Die
http://www.hnp.org.za/afrikaner
Tel: (012) 335-8523
14 - 20 September 2012
Jaargang 43
Nr. 2035
PRYS R6-00
Sanksies internasionaal teen ANC-regime gevra
Anita Morkel
Stemme het internasionaal opgegaan om te vra vir sanksies teen die ANC-regime weens die voortslepende plaasmoorde en swart bevoordeling in Suid-Afrika. Philip Claeys van Vlaams Belang (VB) het in die Europese Parlement gevra vir die instelling van sanksies teen die ANC nadat hy en verskeie ander partylede vroeër vanjaar die lot van Suid-Afrikaanse blankes onder die aandag van die parlementslede gebring het. Hy het verwys na die moord op die Fourie-egpaar van Trompsburg wat deur kenners as van die grusaamste nóg beskryf is. Claeys het weer eens nadruk gelê op die patroonmatigheid en politieke aard van die plaasmoorde. Agt en veertig Europese parlementslede uit 19 lidlande het vroeër vanjaar ‘n verklaring teen plaasmoorde in Suid-Afrika geteken op inisiatief van mnre. Philip Claeys en Andreas Mölzer (FPÖ, Oostenryk) en Fiorello Provera (Lega Nord, Italië). In Australië het die nasionale voorsitter van die Australiese Besker-
mingsparty (APP, Australian Protectionist Party), Andrew Phillips ‘n beroep op die Federale Arbeidsregering en die opposisie gedoen om hul eenparige steun toe te sê aan die herinstelling van sanksies teen Suid-Afrika. “Dit word toenemend duidelik dat die situasie in Suid-Afrika nogmaals internasionale aandag verg,” het Phillips gesê. “Ondanks die edele aankondigings deur die ANC van sy voorneme om van Suid-Afrika ‘n gelyke samelewing te maak, waar alle mense in harmonie kan leef en gelyke geleenthede kan hê, blyk die werklikheid heeltemal anders te wees.” Sy oproep volg nadat Woolworths SA in advertensies slegs swart kandidate gevra het om vir bepaalde poste aansoek te doen en SAA gesê het dat slegs swart vlieëniers toegelaat sal word tot sy opleidingsprogramme vir kadet-vlieëniers. Phillips het voorts gesê: “Australië sleep voete om te erken wat die werklikheid in die nuwe SuidAfrika is. Euro-parlementslede, Barry Madlener (PVV) en Lucas
Waarom onderskeid tussen boere en ANC?
Ondersoeke na moorde op plaasboere behoort net soos dié op hooggeplaaste ANC’s hanteer te word, meen TLU SA. Die reaksie van die landbou-organsisie nadat nóg ’n boere-gesin is vermoor is. Mnr. Johan Fourie (71) en sy vrou, Cecile (72) is op die plaas Koppe in die Trompsburg distrik, Suid-Vrystaat, vermoor. TLU SA het in ‘n mediaverklaring gesê: “Volgens gesoute speurders was dit een van die grusaamste moordtonele wat hulle nog gesien het. “Weer eens was dit een van die gevalle waar die moordenaars in die huis gesit en drink het en gewag het vir die boer om van die kerk af terug te keer. Slegs ‘n .22 rewolwer is vermis, terwyl ander wapens netso in die oopgesnyde kluis gelaat is. “’Ons kan nie eenvoudig aanvaar dat roof die motief vir hierdie moord is nie,’ sê mnr. Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en ook voorsitter van die veiligheidskomitee. “As hulle wou gesteel het, was daar genoeg tyd om te neem wat hulle wou en weg te kom, sonder om eers mense te martel en uiteindelik te vermoor,” sê mnr. Geldenhuys. “‘Wat TLU SA verder bekommer, is die feit dat daar in polisiegeledere oënskynlike onderskeid gemaak word as dit kom by sekere kategorieë mense wat vermoor word. Die afgelope reeks moorde in Natal, waar dit skynbaar ANC-ampsdraers was wat vermoor is, is dit dadelik beskryf as politieke moorde, en is die spesiale ondersoekeenheid, die Valke, ingespan om die moorde te ondersoek. Dié aanname is gemaak nog voordat enige verdere leidrade oënskynlik opgevolg is. Die regering kan nie ANC-lede bevoordeel bo die landbougemeenskap wat moet sorg vir voedselsekerheid nie. “’TLU SA vra nou al vir jare dat hierdie selfde benadering gevolg moet word by die ondersoek van plaasmoorde. Die Trompsburg-voorval bewys die noodsaaklikheid hiervan,
Hartong (PVV) het reeds ‘n beroep op die EU gedoen dat die miljoene rand se hulp aan SuidAfrika gestaak moet word en het ook die kwessie aangeraak wat slegs as ‘n kulturele volksmoord in die land beskryf kan word. “Sedert die aanvang van sogenaamde meerderheidsregering, beleef ... die Afrikaner gemeenskap ‘n toenemende benadeling en vervolging op grond van hul velkleur,” het Phillips gesê. “Die Suid-Afrikaanse regering het weinig gedoen om die lewens van die plaasboere en hulle gesinne te beskerm, en bevorder aktief die voortdurende verengelsing van die staatsdiens met die huidige debat oor die Taalwet en het ‘n geskatte 10% van die Afrikanergemeenskap tot armoede gereduseer deur die instelling van sy rasgebaseerde ‘regstellende aksie’ beleid – ‘n situasie wat president Zuma beskryf het as beide “skokkend en verrassend”, maar niks daaraan gedoen het om dit aan te spreek nie. “Australië was gou om dekades gelede die morele hoë grond teen Suid-Afrika in te neem, maar nou
Philip Claeys (links) van Vlaams Belang en ‘n protesaksie van die APP (in die agtergrond)
is nie die aangewese tyd om ons skynheiligheid te ontmasker deur te weier om weer sanksies in te stel en beduidende diplomatieke druk op die ANC-regime toe te pas nie,” het hy gesê. Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het ná die Fourie-moorde gesê: “moet die ANC op elke plaas wees? Wat verwag jy moet ons doen... wat verwag hulle moet ons doen?” Volgens ‘n omgekrapte Mantashe het die ANC hom telkens sterk teen plaasmoorde uitgespreek en met die nodige belanghebbendes vergader. Hy het voorts gesê: “As mense in ‘n padongeluk dood is, word gevra: ‘Waar
is die ANC?” As moorde op ‘n plaas gepleeg word...’Waar is die ANC?’” “Sulke uitsprake is om die onverskoonbare te probeer verskoon,” het die assistent hoofbestuurder, kommunikasie en ledesake van TLU SA, mnr. Henk van de Graaf gesê. Hy het bevestig dat TLU SA al ‘n geruime tyd lank poog om die regering en in besonder die polisie en die betrokke minister (wat in werklikheid instrumente van die regerende party is) sover te kry om met die landbou-organisasie oor plaasmoorde te vergader, “maar daar word weggeskram,” sê hy.
Waarom word daar nie teen hom opgetree nie?
Malema stook rewolusie
“Dit is duidelik dat die ANC-owerheid nie die moed het om teen Julius Malema op te tree nie. Malema se uittartende optrede sweep die massa op. Die toestand grens aan rewolusie.” Dit is die mening van die hoofsekretaris van die HNP, mnr Louis van der Schyff. Mnr Van der Schyff sê in ’n mediaverklaring Malema is besig om die werkloses teen die leiers van die ANC op te sweep. Sodoende word ’n nuwe politieke groepering gevorm. Malema steur hom duidelik aan geen gesag nie. Nie aan die vakbonde nie, nie aan die ANC-owerhede nie, nie aan die minister van verdediging nie. Hy is besig om die massa op te vorder en soos ’n Idi Amin self die baasskap in die land op hom te vestig. “Deur intimidasie het Malema die toestand by die platinummyne in ’n posisie waar produksie so verlaag het dat dit tot gevolg het dat die prys van platinum reeds met 18% gestyg het. Deur Malema se invloed kan dieselfde ook by die goudmyne gebeur. Suid-Afrika se ekonomie rus baie swaar op die produksie van edelmetale. Die toestand wat Malema skep, kan Suid-Afrika se ekonomie totaal in duie laat stort. Die feit dat daar nie ’n klagte teen hom gelê word nie, laat die vraag ontstaan wie die magte is wat hom finansier en of daar ander magte is in wie se belang hy optree. “Malema het sy fokus geskuif na ontevrede weermag-
omdat ander motiewe ter sprake blyk te wees. TLU SA is reeds jare lank op rekord dat hy sê dat ander motiewe agter die plaasmoorde sit, en dat dit die plig van die staat is om dit behoorlik te ondersoek,’” sê mnr. Geldenhuys. “Intussen het mnr. Geldenhuys boere weer eens gemaan om op hulle hoede te wees en te sorg dat veiligheidsvereistes ten alle tye nagekom word. Hy het dit benadruk dat daar genadeloos opgetree behoort te word ‘teen terroriste wat ons boere op plase wil vermoor’”.
lede. Hy het soldate in Lenasia toegespreek nadat die ANC se minister van verdediging gesê het dit sal nie toegelaat word nie. Dit bring die toestand baie naby aan ’n staatsgreep, al ontken hy dit. Die spreekwoord sê waar ’n rokie trek, moet daar ’n vuurtjie wees. “Die HNP waarsku dat die veiligheidstoestand in die land verder kan versleg en maan alle Blankes om veilig te lewe en paraat te wees om self hulle lewens en besittings te beskerm”, sê mnr Van der Schyff.
MAJOR STRUCTURAL REPAIRER 24 UUR-INSLEEPDIENS 014-596 6727
IN BESIGHEID VIR 30 JAAR
FABRIEKS GOEDGEKEURDE HERSTELLER
Dawesstraat 94, Rustenburg, 0300 Tel.: 014-596 6727 johan@prontortb.co.za www.prontortb.co.za
2 DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012 Die
Posbus 1888,
PRETORIA. 0001 http://www.hnp.org.za/afrikaner/
Gaan ons saam val of alleen opstaan?
Die Adcorp groep het bekend gemaak dat Suid-Afrika vir ’n derde agtereenvolgende maand ’n verlies aan werksgeleenthede gehad het. Daar word nou gepraat van ’n arbeidsresessie. Dit vind plaas wanneer ’n land ses agtereenvolgende maande van werksverliese beleef. Tegelykertyd is gesê dat daar geen verwagting is dat hierdie situasie na die einde van die jaar gaan verbeter nie, want die neiging is juis dat aanstellings en werkskepping afplat in daardie tyd. Hierdie is ‘n baie ernstige situasie wat hier kan ontstaan, waarvan ons om meer as een rede kennis behoort te neem. Die gebeure by die Lonmin myn naby Marikana, en die verspreiding van die geweld na ander myne, het bewys hoe onstabiel die arbeidsituasie in die land is. Bowendien het ‘n internasionale organisasie verklaar dat Suid-Afrika se arbeidswetgewing die tweede slegste ter wêreld is. Ons arbeidswetgewing het al gewys dat die werker baie meer regte het as verpligtinge, en dat die werkgewer baie meer verpligtinge het as regte. Dit is ‘n resep vir ‘n ekonomiese ramp. Die realiteite wat ons in die oë staar as die arbeidsituasie verder versleg, is nog meer geweld. Werkende arbeiders wat ontevrede is oor hulle loon, gaan nou al so tekere dat hulle bereid is om te moor. Hoeveel te meer gaan dit nie gebeur as werkers afgelê word en alles verloor? Dit beteken dat ons vroegtydig na ons veiligheid moet begin omsien. As die hel eers losgebreek het, is dit te laat. Die tweede ewe belangrike aspek, is die ekonomiese gevolge. Laat ons tog realisties bly: as daar ‘n arbeidsresessie plaasvind, kan dit tog feitlik nie anders nie as dat dit ‘n volskaalse ekonomiese resessie word. Minder werkers kan dalk minder produksie beteken, alhoewel stakende werkers ook nie juis enige produktiwiteit toon nie. Minder werkers beteken minder spandeerbare geld vir kleinhandel, wat weer werkverliese daar tot gevolg kan hê, en sodoende ontstaan ‘n bose spiraal van afleggings. Dit beteken geen ekonomiese groei, wat ‘n resessie is en kan uiteindelik selfs nog erger gevolge inhou. Geen wonder nie dat die ANC-bewind so koorsagtig besig is om sy “affirmative action” en swart bevoordelingsbeleid (BEE) af te dwing. Daardeur forseer hy ook ons blanke ondernemings om ten minste ‘n mate van stabiliteit aan sy mense te verleen, terwyl hy self in gebreke bly om sy verkiesingsbeloftes en ander foefies uit te voer. Die enigste rede waarom “affirmative action” en swart bevoordeling werk, is omdat so baie van die blanke ondernemings polities korrek wil wees, en nog nie besef hoe hulle besig is om hulleself ekonomies in die voet te skiet nie. Ander dink weer dat die wetgewing op hulle van toepassing is en daarby moet aanpas. ‘n Ondersoek het onlangs byvoorbeeld getoon dat sowat 83 persent van die boere in die land, nie val onder die SEB-wetgewing nie, omdat hulle omset te klein is daarvoor. Nietemin is daar landbou-organisasies soos Agri SA wat hulle lede aanmoedig om daaraan mee te doen. En dan is daar diegene wat gewoon wil kapituleer voor die ANC en gewillig alles doen wat voorgeskryf word. Met hulle het ons geen simpatie nie, en hulle kan maar saam met die ANC en sy bestel ineenstort. Vir ons beteken al hierdie vooruitskouings dat ons sal moet aanpassings maak om te oorleef. Die totstandkoming van ‘n volksekonomie is daarvoor uiters belangrik. Ons sal ons uit die gemaksone moet lig, en moeite doen om ons eie instansies, wat ons eie mense in diens neem, te ondersteun, selfs al beteken dit ‘n geringe premie in terme van prys. Ons kan die komende krisis oorleef, mits ons ook daar betyds voorsorg tref. Ons is geen werksgeleenthede verskuldig as Zuma dit aan sy mense beloof nie. Ons is trou aan onsself en ons volksgenote verskuldig. Dit beteken dat ons mekaar moet help om ekonomies te oorleef, sodat ons daardeur ook in die vermoë kan kom om polities vry te raak.
