooiproses te breek. Volgens Falcon Agricultural Equipment, wat hierdie strooiers na Suid-Afrika invoer, is die AMAZONE ZA-M 1501dubbelskyfstrooier die beste verkoper. Hierdie model is verantwoordelik vir meer as 30% van die totale kunsmisstrooierverkope. Kort op die ZA-M 1501 se hakke is die AMAZONE ZA-M 1001 Special. Hierdie model is meer geskik vir kleiner-skaal boere. Dit word as standaard toegerus met ՚n 1 000 liter kunsmisbak wat vergroot kan word tot 1 500 liter. Die belangrikste kenmerk van hierdie strooier is die gemak waarmee dit verstel kan word: “Jy sal nie ՚n makliker meganisme kry om jou strooier te verstel as daardie geel, ronde skyfkaart met die formuleblad op die agterkant nie. Ek kan ՚n boer binne vyf minute oor die foon help om sy strooier te verstel,” verklaar Ruben. Nog ՚n belangrike kenmerk is die vlekvryestaal waarvan die hele strooistelsel gemaak is om la-a-a-ank te hou. Die strooier se versiening is ook maklik en goedkoop vanweë die ratte in die ratkas wat permanent in olie loop en nooit versiening nodig het nie. Die sagte manier waarop die korrels hanteer word, bevorder die doeltreffendheid; en die grootte van die kunsmisbak maak die strooier meer ekonomies. Dan is daar boonop ook die beskostigbare prys wat die strooiers gewild maak onder boere. Kry jou Amazone-oplossing by jou naaste Falcon-handelaar of skakel 033-330-5787 vir meer inligting. Besoek ook www.falconequipment.co.za om na hulle ander werktuie vir die boer te kyk. ProAgri 242 – April 2020 7


Meganisasie

Nog ’n nuutjie van John Deere :

Ontmoet die 6B-reeks

RT O K E ! N N I ! B R E I H

O

p soek na ’n eenvoudige, betroubare, middelgrootte, ratse en kostedoeltreffende trekker? Dan sal die spiksplinternuwe 6Breeks trekkers van John Deere perfek in jou boerdery pas. Die nuwe 6B-reeks is deeglik regdeur Afrika getoets en word nou in die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel. Die trekkers is beskikbaar met toeof oopstasie-kajuite en die volgende kragopsies: 71 kW (95 pk), 81 kW (110 pk), 88 kW (120 pk) en 99 kW (135 pk), aangedryf deur bewese John Deere 4,5-liter PowerTechTM turboaangedrewe dieselenjins. Die 6095B-model word aangevuur deur ’n meganiese-rotasiedieselinspuitingenjin, terwyl die groter manne in die reeks, die 6110B, 6120B en 6135B spog met ’n elektroniese drukbuisbrandstofinspuiting met ’n lug-tot-lug

8

ProAgri 242 – April 2020 NAMPO

verkoelingstelsel vir uitstekende prestasie. Boere kan kies uit ’n verskeidenheid kostedoeltreffende en gerieflike pakkette. Alle modelle is beskikbaar met meganiese voorwielaandrywing en bied al die krag en vastrap vir die taaiste take. Die 6B’s is gebou om ’n verskeidenheid werktuie te hanteer, insluitend grondbewerkers, hooimaak-, saai- en planttoerusting, en is ook geskik vir ’n verskeidenheid spesialiteitstoepassings. Dit is ’n goeie pasmaat vir John Deere 563-laaiers om algemene laaiwerk te doen en sal ’n staatmakerrol in die beesvleis- en melkbedryf kan speel met betrekking tot die hantering van voer. Die driepunthyser van die 6095B kan 2 500 kg lig en dié van die 6110B, 6120B en 6135B ’n allemintige 3 300 kg. Die trekkers is ook perfek vir algemene sleepwerk soos graanaftapkarre en om suikerriet aan te ry. 6B oopstasie Die 6B oopstasie (OOS = open operator station) is beskikbaar in standaarden luukse konfigurasies. Die standaardpakkette word almal aangedryf met ’n droëkoppelaarbo-as gesinkroniseerde kragoordragstelsel met 12 vorentoe- en 4 truratte. Die maksimum spoed is 30 km/u met meganiese voorwielaandrywing en kragaftakkerstelsels. Die standaardmodelle het almal vaste stuurkolomme, verstelbare sitplekke, twee rolstawe en ’n dak met twee ligte vir nagwerk. Die standaardpakket sluit ook hidrouliese vloei van 50 liter per minuut in. Dit word gelewer deur twee eksterne meganiese kleppe wat beheer word deur hefbome op die regteragtermodderskerm. Die Deluxe-pakket bied ’n 24 vorentoe- en 12 truratnatkoppelaar hoë-/lae kragomkeer transmissie, wat maksimum spoed van 30 km/u vir die 6095B- en 40 km/u vir die 6110B-, 6120B- en 6135Bmodelle lewer. Die voorwielaandrywing is meganies en die kragaftakker word beheer met ’n skakelaar op die regterhandse beheerkonsole. Die operateur in die luukse model geniet die voordeel van ’n verstelbare stuurkolom en ’n gerieflike, luukse sitplek met armleunings om moegheid te bekamp. Die trekker is toegerus met twee voorste en twee agterste ligte vir werk tot in die laatnag of vroegoggend. www.proagri.co.za


Die Deluxe oopkajuitmodelle het ook twee rolstawe vir beskerming, met ’n dak en modderskerms oor die voorwiele. Die hidrouliese stelsel van die luukse pakket lewer 60 liter per minuut deur drie beheerkleppe wat met kleurkodes aangedui word om meer hidrouliese krag aan veeleisende werktuie te gee. 6B toekajuit Vir boere wat meer gerief en gemak verkies, word die 6B-reeks ook met ’n toekajuit met HVAC (verwarming, ventilasie en lugversorging) aangebied, wat nuttig is in streke waar dit regtig warm of koud word. Die toekajuitmodel is ook in twee pakkette beskikbaar, naamlik die standaardmodel (Premium) en die luukse model (Deluxe). Die Premium-modelle word aangedryf deur 24 vorentoe- en 8 trurat gesinkroniseerde transmissie met ’n maksimum spoed van 30 km/u vir die 6095B en 40 km/u vir die 6110B, 6120B en die 6135B, met meganiese voorwielaandrywing en ’n elektrieshidrouliese kragaftakkerstelsel. In die Premium Cab kry die operateur ’n vaste stuurkolom en verstelbare sitplek. Die 6095B Premium-model bied ’n hidrouliese vloei van 50 liter per minuut deur twee eksterne meganiese hidrouliese kleppe, terwyl die 6110B, 6120B en 6135B 60 liter per minuut deur drie eksterne beheerkleppe lewer. Die driepunthyser word deur eenvoudige beheerhefbome op die modderskerm regs agter beheer. Die Deluxe Cab-pakket bied 24 vorentoe- en 12 truratte met ’n nat koppelaar en hoog-laagkragomkeertransmissie. Die 6095B haal ’n

topspoed van 30 km/u, en die 6110B, 6120B en 6135B en 40 km/u. Die voorwielaandrywing is meganies en die kragaftakker word met ’n skakelaar op die regterhandse beheerpaneel beheer. Die Delux Cab bied ook die gerief van ’n verstelbare stuurkolom en ’n gemaklike luukse sitplek met armleunings om lang ure agter die stuur geriefliker te maak. Die trekker is toegerus met twee voorste en twee agterste ligte vir werk tot in die laatnag, en die Deluxemodel spog ook met voorste modderskerms. Die hidrouliese stelsel van die Deluxe Cab het drie beheerkleppe met ’n hidrouliese pomp wat 60 liter per minuut se olievloei lewer.

Die 6B-reeks sal vanaf Julie 2020 in die handel beskikbaar wees. Kontak jou naaste handelaar vir meer inligting en ’n demonstrasie.

www.proagri.co.za

ProAgri 242 – April 2020 9



Agrico-spilpunte staan reeds dekades sterk

Meganisasie

Betroubaar en duursaam: deur Benine Ackermann

Betroubaar, sterk en stewig staan Agrico se spilpunt op Izak van der Merwe se land.

B

etroubare, sterk, stewige toerusmet oop-sok-, skuif- of bobbejaansleuting en goeie dienslewering. Dit is tels nie. ’n Spesiale, genommerde wat elke boer vir sy plaas soek. Agrico sleutel word saam met die spilpunt bied al hierdie eienskappe en nog aan die boer voorsien vir gebruik meer, en daarom loop elke eienaar tydens herstel- en instandhoudingvan ’n Agrico-spilpunt met ’n glimlag swerk. Agrico hou ook ’n register van van oor tot oor. Agrico verbeter ook alle spesiale sleutels wat verkoop is vir elke dag hulle besproeiingstelsels om ingeval die boer sy sleutel verloor. by die boer se veranderende omstan Izak gebruik ook Agrico se dighede aan te pas. Advanced Rain-beheerstelsels op sy “Agrico se spilpunte is baie stewig, spilpunte. “Dis baie gerieflik om jou eerder te sterk as te swak,” sê Izak spilpunte vanaf ’n selfoon of rekenaar van der Merwe wat met mielies en te beheer. Ons is drie mense op die koring boer op die plaas Kransfontein plaas wat in kennis gestel word as iets buite Gariep. fout gaan met ’n spilpunt, sodat dit Op Kransfontein is net Agricodadelik reggestel kan word.” spilpunte en Izak het dit nog nooit Hy sê verder dat die beheerstelsels oorweeg om ’n ander soort spilpunt baie help met die beplanning op die aan te skaf nie. plaas, asook om water- en kragver Izak vertel ook dat hy die derde morsing te beperk. geslag is wat sake doen met Agrico. Die kere toe hy wel ’n probleempie “My oupa was al in die 60’s ’n klant met ’n spilpunt gehad het, het Agrico van P Andrag en Seuns.” se tegnici soos blits uitgekom plaas Izak het al gedeeltes van sy ouer toe om dit te herstel. spilpunte vervang, maar sê die kon Izak gebruik ook soos sy voorgestruksie is baie sterk. “Ek het nog slagte van Agrico se betroubare werknooit ’n omvalprobleem as gevolg van tuie. Hy het onder meer verlede jaar wind gehad nie. Agrico het spesifiek ’n nuwe Agrico HSD (hoëspoed dis) hoë-stabiliteittorings met ’n langer gekoop, waarmee hy baie tevrede is. asafstand vir winderige gebiede,” sê Izak. Al Izak se nuwe spilpunte het Cablesaver op vir diefstal en hy sal ook vorentoe daaraan dink om die Wheelsaver-wiele aan te skaf, want dit is ’n goeie produk vir veiligheid. Cablesaver plaas die kabel binne-in die spilpuntpyp. Die kabel word in en uit die pyp gevoer deur afdigstukke (glands) by die toringkaste (aan die begin en einde van elke toring), en bly beskerm teen diefstal, selfs al word die afdigstukke van buite losgemaak. Wheelsaver is weer ’n stelsel van peuterbestande wielmoere Hier word nog ’n nuwe Agrico-spilpunt opgerig wat nie losgemaak kan word van der Merwe se plaas, Kransfontein.

www.proagri.co.za

Agrico se sterk spilpuntstruktuur: • Geen kommersiële gehalte staal word gebruik nie. • Pype, flense en hoekysters word vervaardig van graad 300 WA staal, met ’n beheerde silikooninhoud vir herhaalbare versinking. • Ultrasterk spanstangkoppelstukke word gebruik. • Die spilpunt het spesifieke pype in die struktuur waaraan die bene vasbout. Hierdie pype is versterk op die spanningspunte waar die kragte vanaf die bene inwerk. Dit skakel die probleem uit van pype wat swig waar die bene vasbout. • Agrico waarborg ’n versinkingslaagdikte van minstens 100 mikron op al hulle spilpuntpype. • Aangesien die sinklaag se lewe direk eweredig is aan sy dikte, sal ’n Agrico-spilpuntpyp minstens 1,8 keer so lank hou as ’n pyp wat volgens ISO 1461 slegs 55 mikron dik gegalvaniseer is. Agrico se geskiedenis: Paul Andrag het in 1896 in Kaapstad aangekom vanaf Duitsland en in 1904 het hy sy eie winkel geopen. Hy het agtergekom dat plaaslike boere probleme het omdat hulle nie ordentlike toerusting het nie en daarom Europese landboutoerusting ingevoer en plaaslik verkoop. Later jare het Paul se vyf seuns by hom en die onderneming, P Andrag & Seuns, aangesluit. In 1950 is Agrico Machinery (Edms) Bpk gestig om invoere van Lanz-trekkers voort te sit. Hulle het die spilpuntmark in 1978 betree, met ’n agentskap uit die VSA. Sedert 1985 vervaardig Agrico sy eie spilpunte plaaslik. Gedurende 2000 het Andrag en Agrico saamgesmelt. Vandag vervaardig Agrico landbouwerktuie en verskeie produkte vir die besproeiingbedryf in sy wêreldklas fabrieke wat onder meer ’n versinkingsaanleg insluit. Met Agrico se 33 takke is dit maklik om een van hulle produkte aan te skaf en diens en onderdele is altyd byderhand.

op Izak

Vir enige navrae, kontak Alfred Andrag by 082-8241214 of 021-950-4111 of stuur ’n e-pos na Alfred.andrag@agrico.co.za. ProAgri 242 – April 2020 11


Meganisasie

Bewerk jou grond beter met Vitamech en Väderstad

deur Jaco Cilliers

Die Väderstad TopDown 900 vergemaklik grondvoorbereiding deur vier prosesse doeltreffend te kombineer.

D

ie eise wat aan die boer gestel word, word al hoe hoër. Hy moet al hoe meer op dieselfde grond produseer om gelyk te breek. Daarom boer saaiboere al hoe meer wetenskaplik. Presisietoerusting het oor die afgelope jare ’n reuse invloed op die bedryf gehad. Elke saadjie, elke kunsmiskorrel, elke druppel water word gemeet en so doeltreffend as moontlik aangewend. Grondvoorbereiding word met net soveel kundigheid en sorgsaamheid toegepas as die saaiery, bemesting en besproeiing. Goeie nuus is dat Vitamech bankvas agter die boer staan met die Väderstad TopDown-grondbewerker wat hom in staat stel om sy grond perfek voor te berei sodat enige plant nie anders kan as om die beste op sy land te presteer nie. Boonop word hierdie indrukwekkende werktuig voortdurend verbeter met unieke aanpassings om die boer se werk makliker te maak. Väderstad is een van Swede se top uitvoerprodukte. Die maatskappy is in 1962 gestig en is steeds in die oorspronklike familie se besit. Al hulle masjiene word behoorlik getoets en as deel van ’n masjien se ontwikkeling moet hy in ’n steengroef gaan werk. In daardie klipperige toestande word die masjien tot die uiterste beproef en enige swakplekke word daarna versterk. Op die manier sorg hulle dat net die beste materiaal gebruik word in die vervaardiging van hulle werktuie.

12

ProAgri 242 – April 2020 NAMPO

Die Väderstad TopDown is in drie modelle beskikbaar in werkwydtes van 3, 6 en 9 meter. Elke model verrig vier take wat onafhanklik van mekaar kan funksioneer. “Hierdie is die enigste werktuig van sy soort wat al sy prosesse hidroulies en onafhanklik van mekaar beheer. Jy kan kies om met slegs een, twee, drie of al vier prosesse gelyk te werk,”

verduidelik Louis van der Merwe van Vitamech. Die prosesse kan aangewend word na gelang van die boer se omstandighede. • Voor aan die TopDown is daar ’n ry skottels wat die plantreste sny en dit behoorlik met die grond meng. Die stel koniese skottels loop 12,5 cm van mekaar af op indiwiduele arms. Die aggressiwiteit van die skottels se

Jurie Swart en Louis van der Merwe van Vitamech saam met Christo Cronjé van Cronjé Boerdery en Meyer Mentz van Agri Benodighede. Christo is nie net vol lof oor die werktuig nie, maar ook oor die flink, kundige diens wat hy van Vitamech ontvang.

www.proagri.co.za


werking kan vanuit die kajuit gestel word. Die skottels word van verharde Sweedse V-55-staal gemaak. • Daarna volg die tande wat die saadbed losmaak. Die tande werk gemaklik op ’n diepte van 350 mm. Hulle is gespasieer teen 27 cm oor drie rye met 700 kg wegbreekkrag. Die skare kan geruil word, maar elke tand is as standaard toegerus met ’n MixIn-skeenplaat wat die grond ook vorentoe gooi in plaas van net boontoe, sodat dit twee keer deur dieselfde tand gelig en gemeng word. Die normale werksdiepte is 300 mm, maar dit kan verleng word tot 400 mm. • Na die tande is ’n ry toekrap- en gelykmaakskottels wat met parallelskakels vas is om gelykheid te behou vir ’n perfekte saadbed. Die werkhoogte van die skottels kan ook vanuit die kajuit verstel word. • Die vierde proses is ’n roller wat die grond knus vastrap om vogverlies te bekamp en sorg vir goeie kontak tussen die grond en die saad. Die Topdown kan gestel word dat die volle gewig van die masjien na die rollers oorgedra word, of dit kan verdeel word tussen die rollers en wiele. Daar is ook penne tussen die rollers aangebring om te verhoed dat grond tussen die rollers saampak. • Daar kan ook ’n planter vir fynsaad of groenbemesting aan die masjien gemonteer word. Om die negemetermodel doeltreffend te gebruik, het die boer ’n trekker van sowat 450 kW nodig. Die skottels en rollers werk die beste teen 10 km/u. Die driemetermodel vra net 112 kW om doeltreffend te werk. Behalwe vir nodige krag moet die trekker ook ’n driepuntkoppelstelsel en vier hidrouliese koppelpunte hê. Christo Cronjé van Cronjé Boerdery gebruik sy TopDown 900 só: Net na oestyd span hy die werktuie in. Die oesreste word dan in die grond ingewerk sodat die ontbindingsproses kan begin. Op hierdie manier herstel die grond se vrugbaarheid vir die volgende plantseisoen. Net voor

Oesreste is geen probleem vir die Väderstadt Topdown nie en die agressiwiteit van die skottels kan gestel word na gelang van die hoeveelheid materiaal op die land.

So werk die lig-en-meng-aksie van die Topdown se tande. Dit plaas die materiaal in die boonste lagie grond waar dit ontbind en ’n biologiese bedding vir die volgende seisoen vorm.

die volgende planttyd word die proses herhaal. Só skep Christo nie net ’n uitstekende saadbed nie, maar dit is ook ’n goeie manier om onkruid meganies te bekamp. Christo het sy eerste TopDown omtrent ’n jaar gelede aangeskaf en al sowat 5 000 hektaar daarmee bewerk. “Ek het besluit om hierdie werktuie te koop omdat ons die lande in die winter bewerk wanneer die grond baie hard is,” verduidelik Christo. “Al wat ek moes vervang, was die Alle Väderstad-werktuie is vir twee jaar gewaartande se punte. Geen borg.

www.proagri.co.za

skottels of laers moes vervang word nie,” sê Christo. Wat die naverkopediens betref, is Christo heeltemal tevrede. Meyer Mentz van Agri Benodighede in Vrede is altyd op sy pos en hou ’n goeie voorraad onderdele aan. Daarom hoef ’n boer nooit lank te wag om weer aan die werk te kom nie. “Toe ek die punte wou vervang, was Meyer binne 24 uur op die plaas met die nuwe punte,” vertel Christo. Nog iets wat Christo beïndruk, is die tweejaarwaarborg wat die hele werktuig met al sy onderdele dek. Alle Väderstad-produkte is so gewaarborg. Die veelsydigheid van die Väderstad TopDown 900 laat die boer toe om grondbewerking vinniger en meer ekonomies klaar te kry. Christo vertel dat hy nou met ’n hele paar oortollige vorige werktuie sit aangesien hierdie een werktuig hulle almal se take oorneem, en dit boonop meer doeltreffend doen. “As ’n mens dit in ag neem, saam met die voordele wat die werktuig vir jou oes beteken, betaal die TopDown homself binne drie jaar af. As ek tien jaar gelede so ’n masjien kon gekry het, sou ek nooit iets anders gekoop het nie en baie geld bespaar het,” sê Christo. Vitamech is vanaf 2015 die trotse verspreider van Väderstadprodukte in Suid-Afrika. Kontak Louis van der Merwe by 072-6268409 of Jurie Swart by 083-3758840. Stuur ’n e-pos aan jurie@vitamech.co.za en besoek hulle webblad by www.vitamech.co.za vir meer inligting, ook oor al die ander wenwerktuie waarmee Vitamech die boer se taak makliker maak.

ProAgri 242 – April 2020 13




Meganisasie

deur Jaco Cilliers

LEXION 7000 en 8000: Ontmoet CLAAS se nuwe LEXION S

lim stroopwerk is nou ’n werklikheid: CLAAS se nuwe APS SYNFLOW HYBRID-dorsstelsel vorm die kern van die LEXION 7000 en 8000-stroperreekse. Met enjinkrag van tot 581 kW is hierdie stropers in ’n werkverrigtingklas van hulle eie. Die slim beheerkonsep met sy fyn aanvoeling en ’n nuwe kajuit verseker die grootste gerief en gemak vir die operateur. DYNAMIC POWER pas die enjin se kraglewering aan by die strooptoestande en verseker die beste brandstofverbruik moontlik. Die nuwe hart: APS SYNFLOW HYBRID APS SYNFLOW HYBRID bou voort op die suksesvolle kombinasie van ’n rotor en ’n sekondêre dwarsdrom. Die dorsdrom se deursnit verhoog tot 755 mm. Dit word gevolg deur ’n nuwe, groter voerdrom met ’n deursnit van 600 mm.

16

ProAgri 242 – April 2020 NAMPO

Die groot deursnit van die dorsdromme veroorsaak ’n lae-kontakhoek van 132°. Hierdie eienskappe, saam met die sinkronisasie van die spoed waarteen die dromme draai, verseker ’n egalige materiaalvloei wat die stroper ligter op brandstof maak. Vir vinnige skakeling tussen gewasse, word al die dorsdele hidroulies aangepas, parallel met CEBIS. ’n Beheerstelsel beskerm die werktuig teen verstoppings. Dit beheer die invloei van materiaal baie fyn en is ook by die CEMOS Automatic-stelsel ingeskakel. Al die konkaafdele kan maklik van die kant van die stroper af bereik en vervang word. Te danke aan die dromspoed wat tussen 160 en 920 omwentelinge per minuut verstel kan word, is die APS SYNFLOW HYBRID geskik vir enige gewas wat gestroop moet word.

JET STREAM-skoonmaakstelsel en die nuwe QUANTIMETER Die JET STREAM-skoonmaakstelsel met sy groter sifoppervlak werk met ses of agt turbines afhangende van die model en is selfs teen sywaartse hellings van 20% doeltreffend. Die kaf word vooraf verwyder deur ’n ventilasietrap. Die siwwe en turbinespoed kan elektronies vanuit die kajuit beheer word. Die nuwe QUANTIMETER werk met ’n impakplaat wat die graan baie fyn weeg. Slegs een kalibrasieproses per jaar per gewastipe is nodig en dit kan ook vanuit die kajuit gedoen word. Nuwe afmetings vir die graantenk en aftappyp Die volumes graan wat die graantenk kan hou wissel tussen 10 000 en 18 000 liter en die tenk kan nou maklik en veilig van die agterkant van die stroper af bereik word. www.proagri.co.za


Slim werking en meer gemak Die nuwe LEXION-kajuit gee die operateur meer gemak, meer beheer, en is ook baie stiller as die vorige modelle. Die bestuursfunksies op die CEBIS-skerm maak dit moontlik om “slimmer” met die masjien te werk in plaas van harder. Die belangrikste funksies van die stroper is in die armleuning ingebou vanwaar dit maklik beheer kan word. Die armleuning, CEBIS-skerm en stuurkolom kan verstel word om die bestuurder te pas. Die nuwe, argonomiese C-MOTIONbeheerstelsel gee die operateur volle vingerpuntbeheer oor die stropertafel en aftappyp. Presisie deur gevorderde tegnologie In die nuwe LEXION pas CEMOS AUTOMATIC die masjieninstellings outomaties aan vir optimale deurvloei en top dorsgehalte. FIELD SCANNER in die dak van die kajuit verseker fyn stroopwerk tot by die laaste ry. Enjins nou met DYNMIC POWER Die nuwe LEXION 8000- en 7000-modelle is toegerus met MAN- en Mercedes Benz-enjins in ooreenstemming

Meganisasie

Daar is sewe verskillende aftappype beskikbaar en die aflaaispoed wissel tussen 110 ℓ/s en 130 ℓ/s. Hierdie pype is tot 12 meter lank. Daar is ook ’n 180 ℓ/s weergawe beskikbaar vir die LEXION 8900-, 8800- en 8700-modelle. Om die afvoertrokke en tapkarre so presies as moontlik te laai, kan hierdie aflaaipyp se werkspoed verlaag word na 90 ℓ/s. Wanneer die graantenk leeggetap is, word die awegaar binne die bak outomaties eerste afgeskakel terwyl die awegaar in die aflaaipyp nog draai om die pyp behoorlik leeg te maak. Die aftappyp van die nuwe LEXION het ’n hoek van 105°. Dit gee die operateur van die stroper ’n uitstekende uitsig oor die aftapproses vanuit die kajuit.

Die nuwe hart van die reeks stropers, die APS SYNFLOW HYBRID bou voort op die suksesvolle kombinasie van ’n rotor en ’n sekondêre dwarsdrom. Die groot deursnit van die dorsdromme, saam met die sinkronisasie van die spoed waarteen die dromme draai, verseker ’n egalige materiaalvloei wat ligter is op brandstof en slytasie.

Die modelle in die 8000-reeks kan almal toegerus word met TERRA TRACrusperbande of gewone wiele. met die CLAAS POWER SYSTEMSkonsep. Hulle ontwikkel kraglewering van tussen 790 en 581 kW in die LEXION 8900 en 300 kW in die LEXION 7400. Dit beteken dat die LEXION 8900 ’n bykomende 110 kW kan aanvra in vergelyking met die LEXION 780. DYNAMIC POWER pas die enjin se kraglewering aan volgens die werkstoestande. As die kragbehoefte laag is, word ’n laer kurwe gekies; as die kragbehoefte toeneem, skakel die stelsel oor na 'n hoër kurwe om meer krag beskikbaar te stel. Hierdie buigsame

LEXION WÊRELDREKORD • 1 111 ton mielies gestroop in 8 uur • 1 379 ton gestroop in 10 uur • 1 619 ton gestroop in 12 uur www.proagri.co.za

aanpassing lei tot aansienlike brandstofbesparing wanneer maksimum verrigting nie nodig is nie. Die nuwe aandryfkonsep van die LEXION is ontwerp vir maksimum betroubaarheid. Dit benodig minder dryfbande, al die wisselaars is versterk en kan aan die sentrale smeringstelsel gekoppel word. DYNAMIC COOLING is standaard in alle nuwe LEXION-modelle en sorg vir voortgesette doeltreffende verkoeling, terwyl die lugfilter minder gereeld skoongemaak hoef te word. Met REMOTE SERVICE ontvang die operateur onmiddellike ondersteuning om enige staantyd so kort as moontlik te hou. Met die uitsondering van die LEXION 7400, is alle nuwe modelle beskikbaar met TERRA TRAC vir maksimum grondbeskerming. Al die modelle is ook met gewone wiele beskikbaar indien die boer dit verkies. Vir meer inligting kontak Michael Howell by 083-701-8779, 043-703-3100, of michael.howell@kagri.co.za. Besoek gerus ook www.claas.co.za om te kyk wie is jou naaste handelaar is.

ProAgri 242 – April 2020 17



Meganisasie

Scania help sake om te groei: Jy kan maar stroop, die trokke sal loop! “D

ie volgende trokke wat ek aankoop is weer Scania,” sê Flip de Bruyn van River North op Klerksdorp. “Die trokke is betroubaar, ek werk lekker saam met die span mense en ek het nie probleme met hulle dienslewering nie.” Hoe dan anders met ’n volledig toegeruste Scania-werkswinkel op sy voorstoep? Die werkswinkel het teen die einde van verlede jaar geopen. Flip sê daar is nou glad nie meer nodigheid vir ’n trok om Johannesburg toe te gaan vir versiening of herstelwerk nie, en hy is die hele tyd ten volle op hoogte van elke Scania in die werkswinkel se vordering en wanneer die wiele weer kan rol. Hy kan mooi beplan en die geleentheid gebruik om ’n wa of kantseile op te kikker of te vervang terwyl die trok self deur die werkswinkel beweeg. Scania het vroeër sy vloot ondersteun met tegnici, maar omdat Klerksdorp so goed geleë is in die mieliegordel, naby myne en op hoofroetes van noord na suid en van oos na wes, het Scania besluit om met Flip se ondersteuning ’n volledige Scania-tak daar te vestig. Morné Botha, hoofbestuurder, Scania, Sentraal- en Vrystaat-streek, sê die waarde van die werkswinkel wat sedert November verlede jaar aan die gang is, is reeds oor en oor bewys. “Ons het altyd besef hoe goed dit kan wees, maar dit oortref al ons verwagtinge. Ons moes nou al ’n bykomende werktuigkundige en nog ’n onderdele-koördineerder aanstel om die aanvraag te hanteer.” Morné sê vragmotorbestuurders verwelkom die geriewe wat daar tot hulle beskikking is om te stort, te rus en verversings te geniet op ’n lang reis, of terwyl hulle wag vir ’n vinnige herstelwerkie. Scania-eienaars in die omgewing glimlag ook lekker breed, want hoe nader jou vragmotors aan jou eie plek www.proagri.co.za

versien kan word, hoe meer werktyd en minder staantyd het jy. Dit pas presies in by Scania se filosofie van kliëntediens – Customer First. “Ons sien om na die klant se trokke, sodat hy op sy kernsake kan konsentreer. Hy moet boer of vervoer, ons sal die werkswinkel bestuur sodat sy trokke perfek kan bly werk,” sê Morné. Die vestiging van die werkswinkel bevestig ook Scania se onderneming om na hulle kliënte se behoeftes te luister. Uiteraard moet so ’n ontwikkeling geldelik sin maak, maar daar is ook ander maniere waarop Scania hulle kliënte in ’n bepaalde omgewing kan ondersteun. Morné sê as die kliënt 100 of 200 km van die naaste

handelaar af is, kan hulle help met ’n tegnikus op die perseel. Op Hennenman is daar byvoorbeeld ’n Scania-werktuigkundige toegewys aan ’n kliënt se werkswinkel. In die sentrale streek, wat in ’n strook regoor die land van oos na wes loop, is daar volledig toegeruste handelaars met werkswinkels in Bloemfontein (die hooftak), Kimberley, Upington, Klerksdorp, Harrismith en Port Elizabeth. Scania het ook ’n mobiele ondersteuningsdiens en geen Scaniaboer hoef bekommerd te wees dat sy groente langs die pad gaan staan en vrot of sy beeste gaan ontwater nie. Scania is betroubaar en breek is min, maar in geval van ’n tegniese probleem en as daar ’n krisis is, kan Scania selfs help met ’n ander vragmotor om ’n kosbare vrag by sy bestemming te besorg. Nou, met die bykomende dienspunt in Klerksdorp, is daar net nog meer gemoedsrus vir elke Scania-boer in die mieliegordel. Jy kan maar stroop, die trokke sal loop!

Geen werk is te groot of te klein vir die tegniese span van Scania in Klerksdorp nie. Deon Koegelenberg en Jan Harm Steenkamp van Scania Klerksdorp is baie trots op die nuwe diens wat van hier af aan Scania-eienaars gelewer word.

Kontak Scania SA by 011-6619600, Christopher Magson by 072-122-5705 of besoek www.scania.co.za. ProAgri 242 – April 2020 19



Meganisasie

supports optimal tyre quality in SA Agriculture B

ridgestone, through its flagship tyre brand Firestone, is partnering with agricultural co-operatives across South Africa to deliver massive fuel savings from improved commercial vehicle tyre usage, particularly tractors, through its first National Education Campaign and Ballasting Clinics throughout the 2020 summer planting season. Ballasting of industrial vehicle tyres involves increasing a machine’s load by adding weight to the tyre, so that it is more stable in tipping and hauling. With the tyre manufacturer’s consent, operators add physical weights or ballast tyres by injecting them with a mixture of water and a non-corrosive antifreeze. “We have always taken on the responsibility to inform and teach customers about the correct usage of our products,” says Stephan van Staden, National Agri Specialist at Bridgestone South Africa. “This, however, is the first time we are providing formal training and education as we realised that incorrect ballasting of these industrial tyres is a huge problem in the industry where farmers will either ballast too heavily or inflate tyres using incorrect pressure, which erodes the tyres and places strain on vehicles.

www.proagri.co.za

“With both tyre costs and the fuel price on a consistently upward trend, correcting this one element in operations can save farmers as much as 25% of their fuel costs. If a farmer works a 1 000-hectare farm, a 20% fuel saving is a lot of money relative to other costs,” he says. Ballasting Clinics will be held in various regions once the conditions caused by the coronavirus pandemic improve, where owners and operators of surrounding farms will be invited to audio-visual presentations and demonstrations of the correct ballasting technique and science. Firestone partners with machinery manufacturer John Deere, AFGRI, and other co-operatives in each area. The training will also stress the importance of tread patterns and how using the correct tyre for the specific application ensures the tyre can carry the intended load. Also, audiences are warned against mixing different types of tyres such as cross-ply and radial tyres on the same vehicles. “During the demonstrations, we start by weighing the tractors, which allows us to measure the static load radius of each tyre, which determines the

ballasting and tyre pressure we would need to use,” Stephan says. “Tyres aren’t cheap and by employing the correction practices, they can go further while maintaining fuel efficiency and smooth operation of vehicles, which further controls maintenance and other operational costs.” Farmers will have the opportunity to call a ballasting team from Firestone to conduct onsite ballasting consultation specific to their equipment and tyres. Clinics have already been successfully completed in Bethlehem and Bloemfontein in the Free State, as well as Bethal in Mpumalanga. Upcoming clinics will be announced in due course for the Grootvlei region of Mpumalanga, followed by clinics in the Western Cape and Limpopo. For further enquiries, please contact Bridgestone South Africa at 011-923-7500 or e-mail: svstaden@bridgestone.co.za. Also visit https://www.firestone. co.za/products/agricultural-tyres and follow us on Facebook (Firestone SA) and Instagram (Firestone South Africa.)

ProAgri 242 – April 2020 21



Vee en Wild Gewasproduksie

Maak beter mieliekuilvoer met Pioneer deur De Bruyn Myburgh, agronoom, Pioneer SA

B

oere gebruik gewoonlik ՚n kuilvoerkultivar se opbrengsprestasie tydens die huidige seisoen om te besluit watter baster hulle die volgende jaar moet plant. Maar nou kan boere beter besluite neem deur gebruik te maak van opbrengsdata van goeie gehalte, sowel as kwaliteitsdata, uit proewe wat Pioneer doen. In die vorige seisoen (2018 – 2019) het Pioneer saam met AgSci Unlimited Silage Consultancy mieliekultivarevaluasies vir kuilvoer gedoen. Daar is verskeie belangrike oorwegings as na proefresultate gekyk word: • Kies goed uitgevoerde proewe • Maak ՚n geldige bastervergelyking • Pasop vir klein opbrengsverskille • Volgende seisoen sal nie dieselfde as hierdie seisoen wees nie • Gebruik plaaslike navorsing Die vereistes vir ՚n goeie kuilvoerkultivar kan verskil, aangesien die doel waarvoor dit aangewend word mag verskil. In meer ekstensiewe vleisbeesboerderye mag kuilvoer ՚n klein komponent van byvoeding wees, waar dit in ՚n melkery die verskil tussen wins en verlies kan beteken. Die meeste vereistes of verwagtinge word gestel deur boere, voedingkundiges en kontrakteurs wat betrokke is by die produksie en aanwending van kuilvoer. Daar is ՚n meningsverskil oor wat die belangrikste is, die hoeveelheid of gehalte van kuilvoer, maar ՚n praktiese reël of mikpunt vir goeie kuilvoer is die volgende: • Hoë opbrengs per hektaar • Hoë styselopbrengs per kg DM (droë materiaal) • Hoë TVV (totale verteerbare voedingstowwe of total digestible nutrients, TDN in Engels) Pioneer het ՚n heel nuwe navorsingsrigting ingeslaan ten opsigte van kuilvoerinligting. In samewerking met boere, kontrakteurs en wetenskaplikes is daar begin werk aan ՚n stelsel om die beste resultate en inligting te bekom en beskikbaar te stel om boere te help om die beste keuses vir hulle praktyke te maak.

www.proagri.co.za

Meer navorsing = Beter produkbesluite ՚n Verteenwoordigende monster is geneem van elke kultivar wat in die proewe van die vorige seisoen (2018 – 2019) geplant is. Monsterneming is gedoen ingevolge ՚n protokol wat deur AgSci Unlimited Silage Consultancy voorsien is. Die protokol het voorskrifte gegee met betrekking tot die vasstelling van snytyd, hoe om die materiaal te kerf en uit te droog, hoe om die droë materiaal (DM) te bepaal, metingsparameters tydens die stroop, die neem van monsters, inkuiling en ontleding van gefermenteerde monsters. Dit beteken dat daar nou uitstekende proewe oor ՚n wye gebied gedoen is en nog gedoen gaan word om die regte, akkurate, vergelykbare resultate te bekom. Dit stel Pioneer in staat om

die regte baster aan te beveel om by ՚n boer se spesifieke omgewing aan te pas, sodat die boer met vertroue kan plant.

Basterkeuse vir kuilvoermaak is een van die belangrikste besluite wat jy elke jaar op jou plaas neem. Maak seker dat jy dit deeglik deurdink. Gebruik Pioneer se data om die regte baster te kies om die beste by jou boerderydoelwitte te pas. Kontak Pioneer vir meer inligting by 012-683-5721, of e-pos info.rsa@pioneer.com.

ProAgri 242 – April 2020 23



Knikker peste en plae uit met:

Kuhn Stronger 4000 van Valtrac

D

www.proagri.co.za

ProAgri 242 – April 2020 25

Gewasproduksie

moontlik is om met die Stronger 4000 te werk: • Die hervulklep is voor aan die spuit aangebring om makliker daarby uit te kom. • Die pomp verplaas water teen 1 100 ℓ per minuut om die vlekvrystaaltenk wat 4 000 ℓ hou in minder deur Jaco Cilliers as 4 minute vol te maak. • Die kleiner gifmengbak sak hidroulies af sodat die boer die gif op ’n gemaklike hoogte kan meng. “Om ’n gelykvormige gifmengsel te kry, tap ek gewoonlik die groot tenk half vol water. Dan meng ek die gif by voordat ek die ander 2 000 ℓ bytap,” verduidelik James. Daar is meer as genoeg krag om hierdie spuit en al sy pompe aan te Kuhn se hoogloopspuite spog met die sterkste aluminiumbalk wat in Europa dryf. Daar is ’n model van 194 kW beskikbaar is. beskikbaar, maar James het die groter een met 209 kW gekies. ie belangrikste twee vereistes Die balk kan waaraan ’n plaaswerktuig moet tot net 600 mm voldoen, is: bo die grond • Dit moet doeltreffend kan werk en sak om windaanhou werk. invloed te be• Dit moet rotsvas gerugsteun word perk en tot deur ’n betroubare, kundige verskaf2,7 m opgelig fer wat die werktuig aan die werk word om volhou sodat die boer kan boer. wasse mielies Kuhn se Stronger 4000-spuit is so ’n te bespuit. werktuig en die verskaffers daarvan, Die spuit vou Valtrac, is so ’n verskaffer met legennetjies op om dariese dienslewering. Daarvan getuig maklik van die James Tolmay van Vereeniging, wat een plaas na onlangs ’n wyse belegging in ’n Kuhn die volgende Stronger 4000-spuit van Valtrac geJohan Coetzer en Bronwyn Cilliers van Valtrac is vaste beweeg. maak het. beslote om steeds net die beste diens aan James en Jan Hierdie strate “As ek bel is daar altyd iemand wat Tolmay van Vereeniging te lewer, al het hulle betroubare, giese mobiliteit my dadelik kan help,” sê James. “Enige doeltreffende nuwe Kuhn Stronger 4000-hoogloopspuit stel die boer tyd van die dag of nag kom daar ’n die minimum nasorg nodig. in staat om kundige helpende hand en hulle doen die stryd teen dit met ’n glimlag.” 36 m en 40 m. James het besluit op die peste en plae sonder versuim of ver Die Stronger HD 4000 spog met ’n 36 m aluminiumbalk. tragings aan te pak. hele reeks nuwe ontwikkelings om die Die balk is in 9 segmente verdeel James vertel dat hy sy spuit ingestel boer se werk meer ekonomies, meer wat elkeen onafhanklik van mekaar het om die korrekte toediening te kry gerieflik en meer doeltreffend te maak. kan funksioneer. Daar is ’n keuse van 3 teen ’n spoed van 16 km/u. Op die ’n Hoogligbalk help niks as die spuit se verskillende sproeiers wat die boer kan manier bespuit hy tot 250 ha per dag. pens laag is nie. Met ’n grondvryhoogte gebruik na gelang van die vereistes wat Rand en sent is altyd ’n belangrike van 1,8 m kan die boer sy mielies later die gewas en die plaag stel. oorweging wanneer ’n boer nuwe in die seisoen nog spuit om laatkom Met die Auto-funksie neem die GPS toerusting wil aanskaf. “Op 2 500 ha merpeste uit te skakel. Daar is twee en Autosteer die werking van die spuit kan ek hierdie spuit binne 5 jaar klaar opsies vir die balk se lengte, naamlik oor. Op hierdie manier sorg die slim betaal. As ek vir ander boere ook spuit, spuit self dat daar geen oorvleueling kan dit nog vinniger gebeur,” vertel is nie en dat geen dele van die land James. oorgeslaan word nie. Die Trimble TMX Valtrac was die eerste maatskappy 2050-skerm en elektroniese beheerom selfloopspuite in Suid-Afrika in stelsel sorg dat dit spotmaklik is om te voer met die Montana Parruda in die spuit te gebruik. “RJ van Valtrac het 2003. Kuhn het ’n paar jaar gelede my sommer oor die foon verduidelik Montana se fabriek oorgekoop. Met die hoe om met die spuit te werk. Dis baie nuwe ontwikkelings en verbeterings maklik,” sê James. wat Kuhn aan die spuite aangebring Die wydte van die wielspore kan het, saam met Valtrac se legendariese ook vanuit die kajuit verstel word. diens, gaan Kuhn nog lank die voorloDaarna moet die boer net die penne op perselfloopspuit in Suid-Afrika bly. die regte plekke op die as gaan indruk Kontak vir Attie de Villiers van voordat die spuitwerk kan voortgaan. Die Trimble elektroniese stelsel wat Valtrac vir meer inligting by 083Met ’n aktiewe lugveringstelsel is rydie werking van die spuit beheer 261-9863 of skakel gerief byna so gemaklik soos sweef op is op ’n gerieflike plek in die kajuit 056-817-8006. Stuur ’n e-pos na ’n wolk. sodat die bestuurder se gemak en attiedev@valtrac.co.za of besoek Kuhn het alles moontlik gedoen uitsig nie belemmer word nie. die webblad www.valtrac.co.za. om te verseker dat dit so maklik as





Equus Supreme-perdesleepwa: Gebore uit ’ n liefde vir perde deur Bernard Uys, Emmanuel Trailers

’n

Perdesleepwa gaan oor sy kosbare inhoud wat vervoer moet word, maar ook oor die mense wat die perde hanteer. Vir almal, die perdehanteerder, die persoon wat die sleepwerk doen en uiteraard die perd, moet ’n perdewa veilig, gerieflik en duursaam wees. Emmanual Trailers het na jarelange ondervinding die merkwaardige Equus Supreme ontwikkel. Gebou uit die beste aluminium, soos vliegtuigontwerpingenieurs sal getuig, (onderstel en raam van 6082T6-aluminium), is hierdie perdewa uniek in die mark. Uitstekende aluminiumwerk en sweistegniek is bespeurbaar vanaf die trekbalke, onderstel, vloer en tot bo by die dak. Gebuigde vierkantpyp van aluminium, wat die raamwerk voltooi van voor tot agter en in die dak, gee aan hierdie perdewa sy unieke vorm en verstewig die onderstel. Die spesiale neusontwerp maak die wa vaartbelyn en maklik om te sleep. Noukeurig bepaalde wielplasing en Rubex-vering verskaf ’n stabiele rit onder en sonder vrag, met uitskakeling van tipiese swaai-aksies soos dikwels die ervaring is met swaargewig sleepaksies. In die hegting van die kant- en dakpanele word ruimskoots gebruik gemaak van Sikaflex 221 en spesiale skroewe, wat sterk heg en goed seël. Poli-etileen word vir bussies en

www.proagri.co.za

ander toepassings gebruik, wat aan die bewegende dele, soos skarniere en skuiwers, ’n knus sluiting en hegting verleen. Dit verhoed dat metale op mekaar skuur of kap en skakel geraas wat perde kan ontsenu uit. ’n Perd wat ’n stil, geraasvrye rit het, is oor die algemeen meer rustig. As gevolg van die digtheid en stabiliteit van alle meganiese werkende dele van die perdewa is dit stil en die leeftyd van metale word verleng. Die binnewande en middelpaneel van die perdestaanplekke is opgestop om aan die perde ’n sagte vervoerkajuit te gee. Die kantpanele kan afgeslaan word om lekker kampbedjies te vorm vir wie ook al ’n bietjie na ’n ver reis wil rus. Twee digte voersakke hou die padkos vir die perde tydens vervoer en die perdewa het ook ’n saalkas waarin twee saals en toebehore vervoer kan word. Elke perdewa word op bestelling gebou en die knippe, houtverfraaiings, borsstutte en pilaar van soliede hout gee aan elke perdewa sy eie unieke identiteit. Daar is ’n reeks opsies wat elke kliënt aan sy perdewa kan laat aanbring, onder meer: • Allooiwielnawe in die plek van die standaard staalnawe. • Verskillende kleure plate wat van ’n kleurkaart gekies kan word. • Waterkanhouers met kanne op die modderskerms.

Wenke vir gemaklike, veilige sleepwerk Uit die aard van die liggewigeienskappe van aluminium, saam met die korrekte sleepvoorskrif, is die sleepvermoë van dié perdewa uitmuntend. Die perdewa se onderstel moet altyd presies horisontaal wees wanneer dit aan die sleepvoertuig gehaak is. Om die horisontale vlak te verkry, moet die bestuurder die sleephak aan die voertuig hoër of laer stel totdat die korrekte horisontale lyn op die onderstel verkry word. Vir hierdie doel bied die mark voorafvervaardigde staalplate met verstelgate wat die haakverskuiwings moontlik maak. Die perdewa het ’n dubbelas en die presiese horisontale sleepposisie sorg dat al vier wiele die vrag ondersteun. Vir verdere bevordering van gemaklike sleepaksie, moet die banddruk van al die wiele presies dieselfde wees. Sagter vering vir grondpadry kan verkry word deur die banddruk te verminder. Vir veiligheid moet die perdewa altyd gehaak wees wanneer perde gelaai word. Perde moet nooit gelaai word terwyl die perdewa afgehaak is en op sy neuswiel staan nie – dit is onstabiel en die neuswiel kan nie die perde se gewig saam met die wa se gewig hanteer nie. Tydens die vervoer van die perde moet ag geslaan word op die gewig van die perd teenoor die bewegende perdewa. Die perd kan nie skerp, onstabiele draai- en stopaksies hanteer nie. Dit maak die perd onnodig sku vir ’n perdewa en onrustig tydens vervoer. Maak seker om stadig te stop met die sleepvoertuig. Die ingeboude meganiese remstelsel van die perdewa help om ’n stabiele stopaksie uit te voer. Sorg altyd dat die waarskuwingsligte van die perdewa voor elke rit nagegaan word en dat die banddruk - asook die noodwiel se druk ‒ reg is. Gaan al die knippe om die perdewa na om seker te maak almal is in die sluitposisie met die deure ordentlik gehaak. Elke perdewa van Emmanuel Trailers is spesiaal, ’n kunswerk wat vervaardig word om voortreflike diens te lewer aan eienaar en perd. Besoek www.emmanueltrailers.co.za vir meer inligting. ProAgri 242 – April 2020 29

Hulpbronbestuur

• ’n Netjies gemonteerde kamera vir die bestuurder om perdegedrag te moniteer. • ’n Volledige geëlektrifiseerde perdekampie met sy aluminiumpale netjies ingepas binne die raamwerk van die perdewa. • ’n Tent wat ‘n heerlike beskutting bied teen die son terwyl perdebedrywighede aan die gang is.



Kry die regte, bekostigbare pomp by die pompspesialiste As jy die regte pomp vir die regte werk wil hê, praat dan met ՚n pompspesialis. Cameron van Heerden van Inkwazi Pumps is gereed om te help.

“D

ie mense van Inkwazi Pumps lewer uitstekende persoonlike diens,” sê Marius Nel, besturende direkteur van die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe by Nelspruit. “Ons moes onlangs ՚n aantal boorgate toerus om water aan ons huurders en passasiers by die lughawe te voorsien en Inkwazi het die pompe blitsig afgelewer. Cameron kom maak ook gereeld ՚n draai as hy ander kliënte in die omgewing kom sien, net om seker te maak alles loop nog reg.” Cameron van Heerden en sy pa, Darryn, vorm die kern van die gedugte span by Inkwazi Pumps. Hulle voorsien ՚n wye reeks pomptoerusting deur die hele Suidelike Afrika aan net so ՚n wye reeks kliënte, maar landbou laat hulle harte warm klop. Darryn sê: “Ons wou nog altyd in die landbousektor wees en het self op ՚n tyd met komkommers en tamaties geboer, so ons verstaan boere se waterbehoeftes.” Cameron se suksesvolle rugbyloopbaan het hulle van die plaas af laat verhuis, maar almal weet rugby hou nie

vir ewig nie en toe Darryn en Cameron genader is met die geleentheid om die pompbedryf te betree, het hulle dit aangegryp. Cameron het ingeskryf vir ՚n kursus in waterbestuur. Dit word deur die internasionale verskaffers voorgeskryf, en sy pa vertel trots dat hy een van die min verkoopsmanne is wat ook hier sy drie tussen die pale gedruk het! Hy kan nou vol vertroue met enige boer gesels oor sy behoeftes en die regte pomp vir die regte werk aanbeveel. As gekwalifiseerde loodgieter weet Darryn self ook ՚n ding of twee van watervloei af! Hulle hou daarvan dat ՚n boer presies verduidelik wat die doel van die pomp is. As dit vir besproeiing is, wil hulle presies weet hoe die opset lyk en hoeveel water oor watter tydperk benodig word. Faktore soos hoogte, vloeitempo, druk en pypweerstand moet alles in ag geneem word om die regte produk te voorsien. Kundige dienslewering is die een been van die maatskappy. Goeie, gewaarborgde produkte wat teen ՚n bekostigbare prys op die eindverbruiker se voor-

stoep afgelaai word, is die ander been. Deur die middelman uit te sny, kry die koper die voordeel dat hy net vir die pomp hoef te betaal en nie vir vloerspasie wat met allerlei snuisterye gevul word om duur winkels se kontantvloei aan te help nie. Die ander voordeel is die wye reeks pompe wat Inkwazi beskikbaar het. ՚n Boer is nie beperk tot die voorraad wat op die winkelvloer uitgestal kan word nie. Pompe word regstreeks vanuit die pakhuis na die plaas gestuur. Inkwazi Pumps se reeks wissel van dompelpompe en boorgatpompe tot drukpompe, groot vertikale pompe vir myne en besproeiingsplase tot beheertoerusting soos wisselbarespoedaandrywers (VSD). Hulle het ook ՚n reeks sonkraggedrewe boorgatpompe wat ՚n alles-in-een-oplossing bied om ՚n boer se watervoorsiening uit die grond uit onafhanklik van Eskom te maak. Al die nodige onderdele vir herstelwerk is ook beskikbaar. Hulle bied telefoniese ondersteuning indien daar probleme is en in die meeste gevalle is dit nie die pomp wat die probleem is nie, maar as dit is, kan dit herstel of vervang word. Cameron sê: “Ons help mense om met hulle werk voort te gaan. By een geleentheid het ՚n verafgeleë boer ՚n probleem met ՚n pomp gehad. Die koerier wat die foutiewe pomp gaan haal het, het sommer ՚n vervangingspomp saamgeneem sodat die boer kon aanhou boer.” Inkwazi lewer gereeld vanuit Pretoria pompe binne twee dae in die Wes-Kaap af, maar daar is al Inkwazi-pompe op Springbok, Brandfort, Newcastle en Bloemfontein tot in buurlande noord van die Limpopo afgelaai. Dit bespaar ՚n boer sommer baie tyd om nie self hoef te ry nie. Darryn sê: “Ons pompe is beskikbaar en bekostigbaar. Bel ons net of stuur ՚n versoek deur ons webwerf.”

՚n Boorgatpomp wat met sonkrag werk kan jou baie ellende spaar. Praat met Cameron en Darryn van Heerden oor hulle alles-in-een-oplossing. Inkwazi Pumps bied ՚n wye reeks pompe en al die onderdele wat nodig mag wees. Dit word regstreeks van die pakhuis na jou plaas gestuur.

www.proagri.co.za

Besoek www.inkwazipumps.co.za of skakel Cameron van Heerden by 079-032-4667 vir gehalte diens teen bekostigbare pryse. Hou ook www.agri4all.com dop vir Inkwazi Pumps se gereelde spesiale aanbiedings.

ProAgri 242 – April 2020 31

Hulpbronbestuur

Inkwazi Pumps:



aar is min entiteite in die sakewêreld wat soveel vertroue inboesem soos ’n familie-onderneming. Elke lid in hierdie span het ’n persoonlike belang by die projek en weet dat sy/haar bydrae ’n lewenslange belegging is. “Elkeen van ons kyk nie na Afriq Water om te sien wat dit vir die enkeling inhou nie. Hierdie saak is groter as die persoon,” sê Hélana Ueckermann, administrasiebestuurder. “Ons moet as ’n span hierdie onderneming opbou en uitbou, want dit is nie net in die belang van hierdie geslag nie, maar ook vir die volgende en die volgende een.” Sy glo in die vinnige aanpasbaarheid en proaktiwiteit van klein ondernemings, en die belangrike rol en positiewe invloed wat dit op die voortbestaan van boerdery in Suid-Afrika het. “In ons land met al sy negatiwiteit en probleme glo ek dat daar steeds ’n plek vir familieondernemings soos ons s’n is. Vir Afriq Water is dit belangrik om die gemeenskap rondom ons te ondersteun en van kleinskaal boerderye tot die reuse kommersiële projekte te dien.” Afriq Water stap al vir vyf jaar ’n pad met hulle getroue kliënte, soveel so dat hulle al mekaar se verjaarsdae onthou. Van hierdie kliënte kom so ver as Zimbabwe. Dié kliënte sal bly wees om te hoor dat Afriq Water oor die afgelope paar maande twee nuwe lede bygekry het. Baie van hulle wag al inderwaarheid lankal vir die heuglike gebeurtenis. Klein Karl Ueckermann en klein Loodewijk Jansen van Vuuren is onlangs gebore en lyk klaar gereed om binne twee dekades die teuels as die derdegeslag eienaars van Afriq Water oor te neem. Hulle koms verseker dat hierdie familie-onderneming nog lank in die nageslag se hande sal bly. Dit is egter nie al nie. Nog ’n groot gebeurtenis wat wag, is die vervaardigingsmasjien vir drupbeproeiingspyp wat Afriq Water van oorsee bestel het. Buiten die gou-koppel HDPE-pype en oranje koppelstukke waarvoor hulle

Afriq Water verwelkom hulle derdegeslag bestuurders deur Du Preez de Villiers

Die drie geslagte wat die Afriq Water vaandel sal dra, is Justine Jansen van Vuuren, kantoorbestuurder; klein Loodewijk Jansen van Vuuren; Wynand Ueckermann, stigter en HUB; Hélana Ueckermann, administratiewe bestuurder; Karl Ueckermann, projek- en pakhuisbestuurder en klein Karl Ueckermann.

Binnekort sal Afriq Water nie meer van die buiteland afhanklik wees nie, maar self hulle eie pasmaak drupbesproeiingspype vir hulle kliënte op die perseel vervaardig. bekendheid verwerf het, lewer Afriq Water oor die afgelope drie jaar ook drupbesproeiingstelsels.

Die Afriq Water-span werk soos ’n eenheid saam om hulle gemeenskap te dien. Hulle is Karl Ueckermann, projek- en pakhuisbestuurder; Emmanuel Kazhazhe, pakhuisvoorman; Wynand Ueckerman, HUB; Hélana Ueckermann, administratiewe bestuurder; Justine Jansen van Vuuren, kantoorbestuurder; Daniel Tsietsi, algemene werker en Joseph Ntshaba, algemene werker. www.proagri.co.za

Na die droogte in die Wes-Kaap, het Wynand Ueckermann, die eienaar, besef dat drupbesproeiing die pad vorentoe is vir hierdie droogtegeteisterde land van ons. Dit is egter moeilik om in boere se veranderende behoeftes te voorsien as die pype eers van oorsee bestel moet word. Hierdie masjien sal hulle in staat stel om dadelik pype vir wisselende druk, vloei en drupperspasiërings vir boere en die kleinhandelmark te vervaardig. Geen meer gewag vir die regte produk nie, die boer en winkel gaan dadelik kan kry wat hulle benodig. Hou die koronavirus van die plaashek weg As ’n landbouverskaffer mag Afriq Water steeds handel dryf tydens die inperking, maar Afriq Water wil verhoed dat hulle kliënte onnodige reise aanpak wat ’n blootstellingsrisiko inhou. Dit beteken egter nie dat boere nie hulle besproeiingsprodukte kan bekyk en koop nie. Besoek gerus hulle webwerf, www.afriqwater.co.za, om die produkte wat u benodig te besigtig en te bestel. As u ’n bestelling indien, sal hulle u kontak om die beskikbaarheid te bevestig en ’n kwotasie vir aflewering te verskaf. Aflewering kan gereël word by ’n gerieflike optelpunt, of alternatiewelik voor u deur. Kontak Afriqwater by 061-5022547 of stuur ’n e-pos aan admin@afriqwater.co.za, of besoek hulle webwerf by www.afriqwater.co.za om meer oor hierdie dinamiese onderneming en hulle produkte uit te vind. ProAgri 242 – April 2020 33

Hulpbronbestuur

D



met die funksie toegerus is, is dit nie in die ouer voertuie ingebou nie. Met Ctrack se toerusting en sagteware kan die eienaars van ouer model trokke en ligte afleweringsvoertuie nou ook die voordele geniet van outomatiese spoedbeheer met spoedvermindering in gevaarsituasies, waarskuwing van baanverwisseling, remme wat sluit en ’n verskeidenheid ander funksies om rywerk veiliger te maak.

Jou trok kan nou net so slim soos jou slimtrekker wees met Ctrack se On the Road-oplossing.

J

Fnuik dieseldiefstal Die ander groot probleem waarvan elke boer met trekkers, bakkies en trokke maar alte bewus is, is brandstofdiefstal. Daar is baie vindingryke maniere waarop mense onregmatig “vloeibare goud” bekom. Eugene van Niekerk van Ctrack sê hulle het by een maatskappy uitgevind dat elke bestuurder elke dag vyf liter diesel gesteel het. Net met die hulp van ’n verklikker en Ctrack se uitstekende meettoerusting en sagteware kon hulle uiteindelik agter die kap van die byl kom. Die meeste diefstal gebeur by vulstasies waar die inhoud in die tenk en die hoeveelheid op die strokie nie ooreenkom nie. Daar is verskillende instrumente beskikbaar om werklike brandstofinhoud te meet, maar Ctrack het gevind die beste manier bly om ’n gat te boor en ’n kapasiteitsensor in die tenk te plaas op so ’n manier dat daar nie met die sensor gepeuter kan word nie. Eugene sê dit kos tyd en moeite om die installasie te doen, maar in plaas daarvan om te begroot vir ’n maandelikse verlies, begroot liewer net een keer vir ’n voorkomende maatreël. Met Ctrack se sagteware sal jy gou kan sien of daar onverklaarbare veranderings in die brandstofvlakke is en ook presies waar dit gebeur. As Pietman elke dag by die dieselfde vulstasie ’n paar kilometer van die basis af stop om vol te maak omdat hy kwansuis sal gaan staan, dan moet jy maar weet daar is ’n slang in die gras. Met Ctrack se hulp kan jy die slang se kop afkap. Dieselfde geld vir al die voertuie op die plaas wat diesel gebruik. Dit is baie moontlik nie die trekker wat so swaar loop nie, dit is die kannetjie brandstof agter die skuur.

woes gedraai of te vinnig gery word, y weet tot op die laaste meter waar skuif die sigbare meter van groen jou trekker loop, jou slimstroper hou na rooi. Die bestuurder sal sommer rekord van elke pit en die werkswinkel vooraf weet hy gaan op die rooitapyt laat weet jou as hulle op hulle skerm in die baas se kantoor beland. sien een van die masjiene op die plaas Die toestel het ook ’n kamera voor, oorverhit of het ’n diens nodig. maar as jy regtig wil sien wat aanAl die tegnologie help jou om te gaan, is die Ctrack IRIS Dashcam & meet, te weet en te presteer, maar as ADAS die beste oplossing. die trok met sy kosbare vrag by die Die IRIS is ’n video-eenheid met plaashek uitry, stop jou stroom van agt kanale, wat beteken jy kan agt inligting … tot daar skade is. En dit is kameras op verskillende plekke rondjóú skade. om die trok plaas, selfs in die kajuit Met Ctrack se nuwe tegnologie wat om die bestuurder dop te hou en in te pas bekendgestel is, kan jy nou ook gryp as jy sien sy kop begin knik! ingelig bly en proaktief optree totdat Jy kan die pad en die vrag dophou die vrag aan die ander kant afgelaai is. en alles word ook opgeneem sodat Ctrack se On the Road-oplossing daar ’n rekord bestaan. wat hulle in samewerking met Garmin ADAS staan vir Advanced Driver aanbied, bied jou deurlopende kontak Assistance en hoewel baie vragmotormet alles wat in die kajuit gebeur vervaardigers se nuwegeslagvoertuie en ’n volledige inligtingstelsel vir die bestuurder op een skerm. Navigasie is sinoniem met Garmin en met ingeboude AndroidTM 6.0-funksionaliteit kan jy op die plaas ook heeltyd sien waar die trok is en wat die beste pad vorentoe is. Die kommunikasievermoë maak dit ook moontlik om oproepe te maak of boodskappe te stuur en ontvang, maar jy kan dit programmeer om net sekere telefoonnommers goed te keur vir stuur en ontvang. Die toestel kan aan ’n persoonlike pinkode vir ’n bestuurder gekoppel word en die trok sal nie ry alvorens die kode ingevoer is nie. Op die plaas kan jy ’n hele vloot voertuie dophou met behulp van Ctrack se sagteware en take aan Hein Jordt, besturende direkteur, en Eugene sekere bestuurders uitdeel. van Niekerk, senior bestuurder, Produkoplos Bestuursgedrag word ook gesings, van Ctrack by die bekendstelling van Ctrack meet en as daar te hard gestop, te se nuwe telematiese tegnologie vir Suid-Afrika.

www.proagri.co.za

Besoek www.ctrack.co.za om jou naaste verteenwoordiger te vind. ProAgri 242 – April 2020 35

Hulpbronbestuur

Maak jou trok slim met Ctrack



Vragte water wat Gift of the Givers met die ondersteuning van Isuzu Motors Suid-Afrika aanry, maak ’n groot verskil in mense se lewe.

"O

ns glo alles begin met water.” Dit is die grondslag waarop die hulporganisasie, Gift of the Givers, se watervoorsiening aan droogtegeteisterde gebiede rus. Die Oos-Kaap is in Oktober 2019 tot rampgebied verklaar as gevolg van die volgehoue droogte. Gift of the Givers het reeds in Julie 2017 begin om water aan die gebied te voorsien. Daar is reeds 35 nuwe boorgate in die gebied gesink om die plaaslike gemeenskappe van drinkwater te voorsien. Die toegang tot hierdie boorgate en die afstande wat mense moes aflê om daarby uit te kom was steeds ’n probleem, veral vir die mense van Graaff-Reinet en die Groot Karoo. Gift of the Givers lewer nou 22 500 liter water per dag af danksy die Isuzu FSR 800-tenkvragmotor en die twee

FTR 850-vragmotors waarop watertenks gemonteer is. Hierdie voertuie is deur Isuzu Motors Suid-Afrika verskaf. Die uitbraak van Covid-19 virus in Suid-Afrika het die situasie vererger. Die gemeenskap het nie net drinkwater nodig nie, maar dit is ook uiters belangrik dat hulle water moet hê om skoon en sindelik te bly om die verspreiding van die virus te keer. Ali Sablay, projekbestuurder van Gift of the Givers, sê dat die vervoer van water van die boorgate af deurslaggewend belangrik is vir die gemeenskap. “Die vragmotors is ’n groot hulp. Hulle lewer water in die ooste van die provinsie af in nedersettings soos Makhanda, tot in die weste by GraaffReinet en ook al die dorpies tussen-in soos Bedford, Adelaide en Cebe.”

Die boerderygemeenskap van Adelaide in die Oos-Kaap is ook deur die droogte getref. Daarom is twee van die vyf boorgate wat in die omgewing gesink is aan boere oorhandig om verligting te bring op die plase en vir die 200 plaaswerkers. “Ons is trots daarop om vervoeroplossings te bied en die werk gedoen te kry. Dit is vir ons ’n eer om deel te wees van ’n gemeenskapsprojek soos Gift of the Givers en om te help om verligting te bring aan die mense wat deur die droogte geraak word,” sê Gishma Johnson, bestuurder, Korporatiewe Kommunikasie en Openbare Betrekkinge, van Isuzu Motors SuidAfrika. “Dit is bemoedigend om te sien hoe Isuzu ’n verskil kan maak aan hierdie gemeenskappe en veral die wat nie toegang het tot lopende water nie,” voeg Gishma by. Gift of the Givers ondersteun mense in nood regoor die land en is tans betrokke by vele projekte. Hulle lewer ook voer af aan boere in die Oos-, Noord-, en Wes-Kaap wat die ergste deur die langdurige droogte geraak word. “Die organisasie beplan ook om die watervoorsieningsprojek uit te brei na Butterworth en die omliggende gebiede, wat ook die gevolge van die droogte moet trotseer,” sê Sablay. Isuzu kan ook op jou plaas ’n verskil maak. Besoek jou naaste Isuzu-handelaar om na hulle vele keuses vir plaasvervoer te kyk, of gaan loer in by www.isuzu.co.za.

www.proagri.co.za

ProAgri 242 – April 2020 37

Hulpbronbestuur

Isuzu-vragmotors lewer steeds water vir Gift of the Givers


38

ProAgri 242 – April 2020 NAMPO

www.proagri.co.za


deur Jaco Cilliers

Die bulle se kondisie is te danke aan die goeie voerprogram wat Andrew Green van Ladysmith op die plaas toepas. Neale White en Espee Olivier van Molatek is altyd beskikbaar om nommerpas rantsoene te help uitwerk.

Trakteer jou kudde met meer kwaliteit proteïene A

lmal hou daarvan om na mooi beeste te kyk, maar almal besef nie hoeveel navorsing en beplanning daar in die voerprogram is om die bees in daardie goeie kondisie te kry nie. Daar is talle slaggate wat die boer baie geld kan kos, maar daar is ook baie kundigheid wat hom kan help om sy beeste en beursie vet te maak. Daarom glo Andrew Green van die plaas Kleinfontein naby Ladysmith daarin om Molatek Beesvet 33+ by sy kudde te betrek: “Die diens en kundigheid wat Molatek vir my gee is die rede hoekom ek hulle produk gebruik,” sê Andrew. Andrew teel Bovelder-beeste

Op Andrew Green se plaas word die Beesvet 33+ met mielies, sojaoliekoek en Molatek melassemeel gemeng om ’n smaaklike en doeltreffende mengsel vir die diere te voer. www.proagri.co.za

Neale White (Molatek), Kelby Green, Andrew Green en Espee Olivier (Molatek), saam by die voerkraal wat die Green's bedryf en hou elke jaar ’n produksieveiling. Uit ’n trop van sowat 2 500 koeie se kalwers kies hy 25 tot 30 bulletjies, wat beteken dat net die beste genetika op die veiling aangebied word. Hy het so twee jaar gelede die Molatek-span genader met sy voerbehoeftes en was nog nie ’n enkele dag spyt daaroor nie. Wanneer jy ’n kliënt van Molatek is, verkoop hulle nie net die sak vol voer aan jou dat jy dan maar self moet sien en kom klaar nie. O nee, daar kom ’n voerkundige na jou plaas toe om na jou kudde te kyk en jou behoeftes deeglik te ondersoek. Molatek neem die boer se behoeftes in ag, asook die grondstowwe wat hy beskikbaar het om voer mee te meng. Daarna werk hulle rantsoene uit na gelang van die doel waarvoor die boer gaan voer. Bulle wat voorberei moet word vir veilings se rantsoene en mengsels sal byvoor-

beeld baie verskil van ’n uitskotkoei of speenkalf wat voorberei word vir die slagpale. “Die veeldoelige manier waarop Beesvet 33+ gebruik kan word, is ook ’n pluspunt,” vertel Espee Olivier van Molatek. Wanneer dit kom by die uitgroei en voorbereiding van veilingsbulle kies die Green's Beesvet 33+. Andrew glo daarin dat die bulle kleiner hoeveelhede van die bulmengsel oor ’n langer tydperk moet kry sodat hulle ’n stadiger groei toon oor die voer tydperk en nie te vet word in die proses nie. Daarom begin hulle om die Beesvet 33+ mengsel teen 1% van die bulle se gewig te voer. Dit word mettertyd verhoog na 2%. Die proses begin reeds in Maart, alhoewel die veiling eers in September is. Neale White verduidelik die volgende. “Beesvet 33+ word teen 16% in die rantsoen ingesluit. Daarom word die proteïenkonsentraat in sakke van 40 kg verpak. In hierdie geval word daar vier sakke op ’n ton voer, bestaande uit mielies, soja-oliekoek of Molatek Bypass en Molatek melassemeel, gemeng, wat die mengsel meer ekonomies doeltreffend maak en die boer hoef nie te sukkel met halwe sakke wat oop rondstaan nie. Beesvet 33+ is wetenskaplik saamgestel uit verskillende bronne van proteiene wat uit verskillende amonisure bestaan. Dit bevorder groei, spierontwikkeling en vetneerlegging. Die suikerrietbasis van Beesvet 33+ bevat suiker as ’n energiebron in plaas van stysel. Dit help om klougroei en ander gesondheidsrisiko’s by die bulle te voorkom. “Behalwe die uitstekende diens, is die Beesvet 33+ ook ’n baie goeie produk. Dit is ’n goeie konsentraat en maklik om te meng en te gebruik. Dit bied goeie waarde vir geld,” verklaar Andrew. Die produk bevat ook ’n groei-bevorderaar in die vorm van Monensin. Dit bevorder nie net voeromset nie, maar voorkom ook dat die gulsige vreters nie te veel vreet en opblaas nie. Espee verduidelik ook dat dit baie belangrik is om voldoende kripspasie te voorsien sodat die bulle mekaar nie probeer domineer terwyl hulle vreet nie. Andrew het juis om hierdie rede sy spannetjie bulle verdeel in kleiner groepe met meer voerbakke. Skakel Espee Olivier vir meer inligting by 082-771-4035 of by 013-791-1036. Besoek die webblad by www.molatek.co.za of stuur ’n e-pos aan molatek@rclfoods.com. ProAgri 242 – April 2020 39

Vee en Wild

RCL Foods se Molatek Beesvet 33+:




Agri4all 42

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

43


Agri4all 44

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

45


Agri4all

Protect your vehicles and equipment with the LVS Fire Suppression System LVS Fire Suppression System • Rapid flame knockdown, cooling and securement. • Automatic or manual operation. • 24/7 fire detection. • Multiple design options. • FM approved and CE marked, UL listed and AS5062 compliant

RAASM Centralised lubrication systems Centralised lubrication systems are designed to automatically lubricate moving parts that generate friction. These systems considerably reduce maintenance costs for the machinery on which they are installed, eliminating machine downtimes for lubrication and extending the life of the lubricated components.

AUTOMATIC LUBRICATION BENEFITS • Extends Component Life Up to Four Times: Automatic Lubrication continuously flushes contaminants and reduces friction. • Supports Service Intervals Optimally lubricates when the vehicle needs it. • Reduces Operating Costs Service More Vehicles for LESS

011 869 2141 sales@advancedfst.co.za www.advancedfst.co.za 46

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

Drape Net SA is a cost-effective alternative for protecting tree crops from hail, sunburn, wind damage and specific insects; also used successfully as anti-bee netting for seedless citrus. Our team combines a lifetime of hands-on orchard experience, manufacturing durable, high quality guaranteed, cost-effective tree crop protection netting and machine manufacturing. You determine the commodity and the purpose and we supply the nets. You can put nets up for hail and sleet, sunburn and wind as well as specific insects and birds. If you don`t put up hail nets, you may as well give up farming. You want hail nets to transmit as much light as possible because they`re usually covering high value crops for most of the season and you don`t want to influence the red colour. For sunburn on green varieties you want a dark net so you can prevent as much sunburn as possible. Sunburn can reduce the yield of export quality fruit to as much as 40% in susceptible cultivars such as Granny Smith. Put Drape Net SA nets up and you can shift YOUR PACKOUT TO 85%+; your fruit quality improves dramatically and the fruit is greener. Colour can likewise be less intense under nets, however fruit tends to be larger, although less so with white or translucent nets. Smaller fruit especially Granny`s is believed to be due to over-irrigation, insufficient fruit thinning or increased tree vigour. Cost is an obvious drawback. But there is general agreement that nets quickly pay for themselves when they are used appropriately. Drape Net SA nets are almost a third of the cost of structured nets. If your yield was around 60 tonnes, you could make an additional R100 000 per hectare which is roughly the cost of your Drape Net’s cost per hectare depending on the row widths and the size of the trees covered. Climate change is set to boost net use even more. Everyone agrees that nets lower the water requirements of trees. Research done by the water research commission indicates a 12% saving in the mild Witzenberg Valley. Savings tend to be greater under more severe and extreme conditions. Nets will play a much more prominent role, given the drought and growers need to generate income.

