Okg nuusbrief mei 2018

Page 1

Oranje Kwiltersgilde Oranje Quilters` Guild Since 1989 Nuusbrief Mei 2018/ Newsletter May 2018

Frances van Schalkwyk

Marianne Le Roux

1


Bestuur 2018

Voorsitter: Mariëtte Venter 0823373699 Onder Voorsitter: Marianne Le Roux 02808262128 Sekretaresse: Christa Gouws 083 542 5709 Tesourier: Riana Nel 08256202776 SAQG Verteenwoordiger: Mariëtte Venter Skou Verteenwoordiger: Iessie Steenberg 084 733 8639 Reisende Uitstalling: Iessie Steenberg 084 733 8639 Nuusbrief/Blog/fb: Frances vd Walt 0788034019 Media: Nelia Venter 0824606326 Fotograaf: Lynette Eloff 083 973 8161 Koffiemandjie: Lenie Lourens 082 438 5191 Groepleidsters: Friendshipgroep - Frances vd Walt 078 803 4019 Goedharte – Du Maurier Weiss 083 4071545 Gouedrade - Marie Coetzee 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens 082 438 5191 Stukkie vir Stukkie Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Lee Minnie 082 453 4155 LHParkies - Lettie Rhené 082 466 2986 Needles & Pins – Nelia Venter 0824606326 Quiltmakers - Lynette Eloff 083 973 8161 Tolbosse Stukkies - Christa Gouws 083 542 5709 Rotary Cutters - Wilna Geel 084 462 1212 Sterre –Iessie Steenberg 084 733 8639 Tolbosse 082 337 3699 Uile – Sonja Stroebel 082 460 7956

BELANGRIKE DATUMS KWILT ARTIKEL GROEPIE NUUS 2


UIT DIE VOORSITTER SE PEN… 'n Nuwe kwartaal vol nuwe planne lê voor ons en met die heerlikheid van iets mooi weggee. Die maak van vroetelmatjies vir Alzheimer -pasiënte was 'n groot lekkerte. Die saamwerk en die gee. Handelinge 20:35 beaam juis dat dit lekkerder is om te gee as te ontvang. Met dinge soos die Reisende uitstalling en die Bloemskou is daar baie plekke om inspirasie te kry. Dan kan ek natuurlik nie nalaat om almal betrokke te bedank vir 'n ongelooflike Nasionale kwiltdag nie. Die wiele het vanself gerol voel dit vir my, … maar ek weet daar is baie werk gedoen om alles so glad te laat gebeur. Wat 'n fees vir die oog en die siel. Dankie aan elkeen wat die dag bygewoon het. Soveel mooi en lekker om in te drink en nog lank oor te droom. Na al hierdie inspirasie hoop ek om nog mooier en kleurryker kwilte te sien. Baie geluk aan Mari Strydom wat nou 'n “SAQG accredited judge “ is. Jy is 'n blink OKG- ster en ons is trots op jou. Mag julle almal 'n vrugbarekwilt- kwartaal beleef met deel, deel en nogmaals deel. Mariëtte

082 337 3699 mariettev2912@gmail.com

3


Nasionale Kwiltdag. Die Nasionale Kwiltdag het op 17 Maart 2018 plaasgevind. Hierdie jaar was die Bestuur verantwoordelik vir die reëlings en nie net een groep soos in die verlede nie. Groepleidsters is vir spesifieke take ingedeel en alles het vlot verloop. Vier-en-veertig lede en 5 nie-lede het dit bygewoon. Die oorhoofse beplanning is deur Nelia Venter en die groep Needles & Pins gedoen. Iessie Steenberg het die kursusreëlings waargeneem. Shan Day het „n baie leersame kursus oor kleur nl. “Creative Colour and Print” aangebied. Dit is bygewoon deur 22 lede. Mariëtte Venter was verantwoordelik vir die verversings en soos altyd, was dit uit die boeke! Die res van die komitee het die ander reëlings vir die dag behartig. Daar is ook 3 demonstrasies aangebied nl.: Iessie Steenberg - Hekel vir beginners Alaë Randlehoff – Hoe om jou eie patroon te ontwikkel deur gebruik te maak van grafiekpapier Charlotte Naude - „Raw Edge Applique‟ (Steam-a-Seam – double stick fusebile web) is gebruik. Alaë Randlehoff organiseer Quilt in Clarens 2018, wat plaasvind vanaf 26-30 Junie te Clarens. Sy het voorbeelde van die verskillende werk wat tydens die fees aangebied word, uitgestal. Die Clarens - fees beloof een heerlikheid. Maretha Fourie, skrywer van die boek, Kwilt Potpouri, gaan ook by die fees klasgee. (Christa Gouws)

4


…Nasionale Kwiltdag. Shan Day - Kleurkursus

Alae van Quilt in Clarens

5


6


*Foto`s: Lynette Eloff

7


Nuwe Boeke Maretha Fourie is `n welbekende in die Suid – Afrikaanse kwiltgemeenskap. Haar eerste boek ( ook in Afrikaans) het in 1984 verskyn – sien foto langsaan. Dit is nog steeds beskikbaar.   

Paperback Publisher: Tafelberg (1984) ASIN: 0624022579 Haar nuutste boek het sy vroeër vanjaar bekend gestel - onderstaande is die nodige inligting sou jy belangstel.

8


Friendshipgroep… Ons kom elke 2de Vrydag van `n nuwe maand in die Bernina werkslokaal bymekaar.

Die Friendshippers was die afgelope kwartaal redelik bedrywig – nie noodwendig met kwiltwerk – maar dit bly nie agterweë. Ons het een hele dag opsy gesit om ons oornagsakke te maak – te heerlik! Ons is omtrent deur ons gasvrou bederf! Dankie Sanet, ons waardeer dit opreg. Behalwe dat Martie haarself nog inburger in haar nuwe tuiste, het sy aangebied om namens die groepie `n “vroetelkwiltjie” te maak. Dankie Martie! Estelle is besig om nog `n “crazy patch” – beertjie te maak. Weereens is dit `n treffer! So netjies en die mooiste kleure! Haar heksagone begin ook vorm aanneem. Pragtig, Estelle – jy stel beslis die standaarde hoog! Maureen ondersteun tans haar seun, wat baie ernstig siek is, tog verhoed dit nie dat sy tydens groepie-dae `n tydjie inruim om saam te kom tee drink en `n paar steke of wat te hekel. Anna Gropp is ook `n baie groot steunpilaar vir haar gesin – maar sy maak tyd om te kwilt en te hekel! Sy het haar groepsprojek, `n oornagsak, voltooi. Baie mooi, Anna. Ons wag dat die pienk “baby Jane” ook weer te voorskyn kom! Wanneer werk en familie haar `n kansie gee, maak Hanli ook `n tydjie vir kwiltwerk. Sy het `n dag verlof ingesit en saam met die groep haar oornagsak gemaak. Pragtige kleure! Sanet is die bedrywigheid self. Sy werk tans van die huis af – maar dit gee haar nie meer tyd nie – plig kom voor plesier – maar as die geleentheid hom voordoen, word die kwiltwerk nader getrek. Tans is sy besig om haar oornagsak (gemaak met die mooiste helder kleurige shwe-shwe lap) met die hand te kwilt.

9


Amanda is `n bedrywige “crafter” – daar word geweef, gebrei, gehekel en tyd vir kwiltwerk word ook nog ingeruim. Haar “instagram” het voordurend nuwe foto`s van voltooide artikels. Hierdie oulike poppie het sy onlangs gehekel. Te pragtig! Ons nuwe “Friendship” – maatjie, Marie Reynders is besig met handappliekwerk op `n tafelloper. `n Pragtige naïewe blom ontwerp. Dit was `n “kit” wat sy by `n vriendin gekry het – al die pad van Australië. Anna Raubenheimer is tans besig met `n kussing wat sy appliek – na aanleiding van `n kursus by Marlene Turner. Sy gebruik die “needle turn” – metode. Dit is `n pragtige groot blom ontwerp. Daar is heelwat oumas in ons geledere. Elaine is `n gewilde ouma – soms kom die kwiltwerk dus tweede. Maar tussendeur word daar aan `n “wool applique” – artikel gewerk. Marlisa verdeel haar beskikbare tyd tussen hekel, kwilt en kuier. Die kleinkinders is ook fluks met versoeke – so hierdie ouma kry heelwat opdrag -werk van die kleinkinders –die nuutste was `n pragtige groot gehekelde haas! Die dierbaarheid self! Sy het ook haar oornagtas voltooi al kon sy nie die groepie – dag meemaak. Ons “teacher” in die groep, Mari, is omtrent in aanvraag – sy gee klas die hele SA vol! – tog is dit lekker as sy die dag saam met ons kan wees. Frances het haar oornagsak voltooi asook `n “log cabin” vir `n enkelbed – dit moet nou gekwilt word. Dit wil voorkom of wol tans van die kwilters se tyd in beslag neem – maar wie kan hulle kwalik neem – dit kom in die mooiste kleure en teksture voor. Maxie is baie bedrewe met `n hekelpen en bied beginnersklasse aan. Geniet dit, Maxie! Tyd vir kwilt sal daar ook weer wees. Kwiltgroete van al die Friendshippers.

Daar is min dinge in die lewe so mooi en terselfdertyd so ongewoon as vriendskap. Bob Philips 10


Kleur... Ultra violet …dit is die gekose kleur vir 2018 soos aangewys deur die maatskappy Pantone. Jaarliks hersien hierdie maatskappy `n kleur wat dan die pas aangee vir bv. mode, binne- versiering ens. Besoek gerus hul webblad en lees meer oor hul doen en late en hoe kleur ons lewe beïnvloed. www.pantone.com/color-of-the-year-2018 Ook ons kwilters word gebind deur en met kleur – dit is een van die basiese beginsel wat geleer word tydens `n beginnerskursus. * SKAF VIR JOU `N KLEURWIEL AAN. DIT IS `N BAIE EENVOUDIGE “GADGET” – WAT JOU SAL HELP MET DIE KEUSE VAN KLEURE VIR DIE MAAK VAN JOU KWILT. Dit is by die meeste kwiltwinkels te koop. Jy kan ook vir jou `n gratis kleurwiel aflaai by: http://www.lovepatchworkandquilting.com/free-quiltpatterns/free-colourwheel-download Daar is ook `n hele paar gratis “apps” of toepassings wat jy op jou foon kan laai – besoek “google playstore” en kies die “app” wat jy van hou. Stoor `n “app” of selfs net `n kleurwiel op jou foon – dan is dit altyd byderhand!...sou jy winkels toe gaan om lap te koop. Nog `n wenk oor hoe jy jou foon kan gebruik om die “value” of toonwaarde van kleure te bepaal, is om jou lappies langs mekaar te rangskik en dan af te neem. Kies die swart/wit, “gray scale” of “mono” opsie op jou foon neem jou lappies af ..en siedaar - blitsvinnig kry jy `n idee van die toonwaarde van jou lappies. (Color Tips for Quilt Makers ~ Value - Sherri Lynn Wood daintytime.net/2011/01/22/color-tips-for-quilt-makers-the-importance-of-value/)

11


KLEURBEGINSELS: Primêre kleure – Geel, rooi en blou– die suiwerste vorm van kleur. Die kleure kan nie geskep word deur ander kleure saam te voeg nie. Sekondêre kleure – Wanneer 2 primêre gemeng word. Daar is ook 3 – Geel en blou = groen Rooi en blou = pers Rooi en geel = oranje Tersiêre kleure – wanneer jy `n primêre kleur en een van die 2 naaste sekondêre kleure meng – dan word daar 6 nuwe kleure gevorm. Geel en oranje = geel-oranje Rooi en oranje = rooi – oranje Rooi en pers = rooipers Blou en pers = bloupers Blou en groen = blougroen Geel en groen = geel groen Komplimentêre kleure – kleure wat regoor mekaar op die kleurwiel lê. Bv. Blou en oranje, rooi en groen, geel en pers ens. Tinte: `n tint is bloot `n kleur waarby wit gevoeg is om dit ligter te maak. Deur wit by te voeg kry jy `n pastel of poeierige kleur. Skakerings en kleursterktes – voeg jy swart by skep jy `n gryser “vuiler” weergawe van die oorspronklike kleur. Voeg swart of grys by, om ander tone te skep en harder kombinasies te verkry. Analoë kleure – kleure wat langs mekaar op kleurwiel lê en harmonieer omdat hulle verwant is aanmekaar. Metaalkleure – “blinkgoed”.

12


Neutrale aardse kleure - dit is basies `n kombinasie van die 3 primêre kleure wat in verskillende verhoudings gemeng is. Moedernatuur het die mooiste voorbeelde. Monochrome kleure – dit is enige kleur in sy verskillende skakerings, tinte en kleursterktes. Tetrade – dit is `n kombinasie van 4 kleure op die basiese kleurwiel. Triades – kombinasie van 3 kleure uit elke vierde kleur op die basiese kleurwiel. Die kleur vorm `n driehoek op die kleurwiel. Inligting: - Uitreksel uit “Crafts Diary 2014” – geskryf deur Monique Day – Wilde www.moniquewilde.co.za …vir nog meer inligting besoek die volgende blogs: www.seasonedhomemaker.com/color-value-in-a-quilt/

www.patchworkposse.com/using-the-color-wheel-in-quilts/ Color Tips and Terms (www.quilting101.com/color/quilt-color-tips) o

Using only pure primary and secondary colors (no black or white mixed in them) will give you a very vibrant and exciting quilt.

o

Using complementary colors that are the ones opposite on a color wheel will make the colors very distinct and have a truer value.

o

Bleeding is when you use two colors that are next to each other on the color wheel to give the area a soft effect, for example placing red next to orange.

o

The depth of the color refers to how close or far away a color feels. Warm colors such as yellow, orange and red always feel closer than cooler colors such as blues, purples and greens. As a general rule the darker the color the further away it appears

o

Black and white are fantastic colors for a base. Black will dim other colors, whereas white will brighten the same colors in most situations. Both black and white are great to use as “filler” material, runners or sashing.

13


o

Cool colors are soothing and calming, they are generally blues, greens and purples. If you increase the amount of white in cooler colors they can become sombre and sad.

o

Warm colors are exciting and stimulating, they are generally reds, oranges and yellows. These colors will often brighten a room. However, if you are wanting to have the quilt on your bed and the colors are very bright you may be better choosing fabrics with the colors that have been mixed with a bit of white – this will tone them down and making them a little more soothing. Contrasting values occurs when a light color is placed next to a dark color. This can make the light color look bigger. For example, put a yellow circle on a purple or blue background and it will look much bigger than the blue circle on a orange background. This will also work with tone where if you put a shape with a light tone on a dark toned color it will look larger than the opposite.

o

o

When someone refers to country colors they are speaking about the colors usually inspired by nature’s hues – warm browns, yellow, tree green, sunset red and blue sky’s, purple wildflowers.

o

Red and green appliqué with a white or cream background are the most common combination from the 1800s. Limited fabric colors made it very difficult to get other combinations until mid 1900s. The introduction of man-made fibers led to a massive change in fabric color schemes. ….vir meer wenke oor kleur en die gebruik daarvan by die maak van kwilte besoek gerus: academyofquilting.com/library/quilt-glossary/contrast-and-value/ How To Quilt: Using Free Fabric Value Tool - YouTube https://www.youtube.com/watch?v=frgazV8WYAk

Life is like a box of crayons. ... 14


Oliewenhuis, Bloemfontein 5 - 22 April 20018

Inspiration…

15


16


17


Foto`s: Lynette Eloff

18


Patchjol!!!

Carina: 072 199 1162

Kreatiewe Lappies… Hier by Kreatiewe Lappies gaan dit goed. Ons hou elke maand nog getrou vergadering en daar is so baie projekte waarmee ons besig is - ons help vir Luna om ‘n kwilt aanmekaar te slaan vir ‘n vriendin van haar wat ons baie goedgesind is. Party is besig om aan hul omgee-kwilte vir die jaar te werk. Ons het besluit dat elkeen self kan kies vir wie hy of sy dit wil gee. Ons is klaar met ons Vroetel-lappies. En so af en toe leer die beginners iets nuuts tydens die vergadering. Party lede is al by aftree -ouderdom en hulle hou gereeld vakansie, wat ons hul gun, en ander kuier by hul kinders wat ver bly en ander se spesiaie honde kry babas en moet die “mens-mamma” eers help grootmaak voordat hul die vergaderings kan bywoon. Fabrice is hard besig om aan sy eie gespinde merino-wol te brei vir die winter wat voorlê en ons kry hom ook nie sommer voor die naaimasjien nie. Maar danksy” Whats App” is ons almal nog in kontak met mekaar en bly die groepie lewendig en aan die gang. En aan die einde van die dag word elke kwilt tog klaar gemaak en alles gedoen wat gedoen moet word. Kyk uit na die advertensie van die Patchjol wat weer gehou word in September. Kom geniet dit saam met ons. Mooi bly tot `n volgende keer.

19


Kwetter Kwilters… Die Kwetters is nog volstoom aan die gang. Hulle het die Nasionale Kwiltdag bygewoon en die Reisende Uitstalling by Oliewenhuis bygewoon. Dit was werklik `n inspirasie soos die naam gesê het. Die Kwetters het ook die openingsrede baie inspirerend gevind. Baie dankie aan almal wat die twee geleenthede vir ons moontlik gemaak het. Martie-Mari met haar hartekwilt wat sy met dik “batting” gemaak het en flennie agterkant gegee het. Dit maak hom sag en snoesig. Ons nuwe lid, Ruth Kotze met haar eerste kwilt. Ruth baie welkom by ons, ons glo en vertrou dat jy baie gelukkig by ons sal wees.

Magriet met haar gehekelde blokke. ` n Patroon wat Esther ons geleer het.

Twee van die vroetelkwilte wat die kwetters gemaak het.

Marietjie werk aan blokkies van `n kwilt wat sy op Nasionale Kwiltdag gesien het “Butterfly” - blokkies, van die mooiste pastelkleure.

Better wear out…than rust out. Anon. 20


Langenhovenparkies… Die eerste kwartaal van 2018 het verbygesnel en herfs het reeds opgedaag!! Ons groepie is fluks besig met nuwe kwilte en het selfs `n UFO - klas per maand begin en ou projekte word met ywer afgehandel. Almal geniet die klas en die pragtigste, vergete kwilte word voltooi. So trots op my groep se produktiwiteit. Ons is besig om vroetelkombersies te voltooi en het `n ook hele paar inskrywings vir die skou. Heelwat dames het die Reisende Kwiltuitstalling bygewoon en is so geïnspireer deur die pragtige werk en talent wat daar te sien is. Ons sien uit na die kalmte en rustigheid wat die wintermaande bring en dank ons Heer vir wonderlike reën die afgelope tyd. Groete Lettie

Vroetelkombersie deur Lettie Rehne. “Angswekkende Veldbrand” Deur Lena Rehne – 88 jaar oud.

Maak nie saak hoe oud jy word nie, as jy die begeerte behou om kreatief te wees, sal jy die kind in jou lewendig hou. J. Cassavetes

21


Maak jou eie koorde.

*`n Baie oulike boek vir alle kreatiewe kwilters. Uittreksel uit: Masjienborduur vir almal. Deur Gail Harker ISBN 1-86826-080-1

22


23


Needles & Pins….. Ons vergader elke 3de Saterdag van die maand by Christine Von Wielligh.

Beste, al die laslapgroepies Soos die liedjie van die Simba- aartappelskyfie advertensie wil ek ook sing: dis lekker om in die Needles & Pins groepie te wees. Dit is skoutyd, en vir ons groep, wat die skou altyd baie goed ondersteun, is dit naelbyt tyd. Ek weet nie hoe dit werk nie, maar as jy op ‘n spesifieke tyd ‘n kwilt moet voltooi, en dit vir jou voel of al die dae en nagte net 18 uur lank is, dan besluit die naaimasjiene om hulle streke uit te haal. Lorene wou op die “whats app” - groep weet of iemand nie haar masjien wou koop op ‘n Sondagmiddag nie. En ek het amper na my dogter gery in ‘n naburige dorp om haar naaimasjien te leen. Maar buiten ons skou - aktiwiteite het ons weer ‘n gesamentlike aktiwiteit, soos elke jaar. Hierdie jaar het ons ‘n omgee - woordeboekie. Elke maand het ‘n spesifieke tema, en elke maand het jy een vriendin vir wie jy n bladsy moet maak. Wanneer iemand verjaar, ontvang sy ‘n lêeroortreksel, en aan die einde van die jaar word elkeen se lêer gebind met kosbare herinneringe van elkeen in die groepie! Nou die beloofde voorskootpatroon: Neem 2 vadoeke met verskillende motiewe. Sit een in die lengte en die ander een in die breedte. Neem breë growwe “binding” en werk dit vas met groot knope, aan beide voorskote. Maak “binding” vir om die net en sit ook met knope vas.

Tot volgende keer! Lekker werk! Skougroete, Needles & Pins

24


Dagboek asb‌ Vergaderings vir 2018!!!

17 Augustus Sterre/LHP 1 September Lente Stikdag 3 November Uile/Kreatiewe Lappies

25


Nuus van die Sterre… In ons groep is ons besig om ‘n muurbehangsel te maak gedurende hierdie jaar. Ons het besluit om ‘n New York Beauty aan te pak. Die aanvanklike patrone het ontstaan in die suid-oostelike dele van Amerika. Die patroon het verskillende name gehad en was dikwels een van die kwilter se beste kwilte, omdat die patrone nie so maklik was om te maak nie. Ons groep gebruik die papierfondasie-metode wat dit heel maklik maak. Hier is die patroon in een van die patroonboeke van die 1900’s, Mountain Mist. (Wonky World)

Vrees het aan die deur geklop, geloof het dit oopgemaak – en daar was niemand nie.

26


Stukkies… Stukkies probeer twee maal per maand om op ‘n Saterdagmiddag bymekaar te kom. Baie welkom aan Ina Beukes en Ria Senekal wat nuut by ons aangesluit het. Hanlie Fouche besoek ook ons groepie en hopelik sluit sy aan. Die afgelope kwartaal was ons betrokke by die reël van die eerste kwartaalvergadering en dit het heelwat tyd in beslag geneem. Tydens die Nasionale Kwiltdag op 17 Maart 2018 het Charlotte ‘n demo aangebied nl. ‘Raw edge applique’. Elke lid is besig met haar eie projek. Daar is hard gewerk aan die Vroetelkombersies en ons gaan ‘n hele paar klaarmaak. Sien foto’s van ‘n werksmiddag aangeheg. Muriel het baie oulike ‘crazy patch’ plekmatjies in skakerings van navy en wit gemaak. Martina, Margaret en Magdaleen is besig met die oortrek van kathuisie-patroontjies. Beatrice is besig met die afronding van haar kathuisiekwilt. Die ander lede verwyl hulle tyd soos volg: Margaret en Annamarie maak elkeen ‘n drasak. Felicity kuier rond saam met haar familie en Annatjie-hulle het na Noorderbloem getrek. Ina het dooppakkies vir haar familie se tweeling gemaak. Hanlie is besig om haar beginnerkwilt met die hand te kwilt. Johanna se kwilttyd was baie min, haar dogter wat in Duitsland woon, het haar verras met ‘n kuiertjie, maar sy beplan om met ‘n tafelloper te begin. Ria het ‘n totsiens-kwilt, in skakerings van rooi, gemaak vir haar dogter en gesin wat na Praag in die Tjeggiese Republiek, verhuis het. Dit het ‘n simbolies betekenis vir die familie met die ster en vrolike blomgesiggies. Christa het uiteindelik begin met ‘n babakwilt in navy, wit en rooi.

27


Aletta het ook ‘n Kersfeeskwilt in Februarie klaargemaak en dit is afgelewer. Daar is ook ‘n paar inskrywings vir Bloem Skou uit ons groepie.

Margaret se ‘Cut out work’-kussing Ria se kwilt

Muriel se ‘Crazy Patch’ plekmatjies

Aletta se Kerskwilt.

Van die vroetelkombersies in wording!

Hier word lekker gekuier en gewerk

`n Lewe sonder feestelikheid is soos `n lang pad sonder `n herberg. Democritus van Abdera 28


Rotary Cutters… Nuus aan Rotary se kant is maar skraal. Almal werk nog aan hul “ Mystery quilt” en kan elke maand nie wag om `n nuwe leidraad te kry. Selfs nie eers die feit dat daar op die oomblik 72 van elk (blokkie) gemaak moet word, skrik enige iemand af nie. Dit wil voorkom of daar `n paar mooi kwilte te voorskyn gaan kom as die verskeidenheid lap in ag geneem word. Angeline Pretorius sien uit na `n nuwe kleinseun in Meimaand terwyl Elsa en Sonja beide baie opgewonde is oor hul komende vakansies. Elsa hoop om die Noorderligte te kan aanskou ( dis blykbaar nie `n gegewe nie) en Sonja besoek Engeland. Ons hoop julle geniet elke oomblik daarvan. Herfsgroete van al die Rotary Cutters 29


Tolbosse se nuus… Die jaar vlieg eenvoudig net te vinnig verby. Die halwe goed word meer en voltooide kwilte is "few and far between". Maar ons knip en stik dat dit bars. Een “mystery “ -kwilt is in wording. 'n Pragtige blou - harte kwilt vir Hantie se niggie neem al vorm aan. Vrolike voëltjies is besig om die lig te sien op 'n lang smal kwilt. Die dasse -kwilt is afgelewer en was 'n groot verrassing vir Mariëtte se broer. Lynette se kleindogter, Léne net 9 jaar oud het 'n sweetpaktop vir haarself gemaak met bietjie hulp van haar ouma. So moet ons die jonges van kleins af lief maak vir naaldwerk. 'n Lekker knip en stik- naweek was hier by ons gehou op Pensplaas ('n mini “retreat”) en sodoende kry mens iets klaar. Dit word winter so brei en hekel is aan die orde van die dag. Hantie se dogter Alri kry hierdie pragtige kabeltrui en Lynette se kleinseun die mooi geskakeerde trui. Susan ons oudste lid is gereeld op haar pos en brei die heel jaar deur. Dan is ons dankbaar om te sê na maande in ICU is Santjie se man tuis. Alle eer aan ons Hemelse Vader vir hierdie beterskap. Mag julle almal heerlik kwilt in hierdie 2e kwartaal van 2018. Mooi helder kwilte om die winterkoue te tem.

As liefde die wyn van die lewe is, is vriendskap die voedsel. Edward Young 30


`n laaste woord…

Vader… Bloedbevlek loop Jy en strompel na Jou dood… My Lewensbrood. Jou Skerpgemaakte Doringkroon... my ewige Hemeltroon. Tree vir Tree is Jy op pad om vir my die ewige lewe te gee. Jy val neer, alweer en weer. Jy vergewe my, keer op keer… Houtsplinters en spykers gemeng in Jou vlees sodat … ek vir ewig Jou kind kan wees. Heleen van der Merwe Sarie 14 September 2017

31


ALGEMENE VERGADERING FEB. 2018 Spreker: Helenette van Tonder van Bernina

Foto`s: Lynette Eloff

32


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.