9 minute read

Cereals System Portfolio Growing Progress

Herbicides

Advertisement

Aubaine® 518 SC

A suspension concentrate herbicide for the residual pre-plant, pre-emergence or early post-emergence control of Italian Ryegrass and other selected weeds in wheat in the winter rainfall region.

Kerb™ FLO 400 SC

A suspension concentrate herbicide used for annual winter grasses on canola in the winter rainfall areas.

Pixxaro® 266 EC

An emulsion concentrate herbicide for pre-plant burndown of broadleaf weeds on fallow lands and selective early post-emergence control of broadleaf weeds in wheat and barley.

Quelex™ 200 WG

A water dispersible granule herbicide for early post-emergence broadleaf weed control in wheat in the Western Cape and the summer rainfall region.

Tarzec® 320 WG

A water dispersible granule herbicide for selective, early post-emergence control of broadleaf weeds and some annual grasses in wheat in the Western Cape and irrigated areas in the summer rainfall region.

ALWAYS USE ACCORDING TO LABEL RECOMMENDATIONS: Aubaine® 518 SC contains chlorotoluron (Urea) and isoxaben (Benzamide) (Harmful) • Reg. No. L11069 | Kerb™ FLO 400 SC contains propyzamide (Caution) • Reg. No. L4065 Pixxaro® 266 EC contains Arylex® (halauxifen-methyl) and fluroxypyr (Caution) • Reg. No. L11191| Quelex™ 200 WG contains Arylex® (halauxifen-methyl) and florasulam (Caution) • Reg. No. L10759 | Tarzec® 320 WG contains Arylex® (halauxifen-methyl) and Pyroxsulam (Caution) • Reg. No. L10760 | Act No. 36 of 1947.

Meer as 20 000 ton rooibos word jaarliks geproduseer, waarvan sowat die helfte uitgevoer word. (Foto: Rooibosraad) rooibosboere verleen het. Agri WesKaap het gehelp om die vereniging te stig en is aangewys om die sekretariaat van die vereniging te hanteer.

Rooibosraad

“Die vorige Rooibosraad het produksienavorsing gedoen, maar dit het opgedroog,” sê Werner. Die nuwe Rooibosraad, wat navorsing oor die gesondheidsaspekte doen, is op verbruikers gerig en nie op boere nie.

Sowat die helfte van die totale produksie word uitgevoer. “Altesaam

8 744 546 kg is volgens ons rekords in 2022 uitgevoer,” sê Marthané Swart van die Rooibosraad. “Hiervan is 85% na die top tien (van 57) lande uitgevoer. Die meeste daarvan is na Japan, gevolg deur Duitsland, Nederland, Brittanje, die VSA, Poland, Botswana, Sri Lanka, Zambië en Zimbabwe uitgevoer.”

Gebied

Rooibostee is ՚n produk van die plant Aspalathus lineari en kom net in die Cederberge rondom Clanwilliam voor. Die gebied is sowat 200 km noord van Kaapstad in ՚n gebied waar die fynbosbioom, wat deel is van die Kaapse Floristiese Koninkryk, met die winterreënvalgebied oorvleuel.

Buiten ՚n klein gebied by Nieuwoudtville in die Noord-Kaap, word die meeste rooibostee in die Wes-Kaap verbou. Die streek bied besondere uitdagings. Rooibos groei slegs in diep sand- en leemgrond in die Sandveld, die Cederbergreeks, Gifberg en die Suid-Bokkeveld. Die hartland van die bedryf is die onherbergsame berg-

Rooibos word jaarliks vir sowat vier, vyf jaar lank geoes voordat dit vervang word met dekgewasse soos hawer, korog en lupiene wat die grond verryk. (Foto: Werner Nieuwoudt )

Verwerking

Meer as 20 000 ton rooibos word jaarliks in die streek produseer waarvan sowat die helfte na meer as 60 lande wêreldwyd uitgevoer word. Duitsland, Nederland, Japan, die Verenigde Koninkryk en die VSA is die grootste invoerders.

