2 minute read
Alles wat jou plaas benodig, op een plek.
from ProAgri SA 278
by ProAgri
Advertisement
bosluisdipmiddel aangewend word, sal meer volhoubaar op ekstensiewe plase gebruik kan word.
Omdat jakkalse gewoonlik so ՚n voorliefde vir kleinvee het, is dit nie seker of die aansmeermiddel op sigself sal werk nie, maar dit moet dalk gekombineer word met ander metodes, soos die gebruik van die e-shepherd, ՚n elektroniese apparaat wat soos ՚n virtuele heining werk om skape weg te hou van gevare.
Die doeltreffendheid en totale koste, wat arbeid insluit, sal vergelyk moet word met bestaande hulpmiddels soos byvoorbeeld Anatoliese herdershonde wat vee oppas, jakkalsbestande krale waar die vee snags gehou word, en herders, asook ՚n kontrolegroep waar geeneen van hierdie voorkomende maatreëls toegepas word nie.
Chavoux stel voor dat die toetse uitgevoer word op ՚n eksperimentele plaas in ՚n gebied met hoë veeverliese weens roofdiere. Hy stem saam met ander navorsers dat die afskrikmiddels eers op roofdiere in aanhouding getoets word voordat dit in die veld getoets word.
Die Rooivleis Navorsing- en Ontwikkelingstrust (RMRD SA) het geld beskikbaar gestel vir die navorsing. Dr Liaan Minnie van die Universiteit van Mpumalanga het onderneem om die projek te bestuur.
“Die projek is in die literatuuroorsigfase wat teen einde Junie sal klaar wees,” sê Liaan per e-pos. “Die doel van die oorsig is om die stand van sake in Suid-Afrika en internasionaal te bepaal en daarna ՚n voorstel vir die navorsing te ontwikkel.”
Hy stel voor dat ՚n nagraadse student die navorsing onderneem en ՚n projek voorstel met die befondsing in gedagte. ՚n Geskikte studiegebied vir die diere in aanhouding moet gevind word, asook die eksperimentele fase in die veld. “Dit is belangrik dat boere wat al sulke aansmeermidels gebruik het, die navorsers in kennis stel van hierdie middels sodat dit getoets kan word,” meen Liaan.
Leer meer
Om boere te help om met roofdiere saam te leef, bied die Cape Leopard Trust op 19 April ՚n kursus oor die holistiese beheer van roofdiere aan. Dit vind plaas by Bella de Karoo tussen Oudtshoorn en Calitzdorp.
Taffie Mulder sit op 'n skietstoel wat op sy bakkie gemonteer is. Hy het die aand in 2011 op 'n plaas in die Willowmoor-gebied met die roepskietmetode 'n jakkals geskiet. Hier staan plaasbesturder Freddie Lötter by die jakkals wat aan die bakkie se reling gehang is. Foto: John Moore
Bronverwysings
E. du C. Luyt. Farming with PredatorsAn agroecological approach to humanwildlife conflict on Namibian farmlands PhD thesis, Stellenbosch University, 2020. URL https://scholar.sun.ac.za/ handle/10019.1/108460
Kontak Chavoux Luyt by communityoutreach@ capeleopard.org.za of stuur ՚n WhatsApp-boodskap na 082-791-1384. Liaan Minnie kan gekontak word by liaan.minnie@gmail.com
Heidi-Jayne Hawkins, Liaan Minnie, HN (Walter) van Niekerk, HO de Waal, Dave Balfour & Graham IH Kerley (2023) Shepherding is not a shot in the dark: evidence of low predation losses from the Northern Cape province of South Africa, African Journal of Range & Forage Science, DOI: 10.2989/10220119.2022.2156610 https://doi.org/10.2989/10220119.202 2.2156610
Du Toit, J. (2013) Predator wars: Lynx vs Jackal. Karoo Space. https:// karoospace.co.za/can-caracals-savesheep/
De Waal, H.O. (2022) Article 3: A review and estimation of the financial implications of livestock predation in South Africa. National Museum Publications https://nationalmuseumpublications. co.za/a-review-and-estimationof-the-financial-implications-oflivestock-predation-in-southafrica/#:~:text=The%20direct%20 cost%20of%20predation,predation%20management%20in%20 South%20Africa
Kapasiteit: 2 000 kg
Divisies: 200 g / 500 g / 1 kg
Kabels: 5 meter elk
20 uur werkstyd
Programmeerbare digitale filter
SKAAP / VARK / BOK
Kapasiteit: 600 kg
Divisies: 200 g / 100 g
4 Vragsel sisteem
600 mm / 1 000 mm
Kapasiteit: 3 000 kg
Divisies: 200 g / 500 g / 1 kg
20 uur werkstyd
Programmeerbare digitale filter
Tala Solar spog met gehalte produkte en het oor die afgelope tien jaar naam gemaak as ‘n betroubare verskaffer en installeerder van sonkrag produkte in die Vrystaat. Ons het reeds honderde gelukkige kliënte en boere wat ons produkte gebruik se water probleme is nou vir goed iets van die verlede.