Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

Page 1

ptytwekker ppetiser

Kwartaalikse Uitgawe

Wees Daders van die Woord

Prys: Redding / BTW: Doop 2-2016 20

Foto’s: Chris Krog


ptytwekker ppetiser Tydskrif Magazine van die of the AGS Corpus Christi Malmesbury

Redakteur Piet Smit Stories & Uitleg Janette Smit & Elsabe v/d Westhuizen Fotograaf Ingrid Gheysens Oorsig Susan Smit Adres: Baroccastraat 19, Malmesbury, 7300 Tel: 022 487 2200 Epos: corpuschristi@cybersmart.co.za Web: http://www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Facebook: AGS Corpus Christi Malmesbury

Medewerkers van die Aptytwekker

IN HIERDIE UITGAWE NUUS 10-11 Foto’s ARTIKELS 5 The Importants Of God’s Words 6 Wie Sal Sak (2) RUBRIEK 3 Nuus vd Herderspaar 9 Spieëltjie Spieëltjie GEREELD 4 Al Bruis Die Jordaan 8 Slaankrag In Lofprysing 15 Ons Stel bekend 16 Soek die antwoord

epos invalgedagtes bediening Ontvang elke dag ‘n kort geïnspireerde boodskap vanuit die Woord. corpuschristi@ cybersmart.co.za

2

19


Getroud tot die dood

NUUS VAN DIE

Anoniem

HERDERSPAAR

Een van die mede bergklimmers stuur vir my (past. Smit) die volgende skrywe n.a.v. die onlangse reeks oor die huwelik. Ek deel dit met sy goedkeuring: Hy skrywe Ons is vandag (27 Mei) 39½ jaar getroud. Ons het die huwelik aan ons seuns beskryf as ‘n vier letter woord, gespel WERK. ‘n Goeie stuk raad van ‘n ander egpaar, voor ons huwelik, was die volgende: Elke maand, op die datum (27ste in ons geval), onthou/vier die huwelik deur iets eenvoudigs soos bv. ‘n koppie tee/koffie by ‘n gunsteling kuierplek; iets kleins wat net anders is as die ‘daily grind’.

Drie jaar gelede het ons, presies 40 jaar na ons ontmoet het, op die datum, middagete geniet in die pragtige Jonkershoekvallei – reg oorkant die plek waar ons ontmoet het. (Ai, en het haar vriendinne nie gedink dit is ‘n romantiese daad nie!)

Ongelukkig word hierdie goeie gewoontes binnekort stopgesit. Nie deur egskeiding nie, maar skeiding deur die dood. Ek het jou vertel met die Na ons eerste kind se geboorte het hierdie goeie “grotstap” verlede jaar dat gewoonte uit die bus geval kanker vir … weer gevat het, na sy in 1994 vir tot, toe hy vyf jaar oud is, ons besef het hoe min ons borskanker behandel is. Sy het waarskynlik net ‘n met mekaar diep dinge gepraat het (ten spyte van paar dae oor, met uitsaaiings in haar long, gedeelde stiltetye!) en dit nou so erg, dat elke asem heringestel. wat sy vat, ‘n stryd is. Toe die leë nes gebeur het, het ons weer begin “date” – en was dit lekker! Ons is dankbaar vir die 20

18

jaar wat sy kanker vry was waartydens sy drie seuns die wêreld in kon stuur, twee skoondogters ryker geword het, en drie kleinkinders geniet.

Sy is gereed om deur ons Hemelse Vader verwelkom te word. (Ons het nou net weer die formaat van haar roudiens bespreek.) Maar vir my om die skeuring van die Bybelse “een vlees” te ervaar, is geweldig pynlik.

Kommentaar: Past. Piet Smit Hierdie getuienis het my laat dink aan die teks in Open. 2:10 – “Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.” Hierdie man het sy vrou bygestaan tot … feitlik die einde. Wat ‘n voorbeeld van getrouheid in die huwelik!

~~~

Om by die Here Jesus uit te kom as Redder, is die grootste wonderwerk denkbaar! Tog is daar iets wat skort as mens net dáár gaan vassteek. So sien mens dit in die heel eerste vraag wat Paulus vir die dissipels van Éfese vra (Hand. 19:2): “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” M.a.w., is julle ook vervul of gedoop met die Heilige Gees?

ons in die kerk met ‘n skakel-vas en -gebed die Here gesoek het. In ‘n vorige gemeente het ons destyds as ‘n paar broers ‘n dag in die kerk gevas en ek het so verlang om weer so iets te beleef. Ekself het basies die hele dag in die kerk deurgebring en gesien en beleef hoe elkeen sy tyd kom bid het in die kerk. Die aand net voor slapenstyd lees ek die woorde van Ps. 99:6 – “Hulle het

Om dieselfde rede hou ons jaar vir jaar Pinkster. Eerstens is dit ‘n viering van wat in die bo-vertrek gebeur het in Hand. 2: 2-4, maar terselfdertyd is dit ook ‘n geleentheid vir elkeen om weer te kom tot die Bybelse standaard van Geesvervulling. Mens kan vir ‘n eerste keer as gelowige vervul word met die Heilige Gees maar mens kan ook ‘n hervulling ontvang. (Hand. 4:31)

die Here aangeroep, en Hý het hulle verhoor.” Die ou

Wat ‘n wonderlike tyd was dit nie ook weer vanjaar met ons reeks oor Herlewing! Vele het gesê van die Woensdagaand: “Ek het nog nooit so iets in my lewe gesien en ondervind nie!” Al die lof aan die Here!!! Ek wil glo dat ons deurbraak het gekom in die aanloop, toe ons as gemeente die 27ste April 2016, die nasionale dag van vas en gebed, ons volle samewerking gegee het en

basiese waarheid vir ‘n deurbraak: Vas en gebed! Alhoewel ons Pinsterdienste eenmaal in die jaar hou, beskou ons onsself as ‘n Pinksterkerk. D.w.s. ons het elke dag Pinkster. Ons wandel elke dag onder en in hierdie atmosfeer van Sy teenwoordigheid. Ons wil elke dag gelei word deur die Heilige Gees. Ons tap Sy krag vir alles wat ons doen en ons leef vanuit hierdie krag om Sy getuies te wees teenoor die mense met wie ons saam leef en werk. Ons moet voortdurend lief wees vir mekaar, want hieraan sê Jesus, sal die wêreld weet dat ons Sy dissipels is (Joh. 13:35)! Piet & Susan Smit 3


Staan

Al Bruis Die Jordaan Na hierdie geseënde tydperk van

arbeid waarna ons altyd met baie genot terugdink, het ons ‘n beroep na ‘n plattelandse gemeente aanvaar. Hier was alles presies die teenoorgestelde as in die vorige gemeente. Ons het meer as eendag gevoel dat ons met ‘n Gen. 22 ondervinding besig was: “En na hierdie dinge het God Abraham beproef.” Dit was ‘n beproewingsvuur wat op alle gebiede gebrand het. Tog het ons daar ondervindings op-gedoen wat selfs vandag nog ons bediening beïnvloed. ‘n Paar maande na ons aankoms in die gemeente het iets wonderliks gebeur. ‘n Ernstige Christen van ‘n ander kerk-genootskap, broeder C, het ons kom vra om een Woensdagaand ‘n diens by sy huis te hou. Laat die Dinsdagmiddag, by ons terugkeer van huisbesoek, sê my man onverwags: “Het die Here dalk vir jou ‘n boodskap gegee vir môreaand? Ek het baie gebid, maar niks ontvang nie.” “Nee, my liefling”, antwoord ek, “vanaf ons huwelik vra ek nooit vir die Here ‘n boodskap nie tensy jy, die hoof van ons huis, vir my sê jy voel ek moet dit gee.” Die aand het ons baie ernstig vir die Here gevra om ons sy wil vir die 4

soek die antwoord vorige keer se antwoord

(Stefan Joubert)

tant Sannie de Ferriers

geleentheid te openbaar. Baie vroeg die volgende oggend was dit of iemand my wakker gemaak het. Toe ek my oë oopmaak, sien ek ‘n man voor my bed staan, reg voor my. Ek het ‘n heilige teenwoordigheid gewaar en nie gewaag om na sy gesig op te kyk nie. Hy was geklee in ‘n bruin pak. Dit het my opgeval dat die pak van ‘n duur stof gemaak was en ek het selfs gemerk dat ‘n fyn rooi draadjie ‘n duim van mekaar in die stof ingeweef was. Kalm het Hy my in Afrikaans aangespreek: “Julle twee het gisteraand geredeneer oor wie vannaand die boodskap moet gee. Hoekom praat julle nie oor daardie teks: “Ek bid vir hulle…” Meteens bly Hy stil asof Hy my kans wou gee om te dink waar dit geskryf staan. Toe ek onthou dat dit in Joh. 17 is, hervat Hy: “En die ander teks wat sê: “Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid…” Ek lê nog so en dink: Waar sou dit geskryf wees? O ja, die Here Jesus het dit vir Simon Petrus gesê in Lukas 22:31, en die volgende oomblik was Hy weg. (Vervolg)

Iemand skryf iewers dat as jy nie vir iets staan nie, dan val jy vir letterlik Johannes die dissipel, het verkies enigiets. Ek sou wou byvoeg: as jy nie om eerder van mond tot mond vir Iemand staan nie, dan val jy vir met die gemeente te praat as om enigiemand se stories. Hierdie te skryf. (2 Joh. 1:12) Niemand Iemand is die Here. Om in Hom vas te het ‘n korrekte antwoord verskaf. loop, is lewensveranderend. Daarna is jy nooit weer dieselfde nie. Dit is soos hierdie keer se vraag ’n kop-aan-kop botsing, ’n noodlottige een. Daar sterf jou ou self. Daar staan Waar lees ons in die Bybel van ‘n ’n nuwe jy op in ’n nuwe lewe. Om geval waar ‘n swaard heeltemal Christus te leer ken, is nie net om ’n weg in ‘n man se lyf gesteek is? paar duikklop-werkies aan jou ou self te laat aanbring nie. Dit is om oor te begin met jou lewe. Dit is om te weet Sms die antwoord met jou naam dat jy ’n nuwe skepping is soos wat na: 073 447 2902 Paulus in 2 Korintiërs 5:17 skryf. Dan is alles nuut omdat jy nuwe oë en ’n nuwe hart gekry het. Jy leef dan kraakvars en nuut vir God. Jy loop op nuwe paaie en dink nuwe dinge. Christus die Here gee nuwe betekenis aan jou lewe. Nee wag, Hy is die (Vervolg vanaf bl. 6) somtotaal van alle betekenis in jou 4 keer genoem). Daarmee het die lewe.

WIE SAL SAK

Hy is die Here. Hy is jou hoop en jou troos.

dogters van Lot hom dronk gemaak en kinders by hom verwek.

Nou en vir altyd.

Van ‘n man wat soveel besittings gehad het dat die land hom en Abraham nie kon dra nie, eindig hy as ‘n voorwerp van bespotting. ~~~

Op die korte duur het dit gelyk asof die sak-beginsel vir Abraham kon benadeel. Maar op die langtermyn het hy as ‘n vermoënde man geëindig. Maar Lot eindig bankrot, binne in ‘n grot, soveel so dat ons met hom kan spot! 17


The Importance of God's Word Kenneth E. Hagin Willem Botha

Jy ken mos die sêding:- Wat is erger as 'n wurm in 'n appel? 'n Halwe wurm! Dis nou as jy hom gehap het. Eish! Wel, daar is min dinge wat 'n vrug so kan bederf, want die appel mag prag&g lyk van buite, maar vrot wees van binne.

Ma( 12 : 33 "As julle sê 'n boom is goed, moet julle ook sê sy vrugte is goed, en as julle sê hy is sleg, moet julle ook sê sy vrugte is sleg. 'n Boom word tog aan sy vrugte geken." Hierdie teks is vir my persoonlik 'n vreeslike aanklag, want die Here sê hier dat dit wat jy uitstraal, jou binneste weerspieël en om eerlik te wees is ek nie altyd gelukkig met my binneste nie, hoewel ek myself nogal kan voorhou as 'n prag&ge skoon, gesonde vrug. Het jy al gehoor dat mense so graag sê dat Christene skynheilig is? Wel, ek moet dit erken, ek stal nie maklik die vrot dele uit nie. Dis nogal mooi as jy 'n mooi gesonde, rooi appel so blink poets met 'n lap, want hy kan nogal prag&g blink as jy so bietjie met hom werk. Nou ja, so kan jy jou beeld wat jy na buite voorhou ook prag&g blink poets, maar net die Here, en die wat naby jou is, sien die ongesonde binnekant. Maar as jy die Here toelaat om jou blink te poets, is dit anders, want Hy begin nie buite nie, Hy werk van binne af. En hoe mooier Hy die binneste vorm, hoe mooier word dit van buite. Dis wat Hy wil hê, 'n gesonde binnekant wat goeie vrug dra in hierdie wêreld, maar ons kan nie as Hy nie eers die wurms verwyder het nie. Dit hang maar net van onsself af. En as die wêreld ons dan beskuldig van skynheiligheid is dit okay, want die Here gebruik nie volmaakte mense nie, Hy gebruik skoongewaste mense.

~~~ 16

“My son, attend to my words; incline thine ear unto my sayings. Let them not depart from thine eyes; keep them in the midst of thine heart. For they are life unto those that find them, and health to all their flesh.” (Prov. 4:20-22) Knowing the written Word of God for yourself is very important. I've had people attend my meetings who were there every single service, but they didn't bring their Bibles. Now I didn't tell them, but I knew that if I could get them to bring their Bible one time so they could see for themselves what God says, they would receive their healing. I remember one fellow in particular. He had been in twenty-one services, yet still failed to receive his healing. I said to him, B " ring your Bible." He responded, W " ell, the only time I take my Bible to church with me is on Sunday morning." I said, B " ring it with you."I knew he wouldn't accept what I was saying if I just told him, because he thought certain scriptures read a certain way. And they didn't read the way he thought. One night he brought his Bible and followed me in reading the scriptures. Before I finished my lesson, he jumped up and said, I" just can't wait. I'll receive right now." And he received his healing! Someone might say, "What if you couldn't have gotten him to bring his Bible?"He wouldn't have received. The Bible is God's Holy Book. The Bible is God speaking to us. Do you want God to speak to you? The Bible is God speaking to you. Confession: The Bible is God speaking to me. I attend to God's Word by reading and studying my Bible. I keep His Word before my eyes, and I incline my ears unto it. 5


WIE SAL SAK

ONS STEL BEKEND Francois & Anneline Malan

(2)

Voorgestel 15 Mei 2016

Past. Piet Smit

Efe. 5:21 – “en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.” 1 Pet. 5:5 – “Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.”

dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.” Abraham die senior vennoot laat die keuse oor aan Lot, die junior.

Vele sê: “Ek kan mos nie altyd die minste wees nie. Mense gaan van dit misbruik maak en my sagtheid Die sak-beginsel was ter sprake in die uitbuit!” (Onthou as gelowige doen verhouding tussen Abraham en Lot. jy dit ter wille van die Here.) Lot was die broerskind van Abraham Kom ons kyk ... Wat gebeur in die wat saam met hom getrek het en in verhaal van Abraham en Lot? Lot Kanaän saam met Abraham baie welvarend geword het. Soveel so dat kies toe dit wat op die oog af so goed lyk, sonder om die Here te raadpleeg die land hulle twee nie kon dra met – die vrugbare Jordaan vallei (vers hulle groot getalle aan vee nie. Toe 10, 11). Maar Sodom en Gomorra daar later twis tussen die twee se wagters ontstaan het (Gen. 13:7), het was ook daar ... Ons lees dat hy het beide besef dat daar ‘n plan gemaak later daarin gaan woon. Toe Sodom met swawel en vuur verwoes word moes word, want so kon dit nie aangaan nie. Hulle was nou soos die (Gen. 19:24), moes hy vlug met net twee bokke op die rotslysie, kop teen die klere aan sy lyf en slegs sy twee dogters het oorgebly as familie. Toe kop. Wie sal kop gee? Wie sal sak? gaan woon hy in ‘n spelonk in vrees Die persoon naaste aan die Here en (Gen. 19:30). Al wat ons lees wat die nederigste sal eerste sak. So hulle uit Sodom moes saamgeneem gebeur dit dan ook. Dis Abraham wat het, was wyn (vers 32 – 35 word wyn sak (Gen. 13:9): “... gaan jy links, (Vervolg op bl. 17) 6

WAT HET JUL LAAT ESLUIT OM HIERDIE GEMEENTE TE KIES? WATTER BOODSKAP VAN DIE HERE HET JUL VIR DIE MENSE DAAR BUITE. Francois - Stel vir jou ‘n doel en volhard daarin totdat jy dit bereik het.

Francois - Vrede gevind in hierdie gemeente. Anneline - Past. Piet Smit se manier van preek en manier van doen.

Anneline - Liefde gee & deel met ander wat jy het.

WAT HET JUL DAARTOE GELEI HET OM ‘N KIND VAN GOD TE WORD? WAT WIL JUL NOG GRAAG VIR JESUS DOEN? Francois - Siele na Hom toe lei. Anneline - God gee vir my klein opdraggies - wag vir Sy opdrag.

Francois - agv. van malaria en daar geen hoop was nie, het die Here my kom genees. Anneline - 1979 tot bekering gekom. Nadat ek besef het om wedergebore te wees, daar meer is as om net te voel jy het God lief.

WAT IS JOU GUNSTELING TYDVERDRYF? WAAR IS JY GEBORE? Francois - Richmond (Karoo) Anneline - De Doorns

Francois - Om met my hande te skep. Anneline - Saam met Francois alleen te kan wees. (Scrapbooking , mosaic)

15


DIE PAD

HEMEL

TOE

OORGAWE GEBED

Nuwe Bestuursraad 2016

As u God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:13). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: “As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” . Amen! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit - 022-48 2200

wil jy gedoop word? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark.16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit 022-487 2200

14

Van links na regs: Zelda Roberts, Joyce Jasson, Brian Harker (Vise-Voorsitter), past. Piet Smit (Voorsitter), Ivan Gheysens (Sekretaris), Sylvia Venter (Tesourier), Johan Smit en Magrieta van Rooyen. Baie geluk aan hierdie nuwe span wat vir die volgende vier jaar op die Bestuursraad sal dien. Mag die Here hul die nodige wysheid en kennis gee om die gemeente reg en mooi te lei. Bid asb. vir hulle.

7


(Vervolg vanaf Februarie)

Hierdie lof en aanbidding en gemeenskap met die Here is vir jou in jou binnekamer, maar beslis ook vir die groep gelowiges. Daar waar die Liggaam van Jesus bymekaar kom, daar verlang die Here ook om op hierdie wyse bedien te word. Dan bedien Hy ons met ‘n taleboodskap, ‘n profesie, ‘n woord van kennis of wysheid deur die werking van Sy Heilige Gees deur Sy kinders. Heb. 10:19 Broers, ons het dus nou, deur die Bloed van Jesus VRYE TOEGANG TOT DIE HEILIGDOM en dit op ‘n weg wat nuut is en na die lewe lei. Besef jy wat hierdie teks impliseer? Ons kan nou gaan tot in die heiligdom: die Allerheiligste, elkeen van ons wat gewas is deur die Bloed van Jesus. Dis nie meer net vir die hoëpriester, eenkeer ‘n jaar soos in die Ou Testamentiese dae nie! Dis vir JOU, VIR MY, ENIGE TYD - hoe meer dikwels, hoe beter! En watter beter wyse is daar om dit te doen as om met lofprysinge en aanbidding die heiligdom te betree? Het jy geweet dat die blydskap in die Here jou beskutting is! (Neh. 8:11) Die Engelse Advertensies Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker kontak: 022-487 2200 @ net R25 per kwartaal per blok.

8

Slaankrag

in LOFPRYSINGE

Dr. James van Zijl

Dr. James van Zyl

vertaling lui: the JOY OF THE LORD is our strength. So, dit is eintlik die blydskap VAN DIE HERE - dit behoort aan Hom. Jesus was vasbeslote dat sy dissipels (gelowiges, wat ons insluit) ook hierdie blydskap moes hê, want daar-sonder is ‘n gelowige swak. Maar nou kom Ek na U toe. (Jesus bid tot Sy Vader Joh. 17:13) En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê. (Lees ook vers 20) Was hierdie blydskap afhanklik van die dissipels se uiterlike omstandighede? Nee! Hulle omstandighede was bra haglik, met hulle leier wat enige tyd gevange geneem kon word en miskien nog hulle ook? Gelukkige omstandighede? Beslis nie, maar hulle blydskap was IN CHRISTUS wat oorwinnend is. Dis ook jou en my erfenis! Hierdie blydskap is nie afhanklik van ons fisies omstandighede nie, maar dit is afhanklik van Jesus, en Hy is ‘n konstante, Ewige Oorwinnaar! (Vervolg)

na die lig draai sodat ons kan weerkaats en die wêreld laat weet dat net God ons Spieëlbeeld is en ons so moet lewe dat mense dit kan sien en nie die uiterlike nie. Lewe volgens die groot Spieël se wil en sy beeld sal deur ons straal en die wêreld verlig. Vertrou nie op menslike spieëls of muurbehangsels nie, want hulle is vals. Hulle lieg. Hulle sê net wat ander wil hoor. Wat hulle van jou dink maak nie saak nie. Dit is die beeld wat jy na God wys wat saak maak en net Hy kan jou spieëlbeeld bepaal. As jou binneste skoon is, sal jy in Sy spieël die engel sien wat jou beeld terug kaats en as jy nie volgens Sy wil en weg wil leef nie, wel dan sien jy die duiwel self en die spieël sal voor jou oë splinter. Ons weet almal wat ’n bygelofie sê van ’n stukkende spieël. So mensies, kom ons probeer van vandag af om nie ’n menslike spieël te wees om ander te kritiseer of te oordeel nie, maar ’n spieël wat die krag van God se liefde uit straal, want net in Sy spieël sal jy die Weg en die waarheid leer ken. ~~~

Vertrou nie op menslike spieëls of muurbehangsels nie, want hulle is vals.

Baie geluk aan: ∗ Elton

& Carmen vd Westhuizen met hul baba dogtertjie. ∗ Rogun & Ernestine Yallappa met hul baba seuntjie. ∗ Cobus & Mari Carstens met hul baba seuntjie. ∗ Morné & Jolandi Uys met hul baba dogtertjie. ∗ Melt & Poppie v Aarde met hul nuwe kleinkind.

Onder Die “link” na ons facebook blad.

13


Een van die Here se deur Stephan Joubert

“go-to” mense

In Engels word daar van “go-to-people” gepraat. Dit is daardie mense na wie toe jy dadelik sal gaan as jy hulp nodig het. Hulle is diegene met omgeeharte. Hulle is mense met baie wysheid. Ek wonder wie is al die “go- to- people” wanneer mense vandag die Here broodnodig het? Wie is daardie mense wat dadelik uitstaan as oortuigde navolgers van Jesus? Ek vermoed dit sal doodgewone mense wees wat stilweg op die Here se pad loop. Dit sal mense van karakter wees wie se ja altyd ja is; mense wat hulle woord gestand doen. Dit sal mense wees wat in Jesus se Naam bekers kouewater uitdeel en stukkendes op die hande dra. Dit sal diegene wees wat nie gedurig ander mense veroordeel en afskryf nie, maar wat ander dien en tweede myle saam met diegene loop wat dit nie verdien nie. Die Here se “go-to” mense is daardie stil maar sterk lewende magnete van die Here. Soek sulke mense uit en leer by hulle hoe om naby aan die Here te leef. O ja, en maak seker dat jy van nou af Innige simpatie ook ‘n ” go-to” persoon is as iemand • Aan die familie met die die Here nodig het. heengaan van Sannet Templar • Aan Naomi Timotheus met die heengaan van haar broer

12

~~~

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel.

• Ria Hendriks met die heengaan van haar seun

Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie.

• Aan die familie met die heengaan van Linda Swanepoel

Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!

(Elsabé van der Westhuizen)

Spieëltjie, spieëltjie sê vir my, hoe sien ander mense my, sing Bobby van Jaarsveld en ek wonder of ek altyd wil weet hoe ander mense my sien? Wil jy jou aan die genade van die mens se tong oorlaat? Wat sien die mense rondom jou as hulle na jou kyk? Sien hulle altyd die regte spieëlbeeld of maak hulle hul eie gevolgtrekkings? Hoekom is dit vir ons so belangrik wat ander mense van jou dink? Wat sien jy wanneer jy in die spieël kyk? Net ’n afdruk. ’n Halwe beeld en ’n dowwe een daarby. Ja, jy sien jou gelaat, jy sien miskien hartseer en pyn in jou oë of dalk woede. Daar kan geluk ook op jou gesig weerspieël. Enigiets. Maar kan daardie spieël, hetsy menslik of materieel, binne jou sien. Kan dit jou siel beskryf, jou wese, jou hart. Kan mense weet wat diep binne jou gesetel lê of kan die spieël dit vir jou sê. Nee, die mens kan nie, nog minder ’n spieël. Net jy ……. en nog Iemand weet! Mense is so geneig om jou op jou uiterlike te takseer. Het jy dit nie breed nie en kan nie die modes volg nie en moet maar jou skoon op gewaste beste uitgaanklere aantrek, is jy arm en nie goed genoeg nie, maar weet hulle dat jy soggens vroeg in die kamer sit en met jou eie Persoonlike beeld praat. Hoe jy ou Tydskrifte sit en deurblaai en mooi dagstukkie en ander mooi stukkies uitknip en plakboeke maak wat jy by

ouetehuise en pasiënte gaan aflaai. Nee, die spieël vertel nie dit nie. Die nors vrou van langsaan word summier as onbeskof geklassifiseer, maar niemand weet van haar smagting om Sondae na die huis van die Here te gaan en Hom saam met ander gelowiges te aanbid, maar nie kan gaan nie omdat haar man haar dit nie toelaat nie. Omdat jaloesie hom opvreet. Dit is sulke dinge wat die menslike spieël en die spieël teen die muur nie sien nie. Die beeld wat ’n spieël uitdra is nie altyd die waarheid nie. Kyk maar vir Sneeuwitjie se stiefma. Sy was mooi, baie mooi en die spieël het dit ook elke keer vir haar gesê, maar o wee, wat die spieël nie vertel het nie was hoe verrot sy binne was. Almal ken die verhaal. Op die end het die Spieël haar die teendeel bewys. Sy is uitgevang! Maar daar is een Spieël wat die waarheid ken. Wat kan sien tot binne jou diepste wese. ’n Spieël vir wie jy nie kan jok nie. Hy sien daardie vaal arm vroutjie wat die plakboeke maak en die jaloerse man en Sneeuwitjie se stief mamma en alle ander “make believe” beelde. Dit is hierdie Spieël wie se mening saak maak. Hoe Hy jou sien en nie mense nie. Ons as mens moet dan weer op ons beurt opstaan en ons beeld (Vervolg vanaf bl. 9) (Vervolg op bl. 13)

9


FOTO GALLERY

GOEIE VRYDAG

GESINSdiens

25 Maart 2016 Plat geslaan, maar nie oorwin.

17 April 2016 Bybelse 30 seconds

VOORSTELLING 20 Maart 2016

Bring jou laste na die kruis! Vanaf links: Wilma & Shantez & Magdalena Bergh, Geraldine Lospeer

doopdienste Shantez Bergh

MOEDERSDAG

SPESIALE PREDIKER 8 Mei 2016

Wilma Bergh

20 Maart 2016 Dr. Lemmer du Plessis

Gospelsanger: Lizel Mouton

ASPIRANT SELHERDERS

Geraldine Losper

13 Maart 2016

17 April 2016 20 Maart 2016

Magdalena Bergh

10

Riana Muller

Francois Malan

Vanaf links: Amber Zandberg, Liesel Engelbrecht, Silvia Venter, Leoni & Ian Gray.

Die manne was skottelgoed.

11


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.