VrystaatKroon 12 March 2025

Page 1


Wednesday, 12 March 2025

Stelery oorweldig

MADLI GROBBELAAR

Sedert Februarie heers ’n vlaag van misdaad in Kroonstad, waar meer as 51 watermeters in verskeie woonbuurte in die dorp gesteel is.

Aanvanklik het die diefstal van hoofsaaklik watermeters van koper in die Noordhoek- en Môrewag-woonbuurte van Kroonstad plaasgevind. Sedert begin Maart het Suidrand en die middedorp van Kroonstad deurgeloop.

Spaski Geldenhuis, DA-raadslid van die Moqhaka-munisipaliteit in Kroonstad, sê die bogenoemde gevalle van watermeters wat gesteel is, is wat by die Moqhakaplaaslike munisipaliteit aangemeld is, maar hulle vermoed die getalle het intussen vermeerder.

Die watermeters wat aan die munisipaliteit behoort is óf binne óf buite erwe op die dorp gesteel.

“Die steel van watermeters word as ’n pri-

oriteitsmisdaad beskou.

“Daarom is daar ’n gesamentlike projek deur die polisie, gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), buurtwag en raadslede begin om diefstalsake te open,” sê Geldenhuis.

Op veiligheidsgroepe is beeldmateriaal van ’n kringtelevisieopname gedeel waar ’n verdagte ’n watermeter steel.

Linda Louwrens, DA-raadslid van die Moqhaka-munisipaliteit in Kroonstad, het bevestig dat watermeters in Suidrand, Kroonstad-middedorp, Noordhoek, Tuinhof, Uitsig, Goedgedacht, Wespark en Môrewag gesteel is.

“Ons is diep bekommerd oor die impak van hierdie diefstalle op inwoners en munisipale infrastruktuur.

“Die plaaslike munisipaliteit het nie beskikbare watermeters nie en wend hulle tot direkte aansluitings om watertoevoer vinnig te herstel.

“Hierdie tydelike oplossings is egter onvolhoubaar en hou aansien-

like veiligheidsrisiko's in” sê Louwrens.

Dika Kheswa, woordvoerder vir die Moqhaka- plaaslike munisipaliteit, sê volgens die munisipaliteit is daar sedert 3 Maart 40 watermeters gesteel. Een verdagte is by ’n skrootmetaalhadelaar aangekeer toe hy een wou verkoop.

Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het die diefstalle bevestig. Geldenhuis sê mense moet luister as hul honde blaf.

Dié wat goeie beligting buite hul huise het, moet ook dalk ’n alarmstelsel oorweeg.

Hy sê dit is egter moeilik om die diefstal van watermeters hok te slaan weens die feit dat dit nie toegesluit kan word nie.

Enigiemand wat moontlik inligting oor die diefstalle het, word versoek om dadelik met die owerhede kontak te maak.

’n Vlaag van diefstalle van watermeters laat inwoners van Kroonstad en die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit met hul hande in hul hare. Sedert Februarie is meer as 51 watermeters op dié dorp gesteel. Owerhede vermoed dit kan moontlik al meer wees.

Vier 96 jaar vreugdevol

Een van Bethlehem se oudste inwoners het haar 96ste verjaardag vreugdevol saam met familie en vriende gevier.

Ellie van der Wath, ook bekend as Nenna, het op Donderdag 6 Maart dié reuse-mylpaal gevier.

“Dit is ’n groot voorreg om die spesiale dag saam met my vier kinders te kan vier, en ek is so dankbaar daarvoor,” het sy gesê. Van der Wath spog met 9 kleinkinders, 25 agterkleinkinders en 4 agter-agterkleinkinders. Van der Wath is ’n natuurliefhebber wat haar in die skone natuur kan verlustig en is gaande oor wolke, wat sy sê hul eie stories vertel. Hoewel sy naaldwerk, brei en hekel vreeslik geniet het, en sy vroeër jare selfs vir skole in Bethlehem klere gemaak het, moes sy dié soort handwerk neerlê. Sy leef egter steeds haar kreatiwiteit uit deur inkleurwerk.

As diepgelowige is ’n hoogtepunt van haar lewe dat sy as die eerste diakones van die NG kerk gekies is, nadat vroue in 1990 toegelaat is om in die kerkraad in die Vrystaat te dien.

Van der Wath, wat deur haar familie as ’n inspirasie beskryf word, het Donderdag as deel van die feesvieringe op die maat van haar gunsteling-liedjie, ‘‘Ou ryperd,’’ saam met haar kinders gedans.

Ellie van der Wath

Tak bring agri-voorspoed tot op voorstoep

Die BHBW-tak in Kroonstad is opwindende nuus vir boere wat nou op hul voorstoep toegang het tot ’n rits puik meganisasieprodukte en -dienste.

BHBW Kroonstad, BHBW se derde landboutak in die Vrystaat, onderstreep die BHBW-span se geesdrif vir kliënte, produkte en dienste. Dit stel BHBW in staat om optimale diens aan ’n belangrike landbou-gebied te lewer en maak dit vir plaaslike boere makliker om sake met BHBW te doen.

As amptelike AGCO-handelaar is BHBW onder meer die trotste verteenwoordiger van twee van die grootste name in landboumeganisasie: Massey Ferguson en Fendt. Die volledige reeks sluit in:

• Massey Ferguson – trekkers, stropers, hooimaaktoerusting en selfaangedrewe spuite.

• Fendt – die wêreld se mees gevorderde trekkertegnologie en hoëkapasiteitstropers. Die trekkerreeks sluit Suid-Afrika se gewildste rusperbandtrekkers in; voorheen beskikbaar onder die Challenger-naam

• Challenger – volledige ondersteuning van alle Challenger-trekkers, stropers en spuite in die veld.

• Geringhoff – mieliekoppe, koring- en sonneblomtafels.

• Crary – Amerikaanse windstelsels wat opbrengs in kleingraan verhoog; puik resultate word plaaslik in onder meer soja behaal.

• Bednar – moderne swaardiens-implemente uit Tsjeggië wat hul staal plaaslik bewys het.

• Yale – vurkhysers vir elke behoefte en sak. Yale is 'n sustershandelsmerk van Hyster, wat reeds sedert 1929 deur BHBW versprei word. Nuwe of gebruikte vurkhysers kan ook gehuur word.

• Hako – industriële skoonmaaktoerusting uit Duitsland; outomatiese vloerwas- en veemasjiene, sowel as hoëdrukspuite.

Alles-in-een

Die span se kundigheid en diens strek veel wyer as BHBW se amptelike produkreeks.

“Ons staan reg om kliënte te help met enigiets wat hulle aan meganisasiekant op die plaas benodig, om dit so maklik moontlik vir hulle te maak en te verseker dat elke boer die regte oplossing kry,” sê Wolf Wolmarans, takbestuurder by BHBW Kroonstad.

Naverkopediens

BHBW Kroonstad is 'n moderne tak met 'n volledig toegeruste werkswinkel wat groot stropers kan behartig, en 'n goed toegeruste

onderdele-afdeling.

Afgesien van egte onderdele vir BHBW se produkreeks, bied die tak ’n wye verskeidenheid vervangingsonderdele van gehalte van onder meer Sparex en Temo Parts (’n sake-eenheid van BHBW).

Onder die bekende handelsname wat deur Temo verteenwoordig word, tel TeeJet-spuitstukke, asook filters van Mann+Hummel.

Vinnige velddiens deur gekwalifiseerde tegnici help boere verder om die staantyd tot 'n minimum

te beperk.

“BHBW se waardes as maatskappy is integriteit, uitnemendheid, spanwerk, toewyding en volhoubaarheid,” sê Wolmarans.

“Ons streef daarna om dié waardes uit te leef en langtermynverhoudings met kliënte te bou, wat volhoubare waarde tot hul besigheid toevoeg.”

Plaaslike landbouprodusente kan BHBW Kroonstad in Brandstraat, Kroonstad, besoek vir ’n bekwame, vriendelike meganisasie-ontvangs.

Kontak of besoek ons vandag!

BOER MET ’N PLAN

Op soek na toerusting en diens waarop jy deur dik en dun kan staatmaak? Of jy nou lande bewerk, graan oes of met vee boer, ons produkte en oplossings help jou om doeltreffend en winsgewend te boer –nou en in die toekoms.

BHBW, Brandstraat 3, Kroonstad | Tel: 010 023 8811 | www.bhbwkroonstad.co.za

Shaun Keogh Onderdele Werner Henning Werkswinkelbestuurder
Wolf Wolmarans Takbestuurder Hanco van Aswegen Heelgoedere
Besoek BHBW Kroonstad in Brandstraat vir ’n bekwame, vriendelike meganisasie-ontvangs.

Local newspapers truly speak to communities’ heart

Every week, we read VrystaatKroon – maybe with some morning coffee and rusks, at the kitchen table; or during a lunch break. But have you ever thought about how much this trusted source of local news and information shapes our daily lives?

