May 2012 newsletter

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS’ GUILD Bloemfontein & Omgewing/Surrounding Since 1989

- - - - - - - - - - - - - - - - -

Nuusbrief

Nog

Mei/May 2012

Newsletter

424 dae oor voor ons fees !!!

Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.

1


2


Van die Voorsitter... Liewe kwiltvriendin Mooi handwerk lê my baie na aan die hart! Daarom maak skoutyd my baie opgewonde, want baie mense se handwerk word in die Dina Steynsaal uitgestal. Met oor die 900 handgemaakte artikels het Bloemfontein die grootste Tuisnywerheidsafdeling in die land. Wat „n plesier is dit nie om na al die uitsonderlike artikels te gaan kyk nie, veral die pragtige kwilte. Dankie aan elkeen wat so ywerig deelgeneem het om die kwiltuitstalling weereens „n treffer te maak. Baie geluk aan elke pryswenner veral aan Calista von Wielligh, ons junior lid, met al haar pryse. Ons is baie trots op jou! Dankie ook aan Frances van Schalkwyk vir die professionele wyse waarop sy die beoordeling hanteer het. Vir al die helpers met die skou – julle is „n wenspan! Nasionale Kwiltdag by Freshfordhuis Museum was weereens „n heerlike kuieroggend met die mooiste kwilte in „n pragtige omgewing. Dankie aan elkeen wat ook die dag so spesiaal gemaak het. Met die wintermaande wat nader kruip, vertrou ek julle sal heerlik aan jul kwiltprojekte werk, want wat is nou lekkerder as „n klaar artikel wat jy kan geniet of as geskenk vir „n spesiale persoon kan gee. Geniet jou kwiltwerk en dra dit uit na ander om so hul te inspireer en die kunsvorm te bevorder. Lappiesgroete Marianne Die kosbaarste en mooiste dinge in die lewe kan nie gesien of aangeraak word nie. Hulle moet met die hart gevoel word. Helen Keller

3


Lief en leed...

Langenhovenparkies: Ritha se seun is getroud. Ritha se pa is oorlede. Hannie het `n kleindogter ryker geword. Lucy het `n skoueroperasie gehad. Lena het 83 geword. Friendship: Annette Verhoef het ouma geword. Lappoppe: Mari is nog baie siek, maar sterk tuis aan. Haar bloedtellings is nog nie reg nie. Kwetter Kwilters: Elsie vd Bijl swaer is oorlede. Needles & Pins: Iessie se swaer is oorlede.

Omgee is meegevoel, genade, ontferming. Dikwels kan ons nie genees nie, maar ons kan omgee. – Henri Nouwen 4


Dagbestuur van die Oranje Kwiltersgilde VOORSITTER : Marianne Le Roux - 0828262128 - lrouxm@cut.ac.za VISIE VOORSITTER: Mariëtte Venter - 0823373699 - mwpentzp@mweb.co.za SEKRETARESSE: Nelia Venter - 0824606326 - ventern@cut.ac.za TESOURIER: Sonja Snyman - 0823382333 - Sonja_snyman@hotmail.com FOKUS OP `N KWILTER : Alta Stemmet – 0825766223gstemmet@hotmail.com GADGET LADY: Lolla Geyer 051-853 1084 072 435 2137 - eugnegeyer@vodamail.co.za HISTORIKUS: Marie Coetzee - 0834486921 - pfaffbfn@telkomsa.net KOFFIEMANDJIE: Linda Landman - 051-522 3011 KURSUSSE: Elsie vd Bijl - 051 522 545 - 076 966 735 debijle@mweb.co.za MEDIA: Mariëtte Venter NUUSBRIEF: Frances vd Walt - 078 803 4019- vanderwaltf@gmail.com REISENDE UITSTALLING: Alta Stemmet - 082 576 7223 gstemmet@hotmail.com SAQG VRTWDIGER: Mariëtte Venter – 0823373699 mwpentzp@mweb.co.za SHOW & TELL: Mariëtte Venter SKOUVRTWDIGER: Iessie Steenberg - 051-4368041 - 083 682 1127

iessie@absamail.co.za of ElsaSchoeman 082 824 0692 5


ALGEMENE INLIGTING

Oranje Kwiltgilde en sy lede is geaffilieer by die Suid Afrikaanse Kwiltgilde kortweg OKG en SAKG(SAQG). Die Gilde bestaan uit groepies met `n groepleidster. Die groepleidster verteenwoordig haar groepie by die Algemene Bestuursverg. wat kwartaalliks gehou word. Hier word dan die nodige besluite geneem om ons Gilde te laat funksioneer asook enige inligting wat van SAQG ontvang word, word hier aan al die groepleidster deurgegee. Kwartaalliks word daar `n Algemene Kwiltvergadering gehou. Dit vind plaas by Altonasngl. Fichardtpark. Elke groepie kry `n beurt om gasvrou vir die oggend te wees. Verpligtinge vir die oggend sluit dan in om: a)`n uitnodigingskaartjie vir elke ander groep te maak, wat die nodige inligting bevat bv. wie is die spreker, ens. Dit word by die Bestuursverg. uitgedeel. b) Die nodige reëlings te tref met die NGK Kantoor te Altonasngl. Bevestig datum, reel hoeveel stoele, tafels, breekgoed ens.(Besprekings word aan die begin van die jaar deur die sekretaresse gedoen dus, bevestig net.) Kontak: 051 522 5418 c)Die groep verantwoordelik vir die Kwartaal verg. moet ook sorg vir verversings by die tee, na die Bestuursvergadering, wat gehou word `n maand voor die Alg. Verg. d)Vir die Algemene Verg. word daar gewoonlik `n spreker gereël of `n demo gehou enige iets wat verband hou met kwiltwerk. e) Daar word ook verversings, gewoonlik soet en sout na die verg. saam met tee en koffie bedien. Die betrokke groepie is daarvoor verantwoordelik. f) Nuusbriewe word na afloop van die Alg. Verg. by die sekretaresse afgehaal, sodat dit aan jou groepie uitgedeel kan word. g) Enige inligting rondom jou groepie soos, bv. lief en leed word kwartaaliks deurgee aan die sekretaresse en die Red. `n Kortlikse nuusbriefie van wat in jou groepie gebeur en wat julle doen word aan die Red. ge-epos. Indien jou groepie `n fondsinsameling hou, of dalk `n kursus aanbied, kan daardie inligting ook in die Nuusbrief verskyn. h) Show And Tell: Kwartaaliks stal die groepies hulle kwiltwerk uit. Elke groepie het `n kwiltstaander. Dit word saam gebring na elke kwartaalverg. sodat die kwilte daaroor gehang kan word. Wanneer dit, gedurende die verg. dan Show and Tell is, staan elke groepleidster by haar groepie se staander en vertel dan meer oor die kwilte. Lede moet die inspirasie vir die kwilt, `n datum. ens. op `n nota aanbring en dit op die kwilt vassteek. Voor die vergadering kry elke lid `n plakker waarmee sy haar stem uitdra vir die kwilt waarvan sy die meeste hou. i) Welkom aan alle nuwe lede. Indien daar iets is wat jy nie weet nie, vra gerus jou groepleidster of kontak van die Bestuurslede. Ons help graag. Geniet jou stokperdjie saam met ons. Dit is `n absolute voorreg om deel te wees van `n groep talentvolle vroue wat mekaar nie net rondom die wêreld van kwilte inspireer nie, maar ook as vriende.

