2012 August newsletter

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS’ GUILD 1989-2012

Bloemfontein & Omgewing/Surrounding Nuusbrief

Augustus/August 2012 Newsletter

Falsi Trangioli P. 7 Kwiltfees 2013 P.9 Fokus op n kwilter P.16 Quilts4london P.25 1


Quilt Cottage 16 WEG Louw st Langenhoven Park Christine 082 412 5438

      

Kom besoek ons vir jou kwilt benodighede Beste pryse in die stad Nuwe voorraad op `n gereelde basis Ons neem ook naaimasjiene in vir diens en herstel Of om net `n bietjie raad te vra As jy verdwaal, voel vry om te skakel vir aanwysings Almal altyd welkom

082 412 5438 Digitizing & Embroidery on: Sport clothes, uniforms, golf shirts, Jackets, Overalls, Caps, Towels, Sport Bags, etc. 16 WEG Louw St, Langenhoven Park E-mail: christinevw@vodamail.co.za

2


Van die Voorsitter… Liewe Kwilt vriendin Na ‘n heerlike wintervakansie is ons weer in die tuig en is ons oppad na die lente! Die jaar is oor sy halfpad merk en dit laat my weereens besef hoe vinnig die tyd aanstap. Ek het op ‘n oulike kinderboek “ The Quilmaker’s gift “ afgekom. Die boek handel oor die kwilter wat haar lewe wy aan kwilte maak en uitdeel. Die gierige koning wou ook een hê en sy stem in, maar wou hom eers ‘n lewensles leer. Die storie raak aspekte aan soos wat dit is om vrygewig te wees, wat geluk is en of geluk in aardse skatte lê. Die storie laat mens dink….. Ons almal hou van geskenke ontvang maar hoeveel deel ons uit? Maak dit jou gelukkig om te gee of om te ontvang? Waarin lê ons geluk regtig? Lees gerus die oulike storie! Ek glo almal het hul kursusse in Johannesburg en Clarens geniet en gaan nou weer vele mooi kwilte aan mekaar sit! Ons ander was maar lekker groen omdat ons moes bly. Baie dankie aan almal wat kwilte geleen het vir die Hobby X uitstalling en veral baie dankie aan almal wat die uitstalling help beman het. Jul hulp word opreg waardeer!! Die kwiltfees kruip al nader en ek glo ons raak al meer opgewonde soos dinge in plek begin val. Elkeen se hulp en insette word baie waardeer!! Geniet jou nuusbrief, kwiltmakery en kwiltgroep en onthou die skou en/of die fees wag volgende jaar net vir jou mooi kwilt! Lappiesgroete

Marianne 3


Lief en Leed Friendshipgroep:Estelle Calitz – kleinseun ryker. Carine Vermaak oorwin Mt. Toubkal in Marokko. Rafels: Tannie Rina het geval. Christa se broer se dogter is oorlede aan kanker. Alta du Plessis het ouma van ‘n seuntjie geword. Anna was in die hospitaal. Riana se broer is oorlede. Kwetter Kwilters: Marthie - Marie Moss se Pa is oorlede. Elsie vd Bijl het `n kleinseun ryker geword. Rosebuddies: Bramie en haar man verhuis Stilbaai toe. Elsa gaan in vir `n knievervanging. Goue Drade: Sussies - Petro, Kokkewiet en Breggie se ma is oorlede. Baie sterkte aan julle. Linda was in die hospitaal met longinfeksie. Ria se man sterk tans tuis aan na ‘n hartomleiding. Bettie se man het ook ‘n hartomleiding gehad. Connie se dogter het haar graad gekry. Marie se oudste seun het in Londen aan die Britse skietkampioenskappe gaan deelneem. You pay God a compliment by asking great things of Him. ( Saint Teresa of Avila)

4


South African Quilters` Guild… Die Jaarvergadering wat in Vaalpark gehou was, was „n groot sukses en baie belangrike aspekte van kwilters oor Suid – Afrika heen is bespreek en uitgesorteer. Daar is besluit dat na al die jare die Grondwet hersien en oorgeskryf sal word. Elsa Brits, die president sal dit in samewerking met „n regspersoon doen, dan sal die bestuur daarna kyk goedkeur of verander en dan sal dit oop wees vir enige person om te lees en kommentaar te lewer. Mense wat hul winkels wil adverteer op die webwerf, gaan van nou af „n fooi van R120p/j betaal. Daar sal so oor „n maand „n vorm op die webblad beskikbaar wees, laai dit af, vul dit in en stuur aan Elsa Brits met al jou inligting en ook bewys van betaling. Inligting soos: Winkel se naam, kontak persoon, adres, kontakbesonderhede, ure wat oop is, ens. Reisende Uitstalling: Van nou af gaan kwilte vir die volgende Reisende Uitstallings op die Kwiltfeeste gekies word. Dit gaan nie meer „n tema hê nie en dit sal `n kwilt wees wat nie te groot is nie of te veel goedjies het wat hang nie. Jy kan self besluit of jou kwilt mag reis vir 2 jaar nadat jy gekontak is hiervoor. Ons sal nie sommer jou kwilt neem nie. Foto‟s vir die webblad moet ASSEBLIEF in fokus wees. Elsa kry baie foto`s wat nie in fokus is nie en dan kan sy dit nie gebruik nie. Sorg ook asseblief vir goeie beligting vir die foto`s wat ons na die webblad stuur en ook genoeg inligting oor die kwilte en die kwiltmaker. As enige iemand geskiedenis van ons Gilde het, stuur dit ook vir Elsa asseblief, sodat dit op die webblad geplaas kan word. So bewaar ons dit en kan mense meer oor elke Gilde leer. Hou inligting vir OKG die hele tyd op datum. Baie mense lees die inligting op die internet en kan dalk van ons vergaderings of uitstallings bywoon. Ons soek nog foto`s van ons uitreik programme op die webwerf. Stuur asseblief sulke foto `s na Elmine van der Walt ( elminevdw@hotmail.com) ook met voldoende inligting. “Teachers” is die ruggraat van kwiltwerk. “Teachers” wat by feeste klas gee moet geaffilieerde lede van SAQG wees. Pro Dedicate: is iemand wat baie vir kwiltwerk in Suid – Afrika doen. Kwiltwerk bevorder, haar kennis deel en baie betrokke is by verskeie vorme van kwiltwerk en uitreik programme. Hierdie persoon is gekies en sal op die Kaleidoskoop Fees 2013 bekend gemaak word. Affiliasiegelde moet aan SAQG betaal word teen einde April 2012. Ons betaal oor volgens die getalle wat ons het op einde Februarie van die jaar. Maak seker daar is „n behoorlike verwysing by, aangesien SAQG met paar inbetalings sit met geen verwysing nie en hulle dus nie weet waarheen die gelde geallokeer moet word nie.

