ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989 Bloemfontein & District Februarie 2018 Newsletter/Februarie 2018 Nuusbrief
1
Bestuur 2018 Voorsitter: Mariëtte Venter 0823373699 Onder Voorsitter: Marianne Le Roux 02808262128 Sekretaresse: Christa Gouws 083 542 5709 Tesourier: Riana Nel 08256202776 SAQG Verteenwoordiger: Mariëtte Venter Skou Verteenwoordiger: Iessie Steenberg 084 733 8639 Reisende Uitstalling: Iessie Steenberg 084 733 8639 Nuusbrief/Blog/fb: Frances vd Walt 0788034019 Media: Nelia Venter 0824606326 Fotograaf: Lynette Eloff 083 973 8161 Koffiemandjie: Lenie Lourens 082 438 5191 Groepleidsters: Friendshipgroep - Frances vd Walt 078 803 4019 Goedharte – Du Maurier Weiss 083 4071545 Gouedrade - Marie Coetzee 083 448 6921 Stukkie vir Stukkie Kwetter Kwilters - Lenie Lourens 082 438 5191 Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Lee Minnie 082 453 4155 LHParkies - Lettie Rhené 082 466 2986 Needles & Pins – Nelia Venter 0824606326 TolbosseQuiltmakers - Lynette Eloff 083 973 8161 Stukkies - Christa Gouws 083 542 5709 Rotary Cutters - Wilna Geel 084 462 1212 Sterre –Iessie Steenberg 084 733 8639 Uile – Elize Steyn 078 421 5267
BELANGRIKE DATUMS
KWILT ARTIKEL GROEPIE NUUS 2
UIT DIE VOORSITTER SE PEN… 2018: Kan jy dit glo? Dit voel erg onwerklik. Dalk voel jy bang vir die jaar met al sy nuwe en onbekende dinge. Dan sal jy 'n antwoord kry in Ps 37. Daar staan; vertrou op die Here, vind jou vreugde in Hom en Hy sal jou rustigheid gee.
So wens ek dan vir julle elkeen 'n rustige kwiltjaar met baie deel, gesels, lag, kuier en kwilt. Dra mekaar en wees jy die verskil in die Gilde wat jy graag wil sien. Maak julle UFO's klaar en maak die mooiste nuwe kwilt ooit.
Die ergste is ek besef ek is nou presies 30 jaar deel van hierdie Gilde en dan wonder of het ek my kant voluit gebring. Die 30 jaar was in elk geval 'n voorreg met almal wat my pad gekruis het en alles wat ek hier geleer het.
So kom ons maak 2018 een van ons beste kwiltjare. Mariëtte 082 337 3699 mariettev2912@gmail.com
“There is no doubt that creativity is the most important human resource of all. Without creativity, there would be no progress, and we would be forever repeating the same patterns.” Edward de Bono
3
Inligting aan groepe t.o.v reëlings van Alg. Vergaderings: Kontak Christa Gouws (sekretaresse) vir enige navrae: 083 542 5709 Verpligtinge vir die oggend sluit in:
1.
`n Uitnodigingskaartjie word digitaal gemaak, wat die nodige inligting bevat bv.
tyd, plek spreker ens. Dit word op Whats App/fb en blog geplaas. Die saal is alreeds bespreek( dit sluit in die hoeveelheid tafels en breekware) – bevestig by Rene 051 522 5418 – NGK Kantoor te Altonasingel. Groepe verantwoordelik vir die oggend se vergadering , moet self die dag vantevore hulle gaan vergewis of die saal in orde is.
2.
3.
Die groep verantwoordelik vir die Kwartaal verg. moet asb. ook sorg vir `n ligte verversing by die tee na die Bestuursvergadering – gewoonlik 3 weke voor Alg. Verg. Die klem val op `n ligte verversing – dit is net vir daardie “honger” gaatjie wat so by 11 - uur ontstaan - dit is ons manier om gasvry te wees en almal te bedank vir die tyd wat hulle afstaan sodat die Gilde kan funksioneer. 4.
5.
6.
7. 8.
9.