New research Novus Media commissioned at the end of 2024, on behalf of VrystaatKroon, has revealed just how deeply local newspapers impact our readers, not just by keeping communities informed, but also by influencing daily decisions, shopping

our world.

Here is what fellow readers had to say:

■ Local newspapers drive action. A remarkable 97% of readers take some kind of action after seeing an ad in their local paper. Whether it is visiting a store,purchasing a product, or recommending something to a friend, the newspaper is not just read – it is acted upon.

■ Shopping is done smarter. More than half of readers (52%) have purchased a product after seeing it in a newspaper insert.

About 54% have visited a store or

reference. If you are a bargain hunter or love staying ahead of deals, you are not alone.

■ This is a trusted source. In a world of misinformation, local newspapers rank as the second most trusted media source after radio.

Readers ranked local publications as their top choice for relevant, practical, and useful information about their communities.

■ Your local newspaper is a loyal friend. We all know how often we use our smartphones and surf the internet. Well, guess what? Respondents say reading their local paper is their third most frequented media channel,

even more so than watching TV.

■ Inserts matter. A massive 81% of readers prefer receiving leaflets in their newspaper rather than in their postboxes. And these inserts do not go unnoticed – 82% say they look at them all the time, not just when searching for something specific.

■ Proudly South African counts.

Local newspaper readers are engaged and community-driven, with 91% proudly identifying as South African and 76% saying they enjoy shopping.

■ What catches your interest?

Readers are particularly drawn to food and new and interesting recipes, job

listings, and local events. Many also want more competitions, making it clear that local papers provide both essential information and a little bit of fun.

These findings show that reading local newspapers is more than just another way to stay informed – it ignites our everyday life.

From discovering great deals to staying connected with your community, our weekly read is working for us in many more ways than one.

Readers and advertisers who would like to know more about this survey can contact Coleen Cilliers of VrystaatKroon on 083-411-1064.

ATTENTION: BURIAL SOCIETY MEMBERS

Shengutemo A

• Ntsatsi Burial Society A.1

Ingapele Barial Society A.1

• Lethabo A.4

Tswelopele Burial Society A

Molebatsi Burial Society A

• Bokang Burial A.1

Motena Burial Society B.1 • Motena Burial Society

• Khothalang Society

Teboho Burial Society A

Shengutemo

• Lethabo Burial B

Itekeng Goitsenag Lunchion Clu

• Bokang Burial

If you require additional information please contact Old Mutual via email at GSFMQueries@oldmutual com or call us on 0860 331 444

If your quer y is still not dealt with to your satisfaction, you can contact the Ombudsman for Long Term Insurance on 0860 10

Meters gestroop sonder skroom

Vreesloos verskyn die boosdoeners op kringtelevisie-beeldmateriaal wat by Kroonstad geneem is, sonder om te blik of te bloos, en wys dan hoe word ’n munisipale watermeter gesteel.

Hulle kap die pype af met ’n paal wat amper groter as die misdadigers self is; loer net kort-kort oor die skouer om seker te maak niemand het hulle nog gewaar nie.

Doodrustig, sonder enige bekommernis, word die misdaad uitgevoer.

Volgens die beeldmateriaal lyk die verdagtes relatief jonk – hoewel ’n mens hulle nie kan identifiseer nie.

Die eerste vraag wat by ’n mens opkom, is of die misdadigers onder die gevolge van die benarde werkloosheidskoers in die land gebuk gaan. Dit is wel waarom baie mense hulself tot misdaad wend.

Daar is ook verskeie ander kwessies wat tot misdaad kan

HULP BENODIG

lei – om meer as 51 watermeters in Kroonstad met soveel toewyding te steel hou egter sekerlik ’n groot beloning vir hulle in.

Die ander vraag is: Waar is die afsetpunt vir die watermeters wat gesteel is?

Veral dié van koper, wat ’n paar rand werd is.

Word dit miskien aan skrootmetaalhandelaars in ander dorpe verkoop?

Na wat verneem word, is die owerhede en buurtwag op hul pos om die uitgeslape diewe vas te trek.

Tog is nog net een verdagte wat ’n watermeter wou verkoop, hier in hegtenis geneem.

Die Moqhaka-munispaliteit het nie genoeg watermeters om die 51 wat reeds gesteel is, te vervang nie, wat na verwagting weer verskeie waterkwessies by die munispaliteit aanwakker.

Só bly dit ’n bose kringloop wat klaarblyklik net nie hokgeslaan kan word nie.

Die DBV in Kroonstad en Bethlehem is afhanklik van maandelikse skenkings om na viervoetige inwoners om te sien.

