ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989 Bloemfontein & Omgewing/ Surroundings November 2013
Nuusbrief / Newsletter
November 2013
GeseĂŤnde Kersfees en `n Voorspoedige nuwe Jaar!
1
Algemene Vergadering Augustus 2013
2
*Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.
Van die Voorsitter… Liewe kwiltvriendin Daar lê die jaar al weer op sy rug! Dit was „n kleurvolle, stampvol kwiltjaar. Wonderlike Fees, interessante vergaderings en baie lappies en kursusse om ons in te verlustig. Dit was vir my „n ongelooflike voorreg om die laaste drie jaar Voorsitster te wees. Die drie jaar laat my aan „n kwilt dink. Al die lappies in die kwilt is al die vriendinne wat deel van my lewe geword het. Daar is interessante lappies - die spesiale mense wat ek ontmoet het, wat andersins net nog „n naam of gesig sou wees. Elke vergadering verteenwoordig „n blok met „n spesiale patroon. In die middel is natuurlik die belangrikste blok - die Fees. Die goeie gesindheid, liefde en gemeensaamheid van die kwilters is die garing wat alles saam vat en die kwiltstekies vorm. Die “binding” is die effektiewe bestuur wat saam met my die pad gestap het en alles bymekaar gehou het. Aan elkeen wat deel van die kwilt was, wil ek BAIE DANKIE sê. Julle het alles die moeite werd gemaak en „n kleinnood in my lewe gevorm wat ek altyd sal bewaar. Baie geluk aan die nuwe Voorsitter! Ons sien met verwagting uit na al die interessanthede wat jy na die Gilde gaan bring. Baie sterkte vir jou en jou nuwe bestuur vir die taak aan julle opgedra! Wees verseker van ons lojale ondersteuning! Geseënde fees- en vakansietyd aan almal! Lappiesgroet Marianne 3
“Patch - jol” Smithfield se “Red Barn” het `n heerlike “Patch -jol” dag gehuisves. So na al die bedrywigheid van `n heerlike kwiltfees het ons werklik nie gedink die kontrei se kwilters sal alweer lus wees vir nog leer en koop nie. Danksy ons eie Mari Strydom en haar lappe, met al haar kennis en entosiasme as lokaas, kon ons weer `n lekker dag aanbied. Sowat 50 leergierige kwilters het kom deel in ons dag. Pragtige kwilte is saamgebring uit die omliggende dorpe om te kan meeding vir die wenprys wat gekies is deur die besoekers. 4 Demonstrasies van uiteenlopende aard is aangebied om van beginner tot ou hande weer te begeester met lapwerk. Met lekker eetgoed, warm lapharte en gretige mededeelsaamheid was dit `n baie gesellige en verrykende “lapjol” gewees. Dankie aan al die ouens hier uit die Suid Vrystaat en Noord Kaap dat julle saam met ons ge – “lapjol” het. Groetnis Kreatiewe Lappies
A Teddy bear is a faithful friend You can pick him up at either end. His fur is the colour of breakfast toast, And he's always there when you need him most. Anonymous 4
… nog nuus vanuit Smithfield! “Hierdie unieke plafon en kwilts is gemaak deur Sue Rosy een van ons nuwe lede wat verlede jaar aangesluit het. Sy het vir haarself n "mud house" gebou en lappies liefde het nou oorgeneem.
“New York beauties” het haar nie eers ondergekry ....daarvan is daar kussings gemaak.” – Cecilia Cilliers, Groepleier Kreatiewe Lappies.
“Ten commandments of Quilting” 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.
Thou shalt not do buttons Thou shalt sew ¼” seams Thou shalt leave no bolt unturned Thou shalt not rip - only un-sew Thou shalt not envy thy neibourh`s stitches Thou halt never pass a quilt shop Thou shalt cook and clean but once a week Never quilt tomorrow what you can quilt today Thou shalt not covet thy neighbor`s stash Thou shalt not reveal funds spent on quilting
5
PFAFF Naaldwerk-, Kwilt-, Borduur& Omkapmasjiene
Besoek ons vir spesiale Kersfees aanbiedinge gedurende November & Desember op alle PFAFF masjiene! Ons voorsien ook in al u kwilt behoeftes met „n wye reeks kwilt materiaal en ander kwilt benodigdhede. Marie’s Sewing Creations h/a PFAFF Bfn Bergstedt straat 8, Fichardtpark, Bfn Tel: 051 5224554 E-pos: pfaffbfn@telkomsa.net
www.mariessewingcreations.co.za 6
September 2013 NEWSLETTER 4/2013 Dear Committee Someone once said: “To give purpose to life is to live a life with purpose” As I think on what SAQG has done in the past and is busy doing right now, then we are definitely living a purposeful life and I thank each and every one of you for giving of your time and energy to make quilting in South Africa as successful as it is. Individual Members I would like to welcome our new individual members, most who have signed up after the Festival in Bloemfontein. I really hope that belonging to SAQG will meet with your expectations. Do not hesitate to contact me, or your representative on the SAQG committee, Trienie Krugel tkrugel@mabonline.co.za if you have any questions or queries. World Quilt Competition Congratulations go to the winners in the World Quilt Competition. Pat Parker and Jenny Williamson’s quilt “Scenic Splendor” won Best in Country, Sue Prins was awarded a 3rd prize in the Traditional category and Sally Scott a 3rd in the Innovative category. You make us all very proud. You can see Pat & Jenny’s quilt on the SAQG website Homepage. Teachers’ and Judges’ Accreditation programme
As was discussed at the BGM in Bloemfontein, this accreditation programme is now starting to get off the ground under the very capable leadership of Sue Prins. The first year will focus on quilters wanting to be SAQG accredited teachers and will start early 2014. The course is a self-study correspondence syllabus, with assignments in the following subjects: Teaching Theory Quilting Techniques and Quilting Terminology History of Quilting Copyright Practical Work There is a panel of 5 tutors, all experts in their fields, who are each in charge of one aspect of the course. These tutors are: Jenny Hermans – Quilting Techniques and Quilting Terminology (English) Lubi Koorts – Kwilt-tegnieke en Kwilt-terminologie Elsa Brits – General and South African Quilt History Louise Combrink – Teaching Theory Trienie Krugel – Copyright Marline Turner- Practical work
7
I will attach the letter that has gone out and please note that the deadline for applications and payment is end November 2013. Payment can be done as follows: R500 deposit with application The rest as you wish but the full amount of R1500 must be paid before end November. SAQG Bank account: ABSA Savings account 9033893214 Name and teacher as reference Please send proof of payment to Sue Prins sjprins@mweb.co.za EPM If all goes to plan, 6 South African quilters and 1 husband will be travelling to France on Sunday 8 September to exhibit your quilts and promote South Africa and its quilters to the international community. More news will follow once we get back towards the end of September 5 . Free to Express Challenge
Of the 46 entries received, 3 judges selected 40 to be exhibited and 2 other judges decided on the prize winner. The winning quilter will be announced at IQCA on Friday evening 6 September 2013. Thank you to all who participated, this is going to be a very exciting exhibition. Website Please visit our website www.quiltsouthafrica.co.za for news and photographs. The first batch of Festival winners has been posted, as has photos of our 2013 Pro Dedicate winner, Marline Turner and her work. Don’t forget to visit the new 2015 Festival website festival.quiltsouthafrica.co.za/ to keep you up to date with what KZN is planning. Competition categories I had hoped to give you all information regarding the re-visit to categories and definitions as requested by quilters at the last Festival but this matter has not been resolved. I know that Sue Prins is busy sifting through all the differing opinions and this document should be ready by the middle of September 2013. My thanks go to the sub-committee, Sue Prins, Marline Turner, Trienie Krugel and Marilyn Pretorius, for all the hours they have put into getting this document, with the help of South African quilters, just right in order for most of us to be satisfied. Another matter in the same vein is that Marilyn Pretorius, under the auspices of SAQG, is busy writing a comprehensive Manual for Festivals which will help streamline future festivals. This is a mammoth task and my thanks go to Marilyn who volunteered for this job.
8
Travelling Exhibition The #9th Travelling Exhibition will launch at IQCA on Friday 6 September 2013 and we thank the owners for giving us the space for the exhibition, free of charge. Please help Doreen Crause by supplying dates and venues for this exhibition ASAP. There is a temporary Travel route on the website, but more detailed information is needed. Important documents While we are living in technologically advanced times, keeping hard copies of important documents such as minutes of meetings, the category document, Festival manual and the such is not a bad idea as computers crash and important documents are lost, some forever! Please keep a file which can then be passed on to the next representative when you step down. SAQG Address list KZN have asked for the SAQG database in order for them to keep the SA quilters up to date with happenings pertaining to the NQF 2015. Are you happy to do that? Please reply to Sue Prins who will be holding the SAQG fort while I am gallivanting in France. She will inform Melinda Meyer whether the list can be given or not Chairladies Can you please update the chairlady list, especially e-mail addresses? Thank you Lapa-book Please encourage your guild members to buy this book. We really need to show the publishers that this was a financially viable endeavour. REMINDERS: Always wear your SAQG badge Personal news to share Teacher accreditation course Lapa book Address list to KZN Chairlady updates I will be out of touch till 26 September. Please contact Sue if you need any help or information. Much love Elsa
Your family is a patchwork quilt-no matter how different each person is, your lives are all sewn together. Each square is beautiful, but the more squares in the quilt, the warmer it will be. Unknown
9
“Swaeltjies in my tuin “ Martie se kwilt was die wenkwilt by Augustus 2013 se vergadering. Dis „n kursus wat sy gedoen het by Doortje Gersbach in 2011. Alles is met die masjien gedoen, asook die kwiltwerk. Die kwilt is voorwaar baie mooi en die lekkerte is dat sy dit vir haarself gemaak het. Meer oor Martie: Martie is baie stil en op haar eie. Sy kwilt en geniet elke oomblik. Sy is deel van die Friendshipgroep en geniet dit in die groep. Sy was een van Iessie se eerste kwilters in 2002 en het net aangehou met kwiltwerk. Baie geluk Martie, ons is bevoorreg om hierdie mooi en besonderse kwilte van jou te sien. *********************
QUILT TRAVELING EXHIBITION
MAY 2014 : BLOEMFONTEIN 10
Quilt cottage W.E.G Louwstr. 16 Langenhovenpark
Christine 082 412 5438
*NOU IN VOORRAAD: BRUSH RAGS FABRICS VAN MARILYN PRETORIUS *Kom besoek ons vir jou kwiltbenodighede. * Beste pryse in die stad. * Nuwe voorraad op `n gereelde basis. * Ons neem ook naaimasjiene in vir diens en herstel. * Of om net `n bietjie raad te vra. * As jy verdwaal, voel vry om te skakel vir aanwysings. *Almal altyd welkom.
11
LIEF EN LEED Friendshipgroep: Maxie was in die hospitaal met longontsteking. Maureen was in hospitaal met hartversaking. Elaine het `n oog -operasie gehad. Rosebuddies: Annette Liebenberg gaan vir `n heupoperasie Linda Landman tree uit as lid en groepleidster. LHparkies: Thea se 11 jarige kleindogter, Jana Stemmet is gekies vir die Vrystaat Perdryspan. Baie geluk! Rotary Cutters: Rika van der Merwe het nog „n kleinkind ryker geraak. Hierdie keer „n dogtertjie in Australië. Elsa de Wet het vanjaar haar MBA graad aangepak. Marietjie van Rensburg het „n skoueroperasie ondergaan en sterk tans aan. Frances van Schalkwyk sien baie uit na die geboorte van kleindogter Frances (haar naamgenoot) die 1ste week van November. Needles & Pins: Elsa se seun trou die einde van die maand en Wessie het ‘n kleindogter Gabriella ryker geword. (Sy het ‘n pragtige kwilt gekry van haar ouma) Marianne se skoonpa en Anina se skoonma oorlede is. Christene se ma en Mercia se dogtertjie was in die hospitaal, maar gelukkig is hulle weer perdfris en gesond. Rafels: Alta Street se ma het ‘n klein operasie ondergaan, maar dit gaan goed, ons sê sterkte vir hul as gesin. Tannie Rina het ook gedurende die afgelope paar maande ‘n operasie ondergaan en dit gaan nou sommer baie goed met haar. Christa se dogter trou aan die einde van die jaar. Kwetter Kwilters: Marthie- Marie se dogter is deel van die koor van Oranje Meisieskool wat baie groot sukses behaal het in Bratislava - hulle was die wenners! Baie geluk!. Gouedrade: Linda het die 23ste Oktober haar 50ste verjaarssag gevier. Marie se jongste seun, Ruan, is as prefek gekies. Hy het ook ‘n goud en ‘n brons medalje tydens die skoleskiet SA’s verower en Christo (oudste) 5 goud en 1 silwer. Hy is ook aangewys as beste 0/16 skut en ook algeheel beste skut vir 2013. Charlene se pa sterk tans aan na hy geval en sy skouer gebreek het. Haar seun, Kevin, kry weer sy volle erekleure vir akademie. Anida se seun, Chris, was vir 2 weke in die hospitaal na hy sy vinger met ‘n petrolsaag gesny het. Rina sterk aan na ‘n nekoperasie. Petro en Ria se skoonsuster se kleinkind wat in Brits woon, is met bloedkanker gediagnoseer. Sy is 6 jaar oud. Is nou besig met haar tweede behandeling chemoterapie en doen goed. Maar die ou haartjies val nou uit en daar is min oor.