5


“Country” - groepe groei vinnig en hulle het nou hul eie verteenwoordiger nl. Trienie Krugel. So as jy van iemand weet wat graag wil affilieer, stuur hul naam en besonderhede deur na Trienie by tkrugel@mabonline.co.za Kwilters, Oranje kwilters en SAQG moet meer sigbaar wees. Dink planne uit sodat ons meer sigbaar na buite kan wees. Probeer meer foto`s en artikels in plaaslike koerante kry. Stuur ook artikels vir tydskrifte soos Vouekeur, Idees, Sarie, Rooi Rose ens. Daar is nou groot oplewing in handwerk wêreldwyd, miskien plaas hulle sulke artikels. Indien wel moet die artikel ook na Elsa gestuur word. ***************************************************

International Quilt Convention Africa…. Soos met alle kwiltfeeste was hierdie „n groot lekkerte. Wat „n voorreg om dit te kon bywoon en sommer vir julle almal te kan vertel hoe mooi en lekker dit was. Die klasgelde is ongelukkig bietjie te duur vir my sak maar die uitstalling was ongelooflik. Die kwilte op uitstalling was nie groot nie. Daar was kwilte van internasionale kwilters en ook ons eie “Fibre Art” - kuns was uitgestal. Die “Challenge” met die tema “Movie Director” het ook ongelooflike kwilte opgelewer en dan was daar nog vele ander om na te staar met ongeloof oor hoe dit gemaak is. Voorwaar weer baie geïnspireerd terug gekom. Al was daar groot borde wat gewys het geen foto`s nie, kon sekere kwilters/dames maar net nie hulself daarvan weerhou om gou met die selfoon „n foto te steel nie. Daar was brosjures met foto`s van die kwilte maar hulle het baie vinnig uitverkoop. Hopelik het hulle nuwes oornag laat druk vir al die besoekers van Saterdag en Sondag. Kwilters van oor die land was daar en soos gewoonlik het dit gewoel tussen die stalletjies. Jy moes klou aan „n stuk lap of dit verdwyn voor jou oë. SAQG het ook „n stalletjie beman tussen al die vreeslike mooi lappe en ek dink ons (Oranje Gilde) “ poster” was die mooiste. Dankie aan almal wat daaraan gewerk het. Hier het ons baie nuwe lede gewerf en ook baie plattelandse kwilters het na vore gekom en ons hoop om hulle meer te betrek by kwiltwerk, feeste en SAQG. Hierdie uitstalling gaan nou elke jaar DV. September wees. Dit behoort nie „n inpak op ons fees te hê nie, ons is gelukkig vroeër. Maar soos gewoonlik het ek te veel lap gekoop, julle sal almal by Granaat moet kom eet sodat ek kan spaar vir lappe en klasse by die 2013 fees. Ek het ook vir Owen, Sharon en Leon „n epos gestuur met gelukwense van ons af en hopelik gaan ons, dit is nou Oranje Kwilters, SAQG, al die ander Gildes en hulle nog baie lank en lekker saamwerk in die toekoms. Mariëtte Venter

6


“Falsi Triangoli” Hierdie is `n baie bekende metode/tegniek. Baie gewild as `n kwiltwerkie wat jy saam met jou neem oral waar jy gaan, en as daar `n kansie is, dan word daar gou-gou `n paar stekies gewerk. By die maak van hierdie blokkie word beide masjienwerk en handwerk gedoen. * (4 blokkies) 11.5cm X 11.5cm gee `n blokgrootte van ongeveer 14.1cm. ( Jy kan gerus met die blokgroottes rond speel en dit maak so groot as jy verkies – net nie te GROOT.)

a) Sny 2 blokkies van `n donker en 2 blokkies van `n ligte kleur. Werk aanmekaar vir `n “4patch”. b) Vou dan in die helfte . c) Werk die 2 kort sye vas in `n kleiner steeklengte as gewoonlik. Vou jou blokkie diagonal oop. d) Werk die lang sy toe. Eers met `n kleiner steeklengte, dan groter en dan weer kleiner , aangesien die groter steeklengte later uitgetrek word. Wanneer jou lappie gestryk word, dui hierdie stiksel net aan waar jy met die hand moet vaswerk. e) Stryk nou die blokkie, met die langsy oopgevou. f) Draai blokkie om, knip “batting”, plaas op blokkie, heg in die hoeke met klein stekies. g) Knip die hoeke sodat jou blokkie mooi plat kan lê wanneer jy dit omdop. Trek groot steke van langsy uit – keer blokkie binne na buite. h) Werk naat (langsy) met hand toe. Kwilt soos verkies. Blokkie is nou gereed om as vierkante aan mekaar te las of om “on point” te las. ********** (Foto`s: F.vd.Walt)

7


BAIE DANKIE! Ek wil net vir al die dames wat ‘n hele dag afgestaan het om rosette te maak vir die fees, baie dankie sê. Ek waardeer dit en julle insette baie. Ook ‘n groot dankie aan die Tolbosgroep wat nou moet sorg dat al die rosette kant en klaar kom sodat Iessie dit teen die einde van die jaar kan hê. Julle is staatmakers en blink sterre!!!!!!!!! MARIëTTE VENTER

******

Bielie van `n kombers…Die saadmaatskappy Monsanto spog met Ouma se grootste lappieskombers! Die reuse kombers is onlangs op Rhinopark Adventures se aanloopbaan (naby Bapsfontein, Oos-Rand) aan die media vertoon. 2 Helikopters is gebruik om die lappieskombers van 150 meter lank en 10 meter breed af te neem. Die lappieskombers is deur personeel van Monsanto, verskeie boeregemeeenskappe en Bayer Crop Science geskenk. ( Lede van OKG het ook kwilte geskenk.) Die komberse sal aan verskeie arm gemeenskappe geskenk word as deel van Monstanto se maatskaplike verantwoordelikheidstrategie.

(Uitreksel/foto uit artikel soos verskyn het in Landbou Volksblad 25 Mei 2012.)

8


Kwiltfees 2013… Die Kaleidoskoopkomitee is baie tevrede met ons vordering in die organisering van die kwiltfees, wat 1 -7 Julie 2013 in Bloemfontein by Eunice Hoërskool aangebied word. Die Oranje Kwiltersgilde wil graag ons borge: Bernina, Pfaff, Singer, Husqvarna en Brother bedank. Dan ook vir Jeanette Botha, wat as skakel tussen Oranje Kwiltersgilde en Bernina opgetree het. Ons dink ook aan haar in die moeilike tyd met die afsterwe van haar man. Die vorige Kwiltfees se organiseerders wat die komitee van Wanda Carmichael was, help ons oneindig baie met inligting en aanmoediging. Ons wil hulle ook bedank vir hierdie ondersteuning. Die borgskap van Grace Nobili van Quilttec, het ons heerlik verras en ons baie opgewonde gemaak! Ons fees is baie afhanklik van die donasies van ons eie Gilde se kwilters. Hierdie bydraes maak ons harte warm en baie dankbaar. Die “Teaching Applications” vir ons fees het ons verwagtinge oortref. Briewe van aanvaarding is nou uitgestuur na die “Teachers” toe. Ons gaan dan ook oorsese “teachers” huisves. Mari Strydom is verantwoordelik vir hierdie portfolio. Die “Workshop Programme” en die lesings is ook saamgestel en moet nou gereed gemaak word om gedruk te word teen die einde van November. Dit moet saam met die vakansiegangers hul weg vind na die verskillende gildes toe om gereed te wees om uitgedeel te word op die Februarie-vergaderings in 2013. Ons is baie opgewonde oor die kwaliteit en verskeidenheid van tegnieke wat op verskillende vlakke van vaardigheid in die klasse aangebied gaan word. Linda Landman gaan seker maak dat die kinders die kwiltklasse by ons fees geniet. Die “Outreach Programme” sal insluit die vrouens van Botshabelo en die meisies van “Ons Kinderhuis”. Grace Nobili van Quiltec het van die etes van die vrouens geborg. Marline Turner sal vir hulle klasgee. Elsie van der Bijl is die organiseerder van hierdie program.

9


Die “Quilt Competition” is alreeds vrygestel en kan afgelaai word van ons Blog of bekom word van Mariette Venter (082 337 3699). Ons lekker “Challenge Packs” is meeste van al verkoop. Mariëtte kan ook in hierdie verband genader word. Die rosette is ontwerp deur Mariëtte. Lede van die gilde het op ‘n heerlike dag, wat gevul was met nuwe tegnieke, aangebied deur Mariëtte, begin met die maak van die rosette en daarna het haar groep dit voltooi. Soos ons almal weet, is die “Quilt Exhibition” die vertoonkas van ons land se beste kwilters. Hierdie is ongelukkig ook die duurste gedeelte van die fees en enige persoon wat ‘n borg wil wees, kan vir Magriet Bester (082 592 4978) kontak. Die bedrag van ‘n bladsy in die glansbrosjure, sowel as die hang van ‘n kwilt, beloop R500. Ons is dankbaar om te kan rapporteer dat al die kategorieë reeds pryse het, wat geborg is deur Bernina, Pfaff, Singer, Husqvarna en Elna. “Judges” and “Jurors” gaan gekies word deur Frances van Schalkwyk en Sue Prins na die einde van Augustus toe. Sindy Smith en haar groep gaan seker maak die dames word goed versorg terwyl hulle vir ons help. Die “Registration” gaan deur Computicket hanteer word, onder die wakende oog van Frances van der Walt. Hierdie is ‘n eerste probeerslag om die sisteem so ‘n bietjie makliker te maak en ook om enige teleurstelling te probeer voorkom. Dit is daarom raadsaam om dadelik te bespreek sodra dit op 1 Maart 2013 open. Enige kansellasies sal ook deur Computicket hanteer word, maar moet reeds voor die aanvang van die fees op 1 Julie 2013 gedoen word. “Mugs and badges” sal te koop aangebied word by die Registrasie-toonbank deur die span van Alta Stemmet. Daar is egter slegs ‘n beperkte aantal van elk beskikbaar. Quilt Talk en Pfaff gaan die “Goodie bags” borg en dit word gepak deur Karin de Villiers en haar groep. Ons waardeer die samewerking van Goue Weste en die Kimberley Kwilters in ‘n poging om ‘n heerlike verrassing saam te stel vir die kwilters wat ons fees gaan bywoon. Ook hier gaan ongelukkig net ‘n beperkte aantal wees. Indien jy dus sou belangstel om een te bekom, moet jy dit so aandui wanneer jy registreer vir die fees by Computicket.

10


“ Accommodation” sal op die “Bed & Breakfast” -manier deur Eunice Hoërskool hanteer word. Enige verdere inligting is egter beskikbaar op ons blog en by Marie Coetzee (083 448 6921). Maak ook seker dat jy nie een van ons drie ”Evening Functions” wat beplan word deur Gerda Breytenbach se groep, misloop nie. Hierdie besprekings word ook deur Computicket hanteer. Hettie Pringle hou ons almal op hoogte soos wat die vordering gemaak word, deur ons “Blog” gereeld op te dateer. Vendors gaan binnekort gekontak word deur Nelia Venter en Marianne le Roux. Hierdie aansoekvorm sal ook op ons blog verskyn. “General Hospitality” en koffiemasjiene sal op die skoolgronde deur Lia Deysel en haar groep in stand gehou word. Nog iets om in gedagte te hou, is die “Tour” - program, wat ‘n toer na die Vrouemonument sal insluit, omdat hulle hul 100jarige fees in Julie 2013 vier. Daar is nog heelwat reëlings wat getref moet word, maar ons is tans op skedule. Vanuit ‘n persoonlike oogpunt, wil ek net die Oranje Kwiltersgilde bedank vir hul wonderlike samewerking, wat my elke dag meer en meer oortuig dat hierdie kwiltfees ‘n baie suksesvolle Nasionale Kwiltfees gaan wees in Julie 2013! Die Oranje Kwiltersgilde sien uit na die geleentheid om weer ou vriende te groet en nuwes te ontmoet by ons Nasionale Kwiltfees 2013 – Kaleidoskoop! Iessie Steenberg (Voorsitster) 082 7055 279 iessie@vodamail.co.za

Innige Simpatie Namens al die lede van die OKG, ons innge meegevoel aan Jeanette Botha en Familie met die afsterwe van haar man. Mag julle die nodige verstroosting van God ontvang. (Jeanette is `n voormalige voorsitter van die SAQG).

11


Kwilters Dagboek 10 Nov 2012 (Needles & Pins) Werkwinkels – geskenke vir Kersfees R30.00 – pakkette beskikbaar Kontak Neilia 082 460 6326

7 Februarie 2013 11 Mei 2013 15 Augustus 2013 9 Nov 2013

Ons Alg. Vergaderings vind plaas te: NGK Saal Altonasngl. Fichardtpark.

12


Decadent Chocolate Brownies. Ingredients: 225g butter 225g dark chocolate 3 eggs 250g caster sugar 175g plain flour 175g self-raising flour White chocolate chips

Method: Melt butter and chocolate over a low heat. Beat the eggs and sugar in separate bowl until the mixture is light (in colour) and thick. Fold mixtures together. Sift the flours and fold into the mixture along with the white chocolate chips. Pour mixture into a lined slice tin. Bake at 180 degrees Celsius for approximately 15 minutes (time may vary). The baking time will depend on the thickness of the mix in your baking tin. The trick is to get it when it has just cooked through, but before it begins to rise. It should be solid but slightly undercooked in the centre (gooey). It is easier to slice up once it has cooled‌ but if you’re like us, cut it while it’s hot and enjoy!

13


Die klok tik stadig maar seker! Nog

338 dae oor voor ons Kaleidoskoopfees!

‌..`n paar interessante webblaaie! Mypatchwork.wordpress.com – gratis patrone en turoriale Freebiesforcrafters.blogspot.com fiberartcalls.blogspot.com fibrearts.com textileartists.org

14


Kwiltuitstalling 2012 Bultfontein Oos- Kerksaal 14 November 2012 Vanaf 9h00

R15.00 p.persoon Kwiltdemo- Mari Strydom Lappiesland en ander uitstallers!

Teetuin heeldag!

15


Fokus op die Kwilter Linda Landman Linda is `n gebore Vrystater. Word groot in, en matrikuleer aan Hoërskool Goudveld, Welkom. Na matriek studeer sy aan die Tegniese Kollege Pretoria en verwerf haar Nas. Dip. in Natuurbewaring en Bestuur. Sy doen haar praktiese opleiding in die Johannesburg Dieretuin. Sy was bevoorreg om met tiere, bere, olifante, nagapies ens. te werk. Sy het ook ma gespeel vir heelwat “wesies”. Selfs `n Seberiese Wolf grootgemaak. Sy is getroud met Hennie en het 2 dogters. Haar oudste dogter, Henda woon tans in Amerika. Albei dogters het by Kovsies studeer en haar liefde vr diere, plante en naaldwerk geërf. Sy doen van jongs af naaldwerk. In 1996 doen sy haar N4 in Weefwerk. Van haar werk het vanjaar `n 1 ste prys op die Bloemskou behaal. Haar man is `n ingenieur en agv. van sy werk het die gesin vir 5 jaar op Riversdal gewoon terwyl hy aan die N2-projek gewerk het. Ook hier het sy haar naaldwerkpassie uitgeleef. In 2002 stig sy en Sue Joubert die “Sleeping Beauty” Kwilt en Borduur Gilde. Tans word hullei die “Sleeping Beauty” Laslappers genoem. Sy het ook gehelp met die reëlings van `n groot uitstalling in die plaaslik Handelshuis op Riversdal. Sy het heelwat borduur en kwilt-klasse gedoen. Haar mentor is Mari Strydom. Alhoewel haar belangstellings haar besig hou, is sy altyd bereid om te help waar sy kan. Vir al haar buurduur- en kwiltvriendinne sê sy baie dankie vir al hul liefde. Haar boodskap is dat talente nie begrawe moet word nie. Dit is iets wat ons van die Here ontvang het en daarmee moet woeker. ******** Wanneer liefde en vaardigheid saamwerk, kan `n mens `n meestersutk verwag. (John Ruskin)

16


... Nuus van die Friendshipgroep Ons vergader elke 2de vrydag van `n nuwe maand in die NGKSaal, Altonasng. Kontak Frances 0788034019 of vanderwaltf@gmail.com of besoek ons by quiltingwoodlands.blogspot.com Dit was vir ons groepie `n baie besige eerste 6 mnde! Ons het die jaar begin deur gasvrou te speel vir die eerste Alg. Verg. Daarna was dit ons uitstalling by Freshfordhuis. Dit was `n groot sukses! Almal het nog gesinne ook om na om te sien, maar dit is ook so dat kwilt ons stokperdjie is en boonop `n belangrike deel van ons lewe uitmaak, dus, tussen alles deur word daar tog `n tydjie ingeruim vir kwilt!

Ons groepie was tot dusver geseën met baie “lief” – Estelle het ouma geword van `n seuntjie. Sy het al gaan kennismaak met die knapie. Verder werk sy aan `n “Baby Jane “ met die mooiste bruinskakerings. Hierdie vrou mag maar – ek wens julle kan sien hoe mooi en presies sy werk. Ek voorspel `n wenkwilt! Anna Raubenheimer het in Texas by haar dogter gekuier en met die mooiste heksagonkwiltjie terug gekom. Sy het so `n pragtige pienktassie waarin sy al daai lappies rond gedra het. Ons het geterg en gespot en gewonder wanneer die mooi heksgonblommetjies aanmekaar gesit sou word – en hier kom sy so ewe nonchalant in gestap by ons Julie vergadering en “trek die hasie uit die hoed”. Te pragtig! Hanli het vir haar seun in Australië gaan kuier. Sy het dit aie geniet en ons is sommer skoon jaloers op al die mooi natuurskoon en “Woolies” wat sy kon sien en besoek het. Natuurlik weer baie planne en idees gekry by al die winkeltjies! Lekker om van haar `n geskenkie te ontvang – altyd so mooi verpak! Jy voel sommer spesiaal! En.. sommer net `n week of wat later kuier sy saam in Clarens. Nou`s die vakansies eers verby, kwiltmaatjie! Die jaar is op `n afdraand en daar moet nog gekwilt word! Jy weet, daai “cake layer” … Martie kwilt so tussen huis opknap en verf blikke aan `n “Doortjie” – kwilt. Soos ons haar ken kom hier weer `n wenner! Tannie Magriet het lekker by die see gekuier. Vertel sy het die kleindogters gehelp met breiwerk, maar ek is seker tussendeur is daar gekwilt, want sien, sy werk aan `n “Baby Jane” – skakerings van room/ blou. En dit is verseker nie al nie. Tannie Magriet skop stof in ons jonges se oë. Sy ken van kwilt! En boonop hou haar humor ons groepie se “vibe” hoog! As jy lekker wil lag – laat sy vir jou `n grap vertel – en sy ken baie! Trudy het in Centurion gekuier en toe sommer `n kwiltuitstalling bygewoon. Sy is ook deel van ons groep wat `n” Baby Jane” maak. En sy woel – daai wit en pienkblokkies word weekliks meer! Annette raak nou baie haastig – haar huisbouery is nou amper op `n end. Sy kan nie wag om haar gebedskamer in te rig nie. En het sy gekwilt terwyl sy wag dat haar huis voltooi word! Dubbelbedkwilte! Pragtig! Clarens het vir haar nog kwiltwerk gebring, maar hierdie kwilter stuit vir niks! Sy pak aan en handel af. Lekker om jou deel van ons groepie te hê. Wat Kroonstad verloor het, was vir Bloem `n yslike aanwins.

17


Die twee M & M`s het lekker rond gerits. Gevlug vir Bloem se koue! Kuier in die Laeveld en pas terug of die tasse word gepak” Durbs” toe! Darem gehoor daar is `n draai gemaak in die kwiltwinkels! “Nuwe Anna” – dit is hoe ons onderskei tussen die 2 Anna`s in die groep! – laat waai met haar “Baby Jane” - blokkies. Ons was verstom om te sien, met die laaste groepie byeenkoms, dat sy al 50 blokkies voltooi het! Pragtig, Anna. Wonder wie gaan die gelukkig een wees om die pratige pienk/room/wit –kwilt te erf! Praat van inspirasie! Nog inspirasie – die keer van Carine. Met haar vrolike, vasbeslote geaardheid besluit sy toe om weer haar stapstewels aan te trek en `n berg in Marokko te gaan klim! Welgedaan Carine! Trots op jou! Jy hou ons Friendshipvlaggie hoog! Maar wat is die storie van die donkie? Hoor mos jy het so bietjie hulp gehad berg op! … of was dit af? Frances is uiteindelik klaar met `n kwilt vir `n vriendin! Arme vriendin se oë is al droog gekyk wanneer die kwilt opdaag – elke maand word die sperdatum net nog `n bietjie verder verskuif! Nou wag daar `n klomp bruin blokke wat in `n kwilt getoor moet word vir haar Ouboet se 60ste verjaarsdag in Desember. Sy sal moet roer…die jaar is besig om uit te loop! Al is die tyd vir kwilt min, was daar genoeg tyd om saam met vriendin Hanli die groen Citroentjie te pak en Clarens te besoek. En was dit heerlik! Die kuier, die “shop”, die kwilte… net die sneeu het weggebly! Kan mens dit glo – sneeu in Drie Susters maar niks in Clarens! Amanda en Elaine het die laatste ruk kwaai reëlings getref vir die Kwiltfees in Clarens. Ek dink daar is darem so tussen deur gekwilt ook. Hierdie twee dames ken van en mag maar. Praat van mooi, kunstig en netjies kwiltwerk. By hierdie twee dames kan ons `n paar lesse kry! En al die reëlings vir Clarens het vrugte afgewerp .

Amanda Palive vertel … `n Opgewonde vier” katte” van Bloemfontein (Friendshipgroep) besoek Clarens se

kwiltfees. (Amanda , Vriendin Hantie, Elaine en Annette.) Wat `n fees was dit nie! “Teachers “ by wie ons klasse bygewoon het was " hand picked". Vrydag 13de was “luckydraws” (ons, soos gewoonlik niks gekry nie). Klasse is elke oggend met gebed geopen. Soos wat” teachers “ voorgestel word, loop hulle vir ons soos mannekyne. Onthou dit is Vrydag die 13de hulle mag maar! Loggie (Doortjie se man) was die wingerdbestuurder by” inspirasie- stasie”. Ons het skaars begin werk dan kom hy om met sjerry! Teetyd het ons heerlike versnapperings gekry. Ons het nie net gewerk en gekwilt nie, ook "geshop till ons drop" - die mooiste lap, wol ens. Elke dag na klas het ons `n draai gemaak by die plaaslike bakkery, hou die vier katte se heupe dop! Ons vier het saam met Frances en Hanlie by Duits Restaurant gaan eet of in Afrikaans - Die Rooi Haan. Ons het heerlik gelag en geëet. By die huis het ons baie gelag,gekwilt en gekuier. Hantie van Pretoria en Annette het kaggel gestook.(Kan sien wie het op plaas groot geword) Alaë kan haar self op die skouer klop! Die reëlings was puik en die kos heerlik. Ons sien weer in 2014!

18


Friendshipgroep kuier en kwilt in Clarens!

Die Die “4 Katte” v.d Friendshipgroep – lekker verspot! Hantie, al die pad per bus uit die noorde!(Amanda se jarelange vriendin.) 3 koppe is beter as 1!

Mari Strydom, ons eie Gilde se baie gewilde “teacher” saam met haar (baie ywerige) studente!

Die “4 katte “word toe 6 en ons kuier `n hond uit `n bos in die “Rooi Haan”!

Die pragtige natuurskoon het ons weereens laat besef hoe groot ons Skepper is!

Hanli se heerlike koffie! Te mooi om te drink – gemaak deur die vriendelike Barista, Daniël.

19


Carine vertel meer van haar avontuur… Ek het die berg gemaak! Dit was nie so hoog soos Kilimanjaro nie, maar Mt. Toubkal was verseker baie, baie meer uitdagend en moeilik vir ons al 3 wat die “Killie” ook geklim het. Klippe en klippe. Jesus se weggooi plek vir dit wat Hy nie fyn gemaal het vir die Sahara nie! Ek het baie swaar gekry, maar ek was bo en weer af tot by “basecamp “ waar ek nie meer kon loop nie en hulle vir my 'n muil gekry het om my weer by die “depo” te kon kry. Ek het my “ victory” gevier. Dit geseël met `n “ kiss” , al was dit net `n skaap. Heel bo op die berg! Verder het ons 'n lekker tyd gehad en die mooiste kuns, matte en teëlwerk gesien. Ek het weereens my gesondheid gevier. Alle Eer aan my Vader dat ek dit kon doen.

20


FriendshipDearJane – (Besoek ons gerus op “facebook”) Sedert verlede jaar het ons planne begin maak om hierdie kwilt aan te pak. `n “ Baby Jane” – soos die oorspronkilke “ Dear Jane” – maar die replika word dan `n “ Baby Jane” genoem. Selfs `n “ Dear Jane” - dag gehou. Baie lekker – maar die realiteit van die klein blokkies begin toe posvat. Uiteindelik is ons nou 8 wat die kwilt aanpak. Gewapen met ons boeke vanuit Amerika en `n woord van aanmoediging van Brenda Papadakis, asook `n webblad wat `n tutorial bevat ( thathquilt.com) oor die maak van die blokkies, het ons nou volstoom begin. Anna Gropp het al `n yslike 50 blokkies gemaak. Trudy v. Rensburg werk net so ywerig. Tannie Magriet en Estelle laat ook nie op hul wag nie. Die res van ons sal darem seker so oor die volgende 3 jaar hopelik ons kwilte voltooi – ons werk maar stadig. Teen `n blokkie per maand kan dit lank vat! (225 blokkies) . Ons vordering kan op ons blog - quiltingwoodlands.blogspot.com dopgehou word of op “facebook” - FriendshipDearJane. Ons blokkies is ook te sien by dearjane.com Volgens Brenda Papadakis is ons die 2de groep in Suid Afrika wat met `n “Dear Jane” –projek begin. (Dit is waarvan sy weet, aangesien ons, ons boeke direk van haar bestel het.) Ons reis (soos wat Brenda Papadakis dit stel ) met “ Dear Jane”, het begin … nie eers lank nie en elkeen het alreeds iets om te vertel. Vir die medekwilers wat nie die verhaal agter “Dear Jane” ken nie - “google” gerus en en kom meer te wete oor die kwilt en selfs hoe die skrywer Brenda Papadakis die kwilt aangepak het en die boek geskryf het. Baie interessant. Besoek dearjane.com vir inligting.

21


… nuus van die Gouedrade Ons Julie -groepiedag val toe mooitjies op 'n koue, nat, onplesierige wintersdag, maar dis nou nie asof een van hierdie faktore 'n klomp kwilters afskrik nie. Tyd vir rondstaan was daar nie, want die een manier om warm te word, is om aan die werk te spring en dit was ook nie lank nie toe is almal ernstig besig met haar eie projek. Connie het 'n Herinneringskwilt wat sy vir haar skoonma gemaak het vir die groep kom wys en toe begin sy met 'n nuwe Bargello. Marie is steeds besig met haar "Yo-yo" kersboom. Breggie is besig om “Cornelia Hen” se vere reg te vryf. Petro stik nog appliekwerk aan haar eerste kleinkind se kwilt. Sy sal haar litte moet roer, want die kleinman gaan binne die volgende maand sy opwagting maak. Kokkewiet het vir Anida ingespan om haar te leer borduur en haar toe eenkant afgesonder om die nuwe stokperdjie onder die knie te kry. Charlene is nog hard aan die deurstik aan die kwilt vir haar seun. Sy het laas met ons vorige groepdag aan haar kwilt en masjien geraak. Bettie is sterk op spoed met haar "free motion sampler". Rina het vir Bettie met haar "free motion sampler" gehelp. Hettie het besluit om nie 'n steek te werk voordat sy nie vol lekkernye gestop was nie. Haar rede: “ 'n Mens moet darem iets hê om te verbrand!” Ria moes tuis bly om na haar man om te sien wat pas uit die hostipaal ontslaan is. Linda was in die hospitaal en ons neem haar dus glad nie kwalik dat sy besluit het om nie in hierdie weer uit te kom nie. Sonja was afwesig. Besoek ons gerus by: http://www.gouedradekwilters.blogspot.com/ Gouedraad Groete Wat bly oor as jy vriendskap uit die lewe wegneem? Dis asof die son van die wêreld wegkeer.Cicero 22


PFAFF Naaldwerk-, Kwilt-, Borduur& Omkapmasjiene “Beste kwaliteit en diens gewaarborg!”

 Kwiltlap @ die beste prys  Verskeidenheid kwilt benodigdhede  Gütermann 100% katoen kwiltgare  Opgeleide PFAFF tegnikus  Spesiale aanbiedings op alle PFAFF kwilt masjiene geldig tot 31/8/12. Marie’s Sewing Creations Bergstedt straat 8 Fichardtpark Bfn Tel: 051 5224554 Sel: 083 4486921 Besoek ons by:

www.mariessewingcreations.co.za 23


Nuus van die Goedharte…Ons glo al die kwilters het die wintersonnetjie heerlik benut deur handwerkies te doen. Sommige van die Goedharte was beslis lekker rustig. Jolena van Rooyen het `n hele paar uitrustings gebrei vir die kleinkind se Barbiepop. Daar is oulike gratis breipatrone op www.barbiebasics.tripot.com Dan het ouma vir haar `n hoedjie gehekel teen die Vrystaat se koue. Sommer self ontwerp. Vir die nuwe baba wat in September kom het ouma `n “ comforter “ met bypassende kussingsloop en kussing gemaak. Ook paslakens vir die kot. Anne Strauss is nog steeds besig om onklaar items af te rond. Sy en Jolena het `n kwilt ontwerp met die mooiste beertjieblokke vir haar volgende agterkleinkind. Sjoe, hoeveel van ons sal so 'n voorreg hê? Mariëtte Venter is besig om 'n “ UFO” met die hand te kwilt en sy wil dit voor Kersfees klaar hê . Sy het ook 'n paar vatlappe vir haar bedrywige kombuis gemaak en begin sowaar al somersklere beplan en maak. Rina Schutte sê ons grootste werk is om nou warm te bly. Sy werk so beurtelings aan 2 kwilte wat ge-toebroodjie moet kom en maak 'n klein muurbehangsel vir haar skoondogter. Al drie hierdie kwilte is op tradisionele patrone en dit is vir haar heerlik kalmerend. Elsa van Coller is besig om al haar lappies, kraletjies, ens. bymekaar te maak vir die muurbehangsel wat sy tydens hul Europese verblyf wil maak. Sy was onlangs in Amerika en het dit baie geniet. Min gekoop omdat omtrent alles by ons beskikbaar is. Daar word egter baie klasse aangebied. Dalene Volsteedt is nog besig met haar dollaskwilt. Du Maurier Weis berig dat sy in 'n lang winterslaap verkeer, maar as sy eers uit daardie kokonnetjie kruip, gaan daar weer geen keer aan die vlytige vingers wees nie. Rene Schoeman-Hodgson geniet altyd die heerlike lang winterverblyf in Umhlanga Rocks. Sy het 'n muurbehangsel gemaak wat geïnspireer is deur Mari Strydom se Kwiltdag patroontjie. Verder het sy papiersnywerk ontgin en verskeie skinkbordlappies gekwilt en nuwe tafeldoeke gemaak. Haar heel eerste hekelkombersie van seskantjies is ook voltooi en is baie kleurvol. As long as I can work, I am happy.(Lucille Ball)

24


‌Rondreisende Uitstalling! Jewels of the earth! Plek: Oliewenhuis, Resevoir. Blomfontein. Datum: 4-12 Oktober 2012. Toegang: R40.00 (kry jou kaartjie by jou groepleier).

17,000 pennants have been collected.

The Quilts4London Project started in June 2009 with an idea to produce something as a gift for all the athletes taking part in the Olympic and Paralympic Games in 2012. The idea of pennants (traditionally exchanged at friendly sporting events) seemed perfect and the concept was born. Although initially created by a group of Quilters (hence the name) it has now blossomed into a National and International project of creative, imaginative and beautiful textile pennants all of which will go towards the target of 14,000 pennants needed, to give one to each competing athlete. The pennants are being displayed and exhibited in a number of locations and as the Games themselves approach, larger exhibitions at National locations are being planned. www.quilts4london.org.uk/about-the-project.

25


KREATIEWE LAPPIES (Smithfield) bied aan

“Patch – jol” Donderdag 20 September 2012 Hiermee nooi ons almal uit (of jy n beginner is, of gevorderde werk doen) om` n heerlike gesellige dag met ons te kom deel.

Bring jou kwilte saam en kom deel met ons, jy wen dalk die “VIEWERS CHOICE” Sny jou goeie 100% KATOEN WAARVOOR JY MOEG IS, op in die volgende groottes en bring dit saam, ons gaan ruil! 1) 6.5cm (2 ½”) “ strips” in wydte, en dan so lank as die wydte van die materiaal (110cm) is, soos ‘n “ JELLYROLL” en bind dit vas – 10 stroke. 2) 12 x12cm (4 ¾”) blokke (100 % katoen) – STAPEL van 10 blokke vasgemaak. 3) 2 blokke van 50cm STUKKE opgerol en vasgemaak (100% katoen). Jy kan saamruil met dit wat jy ingesit het.

Daar gaan 5 DEMONSTRASIES van tegnieke wees, met aanwysings om huis toe te neem.

Kom wen, kyk, leer, koop en eet in een dag @ R50.

Bespreek asb voor 7 SEPTEMBER!!! KONTAK: Cecilia Cilliers by 082 571 5169 Carina Lubbe by 072 199 1162

26


Kwetter Kwilters Na die wintervakansie is almal veilig terug en hard aan die werk aan verskillende projekte. Veels geluk aan Elsie met die geboorte van hul eerste kleinseun. Ons weet dat hy `n groot bron van vreugde gaan wees. Lenie is hard aan die oefen want sy beplan om volgende jaar die “Camino” oorsee te gaan stap. Sterkte met al die voorbereiding. So is daar heelwat “UFO`s” van die groep wat afgehandel is. Lenie se swart- en wit kwilt is pragtig. Mariëtte se gevorderde kwilt is net so mooi. Geluk, ons is trots op elke voltooide artikel. Regina het in die vakansie die Woudkursus by Mari bygewoon. Sy het dit baie interressant gevind en ons sien baie uit om die voltooide produk te sien. Mara is besig om die “Welkom-kwilt” te maak en sy gaan vier blinders daarvan maak. Dit is `n goeie idee en almal dink dat dit baie mooi gaan wees.

Wen hierdie 2 pragtige porseleinpoppe…. Die Kwetter Kwilters is verantwoordelik vir die “outreach”

tydens die Fees van 2013. Hierdie is

deel van hul fondsinsameling. Koop `n kaartjie vir R10.00. Kaartjies is te kry by jou groepleidster of Elsie vd Bijl by

076 966

7351. Looitjies

sal

getrek

word

en

die

wenners

sal

aangekondig word by die laaste Alg. Vergadering van 2012.

27


Ons kom elke eerste Dinsdag van die maand om 9h00 by Iessie bymekaar.

Die jaar vlieg baie vinnig. Ons is besig met ons “storiekwilt” en almal vorder mooi. Liesl maak „n “ scrapbookkwilt” wat mooi pas by haar ander stokperdjie. Ons moes afskeid neem van Hanna wat Kaap toe getrek het en dis „n groot verlies. Met Hobby X en ICQAfrica sien ons uit na die twee geleenthede wat vol inspirasie sal wees. Alta Stemmet

0825766223

Die Rotrary Cutters se nuus

Ongelukkig wil dit op die oomblik voorkom asof die Rotary Cutters met elke nuwe nuusbrief iemand moet groet. Hierdie keer is dit Natasha van Zijl wat terugtrek Pretoria toe nadat haar man verplaas is. Hulle het in 2003 hierheen verhuis nadat haar ouers albei op slag dood is in ‘n motorongeluk en daar toe nog 2 sussies op skool was. Natasha het in Augustus 2010 die beginnerskursus by Hettie Pringle gedoen en het haar voete as kwilter mooi begin vind. Ons gaan haar baie mis, maar wens hulle net die beste toe. In verlede kwartaal se nuusbrief het julle gelees van Natasha se nuwe masjien wat sy aangekoop het. Haar strokie is in ‘n gelukstrekking geplaas en toe wen sy ‘n omkapmasjien! Baie geluk! Elsa is tans met verlof in Botswana en ons sien uit na haar nuus en foto’s. Verder is die groep nog sterk besig met die” Charity Quilt” waarvan daar in die vorige nuusbrief vertel is. Die lopers vir die fees waaraan ons werk, kom ook baie mooi aan. Ons hoop julle almal geniet Augustus se vergadering wat ons saam met die Rosebuddies aanbied! Rotary Cutter groete tot volgende keer!

28


HOBBY X … …eerste keer in Bloemfontein! Die “Sand” was omtrent getooi in die mooi kwilte van die lede van die OKG.

Nelia Venter trek een van die baie mooi kwilte reg.

Cotton Tales se stalletjie.

Die Sand du Plessis Teater.

Marianne doen die laaste afronding.

`n Toonbeeld van die Gilde se talentvolle kwilters.

…en nog mooi kwilte! Die kwilte het die besoekers sprakeloos gelaat.

29


Kontak: Lucille 082 3789768 0f Lucille@kbarchitects.co.za

30


LHParkies se nuus… Nog `n kwartaal is verby en nader aan die Fees! Ons is tans besig met `n Kaleidoskoopkwilt. Ninor is nie net goed met kwilt nie, sy kan goed bak ook. Sy het tweede geeïndig in “Sarie Kos” wedstryd met haar Broodpoeding. Baie geluk! Elsa was baie besig gedurende die vakansie. Haar kleinseun van Durban het hier aan die Cravenweek deelgeneem, en van die ander kleinkinders het aan tennis kom deelneem. Dus het Ouma bont gestaan en was daar nie juis tyd vir kwilt! Groete aan al die kwilters, geniet die kwartaal! **********

Afslag!! Jy moet bewys lewer dat jy wel `n kwilter is – daarvoor het jy `n Oranje Kiwltergilde – naamplaatjie nodig! Bestel by jou groepleidster.

31


…Nuus van die Tolbosse Santjie Steyn het die winter gebuik om van haar “UFO’S” klaar te maak. Lekker, want nou kan sy nuwe projekte aanpak en dit sal interresante kwilte wees. Susan Pieterse het vir haar kinders in Australië gaan kuier en sy het dus geen tyd om te kwilt nie. Sy bly daar tot einde Julie. Dit is ‘n lekker “ laaaang” kuier. Mariëtte het 19 kinders van ‘n VLU- tak in Wolmeranstad gehad vir bak en brou. Maar ons het nie net gebrou nie, naaldwerk , verf en plak is ook gedoen. Dit was weereens ‘n heerlike ondervinding om te sien hoe die kinders ontwikkel. Sy het ook een “ UFO” amper klaar gekwilt, pajama broeke vir die seuns gemaak wat “cool” is en baie kos gemaak in Granaat. `n Nuwe kwilt het die lig gesien, moet nog net gekwilt word. SAQG – vergadering is bygewoon in Sasol en vol nuwe planne huis toe gekom. En nog kos gemaak vir ‘n troue en troukoek gebak. Lekker besig gewees. Pikkie het kinders uit Kanada gehad wat die nuweling, Stian kom wys het. Ons het almal die Afrikaanse- Kanadesie opgesoen en gedruk. Almal weet as jou kinders so ver kom, kwilt jy nie, jy staar en staar na die nuwe baba, soen hom op want die kuier tyd gaan so gou verby. Maar sy brei darem serpe, sy doen darem nie niks nie. Hantie het haar ouers help uitpak en inpak omdat hulle nou in Bultfontein kom woon. Dit gaan baie lekker wees en sy het darem haar ma se lappekas ook uitgepak en elke lap wag nou net vir ‘n projek. Tussendeur het haar kinders haar besig gehou met Gymkana en Noodhulp kursusse. Nie eintlik vakansie nie. Hopelik sal haar Sterrekwilt klaarkom voor die einde van die jaar. Uiteindelik onthou ons om ietsie van Beatrice en Cecile ook te sê. Beatrice is besig met drie kwilte en ek is nou dood seker daar het ietsie in haar kop verkeerd gegaan om dit alles aan te pak. Sy maak 2 “Sylvias Bridal” - kwilte en sy het 76 x 2 blokke van 6” x6” klaar. Hierdie blokke het geweldig baie werk. Sy weet nie wanneer sy die 2 kwilte gaan klaar kry nie. Dit is egter nie al nie, sy is ook besig met ‘n “ Mystery” kwilt wat 2200 x2½” blokkies in kry. Dit het haar 2 dae geneem net om die blokkies te sny. Nou lê die groot werk van stik en kwilt nog voor. Ons sal dit “Show en Tell” toe bring wanneer dit klaar is.

