3 minute read

Voer jou vee vir sukses-met Rumax se rugsteun

deur Jaco Cilliers

Voer maak die verskil tussen sukses en mislukking in veeboerdery. Dit weet almal. Goeie voer verbeter produksie en verlaag die veeartsrekening. Die gehalte van die voermengsel moet ook konstant gehandhaaf word om die beste moontlike produksiesyfers te verseker. Om die voer se gehalte deurgaans dieselfde te hou, en die voerrekening laer te hou, besluit al hoe meer boere om self voer te meng. Rumax, die boer se verskaffers van topwerktuie, verstaan die belangrikheid van voer en dat die proses van voerverwerking veel vroeër as by die voermenger begin. Die gehalte van die grondstowwe wat vooraf verwerk word is net so belangrik soos die uiteindelike voermengsel. Daarom verskaf Rumax ՚n reeks voerverwerkingstoerusting om die boer in die hele voerproses te dien – vanaf misstrooiers tot hamermeulens, voermengers en pilmasjiene. Met hierdie toerusting verbeter die boer sy weiding en meng ook voer van ՚n deurlopende hoë gehalte wat sy diere beter laat presteer. Jaco Pieters het Rumax in 1999 begin en vandag, 22 jaar later, is Rumax verstandige boere se voorkeurkeuse vir voermengers en ander werktuie. “Ons wou ՚n hamermeul bou wat nie stof maak nie, en in daardie stadium was daar nie so iets op die mark beskikbaar nie,” vertel Jaco. “Ons het ՚n hamermeul ontwerp waar die motor die meul regstreeks aandryf. Die uiteinde was ՚n hamermeul met hoër doeltreffendheid, maar minder slytasie.” Vandag gebruik boere op plase regoor Suid-Afrika Rumax-toerusting om net die beste voer aan hulle diere op te dis.

Advertisement

Die Rumax-reeks sluit die volgende in:

Misstrooiers

Misstrooiers word gebruik om mis, kompos of houtskyfies uit te strooi en word meestal vir weiding en boordboerdery aangewend.

Hamermeulens

Rumax se hamermeulens is beskikbaar in groottes tussen 2,2 en 55 kW wat vir die maal van graan en ruvoer gebruik word. Daar word nie van wind gebruik gemaak nie, wat energie bespaar. In plaas daarvan dat die gemaalde produk uitgeblaas word, word dit deur ՚n skroef uitgevoer.

Rumax se volvoermengers is in drie verskillende groottes beskikbaar wat wissel tussen 7 m3, 9 m3, en 15 m3. Behalwe vir die volvoermengers is daar ook lekmengers wat in 0,5 ton, 1,5 ton en 2 ton groottes beskikbaar is.

Rumax-hamermeulens wissel van 'n 2,2 kW om graan te maal, tot die reuse 55 kW modelle wat heel rondebale fynmaal voordat dit in die volvoermengers ingevoer word.

lekmengers wat elkeen in drie verskillende groottes vervaardig word. Die volvoermengers kom in 7 m3, 9 m3 , en 15 m3 terwyl die lekmengers in 0,5 ton, 1,5 ton en 2 ton groottes beskikbaar is.

Alle Rumax-toerusting word vir 12 maande gewaarborg. Die toerusting is so ontwerp dat dit so min as moontlik versiening verg. Die lemme, laers en ander onderdele kan by Rumax self bestel word en sal binne ՚n dag of twee op die plaas afgelaai word. Meeste van die onderdele is ook by die naaste koöperasie beskikbaar. “Die belangrikste deel van die besigheid is ons diens aan die boere,” sê Jaco. “Enige boer kan my direk kontak indien daar enigiets is waarmee hy hulp nodig het. Al die werktuie wat ons vervaardig kan aangepas word om by die boer se spesifieke behoeftes te pas.

Gee jou kudde die Rumax-voorsprong met goeie gehalte veevoer. Kontak Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070, of stuur ՚n e-pos aan jaco@rumax.co.za. Besoek ook www.rumax.co.za om Rumax se hele reeks wenwerktuie te sien.

This article is from: