May 2013 Newsletter OQG

Page 1

Oranje Kwiltersgilde Oranje Quilters`Guild Bloemfontein & Surrouding Mei/May 2013

1


‌NOG FOTO`S VAN DIE ALG. VERG. FEB. 2013.

Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltergilde se lede. Dit is `n nie-winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.


Liewe kwiltvriendin Twee jaar terug het daar „n groot olifant voor ons deur gestaan! Gelukkig was daar „n klein kordaat muisvroutjie wat almal gerus gestel het. Sy het gesê dat ons die olifant stuk- stuk gaan aanpak, en voor ons weet, gaan hy geen gevaar meer inhou nie en mak gemaak wees! As almal saam werk gaan dit baie maklik wees! Ja sowaar, nou is die Fees voor die deur en alles val mooi in plek danksy „n grootse poging van Iessie en die Feesbestuur asook elke lid wat saam werk en hul dienste ook tydens die fees beskikbaar stel.

Versprei die wonderlike nuus oor die Kaleidoskoopfees sover julle kan en nooi vriend en vyand om in te skryf vir die werkswinkels en interessante lesings. Dit gaan „n Fees wees wat ons nog lank gaan onthou!

Baie, baie dankie aan almal wat die rekord getal inskrywings vir die skou moontlik gemaak het. Negentig inskrywings , net tien kort van ons mikpunt. Ek glo volgende jaar gaan ons die honderdtal bereik ! Onthou die olifant storie – stukkie vir stukkie kom ons daar! Gaan kyk gerus na die pragtige uitstalling van al die handwerk in die Dina Steynsaal tydens die skou! Baie geluk aan Sujani van der Spoel , groepleidster van die Uile wat „n redelike nuwe lid is en die meeste pryse vir haar pragtige kwiltwerk gewen het! Geluk aan al die ander kwilters wat ook pryse gewen het! Geniet julle kwiltprojekte en die FEES!

Warm groete

Marianne I think quilts are lessons God uses just to teach that our pieces and our remnants have kaleidoscopic reach. (Unknown)

3


Lief en leed… So werk die liefde: dit maak tyd kort, dit maak swaar lig, dit maak donker helder, dit maak drome werklikhheid. Kalil Gibran

Alta du Plessis het ouma geword. Alta Street het ouma geword. Alta du Plessis het `n operasie ondergaan. Annemarie Storbeck het haar hand seergemaak en het `n operasie ondergaan. Tannie Rina se seun was in die hospitaal. Anna v d Linde het haar doktorsgraad behaal. Maureen was in die hospitaal. Gerda het gedurende Februarie `n operasie ondergaan. Oom Manie Breytenbach ( Gerda se man) se kleinseun is oorlede. Madeleine se skoonma is oorlede en dit was Ouma Pietie, na wie haar dogter vernoem is. Lulu se skoonseun is oorlede gedurende Maart en nou is sy en haar man by haar dogter om haar te ondersteun. Elbe se seun het die beste gedoen met vyfkamp. Marietjie Prinsloo se ma is oorlede. Sindy Smith se swaer is oorlede nadat hy geskiet is in `n plaasvoorval. Haar ma het `n beroerte gehad na chirurgie. Lore van Schalkwyk het `n dubbele mastektomie gehad. Santjie het geval en beentjie in voet gebreek en daarna trombose opgedoen. Pikkie se dogter Susan, is verloof aan `n Kanadees, Jordie. Lena Rehnè het 83 geword op die 22 ste Maart. Anna – Maria se dogter is aan die einde van verlede jaar getroud. Lizbé van Wyk was opgeneem in die hospitaal vir meningitis.


Kwilter van die jaar 2012! Baie geluk aan Mari Strydom! Voorwaar `n waardige wenner en `n inspirerende kwilter.

DANKIE is ‘n baie KLEIN woordjie MAAR BAIE DANKIE, BAIE DANKIE, BAIE DANKIE! Aan al die dames wat kom werk het aan Pipi se kwilt. Dit is ‘n baie mooi kwilt en ons is baie trots op hom. Dankie aan elke dame wat ‘n blok of twee gemaak en gestuur het en wat lap geskenk het vir die agterkant asook die “batting”. Julle is sterre en maak ‘n verskil in iemand se lewe. Dit is mos ons opdrag van BO. Baie dankie aan Christine von Wielligh wat die mooi kwilt met haar groot masjien gekwilt het en ook vir ons die “label” borduur het. Ons waardeer dit baie. Dit maak dit baie spesiaal. Baie dankie aan Neline Pienaar wat vir ons ‘n lappop geskenk het vir Pipi. Al hierdie mooi gaan haar lewetjie vol pyn opkikker en ek weet dat die Here elkeen van u sal Seën. ‘n Groot dankie aan elkeen wat lap gegee het vir die kind wat ‘n trauma kwilt maak. As julle net weet watter verskil julle in haar lewe maak sal julle so bly wees. Sy waardeer dit en ek sal hopelik eendag ‘n foto kan wys van wat sy vermag het en ook so haar pyn verwerk het. Kwilters is omgee mense!!!!!!!

5


Henco se 21ste verjaarsdagkwilt! Februarie het Elize stof in almal se oë kom skop met haar verskeidenheid kwilte. Sy is nou „n “Vingerhoed” en dit na baie jare in Rustenburg. Sy het ook „n kwiltwinkel gehad in Krugersdorp en dit baie geniet om kwiltklasse te gee. Die wenkwilt het „n groot ster in die middel en sy sê dit was die eerste keer dat sy met swart gewerk het. Die kwilt was haar seun se geskenk toe hy 21 geword het en daarom moes sy die kleure saam met die swart gebruik. Sy het die kwiltwerk ook self met die masjien gedoen. Die eindresultaat is baie mooi. Buiten vir kwilt hou Elize baie van lees. Sy ry ook graag perd as sy die kans kry. Sy gee vir haar laatlam dogter van 11 tuisonderrig en help haar man met hul besigheid. Sy bly baie lekker in die Dewetsdorp-distrik en mis net die heerlike klimaat van Rustenburg. En soos dit „n goeie kwilter betaam het sy baie kwilte wat sy haar mee besig hou. Baie geluk Elize, ons sien uit om nog van jou kwilte te sien.


Nasionale Kwiltfees 2013 - KaleidoskoopDie Nasionale Kwiltfees 2013 – Kaleidoskoop komitee is baie opgewonde, omdat die kwiltfees nou regtig om die draai is! Soos almal teen hierdie tyd weet, gaan dit 1 -7 Julie 2013 in Bloemfontein by Eunice Hoërskool aangebied word. Die “Teachers” is reg en gereed en word ingelig gehou oor die vordering van besprekings van hulle klasse. Die klaskamers moet gereed gemaak word in die week voor die tyd. Hierdie is „n groot taak en word verrig deur Neline Pienaar van die Lappoppe. Sy benodig hulp gedurende daardie week en dan ook tydens die Fees. Die Kimberley Kwilters onder die leiding van Sonja Greyling hanteer die ete-reëlings by die skool van die „Teachers’. Linda Landman en die Rosebuddies beplan vir die kinders by die kwiltklasse „n lekker tydjie. Die “Outreach Programme” wat staan onder die leiding van Lenie Lourens en die Kwetter Kwilters het „n hupstoot gekry van Alta Stemmet. Sy het dokters genader om van die Kinderhuis dogters te borg vir die Fees. Die “Quilt Competition” se inskrywings is meestal in en ons dank aan Mariëtte Venter wat hier die nodige gedoen het. Dit het haar „n hele paar rand en ure agter die rekenaar gekos, maar ons is oppad! Die “Quilt Exhibition” wat die vertoonkas is van ons land se beste kwilters, word behartig deur Magriet Bester en die Langenhovenparkies. In hierdie voorbereiding gaan baie ure se werk in en ons is haar baie dankbaar daarvoor. “Judges and Jurors” se gasvrye ontvangs hang af van Wilna Geel se Rottary Cutters. Hulle verblyf en ontbyt word geborg deur Alta Stemmet. Frances van Schalkwyk hanteer die beoordeling-gedeelte. Sindy Smith en haar groep Vingerhoede versorg die middag- en aandetes van die dames. Die “Registration” word deur Computicket hanteer onder die wakende oog van Frances van der Walt en die Friendship Kwilters. Die verkope het geopen op 1 Maart 2013 en aanvanklik fluks gevorder maar nou gaan dit baie stadig. Ons benodig elkeen van julle om ons te help met die bemarking van die klasse! Hierdie is vir ons „n saak van bekommernis. “Mugs and badges” sal te koop aangebied word by die ingang deur die span van Cristelle Myburgh. Sy en Theunie Kloppers gaan die restaurant se sake hanteer.

7


QuilTalk en Pfaff het die “Goodie bags” geborg en dit word gepak deur Karin de Villiers en die Rafels. Ons waardeer die bydraes van die Kimberley Kwilters en die Goue Weste (Charlotte, hul voorsitter is oorlede.) Ons innige simpatiek aan haar familie en vriende. Frances van der Walt het „n reuse aandeel in die voltooiing van die Joernaal. Ek wil haar bedank vir wonderlike ondersteuning en hope werk. Sy het eenvoudig my plan en raamwerk gevat en dit vir ons omskep in „n pragtige boekie. “Accommodation” sal op die “Bed & Breakfast” -manier deur Eunice Hoërskool hanteer word. Marie Coetzee en die Goue Draad Kwilters is verantwoordelik om die gaste welkom te laat voel. Neline Pienaar se groep hanteer die verwelkoming van die “Teachers” saam met Marie. Daar gaan drie “Evening Functions” wees wat beplan word deur Gerda Breytenbach se groep, die Sterre. Dit is beslis nie iets wat jy wil misloop nie. Hierdie besprekings word ook deur Computicket hanteer. Hettie Pringle hou ons almal op hoogte soos wat die vordering gemaak word, deur ons “blog” gereeld op te dateer. Dit beteken natuurlik ook baie ure voor die rekenaar! En help my met die finansies. “Vendors” word versorg deur Nelia Venter en die Needles & Pins. Hierdie is geen maklike taak nie! Ons saal is hopeloos te klein vir almal wat wil uitstal! “General Hospitality” sal op die skoolgronde deur Lia Deysel se groep, die Uile en die Zastron Kwilters in stand gehou word. Veiligheid en noodhulp word hanteer deur Cecilia Celliers en die Kreatiewe Lappies. Hier wil ons asseblief lede van die gilde wat enige mediese opleiding het, vra om met haar te skakel. Ons het mense nodig wat ons kan roep om ons te help in „n noodgeval. Jy hoef nie „n dokter te wees nie, net help totdat die dokter self opdaag. Nog iets om in gedagte te hou, is die “Tour program” wat „n toer na die Vrouemonument sal insluit, omdat hulle hul 100jarige fees in Julie 2013 vier. Sonja Snyman hanteer hierdie deel namens ons. Sy hanteer dan ook die finansies vir ons. Marianne le Roux is die Oranje Kwilters se verteenwoordiger tydens die fees. Ons dank ook aan haar vir al die voorbereiding wat hierin gaan. Daar is nog heelwat reëlings wat getref moet word, maar ons is tans op skedule. DANKIE aan elke lid van die Oranje Kwiltersgilde vir jou aandeel en wonderlike samewerking! Jy gaan deel wees van „n suksesvolle Nasionale Kwiltfees in Julie 2013!

Iessie Steenberg (Voorsitter) 082 7055 279) Marianne le Roux (Vise-voorsitter)

iessie@vodamail.co.za


Die LHparkies se nuus… Almal het die vakansie geniet. Daar is weer aan vergete kwilte gewerk. Lena Rehnè het op die 22 ste Maart haar 83ste verjaarsdag gevier. Ons is baie trots op haar. Sy is so positief oor die lewe. Dit is `n groot voorreg om haar in ons groep te hê. Ons sien nou net baie uit na die Fees wat seker nog net dae van ons af is! Groete van die Langenhovenparkies

Ons moet eintlik die nag verwelkom omdat dit die enigste tyd is wanneer ons die sterre kan sien. ( Maichel Quoist)

Rosebuddies…

Baie geluk aan al die dames wat pryse by die Bloemskou gewen het. Dankie aan Mariëtte vir die lekker dag op Pentzplaas (Nasionale Kwiltdag). Klein Pipi het die mooiste pienk, sterrekwilt gekry! Groete en geniet die Fees. 9


THREADS Exhibition A celebration of fibre artist - Jutta Faulds Tatham Art Gallery 05 December 2013 – 23 February 2014 Jutta Faulds – fibre artist, crafter, quilter, knitter extraordinaire, teacher, organiser, chemist and friend to many… turns eighty at the end of this year. In recognition of her extraordinary contribution to the development of Fibre Art both nationally and internationally, the Tatham Art Gallery plans to host an exhibition in December 2013. The exhibition concept: An exhibition ( working title: THREADS) in the Main Gallery made up of works by Jutta‟s friends, acquaintances, fellow quilters and fibre artists, which celebrate Jutta‟s contribution to artistic creativity in our country. This will be supported by an exhibition of Jutta‟s own artworks from the Tatham Art Gallery collection and other private/public collections. The exhibition will run from 5 December 2013 until 23 February 2014. Works need to reach the Tatham Art Gallery by the end of October 2013. Artworks submitted can be for sale. When talking to Jutta recently and referring to her ability to create „out of the box‟ she said, “I have never had a box!” And in that spirit we invite you to join us in celebrating this wonderfully creative woman, by creating an artwork or submitting an appropriate recent work that you have already made. Please indicate whether you would be interested in participating in this celebration by contacting Bryony Clark.

email: bryony.clark@msunduzi.gov.za phone: 033 393 2825 (mornings only) fax: 086 770 1940


*Kom besoek ons vir jou kwiltbenodighede. * Beste pryse in die stad. * Nuwe voorraad op `n gereelde basis. * Ons neem ook naaimasjiene in vir diens en herstel. * Of om net `n bietjie raad te vra. * As jy verdwaal, voel vry om te skakel vir aanwysings.

Christine 082 412 5438

W.E.G Louwstr. 16 Langenhovenpark Bloemfontein 9330 11


Die kleur vir die seisoen van 2013… “Lively. Radiant. Lush… A color of elegance and beauty that enhances our sense of wellbeing, balance and harmony” – volgens Pantone.

- Emerald Green *pantone.com


51 days…. (1 maand en 20 dae)

…dae voor ons Fees!!!

Hoop jou registrasie is gedoen en klasse bespreek … jy het nog tyd tot die 14 de Junie 2013! **************** Hierdie kompetisie word ondersteun

deur SAQG…

13



15


*** Pragtige “KITS” beskikbaar! *** Alle lap bestellings word GRATIS afgelewer in Bloemfontein of aan jou gepos. *** Lappiesland sal gesluit wees vanaf 1-7 Julie 2003 sodat almal ons FEES kan ondersteun en bywoon.


Recipe Butternut, Sweet Potato and Basil Soup

30 Ml Oil 30 Ml Margarine 1 Onion, sliced 2 Cloves, crushed garlic 5 Ml Robertsons Cinnamon 500 Gram butternut, peeled and cubed 500 Gram Sweet potato, peeled and cubed 30 Ml Honey 1 Litre Water 1 sachet KNORR Creamy Pesto Pasta Sauce Heat oil and margarine in a heavy based pot and fry onions and garlic until soft. Add Robertsons Cinnamon and fry for 2 minutes to release the flavour. Add butternut, sweet potatoes and honey and stir well. Add cold water to the pot, bring to the boil then reduce heat and allow to simmer for 30 minutes or until the butternut and sweet potato are soft. Remove pot from the heat and blend with a stick blender until smooth, then return to heat and whisk in sachet of KNORR Creamy Pesto Pasta Sauce and allow to simmer for a further 5 minutes. Season to taste with salt and pepper. Garnish with a swirl of fresh cream and and chopped Basil. Serve with crusty bread.

*whatsfordinner.co.za

17


Gratis “app” vir jou selfoon of rekenaar! Free Online Quilting Calculator! Beskikbaar vir jou tuisrekenaar , tablet of iPhone (Appleprodukte) asook nuutste selfone met “Android” (Bv Samsung Galaxy ens). Vir jou tuisrekenaar besoek quiltersparadiseesc.com of google.play, opsie “quilt” op jou selfoon en laai gratis af! *The calculators are designed and copyrighted by Quilter's Paradise. They are available free to use for non-commercial, personal purposes only.

Kyk net wat se berekenings kan dit alles doen!

Fabric Measurement Conversion

Converts between yardage measurements in fraction form, decimal form, and inches.

Backing and Batting Calculator

Determines how much yardage is needed to make a backing given a quilt's dimensions. It also may be used to determine how much batting is needed given a quilt's dimensions.

Binding Calculator

Calculates the binding length and the amount of fabric required to bind your quilt given the quilt's dimensions (width and length).

Border Yardage Calculator

Calculates the amount of fabric required to put a border around your quilt given the quilt's dimensions (width and length) and the border's width. You may specify up to 5 borders.

Piece Count Calculator

Determines the number of fixed-sized pieces of fabric that may be cut from a larger piece of fabric.

Pieces to Yardage Area Calculator

Determines how much fabric is needed if you want to cut a given number of fixed sized pieces.

Square in a Square Calculator

Calculates the size of the triangles to fit on a square given that square's size.

Set in and Corner Triangle Calculator

Calculates the size of the set in and corner triangles given the size of the finished square.

Die Cut Calculator

Counts the number of each letter and number in some text.


Die Friendshipgroep se nuus: Ons vergader elke 2de Vrydag van `n nuwe maand by lokaal van ons keuse: Kontak Frances 078 803 4019

Anna Raubenheimer werk aan haar “Baby Jane” – haar blokkies plaas sy “on point”.

Amanda werk aan `n kwilt van `n klas van Mari Claase.

Tannie Magriet se “art quilt” - `n klas wat sy by Iessie gedoen het.

Estelle se “groepskwilt” – eintlik een van 3 “lap quilts”.

Anna Gropp se “sterre”.

Hanli se sakkie met “crazy patch” wat sy by die Fees van 2011 ontvang het, word beplan.

Trudie se “candle- wick UFO”.

Frances se “ jelly roll UFO”.

19


Soos julle kan sien, werk die “Friendshippers” hard om “ufo`s” en ander projekte af te handel. Met ons laaste byeenkoms was daar `n paar lede afwesig. Maureen herstel na hospitalisasie vir `n ernstige allergie met slegte na gevolge . Maxie het by die Skou- beoordeling gehelp, ten spyte van haar seer lyf nadat sy geval het. Carine se kinders hou haar besig met na-skoolse bedrywighede. Maar so tussen deur werk die hekelpen. Anette los tydelik by `n skool af, maar hierdie kreatiewe vrou weet ons, maak altyd `n plan en tyd om te kwilt. `n Paar van ons groeplede het ingeskryf vir die Bloemskou. Baie geluk met al die eerste plekke. Julle hou ons naam hoog! Anna Raubenheimer- Tradisioneel Klein – Grandmas`s Heksagons - 1ste. Estelle Calitz – Masjien appliek en masjien gelas – 1ste & Gebruiks artikel - 1ste. Magriet Bester – Innoverend groot – vryhandstik - 1ste ( Trofee) & Handborduur, masjiengelas, masjien gekwilt – 2 de. Frances vd Walt – Groepskwilte - 1 ste. Martie Botha - Tradisioneel Groot – Granny`s Garden – 3de .

Ons groepie hanteer die ontvangs by die Fees. Ons werkskedules is ingedeel, ons wag net vir ons “gaste”. Aan almal wat nog nie bespreek het nie – wikkel – die tyd loop uit! Onthou om te registreer, deel van ons registrasie is `n baie lekker “goodie bag”! Dan is daar nog die oulike klasse, die baie vendors en sekerlik `n hoogtepunt die uitstalling van al die pragtige kwilte! Sien julle by die Fees!


Goedharte… Die Goedharte is nou al baie opgewonde oor ons Kaleidoskoop Kwiltfees wat nou vinnig nader kom en wens die reëlingskomitee alle sterkte toe. Rina Schutte was betrokke by die “Goodie bags” en het verder haarself weer behoorlik “in gegaring” in die maak van kloskant. Twee boekmerkies is voltooi en pragtige rante vir handdoeke is geklos. Anne Strauss het net gekuier en verder gewerk aan haar “UFO’s”. Rina Bredenkamp het ‘n aantal stoele oorgetrek en gehelp rosette maak vir die Fees. Dit bly darem ‘n reuse taak. Elsa van Coller se muurbehangsel het met rasse skrede gevorder in die koue Belgiese winter. Jolena van Rooyen en du Maurier Weis het sterblokke gemaak vir Mariëtte se Pipikwilt. Verder het du Maurier genoeg gesiggies appliek vir 3 kwilte: 2 vir kleinseuns en een wat sy vir haarself gaan hou. Dalene Volsteedt vorder fluks met haar dollaskwilt en het ook so tussendeur verder gevestig geraak in die nuwe huis en ook kleinkinders in Pretoria gaan oppas. Dalene en du Maurier brei ook fluks blokkies vir komberse wat Woodland Hills se kerk vir behoeftige mense gaan skenk. Rene Schoeman-Hodgson het ‘n paar tafeldoeke (4) gemaak en ook ‘n blokkieskombers gebrei en gevoer. Ook heelwat borduurwerk ten spyte van die ongevalle, afgehandel. Hoop al die kwiltmaats geniet die koue wintermaande en beleef ‘n onvergeetlike FEES.

21


Goue Drade (Saterdag groep - Bloemfontein) Die meeste van die lede vorder baie fluks met die graffiti- groepsprojek. Hettie en Connie het seker nie mooi geluister toe ons besluit het dat dit ons 2013 jaar projek gaan wees nie, want hulle blokke is kant en klaar. Rina en Linda is ook al amper klaar met al hulle blokke. Tydens ons April byeenkoms was daar geen sprake van enige kwiltwerk nie. Ons moes die geskenkpakkies (vir verblyf) verpak vir die Nasionale Kwiltfees. Ons groep werk egter heerlik saam en sommer gou-gou het ons 'n goeie stelsel gevind waar ons ernstig begin oopvou, pak en tel het. Ons het ons beplande halfpadmerk met die verpakking bereik. Vele hande, ligte werk. Anida en Petro het darem vir ons hul nuutste voltooide skeppings kom wys, net om ons almal te herinner dat ons eintlik nog kwilters en nie pakkers is nie! Baie geluk aan Petro wat ‘n 3de plek en Anida wat ‘n 2de plek op die Bloemskou gekry het met hul kwilte. Goue Draad Groete http://gouedradekwilters.blogspot.com

Rotary Cutters... Die Rotary Cutters is baie tevrede met die voltooide groepskwilt wat ons vir die Spierdistrofie Vereniging van Suid-Afrika gemaak het. Ons hoop dat die kwilt heelwat geld sal inbring vir navorsing. Die kwilt het „n 2de plek by die Skou behaal. Daarmee ook baie geluk aan Dalene van der Colff met haar 2de plek vir haar Kunskwilt en vir Wilna met haar 3de plek vir haar Welkomkwilt. Verder het ons nog een nuwe lid bygekry by name Diana Nel, maar ongelukkig ook afskeid geneem van Jolita Geel. Jolita, jou plek is leeg maar ons verstaan dat jy graag jou vlerke wil sprei. Voorspoed met jou naaldwerk klasse en onthou jy is enige tyd welkom sou jy weer wou aansluit. Die 7 lede wat onder Iessie se leiding innoverende kwilte maak, geniet dit vreeslik. Met elke byeenkoms word daar in verwondering gestaar na al die idees waarmee die lede vorendag kom. Dit bly „n wonder om te sien hoe elke persoon iets anders doen met dieselfde patroon. En op hierdie noot kan ons net al die eer aan ons Hemelse Vader bring vir hierdie wonderlike talent wat Hy aan ons gegee het.


bloem SKOUWENNERS... 5.1 Tradisioneel 700 Groot Sujanie van der Spoel

Blou Delft

1

Iessie Steenberg Martie Botha 701 Medium Estelle Calitz

Liewe Iessie Granny‟s Garden

2 3

Tradisioneel Kaleidoskoop

1

Amanda Pretorius Linda Landman

Log Cabin in Herfs Strippy Kaleidoskoop

2 3

Grandma‟s Heksagons

1

Vryhand Kwiltwerk

1

Christa Gouws 704 Medium Regina Raubenheimer

Josefskleed

2

God‟s Jewels

1

Christa Gouws Amanda Pretorius 705 Klein Amanda Pretorius Neline Pienaar

Dear Dawn Rytjie Kwilt

2 3

Mother Miniature Mother

2 3

702 Klein Anna Raubenheimer 5.2 Innoverend 703 Groot Magriet Bester

*Iessie Steenberg Wisseltrofee – Beste Tradisionele Kwilt *Mev H Odendaal Wisseltrofee Mees Uitstaande Artikel *Anita Kleynhans Wisseltrofee – Meeste Punte in die Laslap- & Kwiltwerk Afdeling

Raadzaal Matlokaal Wisseltrofee –Beste Vryhand Masjien Gekwilte Artikel

Mariette Venter Wisseltrofee – Beste Innoverende Kwilt

5.3 Hand Appliek, Masjien gelas en Masjien Gekwilt

23


707 Medium Mercia vd Merwe 708 Klein Susan Joubert 5.4 Masjien Appliek en Masjien Gelas 709 Groot Gerda Breytenbach

Lorene Erwee Petro vd Merwe 710 Medium Estelle Calitz Marianne le Roux Wilna Geel 711 Klein Ritha Swanepoel 5.5 Hand Geborduur, masjien gelas en Masjien Gekwilt 713 Medium Gerda Breytenbach Magriet Bester 5.7 Kwilt in Totaal met Hand gemaak 718 Groot Elsa Wentzel 720 Klein Christa Gouws 5.8 Tradisionele Miniatuur Kwilt 721 Christine von Wielligh

Houses of Blessing

2

Bruid muurbehangsel

2

Namibiese Plaaskwilt

1

Harte Kwilt Kwilt

2 3

Pienk Kwilt Harte Kwilt Welkom-kwilt

1 2 3

Round-Up at Sunset

1

Kreatiewe Kreature Seetoneel

1 2

Blok in ‟n box

2

Mamma

2

Oranje Kwiltersgilde Wisseltrofee – Beste Gekwilte Artikel

Tradisioneel. Miniatuur

Beginnerskwilt 724 Medium Sujanie van der Spoel

Pers & Pienk

1

Annarie vd Westhuizen Estie Maartens

Beginnerskwilt My goeie begin

2 3

Karin de Villiers Wisseltrofee – Beste Beginnerskwilt


5.10 Gebruiksartikel wat nie ‘n kwilt is nie 726 Estelle Calitz Anina Louw Anina Louw

Kussing Kussing Kussing

1 2 3

Friendship Harte Groepskwilt

1 2

Athena‟s Little Owl

2

Puffy Quilt Pofkwilt

1 2

Afrika Mense Familiefoto Kussing

1 2 3

Fabrice Rebouillat

Smithfield Autumn

1

Regina Raubenheimer 737 Medium

Rooi Papawers

2

Iessie Steenberg Dalene van der Colff

Voels met vere Die wind waai

1 2

Marianne le Roux

Welkom in my Naaldwerkkamer

3

Woods

1

5.12 Groepskwilte 728 Groot Frances van der Walt Rotary Cutters 729 Medium Lena Rehne 5.13 731 Sonja Anida 5.15

Ander Tegnieke Stroebel Etsebeth Uitreik Kwilte

735 Johanna Moeketsi Johanna Moeketsi Miriam 5.16 Kunskwilte 736 Groot

5.18 Kwilte gemaak deur Hoerskool-leerlinge 744 Klein Calista von Wielligh

Frances van Schalkwyk Wisseltrofee Beoordelaarskeuse

Best Youth Quilt Wisseltrofee – persone onder 18 jaar

25


KIMBERLEY KWILTERS...

Kimberley Quilters het die afgelope paar maande 7 kleinkinders ryker geword – ons hoop hulle word almal kwilters! ‟n Hele paar babakwilte is gemaak of amper klaar. Ons het ‟n pragtige kwilt aan die DBV oorhandig. Hulle beplan om dit uit te loot vir ‟n fondsinsameling. Tydens ons vergadering in Maart, het Almaray ons weer na die eerste en belangrikste beginsels van laslapwerk laat terugkeer: sny korrek, stik presies en stryk! Tydens die April byeenkoms het ons kennis gemaak met die “cathedral window”. Gloria en Suki het vir ons wenke en kortpaaie gegee en ons kon hulle pragtige klaar kwilte bewonder. Op 1 Mei gaan die groep geskenkies maak vir die kwartaalvergadering in Bloemfontein – hoop julle hou daarvan! Meimaand beplan ons om aan ons “UFO‟s” te werk – dalk kom dit uiteindelik klaar!

Kwiltgroete van Kimberley

`n Lewe sonder feestelikheid is soos `n lang pad sonder `n herberg. (Democritus van Abdera)


The Finishing of the Quilt „A quilt in a day‟ the advert said “This is for me!” I thought; I saw it already on my bed As colours and fabrics were sought. We all rolled up to Sandra‟s house Put on a cuppa first; I soon became as quiet as a mouse My fabrics were really the worst! So out came the money to buy a new stash They all looked so fresh and so mod; I‟d never bought fabrics - had always used scraps, But hubby HAD given the nod. Now ten years later the binding is on And the quilting has finally been done, „These quilts in a day‟ are just such a con – But I will make another - it‟s FUN! (‟n gediggie wat verskyn het in Australian Patchwork & Quilting Volume 10 No 4. Die skryfster was Lyn Cook.)

27


Kwetter Kwilters...

Die Kwetters is elkeen ywerig en besig met `n splinternuwe kwilt. Dit is `n “Mystery Quilt “ en niemand weet hoe dit uiteindelik gaan lyk nie. Die kwilt bestaan uit 12 blokke en almal het alreeds die tweede blok voltooi en is baie opgewonde om die eindproduk te sien. Baie geluk aan al die kwilters wat pryse op die skou verower het. Ons is veral trots op Regina Raubenheimer, wat die Mariëtte Venter Wisseltrofee ontvang het vir die Beste Innoverende kwilt. Regina het ook `n tweede plek verower met haar “ Rooi Papawers”. Sy hou die Kwetters se naam hoog. Groete en geniet die Fees!


Kreatiewe Lappies van Smithfield... Ons woel en werskaf meestal met ons eie “UFO`s”, maar probeer tog tussen in nuwe dinge soos " piano notes". “Attic window “het sowaar ook `n maklike manier vir die ouens wat al vinniger wil werk en ons het `n demonstrasie daarvan ook gehad. Volgende keer gaan ons weer baie van blomme op drie dimensionele manier leer. Laslapwerk het altyd nuwe maniere of oues wat vergeet is...so leer ons mekaar. Sue is besig met haar " mud house's ceiling" en ons kan nie wag om daar te gaan teedrink nie. Dink net die hele plafon in laslapkuns! Fabrice maak ons net elke dag trotser met die dat hy nou sy eerste prys op die skou ook gewen het!! Voorwaar `n voorreg om hierdie vindingryke kunstenaar in ons midde te hê. Luna gaan vir `n voet operasie die 28ste Mei. Sterkte ou maat,...roep maar, ons sal die lap en tee kom aangee. Lekker werk almal, ons warm mos op vir die winter. Groetnis uit Smithfield

...onthou om te bespreek vir die Kaleidoskoop Fees! 1- 7 Julie 2013 29


Needles & Pins... Needles en Pins is weereens die trotse wenner van die Marianne le Roux trofee. Ons groepie het die meeste kwilte ingeskryf vir die skou. Baie van ons moes deur die Aprilvakansie hard werk om betyds klaar te wees vir die skou. Ons het „n hele paar pryse ontvang. Christine en Calista het 1ste plekke behaal terwyl Mercia, Lorene, Marianne en Anina 2de elk „n 2de plek behaal het. Anina het ook „n 3de plek behaal. Mooi so julle, dis iets om op trots te wees. Ons “crazy patch” artikels is amper voltooi. Ons kom elke 3de Saterdagmiddag by Christene se huis bymekaar. Twee dames uit die groepie demonstreer dan vir ons oulik idees vir geskenke. Dis so lekker om die volgende keer te sien en te hoor hoe die vroue die geskenkies gemaak en uitgedeel het. So tussen die kwilt deur leer ons sommer ook hoe om te borduur, te hekel en ruil breipatrone uit. Callista ons jongste kwilter in die Gilde het baie talente buiten kwilt. Sy het ook die Midmar Myl gaan swem en kan baie lekker “cup cakes” bak.

Mag die kleure van die natuur jul inspireer tot die ontwerp en maak van pragtige kwilte.

Groete van die Needles & Pins


Lappoppe Almal is terug van „n heerlike Paasvakansie en klaar druk besig. Die Lappoppe kom een keer „n maand bymekaar, waar daar gewerk, gesels, gelag, idees geruil word en al daai lekker dinge wat klomp vrouens saam kan doen. Die Lappoppe het het besluit om, „n lappop vir die Nasionale Kwiltdag projek by Mariëtte Venter, op Pentzplaas te skenk. Neline was ongelukkig die enigste een wat die dag kon gaan geniet, terwyl die ander mammas, pannekoeke, kerrie en rys en “hotdogs” ens. verkoop het by die jaarlikse “Fly Inn” in Bultfontein. Fondsinsamelings vir die kinders stop mos nooit, en ongelukkig het dit alles op dieselfde dag gebeur. Ons het almal gevoel, dat „n klein dogtertjie darem „n maatjie moet hê as sy hospitaal toe gaan. Die eindresultaat van die dag was „n pragtige pienk kwilt, vir „n baie spesiale sterretjie! Mariëtte het die poppie en kwilt gaan afgee, en soos almal kan sien aan die foto‟s, dit was „n wenner. Dit gaan maar rof by die Lappoppe om alles vir die “Teachers” by die fees agtermekaar te kry. Almal is net met feesreëlings besig - ons sal seker weer begin kwilt in Augustus. Ons almal sien baie uit na die Fees. Wat „n belewenis om so iets so lekker naby almal te hê. Om nie eens te praat van al die mooi kwilte wat gesien gaan word nie. Met Moedersdag die 12de Mei, wil ons vir al die mammas baie geluk sê: Hier is ietsie net vir julle almal.

31


MOEDER / MA Wat is 'n huis tog sonder 'n moeder? 'n Moeder soos die van my? Sy is altyd daar, al is sy weg van my, bly sy steeds 'n dierbare moeder vir my. 'n Moeder soos die van my gee raad en help waar sy kan al wil die lyf nie meer is sy altyd daar om ons iets nuuts te leer. Moeder, my moeder net jy weet hoe al is jy so ver, is jou hart so sterk. Jou liefdes band, en jou sagte hand sal ek nooit vergeet want jy die weet. Al jou kennis en geduld, jou trane en pyn jou verlange, en hartseer die weet ek van. Al wil jy dit wegsteek die sal jy nie kan. Want ek die weet altyd daarvan. Moeder jy gee ander krag en moeder jy maak my dag, as ek jou stem dan hoor klink dit vir my soos 'n engele koor. Moeder jy is altyd daar vir my en daarom sal ek jou nooit vermy. Jy is my dierbare moeder, En so sal dit altyd bly. Dankie my moeder vir al jou hulp dankie vir al jou geduld en liefde dankie dat jy verstaan want moeder hou my op die regte baan.


OUMA'S 'n Ouma is 'n tannie wat te oud is om self kinders te hê daarom het sy ander mense se kinders lief. 'n Ouma is baie slim. Wanneer jy saam met haar gaan stap, noem sy jou die naam van elke blom, boom of voëltjie. Maar sy is darem nie té slim nie want sy ken nie al die karre en motorfietse se name nie. 'n Ouma kan baie lank stilsit, vernaamlik in die kerk, want sy sit dan op haar lekker sagte vet. 'n Ouma ken ook al die liede wat hul sing sommer so uit haar kop uit. 'n Ouma dra 'n bril en snaakse onderklere en kan haar tande en tandvleise uithaal. 'n Ouma kook konfyt wat mens met die hand kan eet. 'n Ouma lag altyd vir jou grappe en raas nooit nie. Almal moet tog probeer om 'n ouma te hê, want sy het baie tyd om met kinders te speel. 'n Ouma dink ook nie 'n kind moet pakslae kry nie. As jy huil , moet jy baie hard huil, want dan gee 'n ouma vir jou lekkers en partymaal betaal sy jou ook vir jou trane. Mens verstaan nie altyd oumas nie, want wanneer sy siek voel huil sy, maar sê nee, sy het nie pyn nie. Lyk my oumas kan jok ook. Maar ek glo haar wanneer sy sê ek is die mooiste in die hele wêreld. O ja Oupa‟s is mans- ouma‟s.

Lappop groete tot volgende keer. Neline

33


Kwiltersdagboek 2013 15 Augustus – Donderdag Lappoppe en Kwetter Kwilters

9 November – Saterdag Rafels en Sterkwilters

…nuus vanaf die Uile Nog „n kwartaal is verby, en die winter, wat vir lank nie wou kom nie, is nou met ons. Ons was besig met al die finale rëelings vir die Algemene Vergadering wat ons, Zastron en Kimberly vir die eerste keer moet aanbied. Koppe is bymekaar gesit om hopelik „n lekker oggend vir almal te bewerkstellig. Lizbé van Wyk was opgeneem in die hospitaal vir meningitis, en ons is almal dankbaar dat sy weer gesond is. Dan wil ek met ingenoeë “brag” dat almal van ons groepie wat ingeskryf het vir die skou, „n prys gewen het. Tannie Estie het „n derde plek behaal met haar beginnerskwilt, en Sonja Stroebel „n eerste plek vir haar bolletjieskwilt. Sujanie se beginners kwilt het „n eerste plek losgeslaan, en haar blou Delftkwilt het die Beste tradisionele: groot kwilt gewen, asook mees uitstaande artikel. Dit het haar dan ook die trofee besorg vir die meeste punte behaal in die kwilt en laslap afdeling. Iessie, jou “boffin”! Dankie vir al die leiding en hulp. Laastens moet almal hulself lekker warm kwilt die winter. Sien weer in die lente.


Die Rafels is steeds aan woeker met die “goodie bags” vir ons Fees! As almal net weet watter heerlikhede in die “goodie bag” gaan wees, het almal lankal geregistreer vir die fees. Ek dink die Kwazulu-Natallers sal moet uithaal en wys om ons s’n te oortref met die volgende Kwiltfees oor 2 jaar! Ons groepie wens vir Anna van der Linde baie geluk met haar doktorsgraad wat sy by Kovsies behaal het met haar proefskrif: “ Supervisor-student relationships: A leadership model for enhancing postgraduate research at a University of Technology” . Mooi so, doktor Anna! So is elkeen ook, ten spyte van al die harde werk, besig met hul eie dinge. Tannie Rina het verlede jaar ‘n kloskantkursus gedoen. Eintlik net ‘n opknappings kursus vir haar, want sy is ‘n groot kloskantmaker en het die kursus haar weer aan die gang met die mooiste kant wat sy maak. Karin de Villiers het haarself beloof om haar UFO’s in 2013 weg te werk en het sy reeds kom spog met ‘n blou “mystery quilt” wat sy meer as 10 jaar gelede by tannie Rina gemaak het, toe dié nog leidster van die Rafels was. Dit is ‘n pragtige hartekwilt. Sy het ook ‘n “raggedy”- handsak “kit” wat sy by die vorige fees in 2011 gekoop het in ‘n mooi handsak omtower! Dit het baie van ons luies aan die dink en hopelik aan die werk gesit om ook al daai lastige halfklaar kwilte klaar te maak. Alta du Plessis het ‘n groot voorliefde vir “crazy patchwork” en het onlangs 2 pragtige klein kwiltjies met dasse gemaak, waarvan die een vir haar seun se lessenaar is! Ruby het die driehoekie “quilt-as-you-go” -patroon geneem en gehardloop daarmee – sy maak dit nie met geruite materiaal soos normaalweg die gewoonte is nie, maar met Kaffe Fassett-lappe! ‘n Besige asemrowende kwilt in wording! Juanita, een van

35


ons nuwe lede, het 8 vrolike rooi en swart plekmatjies gemaak en is met baie ander projekte besig. As sy iets interessants by een van die ander Rafels sien, begin sy ook sommer ene. Riana het met ‘n skoolkarprojek begin. Moontlik iets wat al baie wagtende Ma’s besig gehou het. Haar dogter het nog 2,5 jaar oor in die skool en terwyl Riana vir haar by die skool wag, word aan hierdie lappies gewerk. Sy gebruik die “English paper piecing”-metode en die patroon vorm ‘n “spinning wheel”. Dit is vir haar ‘n uitdaging om met rondings te werk, aangesien dit iets is, wat sy tot nog toe nie baie mee gewerk het nie. Madeleine was nog baie skaars vanjaar by die Rafels se kuiers, want daar is sommer 2 troues in 1 jaar! Haar oudste dogter het einde Maart getrou en dan trou haar seun die einde van die jaar. Tussendeur al die reëlings werk sy hard aan ‘n kwilt vir elk van die 2 kinders. Rafelgroete tot na die Fees!

Ons is nou amptelik kant en klaar met die rosette. Dit het „n ewigheid geneem maar hulle is klaar en ons is baie trots op ons handewerk. Ongelukkig sal julle almal moet wag vir die Fees om te sien hoe mooi hulle is. Hantie werk verwoed aan haar Sterre kwilt vir die Fees. Sy is baie besig met haar kinders maar sy sien gelukkig kans om die mooie kwilt klaar te maak. Ons is trots op haar. Susan sê sy doen net mooi niks, maar ons weet daar is „n heksagon wat moet klaar. Sy werk sekerlik aan hom as ons nie kyk nie.


Marieta spook in haar tuin en toe vat die griep haar. Sy sal moet gesond word vir die Jukskei - toernooi in Kroonstad. Ja, baie talente hier by ons. Sy is ook besig om vir haar „n regte, egte donskombers te maak en hopelik sal hy klaar wees voor die ergste koue kom. Ons het twee nuwe lede en is baie bly om hulle te verwelkom by die Tolbosse. Lynette Slabbert en Antoinette

Gutter.

Ons weet julle gaan vir ons „n aanwins wees. Lynette hou vakansie in Namibië en werk aan „n sterre kwilt. En Antoinette het vir haar skoonsus se kleinkind „n pragtige masjienborduurde kwilt gemaak wat Engeland toe gaan. Santjie het ongelukkig geval en „n beentjie in haar voet gebreek, klim mos op stoele sodat sy goed bo in kaste kan soek. Maar ongelukkig het sy toe „n trombose in die been opgedoen en ons mis haar nou baie want sy

is al

amper ses weke op die krukke lys. Sterkte Santjie en ons sien uit na nuwe kreatiewe dinge/kwilte van jou af. Rina werk aan haar diamante kwilt maar sy het „n klein heksagon kwiltjie by Helene Wolfaardt geërf en sy poog nou om hom klaar te maak sodat sy hom kan gebruik en altyd aan Helene kan dink. Sy gee ook klas in Zumba elke week en dit hou haar en die ander lekker fiks. Pikkie se dogter gaan trou. Baie geluk met Susan se verlowing aan Jordie, die Kanadees. Sy gaan baie gelukkig wees daar ver in Kanada. Sterkte met al die reëlings. Verder hou sy almal by spreekkamer op hul tone. Mariëtte sit voor haar rekenaar met al die inskrywings vir die Fees en kan nie wag om al die kwilte te sien nie. Dit gaan opsigself „n fees wees. Sy doen darem bietjie kwiltwerk en brei so tussen die naaldwerk deur. Baie Sterkte aan Iessie en haar span vir ons eie Kwiltfees hier in die Vrystaat. Ons sien baie uit na hierdie opwindende tyd wat vir ons voorlê.

*************************** 37


Sterkwilters se nuus… Dit gaan baie goed met die Sterkwilters en Loslappies wat saam gesmelt het. Dit is nou „n lekker lewendige groep wat vreeslik lekker kan lag as ons werk. Iessie is besig met die feesreëlings maar het die vakansie `n kunskwiltklas aangebied. Gerda , Maxie en Elbe het elk `n kunskwilt gemaak die afgelope vakansie en dis regtig baie mooi. Madeleine maak die mooiste kanselkleed en dit is regtig iets om op trots te wees. Ria het „n groot handeklap gekry toe haar beginnerskwilt klaar is. Dit is „n baie mooi kwilt in skakerings van groen. Marietjie Thomas het haar mooi gebreide- en hekelkomberse kom wys en almal was in vervoering. Sy het ook haar nuutste dubbelbedkwilt gebring en toe wonder ons almal of sy en Christelle ooit slaap. Christelle het die mooiste kwilt gemaak vir haar slaapkamer se bed en die kwiltwerk self gedoen. Dit is regtig iets besonders met die mooiste kleure. Jolanda, Liezl en Alta werk nog aan hulle onvoltooide kwilte en vorder goed. Petro van Ladybrand het ook gereeld „n nuwe kwilt. Maxie het gaan help by die skou met die beoordeling. Maureen was in die hospitaal en ons sien uit om haar weer te sien sodra sy beter is. Ons kom elke derde Dinsdag om 9h00 by Iessie se werkskamer bymekaar.

Buttons and patched and the cold wind blowing, the days pass quickly when I am sewing.


Challenges 2013

…elke kwartaal kan “ufo`s” ingeskryf word.

3de Kwartaal: My Feeskwilt 2013 (Daardie kursus wat jy begewoon het, kom wys jou voltooide kwilt.)

4de Kwartaal: Sterkwilt (met die oog op Kersfees)

39


… `n laaste woord

Prayer of the Butterfly Lord! Where was I? Oh yes! This flower, this sun, Thank you! Your world is beautiful! This sent of roses… Where was I? A drop fo dew rolls to sparkle in a lily`s heart. I have to go… Where? I do no know! The wind has painted fancies on my wings. Fancies…Where was I? Oh yes! Lord, I had something to tell you:

AMEN

By Carmen Bernos de Gasztold- prayer/poem written from the point of view of animals but with a great deal to say about human nature.


Bloemskou … Sujanie van der Spoel se kwilt het die volgende trofee gewen: Beste Tradisioneel - Iessie Steenberg wisseltrofee Mees uitstaande artikel - H Odendaal wisseltrofee Saam met die Beginners - wat ook 'n trofee gewen het, het dit haar die Anita Kleynhans wisseltrofee besorg vir Meeste punte in die Laslap en Kwiltwerk Afdeling.

Die “span” saam met die beoordeelaar.

Fabrice Rebouillat - Frances van Schalkwyk Wisseltrofee -beoordelaarskeuse. Gerda Breytenbach Oranje Kwiltersgilde Wisseltrofee - Beste gekwilte artikel.

Magriet Bester Raadzaal Matlokaal Wisseltrofee - Beste vryhand masjien gekwilte artikel.

Die kas word gepak…

Sujanie van der Spoel Karin de Villiers wisseltrofee - Beste beginners kwilt. Regina Raubenheimer Mariette Venter Wisseltrofee - Beste innoverende kwilt. Calista von Wielligh - Best Youth Quilt Wisseltrofee - Persone onder 18jaar

oud.

41 Die kas vol kwilte!


Wenkwilte. Bloemskou 2013 ‌


Nasionale Kwiltdag is hierdie jaar op Pentzplaas gehou. Onderleiding van Mariëtte Venter het die dames aan `n baie spesiale projek gewerk. Saam - saam het die dames `n kwilt gemaak wat bedoel was vir `n baie spesiale dogtertjie. Dames van die OKG het blokke geskenk asook die nodige materiaal vir die agterkant en die “batting”. Die kwiltjie is voltooi en tesame met `n pragtige lappop wat gemaak is deur Neline Pienaar, aan Pipi oorhandig.

43


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.