OKG Nuusbrief Augustus 2017

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989 Bloemfontein & District August 2017 Newsletter/Augustus 2017 Nuusbrief

“Geometriese Kwilt” Baie geluk aan Anne - Maria Flanegan met haar 1ste plek by die Siyadala Kwiltfees in Port Elizabeth! Afdeling: Beste Masjien Kwiltwerk Kwiltwerk gedoen met `n Elna Naaimasjien.

1


Friendshipgroep - Frances vd Walt 078 803 4019 Goedharte – Du Maurier Weiss 083 4071545 Gouedrade - Marie Coetzee 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens 082 438 5191 Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Lee Minnie 082 453 4155 LHParkies - Lettie Rhené 082 466 2986 Needles & Pins – Nelia Venter 0824606326 Quiltmakers - Lynette Eloff 083 973 8161 Stukkie - vir - stukkie - Christa Gouws 083 542 5709 Stukkie vir Stukkie Rotary Cutters - Wilna Geel 084 462 1212 Sterre –Iessie Steenberg 084 733 8639 Tolbosse - Mariëtte Venter 082 460 6362 Tolbosse Uile – Elize Steyn 078 421 5267

BELANGRIKE DATUMS

KWILT ARTIKEL GROEPIE NUUS 2


UIT DIE VOORSITTER SE PEN: Wees gegroet alle lapvriendinne!! Ons is oor die helfte van die jaar! Iets wat ek byna nie kan glo nie. Die winter is ook al so ampertjies verby en ons bid vir heerlike reën in die komende seisoen. In die afgelope vakansie het ek nie die jaarlikse SAKGvergadering in PE namens ons Oranje Kwiltersgilde gaan bywoon nie. Die vergaderings is altyd insiggewend, maar ek was ongelukkig siek en het erge Vertigo gekry die Vrydag voordat ons moes ry. Ons kyk opgewonde uit na die volgende Kwartaalvergadering wat aangebied word deur Quiltmakers en Goue Drade. Dan volg die heerlike Lente Stikdag op 2 September. Dankie aan elke lid wat dit gaan bywoon. Julle bywoning maak dit vir ons moontlik om positief te bly en met lus te reël aan aktiwiteite. Hierdie dag word gereël deur Elize Steyn. Nog ‘n hoogtepunt in April is altyd die Bloemskou en die nuwe kategorieë is bekend gestel en is hierdie jaar reeds beproef. Dus moedig ek jul aan om met ywer en doelgerigtheid aan die werk te spring vir volgende jaar se skou. Ek hoop jul besoek ons blog en kyk na al ons bedrywighede daar. Frances plaas foto`s van die pas afgelope vergadering – geneem deur Lynette. En laaste maar nie die minste nie – wie is besig om aan ons Challenge te werk? Dit is nog nie te laat om aan die werk te spring nie. Ons soek nog steeds na ‘n logo vir ons Gilde en die beloning vir die wenner is R1000. Tot ons weer praat..... Iessie Iessie Steenberg (082 iessie@vodamail.co.za)

7055

279

3

OF


Quilt cottage

W.E.G Louwstr. 16 Langenhovenpark

Christine 082 412 5438

*Kom besoek ons vir jou kwiltbenodighede. * Beste pryse in die stad. * Nuwe voorraad op `n gereelde basis. * Ons neem ook naaimasjiene in vir diens en herstel. * Of om net `n bietjie raad te vra. * As jy verdwaal, voel vry om te skakel vir aanwysings. *Almal altyd welkom. ALLE LAP OP UITVERKOPING “NOTIONS” – 20%

4


Oranje Kwiltersgilde/ Oranje Quilters’ Guild (Bloemfontein & Surrounding area) 1. 1.1

Community projects: Mariëtte Venter suggested that we make use of the pattern in Lig – Borslappe vir verswakte bejaardes, to make bibs for our local Ons Tuiste. We collected 90 bibs and send 12 of that to the old age home in Bultfontein. The quilters of Zastron made extra bibs for their old age home in town.

1.2

Lenie Lourens is still busy with an outreach project at her church. The Guild is supporting her with whatever we can afford. Quilters donated wool, with which Lenie helped them to knit kiddies jerseys. They have made quilts and are currently busy with a crochet project as well as the making of a skirt for each person.

5


1.3

Du Maurier Weiss is busy with a similar project within her community and the Guild supports her in the same manner. This group has completed two quilts per person. Unfortunately Du Maurier’s health has prevented her from leading the group, but they will start working again in August this year.

1.4

An ongoing project in our Guild is to knit beanies for babies in the Neonatal wards of Universitas / Pelonomi hospitals. This project is wonderfully supported by the ladies of our Guild, with Christa Gouws, a member of our Guild, as the contact person.

1.5

The members of the Quiltmakers ordered an Anja Trooskombersie for Carlin Malan, whose husband died in a motorcycle accident. This was handed to her by the co-ordinator of Anja Trooskombersies in Bloemfontein on one the meeting days of the Quiltmakers.

1.6 The Tolbos Quilters of Bultfontein made a beautiful quilt that was given to a lady in Bultfontein. She was chosen because she is involved in many charity type of projects.

Volgende Nasionale Kwiltfees: 16 – 24 Augutus 2019 Midrand, Gauteng!!!! 6


SAKG – Pro Dedicate 2017… Baie geluk aan Marilyn Pretroius. (Diaskwilters, Oos - Kaap)

(Erkenning foto – fb)

7


2 September Lente Kwiltdag

Kontak: jou groepleidster

Gratis Klas

Uitstallers

8

Teetuin


Friendshipgroep…

Ons kom steeds elke 2de Vrydag van `n nuwe maand in die Bernina – werkslokaal bymekaar.

Alhoewel ons groepie uit 14 lede bestaan, het dit selde gedurende hierdie jaar gebeur, dat almal op eenslag teenwoordig was – weens `n verskeidenheid van redes. Al wil ons almal graag meer tyd aan kwiltwerk bestee – het die lewe sy natuurlike gang en doen ons dit dus maar so tussendeur. Vir baie was daar lekker kuiers, rondreis ens., maar daar was ook hartseer wat soms ongevraag sy opwagting gemaak het. Ons innige simpatie aan Anna Gropp, haar jongste broer is oorlede. Maxie en Maureen het lekker by die see gekuier! … ons hoop daar is darem so tussen die see en hekelwerk, gekwilt ook. Sanet en Mari het `n lekker “road trip” gedoen – sommer so `n week of wat in PE gekuier en die Fees bygewoon. Klink of hulle dit baie geniet het! Sterkte aan Mari wat gedurende Augustus `n operasie moet ondergaan. Ons hoop dat alles goed verloop en sy sommer weer gou op die been sal wees en `n hond uit `n bos, kwilt. Martie se jaar het tot dusver taamlik rof verloop – sy het besluit om te verhuis na `n kleiner woning en het die groot taak gehad om 40 jaar plus se herinneringe in te pak! Ons hoop jy gaan sommer baie lekker in jou nuwe huis bly, Martie.

Estelle het omtrent lekker gekuier die afgelope jaar – van die see tot in Gauteng! Haar beertjie het darem nou die regte ogies gekry en is sy besig om hom te op te stop – en dit is die mooiste beertjie denkbaar! Welgedaan, Estelle. Sy het ook begin om die blokke van die rand van haar “Baby Jane” te maak.

9


Amanda se hekelpen werk oortyd – maar sy het tussendeur ook `n kwilt afgehandel. Elaine se kleinkinders hou haar besig – maar ook sy kry darem so af en toe `n kansie om aan `n “primitive”wolkwiltjie te werk. Die mooiste warm kleure. Hanli is net so `n besige ouma – maar so tussen deur het sy begin met haar “cathedral window” – projek. Soos gewoonlik is haar kleurkeuse pragtig. Frances het haar “Cathedral Window” – kwiltjie voltooi, asook haar “Friendshipharte” – kwilt. Nou word die volgende “ufo” aangepak – een van Wilna de Beer. Trudie van Rensburg word omtrent voldag besig gehou deur haar kleindogter – maar sy is stadig maar seker besig om haar “Baby Jane” te voltooi. Anna Rautenbach reis gereeld saam met haar man – maar tussendeur werk sy aan haar “cathedral window” – projek. Marlisa het `n lekker “Afrika” – avontuur agter die rug en sê haar batterye is nou vol gelaai en sy is reg om al die “ufo”s aan te pak. So tussendeur het sy haar “boro –bag” voltooi – kort nog net sy handvastel. Pragtig, Marlisa. Danksy “whats app” weet ons darem wat in mekaar se lewens gebeur en is ons gedurig in kontak met mekaar ….maar die lekkerste bly maar as ons saam kan lag en kuier tydens groepiedag, soveel so dat die kwiltwerk soms bietjie agterweë bly … Kwiltgroete van al die Friendshippers

10


Rotary Cutters…

Die Rotary Cutters het hierdie kwartaal by Bernina byeengekom vir die stik van ‘n veeldoelige handsak. Marietjie van Rensburg van ons groep het die inisiatief geneem om dit te reël nadat sy die klas verlede jaar bygewoon het. Aangeheg is ‘n foto van die sak waarmee Marietjie vanjaar 1ste prys gewen het by die skou. Ons is baie dankbaar vir almal betrokke by Bernina wat die kursus goedgunstiglik saans vir ons aanbied en ook hul lokaal beskikbaar gestel het. Tydens ons 1ste klas by Bernina het ons kennis gemaak met Angeline Pretorius wat ook die klas kom bywoon het. Nadat sy ons van nader leer ken het, kon sy nie anders as om ook by die Rotary Cutters aan te sluit nie. Hartlik welkom dus aan ons spik splinternuwe lid. Mag jy die kuiersessies terdeë saam met ons geniet. Frances van Schalkwyk was ongesteld en Magda du Plessis sukkel met ‘n senuwee wat vasknyp in die rug en ‘n mediese fonds wat nog nie bereid is om vir die operasie te betaal nie. Baie sterkte vir beide. Mag julle sommer gou weer jul sprankelende self wees. Marietjie het vir 3 weke Namibië plat gereis. Ons is baie bly dat hulle veilig terug is en sien uit na die foto - aand… Verder is Wilna se man 3 maande later nog besig om te herstel nadat hy sy heup gebreek het en ‘n yslike stuk yster en skroewe ingespan is om die stukke weer aanmekaar te las. Met die jaar wat alreeds weer oor die helfte is, moet ons regtig die tyd uitkoop en elke minuut laat tel waarmee ons ookal besig is. Rotary Cutter groete aan almal.

11


TRADISIONEEL

12


TENTMAKERS OF OLD CAIRO…by Joann Abbott

“Erkenning vir artikel en foto`s aan QNM Maart 1999”

13


14


Die Tentmakers was ere-gaste by die onlangse Siyadala Kwiltfees in Port Elizabeth. Besoek gerus die Tentmakers se FB – blad. /www.facebook.com/officialtentmakersofcairo Van hul kwilte is aanlyn te koop by hul Etsy Shop. www.etsy.com/market/tentmakers_of_cairo Lees gerus meer oor hierde bedrewe kwilters by: www.tentmakersofcairo.com/the-history/

15


Resep …*erkenning aan - “Vallei van melk en heuning deur Riana Scheepers”

Gebakte Souskluitjies

Sous

1 L water (4k) 375 ml suiker ( 1½ k) 15 ml botter ( 1 e) 5ml fyn kaneel (1t) Knippie sout

Deeg

1. 2. 3. 4. 5. 6.

