3 minute read
Boer beter met Valtrac toerusting
from ProAgri SA 254
by ProAgri
Daar is min tonele so mooi soos ՚n span trekkers wat saamwerk. Hierdie twee Valtra N123s (voor) en die Valtra T191 stap flink deur die land om die grond diep los te maak met skeurploeë.
Boer vooruit met tawwe trekkers en wenwerktuie
Advertisement
Valtrac verstaan boerdery en ook dat elke boer sy eie, unieke behoeftes het. Daarom kies Nico Hendriks telkens Valtrac as verskaffer van al sy landboutoerusting. Hy sê: “Dit is produkte van ՚n boer, vir boere. Valtrac is deur ՚n boer (Wynn Dedwith) begin, en 24 jaar later boer hy nog steeds. Valtrac se persoonlike diens, die gehalte van hulle produkte, die beskikbaarheid van onderdele en die ondersteuning wat hulle aan die boer bied, is die beste wat ek nog ooit beleef het.” Nico het in 1996 naby Ellisras begin boer met twee Volvo BM600-trekkers. Die betroubaarheid en werkverrigting het hom so beïndruk dat hy nie vir ՚n oomblik gehuiwer het om die Finse Valtra-trekkers, wat uit dieselfde stal as die Volvo’s kom, aan te skaf nie. Vandag besit Nico ՚n hele vloot Valtra-trekkers wat enige taak op die plaas met voortreflike doeltreffendheid afhandel. Hy boer met uie, aartappels, saadmielies en weiding. Hy het ook beeste en wildskampe op die plaas. Nico se vloot bestaan uit ՚n Valtra T191 (147 kW), Valtra T193 (147 kW) met ՚n driepunthyser en kragaftakker voor aan die trekker, twee Valtra N123-trekkers en ՚n Valtra N134. Valtra-trekkers is ՚n toonbeeld van betroubaarheid, en Valtrac se uitstekende naverkopediens verseker dat Nico se Valtra-vloot voltyds hard aan die werk bly. “Valtrac bied ՚n produk van goeie gehalte, uitstekende diens, daar is altyd onderdele beskikbaar, en daar is altyd ondersteuning vir die boer. Dit maak dit maklik en sinvol om Valtrac oor en oor te kies,” sê Nico. Die ses-silinder T-Reeks Valtratrekkers is alombekend vir hulle AGCO Power-enjins wat goeie krag lewer, selfs teen lae omwentelinge. Die 36 ratte sorg vir uitstekende brandstofverbruik en werkverrigting. Nico gebruik sy T-reeks Valtra trekkers om skeurploeë en skottelêe te trek, en om deeglike saadbedvoorbereiding te doen. Om die saadbed voor te berei voordat hy aartappels en uie plant, span Nico die Valtra T-reeks voor sy Pöttinger Terradisc, ook deur Valtrac verskaf, in. Die Terradisc werk op die driepunthyser en is ontwerp vir vinnige vlakbewerking met deeglike snywerk. Die skottels word twee-twee saam aan ՚n balk gemonteer met reguit staalarms wat verhoed dat die skottels kant toe uitswaai. Reste word in gelyke stukkies gesny en deeglik ingewerk in die bogrond waar hulle kan afbreek om by te dra tot die grond se biologiese inhoud en tekstuur. Agter die skottels is ՚n stel vingers wat die saadbed mooi gelyk maak en heel agter volg ՚n roller vir vastrap. Die rollers sorg ook vir die dieptebeheer en dit word hidroulies vanuit die kajuit verstel. Die Valtra N-reeks is ideaal vir algemene boerdery, met die viersilinderenjin wat maksimum brandstofdoel-
Nico Hendriks se Valtra N134 het meer as genoeg krag om die Grimme GT 170 S te sleep, wat meer as 25 ton aartappels per uur oes.
treffendheid bied. Die N134 (99 kW) het goeie gewigsverspreiding, 'n sterk hyser en geslote hidrouliese stelsel wat dit toelaat om swaar take uit te voer soos om die Grimme GT 170 S-aartappeluithaler te trek, terwyl die kort draaisirkel tyd op die wenakker bespaar, veral onder spilpunte. Nico se trekkers is almal toegerus met hoër, smaller bande om gemaklik in die aartappellande te werk. As gevolg van die wye verskeidenheid take wat daagliks in ՚n boerdery verrig moet word, is dit soms moeilik om een verskaffer vir al jou behoeftes te kry. Volgens Nico sal hy op niemand ander as Valtrac staat maak vir meganiese toerusting nie. “By Valtrac is jy nie net nog ՚n kliënt nie; jy word deel van die Valtrac-familie. Dit is maklik om met hulle te werk en hulle is altyd vriendelik en behulpsaam. Valtrac is altyd net ՚n oproep ver, en as hulle nie oor die foon kan help nie, stuur hulle iemand plaas toe. Ek moes nog nooit langer as ՚n dag vir hulle wag nie. Ek het in die verlede ander trekkers gebruik, maar as gevolg van die uitmuntende diens het ek heeltemal oorgeskakel na Valtrac se toerusting,” sê Nico.
Skakel Attie de Villiers by 083261-9863, 056-817-8006 of stuur ’n e-pos aan attiedev@valtrac. co.za. Besoek ook www.valtrac. co.za om deel te word van die Valtra-familie.