6


Emperors Palace Johannesburg

27-29 Julie 2012 www.iqcafrica.com

7


Just look at all these amazing features:

               

IDT (Walking foot) Large sewing space 195 stitches Alphabets - 4 styles PFAFF design makes sewing easy Large, high-resolution screen Bobbin thread sensor Start/Stop button Speed slider Three LED light sources Free-motion sewing External feed dog drop Needle up-down Extra presser foot lift Presser foot pressure Adjustable thread tension

               

Immediate tie-off 29 Needle positions Twin needle program Stitch width safety Stitch elongation Mirror image Sequencing Save personal stitch Integrated needle threader Snap-on/Snap-off presser feet Top loading bobbin Electronic needle piercing power Hard cover to protect your machine Two spool pins Accessory tray Six feet included

Get your PFAFF ambition 1.5

PFAFF Bloemfontein 8 Bergstedt Street Fichardtpark, Bfn Tel: 051 5224554 Cell: 083 4486921

8


Recipe... Hearty Lamb and Butternut Soup 30 ml Margarine 2 Cloves garlic, roughly chopped 1 kg Butternut, peeled and cubed 1 KNORR Chicken Stock Cube 5 ml Robertsons Coriander 200 gram Extra lean lamb mince 100 ml Cold water 1 Onion, roughly chopped 5 ml Robertsons Cinnamon 1.75 litre Cold water 5 ml Oil 5 ml Robertsons Ground Cumin 1 KNORR Fresh Ideas Spaghetti Bolognaise Cook-in-Sauce Robertsons Atlantic Sea Salt and Black Pepper for seasoning The aromatic combination of coriander and cumin with the lamb mince makes this a soup that fills your stomach and your soul! Serves 4 Preparation Time: 30 mins Cooking Time: 70 mins

Instructions: Melt margarine in a large pot and fry the onion, garlic and Robertson‟s Cinnamon for 5 minutes 1.Add the butternut, water and Chicken Stock cube and bring to the boil. 2. Allow to boil for 30 minutes or until the butternut is soft. 3. Heat oil in a pan and fry the Robertson‟s Coriander and Cumin for2 minutes 4. Add the lamb mince and brown well 5.In a small bowl mix the sachet of Knorr Fresh Ideas Spaghetti Bolognaise Cook-in-Sauce with the cold water to make a smooth paste 6.Add the paste to the lamb mince and stir well and allow to cook for 10 minutes 7. Remove pot from the heat and using a stick blender blend the butternut until smooth 8. Add the mince and return to the heat and allow to simmer for a further 10 minutes 9. Season to taste with Robertson‟s Atlantic Sea Salt and Black Pepper 10. Serve with crusty bread * www.whatsfordinner.co.za

9


Lappiesmous Voor dagbreek een Vrydag sien ek 'n jongman, aantreklik en sterk, deur die agterstrate van ons stad loop. Hy trek 'n karretjie waarop 'n spul lappe lê. Die lappe lyk pragtig skoon, nuut en helderkleurig. "Lappe! Lappe! Lappe! Nuwe lappe vir oues!" roep die jongman. "Ek neem jou stukkende lappe! Kom ruil dit om vir nuwes." "Merkwaardig", sê ek vir myself. Dit lyk na so 'n gawe, sterk jong man. Sou hy dan nie 'n beter werk kan kry nie? Waarom nou met lappe smous? My nuuskierigheid was so geprikkel dat ek hom gevolg het. En ek is nie teleurgestel nie. By die eerste huis waar die lappiesmous verbygaan, sit 'n vrou op die stoep en huil. Haar sakdoek was sopnat en haar skouers het geruk van die snikke. Dit was duidelik: haar hart was stukkend. Die lappiesmous het sy karretjie gestop en na die vrou gestap. "Mevrou, Gee jou lap vir my", het hy saggies gesê, "ek sal vir jou 'n nuwe lap gee." Toe neem hy die sakdoek en plaas 'n nuwe lapsakdoek in haar handpalm. Toe begin hy weer sy karretjie trek terwyl hy met sy ander hand 'n snaakse ding doen. Hy sit die vrou se nat sakdoek teen sy oë en begin self huil. Die vrou se trane het intussen opgedroog. "Dis 'n wonder!" het ek uitgeroep, en die huilende lappiesmous verder gevolg. "Lappe! Lappe! Nuwe lappe vir oues!" roep hy. Kort daarna kom die lappiesmous op 'n jongmeisie af. 'n Erg bebloede verband was rondom 'n yslike wond aan haar kop gedraai. Haar oë was dof en leeg. Toe haal die lappiesmous 'n vrolike geel laphoed uit sy karretjie. "Kom, gee my jou lap en ek sal jou myne gee!" bied hy aan. Die meisie het hom net aangestaar. Toe gaan hy nader en haal met 'n teer gebaar die bebloede verband van haar kop af en draai dit om sy eie kop. Skielik het sy begin glimlag. Ek het na my asem gesnak, want saam met die verband het die wond gekom. Die bloed het nou oor sy gesig gestroom, en haar wond was genees. "Lappe! Lappe! Ek ruil ou lappe vir nuwes!" roep die sterk, huilende, bloeiende lappiesmous. Toe hy 'n man met net een arm raaksien, vra hy: "Het jy werk, meneer?" "Is jy laf? Antwoord die afarm-man bitter. "Wie sal my kan gebruik?" "Gee my jou baadjie, dan gee ek jou myne," antwoord die lappiesmous met gesag. Toe die ruiltransaksie voltooi is, kon ek my oë nie glo nie. Die man het nou twee volmaakte

10


arms gehad en die lappiesmous net een! "Gaan werk nou!" was die lappiesmous se vriendelike bevel. So het die lappiesmous aangestap: huilend, bloeiend, gebreklik, oud en siek. Met sy enigste arm het hy sy karretjie getrek. My hart wou breek toe ek die droewige verandering in die mooi, sterk man se voorkoms sien. Toe hy by die vullisdepot op die heuwel buite die stad kom het hy daar inmekaargesak en gesterf. Ek het my seker aan die slaap gehuil - en later agtergekom dat ek dwarsdeur die res van daardie Vrydag en die Saterdag daar gelê en slaap het. Die Sondagmôre vroeg is ek wakker geskok deur 'n verblindende lig wat rondom my skyn. Toe my oë daaraan gewoond raak, was ek die getuie van die wonder van alle wonders. Voor my het die lappiesmous gestaan. Hy was weer jonk en mooi en lewend! En al die lappe wat hy langs die pad by stukkende mense gekry het, was silwerskoon. Ek stap toe na hom toe en vra: "Trek my ook nuut aan." Toe verruil my Here my vodde vir pragtige nuwe klere, en sê: "Gaan vertel vir jou vriende: As julle mekaar liefhet, sal almal weet julle is My lappiesmouse vir die wêreld."

MAG JY...

- Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie. - nooit ophou wanneer jy verloor het nie. - nooit bly lê wanneer jy geval het nie. - nooit haat wanneer jy nie waardeer word nie. - nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie. - nooit rus wanneer jy voorspoed gevind het nie. - nooit in die steek laat wanneer jy vertrou word nie. MAG JY... - Altyd lewe met die wete dat jy met 'n doel lewe. - altyd ly in die geloof dat lyding krag bring. - altyd doen met die besef dat dit jou taak is. - altyd gee en deur jou gawe verryk word. -altyd lewe met die oog op die onsienlike.

Geniet 'n wonderlike dag met God aan jou sy! 11


Kwilter`s Dagboek 3 Mei 2012/ Kreatiewe Lappies/LHParkies 16 Aug. 2012/Rotary Cutters & Rosebuddies 10 Nov. 2012/Needles & Pin’s

Wie gee die pas aan in die mode-wêreld t.o.v kleur? -

“PANTONE” oooOOOooo “Pantone is the world-renowned authority on color. They set color trends etc. Check them out for your color communication. www.pantone.com”

2012 - Color of the year is -

Tangerine Tango! 12


My blomme hoed Deur: Suzette Strydom Ek staan stil voor die winkelvenster voor my `n hoedjie op die winkelrak terwyk ek kyk voel ek 'n knop in my keel want dan onthou ek iets wat gebeur het lank lank gelede... Toe ek maar nog 'n klein dogtertjie was en so bitter graag saam met ouma wou kerk toe gaan “ons sal eers vir jou „n hoed moet kry” soos „n orkaan is ek deur my kas maar‟ n hoed kon ek nêrens kry. Daardie aand kry my ouma „n blink idee sy hekel „n hoedjie vir my met groot pers blomme daarop my verbasing was groot die volgende dag en ek kon nie wag om kerk toe te gaan met die hoedjie op my kop vrolik en sag! Dit was egter Nagmaal en na die diens bars ek in trane uit Bekommerd vra my ouma - wat is fout my kind? Deur die snikke en trane vra ek haar Waarom kon ek nie van die koekies en koeldrank kry?

13


14


Gasspreker ... Ons Gilde was bevoorreg om Trienie Krügel tydens ons laaste Algemene Vergadering as `n gasspreker te hê. Sy het met baie groot geduld die konsep van kopiereg aan ons lede verduidelik. Daarbenewens het sy ook van haar pragtige kwilte uitgestal! Voorwaar `n vrou met hope talent! Baie dankie Trienie, ons het jou besoek baie geniet! Ons almal is sommer weer van nuuts af begeesterd en vol inspirasie nadat ons jou mooi kwilte gesien het.

Indien jy meer te wete wil kom oor kopiereg – die werkstuk oor kopiereg deur Trienie Krugel is beskikbaar by jou groepleier.

*Unknown

15


Gouedrade se nuus ... Connie in ons groep blyk die een te wees wat elke maand met 'n voltooide projek kom spog en hierdie maand het sy haar Bargello kom wys. Daar was 'n paar gesigte afwesig omdat Petro al te heerlik troue gaan hou het in Namibië. Charlene met 'n beseerde rugby kind gesit het en Ria het kinders met karprobleme gehad. Die res van ons was die ene ore tydens Kokkewiet se aanbieding van die 3-D "bowtie" blok. Sommer gou-gou het elkeen 'n blokkie gemaak en daarmee begin spog. Daarna het elkeen aangegaan met ons eie ding. Kokkewiet het, met Hettie, Anida en Connie se hulp, haar 3-D Kubus se kwilt lae opmekaar te sit. Rina het aangegaan met haar 'skoonma muurbehangsels' wat sy vir die familie maak. Bettie was besig met haar “Free-motion” kwilt wat nou baie na aan klaar is. Breggie maak 'n Log Cabin - kattekwilt. Marie het haar pou kwilt begin deurstik om dit voor die Bloem Skou klaar te kry. Connie was besig om „n baie interressante serp te brei. Ons was „n hele paar wat geskimp het vir die serp, maar nou ja… 'n Produktiewe groepiedag vir almal en onthou om als te maak wat jy onderneem het (hartjies en tafellopers) en ons moet almal onthou om volgende keer papier sneesdoekies te bring. Besoek ons gerus by: http://www.gouedradekwilters.blogspot.com/

Ps. 117 Prysig die Jirre, allie Nasies, kom Prysig Hom, Bring in jille se kele in `n liedjie saam, en kom, want die Jirre se liefde isse skylte vi jou... 16


BAIE DANKIE! BAIE DANKIE ! Mens kan nie „n kwilter wees as jy nie kan gee nie. Dit leer ek elke dag meer en meer. Baie dankie aan almal wat lappies gegee het vir die dames van die kerk. „n Groot dankie aan Hettie wat haar lappies in een middag klaar sirkels gesny het. Dit was ongelooflik. Baie dankie almal, julle is ongelooflik. Mariëtte

“SHOW AND TELL” Iessie baie geluk. Jy is `n kwilter duisend! Wat `n mens so bewonder van jou, is dat jy alles met oorgawe en entoesiasme aanpak en klaarmaak. Jy inspireer almal wat jou pad kruis en dis wonderlik om altyd so inspirerend te wees – ons word almal deur jou kwaliteit geraak, wat voorwaar `n aanwins is. Ons weet ook verseker jy is `n leier by uitstek en daarom tywfel niemand aan die sukses van die fees wat voorlê. Doen so voort – jy kan en mag maar! Nogmaals baie geluk met “Show and Tell”as wenner! Gerda Breytenbach - Sterkwilters

17


www.coatsandclarks.com Meeste van ons het met “Coats”- gare groot geword. Die maatskappy vier hulle 200ste bestaansjaar! Besoek hulle webwerf vir brei, hekel, kwiltpatrone en ander inligting. Om hul verjaarsdag te vier is daar `n gratis “Blok of the month” wat beskikbaar is. Heel gepas het hulle die “spool” –blok gekies as hul ontwerp. Die eerste 2 blokke vir Mrt. en April is reeds geplaas.

18


Ons fees vir 2013 lê om die draai – hier is `n paar wenke hoe om dit te geniet! *Classroom Etiquette by Karen Blocher, CoDirector 43rd Annual NQA Quilt Show (America)

A few simple rules make the world, and classes, a nicer place: 1. Be on Time. My dad taught me that being late compromises everyone‟s time. If you are five minutes late, multiply your tardiness by the number of people affected, and that‟s the consequence. If your class has twenty students, and you‟re five minutes late, that‟s 100 minutes. 2. Be Prepared. Do your best to find the items on your supply list. Even if they aren‟t the products you might choose, try to use what‟s suggested. 3. Be Generous. Share ~ it just makes you feel good.

4. Be Kind. If you see your classmates struggling, offer your help. 5. Be a Good Listener. Your instructor has traveled a long distance to teach students who want to hear what is said. Listen much ~ Speak little.

6. Ask Permission before taking photographs or borrowing supplies. 7. Respect Copyrights. Please don‟t make copies of materials without the instructor‟s permission for your friends who couldn‟t come to class. 19


8. Test Your Machine. If you bring your machine to class, make certain it is in working order, and bring the book, pedal and all the cords and feet. 9. Set Your Cell Phone to Vibrate. We all have ailing parents and needy kids. If you must answer a call, take your conversation into the hallway.

10. Relax and Have Fun. This is your chance to try something new. Become inspired and motivated. Absorb the beauty around you. Spend the day with new friends. Eat yummy food. Walk until your feet hurt. Buy something. What could possibly be better?

20


WEN...WEN...WEN...WEN...WEN!!! Alle aankope bo R100 kom in aanmerking vir „n gelukstrekking ter waarde van R500. Wenner sal in volgende nuusbrief aangekondig word. Hou die Oranjekwilters se blog dop, vir kursusse wat die volgende 3 maande aangebied gaan word. Dit sal aan die begin van elke maand op die blog verskyn. oranjequilters.blogspot.com

Warm wintersgroete! van Mari en Lappieslandpersoneel. 21


Freshfordhouse Museum/OQG Quilt Exhibition – 21-24 March 2012

Our quilt show was a great success. Thanks to all the members and their friends who attended the event on the Saturday morning. Even, during the week, there were lots of visitors, according to Mimi.

It seems that Mari Strydom`s little quilt was a great hit! Thanks to her for designing it, and also for the demonstration. And ladies, remember, the challenge for the third Annual meeting, is this quilt. So, please, don`t waste time, start as soon as possible, we look forward to see all the “Welkom” quilts!

22


Not only enjoyed the members the demonstrations, vendors and tea-garden, the display of quilts were to die for! The winning quilts of our 3 Masters are beautiful and inspired us all to keep on with our quilt work, even if we struggle or be unsure of what we are doing.

23


It is a pity that Riana Nell‟s miniature quilt does not qualify for her being a master. We all wonder how on earth you managed to work with such small hexagons!

Two of our Guilds` masters attended the exhibition, namely Anne Strauss and Rina Schutte. ( Jolena v Rooyen was out of town and sadly Helene Wolvaardt passed away during January 2012.

We were also reminded how precious life is by looking at the beautiful “pink quilts”.

24


The Tolbos-group from Bultfontein participated in the exhibition. They are all skilled quilters and it was a delight to see some of their work. Some of the members are part of the Guild sins 1989! Veterans! Thank you ladies for sharing you work. Especially, I like to thank Hantie Vorster for collecting and dropping of the quilts.

This “Graffiti�- quilt made by Anne Strauss and her friends, was one of my favourites.

It seems as if this quilt made by Rina Bredenkamp was made for this bed!

25


... and another few of the Tolsbosgroup`s beautiful quilts.

There were quilts for everybody to enjoy. Who does not know about Elsie van der Bijl`s postcards? Stunning little works of art! If you really like to enjoy them, you must not be in a hurry! You have to take your time and look at (and read!) each and every little card. Such lovely and inspiring ideas! I must warn you – they are addicted! When you join a group, and you made your first card, you can`t wait to see what you get in return, and each month this cycle repeats itself!

26


In spite the fact that Iessie Stenberg is a very busy quilter, she still has time to do an outreach in Botshabelo. She is very proud of all the ladies and likes to share their work. And she has much reason to be proud!

Well, I think there is nothing more to say, the photo`s speak for itself. It was a lovely event and on behalf of all the quilters, I like to thank Mimi Pretorius (curator) for having us.

Die Friendshipgroep bedank almal wat betrokke was by die uitstalling.

...rondreisende uitstalling! BLOEMFONTEIN 4 – 28 OCTOBER 2012 JEWELS OF THE EARTH. 27


2012 Bloemskou Die beoordelaar vir ons Bloemskou 2012 was Frances van Schalkwyk ( sit voor links op die foto). En die groepie wat die meeste inskrywings gedoen het, was die Needles & Pins waarvan Nelia Venter die leidster is (2de van links). Elsa Schoeman ( heel links) is tans besig om die leisels by Iessie Steenberg (regs) oor te neem as, Skou-sameroepster. Marianne le Roux (middel) het opgetree as die “Scribe” en Maxie van Zyl (2de van regs) gaan Elsa se helper en gids wees. Baie dankie vir die lede van die Oranje Kwiltersgilde se deelname. Ons het 61 inskrywings van die lede ontvang.

Tradisioneel: Groot: Regina Raubenheimer-Gevorderd 2 Lenie Lourens -Herfs Hoogs aanbeveel Christine v Wielligh -Perde 3 Magriet Bester –Rytjies 1 – Iessie Steenberg Wisseltrofee vir die Beste Tradisionele Kwilt Medium: Gerda Breytenbach – Ons Stad 1 Adie Botha – groen loper Hoogs aanbeveel Martie Botha – Trip 2 Christine v Wielligh- Beginners Magriet Bester – 4 Katte 3 Klein: Magda Diedericks – Blokkies 2 Innoverend: Groot: Anina Louw – Vryhand 2 Christa Gouws – Check driehoeke 1 Santjie Steyn- Doortjie 3 Klein: Gerda Breytenbach- Afrodizzie 1 – Mariette Venter Wisseltrofee vir die beste innoverende kwilt Christa Gouws - Sterre 2 Handappliek, masjien gelas, gekwilt: Groot: Estelle Calitz - Daisies 1 – Trofee vir Beoordelaarskeuse Siekie Jordaan- Plaas 2 Medium: Regina Raubenheimer- harte 2 Iessie Steenberg - Huis 1 Rene Oosthuizen - Bye 3 Majien appliek, gelas, gekwilt: Groot:Iessie Steenberg - Medaljon 1 – Oranje Kwilters Gilde Wisseltrofee vir die beste gekwilte artikel Medium:

28


Anina Louw – Plaas 3 Magriet Bester - Kruise 1 Handappliek, masjien gelas, hand gekwilt: Groot: Elbe Herbst - gevorderd 2 Kwilt met hand gemaak: Groot: Christa Gouws – Japanese Fold 1 – Mev H Odendaal vir mees uitstaande artikel En die Anita Kleynhans Wisseltrofee vir meeste punte in die Laslap en Kwiltwerk afdeling Medium: Gerda Breytenbach 2 Beginnerskwilt: Medium: Jolita Geel – swart maroen 1 – Spesiale Prys vir beste Beginner Adie Botha – 9 patch 3 Lia Deysel – 2 mannetjies 2 Gebruiksartikel: Rene Oosthuizen - kussing lig 3 Regina Raubenheimer – kussing maroen 2 Santjie Steyn – Kaleidoskoop kussing 1 Groepskwilte: Groot: Hettie Pringle –pienk & pers 1 Santjie Steyn – Kaffe Fasett Hoogs aanbeveel Medium: Regina Raubenheimer – Vrugte 1 Iessie Steenberg- Dik pelle2 Uitreik kwilte: Mietah 3 Liesbet 2 Jenet Hoogs aanbeveel Liesbet – yo-yo handsak 1 Kunskwilte: Medium: Hettie Pringle – Vryhand 1 – Hettie Pringle Wisseltrofee vir die beste vryhand gekwilte artikel Lore & Alta- Kruis 2 Klein: Christa Gouws – Sirkel kruis 1 Alta Stemmet – Twinchies 2 Trofee – Beste Junior deelname Hoërskool leerlinge: Calista von Wielligh – plaas 1 – Best Youth Quilt Trophy Calista von Wielligh - Brand 1

29


...Friendshipgroep Ons vergader elke 2de Vrydag van `n nuwe maand . Kontak Frances 078 803 4019 of vanderwaltf@gmail.com quiltingwoodlands.blogspot.com

Met al ons verpligtinge agter die rug, sien ons groepie uit na `n heerlike kwiltweek in Clarens! Sien julle daar! Geniet julle kwiltwerk! Groete .

