Aptytwekker 4 aug,sept 2015

Page 1

ptytwekker ppetiser A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300

Augustus / September 2015

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury www.agscorpuschristimalmesbury.co.za corpuschristi@cybersmart.co.za Tel: 022-487 2200 Kasteelberg met herfs wingerde. Foto: Piet Smit

Winter in die Boland. FOTO: Piet Smit

♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦

NUUS VAN HERDERSPAAR KAALVOETKIND

AL BRUIS DIE JORDAAN AANVAARDING GUARD YOUR MOUTH GEBRUIK DIE BIETJIE WAT JY ... ACCEPT CHRIST AS YOUR ...

‘N BRIEF AAN JESUS

♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦

FOTO NUUS DIE HOOGSTE BOOM ...

KOM VAN DIE MAT AF ONS STEL BEKEND SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE

NUUS FLITSE RESENSIE

STORIETYD - GEBED


NUUS VAN DIE HERDERSPAAR deur past. Piet & Susan Smit

D

ie dae en maande spoed en iewers kom mens met so ‘n ligte skok agter hoe ver het die jaar reeds gevorder. Elkeen is so besig soos wat hy of sy maar kan wees. Onwillekeurig vra mens jouself die vraag af: Waarheen gaan dit alles? ‘n Goeie antwoord is: Alles spoed na sy einde op hierdie aarde. Een of ander stadium gaan elke mens by sy einde kom en een of ander tyd moet almal van ons voor God staan en rekenskap gee van sy lewe op aarde.

Ek wil nie my lewe verspeel en om mors met goed wat aan die einde van die dag niks beteken nie. Ek is seker dat dieselfde geld vir enige regdenkende mens. Hoe kan ‘n mens jou energie tap vir dit wat daardie dag voor God niks sal beteken nie? Vir elke mens wanneer hy aan sy einde kom, sal dit wonderlik wees as hy of sy kan sê: “Ek het my lewe aan God gewy.” Ek ontken nie dat daar is baie edele sake in die Koninkryk van God waarmee mens jou kan besig hou. Maar

2

as ek my dan móét afsloof; laat dit dan wees om ‘n siel by die Here te kry. Om iemand uit die modderslyk uit op te trek en sy voete op die Rots Jesus Christus te plaas (Ps. 40). Om die verlore siel soos ‘n drenkeling in die see te red en hom op veilige land te bring. Kortom, om ‘n hel verdiende sondaar by die Here Jesus te kry as die poort en deur na die hemel (Mat. 7:13, 14; Joh. 10:9). Hoor weer die bekende tekste: Spr. 11:30 – “hy wat siele win, is wys.” Jak. 5:20 – “laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.”

Mag alles wat ons doen en elke bediening in die kerk, in diens staan van hierdie grootse saak. Mag dit ons groot saak en dryfveer wees vir die tweede helfte 2015 ... res van ons lewe;

Siele Vir Jesus.


Kaalvoetkind deur Elsabé van der Westhuizen

Ek voel lig en vry soos die wind Want ek is die Heer se kaalvoetkind Ek huppel die hele wêreld rond Trek my skoene uit, want ek beweeg op heilige grond Stamp ek my voet teen ‘n klip Weet ek dit is die randsteen wat keer dat ek van my Heer se pad afglip Steek ‘n doring in my voet so seer Is U daar om vertroostingsalf aan te smeer Laat my voet my struikel om my teen die grond te fel Is U ook daar om my op te tel Vra mense my: Waar is jou Heer Sê ek: Hy loop hier reg langs my sy Hoe is daar net een ry spore: sal hul vra Antwoord ek; Dit is daar waar God my in sy arms dra Daarom is ek so bly ek het in Sy Woord ‘n holte vir my siel gevind Ek, die Here se kaalvoetkind

3


Al Bruis

Die Jordaan deur tant Sannie de Ferriers (Vervolg vanaf Julie)

B

y my dierbare ouerhuis aangekom vir ‘n vakansie, (die huis wat ons op ‘n Goddelike bevel gebou het en waar die familie nou al vir ses jaar so gelukkig gewoon het) roep my broer Hennie my in die badkamer waar hy staan en skeer. ,,Staan gou hier, ek moet nou uitgaan. Ek het baie werk, want vir Saterdagaand het ons jeug ‘n groot musiekaand gereël in die kerk. Jy moet seker daar wees. Dit gaan wonderlik wees.” Gaan hy voort, oorlopend van entoesiasme. ,,Jy gaan musiek hoor van die fynste gehalte. Ons het ‘n jong dokter de Ferrières hier, ‘n vioolkunstenaar. Jy het in jou lewe nog nooit so iets gehoor nie. Hy is ‘n baie ernstige Christen en werk voltyd vir die Here.” ,,Dit klink nogal interessant,” sê ek so droogweg, maar diep in my hart gewaar ek ‘n eienaardige belangstelling.

V

roeg die volgende oggend lui die telefoon. ,,Ons hoor jy het gisteraand aangekom,” sê ‘n ou vriend, ‘n medewerker. ,,Jy weet ons het jou geterg oor ‘n huwelik, en jy het altyd gesê dat jy gaan nie trou nie, maar net aanhou vir die Here werk? Wel, nou sal jy geen keuse meer hê nie. Nou gaan jy jou man

4

ontmoet.” Gedurende die dag het ‘n hele paar ou vriende my gebel en elkeen het afgesluit met presies dieselfde storie. Ek was verbaas en het nie te veel gehou van al die belangstelling in iets wat vir my ‘n persoonlike saak was nie.

D

ie vyftiende Februarie was my pappie se verjaarsdag en verskillende vriende het daar aangekom om hom geluk te wens. Skielik merk ek ‘n lang, donker man wat by die deur inkom saam met ‘n vriend. ,,Suster van Graan ontmoet broeder de Ferrières,” kom skielik uit twee monde gelyk. Na die telefoonoproepe wat ek alreeds ontvang het, was ek so skaam dat ek hom skaars in die oë kon kyk. Hy was egter onbewus van alles. ,,Jy is met vakansie né. Ek hou tien dae spesiale dienste in Bezuidenhoutsvallei,” sê ‘n pastoorsvriend ‘n paar dae later vir my. ,,Jean de ferrières speel elke aand viool en ek het jou baie nodig om dan ‘n kort boodskappie vir die kinders te gee voordat ek preek.”

E

k het saamgegaan, maar my plek altyd in die verste hoekie van die motor ingeneem. Die dienste was baie geseënd en die vioolspel was wonderlik. (vervolg Oktober)


AANVAARDING deur past. Piet Smit

Hoeveel mense smag na aanvaarding! Sal oorboord gaan om die guns van ander te geniet. Om dit te bekom sal hulle: Verkeerde keuses maak, Verkeerd trou, Hulle self diep ongelukkig stem, Selfs hulle liggame onteer. Aan die einde van alles, is hulle diep teleurgestel. Hulle vind geen vervulling. Inteendeel hul vind net: Selfveragting, selfverwyt en hulle kom tot die ontnugtering dat hulle deur ander misbruik en gebruik is.

GOD HET MY LIEF!

Dit lê in vier woorde: Dis tog waarom alles gaan. Dis mos wat Hy van my dink, wat tel en nie so seer mense se opinies nie. Dis mos vir Hóm wat ons moet behaag. Hoe wispelturig is mense nie? Die eendag wou hulle vir Jesus koning maak (Joh. 6:15) en by ‘n volgende geleentheid kruisig dieselfde mense Hom. Mense het ongelukkig nog nie verander nie. Hulle sal net dieselfde met my en jou doen, nadat ons alles gedoen het om hulle gelukkig te stel. God se liefde vir my, maak my sterk. Die Engels klink so mooi: I’m secure in His approval! GEBED Here, ek aanvaar U liefde vir my net soos ek is. Om U te volg is my strewe en lewe. Amen.

Advertensies Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker kontak: 022-487 2200 @ net R25 per maand per blok.

Regs: Die “link” na ons facebook blad.

5


Guard Your

Mouth deur Joel Osteen

W

e’ve all said things we wish we could take back. Scripture says that when we guard our mouth, we

keep our life. That’s because our words determine the direction of our lives, and wrong words can get us off course very quickly. The Bible tells us that life and death are in the power of the tongue. There’s no neutral ground. We are either sowing seeds of life and productivity with our words, or we are sowing seeds of ruin and destruction with our words. Today is a good day to take inventory of your words and make the decision to sow only good seeds.

Sow seeds of life by speaking God’s Word over yourself and those around you. Make the decision today that your words will bring glory to the Lord as you guard your mouth and keep your life! 6


Gebruik die

BIETJIE wat jy in jou hand het! deur Stephan Joubert

T

oe die bekende Dr Seuss sy kinderboek The Cat in the Hat geskryf het, het sy uitgewer slegs 223 woorde (party beweer dis 225 woorde!) aan hom gegee wat hy deur die loop van die boek kon gebruik. Met die skryf van Dr Seuss se volgende boek het sy uitgewer, Bennet Cerf, hom $50 gewed dat hy nie ’n boek kon skryf waarin hy slegs 50 woorde gebruik nie. Toe doen hy dit. Green Eggs and Ham het 200 miljoen kopieë verkoop! Ons dink gewoonlik dat ’n stortvloed van woorde die ding vir ons moet doen. Dis egter nie nodig nie. Jesus het ons geleer dat verbale stortvloede definitief nie werk met God nie. In Matteus 6 hoor ons by Hom dat God nie deur massas woorde beïndruk word wanneer ons bid nie. Hy weet wat ons nodig het. Daarom hoef ons Hom nie met indrukwekkende woorde te oorstroom nie. Hou dit kort, met ander woorde. Dieselfde beginsel leer ons in Prediker 4:17–5:2. God word nie deur baie woorde geroer nie, maar deur opregte harte. Ek leer nog ’n les vandag, en dit is naamlik dat ek altyd moet werk met dit wat ek in my hand het. As ek 223 of selfs 50 woorde op my palet of op my leeftafel het, dan is dit so. Dan maak ek die beste daarmee wat ek kan. Dink net hoeveel

beter sal die wêreld (en Suid Afrika!) wees as Christene dit regtig begin glo. Dink net wat sal gebeur as hulle dit wat hulle in hulle hand het gebruik en nie heeltyd net kla en gedurig vertel hoe anders dinge kon gewees het nie.

Feit is, ons sit met Eskom, snaakse politici, geldelike uitdagings, en wat nog alles, maar om dit as ons plafon te sien, of as die beperkers van ons geluk voor God, is om geestelik verlam te wees. Die meeste mense se omstandighede is die grootste bepalers van hulle geluk of ongeluk. (Gaan kyk gerus na die meeste studies oor geluk in die wêreld, dan sal jy sien gunstige uiterlike omstandighede bepaal meeste mense se geluk!) Wanneer jy egter saam met Jesus loop, is Hy jou vreugde. Dan kan jy op enige palet vir Hom meesterwerke skilder. Dan kan jy, soos Dr Seuss, selfs met 50 woorde toor.

7


Accept Christ as Your

Healer Kenneth E. Hagin

Who his own self bare our sins in his own body on the tree, that we, being dead to sins, should live unto righteousness: by whose stripes ye were healed. (1 Peter 2:24) While pastoring a Full Gospel church in north central Texas, I visited a dear woman and her husband in their home in the country. They had several children and many acres of farmland. They were wonderful people. Sister Foster had a Methodist background. She said to me, "You know, Brother Hagin, my grandmother lived with us right in this very house. I remember the time someone came to town, rented a store building, and had a meeting there. Grandma was ninety-three years old then. My husband and I went to the meeting, and I came back and told Grandma about it. She said, 'Sounds like old-fashioned Methodism to me.' She encouraged us to go back. "We went back, and the man announced that he was going to have a healing service. He was going to lay hands on the sick and anoint them with oil according to James 5:14. He said that the Lord still heals the sick today as He did in days

8

gone by. I thought to myself, I'll tell Grandma about that and she won't want us to go back. I didn't want to go back, anyway. "The next day, I told Grandma about it. She said, 'You must go hear him. Forty years ago in our Methodist church, a man came along preaching healing. He had everyone come down front and accept Christ as their Healer, just as we accepted Him as our Savior. I went down there and accepted Christ as my Healer. Do you remember me ever being sick in the last forty years?' "I said, 'No. I just always thought you had a strong constitution.' "She said, 'No. I accepted Christ as my Healer, and I haven't been sick in forty years. In fact, I'll have you know that I'm going to live and die without having sickness or disease in my body. You both go back and hear that.'" They listened to Grandma. They went back and got filled with the Holy Ghost. Confession: Just as I accepted Jesus as my Savior for life, I accept Him as my Healer for life. I no longer have to live with sickness and disease. I can enjoy a long life of health.


‘n BRIEFie AAN JESUS Ingestuur deur Magriet Smit

Goeienaand Jesus Na die lekker reën , is die wêreld ook lekker vol modder. Vir klein kindertjies (en sommige van ons wat sukkel om groot -te-word) is dit een van die lekkerste dinge. Pa’s en veral ma’s waarsku altyd teen die modder. Die wonderlikste van hierdie modder is, is dat een van die mooiste blomme hulle koppe uitsteek uit hierdie modder en veral in vleilande - die aronskelk (of sommer varkore). Dit is seker een van die mooiste en eenvoudigste plante wat hulle spierwit blomme uitstoot uit hierdie modder Eintlik is dit maar ‘n beeld van ons almal se lewens. Ons beland soms in die modder met ons lewenswyse - en dit is dan wanneer ander in stilte dink: “Hy is ‘n regte vark”. Maar eintlik is ons maar almal van tyd tot tyd in die modder. Die meeste van die tyd natuurlik deur ons eie toedoen en ongehoorsaamheid. Maar soms is die uitdagings van die lewe wat vir ons laat voel of ons in die modder is. Jesus, maar U wil nie he dat ons in die modder moet bly nie. U het juis gekom om van ons aronskelke te maak. Ons lees in Efesiers 2:5-8 “ Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom sou laat sien

hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.” Jesus, U het uit genade ons opgewek uit die modder om van ons aronskelke te maak. As ons na die aronskelke kyk, is ons soms verstom uit watter modder en vleilande hulle groei. Net so is geen van ons “modderoomblikke” vir ons te groot nie. Uit genade laat U ons uit die modder opstaan. Wow! Uit genade is ek God se aronskelk. Uit genade het U my opgelig uit my modder-bestaan. Geen kanker of enige iets anders (wat ons laat voel of ons in die modder is), kan God keer om van ons aronskelke te maak nie!! Daarom wil ons bid: “Dankie Jesus, dat U bereid was om in die modder neer te daal om vir my ‘n aronskelk te maak. Ek wil vanaand my moddergate verlaat en vir U ‘n aronskelk wees wat weet en glo dat alles wat ek is, is net genade; alles wat ek het en dat ek ‘n aronskelk kan wees, is net een groot stuk gawe van U. Baie dankie, Jesus!” Uit genade red God ons uit moddergate. Laat ons met dankbaarheid ‘n aronskelklewe lei. Onthou: vir God is geenmodderlewe te groot nie - HY WIL VAN ALMAL ARONSKELKE MAAK! Is jy al God se aronskelk?

9


FOTO NUUS FOTO’S geneem deur Ingrid Ghysens

‘n Vrydagaand se saambid vir 1uur.

Die gesinsdiens op 21 Junie 2015 het elkeen ‘n warm kombers gebring en ook heerlike sop geniet.

Die tafels

Past. Piet Smit en Joyce Jasson wys hul sertifikate, nadat hul ‘n kursus in “Middel Afhanklikheids Groep Opleiding” bygewoon en voltooi het.

Piet Smit, Frans Treurnich en was die musikante wat musie

10


Papierblomme

Gasvrouens by ons Vroue Tee - 6 Junie 2015

Nelia Fourie was die gasspreker. Saam haar is Susan Smit en Lisiel Engelbrecht.

s het ‘n “vintage look” gehad.

n Isaac Moosa ek verskaf het.

Die modeparade se klere is deur Lydy Lace geborg. Modelle - Carmen v/d Westhuizen, Lioni Gray, Elsabé v/d Westhuizen, Levona Roberts en Miscke du Toit.

11


S

preuke 30: 11-14 “Daar is ’n soort mens wat sy vader vervloek en vir sy moeder nie ’n goeie woord het nie. ’n Soort mens wat homself rein beskou, maar van wie die vuilheid nie afgewas is nie, ’n soort mens wat vol hoogmoed, vol eiewaan is, ’n soort mens wat koelbloedig en wreed is en wat teer op die hulpeloses en die armes van die land.”

Daar is ook niks wat die Here meer verafsku as mense wat ander mense te na kom nie. Of hulle minag nie. Hulle as sy mindere beskou nie, want of jy nou arm of ryk is, almal is gelyk voor die Here. Ons almal ken die storie van die ryk man en Lasarus. Van die boom wat die hoogste wou groei. Nie een van die twee se einde was goed nie. Lasarus het sy plek in die hemel gekry en die ryk man die warm plek. Sy geld kon hom nie eers daaruit Dit is swaar, maar dit is waar! Daar is hou nie en selfs daar was hy nog altyd vol van regtig sulke mense soos hierbo beskryf word. homself toe hy gedink het hy kan Lasarus Mense wat dink hulle is so goed dat net hulle rondstuur. Selfs in die warmplek wou hy nie ’n plekkie in die son mag hê. Dat hulle ’n besef hy het verloor nie. Hy het verkeerd aanwins vir die samelewing is en net gewoon- opgetree nie. Die boom wat te hoog wou groei weg dink hulle is die koning se kat se snor. en toe die meeste wind gevang het, wel hy het Wat is dit wat mense dryf om so te wees. as gevolg van sy hoogmoed tot ’n val gekom Selfsug, gierigheid, bang om 'n tekort te hê, omdat sy wortels verswak het en hom nie jaloesie miskien. Ek dink nie die rede maak meer kon regop hou nie. Sy eiedunk en eintlik saak nie, maar in die oë van die Here is hebsug na meer en meer het sy einde beteken dit verkeerd, want dit beteken jy ontsien niks en ook hy het seker teen die einde van die dag en niemand om jou doel te bereik nie en in die warm plek beland, want al waarvoor hy natuurlik word al hierdie dinge dan bo jou toe goed was, was vir vuurmaakhout. Moenie verhouding met God gestel. Die Here waarsku op jouself roem nie. tog uitdruklik dat ’n mens nie vir Hom en “Laat dit aan iemand anders oor om jou te Mammon gelyk kan dien nie. ’n Mens kan tog nie twee konings dien nie. Een of ander tyd sal prys, moenie dit self doen nie. Laat dit uit ’n ander se mond kom, nie uit joune nie.” daar ’n kinkel in die kabel wees. Gaan daar ’n Spreuke 27:2 tyd kom dan jy vir die een meer as die ander moet dien en aan watter een gaan jy dan Mense, God het ons nie geskape om getrou wees. Dit is die groot vraag. Mammon mekaar te vertrap en te verneder nie. Om jou kan baie dinge vir jou moontlik maak. Baie hoër te ag as ’n ander nie. Nee, hy het ons deure vir jou oopmaak, maar kan hy vir jou bymekaar gebring om mekaar lief te hê, die deur na die hemel oopmaak. Kan hy vir arm of ryk. By te staan en te onderskraag. jou ’n kaartjie aan die bruilof tafel koop. Te help waar ons kan en saam net een God Nee! Hy kan nie. Al rol hy in die geld of al te dien. Ons Heer Jesus Christus tot in kan sy geld elke see opvul, het hy nie mag ewigheid. oor die Here nie.

Die hoogste BOOM vang die meeste wind deur Evan 12


Kom van die MAT af deur Willem Botha

V

oel jy ook of jy soms so tussen die

gehad, waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes. Onder hulle was daar 'n sekere man wat al ag en der"g jaar lank siek was. Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: "Wil jy gesond word?" Die sieke het Hom geantwoord: "Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in." Jesus sê toe vir hom: "Staan op, tel jou goed op en loop." Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop.

riete vassit? Daar in jou sukkelende rivier stroom – daar waar jy nie ‘n tree vorentoe of agtertoe beweeg nie. Dalk by jou werk, of in jou probleme, of in verhoudings, situasies, omstandighede. Nou ja, daar is natuurlik talle situasies waaraan jy absoluut niks kan verander nie. Punt is, daar is talle waaraan ons wel iets kan verander, maar ons doen dit nie. Partykeer omdat ons magteloos voel, dalk omdat ons nie weet hoe nie. Miskien omdat ons ander blameer vir ons omstandighede, dalk omdat ons nie reg"g wil nie (… dis mos partykeer makliker om te kla!). Partykeer doen ons angrypende verhaal dié. Hierdie man niks, want ons “wag op die Here”. was 38 jaar lank siek, só sê die Bybel, Natuurlik moet ons in alle maar ons weet nie hoe lank hy by die omstandighede op die Here wag, maar bad gelê het nie. Vir baie jare sien hy hoe partykeer wag die Here vir ons. mense hom voorspring en gesond word, Het jy al gedink en hy wag, en hy wag, en wag …. Totdat Jesus kom, en eensklaps vir hom genesing bring. “Staan op, tel jou goed op en loop”. En toe loop hy. Dan gebeur niks. En dan, jaar na jaar sit ons so in die riete vas. Nie vorentoe, of agte toe nie. Joh 5:1-9(a) Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange

A

:

“Hoe lank voor die deure oopgaan, Here?”

13


DIE PAD

HEMEL

TOE

OORGAWE GEBED

As u God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:13). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: “As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” . Amen!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit - 022-48 2200

wil jy gedoop word? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit 022-487 2200

14


ONS STEL BEKEND Leoni & Ian Gray

KAN JULLE ONTHOU WAT DIT WAS WAT JULLE DAARTOE GELEI HET OM ‘N KIND VAN GOD TE WORD?

WAT HET JUL LAAT BESLUIT OM HIERDIE GEMEENTE TE KIES? Leoni - Ek hou van hoe die woord uitgebring word eenvoudig en sonder tierlantyntjies

Leoni - Het in ‘n christen huis groot geword. Ian - Om in God se voetspore te volg

Ian - wil by ‘n kerk wees waar die woord woord bly en nie heeldag oor politiek en finansies gaan nie.

WAAR IS JULLE GEBORE? WAT IS JULLE GUNSTELING TYDVERDRYF?

Leoni - Malmesbury Ian - Malmesbury

WAT WIL JUL NOG GRAAG VIR JESUS DOEN?

Leoni - Slaap , sosialiseer met familie Ian - Alle Sport HOE LANK IS JULLE NOU AL KINDERS VAN DIE HERE?

Leoni - 1 jaar Ian - 1 jaar

WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT JESUS VIR JULLE GEDOEN HET? Leoni - My redding en my liefde vir my man. Ian - Omdat God my ‘n nuwe mens gemaak het.

Leoni - Mense te help om geestlike te groei Ian - Om mense na die Here te lei

WATTER BOODSKAP VAN DIE HERE HET JUL VIR DIE MENSE DAAR BUITE. Leoni - & Ian Daar is niemand soos Hy nie sonder Hom bestaan ons nie eintlik nie ons is dankbaar dat ons vir Hom kan dien.

