
7 minute read
Kies presies die regte presisietoerusting vir jou plaas
from ProAgri SA 254
by ProAgri
Sodra jou stroper se presisietoerusting reg is, kan jy na die ander afdelings van presisieboerdery begin kyk.
Advertisement
Boere boer al hoe slimmer. Die dae wat ՚n boer sonder ՚n rekenaar of slimfoon oor die weg kon kom is verby. Tegnologiese vooruitgang en voortdurende ontwikkeling veroorsaak dat elke boer wat mededingend wil bly vandag net soveel tyd voor ՚n skerm moet bestee as agter die bakkie of trekker se stuurwiel. Boere steun al hoe swaarder op tegnologie om doeltreffend te kan boer, want daar moet seker gemaak word dat elke druppel water en korrel kunsmis verreken word om elke pit en plant ten beste te laat presteer. Om die boer daarmee te help, is ՚n groot verskeidenheid presisietoerusting beskikbaar, en elke verkoopskonsultant vertel die boer sy produk is die beste. Hierdie tegonologie kos natuurlik ook geld. Om R170 000 (sonder BTW) vir ՚n basiese skerm te betaal, is glad nie ongehoord nie. In baie gevalle vind die boer dan later uit dat die toerusting hom nie in staat stel om alles te doen wat hy graag sou wou doen nie, en dan kom daar verdere uitgawes om die stelsel op te gradeer. Dit is nie net boere wat vir die eerste keer met hierdie tipe toerusting te doen kry nie, maar ook gesoute presisieboere wat al dikwels ՚n kat in die sak gekoop het. In ՚n mededingende landboumark bestaan daar nie meer iets soos ՚n swak produk nie. Indien ՚n maatskappy se produk nie op standaard is nie, sal hulle dit doodeenvoudig nie oorleef nie. Daarom is alle presisieprodukte ook oor die algemeen op ՚n redelik hoë standaard. Die verskil kom egter in wanneer die produk nie geskik is vir die toepassing waarvoor hy aangekoop is nie. Hoe moet ՚n boer dan maak om seker te wees dat hy nie iets ten duurste koop waaroor hy later gaan spyt wees nie? ProAgri het met ՚n paar kenners gaan gesels om die volgende lys wenke saam te stel om te sorg dat jy presies die regte toerusting vir jou boerdery kies:

Besluit waar jy oor vyf of tien jaar wil wees Die eerste stap is om te besluit wat die doel met die toerusting is. • Wil jy graag jou eie voorskrifkaarte vir saad en kunsmis kan skryf? • Of wil jy net inligting insamel sodat die landboukundiges die voorskrifkaarte vir jou skryf? • Wil jy meer ton per hektaar oes? • Of wil jy jou insetkoste beter bestuur? Hierdie is van die vrae wat die boer homself moet afvra voordat hy begin geld bestee aan presisietoerusting. Indien die boer ՚n seun het wat binne die volgende paar jaar by die boerdery gaan betrokke raak en later sal oorneem, is dit ՚n goeie gedagte om hom ook by hierdie proses te betrek. Jy wil dalk oor vyf jaar aftree, maar jou seun wil dalk nog dertig jaar op die plaas boer en moontlik uitbrei. Wat sal die beste wees oor die langer termyn?
Jy hoef nie die nuutste en beste planter te hê om presisieboerdery toe te pas nie. Jy moet net seker maak dat jou planter behoorlik werk en akkurraat plant.
Waar begin ek? Na ՚n deeglike kajuitraad het die boer nou ՚n medium- en langtermynplan, en hy kan daarvolgens begin werk aan wat hy nodig het om daardie bepaalde doelwitte te bereik.




Wat kom dan nou eerste? Volgens Danie Bester, boer en eienaar van Deep Water Trading, is jou stroper die beginpunt. Die stroper meet wat die werklike stand van sake met jou gewasse is. Elke meter van elke land word deur die stroper gedek en die produksie daarvan word gemeet. Hierdie inligting gaan bepaal waar die volgende stappe op jou pad na presisieboerdery lê. Die moderne stropers, trekkers, planters, kunsmisstrooiers en ander werktuie word almal vanuit die fabriek toegerus met presisietoerusting, of minstens met die vermoë om hierdie toerusting later te kan aanbring. Kyk na wat jy het en wat jy dan moet aanvul om by jou uiteindelike doel uit te kom. Selfs ouer toerusting (20 jaar plus) kan toegerus word; daar is vervaardigers wat dit kan doen.
Grondchemie Noudat jy die inligting het wat deur die stroper versamel is, kan jy sien waar daar swakker kolle as ander op jou lande is. Die volgende stap is om grondmonsters te neem en te stuur vir ontleding. Die uitslae van hierdie ontledings sal bepaal waar jou grond sekere chemiese tekorte het wat jy dan met aanvullings kan regstel. Die volgende presisietoerusting wat jy dan kan gebruik is om jou kalk- en kunsmisstrooier te programmeer sodat jy presies die regte hoeveelheid kalk of kunsmis op presies die regte plekke kan strooi. Dit speel ՚n groot rol om vermorsing of onnodige toediening te verhoed en sodoende jou insetkoste te verlaag. Grondbewerking Die vorige oes is van die lande af, jou regstellings is gedoen, en nou is dit tyd om die grondbewerking reg te doen. Weer eens is daar ՚n verskeidenheid presisiewerktuie beskikbaar en jou keuse hang weer af van jou uiteindelike doel. Die trekker kan met selfstuurtegnologie toegerus word om brandstof te bespaar en presies die regte lyne op die lande voor te berei vir die komende plantseisoen. Dit sal veral ՚n groot rol speel vir boere wat bewaringsboerderymetodes en spoorverkeer wil toepas.
Planttyd Jy het nie die nuutste planter nodig nie. Jy het wel die akkuraatste planter
nodig. Die presisietoerusting wat saam met jou planter werk is seker naas die stroper die belangrikste. Jy is immers besig om die volgende seisoen se oes te plant. Maak dus seker dat jou planter heeltemal reg werk, en dat die operateur behoorlik opgelei is. As jy nie self plant nie, is dit goed om te kyk na presisietoerusting wat met Remote View toegerus is. Dit gaan jou toelaat om alles te sien wat in die trekker se kajuit en met die planter aangaan. Indien daar ՚n probleem is, kan die boer dadelik ingryp en die nodige regstellings maak. Die stelsel wat die planter dophou moet nie net die saadplasing reguleer nie, maar ook die kunsmisplasing. Dit speel ՚n baie groot rol om die gewasse gelyk te laat opkom om mededinging tussen die rye te voorkom. die samestelling van die spuitstof kan berg. Indien jou spuit so ՚n stelsel het, doen die moeite om die topbemesting of blaarvoeding se samestelling in te tik. Dit gaan vorentoe help met die bepaling van die persentasie mikrovoedingstowwe wat die gewasse nodig het, en kan weer eens onnodige toediening voorkom.
Algemene riglyne Jy kan die beste en duurste toerusting besit en steeds misluk met presisieboerdery. Daar is twee faktore wat deurgaans ՚n uiters belangrike rol speel. Die eerste een is die akkuraatheid al die toerusting. Sorg dat alle toerusting haarfyn gekalibreer word om so akkuraat as moontlik te meet. Dit help nie dat jy al die stappe volg en die kalibrasie afskeep nie. Om te meet is om te weet, maar as jou maatstok krom is gaan dit niks help om te meet nie. Tweedens moet die boer sorg dat die sagteware waarmee die inligting verwerk en verstaanbaar aangebied word, doeltreffend werk. Die boer moet ook die nodige kennis opbou om die sagteware en toerusting ten volle te kan benut. Laastens het Danie ook die volgende wenke vir boere gegee: • Koop eerder ՚n veeldoelige stelsel wat op soveel as moontlik van jou werktuie kan werk, as goedkoper stelsels wat beperkte funksies het. • Sorg ook dat die stelsel wat jy kies toekomstige uitbreiding sal toelaat om makliker by jou langtermyndoelwitte uit te kom. • Gaan praat met mense wat al self gesukkel het; nie net met verkoopsagente nie, maar met boere wat al deur die proses is.
So kan jy presies kies wat by jou boerdery en by jou sak sal pas.
Presisietoerusting stel jou in staat om jou opbrengs te verhoog en insetkoste beter te bestuur deur ingeligte besluite te neem. Kontak gerus vir Danie Bester by 083-486-5988 of stuur ՚n
Spuite en ander toedieners e-pos na rietbult@mweb.co.za Die tegnologie is vandag van so ՚n aard of danetidf@gmail.com vir dat die spuit se presisietoerusting ook meer inligting.