By die Algemene Vergadering poog ons om gewoonlik `n demonstrasie of spreker te kry, wat verband hou met kwiltwerk. (Verwys na `n besluit op Bestuursvergadering). Daar word ook verversings na die Alg. Vergadering aangebied – gewoonlik soet en sout saam met tee en koffie. Hou dit alles asb. so minimalisties as moontlik. Gedurende wintermaande is sop en broodjies ook `n alternatief. Daar is `n bedrag begroot – groepleidsters handig jul aankoopstrokies in en vra nodige fondse aan.
Die groepe verantwoordelik vir die dag se Alg. Vergadering moet ook sorg dat daar buite die deur persone is om die tafel vir ontvangs te beman. Hier word plakkers uitgedeel vir die stem van “Show & Tell”, asook die “challenges”. Besoekers betaal R50.00 . Daar sal `n kleinkas voorsien word, asook `n kwitansieboek en ledelys. Marianne le Roux sal die tesourier bystaan in die verband. Groepleidsters kan na afloop van die Vergadering die Nuusbriewe by die Sekretaresse afhaal. Daar word verwag dat alle inligting rondom jou groepie, soos bv. lief en leed kwartaalliks aan die Redakteur deurgegee word sodat dit in die Nuusbrief geplaas kan word. Sou jou groepie enige kursusse of fondsinsamelings hou of enige ander kwiltnuus, kan daardie inligting ook in die Nuusbrief verskyn. Gee dit net vroegtydig via e - pos deur aan die Redakteur. “Show & Tell”: Kwartaalliks stal die groepies hulle kwiltwerk uit. Elke groepie het `n kwiltstaander. Dit word saamgebring na elke kwartaalverg, sodat die
4
kwilte daaroor gehang kan word. Lede moet onthou om hulle kwilte te merk met `n “label” waarop jou naam, naam van jou kwilt, inspirasie vir die kwilt en `n datum verskyn. Gedurende “Show & Tell” vertel elke uitstaller meer van haar kwilt. Lede moet die plakker wat hulle by die deur ontvang, gebruik om voor die vergadering vir hul gunsteling te stem. Groepies sal voortaan elkeen hul eie “show & tell” hanteer. 10. Onthou om jou ledegeld wat hierdie jaar R180.00 beloop, aan jou groepleidster te betaal. Sy moet dit voor einde Maart oorbetaal aan die tesourie. 11. Welkom aan alle nuwe lede. Indien daar iets is wat jy nie weet nie, vra gerus jou groepleidster of kontak van die Bestuurslede. Ons help graag. Geniet jou stokperdjie saam met ons, dit is `n absolute voorreg om deel te wees van `n groep baie talentvolle vroue, wat mekaar nie net rondom die wêreld van kwilte inspireer nie, maar ook sommer baie spesiale vriende word! Laastens maar BAIE BELANGRIK – groep verantwoordelik vir vergadering maak asb. seker dat alle ligte en urn afgeskakel is, die vensters toe is, en trek asb. die voordeur toe nadat almal uit is. Stuur sms of bel asb. Rika 083 337 5019 en gee kennis dat Verg. afgehandel is, sodat sy kan toesluit. Dankie. -Lekker Resep
Sometimes I think maybe I should do something besides sew... then I realize how silly I’m being and go back to sewing. Anon
5
Bloemskou… TEMA (MONSTER) / THEME (MONSTER)
26 April - 05 May 2018 Koördineerder/Coordinator: Iessie Steenberg 082 705 5279
SLUITINGSDATUM vir inskrywings: Woensdag 28 Maart 2018. CLOSING DATE for entries: Wednesday 28 March 2018. **Vertoonstukke sal tussen 09:00 en 10:00 op Saterdag 14 April 2018 in die Kreatiewe Handwerk Saal ontvang word. / Local exhibits will be received at the Creative Crafts Hall on Saturday 14 April 2018 between 09:00 and 10:00. • Verwydering van artikels, Dinsdag 8 Mei 2018 vanaf 16:00 tot 18:00. Removal of articles, Tuesday 8 May 2018 from16:00 to 18:00. Inskrywingsfooi/Entry Fee: R12 per inskrywing/entry (1-10) dan/then R10 per inskrywing/entry Pryse/Prizes: R25.00 en/and R20.00 Kontant Pryse/Cash Prizes Trofees/Trophies
6
Quilting in India… ( African/Indian Quilts)… http://www.henrydrewal.com/exhibit_stitching_history.html
Met toestemming van Prof. Henry Drewal – epos vanderwaltf@gmail.com gedat: 4 Jan. 2018.
Soulful Stitching: Patchwork Quilts by Africans (Siddis) in India…
Quilters` meeting, Gunjavati village
The Siddis of Karnataka, India are the descendants of both early African immigrants to South Asia and enslaved Africans brought to Goa on India’s west coast by the Portuguese beginning in the 16th century. Gradually, they escaped slavery and moved southward into the remote Western Ghatt mountains of Northern Karnataka in order to create free, independent African diaspora communities.
Quilter working, Gunjavati village
7
While they have adopted, adapted, and integrated many aspects of Indian cultures, Siddis have also retained and transformed certain African traditions. In the visual arts, one tradition stands out: the patchwork quilts known as kawandi.
Used as both mattresses and covers, kawandi are made by women for their children and grandchildren. Walking through a Siddi village, kawandi are seen draped over fences, hung on lines, or spread on low roofs to be aired in the sun. Yet they are practically unknown outside Siddi communities, even within India.
Quilters showing work, Mainalli village
Mixing together a vibrant array of well-worn clothing fabrics, Siddi quilts are highly individualistic, yet quilters share many clear and precise opinions about quality, beauty, and the need to “finish properly” the corners with triangular patches called phulas, or flowers. Catholic and Muslim Siddi women sometimes incorporate crosses or crescents in their designs, and baby quilts in particular are often bejeweled with lots of small, colorful patches called tikeli.
This exhibition is co-curated by Henry J. Drewal, Evjue-Bascom Professor of African and African Diaspora Arts at the University of Wisconsin-Madison, who first saw kawandi while documenting Siddi expressive culture in 2004 and Sarah K. Khan. All of the quilts in the exhibition are by members of the nonprofit Siddi Womens’ Quilting Cooperative, which is keeping this tradition alive and vibrant.
Quilter at Mainalli village
8
Fatima Imamsahib (Gunjavati), 2005-06
Quilter examining sari backing, Kendalgiri village
Quilt drying in the sun, Mainalli village.
Mariambi Karimsahib (Gunjavati), 2008 Besoek gerus die onderstaande webblad vir nog van die merkwaardige kwilte‌.
http://www.henrydrewal.com/exhibit_stitching_history_checklist.html
9
Boeke… Deesdae is boeke oral bekombaar. Verskaf net die titel, skrywer, ISBN en sommer gou kan die meeste boekwinkels jou help. Plaaslik is daar Exclusive Books(Waterfront), Bargain Books( Preller/Noordstad) en Protea Boekwinkel(Brandwag). Aanlyn is loot.co.za en takealot.com van die meer bekostigbare aanlynwinkels. Amazon.com is ook `n opsie. (Hier kan jy die meeste handwerkboeke kry – rand/dollar/”shipping” en invoerkoste ( 14% betaalbaar by jou poskantoor as jy pakkie afhaal, maak dit soms duur. )
Sue Spargo Sue Spargo is gedurende die Nasionale Fees 2019 een van die uitsoek buitelandse “teachers” wat kom klas gee! Sy vertel meer oor haarself - https://okanarts.com/sue-spargo/
“My parents gave me traveling shoes—in their early twenties they packed up their home in England and ventured to the bush in Zambia, Africa, where I was born. From there we moved to South Africa where I grew up and completed all of my schooling. In my early twenties I spent a few years in England, followed by a return to South Africa for five additional years. My thirties brought a move to the USA where I lived in four different states and am now settled in Ohio. I love to travel and experience new cultures, and I feel very fortunate to have traveled the globe teaching others my passion of Folk Art. “ Sy konsentreer op “folk art” wolappliek/borduur – werk. Een van haar gewilste boeke is vir `n 2de keer herdruk en sedert Des. 2017 weer beskikbaar. Besoek gerus haar webblad om na haar werk te kyk. https://www.suespargo.com of by “The Quiltshow” se “youtube” – kanaal: https://www.youtube.com/results?search_query=The+quilt+show+sue+spargo
10
11
Friendshipgroep… Ons kom steeds elke 2de Vrydag van `n nuwe maand in die Bernina – werkslokaal bymekaar.
Te gou is die somervakansie verby!... en almal en alles is weer terug na elke dag se take… So tussendeur werk, reis, kleinkinders oppas en dagtake maak die “Friendshippers” tyd vir kwilt. Gedurende Februarie beplan ons `n lekker stik- en kuierdag. Dan gaan elkeen vir haar `n pragtige oornagsak maak. Die pragtige resepte- leêrs van die N & P`s het ook ons groep geïnspireer om resepte te ruil. Die meeste lede het hul leêrs oorgetrek –sommige wag nog dat die winkels eers A5 leêrs in voorraad kry – intussen het Anna Gropp sommer 4 oorgetrek! Anna Raubenheimer reis/kuier baie rond, tog verras sy ons as sy die oggend by ons groepie kuier. Hier is haar “Cathedral Window” – kussing. Sy het ook `n ou sak met die “boro” – tegniek vernuwe. Sommer die “le –mesh” – tegniek ook as `n blokkie gebruik. Verder het sy die mooiste “labels” van klere herwin en ook op die sak gewerk. Baie mooi, Anna! Dis nou regtig welgedaan!
Die res van die groep het elkeen iets wat haar besig hou: - die hekelgogga het vir Marlisa gebyt! Sy en Amanda gaan `n lekker “retreat” by Fouriesburg bywoon en daar is groot opgewondenheid oor al die mooi wol!
12
Maxie deel die liefde vir hekel en word sommer baie besig gehou met bestellings. Tussendeur kwilt sy en vriendin Maureen darem nog, sou daar `n tydjie beskikbaar wees… Hanli se tyd word gedeel tussen werk en huislike verpligtinge, tog word daar ook tyd gemaak vir kwilt – en sy het klaar haar dag verlof ingesit om saam aan die oornagtas te kan werk. Sanet is die bedrywigheid self, al is haar kantoor nou tuis, het sy tyd vir alles en almal – van kwilt tot stalletjie beman by die “boeremark” sodat skoonma kan gaan kuier! Frances het haar resepte se leêr voltooi asook `n lopertjie en is besig om die ufo`s met `n ferm hand aan te pak – tannie Ninor is beslis `n inspirasie!
Trudie se tyd is beperk, aangesien sy na haar kleindogter omsien, maar sy het ook so tussendeur vir haar kleindogters kwilte voltooi. Pragtig Trudie! Martie het verlede jaar in haar nuwe meenthuisie ingetrek en tussen uitpak en tuinmaak, het die kwiltwerk eers agterweë gebly. Sy beplan egter ook om `n oornagsak saam met die res van die groep te maak. Estelle het die afgelope vakansie vir 2 weke haar kleinkinders opgepas, dit verhoed egter nie dat die houer met heksagone nie aandag kry nie. Blokkie vir blokkie groei die projek… sy het ook `n gehekelde deken voltooi. Mari is ons besige kwiltbytjie! …met `n vol dagboek maak sy so af en toe `n kansie en sluit dan vir `n kuiertjie by ons groepie aan. Friendshipgroete vir `n Voorspoedige 2018! Jy groei altyd in die rigting waarin jou gedagtes lei. En oor hierdie rigting kan net jyself besluit. Jou lewe is wat jou gedagtes daarvan maak. Dink vrolik! – Marcus Aurelius
13
14
* American Quilter Fall 1994 - “(Shi Sha Mirrors” word veral gebruik by “crazy patchwork”.)
15
“Used with permission from Mary Corbett`s Needle `n Thread www.needlenthread.com”
https://www.needlenthread.com/2013/10/stitch-fun-shisha-stitchvariation.html https://www.needlenthread.com/videos
16
Kwetter kwilters… Ons glo en vertrou almal het `n Gesëende Kersvakansie geniet. Die Kwetter het 2017 afgesluit met `n heerlike kuier by Urth Cafe. Die Kwetters was ook elkeen besig met sy eie dinge gedurende die vakansie. Regina het` n dogter ryker geword met die troue van haar seun. Baie geluk aan julle almal. Magriet het saam met Arina by die kinders gaan kuier en lekker vakansie gehou, ten spyte van haar seer rug. Sy het ook aan haar kwiltblokke gewerk (foto). Die kwilt wat sy verlde jaar aan die Gideons geskenk het, het R2500 ingebring. (Die Gideons deel jaarliks aan alle gr 8 leerlinge by skole Bybels uit.) Marietjie het aan haar “round-robbin” gewerk en `n aktiwiteitskwilt vir klein Amy gemaak. (foto) Martie-Mari en haar gesin het die onaangename taak gehad om haar dogter Kaap toe te help trek. So word die nes al leër. Sterkte. Esther het deur die vakansie aan haar heksagone gewerk. (foto) Lenie het net lekker vakansie gehou by haar kinders. Onthou te veel van `n goeie ding (lappies en kwilt) is FANTASTIES! Voorspoed met alles wat julle die jaar aanpak.
17
Langenhovenparkies… So is ons alweer volspoed binne-in 2018! Met nuwe uitdagings en ook nuwe geleenthede. Mag elkeen hul geleenthede ten volle gebruik en hul uitdagings aan die hand van ons Heer aanpak. Dit is altyd so 'n groot voorreg om ongeskonde terug te kom na die feestyd en my wens vir elkeen is 'n wonderlike en vervulde 2018. Hierdie jaar is ons groepie se "log cabin" - jaar. Feitlik elkeen in die groep gaan 'n kwilt met hierdie tegniek maak, hetsy 'n bedkwilt of 'n loper. En die eindprodukte gaan so uniek wees soos elke unieke individu. Ek sien baie daarna uit om dit te sien! Ansie het die afgelope feestyd net rustig met Jan Tuisbly se karretjie gery. Vir Elsa was dit heerlik en 'n voorreg om tyd saam met haar kinders en kleinkinders te kon spandeer. Denise het lekker tyd met haar kinders spandeer by die see en is reg vir die nuwe jaar. Flolinda is ons “jetsetter” en was 'n maand weg!! Twee weke by hul strandhuis en twee weke by drie van haar kinders in die Kaap. Sy wil die jaar `n “scrappy” - kwilt en 'n seetoneel - kwilt maak. Ritha se kleindogter het graad 12 geslaag. Baie geluk! En sy was na Afrikaans is groot. Lekker! Lucy is ook 'n “jetsetter” en spandeer meeste van haar tyd by haar kinders. Sy wil poog om hierdie jaar meer klasse by te woon en ten spyte van baie ufo's moontlik twee klein muurbehangsels maak. Ninor is amper klaar met haar “Granny” - kwilt en het sowaar nog 'n Ufo ontdek toe sy kaste regpak. Sy stel voor dat ons eenkeer 'n maand 'n Ufo- dag hou... Tannie Lena was ook tuis tydens die feestyd. Haar gesondheid verbeter steeds en sy is baie dankbaar daarvoor. Lettie het ook met Jan Tuisbly se karretjie gery en die hitte trotseer! Haar kinders het wel kom kuier,wat natuurlik die hoogtepunt van die feestyd was.
"Geloof maak nie dinge maklik nie, maar dit maak dinge moontlik" Lukas 1:37 18
Gouedrade (Saterdaggroep)… Ons groepie se lede is almal op en aan die gang, dis nou vir die wat nie nog met vakansie is nie… Delene is besig met `n omboorsel vir haar kwilt en so ook Charlene met haar pienkkwilt. Kokkewiet is uiteindelik klaar met haar appliekkwilt en is gereed vir 'n nuwe projek. Linda is klaar met al haar agterstallige naaldwerk en is nou besig om 'n badmat te hekel, maar dis nie so maklik soos sy gedink het nie, en haar gewrigte pyn! Petro is nog op vakansie, maar het darem 'n miniatuur beertjie vir Marie, ons groepleidster, gemaak. Marie se beplanning vir die eerste kwartaal is om haar “blooming nine-patch” en muurbehangsel van haar kamer klaar te maak. Sy gaan bes probeer om dit afgehandel te kry. Louisa en Tersia is nog besig met stikwerk op hulle beginnerskwilte en hoop ook om spoedig klaar te maak sodat hulle iets nuuts kan begin. Delene wil ook nog haar “blooming nine-patch” klaarmaak. Sy gaan ook die 11de in vir haar ander heupvervanging. Word die 12de Januarie geopereer en hoop om Sondag ontslaan te word. Neranda het haar “blooming nine-patch” as 'n Kersgeskenk vir iemand gegee, maar nou is sy spyt! Sy gaan ernstig aan haar pynappelkwilt werk hierdie jaar. Rita is nog besig om haar ufo's klaar te maak. Sonja het kinders opgepas die vakansie en gaan ook aan haar pynappelkwilt werk. Breggie is ook besig met haar kattekwilt en moet ook nog die” blooming ninepatch” klaarmaak.