30


....nuus van die

Goedharte

Hierdie groepie afgetrede dames vergader deesdae soos wisseltande om die tafel en ons is selde volledig. Ons kuier die land vol en geniet die vryheid van die grysheid. Jolena van Rooyen staan almal met raad en daad by en help kwilte uitpak. Rina Schutte is baie besig met die mooiste kwilt waarvoor sy net oorskietlappies gebruik .Dit is 'n kombinasie van "checkerboard", "trip around the world", "Suffolk puffs" en "scrap quilting". Anne Strauss se kinders het haar bederf met 'n rekenaar en Spider Solitaire is baie aantrekliker as UFO's! Dalene Volsteedt was die afgelope maande op die krukkelys en het die ure verwyl met Afghaanse breiwerk. Du Maurier Weis is besig om kindergesiggies te appliek en hekel komberse en fyn kraledoilies. Dalene en du Maurier het hulle hekelvernuf by Doortjie se kursus gaan opskerp. Elsa van Coller is altyd besig om beter en makliker werkwyses te ontgin en brei tans kralehandsakkies. Mariette Venter is besig met 'n Kaffe Fassett geĂŻnspireerde kwilt en maak nog steeds koekarretjie- skinkbordlappies om as geskenke weg te gee. Rene Schoeman-Hodgson het haar "Explore machine stitching and more" van Marilyn Pretorius se kursus voltooi. Dit was 'n heerlike grensverskuiwende uitdaging. Die Vrystaatse winter lĂŞ voor en ons hoop al die ander kwilters hou hul hande en harte warm met kwiltwerk. 31


HELENE WOLFAARDT Helene Wolfaardt was `n ongelooflike mens om te ken. Iemand sonder aansit , altyd meelewend en in alle opsigte opreg . 'n Baie slim vrou met vele talente. Die talent wat ek die meeste bewonder het, was haar georganiseerde werkkamer. Sy kon met die grootste projek besig wees en elke lappie en elke speldjie en elke item in haar werkkamer was te alle tye georganiseer. Ek het Helene persoonlik geken vanaf die 50tiger jare . Op die klein dorpie in die Karoo met die naam Middelburg het ons gewoon . Toe was ek nog n dogtertjie wat pas skool toe gegaan het. Haar seun Eric was in my klas. Toe reeds was dit `n ervaring om by die Wolfaardts aan huis te kom. Elkeen van haar 4 kinders, `n seun en drie dogters het `n kleur gehad. Die tandeborsels en die waslappies netjies in die badkamer vir elke kind in sy kleur. Nie een kind in die dorp wou ooit die kinderpartyjies misloop nie, want dit was die wonderlikste dag met speletjies om van te droom, almal oorspronklike idees uitgedink deur Helene. Sy het die vermoë gehad om almal spesiaal te laat voel. Aan die einde van die jare 80 het sy na Bloemfontein verhuis en was al haar kinders reeds uit die huis uit en haar man oorlede. Haar dogter Karen het haar eendag na my toe gebring om die kwilts te kom kyk en Helene het dadelik baie belangestel en by die Goedhart Kwilters aangesluit. Ek was toe juis besig om die patrone te teken vir die “Curved Log Cabins” en laat ons haar toe net daar inval met een van hulle. Nogal `n gevorderde projek vir `n beginner , maar haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie. So het ons toe oor vele jare menigte kwilts geteken, en beplan wat Helene gemaak het. Daar was nooit onvoltooide projekte nie. Wonder of daar nog `n meer produktiewe kwilter ooit was. Een dag het ek my bietjie misreken met mates en nadat sy een blok voltooi het het sy kom raporteer dat sy dink die klaar kwilt gaan so groot soos `n huis wees. Helene het ons altyd baie plesier verskaf met haar vinnige en komiese antwoorde. Sy het nooit geskroom om presies te sê wat in haar kop aangaan nie en het jy altyd presies geweet waar jy met haar staan. By een groot dinee by `n Nasionale Kwiltfees het sy stelling ingeneem by al die ander Oranje Kwilters aan `n tafel. Toe hulle vir haar aandui dat sy eintlik `n sitplek by `n ander tafel het, het sy hulle baie mooi kalm ingelig dat dit haar mense is by die tafel waar sy nou sit en dat sy nie by `n tafel met vreemdes sit nie. Dit was ook so. Helene se plek is leeg by die Goedhart Kwilters na oor die 20 jaar. Ons sal haar mis. Sy was `n ware vriendin vir oud en jonk. Jolena van Rooyen.

32


*MASTERS: Quilters who have received a first Prize or Best of Show in an Innovative or Contemporary category at a National Festival.

33


Nuus van die Kwetter Kwilter... Al die Kwetter Kwilters is fluks aan die gang en só begeesterd deur die heerlike oggend wat ons by Freshfordhuis geniet het! Marietjie en Mara is albei besig met die “Welkom”-kwiltjie wat ons by die Nasionale Kwiltdag as geskenk ontvang het. Dit lyk al klaar pragtig en ons sien uit om die voltooide kwilte te sien. Marietjie is ook nog aan die werk aan `n pienk kwilt, saam met haar susters, vir haar ma se verjaarsdag. Mariëtte is weer besig met haar gevorderde kwilt. Dit is amper klaar. Intussen het sy vir haar ma `n kwilt vir haar verjaarsdag gemaak, en ons wag in spanning om die foto`s daarvan te sien. Elsie is besig met `n Huisiekwilt vir haar skoondogter wat siek is. Baie sterkte vir haar en haar gesin met die siektes in die familie. Lenie is besig met `n swart-en wit kwilt vir haar dogter, wat al angstig wag vir die eindproduk. René wil die jaar haar gevorderde kwilt klaarmaak, maar die tyd is maar min en die studies is baie. Willemien het `n pragtige “Memory “- kwiltjie”gemaak ter herinnering van haar seun, met lappies wat hy uit Amerika gebring het. Regina is soos gewoonlik weer besig met verskeie interressante projekte, en ons sal maar moet wag en sien waarmee sy doenig is.

Groete van die Kwetter Kwilters

34


Lappoppe se nuus... Die 14 lede van die Lappopgroep is terug na „n heerlike vakansie en kon nie wag om weer te kwilt nie. . Ons het twee lede wat bedank het nl. Shirley Barnard en Monica Steyl. Ons mis hulle in ons groepie maar weens huis en werk omstandighede moes hulle ons verlaat om by al hul verpligtinge uit te kom. Die Lappoppe het toe die deurnag oorleef. Ons het almal bymekaar gekom vanaf 5 uur die middag van die 20ste Maart en ons het dwarsdeur die nag gekwilt tot 6 uur die volgende oggend. Dit was heerlik en ons almal het heerlik gekuier en gelag. Die einde resultate was pragtig. Dit is „n moet vir enige groep. Mari het ook saam kom kwilt en moes ons 11 uur verlaat om „n spuit te gaan kry, en nie eens „n ½ uur later hoor ons “hallo” met „n sagte stemmetjie, toe is sy terug. In haar pajamas tot 6 uur die oggend. Sharlene Marais wou so graag haar sak klaar maak, maar haar masjien wou net nie saam werk nie. Sy was naderhand moedeloos gesukkel. Soretha en Hannelie het elkeen „n streppies kwilt gemaak. Esti het 2 kussings gemaak en 4 groot kruise. Annarie het die mooiste 4 teekoppies gemaak. Neline het 4 poppe aanmekaar gesit. Ebie en Myrtle het “logcabins” gemaak, Michelle het aan haar “raggety”- kwilt vir haar dogter gewerk. Charlene Nel het aan haar dubbelbeddeken gewerk. Mari het krale en miniatuur vrouens gemaak. Sondag het almal „n koppie koffie saam geniet, elkeen by sy eie huis, maar tegnologie is „n wonderlike ding. “Blackberry” het gesorg dat ons almal lekker saam kon kuier. Mari het uit die hospitaal gekom en ons kon almal die koffie saam geniet, aangesien sy nog nie besoekers mag ontvang nie. Die winter is met ons, so nou begin al die hekel kursusse. Lappop groete tot volgende keer. Mari se Danieldirk-poppie aan haar “drup”in die hospitaal.

Uile se nuus

... 35


Hoe vinnig is die kwartaal nie by ons verby nie! Herfs is in volle gang en ek sien in die week hoe waai „n hele bos blare van „n boom af. Skielik besef ek, net so waai die lappe in ons huise rond. Dis rond en bont, geel, bruin en rooi. Dan onthou ek skielik al die projekte wat nog onvoltooid in die kas lê. Hierdie tyd van die jaar is dit tyd vir „n lekker warm koppie “hot chocolate” met „n heerlike stukkie koek en „n lekker kwilt om die bene. Dit is presies wat die Uile beplan om te doen hierdie winter. Ons moet plan maak om geld in te samel vir 2013 se Kwiltfees, en dan lê die skou ook nog voor ons. Ons voer klasprojekte in die mou en ek weet dat as mens elke dag net bietjie doen, jy baie kan vermag. Groete Sujanie. Ons as Uile gaan voort met ons gevorderde - beginnerskwilte sodat ons teen volgende winter darem elkeen „n kwilt kan hê waaronder ons kan sit, snoesig en warm beskut teen die koue. Elkeen van ons is druk besig met sy eie projekte, Elsie Coetzee wat die skooljuffrou is sê sy is so besig vandat die skool begin het dit gaan dol. Dit is net witstate, rapporte en voorbereiding! “Ek werk my stokflou in die week sodat ek naweke laslapwerk kan doen.” Adie is ons Engelse kwilter en hier is wat sy te sê het: “I am becoming a mother-inlaw in two weeks‟ time. My daughter who stays in Jhb is getting married in Bloemfontein, so I am very, very busy getting all the arrangements together so that they all amalgamate by the wedding's Saturday afternoon!! Over and above my occupation as school secretary, I am the 'Porcelain Doll Hospital' in the Free State. I have been repairing porcelain dolls of all shapes and sizes since 1993. They come from far and wide, as far as Cape Town, Durban and Namibia.” Die Zastronkwilters is maar, soos dit algemeen op die platteland gaan, 'n anderse groepie. Ons het net 5 gereelde lede en meer gereelde gaste. Ons werk elkeen aan ons eie projekte en kuier en lag!! Kom ek stel ons bietjie voor: Aret is al ouma en 'n boervrou van vele talente. Ons kom by haar op die plaas bymekaar op 'n Saterdagmiddag. Ons het die wonderlikste uitsig oor ons berge en sonsondergang, so terwyl ons werk. Leba is ook al ouma en behalwe vir lappies is sy ook 'n tuintannie! Les, haar man is baie siek aan kanker. Hanna is ons skriba en is onlangs weer getroud. Gerda is die radiografis by die hospitaal en Annelize probeer om almal se siektes in toom te hou! Nou toe! Tot volgende keer Groete uit die Oog-kontrei. Tannie Martie, tannie Estie en tannie Susan is ons drie musketeers en tannie Martie sê dat sy baie besig is en dat sy nooit gedink het dat sy ooit sal kan kwilt nie. Tussen al die gesukkel en lostrek deur met die ondersteuning en liefde van haar ander twee vriendinne sien sy ook nou dat sy kan deur druk en op die ou eind is alles tog die moeite werd en voel sy ook trots op haar pragtige skeppings. Die drie vriendinne kom op hul eie op „n Woensdag bymekaar om dinge te maak gebeur. Tannie Susan sê die gevoelens ry maar wipplank en dit is moeilik om op haar ouderdom by te hou by al die dinge wat gedoen moet word maar gelukkig is sy ook bly oor haar vriendskap met die ander twee. Dan is daar tannie Estie, sy sê dat sy veral besig bly met huiswerk, kook en kleinkinders rondry. Hulle drie saam behoort aan hul VLU, waar hul ook nog ander baie takies moet verrig.

36


Tannie Estie is ook my eie persoonlike gunsteling. Sy woon gereeld enige bestuursvergadering by, gee en neem getrou boodskappe en is eenvoudig die grootste staatmaker ooit. Sy sê dat ons ander se entoesiasme en kreatiwiteit „n groot bron van inspirasie vir haar is. Joey sê sy is terug van „n heerlike drie- week lange vakansie saam met haar man en kinders en is nou reg om weer aan die werk te spring! Verder wil ek net sê dat dit „n groot voorreg is dat ons Uile nou kan deel uitmaak van die OKG ons sien uit daarna om ons deeltjie te doen vir 2013 se kwiltfees. Groete

Die Uile

LHParkies se nuus ... Met die nuusbrief van die eerste kwartaal het ons nie vertel van ons lang vakansie wat heerlik was nie ... en hier is ons al klaar in Meimaand! Elsa is by die skou betrek en sy is baie besig. Ons het haar gehelp om maskers te maak, wat by die tema van die skou (Karnaval) inskakel. Ons maak handskoene vir die fees en die Round Robinkwilts staan einde se kant toe! Lena het die 22 Maart, 83 jaar jonk geword! Veels geluk! Dit is vir ons `n groot voorreg om haar by ons groep te kan hê. Sy is `n inspirasie met haar glimlag en altyd positief. Ons sien uit na die res van die jaar! Groete en geniet jul kwiltwerk

AFSLAG!!!...

AANKOPE BY BERNINA

Jy moet`n bewys lewer dat jy wel `n kwilter is – daarvoor het jy `n Oranje Kwiltersgilde - naamplaatjie nodig. Bestel by jou groepleidster.