Die nuwe politiek sonder beginsels
In ’n vorige artikel is gevra hoe ’n samelewing sou lyk wanneer dit regeer word sonder beginsels, waardes en norme. Die antwoord daarop is dat so ’n samelewing gaan lyk soos die een wat in Suid-Afrika tot stand gebring is na 1994. Dit is ’n samelewing waarin mense hulle nie graag aan die gesag van etiese en morele kodes steur nie. Wet en orde is opsigtelik aan die kwyn en die rigting waarin sake beweeg, is onheilspellend. In ons land kan owerhede nie meer vertrou word om reg te laat geskied nie. Selfs die polisie en die regbank is onderhewig aan korrupsie en misdaad. Immoraliteit, roekelose wanbesteding, selfverryking, nepotisme, dief-stal, roof en moord word die kenmerke van ons samelewing. ’n Verbete stryd om politieke mag en finansiële voordeel is aan die orde van die dag. Die gevolg hiervan is dat mense sinies raak oor beginsels en waardes in die samelewing. As die owerhede nie meer die voorbeeld stel van dit wat reg en verkeerd is nie, waarom sal gewone burgers hulle steur aan beginsels en kodes van moraliteit? Veral na 1994 is daar groot gewag gemaak van transformasie – weg van die verlede. In die plek van Afrikanerwaardes is nuwe, mooi-klinkende humanistiese opvattings verkondig: Suid-Afrika sou dan die reënboog-era binnegaan met hoë beginsels van grondwetlike regering, ware demokrasie, en die erkenning van menseregte. Alles moes omvorm word om rassediskriminasie en die verskriklike euwels van apartheid uit te wis. ’n Groot deel van ons volk is deur die vertoon van dié sogenaamde hervorming om die bos gelei. Hulle het skuld erken soos die ANC dit geëis het; en baie was nou oortuig dat iets soos Afrikanernasionalisme uit die bose sou wees. Mnr F.W. de Klerk het verklaar: die boeke van die verlede moet toegemaak word, en Afrikaners moet aanvaar dat die "transformasie" onomkeerbaar sal wees. Toe F.W. de Klerk in 1996 die handdoek ingegooi het, na slegs twee jaar se samewerking met die ANC, en dit toe duidelik geword het dat die Na-
sionale Party en sy meelopers in werklikheid geen invloed meer op sake sou hê nie, is daar ’n krisis in die bestaan van die Afrikanervolk afgekondig – asof dit nie lankal reeds só was nie. Die klimaat wat geskep is teen die jaar 2000 word treffend weergegee in ’n toespraak deur ’n erkende historikus, professor Hermann Giliomee. Hy verklaar in daardie jaar: " ‘n Baie groot deel van die Afrikaner se lewens- en wêreldbeskouing van die 1950s, 1960s en 1970s is iets van die verlede. Die Afrikaners het nie net die
PERSPEKTIEF deur Meinhard Peters
Verbonde aan die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis mag verloor nie, maar ook van die heel belangrikste sosio-politieke en sosio-religieuse waardes waaraan hulle vir amper ’n halfeeu vasgeklou het. Dit, en nie die gebrek aan leierskap of organisasie nie, is die deurslaggewende rede waarom die VF en die NNP sulke verpletterende neerlae in die jongste verkiesing gely het." Giliomee het in sy toespraak, wat op die webwerf van die FAK gepubliseer is, verklaar dat dit veral die drie groot G’s was wat nou verbygegaan het: Godsdiens, Geskiedenis en Goewerment. Hy stel dit so: "Met die magsoordrag in 1994 het die Afrikaners nie net hulle mag oorgedra nie; hulle het ook ’n uiters belangrike deel van hul etniese ideologie prysgegee. Dit is duidelik dat die Afrikaners nie in die 21ste eeu ver sal kom met die drie groot G’s nie. Hulle was tydgebonde en daardie tyd is onherroeplik verby." Natuurlik verwys professor Giliomee na die era van Malan, Strijdom en Verwoerd – na die beginsels, waardes en oortuigings van Afrikanernasionalisme. Die grondslae van daardie lewensbeskouing was immers die Afrikaners se godsdienstige oortui-
gings, hul vertolking van hul eie geskiedenis en hul strewe na volle republikeinse vryheid. Dit, volgens professor Giliomee, "was tydgebonde en daardie tyd is onherroeplik verby". In sulke finale terme is die dood van die Afrikanervolk se belangrikste oortuigings aangekondig. As dit waar sou wees van alle Afrikaners sou dit voorwaar ’n droewige dag wees. Gelukkig pas almal nie in hierdie treurige visie van Giliomee nie! Dat die Afrikanervolk in die war gebring is, is waar; dit was die skadelike uitwerking van die liberale denke binne die geledere van die Afrikanerdom. Die volk is juis oor grondbeginsels aangeval, oor hul opvatting van die gekiedenis en oor hul aanspraak op ’n aparte vaderland. Afrikaners is wysgemaak dat hulle ’n onaanvaarbare "etniese ideologie" aanhang – een waarin gods-diens, geskiedenis en die strewe na po-litieke vryheid die struikelblokke sou wees. Nadat die Blankes onder ’n Swart meerderheidsregering ingeploeg is, is daar toe sedig verklaar dat nuwe idees gesoek moes word vir "oorlewing"; dit kon nie meer daardie dinge wees wat die Afrikaners in die verlede sterk gemaak het nie. Die oplossing wat Giliomee in 2000 aangebied het, was die idee van minderheidsregte binne die nuwe bedeling. Hy stel dit so: "Vir Afrikaners is daar ook ’n ander keuse, tussen konvensionele opposisiepolitiek en die ontwikkeling van ’n nuwe styl van politiek, naamlik minderheidspolitiek. ZB du Toit skryf oor minderheidspolitiek en minderheidsregte in ’n belangrike boek wat eersdaag verskyn." Wanneer ons hierdie woorde lees, kan Afrikaners met reg vra: Het die idee van minderheidspolitiek, wat in die plek van die drie groot G’s gestel is, daarin geslaag om ons gevare af te weer? Het dit ons volk opnuut besiel? Gaan ons stryd net oor politieke styl en taktiek, of gaan dit ten diepste oor grondbeginsels? Kan minderheidsregte gestel word in die plek van Afrikanervryheid?
DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012 3
Optrede oor eiendomstariewe rol voort
Aardskuddende bedrae kan uiteindelik van plaaslike owerhede teruggeëis word indien die ware omvang van munisipaliteite se versuim om eiendomsbelastings volgens wetlike voorskrifte te promulgeer uiteindelik in die reine gebring word. Asem word opgehou omtrent die uitspraak in die saak van Bergrivier munisipaliteit vs. Liebenberg en 86 ander in die Appelhof. Boere wat in die Bergrivier munisipaliteit se gebied woon, het verlede jaar hulle hofsaak in die Wes Kaapse Hooggergshof teen die munisipaliteit gewen vir vyf van die agt jare weens die munisipaliteit se versuim om hulle eiendomstariewe te promulgeer. Beide die boere, sowel as die munisipaliteit, het teen die uitspraak appel-
leer. Die boere het appèl aangeteken teen die feit dat hulle 3/8stes van die kostes moes betaal, en munisipaliteit teen die beslissing dat eiendomsbelasting nie gehef kan word wanneer tariewe nie gepromulgeer is nie. Die appelsaak is baie onlangs in Bloemfontein aangehoor. Wat baie interessant was, is dat die Wes Kaapse regering ook aansoek gedoen het om toegelaat te word as ‘n vriend van die hof. Wat uitsonderlik was is dat dit ‘n volbank, dit wil sê vyf regters was wat die verhoor waargeneem het. Die regters het daarop gehamer of die kwessie van promulgasie nou werklik die alfa en omega is en of publisering in die munisipale kantore nie eintlik voldoende is nie. Ook is daar deur die
Aanstigting van jeugliga duur voort Geleenthede word geskep deur die ANC-jeugliga om diskreditering én gevolglike aanstigting teen blankes te pleeg. Die militante president van die liga, Ronald Lamola het in die jongste voorval gesê: “Suid-Afrika moet vra hoekom daar geen blankes onder die slagoffers was wat in die Marikana-slagting doodgeskiet is nie.” Lamola meen: “Ons moet wonder waarom 100% van diegene wat geskiet is swart was.” Hy het tydens die 21ste herdenking van die studentebeweging, Sasco, in Durban gesê Suid-Afrika moet ook bekommerd wees omdat daar “so min” blankes en Indiërs in studentebewegings is. Hy het gevra waar die blankes en Indiërs is wat 21 jaar gelede deel was van Sasco. Lamola het die verhoog gebruik vir kommunistiese jargon en rassistiese uitlatings: soos “voortdurende ongelykheid in die ekonomie” in ‘n land waar “blanke mans in beheer is”. Volgens Lamola word “die regerende klas steeds deur blankes gedomineer”. Die haatspraak van Lamola (sy oorlogsverklaring teen blankes/Boere) en die sing van haatspraakliedjies deur die vorige president van die ANC-jeugliga, Julius Malema én president Jacob Zuma teen Boere word deur die internasionale organisasie, Genocide Watch, beskryf as voorbeelde van strafbare aanstigting tot volksmoord. Hierdie optrede van ANC-hoogeplaastes word ook deur die president van Genocide Watch, prof. Gregory Stanton, as redes aangegee waarom die organisasie besluit het om Suid-Afrika na fase 6 (uit ‘n moontlike 8 vlakke), naamlik die voorbereiding tot volksmoord, terug te skuif. Prof. Stanton het ook sy kommer oor die blatante kommunisme in die ANC en COSATU uitgespreek.
regters daarop nadruk gelê wat die gevolge verder vorentoe sou wees – nie net in die Wes Kaap nie, maar ook landswyd. Regter Wallace het opgemerk dat hy as student geleer is dat daar aan die voorskrifte van die reg voldoen moet word, ongeag die gevolge. Die hofkoste beloop al meer as R1, 2 miljoen en word deur die boere gefinansier. Wat die uitspraak ook al gaan wees, kan verwag word dat die saak uiteindelik ook in die grondwetlike hof sal beland. Volgens berekeninge kan ‘n eis op terugbetaling deur slegs een voorstad in Oos Londen se Beaconbaai (met ongeveer 4 500 eiendomme) nagenoeg R380 miljoen beloop. Die totale
eis van die voorsitster van Beaconbaai se belastingbetalersunie, Judy Sanan, beloop meer as R87 000.
‘n Christelike Universiteit is nie so belaglik nie
Ons weet al presies hoe die rektor van die Universiteit van die Vrystaat oor Christelike onderwys- en universiteitsopleiding voel. Hy het dit al dikwels in duidelike taal uitgespel, veral toe die universiteit se leuse verander het. Sy emosionele betoog in Volksblad van 6 September 2012 (“Skei godsdiens en universiteit”) kom dus nie as ‘n verrassing nie. Wat ons wél verras, is die motivering teen ‘n Christelike universiteit en die wyse waarop hy dit formuleer. Die sterk emosionele aard van die betoog blyk veral uit die volgende sinsnedes: Die idee van ‘n Christelike universiteit is “nie net belaglik nie, maar ook gevaarlik”; dit het ‘n “nie so geheime politiek grondslag” en dit is “waansin”. Asof dit nie genoeg is nie, word die idee van ‘n Christelike universiteit met “die hoëronderwys-weergawe van tuisonderrig, waar jong mense in ‘n eng, bevooroordeelde, ‘Nederduitse gereformeerde’ denkwyse geïndoktrineer word”, vergelyk. Sulke onverantwoordelike uitlatings hoort tog nie in ‘n akademiese debat nie. In elk geval verraai dit die onvermoë van die gebruiker daarvan om feite van fiksie te skei.
Die vermelding van die NG Kerk in so ‘n negatiewe konteks laat geen twyfel oor hoe prof. Jansen oor die NG Kerk voel nie, ten spyte van die feit dat die moderamen van die NG Kerk in die Vrystaat aan die begin van prof. Jansen se termyn hom vir ‘n ontbytgesprek genooi en vir hom gebid het. Van al die bestaande denominasies wat gunstig oor ‘n Christelike universiteit oordeel, word net die NG Kerk só uitgebeeld? In dieselfde trant word die verbindingslyn tussen ‘n Christelike universiteit en “regse elemente” getrek, asof daar net blanke Christene is. Daar word inderdaad voorgegee dat die stryd vir ‘n Christelike universiteit eintlik ‘n stryd ten gunste vir apartheid is. Soek gerus die woord “apartheid” en jy sal dit aan die einde van die tweede laaste paragraaf van die artikel vind. Regtig, prof. Jansen? Die rektor wil hê dat die huidige studenteleiers “by die uiterlike van die epidermis” verby moet kyk, maar eintlik sukkel hy sélf om dit reg te kry. Dit is immers uiters eensydig om die passie vir Christelike Afrikaanse universiteite toe te skryf aan regse groepe wat gemaklik onder apartheid geleef het. Die emosionele trant van
die artikel daargelaat. Kom ons probeer om na die kern van sy argument deur te dring. Klaarblyklik is dit prof. Jansen se oortuiging dat Christelike universiteite tot verdere bekrompenheid en eksklusiwisme sal lei. Waarom? En hoe? Volgens hom sal dit jong wit gemoedere isoleer van volle deelname aan die fisieke, maatskaplike en opvoedkundige ruimtes wat nou vir almal in gedesegregeerde openbare universiteite oop is. Prof. Jansen veronderstel dus dat Christelike universiteite nie hierdie opvoedkundige ruimtes sal fasiliteer nie. ‘n Christelike universiteit is dan vir hom sinoniem met ‘n kokon-bestaan. Die vraag is: Is Christelike universiteite so ‘n vreemde verskynsel in die wêreld? Die hoog-aangeskrewe Forbes Ranking in Amerika het 10 Christelike universiteite en kolleges in hulle akademiese klassifikasie ingesluit. Ander Christelike universiteite sluit die volgende in: Colorado Christian University; Oklahoma Christian University; Texas Christian University; Trinity Western University (Canada); die lys word net al hoe langer en verteenwoordig universiteite oor die hele wêreld. Op grond waarvan
kan ons beweer dat hierdie universiteite studente oplewer wat met enkelvisie deur die lewe gaan of nie akademiese opleiding van hoogstaande gehalte lewer nie? Die vraag kan ook in omgekeerde orde gevra word: Was die nie-rassige, nieChristelike, hoogs-wetenskaplike universiteite die afgelope 18 jaar in SuidAfrika in staat om jong mense te lewer wat van hulle vooroordele bevry is en met verantwoordelikheid teenoor alle mense optree? Het die UV ‘n beter universiteit geword nadat God se Naam uit die leuse verwyder is? Het nie-Christelike onderwys van Suid-Afrika ‘n beter land gemaak? Nee, ons het ‘n veel indringender en nugtere bespreking van ‘n baie gewigtige saak verwag. Prof. Jansen se emosionele uitbarsting help ons nie verder nie. (Hierdie kommentaar is geskryf deur prof. Johan van Rensburg, emeritusprofessor in Praktiese Teologie aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van die Vrystsaat. Met erkenning aan DitsemBlits).
16 Desember 2012
Kloof Geloftefees
Neem Kennis
Die Afrikaner vereenselwig hom nie noodwendig met die menings wat gasskrywers uitspreek in artikels en rubrieke wat in die koerant verskyn nie.
HNP Dagboek
09:00 Geloftediens 10:30 Gelofterede (Besonderhede volg)
20 Oktober 2012
HNP Verjaardagfees
Willie Marais Afrikanersentrum (Besonderhede volg) 012-335 8523/4
4 DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012
Waarskuwings teen oorgawe aan kommunistiese ANC (6)
In die reeks, Afrikaners praat met De Klerk, word verwys na De Klerk se eie uitsprake in ‘n NP-publikasie, Skietgoed, in 1977, en sy menings in 1990 - voordat hy en die NP Suid-Afrika aan die ANC oorgegee het soos hy dit teenoor wyle mnr. Jaap Marais en ‘n afvaardiging Afrikaners uitgespreek het.
“Afrikaners en blankes se regte nie beskerm”
Belangrike gesigspunte en feite het tydens die gesprek tussen verteenwoordigers van Afrikaner nasionale groepe en De Klerk aan die lig gekom. Ek het hom verwys na die uitlating van ‘n regter McNally in Zimbabwe volgens The Star van 22 Junie 1990, naamlik “dat as ‘n regering die grondwet wil ondermyn (“subvert”) en die regte van mense wil wegneem, hy ‘n manier sal vind om dit te doen.” Ek het hom ook verwys na sy eie standpunt in die NP se publikasie Skietgoed van 1977, wat ek aan hom voorgelees het, en wat soos volg lui: “Wanneer magshebbers onbillik teenoor ‘n minderheid wil optree, dan is daar geen handves wat hulle sal keer nie.” Hy het my betoog in daardie stadium onderbreek deur te sê: “Ek staan nog daarby, maar ek het verwys na ‘n handves”. Ek het dadelik gesê: “Wel, as u sê dat u verwys het na ‘n handves, wat is dan ‘n ander middel waardeur u sulke regte wil beskerm? Dan moet u dit aan ons sê”. En tydens die hele gesprek het hy dit nie weer aangeroer nie.
Handves kan nie beskerm
Hieruit is af te lei dat hy sonder om enigiets in die plek daarvan te stel die basiese redenasies van die SuidAfrikaanse Regskommissie oor groeps- en individuele regte verwerp, naamlik dat minderheidsregte deur ‘n handves beskerm kan word. Hieruit is af te lei dat die De Klerk-regering reeds afgesien het van die moontlikheid om minderheidsregte te beskerm. Hierdie ontlokte reaksie dui ook daarop dat De Klerk reeds aanvaar dat, ongeag wat oor die posisie van Afrikaans vroeër en nog gesê sal word, hy geen manier het waarop Afrikaans se status beskerm sal word nie.
Op bladsy 11 van Die Afrikaner van 4 Julie 1990 is dit vermeld: “Omdat mnr. De Klerk geen versekering wou gee dat enige minderheidsregte as ononderhandelbaar beskou sal word nie, selfs geen regte hoegenaamd grondwetlik beskerm sou word nie...” Op dieselfde bladsy ook: “Die antwoord was dat die enigste ononderhandelbare beginsel sal wees dat die kerke sonder aanduiding watter kerk – vry sou wees om die evangelie te verkondig”. Dit is die waarneming en afleiding wat algemeen gemaak is deur die groep wat De Klerk te woord gestaan het. Daar was geen verwysing na Afrikaans as ‘n ononderhandelbare gegewe nie.
De Klerk se antwoord
Ek het, om die gesprek op ‘n konkrete grondslag te stel, gevra dat hy aan ons moet sê hoe hy die toekoms van die Afrikanervolk sien aan die einde van die proses van “hervorming” en “onderhandeling” waarmee hy besig is. Maar om daarby uit te kom, het ek dele van die inhoud van ‘n rubriek van Robert Slimp in die VSA, aan hom voorgelees, waarna elders hierin verwys word, met klem op die feit dat volgens die ANC/SAKP Afrikaans, saam met die regering “die rassistiese onderdrukker van die swartes” is en vernietig moet word. Die tersaaklike deel van De Klerk se betoog hieroor was soos volg: De Klerk: “Ons sê – u vra hoe sien ek die Afrikaner se toekoms – Ons sê – ons het na ‘n lang, diep selfondersoek – dekades lank probeer om die nieblankes in ‘n deel van die land te vestig te kry en te sê die nieblankes en die Zoeloe dáár gevestig te kry in ‘n sinvolle land, en te sê die Zoeloes in Zoeloeland en die Tswanas in Tswanaland en die swartes wat tussen ons woon, drie keer, miskien vyf keer meer is as ons, terug te kry na hulle lande toe op ‘n etniese basis, tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie kan slaag nie. En dit het ons daartoe gebring om op ‘n demokratiese manier ons beleid te verander tot een van magsdeling – nie magsoorgawe nie, magsdeling, na ‘n balans van mag soek, wat die motief sal verseker dat die ver-
skillende samestellende dele van ons bevolking nie uitgelewer word aan onderdrukking en oorheersing deur enigiemand nie. “Tweedens sê ons dat die Afrikaner as Afrikanervolk sy toekoms in wisselwerking sal moet vind met ander volkere wat dieselfde grondgebied as land met hom deel. Nou sal iemand sê hy dink dit kan nie werk nie, maar ek wil werklik vir u sê ek is keelvol daarvan om beskuldig te word dat ek dit nie glo nie en ek reageer nie net persoonlik nie, ek praat nou namens almal van ons wat hierdie standpunt huldig. My Afrikanerskap, en my kollegas hier se Afrikanerskap lê niks vlakker in ons hart nie en ek het nou die dag by die Afrikaanse Taalbond baie sterk uitgekom oor die absolute noodsaaklikheid daarvan dat Afrikaans ook ‘n amptelike taal moet wees, ook in ‘n nuwe Suid-Afrika. U mag argumenteer, soos ek argumenteer, sal nie slaag; ek dink u roete sal die weg van ondergang van die Afrikaner en Afrikaans in Suid-Afrika wees, maar u moenie my bona fides en dit wat ek verteenwoordig in die openbare lewe se bona fides (bevraagteken) ..nie. Ek het dit nog nooit met u gedoen nie. Marais: (onduidelik) De Klerk: Nee, maar dit word gereeld met my gedoen. Van u gespreksgenote die verwyt my. Marais: As u dit my wil verwyt, kan ons bespreek wat u van my gesê het, en dan kan ons wekelank daaroor praat. De Klerk: “Kom ons gaan bietjie verder, ek sien die Afrikaner se toekoms as ‘n trotse toekoms. As inherente onvernietigbare deel van hierdie land. Ek sien hom as gevolg van sy inherente krag en as gevolg van die lewensruimte wat veral ook gebied moet word in ‘n nuwe grondwetlike bedeling, in ‘n steeds leidende belangrike rol. U vra oor die ander state van Afrika in Suider-Afrika. Nêrens in Afrika was, as ek ‘n wetenskaplike term mag gebruik, was die blankes ‘n kritiese massa nie. Met ‘n kritiese massa bedoel ek dis ‘n faktor wat niemand kan wegpraat en niemand ooit kan vernietig nie.”
Woord en Wêreld
Eentaligheid as goddeloosheid (1) Weer eens my dank vir Die Afrikaner en sy mense vir hulp en goeie wense tydens die operasie wat ek moes ondergaan! Ook aan lesers wat geskakel het: baie waardering vir u belangstelling. Alles het deur God se genade goed afgeloop en ek mag weer in “my” gemeente werk en vir “my” koerant skryf. Die gemeente is mos nie “my” gemeente nie, maar Christus s’n en “my” koerant ook nie my eiendom nie, maar my volk s’n. En so is preek en skryf nie ‘n “job” nie, maar ‘n roeping van God. En daarom kan ons in die afgelope Taalmaand iets uit die Bybel probeer sê oor “die wonder van ons Taal”. U sal my verskoon as ek nog ‘n bietjie verder borduur oor die tema van daardie skeppingswonder. En dan gaan dit nie oor ons eie Afrikaanse taal alleen nie, maar oor die gawe wat deel uitmaak van die beeld en die gelykenis van God: die mensetaal waardeur hy bewustelik in gesprek kan tree met sy Skepper. Ons het egter ook gesien dat daardie uitsonderlike gawe ná die sondeval so dikwels nie meer tot eer van God gebruik word nie, maar totaal aards gerig,
Ds. LH Stavast mens gerig, self gerig geword het. Uit die geslag van Kaïn wat so neerhalend oor die dood van sy broer gepraat het: “Is ek my broer se wagter?” (Gen. 4: 9) word Lameg gebore wat spog met sy moordgedagtes: “Voorwaar, ek slaan ‘n man dood wat my wond en ‘n seun wat my kwes. Want Kaïn sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewe en sewentig maal” ! (Gen 4: 19-24).
Hierdie selfroem van die goddelose mens dreun nog tot vandag toe deur die geskiedenis van die mensheid. Hierdie skeldtaal van Lameg ontaard op die duur in een van die eerste tekens van die wederkoms van Christus: “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë...want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.” (Matt. 24: 6,7). ‘n Volgende teken van sy koms vloei ook uit die Kaïnsgeslag se taalmisbruik voort: “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word terwille van my Naam.” (Matt. 24: 9). En die mensetaal sal gebruik word om die mensheid van God en sy Gesalfde afvallig te maak: “En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.” (Matt. 24: 11). Gebruik tog maar, beste leser, u taalgeskenk om tot God te bid dat u en u gesin vir hierdie misleiding bewaar mag word. Ja, bid maar vir ons hele volk dat ons Boeretaal tog nie verder misbruik mag word om ons afvallig te maak nie. Want ongelukkig is dit ‘n proses wat teen ‘n geweldige spoed ons volk se ondergang as ‘n geloofsnasie bewerk.
Gelukkig staan in daardie selfde Kaïnsen Lamegshoofstuk ook nog iets wat ons kan bemoedig! Adam en Eva kry nog weer ‘n seun: Set. En daarna ‘n kleinseun: Enos. Daardie kleintjie se naam beteken letterlik: “Kleintjie”. En rondom daardie klein en swak mensekindjie word daar weer ‘n taal gehoor: die taal van die gebed! Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep. (Gen. 4: 26). Daardie klein gesin van oupa en ouma, pa en ma besef hulle afhanklikheid van God: hulle bid saam. Hulle stamel met hulle geskonde mensetaal ‘n gebed om die krag en die nabyheid van hulle Skepper. En in hulle gebed gebruik hulle hulle God se Verbondsnaam: HERE, JAHWE: EK IS WAT EK IS.” Selfs teenoor mense wat so veranderlik is, wat so versleg het, bly God die Onveranderlike. Hy hou sy skeppingskroon, mense na sy beeld en sy gelykenis vas. Maar nogtans bly ook die veranderlike mens vas in sy afvalligheid. Daaroor DV die volgende keer. Lees asseblief solank Genesis 11.
Apartheid (blankes) is swak ANC-regime se slaansak
Die ANC-president, Jacob Zuma, volhard daarmee om die mislukking van sy regime om na behore te funksioneer op apartheid (blankes) te blameer. Hy het die al groter wordende agterstande in dienslewering wat opgebou het in die 18 jaar wat die ANC aan bewind is, nogmaals aan apartheid toegeskryf. Hy het tydens ‘n spesiale nasionale konferensie van Suid-Afrika se plaaslike regeringsvereniging (Salga) nogmaals die skuld aan apartheid (blankes) gegee ondanks die feit dat dié verwyt tydens die handboek-sage deur beide swartes en linkse blankes as ongegrond afgemaak is. Die konferensie is gehou om interne probleme en wysigings aan Salga se grondwet aan te spreek. Volgens Zuma is daar “vordering” gemaak. Hy het dit soos volg gestel: “geen land kon die dienste lewer wat ons in 18 jaar gelewer het nie. “Daar is die algemene tenfinansiële verknorsing is. dens om na die regering op Al hoe meer dorpe, soos byalle vlakke te kyk asof die voorbeeld Carolina en die regering die probleem veromliggende dorpe, LouisGeen Diens oorsaak het, in plaas van Trichardt, Brits - om maar in diepgewortelde uitdagings net ‘n paar te noem, sukkel Suid-Afrika van die verlede”, het hy geom basiese dienste soos sê. skoon drinkwater te kry. Meer as driekwart van Net soos water- is kragvoorSuid-Afrika se munisipalisiening ‘n kopseer omdat teite het sedert 1994 ineen- stadsraad haal die nuus aan- die ANC-regime nie begestort weens korrupsie en gesien hulle net soos platte- hoorlike beplanning én wanbestuur. Een na die ander landse munisipaliteite in ‘n instandhouding doen nie.
Regering wil grond per kommersiële boer beperk
Volgens die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, onlangs op ‘n grondberaad in Natal, gaan die regering die hoeveelheid grond beperk wat elke kommersiële boer mag besit. Nkwinti het die belofte gemaak dat wetgewing ingestel gaan word om die regering die mag te gee om ‘n beperking te plaas op die maksimum hoeveelheid grond wat ‘n kommersiële boer mag besit. Wat meer is as wat ‘n kommersiële boer dan sou mag besit, sal deur die regering gekoop word teen ‘n prys vasgestel deur ‘n grondkommissie wat nog ingestel moet word. Volgens Nkwinti sal die prys “regverdig” wees, maar onder markwaarde. Dit sou, volgens hom, die stelsel van grondhervorming bespoedig en sodoende die “onbekostigbare” gewillig koper, gewillige verkoper-metode vervang.
Die kwessie oor grondbesit in Suid-Afrika en oor wie “eerste” waar was, het onlangs weer skerp onder die soeklig gekom. Die ANCregering gee duidelik vanuit hulle eie doelwitte aan die saak aandag. Die minister van landbou het die boere onlangs gewaarsku oor die beginsel van gewillige koper en gewillige verkoper en gesê die hele saak is hoog op die agenda van die ANC se beleidskongres vroeër vanjaar. Dr. Pieter Mulder se opmerking in die Parlement, volgens die media, dat swartmense nie sonder meer aanspraak op alle grond in Suid-Afrika het nie, het tot groot verontwaardiging in regerende kringe gelei. Ironies genoeg het dit naastenby dieselfde tyd aan die lig gekom dat die staatsdepartement wat met grondeise en grondoordrag werk in ‘n totale chaos verval het. Die verwyt word meesal kommersiële boere ten laste gelê dat hulle die proses van grondoordrag in die wiele ry. Die Burger berig egter op 22 Februarie 2012, bladsy 2, oor die verval in die department en sluit af
DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012 5
Malema speel met vuurhoutjies by kruitvat Aanstigting tot ‘n sogenaamde “ekonomiese rewolusie” is duidelik op die agenda van die omtrede vorige president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, wat volgens hom, homself steeds in ‘n leiersposisie bevind. Groot beroeringe heers nadat dit bekend geword het dat die weermag sy volgende teiken is. Onrus broei al ‘n geruime tyd in die weermag en die beste bewys daarvan is die stormloop van ‘ontevrede’ swart soldate in Augustus 2009 na die Uniegebou. ‘n Dringende vergadering is deur die departement van verdediging belê toe verneem is dat Malema ‘uitgenooi’ is om weermaglede toe te spreek. Dit volg kort op die hakke van die nuus dat Malema ‘n beroep op mynwerkers gedoen het om aan ‘n landswye staking (“rewolusie”) deel te neem. Benewens die feit dat ontleders waarsku teen die nadelige uitwerking van die arbeidsonrus in die mynbedryf, mag die destabilisering van die weermag die finale nekslag wees. Malema het trouens gesê dat die mynrewolusie op dreef is.
Hy het mynwerkers aangestig tot ‘n landswye staking in die mynbedryf totdat die bestuur van die vakbond, NUM bedank, toe hy hulle by Carletonville se Gold Fields-myn toegespreek het. Hy het nogmaals die kans gebruik om die swartes teen blankes op te stook deur te sê dat Num se leiers geld van “mlungu” (blankes) kry. Aan die mynwerkers het hy die versekering gegee dat hulle “leierloos” is – ‘n uitspraak wat waarskynlik nie net teen die NUM-bestuur gemik is nie. Malema sê dat hy en sy genote na myne reis om “die regte revolusioniste” te ontmoet. “Dit is ‘n ernstige revolusie. Moenie opgee nie.” Dié doelwit lyk asof dit besig is om vinnig na ander sektore uit te brei, waar ‘ontevredenheid’ ‘n vuurhoutjie in die kruitvat kort. ‘n Dringende aansoek is onlangs deur AfriForum teen Malema gedoen omdat hy sy haatspraakliedjie teen Boere “tydens sy openbare toesprake aan mynwerkers sing te midde van ‘n toename van spanning in die goud- en platinumbedryf. Boonop het
Malema verskeie uitsprake gemaak wat die moeilikhede van die mynwerkers aan blankes toeskryf.” Die organisasie vra dat “regter Colin Lamont se hofbevel van 12 September verlede jaar teen Julius Malema afgedwing word, hangende die verhoor van Malema en die ANC se appèl in die Appelhof.” Teenoor ‘n joernalis van CCN, Christiane Amanpour, het Malema ontken dat hy die gewraakte lied met die woorde “Kill the Boer” gesing het toe hy sowat 2 000 stakende mynwerkers by die Goldfieldsmyn naby Carletonville toegespreek het. Hy was uitgedos in ANCkentekens tydens die onderhoud en het aan Amanpour gesê dat hy en sy makkers geregtig is om dit te dra omdat hulle tot minstens 2014 die leierskap van die jeugliga uitmaak.
Die grondkwessie - opnuut
met ‘n aanhaling van mnr. Dion George, DA-LP: “Nou wil die regering gewillige koper, gewillige verkoper takel. In werklikheid het die grondhervormingsproses opgehou en nou wil niemand verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Ek dink die regering weet eintlik nie wat om met grondhervorming te doen nie.” Dit is nie die kerk se taak om te probeer voorskryf hoe die grondkwessie in die land opgelos moet word nie. Maar die kerk het vir seker ‘n stem oor die waarheidsvraag in die saak – ook waar die bestaans- en voedselveiligheid van sovele van ons mense op die spel is. Is dit byvoorbeeld waar dat swartmense die eerste “besitters” van Suid-Afrika se grond was en dat blankes eenvoudig swartmense se grond afgevat het? Hoe gegrond is die wilde bewerings wat hieroor gemaak word? Ons is van oordeel dat die oplossing van die grondkwessie daarvan afhang of klaarheid verkry is oor die feitlike stand van sake. Die gegewens wat ons het, dui op die volgende:
Ons plaas hier met toestemming van die redakteur van Die Boodskapper, amptelike maandblad van die Afrikaanse Protestantse Kerk, hierdie goed gedokumenteerde artikel wat in hulle Mei 2012 uitgawe onder die rubriek, “Smeltoond”, op bladsye 28 en 29 verskyn het. Ons wil die blad gelukwens dat hulle bereid is om sulke artikels te plaas terwyl die meeste kerke deesdae oor hulle voete val om die ANC-regime ter wille te wees. Geskiedkundiges en volkekundiges het lankal daarop gewys dat die Khoisan eintlik die eerste mense in die land was. Hulle het suidwaarts beweeg tot by die suidpunt van Afrika in die 15de eeu, maar hulle was gering in getal en het, vanweë hulle nomadiese inslag, yl-verspreid deur dele van die land rondgetrek sodat daar nie oral werklik van grond”besit” sprake was nie. Swartmense het sowat 2000 jaar gelede uit SentraalAfrika stadig suidwaarts begin trek om Mosambiek rondom 1500 te bereik. Teen 1600 het van die voorpunte hulle in die verre
noordoostelike dele van die Oos-Kaap bevind. Teen 1652, toe Van Riebeeck aan die Kaap geland het, was hulle in die omgewing van die huidige Port St. Johns. Die voorhoede van die trekboer pioniers se noordooswaartse trek ontmoet hulle teen 1770 by die Visrivier in die omgewing van die huidige Port Alfred. Dit is kontak met hierdie groep en die Britse owerheid se inmenging daarin wat tot die Groot Trek gelei het. Intussen het ‘n ander suidwaartse swart trek hulle na die noordelike gebiede van Suid-Afrika (bv. die latere Vrystaat en Transvaal) gewend waar ‘n klomp klei-
ner stamme hulle verspreid gevestig het. Die uitdelgingveldtogte deur Tsjaka en Mzilikazi vanaf 1815 tot 1830 het hierdie “oorspronklike” bewoners egter feitlik uitgewis. Die veroweraars het
die beeste gebuit wat die oorblywendes sonder werklike heenkome en “grondbesit” of grondbenutting gelaat het. Oorgeblewe stammetjies moes hergroepeer en het in onherbergsame randgebiede gaan skuil.¹ Dit het meegebring dat Transvaal en die Vrystaat, behalwe vir die teenwoordigheid van Mzilikazi se Matabeles, feitlik ontvolk was toe die Voortrekkers dié gebiede vanaf 1835 betree het. Dit geld ook vir Natal, behalwe vir die teenwoordigheid van Dingaan se Zoeloes. (Vervolg op bl. 12)
BRUWER MENLOPARK Oogkundiges
Charlesstraat 496, Pretoria
Tel. (012) 346 1038
Tot u diens vir
Brille, Kontaklense sonbrille en Kunsoë LW: Ons doen kleurvoorkeur ontledings op die “INTUITIVE COLORIMETER” om persone met disleksie en leerprobleme te help.
6 DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012
Toesprake van vorige Eerste Ministers vandag steeds van toepassing In die eerste toespraak het dr. Verwoerd gepraat by die ingebruikneem van die nuwe gebouekompleks vir die Buitemuurse Afdeling van die Universiteit en die huidige redakteur van Die Afrikaner Müller Pretorius, het as tweede jaar Buitemuurse student ook daardie byeenkoms bygewoon. Wat hom getref het, was die geloof van dr. Verwoerd in die saak van die ontstaan en voortgang van die Afrikanervolk hier aan die suidpunt van Afrika as vrye volk. Die Eerste Minister het ook klem gelê op die kennis wat ons moet besit om ons as volk hier te handhaaf:”’n Volk, vernaamlik die klein volk van Suid-Afrika, mag nie net sy kundiges en geleerdes hê nie; die hele volk moet kundig en geleerd wees. Ons universiteite en veral inrigtings soos hierdie, waar die student nie na die universiteit gaan nie, maar die universiteit na die student kom, moet sorg dat die hele volk in kennis sal groei bruikbare kennis, kennis wat hom sal verhef en grootmaak.”
In die tweede, korter toespraak het dr. Verwoerd ‘n heildronk ingestel op die nuwe staat en sy eerste Staatspresident. Hy het by bogenoemde saak aangesluit en dit veral gehad oor hierdie pragtige land van ons wat oor 300 jaar hier gegroei en ontwikkel het om nou ‘n vrye Afrkanerrepubliek te wees wat sy plek wil inneem onder die lande van die wêreld. ‘n Land met vrygewige maar standvastige mense, Christen mense “ wat glo in wat hulle sê en probeer doen wat hulle glo wat reg is”. Hy wens ook die nuwe Staatspresident, mnr. CR Swart, sterkte toe met hierdie groot en grootse taak wat hy het om die eerste gebore Suid-Afrikaner as staatshoof van die Republiek van Suid-Afrika te wees.
Van die begin van sy bestaan af, het die Transvaalse Universiteitskollege voorsiening gemaak vir buitemuurse opleiding in Regsgeleerdheid. Mettertyd het nuwe afdelings bygekom en het die studentegetalle so toegeneem dat doeltreffende huisvesting ‘n probleem geword het. Selfs ‘n gerieflike gebou wat in 1926 in Vermeulenstraat opgerig is, het ondanks latere aanbouings op die duur te klein geword. Om die problem eens en vir altyd op te los, het die Universiteitsraad in 1956 ‘n aantal gerieflik geleë erwe in Proesstraat aangekoop en daar ‘n doeltreffende gebou opgerig waarin ook vir toekomstige uitbreiding voorsiening gemaak is. Hierdie gebou is op 25 Maart 1960 deur die Eerste Minister geopen.
‘n student is soos ons almal wanneer ons ons aan die universiteit voorberei vir ons eie, en vir ons aandeel aan ons volk se toekoms. Wanneer ek so na hierdie geweldige gebou kyk, is dit baie duidelik dat wat u hier ‘n afdeling van Pretoria se Universiteit noem, iets is wat in ons jongere dae gelyk sou gestaan het aan ‘n hele universiteit.
Meneer die Kanselier, meneer die voorsitter van die Raad, meneer die Rektor, geagte vriende, ek wil u hartlik bedank vir die vriendelike woorde wat aan ons almal hier teenwoordig namens die Universiteit toegevoeg is. Ek wil u ook daarvoor bedank dat u deur die aard van die byeenkoms hier buite vir ons darem die illusie geskep het dat buitemuurse studente soms buitemuurs kom. Ek dink ons het dit waarskynlik altyd vreemd gevoel om te hoor dat buitemuurse studente, net soos alle studente, behoorlik onder toesig binnemuurs studeer.
Ek het die syfers van hierdie inrigting nagegaan. Daarin het ek ‘n simbool gesien van die soort groei wat Suid-Afrika die afgelope dertigtal jare beleef het. Van 1926 tot 1948 het, soos ek sien, die student-inskrywings net omtrent verdubbel! Maar van 1948 tot 1960, iets meer as die helfte van die vorige tyd, het die inskrywings meer as verdriedubbel. Die kurwe van groei wat eers stadig opwaarts geneig het, het met die vinnigste tempo wat ‘n mens maar kan bedink in die afgelope tien jaar opwaarts gestyg.
Wanneer ‘n mens hier so omarm is deur hierdie magtige blinkende mure, kom jy eers onder die besef dat ‘n buitemuurse student eintlik maar
Dit is ‘n groot en ‘n grootse inrigting wat u hier geskep het. Ons besef ook dat hy nie sommer so tot stand gekom het nie maar dat hy gegroei het. Alles wat iets beteken, groei van onder af na bo. Niks wat blywend en waardevol is, is van die staanspoor af groot nie, niks wat lange jare duur, is volwasse gebore nie.
So is dit met alles in SuidAfrika. So groei ons, so groei ons inrigtings, so groei ook ons probleme. Daarom is ook die inrigting wat ons vandag hier in al sy grootsheid open, ook ‘n
Toesprake van ons Eerste Ministers dr Verwoerd nr. 3 Toespraak by geleentheid van die opening van die Buitemuurse Gebou van die Universiteit van Pretoria, 25 Maart 1960.
simbool van ons volk en sy groei. Hier word aan ‘n behoefte voldoen: die behoefte van die werkende student, of miskien beter gestel, van die werker wat ook student is. Eintlik moet ons almal besef dat die lewe ‘n studie is van begin tot die einde. Nooit is jou kennis te veel nie. Nooit is jy ryp genoeg vir die take wat op jou wag nie. Om te studeer en kennis te versamel, is nie die voorreg van die jeug alleen nie. Dis die reg van almal enduit. Maar op die jeug rus tog ‘n besondere plig, en nie net op die jong mense wie se ouers hulle vir voltydse studie universiteit toe kan stuur alleen nie, maar ook op die jongman en jong vrou wat op eie bene staan. Hulle het ‘n plig teenoor hulself en ‘n plig teenoor hul volk, om te sorg dat hulle die kennis wat steeds toeneem, wat die lewe meer dienstig maak en die praktiese lewe meer aanvul, verower en hul eie maak, ook om andere se ontwil. Vernaamlik ons hier in SuidAfrika moet dit besef. SuidAfrika, die mees ontwikkelde staat van hierdie donker vasteland, voorheen donkerste Afrika, nou ‘n Afrika oor wie die son begin opkom, maar wat nog in die skemerlig van die voordag verkeer. Oor ons skyn die son reeds lankal en daarom rus op ons die plig om te werk. In ons hande is baie van die toekoms gegee. Gemeet volgens die getalsterkte van ons volk, is ons ‘n klein nasie. Kan ons nogtans groot wees in alles waarin ‘n klein nasie groot kan wees? Die antwoord op die vraag sal ons nie in woorde gee nie; die antwoord daarop sal alleen ons dade kan bring. En om groot te wees vir ‘n klein nasie, beteken om te presteer deur sy karakter en sy kundigheid. Hy wat weet, vermag baie. Op die terrein van die navorsing, selfs wanneer dit nie individuele werk is nie, maar spanwerk, kan enkelinge en klein groepe persone tot die allerhoogste styg. Dit behoef ook nie altyd en op alle terreine die mag en die geld van die miljoene om iets te lewer wat die wêreldkennis verryk nie. Klein mag ons wees maar groot kan ons presteer as ons ons kan beywer om by te dra tot die kennis wat miskien juis in SuidAfrika gevind moet word.
Maar ook in die omvangrykheid van ons kennis kan ons groot word. Ons kan insamel en leer wat die wêreld reeds weet. Dit sal inspanning kos in 'n sekere sin meer as elders waar die kennis op skinkborde aangebied word terwyl ons hier, enigsins afgesonderd, dit soms moet gaan soek. Maar kennis moeisaam verwerf, is
byna geen terrein van die lewe indink, hoe eenvoudig dit vroeër ook al beskou was - waarvan ons voorouers gedink het:”dit is vir die hande van die kinders wat nie die verstand het om te gaan leer nie” - of dit is vandag die lewensterrein van die kundige; hy alleen kan daar slaag in die stryd van die lewe. Daarom is dit dat ons almal
kennis diep ingegrif. Daarin kan ons ook groot wees hoewel klein. Maar al is ons klein in ons getalle teenoor die massas van Afrika, kan ons groot uittroon teenoor dié lande omdat ons die beskawing waaraan ons soveel langer deel het, aan hulle kan uitdra.
alles wat in ons is, ek wil byna sê ook alles wat ons besit, moet wy aan die bevordering van die kennis van ons volk en elkeen wat lid daarvan is.
Ons moet ook in gedagte hou dat ons nie alleen 'n klein nasie is nie, maar 'n nasie wie se probleme daagliks groei. Ons het hier in ons midde groot getalle nie-blankes. Een van hulle kenmerke is die smag na kennis, die stryd om dit te verkry en die offervaardigheid waarmee hulle bereid is om mee te ding in die jag na hierdie allerhoogste goed. Ons is die kern van die beskawing, die soekers na kennis in die verlede en die draers daarvan vandag. As ons die drang om te weet, verloor, of as die traagheid ons oorweldig omdat ons dink dat alles goed sal gaan want daar is ander wat vir ons werk en ons sal lei, dan sal ons in hierdie land nie die posisie kan handhaaf wat ons deur nedersetting en ontwikkeling oor 300 honderd jaar met reg verwerf het nie. Juis hier, waar ons geplant is met 'n doel, rus op ons jeug, die leiers van die toekoms, die taak en die plig om deur daardie drang vervul, nog harder te strewe om die leiding te behou wat hul voorvaders aan hul nagelaat het. Ons leef in 'n Suid-Afrika wat geweldig vinnig groei. Op elke terrein word so vinnig gevorder dat sonder kennis 'n mens nouliks in staat is om te kan dien of te kan werk. U kan u
Ons lewe in bewoë tye, tye wat ons nie toelaat om stil te staan en terug te kyk nie. Ons lewe saam met ons probleme wat ons elke uur van elke dag vergesel. Hierdie probleme kan ons met moed, geloof in die Almagtige, karaktervastheid en kennis die hoof bied. Veel hiervan is deur ons voorvaders aan ons nagelaat. Moed behoort aan ons volk; die eer van karaktersterkte kom nie altyd ons toe nie, maar wel diegene wat ons voortgebring het; standvastigheid en kennis kan aangeleer word. Sonder kennis sal Suid-Afrika nie gedy nie. Sonder kennis sal Suid-Afrika uit die hand glip van die witman, en daarmee saam alles wat hy na hierdie land wat hy liefhet, gebring het. As ons ons geleenthede verwaarloos, is daar nie veel jare voor ons nie. Deesdae gebeur dinge baie gou. Dit is die persoon, nie net die leier nie - die gewone persoon, wat in die alledaagse lewe elke oomblik van sy bestaan kan gee om homself vir sy dagtaak en sy volksplig voor te berei. Ons wil voortbestaan. Ons sal voortbestaan. Maar ons kan net deur moed en kennis voortbestaan; deur dit wat in ons is en wat ons kan verkry al verg dit die uiterste inspanning, en ons moet ons lig deur die duisternis van die nag laat brand en weer in die vroeë oggend-
DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012 7 ure begin, want die dag se werk roep ons. Dan sal ons aan Suid-Afrika ons lewens en ons kennis kan toewy - alles wat ons het en alles wat ons kan gee. Hierdie inrigting is een van dié wat dit vir ons jong manne en vroue moontlik kan maak om hulself voor te berei vir die lewe wat voor hulle lê. Ons leef in 'n moeilike eeu. Dit word genoem die atoomeeu. Maar dit is miskien beter om te sê ons leef in die eeu van omwentelinge. Nie net op die terrein van die een of ander wetenskap nie, maar op alle terreine is verandering aan die orde van die dag. Veranderinge vind binne tientalle jare plaas wat vroeër oor honderde jare versprei was - veranderinge so snel en so diepgrypend, dat die menslike gees dit soms nie kan vat nie. Dit is in hierdie jare van verandering dat 'n mens voel dat 'n volk aan sy geleerdes en sy kundiges alleen, nie genoeg het nie. In die verlede was min geleerdes en min kundiges in 'n volk genoeg, op 'n later tydstip was meer nodig, in ons tyd is baie nodig. Maar selfs dit is nie meer genoeg vir die toekoms nie. 'n Volk, vernaamlik die klein volk van Suid-Afrika, mag nie net sy kundiges en sy geleerdes hê nie; die hele volk moet kundig en geleerd wees. Ons universiteite en veral inrigtings soos hierdie, waar die student nie na die universiteit gaan nie, maar die universiteit na die student kom, moet sorg dat die hele volk in kennis sal groei - bruikbare kennis, kennis wat hom sal verhef en grootmaak. Dit is my boodskap aan u. Hier verrys 'n praggebou - nie 'n gebou om oor te roem nie maar 'n gebou wat die simbool moet wees van die saamleef van die universiteit met die volk en die volk met die universiteit - 'n gebou, 'n inrigting wat die simbool moet wees van die verowering van die kennis deur die volk tot diens van almal saam. Heildronk ingestel op die Republiek van Suid-Afrika en die Staatspresident, Stadsbanket, Pretoria 31 Mei 1961. Die inhuldiging van die Staatspresident het op 31 Mei 1961 in die Grootkerk, Pretoria, plaasgevind en is waargeneem deur hoofregter L.C. Steyn wat, nadat hy die ampseed voorgelees en dit deur die Staatspresident met 'n goue pen onderteken is, die ampserp om die skouers van mnr. Swart gehang het. 'n Seremoniële geleide bestaande uit ses van die mees senior Weermag-offisiere en vyf van die mees senior
Polisie-offisiere, het flankrye voor die preekstoel gevorm. Die diens is om die beurt gelei deur ds. P.S.Z. Coetzee van Bloemfontein en hoogeerwaarde E.G. Knapp-Fisher van Pretoria. Onderwyl die reën sag neergesif het, het die plegtigheid na Kerkplein verskuif waar die Staatspresident, die Eerste Minister,mev. Verwoerd en ander hoogwaardigheids-bekleërs presies om 11-uur op die balkon van die Paleis van Justisie verskyn het. Hier is mnr. Swart deur dr Verwoerd verwelkom en aan die skare voorgestel met die woorde:”Meneer die Staatspresident,die eerste geleentheid om u so te noem, het aangebreek.” Dieselfde aand het die Burgemeester en Stadsraadslede van Pretoria die Staatspresident 'n banket in 'n blomme versierde stadsaal aangebied by welke geleentheid die Eerste Minister 'n heildronk ingestel het op die Republiek en die Staatspresident. Meneer die Staatspresident, edelagbare burgemeester, eksellensies, dames en here, by hierdie besondere geleentheid sal die heildronk nie formeel wees nie. Dit is 'n spesiale geleentheid waarby ons 'n heildronk op Suid-Afrika met die naam van 'n nuwe Staatshoof kan koppel, en ek sal u oor 'n paar minute vra om op die gesondheid van ons nuwe Staatshoof te drink, terwyl u terselfdertyd aan hierdie groot Suid-Afrika van ons en sy toekoms dink. Maar voordat ek dit doen, wil ek graag namens die Regering van Suid-Afrika al daardie goedgesinde state oor die hele wêreld, waarvan baie vanaand hier verteenwoordig is, wat so welwillend gedurende hierdie afgelope dae aan ons gedink het en wat deur hulle staats- of regeringshoofde ons by hierdie uiters gewigtige geleentheid gelukgewens het, daarvoor bedank. Ek wil ook graag u, meneer die burgemeester, en die stad Pretoria bedank vir hierdie banket wat u vanaand hier ter ere van die Staatspresident aanbied. Ek wonder of so 'n banket op enige ander plek in so 'n pragtige, kunsmatig geskepte omgewing aangebied kon gewees het. Pretoria het ons wonderlik behandel, maar dit is gepas dat die administratiewe hoofstad van SuidAfrika die eerste moet wees om eer te bewys aan die eerste Staatshoof wat in SuidAfrika gebore is. Wanneer ek u vra om aan Suid-Afrika te dink, wil ek graag hê dat u aan Suid-Afrika moet dink as hierdie pragtige land waarin ons woon; die land wat ons so liefhet; die land wat ons van ons voorouers geërf het wat nie alleen vir hom geveg het nie, maar ook deur ge-
slagte wat oor 300 jaar strek vir Suid-Afrika gewerk het, wat uit die ope veld vir ons en diegene wat ons later sal volg die wonderlikste tuisland opgebou het; die land van ruwe berge en wyd gestrekte grasvelde met hulle talryke pragtige diere wat ons probeer om vir die nageslagte te bewaar, wat uiteindelik miskien slegs in ons land in Afrika bewaar sal word. Dink aan hierdie skone Suid-Afrika met sy blou lug, sy wit strande wat om ons land strek, met skoonheid oral en soms ook ruheid, wat egter versag as met liefde daarna gekyk word. Ek wil u vra om aan Suid-Afrika te dink as hierdie welvarende land wat deur ons bewoon word - u moet nie na aandelemarkte kyk om te sien of Suid-Afrika 'n algemene basiese welvarendheid het nie! Dink aan die natuurlike hulpbronne en dink aan die mense wat hom bewoon en wat hierdie bronne kan ontgin, want welvarendheid word tog per slot van rekening deur die mens gemaak en kan slegs ontstaan as 'n land inwoners het met die inisiatief en bereidwilligheid tot selfopoffering om, indien nodig, deur middel van swaar werk te bou en met krag van hul arm te verdedig, indien dit so moet wees. Dit hang van die mense van 'n land af of die land vir lang tydperke welvarend kan wees.
houding met ander state in Afrika wat, namate hulle meer volwasse raak, ook hulle maniere vind om saam te lewe sonder om 'n aangrensende land te probeer verdruk of vir hul eie selfsugtige doeleindes te gebruik.
Ek wil graag hê u moet aan Suid-Afrika as 'n vrygewige land dink, 'n land wie se mense nie net vir hulself lewe nie, 'n land wie se inwoners en Regering dink in terme van almal vir wie hulle verantwoordelik is. Die buitewêreld is geneig om Suid-Afrika as 'n verdrukkende land te sien. U wat hier woon, weet dat dit nie die geval is nie. Ons het ons verskillende rassegroepe, wat in baie opsigte nog agterlik is, maar nêrens in die wêreld het 'n volk die agterlike mense in sy midde aan die lewe gehou en gepoog om hulle te ontwikkel, soos Suid-Afrika vir geslagte gedoen het nie.
U, meneer die Staatspresident, is geroepe om die wêreld saam met ons in die oë te kyk en om die wêreld te laat weet dat wat ons ook al doen, ons dit as 'n Christenvolk doen, as mense wat bereid is om ons Christelikheid te bely en om dit uit te lewe volgens ons opvatting van sake. U, meneer die Staatspresident, is die simbool van hierdie volk en mag u en ons almal geleidelik beter verstaan word. Mag ons die vriende terugkry wat ons gehad het en dié behou wat ons het, want ek weet uit ondervinding dat hoewel daar baie is wat hulle in die oë van die buitewêreld blykbaar losmaak van ons, hulle diep in hul harte en agter die skerms hulle baie naby aan ons harte en ons denkwyse bevind.
Miskien het die inheemse bevolking nêrens anders in die wêreld nie net voortbestaan nie, maar in so 'n mate toegeneem dat hulle die probleem geword het waarmee die buitewêreld nie hoef te handel nie, maar wat ons probleem is en wat ons bereid is om op te los, maar op ons eie manier en op die enigste manier waarop mense wat in verskillende beskawingstadiums is, saam kan lewe - mense met verskillende ideale, wie se leefwyse en uitkyk so geweldig verskil,, maar wat nogtans soos nasies wat op soortgelyke wyse van mekaar verskil, saam kan werk en langs mekaar kan woon en vriende kan wees. Aldus sal ons ons weg in hierdie land vind soos alreeds gebeur, en ook ten opsigte van ons ver-
Mag ek u vra om aan SuidAfrika as 'n eerlike land te dink. Ons kan maklik die wêreld 'n rad voor die oë draai deur oënskynlik beleide te volg wat sy vereistes bevredig, maar wat, wanneer hulle deeglik nagegaan word, bevind word net die teenoorgestelde te wees van wat hulle oppervlakkig skyn te wees, soos in so baie van die lande wat ons kritiseer die geval is. Ons in Suid-Afrika is eerlik omdat ons niks anders kan wees nie. Ons hou daarvan om ons probleme openlik in die oë te staar, om ons beleide duidelik te stel, om te doen wat ons kan vir mekaar en vir onsself, om die hele wêreld in die oë te kyk, indien nodig. Mag ek u vra om aan Suid-Afrika te dink as 'n land met standvastige mense, mense wat glo in wat hulle sê en probeer doen wat hulle glo wat reg is. Dit mag miskien vir ons baie moeilikheid en misverstand meebring, maar op die lange duur is dit waarheidsliefde en eerlike bedoelinge en duidelikheid van ideale wat van 'n nasie maak wat hy moet wees.
Meneer die Staatspresident, ek het gesê dat hierdie eenkeer ons nie net 'n formele heildronk op u instel nie, maar op SuidAfrika en op u, ons Staatspresident, die eerste eie hoof van ons staat. Ons doen dit vanaand so omdat dit 'n heel besondere geleentheid is. Vir ons is dit 'n toppunt. Ons het 'n berg uitgeklim oor jare. Ons het uiteindelik 'n plek bereik, nie die hoogste punt in die lewe van ons volk nie want miskien is dit vandag nog maar net die begin van groter dinge; maar vir ons is dit 'n hoogtepunt wat ons bereik het, die vervulling van ideale om u nou
te mag aanspreek as ons eie Staatspresident. U het saam met ons gelewe. U het saam met ons in hierdie land gegroei. U ken ons moeilikhede.U ken ons swakhede. U ken ook ons deugde. Ons swakhede en deugde deel u ook en daarom is dit dat in die volkslewe vorentoe, Staatshoof en volgelinge een kan wees. Terwyl die een die ander respekteer en mekaar liefhet - liefhet as mede-burgers en landgenote - sal ons saam vorentoe kan beweeg. Maar nou sal u, die Staatspresident, in 'n sekere sin ook eensaam word. U was deel van ons volksgroep, ons volksmassa, maar nou staan u uit as 'n simbool van die hele volk. Vir u is daar nie meer die engere bande nie, die bande met die kleinere kringe, die bande met lokale groepe wat vir u dierbaar was en na aan die hart gelê het. Partyvoorkeur val vir u weg. U staan as die simbool van die gehele Suid-Afrika. Niks wat klein is, niks wat beperk is, niks wat seksioneel is, is meer vir u nie. Vir u is alleen die hele volk. Maar in die mate van vereensaming wat u noodwendig moet ondergaan, sal daar vir u tegelykertyd ook 'n groot loon wees en dit is die loon van trou en van liefde van die hele volk - nie net 'n deel daarvan nie. Maar al sal u onttrek wees van die stryd wat noodwendig die lot is van baie van ons, die stryd vir Suid-Afrika en sy toekoms, sal u 'n onmisbare rol speel in ons land. Want ons wat moet bou en moet stry, sal noodwendig verskillende gedagtes hê oor hoe Suid-Afrika se toekoms uitgebou moet word. Ons sal noodwendig uit die diepte van ons oortuiging daaroor met mekaar veg. Maar onder dit alles sal daar die grondliggende eenheid van een volk van die Republiek van Suid-Afrika moet wees en u sal die band moet wees wat ons almal bymekaar hou. En as die dae van smart kom, sal u sien hoe ons nie net deur bande van bloed nie, maar ook deur die bande van een gemeenskaplike nasie, aan mekaar geknoop is. En wanneer daar dae van vreugde kom, sal u ons ook almal saam sien jubel soos vandag, omdat ons dan ook in ons blydskap soos in ons smart besef dat ons een volk is, die volk van die Republiek van Suid-Afrika. Waarvandaan of uit watter stamlande ons ook al mag kom, hoe lank ons en ons voorgeslagte ook al in Suid-Afrika reeds woonagtig mag wees, tussen ons almal is daar en sal daar een band wees, die band van die liefde vir ons vaderland. En nou vra ek u almal om saam met my 'n heildronk te drink op Suid-Afrika en sy nuwe Staatshoof, Staatspresident Swart.
8 DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012
Terreur teen die Afrikaner
Presidensiële beskouing oor teologie is onheilspellend hele wêreld genoem kan word.
Natuurlik was dit God se volk ook, maar terwille van Sy naam het Hy Sy mag aan die Farao bewys. Daarom kan die bevrydingsteologie nie na willens en wetens deur Marxiste vir hulle doelwitte geskaak word nie. Karl Marx het immers verklaar dat op die ruïnes van die Christendom sal hy sy kommunistiese tempel bou.
