1 minute read

Rooibosteeboere praat nou uit een mond

deur Tisha Steyn

Dit duur sowat 18 maande voor die plante vir die eerste keer geoes kan word. (Foto: Rooibosraad) is die navorsing nie holisties nie, en boere wat weet waaroor die bedryf gaan, word nie daarby betrek nie.

Advertisement

“Dit is vir ons ՚n groot kwessie om die volhoubaarheid van ons plantmateriaal en grondgesondheid te verseker, waarby klimaatsverandering ook ՚n groot rol speel.

“Die navorsing, bedryfsinligting en statistiek word nie volledig aan die boere deurgegee nie. Hier en daar gee verwerkers beperkte inligting, maar dit is te gebrekkig om die boere te help om ingeligte besluite te neem. “

Rooibosteeboere het gevolglik beperkte insae in statistiek wat markneigings aantoon. “Beter koördinering tussen al die rolspelers, van die produsente tot die verwerkers en bemarkers is nodig sodat ons ՚n holistiese strategie kan hê.”

Rooibosteeboere moet weet wat die mark verwag sodat hulle beter kan beplan. Tans is die pryse baie wisselvallig. Wanneer die prys hoog is, plant boere meer aan en dan val die pryse. Wanneer die prys laag is, koop verwerkers rooibos aan en berg dit op. Die gebergde rooibostee kom niks oor nie, maar die boere sit dan met ՚n oorskot wat hulle goedkoop van die hand moet sit.

Volgens Werner bestaan daar ՚n inligtingsvakuum wat met navorsing gevul moet word. Navorsing oor grondgesondheid, plantgenetika en boerderymetodes soos herlewings- en organiese boerdery is nodig. “Sertifisering vir organiese asook vohoubare boerdery raak al belangriker in die buiteland en ons het navorsing nodig sodat ons die mark kan laat groei.”

Die vereniging wil ook meer inligting aangaande die bedryf bekom sodat hulle met meer gesag daaroor kan praat. “Met die uitdagings met beurtkrag kon ander bedrywe hulle behoeftes deel, maar die rooibosteebedryf het nie ՚n gemeenskaplike spreekbuis gehad wat ons saak kon aanvoer nie.

“Ons is nie ՚n rebelle-organisasie wat ՚n prysoorlog met verwerkers wil verklaar nie, maar ons moet saam besluite neem en uit een mond praat tot voordeel van ons bedryf. Dit sal ons ook makliker toegang tot kapitaal gee sodat ons ons boerderye kan ontwikkel en uitbrei,” sê Werner.

Agri Wes-Kaap

Werner is dankbaar vir die hulp wat die Agri Wes-Kaap tot dusver aan die

This article is from: