Newsletter February 2019

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE

ORANJE QUILTERS’ GUILD

Sedert 1989

Since 1989

NUUSBRIEF N E W S L E T T E R

FEBRUARIE/FEBRUARY 2019


More information available at: https://www.quiltsouthafrica.co.za/interchange-threads-connect OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

2

Februarie/February 2019


UIT DIE VOORSITTER SE PEN...

Wat ‘n voorreg en genade om die nuwe jaar te begin, vol planne vir kwilt en ander mooi dinge. Kan julle glo Oranje Kwiltersgilde is ‘n volle 30 jaar oud en ek is bevoorreg om die hele pad daar te kan wees. Amptelik is Julie ons verjaardag, maar ons gaan sommer heeljaar hierdie mylpaal vier. So, trek aan jou partytjierok en kom fees saam! Ek sien uit na elke byeenkoms, om nuwe mense te ontmoet, mooi kwilte te beleef en natuurlik nuwe dinge te leer. As ek tog net my UFO’s kan klaarkry sal die nuwe uitdagings soveel lekkerder wees. Kom ons maak van elke vergadering; stikdag of watookal Oranje aanbied, ‘n heerlike geleentheid – CARPE DIEM – gryp die geleentheid aan!! Sonder julle, die lede, sal dit tog net nie so lekker wees nie. Bring julle handwerk en kom vier fees. Bring julle kwilte en kom spog en vertel. Ons sien uit om hulle te bewonder en geïnspireer te word. Bring jouself na elke geleentheid wat Oranje Kwilters bied en vier saam 30 jaar van kwilt en groei, al is jy nog nuut hier. Sien jou daar!! Onthou, ons vier ons verjaardag saam met SAQG!

There is not one blade of grass, there is no colour in this world that is not intended to make us rejoice. – John Calvin

Mariëtte 082 337 3699 mariette2912@gmail.com

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

3

Februarie/February 2019


BESTUUR 2019

Nuwe jaar, nuwe dinge, nuwe formaat van ons Nuusbrief – ‘n Feesjaar wag in 2019 op ons! In die uitgawe kyk ons na kwiltwerk as stokperdjie en fokus op die kleur oranje, die goedvoel-kleur van koninginne. Die Oranje Kwiltersgilde steek hande diep in sakke om ‘n verskil buite ons grense te maak. Nuusbrief gee terugvoer oor die Bereprojek en plaas die Uitreikprogram vir 2019, maar ons wil ook in eie geledere ‘n verskil maak – kyk na die Kwiltedoor Kompetisie op bladsy 19. Oor jare was nuus uit die Groepe die kern van ons publikasie en Nuusbrief se nuwe redaksie wil dit so hou, want... ons is spesiaal! Elkeen se belangstelling, bydrae, kundigheid en glimlag maak ‘n verskil in ons Gilde. Seënwense vir 2019!

Nuusbriefredaktrise

Voorsitter: Mariëtte Venter 082 337 3699 Ondervoorsitter: Marianne le Roux 082 826 2128 Sekretaresse: Christa Gouws 083 542 5709 Tesourier: Riana Nel 082 562 2776 SAQG Verteenwoordiger: Annelize Keevé 082 499 2361 Skouverteenwoordiger: Iessie Steenberg 082 705 5279 Reisende Uitstalling: Iessie Steenberg 082 705 5279 Nuusbrief: Elsa de Wet 083 630 9586 Sosiale Media (Facebook; OQG Blog): Wilna Geel 084 462 1212 Mediaverteenwoordiger: Nelia Venter 082 460 6326 Fotograaf: Lynette Eloff 083 973 8161 Koffiemandjie: Lenie Lourens 082 438 5191

GROEPLEIDSTERS Goedharte: Du Maurier Weis 083 407 1545 Gouedrade: Marie Coetzee 083 448 6921 Kreatiewe Lappies: Carina Lubbe 072 199 1162 Kwetter Kwilters: René Oosthuizen 084 804 4510 Langenhovenparkies: Ansie Combrinck 082 855 8112 Needles & Pins: Nelia Venter 082 460 6326 Quiltmakers: Lynette Eloff 083 973 8161 Rotary Cutters: Wilna Geel 084 462 1212 Sterre: Iessie Steenberg 082 705 5279 Stukkie-vir-Stukkie: Christa Gouws 083 542 5709 Tolbosse: Mariëtte Venter 082 337 3699 Uile: Sonja Stroebel 082 460 7956

Hierdie Nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is ‘n nie-winsgewende publikasie. Dit is nie ons bedoeling om enige kopiereg te skend of te oorskry nie. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

4

Februarie/February 2019


INHOUDSOPGAWE Uit die Voorsitter se pen...

3

Kwiltwerk

7

Oranje!

9

Uitreikprojekte

11

Groepienuus

13

SAQG Newsletter

29

Die Laaste Woord

35

BELANGRIKE DATUMS Inskrywings sluit: Laaste dag om kwilte by Iessie af te gee: Beoordeling: OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

5

20 Maart 2019 06 April 2019 12 April 2019 Februarie/February 2019


OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

6

Februarie/February 2019


ARTIKEL

Kwiltwerk – Vriend of Vyand?

Vanjaar vier die Oranje Kwiltersgilde ons 30-jarige bestaan. Voorwaar iets om baie trots op te wees. Ons almal sien uit na ‘n lang voortbestaan, na ‘n geleentheid om onthou te word, na wegbreekure in die stilte van ons eie naaldwerkkamers of om sommer net lekker herinneringe te koester. Dit is dan kommerwekkend om te hoor dat belangstelling in kwiltwerk as stokperdjie betekenisvol oor onlangse jare afgeneem het. In die 6 Junie 2018-uitgawe van UK Express word navorsingsresultate bevestig en voer die joernalis, Astrid Hall, ‘n paar redes vir die verskynsel aan: Working longer hours, having less disposable income and distractions of social media mean fewer (persons) take time out for traditional pastimes. In dieselfde maand skryf The Quilting Company se Vanessa Lyman op hulle webblad oor haar broer se belangstellings en loopbaan wat so anders is as die familie se norm. Sy voeg by: My brother’s path comes to mind often, these days, as I meet so many quilters who delayed their passions because no one else they knew quilted, or because it took too much time away from their job and family, or because that longarm was too expensive for “just a hobby.” Maar Vanessa skryf ook dat kreatiwiteit vele vorme aanneem en moedig ons aan om nooit te probeer om ‘n kreatiewe passie terug te hou nie. Vrygelate kreatiwiteit is onstuitbaar; dit verskaf intense energie en vervulling wat toegewyde persone aanvuur tot nuwe hoogtes. Op ‘n meer akademiese noot! Sewe jaar gelede publiseer twee Skotse navorsers ‘n artikel oor die verwantskap tussen kwiltwerk en persoonlike welsyn wat Vanessa se stellings onderlê 1.

1 Burt EL, Atkinson J. The relationship between quilting and well-being. Journal of Public Health, Volume 34, Issue 1, 1 March 2012, Pages 54–59.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

7

Februarie/February 2019


Kreatiewe stokperdjies is by vroue van alle ouderdomme gewild. In Brittanje dra sodanige stokperdjies jaarliks sowat 3 miljard pond (R53.5 miljard) tot die ekonomie by. Navorsing het bewys dat kreatiwiteit probleemoplossingsvaardighede verbeter en stokperdjies oor die algemeen tot persoonlike groei, kundigheid, selfvertroue en sosiale betrokkenheid bydra. Meer spesifiek, kwiltwerk verleen ontspanning terwyl die kwilter tyd produktief aanwend. Deelnemers aan Burt en Atkinson se navorsingstudie het die “Show and Tell” sessies as belangrik uitgewys. Vir baie was dit vervullend om deur die uitreikprojekte tot liefdadigheid by te dra en ‘n verskil te maak. Alom was kwaliteitvriendskappe die hoogste aangeslaan! Kwilters waardeer die ondersteuning van ander kwilters omdat dit deel word van ons alledaagse lewe; dis ‘n buigsame, begripvolle ondersteuning sonder kritiek en sonder inmenging – kos vir die siel. Die navorsers skryf: “Quilting seemed to possess some distinct properties for enhancing wellbeing that would not be replicable through physical/outdoor activities. Furthermore, employed participants believed that quilting gave them a different kind of satisfaction to their employment”. Maar hulle skryf ook: “Cost was mentioned by most participants as a downside of quilting”. Miskien is ons verjaardagjaar die Oranje Kwiltersgilde se kruispadjaar. Dalk moet ons in hierdie jaar bietjie anders kyk en weer ons passie vind. Want, om te kwilt is werklik iets besonders!

Aan ons lesers: Voorstelle hoe ons mekaar beter kan leer ken en genotvolle samesyn kan verseker kan per SMS/WhatsApp aan 083 630 9586 of per e-pos aan weezas.mom@gmail.com gestuur word. – Red. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

8

Februarie/February 2019


ARTIKEL

ORANJE

DIE GOEDVOEL-KLEUR VAN KONINGINNE Die blondekop langbeen-meisiekind se poniestert wip vrolik in die wind as sy deur die park in Buenos Aires, Argentinië hardloop. Die grasperke is netjies gesny en reuse bome gooi sagte lig oor die Parys-styl wooneenhede wat die strate van die Recoleta woonbuurt belyn. Haar naam is Máxima Zorreguieta Cerruti. Jare later werk sy as bankier in New York en woon in 1999 die April Fees in Sevilla, Spanje by... toe ‘n skraal jongman met ‘n ondeunde glimlag langs haar gaan sit. “My naam is Alexander; ek wil jou graag weer sien.” Vandag is sy Haar Majesteit Koningin Máxima, Prinses van Nederland, Prinses van Oranje-Nassau... en ook: “mevrouw van Amsberg”! Ma van drie pragtige dogters.

Die kleur ORANJE word met begrippe van vreugde, warmte, hitte, sonskyn, entoesiasme, kreatiwiteit, sukses, bemoediging, verandering, gesondheid, vasberadenheid, stimulasie, geluk, prettigheid, plesier, balans, sensualiteit, vryheid, uitdrukking en bekoring geassosieer.

Kraanvoëlblom OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

Haar Majesteit se gewildheid ken geen perke nie. Net so is onse eie Strelitzia reginae, met aanskoulike oranje en helder pers/blou bloeiwyses, een van die mees populêre meerjarige plante in die wêreld. Die Strelitzia is in eerbetoon aan Queen Charlotte, vrou van George III van die Huis van MecklenbergStrelitz vernoem. Die uitgang reginae is Latyns en beteken “van die koningin.” Die kraanvoëlblom kom slegs in Suid-Afrika natuurlik voor, en wel langs die ooskus vanaf Humansdorp tot in die noorde van KwazuluNatal. http://pza.sanbi.org/strelitzia-reginae 9

Februarie/February 2019


Quick, Easy, Fancy! FREE PATTERN Disappearing Nine Patch Quilt! Written by Donna Jordan for Jordan Fabrics – Finished Size: 63x89”

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

10

Februarie/February 2019


UITREIKPROJEKTE Iessie Steenberg skryf: Juliana Hamlett van Rosepark Hospitaal het my genader om haar te help met haar projek vir Kersfees 2018. Haar doel was om op Kersdag ‘n teddiebeer vir elke persoon in die hospitaal te gee.

Ons Gilde het ingespring en gewerk dat dit klap en 125 bere geskenk. Dit is met groot dankbaarheid op Kersdag ontvang. Elke pasiënt het ‘n beer ontvang, ooms en babas ingesluit. Elke personeellid aan diens het ook ‘n beer gekry. Een van hulle vertel dat sy elke oggend haar beer op die sitkamerbank groet en weer in die middag as sy tuiskom. Een van die manspasiënte was vreeslik aangedaan omdat hy ook ‘n beer gekry het! Hy het besluit om ‘n donasie te maak sodat daar in 2019 weer op Kersdag bere uitgedeel kan word.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

11

Februarie/February 2019


MariĂŤtte Venter skryf: Die kinders van Leratohuis, plek van veiligheid, was in ekstase oor die lekker sagte bere wat Iessie en haar dames vir hulle bymekaar gemaak het!

UITREIKPROGRAM 2019 Eerste Kwartaal: Batho Laerskool Afvallappies, gare, naalde, ens. Nie-bederfbare lekkernye soos koekies, suigstokkies en fizzers; aanmaakkoeldrank. Tweede Kwartaal: MES en Christelike Seemans-organisasie Musse, serpe en handskoene met ‘n boodskappie van hoop wat elke mus, serp en paar handskoene vergesel. (Sien patroon op bladsy 22.) Derde Kwartaal: CHOC-Huis EN April se Ouma se Foundation Project Besonderhede sal by volgende geleentheid verskaf word. Vierde Kwartaal: Pregnancy Crisis Centre EN Aftreeoord Zastron Besonderhede sal by volgende geleentheid verskaf word.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

12

Februarie/February 2019


GROEPIENUUS Goedharte Du Maurier skryf: Ons groepie het net drie lede; Dalene, Elsa en ek. Ons is baie uitstedig en kom net dan en wan bymekaar, maar ons volg met belangstelling die aktiwiteite van die Gilde en sy lede.

Du Maurier Weis

.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

13

Februarie/February 2019


2017 - 2019 - 10th Travelling Quilt Exhibition The collection under the title “We Create” will travel across the country to various destinations and regions and

finally to the SA National Quilt Festival in Midrand in 2019. Visiting Bloemfontein: 01-22 April 2019, Oliewenhuis

Groepe verantwoordelik vir ‘n Kwartaalvergadering gedurende 2019 Februarie Gouedrade – Rotary Cutters

Mei Quiltmakers

Augustus Kwetter Kwilters – Stukkies

November Sterre – Langenhovenparkies OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

14

Februarie/February 2019


Gouedrade Nuus Met die Gouedrade gaan dit goed. Ons kom steeds een keer per maand op ‘n Saterdag, 13:00 tot 16:00 bymekaar, dan stik en kuier ons al te lekker saam. Vier van ons lede het besluit dit is tyd vir ‘n ruskansie en gaan vir eers nie meer deel van die Gouedrade en Gilde te wees nie. Ons glo dat hulle darem nog so dan en wan sal kom oë wys. Wie weet, dalk is hulle vinniger terug as wat hulle beplan het. Dan verwelkom ons twee nuwe lede by die Gouedraad-familie. Baie welkom aan Maggie Bergh en Rientjie du Plessis. Ek weet sommer julle gaan dit baie geniet by ons.

Marie Coetzee

Ons beplan om hierdie jaar elke tweede maand ‘n kort “kursus” te doen wat deur van ons eie lede aangebied gaan word. Ons is baie opgewonde daaroor en sal vir julle foto’s plaas sodat julle kan sien hoe oulik ons dames is. Die oorblywende maande gaan elkeen gebruik om aan sy eie projekte te werk. Gouedraad-groete

I can tell you’re a quilter by the (GOLDEN) THREADS on your shirt!

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

15

Februarie/February 2019


Kwetter Kwilters Lenie Lourens skryf: Hier is ons alweer in ‘n nuwe jaar! Ons het van oraloor die mooiste seënwense van familie en vriende ontvang. Mag al daardie wense vir ons almal waar word. Die Kwetters het 2018 afgesluit met ‘n heerlike kuier in die tuin van die Pienk Meerkat. ‘n Hele middag lekker op die stoep gesit en kuier. By hierdie geleenheid is René as nuwe leidster van groep gekies. Almal sien uit om saam met haar te werk. Baie dankie, René!

Ons groep het nog nie vanjaar ontmoet nie, maar ek glo almal is uitgerus en lus vir kwilt. By die kwiltwerk was dit baie stil die vakansie. Maar Magriet het haar trui klaar gebrei en aan haar proteakwilt gewerk. Die kwilt word met die hand gelas, want ‘die rug’ kan nog nie voor haar masjien sit nie. Sy verseker ons dit gaan baie beter met haar rug en ons is saam met haar baie dankbaar. Marietjie was weer die fluksste een, met ‘n kussing en ‘n paar vatlappies wat sy gemaak het. René ontvang steeds chemoterapie. Ons wil almal se voorbidding vir haar vra. Esther gaan vir ‘n nekoperasie – sterkte daarmee. Kwiltgroete aan almal. Lekker kwilt in 2019! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

16

Februarie/February 2019


Nuus van die Langenhovenparkies Al die dames is veilig terug van die vakansie en is uitgerus vir die nuwe jaar. Ons het alreeds ons eerste kwiltklas agter die rug. Ons groepie vergader twee keer ‘n maand by Iessie. Baie welkom aan Lulu Koster wat by ons groepie aangesluit het. Lettie het die vakansie tuis deurgebring saam met haar seun, skoondogter en kleinkind. Sy beplan om hierdie jaar ‘n muurbehangsel van kleurvolle hoenders vir haar kombuis te maak. Ninor het haar lappieskas reggepak en is besig met ‘n kwilt van oorskietlappies. Denise is nog hard besig om laasjaar se strooklaskwilt klaar te maak. Ritha is ook nog besig om haar “log cabin”kwilt klaar te maak. Elsa het die vakansie heerlik saam met haar kinders en kleinkinders gekuier. Lulu was ‘n week saam met haar kinders in Clarens en wil al haar UFO’s hierdie jaar klaar kwilt. Flolinda was vir ses weke by die see saam met al haar kinders en kleinkinders. Gedurende die tyd is haar jongste kleinkind gedoop. Haar oudste kleinkind het laasjaar matriek geslaag met vier onderskeidings en is die jaar in Ierland. Sy gaan poog om hartekwilte vir vier dogtertjies te maak. Ansie het ook die vakansie met haar kinders en kleinkind deurgebring. Sy maak hierdie jaar ‘n strooklaskwilt vir haar dogter. Tannie Lena is ons oudste kwiltvriendin en kom nog gereeld vir ons kuier! Al die Langenhovenparkie lappievriendinne word ‘n voorspoedige nuwe jaar toegewens! Groete Ansie Combrinck

IMPORTANT MEETING DATES

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

23 February 2019

General Meeting

09 March 2019

National Quilt Day

18 May 2019

General Meeting

24 August 2019

General Meeting

19 September 2019

Patchjol

12 October 2019

Spring Day

09 November 2019

General Meeting

17

Februarie/February 2019


Needles & Pins Liewe laslap-vriendinne Elke begin van die jaar is ‘n groot lekkerte, want daar is dan weer 12 maande, nee, eintlik net 11, wat kwiltprojekte wat nog in die kaste lȇ voltooi kan word en dat daar weer met nuwes begin kan word. ‘n Hele jaar se vooruitsig lȇ voor om saam met jou lappiesvriendinne te kuier, lekker te lag en nuwe tegnieke en kortpaaie te leer. Natuurlik om ook vir ‘n paar mooi lappies ‘n tuiste te gee in jou bȇre-vir-eendag-kas.

Nelia Venter

Ons Saterdagmiddaggroepie is propvol idees vir die nuwe jaar. Terwyl ons mans krieket kyk, nuwe kombuise bou of nog kaste in die naaldwerkkamer inwurm, is ons entoesiasties besig om te beplan vir die nuwe jaar en alles word met spesifieke datums op skrif gestel. Ons maak elke maand ‘n verjaarsdag laslappiegeskenk vir die een wat verjaar. Daar word name getrek en elkeen maak vir iemand spesifiek. Vanjaar het ons besluit om sakkies te maak vir ons penne, skȇre en al die klein kwiltgoedjies. Doretha het vir ons ‘n maklike laslappatroon gewys vir vier verskillende grootte blokke wat op die einde ‘n mooi eenheid vorm. Party blokkies is natuurlik baie uitdagend en piepklein. Nelia gaan vir ons wys om ‘n ritssluiter met ‘n skuinsstrook in te sit, wat eenvoudig en maklik is en wat ons altyd kan gebruik. Maar alles is altyd maklik vir Nelia, so ons ander sal maar moet sien. In die volgende nuusbrief sal terugvoer gegee word. Volgende is die skouprojekte wat moet klaarkom en ons het ‘n trofee om te verdedig! Vanjaar is ons gilde 30 jaar oud en daar gaan behoorlik feesgevier word. Ons kan nie wag vir die “Kwiltedoor” kompetisie nie en het reeds drie kandidate geïdentifiseer vir die groot affȇre. Ons is trots op ons gekose span en ons staan vierkantig agter hulle. Vir die ander kwiltgoepe wil ons net sȇ, hou ons dop, ons is nie verniet die Needles & Pins nie, ons mag maar kwilt! In September gaan ons ‘n lekker wegbreeknaweek hȇ by Lesoba Gasteplaas naby Clarens en daar gaan net gekuier, gekwilt en geëet word. Ek hoop almal werk lekker aan hul skoukwilte en gaan groot met die “Kwiltedoor”! Groete! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

18

Februarie/February 2019


KWILTEDOOR Doel: Hierdie is ‘n kompetisie om te geniet! Die verskillende kwiltgroepe gaan teen mekaar deelneem om te sien wie die vernuftigste is, en wie die beste as ‘n span kan saamwerk. GEESBOU VIR ONS VERJAARSDAG. Kom ondersteun julle groepe. Wie mag deelneem? Enige drie persone in ‘n kwiltgroep. Die groep moet onder hulleself besluit wie hulle gaan verteenwoordig. Bestuurslede mag nie deelneem nie, hulle het genoeg gewerk. Hoe werk die kompetisie? Die kompetisie vind elke kwartaal na die vergadering plaas om sodoende die meeste deelname en toeskouers te betrek. Die blokke wat tydens die kompetisie gemaak word, sal op die einde ‘n kwilt vorm wat uitgeloot word vir liefdadigheid. Daar gaan vier uitdunrondtes plaasvind. Deelnemers kry vooraf 10 minute beplanningstyd en 10 minute om benodigdhede uit die “Stash” te haal. Na aanvang van gegewe tydsduur mag hulle nie weer die “stash” besoek of hulp van buitepersone ontvang nie. Ontwerpe moet te alle tye roteerbaar wees. Rondte 1: Tradisioneel Al die ingeskrewe groepe neem deel (10). Die groeplede moet elk ‘n 8”-blok maak met stroke van 2.5”. Die drie blokke moet aanmekaargelas en gekwilt (quilt-as-you-go) word. Twee ure word toegelaat. Slegs 8 groepe gaan deur na die volgende rondte. Rondte 2: Innoverend Tydens hierdie rondte trek die groepe ‘n naam van ‘n 8”-blok wat elke lid moet konstrueer en stik. Appliekwerk moet bo-op die blok gedoen word. Die drie blokke moet aanmekaargelas en vryhandgekwilt wees. Geen “meandering” toegelaat. Slegs 6 groepe gaan deur na die volgende rondte. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