Wanneer 'n president se beskouing oor teologie, hoofsaaklik op skeppings van die Marxisme berus, beteken dit onheil vir 'n land. In die week het president Zuma na hoofsaaklik Marxistiese ‘leraars’ verwys as rolmodelle waarmee ons samelewing ‘verbeter’ kan word. Volgens Zuma is die ‘uitstekende’ voorbeelde van teoloë, onder andere, Beyers Naude, aartsbiskop Dennis Hurley, aartsbiskop Desmond Tutu, vader Smangaliso Mkhatshwa, en eerwaarde Frank Chikane. Volgens Zuma het hierdie geestelik leiers 'n rol gespeel om die massas van kolonialisme te bevry. Wat Zuma nie sê nie, is dat die massas van 'n Protestantse regering bevry is en onder die juk van kommunistiese massamoordenaars ingedwing is. Die ‘bevrydingsteologie’ wat deur hierdie ‘leraars’ verkondig was, was 'n Marxistiese skepping wat vir die eerste keer deur Abimail Guzman in Peru toegepas was op terroriste. Dit is 'n verdraaiing van Israel se verhaal van die uittog uit Egipte. Maar volgens Exodus 9: 16, was daar net een rede hoekom God nog die Farao laat lewe het. Dit was sodat God Sy mag aan die Farao kon vertoon, sodat God se naam oor die
In ooreenstemming met hierdie stelling van Karl Marx, het die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party op hulle 7de jaarkongres in Havana, Kuba, gedurende 1989 aangekondig dat hulle hul eie Oos-Duitsland in SuidAfrika gaan oprig na die val van apartheid. Zuma se onkunde oor wie werklik die land aan kommuniste oorhandig, blyk duidelik uit sy verklaring. Die kommunistiese beheerliggaam het alreeds in 1928 aangekondig dat Suid-Afrika 'n swart kommunistiese regering moet kry. En daaraan het die latere ‘leraars’ bitter min deel aan gehad. So, Zuma verf die Marxistiese leraars met 'n onvanpaste heuningkwas. Die teenstanders van die Christendom, naamlik die Marxisme was vir die kapitulasie van Suid-Afrika verantwoordelik. Met ander woorde, die werke van die Antichris in Suid-Afrika, het uiteindelik tot die vernietiging van die blankes se regering gelei. Maar om soveel onkunde en 'n geloof in eksponente van die Marxisme te huldig, is nie goeie nuus nie. Maar dit was te wagte. Was dit nie Zuma wat tydens die 100-jarige feesvierings van die ANC gesing het dat die Boere met kanonne geskiet moet word nie? Sedert daardie openlike oortreding van die VN se Konvensie oor die Misdaad
en Straf vir Volksmoord het die moorde en aanvalle op Afrikaanssprekendes doodeenvoudig die hoogte ingeskiet. Vanaf 1 Junie 2012 tot en met verlede week staan ons op ongeveer 230 aanvalle op Boere. Hoe ons ook al daarna kyk, gaan hierdie regering met sulke gebrekkige insig in die hoogste pos, nie gou van die land 'n plek maak waarbinne die lewensverwagtings gaan styg nie. Inteendeel.
skape het en nie van die regering nie. Saam met God sal ons oorwin. En dit is meer hoop as wat bykans 40 miljoen ander lede van die bevolking het. En vir hulle gaan dit donker bly. Die regering het nie God aan hulle kant nie en glo ook nie in Hom nie. Vir hierdie mense gaan die hel bly voortduur. Maar vir ons is die oorwinning reeds behaal en het God homself volledig in Jesus Christus met ons versoen en ons as Sy kinders aangeneem. Ons het dus die beter deel.
Was dit nie Zuma wat tydens die 100-jarige feesvierings van die ANC gesing het dat die Boere met kanonne geskiet moet word nie? Sedert daardie openlike oortreding van die VN se Konvensie oor die Misdaad en Straf vir Volksmoord het die moorde en aanvalle op Afrikaanssprekendes doodeenvoudig die hoogte ingeskiet.
Dit is tyd dat ons onsself weer vergewis dat ons hulp alleenlik van die Allerhoogste is. Ons moet onsself weer rondom Hom gaan skaar en onsself weer as 'n groep aan Sy gesag en leringe en beskerming gaan onderwerp. Hy was nog altyd daar. Dit is tyd dat ons na die huis van die Here toe terugkeer en Sy hande gaan versterk in die kerk. En ons moet ons medemens gaan versterk in die kerk. Daar is baie wat ons nodig het.
God was met ons. God is met ons. God sal met ons wees. Ons kan nie langer bekostig om deel van die apatiese meerderheid te wees, wat met allerhande verskonings uit die kerk wegbly nie. En daarmee sluit ek myself ook in. Ek is ook skuldig. Ons moet daardie ‘man van God’, of ‘vrou van God’ gaan word, waarna ons op soek is as ons in 'n kerk instap. Daar is wel iemand wat God oor jou pad sal stuur, vir wie jy die lig in die duisternis kan wees. Ons hulp is van die Here wat hemel en aarde ge-
Met 'n geloof in Christus en aanbidding in die naam van Jesus Christus is daar redding. En ons moet die grootste hulp van alle tye, Jesus Christus gebruik. Hy sê immers ons moet en mag maar tydig en ontydig tot Hom bid en Hom om hulp nader. In Hom is daar hoop
en beskerming en toevlug in donker dae waar ons voor die voet afgemaai word. In Hom is daar nagrus, terwyl die boosheid vanself in die nagte om ons rondsluip. In Hom is daar groter sekuriteit as enige elektriese heining, waghond of pallisadeheinings. Ekself is moeg om nagte deur regop te sit, om my huisgesin te beskerm. Ook in hierdie vrees moet ekself op Hom vertrou vir beskerming. Ek gaan dit probeer. Dit is nog 'n geloofsprong, maar ek is seker dat ook met hierdie een, ek weer eens nie teleurgestel gaan word nie.
Pieter Oosthuizen is 'n strateeg en nagraads opgelei aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit onder generaal H de V du Toit. Sy boek: Die Huidige Volksmoord van Afrikaners verklaar in detail, die onderliggende ideologieë wat aanleiding gee tot die volksmoord van Afrikaners. Die boek is beskikbaar op die web by: www.neo-genocide.com of kan bestel word by: pieter@neo-genocide.com
HNP
Hoofkantoor
Adresveranderings
• Die HNP-hoofkantoor is met ‘n landwye werwingsaksie besig.
Skakel ons asseblief om u posadres, telefoon- en selnommer, en e-pos adres te kontroleer.
• Die belangstelling in die werksaamhede van die HNP neem toe. • Reël asseblief vir ons ‘n openbare- of inligtingsvergadering.
012-335 8523
DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012 9
EKONOMIE EN TEGNOLOGIE
Adam Jacobs se ekonomiese oorsig: September 2012 Samevatting van plaaslike en oorsese tendense
Internasionaal het daar nie veel veranderings, soos verlede maand gerapporteer, plaasgevind nie. Waar daar wel veranderings was, het dit gekom van inligting rakende die onderskeie lande se “Purchasing Manager Indices”. Dit dui daarop dat in die vervaardigingsektore sake besig is om in baie lande verder te verlangsaam. Dan wil dit voorkom asof die nuus uit Sjina nie té belowend is nie. Die groeikoers in ons terme gemeet, is steeds heel belowend, naamlik sowat 7,5%. Daar is egter kommer oor skuldvlakke by banke en prysstygings van woonhuise. Gevolglik kan daar nie vanaf monetêre kant vraagstimulasie maatreёls in werking gestel word nie. Dit laat ‘n mate van onsekerheid dat die groeikoers dalk verder kan verlangsaam. In die VSA is daar ook kommer oor die volhoubaarheid van die matige tempo van ekonomiese opswaai. In die Eurogebied en die VK bly sakestoestande steeds bedruk en dit wil selfs voorkom asof Duitsland nou ook swakker groeivoortuitsigte tegemoet gaan. Sover dit plaaslike verwikkelinge betref, wil mens byna sê: “ditto”. Ook hier is die
Inflasie
Die inflasiekoers soos gemeet aan die hand van die VPI vir die land as geheel, toon sedert die begin van die jaar, ‘n geleidelik verlangsaming in die koerstoename. Dit het van 6,4% in Januarie tot 5,0% in Julie verlangsaam. Die grootste daling was te wyte aan ‘n verlangsaming in die koerstoename van voedselprodukte wat van 10,2% in Januarie tot 5,3% in Julie afgeneem het. Die kerninflasiekoers, dit wil sê die totaal min voedsel, het dan ook heelwat stadiger gedaal en wel van 5,4% tot 4,8%. Hierby aansluitend, moet in gedagte gehou word dat die inflasiekoers verlede jaar oor dieselfde tydperk, vanaf 3,6% tot 5,4% versnel het. Vanjaar word dit dus gemeet teen ‘n stygende basis. Aangesien dit egter voedselpryse was wat die toon in die huidge daling aangegee het, moet lesers daarvan kennis neem dat dié tendens waarskynlik nie sal voortduur nie. Die rede, soos verlede maand genoem, is dat graanpryse internasionaal op die termynmarkte, die afgelope tyd baie skerp gestyg het. Die gevolg hiervan is dat voedselpryse in die PPI, wat in die prysketting VPI-pryse vooruitloop, in Julie reeds skerp begin styg het. Die prys van landbouprodukte soos opgeneem in die PPI, het in Julie met 5,4% teenoor Junie gestyg en dit was 9,0% hoёr as ‘n jaar tevore. Die prys van graanprodukte, het in Julie met 7,9% toegeneem en was 27,6% hoёr as ‘n jaar tevore. Oliesade se prysstygings het 38% beloop, vergeleke met ‘n jaar tevore. Voeg hierby die prysstygings van elektrisiteit wat op PPI vlak 14,5% hoёr as ‘n jaar gelede was. So ook die verswakking in die gemiddelde waarde van die wisselkoers van 11% teenoor verlede jaar. Voeg hierby die skerp verhoging in die prys van vloeibare brandstowwe vanaf 5 September vanjaar. Daar is ook ‘n sterk moontlikheid dat die arbeidskoste per eenheid produksie gelewer, kan toeneem. Dit wil dus voorkom asof die maandelikse styging in die inflasie-indeks in komende maande kan versnel. Dit word egter steeds gemeet teen ‘n versnelde basis wat verlede jaar sy hoogtepunt in Desember bereik het. Dit kan die stygingstempo dalk temper, maar beswaarlik in toom hou. Voorgaande gebeure kan in die komende maande dus daartoe lei dat reёle rentekoerse kan daal. Dit kan binnelandse vraag ondersteun, aangevul deur ‘n fiskale beleid wat steeds sterk vraagstimulerend is. Dit, op sy beurt, kan invoer hoog hou, terwyl uitvoer verder kan verswak. Hoe buitelandse beleggers hierop gaan reageer, moet nog gesien word. Die internasionale kredietgraderingshuise het egter geluide begin maak dat die land se internasionale kredietgradering verlaag kan word. Dit alles kan tot ‘n swakker wisselkoers aanleiding gee wat die groeipoging kan ondersteun omdat uitvoere meer mededingend raak en daar beter met invoer meegeding kan word. Dit sal egter nie goeie nuus vir die inflasiekoers wees nie. Dit sou ook kon beteken dat verdere rentekoersdalings buite die kwessie is.
groeitempo onderliggend aan die verlangsaam. Maar dan is daar boonop probleme eie aan die RSA, soos die jongste gebeure by die myne. Verder gaan die land se inwoners nie die gevolge van oorbesteding, wat die afgelope aantal jare voorgekom het, vryspring nie. In hierdie oorsig sal aan hierdie sake aandag gegee word, aangevul deur die jongste verwikkelinge op ekonomies/finansiёle gebied. Die pryse van aandele op die JSB, met die uitsondering van pryse van mynaandele, bly egter stewig. Op die oog af lyk dit na ‘n teenstrydigheid met wat in die ekonomie plaasvind. Ek reken dat daar egter sekere verwagtinge begin intree by beleggers wat dié optrede kan verklaar.
Verloop van ekonomiese groei
Die Sentrale Statistiekdiens het die afgelope maand die BBP-syfers vir kwartaal twee (kw2): 2012 vrygestel. Jaar-op-jaar beskou, het die reёle BBP redelik stewig vertoon na ‘n effens swakker groeisyfer in kw1. In kw2 vanjaar was die groeikoers 3,0% hoёr as verlede jaar volgende op ‘n styging van 2,1% in kw1. Sou na die BBP se verloop van kwartaaltot-kwartaal (k-t-k) gekyk word, seisoenaal aangepas en teen ‘n jaarkoers bereken, het dit van 2,7% in kw1 tot 3,2% in kw2 verbeter. Met ‘n eerste oog opslag lyk dit na ‘n merkbare verbetering wat ingetree het, ten spyte van swak internasionale omstandighede wat uitvoere nadelig raak. Kom ons beskou die saak egter bietjie van naderby. In die eerste kwartaal vanjaar het die groeikoers verswak, hoofsaaklik gedryf deur ‘n swak vertoning van mynbou weens stakings by Impala en produksieverliese by van die ander myne. Dit het tot gevolg gehad dat k-t-k gemeet, mynbouproduksie op die vorige kwartaal teen ‘n jaarkoers gemeet, met 16,8% gedaal het. Sou die vertoning van mynwese buite rekening gelaat word, blyk dit dat die res van die ekonomie met 3,8% gestyg het teenoor die totale BBP syfer van 2,7%. Indien dieselfde oefening vir kw2 gedoen word, naamlik om mynbou buite rekening te laat, word gevind dat die groeisyfer vir die ander sektore van 3,8% in kw 1 tot 1,6% in kw2 verlangsaam het. Die mynbousektor wat in kw2 met 31,2% van k-t-k verbeter het, het die totale syfer sodanig verwring dat dit op die oog af wil voorkom asof die ekonomiese groeikoers aan die versnel is. Inderwaarheid, is die teendeel besig om te gebeur. Dit is nie verbasend dat die groeikoers onderliggend verlangsaam nie, want soos in verlede maand se oorsig reeds daarop gewys is, het elektrisiteitsverkope in kw2 swak vertoon; het uitvoervolumes gedaal, terwyl invoer in reёle terme steeds sterk gestyg het. Dit beteken maar bloot dat invoer toenemend binnelandse vraag, wat terloops redelik stewig bly, bevredig. Dit is natuurlik negatief vir die BBP groeikoers. Meer nog, soos ook daarop gewys is, het uitvoerpryse swak vertoon sodat die ruilvoet verswak het. Daarby neem netto faktorbetalings aan die buiteland steeds toe, sodat die bruto nasionale inkomste selfs nog swakker as die BBP vertoon. Bevestiging van hierdie neigings sal in die komende maand deur die Reserwebank in hulle kwartaaloorsig, bekend gemaak word. Dat die ekonomiese groeikoers onderliggend swakker neig en verder verwag word om swakker te vertoon, word bevestig deur die verloop van die leidende aanwyser van die sakesiklus. Die leidende aanwyser tot Junie vanjaar neig reeds vir vier maande laer (die meegaande grafiek kon weens ‘n gebrek aan spasie nie weergegee word nie). Daar kan dus aanvaar word dat die ekonomiese groeikoers in komende maande verder kan verlangsaam alhoewel die meevallende aanwyser tot en met Mei, dit nog nie bevestig het nie. Daar is vir die derde kwartaal nog baie min inligting beskikbaar. Soos dit algaande bekend gemaak word, sal dit wel aandui waarheen sake neig. In volgende maand se oorsig, sal die prentjie hieroor meer duidelik wees.
Finansiёle markte
Die afgelope tyd het kapitaalmarkrentekoerse skerp gedaal. Dit kan toegeskryf word aan buitelanders wat effekte op groot skaal aangekoop het. Vir die eerste agt maande van die jaar beloop dit nou reeds sowat R70 miljard op ‘n netto basis beskou. Die rede hiervoor, is die verskil in nominale rentekoerse wat bestaan. Gegewe die verwikkelinge soos tot dusver bespreek en veral as die land se internasionale kredietwaardigheid verlaag sou word, kan dié aankope tot ‘n einde kom. Aandelebeurse in Westerse lande het die afgelope maand redelik goed vertoon – veral die in Duitsland, Frankryk en in Japan. Die Dax, sowel as die Cac, het in die tydperk 27 Julie tot 31 Augustus met 4,2% gestyg, die Nikkei met 3,2% en die Ftse met 1,5%. Die Dow se styging was ‘n beskeie 0,1%, terwyl die S&P-500 met 1,5% en die Nasdaq met 3,7% toegeneem het. Die vertoning van beurspryse in veral Europa is heel insiggewend. Dit moet onthou word dat markte verwagtinge vooruit verdiskonteer. Nou kan daar ‘n paar redes vir die verbetering in beurspryse wees. Het pryse dalk te ver gedaal die afgelope jaar sodat beleggers gemaklik voel met die huidige waardasies? Of, reken beleggers dat die ergste gevolge weens aanpassings in Eurolande dalk nou verby kan wees? Of, verwag hulle verdere vraag stimulerende maatreёls wat binnekort dalk aangekondig kan word? Of, is die resultaat die gevolg van al drie genoemde faktore? Wat verder insiggewend is, is dat die euro in die ses weke tot einde Augustus met 3,6% in waarde teenoor die VSA$ gestyg het. Plaaslik het die beurs die afgelope maand ook verstewig en gemiddeld met 2,1% gestyg. Hulpbronaandele het aanvanklik redelik skerp met sowat 5% verbeter, maar in die laaste drie weke, toe die nuus bekend geword het dat Sjina se groeikoers dalk swakker kan wees, het dit byna al die vorige prysstygings prysgegee. As daar gekyk word na die prys/verdienste verhouding van die totale beurs asook van die hoofindekse, dan blyk dit dat die beurs gemeet teen historiese vlakke, gemiddeld geprys is, maar dat hulpbronaandele goedkoop lyk. Dalk is daar ‘n rede hiervoor, naamlik dat die verwagtings is dat winste van hulpbronmaatskappye nog onder aansienlike afwaartse druk kan kom.
10 DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012
AFRIKANER VROUEFORUM onder redaksie van Anita Morkel
Kinders en hul ouers
Die verhaal van Oedipus in die klassieke letterkunde vertel hoe hy ‘n raaisel gevra word (en ek gee dit weer soos ek dit onthou): “Wat het eers vier bene, loop later op twee bene en stap dan met drie bene?” Oedipus se lewe het daarvan afgehang dat hy die regte antwoord moes gee, en sowaar hy antwoord toe: “Die mens: as baba kruip hy hande viervoet, daarna loop hy op twee bene en as hy oud is loop hy met ‘n kierie.” Hy het oorleef soos sy verhaal in die Westerse beskawing voortleef. En in die Eerste Wêreld het mense se lewensverwagting die afgelope dekades al hoe hoër geword. Beter voeding en vordering op mediese gebied is maar enkele van die redes waarom in baie Westerse lande die oorwig al hoe meer na die oues van dae toe oorskuif. Eers as jou eie ouers oud word, besef ‘n kind dat die rolle van ouer en kind is besig om te verander. Eens was jy die kind wat versorg en beskerm moes word, maar namate jou ouers ouer word, begin die rolle omruil.
‘n Geromantiseerde poskaart van vrolike oumas
Gesondheid, finansiële posisie, persoonlikheid en lewensingesteldheid asook die verhouding tussen ouer en kind is deur ‘n mens se lewe belangrik en raak al hoe prominenter soos die jare vorder. Vir ‘n ouer is kinders uiteindelik een van die grootste beleggings wat gemaak kan word. Niemand gee egter waarborge uit omtrent kinders (of ouers) nie. Of soos ‘n dosent van my altyd gesê het: “Mens kan nie jou familie kies nie, maar jou vriende wél”. Die lewe loop baie draaie met mens. Twee tantes staan in Huis Vreugdevol se gang toe ek afgestap kom. Hulle verneem na my ma en die een sê: “Ek het twee seuns gehad, nou het ek net ‘n skoondogter en sy hou nie van my nie.” Die ander een sê toe: “Ek het ‘n dogter, maar ek sien haar nie eintlik nie.” Nommer een se twee seuns is altwee oorlede en nommer twee se dogter is dalk oorsee óf hulle kom dalk nie baie goed klaar nie. Soms stap jy af in die gang en besluit dat dit eintlik Huis Verdriet is wanneer jy op ‘n Sondag
by ‘n bejaarde weduwee verbyloop wat huil. En jy weet sy huil oor haar twee seuns. Daar is inderdaad meestal grenslose genade daarin dat jou kinders jou oorleef. Op Huis Vreugdevol se gange loop party mense met looprame, kieries, krukke en ry met geëlektrifiseerde karretjies. Net solank mens kan regop kom om te klou aan ‘n bietjie onafhanklikheid dan is die Kaap Hollands! En die kinders wat kuier by hul ouers is self nie meer so jonk nie. Ek neem die drieling saam soontoe en Boetie hardloop uitbundig die entjie van die motorhuis tot by die trappe. Wonderlik, eens op ‘n tyd was almal ook kinders en kon hardloop. Nou kry ek ‘n tante by haar motorhuis en sy som alles netjies vir my op terwyl sy in haar klein karretjie sit, slaggereed om weg te ry: “O, oud word, is nie vir sissies nie!” “Ek het dit al begin agterkom,” sê ek eerbiedig vir haar. Daardie motortjie van haar stel haar in staat om nog onafhanklik te wees. Sy sukkel met die motorhuisdeur en haar seun het spesiaal ‘n handvatsel hoër op vasgesit. Die slot gee egter moeilikheid en boonop sê sy: “My ou hande voel so dood”. Ek kry haar klokslag óf oppad uit óf oppad terug met haar karretjie wanneer ek heen en weer na my ma se motorhuis toe draf om nóg iets aan of weg te dra. In Huis Vreugdevol se portaal is daar ‘n boek om in en uit te teken. Net soos vroeër jare in die koshuis. Daar is net ‘n paar standaard aktiwiteite wat as bestemmings aangegee word: “winkels”, “kinders” of “uit”. Dit is egter opmerklik hoe min oues uitgaan (of dalk teken hulle net nie in en uit nie). Die kinders kom kuier daar, is ver, oorsee of sommer net afwesig. En later word alles maar vir jou aangedra want jou beweeglikheid het al hoe minder geword. Teen die einde het my pa se lewe tot die grootte van sy hospitaalbed gekrimp. En toe my ma-hulle na sy afsterwe sy goedjies van die privaat hospitaal af teruggebring het, het sy skoene my die hardste getref want hy sou nooit weer daardie skoene aantrek nie. Hy sou nooit weer daardie
Beweeglikheid beteken onafhanklikheid.
kenmerkende stap van hom kon loop nie. So staan ek onlangs langs my ma se bed toe ‘n wintersiekte haar plattrek. Haar broosheid laat haar klein lyk én die bed is só groot. ‘n Koue angs gryp aan my hart: “sal my ma weer opstaan of gaan sy bly lê?” ‘n Dag later bly lê ek self met dieselfde wintersiekte en besef benoud dat ek nie kan bly lê nie want ek is haar hoofversorger. Intussen het my ma wonderbaarlik herstel en ek is só verlig. Net nou die dag het ek en een van die drieling op ‘n Sondagmiddag na Huis Vreug-
Bydraes vir hierdie rubriek is baie welkom. Ook briewe wat handel oor enige onderwerp wat die vrou na aan die hart lê. U kan skryf aan: afrikaner@hnp.org.za; Vroueforum, Posbus 1888, Pretoria, 0001
devol toe gestorm want ek kry haar nie op haar sellulêre loopfoon in die hande nie. Ek het benoud aan die woonsteldeur geklop en hoopvol gewag dat sy antwoord. Toe hoor ek haar stemmetjie: “Ja,...” Verligting het deur my gespoel. Ek was wéér ‘n jong meisie wat van ‘n koshuis se ”tiekie boks” af bel, net om die gerusstellende stemme van my pa en ma te hoor. Dot Serfontein vertel in haar boek, Systap onder die juk, hoe sy altyd van die koshuis af huis toe gebel het. Doodsbenoud en doodseker dat haar ma iets oorgekom het. As ‘n jong vrou wat sou gaan trou, stap sy agter haar ma aan om uit te vind van resepte. Maar haar ma was al sieklik en haar oë was moeg. Sy vertel van haar ma dat sy nooit (weer) in haar lewe iemand raakgeloop het wie se oë so heerlik kon saamlag nie. Destyds in die koshuis mag die eerstejaars nie tydens ontgroening huis toe gegaan het nie. Ons mag ook nie huis toe gebel het nie. Ek het nogtans klokslag van die “tiekie boks” af huis toe gebel, net om my pa en ma se stemme te hoor. Toe die eerste vakansie aanbreek, het ek al vir my ander akkommodasie gereël gehad, want koshuislewe en -reëls is nie vir ‘sissies’ nie.
Telefoonhokkies herinner aan ‘n vergange era.
In Huis Vreugdevol is baie reëls en weinig wegkomkans. Jy stap nie meer ver ente van punt A na punt B omdat jy nog nie ‘n bestuurslisensie het nie. Jou bestuurlisensie is dan al goed ‘beleë’ en as bejaarde is jy eintlik maar verleë oor ander se gunsies en gawes. Trouens, jy is maar te dankbaar om net regop te kom en nog te kan stap. Die “kinders” en “winkels” is ‘n wonderlike bonus om verveling en eensaamheid te help klop. Só kry ek ‘n verwarde vrou in ‘n rystoel by die motorhuise. Toe sy uiteindelik ‘n samehangende versoek rig, sê sy: “Ek soek iemand om my winkel toe te vat. Dit is mos nie ver nie.” Sy is die kluts kwyt, besluit ek. Agterna dink ek toe weer dat sy dalk net vir ‘n slag wil uitkom en eensaam is. Die patos van die hele situasie sink dieper by my in toe ek haar op ‘n Sondag alleen eenkant by ‘n tafeltjie in haar rystoel sien sit. Ja, wegkomkans raak later min wanneer jou wêreldjie so klein soos ‘n kopspeld gekrimp het. En ek verstaan my peetma se gebed toe sy ouetehuis toe is al hoe beter: “Ag Vader, gee dat my wêreldjie nie so klein krimp nie.” Of soos die digter TT Cloete in “Carcassonne en Karnak” bid: “verlos my van die halfrond van die kopspeld.”
DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012 11
Die Geklassifiseerde advertensies
VAKANSIE & AKKOMMODASIE
BLOEMFONTEIN Oornagwoonstel. Ruim, luukse oornagwoonstel met eg Suid-Afrikaanse gasvryheid. Veilige parkering. Kleur TV. Skoon en netjies. Stil en rustige atmosfeer Tel 051 522 6035 Sel 082 726 9959
Posbus 1888, Pretoria. 0001 Tel. (012) 335-8523 Faks. (012) 335-8518
TARIEWE: • Geklassifiseerd: R2,45 per woord • Vertoon (Nuusbladsye): Kontak asb. kantoor • Boedelkennisgewings: R95,00 per plasing. BTW ingesluit by genoemde tariewe. PLETTENBERGBAAI Netjiese vakansiewoonstel vir 6 persone in veilige gholfoord. Prag-uitsig oor see, strandmeer, en gholfbaan. Lieflike omliggende natuurskoon. Skakel 083 658 1309
Kopiëring van DVD 8mm films, Beta/VHSbande & fotoskyfies na DVD, asook plate & musiek-kasette na CD. Skakel 011 447 2186 Posbus 14935 Sinoville 0129
Maandag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Andantino (H) opgestel en aangebied deur Faan Rabie 00:45 Musiek 01:00 Nuus (H) 01:15 Dis My Musiek (H) aangebied deur Henk Joubert 02:00 ‘n Lans vir Afrikaans (H) aangebied deur Friedel Hansen 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Alet Erasmus 04:00 Skoffelklanke (H) aangebied deur Nico van Rensburg 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur WillemSmit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing (h) 11:30 Nuut op die rak 12:00 Kontreidagboek sluit cd kompetisie in 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Piet de Jager 12:45 Dieredinge Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:10 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 ‘n Lans vir Afrikaans 19:45 Dit Is Radio Pretoria aangebied deur Willie Spies Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Uit die Hoed aangebied deur Marianne Roos 21:30 Die Stem en die Melodie opgestel deur Carel Nagel 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Hiervan Hou Ek aangebied
deur Henk Joubert 23:00 Musiek opgestel deur Henk Joubert 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Dinsdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Ons Was Ook Daar (H) aangebied deur Friedel Hansen 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Klassieke Keur (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Regslui vir Afrikaans (H) aangebied deur Matthys Krogh 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Hiervan en Daarvan aangebied deur Pierre de Wet 12:30 Musiek Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:10 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 16:30 Kuiersaam aangebied deur Nikao Studios 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Padlangs deur Afrika aangebied deur Alex Smith 19:45 Beskerm Jou Eie aangebied deur T.L.U.
DRINGEND GESOEK VERTEENWOORDIGER Landswyd
Betroubare, hardwerkende persoon om boeke te verkoop aan handelaars. Kontak Uitgewers Tel./Faks 012 807 0434
BOEKE
Dawie du Plessis Boekhandelaar Ek koop en verkoop versamelstukke - pryslys en soeklys op aanvraag beskikbaar. Posbus 129, Orania, 8752 082 495 7378
Adverteer in Die Afrikaner en ondersteun u eie mense. Skakel Liza by: (012) 335 8523 of e-pos:
Werksoeker
Gekwalifiseerde elektrisiën Sal as plaasarbeider werk vir blyplek. 100% Boer, betroubaar. Tans woonagtig in die Wes-Kaap, De Rust, naby Oudtshoorn.
Kontak 083 634 8772
17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Ek Wil Weet aangebied deur Faan Rabie Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Bel en Bestel o.l.v. JDM Collective Media 21:00 In die ou Waenhuis 21:30 Op Soek Na 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Dis My Musiek aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Woensdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Dis Countrytyd (H) opgestel deur Karien Marnewick
Donderdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:0 Nuut op die Rak (H) aangebied deur Karen Zeelie 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James kemp 02:00 Eggo (H) aangebied deur Hors Prinsloo 02:30 Boekvoorlesing 03:00 Joernaal (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Personeelkeuse (H) 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag / Damverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiepraatjies Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Net Medies aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Solo Sewe Parade aangebied deur Heinrich Marnitz 12:30 Woord vir die dag aangebied deur Karen Zeelie en Eunice van der Merwe Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae /
00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:15 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 In die ou Waenhuis (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Fokus op / Kultuvaria (H) aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Musiek / Promosiegesprek (Crisis on Call) 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke
Op Maandag 10 September 2012 het dr Müller en mev Hannie Pretorius hul agtiende kleinkind ryker geword. Sy naam is Uys Pretorius en is die seun van Willie en Stienie Pretorius, Willie is ons redakteur se jongste seun. Die egpaar het nou tien kleindogters en agt kleinseuns. Die redaksie wens die redakteur en sy vrou hartlik geluk en vertrou dat die kleinseun vir hulle baie vreugde sal verskaf.
advertensie @hnp.org.za
Tel: (012) 543 0120 Faks: (012) 567 7394 www.radiopretoria.co.za
Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Net Medies (h) aangebied deur Marianne Roos 21:15 Musiek 21:30 Hengel Parade aangebied deur dr. Kriek van der Merwe 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Personeelkeuse aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Redakteur word agtiende kleinkind ryker
Mev Hannie Pretrorius met kleinseun, Uys Pretorius.