Dit is ’n voorkeursaak om die diere te voed en te versorg. Met die winter op die voorstoep doen die DBV ’n beroep op gemeenskappe om ou komberse en dierekos te skenk. Skenkings om dag-tot-dag-uitgawes te dek is ook broodnodig.

Lesers wat ondersteuning wil bied, kan die kantoor in Kroonstad by 079-871-5947 skakel, of die Bethlehem-tak by 058-303-3998.

Onthou, nuwe seisoen bring winde van verandering

Met herfs wat aan die deur klop, trek die landskap en weer ook ’n nuwe baadjie aan. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel vir die streek in die volgende week minimum temperature tussen 13 °C en 19 °C, met maksimum temperature wat van 23

tot 32

sal wissel. Reën word ook voorspel. Dié foto is op die plaas Kristalkop in die Kroonstad-distrik geneem. Foto: Nerine Leonard

Australian visitors trace family history

Vrystaatse draai

Naguil

MADLI GROBBELAAR

Vanjaar is in ’n vinnige wentelbaan, en om die draai wink die einde van die eerste kwartaal.

Tyd staan vir niemand stil nie, en om by te hou voel soms soos ’n onmoontlike taak.

kies eie koers

voordat die dag se dolle gejaag jou soos ’n vuishou in die maag tref.

Vir baie mense is dit instink en normaal, maar vir party van ons kan die oggendroetine nogal ’n uitdaging wees.

VERKOOPSHOOF / HEAD OF SALES

Coleen Cilliers 083 411 1064 coleen.cilliers2media24.com

BETHLEHEM

Lanie Human 083 500 7627 24lanie.human@gmail.com

KROONSTAD

Madli Grobbelaar 083 718 0879 madmedia777@gmail.com

BETHLEHEM / KROONSTAD ADVERTS

Adelina Mokoena 071 326 9912 mokoenaadelina309@gmail.com

BETREKKINGS / VACANCIES

Noleen Petersen 051 404 7600 noleen.petersen@media24.com

KENNISGEWINGS / LEGAL NOTICES 051 404 7600

vrystaatkroonlegals@media24.com

GEKLASSIFISEERD / CLASSIFIEDS 051 404 7600

volksblad.adverts@media24.com

REDAKSIE / EDITORIAL

Madli Grobbelaar 083 718 0879 madmedia777@gmail.com

OMBUDSMAN

Kontak VrystaatKroon se ombudsman oor klagtes. Stuur alle klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van die koerant aan ons ombudsman, George Claassen, by 021-851-3232 of na george.claassen@ media24.com. Geen redaksionele materiaal of advertensie mag gereproduseer word sonder die toestemming van Media24 nie (artikel 12(7), Wet op Kopiereg 1978). VrystaatKroon

Robert and Sylvia Powell, from Australia, along with their daughter Stephanie and son-in-law Stephan van Tonder from Benoni, recently visited the Bethlehem Museum. Sylvia’s grandparents, Dr Sydney Richard Excell and his wife, Stephisina, lived in Bethlehem – where her mother, Alpha Excell, was born. Dr Excell was South Africa’s first fully qualified dentist and served as Bethlehem’s dentist from 1902 to 1926. Excell and Stephisina arrived in Bethlehem in 1900 from England during the Anglo Boer War.

The family came to see a painting of Sylvia’s grandmother, donated to the museum, which Sylvia had heard about but never seen. Sylvia, who turns 80 in June, together with Robert, emigrated to Australia 18 years ago. In addition to the painting that they wanted to view, they say they found the museum very interesting.

My voornemens vir die jaar was om dinge rustiger aan te pak, die onnodige af te skaal en ’n ligter lewe te lei.

Een voorbeeld hiervan is dalk om ’n bietjie vroeër te gaan slaap en dan eerder vroeër op te staan. Maak dadelik jou bed op, brou vars koffie en waardeer jou nagrus

Glo julle steeds nie?

DR. HANNES ELS

God beloof sy verknegte mense in Egipte: “Ek gaan julle as volk vir My neem en Ek sal vir julle ’n God wees. Dan sal julle besef dat Ek die Here julle God is wat julle uitlei, weg van Egipte se dwangarbeid.

Ek sal julle bring na die land waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob te gee, en Ek sal dit aan julle as eiendom gee. Ek is die Here.”