500 ml meel ( 2k) 15ml bakpoeier ( 1 e) Knippie sout 30 ml botter ( 2e) 2 eiers geklits 125 ml melk (½k) Kaneelsuiker Voorverhit die oond tot 160°C. Kook al die sousbestanddele saam. Sit droë bestanddele saam, vryf die botter in. Voeg die eiers en melk by en maak tot `n deeg aan. Gooi sous in groot oondbak met deksel. Skep lepelsvol van die deeg in netjiese hopies in die sous. Strooi kaneelsuiker oor, sit die deksel op en bak vir 35 – 40 min. 

Hierdie souskluitjies word nie op die outydse manier in `n kastrol gestoom nie, maar in die oond gebak. Daarom slaan dié souskluitjies nooit, ooit toe en word oneetbare kluite, soos dikwels met gestoomde kluitjies gebeur nie.

16


Kwetter kwilters… Hoop dit gaan nog goed met al die Dames van die gilde. Goeie nuus uit die Kwetters se geledere, is dat dit beter gaan met Magriet. Ons is so bly en sien uit daarna om haar weer by ons Saterdag byeenkomste te hê, en lekker saam te werk. Ons wil ook graag vir Martie-Marie gelukwens met haar dogter se graad wat sy nou ontvang het(Bsc Bourekenkunde). Seker haar ouers is baie trots op haar.

Op Marietjie is ons trots. `n Kussing wat sy gemaak het, het in die Stiches verskyn. Mooi Marietjie ons ken nou ook “beroemde” mense. Rene werk die kansies wat sy kry aan Nienke se kwilt. `n Pragtige pastelkleur kwiltjie. Gelukkig help Ouma Regina met “babasit” om Ma kans te gee om te werk. Regina is ook weer op die reis –pad. Ons hoop hulle geniet dit baie en kom veilig terug. Lenie het bietjie gaan kyk hoe Namibië lyk, en dit baie geniet. Wat ` n mooi land. Met al die rondloop en vakansie het ons Kwetters mekaar nou nie die begin van die maand gesien, so ons is nie op hoogte met almal se doen en late. Glo Arina en Esther was besig met kinders en

17


kleinkinders. Hoop hulle kon ook `n handwerkie ingepas kry. Aan al die Dames, hou julle warm en weg van die verkoue.

Langenhovenparkies… Nuus is maar min.....heelwat Lparkies het `n redelike stil kwartaal gehad op kwiltgebied as gevolg van swak gesondheid of ander verantwoordelikhede, maar die res is darem nog op dreef met ons projekte. Anna-Maria het ons naam hoog gehou by die fees met `n pragtige kwilt wat `n eerste plek ingepalm het! Ons is baie trots op haar. Flolinda het `n vinnige draai in die hospitaal gemaak tussen haar rondryery, maar is gelukkig nou gesond. "Niks is so aansteeklik soos n vrolike hart nie" Spr 15:15 Langenhovenparkie groete Lettie

Gouedrade (Saterdaggroep)… GOUEDRADE… se doen en late BREGGIE: Sy is besig met haar tweede kattekwilt, ons nuwe lede sal graag die eerste een wil sien! KOKKEWIET: Sy het ‘n paar van ons byeenkomste gemis. Eers het sy gepak, toe getrek en nou is haar masjien op soek tussen die uitpak. Hoop ons sien haar een van die dae, sy sal moet inhaal en kom wys! RITA: Sy is ook besig met haar UFO`s en geniet haar katjie terdeë. CHARLENE: Haar mooi pienk kwilt is nou klaar “ge-sandwich” en nou begin die deurstik.

18


NERANDA: Sy is besig met `n UFO -kwilt en beplan haar “pineapple paper piecing” kwilt. Neranda het ook intussen leer hekel en geniet dit terdeë! LINDA: Is besig om die mooiste goedjies te hekel en het ook vir Tersia en Louisa geleer om mooi blommetjies te maak. Linda beplan nou om `n “memory” - kwilt te maak van haar seun. Sy soek ook bietjie raad en idees. Ons dink aan haar in hierdie swaar tyd en weet die verlange raak ondraaglik. RINA: Sy het nou `n heerlike seevakansie saam met die kleinkinders gehad, hoop hulle het dit geniet en is uitgerus. DELENE EN XENA: Ma en dogter is albei besig om hulle beginnerskwilt te stik. Xena het ons nou verlaat - na Boksburg toe getrek – maar ons hoop sy sal tyd kry om haar kwilt klaar te maak. Ons gaan haar baie mis. Delene onderneem om drie stiksels per week te stik… hou moed dit sal klaar kom! TERSIA EN LOUISA: Albei is besig met hul beginnerskwilte. Tersia het Louisa gehelp om al daardie honderde spelde vas te steek en nou is dit net stik om klaar te kry, hopelik voor end van die jaar. SONJA: Sy is besig met beplanning vir ‘n pynappel - kwilt. MARIE: Die UFO`s moet klaar, maar die winkel hou haar baie besig, daar is net tyd om saam met die groep darem iets te doen. PETRO: Is besig met die beplanning van die loper in haar ingangsportaal. Verder is sy besig met lappieskomberse vir die kleinkinders. Dan is sy al weer Oubaai toe om bietjie uit te rus! BETTIE: Is ook hard besig met haar UFOs.

19


Needles & Pins….. Ons vergader 1 keer per maand op die derde Saterdag van die maand by : 16 WEG Louwstr, Langenhovenpark om 14h00 tot 17h00.

Vyf van ons het die voorreg gehad om die Nasionale kwiltfees in PE by te woon en was dit nou lekker!!! Ons is weer met nuwe inspirasie gelaai. Een van ons jaarprojekte is resepte uitruil. Elkeen bring 2 gunsteling resepte(dieselfe) vir elke lid in die groep, so jy gaan huistoe met 20 nuwe resepte elke maand. Ons kan nie wag om te sien wat voorgelê gaan word. Party is besig met 'n “scrap quilt” wat nie “scrappy” lyk nie, en van ons ander is besig met Phd's. Ons wil net vir Marilyn Pretorius en haar span baie geluk wens, met die fees wat hulle gereël het.

Baie geluk aan Jenny Hermans. Nuut verkose voorsitter van die Suid Afrikaanse Kwiltersgilde. 20


Quiltmakers… Weereens „n baie groot geluk aan ons groepie met al die skou pryse waarmee hulle weggeloop het by die skou: Ria Labuschagne 2de en 3de plek Alida Viviers 3 3de plekke Mara Swanepoel 2de plek Carlin Malan 2de plek Margaret Jordaan - Iessie Steenberg Wisseltrofee - Beste Tradisionele kwilt Sonia van Zyl – Karin de Villierstrofee vir die Beste Beginner kwilt Quiltmakers groep – Wisseltrofee meeste inskrywings as groep. Carlin Malan het haar man aan die begin van die jaar in „n motorfiets ongeluk verloor. Daar was besluit om vir haar „n “ANJA trooskombers” te maak met haar man se naam, Johan, en sy gunsteling kleure groen en bruin. Die verhaal van waar die ANJA - trooskombersie begin het:Die “Anja se Blokkies Trooskombers”-projek het afgeskop nadat „n lid van die Facebook-groep “Ons hekel”, Anja Steyn Jansen van Vuuren, op 22 Januarie 2014 in haar man se arms dood is. Die 25-jarige het aan „n seldsame siekte gely en is oorleef deur haar man en twee klein kindertjies, asook haar ouers, broer en suster. Die dag na Anja se dood, sit haar ma, Katinka, „n foto van „n spesiale blokkie hekelwerk op die blad met die nuus van Anja se heengaan. Die pers “granny square” het Anja se gunstelingkleur voorgestel, die rooi hart was vir die opehartoperasie wat sy moes ondergaan en die groot wit rygsteke was simbolies van haar herstel. `n Ander lid van die groep stel toe voor dat elke lid een blokkie hekel en aan Katinka stuur om aanmekaar te werk vir n trooskombers.Van die wêreld heen het blokkies met briefies en kaartjies van bemoediging vir die familie aangekom. Honderde gehekelde blokke, elkeen met „n bietjie pers in, is aangestuur. Katinka se suster, Erica, het dit ontvang en op die ou einde „n groot dubbelbed- kombers en vier kleiner komberse (een vir Katinka, Erica en Anja se kinders) uit die eerste besending gemaak. Erica stig toe die “Anja se Blokkies Trooskombers” Facebook-groep sodat almal wat blokkies gestuur het maklik met mekaar kan kommunikeer. Lede stel toe voor dat hulle aangaan om trooskomberse te maak vir ander mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Elke trooskombers bevat die naam van die oorledene en word sover as moontlik in die oorledene se gunstelingkleure gemaak. Die

21


vroue wat blokkies hekel, kies self die patrone wat hulle wil maak, asook die aantal blokkies. Almal is vrywilligers en doen hierdie werk met liefde en deernis. Die groep bestaan tans uit meer as 6 200 lede oor die wêreld heen en die eerste en grootste trooskombers is as die groep se agtergrondfoto te sien. Ons groep het verlede kwartaal applieklopers gemaak.. en dit lyk verby vrolik. Ons is die kwartaal besig om „n handsak te maak waarop ons “cathedral window “ -blokkies gaan sit. Verder is elkeen van ons ook nog besig met ons eie UFO‟s wat hopelik die einde van die jaar sal klaar wees.

22


Dagboek asb… Alg. Vergaderings 2017

4 November Needles/Pins

Nuus van die Sterre… Ons groepie het hierdie kwartaal goed gewoeker aan ‘n projek waar ons vir onsself elkeen ‘n loper maak. Die patroon is verskaf deur Iessie, maar deur elke kwilter verwerk tot haar eie produk.

Ria, Lulu, Charmaine, Nieka en Elsie wys hul lopers.

23


Stukkie - vir - Stukkie Nuus in die groepie was baie skaars hierdie afgelope kwartaal! ‘n Paar van ons lede herstel nog na die operasies wat hulle ondergaan het, en Charlotte het vir ‘n tweede operasie gegaan. Martina sukkel baie met haar gesondheid – ons vertrou dat dit vorentoe met almal beter sal gaan. Beatrice se dogter het ook ‘n baie groot breinoperasie ondergaan, gelukkig het dit goed afgeloop. Na baie weke in die hospitaal, kon haar dogter weer met haar gesin verenig word. So tussen al die ‘ellendes’ deur kon ons gelukkig Magdaleen se 80ste verjaarsdag vier en ons “2oldBroads” het ook vir die groepie “Cut Out work” demonstreer. Voorbeelde word aangeheg. Die dames bly besig met kwiltwerkies en ons hoop dat ons groep die volgende kwartaal baie hard gaan werk. Felicity se hartekwilt is kant en klaar en reg vir ‘Show & Tell’. Muriel is besig met ‘n nuwe babakwilt en haar blokke is reeds aanmekaar gestik. Annatjie is steeds besig met haar ‘crazy patch’ en haar borduurwerk is pragtig. Annamarie is baie bedrywig in haar winkel en kwilttyd is min. Christa werk aan haar slaapkombers en het al ‘n hele klomp blokke gestik. Charlotte en Aletta is ook baie bedrywig in hulle eie kontrei en het onlangs ook elk ‘n ‘konfetti - skildery’ voltooi. Verder is hulle ook besig om met ‘quilt-as-you-go’ te eksperimenteer.

Magdaleen se 80ste verjaardag. ‘Cut Out’ demo.

24


Aletta se voltooide werk.

Martina se“Cut Out’ – uitgeknip en vasgestryk.

Charlotte en Aletta se „Confetti‟ – skilderye.

“Quilt-as-you-go”.

25


*Erkenning aan die Quilternews Magazine Jan 1988 & Oct. 1990

26


Uile…

Die Uile, besig met kwiltwerk.

Estie en Lia se lopers. Elize se loper is ook klaar.

