2014 February newsletter

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Bloemfontein & Omgewing/Surroundings Since 1989

Februarie 2014

Nuusbrief / Newsletter

February 2014


…Mariëtte Venter bedank Marianne Le Roux, namens al die lede van die OKG vir haar werk as Voorstitter die afgelope 3 jaar!

…hierdie pragtige pers en rooi kwilt is deur die lede gemaak om Marianne te bedank vir haar werk as Voorsitter die afgelope 3 jaar.

… lede van die uittredende Komitee van 2013. Marianne bedank almal met `n pragtige handgemaakte geskenkie.


Kwilters is plesierig… dit is ons tema vir 2014! Met `n heerlike Feesseisoen agter die rug, is dit weer tyd vir kwilt! Die Ornaje Kwiltersgilde is `n volle 25 jaar oud! Dus, `n rede om fees te vier! Ingesluit is ons program vir die jaar – köordineer met jou skedule sodat jy niks misloop nie! Geniet die eerste kwartaal wat `n heerlike “piekniek in die tuin” by die Oorlogsmuseum insluit! Jou kaartjie is by jou gropeleidster beskikbaar. Sien jou daar! Dr. Seus skyf in die kinderboekie “ OH! The places You`ll Go! “ – “jy het `n brein in jou kop Jy het voete in jou skoene Jy kan jouself stuur… In enige rigting wat jy kies.”

.. ek hoop van harte dat hierdie jaar vir jou die nodige tyd, ” rigting en keuse” gaan bied om te kan kwit!

Kwiltgroete Frances


Nuwe Bestuur – Termyn 2014/2015 Voorsitter SAQG Vertnwdgr O/Voorsitter Sekretaresse Tesourier Fotograaf/historikus Skou Vertnwdgr Reisende Uitstalling en Media Nuusbrief Fokus op die Kwilter Kursusse “Show & Tell” & “charms” Koffie Mandjie “Blog” (Gouedrade) “Gadet Lady”

Frances vd Walt (Friendshipgroep) Mariëtte Venter ( Tolbosse) Frances van Schalkwyk(Rotary Cutters) Christa Gouws (Rafels) Riana Nel (Rafels ) Anina Louw (Needles & Pins) Iessie Steenberg ( Needles & Pins) Alta Stemmet (Sterre) Frances vd Walt(Friendship) Marie Coetzee (G ouedrade) Mari Strydom/Frances vd Walt (Friendshipgroep) Lenie Lourens (Kwetter Kwilters)& Miemie Pretorius (KreatieweLappies) Nelia Venter (N & Pins) Hettie Pringle Word deur groep hanteer verantwoordelik vir Alg. Verg.

GROEPLEIDSTERS Friendshipgroep - Frances vd Walt – 078 803 4019 Goedharte - Rene Schoeman -083 475 9085 Gouedrade - Mari Coetzee - 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens - 082 438 5191 Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Luna Wilken - 082 946 9669 LHParkies - Lettie Rehne - 082 466 2986 Naaldekokers - Marina Hough - 082 808 0998 Rafels - Christa Gouws - 083 542 5709 Rotary Cutters - Wilna Geel - 084 462 1212 Alta Stemmet – Sterre - 082 576 6223 Tolbossse - Hantie Vorster - 082 257 2374 Sujanie vd Spoel - Uile & Zastron - 082 332 0018 Corne Richter - Vingerhoede – Dewetsdorp - 082 696 5566


OKG KWILTPROGRAM 2014

*8 Maart : Pieniek in die tuin – Venue: Oorlogsmuseum Vendors. Uitstallers – brei, hekel, spin, weef, kloskant, borduur, scrapbook en natuurlik lappies! 2 demo`s – “Fabric bowl” en “patchwork bear” R40 .00 – ( eetgoed & patroontjie) Dringoed te koop by Restaurant. Bring vriendin saam! Daar sal voorsiening vir ekstra besoekers gemaak word. *24 April – 3 Mei: Bloemskou 8 Mei: Alg. Vergadering – Tolbosse en LHP verantwoordelik. Demo 3 d blomme 10 Mei – 25 Mei: Reisende Uitstalling by Oorlogsmuseum Opeining oggend - gratis 20 & 21 Junie: Kursus: Wilna de Beer Julie – skoolvakansie – kyk uit vir Clarensfees 14 Aug: Alg Vergadering – Friendship en Kreatiewe Lappies verantwoordelik. Demo Keltiesewerk 19 & 20 Sept: Kursus – Tilly de Harde Okt: - Lente kuier & kwilt – Botansies Tuin 15 November: Alg. Vergadering – Kersfees Rondomtalie – demonstrasies, maak eie Kersgeskenke.


INLIGTING AAN GROEPE T .O.V REËLINGS VAN ALG. VERGADERINGS : Verpligtinge vir die oggend sluit in: 1. 2. 3.

4. 5.

6.

7. 8.

9.

10. 11. 12. 13.