**********************
12
Goedharte se nuus… Nooit geweet dat afgetredenes so bedrywig kan wees nie! Rina Schutte is nog steeds besig om hartkussinkies vir kankerpasiente te maak. Sy het ook haar lapversameling netjies georganiseer, maar na die eerste nuwe projek was al die moeite tevergeefs! Jolena van Rooyen is besig om haar lappe te verkoop en Anne Strauss het ‘n kwilt vir haar agterkleinkind voltooi. Sjoe, dit is darem ‘n voorreg. Elsa van Coller het 24 voorskote uit haar afvallappe as geskenke gemaak. Du Maurier Weis het al 2 kwiltvoorkante klaar gemaak vir hulle kerk se kombersprojek vir 2014. Rene Schoeman-Hodgson speel lekker en het 2 laslapteddies gemaak en borduur. Baie dankie aan Marianne le Roux wat ons die afgelope 3 jaar op so ‘n bekwame wyse gelei het en baie geluk aan Frances van der Walt wat die leisels by haar gaan oorneem. ‘n Baie geseende Kersfees en ‘n voorspoedige 2014 aan al die mede-kwilters.
Uitreikingsaksie: Griekwasangers van Campbell Die Griekwa sanggroepie van Campbell dra dollasonderbaadjies wanneer hulle optree. Nou is die baadjies gedaan. Hulle vra groot asseblief lappe vir nuwe onderbaadjies. Hulle is knap met naald en garing en maak self hulle mooi onderbaadjies. Groepe/dames kan asb. hul oorskietlappe met `n nota van wie dit kom, pos aan hulle leier, Johannes. Die adres: Johannes Griekwas van Campbellgronde Poskantoor Campbell Langstraat 3 Campbell 8360
Johannes selno: 072 051 5976 Kontakpersoon in die Gilde: Elsa van Coller 072 533 8584
13
Friendshipgroep… Ons vergader elke 2de Vrydag van `n nuwe maand. Kontak Frances 0788034019 of besoek ons by quiltingwoodlands.blogspot.com
Stadig maar seker haal die jaar ons in, maar ons groepie het nietemin `n paar projekte afgehandel waarmee ons vroeër in die jaar begin het. Tannie Magriet het `n lekker lang vakansie gehad na haar rol as Kurator van die uitstalling by die afgelope Fees. Sy het `n pragtige bloukwilt gemaak ( foto langsaan) vir haar bure se dogter wat gehelp het met die hang van kwilte by die onlangse Fees. Nou gee sy weer aandag gee aan haar blou en wit “Baby Jane” – blokkies. Maureen het vinnig `n draai in die hospitaal gemaak - ons is bly jy is weer op die been – pas jou self mooi op! … sy werk tans aan `n “UFO”. Maxie het goed deurgeloop onder die winterverkoues – maar nadat al die hoes en proes verby was het sy ingeklim onder die “UFO`”s en ook haar kwiltkursus se projek voltooi. Sy het Marline Turner se appliekkursus bygewoon. Anna Gropp se karavaan is gepak vir `n lekker lang toer na die Suid Kaap. Haar “kruise kwilt” is byna klaar en sy woel met haar pienk en wit “Baby Jane” – blokkies. Sy en Trudie het Marelie de Bruyn se kursus gedoen. Trudie se “kruise – kwilt is ook byna klaar – al gekwilt nog net die “binding” moet gedoen word. Haar kleindogter hou haar egter baie besig – wil net graag op ouma se skoot sit!
14
Anna Rautenbach kom toe so ewe leë hande by ons laaste groepie byeenkoms aan, vergeet skoon om haar kwiltwerk in te pak! Haar “Baby Jane” groei by die dag – dit is die mooiste kleure en boonop het sy haar blokkies “on – point” geplaas. Te pratig! Martie het weer ons “Friendshippers “ se naam hoog gehou met die laaste Alg. Vergadering. `n Kwilt nlv. van `n kursus by Doortjie Gersbach was die kykerskeuse vir die dag. Baie geluk! Sy werk tans aan haar blokkies van die “Block a Day” – kursus van Griet Lombaard. Hier is nog `n wenner in wording! Daarbenewens het sy `n pragtige UFO, na bykans 10 jaar voltooi – appliekwerk uit die boonste rakke! Estelle se “Baby Jane” word groter by die dag – pragtige bruin skakerings en die mooiste kwiltwerk – sy maak dit `n “quilt as you go” – haar blokkies … perfek! Hanli het die mooiste “memory”- blokkie van haar hondjie gemaak nlv. van Iessie se kursus. Sy is ook besig met die beplanning van `n “harte” - kwilt wat sy vir haar ma wil maak.
Elaine het haar “landskappie” Vrystaat Bo nlv. Elaine Barnard se kursus voltooi. Te pragtig! Sy werk ook aan `n “Bugs and the Beautiful” – kwilt van Wilna de Beer se afgelope kursus by die Fees.
15
Baie geluk Amanda! … met haar pragtige handsak ( kursus van Marilyn Pretorius) was sy die kykers keuse gewees vir die kwilt- “challenge” by die laaste Alg. Vergadering. Haar landskappie is ook klaar. Pragtig! Annette Verhoef is tans tydelik terug in die onderwys – maar verseker word daar so tussen deur gekwilt want sy het `n hele paar kursusse by die Fees gedoen. Carine se kinders hou haar besig en tans werk die hekelpen oortyd – maar soos ons haar ken, verras sy ons weer een of andertyd met kwiltwerk wat so tussendeur gedoen word. Marlene Scholtz het 2 pragtige blou kwilte gemaak. Een met `n “log cabin” patroon en die ander een volgens die vinnige lasmetode wat by laaste vergadering gedemonstreer was. Kan julle glo – sy het elke strokie van al haar aankope gehou vandat sy begin kwilt het! Die bedrag … NOU JA, verseker kan die vreugde van kwiltwerk nie bereken word in rand en sent nie!
Aan al ons medekwilters – goeie wense vir `n Geseënde Feesseisoen, velig ry, lekker vakansie hou en groetnis tot ons weer sien!
… the most important words in all languages are the small words – YES. LOVE. GOD Paulo Coelho 16
KURSUS 22 & 23 Nov 2013
Macky Cilliers “Fabric Book”
Koste: R560.00 ( ingesluit - 2 ligte etes asook `n klein “kit”) Lokaal: CUT
Kontak: Frances 078 803 4019 ***************** 17
18
19
20
21
RECIPE *Easy Cheescake
25 grams crumbled digestive biscuits 75 grams soft butter 300 grams cream cheese 60 grams icing sugar 1 teaspoon vanilla extract ½ teaspoon lemon juice 250 ml double cream
1 x 284 grams jar black cherry or berries of your choice
Method
1.
1 . Blitz the biscuits in a food processor until beginning to turn to crumbs, then add the butter and whiz again to make the mixture clump.
2.
2. Press this mixture into a 20cm / 8 inch springform tin;press a little up the sides to form a slight ridge.
3.
4. 5.
6.
3. Beat together the cream cheese, icing sugar, vanilla extract and lemon juice in a bowl until smooth. 4. Lightly whip the double cream, and then fold it into the cream cheese mixture. 5. Spoon the cheesecake filling on top of the biscuit base and smooth with a spatula. Put it in the fridge for 3 hours or overnight. 6. When you are ready to serve the cheesecake, unmould it and spread the black cherry over the top.
22
24 April 2014 – 3 Mei 2014 Die jaarlikse Bloemskou vind vanaf 24 April tot 3 Mei 2014 op die Bloemfontein skougronde in Bloemfontein plaas. Na ‘n besonder suksesvolle Bloemskou 2013, sien ons daarna uit om besoekers weer met ‘n wye verskeidenheid uitstallers, kunstenaars en landbou-aktiwiteite te bederf. In 2013 het meer as 122 000 mense die tiendae-lange skou besoek. Bloemskou lok besoekers van regoor die land, sowel as ‘n gemiddeld van 450 plaaslike, nasionale en internasionale uitstallers – ‘n groot ekonomiese inspuiting vir ons streek. Wie sou ooit kon dink dat ons in die jaar en tyd nog ’n groeiende Kreatiewe Handwerk Afdeling op Bloemskou sou hê? Dit is asof almal weer ewe skielik belangstel in hoe om konfyt te kook en in handwerk soos hekelwerk en breiwerk. Om nie eers te praat van die pragtige kwiltwerk en kinderkuns wat amper soos volwaardige kunsuitstallings uitgestal kan word nie. Die Kreatiewe Handwerk Afdeling groei steeds en ons het in 2013 sowat 2 495 inskrywings ontvang. Bloemskou is een van twee skoue in die land wat nog oor die afdeling beskik en Bloemskou se Kreatiewe Handwerk afdeling is die grootste in die land! Afdelings wissel van brei- en hekelwerk, masjienwerk, borduurwerk, stokperdjies, spesiale onderwys, laslap en kwiltwerk, weef en spinwerk en teddiebere tot Primêre skolekuns en Hoërskole kuns. Dan is daar ook die afdeling vir gebak waar alle soorte bak en brou beoordeel word, van brode tot gebottelde vrugte en konfyte - amper soos ons die skoue van ouds onthou. Volwassenes en skoliere neem aan die afdelings deel. Hierdie afdeling gee aan almal wat kuns of handwerk van die een of ander aard beoefen, die geleentheid om sy/haar handewerk of produkte uit te stal in die Kreatiewe Handwerk Saal. Vriendelike Groete Anne Hoffman Koordineerder: Kreatiewe Handwerk afdelings
… Skud julle vere reg, dames – ons wil graag 100 kwilte uitstal!!! 23
Replika ‌ Baie dankie aan almal wat gehelp het. Die kwiltjie is voltooi en aan die museum oorhandig!
