ptytwekker ppetiser
Kwartaalikse Uitgawe
Wees Daders van die Woord
Prys: Redding / BTW: Doop 1-2016
Foto’s: Chris Krog
ptytwekker ppetiser
IN HIERDIE UITGAWE NUUS 10-11 Foto’s
Redakteur Piet Smit Stories & Uitleg Janette Smit & ARTIKELS Elsabe v/d Westhuizen 6 Wie Sal Sak (1) Fotograaf Ingrid Gheysens 7 The Anointing of God's Oorsig Susan Smit
APTYTWEKKER! Tydskrif Baroccastraat 19, Malmesbury, 7300 Tel: 022 487 2200 Epos:corpuschristi@cybersmart.co.za Web:http:// ww.agscorpuschristimalmesbury.co.za/ Facebook: AGS Corpus Christi Malmesbury
Medewerkers van die Aptytwekker
Spirit 8 Tel Jou Woorde 12-13 Gelykenis v/d rooi Ferarri RUBRIEK 3 Nuus vd Herderspaar 9 Vroue In Die Bybel GEREELD 4 Al Bruis Die Jordaan 5 Slaankrag In Lofprysing 15 Ons Stel bekend 16 Soek die antwoord
epos invalgedagtes bediening Ontvang elke dag ‘n kort geïnspireerde boodskap vanuit die Woord. corpuschristi@ cybersmart.co.za
2
NUUS VAN DIE
HERDERSPAAR Wat ‘n wonderlike tyd van gebed het ons nie beleef die afgelope tyd! Mag ons nooit (weer) verslap in ons gebedslewe! Ek meen tog dit is gesneller toe ons aan die begin van die jaar by ‘n Oggenddiens al die verskillende bedieninge gesalf en oor hulle gebid het en afgesonder het vir 2016. O.a. is al die voorbidders vorentoe geroep. Kort daarna het ‘n suster te kenne gegee dat sy ook in die vroeë oggend wil kom saam bid in die kerk. Na die eerste paar oggende het sy besluit om haar motor beskikbaar te stel om ander aan te ry wat so graag wil kom bid maar nie vervoer het nie. Wat ‘n belewenis is dit om nou elke weeksoggend mede bidders te hê wat die Here soek met mening en bid asof hulle lewe daarvan afhang. Mag dit nooit weer ophou nie! Saam met dit het ons elke Vrydagaand in Februarie in die kerk gebid tussen 8 en 9. Ook die Unite Prayer For S.A. (up4sa) het saamgewerk om die gebedsgees verder aan te wakker. Ook beoog ons dat die
Selle (plus almal) elke laaste Woensdagaand van die maand in die kerk sal saam bid. Nuut besef ek weer hoe belangrik is gebed. Ek kan nie anders as om te sê dat elke bediening moet vanuit gebed geskiet. • Prediking wat nie gerugsteun word deur gebed, is kragteloos. • Hoe wil iemand vir die siekes bid, maar daar is nie ‘n sistematiese gebedslewe? • Elke lid van die aanbiddingspan moet vanuit gebed bedien. • Altaarwerkers, portaalwerkers en sielewenners ens. moet vanuit gebed funksioneer anders is dit soos die Predikerboek stel: “alles te vergeefs.” Daar mag groot talent wees en sommige mense mag selfs beïndruk word, maar eintlik is dit alles werke van die vlees en bloot ‘n vertoon en sal nie vrugte dra wat blywend is nie. My gebed vir myself en vir elke lidmaat: “Here, leer ons bid!” (Luk. 11:1) Past. Piet & Susan Smit 3
Al Bruis
Die Jordaan tant Sannie de Ferriers (Vervolg vanaf Januarie )
HOOFSTUK 15 GEMEENTELIKE ARBEID Vir byna ‘n jaar na ons huwelik het ons nog as reisende evangeliste gewerk tot kort voor die geboorte van ons eerste kindjie. My man het baie goed gevorder in sy poging en studies om Afrikaans te bemeester. Soms, moet ek darem erken, was die grammatika so krom op die kansel dat ek moes lag. Tog het die Here die opregtheid van sy hart gesien en mense het tot bekering gekom. Ons eersteling, Irène, is gebore op 15 Junie 1945. Gedurende die smartlike sewe en veertig ure van geboortepyne, toe die dood naderhand baie verkiesliker was as die lewe, het die Here vir my ‘n visioen getoon. Teen die wit muur van die kraamkamer het ek die wêreld as ‘n pikswart bal gesien. ,,Sien jy die wanhopige en sondige toestand van die wêreld?” het sy soet stem gesê. ,,Die einde van die sondaar is in die hel. Omdat jy ‘n prediker van My evangelie is, wil Ek hê dat jy moet proe hoe smaak die helse smarte, sodat jy met meer ywer die mense sal probeer waarsku om nie daarheen te gaan nie.” My man het 4
byna twaalf ure op sy knieë in gebed deurgebring en toe alle menslike hoop verlore was, het die Here nie net my lewe nie, maar ook dié van ons kindjie gespaar. Vir die volgende twee jaar en vier maande het ons vir die Here in ‘n groot gemeente, die Tabernakel, in Johannesburg gearbei. My man was hulpprediker. Dié gemeente heet die “Tabernakel”, omdat dit die moedergemeente van ons kerk is. Daar het die Here sy Heilige Gees vir die eerste maal in Johannesburg in Mei 1908 uitgestort, toe John Lake met die boodskap van wedergeboorte, waterdoop, doping in die Heilige Gees en heiligmaking in ons land aangekon het. Dié gemeente is daaruit gebore. Dit skyn asof daardie ware invloed van die Gees van God nog voortgaan. ‘n Groot persentasie van die gemeentelede is mense wat nugter en opreg vir die Here lewe. Oorwegend welopgevoed, speel sommige leidende rolle in die samelewing. Terwyl ons eendag op pad was met huisbesoek, het ‘n verkeerskonstabel ons gevra om stil te hou. ,,Is u nie dr. de Ferrières (Vervolg op bl. 5)
(Vervolg vanaf bl.4)
u vroutjie tuis kom besoek en verduidelik,” was my man se raad.
nie?” vra hy, bleek en maer. ,,Ja, en is u nie mnr. X nie?” vra my man. ,,Dit is ek. U het my vyftien jaar gelede met baie sukses behandel, maar nou het ek ‘n aantal ander kwale en vind geen genesing nie.” ,,Kom na ons kerk en ons sal vir u bid,” antwoord my man, ,,hier is die adres.” ,,Is u spreekkamers nou daar?” vra hy ‘n bietjie in die war. ,,Nee,” vervolg my man, ,,ek het geen spreekkamers meer nie. Ek bid net vir die krankes.” ,,Bid?” vra hy, nog meer verward, ,,wat is dit?” ,,Gee my liewers u adres en ons sal u en
Ons het gegaan en die Here het hulle siele gered. Nie net hulle kinders nie, maar baie lede van hulle familie is gered en is vandag, na meer as twee en twingtig jaar, nog waardige lede van ons kerk. Op 12 Julie 1946 het ons ons dierbare mammie de Ferrières uit hierdie kerk begrawe. Twee maande later is ons tweede kindjie, Jean, gebore op 6 September 1946. (Vervolg)
Slaankrag
in LOFPRYSINGE Dr. James van Zijl (Vervolg vanaf Februarie)
AS JY ‘N KIND VAN DIE HERE IS. As daar enigsins twyfel in jou gemoed oor hierdie saak bestaan, moenie aangaan om hier te lees nie. Ons het gesê dat die basiese verskil tussen lof en aanbidding is dat lof gaan om wat die Here vir ons gedoen het, en aanbidding gaan om wie Hy is. Om te loof (engels: praise) is om goed te praat van iemand; om waardering uit te
spreek; om te komplimenteer; om te verhef. Om te aanbid (Engels: worship) is om respekvolle agting uit te spreek; om laag te buig voor die voorwerp van aanbidding. Aanbidding is die hoogste vorm van loof. ‘n Mens loof gewoonlik die Here en beweeg dan in aanbidding in. Aanbidding is heel eerste ‘n gesindheid van hart. Dis die respekvolle betrokkenheid van die menslike hart met sy Skepper. Dis ‘n diepe en Vervolg op bl. 18
5
WIE SAL SAK (1) Past. Piet Smit
Efe. 5:21 – “en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.” 1 Pet. 5:5 – “Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.”
sou dit nie wees nie! Om dit van mense buite die Here te verwag is seker nie moontlik nie. Hulle leef volgens ander beginsels en dis net nie in hulle aard nie.
Vir ‘n tydjie het die bokke so gestaan, kop teen kop. Toe sak die een bok en gaan lê. Die ander bok kon toe bo-oor die lêende bok klim en sy reis voortsit. Daarna het die bok wat gesak het, weer opgestaan en ook sy rigting beweeg.
Ek wil glo dit sal die een wees wat die naaste aan die Here leef, d.w.s. die een met die nederigste hart.
Maar vir die kinders van die Here moet dit die gebruik wees - in die kerk, in die Twee bergbokke het op ‘n baie nou lysie huwelik. Hier lees ons dit in die Woord! teen ‘n berghelling beweeg - die een op en die ander af. Toe hulle mekaar reg van • “jongeres, aan die oueres voor ontmoet, was daar nie ‘n onderdanig” moontlikheid dat hulle by mekaar verby • “almal met ootmoed” (berustende kon beweeg nie, omdat die lysie waarop onderworpenheid – nederigheid) hulle geloop het te smal was. Om daar op “bekleed” ‘n duiselingwekkende hoogte met mekaar te probeer baklei, kon beide se • “aan mekaar onderdanig” dood beteken het. Die koppe was reg van Maar nou hoor ek hoe iemand opmerk voor teen mekaar en omdraai was ook nie en vra: “Dis wonderlik, maar wie gaan ‘n opsie nie. die eerste sak ...?
As ons darem hierdie beginsel konsekwent kon deurvoer in die ons samelewing, wat ‘n wonderlike wêreld 6
GEBED Here, die sak-beginsel wat so belangrik is, laat dit tog deel wees van elke gelowige. Ek ingesluit! Amen.
of God's Spirit Kenneth E. Hagin
And it shall come to pass in that day, that his burden shall be taken away from off thy shoulder, and his yoke from off thy neck, and the yoke shall be destroyed because of the anointing.(Isa. 10:27)
Several years later, I was preaching a meeting for that same pastor. His son was out of college and in the business world by this time. He was a great success. The pastor said, "Brother Hagin, he's never had another attack of asthma from the One time while preaching in a church time that handkerchief touched him." in east Texas, the pastor said to me, "Brother Hagin, do you There had to be some remember my son?" connection. From the time this boy was I said, "Yes, I little, he'd had this remember." condition. But it disappeared instantly. He continued, "He's There was a away at college now. He goes to connection. It's the anointing of Texas Tech in Lubbock. You know, God's Spirit! ever since he was twelve years of age, he has had asthma and related Confession: The yoke is destroyed respiratory conditions. I've prayed because of the anointing. Any yokes and fasted. Many people have laid in my life are destroyed because of hands on him and prayed for him. the anointing of God. Well, he just called us. He's had another terrible attack." “Father, thank You for leading me to my place of blessing. I trust that You The pastor said, "Here's one of his are faithful and believe that You have handkerchiefs. I want you to lay a good plan for my life. Help me to hands on it, and I'll send it to him." always hear Your voice so I can So I laid hands on it, and he sent it to follow You all the days of my life in him. Jesus’ name. Amen.”
7
Ons sing graag: “Tel jou seëninge, tel hul een vir een.” Dalk moet ons nog ’n versie byvoeg: “Tel jou woorde, tel hul een vir een!” Om een of ander rede meen sommiges dat “mond-sondes” soos kwaadpraat, goor taal en skinder nie so ernstig is soos daardie “eintlike sondes” soos owerspel of dronkenskap nie. Daar word wie weet hoeveel kerklike verslae opgestel oor die nuutste openbare sondes
►
van die dag, maar mondsondes haal nooit sulke verslae nie. Vreemd genoeg, beskou godsdienstiges dit nie as ’n ramp as mense van mekaar kwaadpraat 8
en mekaar met skerp tonge aan flarde skeur nie. Dan word daar nie dringende kerklike vergaderings byeen geroep nie. Tog word “mondsondes” die heel meeste in die Bybel
aangespreek. Stop!!! Jy het dit nie raakgelees nie: mondsondes soos skinder, haatspraak, agteraf pratery, beledigings, vloekwoorde negatiewe taal, en afbrekende woorde word die heel meeste in die Bybel aangeroer as destruktiewe sondes. Moet ons dan nie ons tonge dringend onder beheer kry nie? Moet ons nie ons eie woorde leer tel nie? En aanhoudend goeie woorde begin gebruik wat soos die fynste silwer is en wat ander opbou en God verheerlik nie. Regs: Die “link” na ons facebook blad.
ELSABE VAN DER WESTHUIZEN
D
aar word vreeslik baie vroue name in die Bybel genoem. Hulle het nogal belangrike rolle gespeel. Kyk byvoorbeeld na Eva. Sy was die moeder van alle nasies. Wat ’n eer moes dit nie gewees het nie. Daar kon geen groter mylpaal vir ’n vrou gewees het nie. Dan is daar die vier vroue in die geslagsregister van die Here. Sjoe, hulle moes beslis indruk gemaak het. Veral Ragab, wat ’n prostituut was, om in dieselfde asem as die Here genoem te kon word. Die vrou van Urija wat met Dawid ’n buiteegtelike verhouding gehad het, Rut wat by Boas se voete gaan lê het en dan Maria die Moeder van alle moeders. Hier dink ek selfs groter as Eva, want sy het die Heerser van die groot Heelal in die wêreld gebring. Mensdom!
Maar die vraag wat ek eintlik hier wil vra is as jy sou kon kies watter vrouerol sou jy wou vertolk in die Bybel. Een ding weet ek verseker. Ek sou beslis nie Maria wou gewees het nie. Net die blote feit dat sy moes aanskou hoe haar seun gemartel moes word en daarna gekruisig is, is om enige vrou sewe dode te laat sterf. Haar moederhart moes aan flarde gewees het. Ek het lang swart hare. My man torring gedurig ek moet dit laat knip want dit pas nou kwansuis nie by ’n vrou van my jare nie. Ek dra dit al die afgelope 18 jaar so. Selfs toe ek ’n jong meisie was, was dit lank. My antwoord aan hom is dan rustig. “Los maar my hare, want ek
wil ook eendag soos Maria, suster van Marta, by die Here se voete sit. Ek wil ook sy voete met my trane was en dan met my hare afdroog. Marta was nie baie tevrede met die toedrag van sake nie en het by Jesus gekla omdat Maria kan sit en ginnegaap en sy moes al die werk doen. Dit is toe dat Jesus vir Marta oor die vingers tik en vir haar sê: “Marta, Marta, jy is bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies en dit sal nie van haar-af weggeneem word nie.”
Maria wou nie net met Jesus gesels nie, sy wou ook na hom luister. Hoekom sou die Here vir Marta so gesê het? Wat het Hy bedoel? Doodeenvoudig. Jesus het nie gedink dit was nodig vir ’n vrou om heeldag voor die spieël te staan en haar mooi te maak en te versier met allerhande behangsels nie (daarmee sê ek nie jy moet jou versorging afskeep nie) Jesus wou net by ons tuisbring dat dit nie die uiterlike is wat tel nie, maar die innerlike. Dat jy eers na sy Woord moet soek. Maria wou nie net met Jesus gesels nie sy wou ook na hom luister. Sy wou seker maak dat sy presies weet wat sy moes doen om sy volgeling te wees. Sy wou net vir ’n oomblik tot ruste kom in die teenwoordigheid van die Here. ► bl. 16 9
Selle Afsluiting
- 29 November 2015
FOTO GA
Kinderkerk afsluiting 6 Desember 2015
10
kersmark
ALLERY
- 27 November 2015
Advertensies
13-12-2015 -
voorstelling
Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker kontak: 022-487 2200 @ net R25 per maand per blok.
troue
doop
26-12-2015
6-12-2015
13-12-2015
verrassing
13-12-2015
11
Kom ons sê jy kom een oggend by wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here." jou huis uit en daar staan 'n Ma, 13:44 "Met die koninkryk splinternuwe rooi Ferrari met 'n van die hemel gaan dit soos met reuse strik op en 'n kaartjie met jou naam op wat sê : "Joune, met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer liefde, geniet hom". Gratis, iemand dit kry, maak afbetaal, jy skuld niks. Ewige hy dit weer toe; en Goeiste, Willempie val net lewe, omdat hy baie in sy daar flou! gratis, free skik is, gaan verkoop Wel, ek wil dit nou en verniet. hy alles wat hy het, vergelyk met die Ewige en hy koop daardie lewe, gratis, free en verniet. land. " Die groot verskil is, 'n nuwe As iemand vir jou hierdie Ferrari Ferrari kan hoegenaamd nie GEGEE het, is hy JOUNE, opweeg teen hierdie massiewe onverdiend, klaar betaal. Net so is geskenk wat ons die ewige lewe die Ewige lewe 'n geskenk, klaar noem nie, nie eers te praat van betaal, joune, verniet, die prys wat DIT gekos het nie! onverdiend. Ek wil net so 'n bietjie van 'n Maar... dit kom saam met 'n reuse vergelyking hier tref, kom ons verantwoordelikheid! noem dit 'n gelykenis. Rom 6:23 "Die loon wat die sonde * Dis joune, jy kan dit nie aan gee, is die dood; die genadegawe iemand anders skenk nie, net so is 12
Willem Botha (Heuning)
Rom 6:23 "Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here."
nie. Moenie in die gemors gaan ploeter nie. Luister maar vir sy ingeboude GPS. Ons GPS sê: Jes. * Voor jy daardie Italiaanse 30:21 "Wanneer jy die regte vuurwa op die pad vat, lees jy sy koers verlaat, sal jy agter jou ‘n handleiding en weet hoe alles stem hoor sê: Hier is die pad, loop werk. Net so moet ek en jy ons in hierlangs". die Woord van God verdiep, Nou ja, dis joune, dis betaal, dis sodat ons ook kan weet wat alles lekker. Geniet dit! saam met hierdie geskenk kom. die Ewige lewe wat God aan JOU gegee het, net JOUNE.
* As jy daardie vuurwa nie diens nie, ry jy hom vinnig tot op die ashoop. Dis nie onmoontlik om jou Saligheid te verloor nie, weet jy? Baie mense het al totaal hulle rug op God gedraai en alles prysgegee wat hulle gehad het. * Die rooi kar het baie vermoëns. Hy is vinnig en hy het padhou vermoë, maar moenie hom op die verkeerde plek gebruik nie. ‘n Klein Toyota RAV 4X4 kan op plekke ry waar die Ferrari nie kan
Net so is die Ewige lewe 'n geskenk, klaar betaal, joune, verniet, onverdiend.
Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!
13
DIE PAD
HEMEL
TOE
OORGAWE GEBED
As u God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart:
“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:13). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: “As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” . Amen! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit - 022-48 2200
wil jy gedoop word? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit 022-487 2200
14
WATTER BOODSKAP VAN DIE HERE HET JY VIR DIE MENSE DAAR BUITE.
ONS STEL BEKEND Minnette Kotze
Ons dien ‘n God van wonders en Hy wil hê jy moet Sy kind wees.
WAT HET JOU LAAT BESLUIT OM HIERDIE GEMEENTE TE KIES?
KAN JY ONTHOU WAT DIT WAS WAT JOU DAARTOE GELEI HET OM ‘N KIND VAN GOD TE WORD? Ek wil eendag die koningryk van God binne gaan!
Omrede ek die Gees van God in die Kerk/ Gemeente beleef.
Ek wil siele vir God wen!
WAT IS JOU GUNSTELING TYDVERDRYF?
WAAR IS JY GEBORE? Springbok, Noord-Kaap
WAT WIL JY NOG GRAAG VIR JESUS DOEN?
WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT JESUS VIR JOU GEDOEN HET?
Om tyd in die natuur deur te bring (see, veld, ens. ) want dit is waar ek die naaste aan God voel. Ek hou ook daarvan om te lees.
Om vir my sondes aan die kruis te sterf - ek loof en prys Hom daarvoor. Dat Hy my uitgekies het as Sy kind.
15
ELSABE VAN DER WESTHUIZEN (Vervolg vanaf bl. 9)
Sy wou stil word by sy voete. Sy Majesteit indrink en vol word van sy leringe. Sy wou haar denke nuut maak en haar siel die nodige gemoedsrus gee dat terwyl sy daar by sy voete sit met die wete dat sy al haar sorge en bekommernisse voor sy voete kan neerlê en Hy dit soos mis voor die son laat verdwyn. Daar by sy voete kan leer wat sy wil vir my lewe is. Dat daar altyd vir ons ’n plekkie by sy voet sal wees en as ons eers een keer daar gekniel het ons altyd welkom sal wees en dat niemand dit van ons kan wegneem nie. By sy voete is waar jou bevryding lê.
So moenie uitstel nie. Gaan neem jou plek by sy voete in.
Innige simpatie • Tannie Magriet Smit met verlies van haar seun • Casper von Rauenstein met die heengaan van sy mammie • Mia du Toit met die verlies van haar ouma • Lizette Janse van Rensburg met die heengaan van haar mammie • Brian Harker met die verlies van sy broer • Leoni van Biljon met die heengaan van haar mammie • Aan die familie met die heengaan van Patty Grimbeek
16
So moenie uitstel nie. Gaan neem jou plek by sy voete in. En wanner die trane van blydskap oor jou bevryding van jou oë tot op sy voete drup droog dit af met jou hare as teken van totale oorgawe. Dit is nie maklik om vrou te wees nie, maar met God aan jou kant kan jy enigiets vermag. Veilig by Jesus se voete.
soek die antwoord vorige keer se antwoord Aan Abraham is eerste die evangelie verkondig (Gal. 3:8). Magriet Smit het die antwoord voorsien - baie mooi!
hierdie keer se vraag Watter Bybelskrywer het verkies om eerder van mond tot mond met die gemeente te praat as om te skryf? Sms die antwoord met jou naam na: 073 447 2902
Herhaal weer jou GOEIE WENSE 2016
Stefan Joubert
Al daardie voorspoedige nuwejaarswense is agter ons. So ook die geseënde kerksfees woorde. Ons het dit ruim uitgedeel. Vriende, familie en vreemdelinge het dit aangehoor. Van goeie wense gepraat- wie het jou al ooit ’n week nadat hulle jou ‘n geseënde kersfees toegewens het gevra of dit toe gebeur het, en of jy toe die Christuskind ontdek het in die Kersfeestyd? Het mense wat goeie wense oor jou vir 2016 uitgespreek dalk al laat weet daardie wense was nie maar net ’n algemene SMS of Facebook boodskap nie. Hulle bid daarom steeds dat daardie seënwoorde oor jou sal waar word. Wanneer ouers vir hulle kinders wat vertrek sê:
“ry veilig,” dan bel hulle later, of stuur selfs ‘n SMS, om te hoor of die kinders toe wel veilig gery het. Bedoelende, hulle volg hulle goeie wense op met die regte dade. Omtrent niemand doen dit egter wanneer hulle mekaar lewensveranderende dinge toewens soos: “mag al jou drome in die nuwejaar waar word” nie. Nee, ek sê nie ons almal is skynheilig as hulle mekaar goeie dinge toewens sonder om dit op te volg nie. Wat ek wel sê, is dat ons as navolgers van die Here dit ernstig genoeg moet bedoel deur dit hier en daar op te volg. Ons wense moet gebede word. Dink net hoe jy die wind uit mense se seile sal haal as jy ‘n SMS stuur om te hoor of die persoonlik wense wat jy oor hulle afgebid het besig is om te gebeur. Of wanneer jy daardie einste wens herhaal en vir hulle sê dat jy hulle steeds aan die Here in gebed opdra om dit te bewaarheid. Dan is jou fokus op veel meer as net goeie wense. Dan gaan dit oor die waarword daarvan in Jesus se Naam. Wat ’n goeie roete vir 2016! 17
Slaankrag
in LOFPRYSINGE
(Vervolg vanaf bl. 5 )
oordenking en besinning oor die grootheid en waardigheid van God. Tweedens is aanbidding ‘n OORVLOEI van daardie gedagtes en emosies - hulle vloei spontaan uit. Geen opswepery behoort nodig te wees nie. Ons beker behoort soos Dawid s’n. Net oor te loop. Derdens is dit die uitstorting van die siel in die vorm van diepe uitdrukings van respek, vrees, verwondering en liefde. Dis moontlik om ander mense lief te hê en te prys soos ons dit vir God doen. Maar ons kan nie ‘n ander mens aanbid nie. Ons kan slegs God aanbid. Waarom is dit so? Omdat slegs God WAARDIG IS. Here, ons God, U is Waardig om die heerlikheid, en die eer en die mag te ontvang omdat u alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep. (Openb. 4:11)
Let op dat hier staan dat God ontvang, m.a.w. Hy kan ook bedien word, ons kan Hom ook seën met ons lofprysing en aanbidding. Wanneer ‘n mens die Here geloof het, en jy beweeg dan in aanbidding is, is daar soms net die verlange in jou hart om in sy Teenwoordigheid te verkeer, op Hom te wag, en Sy Heerlikheid in te drink. Dis ook heeltemal skriftuurlik en ons behoort dikwels op die Here te wag. Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie (Jes. 40:31)
18
Dis wanneer ons op die Here wag dat ons swakheid vervang word deur God se KRAG. Die psalmis het geweet van wag op die Here: Wees maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting. (Ps. 62:5) Ek wag op die Here; my siel wag, en ek hoop op Sy woord. My siel wag op die Here; my siel wag en ek hoop op sy woord. (Psl. 130: 5 & 6)
Hierdie dinge wat jy nou lees is miskien vir jou vreemd, maar dit is alles skriftuurlik, en ek wet by baie van ons lesers is daar ‘n geweldige gebrek aan kennis. Maar dis ook besig om af te neem, en daarvoor prys ons die Here. Hy is besig om Sy Bruid vir Jesus laat beweeg. Jy moet daarom leer om die Here te bedien met lof, aanbidding en gemeenskap met Hom. Dit is soos jy Hom prys en Hom dank vir sy goedheid aan jou bewys, dat jy maklik kan oorgaan in aanbidding - Hom net aanbid vir wie Hy is. Soos jy Hom aanbid bring die vloei daarvan jou in sy Teenwoordigheid - reg by die troon van God Almagtig. Sy Teenwoordigheid is voelbaar en jy hou gemeenskap met Hom. Heerlik......... Soet.... Dan word God se hart geroer. Hy vloei oor jou, sort sy seëninge op jou uit, ook sy Teenwoordigheid, openbaringe en hemel se goedheid word in jou gees uitgestort soos jy op Hom wag, soos jy stil is voor Hom en Hy jou bedien. Dis net se eenvoudig, maar tog so groots! (vervolg)
19
20