ORANJE KWILTERSGILDE
ORANJE QUILTERS’ GUILD
Sedert 1989
Since 1989
NUUSBRIEF N E W S L E T T E R
MEI/MAY 2019
2019 - INTERCHANGE - threads connect
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
2
Mei/May 2019
UIT DIE VOORSITTER SE PEN... Dit is regtig vir my 'n voorreg om voorsitter te wees van 'n kwiltersgilde met sulke entoesiastiese, meelewende lede. Elke projek en byeenkoms is 'n belewenis. Iets spesiaals! Elke keer is dit soos om by 'n groot partytjie op te daag. Elke byeenkoms is met sorg gereël en uitgevoer. Hierdie 30ste jaar van Oranje Kwiltersgilde is beslis 'n hoogtepunt vir my en vir ons gilde. Ek salueer elkeen wat deel is van hierdie jaar se verrigtinge. Ek is dankbaar vir elke inset wat gelewer word. Die mooi kwilte en heerlike eetgoed by elke byeenkoms is 'n hoogtepunt. Die sprekers inspireer ons om nuwe dinge aan te pak. In die eerste kwartaal was Nasionale Kwiltdag 'n hoogtepunt. Daar was baie te leer, te beleef en te koop. Ons is bevoorreg. Ek sien uit na die res van die jaar se lekker dinge. BLY KALM EN KWILT! Veral met die winter wat voorlê…
Mariëtte 082 337 3699 mariette2912@gmail.com OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
3
Mei/May 2019
BESTUUR 2019
In ons skone land vertel net die Vrystaat die seisoene so mooi. Herfsblare val stadig af tot ‘n tapyt van prag wat knus om plant en struik vou. ‘n Speelse wind jaag golwe in die wit maanhare van verbruinde gras en stoere populiere hou vir oulaas hulle goue krone hoog in die flou laatmiddag son. Almal begin die knypies van die winterkoue voel... Die herfskwartaal is elke jaar ‘n baie spesiale feestyd. In April begin Paasfees, in Mei bederf ons ons moeders en in Junie kry ons manne hulle beurt. In die uitgawe ondersoek Nuusbrief die oorsprong van Moedersdag. Ons skryf oor “wit en goud”, die kleure van Paasfees. Nuusbrief gee terugvoer oor die uitreike en deel graag nog ‘n patroon van Donna Jordan. Kyk in Groepienuus wie is die aspirant Kwiltedoordeelnemers. Ten besluite, veels geluk aan ons Skouwenners! Vir elke ma, ‘n bos angeliere!
GROEPLEIDSTERS Goedharte: Du Maurier Weis 083 407 1545 Gouedrade: Marie Coetzee 083 448 6921 Langenhovenparkies: Ansie Combrinck 082 855 8112 Needles & Pins: Nelia Venter 082 460 6326 Quiltmakers: Lynette Eloff 083 973 8161 Rotary Cutters: Wilna Geel 084 462 1212 Sterre: Iessie Steenberg 082 705 5279 Stukkie-vir-Stukkie: Christa Gouws 083 542 5709 Tolbosse: Mariëtte Venter 082 337 3699 Uile: Sonja Stroebel 082 460 7956
Hierdie Nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is ‘n nie-winsgewende publikasie. Dit is nie ons bedoeling om enige kopiereg te skend of te oorskry nie.
Nuusbriefredaktrise OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
Voorsitter: Mariëtte Venter 082 337 3699 Ondervoorsitter: Marianne le Roux 082 826 2128 Sekretaresse: Christa Gouws 083 542 5709 Tesourier: Riana Nel 082 562 2776 SAQG Verteenwoordiger: Annelize Keevé 082 499 2361 Skouverteenwoordiger: Iessie Steenberg 082 705 5279 Reisende Uitstalling: Iessie Steenberg 082 705 5279 Nuusbrief: Elsa de Wet 083 630 9586 Sosiale Media (Facebook; OQG Blog): Wilna Geel 084 462 1212 Mediaverteenwoordiger: Nelia Venter 082 460 6326 Fotograaf: Lynette Eloff 083 973 8161 Koffiemandjie: Lenie Lourens 082 438 5191
4
Mei/May 2019
VERJAARSDAGVRIENDIN Tannie Lena Rehne (gebore Botha) is op 22 Maart 1929 in Fauresmith gebore – ‘n statige en talentvolle, opregte, nederige en onselfsugtige vrou; ‘n ware dame met groot liefde vir haar Skepper en medemens. Lena is ’n skeppende persoon. Sy is lief vir alle vorme van handewerk, o.a. kleremakery, asook borduur-, brei-, hekel- en kwiltwerk. Met laasgenoemde het sy 30 jaar gelede begin en beoefen vandag steeds hierdie stokperdjie. Haar grootste liefde is egter musiek. Sy het orrel- en klavieropleiding, asook sangopleiding by die UV se Departement van Musiek ondergaan. Lena is eintlik ‘n solis in operamusiek, maar soos die jare aangestap het, het sy eers by die Maranatakoor en later by die Senior Burgerkoor aangesluit. Vir ‘n kort rukkie was sy lid van die Cantabilekoor. Sy het ook ‘n voorliefde vir tuinmaak. Op 90-jarige ouderdom is tannie Lena nog haar eie baas. Sy is onafhanklik, bestuur haar eie motor en werskaf graag in haar tuin. En natuurlik, sy woon nog steeds kwiltklasse by! Lena Rehne is ‘n ware inspirasie vir een en elkeen wat haar pad kruis..... HARTLIKE GELUK!
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
5
Mei/May 2019
ANNA-MARIA’S KWILTWERK DIENSTE Anna-Maria Flanegan – Selfoon: 072 929 1492
More Free Motion R210 per m2
Edge to Edge R180 per m2
Custom Quilting Patroon en prys in oorleg met klant My strewe is netjiese langarm-kwiltwerk van uitstaande kwaliteit OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
6
Mei/May 2019
ARTIKEL
Waar kom Moedersdag vandaan? In 1905 sterf Ann Reeves Jarvis. Sy was ‘n aktivis vir vrede, ‘n versorger van gewonde soldate van beide partye tydens die Amerikaanse Burgeroorlog en die stigter van Moedersdag Werkgroepe wat gesondheidskwessies van openbare belang aangespreek het. Na haar afsterwe wou haar dogter, Anna Jarvis, haar ma vereer deur Ann se werk voort te sit. Meer as dit, Anna wou hê dat die VSA Moedersdag as nasionale vakansiedag instel. Sy wou een dag ‘n jaar aan alle moeders wy omdat sy geglo het ‘n ma is “the person who has done more for you than anyone in the world". Eietydse Moedersdag is vir die eerste keer gevier toe Anna Jarvis in 1908 vir haar ma ‘n gedenkdiens in die St Andrew’s Metodistekerk van Grafton, WesVirginia gehou het. In dieselfde jaar verwerp die Amerikaanse Kongres ‘n voorstel om Moedersdag as nasionale vakansiedag te vier; hulle beweer spotenderwys dat dit sou beteken dat hulle ook ‘n dag vir skoonmoeders sou moet proklameer! Maar, Anna sit haar pogings voort. In 1910 erken Anna se tuisstaat, Virginia, Moedersdag as vakansiedag. In 1911 gee al die Amerikaanse state toepaslike erkenning aan hierdie dag. In 1914 onderteken President Woodrow Wilson ‘n proklamasie wat Moedersdag jaarliks as nasionale vakansiedag op die tweede Sondag van Mei aanwys. Vandag huisves die St Andrew’s Metodistekerk van Grafton die International Mother’s Day Shrine ter nagedagtenis aan hierdie gebeure. Maar hierdie Amerikaanse instelling was nie sonder kritiek nie. Daar was toenemend ongelukkigheid oor die kommerialisering en uitbuiting van die besonderse dag. Anna Jarvis het haar sterk uitgespreek en boikotte teen Moedersdag gelei. Vir haar was Moedersdag ‘n persoonlike geleentheid van eenvoud en dankbaarheid. Desnieteenstaande het handelswaarde verhoog en gaandeweg het angeliere die geskenk van keuse geword. Vandag word Moedersdag in verskeie wêreld dele op ‘n verskeidenheid van dae gevier, meestal Maart tot Mei. In Suid-Afrika word Moedersdag op die tweede Sondag van Mei gevier. Dit word nie as ‘n amptelike vakansiedag erken nie. Tradisioneel word moeders hier met kaartjies, geskenke, ontbyt in die bed of ‘n gesellige middagete saam met familielede bederf. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
7
Mei/May 2019
Met liefde en herinnering...
Marianne le Roux en haar ma OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
8
Mei/May 2019
ARTIKEL
WIT EN GOUD DIE KLEURE VAN PAASFEES Paasfees is ‘n seisoen van vreugde! Dit is een van die belangrikste geloofsfeeste in die Christelike kerklike jaar en vier die opstanding van Jesus Christus op die derde dag na Sy Kruisiging. Die seisoen van Paasfees duur vir vyftig dae vanaf Paas-Sondag tot Pinksterdag. In Wes-Europa, vanwaar ons die Christelike geloof oorgeërf het, strek die gebruik van kleur om kerkjaar seisoene en heilige dae aan te toon terug na die vierde eeu. Op die kerklike kalender word Paasfees allerweë met wit en goud geassosieer. In baie kerke word ampsklede en kanselklede van hierdie kleure gedurende Paasfees gebruik. Die kleur wit is die mees volledige, skoonste kleur – die kleur van volmaaktheid. Gepas verteenwoordig wit ‘n nuwe begin, ‘n simbool van reinheid, onskuld, eenheid en volheid. Die kleur goud simboliseer dit wat kosbaar en waardevol is; koninklikheid, vreugde, oorwinning, sukses en feesvieringe. In die liturgie spreek die helderheid van goudglans van God se teenwoordigheid. Om ons word dit herfs. Van heinde en verre kom fotograwe, kunstenaars en natuurliefhebbers om die goue skouspel van die Vrystaat se populiere vas te vang. Hanli Kempen skryf 1 : In die Vrystaat het ek na gestroopte populiere gekyk in ysige koue. ‘n Kind agter in die kar wat vra: ‘Hoekom huil Mamma?’ ‘n Ander een wat antwoord: ‘Sy kyk na die bome’. Vir Hanli is om ‘n boom te plant om iets van jouself na te laat, om self jou wortels te laat afgroei – afgroei tot daar waar dit stil en donker is, diep in die aarde, die koel aarde. Daar waar alles stil is.
1
https://kempenhanli.wordpress.com/2015/02/28/van-bome/
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
9
Mei/May 2019
Windmills FREE PATTERN Table Runner & 4 Placemats Written by Donna Jordan for Jordan Fabrics – Finished Size: 13x49”
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
10
Mei/May 2019
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
11
Mei/May 2019
Video available at: https://youtu.be/H41G8ixQvRo WOF = width of fabric
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
12
Mei/May 2019
UITREIKPROJEKTE
EERSTE KWARTAAL : BATHO LAERSKOOL OKG se lede het ruimhartig materiaal, klein naaldwerkbenodigdhede en nie-bederfbare kos aan Batho Laerskool geskenk. Nici Smit, onderwyseres en lid van Quiltmakers het die bydraes in ontvangs geneem. So ver is haar verwagtinge oorskry dat sy haar man moes skakel om ‘n groter voertuig te bring om alles op te laai! Opregte dank aan almal.
Nie net leer Nici haar skoliere om naaldwerk te doen nie, haar eie kleine 4-jarige is reeds vaardig met die naaimasjien en het suksesvol aan die Demonstrasie-klas van die dag deelgeneem.
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
13
Mei/May 2019
UITREIKPROGRAM 2019 Tweede Kwartaal: MES en Christelike Seemans-organisasie Musse, serpe en handskoene met ‘n boodskappie van hoop wat elke mus, serp en paar handskoene vergesel. Derde Kwartaal: CHOC-Huis EN April se Ouma se Foundation Project Besonderhede oor April se Ouma se projek volg spoedig. Koesterkussinkies vir die kinders van CHOC Huis. Patrone beskikbaar by die groepleidsters. Nog meer te sien op die OKG Facebookblad by: https://www.facebook.com/oranjequilt ers.guild
Vierde Kwartaal: Pregnancy Crisis Centre EN Aftreeoord Zastron Besonderhede sal by volgende geleentheid verskaf word. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
14
Mei/May 2019
2017 - 2019 - 10th Travelling Quilt Exhibition 12 April to 5 May April 2019, Oliewenhuis
O P E N I N G SA A N D
Lisa Nel (gasspreker) saam met Iessie Steenberg Lisa Nel is an established fashion designer, with special interest in exclusive wedding dresses, accessories and tailored suits. Her style is understated, vintage and effortless. She quotes Audrey Hepburn for saying, “Elegance is the only beauty that never fades”. She loves translucent, delicately textured silk fabrics in subtle colours. She believes garments are an extension of oneself, “they are like artworks expressed in colourful, three-dimensional, textured fabrics that tell a story about the person wearing them”. Lisa Nel also is the Programme Coordinator for ECP at the Central University of Technology. Lisa holds a Master’s degree in Design.
Marietjie van Rensburg en haar skoonsuster, Elsa OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
15
Mei/May 2019
Ansa Klopper en Marietha Bosch
Iessie Steenberg saam met haar kleinseun, Jaden
Quiltmakers se Nici en Michelle
Christa Gouws
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
16
Mei/May 2019
GROEPIENUUS Gouedrade Nuus Ons eerste Kwartaalvergadering, aangebied saam met Rotary Cutters, het glad verloop. Die tema was “partytjie” en almal het dit baie geniet. Die eetgoed en tafels het pragtig gelyk. Ons dank aan elkeen se bydrae en ook die pragtige hartjies wat almal gemaak het vir ons lief en leed meelewing.
Ester Jordaan se kwilt “Hidden Wells” kwilt van Linda Theron Tafelloper deur Petro van der Merwe Die Gouedraders werk heerlik saam eenkeer per maand en ons eerste twee demoklassies het almal aan die werk. Petro het aan ons die “Hidden Wells” Blok gedemonstreer en lede het die mooiste patrone aan die lig gebring. Ons tweede demonstrasie was ‘n vinnige hartjieblokkie-tegniek waarvoor ons allerande kleure reslappies gebruik het om die hartjies te maak – daar is geen verskoning meer om te wonder wat om met al die oorskietlappies te maak nie! Delene het die “Colour Burst” kwiltklas bygewoon – met so 12 verskillende kleurskakerings van lig, medium en donker aanmekaar gewerk, in ‘n vetblok en driehoeke gesny en dan aanmekaar gewerk. Dis werklik waar baie mooi en interessant.
“Stressed, Blessed and Fabric Obsessed” OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
17
Mei/May 2019
Maggie Bekker met haar pragtige hartekwilt. Lief en Leed Maggie het aan ‘n Ultramarathon deelgeneem en was baie styf na daardie sessie! Rita het op 22 Maart verjaar en het ‘n heerlike kuier en bederf saam met haar familie geniet. Al ons ander lede het hulle met hul UFO’s besig gehou. Die komende Reisende Uitstalling lê voor en beloop om baie interressant te wees (Uitstalling by Oliewenhuis, 12 April tot 5 Mei). Ons dames het al hul skouprojekte ingeskryf en ons hoop daar sal sommer baie wees om te besigtig en dat almal met eerste pryse sal wegloop (Bloemskou 26 April tot 4 Mei).
“Taking life one quilt at a time” Groete van Gouedraders
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
18
Mei/May 2019
Nuus van die Langenhovenparkies Ons verwelkom Annemarie van der Walt het by ons aangesluit het! Met tannie Lena se verjaarsdag het ons groep heerlik gekuier en die allerlekkerste eetgoed geniet. Die dames van ons kwiltgroep is fluks besig met projekte vir vanjaar. Lettie werk nog aan haar hoendertjieskwilt; tussendeur maak sy vir haar kleindogter ‘n kaleideskoopkwilt. Flolinda is hard besig met ‘n vier-hartekwilt vir haar kleindogters. Elsa maak ‘n tafelloper en Ninor werk aan ‘n scrap-kwilt. Lulu maak ‘n kwilt van al haar monsterlappies, Ritha maak ‘n log cabin-kwilt en Ansie is besig met ‘n strooklas-kwilt. Tannie Lena is besig met UFO’s. Dennis is nog op die kurkelys. Ons hoop om haar gou weer by die klas te verwelkom. Ons groep het vier pragtige kwilte vir die Bloemskou ingeskryf. Nou lê die uitdaging van Kwiltedoor voor, en..... Langenhovenparkies se aspirant Kwiltedoordeelnemers is:
Lettie Rehne Lulu Koster
Ritha Swanepoel
Groete Ansie Combrinck
IMPORTANT MEETING DATES 18 May 2019
General Meeting
24 August 2019
General Meeting
19 September 2019
Patchjol
12 October 2019
Spring Day
09 November 2019
General Meeting
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
19
Mei/May 2019
Needles & Pins Liewe Laslapvriendinne Die skou is hier en dis glad nie een van die vele “April Fools” grappies nie. Ons klomp was baie produktief en het tot ounag gestik om betyds klaar te maak en in te handig op die “due date” of meer in die lyn and “due minute...”. Ons sien uit om al die groepe se kwilte te sien. ‘n Mooi patroon en helder kleure vang altyd my oog. Pastelle is vir eers op die agtergrond (as julle vir Estelle ken; sy is ‘n sagte mens wat haar omring met sagte kleure). ‘n Tikkie helder geel, mosterd of ‘n bietjie pers êrens in die kwilt – gee lewe. Ons wonder net wie gaan hierdie jaar weer die meeste inskrywings hê? Ons pennesakkies is kant en klaar en met die volgende Saterdag bymekaarkoms gaan ons sommer al die die pakkies uitgee as verjaarsdag geskenke. Ja, die vriendinne wat aan die einde van die jaar verjaar is gelukkig om ‘n vroeë geskenk te ontvang!
Daar is tans oral lappies gekoop vir ons jaarprojek – Gypsy’s Wife. Alhoewel Marianne gesê het ons moet al ons afvallappies opgebruik, is ek seker dat almal van ons maak of ons dit nie gehoor het nie. ‘n Nuwe lappie bly al te lekker! Op my Facebookblad is daar ‘n groepie wat baie lede dwarsoor die wêreld het, die “Scrap Quilt Enthusiastics” noem hulle hulself. Die vroue maak die mooiste kwilte van al hul afvallappies en gebruik ook eenvoudige patrone. Die kwilte is ook sommer in ‘n naweek kant en klaar. So of ons afvalstukkies gaan gebruik weet ek nie, en of ander dit sal weet maak nie saak. Wat saak maak is dat ons dit gaan geniet! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
20
Mei/May 2019
Baadjies, oornagsakke, lopers, muurbehangsels en nog vele artikels gaan gemaak word as daardie lappies eers aanmekaar gestik is. Soos Magda sê: “Hoe kry ons ons projekte klaar?” Met 30 minute elke dag; soos die ou spreekwoord sê - kafdraf- en dan is jy klaar. Volgende keer sal ons terugvoer gee oor die vordering van ons projek. Vir nou lê die uitdaging van Kwiltedoor voor, en..... Needles & Pins se aspirant Kwiltedoordeelnemers is:
Doretha Jacobs
Christine von Wielligh
Lorene Erwee
Estelle Venter (Reserwe)
Uit ‘n nat Bloemfontein, met die reuk van sop en pannekoek uit die kombuis, warm herfsgroete!
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
21
Mei/May 2019
Rotary Cutters Wilna skryf uit die buiteland: Die Rotary Cutters werk nog aan hul Shadow Trapunto-kwilte. (Red. Sy het darem vir ons ‘n foto van haar eie kwilt gestuur!) Marietjie het al die blokke van haar Mystery-kwilt van 2018 aanmekaar, net reg om met haar borduurmasjien deur te stik.
Wilna se Shadow Trapunto-kwilt Marietjie se Mystery-kwilt Elsa is terug in die tuig by haar werk, na ‘n luilekker twee maande se verlof waartydens sy by familie en vriende gekuier het. Sy het darem ook ‘n kwilt gemaak! Frances en Angelina is albei ongesteld. Ons wens hulle ‘n spoedige herstel toe. Hanli is baie besig by haar werk. Ons vertrou sy sal binnekort weer ‘n kansie vir kwiltwerk kry. Rika en Wilna kuier beide by hulle kinders in die buiteland – Rika “daar onder” in Australië en Wilna in Engeland.
Elsa se “Cherry Blossom Tea” kwilt Baie dankie aan almal vir julle harde werk met die Februarievergadering, spesiaal ook aan Marie en haar Gouedraders – dit was voorwaar ‘n heerlike partytjie! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
22
Mei/May 2019
Quiltmakers Quiltmakers se aspirant Kwiltedoordeelnemers is:
Margaret Jordaan
Sonia van Zyl
Nici Smit
Petro Swart
Nota: Petro en Sonia moet besluit wie sal die reserwe wees.
Groepe verantwoordelik vir ‘n Kwartaalvergadering gedurende 2019
Mei Quiltmakers
Augustus Stukkies
November Sterre – Langenhovenparkies OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
23
Mei/May 2019
Nuus van die Sterre Iessie skryf: So met Lief en Leed as deel van ons lewens, het ons aangestap tot in die tweede kwartaal van hierdie jaar. Baie sterkte aan Lulu Marais met die afsterwe van haar suster. In ons groep is ons besig om elkeen ‘n Double Wedding Ring kwilt te maak gedurende hierdie jaar. Hierdie romantiese kwilte het deur spekulasie op allerhande maniere die naam van Double Wedding Ring gekry. Kwilte gemaak met die ringe wat in mekaar sluit, was min gemaak en in die 1920’s is hierdie patron meer dikwels begin gebruik. Voor dit was dit onder verskillende name gemaak soos Rainbow, Around the World, Endless Chain, King Tut en ook as Friendship Knot.
God genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde. (Ps 147:3)
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
24
Mei/May 2019
BLOEMSKOU 2019 PRYSWENNERS Bedkwilte: Laswerk 1. Margaret Jordaan
2. Sonia van Zyl
3. Sonja Greyling 4. Flolinda Marais Bedkwilte: Appliekwerk 1. Sujanie van der Spoel
Muurbehangsels: Prentjie 1. Gerda Cronje-Vermeulen 2. Selma Niewoudt 3. Petro Swart 4. Lettie Rehne Muurbehangsels: Organiese Vorm 1. Gerda Breytenbach
Oranje Kwiltersgilde Wisseltrofee vir die beste gekwilte artikel Frances van Schalkwyk Wisseltrofee – beoordelaarskeuse
Iessie Steenberg Wisseltrofee vir die beste tradisionele kwilt
Marïette Venter Wisseltrofee vir die beste innoverende kwilt
2. Sujanie van der Spoel 3. Doretha Jacobs 4. Ria Labuschagne Muurbehangsels: Geometriese Vorms 1. Elsa de Wet Raadzaal Matlokaal Wisseltrofee vir die beste vryhand masjiengekwilte artikel 2. Elsa Schoeman 3. Gerda Cronje-Vermeulen 4. Charlotte Naude Muurbehangsels: Materiaalkuns 1. Nelia Venter Mev H Odendaal Wisseltrofee vir die mees uitstaande artikel 2. Sonja Greyling 3. Sonja Greyling 4. Nici Smit Groepskwilte 1. Elsa Viviers 2. Doretha Jacobs 3. Ria Senekal Tema Kwilte (geen) OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
25
Mei/May 2019
Miniatuur Kwilte 1. Callista von Wielligh 2. Ilze de Kock 3. Lorene Erwee Jeug Kwilte 1. Joni Hagemann
2. Joni Hageman 3. Joni Hageman 3-Dimensionele Items 1. Marietjie Prinsloo 2. Ilse Moolman 3. Marietjie van Rensburg Gemeenskapsprojekte (geen) Konsepkuns (geen) Beginnerskwilt 1. Nici Smit 2. Tammy Burger 3. Lulu Koster 4. Christa van Heerden Groep met meeste inskrywings 1. Quiltmakers ---15 2. Needles & Pins ---12 3. Stukkies ---9 Kwilter met meeste inskrywings Gerda Cronje-Vermeulen ---6
Best Youth Wisseltrofee vir die beste deelname van persone onder 18 jaar Anita Kleynhans Wisseltrofee vir die meeste punte in die laslap- en kwiltwerk afdeling
Karin de Villiers Wisseltrofee vir die beste kwilt-beginner
Marianne le Roux Wisseltrofee
Christa Gouws Wisseltrofee
Die beoordelaar was MARI STRYDOM. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
26
Mei/May 2019
Stukkie-vir-Stukkie Stukkies se ledetal het die afgelope paar maande gegroei tot … 17 lede!! Dit gons nou behoorlik wanneer die groep bymekaar kom. Soos dit seker met groepe dames bymekaar gaan, word gesels, idees uitgeruil, lief en leed gedeel en sommer net lekker gekuier. Verskeie Stukkies het die Nasionale Kwiltdag bygewoon en saam gewerk. Johanna, Ria en Christa het Jane Renton se Mandala-kursus bygewoon. Dit was baie lekker en leersaam, maar ook ‘n kopkrapper. Hulle hoop om in die verloop van die jaar die Mandalas te kom wys. Margaret Strydom het die ‘Colour Burst’ kursus by Hanlie gedoen. Sy is een van ons nuwe lede en het gemaklik ingeval by die groep en ook by die kursus. Wat ‘n heerlike dag! Groeplede het ‘n klompie kwilte vir Bloemskou ingeskryf. Ons is baie trots op hulle, dit is so goeie leerskool. Die 10de Reisende Uitstalling was ook goed bygewoon deur lede en gades (party gades lees eerste die Nuusbrief na ‘n Kwartaalvergadering!!) Dankie vir julle ondersteuning en ook aan Iessie wat al die werk vir die uitstalling hanteer het. Felicity se hoender-kwilt is kant-en-klaar. Charlotte het haar Gypsey Wife en Dear Jane kwilte voltooi. Margaret van Niekerk het fluks gebrei aan die Seemansmusse, baie dankie. Drie van ons lede gaan later vanjaar vir hulle kinders in die buiteland kuier. Beatrice gaan Engeland toe, Felicity na Amerika en Ria reis Praag toe. Geniet die kuier by julle kinders en kleinkinders en kom veilig terug. Later vanjaar gaan Ina en Christa die Kwiltfees by Heronbridge in Four Ways bywoon. Maar, vir eers lê die uitdaging van Kwiltedoor voor, en..... Stukkies se aspirant Kwiltedoordeelnemers is:
Charlotte Naude Ina Beukes, Johanna Engelbrecht en Annamarie Wessels (Reserwe) Stukkies-groete OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
27
Mei/May 2019
Tolbosse Mariëtte skryf: Ons is maar net 'n paar oor in die groep, maar ons is besig met groot dinge. Elkeen is besig met iets mooi en kreatief. Ons sukkel om vir Lynette van vakansie af terug te kry. Sy vang hordes vis in Namibië maar sy maak tyd vir kwilt tussen vakansie, vrugte werk en boer.
Lynette by die viswaters
Lynette se kwilt in wording Rina herstel na chemo en ons wens haar volkome herstel toe. Wanneer sy beter voel gaan sy haar helder voëltjies weer aanpak en hulle kan nie wag om in hul boom te sit nie. Ons sien uit na die eind-resultaat. Mariëtte se sus se kwilt is klaar afgelewer en word gelukkig gebruik. Haar kwilte hou niks van donker kaste nie. Sy kry maar min tyd vir kwilt tussen kosmaak, 'n regte werk en die klerebestellings deur. Sy is darem besig om haar scrappy te kwilt en 'n kwilt vir iemand anders te maak. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
28
Mei/May 2019
Kwilt wat Mariëtte maak met blokke wat 40 jaar gelede geverf is
Riané Bothma, ons jongste lid, is besig met die grys babakwilt. Maar soos enige nuwe kwilter het sy baie planne en is besig met ‘n paar kwiltprojekte. Sy is ‘n voltydse boer en gee ekstra wiskundeklasse na skool.
Riané se babakwilt
Riané se sakke
So, Tolboshande bly besig en hulle koppe oop! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
29
Mei/May 2019
En hier is so ietsie uit die verlede.
Kwilt en kreatiewe brei was 'n groot deel van Oranje-kwilters se lewe.
Tolbosgroete!
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
30
Mei/May 2019
N A T I O N A L Q U I L T D A Y – 9 MA R CH 20 1 9 The Guild celebrated National Quilt Day with the festive colours of Amafu Handdyed Fabrics, all the way from the green rolling hills of Kwa-Zulu Natal.
Starting off, Jane Renton presented a course on how to quilt a mandala.
OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
31
Mei/May 2019
Hanli Burger sold these beautiful Amafu fabrics and made time in between to present a very informative Colour Burst course.
More colour was brought to the day by Alae Randlehoff who presented two demonstrations during teatime. Alae is from Quilt in Clarens fame. She taught on how to create perfect round circles and continuous prairie points. Nowithstanding, our own MariÍtte Venter entertained attendees at teatime with exquisite home-made treats. Visit the Oranje Quilters’ Guild blog for more news and photos of this and many other enjoyable events! https://oranjequilters.blogspot.com/ OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
32
Mei/May 2019
Alae Randlehoff
MariĂŤtte Venter
Ritha, Lettie en Lorene tydens teetyd OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
33
Mei/May 2019
DIE LAASTE WOORD
Time to Celebrate SAQG Quilt Collection
To celebrate the South African Quilters’ Guild’s 30th anniversary we would like to invite all SAQG members to participate in a Quilt Collection opportunity to be exhibited at the SAQG Stall at the National Quilt Festival in Johannesburg in August 2019. Theme: Time to Celebrate Size: 30cm x 30cm Criteria: ONLY the 6 colours of the SAQG logo may be used. Any technique or combination of techniques may be used to create the quilt. Entry deadline: For the completed quilts, 19 July 2019 We encourage each Regional Guild and Country Group member to participate enthusiastically. We ask that each Guild and Country Group choose and enter three of their best entries. A total of 30 quilts will then be selected for display at the SAQG stall at Festival 2019. Individual members belonging to the SAQG are also invited to participate. At the Festival, visitors to the Time to Celebrate Exhibition can vote for the Viewers’ Choice. The winner will be announced at the Farewell Function at the end of the Festival. This collection of celebratory quilts will also be included in the SAQG Travelling Exhibition to travel around South Africa for the next two years. Contact:
Annette Marx – 083 461 9991; annette.marx@liberty.co.za Antoinette Kriel – 083 556 3043; cmusiek@intekom.co.za
Aan ons lesers: Inskrywingsvorms is beskikbaar by die groepleidsters. – Red. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
34
Mei/May 2019
DIE LAASTE WOORD
"The Cross Has The Final Word" The cross has the final word The cross has the final word Sorrow may come in the darkest night But the cross has the final word There's nothing stronger Nothing higher There's nothing greater than the name of Jesus All the honor All the power All the glory to the name of Jesus Song by Cody Carnes, video available at: https://www.youtube.com/watch?v=n0TAnT6Leec
Additional Sudoku puzzles as well as the solution to these two puzzles can be found at the following web page: https://www.puzzles.ca/sudoku OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
35
Mei/May 2019
ALGEMENE VERGADERING – FEBRUARIE 2019
Ek gee julle ‘n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter
36
Johannes 13:34 NLV Mei/May 2019