Rooibos is inheems en groei slegs in die gebied waar die growwe, sanderige grond en Mediterreense klimaat met temperature van tussen 0 °C en 45 °C ideaal vir die verbouing daarvan is. Die plant is aangepas by arm grond met min voedingstowwe. Aanplantings het min bewerking nodig en hoef nie besproei te word nie. Net sowel, want die gemiddelde reënval in die streek is tussen 150 en 300 mm per jaar. Die Nieuwoudtvillegebied asook die Swartland is tradisioneel hoër reënvalgebiede.

Die gemiddelde reënval in die gebied waar rooibos verbou word is tussen 150 en 300 mm. (Foto: Werner Nieuwoudt ) agtige gebiede weerskante van die Olifantsriviervallei en hange en valleie van die Cederberge, waar dit bloedig warm in die somer en bitter koud in die winter word.

Rooibossaad word in Februarie en Maart in kwekerye ontkiem. Van Junie tot Augustus word saailinge in die landerye uitgeplant. Dit duur sowat 18 maande voor die plante vir die eerste keer geoes kan word.

Rooibos word jaarliks vir sowat vier, vyf jaar lank geoes, waarna die landerye twee jaar lank met ander gewasse soos hawer, korog, lupiene, en dies meer beplant word as dekgewasse. In die tydperk kry die landerye kans om te rus en te herstel, terwyl die wisselbougewasse die grond van noodsaaklike voedingstowwe voorsien.

Die plant is aangepas by sanderige, arm grond met min voedingstowwe.

(Foto: Werner Nieuwoudt )

Rooibos is inheems en groei slegs in die gebied waar die growwe, sanderige grond en Mediterreense klimaat met temperature van tussen 0 °C en 45 °C ideaal vir die verbouing daarvan is.

Die Rooibosprodusentevereniging is in Februarie gestig. Voor: Helena van Eeden (Agri Wes-Kaap), Wian Nieuwoudt, HW Liebenberg, Braam Marais en JP Theron. Agter: Louis Wessels (Agri Wes-Kaap), Pieter Albertyn, Sybrand de Beer, Japie Nel, dr Jan van der Merwe, Werner Nieuwoudt (voorsitter), Gys Dippenaar, Ian Brandt, Schalk-Willem Laing en Jannie Strydom (Agri Wes-Kaap). (Foto: Adéle Chanquin, Agri Wes-Kaap)

Rooibossaad word in Februarie en Maart in kwekerye ontkiem. (Foto: Rooibosraad)

Vir meer inligting, kontak Werner Nieuwoudt by 082-451-4850 of werner.nieuwoudt@belinzona.co.za

Verwysing: Rooibosraad https://sarooibos.co.za/

‘n Graaf is noodsaaklik as jy ‘n groentetuin wil maak. (Foto: Pixabay)

Groentetuin vir beginners 2: Eers beplan; dan beplant

Voor jy jou tuin kan beplan, moet jy eers mooi kyk hoe die ruimte lyk wat jy tot jou beskikking het: is dit ‘n groot omheinde erf met ‘n vrugteboord, blombeddings, groot bome wat skadu gooi, ‘n heining wat die wind keer, volson of skadu?

Die meeste groentesoorte het tussen ses en agt uur son per dag nodig om suksesvol te groei. Party blaargroentes kan ook in baie warm klimate baat vind by halfskadu op die hitte van die dag.

Hou ‘n notaboek byderhand waarin jy jou beplanning kan doen.

Ruimte met vaste strukture

Meet hoeveel ruimte jy tot jou beskikking het. Dit help om ‘n rowwe skets te teken waarop jy afmetings kan aandui.

Goeie beplanning wat ‘n aantal faktore in ag neem, sal jou tuinuitleg makliker maak, al het jy ‘n uitgestrekte stuk grond of ‘n piepklein voorstedelike erfie.

Organiese voedingstowwe in die grond sorg dat die saad wat jy saai opkom en geil en gesond groei.

Hoe gesonder die grond, hoe gesonder is die plante en met die korrekte beheermetodes het slak se kind nie ‘n kans op oorlewing in jou tuin nie. (Foto: Pixabay)

Teken die strukture op die plan. Waar is die huis en veral, waar is die kombuis? Watter ander strukture is daar, soos ‘n stoep, swembad, buitenshuise braai- en kuierarea, ‘n heining, hetsy van bakstene of voorafvervaardigde panele, ‘n draadheining of ‘n laning van struike?

Op watter plekke is daar volson, oggendson of namiddagson? Wat is die temperatuur in elke gebied – baie warm, matig of koel?

Is daar groot bome met vlak wortelstelsels wat wyd en dig uitsprei sodat dit digte skadu gooi en waaronder niks wil groei nie?

Van watter kant af kom die heersende winde en wat dien as windbreker? Is die tuin beskut teen ryp en stormweer? Waar is die naaste kraan of ander wa

Met ‘n hark kan jy sorg dat die voorbereide beddings waterpas is sodat die kosbare vog nie op een plek opdam nie. (Foto: Pixabay) terpunt, soos ‘n boorgat of watertenk? Waar kan jy ‘n komposhoop maak?

As jou ruimte beperk is, moet jy elke meter optimaal benut deur groente wat daar sal aard te plant. As jy ‘n groot stuk grond van ‘n halwe hektaar het (die helfte so groot soos ‘n rugbyveld), kan jy vir jou ‘n formele tuin (vierkantige of reghoekige tuin) uitlê wat nie net funksioneel is nie, maar ook ‘n mooi prentjie in die landskap skep.

Ons fokus op ‘n klein tuintjie, want dis makliker om klein te begin, uit jou foute te leer en stelselmatig uit te brei, as om weg te trek met ‘n grandiose projek wat baie kos, ’n voltydse werk word en misluk.

Met slim beplanning en bestuur kan jy ook gesonde aartappels soos hierdie uit jou tuin oes. (Foto: Pixabay)

Tuinmaak is nie vir sissies nie ..

Grondgehalte

Buiten die grootte van die ruimte tot jou beskikking, is die tipe en gehalte van die grond ook baie belangrik.

‘n Mens kry sanderige grond wat goed dreineer, maar nie juis vog en voedingstowwe vashou nie.

Kleigrond is ‘n swaar grondtipe en kan maklik toeslaan as dit nat is, terwyl dit kliphard bak in die somerson.

Leemgrond is die ideale tipe, want dit is gewoonlik ryk aan voedingstowwe, dreineer goed en is brokkelrig.

Maak nie saak watter soort grond jy het nie, daar is altyd ‘n plan te make:

Sandgrond kan jy verryk deur baie kompos en ander plantmateriaal in te werk totdat dit ryk aan voedingstowwe is en water en voedingstowwe berg, eerder as dat dit net wegdreineer.

Kleigrond kan in die lente opgebreek word wanneer dit nie te nat of te droog is nie, en jy kan kompos, mis, saag-sels, kalk, blaarmolm, sand, en ander materiaal inwerk om die klei se struktuur te verander.

As die grond baie arm aan voedingstowwe is, kan jy verhewe beddings skep met ‘n mengsel van goeie gehalte bogrond uit die omgewing of aangekoopte kompos, wat verrotte plantmateriaal is, en sand, selfs gewone growwe bousand. Beddings kan bo-op arm grond oortrek met ‘n ou grasperk of ‘n laag bossies gebou word mits jy eers ‘n dik laag karton of ‘n paar lae koerantpapier daarop neersit. Omdat die bossies of gras nie son kry nie, vrek hulle, en mettertyd sal die karton of papier vergaan en deel word van die bedding.

Jy kan dieselfde mengsel gebruik in houers van sowat 20 cm diep en jou groente daarin plant. Enige houer kan werk solank daar dreineringsgate onder-in is sodat die water nie opdam en die wortels laat vrot nie. Dit is belangrik om houers van natuurlike, onbehandelde hout te gebruik, anders kan die chemikalieë waarmee die hout behandel is, uitloog en in jou grond en jou groente beland.

‘n Jong, suksesvolle vrugteboer het gesê ‘n mens kan enige grond ‘regmaak’ met ‘n deklaag, oftewel molm. Molm kan bestaan uit blare of bas, saagsels van onbehandelde hout, dennenaalde (veral waar die grond baie alkalies is en jy die suurgehalte wil verbeter), neutedoppe of vrugtepitte, en selfs koerantpapier. Met molm is die organiese materiaal nie heeltemal af-

Vrystaande stutte is nodig vir die oprank van tamaties en ander rankgewasse. (Foto: Pixabay) gebreek soos met kompos nie, maar dit breek stadig op en word deel van die grond om noodsaaklike voedingstowwe te verskaf. ‘n Deklaag help om die grondvog te behou sodat die grond nie so vinnig uitdroog nie, dit hou die plantwortels koel in die somer en warm in die winter, en dit keer dat onkruid opkom omdat die sade nie sonlig kry om te kan ontkiem nie.

Kompos

Die ideaal is om ‘n komposhoop van tuinmateriaal en groente- en vrugteskille en blare te maak. Meer oor die maak van ‘n eenvoudige komposhoop later in ‘n afsonderlike hoofstuk daaroor.

Water

Spinasiebeet (Swiss chard) se blare en blaarstingels is sag, anders as die blare en harde blaarstingels van boerkool (kale). (Foto: Pixabay)

‘n Mens kan nie tuinmaak sonder water nie. Die gehalte van die water het ook ‘n invloed op hoe goed die plante groei. ‘n Hoë soutinhoud (brak) sal die grond verarm en jy sal moet aanpassings maak om dit weer te verryk. Reënwater wat in tenks opgegaar word en aan ‘n besproeiingstelsel gekoppel is, is ‘n goeie oplossing vir ‘n watertekort of waar munisipale water baie duur is. Gryswater, soos water uit ‘n wasmasjien of stort- en badwater, kan in ‘n groentetuin gebruik word, solank daar nie sterk chemikalieë in die water is nie.

Tuinmaaktoerusting

Net soos wat ‘n kok nie kan kosmaak

Groente kan in houers soos kaste van onbehandelde hout geplant word wanneer die grondgehalte nie goed genoeg is nie. (Foto: Pixabay) sonder die nodige geskikte toerusting nie, kan ‘n mens nie tuinmaak sonder die regte tuintoerusting nie. Jy hoef nie winkel toe te jaag en duisende rande aan toerusting te spandeer nie. As jy ‘n paar blombeddings het, het jy waarskynlik reeds die meeste van die toerusting.

Dit sluit in ‘n graaf, ‘n vurk, ‘n hark, ‘n troffel of ‘n handgrafie, ‘n klein harkie, en ‘n vurkie met twee tande (slangtong) waarmee jy bossies met wortel en al uit die grond kan lig, ‘n snoeiskêr, ‘n gewone skêr, en ‘n kruiwa om swaar goed mee te karwei. ‘n Tuinslang en sproeier wat jy met ‘n verstelbare spuitkop kan afwissel, ‘n gieter, tuinhandskoene en ‘n behoorlike breërandhoed is noodsaaklik.

As jy groente gaan plant wat rank, het jy stutte van hout, riete, bamboes- stokke of metaal nodig, of ‘n heining van draad wat aan stutpale vasgemaak is, of ogiesdraad wat tussen latte gespan is.

Nie almal het die luukse van ‘n kweekhuis nie, maar rig vir jou ‘n beskutte hoekie in die tuin in waar jy saad in bakkies kan saai en sensitiewe plante kan laat oorwinter. Onthou om enige skerp toerusting en chemiese insek- of onkruiddoder veilig buite bereik van nuuskierige kleuters te bêre.

‘n Stewige kruiwa sal dit makliker maak om grond, kompos en deklaag in die tuin rond te stoot. (Foto: Pixabay)

Blaargroente soos slaai kan met sukses in halfskadu geplant word, wat dit sal beskerm teen die fel somerson. (Foto: Pixabay)

Blaarmolm is ‘n uitstekende deklaag wat stadigaan vergaan en voedingstowwe in die grond vrystel. (Foto: Pixabay)

Verwysingsbronne

Anthony, D. (2014) Enigeen kan groente kweek. Metz Press. ISBN: 978-1-928201-12-0

Stukkies boombas werk goed as ‘n deklaag om vog in die grond te bewaar. (Foto: Pixabay)

Van den Berg, A. (2019) Drie waterslimwenke vir die groentjietuinier met ‘n begroting. Solidariteit. Beskikbaar by: https://jougesin. solidariteit.co.za/3-waterslimwenkevir-die-groentjie-tuinier-met-nbegroting/

This article is from: