3 minute read
Reinke maak boere se drome waar
from ProAgri SA 254
by ProAgri
Die plaas Welgelegen naby Oesterbaai is die Strydom-familie se tuiste al van 1904 af. Johan Strydom vertel hoe sy pa se droom om ՚n spilpunt hier op te rig waar geword het. Daar is genoeg wind om die windturbines in die agtergrond aan te dryf, maar nie om ՚n Reinke-spilpunt te laat omkantel nie.
gepomp is en die laers gesmeer is, hoef Johan nie verder oor die spilpunt se versiening bekommerd te wees nie. “Indien daar iets fout gaan, of as ek raad nodig het, is Franco Nel altyd beskikbaar om te help,” vertel Johan. Reinke is alombekend vir hulle unieke spilpuntstruktuur. Dit is ontwerp om die sterkste moontlike struktuur met die kleinste hoeveelheid staal te wees. Daarom betaal die boer nie vir onnodige staal aan die struktuur nie en kry die beste waarde vir die spilpunt se aankoopprys. Buiten die unieke ontwerp, word Reinke-spilpunte van hoë-spanningstaal vervaardig wat lig, maar sterk is. Dit is ook so ontwerp dat die struktuur se swaartepunt so laag as moontlik gehou word om te verhoed dat die spilpunt in sterk wind omval. Om duursaamheid te verseker, word al die staaldele behoorlik versink om
Advertisement
“Dit was nog altyd my pa se droom om ՚n spilpunt op die plaas op te rig,” vertel Johan Strydom van JDW Strydom Boerdery naby Oesterbaai in die Oos-Kaap. Die Strydoms boer al van 1904 af op dieselfde plaas, genaamd Welgelegen. Johan Strydom het na deeglike navorsing besluit om ՚n sestoring Reinke-spilpunt op te rig om te sorg dat daar regdeur die jaar genoeg weiding vir sy melkbeeste is. Die spilpunt het ՚n 18-meter oorhang en hou altesaam 44,3 hektaar se weiding regdeur die jaar groen, nat, en voedsaam. Die Strydoms plant ՚n mengsel van hawer, raaigras, sorghum en kikoejoegras onder die spilpunt. Die pomp word deur ՚n 37-kW motor aangedryf wat genoeg dryfkrag lewer sonder om die kragrekening die hoogte in te jaag. “Die diens wat ons by IrriAgri ontvang het, het die deurslag gegee,” vertel Johan. “Hulle was betrokke by die hele proses van die beplanning tot die oprigting. Hulle het ook gehelp om die nodige kraglyn en drie transformators op te rig wat die pomp en spilpunt van krag voorsien.” Johan geniet die gemaklike beheer wat die Reinke Advanced Plus-beheerkas vir hom bied. Die spilpunt en pomp skakel outomaties aan en af op die tye wat Johan vooraf geprogrammeer het. Die radiobeheerstelsel stel Johan in staat om die volle voordele van die Reinke Advanced Plus beheerkas te geniet, sonder om afhanklik te wees van selfoonontvangs. “Die stelsel is maklik om te gebruik,” sê Johan. “Daar is niks waarmee ek hoef te sukkel nie. Die koeie se weiding is konstant en betroubaar, wat beteken dat die melklewering ook beter is. Dit is die verskil wat Reinke se spilpunt op die plaas maak.” Sedert Johan die spilpunt in 2020 opgerig het, was daar nog geen herstelwerk nodig nie. Buiten om te sorg dat die ratkaste olie het, die bande
Johan bestuur die besproeiingstelsel sonder moeite deur die Reinke Advanced Plus-beheerkas. Patrick Ellis van Reinke; Johan Strydom, boer; en Franco Nel van IrriAgri spog met die 44,3 hektaar weiding wat nou immergroen is danksy die Reinke-spilpunt.
beskerming te bied teen roes en verwering. “Omdat die spilpunt so naby aan die see is, is die gehalte van die versinking vir ons baie belangrik,” verduidelik Johan. “Reinke bied nie net ՚n besproeiingstelsel nie, maar die totale besproeiingsoplossing,” sê Patrick Ellis, direkteur van Reinke SA. “Ons besef elke boer het unieke behoeftes, daarom ontwerp ons elke stelsel om by daardie kliënt se spesifieke behoeftes te pas.”
Vir meer inligting oor Reinke se besproeiingstelsels wat jou sak en behoeftes pas, praat met Patrick Ellis by +27-(0)31-350-4525, of stuur ՚n e-pos aan patrickellis@ reinke.com.