19

Februarie/February 2019


Rondte 3: Kuns (Beplan 15 minute, kies 10 minute) Tydens hierdie rondte moet elke groep ‘n kunskwilt van 36x12” maak. Die blok moet gekwilt wees. Drie ure word toegelaat. Slegs 2 groepe gaan deur na die finale rondte. Rondte 4: Randstroke en Afronding (Beplan 15 minute, kies 10 minute) Tydens hierdie rondte kry elke groep 12 stukke van 36x12” van die vorige rondtes waarmee hulle ‘n voltooide kwilt moet maak. Die kwilt kan enige vorm hê, maar alle blokke moet gebruik word. ‘n Gelaste randstrook, gevorderde kwiltwerk en “binding” word vereis. Die tydsduur is ses ure. Daar is slegs EEN wengroep. Prys: Trofee. Elke lid kry ‘n wegbreeknaweek by Lesoba Gasteplaas vir twee persone wat hulle buiteseisoen kan gebruik. Die Gilde help koste dra. Troospryse: (Geskenkpakke – geskenk/aangekoop deur die Gilde) - Mees georganiseerde persoon - Rustigste persoon - Mees gestresde/gespanne persoon - Deurmekaarste persoon - Span met die meeste gees Beoordelaars: Iessie Steenberg Mariëtte Venter ‘n Nie-kwilter van buite Benodigdhede vir die kompetisie: Elke persoon bring eie masjien en toebehore asook ‘n elektriese verlengkoord en dubbele kragprop. Strykplek, materiaal (afval en geborg), koffiestasie, tafels, stoele en noodhulptoerusting word verskaf. Voorgestelde datums: Rondte 1 09 Maart 2019 (Nasionale Kwiltdag) Rondte 2 18 Mei 2019 Rondte 3 24 Augustus 2019 Rondte 4 (Finaal) 19 Oktober 2019 Prysuitdeling 09 November 2019 OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

20

Februarie/February 2019


Quiltmakers

PROQUILTINATING: Working on quilts when you should be doing laundry, or dishes, or picking kids up from school Ons het verlede jaar afgesluit met ‘n heerlike ete en kwiltdag. Na so ‘n lang jaar van stres en uitdagings (werkverwant, definitief nie kwiltverwant nie!) was dit lekker om net te sit en kuier en gesels en so nou en dan te kwilt. Dankbaar dat julle almal veilig terug is. Sjoe, en so begin die nuwe jaar 2019 en al sy baie uitdagings!

Lynette Eloff Na almal by die Quiltmakers se verlof en lang rus, is ons reg vir al die kwiltuitdagings wat vir ons voorlê. Ons pak ‘n hartekwilt aan, die New York Beauty, “casserole carrier” loodglasmuurbehangsel en dan natuurlik moet ons nie vergeet van die UFO’s nie. Van ons dames was baie fluks oor die Desembervakansie; twee van hulle het hulle kwilt loodglasmuurbehangsel klaargemaak. Links: Petro se Madonna and Child Regs: Ria se sonneblom

Ons kom steeds een Saterdagoggend per maand by Iessie se huis bymekaar. Ek sien uit na ons eerste kwiltklas se bymekaarkom om weer al ons kwiltvriendinne bymekaar te hê en te hoor van al die manewales wat aangevang is. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

21

Februarie/February 2019


QUILTMAKERS KAPERJOLLE

MAKLIKE SEEMANSMUS 86 steke met Double Knit breigare en 4.5 penne. Brei 10 rye ribsteek. Brei regs verder tot mus 18 cm lank is. Brei elke 14de steek twee saam, dan ‘n gewone ry. Brei elke 13de steek twee saam, dan ‘n gewone ry. Gaan so aan totdat daar slegs 8 steke op die pen oor is. Sny die breigare lank genoeg af dat die naat daarmee vasgewerk kan word. Ryg dit deur die laaste steke en werk die naat toe. Kom ons brei lekker fluks vir Mei 2019 se vergadering! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

22

Iessie Steenberg

Februarie/February 2019


Rotary Cutters Ons groepie kwiltvriendinne kyk met dankbaarheid terug op 2018, en dat ons gespaar is om nog 'n nuwe kwiltjaar te kan ontvang waarin ons ons kan uitleef in ons geliefde stokperdjie. Ons vergader een keer per maand op ‘n Dinsdagaand.