24
Dagboek ‌. ‌die volgende datums t.o. v. die 2014 Algemene Vergaderings: Saterdag 8 Februarie (Needles & Pins) Donderdag 8 Mei (LHparkies & Tolbosse) Donderdag 14 Augustus (Friendship & Kreatiewe Lappies) Saterdag 15 November (Rotary cutters & Naaldekokers 25
…en die Gouedraad Kwilters Hettie: “Ek probeer my “Fiesta” - blokke van Fatcatpatterns klaarkry. Het al 10 van die 12 gedoen.” Petro: “Ek werk tans aan my “Graffiti” - blokkies vir ons groepskwilt. Is baie besig met jaar eind eksamen evaluerings van teatersuster- studente. Verder speel ek lekker met my klein seun Dillan. Hy is nou 14 maande en “so cute”!” Ria: Hulle is vir n maand oorsee. Toer deur Europa. Van London tot by Venezia en terug, saam met haar suster Christa en swaer van Windhoek. Sy werk ook nog aan haar “Graffiti” - blokkies maar kon nie klaarmaak voor die toer nie. Die tyd het haar ingehaal. Breggie: “Ek is amper klaar met my “Graffiti” - blokkies en werk nog aan my “funky chickens”. Dan gaan ek vir my ‘n drasak maak met lappies wat ‘n vriendin vir my van Amerika af gebring het. My kattekwilt se “border” moet aangesit word en dan moet hy ge“sandwich” word.” Linda: “Ek werk aan ‘n legkaartkwilt en gebruik net afval lappies daarvoor.” Kokkewiet: “Ek werk tans baie hard aan ‘n dasse-kwilt vir my man, wil hom graag teen Kersfees klaar hê. Goeie nuus, my kinders trek terug van Middelburg na Bloemfontein, jipppeee!!! Dit gaan ook baie goed met Ouma se babadogtertjie, sy is te pragtig vir woorde.” Charlene, Bettie, Sonja en Marie: “Op die stadium werk ons net aan ons “Grafiti” - blokkies.” Anida: “Ek probeer baie hard om my 26 “Grafiti” - blokkies betyds klaar te kry en werk ook aan ‘n kwilt vir my seun. My kleindogter, Chiriska, het soos ‘n sprokies prinses gelyk met haar matriekafskeid.” Rina: “Ek is tans vir 6 weke buite aksie na my nekoperasie, maar dan moet ek my “Grafiti” - blokkies voltooi.” Gouedraad Groete
26
PFAFF Baie dankie aan al ons kliënte vir julle ondersteuning gedurende die afgelope jaar. ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2014 aan elkeen van julle. Groete Marie & Marlene
Kennisgewing Marie’s Sewing Creations h/a PFAFF
Gaan gesluit wees vanaf 23 Desember 2013 tot en met 4 Januarie 2014. Marie’s Sewing Creations Bergstedt straat 8 Fichardtpark, Bfn Tel: 051 5224554 Sel: 083 4486921 E-pos: pfaffbfn@telkomsa.net
Besoek ons by:
www.mariessewingcreations.co.za 27
Kwilt
“Challenge” … Met `n lekker lang somervakansie om die draai, is hierdie “challenge” net die ding om of `n nuwe kwilt te begin of om dit waarmee jy besig is, af te handel!
Ons uitdaagkwilt vir die
1ste Kwartaal 2014: “My vakansiekwilt” 28
Lhparkies se nuus… Ek dink ons almal verdien `n heerlike lang vakansie na al die gewerk en gewoel van die eerste 7 maande van die jaar! Meeste van ons is (hopelik) besig om wat ons by die fees geleer het, af te handel. Ons LHparkies vorder stadig maar seker met die blokkies kwilte wat ons nou Maandae by Iessie leer. Elsa se blokkies is klaar, en Lena, Thea en Ritha is nou oppad na die einde. Ons het een van ons lede Hannie vd Westhuizen verloor. Sy het na Wesselsbron verhuis. Ons sal haar baie mis, veral haar bekwame hantering van die groepie se finansies. Hopelik sal sy nou en dan op `n Maandag kom inloer. Lettie Rehne, `n afgetrede projekbestuurder van Parexcel het by ons aangesluit. Sy vorder fluks met haar eerste projek. Sy het ook `n tassie “gemodge podge” a la Lolla, soos vir ons by die laase kwartaalbyeenkoms gedemonstreer is. Thea se 11 jarige kleindogter, Jana Stemmet, is gekies vir die Vrystaat Perdryspan. Baie geluk! Lucy is gelukkig weer gesond na `n lang siek periode van borsprobleme. Sy is baie besig met haar heksagon kwilt wat sy op die “quilt as you go” metode doen. Ninor is nog steeds besig met UFO`s. Daar is nou net 4 oor! Ritha wag angstig op die koms van nog `n kleinseun aan die einde van Oktober! Benewens elkeen se eie kwiltwerk, het ons elkeen 6 blokkies gemaak vir die kwilt vir die Oorlogsmuseum. Ons wens julle almal `n Geseënde Kersfees en `n wonderlike Nuwe Jaar toe – met baie familie, lekker eet en LAPPIES!
29
Lappoppe se nuus … (Bultfontein)
Hierdie mooi kwilt is deur Neline Pienaar gemaak as geskenk vir `n baie spesiale vriendin.
Hier in Lappopland gaan dit maar dol, dit is baie droog en elkeen van ons bly op ons knieë, sodat daar nuwe uitkoms kan wees na „n lekker reëntjie. Ons het goed gedink om ons demonstrasies van die 19 Augustus se vergadering vir julle almal te gee, aangesien ons soveel navraag na die vergadering ontvang het. Die een demonstrasie was gedoen deur Lolla – die Scrappy Kwilt – wat jy kan maak met al jou afval lappies en dan die Modge Potch aangebied deur Esti – ook met jou afval lappies. Ons het regtig die mooiste projekte nou al gedoen, en jy hoef nie lap te gaan koop nie. Maak net elke keer nadat jy iets gemaak het, jou asblik leeg, en skep „n volgende wonderlike projek met herwinde afval lappies. Hier is „n paar foto‟s van wat jy kan maak volgens die “Scrappy”- patroon kan maak –
30
