3 minute read
Tegnuus Die nuutste in landboutegnologie van regoor die wêreld
from ProAgri SA 281
by ProAgri
deur Annemarie Bremner
Elke moer spruit:
Advertisement
Nuwe planter neem die risiko uit aartappels plant
Ropa van Duitsland het ՚n masjien ontwikkel om voorafontkiemde aartappels met die hand te plant. Die planter, genaamd Gecko, plant aartappels sagkens sonder om die uitloopsels te breek. Dit bied hoë doeltreffendheid en goeie werksomstandighede vir die werkers. Die Gecko is ontwikkel in noue samewerking met die maatskappy, Farmsupport.
Na twee jaar se veldproewe en gebruik op plase is die verlangde opbrengs en plantegroei behaal. Die Gecko het plek vir vyf palette van die plantmateriaal om ՚n tamaai stuk land te beplant voordat aanvulling nodig is. Opsionele trekstangstuur of spoorverkeer-deaktivering vergemaklik die bestuurder se werk.
Twee operateurs werk per plantry. Hulle plaas die ontkiemde aartappelmoere in die lengte op die sagte en beskermende voerbande, wat dit sonder seermaak presies in die voor neerlê. Hierdie tegnologie verseker die optimale plant van ՚n aartappel elke 12 cm in die ry teen ՚n ryspoed van 3,5 km/u. Die afstand tussen plante kan veranderlik in 16 fases aangepas word.
Vir padvervoer vou die Gecko-planter op tot ՚n padwydte van 3 m.
Die Gecko kan vir die 2024-plantseisoen bestel word en sal eerskomende November by die Agritechnica internasionale handelskou in Hanover, Duitsland, vertoon word
Sien die Gecko in aksie: https://www.youtube.com/ watch?v=B0v0IQf6LY0
Tegnologie en kenmerke:
• Plantvermoë: > 6 ha per 8-uur werksdag
• Plantspoed: 3,5 km/u
• Trekstangstuur
• Meganiese aandrywing
• Spoorverkeer-deaktivering
• Beskermdak met beligting
• 5 ruimtes vir palette, waarvan 1 vir leë houers
• 4 rye 75 cm uit mekaar
• Plantafstand verstelbaar in 16 fases
• Vervoerband vir houers met houerterugstuur– maklike op- en aflaai
(Source: World-Agritech.com)
Elektriese selfrytrekkers kom al hoe meer binne die bereik van gewone boere
Monarch Tractor, die Silicon Valleyvervaardiger van die MK-V elektriese trekker, berei voor vir wêreldwye groei deur hulle navorsing- en ontwikkelingspan in Singapoer uit te brei. Die maatskappy het ook vroeër vanjaar na Hyderabad, Indië, uitgebrei.
Monarch Tractor wil die volgende geslag datawetenskaplikes, masjienleerlingenieurs en KI- (kunsmatige intelligensie) -praktisyns help ontwikkel deur saam te werk met regeringsagentskappe en akademiese instellings.
"Na ons vroeëre sukses in Singapoer met die ontwikkeling van ons 'Monarch Auto Drive'-trekkeroperasie, is ons opgewonde om voort te gaan om ons tegnologie te ontwikkel met die hulp van Singapoer se beste talent," het Praveen Penmetsa, medestigter en uit-voerende hoof van Monarch Tractor, gesê. “In vennootskap met die Singapoer-regering is Monarch Tractor in staat om meer werksgeleenthede te skep en ook ons strewe na ՚n groener toekoms voort te sit. Meer boere, regerings-liggame en verbruikers soek meer lewensvatbare opsies om ons planeet te beskerm.”
Om die MK-V se bestuurderlose vermoëns verder te ontwikkel, sal Monarch nuwe talent ontwikkel om outomatiseringsvermoëns vir alle plaasbedrywighede te skep. Dit moet lei tot die bemagtiging van winsgewende en volhoubare landboupraktyke binne die streek en wêreldwyd.
Om kunsmatige intelligensie na boere te bring, het Monarch die aandag van ander lande binne APAC wat ook gesteld is op volhoubaarheid getrek, insluitend Nieu-Seeland, waar Monarch die eerste elektriese trekker ooit op ՚n plaas afgelewer het. (Bron: Worldagritech.com)
Elektries is nie die enigste groen pad om te gaan nie: Rol ls-Royce open enjinaanleg
Rolls-Royce het ՚n monteeraanleg van €30-miljoen vir hulle Mtu 2000-reeks binnebrandenjins geopen. Die maatskappy sê die belegging beklemtoon toekomstige vooruitsigte vir binnebrandenjins wat alternatiewe brandstof gebruik.
Die nuwe produksie-aanleg in Kluftern aan die Bodenmeer, Duitsland, het tans 110 mense in diens wat montering en versending doen.
"Ons is oortuig daarvan dat, tesame met volhoubare brandstof en nuwe tegnologieë, die binnebrandenjin steeds ՚n sentrale rol in die toekoms sal speel," sê dr Jörg Stratmann, HUB, Rolls-Royce Power Systems, wat byvoeg dat dit die brandstof is wat saakmaak, nie die enjin nie.
Hy het met die amptelike opening van die nuwe aanleg bevestig dat RollsRoyce fokus op die ontwikkeling van enjins wat met ՚n wye reeks volhoubare brandstof kan werk, en dat die maatskappy reeds hibriede stelsels bekendgestel het.
Hy voeg by dat dit die maatskappy in staat sal stel om in die toekoms klimaatvriendelike aandrywingstegnologieë te verskaf vir ՚n wye reeks toepassings waar volledige elektrifisering nie oor die langtermyn ՚n optimale oplossing is nie. "Hernubare diesel (HVO/gehidrogeneerde plantaardige olie) is ՚n belangrike stap op die pad na koolstofvermindering," het hy gesê.
“Ons doen alles wat ons kan om die binnebrandenjin klimaatneutraal te maak met volhoubare brandstof en in kombinasie met nuwe tegnologieë. Maar dit kan slegs bereik word as die politieke wil daar is sodat alternatiewe brandstowwe suksesvol bevorder kan word.”
(Bron: World-Agritech.com)
LEMKEN:
Nuwe kamera verbeter onkruidopsporing
Die outomatiese opsporing van onkruid tussen sekere gewasse was ՚n uitdaging, maar daar is hoop. LEMKEN het onlangs die nuwe IC-Light+-kamerabeheer, wat ook ligstrale naby aan infrarooi bespeur, vir sy Steketee-skoffelmasjiene bekendgestel.
Die nuwe kamerabeheer maak opsporing makliker in gewasse met ՚n hoë persentasie blou in die blare. Dit bied duidelike voordele in meganiese onkruidbeheer, veral in die verbouing van uie, preie, winterblomkool of rooikool.
Die intern ontwikkelde standaard IC-Light-kamerastelsel in LEMKEN Steketee-skoffelmasjiene vang die RGB-kleurreeks vas en onderskei betroubaar tussen skakerings van groen en rooi. Danksy sy selfleermodus ontwikkel die stelsel voortdurend soos dit gebruik word.
Die nuwe IC-Light+-kamera registreer nou ook blou skakerings, sodat selfs baie jong plante of plante met ՚n besonder fyn struktuur beter geïdentifiseer en vertoon word. Die kamera hanteer maklik selfs uie so klein soos ՚n speld.
(Bron: LEMKEN)