Wilna Geel Hierdie jaar leer ons Geta Grama se "Shadow Trapunto Quilt"-tegniek en maak van kussings en lopers tot muurbehangsels. Almal is baie gretig en sien uit daarna om 'n heeltemal ander tegniek aan te leer. Gaan lees gerus meer by: https://www.getasquiltingstudio.com/2018/10/tr apunto-shadow-trapunto-tutorial.html Wat lief en leed betref, het Angelina Krugell onlangs verneem dat haar vyfde kleinkind later vanjaar sy/haar opwagting gaan maak. Hartlik geluk, Angelina! Rika van der Merwe het ‘n handoperasie en Marietjie van Rensburg 'n skoueroperasie ondergaan. Marietjie is nog besig met haar langsame herstelproses. Ons wens hulle sterkte toe. Ons groepie het die Gilde se kommunikasieaktiwiteite by Frances van der Walt oorgeneem. Elsa de Wet is voortaan verantwoordelik vir die Nuusbrief. Wilna Geel sal toesien dat ons lede inligting op Facebook en die Gilde se Blog ontvang. Ons wens dié dames net die beste toe! Mag die Vader ons in 2019 weer oorvloedig seën. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

23

Februarie/February 2019


Nuus van die Sterre Ons groepie het sommer hierdie maand drie nuwe lede bygekry. Baie welkom aan Alison, Annelize en Karen. Laasgenoemde twee is ou bekendes wat weer by ons aangesluit het. In ons groep is ons besig om elkeen ‘n “Double Wedding Ring”kwilt te maak gedurende hierdie jaar. Lees ons Nuusbrief elke kwartaal en kom so meer te wete oor die geskiedenis van dié romantiese kwilte. Die motief bestaan uit ringe wat in mekaar sluit en so die simbool vorm van twee trouringe.

Iessie Steenberg Hierdie ringe was veral gewild in die 15de en 16de eeue in Europa. Die man en die vrou het elkeen ‘n ring gedra terwyl hulle verloof was, maar wanneer hulle trou, het die vrou beide die ringe begin dra. Die Germane het die patroon van die kwilte na Amerika gebring.

God is die lig van die lewe wat nooit uitgedoof kan word nie. (Outeur onbekend) OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

24

Februarie/February 2019


Stukkie-vir-Stukkie Stukkies het die jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n heerlike kuieroggend op 24 November 2018 by Urth. Johanna en Beatrice het dié spoggeleentheid gereël. Daar word jaarliks ‘n bruin geskenksak voorberei, met elkeen se naam daarop en waarin daar verrassingsgeskenkies geplaas word. Dit is ‘n groot lekker om die geskenkies later by die huis uit te pak en soos ‘n kind te geniet!

Lede kuier gesellig saam by Urth

Ons groep gaan gedurende die nuwe jaar slegs een Saterdag per maand bymekaarkom. Ons werk gewoonlik by die Saaltjie van die Stellenryk Aftreeoord, maar vir die volgende twee maande werk ons by die Elna Winkel weens aanbouïngs by die Saaltjie. Ten spyte van die hittegolwe, het ‘n paar Stukkies tog bietjie gewerk, al was dit nie altyd kwiltwerk nie. Johanna het vir die Kerstyd by haar dogter in Duitsland gaan kuier en het ‘n pragtige tafelloper as geskenk vir haar saamgeneem. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

Christa Gouws 25

Februarie/February 2019


Beatrice het nog twee teddiebere vir haar kleinkinders gebrei en het na 19 jaar weer begin klere maak! Mooi so, Bea! Ria het haar kwilt, “Klein, kleiner, kleinste” (kursus by Doortjie gedurende 2018) voltooi. Baie geluk, Ria, dit is pragtig.

