22 april namib times e edition

Page 1

N$4

namib times SERVING THE COASTAL COMMUNITY SINCE 1958 NO 6547 FRIDAY 22 APRIL 2016 Tel: +264 64 - 205854 / +264 64 - 461866 /Fax: +264 64 - 204813 / 064 - 461824 / Website: www.namibtimes.net

Tragedie op tragedie

inside

MTC to appeal cell-tower case

Page 3

Woermann Brock to open DRC-store

Helikopter wat toneel opruim waar Walvisbaaier in heli-ongeluk gesterf het stort ook neer Floris Steenkamp

Een persoon is dood en drie beseer toe 'n helikopter Woensdag sowat twaalf kilometer suidoos van Windhoek neergestort het. Ironies, die helikopter sou begin met die herwinning van sekere items op die ongelukstoneel in die Auas-berge waar die Walvisbaaier, mnr Lambert Roux, op 8 April vanjaar gesterf het toe die Robinson R44 helikopter waarin hy gevlieg het in mistige omstandighede teen die berg vasgevlieg het. Wat verdere ironie tot dié jongste vliegongeluk voeg, is die feit dat dit Woensdag presies 48 jaar gelede was, toe 'n Boeing van die Suid-Afrikaanse Lugdiens op die aand van Saterdag 20 April 1968 kort na opstyg by die destydse JG Strijdom Lughawe (nou Hosea Kutako International Airport) neergestort het. Eenhonderd twee en twintig mense het hul lewens in die vliegramp verloor.

Ses mense het wonderbaarlik oorleef. Die MD500 helikopter wat Woensdag neergestort het behoort aan mnr Avelino Ferreira, 'n bekende Windhoekse kwekery-eienaar en vlieënier. Daar was aanvanklike verwarrende berigte dat Ferreira ten tye van die ongeluk aan boord was, maar dit is weerlê. Die loods was mnr Abe van der Merwe. Drie passasiers het hom vergesel om sekere items op die

toneel te verwyder waar Roux twee weke gelede teen die berg vasgevlieg het. Op hierdie stadium is dit onbekend wat die oorsaak van Woensdag se ongeluk was. Die hoofondersoeker van die Direktoraat vir Ondersoeke na Vliegongelukke, Magnus Abraham, het bevestig 'n ondersoek is van stapel gestuur. Die naam van die oorledene was teen druktyd nog nie bekend nie.

Links: die helikopter wat Woensdag neergestort het. Regs: die helikopter waarin Lambert Roux gesterf het (fotos: Direktoraat van Ondersoeke na Vliegongelukke)

Reinheitsgebot celebrates 500 years

Page 7

Tulinawa gets street names

Page 9

Motoring

Pages 18 & 19

Draw for Brazil Navy and Nampol Namibia Breweries Limited (NBL) stands ready to join the rest of the world in celebration of the 500-year anniversary of the Beer Purity Law of 1516, The Reinheitsgebot. In the picture NBL Supply Chain Manager, Hans Herrmann (left) is joined by NBL Brewer, Vincent Philander (second from left), Manager Quality Assurance, Phortune Tjivikua (second from right) and Christian Müller - NBL Head Brewer. Report on page 2

Page 28


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.