Promosiegesprekke 16:30 Dis My Plek Die aangebied deur JDM Collective Media 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld aangebied deur Friedel Hansen 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Regslui vir Afrikaans aangebied deur Friedel Hansen en Mathys Krogh Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Musiek 20:30 Musiek en Liriek aangebied deur JDM Collective Media 21:00 Fokus op / Kultuvaria aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 21:30 Klassieke keur opgestel deur Karen Zeelie 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Top Tien aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Vrydag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Onthou U Nog? (H) aangebied deur Cyrus Smith 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Beskerm Jou Eie (h) aangebied deur T.L.U. 02:15 Musiek 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Motorrubriek (H) aangebied deur Henry Dearlove 03:30 Musiek 04:00 Dieredinge (H) aangebied deur Karen Zeelie 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiepraatjies Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos en Alet Erasmus Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Onthou U Nog aangebied deur Cyrus Smith 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek Middag Skof: 13:00 – 16:00
13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Winkels Toe aangebied deur JDM Collective Media 15:20 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Na Buite aangebied deur James Kemp 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Ons Was Ook Daar aangebied deur Friedel Hansen Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:10 Wees Paraat aangebied deur dr. Kriek van der Merwe 20:15 Skoffelklanke aangebied deur Nico van Rensburg 20:45 Radioleesklub / Boekerubriek 21:30 Dis Country Tyd opgestel deur Karien Marnewick 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Musiek / Program deur Martin Jansen 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Saterdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Padlangs deur Afrika (H) aangebied deur Alex Smith 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Stem en Melodie (H) aangebied deur Carel Nagel 02:30 Hiervan en Daarvan (H) aangebied deur Pierre de Wet 03:00 Top Tien (H) aangebied deur Henk Joubert 03:45 Hengelrubriek (H) aangebied deur Kriek van der Merwe 04:15 Uit die Hoed (H) aangebied deur Marianne Roos 05:30 Uit Ons Boeremusiek Skatkis (H) Oggendskof : 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Wakkerwordwysies 06:45 Skaterdag se dinge aangebied deur Omroeper 07:45 Weervoorspelling / Musiek 08:00 Nuus 08:15 Rooikaart aangebied deur Heinrich Marnitz 08:45 In en om die huis aangebied deur Heinrich Marnitz 09:15 Musiek 09:30 Musiek / Crisis on Call 10:00 Oggendoordenking 10:15 Musiek 11:00 Nuus en Weervoorspelling 11:15 Musiek / Bel en Bestel Middag Skof : 12:00 – 18:00 12:00 Musiek opgestel deur Omroeper 12:30 Musiek opgestel deur Liana van Zyl 13:00 Nuus / Reenvalverslag 13:15 Motorrubriek aangebied deur Henry Dearlove 13:45 Musiek 14:00 Musiek 15:00 Saterdagsport / Musiek 17:00 Saterdagsport / Musiek Aand Skof : 18:00 – 24:00 18:00 Saterdagsport / Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:10 Musiek opgestel deur Omroeper
19:30 Solo Sewe Parade (Herhaling) aangebied deur Heinrich Marnitz 20:00 Nuus 20:05 Uit ons boeremusiek skatkis aangebied deur Louwrens Aucamp en Danie Labuschagne 20:35 Musiek 21:00 Eggo aangebied deur Hors Prinsloo 21:30 Musiek 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:10 Liefdesliedjies 23:00 Musiek opgestel deur Omroeper 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Sondag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Wat U Wil Hoor (H) aangebied deur Tienie Mans 01:00 Nuus & Weer (H) 01:10 Sabbatstonde (H) 01:30 Maak My U Weë Bekend (H) 02:00 Serenade (h) aangebied deur Tienie Mans 02:30 Goue Gunstelinge (H) opgestel deur Karen Zeelie 03:15 Uit My Platerak (H) aange bied deur Heinrich Marnitz 04:00 Tot Sy Eer (H) 04:30 Musiek 04:45 Tienie se musiek (H) aange bied deur Tienie Mans 05:30 Rondom Die Orrel En Sy Meesters (H) aangebied deur Jan Zielman Oggendskof: 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Musiek 06:30 Weervoorspelling 07:00 Sabbatstonde 07:30 Musiek 08:00 Nuus 08:05 Kerknuus 08:15 Sondagkeur opgestel deur Hors Prinsloo 09:00 Oggenderediens 09:45 Tot Sy Eer opgestel deur Omroeper 10:15 Omroeperskeuse opgestel deur Omroeper 11:00 Nuus 11:15 Andantino aangebied deur Faan Rabie Middag Skof: 12:00 – 17:00 12:00 Goue Gunstelinge opgestel deur Karen Zeelie 12:45 Musiek 13:00 Nuus 13:05 Musiek 13:15 Andre se Keuse aangebied deur Andre Liebenberg 14:45 Wat Sê Die Musiek aangebied deur Bets Botha Steenekamp 15:15 Kuiertyd opgestel deur Faan Rabie 16:15 Uit My Platerak aangebied deur Heinrich Marnitz Aand Skof : 17:00 – 24:00 17:00 Musiek 17:30 Wat U Wil Hoor aangebied deur Tienie Mans 18:30 Musikale Tussenspel 18:40 Sing Nuwe Lof 19:00 Aanderediens 19:30 Maak My U Weë Bekend aangebied deur Prof. Schalk Botha 20:00 Nuus Om Agt 20:05 Verkorte Weervoorspelling 20:10 Serenade aangebied deur Tienie Mans 20:35 Ek Wil Weet (Herhaling) aangebied deur Faan Rabie 21:15 Omroeperskeuse / Tienie Se Musiek 22:00 Rondom Die Orrel En Sy Meesters aangebied deur Jan Zielman 22:30 Die Volmaakte Instrument aangebied deur Lucille Ackerman 23:00 Ons Eie Keuse aangebied deur Francois en Lucille 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
12 DIE AFRIKANER, 14 - 20 September 2012
Andries Breytenbach op Baberspan
Volk opgeroep tot die vryheidstryd
Die Afrikanervolk het ‘n rede om as volk vry te wees in sy vaderland. Daardie rede is dat die Afrikaner as volk deur God hier aan die Suidpunt van Afrika geplaas is om ’n godgewilde roeping uit te voer en uit te leef. Dit was die boodskap van mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP, by die strydkongres vir die Wes-Transvaal wat op Baberspan gehou is.
Mnr Breytenbach het gesê ’n volk moet vry wees om ten volle volk te kan wees en om as volk sy ideale te kan uitleef. Die oorgawe aan die ANC in 1994 was ‘n politieke oorgawe wat die politieke mag van die Afrikaner weggeneem het. Dit ontwikkel egter in ’n baie sterk geestelike aanslag wat die waardes van ons volk vernietig. Ons word wysgemaak dat daar geen herstel kan wees nie. Die jeug word mislei deur leuens in te bou in skool-leerplanne. Ons kinders leer ’n valse geskiedenis. “Die vraag is of ons vry wil wees. Hoe lyk ons vryheidstryd vandag? Is dit ons erns of het ons in ons gemoed aanvaar dat ons verower is? As ons nie moedeloos is nie, is die aanslag dat ons moedeloos moet word. Daarom is die belangstelling in die vryheidstryd maar flou. “Ons mag nie moed verloor nie”.
Mnr Brteytenbach het gewys hoe die stryd vir die regte van Afrikaans ontwikkel het. In 1905 was die doel om SuidAfrika te verengels. Jan Hofmeyr het in die stryd vir Afrikaans toe gevra: Is dit ons erns? Later het Gustav Preller in ’n reeks artikels in De Volkstem geskryf: Laat dit is ons erns wees. Nog later het dr Malan gesê: Dit is ons erns! “Is ons stryd vandag nog ons erns?” het mnr Breytenbach gevra. Laat ons moed skep. Daar is mense wat terugsit en wag dat die Afrikanervolksraad die stryd vir ons sal voer. “Die vraag word gevra of die HNP en ander volksorganisasies nog ’n doel het en ’n rol kan speel. Ja, hulle het,” het hy gesê. “Daar is meerdere organisasies wat die doel nastreef dat ons volk weer vry en onafhanklik moet wees. Wat maak dan
die HNP anders as dié organisasies? “Die HNP is die enigste met ’n Program van Beginsels. Hierdie beginsels is volksbeginsels. Dit is hierdie beginsels wat aandui waarheen ons beweeg. Die HNP is die politieke volksfront van die Afrikanervolk. ’n Volk kan nie sy lotgevalle laat bepaal deur ’n grondwet wat deur sy vyande geskryf is nie. Ons geskiedenis dui ons pad vorentoe aan. Die geskiedenis is die kompas vir die toekoms. Ons visie vir die toekoms is dat ons weer in SuidAfrika ’n lewensruimte sal skep waar ons volk sal groei met ’n basis waarvandaan ons ons vaderland sal terugvat en beset. Daarvoor moet ons mekaar versterk en bemoedig. Daarvoor moet daar ’n organisasie wees wat mense inbind. Die HNP moet daardie rol speel. Daarvoor roep ek u op,” het hy gesê.
Pretoria Leserskring hou jaarlikse Verwoerd-aand by Diamantvallei
Die Pretoria Leserskring het onlangs hul byeenkoms verskuif na Diamantvallei Landgoed om die Verwoerd-aand daar te hou. Die lede is gasvry ontvang deur die eienaars, mnr en mev Hendrik en Alida Verwoerd. Na die opening het mnr Verwoerd, derde seun van wyle dr Verwoerd, onderhoudend vertel van hoedat hy sy pa beleef het as kind in die huis. Hy het veral klem daarop gelê dat sy pa baie integriteit aan die dag gelê het op alle gebiede van sy lewe. Mnr Meinhard Peters van die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis het daarna ‘n baie insiggewende huldiging aan dr HF Verwoerd gebring. In sy huldiging het hy die volgende sake aangeraak: die kern van die Nasionale Party (NP) se beleid en filosofie onder dr Verwoerd; die immigrasie uit die stamlande om die blankebevolking te versterk; die ekonomiese ontwikkeling en die toekoms van die Republiek van Suid-Afrika; en hoe die ekonomie in dr Verwoerd se tyd gelyk het: dit het fenomenaal verbeter want daar was ‘n hoë groeikoers 6 tot 7%, lae inflasiekoers van 1.5 tot 3%, daar was vertroue in die toekoms en die beplande groei word gefinansier uit binnelandse be-
sparing en eie bronne sodat daar nie buitelandse lenings nodig was nie. Mnr Peters het so afgesluit:” Dit is so dat wanneer ons terugkyk oor ons volk se geskiedenis, sekere leiersfigure uittroon. Dit is dikwels nie alleen te danke aan wat hulle gedoen het nie, maar ook dit wat hulle in die gees verteenwoordig het, die waardes waarvoor hulle gewerk en gestry het. Dit is hulle volkome toewyding aan ‘n ideaal wat mens opval, tesame met die integriteit en karakter wat hulle openbaar het in hul lewens. So is dit ook in die geval wanneer ons dink aan die lewe en werk van dr HF Verwoerd. Hy het op soveel maniere praktiese vorm gegee aan die Afrikanervolk se vryheidstrewe. Ons dink aan sy werk op maatskaplike gebied ten bate van arm blankes, ons dink aan sy bydrae tot die politieke stryd as redakteur van Die Transvaler en ons dink aan sy skeppende denke in verband met die oplossing van die rassesituasie in ons land. Dan ook: die verbasende moed wat hy aan die dag gelê het toe hy in 1960 die referendum vir ‘n republiek afgekondig het, en die vrugte op daardie waagmoed toe die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961
amptelik tot stand gekom het. Op 6 September 2012 eer ons hierdie heldefiguur in die Afrikanergeskiedenis.
Ons wil sy lewe en werk weer in herinnering roep, want die nuwe geslag van vandag mag hom nie vergeet nie.”
Op Dinsdag, 25 September word alle vryheidsliewende Afrikaners en strydgenote uitgenooi om deel te neem aan ‘n protes by die Amerikaanse ambassade in Pretoria. Die protes word gereël deur die Boer-Afrikaner Genocide Committee (BAGC) wat tydens die laaste HNP-kongres gestig is. BAGC se doelwit is om die wêreld bewus te maak van die volksmoord op ons mense en het al op ‘n vorige geleentheid sy stem dik gemaak in dié verband toe op 31 Mei vroeër vanjaar ‘n afvaardiging van BAGC twintig verskillende ambassades in Pretoria besoek het waartydens protesbriewe aan die ambassadepersoneel oorhandig is. Die lande wie se ambassades besoek is, het tydens die apartheidsjare ‘n sleutelrol gespeel om die destydse regering met verskeie sanksies te boikot en die terroristiese ANC aan die bewind te kry. In die briewe is die ambassadeurs gevra om hulle onderskeie regerings
te versoek om nou ook die huidige ANC-regering, wat hulle gehelp het om aan die bewind te kom, onder druk te plaas om die volksmoord op die Blankes in die land te stop. Die protes van 25 September dien as ‘n opvolgaksie van die protesaksie van 31 Mei. Die protes is ook ter ondersteuning van ‘n protes wat op Saterdag 22 September 2012 in Washington, VSA, plaasvind waartydens die Amerikaners bewus gemaak gaan word van die volksmoorde in Suid-Afrika. Persone wat belangstel om deel te neem aan die protesaksie by die Amerikaanse ambassade word gevra om 08:30 by Venning Park aan die westekant van die Amerikaanse ambassade bymekaar te kom en om iets oranjekleurigs te dra. Van daar af sal ‘n afvaardiging na die ambassade toe stap en ‘n protesskrif aan die ambassadeur oorhandig. Vir navrae skakel Mnr Johannes van den Berg by 012 335 8523.
(Vervolg vanaf bl 5)
waarborg. “Die strafkommando teen Dingaan was nie bedoel om grondgebied te verower nie” (Van Biljon 1947:238). Ons het in die verlede al in Die Boodskapper na P van Biljon se boek Grensbakens tussen blank en swart in Suid-Afrika (1947)² verwys. Dit is ‘n gepubliseerde weergawe van ‘n doktorale proefskrif in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Soos ‘n mens van so ‘n studie kan verwag, is die studie uiters goed gedokumenteer uit argiefstukke, reisbeskrywings, verslae en ander oorspronklike dokumente – so goed soos Westerse bewysgronde kan staaf. Hy toon onweerlegbaar aan dat die Boere, anders as die Britse bewind, oral grond bekom en grensreëlings getref het, nie deur anneksasie nie, maar deur behoorlike onderhandeling en ooreenstemming. Die waarde van die boek lê veral in die verwysings na die bronne waar hierdie feite nageslaan kan word. Die getuienis is daar – vir wie ‘n oor het om te hoor. Ons glo die feitlike toedrag van sake sal erken en verreken moet word om tot ‘n aanvaarbare oplossing te kom. ¹ Dr. Pieter Möller gee in sy boek Vryheidstryd van die Afrikaner (1999) wat by ons Boekwinkel beskikbaar is ‘n kort oorsig
oor die inligting asook die bronne daarvoor (bl. 52-63). ² Uitgegee deur Juta en Kie, Kaapstad, Johannesburg.
Protes by Amerikaanse ambassade
Die grondkwessie - opnuut
Waar die Boere wel met redelik-duidelike swart grondbenutters te doen gekry het en grond van hulle wou bekom, het die proses met eerbaarheid en volgens Westerse standaarde geskied. Potgieter het byvoorbeeld die gedeelte tussen die Vet- en die Vaalrivier van ‘n “oorspronklike” stam geruil nog voordat die Matabeles finaal verdryf is. Die optrede van Piet Retief om in Natal grond by Dingaan te bekom, is bekend. By die slag van Vegkop in die huidige Vrystaat was Mzilikazi die aggressor en die Matabeles is suksesvol verslaan. Opvolgaanvalle deur die Boere, onder andere om hulle vee wat by Vegkop gesteel is terug te kry, het meegebring dat die Matabeles by die noordelike grense van die huidige Transvaal verby na die huidige Zimbabwe gevlug en hulle daar gevestig het. In elk geval was die Matabeles se aanspraak op grond in die noorde van Suid-Afrika op verowering gegrond, en nie primêr op eerste bewoning nie. In die geval van Natal het die Boere selfs nádat Dingaan verslaan is en gevlug het, nie die hele gebied beset nie – slegs ‘n gedeelte om toegang tot ‘n hawe te
HNP:
Afrikaanse webtuistes www.hnp.org.za TLU SA: www.tlu.co.za
Volksraad Verkiesing Kommissie: www.vvk.co.za Afrikanervolksraad: www.volksraad.co.za
Ons bedien ons kliënte in Afrikaans.