3 minute read
Beskerm jou boord of wingerd met PlusNet se bobaas skadunet
from ProAgri SA 254
by ProAgri
Slaan risiko’s hok:
Beskerm jou boord of wingerd met PlusNet se bobaas skadunet
Advertisement
Soos ՚n trop gulsige jakkalse om ՚n skaapkraal omring ՚n hele spul risiko’s elke boer elke dag. Die risiko’s neem gedaantes aan van klimaatstoestande, plae, peste, siektes, prysskommelings, natuurrampe soos droogtes en oorstromings, misdaad en vele meer. Teen party van die risiko’s het die boer geen verweer nie en hy moet maar probeer om sy verliese deur versekering te bekamp. Dit is natuurlik nie die aller oplossing nie, want die verdere skakels van die landboubedryf soos verwerking en verspreiding ly steeds as daar nie landbouprodukte is om te verwerk en te versprei nie. Maar daar is ook verskaffers wat bankvas agter die boer staan en hulle vernuf aanwend om die boer teen sekere risiko’s te beskerm sodat hy steeds kan produseer. Een so ՚n verskaffer is PlusNet, wat vernuftige tegnologie aanwend om boere se gewasse en boorde teen mikroorganismes, voëls en insekte te beskerm sodat hulle ononderbroke oeste van hoogstaande gehalte kan lewer. PlusNet vervaardig 20 tot 90% digte landbouskadunet. Of jy met sitrus, druiwe, appels, avokado’s of neute boer, PlusNet se skadunet is doelgeskik ontwikkel om jou gewasse te bedek en te beskerm. “PlusNet is al 25 jaar in die bedryf en stap graag ՚n pad met elke boer,” sê Izak Meyer, verkoopskonsultant van die Sentrale en Noordoostelike streke van Suid-Afrika. Izak sê: “Ons skadunet is vir tien jaar gewaarborg, maar hou baie langer. Dit bied fisiese beskerming, en die verskillende digthede van die nette skep ՚n gunstige klimaat en optimale temperatuurbeheer wat jou vrugte en boord se prestasie aansienlik verhoog. Die verhoogde opbrengs en die gehalte van die produkte wat aan die mark gelewer word beteken meer geld in die boer se sak. Daarom kan die boer die kapitaaluitleg binne die eerste drie seisoene terugkry.” PlusNet se skadunet is sonder twyfel ՚n waardevolle bate vir enige boer. Izak vertel hoe een van sy kliënte onlangs ՚n hewige haelstorm, gepaard met ՚n sterk wind, op die plaas gehad het. Die nette het die sitrusboord doeltreffend beskerm. Die betrokke PlusNet-skadunette was reeds 14 jaar oud, maar dit het die hael en wind dapper deurstaan. Tydens die storm het van die houtpale waarvan die struktuur gebou is gebreek, maar die skadunet het nie ՚n enkele skeur in gehad nie. Voordele van die skadunet sluit ook in dat hierdie nette nie net plante en vrugte teen omgewingsgevare beskerm nie, maar dit beskerm die boord ook teen sonskade. Minder verdamping lei tot beter waterbenutting om die boord se prestasie aansienlik te verbeter. Die vermindering van hittespanning op gewasse het ook ՚n groot positiewe uitwerking op die fotosinteseproses. Minder wind, son, rypskade en haelskade verseker dat die vrugte beter kleur, gladder skille en ՚n hoër opbrengs per boom het. “Ons stel ons kliёnte altyd eerste,” sê Izak. “Ons hou daarvan om persoonlike aandag te gee en uit te gaan na die plase om boere te help om die regte skadunet vir hulle spesifieke behoefte, gewas en streek te kies. Deel van PlusNet se beleid is om die pad saam met hulle klante te stap en die beste produkte te lewer, asook om van dag een af betrokke te wees by die hele proses — vanaf ontwerp, keuse van net en oprigting tot besoeke aan klante om seker te maak dat hulle nog tevrede is en om meer te leer oor boere se behoeftes.
PlusNet vervaardig 20 tot 90% digte skadunet met 'n UVweerstand.
Herman de Klerk, produksiebestuurder van Somerhoek Boerdery, en Izak Meyer, verkoopskonsultant van PlusNet, het die risiko van peste en plae wat Somerhoek se wingerde bedreig hokgeslaan met die netjiese skadunette wat onlangs op die plaas opgerig is. Herman is in sy skik met die verbetering wat die nette in sy wingerde maak.
Jy kan ook PlusNet se nette inspan om risiko’s in jou wingerde en boorde hok te slaan. Praat vandag nog met die verkoopskonsultant in jou gebied, skakel vir Izak Meyer by (+27)82-323 -8879 of stuur ՚n e-pos na nets@plusnet.co.za. Besoek ook die interessante webwerf by www.plusnetgeotex.co.za.