Lizbé maak `n kwilt vir haar kleinseun. Adie besig met haar amper “beroemde” handsakke. Dit was 'n bedrywige tydjie vir die Uile en ons het lekker gewerk aan goeie projekte. Die uitreik - projek is afgehandel en Huis Vergesig was baie dankbaar en verras toe Annelize en Gerda die borslappe aan hulle oorhandig het. Dan het ons in die klas die mooiste lopers gemaak en alhoewel een patroon gebruik is, het elkeen se loper hulle persoonlikhede weerspieël. Tussendeur werk ons nog aan ons sterre - kwilte maar met al die projekte tussen-in gaan dit nou stadig. Gerda en Annelize was Kwiltfees toe en soos elke keer, dit baie geniet. Ons het ook hartseer saam met ons klasmaats. Adie se man is ernstig siek en ons bid vir hulle. Elrita gaan vir 'n operasie en ons wens haar net die beste toe. Soos die tyd aanloop, word ons lewens ook gekwilt en elke draadjie snoer ons net sterker en beter saam. So elke nou en dan kort ons strykwerk ook en kom dan beter anderkant uit. Uile Groete

27


Tolbosse… Wintertyd is kwilttyd maar hier by Tolbosse gebeur alles en nog wat, net nie kwilt nie. Ons voel jaloers op almal wat die PE fees kon bywoon en hoop ons sal iewers 'n paar fotos te sien kry. Kleinkinders kuier en moet besig gehou word. Lynette maak dansrokke vir die kleindogter wat danseksamen moet doen. Sy werk ook hard vir hul kerkbasaar. Lynette het sulke uitrusings gemaak vir die dames wat haar help by die basaar handwerktafel. Almal gaan hulle ondersteun. Antoinette het een kleindogter geleer om met haar masjien te werk. 'n Ma is mos kwaai oor haar masjien. Sy het hulle sommer ook gehelp om elk 'n leerbeursie te maak.

Rina en Santjie het vir hulle kleinseuns elk 'n pragtige kabel - oortrektrui gebrei. Dit is darem jammer dat hulle dit uitgroei. Rina is besig om pragtige vingerlose handskoene te hekel. Rina was ook gelukkig om “Classics is Groot” te gaan kyk.

Susan het haar hekelwerk bietjie gebêre en brei nou weer. Wintertyd is maar breityd. Ons hou ook vir Susan in ons harte en gebede na die afsterwe van haar dogter Ronel.

Fluks is ons fluks al kwilt ons nou nie eintlik nie.

Hantie se dogter is gekies om oorsee te gaan dans. Hantie het saam met haar dogter gegaan en die groep het 19e gekom. Toe toer hulle sommer bietjie. Vandat hulle terug is brei Hantie aan Alri se pienk trui en hopelik kom hy klaar voor nog 'n jaar verby gaan. En toe tref die groot regpak vir Hantie. So alles word gebêre of weggegee, maar na 5 muf sy om haar asem terug te kry. Sy werk aan 'n kinderkwiltjie vir hulle kerkbasaar.

Mariëtte het darem vir haar broer 'n dasse - kwilt gemaak vir sy 60e verjaardag. Ook 'n krummel - kwilt vir die opgebruik van flenters. Sy hekel aan 3 goed gelyk en werk ook nog vir die mark. Maar vir nou doen sy niks, kuier net by haar dogter wat kom kuier het uit Amerika.

28


Tolbosse het 'n heerlike kuier en spogdag gehad. Meestal hekeldames wat kom kuier het, maar dit was 'n heerlike inspirerende dag. Ons hoop almal maak hierdie kwartaal ten minste een kwilt klaar.

Erfstuk gehekel deur Jakkie Myburgh.

Kombers gehekel van oorskietwol.

Alg. Verg. Mei 2017 Gasspreker: Mari Strydom

29


…le mesh ( demo Mari Strydom vir navrae kontak haar gerus by: 083 274 9161)

Frances vd Walt se “Le Mesh” – proefkwiltjie…

30


`n laaste woord…

(bron – Internet)

31


Siyadala Kwiltfees 2017 Port Elizabeth

*Foto`s – Sanet Olivier

32


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.