Moses het dit toe net só vir die Israeliete gaan sê,

maar hulle het nie na Moses geluister nie, omdat hulle neerslagtig was en hard moes werk (Eksodus 6:6-8). Die Israeliete werk so hard dat hulle nie krag het om eens te luister nie. Dit is verstaanbaar, maar help nie. Miskien is ek en jy ook neerslagtig. Dalk is jou remmende omstandighede oud of nuut. God kan alleen red, maar ek moet ook iets doen: luister.

Kyk jou remmende Egipte in die oë en sien ’n God wat steeds sê: Ek gee soveel om dat Ek my Seun gegee het. Kyk terug hoe God al in die verlede gehelp het en hoor: Het julle dan nie geloof nie?

(Markus 4:40) Kies weer, as kind van God, geloof. Wil jy nie weer Petrus se belydenis oorweeg nie: Here, na wie anders sal ons gaan? (Johannes 6:68)

Gebed

Jesus, ek kies die geloof dat u kruisdood my verseker dat ek kan aanvaar wat ek nie kan verander nie; die moed sal hê om te verander wat ek kan; en die verskil te ken, want ek wil nie neerslagtig wees nie. Amen.

■ Els is ’n oudleraar van Kroonstad.

Ek is nie ’n oggendmens nie, maar beskou myself eerder as ’n naguil. Die stilte van die nag bring iets kalmerends en help my dikwels om meer gefokus te wees.

Ek het egter besluit: nuwe jaar, nuwe dinge. Om die lewe makliker te maak, kom ons probeer ’n nuwe roetine.

Goed, omtrent ’n week lank verloop alles goed

Diary

15 MAART

Die NG kerk Kroonstad-Oos bied op sy gholfdag by die Kroonstad-buiteklub aan. Die formaat is individuele Stableford (IPS), en groot pryse is op die spel. Deelname kos R260 per speler, en vir die pret-gholf (spelers sonder ’n voorgee) kos dit R160 per persoon. Skakel 056-212-5169.

29 MAART

Die HartMark van die AGS Bethlehem word van 09:00 tot 14:00 op die kerkterrein by Commissionerstraat 205 aangebied. Stalletjies is teen R150 beskikbaar. Skakel 082-542-1613.

11 APRIL

Die Hoërskool Trio in Kroonstad

– totdat ek een aand al vroeg besef het ek kan nie my oë oop hou nie. Dit is toe dat ek agterkom dat hierdie roetine my onderstebo gooi. Dit plaas meer druk op my, en ek wil juis die lewe ligter maak. Ek besluit om weer ’n bietjie later op te staan en my dinge eerder in die stilte van die nag aan te pak. Al trek ek eers die bed ná agt soggens vinnig reg.

Dus, met al my goeie bedoelings sit ek toe die pot mis. Hoe lui die gesegde: Jy kan nie sommer ’n ou hond nuwe truuks leer nie. Ek vind berusting in my ou roetine.

bied ’n gholfdag by die Kroonstad-buiteklub aan. Deelname kos R250 per speler en die formaat is beterbal-kiesspel (better ball scramble drive). Bel die Kroonstad buiteklub by 056-212-5169.

MAANDELIKS

Die Affi-Aarde-familiemark in Bethlehem bied maandeliks ’n aand- en oggendmark aan. Vir meer inligting, of om ’n stalletjie te bespreek, skakel 082-990-0947.

Die Kroonstad-Rotary-mark word op die laaste Saterdag van die maand gehou, op die hoek van Border en Van der Lingenstraat, Kroonstad. Dit duur van 08:00 tot 13:00. Skakel 076-055-7025 vir meer inligting.

Sielskos

GENERAL & HOME SERVICES

MATTE/GORDYNE/ STOFFEERWERK 1803

E.M. THIEBAUT IN DIE BOEDEL VAN WYLE

ELIZABETH MONICA

LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Meer as 32 jaar ondervinding. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

REGSKENNISGEWINGS &TENDERS ALLERLEI 1845

VERLORE DOKUMENTE 4040

LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 471/8937 of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T251411/4002 passed by Mantsopa Local Municipality in favour of Lebohang Maleshoane Lekena Identity Number 480505 0828 084 in respect of certain Erf 759 Ladybrand (Extension 11) District Ladybrand Province Free State which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds Free State at Bloemfontein within two weeks from the date of the publication of this notice DATED at BLOEMFONTEIN on this 27 day of February 2025. Applicant : CLAUDE REID INC. 165 ST. ANDREW STREET BLOEMFONTEIN 9301 dalizeclaudereid.co.za 051 447 9881 LPCM- 57499

