6 minute read

Makadamia SA: Wonderneut wen wêreldwyd veld

Suid-Afrika is die grootste uitvoerder van makadamianeute.

Die sagte, roomwit, effense soet neut met ՚n olie-inhoud van ongeveer 72% het sy oorsprong in Australië, waar dit in 1880 kommersieel begin verbou is. Vandaar is dit na Hawaii geneem waar dit baie goed gevaar het en die twee lande het lank die botoon gevoer wat produksie betref. In die sestigerjare is makadamias vir die eerste keer in Suid-Afrika aangeplant is en in 2017 het produksie hier die ander twee lande verbygesteek.

Advertisement

Weens die lang verloop van tyd vir bome om winsgewend te begin dra en die hoë koste van verwerking, is makadamianeute die duurste van alle neute en dit maak ongeveer 2% van die globale neutbedryf uit.

Die neut se gewildheid neem wêreldwyd toe, nie net as peuselhappie nie, maar ook in die bak-, roomys- en skoonheidsbedryf. Die olie word ook gebruik in voedselvoorbereiding.

deur Tisha Steyn

Die snelgroeiende bedryf, wat in 1991 altesaam 1 211 ton neute in die dop uitgevoer het, se verwagte oes vir 2023 is ՚n beraamde 81 556 ton. Die totale waarde van die jaarlikse produksie het in dié tydperk van R32 miljoen tot R4,6 miljard in 2022 toegeneem. Handel in die neut berus op vraag en aanbod en die afgelope aantal jare het die vraag die aanbod oorskry. Nuwe aanplantings het egter in produksie gekom wat dié prentjie definitief beïnvloed, meen Lizel Pretorius van die bedryfsliggaam, SAMAC.

Volgens haar is daar tans sowat 1 200 makadamiaboere in die land. Hulle lewer die neute in die dop aan 27 hanteerders wat die neute uitdop.

98% van Suid-Afrika se produksie word uitgevoer. Ongeveer 36% van die neute in dop word per skip uitgevoer na Sjina, wat Oos-Asië en Suidoos-Asië insluit.

Die eerste makadamias is in die sestigerjare in Limpopo aangeplant, waar dit vandag nog in Tzaneen en Levubu, waar Bridelia-handelaars gesetel is, verbou word.

ter wêreld. (Bron: Pixabay)

Die meeste kerns word uitgevoer na die VSA, asook Duitsland, Spanje en die Verenigde Koninkryk. Die res word plaaslik bemark.

Meer oor die wonderneut

Die immergroen boom aard goed in ՚n subtropiese klimaat. Die eerste bome is in die 60’s in Limpopo aangeplant en vandag word by Tzaneen en Levubu in dié provinsie, by Nelspruit (Mbombela), Witrivier, Hazyview, Malelane en Barberton in Mpumalanga, langs die kusgebiede en in die Middelland van KwaZulu-Natal, asook in die Wes- en Oos-Kaap met makadamianeute geboer.

Makadamias benodig diep, goedgedreineerde grond met ‘n pH van 5,5 tot 6,5 en ‘n reënval van 1 200 mm.

Variëteite

In Suid-Afrika word die variëteit Beaumont (695) meestal aangeplant, gevolg deur A4, 816, 814, Nelmak 2, 695 en 842. Nelmak 2, 842, A4, 695 en 814 is gewild omdat hulle vinnig groei en ՚n goeie oes lewer; 816 en A4 se neute, wat van hoë standaard is, is ook gesog. Die meeste van die nuwer kultivars word uit Australië en Hawaii ingevoer.

Beskrywing

Die makadamiaboom is ՚n mediumgrootte, immergroen en vinniggroeiende boom. Die bome blom in die lente van Augustus tot September en die neute word van Maart af ryp, afhangend van die kultivar. Die ryp neute val op die grond, maar sommige hibriede, soos 695, val nie af nie. Die kultivar bepaal ook of die klein blommetjies wit of pienk is.

Die neute bestaan uit ՚n leeragtige buitenste dop. Binne-in is ՚n enkele ronde of twee halfronde neute met ՚n gladde, harde bruin skil wat die roomwit kern omhul.

Aanplanting

Makadamias word kommersieel vanaf 1 000 m tot 1 200 m bo seevlak in Suid-Afrika, tot 1 500+ m in Kenia en Malawi verbou.

Omdat die bome beperkte weerstand teen hitte, ryp, wind, droogte, vuur en swak dreinering het, is dit soms moeilik om ՚n goeie blok op die plaas te vind. Blokke met ՚n helling van meer as 15% of op gebroke terrein is duurder om te vestig en te bestuur, terwyl blokke in droër gebiede met minder as 1 200 mm jaarlikse reënval besproeiing benodig. Sterk wind hou ook ՚n risiko in en kan tot ՚n verlies aan bome lei, maar kultivars/variëteite wat ՚n smaller boom vorm, is meer windbestand.

Die bome verkies ՚n subtropiese klimaat, maar nat toestande kan lei tot bloeiselroes. Die temperatuur moet ook nie onder 1 °C daal of gereeld bo 35 °C styg nie: te lae temperatuur verhoog die risiko van koueskade, terwyl te hoë temperature vegetatiewe groei benadeel wat daartoe lei dat onvolwasse neute afval, dit lê neutvorming en olieproduksie aan bande, en kan die blare brand.

Daar is tans sowat 1 200 makadamiaboere in die land wat die neute in die dop aan 27 hanteerders lewer.

Makadamias benodig diep, goedgedreineerde grond met ՚n pH van 5,5 tot 6,5 en ՚n reënval van 1 200 mm, maar die bome benodig minder water as wat die bedryf aanvanklik gedink het.

Bome wat 8 by 4 meter uitmekaar (312 bome per hektaar) geplant word, kan teen topproduksie van 3,5 tot 4 ton neute in die dop per hektaar lewer, dus 12 kg per boom, afhangend van die kultivar.

Die bedryf is arbeidsintensief en na raming bestaan daar tans sowat 10 000 voltydse werksgeleenthede, plus nog 9 000 seisoenwerkers in die piek-oestyd.

Die hantering van die neute word streng volgens internasionale voorskrifte gedoen.

Afhangend van die kultivar, is daar geen noemenswaardige inkomste uit makadamianeute voor die sesde jaar nie.

Die bome is sensitief vir verskeie ander stresfaktore, naamlik gekompakteerde grond, swak dreinering, chemiese gifstowwe in onkruid- en plaagdoders, tekorte aan voedingstowwe en die verkeerde aanwending van kunsmis.

Die bome is vatbaar vir talle peste en plae en moet voortdurend moniteer word sodat teenmaatreëls soos bespuiting tydig toegepas kan word.

Bome wat 8m x 4m uitmekaar (312 bome per hektaar) geplant word kan wanneer die boom in topproduksie is, afhangend van die kultivar, van 3,5 tot 4 ton neute in die dop per hektaar lewer, dus 12 tot 12 kg per boom.

Die gemiddeld is tans net oor die 2 ton/ha. ՚n Boord wat swak bestuur word of wat ՚n swak ligging het, gaan nie so goed produseer nie.

Beaumont (695)-saailinge en klonale onderstamme, en Nelmak 2-saailinge word meestal gebruik. Jong bome is tot op vier jaar sensitief vir klimaatstoestande. In die vyfde jaar lewer die bome ՚n klein oes, maar bereik eers na 12 tot 15 jaar volle produksie. ՚n Sterk boom kan dekades lank in produksie bly.

Makadamias verg voortdurende bestuur om neute van ՚n goeie standaard te lewer wat meer winsgewend is. Die bome is vatbaar vir talle peste en plae en moet voortdurend gemoniteer word sodat teenmaatreëls tydig toegepas kan word.