19
Needles & Pins….. Ons vergader elke 3de Saterdag van die maand by Christene Von Wielligh 16 WEG Louwstr, Langenhovenpark om 14h00 tot 17h00.
Beste Laslapgroepies, Dis die begin van die jaar en vol verrassings, en ons wens is dat die goeie gaan seëvier. Ons Needles & Pins is ‘n besondere groep. Van ons lap al saam van 2001, nadat ons in 2000 Iessie se tweede beginnersgroep was. Ons groepie bestaan uit ‘n groep, wat studente onderrig in kuns en ontwerp, en hulle doen dit met groot ywer en ‘n glimlag. Die ander in die groep sien om na siek mense en is hulle trooster. Dan het ons in ons groep ook entrepreneurs wat borduurwerk, kwiltwerk en naaldwerk doen, asook kwiltbenodigdhede verkoop. Ons het ‘n wonderlike Kersboom gehad in Desember. Een koue aand op een van ons kwilters se groot stoep, met heerlike sagte banke, snoesige komberse, hordes feesliggies en kersversierings met heerlike warm kos. Presente was uitgedeel, en ons het weereens besef hoe kosbaar ons vir mekaar is. Ons resepte- lêers wat ons vir mekaar gemaak het, is amper voltooi, en dit verskaf ons groot pret om daaruit kos te maak. Hier is een van ons vinnige resepte: 2 kop room (styfgeklits). Klits een blik karamel kondensmelk by met slegs 1 pakkie sjokolade kitspoeding. Gebruik as koekversiering of as nagereg in glasies met meringues of as yskastert op ‘n kors van Romany Creams met 1 groot plak sjokolade met neute gesmelt bo-oor. Reg in 5 min. meer tyd vir kwilt.
Groete van al die Needles & Pins NS: volgende keer meer oor ons 2018 projekte! Lekker kwilt aan jul skouprojekte!
20
Dagboek asb‌
Vergaderings/aktiewe dae 2018
17 Maart ***Nasionale Kwiltdag Saterdag 19 Mei N&P 17 Augustus Sterre/LHP 1 September Lente Stikdag 3 November Uile/Kreatiewe Lappies
21
Kyk uit vir die volgende
Reisende Uitstalling 1ste Mei – 22 Mei 2018 By Oliewenhuis Bloemfontein.
Quilt
SHWESHWE… TROTS SUID – AFRIKAANS! Kyk bietjie hoe woeker voormalige Suid Afrikaners met hierdie vrolike lappe!!! Celeste is 'n voormalige Suid -Afrikaner en verkoop shweshwe in Kanada. www.meerkatshweshwe.com
En… Val Hearder – sy woon nou in Novia Scotia, Kanada en reël toere na Suid Afrika. www.africanthreads.ca valeriehearder.com 22
Nuus van die Sterre… Ons groepie het hierdie maand sommer twee nuwe lede bygekry. Baie welkom aan Gerda Vermeulen en Marietjie. Marietjie is ‘n ou bekende, wat weer by ons aangesluit het. In ons groep is ons besig om ‘n muurbehangsel te maak gedurende hierdie jaar. Ons het besluit om ‘n New York Beauty aan te pak.
Die blokke van die New York Beauty bestaan al van baie vroeg in die 1800”s in die kwilters van Amerika se versamelings en is aanvanklik Crown of Thorns en ander name genoem. Met al die variasies wat ontstaan het, het van die blokke se name verander na New York Beauty in die 1900’s.
'n Ware vriend weet presies wat jy nodig het en sal sy bes probeer dat jy dit kry. (Outeur onbekend)
Common Quilting Abbreviations BOM: Block of the Month BSK: Basic Sewing Kit DSM: Domestic Sewing Machine FMQ: Free Motion Quilting FQ: Fat Quarter FW: Feather Weight HST: Half-Square Triangle LAQ: Long Arm Quilting LQS: Local Quilt Shop PhD: Projects Half Done PP: Paper Piecing QAL: Quilt Along QAYG: Quilt As
QST: Quarter-Square Triangle RST: Right Sides Together SA: Seam Allowance SID: Stitch in Ditch SOG: Straight of Grain TBQ: To Be Quilted UFO: Unfinished Object WIP: Work in Progress WOF: Width of Fabric WST: Wrong Sides Together
23
Stukkies… Lief en Leed Martina van der Linde se kleindogter het 8 onderskeidings behaal in die afgelope matriekeksamen. Martina het intussen ‘n knievervanging gehad. Felicity Borchards se seun trou gedurende April.
NUUS Na die afgelope vakansie is nuus baie skaars! Stukkie-vir-Stukkie is deels verantwoordelik vir die reël van die Kwartaalvergadering op 10 Februarie 2018. Ons tema is Blomme en Omgee. Bernina is hierdie jaar 125 oud en as deel van hulle feesvieringe, kom deel Helenette die dag met ons. Sy bied ook ‘n demonstrasie aan. Ons vertrou almal wat teenwoordig is, se blomme gaan iewers in hulle huise/werkkamers pryk. Drie foto’s van lede se werk die afgelope paar weke, word hierby aangeheg. Ons groepie se beplanning vir die jaar moet nog bespreek word.
Charlotte se Strippy Rainbow.
Aletta se sak.
Johanna se doilies-kwilt.
24
Uile‌
Sonja se voorskoot.
Annelize en Gerda se omkeerbare hoedjies.
Gerda se vatlappe.
Annelize se loper.
Elize se meerkatte.
Gerda se pennesakkies.
25
Gerda se plekmatjies.
Sonja se drasak.
Elize se batik-uil. Annelize se batik-uil.
Esti se batik-skoenlapper.
26
Uile vervolg…
Ons projek vir die jaar – boekrak –kwilt.
Lief en leed: Adie is `n kleindogter ryker. Hiermee ons mooiste wense aan almal in die Gilde, maar spesiaal aan Mariëtte wat die leisels hou en on lei in hierdie nuwe jaar.
Ten top reasons to STARTa new project when your closet is overflowing with UFO's. 10. I just got a new book (magazine or pattern) and I just had to try this new technique. 9. The guild is doing a challenge and I really should participate. 8. I really should try this new workshop idea, since I spent all that money going to the workshop. 7. I have to start now if I am going to have something totally new for the quilt show. 6. I saw one and I just have to have one of my own. 5. My current project is too challenging and I need something more simple to work on. 4. My current project is too simple and I need something more challenging to work on. 3. My friends are: (pick one) getting married, having a baby, celebrating an anniversary, moving away.... and I just have to make a quilt for them. 2. I entered the block of the month and I just won 13 blocks. And the number one reason to start a new project is: 1. My current projects no longer reflect my artistic style and I wouldn't want to limit my creative development!! Pick a reason and start a new project, just don't blame me. I really am the UFO queen! *Acknowledge: www.quiltersbee.com http://www.webring.org/l/rd?ring=quiltguild;id=5;url=http%3A%2F%2Fwww%2Equiltersbee%2E com%2Fquilt_dedications%2Ehtm
27
Quiltmakers‌ Lief en leed Carlin het vir die 1ste keer ouma geword van `n pragtige babadogtertjie. Sterkte aan Sonja wat `n rug - operasie ondergaan het. Quiltmakers nuus: Die Quiltmakers het `n heerlik jaarafsluiting gehad by The Willows.
Ons het pennesakkies gemaak, geleer om `n blokkie op `n ander manier te maak en sommer net lekker gekuier.
Die dames het ook nie stil gesit oor Desember nie. Die oulikste klein Kersfeeskwilte en lopers het die lig gesien. Ons sien baie uit na die nuwe jaar, met `n klomp nuwe dinge wat aangepak gaan word. Van ons gaan `n boekrakkwilt aanpak, die ander `n blokkieskwilt en tussendeur gaan ons , ons ufo's klaar maak.
28
*modabakeshop.com Besoek gerus hierdie webblad vir meer gratis patrone/inligting asook hul blog wat deur verskillende kwilters geskryf word.
29
Rotary Cutters…
Lief en leed: Rika van der Merwe het `n nuwe kleindogter ryker geword. Die Rotary Cutters het nog nie hul werksaamhede vir 2018 hervat nie, maar almal sien baie uit na die “mystery quilt” wat ons onder leiding van Sonja Snyman gaan aanpak en is ywerig besig om lap bymekaar te maak. Met die verskeidenheid van lap wat elkeen het, gaan dit baie uiteenlopende en besonderse kwilte oplewer. Van ons lede het tydens die vakansie van hul projekte voltooi. Magda het ‘n paneel met die hand uitgewerk en met duisende krale versier. Wilna het die “Art of Quilting Sampler” kwilt voltooi asook haar “Block A Day Quilt”. Mag ons in 2018 die woorde van Moeder Teresa soos op Rosepark Hospitaal se muur geverf is, uitleef. Rotary Cutters groete. “Life is an opportunity, benefit from it. Life is a beauty, admire it. Life is bliss, taste it. Life is a dream, realize it. life is a challenge, meet it. life is a duty, complete it. life is a game, play it. life is costly, care for it. life is wealth, keep it. life is love, enjoy it. life is mystery, know it. life is a promise, fulfill it. Life is a sorrow, overcome it. Life is a song, sing it. Life is a struggle, accept it. Life is a tragedy, confront it. Life is an adventure, dare it. Life is luck, make it. Life is too precious, do not destroy it. Life is Life, fight for it!.” Mother Teresa
30
Tolbosse…So hier aan die begin van 2018 is hierdie moontlik die laaste Tolbos -nuusbrief. Ons sal maar sien wat die jaar maak, maar dit lyk tog so. Mag elkeen van julle 'n wonderlike kwiltjaar beleef met baie nuwe inspirasie en kwilte.
Die hitte het ons so effe lam gelê maar hier het tog 'n paar mooi kwilte uit die Tolbos - stal gekom. Ons omgeekwilt verskaf baie vreugde en ons is dankbaar dat ons hom voltooi en weggegee het.
Ons hoop om in 2018 elkeen 'n kwilt klaar te maak en in die beplanning is 'n “mystery kwilt”.
Ons groet vir Antoinette Gutter. Sal haar insette baie mis en hoop sy hou aan mooi kwilte maak.
Hantie se handwerkkwilt wat oor die land toer. Lynette se hekelkombers van afvalwolle.
31
`n Kwilter se gebed… Liewe Vader, terwyl ek so sit met my naaIdwerkie is ek besonders bewus van U wat besig is met my lewe… Hoe U die stukkies met liefde aanmekaar werk sodat die resultaat vir U bruikbaar en mooi sal wees. Die ou kettingstekie herinner my aan my onlosmaaklike verbondenheid met U en met my naaste. Die stamsteek is my eenvoudige, nederige voortbestaan wat so nodig is om af te rond wat U vir my bedoel om te wees. Die kruissteek vertel van U kruis wat verlossing en `n nuwe patroon vir my lewe gebring het. Dankie Here vir die sig-sagsteek van U Iiefde wat verhoed dat ek uitrafel. En o ja! die soomsteek wat so in die binnekant van my lewe gewerk word, daar waar niemand sien nie maar waar U besig is om my aanmekaar te hou. Vergeet nie van die rygsteek wat `n projek aan die begin moet heg en bymekaar hou nie – dankie Heer dat U my teen U vasryg terwyl U met die fynere werk besig is. Nou wil ek veral dankie sê dat U ook borduursteke in helder blywees - kleure op my aanbring. U is waarlik besig met my lewe - U weet wat U beplan ek is met verwagting in U hande. Al is dit seer terwyl U werk wil ek nêrens anders wees nie! Maak asseblief van my `n mooi Iappieskombers sodat ek ander kan toemaak met U Iiefde. Amen (Anon)
32
Alg. Vergadering Nov. 2017 Besoeker: Ina Meyer
33