`N Uitnodigingskaartjtie vir elke ander groep word gemaak, wat die nodige inlitgting bevat bv. tyd, plek, spreker ens. Dit word by die Bestuursverg. uitgedeel. Die saal is alreeds bespreek – bevestig by Rene 051 522 5418 – NGK Kantoor te Altonasingel. Gee betyds aan haar deur hoeveel tafels benodig word! Die groep verantwoordelik vir die Kwartaal verg. Moet asb. ook sorg vir `n ligte verversing by die tee na die Bestuursvergadering – gewoonlik 3 weke voor Alg. Verg. Die klem val op `n ligte verversing – dit is net vir daardie “honger” gaatjie wat so by 11 uur ontstaan - dit ons manier om om gasvry te wees en almal te bedank vir die tyd wat hulle afstaan sodat die Gilde kan funksioneer. By die Algemene Vergadering poog ons om gewoonlik `n demostrasie of spreker te kry wat verband hou met kwiltwerk. Daar word ook verversings na die Alg. Vergadering aangebied – gewoonlik soet en sout saam met tee en koffie. Hou dit alles asb so minimalisties as moontlik. Gedurend wintermaande is sop en broodjies ook `n alternatief. Die groepe verantwoordelik vir die dag se Alg. Vergadering - moet ook sorg dat daar buite die deur persone is om die tafel vir ontvangs te beman. Hier word plakkers uitgedeel vir die stem van “Show & Tell” asook die “challenges”. Besoekers betaal R30.00 . Daar sal `n kleinkas voorsien word asook `n kwitansie boek en ledelys. Indien die Tesourier nie teenwordig kan wees nie kan die lys, kwitansieboek en ledelys, na afloop van die vergadering aan Christa Gouws oorhandig word. Groepleidsters kan na afloop van die Vergadering die Nuusbriewe by die Sekretaresse afhaal. Daar word verwag dat alle inligting rondop jou groepie soos bv. lief en leed kwartaaliks aan die Sekreatresse deurgegee word sodat dit in die Nuusbrief geplaas kan word. Sou jou gropeie enige kursusse of fondsinsamelings hou of enige ander kwiltnuus, kan daardie inligting ook in die Nuusbrief verskyn. Gee dit net vroegtydig via epos deur aan die Sekretaresse of Redakteur. “Show & Tell”: Kwartaaliks stal die groepies hulle kwiltwerk uit. Elke groepie het `n kwiltstaander. Dit word saamgebirng na elke kwartaalverg. Sodat die kwilte daaroor gehang kan word. Dit is net mooier as wat dit oor `n stoel sou hang. Lede moet onthou om hulle kwilte te merk met `n “label” waarop jou naam, naam van jou kwilt, inspirasie vir die kwilt en `n datum verskyn. Gedurende “Show & Tell” wat deur Lenie Lourens en Miemie Pretorius hanteer word, vertel elke uitstaller meer van haar kwilt. Lede moet die plakker wat hulle by die deur ontvang gebruik om voor die vergadering vir hul gunsteling te stem. Neem gerus deel aan die “challenges” asook die “show & Tell” want vir elke keer wat jy deelneem ontvang jy `n “charm”. Onthou om jou ledegeld wat hierdie jaar R160.00 beloop voor die einde van 28 Februarie 2014 aan jou groepleidster te betaal. Groep verantwoordelik vir Alg. Vergadering moet ook “Gadet lady” hanteer vir oggend. Welkom aan alle nuwe lede. Indien daar iets is wat jy nie weet nie, vra gerus jou groepleidster of kontak van die Bestuurslede. Ons help graag. Geniet jou stokperjie saam met ons, dit is `n absolute voorreg om deel te wees van `n groep baie talentvolle vroue, wat mekaar nie net rondom die wêreld van kwilte inspireer nie, maar ook sommer baie spesiale vriende word!

oranjequilters.blogspot.com


Quilt cottage Christine W.E.G Louwstr. 16 Langenhovenpark

082 412 5438

*NOU IN VOORRAAD: BRUSH RAGS FABRICS VAN MARILYN PRETORIUS *Kom besoek ons vir jou kwiltbenodighede.

* Beste pryse in die stad. * Nuwe voorraad op `n gereelde basis. * Ons neem ook naaimasjiene in vir diens en herstel. * Of om net `n bietjie raad te vra. * As jy verdwaal, voel vry om te skakel vir aanwysings. *Almal altyd welkom.


Nasionale Kwiltdag 15de Maart 2014 http://www.nqaquilts.org/ “National Quilting Day was established in 1991 by the National Quilting Association. Officially, National Quilting Day is the third Saturday in March. Unofficially, the celebration has expanded to the entire month. The purpose of the day is to continue the tradition of quilting through education and service. Quilt shops, fabric stores and local guilds host a variety of events and classes throughout the month to expand the knowledge of existing quilters and draw a new generation into the craft.” Aangesien die Gilde alreeds die 8ste Maart `n lekker kwiltdag aanbied, kan groepe wat gedurende Maart maand vergader gerus `n ander groep uitnooi om die oggend/middag saam met hulle te kwilt. Sodoende vier ons sommer op `n informele wyse `n lekker “Nasionale Kwiltdag”.


Lief en leed…. Friendshipgroep: Anna Gropp se suster is oorlede Anna Rautenbach het weer ouma geword van `n seuntjie. Hanli Henderson het ouma geword van `n seuntjie en daar is nog `n kleinseun oppad. Elaine Sansom se oom is oorlede. Vingerhoede: Lore van Schalkwyk se dogter is oorlede. Rafels: Elsie Ruping se dogter is gedurende 2012 met kanker gediagnoseer en ontvang steeds behandeling. Elsie, baie sterkte vir jou en Elanie. Elsie het ook haar Honneurs-graad suksesvol geslaag gedurende 2013. Juanita Nel het einde verlede jaar ‘n baie groot operasie ondergaan. Sy gaan nog deur ‘n reeks toetse, ons vertrou dat alles goed sal uitwerk. Madeleine du Randt se seun en Christa se dogter is onderskeidelik gedurende Desember 2013 getroud. Baie geluk aan Riana wat as tesouriere en Christa as sekretaresse, verkies is vir die volgende termyn. Beatrice word later die jaar vir die eerste maal ouma! Haar dogter, Karin, is swanger en dit is ‘n dogtertjie. Tina van der Westhuizen pendel tans tussen Bloemfontein en Jeffreysbaai en ons gaan haar baie min sien. Verjaarsdae: Tina van der Westhuizen – 15 Februarie 2014 Karin de Villiers – 5 Maart 2014 Antjie van der Linde – 30 Maart 2014 Juanita Nel – 12 April 2014 LHparkies: Ritha Swanepoel het `n kleindogter ryker geword. Lena Rehne word die 22 Maart 84 jaar oud. Gouedrade: Charlene het leed by die lief. Haar seun, Danrich, het matriek geslaag. Hy vertrek begin Februarie na Australië, waar hy vir ‘n jaar gaan werk. Connie versorg haar moeder wat baie siek is. Kwetter Kwilters: Mara en haar man het albei lensverannings gehad. Regina se man Raymaond oor “skoon” verklaar na onlangse “scan”. Rotary Cutters: Frances van Schalkwyk ouna geword `n pragtige dogterjie – ook Frances. Asook `n seuntjie Wilna Geel het ouma geword van `n seuntjie. Uile: Adie het ouma geword van `n seuntjie. Nora en haar man het hul 40ste huweliksherdenking gevier.