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE 4201

A.L.Smit

In the estate of the late Anna Louisa Smit, ID No. 5508280095081, date of birth 28 August 1955, date of death 23 June 2023, of 2A Smuts Street, Morelig, Bethlehem No. 7837/2023. CREDITORS and DEBTORS in the above estate are hereby required to file their claims with and pay their debts to the undersigned within 30 days from the date of publication hereof. Dated at Bloemfontein this 5 day of March 2025. For STANDARD TRUST Ltd Bloemfontein Branch 1st Floor SBSA Bldg 173 Nelson Mandela Drive Brandwag, 9301 Att : Fiona Schenk-Rip

THIEBAUT (GEBORE LOVE) (ID : 520508 0100 08 4) IN LEWE VAN VILLIERS GETROUD BINNE GEMEENSKAP VAN

GOEDERE MET PETRUS JACOBUS MORKEL

THIEBAUT (ID : 540215 5016 08 5). STERFDATUM: 8 JUNIE 2023 BOEDEL NOMMER: 1042 /2025, KENNIS GESKIED HIERMEE aan Debiteure en Krediteure om bedrae aan die boedel verskuldig te betaal en eise teen die boedel in te stel binne 30 dae vanaf datum van hierdie skrywe by onderstaande adres. PROKUREUR VIR EKSEKUTEUR PIET

HAASBROEK PROKUREURS WRIGHT GUARDS GEBOU, HERDENKINGSTRAAT 21, VIRGINIA, 9430 POSBUS 876, VIRGINIA, 9430 DOCEX 25 WELKOM TEL : (057) 212 9833 E-POS: virginia@piethaas.co.za

L. HLAOLE IN THE ESTATE OF THE LATE: LOBISI HLAOLE IDENTITY NUMBER: 610409 5673 087 Date of death: 15 AUGUST 2024 And surviving spouse DIKELEDI MARIA HLAOLE IDENTITY NUMBER: 610924 0586 084 ADRESS: 964 MATWABENG SENEKAL 9600 ESTATE NUMBER: 000121/2025 Creditors and debtors in the abovementioned estate are requested to lodge their claims or pay their debts to the Executor concerned within 30 (thirty) days as from THURSDAY the 13th of MARCH 2025. WERNER VERMAAK ATTORNEYS No 1 PRESIDENT STEYN STREET WESTDENE BLOEMFONTEIN PO BOX 26817 LANGENHOVENPARK 9330 TEL: 051 492 1150 EMAIL: werver@mweb.co.za

T.N. PADAYACHEE IN THE ESTATE OF THE LATE: THIAGARAJ NADARAJAN PADAYACHEE IDENTITY NUMBER: 490522 5150 081 Date of death: 31 MARCH 2021, And surviving spouse MARILYN SALAS PADAYACHEE PASSPORT NUMBER: P7860752A

ADRESS: 131 BLOEM STREET FICKSBURG 9730 ESTATE NUMBER: 011264 /2021, Creditors and debtors in the abovementioned estate are requested to lodge their claims or pay their debts to the Executor concerned within 30 (thirty) days as from THURSDAY the 13th of MARCH 2025. WERNER VERMAAK ATTORNEYS No 1 PRESIDENT STEYN STREET WESTDENE BLOEMFONTEIN PO BOX 26817 LANGENHOVENPARK 9330 TEL: 051 492 1150 EMAIL: werver@mweb.co.za

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE 4205

J.I. Coetzer In the Estate of the Late: Jacobus Immanuel Coetzer, Estate number: 8502/2024

Identity/passport number: 320508 5017 087 Date of death: 5/10/2024, Last address: Jordaniepark No.76, Jordania, Kroonstad The FIRST AND FINAL Liquidation and Distribution Account in this estate will be open for inspection for a period of 21 days from 14 March 2025 at the office of the Master of the High Court Bloemfontein and the Magistrate's Office, . Name and address of Executor or Authorised Agent: Irene Janse van Rensburg, Advertiser Name:Exactum Executors Trust Postnet Preller Suite 16, Private Bag x 01, Heuwelsig , 9332 Email: Irene@exactum.co.za

S.C. BRITZ IN die boedel van wyle SAMUEL CORNELIUS BRITZ gebore 22/08/1962, identiteitsnommer 620822 5014 086 en nagelate eggenoot/eggenote MARIA CATHERINA van ROBINHOF 2, PRES BURGERSTRAAT BETHLEHEM 9701, Boedelnr. 000843/2024, Datum van afsterwe 19/12/2023, Kennis geskied hiermee dat die EERSTE EN FINALE likwidasie- e n distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof, BLOEMFONTEIN, en van die landdros, BETHLEHEM , vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf 14 MAART 2025. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde agent MARIUS STOFFBERG C/O Anelda Stoffberg Attorneys 14 PAUL LAESECKELAAN PANORAMA BETHLEHEM Tel: 058 3030450

S. MAREE

Ingevolge Artikel 35(5) van die Boedelwet, word hiermee kennis gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel van wyle STEPHNE MAREE (ID 460621 0072 08 8), 8 Kiewiet straat, Ficksburg, 9730 ter insae lê t Landdroskantoor, Ficksburg en in die kantoor van die Meester van die Hoë Hof te Bloemfontein vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 14 Maart 2025. BOEDEL NOMMER 001347/2024 Die Eksekuteur WRS Fiduciary and Tax 14 Paul Laesecke Laan, Panorama, BETHLEHEM 9701 Tel: 058-303 0450

Z.B. Jwili In the estate of the late (full names and surname): Zacharia Bangani Jwili Identity number: 580201 5873 080 born died: 18 March 2012 of last address: 5668 Seroto Street, Constantia, Kroonstad and surviving spouse (only if married in community of property) Motshwenyane Meriam Jwili Identit y number: 600902 0748 088 Born Estate number: 4833 /2018 The first and final liquidation and distribution account (unless otherwise mentioned) in the above-named estate will be open for inspection to all persons interested therein for a period of twenty one (21) days at the Master's Office Bloemfontein and a copy thereof at the Magistrate's Office Bloemfontein from (date) 14 March 2025. Name and address of executor or authorised agent: Rampai Attorneys 82 Kellner, 2nd Floor, Westdene, Bloemfontein, 9301.

VAKATURE VIR

Graanproduksiebestuurder

Walt Landgoed is ‘n gevestigde landbou onderneming in die Settlers omgewing van die Limpopo Provinsie

Vereistes van kandidate vir bogenoemde vakature sluit die volgende in:

• Leierseienskappe om deel te vorm van ʼn bestuurspan

• Ervaring in kommersiële graanproduksie

• ‘n Tersiêre landbou kwalifikasie en bestuurservaring is ʼn voorvereistes vir die aansoek

Stuur ‘n volledige CV met stawende dokumentasie na Charisse du Preez by saai@waltlandgoed com

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart 2025

PRODUKSIEBESTUURDER

VARKEENHEID

WALT L ANDGOED ‘n Landboumaatskappy in die Settlers- omgewing Limpopo -provinsie, beskik oor bogenoemde vakante pos

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur en beheer van produksie standaarde van ‘n sogkudde

Die pos vereis ‘n persoon met ‘n toepaslike tersiêre landboukwalifikasie Bestuurservaring, volgehoue handhawing van hoëvlak-produksie standaarde, tesame met goeie leierseienskappe en die vermoë om onafhanklik te funksioneer, is noodsaaklik.

Die individu sal aansluit by ‘n dinamiese bestuurspan binne ‘n gevestigde en groeiende maatskappy ‘n Mededingende vergoedingspakket, in ooreenstemming met die senioriteit en ondervinding van die kandidaat word aangebied.

Rig u aansoek vergesel van ‘n volledige Curriculum Vitae aan:

Carien Botha, Epos: carien@waltlandgoed com Sluitingsdatum: 31/03/2025

Indien u geen antwoord binne 7 dae na sluitingsdatum ontvang nie, beskou u aansoek as onsuksesvol.

DEPARTMENT VAN ENERGIE

Kennisgewing ten opsigte van 'n lisensie aansoek ingevolge die Wet op Petroleumprodukte, 1977 (Wet nr 120 van 1977) Hierdie kennisgewing dien om partye wat belangstel / geaffekteer word in te lig dat

PELAGUS KROONSTAD (Edms) Bpk hierna genoem die aansoeker, 'n aansoek ingedien het vir 'n

TERREIN lisensie met aansoek nommer C/2025/02/13/0001

ERF 7749

R76 La Porte Vase

South Road City Kroonstad Kroonstad

Die doel van hierdie aansoek is dat 'n lisensie aan die aansoeker toegeken word petroleum kleinhandel aktiwiteite te onderneem soos uiteengesit in die aansoek. Reëlings kan getref word om die aansoek dokumentasie te besigtig deur die Kontroleur van Petroleum produkte te skakel by:

*Tel: (057) 391 1300

* Fax: (057) 352 2673

* E-mail: Kagisho.Mokae@dmre.gov.za

Enige beswaar teen die uitreik van 'n lisensie ten opsigte van hierdie aansoek, wat duidelik die aansoek nommer hierbo moet aanhaal, moet ingedien word by die Kontroleur van Petroleumprodukte binne 'n tydperk van twintig (20) werksdae by die ondergenoemde fisiese of posadres