15


Slaankrag

in LOFPRYSINGE deur: Dr. James van Zijl (Vervolg vanaf Julie)

D • • • •

Ek wil die Here loof (Ps. 103:1)

ie Skrif is baie duidelik oor waar Hulle moet die Here loof... Vir Sy wondere Ps. 107:21 ons die Here moet prys:

In die gemeente (Ps. 22:23) In die volle vergadering (Psalm 22:26) Onder die volke (Ps. 57:10) Gaan SY poorte binne met dankliedere (Ps. 100:4)

• In die byeenkoms van die leiers (Ps 107:32)

• Voor ‘n groot skare (Ps 150:1) • Prys God in sy Heiligdom (Ps. 150:1) • Onophoudelik (Heb 13:15)

D

Dit is goed om die Here te loof (Ps. 92:2) Jubel in die Here, regverdiges (Ps 33:1) U is tog die heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink (Ps. 22:4) Daar waar die Here geprys word, maak Hy sy woning. As jy dus die Here se Teenwoordigheid wil ondervind, loof en prys hom. Lofprysinge bring oorwinning (2 Kron 21:21 en 22 Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie. Juis toe, toe die sangers met die lofprysing... Begin... Het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die vyande. Elke mens wat die Woord van God GLO, en

ie Skrif is baie duidelik oor waarom die Here moet geprys

word;

Die Here is groot! Aan Hom kom al die lof toe Ps. 48:2 Hy moet geprys word vir Wie Hy is: God Almagtig! Prys Die Here! (Ps. 149:1) Dis ‘n bevel.

daarop REAGEER, kan net nie anders optree nie: HY SAL DIE HERE PRYS! Omdat hy deur geloof in God al sy gebede beantwoord kry en in oorwinning lewe, is die onwillekeurige uitvloeisel: LOFPRYSINGE aan God! En hoe meer hy die Here loof en prys, hoe meer seën die Here hom, en hoe sterker groei sy geloof! Kan jy dus begryp hoe noodsaaklik lofprysinge vanuit die hart en mond van ‘n Kind van God is! (Vervolg Oktober)

16


voorbidding •

verhuis •

nuus

• Patty Grimbeeck (071 518 6847) • Wilma van Rooyen (072 331 1382) • Sannie Burger (082 649 4653) Werkloos

Danie & Petro Muller na Mosselbaai Kurt & Sussie Grobbelaar na Bloemhof

Siekes • Louis Hayini (073 530 9461) Magrieta van Rooyen (076 917 3549) • Perrie Lambrecht (073 008 0163)

Charlene Gobler het ’n dogtertjie ryker geword. • Jenita du Plessis voltooi Comrades in 10 uur 1 minuut

• Bid dat die Here werk sal skep vir

ons mense wat werkloos is. Sendelinge

soek die antwoord

Herman & Elzarie Fourie harryzimbabwe@gmail.com

Watter drie manne in die Bybel word as mooi voorgehou? Sms die antwoord met jou naam na: 073 447 2902

• Japansending sa@japanmission.org

vorige keer se antwoord

sê dankie

Ons vra omverskoning dat Apr./Mei maand se vraag per ongeluk herhaal is. Derhalwe is daar geen antwoord nie.

• Marius & Bernice van Rooyen berniceblompot@gmail.com

Vir die reën wat geval het. Vir gesondheid in hierdie winter. Vir kos elke dag. Huisvesting (klein of groot) Vir ‘n werk en salaris elke maand. ‘n Gemeente waar jy kan aanbid. Dat jy kan lees en skryf. Vir jou ouers wat jou groot gemaak het. Vir ons kinders en kleinkinders wat die Here aan ons toevertrou het. Dat Jesus jou gered het.

epos invalgedagtes bediening Ontvang elke dag ‘n kort geïnspireerde boodskap vanuit die Woord. corpuschristi@cybersmart.co. za

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!