Die bome is ook sensitief vir verskeie ander faktore, naamlik gekompakteerde grond, swak dreinering, chemiese gifstowwe in onkruid- en plaagdoders, tekorte aan voedingstowwe en die verkeerde aanwending van kunsmis. Die opbrengs hang ook af van die omgewing, seisoen, variëteit en bestuursvlak.

Oes

Die oesseisoen duur van Maart tot

Julie. Omdat dit moeilik is om te onderskei tussen volwasse en onvolwasse neute, maak boere gebruik van plaasarbeid om die neute van die grond af op te tel, terwyl groter produsente meganiese oestoerusting wat aan ՚n trekker gekoppel word, gebruik om die bome te skud sodat die neute op nette onder die bome val.

Die bedryf is arbeidsintensief en na raming bestaan daar tans sowat 10 000 voltydse werksgeleenthede, plus nog 9 000 seisoenwerkers in die piek-oestyd.

Om verliese weens muf, neute wat uitloop en diere wat die neute vreet, te voorkom moet die neute wat afgeval het weekliks in nat weer opgetel word, maar minder dikwels waar dit droër is. Die neute moet so gou as moontlik aan die hanteerders gelewer word.

Inkomste

Afhangend van die kultivar, is daar geen noemenswaardige inkomste uit makadamianeute voor die sesde jaar nie, jy gaan nie voor die agtste jaar gelyk breek nie, en eers in die elfde jaar ՚n wins maak.

Bemarking

Die kern, as die hoofproduk, word in olie of droog gerooster nadat die dop en skil verwyder is. Die olie kan gebruik word as olie om kos te maak maar word ook gebruik in seep, sonbrandolie en sjampoe, terwyl die res gepers en in dierevoeding gebruik word.

Terwyl die kern en olie die hoofprodukte is, het die doppe ook waarde as deklaag of deel van kompos vir bemesting, asook brandstof vir die verwerkingsprosesse, of selfs as ՚n groeimedium vir sekere blomplante. Dit kan ook gebruik word om plastiek te vervaardig of om sand mee te vervang vir sandblaas.

SAMAC

SAMAC het in die vroeë sewentigs ontstaan om produsente se belange te behartig. Volgens Lizel is baie van die boere by Global GAP en SIZA-geakkrediteer, terwyl talle kwekerye deur SGASA (Seedling Growers Association of SA) geakkrediteer is. Dit beteken dat hulle aan al die internasionale vereistes vir die produksie en verwerking voldoen.

SAMAC NPC het in November 2018 tot stand gekom. Die bedryfsliggaam word befonds deur ՚n statutêre heffing en vrywillige lidmaatskap van lede soos hanteerders en kwekers. Die Wêreld Makadamia-organisasie (WMO) is in 2020 deur Suid-Afrika en Australië geskep om die aanvraag na makadamias te verhoog deur verbruikers daaraan bloot te stel.

Makadamia-olie word gebruik vir die voorbereiding van kos, in gebak, en ook in seep, sonbrandolie en sjampoe. (Bron: Pixabay)

Kontakbesonderhede

Vir meer inligting kontak Lizel Pretorius by SAMAC by 012-001-4107, 072-219-3927 of stuur ՚n e-pos na lizel@samac.org.za

Besoek die webtuiste by https://samac.org.za/.

Bronverwysings

Macadamia Nuts (2021) AGMRC https://www.agmrc.org/commodities-products/nuts/macadamia-nuts

Makadamianeute: SA die grootste produsent van die duurste neut te wêreld (2020) Cum Laude Media https://www.netwerk24.com/ huisgenoot/hg-junior/skoolwerk/ makadamianeute-sa-die-grootsteprodusent-van-die-duurste-neut-tewereld-20220916

Kriel. G. (g.d.) South African Nuts: Macadamia Nuts (South Africa. co.za) https://southafrica.co.za/macadamia-nuts.html

This article is from: