3 minute read
Gras is goed, maar voeding verg meer: Vul fosfaat en proteïene
from ProAgri SA 254
by ProAgri
Gras is goed, maar voeding verg meer:
Vul fosfaat en proteïene aan met Bolifor® MAP
Advertisement
Genoeg reën in die meeste dele van ons land het ons diere vanjaar met groot happe aan die goeie gras laat smul. Maar nou staan die somer einde se kant toe. Graspolle is volgroeid en besig om saad te skiet. Die gehalte en voedingswaarde van die gras neem met die begin van herfs en winter vining af. Vir behoud van kondisie en voortgesette produksie is dit dus noodsaaklik dat die nodige voedingstowwe in die vorm van lekke aangevul word. Lae gehalte gras is in die winter die hoofsaaklike bron van beskikbare energie vir weidende diere. Gras se gehalte word as laag beskou sodra die proteïeninhoud daarvan onder 6% daal (normaalweg is die proteïeninhoud van wintergras ongeveer 3%). Wanneer graspolle volgroeid is, neem die veselinhoud daarvan toe, terwyl die proteïeninhoud afneem. Die gras is dan ook minder smaaklik en moeiliker verteerbaar vir diere. Dit lei daartoe dat hulle minder van die gras van lae gehalte eet, wat tot ʼn afname in groeitempo, produksie en vrugbaarheid lei. Fosfaat dien hoofsaaklik as ՚n aanvulling in die nat seisoen, terwyl proteïene ՚n winterseisoenaanvulling is. Fosfaat is ՚n belangrike mineraal vir alle diere en is betrokke by verskeie metaboliese, neurologiese en sellulêre funksies. Daarom moet dit nie net in die somer aangevul word nie, maar ook in die winter. Die fosfaattekort in somerweiding bly gedurende die winter ook ՚n probleem. Alhoewel diere in die winter minder fosfaat benodig, het onlangse veldproewe bewys dat 'n groep diere wat gedurende die winter 'n gebalanseerde lek met proteiene, energie sowel as fosfaat ontvang het, in die volgende nat seisoen meer melk gegee het as die kontrolegroep wat gedurende die winter slegs ՚n proteïen- en energielek ontvang het. 'n Moontlike rede hiervoor is dat diere fosfaat in hulle beendere berg en dit dan vandaar onttrek wanneer voergehalte verbeter en die diere se behoeftes verhoog, of die onttrekking van fosfaat uit die bene gedurende die winter was minder omdat daar voldoende fosfaat in die lek was. Die aanvulling van fosfaat gedurende die winter help dus dat diere die tydperk van laatwinter na lente suksesvol oorbrug wanneer voldoende inname van fosfaatlekke gewoonlik ՚n probleem is. Proteïen- en fosfaataanvullings is ongelukkig van die duurder komponente in ՚n lek. Om te verseker dat u lekke en voere ook hierdie winter voldoende proteïene en fosfaat bevat, bied Yara Animal Nutrition dus Bolifor Mono-ammoniumfosfaat (Bolifor® MAP) aan die boer. Bolifor® MAP bevat ՚n unieke kombinasie van fosfaat en stikstof wat geproduseer word deur fosforsuur met 'n ammoniakbron te laat reageer. Hierdie reaksie word streng beheer om ՚n produk van konstante hoë gehalte te waarborg. Bolifor® MAP is vryvloeiend en bestaan uit fyn, wit korrels wat maklik met ander produkte meng. Die produk is reukloos en smaakloos sodat dit nie die smaaklikheid van ՚n mengsel nadelig beïnvloed nie. Bolifor® MAP bevat 26% hoogs beskikbare fosfaatdele en is die produk met die hoogste fosfaatinhoud. Behalwe fosfaat, bevat Bolifor® MAP ook 10% stikstof wat gelykstaande is aan 62,5% proteïene. Die stikstofinhoud dra by tot die proteïeninhoud van die lek en verhoog die mikrobeproteïenproduksie in die rumen, wat ook die weidingsinname stimuleer en sodoende meer energie aan die dier beskikbaar stel. Bolifor® MAP kan dus gebruik word om nie net die fosfaatkomponente in ՚n winterlek te vervang nie, maar ook ՚n gedeelte van die duurder proteïenbronne. As gevolg van die hoë fosfaatinhoud en die proteïensamestelling van die produk, bespaar die gebruik van Bolifor® MAP nie net ruimte in enige samestelling nie, maar verminder ook die vervoerkoste per eenheid fosfaat. Dit is belangrik om te verseker dat geen voedingstoftekorte diere se produksie gedurende die winter nadelig beïnvloed nie. Gebruik Yara Animal Nutrition se Bolifor® MAP om in sowel die fosfaat- as die proteïenbehoefte van jou kudde te voorsien.
Bolifor Monoammoniumfosfaat (Bolifor® MAP) gee jou diere ՚n voorsprong. Bolifor® MAP se vryvloeiende fyn, wit korrels meng maklik met enige ander produkte.
Fnuik voedingstoftekorte die winter met Yara Animal Nutrition se Bolifor® MAP-produkte.
Vir meer inligting oor Yara Animal Nutrition se Bolifor® MAP-produkte, kontak vir Alina Taute by (+27)82-322-0333 of stuur ՚n e-pos na alina.taute@yara.com. Besoek ook die webtuiste
by http://www.yara.co.za/
animal-nutrition.