11 aug namib times e edition

Page 1

N$4

SERVING THE COASTAL COMMUNITY SINCE 1958 NO 6478 TUESDAY 11 AUGUST 2015 Tel +264 64 205 854/+264 64 461 866/Fax +264 64 204 813/+264 64 461 824/Website www.namibtimes.net

inside

"Stop feeding economic crimes market" - NamPol

Page 3

Koorghoeroe Ena Venter, saam met Ailly Namupala en Theodore Cookson van die Mascato-jeugkoor

G4S slaggereed vir vakansie

Musiek, Liefde en Eer vir Koorghoeroe Ena Venter

Maria Davel-Wallis Ena Venter is ‘n wêreldbekende op die gebied van koormusiek, en een van Namibië se groot musiekgeeste, wat ‘n besondere rol gespeel het in honderde Namibiese koorkinders se lewens aan die kus en ook op Nasionale vlak. Sy het op 3 Augustus haar 82e verjaarsdag gevier. Sondagmiddag het ‘n groep oud-koorlede en bestaande koorlede van die Mascato-jeugkoor, wat sy in 1996 in Swakopmund as afgetrede musiekonderwyser in die lewe geroep het, alles eenkant toe gestoot om by haar te wees, en om aan haar hulde te bring. Tannie Ena, soos sy by almal bekend en geliefd is, het in Januarie 2012 'n groot beroerte gehad wat die regterkant van haar liggaam beskadig het, en nadat sy ‘n tyd lank in haar huis deur haar vertroueling, Bertha Goases, versorg is, is sy sedert Desember 2013 ‘n inwoner van His House in Walvisbaai, waar sy 24-uur versorging geniet. “Sy is onder die wakende oog van gekwalifiseerde dokters en susters en ontvang baie liefde en ver-

sorging van His House se personeel, sê haar dogter, Hesta-Marie VenterHerbst, ook van Walvisbaai. Sy sê sy en haar suster Augusta van der Merwe het in samewerking met His House en Mascato die partytjie vir Sondag gereël, “want ons het gevoel dat elke verjaarsdag en elke Kersfees 'n baie spesiale dag moet wees vir haar.” En spesiaal was dit beslis. Benewens kinders en familie wat so ver as Suid-Afrika gekom het om die mylpaal met haar te deel, het ou vriende ook opgedaag, of aan namib times geskryf om in dié artikel aan haar hulde te bring. In Julie het Anton en Retha Kruger, bekendes in Namibië en nou van Kaapstad, spesiaal vir haar kom opsoek, en Retha het daarna in ‘n Vervolg op bladsy 2

Mascato toe nog o.l.v. Ena Venter

Bladsy 4

Breaking ground for the new factory

N$225 million Horse Mackerel Factory for Walvis Bay

Mel Botes in Swakopmund

Leandrea Louw

The groundbreaking ceremony of the Atlantic Pacific Fishing Factory was officiated by the Minister of Fisheries and Marine Resources, Mr Bernhard Esau on Friday in Walvis Bay. Atlantic Pacific Fishing Factory is a joint venture of which 51% is owned by Namibian long term Horse Mackerel rights holders, Hefdy Group of Companies, Joka Two Fishing and Namibian Seaweed Processing. The

remaining 49% is owned by Brandberg Namibia Investment Company held by the China Fishery Group, a subsidiary of Pacific Andes International Limited, based in Hong Kong. In his remarks, Ret. Gene-

ral Raongo Andima, one of the Directors of Atlantic Fishing Company said ‘APF remains committed to the sustainable utilisation of our fisheries and marine resource and the long term success of not only our company, but

Bladsy 7

also of our national economy. The groundbreaking ceremony is the reflection of our determination to add value to horse mackerel and in the process to create desperately needed jobs for our people.” Continues on page 2

Doodling for Doloris

Tweeling sterf in vlammesee

Page 10

Spotlight on Shago

Marshallino Beukes Die gemeenskap van die DRC informele nedersetting in Swakopmund is in skok en rou gedompel nadat ‘n agt maande-oue tweeling Sondagaand in ‘n plakkershut-brand omgekom het. Volgens die Swakopmundbrandweer het hulle die noodoproep ongeveer 20:50 Sondagaand ontvang en hulle na die toneel gehaas. Ongelukkig was daar niks wat hulle op daardie stadium kon doen om die babas te red nie, en hulle kon slegs die vlamme blus. Die plakkershut het tot as verbrand. Die tweeling dogtertjies, Grace en Rejoyce Ankonga, was blykbaar alleen in

die plakkershut, vas aan die slaap, toe die brand uitgebreek het. Volgens die polisiewoordvoerder, Hoofinspekteur Erastus Iikwuyu het hul ma agterna aangedui dat sy net vinnig na die bure was. Sy het skynbaar ook genoem daar geen brandende kers of lamp ten tye van die brand in die woning was nie. Die oorsaak van die brand word ondersoek, aangesien die spesifieke area nie oor

Page 11

Young gynmnasts wow spectators elektrisiteit beskik nie. Die polisiewoordvoerder het ook aangedui dat die uitslag van die ondersoek verdere stappe sal bepaal. Volgens die amptelike polisieverslag het die brand omstreeks 20:00 ontstaan. “Hoeveel onskuldige mense, veral kinders, moet nog

sterf voordat daar iets drasties gedoen gaan word om plakkershutte heeltemal uit te skakel en vir inwoners ordentlike woonplekke te skep?” het ‘n diep beswaarde Swakopmund-inwoner gister gevra.

Page 24


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
11 aug namib times e edition by Namib Times Virtual - Issuu