Ons het ook die volgende gebruik van afvallappies en “Modge Podge” gedemonstreer: Produkte Benodig: Podge Vernis 1. Verf jou voorwerp met kleur van jou keuse en laat dit droog word 2. Gee dan „n dun lagie podge en begin om die stukkies lap op te pak soos jy dit verkies 3. Om dit meer diep te gee en interresant te maak kan jy gestoffeerde lap ook gebruik 4. Smeer nou van die podge bo-oor 5. Jy gaan so tussen 3 tot 10 lagies oor smeer 6. Kyk dat die lagies droog is voordat jy die volgende laag oor smeer 7. Heel laaste smeer jy „n lagie vernis oor. Cracling: - 2 Soorte craclings – Fast Crack en Antique crack Fast Crack Verf jou voorwerp met „n kleur van jou keuse, dan verf jy die fast crack bo op die eerste laag van die kleur verf. Verf nou die tweede laag verf. Die fast crack hoef nie heeltemal droog te wees nie. Gaan nou verder aan met jou prentjies soos wat jy sou modge podge. Antique Crack Dit word in 3 stappe gedoen 1. Doen alles soos vir die modge podge waar jy 3-10 lagies podge smeer 2. Wanneer jy klaar is met daardie lae, gaan jy 3 lae van jou “step 1” verf en dit moet droog word tussen elke lag. 3. Dan verf jy net 1 laag van jou “step 2” en laat dit dan oornag droog word 4. Die laaste laag is net dust, wat jy in die krake invryf met „n droë lappie 5. Vernis moet dan „n spuit vernis wees sodat die dust nie smeer nie Geniet julle Modge Podge en gebruik al die afval lappies om weer „n ou tassie of „n skinkbord nuwe lewe te gee. Ons as die lappoppe wil almal „n baie Geseënde Kersfees en „n voorspoedige 2014 toewens, en mag almal die Seën van die Here ervaar die Kerstyd. Lappop groete tot volgende keer. Neline
Friendship is not a big thing …… it’s a million little things! 31
Die Rotary Cutters… en so het ons aan die einde van nog ‘n jaar gekom en kan ons dankbaar terugkyk na nog ‘n produktiewe jaar. Met lede wat bedank het en nuwe lede wat bygekom het, staan die Rotary Cutters se ledetal tans op 9. Die “Charity Quilt” wat ons groep gemaak het vir die Spierdistrofie vereniging is goed deur hulle ontvang en die groep het baie lof daarvoor gekry. Die Innoverende kwilte wat 6 lede van die groep onder leiding van Iessie gemaak het, is voltooi en almal is treffers. Verder het Rika van der Merwe nog ‘n kleinkind ryker geraak. Hierdie keer ‘n dogtertjie in Australië. Rika en Koos beplan om DV Desember 2013 vir die maand daar te gaan kuier. Daleen van der Colf toer ook na Switserland saam met haar man. Julle moet dit geniet en die foto’s kom wys. Elsa de Wet het vanjaar haar MBA studies aangepak en glad nie by kwilt uitgekom nie. Dan het Marietjie van Rensburg ‘n skoueroperasie ondergaan en sterk tans aan. Sterkte vir beide van julle! Frances van Schalkwyk sien baie uit na die geboorte van kleindogter Frances die 1ste week van November. Mag als voorspoedig verloop. Geseënde Christusfees aan al ons mede kwilters en mag julle veilig reis! Rotary Cutter groete tot 2014.
32
Kwetter Kwilters… Dit is sowaar al weer die laaste kwartaal van die jaar en ons kan terugkyk op `n vol en geseënde jaar. Ons sien baie uit na ons groepsafsluiting en ook na die laaste kwartaalvergadering wat gehou gaan word. Dit is altyd `n lekker byeenkoms wat ons werkendes ook kan bywoon. Baie sterkte aan Mara se kleinseun en Marthie-Mariè se dogter met die matriekeksamen wat voorlê. Ons glo dat al die harde werk beloon sal word. Sterkte aan Regina wat aan die einde van die jaar gaan aftree na jare in die Onderwys. Ons weet jy gaan dit vreeslik geniet om by die huis tyd te hê vir alles waarvoor daar nooit tyd was nie. Ons weet jy gaan wonderlike kwilte maak. Aan al die kwilters wens ons `n Geseënde Kersfees toe. Rus lekker, kwilt baie en kom uitgerus en veilig terug.
Kwiltgroete
May you sorrows be patched and your joys quilted.
…nuus vanuit Kimberley Kimberley Quilters het die afgelope twee maande gewerk aan twee groep “UFO’s” wat al baie lank onklaar lê. Ons beplan om die een (mile-a-minute) te skenk aan die kerk waar ons maandeliks vergader en die ander een (disappearing nine patch) te omskep in nog ’n koesterkwilt vir die groep self. In November sien ons uit na ’n heerlike kursus saam met Mari Strydom van Bultfontein. Desembermaand gaan ons afsluit vir die jaar met koek en tee, asook ’n “show-andtell.” Tot volgende keer, Kwiltgroete vanuit Kimberley
33
Geskenkpakkies op bestelling afgelewer aan jou vriendin! Geskenkbewyse beskikbaar vir enige bedrag!
„n Groot dankie vir die jaar se ondersteuning! … en „n Ware Christusfees en Voorspoedige Nuwe Jaar aan al die kwilters. 34
Needles & Pins… Ons groepie vier altyd die lente met ‘n heerlike teeparty. Op dié dag word daar niks gewerk nie , daar word net gekuier en gelag vir almal se sêgoed en staaltjies. Die jaar, was ‘n jaar vol hoogtepunte waarvan die Fees gesorg het vir baie opwinding en heerlikhede ten spyte van die harde werk. Van ons lede het hoë hoogtes die jaar met hul kwiltwerk bereik. Marianne het ‘n eerste plek behaal by die Fees, mooi so! Sy, Christine, Anina en Lorene het ook 2de en 3de plekke losgeslaan met die skoukompetisie. Kyk , Marianne is ‘n regte “Sponge Bob” wat net nooit genoeg kennis kan inneem nie. Sy het nie minder as 7 kursusse altesaam deur die jaar bygewoon. Geen wonder dat sy die groepie se innoverende brein is. Sy kom gereeld met nuwe en oulike planne vorendag. Anina is weer ons werkesel. Sy spring in en “woeps - waps” dan is daar nog ‘n kwilt klaar. Sy het die jaar 9 kwiltartikels voltooi waarvan een ‘n pragtige “memory” kwilt van haar pa was. Lorene is kort op haar hakke met die getal klaar-kwilte vir die jaar. Ons groepie het ‘n klomp klein projekte aangepak. Elke maand het iemand anders in die groep ‘n kort werkswinkeltjie aangebied, waarna ons weggespring het met die stikwerk. Dit was so lekker om die daaropvolgende maand te kon wys dat die artikel klaar is. Party het sommer baie artikels gemaak vir geskenkies. Soos jul kan sien kwilt die res van die groep ook met ywer, dit vat net so ‘n bietjie langer om die artikels te voltooi. Estelle en Magda is reeds besig met ‘n spanningsvolle kompetisie tussen hul twee. Wie se “Dear Jane” gaan voor die einde van die jaar klaar wees? ‘n Heerlike laaste kwartaal vir almal. Geniet jul kwiltwerk die vakansie (sommige van ons stik meestal in die vakansies terwyl ander ‘n ruskansie geniet). Mag jul almal ‘n baie gesëende Kersfees beleef vol van God se liefde en seëninge.
