OQG Newsletter Feb 2015

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE 1 ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989

Bloemfontein & Omgewing/ Surroundings Februarie 2015 Nuusbrief / Newsletter

February 2015

3D - Uile Mari Strydom Kursus – 14 Maart 2015 te Altonasngl. Fichardtpark 8vm-5nm

Bl.11


Dagboek Oranje Kwilters 2015 2 Lack of direction, not lack of time, is the problem. We all have twenty-four hour days. Anon

2015 14 Maart – Nasionale Kwiltdag – Heeldag lank! Kwilt- en Stikdag/vendors/uitstalling/kursusse – Altonasngl, Fichardtpark. 8 Mei –Sterre/ Vingerhoede – Appliekwerk. 3- 6 Julie – “Creative Energy” Kwiltfees. 9 Augustus – Teeparty/Antieke modeparade i.s.m die Oorlogsmuseum (sal bevestig word). 14 Augustus – Gouedrade/Laslappies – “hands on” – projek. 5 September – Lente -Stikdag/Uitstalling –Venue sal bevestig word. September – Patchjol – Smithfield (datum sal bevestig word). 7 November – Needles & Pins – “Borders and bindings”


3

…van die Voorsitter “Positive thinking will let you use the abilities, training and experience you have.” Zig Ziglar

Dink kreatief … dit is ons tema vir hierdie jaar! Ons het die voorreg om nog `n nuwe jaar in te gaan… wees versigtig vir ou roetines wat dreig om jou te versmoor. Die verskil tussen `n graf en `n groef is net die diepte! Gryp elke oomblik van `n nuwe dag en gebruik dit ten volle! Dink kreatief .. nie net by die maak van `n kwilt nie, maar ook hoe jy jou dag aanpak en jou werk afhandel. Of dit nou sleurwerk of belangrike/ dringende werk is – benader dit kreatief - handel dit af en maak daardeur ook vir jouself tyd om te kan kwilt! Ook wat ons beursies aan betref sal ons kwilters buite die boks moet dink… die ekonomie is beslis nie aan ons kwilters se kant – beplan mooi – geniet die proses om jou kwilt te beplan, aankope te doen en om dit dan te maak. Gebruik al daai ou afvallapies en vul ledige ure met `n handwerkie – van die mooiste kwilte is handgemaak - dink maar aan die eenvoudige blokkie van `n “grandma`s flowergarden”-kwilt. Jy hoef dus nie altyd nuwe lap aan te koop nie – wees net meer kreatief. Daar is een faktor wat ons homo sapiens van die diereryk onderskei en dit is ons denke – gebruik dit! … kreatief!... en geniet die wonderwêreld van kwilt ten spyte van… Mag dit vir alle kwilters `n wonderlike kreatiewe 2015 wees! Groete Frances


4

Komitee 2015

Voorsitter SAQG Vertnwdgr O/Voorsitter Sekretaresse Tesourier Fotograaf/historikus Skou Vertnwdgr Reisende Uitstalling en Media Nuusbrief /Blog Fokus op die Kwilter Kursusse “Show & Tell” “Gadget Lady” & Ysbreker

Frances vd Walt (Friendshipgroep) Mariëtte Venter ( Tolbosse) Frances van Schalkwyk(Rotary Cutters) Christa Gouws (Rafels) Riana Nel (Rafels ) Anina Louw (Needles & Pins) Iessie Steenberg ( Needles & Pins) Alta Stemmet (Sterre) Frances vd Walt(Friendship) Marie Coetzee (Gouedrade) Mari Strydom/Frances vd Walt (Friendshipgroep) Lenie Lourens (Kwetter Kwilters) Miemie Pretorius (KreatieweLappies) Koffie Mandjie Nelia Venter (N & Pins) Word deur groep hanteer verantwoordelik vir Alg. Verg.

GROEPLEIDSTERS Friendshipgroep - Frances vd Walt – 078 803 4019 Gouedrade - Mari Coetzee - 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens - 082 438 5191 Kreatiewe Lappies( Smithfield) – Fabrice Rebouilat/Leigh Minnie LHParkies - Lettie Rehne - 082 466 2986 Naaldekokers - Marina Hough - 082 808 0998 Rafels - Christa Gouws - 083 542 5709 Rotary Cutters - Wilna Geel - 084 462 1212 Alta Stemmet – Sterre - 082 576 6223 Tolbossse - Hantie Vorster - 082 257 2374 Uile & Zastron - Sonja Stroebel Corne Richter - Vingerhoede – Dewetsdorp - 082 696 5566 Quiltmakers – Lynette Eloff- 083 973 8161


5 INLIGTING AAN GROEPE T.O.V REËLINGS VAN ALG. VERGADERINGS: Verpligtinge vir die oggend sluit in: 1. `N Uitnodigingskaartjie vir elke ander groep word gemaak, wat die nodige inlitgting bevat bv. tyd, plek, spreker ens. Dit word by die Bestuursverg. uitgedeel. 2. Die saal is alreeds bespreek – bevestig by Rene 051 522 5418 – NGK Kantoor te Altonasingel. Gee betyds aan haar deur hoeveel tafels benodig word! 3. Die groep verantwoordelik vir die Kwartaal verg. moet asb. ook sorg vir `n ligte verversing by die tee na die Bestuursvergadering – gewoonlik 3 weke voor Alg. Verg. Die klem val op `n ligte verversing – dit is net vir daardie “honger” gaatjie wat so by 11 uur ontstaan - dis ons manier om gasvry te wees en almal te bedank vir die tyd wat hulle afstaan sodat die Gilde kan funksioneer. 4. By die Algemene Vergadering poog ons om gewoonlik `n demostrasie of spreker te kry wat verband hou met kwiltwerk. 5. Daar word ook verversings na die Alg. Vergadering aangebied – gewoonlik soet en sout saam met tee en koffie. Hou dit alles asb so minimalisties as moontlik. Gedurende wintermaande is sop en broodjies ook `n alternatief. 6. Die groepe verantwoordelik vir die dag se Alg. Vergadering moet ook sorg dat daar buite die deur persone is om die tafel vir ontvangs te beman. Hier word plakkers uitgedeel vir die stem van “Show & Tell” asook die “challenges”. Besoekers betaal R50.00 . Daar sal `n kleinkas voorsien word asook `n kwitansieboek en ledelys. Indien die Tesourier nie teenwo0rdig kan wees nie kan die lys, kwitansieboek en ledelys, na afloop van die vergadering aan Christa Gouws oorhandig word. 7. Groepleidsters kan na afloop van die Vergadering die Nuusbriewe by die Sekretaresse afhaal. 8. Daar word verwag dat alle inligting rondom jou groepie soos bv. Lief en Leed kwartaalliks aan die Sekretaresse deurgegee word sodat dit in die Nuusbrief


6 geplaas kan word. Sou jou groepie enige kursusse of fondsinsamelings hou of enige ander kwiltnuus, kan daardie inligting ook in die Nuusbrief verskyn. Gee dit net vroegtydig via e - pos deur aan die Sekretaresse of Redakteur. 9. “Show & Tell”: Kwartaalliks stal die groepies hulle kwiltwerk uit. Elke groepie het `n kwiltstaander. Dit word saamgebring na elke kwartaalverg. sodat die kwilte daaroor gehang kan word. Dit is net mooier as wat dit oor `n stoel sou hang. Lede moet onthou om hulle kwilte te merk met `n “label” waarop jou naam, naam van jou kwilt, inspirasie vir die kwilt en `n datum verskyn. Gedurende “Show & Tell” wat deur Lenie Lourens en Miemie Pretorius hanteer word, vertel elke uitstaller meer van haar kwilt. 10. Neem gerus deel aan die “challenges” asook die “show & Tell”, want vir elke keer wat jy deelneem, ontvang jy `n “charm”. 11. Onthou om jou ledegeld, wat hierdie jaar R180.00 beloop, voor die einde van 28 Februarie 2014 aan jou groepleidster te betaal. 12. Groep verantwoordelik vir Alg. Vergadering moet ook “Gadget lady” hanteer vir oggend. Doen sommer ook asb. `n ysbreker – humor is een van die boustene van `n goeie vergadering! 13. Welkom aan alle nuwe lede. Indien daar iets is wat jy nie weet nie, vra gerus jou groepleidster of kontak van die Bestuurslede. Ons help graag. Geniet jou stokperdjie saam met ons, dit is `n absolute voorreg om deel te wees van `n groep baie talentvolle vroue, wat mekaar nie net rondom die wêreld van kwilte inspireer nie, maar ook sommer baie spesiale vriende word.

Aandag alle Groepleidsters!!! Sorg asb. dat alle lede se besonderhede korrek en volledig is en gee asb. veranderings so spoedig moontlik deur aan Christa Gouws (sekr.) 083 542 5709 of gouscem@gmail.com sodat sy ons ledelys op datum kan hou. Dankie!!!


7

...Maart is “kwiltmaand”!

Ons hou `n lekker kwiltdag –

14de Maart 2015 Dagboek asb!

http://www.nqaquilts.org/ “National Quilting Day was established in 1991 by the National Quilting Association (America). Officially, National Quilting Day is the third Saturday in March. Unofficially, the celebration has expanded to the entire month. The purpose of the day is to continue the tradition of quilting through education and service. Quilt shops, fabric stores and local guilds host a variety of events and classes throughout the month to expand the knowledge of existing quilters and draw a new generation into the craft.”


8

Lief en Leed… Kwetter Kwilters – Arina Grace se skoondogter het `n mastektomie ondergaan.

Friendshipgroep – Hanli Henderson se seun, Thomas en sy gesin het na Namibië verhuis. Trudie v Rensburg is nog `n agterkleinkind ryker. Vingerhoede – Corné Richter se skoonma is oorlede.

“For last year's words belong to last year's language And next year's words await another voice. And to make an end is to make a beginning." - T.S. Eliot


9

Uitreik gedurende 2014‌. Christelle Myburgh (Rotary Cutters) het gedurende 2014 die inisiatief geneem om `n pragtige kwilt te maak wat uitgeloot was. Die fondse het gegaan vir die versorging van: Charlize Botha (9). Op 3 - jarige ouderdom het sy breinvliesontsteking opgedoen. Sy het epilepsie ontwikkel. Tydens hospitalisasie het sy `n erge breinbesering opgedoen en ontvang steeds buisvoeding. Sy het 24 - uur per dag versorging nodig.

Die wenner van die kwilt is:

Baie dankie Christelle!

Sulette le Roux


10 ”Show

and tell” wenner… Nov. 2014

Iessie Steenberg …

…saam met haar kwilt “The letter lady”


11

Kwiltdag!!! Kaartjie R20.00 pp ingesluit tee/verversings

Heeldag!

14 Maart 2015 Te Altonasngl.

Vendors Quiltersden Quiltalk – Demo Lappiesland Demonstrasie Bernina –gratis 10vm – 11vm “Kreatiewe vleg/appliekwerk”

Kwiltuitstalling: Quilt in Clarens *ander vendor/uitstallers sal ook daar wees bv. hekel/wol/borduur/bere ens.

2 Kursusse – voldag 3D - Uile Klasgeld R160p.p – Mari Strydom Ingesluit gebinde diktaat met patrone. Sy pak ook op aanvraag kits @ R50 per uil of volledig (Sy is ook bereid om die

Challenges 2015:

“Twister” – tegniek gelyktydig aan te bied.)

Freemotion – Iessie Steenberg Letters Boekoortreksel – R70.00 “Kits” kan ook gekoop word ± R150.00 Koop jou toegangskaartjie by jou groepleidster! Kontak Frances 0788034019 of Christa 083 542 5709


12 Ledegeld 2015

Dit is R180.00 per jaar. Ingesluit - Geen fooie word by die deur betaal. 4 Nuusbriewe pj – kan ook as e - nuusbrief ontvang word. R10.00 (van hierdie fooi) word aan SAKG oorbetaal as affiliasiefooi. Groepleidsters betaal asb. jul ledegelde direk in die volgende bankrek. Voor 28 Februarie 2015. ABSA: Oranje Kwiltersgilde Tjekrekno: 157 0160 199 *onthou om as verwysing jou groepie se naam te meld. Dankie Tesourier


13

“Challenges” 2015

*Mei “Crazy Patch”

*Augustus Appliekwerk

*November My mooiste speldekussing


14

Resep‌. *GRIEKSE FRIKADELLE Benodighede druiwepitolie 1 kg uie, in ringe gesny 6 snye brood, korsies verwyder 1/2 kp rooiwyn 1kg gemaalde maer beesvleis 1/2 kp vars pietersielie, fyngekap 2 ekstra uie, fyngekap 10 eetlpl rooiwynasyn 2 eiers, geklits seesout grofgemaalde swartpeper 4 eetlpl botter, in blokkies gesny 3 eiergele 1 1/2 kp Griekse jogurt ekstra pietersielie, grofgekap Metode: Verf groot oondpan met druiwepitolie. Kook gesnyde uie in water vir 10 minute. Breek brood en week in rooiwyn. Meng brood met maalvleis, pietersielie, gekapte uie, 6 eetlpl druiwepitolie, 6 eetlpl asyn en eiers. Geur met sout en peper. Vorm frikadelle. Dreineer gekookte uie en skep op bodem van oondbak. Plaas frikadelle en blokkies botter bo-op. Voeg 3 eetlpl water by. Bak in oond teen 80°C vir 30 minute. Klits eiergele met jogurt. Klits 4 eetlpl asyn by. Gooi oor frikadelle en bak in oond vir verdere 25 minute. Sprinkel met pietersielie en bedien. *dienatanieltafel.co.za


15

Is dit `n “art” – kwilt of nie? “Much discussion in quilt/art circles recently regarding two prizewinning quilts at the big Houston show 2014. “the quilt” ………

“the original photo”…..