Drape Net SA has been the original, South African, locally tested market leader in non-structural nets for the past 10+ years. Visit out website at:

www.drapenetsa.com DRAPE NET SA. OUTSTANDING RESULTS YEAR AFTER YEAR.

Can you afford not to be protected?? WE WON’T BE BEATEN ON PRICE, QUALITY, MACHINERY OR EXPERIENCE IN THE FIELD OR ANYWHERE.

If water, hail, sunburn is limiting your crop you have to increase the yield of what you have. You have to increase your pack-outs and how do you do that? By reducing sunburn and wind damage. Bees and structured nets are not compatible. Nets also impact the quality of flower buds and this can lead to reduced fertility and yields over several seasons. Draping the trees at fruit set or golf ball size and removing drape nets immediately after harvest and leaving the trees exposed until pollinationensures complete success. It is possible to spray effectively through draped nets by using higher air volume settings. Trials were done by Drape Net SA. Regarding spraying trials, videos are posted on the Facebook page. Fruit flies, codling and false codling moths appear to be less numerous and prevented from going through the net.

Order in time to avoid disappoinment. Contact Jan le Roux at drapenet@gmail.com or cell: 074-104-6880 or visit Drape Net SA on Facebook. www. .com

ProAgri 242 – April 2020

47


Agri4all 48

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

49


Agri4all

MANUFACTURERS OF:

Wire Mesh Staff Lockers

ff esh sta Wire m ers lock le) vailab oors a (1-6 d

Round and square Dump-bins Different sizes of stacking baskets Wire mesh staff lockers (1-6 doors available) and many other wire display products.

Pharm a bask cy ets

Stack able (vario baskets us availa sizes ble)

Squ are Dum pb - co ins llaps ible

Rou dump nd -bins

Tel: 012-333-0229 • Fax: 086 514 7503 Email: info@wireworx.co.za www.wireworx.co.za

www.inkwazipumps.co.za 50

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

You can grow in the soil or hydroponics. We supply and erect structures anywhere in RSA. We can do turnkey so that means your veggies are planted and the whole setup is in working order when we leave the site. Hydroponic practical courses and help on-site can also be arranged. We are a one-stop-shop for structures, irrigation, fertiliser, sawdust, plant bags, drippers, dripper lines etc.

GROW YOUR OWN VEGGIES

C e ll: 0 8 2-35 2-5 4 4 5 / 0 8 2-4 5 1-74 4 9

for home or commercial

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

51


Agri4all 52

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

53


Agri4all

WE FOCUS ON PERFECTION WE BUILD LASTING PARTNERSHIPS. OUR PIVOTS ENSURE OPTIMUM PRODUCTION EFFICIENCY AND MANAGEMENT.

54

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

WE MANUFACTURE HIGH QUALITY CENTRE PIVOTS

Tel: 082-451-3754, 072-344-0683, 051-435-7778 www.talbert.co.za

|

douw@talbert.co.za

facebook (Talbert Pivots Pty Ltd)

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

55


Agri4all

Spaar TYD en GELD met Gallagher se bekragtigers • Werk oor lang afstande • Kry onmiddellik kennis van probleme Vind uit voor hulle weet Eerste in die wêreld: Gallagher i Series Fence Energizer Systems maak dit vir jou moontlik om jou heining vinnig en maklik te moniteer. Word dadelik ingelig van probleme sodat jy dadelik kan optree. Spaar dus TYD en GELD. Vind uit hoe die i Series Fence Energizer Systems die kommunikasiekanaal tussen jou en jou heining kan oopmaak; besoek www.gallagher.com.

M1800i Die stelsel lewer 18 joules oor ’n afstand van tot 17 km oor twee lyne. Dit is maklik om op te stel en sal nie jou geduld beproef nie. Hierdie is die perfekte eenheid vir jou plaas.

nou slegs

R5 796,58 BTW uitgesluit

Spesiale aanbieding

terwyl voorraad hou!

M2800i Die masjien dek 20 km op twee lyne en lewer 28 joules. Wil u meer winsgewend boer? Belê in ’n geëlektrifiseerde heining met ’n kragtige masjien.

nou slegs

R6 267,61 BTW uitgesluit

Aflewering ingesluit na enige dorpsadres in S.A.

81 56

YEARS OF CELEBRATING THE SPARK

ProAgri 242 – April 2020

Kontak ons op proagri@gallagher.com of

Tel: +27 11 974 4740 www.

.com


Agri4all

A SMALL CHANGE CAN HAVE A HUGE RESULT

CALL US TO INCREASE YOUR OLD HAMMER MILLS’ CAPACITY

www.drotsky.co.za 011 864 1601 | 083 267 3286 | alomia@drotsky.co.za www. .com

ProAgri 242 – April 2020

57


Agri4all 58

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

59


Agri4all 60

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

61


Agri4all

Kristaltegnologie bied omgewingsvriendelike plaagbeheer en groeibevordering Jong sitrusboompies: Die foto’s is vier weke uitmekaar geneem. Let op die kleurverandering, ook in die groot bome in die agtergrond, en die groeikrag nadat frekwensiebehandeling toegepas is. Soortgelyke resultate is ondervind op koringlande wat geel geword het en binne een week herstel het met frekwensies. Verminder jou chemie, verlaag jou residuvlakke en vermeerder jou produktiwiteit. Kristalfrekwensies teiken spesifieke spesies, enige plek in die wêreld, sonder om ander spesies soos bye en predatore aan te tas. Die gevorderde stelsel is aanpasbaar vir mutasies en variasies binne spesies. Kwantumkoppeling word gebruik om om die frekwensies onmiddelik op enige oppervlakte in die wêreld te plaas, en dit is meetbaar. Om die volledige pakket van insekbeheer en groeibevordering te kry kos net R1 200 per hektaar per jaar, met korting vir groter plase. In ’n melkproduksieproef is die kragvoer met 30% verminder en produksie het konstant gebly, en in ’n proef met lêhenne is lêmeel vervang met mielies en produksie het konstant gebly.

Kristaltegnologie kan ingespan word vir ’n baie wye reeks toepassings: • Beheer van virusse, bakterieë, swamme, plant- en dieresiektes • Insek- en plaagdierbeheer soos rotte, voëls, ape en jakkalse

Pest Vibes: R800 vir 40 m dekking R1 200 vir 200 m dekking Tuinfeëtjie: R800 vir 40 m dekking Wellness: R800 Aqua Struct: R1 200 vir 25 mm waterpyp Auto Struct: R800

• Stimulering van grondorganismes vir beter plantgroei en opbrengsgehalte • Besproeingslyne en druppers kan skoongemaak word • Dood alge in damme en swembaddens chemiesvry • Huishoudelike produkte is ook beskikbaar vir plaagbeheer (Pest Vibes), beter groei en beskerming teen rypskade (Tuinfeëtjie), verminderde watergebruik (Aqua Struct), persoonlike gesondheid (Wellness-hangertjie) en 10 tot 15% beter brandstofverbruik (Auto Struct)

Verminder skadelike insekte soos vals kodlingmot, stinkbesies, vrugtevlieë, makadamiaboorders, stamboorders en blaaspootjies.

Frekwensiebeheer word vanaf Benoni toegepas en word nie geraak deur die koronavirus nie. Jan du Plessis / 082 429 4055 / info@agrifrequencies.com / www.agrifrequencies.com 62

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

63


Agri4all

www.

TheSunPays co.za

Solar panels

Low & High pressure solar geysers, Auxiliary tank included.”

5kVA / 4kW 80 Ah 48V MPPT inverter No installation included

AGM Gel batteries

082-515-1655 / 012-734-0915

www.thesunpays.co.za

All prices include VAT / Free delivery 100 km from Cnr Van Rooyen and Nolte str, Rayton

Full prices and specs on www.thesunpays.co.za

64

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

Gelisensieërde Groothandelaars in Brandstofverspreiding

HOOFKANTOOR 082-323-0695 winkelhaak@mweb.co.za nico@winkelhaak.co.za

www.winkelhaak.co.za

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

65


Agri4all

POOL, SPA AND KOI PUMPS The greatest name in swimming pool, spa and bathtub pumps in South Africa and throughout the world. After more than 50 years Speck Pumps SA continues in the fine tradition of manufacturing and producing innovative, superior designed high quality pumps for the swimming pool, Koi and Spa industries together with the back-up of outstanding service and a spares network nationally, the rest of the African continent and the Indian Ocean Islands.

marketing@speck-pumps.co.za www.speck-pumps.co.za

HEAD OFFICE CAPE TOWN BRANCH P.O. Box 39340 Capricorn Square, 7948 Unit 7, Southern Cross Village, Capricorn Boulevard South Capricorn Park, Muizenberg, 7945

DURBAN BRANCH P.O. Box 267 Pinewood, 3600 Unit 1 & 2, Goodwood Park 10 Goodwood Road Westmead, Pinetown, 3610

+27 21 704- 1143 +27 21 709- 4374

a variety of natural colours.

66

ProAgri 242 – April 2020

+27 31 700- 8005 +27 31 700- 8006

JOHANNESBURG BRANCH P.O. Box 2425 Bedfordview, 2008 4 Bart Street, Wilbart Germiston,1609 +27 11 455- 4300 +27 11 455- 1949

PRETORIA BRANCH P.O. Box 2425 Bedfordview, 2008 Unit 4, 123 Mosaic Street Silvertondale, Pretoria, 0184 +27 12 804- 1294 +27 12 804- 1295

comes in

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

67


Agri4all 68

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

69


Agri4all 70

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all

Aaron Cullis – 071 235 4445 Landline – 021 910 4783 sales@urbanorganics.co.za www.urbanorganics.co.za –

– Urbanorganicssa – Urbanorganics_sa

• Urban Organics is a hydroponic manufacturer of proudly South African and award-winning systems. • We offer a range of DIY systems for household growing which has been our core business for 3 years. • We have innovated our systems and through this have created larger systems for commercial growers. • We currently do presentations in an attempt to educate the population of South Africa to encourage more sustainable growing. • Our systems are endorsed by top chefs and the WCDoA to roll-out further projects using our load shedding-proof systems.

www. .com

ProAgri 242 – April 2020

71


Agri4all

UPLOAD YOUR NEW OR USED AGRI-PRODUCTS FOR FREE, IN 3 EASY STEPS NO TIME? We will upload your products for you, FOR FREE. Contact us here and we will do the rest. nita@agri4all.com

ProAgri VARS NUUS DAAGLIKS! www.proagri.co.za

72

ProAgri 242 – April 2020

www.

.com


Agri4all



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.