….Rosebuddies Linda Landman tree uit as lid van die Gilde en groet al die kwilters met die volgende woorde… “ Dankie aan die Bestuur en kwiltvriendinne vir die voorreg wat ek gehad het om saam met julle te kon kwilt en werk. Mag dit met julle almal en jul kwiltwerk goed gaan !
35
Rafels se nuus… Hallo almal, Ons sukkel nog almal om die na-skokke van die lekkerste Kwiltfees te hanteer. Die Rafels het weer vinnig kreatief begin werk aan hul eie projekte wat vir ‘n hele tydjie eenkant gelê het. Die groep het besluit om weereens ‘n projek aan te neem. ‘n Kennis het vir Christa ‘n kopie van ‘n artikel uit ‘Patchwork & Stitching’ gegee (ongelukkig sonder ‘n datum van uitgawe) wat handel oor ‘Pillowcases for Oncology Kids’ in Australië. Ons groep het dit goed gedink om ‘n uitreik-projek te begin en te probeer om ‘n verskil aan ‘n kind se lewe te maak. Hierdie projek behels dat ons vir kinders wat met kanker gediagnoseer word/is en oor maande behandeling in Bloemfontein ontvang, ‘n kussingsloop of ‘n klinder trooskussinkie te gee. Tydens behandeling is hierdie kinders baie ver van hulle ouerhuise af, en ons wil dit graag vir hulle gee om saam na die hospitaal of CHOC ‘step down’ huis, tussen behandelings, te neem. Elke lid gaan probeer om ten minste 2 kussingslope of kleiner trooskussinkies te maak. Hierdie projek is in Australië begin. Dit is nogal belangrik dat ons mooi en sagte materiaal gebruik. Die slope kan ongelukkig nie met knope en krale versier word nie. Ons nooi almal uit wat dalk sou belangstel om ook deel te neem en so met tonne liefde te probeer om verlange, ongemak en pyn makliker te probeer maak. Hierdie pasiêntjies se ouderdomme wissel van ‘n paar maande tot ±12 jaar. Die kussings/slope gaan dan by die CHOC huis in Stegmanstraat, Universitas, afgelewer word, wat dan deel van die kinders se Kersgeskenke kan wees. Karin of Christa kan gekontak word. Goeie nuus wat die groep behels: Dit goed gaan met almal en ons is bly dat die pragtige somertyd aangebreek het. Alta Street se ma het ‘n klein operasie ondergaan, maar dit gaan goed, ons sê sterkte vir hul as gesin. Tannie Rina het ook gedurende die afgelope paar maande ‘n operasie ondergaan en dit gaan nou sommer baie goed met haar. Christa se dogter trou aan die einde van die jaar en ons wens hullle sterkte toe. Riana-hul het besluit om weereens ‘n bietjie bouwerk aan te durf, ons sê sterkte daarmee en hoop dit sal sommer vinnig en fluks vorder. Beatrice is hard aan die werk vir die eerste kleinding wat oppad is by haar dogter. Ons hoop sy geniet dit om aan die projek te werk. Annatjie en Anna-Marie het hullle eerste mooi voltooide kwilte vir die jaar gewys, dit is pragtig en ons is trots op julle. Hoop ons sien dit by die ‘Show & Tell’. Anna het ook ‘n kwilt afgehandel wat as geskenk vir haar broer en skoonsuster gegee is. Alta du Plessis is besig om die mooiste “block of the month” te maak en is besig om almal van ons te insprieer. Elsie vier ‘n baie groot verjaarsdag die laaste deel van die jaar, ons gelukwensing met die groot dag en hoop dit is ‘n wonderlike tyd vir haar. Dan het sy ook die goeie nuus gekry dat haar jongste dogter gesond is na ‘n baie strawwe chemoterapie.
36
Dan wil ons as groepie net ons waardering uitspreek teenoor Karin wat ons groepleidster vir ‘n lang tyd was. Sy het met die aanloop na die Fees en gedurende die Fees seker gemaak ons bly op koers met alles wat betyds moes klaarkom. Dankie vir al jou harde werk, organisering en moeite, ons waardeer dit. Mag jy ‘n rustige tyd geniet en ons verwelkom Christa as ons nuwe groepleidster vir die volgende tydperk, sterkte ook vir jou. Hiermee wens die Rafels ‘n mooi Kerstyd vir elke lid van die Gilde. Mag die jaar net mooier word en die nuwe jaar met nuwe hoop en inspirasie ingewag word. Ons wil ook graag vir Frances van der Walt gelukwens as die nuwe Voorsitter.
********************************
Nuus vanaf die Sterkwilters… Ons kom elke derde Dinsdag van die maand by Iessie bymekaar om 9:00. Die jaar het gevlieg. Na die fees het almal hulle feesprojekte klaar gemaak en toe is die einde van die jaar op ons. Ons gaan afsluit in November by Willows waar Marietjie vir ons ‘n heerlike ontbyt gereël het en ons gaan tuingeskenke gee sodat ons die tuin en die voels kan geniet in die somer. Ons mis vir Lulu en hoop om haar te sien. Madeleine het `n operasie gehad en sy sterk nog aan. Ons het elkeen gegroei in die jaar en sien uit na ‘n rustige Desember. Dan kan ons terugkyk en weet dat die jaar vir ons goed was en ons almal het mooi kwilte om te wys. Ons wens elkeen in die Gilde ‘n geseënde Feestyd toe en dat die Vrede van Jesus by elkeen sal wees.