When this quilt was first discussed on the list, one commenter put the subject to rest by suggesting that the show entry form should require that the artist has gotten permission to use any text or imagery. This strikes me as a solution to the wrong problem. Among other things, it would forever rule out quotations from the Bible or Shakespeare, not to mention remixes of Vermeer or Picasso. And I think the point is not whether you have somebody's permission to work from their original, but whether you should. So is it a “Good Thing” to copy somebody else's photo or painting? And then is it a “Good Thing” to enter it as your own work in a big show? One Quiltart reader said "to present it as a faithful reproduction but in fabric is a form of cheating. In my opinion there is little difference in this than using a commercial pattern. This is not the same as inspiration. I can download most any image from the net and with Photoshop turn it into a pattern of any size." Similarly, a bunch of art quilters with whom I shared a meal the weekend the Houston winners were announced thought that Photoshop-enabled translation of photos into quilts was nothing more than "paint by numbers." But other readers defended the practice. One wrote: "I liken rendering a photograph in a different medium (such as fiber) no different than a singer covering a brilliant old song. Even if the rhythm and lyrics are the same, even if the very same instruments and arrangements are used, it's a new artistic work. It's an homage to the original." One wrote: "So what if these quilters use photographs taken by others? Have you honestly tried to render an image in fabric? It takes an artist's eye to translate the spirit of the photo into another medium." Someone else wrote: "Ginny Greaves' quilt based on the Lange photograph seems to me to be in the tradition of artists who are influenced and inspired by other artists' works.


16 Translating a photograph into an entirely different medium, such as fabric, seems sufficiently different to make it unique." But another reader wrote: "Simply interpreting it in the fabric medium doesn't really bring anything new to it. They don't sing with a distinctive style of the quilt artist. They are just copies. And I simply do not understand making art, copied from someone else's photo, that you wish to look just like the original! That story has been told!" Another: "Copying a photo slavishly is NOT a particularly creative endeavor, especially when the goal is to make it exactly like someone else's original. In the case of fabric medium, it is a very clever and dedicated workmanship issue to get it perfect. But NOT a personal expression of a creative fiber artist." Which leads to a final question, is it a Good Thing for the judges to give a big prize to a quilt that reproduces somebody else's image? Arguably the Houston judges didn't know that Landi and Azara's quilt was so closely based on a painting, although the signage says "original design inspired by a painting by Anna Bocek." But the judges would have had to have lived all their lives in an aluminum-foil-lined box to not recognize the Migrant Mother as a copy of Dorothea Lange's famous photo. One of the Quiltart readers wrote: "at the risk of sounding testy, what about the word "Original" do the judges and jurors not understand?" Someone else: "How can fiber art ever be taken seriously if blatant copy work is what is rewarded at our top shows?" Another responded: "We often gripe about quilts not being taken seriously as an art medium and being excluded from 'art' shows, and this is one of the reasons why. It's not just about copyright and legalities, and it's not just about quilt show rules -- even though both of those things matter. It's about raising the conceptual and emotional level of the work itself and pushing past the quilt world's emphasis on a certain type of technique." Another: "I was shocked... that these quilts... were even accepted. In my opinion, composition is one of the most important parts that make a successful work of art. When an image is copied exactly, you are using the original artist's composing ability." Somebody else: "Art quilts should be original work that comes from the mind of the creator. Variations of things where the artist has incorporated her own interpretation would be acceptable as long as... you can actually see the artist's fancy has taken some flight. An exact replication, regardless of how it is technically achieved should not be part of the art quilt vocabulary. I am not a fan of most things from photos. I can understand using a photo as a jumping off point but where is the vision, creative spirit, and color sense in copying something in front of you?"


17 Another wrote: "I find it embarrassing for the artist to simply lift the image -- verbatim so to speak -- and present it in a major show.... What were the judges thinking? ... I know some may think I'm an art snob... but we can't have it both ways. Is artquilting an artform or a nice hobby?" The opposing viewpoint: "All I'm saying is, if it transports out of your daily grind, if it challenges you creatively, who are we to judge the arty-ness of a piece?" The response: "The jurors SHOULD be judging the "arty-ness" of the piece. This is important to those of us committed to making ART from fabric... Yet the big awards are still going to copies and Hallmark card compositions as long as they are brilliantly constructed." What do you think?� With recognition to the following webpages: http://raggedclothcafe.com http://artwithaneedle.blogspot.com


18

Friendship… “For all of u, whether man or toads or meadow mice or towering trees, there is birth and life- adventure and ultimately death: we are all part of the same tremendous rhytms and rituals, all fragments of similar destiny, all travelers through the same inscrutable experience” Alan Devoe – 1942 “Lives Around us”

Ons kom elke 2de Vrydag van `n nuwe maand in die werkskamer van Bernina bymekaar. Kontak Frances 078 803 4019

Estelle & Maxie se blokke vir ons uitreik-kwilt.

Maureen kwilt en “embellish” die mooiste kaartjies.

Maxie se mooi babakwiltjie vir `n vriendin. Amanda se pragtige kussings gemaak van “kits” wat sy gekoop het t.b.v. die Nas. Kwiltfees 2015.

…die res van ons groep is almal besig met “UFO`s”. Hopelik kan ons met die volgende kwartaalvergadering, “Show & Tell”. Groete van al die Friendshippers - geniet jul kwiltwerk!


19

…Gouedrade: Met die GOUEDRADE gaan dit goed, ten spyte daarvan dat Anida Etsebeth Bloemfontein verruil het vir Kaapstad. Ons groepie gaan haar voorwaar mis. Marie, ons groepleier, is nou 'n suiwer hoërskool - mamma. Met een seun in graad 12 en die jongste in graad 8. Sy beplan 'n besige jaar. Petro, is besig met UFO's en beplan om eerste haar “Quilt on the go” klaar te maak. Sy beplan ook 'n besige jaar. Kokkewiet is besig met haar appliek - en dassekwilt. Sy gaan ook weer ouma word, kleinkind no 6. Baie geluk... Ria se masjiene is gediens, sy moet nou net haar naaldwerkkamer uitsorteer....dan is dit tyd vir al die UFO's. Sonja Mostert beplan ook om haar UFO's klaar te maak. Connie beplan ook om haar UFO's klaar te maak. Haar kleinkind is ook nou na graad 1. Bettie beplan die wasgoedpennetjiesak wat sy met ons Februarie - kwiltgroepie aan ons gaan demonstreer. Sy het geen UFO's nie, slegs die groepie se demo - projekte. Rina jy lyk baie goed. Mag dit hierdie nuwe jaar net mooi wees. Sy moet nog chemo behandelings kry en dan wil sy so tussenin haar appliek-kwilt klaar maak. Charlene is baie bly haar seun is terug van oorsee. Sy is besig met haar kat muurbehangsel en wil graag 'n tafelloper maak. Met Breggie gaan dit baie goed. Sy wil haar UFO's klaar maak en beplan dan om 'n “Bargello” aan te pak met “Jelly rolls”. Met Corine gaan dit ook goed, sy beplan om 'n kursus by Marie te doen. Linda is tans besig met hekelwerk en ander naaldwerk, maar sy het ook ‘n nuwe kwilt in die beplanning. Rita...moet haar beginners klaarmaak en dan na al haar demo's kyk en klaarmaak. Gouedraad-groete

Om saam met ander handwerk te doen is pret en inspireer – probeer dit gereeld doen. Anon


20

Strykyster -“tote” 8 Mei 2015 … NA AFLOOP VAN DIE ALG. VERGADERING! Bestel jou “kit” met materiaal” by Marina Hough. (*jy moet die klas bywoon om die patroon te kry) Benodigdhede: 19 ½ x 25½ 1x Fabric 1x Insulbrite 1x Silver Iron Board Fabric 2x Warm & Natural Batting Contrast Fabric for binding & straps Elastic – 2qty ¼ inch wide x 4 inch long


21 needles & Pins…

“Ask not what your fabric can do for you, but what you can do for your fabric.” Dis Needles & Pins se leuse en keuse vir die jaar. Na ‘n heerlike Desembervakansie saam met vriende en familie is ons vol planne en lus vir stik die jaar. Ons kwiltdagboek is vol heerlike projekte vir 2015. Ons beplan 2 uitreikprojekte, kwiltdae, uitstappies en daar is ook ‘n paar heerlike kwiltkursusse op ons “to-do” lysie. Ons gaan weer onder mekaar spook asook verjaarsdag geskenkies uitdeel. ‘n Paar van ons lede is al amper gepak vir die winter se kwiltfees in KZN. Hoe heerlik gaan dit nie wees om net daar aan te kom en alles te geniet! Christine se eerste (50cmx50cm) klein kwiltjie is al klaar en ons kan nie wag om in te val en ook ‘n hele paar te maak later in die jaar. Baie geluk aan Marianne wat haar “teacher” - kwiltkursus met lof geslaag het. Ons weet sy gaan heerlike innoverende kursusse aanbied. Ons sal met graagte haar proefkonyne wees. Baie welkom aan Doretha wat aangesluit het by ons die jaar. Wessie word sterkte toegewens met haar lensoorplantings. “every quilter has a masterPiece within.”

Doortjie Gersbach 1 en 4 Mei De Wetsdorp Kontak Corné Richter 082 696 5566


22

Rafels se nuus… Dis „n nuwe jaar en aan almal, mag hierdie jaar gevul wees met liefde, genade en kreatiwiteit. Ons het einde verlede jaar afskeid geneem van Anna van der Linde (nou Mev Viljoen). Sy en haar man en hulle diere het Kaap toe verhuis en soos verwag is, is daar net so vinnig as wat die ja-woord gekom het, `n “Raggedy” - kwilt gemaak deur die Rafels, met mooi wense en liefde. Beatrice Carshagen is ook nou „n afgetrede ouma en kwilter. Sy is besig om mooi te herstel na „n groot operasie en het sy haar eerste chemo-behandeling ontvang. So tussen deur al die gebeure het sy, met die hulp van die twee Alta‟s en Riana, haar kleindogter se kwilt al gevorder tot op die hond se stert. Sy verhuis ook een van die dae na „n ander blyplek en wens ons haar sterkte toe met die in - en uitpak. Christa Gouws, ons besige groepsleidster, is ook nou „n afgetredene. Dit wil net voorkom asof sy nou meer besig is as toe sy gewerk het. Sy spog met twee ufo‟s wat voltooi is en natuurlik `n klomp nuwe idees. Ons is ook saam met haar bly met die goeie nuus dat sy ouma gaan word. Alta du Plessis het ook weer ouma geword en tans is sy die trotse ouma van vier pragtige kleinkinders. Ons wens ook vir Madeleine geluk met haar eerste kleinseun en natuurlik het hy „n pragtige kwilt van ouma gekry en ek is seker hy sal nog vele kry soos hy groter word. Alta Street het ingeval by die “Love” - projekkwilt en alma skimp dat hulle ook so `n kwilt wil hê vir hulle verjaardag. Natuurlik het sy ook lekker vakansie gehou saam met haar kinders en kleinkinders en hoop ons dat sy nou uitgerus is vir nuwe kwilte. Felicity wat nie so lank gelede by ons aangesluit het, het „n pragtige kwilt vir haar kleinseun gemaak, die het vanaf Amerika vir sy ouma kom kuier oor die feesgety. Annatjie Coetzer het ook haar kleinseun se kwilt voltooi en na „n kuiertjie by Ouma oor die vakansie is die kwilt saam met hom huistoe. So van moeders gepraat, Karen de Villiers is „n toonbeeld van hoe diep „n moeder se liefde is. Haar dogter herstel van „n ernstige ongeluk en is sy elke stap saam met haar en ondersteun haar. So tussen deur die saamstap met haar dogter maak sy darem ook „n kwilt of twee en het „n hele paar ufo‟s klaargemaak. Riana Nel is hard besig om hul huisie by die die water te vul met haar mooi lappies en hekelwerk. Sy het natuurlik vir die Rafels se afsluiting „n uit die boeke tuintee gereël wat almal baie geniet het. „n Vrou van vele talente. Juanita Nel is ook besig met “paper piecing” blokkies in die mooiste kleure. Sy is ook baie aktief en kom kortkort met iets nuuts vorendag. Alta du Plessis het baie ver gevorder met haar “crazy patch” - blokke en dit is pragtig. Martina is ook hard besig om haar kwilt, klein, kleiner, kleinste te voltooi nadat sy gedurende 2014 „n kursus by Doortjie gedoen het. Ons nuwe lede skrik nie sommer vir kwiltwerk nie.


23 Tannie Rina hou haar besig met allerhande interssante klein werkies en sê sy gaan nie weer met nuwe werk begin nie, maar sy het ook met “crazy patch” - blokke begin! Elsie is Elsie, meeste van die tyd laat, maar sy het baie idees en kom dikwels met „n verrassing vorendag. Thea Pretorius het „n heerlike wit Kersfees gehad saam met haar seun en sy gesin in Amerika. Ons hoop dat sy al haar inspirasie van Amerika met ons sal deel. Magdaleen Pieterse het ook gedurende Oktober 2014 by die Rafels aangesluit. Baie welkom Magdaleen. Sy het dadelik begin om hexagone te maak. Ruby is baie aktief en so tussen “raggedy” kwilte, klein, kleiner, kleinste en “Crazy patch” is sy ook besig met baie mooi hekelwerk. Sy is tans besig met koek doilies, wat gestyf word.Dit lyk of die Rafels nou al hoe ouer begin word as mens so na die aantal OUMAS kyk!


24

Kwetter

kwilters

(Groepleidster: Lenie Lourens )

Die Kwetter Kwilters se lekker kuier met die afsluiting van 2014.

Ons dank die Hemelse Vader dat Hy ons deur die jaar beskerm en gedra het. Met al die teëspoed en voorspoed en dat ons ook voltallig ons jaar kon afsluit. Ons wil Rene baie geluk sê met die uitslae van die eksamen. Dis baie harde werk wat nou beloon word. Ons is so trots op jou net soos jou Ma. Martie-Marie se dogter Nicole gaan weer by Midmardam swem. Ons wens haar ook net die beste toe, en kom veilig terug. Ons is nou in die maand van liefde, net hierdie twee gedagtes. Job 26: 14. Dit is maar die begin van sy dade, ons hoor net die gefluister van sy woorde. Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan? EK IS GOD SE BEMINDE, JUIG DIT IN MY HART. 1 Korintiërs. 13: 13. En nou geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie, en die grootste hiervan is die liefde! Kwettergroete en seënwense vir 2015.


25

Langenhovenparkies … Die eerste maand van 2015 is alweer amper op sy rug en die meeste van ons is weer terug in die tuig of besig met ons normale verpligtinge. Van ons dames was nog met vakansie tydens ons eerste bymekaarkom, maar almal is gesond en wel waarvoor ons baie dankbaar is. Ons is vuur en vlam vir die nuwe kwiltjaar en sien baie uit na die Fees. Sommige dames gaan voort met groot kwilte waarmee verlede jaar begin is en ander begin met nuwe kwilte. Ander dames kom kuier sommer saam tydens ons klasse of werk aan “UFO's”. Meeste van ons dames het ook onderneem om klein kwiltjies te maak vir die “Little quilts of love” projek. Ons groepie wil dan ook aan al ons mede kwilt vriendinne 'n wonderlike jaar toewens met baie seëninge en geluk. Kom ons kwilt hierdie jaar met n lied in die hart soos in Efesiërs 5:18-19 - Laat die Gees julle vervul. Sing met julle hart tot eer van die Here. Vriendelike L/Parkie groete Uile se nuus … Die Uile het verlede jaar op 'n hoogtepunt afgesluit met 'n stokperdjie- en kwiltnaweek by The Willows. Anina Louw het ons leer kaartjies maak. Adie Botha het ons gewys hoe Tokreenverf werk. Elkeen het 'n pragtige fotoraam om te wys. Ons het selfoonsakkies en ook 'n matjie vir jou werkstasie gemaak. Vir ons gaan dit nou 'n instelling word om jaarliks een so 'n naweek te hou. Vrienskapsbande word versterk en 'n naweek wat jy aan jou stokperdjie spandeer sonder man en kinders is 'n absolute bonus. Ons verwelkom 'n nuwe lid, naamlik Elize Steyn. Ons glo jy gaan sommer gou soos 'n gesoute kwilter floreer in ons groep.


26 Ons sê ook totsiens aan Minda Oosthuizen. Ons gaan jou mis, maar wens jou en jou gesin alle voorspoed toe met julle verhuising na Potchefstroom. Baie geluk ook aan Nora Hoy wat 'n kleinseun ryker geword het. Ons glo hy gaan sommer baie vreugde vir julle gee. Nora was ook die vakansie baie besig om UFO's klaar te maak. Hier is ook 'n foto van haar “Lost Dogs” wat sy gemaak het vir haar kleinkind in London. Sy het hierdie kwilt in 2013 tydens die kwiltfees begin. Ons is baie trots op jou. Die Uile is vol geesdrif vir hierdie jaar se kwiltprojekte en sien gretig uit na al die kwiltdae, kwiltlesse en ander byeenkomste. Ons wens elkeen 'n wonderlike en geseënde 2015 toe. Uile - groete

Nora Hoy se kwilt.

Ons sintuie maak ons brein wakker. Gaan dus buitentoe en ruik letterlik aan die rose. G Garman

Die werkstasie.


27

Sterre… Die sterre het geskitter by die Willows 2014 afsluiting met twee pret - projekte. Daar was gestik, gekuier en geëet. Marietjie Thompson het ons geleer om tafellopers van lap met `n soldeerbout te maak en Alta Stemmet het haar geduld van staal gewys en ons geleer hekel. Terug in 2015 by die klas en Iessie is reg vir ons! Aan ons beginners, Anneke Roux en Marieta Boshof, baie welkom! Die reuk van rose hang sterk in die klas met Marietjie, Petro, Gerda, Marika en Madelein wat almal rooskwilte aanpak. Laat ons ook nie vergeet dat ons vaardige ruiters ook het nie met Alta en Lulu wat hulle perde - kwilte gaan klaarmaak. Net soos dames is, is ons hande altyd vol met tien of meer dinge tegelyk, maar hierdie jaar speel ons klaar met ou take. Ria, Marietjie, Marika, Petro, Gerda en Charmaine gaan hul ou 2014 “UFO”- kwilte klaarmaak. Sterkte almal met jul projekte! Sterre se nuwejaarsvoorneme vir 2015: Ons lewe voluit vir Christus en binne die perke van Sy wil. Deur die vrugte van die Gees skep ons krag vir `n positiewe seisoen, waarin ons onsself leer aanvaar, ons angs aan Hom gee en ons talente met oorgawe uitleef tot eer van God. Ons behaag in God in ons sê en doen en ons voltooi ons agterstallige en nuwe projekte. Ons poog om meer tuis te wees. Nederig te bly ons op ons knieë en bid vir naastes, ons eggenoot en veral ons kinders. Die in matriek, hoërskool, laerskool en selfs vir hulle klaar uit die skool. Jesus Christus is met ons in 2015! Charmaine 0833041304

Om te skep, gee uitdrukking aan die triomf van die lewe. Henri Bergson


28 Pentzplaas - Kwiltuitstalling

NOV.2014

Pragtige kwilte, heerlike eetgoed, aangename geselskap en vendors met die mooiste en heerlikste produkte! Dit was `n heerlike dag! Hier is so `n paar foto`s‌


29 ASB! skryf vroegtydig in‌ Vir verdere inligting kontak:

Iessie Steenberg 082 7055279


30


31


32


33

“Ek sal weereens namens ons Oranje Kwiltersgilde die kwilte bymekaar maak en sorg dat ons inskywingsvorms en kwilte betyds ingedien word, maar daarvoor benodig ek die vorms, R12 en die kwilte van die lede voor Vrydag 20 Maart. Ek kyk dan so goed as wat ek kan dat jy jou goed onder die regte kategorie ingeskryf het en vat dan die vorms kantoor toe en doen alles wat nodig is totdat jy jou kwilte weer terug het. Baie dankie vir elke lid se ondersteuning aan hierdie afdeling by Bloemskou 2015. Groete Iessie�


34


35

Geskenkpakkie 2014! ‌ hierdie geskenkpakkie het ons by die deur ontvang tydens die laaste Alg. Vergadering. `n Kerskousie met `n lekker soetigheidjie en..6 blokke. Met behulp van Delmarie Groenewald se demonstrasie kon jy vir jou `n handige deurstop maak.. Baie dankie! Hier is 3 van die Friendshiplede se deurstoppe! En is dit nou handig! Gaan maak gerus jou deurstop – blitsvinnig - in ` uur of wat se tyd. Frances

Estelle

Amanda


36

Tolbosse se nuus‌Dit is met groot dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader dat ons terugkyk op 2014 en ons ongelooflike kwiltuitstalling wat ons gehad het. Ons het nie gedink ons kan so baie nuwe kwilte uitstal nie en nog minder het ons gedink na soveel uitstallings kan ons so baie mense trek. Baie dankie aan almal wat ons besoek het. Ons vertou julle is hier weg vol planne en inspirasie. Ook het ons sulke oulike buite- uitstallers gehad wat ons dag net nog lekkerder gemaak het. Ons was moeg maar dit was die moeite werd. Ons wil ook ons innige simpatie stuur aan Glenda se man en familie. Dit was 'n groot skok dat sy so skielik weggeneem is en ons gaan haar beslis mis. Weereens 'n bewys dat jy elke dag ten volle moet leef. Hier by die Tolbosse is ons weereens besig, besig, besig. Ons gaan vir ons "community service" - projek elkeen 1 of 2 Little love quilts maak. Hier is nooit 'n klakous nie. Ons sit net skouer aan die wiel en ons doen. Lekker om lid te wees van so `n op en wakker groep. Ons maak ook vatlappe as verjaardaggeskenke en dit is elke keer 'n verrassing as jy jou pakkie kry. Ons het 2 projekte vir die jaar, die eerste een is die Twister en as ons dit onder die knie het gaan ons 'n selfie maak. Baie opgewonde om te sien wat alles hier gaan uitspring. Santjie is ongesteld en moet 6 weke plat op haar rug lê. Ons mis haar en vertrou dat sy volkome sal herstel. Baie sterkte aan die Bestuur en mag Oranje Kwilters van krag tot krag gaan in 2015. Hoop ons sien baie nuwe kwilte by die "Show en Tell" . En ‌ spaar vir die fees in Durban!


37

Alg. Verg. Nov. 2014

“Challenge” Sonja Stroebel Tema: Keltiese werk


38

`n laaste woord‌ May love and laughter light your days, and warm your heart and home. May good and faithful friends be yours, wherever you may roam. May peace and plenty bless your world with joy that long endures. May all life's passing seasons bring the best to you and yours! (Celtic Blessing)


39


40

‌Alg. Verg Nov. 2014

Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.