17


Resensie: Ann-Beth

Antonio kom sy moses tee. Antonio en Hermie is by die vrugtefees olimpiade. Antonio is ’n rooi mier en Hermie ’n wurm. Elke jaar by die vrugtefees kom Antonio 1ste en Hermie 2de Die moeilikheid begin toe daar nuwe intrekkers kom by die naam van Angus O’Reilly. ’n Mier wat van Skotland af kom. Alles begin toe Angus wat ’n kranige gholfspeler is sy bal in Antonio se huisie inslaan omdat hy dit vir ’n putjie aansien en die bal op een van die miere se koppe beland. Ai en hulle Skotse musiek op hulle doedelsakke is iets om van naar te word. Hermie en Antonio is glad nie tevrede hiermee nie. Antonio word gekies om die Skotte op hulle plek te gaan sit, want hy is mos die sterkste, maar op pad na die bure begin daar ’n stem uit die lug met Antonio praat. Maatjies wie dink julle kan dit wees. Ja, reg geraai. Dit was liewe Jesus. Wat dink julle het Hy vir Antonio gesê wat so haastig op pad was om die ander miere te gaan verjaag. Gaan lees in Lukas 10:27 of vra vir mamma om vir julle te lees wat Jesus vir Antonio gesê het. Maats neem gerus hierdie DVD uit en kyk hoe Antonio en sy maats in die tuin gepla word deur die moedswillige Skotse rooimiere en hoe moeilik dit is om uit te voer wat Jesus vir Antonio gesê het.

18

Om jou naaste lief te hê is nie baie maklik nie, maar jy moet, al is hulle hoe irriterend.


Storie tyd ....

Gebed deur Tant Sannie de Ferriers uit KOM ONS VERTEL STORIES

J

esus het vir hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens altyd moet bid en nie moedeloos moet word nie. (Luk 18:1) Daar was eenmaal ‘n klein dogtertjie wat gesê het sy gaan nou bid en toe hoor iemand sy sê die ABC op. Hy sê vir haar: “Maar dis mos nie bid nie!” O ja, antwoord sy, “ek wil graag bid maar ek weet nie hoe mens dit doen nie. Nou sê ek maar al die letters en dan sal die Here Jesus dit alles regsit soos dit moet wees! Kinders, ek dink dit is ‘n pragtige gedagte, want ek kan sien sy het gedink die Here sal verstaan wat sy meen. Weet julle dit is die aanmoedigende sy van ons Godsdiens dat ons ‘n lewende, liefdevolle God het, en dat Hy al ons moeilikhede, asook ons begeertes verstaan. Baie heidene het afgode wat hulle aanbid. Hulle is dood want hulle is gemaak van hout of klip of goud of

silwer. Hulle het nie krag om ‘n mens te help nie. Hulle het jou ook nie lief nie, en verstaan niks van jou probleme of hartseer nie.

eksamen. Ook dit kan jy vir die Here Jesus vertel. Hy sal jou nie help nie as jy te lui is om te leer nie, of as jy stokkies draai nie, maar as jy jou bes eerlik gedoen het, sal Hy jou Ons Here Jesus het help as jy Hom vra. opgestaan uit die dood nadat Hy vir ons gesterf Dit is gebed. Nie deftige het. Nou sit Hy in die sinne en groot woorde nie, Hemel aan die regerhand maar net vir die Here van die Vader en Sy oë Jesus vertel van die vrees kyk na ons en waak oor of droefheid in jou hartjie ons. Hy luister na elke en Hy sal jou hoor en jou gebed wat ‘n kind bid. help. Hy het vir die mense Daarom moet jy ernstig uit gesê dat hulle altyd moet jou hartjie bid as jy ‘n bid en nie moedeloos behoefte het en Hy sal jou moet word nie. As jy nie help. gou antwoord kry nie moet jy aanhou met bid. Hy Dalk is jou pappie of hoor jou en sal jou op mammie of jou boetie of sussie siek. Vertel dit vir die regte tyd help. Vat die Here Jesus. Dalk het nou moed en vertel elke môre en elke aand vir jou mammie gesê sy het Hom van jou behoefte en nie geld om vir jou nuwe klere te koop nie en jy het dank Hom agterna as Hy jou gehelp het. Vertel dan dit baie nodig - vertel dit ook vir andere daarvan, en vir die Here Jesus. Alles dan sal hulle wat jou hartjie seermaak of vir jou swaar is - vertel aangemoedig word om ook te bid. Dit sal die dit vir die Here Jesus. naam van die Here Party kinders is nie baie slim nie, maar gewillig om verheerlik en Sy hart baie bly maak. hulle bes in die skool te doen. Hulle is bang vir die ♥ 19


Inkleur prent

20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.