32


Cecile besig met ‘n “Bargello” en gaan ook nog klas loop by die “ICQ Africa” in Johannes burg. Sy sal ons moet kom wys wat sy alles geleer het by Judy Barrow en “Me and My Sister”. Dan gaan sy natuurlik ook nog lappies verkoop daar en die vervoer besigheid hou haar baie besig. So die twee dames is besiger as gewone mense en ons is trots om hulle in ons groep te hê al sien ons hulle min. Rina het haar dogter se seuns opgepas terwyl Toppa herstel het na ‘n operasie. So tussen die nefies wat kuier en al die ander kuiermaatjies was kosmaak voor aan die lys. Sy beweer sy het niks naaldwerk gedoen nie, maar ek is seker daar sal nog iets uitspring voor die einde van die jaar. Marita het kuiermense uit New Zeeland en daar is dus net huis skoongemaak en kosse berei sodat sy nie die hele tyd voor die stoof hoef te staan nie. Maar dit is nie al nie, sy het ‘n baie mooi muurbehangsel met mense, bome, huise, katte ens. klaar gemaak vir haar sus in Namibia, asook ‘n loper van “Nine Patch” - blokke. Haar sus se huis moet al mooi getooi wees met al Marita se handewerk. Hoop almal skud nou die koue af en het lus vir nuwe kunstige kwilte.

Rosebuddies… Linda was `n 1ste plek pryswenner by die afgelope Bloemskou . Kategorie - Weefwerk Ten spyte van die koue, het `n paar van ons groepie se lede tog kans gesien om vroeg op te staan en ons naaldwerkmandjies te pak om by Mari Strydom `n kursus te doen. Hierdie keer het ons keuse geval op die pragtige Woudkwilt. Die baie lappies snipper was uitputtend, maar ons het deur gedruk en die kunswerke het vorm aangeneem en sal hopelik teen volgende jaar gereed wees vir “Show en Tell”. Met die jaar by die halfpadmerk verby , het ons sowaar nog 2 lede by gekry! Welkom. Geniet julle kwiltwerk. Die res van die groep is almal ywerig besig om te kwilt en geniet dit baie. Slegs deur uitdagings te aanvaar, kan jy die opwinding van oorwinning ervaar. (Genl. G.S.Paton)

33


Ons groepie is nou al 11 jaar oud en daar is nog vyf van die oorspronklike lede in die groep. Ons is al soos familie, elkeen oorspronklik met warmte en geluk liggies, aanmekaar vasgestik oor die jare. Dis waarom ons so lekker saamwerk en kuier. Dis winter maar die Needles & Pins werk hulself sommer gou-gou warm. Ons jongste kwiltertjie in die Gilde het sowaar ‘n plek (hoogs aanbeveel) verower met haar kwilt wat sy ingeskryf het by die “Youth quilt block challenge”. Baie geluk!

A Family A family is like a patchwork quilt With kindness gently sewn Each piece an original With beauty all its own With threads of warmth and happiness Its lightly stitched together To last in love throughout the years A family is forever. Author unknown

Anina werk net so flink. Elke maand kom wys sy sommer so twee, drie nuwe kwilte wat klaar is. Lorene het onlangs by ons aangesluit, maar jong, sy kwilt al soos ‘n ou kwilter. Sy was so braaf om die winter sommer die “Vis” ook te gaan stap. Elsa het afgetree en ry die wêreld vol, natuurlik met haar handwerkie in die sak. Ons ander werk so agter die skerms: maak geskenkies, werk aan uitreikprojekte, voltooi ons “ufo` s” en werk so tussendeur hard aan die fees. Moenie die Kersvergadering misloop in November nie, dit gaan heerlik wees. Ons beplan werkswinkeltjies en daar gaan baie uitstallers wees, baie geskenkpakkies en heerlike eetgoedjies.

Needles & Pins groete. 34


Ons kom elke tweede Saterdagmiddag van 14h00 tot 17h00 bymekaar.

Ons groepie is hard besig om al die laaste paar goedjies klaar te maak vir die Kwiltfees se “Goody Bags”. Die Rafels is ‘n bedrywige groepie. Riana en haar dogter maak lapharte vir die Eunice Kersmark die einde van die jaar. Annatjie het vroeër in die jaar ‘n lekker kursus by die Lappieshuis gedoen. Karin Nel het ook nou dieselfde “raggedy” - kursus gaan doen. Die dames kan met reg spog met hul kwilte wat hul daar gemaak het! Dit het ‘n paar in die groep aangesteek om dit ook aan te pak. Alta Street het Jaiden se kwilt uiteindelik na vele vertragings klaargemaak. Nou kan sy met Kyle se kwilt begin. Madeleine het die pragtigste, groot hartekwilt voltooi en het dadelik weer begin met ‘n wonderlike kwilt in swart, silwer en grys vir haar dogter wat volgende jaar trou. Christa en Karin de Villiers het niks minder as tien kwilte gegee om by Hobby X uit te stal. Ons groet vir Linda, een van ons nuwe lede wat bedank het en hoop sy hou aan om te kwilt. Mooi herinnerings is miskien die naaste wat ons hier op aarde aan ware geluk kan kom. (A de Musset)

35


What

Challenge vir

November… Scherren Schnitte!

Februarie 2013 – “UFO`S” Freebie…

36


… `n laaste woord

Love adds the chocolate… A House is a house is a house – Until love comes through the door, that is. And love intuitively goes around, sprinkling that special brand of angel dust that transforms a house into a very special home for very special people: your family. Money, of course, can build a charming house, but only love can furnish it with a feeling of home. Duty can pack an adequate snack lunch but love may decide to tuck a little love note inside. Money can provide a television set but love controls it and cares enough to say no and take the guff that comes with it. Obligation sends the children to bed on time, but love tucks the covers in around the necks and passes out kisses and hugs – Even to teenagers! Obligation can cook a meal, but love embellishes the table with a potted ivy, trailing around slender candles. Duty writes many letters, but love tucks a joke or a picture or a fresh stick of gum inside. Compulsion keeps a sparkling house, But love and prayer stand a better chance of producing a happy family. Duty often gets offended if isn`t appreciated, but love learns to laugh a lot and to work for the sheer joy of doing it. Obligation can pour a glass of milk, but love will add a little chocolate. (Illustrations Unlimited)

37


38


Alg. Vergadering - Mei 2012… “I NCHIE /T WHINCIE - C HALLENGE ”

Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie.Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.

39


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.