37


Loslappies se nuus... Met die winter wat in die aande so knyp, knyp is ons groepie almal besig met ons Storie-kwilt. Issie ontwerp, teken en verander en so vind ons elkeen se storie gestalte. Hanna het ouma geword en die allermooiste babakwilt en ander mooi goed gemaak. Die pakkie is Kaap toe en so is die nuweling ontvang deur ouma se handwerk. Ons is trots op jou! Christelle se oudste is skool toe en nou is die fabriek gebriek! Maar sy volhard en sy hou aan al is die tyd nou minder. En so het deurnag gewerk om haar nalatenskap voort te sit, deur vir twee niggies van Amerika kwilte te maak en gee. Marietjie kwilt by ons en ons hoop sy gaan lid word en ons sterker maak. Marietjie ons is bly jy is deel van ons. Geniet die soppe, die sjerrie en dan die lekker warm kwilte waaronder elkeen in die familie kan slaap. Loslappie –groete

Ons vergader elke maand die laaste Dinsdag om 9vm by Iessie se huis *****************

38


.....nuus van die

Tolbosse

( Bultfontein) Ons naam is nie verniet Tolbos nie, ons rol en waai hier rond, met te min tyd vir alles. Altyd iets aan die gebeur hier by ons. Santjie en Hantie het mooi goed skou toe gevat maar op die oomblik weet ons nie of hulle dalk pryse gewen het nie. Maar hulle is die Tolbos sterre en ons is baie bly om hulle in ons groep te hê. Daar was ook baie van Tolbosse se kwilte by die Freshford uitstalling gewees. Ons is ook besig om voorbeelde te maak vir die rosette wat moet klaar kom sodat ons dit Junie kan klaar maak. Ons scrappy kwilt wat ons gemaak het vir die Monsanto is vir ons baie mooi en dit was met seer harte dat ons hom weggestuur het. Gelukkig sal iemand anders baie bly wees oor hom. Toe maak Hantie sommer gou-gou vir haar broer ook so „n scrappy kwilt van geruite lappe en is dit nou mooi. Hy sal die mooi kwilt beslis troetel. Marita maak vir haar suster „n muurbehangsel met mannetjies, diere en vele mooi goed op. Alles handappliek en soos ons haar ken sal dit baie mooi wees. Sy is ook nog besig met haar Kaleidoskoop kussings, soos wat Rina ons geleer het. Rina het vir Paasfees „n mooi kruiskwilt gemaak wat by haar voordeur gehang het. Dit is voorwaar „n treffer. Dit is die interesantste huis, daar hang altyd „n kwilt of twee by die voordeur. Laat jou sommer welkom voel. Rina is nie sommer so „n vrou nie, sy is nou „n gekwalifiseerde Zumba instrukteur so hier in Bultfontein gaan ons nou die vetrolletjies weg dans. Pikkie se dogter wat in Kanada woon, kuier so sy kwilt nie, sy bedink net lekker kos en lekker kuiers saam met Susan. Mariëtte het „n Kaffe Fasset geïnspireerde kwilt gemaak, moet nog net die kwiltwerk doen.

39


Sy is ook besig om een van haar UFO‟S te kwilt, so volgende jaar gaan daar iets vir die skou wees as dit nie weer weggegee word voor die tyd nie. Haar Kaleidoskoop kussing moet ook nog klaar. Die dae het te min ure. Susan is steeds besig met haar Heksagon kwilt en hy is groot hoor, dit gaan haar nog lank besig hou. Hoop julle werk en kwilt almal lekker met die winter wat so vinnig nader kruip . Dankie aan Marianne en haar span wat sorg dat ons sulke lekker vergaderings het. Ons word elke keer geïnspireer. Julle maak seker dat ons lus bly vir die kwiltwerk. Tolbosgroete

Rosebuddies... Die “buddies” het nie tyd om te kla nie daar is te veel wat gedoen moet word! Ufo‟s word afgehandel. Verder word daar gewerk aan `n kwilt wat uitgeloot sal word, om fondse vir die Fees aan te vul. Hierdie groepie is verantwoordelik vir die Junior- afdeling van die Kwiltfees 2013. Met die winter om die draai, wens die Rosebuddies al die kwilters `n lekker warm winter, vol van kwilt en kuier toe!

Die enigste roos sonder dorings – is vriendskap! (Madeleine de Scudéry)

40


Needles and Pins se nuus ...

Our group of quilters never go crazy, we just stay on Needles & Pins. Ons groepie kan ook nou sê: “Ons het „n deurnag aangepak”. Op Vrydagaand 30 Maart het ons gekuier, ge-eet en gestik. Ons uitmuntende “chefs” het gesorg vir die eetgoed, die uitmuntende “fabric-holics” het gesorg vir die lap en die uitmuntende groeplede het hard gewerk. Teen die einde van die aand was 2 pragtige kwilte klaar gestik vir die Monsato projek. Ons het so lekker gewerk dat ons sommer aangehou het en sowaar daar wen ons die trofee vir die groep met die meeste kwilte ingeskryf vir Bloemskou (15 uit die 64)! Gaan gerus en “feast your eyes” en kyk na al die mooi kwilte op die skou. Groete Needles and Pins

Winter... He giveth snow like wool: He scatterth the hoarfrost like ashes. He casteth forth his ice like morsels: Who can stand before his cold? (Unknown)

41


Rafels se nuus ... Die somer is verby en dit word nou weer tyd om saans om die verwarmer te sit met „n lekker koppie koffie, of nog beter,‟n beker sop met „n lekker broodjie daarby. En natuurlik „n half-klaar kwilt wat lekker knus om die koue bene vou, terwyl jy kwiltstekies werk! Die herfskleure in die natuur is nou so mooi, dat ons met nuwe oë daarna moet kyk en sommer inspirasie uit die natuur moet put met al die pragtige bruin, goue, geelgroen en donkerrooi skakerings. „n Kwilt in herfskleure is tog so mooi! Soos gewoonlik kom die Rafels elke tweede Saterdagmiddag bymekaar en behalwe dat ons werk dat die rafels waai, deel ons in mekaar se lief en leed. Daar word koppe bymekaargesit en probleme met „n lid se kwilt uitgesorteer, daar word gelag en gesels en dan natuuurlik ook lekker koffie gedrink en die gasvrou se eetgoed geniet. Ons het die afgelope maande baie lekker saamgewerk aan die geskenkies wat in die “goodie bags” vir volgende jaar se fees gepak gaan word. Ons is byna klaar met al die 1300 van elke artikel en ons is nie bietjie trots op ons handewerk nie! Doortjie Gersbach was mos weer die afgelope week in Bloemfontein en diè van ons wat nie so gelukkig was om die kursus te kon bywoon nie, het in ons etensuur gou gaan inloer en soos gewoonlik was Doortjie weer „n ongelooflike inspirasie. So tussen haar broodjie deur het sy sommer „n paar wenke uitgedeel en die kwilte wat sy saamgebring het, met die hulp van haar man vir ons oopgevou en gewys. Sy het ook gehekelde komberse saamgebring wat net so pragtig is. Ons is haastig uit die saal toe ons etenstyd byna verstreke was en was daar die res van die dag „n huppel in ons stap! Christa het vier kwilte ingeskryf vir die skou en vir al vier pryse gewen! Baie geluk Christa! Jy is „n ster. Baie geluk ook aan al die ander wenners van pryse en ook sommer vir elkeen wat „n kwilt ingeskryf het – elkeen wat „n poging aanwend om „n kwilt te maak, is „n wenner! Tannie Rina is besig met „n blokkieskwilt wat sy met koekarretjies versier. Tog te pragtig! Riana is soos gewoonlik met „n paar goed besig en het ook „n lappiesgordyn aangepak. Ruby kom ook elke keer so stil-stil met „n nuwe projek tevoorskyn. Annatjie se blou “Charming Neighbourhood” (ons Rafels noem dit sommer “kathuisies”) nader ook voltooiing en dit is so pragtig! So is elkeen besig met sy projek en daar het ook al opgeklink dat party hierdie jaar „n “UFO”-jaar maak om te probeer om half-klaar kwilte te voltooi.Ons wens vir Iessie en haar bestuur baie sterkte toe met al die reëlings vir die 2013 Fees. Lekker kwilt! No matter how steep the mountain God will always there to climb it with you.

42


Rotary Cutters... Die opwindende nuus ontvang deurdat Jolita Geel se Beginnerskwilt as vanjaar se wenner aangewys is op die Skou. Baie geluk Jolita en doen so voort! Dan wil ek sommer vir die ander lede laat weet dat Jolita en haar dogter baie bedrewe „Cupcake“ baksters is, so as julle „Cupcakes“ benodig vir `n funksie, weet julle wie om te kontak. Verder het Elsa de Wet se jaar heel onderstebo begin met die afsterwe van albei haar ouers in `n kwessie van 3 weke. Alhoewel hulle bejaard was, was dit nogtans `n baie groot slag vir haar. Hiermee wens ons haar dan ook sterkte toe vir die moeilike tye wat voorlê. Dan het ons ongelukkig ook een van ons lede, Estelle Geeringh, verloor. Sy is nogal baie uitstedig saam met haar man en kan dikwels nie die byeenkomste bywoon nie. Ons gaan haar baie mis! Indien haar program in die toekoms verander, sal ons haar met ope arms terug verwelkom. Natasha is op pad na KZN vir `n welverdiende vakansie. Ons hoop sy geniet dit en kom sommer spik splinternuut terug. Dan het sy ook onlangs vir haar `n nuwe masjien gekoop en is sy bitter opgewonde. Tydens `n deurnag aan huis van Hettie Pringle in Februarie, het sy uiteindelik die Free Motion tegniek onder die knie gekry. Mooi so, Natasha! Ons is trots op jou. Die res van die groep het ook reuse spronge gemaak met hierdie tegniek. Ons wag nog net vir Sonja, sy werk ernstig daaraan. Verder is die groep sterk aan die beplan vir Augustus se Algemene Vergadering wat die groep saam met die Rosebuddies aanbied. Ons sien baie uit daarna en het reeds die uitnodigingskaartjies aan die groepe uitgedeel. Frances van Schalkwyk was daar in beheer en het nogal almal se voete onder hulle uitgeslaan met die vernuftige uitnodigings wat die studente van die CUT vir ons gemaak het. Dankie Frances! Ons is ook besig met die Charity Quilt wat ons as groep vanjaar aangepak het. Die kwilt gaan aan die Spierdistrofie Vereniging van SA geskenk word vir fondsinsameling. Hulle wend die fondse aan vir navorsing oor hierdie siekte. Ons groepleidster, Wilna Geel, se oudste seun is in 2003 hieraan oorlede op bykans 20 jarige ouderdom. Dan vorder ons ook fluks met ons bydrae tot die Goody Bags weer met behulp van Frances se studente. Ons is as groep ook verantwoordelik vir die 3 beoordelaars van die 2013 Kwiltfees se reis en verblyfkostes en daardie afdeling vorder ook fluks met al die lede wat so gewillig is om te help. Dankie! Julle is voorwaar steunpilare

43


Sterkwilters Ons kom elke 3de Dinsdag van die maand om 9vm by Iessie bymekaar.

Elbie het met die mooiste handgekwilte kwilt vorendag gekom. Dit is baie netjies en mooi. Elbie benodig ook fondse vir haar seun Heinrich wat Suid Afrika gaan verteenwoordig in Spanje met driekamp. Kontak asb vir Elbie. So in die stilte is Moira besig om kwilte te voltooi. Haar man en seun het die Argus voltooi. Pietie, Madeleine se dogter, is besig om haar voor te berei saam met die Springbok span (hokkie) vir die Olimpiese spele. Hulle oefen in Holland op voorbereide sandvelde aangesien die grasvelde verys is. Gerda en haar man was Madagaskar toe met „n luukse boot. Wat „n heerlike vakansie! Ons is baie jammer dat Makkie ons gaan verlaat en ons dink ook aan haar met haar skoonpa se afsterwe. Ons hoop Makkie sal ons dikwels kom besoek vir „n lekker koppie tee. Ons dink ook aan Petro wie se vriendin ernstig siek is aan kanker. Petro en Ria het die begin van die jaar by ons aangesluit. Baie welkom, en mag ons nog baie ure lekker saamwerk en kuier. Lulu se kleinseun is een van net vier Suid-Afrikaanse kinders wat gekies is om in Julie in Hong Kong aan „n Kumon (wiskunde) olimpiade te gaan deelneem. Magda se huisie-kwilt is amper voltooi en ons wag in spanning vir die skou waar sy hierdie kunswerk gaan inskryf.

“The best way to eat an elephant in your path is to cut it up into little pieces” – African Prov

44


When someone does a kindness It always seems to me That`s the way God up in Heaven Would like us all to be For when we bring some pleasure To another human heart We have followed in His foorsteps And we`ve had a little part In serwing Him who loves us For I am very sure it`s true That the happiness you bring to others Returns to shine on you. (unknown)

45


Fokus op die Kwilter – IessieSteenberg Die Kwilt – Dit is een van Iessie se inspirasies - `n “scrapbook – kwilt”. Sy het besluit om ietsie van elkeen in haar lewe uit te beeld. Die kwilt het ook die alphabet in met elke letter wat vir haar iets spesiaal beteken. Sy het ook mooi kwiltblokke tussen in gemaak en die kwilt met die hand op die “quilt as you go”- metode gekwilt. Wie of wat inspireer haar? Die kwilters. Wanneer het sy begin naaldwerk doen? As kind – weens siekte. Glo dit maar - met Englese papierlaswerk! Nou kwilt sy al 28 jaar. En jou gesin? Getroud met Stanley, 2 dogters, en ouma van 2 kleinseuns. Wanneer het alles hier in Bloemfontein begin? Sy begin met beginnersklasse in 2000. Needles en Pins was die eerste groepie wat gestig is, toe volg die Friendshipgroep, die Sterkwilters en Piecemakers. Daarna Gouedrade, Kwetter Kwilters, Loslappies en die Uile. Kimberley en Boshoff is ook besoek en nog `n groepie is gestig. Colesberg word nog steeds besoek. Enige ander kwiltgroepe? Sedert 2001 is sy betokke by kwiltklawsse vir vroue in Botshabelo. Sy het ook begin om vir dogterjies klasse aan te bied – die nuwe generasie kwilters! Grootste oomblik? * Die gesin se verblyf in Winsconsin, Amerika. Sy het aan 3 gildes behoort, deelgewees van uitstallings ens. En ontvang steeds eposse van lede wat sy nie ken nie met die woorde “YOUR LEGACY STILL LIVES ON”. * Vriendskappe wat sy oor die jare gesluit het. * Die feit dat “Stoney”eendag kwilt en deurstiktegnieke aan `n ander man, hoor verduidelik het. *Lia se kwilt wat by Bloemskou uigestal word. *Andra, Andre, Joshua en Jaden – wat baie trots is op hul kwilte en dit koester. Iessie ons is almal baie lief vir jou, vind jou entoesiasme aansteeklik en is dankbaar dat ons kan deel in jou inspirasie! Jy is `n mens duisend en dis `n voorreg om die kwartaal op jou te FOKUS! Mag 2013 onder jou leiding die fees van feeste wees, en mag ons die Vrystaat aan die brand steek met `n wonderlike fees ! (Alta Stemmet)

46


Alg. Vergadering Februarie 2011

47


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.