Rafels se Uitreik 2013‌


En die wenner is…

……Amanda Palvie!

Amanda se kwilt was die ‘Show and Tell’ -wenkwilt by die November 2013 Algemene Vergadering.

Dit was ‘n kursus wat sy in Augustus 2011 in Hoopstad by Mari Claase gedoen het. Na afloop van die kursus het sy die kwilt eers weggepak en in 2013 het sy hom klaar gemaak. By die betrokke kursus het sy geleer om lappe met groot kleur kontras saam te gebruik, iets wat sy nie normaalweg sou doen nie. Die bome het sy met stoffeerlap gepak en die blomme is met masjiensteke gedoen. Amanda het Mari se kursus baie geniet en sy het baie nuwe tegnieke geleer. Dit was vir haar heerlik om die kwilt te maak.

Meer oor Amanda: Amanda is lid van die Friendshipgroep en is nie regtig’n tradisionele kwilter nie. Sy hou van masjienwerk, masjienborduur, brei, hekel en sy werk ook graag in die tuin. Handborduurwerk is ook ‘n groot liefde van haar. Amanda hou daarvan om altyd iets nuut te leer.


Februarie “My Vakansiekwilt” Nuus vanaf SAQG

Mei “Uitreikkwilt” Elke groep het afvallap gekry waarmee daar `n “lap” – kwilt gemaak moet word. Hierdie kwilte gaan aan die Outehuis op Dewetsdorp geskenk word, as deel van die OKG se uitreikprojek vir 2014.

Augustus 3D Blomme Kussing, skinkbordlappie, kwiltjie of enige ander arikel, maar daar moet gebruik gemaak word van 3 D blomme (word by die Mei Alg. Verg. gedemonstreer)

November “Keltiesewerk” Kussing, skinkbordlappie, kwiltjie of enige ander arikel, maar daar moet gebruik gemaak word van Keltiese werk (word by die Aug. Alg. Verg. gedemonstreer)


…nuus van die Friendshipgroep (Groepleidster – Frances vd Walt 0788034019)

Ons groepie begin sommer op `n baie positiewe noot - met 2 nuwe lede! `n Hartlike welkom aan Mari Strydom en Neline Pienaar – dis heerlik om julle by ons te hê en ons sien uit na jul maandelikse kuiertjies vanaf Bulfontein. Verlede jaar het ons afgesluit met Amanda as wenner van die laaste “Show & Tell” van die jaar – baie geluk, Amanda dis voorwaar `n pragtigte kwilt! ( op die voorblad.) Ons het alreeds ons eerste groepie byeenkoms vir die jaar gehad en weggespring met die maak van `n masjienoortreksel – elkeen maak `n patroon van sy keuse. En daar is pragtige idees! Ons het ook `n poskaartgroepie binne ons groep geskep en volgens die temas sal ons regtig bietjie buite die boks moet dink! Die meeste dames het projekte wat hulle nog moet afhandel. Ondermeer is daar 5 van ons wat nog werk aan `n “Baby Jane”. Stadig maar seker vorder die blokkies! Anna het alreeds begin aanmekaar werk. Martie werk aan haar “block a day” van Griet Lombaard – die mooiste blokkies word geskep en “embellish”.

Tannie Magriet werk aan `n “memory” – kwilt met pragtige foto`s van haar 70ste verjaarsdag.


Frances het `n kwilt van afvallap gemaak wat deel is van die uitreikprojek waar kwilte aan die Ouetehuis op Dewetsdorp geskenk sal word. Dit moet nog net gekwilt word. Hanli het `n toevoubeursie ( klas van Iessie) as geskenk vir haar Ma gemaak. Met die mooiste materiaal! 2 Verlore hondjies het ook by haar huis opgedaag gedurende Nuwejaarsdag – enetjie het al weer sy huis gekry maar die ander hondjie word nog by haar “bederf”. Elaine was baie vlytig op Nuwejaarsdag en het 11 sakkke vir visstokke en katrolle gemaak! Mari is besig om `n “rafelrand” kwilt aftehandel – die mooiste kleure! Lyk tog te snoesig!

Die res van die dames het elkeen een of ander kwiltwerkie wat afgehandel moet word, maar met ons eerste groepsbyeenkoms is daar nie eintlik gewerk nie, daar was net te veel nuus wat gedeel moes word! Omtrent geklink soos `n bynes! Ons groepie sien uit na die res van die jaar se bedrywighede en wens ons mede kwilters `n baie voorspoedige en geseënde kwiltjaar toe! Don`t walk in front of me, I may not follow. Don`t walk behind me, I may not lead. Walk beside me, and just be my friend. (Anon)


Liewe kwiltvriendinne Hiermee wil ek graag elkeen, wat ‟ n aandeel gehad het in die maak van my pragtige pers-en-rooi kwilt, bedank. Dankie vir elke blokkie, die aan mekaar stik, kwilt, randafwerking en pragtige etiket op die agterkant van die kwilt. Dit is „n wonderlike geskenk en ek verseker julle die kwilt is vir my baie baie spesiaal. Ek het dieselfde middag wat ek hom ontvang het, heerlik op my bed onder die kwilt ingekruip. Serdert dien lê die kwilt by my bed se voetenend, naby genoeg om elke dag te sien en gebruik! Ek is voorwaar bevoorreg want hulle sê mos: “ Those who sleep under a quilt, sleep under a blanket of love” Nogmaals baie dankie! Marianne

Oranje Quilters` Guild 25 years of quilting!!!


Gouedrade… (Groepleidster – Marie Coetzee )

Die Gouedrade kom elke eerste Saterdag van ‘n maand bymekaar en werk dan al-te-lekker saam. Ons eerste groeps byeenkoms vir 2014 was die 4de Januarie . Baie welkom aan ons drie nuwe lede, Corine, Sonja Mostert en Rita. Bietjie meer oor ons lede se doen en late: Corine (‘n nuwe lid en tans die jonste lid in die groep) het begin met haar “Gold Vibrations” kwilt. Sy is ‘n beginner en leer nou eers kwilt. Intussen bly sy in ‘n karavaan op haar ouers se grond en het nie plek om tuis te werk nie. Ria is besig met kerskouse vir haar kleinkinders. Dit is pragtig driedimensioneel en word borduur met krale en allerande mooi goedjies. Sy hoop om dit klaar te hê vir 2014 se kersfees. Sonja werk aan haar blokkies wat nog nie klaar is nie. Sy bly tans by haar broer en daar is nie vir haar plek om te stik nie. Sy is dus bietjie agter met haar kwiltery. Intussen sukkel sy baie met haar voete en loop swaar. Marie se voorneme is om al haar UFO’s klaar te maak. Sy gaan eerste Hettie se beginnerskwilt aanpak en dan die “free motion” - kwilt. Anida maak ‘n kwilt vir haar seun, Christiaan. Die kwilt bestaan uit aardse kleure. Bettie help vir Rina met haar twee laaste blokkies vir die groepsprojek. Daarna moet sy haar “free motion” kwilt se rante en “binding” voltooi. Rina het niks gedoen nie want sy was met vakansie. Sy beplan om haar “glow-in-the-dark” kwilt waarmee sy besig is te voltooi. Linda is besig met ‘n “puzzle” kwilt van al haar afval lappe. Haar man het Nuwejaarsdag in ‘n geroeste pyp getrap en hul het die dag by die noodgevalle deurgebring.


Breggie moet haar “katte” kwilt voltooi. Dit is nou gesteek en sy begin met die groot deurstik werk. Charlene werk aan haar “hoender” muurbehangsel. Dit is ‘n pragtige lappie met mooi hoender appliekwerk. Sonja Mostert (‘n nuwe lid) werk aan haar blokke kwilt, lieflike kleurskakerings van geel, turkoois en rooi. Sy het dit nou gesteek en moet begin deurstik. Kokkewiet het ‘n vinnige baba kwilt wat sy moet maak. Dit is ‘n klaar gedrukte prent wat sy “gesandwich” het en nou deurstik met “free motion”. Daarna moet sy haar dassekwilt wat sy vir haar man maak voltooi! Connie se moeder is baie siek en sy verpleeg haar self. Daar is dus nie op hierdie stadium vir Connie veel kans om te kwilt nie. Sterkte vir Connie van al die Gouedraad lede! Rita (‘n nuwe lid) is besig met haar “pre-cut” kwilt wat sy by Bernina gekoop het. Sy was heerlik met vakansie en het by haar ma gekuier. Sy gaan op 7 Februarie weer die dokter sien en die sal dan besluit wanneer haar volgende oog operasie sal wees. Petro is besig met Hettie se beginnerskwilt. Sy is amper klaar, besig met rante en dan moet die lae gesteek word vir deurstik. Daarna volg die “free motion” kwilt. Haar voorneme vir 2014 is ook om al daai UFO’s klaar te maak. En natuurlik om ‘n kwilt klaar te hê vir die Bloemskou.


Hierdie “challenge” word deur die SAKG onderksryf:



Kreatiewe Lappies…. (Smithfield - Groepleidster Luna Wilken)

` n Baie gelukkige tannie met `n kwiltjie wat Kreatiewe Lappies spesiaal vir haar gemaak het.

…Beste wense vir 2014! - aan al die lede van die OKG. Kwiltgroete Kreatiewe Lappies

“CHARMS” “Show & Tell” asook “challenges” Elke keer dat jy deel neem ontvang jy “charm” – jy kry ook `n balkie waaraan jy jou “charm” kan heg. Daar word `n lys opgestel gedurende die jaar en so word daar tred gehou met wie watter “charm” ontvang het. Na afloop van die Alg. Vergadering kan jy jou “charm” by Lenie Lourens afhaal.

Mamma`s, Ouma`s!!!! Soek julle iets om kinders en kleinkinders besig te hou? ……Tolletjiebrei!!! Dis moes hoe mens daardie klein vingertjies besig hou!!! Kontak Lenie Lourens - 082 438 5191


Kwetter Kwilters… (Groepleidster – Lenie Lourens)

Hier is `n foto van die Kwetter Kwilters se heerlike afsluiting van 2013. Ons het lekker saam gekuier by Greenside Kwekery. Ons wil vir die twee matrieks van 2013, Melissa en Gerrit baie geluk sê. Ons wens hulle `n baie mooi toekoms toe. Mara begin haar jaar met alles, behalwe kwilt. Hoop sy doen so tussendeur iets. Sy en haar man Hardie het albei lensvervangings gehad. Ons hoop hulle herstel spoedig. Ons deel ook die blye nuus dat Regina se man Raymond, skoon verklaar is na sy laaste “scan”. Marietjie is die enigste een wat haar vakansie gebruik het om te kwilt. Sy het een van Iessie se kursusse gedoen. Sy het `n naaldwerkmandjie gemaak en sommer een ekstra vir `n geskenk. Sy het ook vatlappies gemaak en werk aan haar gevorderdekwilt. Lenie het wel by haar kinders in Hartenbos gaan kuier, maar dit was harde werk. Want die kinders moes trek dus was dit net inpak. Sy het darem n loper vir haar ander dogter gemaak. Ons wil vir Arina Grace welkom heet in ons groepie. Ek glo ons gaan heelwat nuwe idees van haar leer. Mag die jaar 2014 vir al die Gildelede `n voorspoedige jaar wees.

Aandag alle Groepleidsters!!! Sorg asb. dat alle lede se besonderhede korrek en volledig is en gee asb. so spoedig moontlik deur aan Christa Gouws (sekr.) (083 542 5709 of gouscem@ufs.ac.za) sodat sy ons ledelys op datum kan bring. Dankie!!!


Algemene inligting…………………. 1. Uitreike: Formeel neem die OKG deel aan die maak van Kwilte vir die Ouetehuis op Dewetsdorp. Hier is, sover moontlik elke groep betrokke. Informeel – hierdie projekte is vrywillig en lede kan na goeddunke deelneem. Inligting is by jou groepleidster beskikbaar of besoek ons “blog of FB” – meer inligting sal ook daar beskikbaar wees. – a) Brei van mussies en kousies vir babas – jy kan by die Alg. Verg. Afgee – ons sal dit by die nodige instansies afgee. b) “slopies” vir “valsborste” vir pasiënte wat `n mastektomie ondergaan het. Die patroon is by jou groepleidster beskikbaar. New Begingings - `n NWO wat hulp verleen aan minderbevoorregtes asook diere. Besoek gerus hulle webblad. newbegingingscharity.com of emian@internext.com 0f 079 345 0908

Indien jy `n bydrae wil lewer kan jy dit by `n Alg. Vergadering afgee en die Komitee sal sorg dat dit by die nodige instansies afgegee word. c)

Binne groeps verband moedig die Komitee lede aan om deel te neem aan enige uitreik soos deur die groepie besluit word.

NB: Stuur asb. foto`s van enige uitreik waaraan `n groepie deelneem, hoe gering ook al, sodat ons dit op


ons blog/FB en nuusbrief kan plaas asook op die webblad van die SAKG.

2. Ledegeld 2014: Dit is R160.00 per jaar. Ingesluit - Geen fooie word by die deur betaal. 4 Nuusbriewe pj – kan ook as enuusbrief ontvang word. R30.00 (van hierdie fooi) word aan SAKG oorbetaal as affiliasiefooi. Groepleidsters betaal asb. jul ledegelde direk in die volgende bankrek. Voor 28 Februarie 2014. ABSA: Oranje Kwiltersgilde Tjekrekno: 157 0160 199 *onthou om as verwysing jou groepie se naam te meld. Dankie Tesourier

REISENDE UITSTALLING! 10 – 25 MEI 2014 VENUE: Oorlogsmusuem TOEGANG: Gratis OPENING: Saterdag 10 Mei 2014 om 9vm


BLOEMSKOU

24/4 TOT 3/5

ASB. skryf vroegtydig in‌ ons wil graag 100 kwilte uitstal!!! Verdere inligting kontak: Iessie Steenberg 082 7055279


Liewe Kwilters Dit is die begin van die jaar en ons beplan fluks aan die 2014 Bloemskou! Bloemskou is een van die grootste skoue in die land wat nog Landbou- en Kommersiële aktiwiteite suksusvol kombineer. Sowat 122 445 besoekers is in 2013, oor die 10 dae wat die skou geduur het, deur die hekke.

Hierdie jaar vind die Bloemskou plaas van 24 April – 3 Mei. Ons wil graag weer ‘n groot aantal kwilte uitstal en daarom nooi ek julle nou reeds om te begin met ‘n wen-kwilt of om die een, wat op ons Algemene Vergadering as Kykers-keuse ‘n plek gekry het, in te skryf. ‘n Groot geleentheid soos Bloemskou kan nie suksesvol aangebied word sonder die insette en bydraes van talle rolspelers nie, dus baie dankie vir jou bydrae tot die sukses van ons Laslap en Kwiltwerk se uitstalling. Ek moet jou inskrywing (dit is net die papier-werk) en jou geld ontvang voor die 19de Maart, want daardie middag 3uur gaan ek dit inbetaal by die Bloemskoukantoor. Dan moet ek jou kwilt of kwilte ontvang op Dinsdag 8 April by my huis in Bainsvlei, of op Woensdag 9 April tussen 8uur en 9uur in die Kreatiewe Handwerk Saal (voorheen bekend as die Dina Steyn Saal). Beoordeling van die kwilte vind plaas op Vrydag 11 April en kwilte word afgehaal Dinsdag 6 Mei. Jy kan dit dan 10uur by die saal gaan oplaai, of jy kan dit by my huis afhaal. Hier is dit net belangrik dat jy my vooraf inlig oor watter opsie jy gaan uitoefen. Weereens baie dankie vir jou wonderlike samewerking as lid van ons Oranje Kwiltersgilde. Kwilt-groete Iessie Steenberg – Bloemskou Kreatiewe Handwerk Sameroepster (Laslap & Kwiltwerk) Elsa Schoeman – Bloemskou Kreatiewe Handwerk (Laslap & Kwiltwerk)


LHParkies se nuus… (Groepleidster – Lettie Rehne)

So, is `n lang vakansie agter die rug. Almal is veilig en het die feestyd baie geniet. Ritha het `n kleindogter ryker geword en het `n lekker 10 dae gaan kuier. Elsa het haar kleinkinders hier gehad vir die vakansie en het met hulle gaan sterre kyk en museums besoek en dit baie geniet. Sy is vir `n ruk terug onderwys toe. Ninor het `n UFO laat gaan. Sy het nie kans gesien om dit te voltooi nie. Hulle het ook `n nuwe hondjie gekry – tog te oulik! Lena was saam met vriende Kaap toe en het dit baie geniet. Lena verjaar die 22ste Maart en dan is sy 84 – wat `n voorreg! Lettie het haar kinders gaan help trek. Die kinders was almal hier vir Kersfees. Sy herdenk haar huwelik op die 24ste Desember, die 25ste is dit Kersfess en sy verjaar die 28ste Desmber. Dus `n Bedrywigheid! Lucy was ook Kaap toe en het by die kinders gaan kuier. Maar met die terugkom gaan die nie so goed nie – sy het n` probleem met `n aar en die moontlikheid van `n “stent” is nie uitgesluit nie. Sy was opgeneem in die hospitaal se intensiewe eenheid. Ons het `n nuwe lid bygekry - Elize Stolz. Baie welkom Elize. Geniet jou kwiltwerk! Hannie het ons verlaat – sy is terug Wesselsbron toe. Ons is regtig jammer om haar te verloor. Groete tot `n volgende keer.

A few thing quilters should remember… *The last sticth at night is the first three stitches you remove in die morning. *Do not continued to quilt when you are super tired. *Be good to your quilting hands. Keep them healthy and happy. *Learn to use a thimble. *Be sure to start a quilt, even if you do not finished it. *Unless you are a paid professional, it is okay to have unfinished projects. *Never iron on marked quilting lines or you will “set” them in fabric permanently. *Never go to the beach to quilt….unless you want lines to evaporate! *Helen Squire – Patchwork Quilts Aug 1994


BEPLANDE KURSUSSE VIR 2014 - AANGEBIED DEUR OKG :Inligting tov datums en venue sal betyds deur gegee word. Indien jy belangstel kontak jou gropeleidster of Frances 0788034019

20 & 21 Junie 2014 - Wilna de Beer Have a Hart Grade: Intermediate -Category: Innovative- Medium: Hand and Machine Description: 25 different three dimensional 6” hearts. Fabrics are woven, twisted, gathered, folded, frayed and padded to create an attractive wall hanging witch is fun to make and a way use up all those “scraps”. Size: 125x125cm R190.00 per dag plus kit/ 1 dag kursus

“Ama-Zing 3D” (I call this my tongue in cheek quilt it is so much fun to make) Grade: Intermediate- Category: Innovative-Medium: Hand and Machine Description: Wall hanging. More than 15 different three dimensional techniques including fabric folding, “moola” work, chenille quilting, trapunto, appliqué, fabric weaving, yoyo’s, prairie points, block work. Quilt as you go Size: 150cm x 150 R190.00 per dag plus kit / 1 dag kursus


Naaldekokers … Délmarie Groenewald lid van die Naaldekokers, het `n 2de plek in die “Leef”tydskrif se “WYS JOU HART” kompetisie behaal. Baie geluk Delmari – dit is `n pragtige kussing!

“Challenge Packs” Die “challenge” vir die Creative Enery Festival 2015 Is beskikbaar – Kontak Frances 0788034019

Besoek ook die amptelike fees webblad http://festival.quiltsouthafrica.co.za/


Needles & Pins … (Groepleidster Nelia Venter)

Met ‘n heerlike Desember vakansie gevul met kuiertjies, kwilt en baie lekkernye agter die blad is die Needles & Pins gereed vir ‘n opwindende nuwe jaar. Sommer met die eerste Needles & Pins byeenkoms op Saterdag het ons aan die werk gespring met die reëlings vir die Algemene Vergadering. Moenie dink ons het net stilgesit die vakansie nie! Ons het blikkies oorgetrek, hartjies gehekel en Nelia het probeer koeksisters bak.

Baie dankie aan my groep wat altyd so ywerig help.

Prediker 4:9 sê : Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Baie dankie ook aan Christine (Quilt Cottage) wat vir ons die geskenke geborg het wat uitgedeel word by die Algemene Vergadering. Needles en Pins beplan verder ‘n jaar vol kwiltkursusse, uitruil van geskenke en lekker kuiertjies. Ons is ook al ywerig besig om te werk aan die jaar se kwiltprojek. Elkeen stik 20 blokkies per maand wat ons dan uitruil onder mekaar en aan die einde van die jaar gaan ons ons kwilte aanmekaar stik. Ons groepie kwilt nie net nie. Callista en Ilze het die 1km swem (kompetisie) voltooi by Maselspoort, aangebied deur die Universiteit, terwyl Elsa flink hekel aan haar eerste kleinkind se kombersies. Mag die Vader vir hul wat deur moeilike tye gaan versterk en wees verseker van ons volgehoue ondersteuning en gebede. Needles & Pins groete


Bea se

“Cupcakes” (OKG Nuusbrief Nov 2003)

4 eiers 2 tl suurlemoengeursel 1 kop melk 1½ koppie suiker 3 koppies meel 4 tl bakpoeier ½tel sout 1 koppie olie ( 5ml = 1 teelepel) (250ml = 1 koppie)

Metode: 1. Voeg al die bestanddele bymekaar en klits vir 2-3 minute met `n elektriese klitser 2. Spuit kolwyntjiepan met “spray & cook” en skep deeg in die holtes ( maak holte ¾ vol). 3. Bak ongeveer 10 minute in matgie oond. (180º - pasop vir te lank bak!) 4. Versiersel – Meng versiersuker druppelgewys met warm water totdat dit effens loop wanneer dit oor die koekies geskep word. Verdeel en voeg kleusel van keuse by. Strooi “thousands” oor terwyl versiersuiker nog effens nat is. Of versier soos verkies.


Rafels … (Groepleidster – Christa Gouws)

Die Rafels het op 11 Januarie 2014 vir die eerste maal hierdie jaar bymekaar gekom. Hoewel daar nog baie lede is wat nog met vakansie was, het 7 van ons lekker gekuier en bietjie gewerk. Ons glo almal gaan ‘n vrugbare kwiltjaar hê, en sommer met baie mooi kwilte vorendag kom! Die 3 pakke lap (skenking van ‘n oudkwilter) wat Christa by die Bestuursvergadering van 29 Nov 2013 geneem het vir die kombersprojek, het elkeen ‘n “baas/base” gekry. Die twee Alta’s (Street en Du Plessis) gaan een maak, Juanita en Annatjie gaan met die hulp van Riana een aanpak en Christa gaan ook een maak en Antjie gaan ook opgekomandeer word. Karin het aangebied dat sy aldrie sal kwilt! Baie dankie Karin, jy bly maar ‘n staatmaker. Sy het ook besluit om hierdie jaar haar 12 UFO’s klaar te maak voordat sy aan enige ander kwilt gaan begin werk, behalwe bogenoemde 3! Ouma Beatrice Carshagen moet opskud met die babakwilt waaraan sy werk, die kleinding is amper hier! Daar lê ‘n bedrywige jaar voor en ons gaan almal lekker saamwerk. Verder reël Antjie ‘n kursus wat Doortjie gaan aanbied in Bloemfontein. Hou asb die “ blog” dop vir besonderhede. “Rafel”dames kom 2 maal per maand bymekaar in die Saaltjie by Stellenryk Aftree-Oord. Daar word dan gewerk, gekuier en soms heeltemal te veel geëet!

Alta Du Plessis se pragtige handgemaakte kwilt!


Doortjie Gersbach besoek Bloemfontein.

Kwiltklas: 1 & 2 Mei 2014 - R480.00 (Projek strek oor 2 dae – inligting oor sny van lap sal voorsien word.)

Hekelklas: 3 Mei 2104 – R240.00 NGK Universitas Strausstr. Bloemfontein Kontak : Anna 082 2979977 of anna@ cut.ac.za Christa 083 542 5709 of gouwscen@gmail.com


8 Maart 2014 Kwiltuitstalling by Oorlogsmuseum Demonstrasies: “fabric bowl” “Patchwork Bear” Kloskant

Vendors: Lappiesland Wol Langa Lapu Batik Uitstallers: Weef/Spin Kloskant Krale “Scrapbooking” Breiwerk Hekel Houtwerk Borduurwerk

Kry jou kaartjie by jou groepleidster! R40.00 sluit patroontjie/instruksies vir beerjtie in asook 1 soet/1 sout verversing. Alle tee/koffie/koeldrank sal by die restaurant gekoop kan word.


Rotary Cutters… (Groepleidster – Wilna Geel)

Die Rotary Cutters se eerste byeenkoms vir die jaar lê nog voor, maar ons hoop om dan nog ‘n lid by te kry. Dan sal ons ledetal weer op 10 wees. Daar het intussen ‘n paar kleinkinders bygekom. In die vorige nuusbrief is gemeld van Frances van Schalkwyk se naamgenoot wat November gebore is, maar daar het intussen ‘n kleinseun ook opgedaag. Wilna Geel se 1ste kleinkind, ‘n seun, is op haar verjaarsdag 12 Desember 2013 gebore – ‘n hele maand te vroeg. Maar als het darem goed afgeloop. Die groep het al begin beplan aan werksaamhede vir die jaar. Almal sien baie uit na ‘n produktiewe nuwe jaar waarin ons weereens nuwe en interessante tegnieke kan aanleer.

Sterre … (Groepleidster Alta Stemmet) Ons kom elke derde Donderdag van die maand by Iessie bymekaar om 9:00vm

Ek het so paar Sterre gevra wat hulle beplan vir 2014! Maxie sê, sy gaan haar UFO’s klaarmaak en dankbaar wees vir elke dag se gesondheid, lief en leed. “Alles vorm my om die mens te wees wat ek bedoel is om te wees deur onverdiende genade van my Skepper.” Marietjie Schlebusch se haar hoogtepunt van die jaar was toe sy Desember ‘n ouma geword het van ‘n pragtige klein baba dogtertjie Larah. “ Ek het met groot liefde vir haar ‘n baba kwilt(uiltjies) gemaak en my dogter was mal daaroor.” Ria se haar hoogtepunt is dat sy nou vir twee maande nie meer haar naels kou nie. Sy lyk pragtig en ons is trots op haar. Jolanda se missie is om haar UFO’s te voltooi. Sy sê 2013 is baie van hulle gebede verhoor en sy begin die jaar met groot dankbaarheid. Iessie se: Leef jou motto: “Live a legacy to leave a legacy.” Nettie is `n nuwe Sterkwilter en sy sê sy is ‘n sterretjie wat heerlik gaan vonkel in ons groep. Cristelle het haar mooi kwilte gebring en sy het vreeslik baie planne vir die nuwe jaar. Petro,Gerda en Marietjie Thomas se jaar het besig begin maar hulle is vuur en vlam en gaan ‘n kwilt saam Iessie aanpak. Baie seën vir die jaar van al die Sterre!


Tolbosse se nuus… Desember is nooit ‘n goeie tyd vir die “Tolbos”dames wat kwilt betref nie. Lyk vir my ons maak te veel kos, kuier te veel en doen geen naaldwerk nie. Maar so vinnig soos wat die lewe verby snel is dit baie belangrik om tyd te maak vir mekaar en veral vir familie. So doen ons, ons deel hier. Hier is darem hierdie Kersseisoen wat veby is gebrei aan blokkies vir ‘n kombers, ‘n hans bok is grootgemaak en baie klere is ook gemaak. Party van ons beplan ‘n reiskwilt, dink net hoe opwindend dit gaan wees om te maak. Al die mementos wat iewers vandaan kom gaan lekker pryk op die kwilt. In die hitte is daar natuurlik ook baie tuin gemaak of liewer nat gemaak om te probeer red wat hier te red is. Die arme plant het so swear gekry in die hitte so baie tyd is in die tuine spandeer. Maar ons het baie kwilt planne vir 2014. Tolbosse kom so 2 keer per maand bymekaar. Meestal op Donderdae en dan het ons een lang kwiltdag van 9vm tot so 3nm. Waar ons regtig sit en werk en nogal iets klaarkry in die proses. Die ander dag werk ons ook, maar meestal kuier ons tot net so 12nm. ‘n Groot lekker te om elke keer te sien hoe elkeen se projek vorder. Ons het lanklaas ‘n gesamentlike projek gehad maar ons gaan beslis in 2014 bietjie meer saamwerk. Ons begin sommer met Santjie wat ons gaan touwys maak om self vilt te maak. Groot opgewondenheid vir die eerste kwartaal. En dan gaan ons die vilt kleur en in ons kwilte gebruik of selfs net vilt projekte aanpak. Ons is baie opgewonde. Ons Tolbos dames is natuurlik ook baie trots op Mia Bredenkamp ( Rina Bredenkamp se dogter) wat op Kwela was. Wat ‘n inspirerende insetsel en ons almal kon iets by Mia leer. Jy bly ‘n helder ster in Bultfontein en ons is trots op jou. You go girl!!!! Baie voorspoed vir elke Oranje Gilde kwilt lid vir 2014 en ons wens vir julle elkeen en veral vir die bestuur baie goeie gesondheid toe. Lekker kwilt.


…Tolbos se foto`s

Hier word daar baie deeglik na die mooi kwilt gekyk.

Susan spog met haar mooi kwilt wat die Tolbosse vir haar gemaak het.

Uile… (Groepleidster Sujani vd Spoel)

Aan almal wil ons voorspoed toewens vir 2014. Die jaar lê soos 'n leë boek voor ons. Mag ons sy blaaie met vol kleur en idees inkleur. In ons Uilegroep het ons afskeid geneem van ons Welkom lede, maar drie nuwe lede met ope arms ontvang. Anina Louw, Elrika Grimsley en Minda Oosthuizen...hopenlik vlieg julle lekker saam met die Uile. Verder werk ons almal druk besig aan nuwe projekte, en sommiges maak UFO's klaar. Maar alles gaan klaar wees teen einde van die jaar. Adie het weer ouma geword, en Nora het haar en haar man se 40 ste huweliksherdenking gevier !! Wat 'n mylpaal!! Baie geluk! Ons sien uit na die jaar, en hoop dat elkeen toevlug sal ontvang in die rustigheid wat dit ons gee om te kwilt. En mag net mooi projekte gebore word...en afgehandel word! Groete van die Uile


Vingerhoede - Dewetsdorp (Groepleidster Corne Richter)

Voordat ons enige van die nuus met julle wil deel praat ons oor die groot hartseer wat ons in die Desember beleef het. Lore v Scalkwyk is een van die kosbaarste en getrouste lede wat ons het. Sy is ook 'n stigters lid toe ons 28 jaar gelede besluit het om 'n kwiltgroep te stig. Haar dogter Monica is oorlede in die fleur van haar lewe. Sy laat haar man en 3 klein kindertjies agter. Lore ons harte is stukkend oor jou kind en ons elkeen bid vir julle familie. Ons beplan en vertrou dat 2014 vir ons almal 'n baie goeie jaar sal wees. Die eerste projek is om vir ons Ouetehuis op Dewetsdorp 'n paar mooi kwilte te maak en ons wil soveel leer soos wat ons kan. Corne Richter is ons nuwe Voorsitster en sy is 'n ster! Saam met haar is Sindy Smit as onder Voorsitter en met al haar kennis is daar baie hoop vir ons. Ons vergader nog steeds een maal elke maand en dan werk ons die hele dag aan die verskillende skeppings waarmee ons besig is. Nou ja vir elkeen van julle wat betrokke is by die Oranje Kwilters stuur ons net die beste wense vir die jaar en mag elke kwilt wat jy wil maak, of elke kwilt wat jy lankal begin het, klaar en pragtig wees. Baie groete Sanet v d Berg Vingerhoede. Dewetsdorp

I Think Sew! (Yep - all the time....)


Lappiesland se ware sal beskikbaar wees by die

kwiltuitstalling van die

8 ste Maart 2014 By die

Oorlogsmuseum!


Okt. 2013 Lekkergoedpakkies word verpak deur lede van die OKG en is geskenk aan “New Begingings” `n “NWO”.

Indien jou wil berokke raak by hulle werksaamhede – kontak hulle by: newbegingingscharity.com of emian@internext.com 0f 079 345 0908 Of na- ure 084 767 0249


‌`n laaste woord

May the road rise to meet you And the wind be always at your back. May the sun shine upon your fiels by day And the rain fall upon them at night. May your feet never get weary, And your hart never grow old. And until we meet again may the Lord bless you and keep you always In the hollow of His Hand.


Alg. Vergadering November 2013


*Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.