Ria se “Klein, kleiner, kleinste” kwilt

Annatjie het 2 kussings vir haar ma se kamer gemaak; Ina het pennesakkies en spoegdoeke gemaak; Muriel is besig met haar “throw”; en Martina het begin brei aan die “Mother Theresa”-truitjies. Charlotte het 2 kwilte vir haar kleinkinders gemaak asook ‘n boekrakkwilt en werk aan haar “Gypsy Wife”kwilt. Aletta is besig om ‘n Kerskwilt vir die Woolat familie te maak. Johanna se pragtige tafelloper

Christa het haar naaldwerkkamer ontruim, skoongemaak en oortollige goed uitgegooi! Verder het sy ook na jare weer ‘n kledingstuk of twee gemaak. Skielik moet jy van ¼ duim naattoelatings vergeet en 1 cm nate stik! Charlotte se boekrakkwilt

Die res van ons groep het lekker ontspan en gaan verseker hierdie jaar weer hard aan die werk spring en ook aan die uitreikprojekte deelneem. Groetnis tot volgende keer. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

26

Februarie/February 2019


Nuus van die Uile ‘n Geseënde Hoo-Hoo vir 2019 vanaf die Uile vir almal in die Gilde! Almal het nie gerus oor die Feestyd nie. Sommige het hard aan kwilte gewerk. Tog, na ‘n aangename blaaskansie is al tien Uile kliphard besig met ‘n nuwe projek. Terselfdertyd word daar ook hard gewerk aan die Gilde se uitreikprojekte vir die jaar.

Sonja Stroebel

Elsie Coetzee het ‘n kleinkind ryker geword en ons is saam met haar baie opgewonde oor die nuwe bondel vreugde.

Sujanie het haar knie beseer en is tans op krukke. Einde Januarie moet sy vir ‘n knieoperasie gaan. Ons sê sommer nou al vir haar baie sterkte en ons bid vir haar.

Sujanie se kaleidoskoopkwilt

Tannie Estie se babakwilt.

Sy het in die vakansie ook ‘n kwilt vir haar dogter gemaak.

Haar New York Beauty projek in bykans voltooi.

Annelize het ‘n mosaïekkursus bygewoon en haar projek klaar gemaak.

Vanjaar pak die meeste Uile ‘n 3D-kwilt aan. Almal het dieselfde patroon gekry, maar die idees en veranderinge wat in die tussentyd aangebring is, maak elkeen se projek uniek en so spesiaal. Ek sien uit om elkeen se eindproduk te sien ann die einde van die jaar! Uile-groete aan almal! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

27

Februarie/February 2019


DIE LAASTE WOORD

Time to Celebrate SAQG Quilt Collection

To celebrate the South African Quilters’ Guild’s 30th anniversary we would like to invite all SAQG members to participate in a Quilt Collection opportunity to be exhibited at the SAQG Stall at the National Quilt Festival in Johannesburg in August 2019. Theme: Time to Celebrate Size: 30cm x 30cm Criteria: ONLY the 6 colours of the SAQG logo may be used. Any technique or combination of techniques may be used to create the quilt. Entry deadline: For the completed quilts, 19 July 2019 We encourage each Regional Guild and Country Group member to participate enthusiastically. We ask that each Guild and Country Group choose and enter three of their best entries. A total of 30 quilts will then be selected for display at the SAQG stall at Festival 2019. Individual members belonging to the SAQG are also invited to participate. At the Festival, visitors to the Time to Celebrate Exhibition can vote for the Viewers’ Choice. The winner will be announced at the Farewell Function at the end of the Festival. This collection of celebratory quilts will also be included in the SAQG Travelling Exhibition to travel around South Africa for the next two years. Contact:

Annette Marx – 083 461 9991; annette.marx@liberty.co.za Antoinette Kriel – 083 556 3043; cmusiek@intekom.co.za

Aan ons lesers: Inskrywingsvorms is beskikbaar by die groepleidsters. – Red. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

28

Februarie/February 2019


OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

29

Februarie/February 2019


OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

30

Februarie/February 2019


OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

31

Februarie/February 2019


OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

32

Februarie/February 2019


OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

33

Februarie/February 2019


OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

34

Februarie/February 2019


DIE LAASTE WOORD

Breyten Breytenbach, Op pad na die Kouga – Vir Oom Martin, 1976

Additional Sudoku puzzles as well as the solution to these two puzzles can be found at the following web page: https://www.puzzles.ca/sudoku OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

35

Februarie/February 2019


ALGEMENE VERGADERING – NOVEMBER 2018

Through the many changes I have seen over the years: faith, family, and friendship have been not only a constant for me, but a source of personal comfort and reassurance. Queen Elizabeth II, Christmas Message 2018 OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

36

Februarie/February 2019


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.