37
8 Maart 2014
Kwiltuitstalling Demonstrasies Vendors …ander vorme van handwerk sal ook teenwoordig wees! Verdere inligting en kaartjies sal vroeg in 2014 by jou groepleidster beskikbaar wees! 38
Tolbosse se nuus… (Bultfontein) Hantie werk aan haar projek van Maggy Ball - "Opt Art" - kursus by die afgelope Fees. (masjien).....en sy werk aan daai "Falsi Triangoli" handwerk (daai vierkantjies met die “batting” klaar binne in). Dan het hulle gemeente ook basaar gehad waarvoor sy skinkbordlappies en plekmatjies gemaak het. Tussen kinders en die spanning van `n matriekeksamen, bly sy baie besig. Marita sny elke lap in haar kas, in stroke en ek dink sy gaan baie kwilte kan maak as hulle klaar gesny is. Al haar familie gaan weereens elk „n mooi kwilt kry. Susan brei steeds blommetjies en bly fiks en gesond deur elke dag “gym” toe te gaan. Wens ek was so fluks. Pikkie het die tyd dopgehou want haar kinders het 13 Oktober kom kuier en nou kan sy al haar tyd aan klein Stian spandeer. Niks naaldwerk word gedoen nie en daar word net gekuier. Mariëtte het geen einde nie. As dit nie “Lusciuos Little Layerings” vir Natal is nie is dit hekelblokke vir die “Yarn Indaba 2014” . Dit lyk of sy nou nog op die fees se energie teer. Saam met kwiltklasse wat sy baie geniet is daar „n “John Deere”- kwilt gemaak, “Crazy” - sakdoeke en ook sommer nog „n “scrappy” - kwilt. Dalk sal die adrienalien nou ophou maar sy het nog te veel planne in haar kop. Solank as die hande besig is kry die duiwel nie tyd om op die skouer te sit nie. Sy het ook „n serp gebrei wat begin is toe die “Brei” - dames van Johannesburg by haar gekuier het. Santjie het lekker by haar kinders gekuier - van die mooie Karoo tot in die Kaap. Sy is besig aan haar “Block of the Day” wat sy by Griet geleer het tydens ons lekker kwiltfees. Haar hande is ook altyd besig, as sy nie lekker kos maak nie, maak sy iets moois. Antoinette het heerlik kursus geloop in Philipstown by Sue Prins: “0n the edge” , by Shan Day: “Home is where the heart is” , by Annelize v Niekerk: “Raffle quilt” en
39
“Cathedral windows” . Die mense van Philipstown was ongelooflik gasvry en moes baie hard werk om vir almal elke dag 3 heerlike etes te voorsien. Ek wens hulle sterkte en voorspoed toe met hulle pragtige groot kwiltwinkel en groot verskeidenheid lap. Ons hoop ons sien die klaar kwilte binnekort. Kan nie wag nie!!!! Lynette het „n pragtige “Crazy” - kwilt klaar gemaak en vir haar ousus gegee en toe sommer haar kleinsus gehelp om „n kwilt klaar te maak vir haar dogter. Aan die mooi tradisionele kwilt het hulle een week gewerk, dag en nag om dit klaar te kry. Baie mooi en albei is beslis erfstukke. Dan help sy vir Susan om haar blomme - kwilt klaar te maak. Ook handjies wat nooit stil is nie. Rina kook vir elke funksie in Bultfontein, so die VLU hou haar besig. En dan moet sy nog vir Mariëtte ook help as daar ‘n funksie by “Granaat” is, wat nou nogal baie besoekers kry, want dit is somer en mense kom eet graag op die plaas. Verder moet sy sorg dat Katinka en Wessels by die skool gehaal word en dan onthaal sy nog al haar vriende ook. Vir kwilt op die oomblik min tyd. Sy sê sy is jammer vir haar masjien, “ sy bêre hom diep weg”, netnou is sy lus om te stik. Hoop al die lede van die Oranje Kwiltersgilde het ‘n wonderlike rustyd en `n Geseënde Kersfees en dat julle sommer baie planne sal kry vir nuwe kwilte vir 2014. Baie sterkte aan die nuwe bestuur ons weet julle termyn sal suksesvol wees. Hierdie 2 pragtige kwilte is die werk van Lynette Slabbert.
40
…regstelling: Met die laaste OKG Nuusbrief is per abuis die verkeerde foto geplaas asook foutiewe inligting by meegaande kwilt . Verskoning , Mariëtte.!
Dit moes wees:
Ngenceba zika Thixo (By the Grace of God) Deur: Mariёtte Venter “Highly Commended”
…Uile Nog ‘n kwartaal is aan die verbyskiet. In ons groepie is daar maar min nuus. Elkeen is besig met prioriteite, en die lappies moet maar tweede in die ry staan vir verpligtinge en jaareind- verantwoordelikhede. Orals is Kersfeesversierings al uitgepak, en elkeen wonder watse kreatiwiteit sy aan die dag kan lê vir haar Kerstafel. Dalk ‘n mooi loper, of plekmatjie. As ons so terugkyk oor die jaar is ons dankbaar vir al die seëninge, en ons gebed gaan saam met elke vriendin of kennis wat beproef word in hierdie tyd. Ons sien uit na 2014 met al sy uitdagings. Geseënde Kerstyd, en voorspoed vir 2014!
41
`n laaste woord…
Kersfees Drie outas het in die vaal Karoo die ster gesien en die engel geglo, hul kieries en drie bondels gevat en aangestryk met 'n jakkalspad. Al agter die ding wat skuiwend skyn op „n plakkie, „n klip, „n syferfontein, hulle loop toe nog „n bietjie wes tot waar „n kersie brand in 'n stukkende fles, en daar tussen esels en makriel die krip gesien en neergekniel. Die skaapvet, eiers en biltong nederig gelê voor God se klong en die Here gedank in gesang en gebed vir 'n Kindjie wat ook dié volk sou red... En oor die hele affêre het uit „n hoek „n broeis bantam agterdogtig gekloek. D J Oppermann
42
World Quilt Show – New England XI 2013 World Quilt Competition XVII – 8/15/2013 - 8/18/2013 Manchester, New Hampshire
BEST OF WORLD: #1027 Venetian Menagerie by Melissa Sobotka, U.S.A.
Third Place Traditional: #8502 Victoria by Sue Prins, South Africa
Third Place - Innovative: #8010 Axis Mundi Reflected by Sally Scott, South Africa
BEST OF COUNTRY AWARDS: South Africa
8020 Scenic Splendour by Jenny Williamson & Pat Parker 43
“PATCH – JOL” Red Barn - Smithfield
44