Posadres

Fisiese adres

Die Kontroleur van Petroleumprodukte

Die Kontroleur van Petroleumprodukte Departement van Energie Departement van Energie 314 Stateway Straat

Gebou

DEPARTMENT VAN ENERGIE

Kennisgewing ten opsigte van 'n lisensie aansoek ingevolge die Wet op Petroleumprodukte, 1977 (Wet nr 120 van 1977) Hierdie kennisgewing dien om partye wat belangstel / geaffekteer word in te lig dat PELAGUS KROONSTAD (Edms) Bpk hierna genoem die aansoeker, 'n aansoek ingedien het vir 'n KLEINHANDEL lisensie met aansoek nommer C/2025/02/13/0002

ERF 7749

R76 La Porte Vase South Road City Kroonstad Kroonstad

Die doel van hierdie aansoek is dat 'n lisensie aan die aansoeker toegeken word petroleum kleinhandel aktiwiteite te onderneem soos uiteengesit in die aansoek. Reëlings kan getref word om die aansoek dokumentasie te besigtig deur die Kontroleur van Petroleum produkte te skakel by:

*Tel: (057) 391 1300

* Fax: (057) 352 2673

* E-mail: Kagisho.Mokae@dmre.gov.za

Enige beswaar teen die uitreik van 'n lisensie ten opsigte van hierdie aansoek, wat duidelik die aansoek nommer hierbo moet aanhaal, moet ingedien word by die Kontroleur van Petroleumprodukte binne 'n tydperk van twintig (20) werksdae by die ondergenoemde fisiese of posadres

Fisiese adres

Die Kontroleur van Petroleumprodukte

Posadres

Die Kontroleur van Petroleumprodukte Departement van Energie Departement van Energie 314 Stateway Straat The Strip Gebou Privaatsak X3658 Kroonstad Kroonstad 9460

NM10002579-VR120325

Atlete hul skool se trots

Adriaan Bonthuys (hoofseun) op die Vrystaat-interhoër-atletiekkampioenskapsbyeenkoms. Hy het die Hoërskool Voortrekker se naam hoog gehou deur ’n goue medalje en twee silwermedaljes te verwerf.

MADLI GROBBELAAR

Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem is ’n agtste jaar agtereenvolgens as die algehele wenner in die Vrystaat-interhoër-atletiekkampioenskap aangewys.

Die kampioenskapsbyeenkoms het op 7 en 8 Maart in Sasolburg plaasgevind, en Voortrekker het te midde van deelname deur 185 skole oorheers.

Voortrekker het 77 medaljes verwerf, waarvan 34 goud, 26 silwer en 17 brons. Vier rekords is boonop deur die skool se atlete verbeter.

Carise van Rooyen is as die top-meisieatleet aangewys, met die algehele tweede plek op die byeenkoms.

Coenraad Janse van Vuuren het die hamergooirekord vir seuns o.16 van 59,37 m na 60,40 m verbeter.

Dehan Cilliers het die rekord in die 1 500 m-hindernis vir o.14 van 4:49:86 na 4:45:95 verbeter.

Liam Lloyd Doman het die rekord in die 10 000 m-stap vir o.19 van 62:13:36 na 53:09:85 verbeter.

Die aflosspanne het ook puik persteer. Hulle het vier goue, drie silwer- en drie bronsmedaljes gewen.

Voortrekker het die Graanveld- en Oos-Vrystaat-byeenkomste oorheers en was die wenner in die Vrystaat-been van die veld-en-baankompetisie sodat die skool na die nasionale kampioenskap deurgedring het om teen die beste atletiekskole in die land mee te ding.

Volgens Andi Wolmarans, atletiekhoof en afrigter van Voortrekker, het die atlete se toewyding en liefde vir die sportsoort vrugte afgewerp. Wolmarans is dankbaar teenoor elke afrigter wat individueel betrokke.

Op die onlangse Vrystaat-interhoër-atletiekkampioenskap in Sasolburg het Dehan Cilliers die rekord in die 1 500 m-hindernis vir o.14 verbeter. Hy het twee goue medaljes verwerf.

“Sonder hul kundigheid en ons atlete se harde werk sou Voortrekker nie met die prestasies kon wegstap nie. Die wil om te wen en met trots uit die stryd te tree, was sigbaar.”

Carise van Rooyen van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het ’n rekord in die 800 m vir meisies o.19, wat 17 jaar lank bestaan het, van 2:13 na 02:08

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.