OKG Nuusbrief Feb 2017

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989 Bloemfontein & District February 2017 Newsletter/Februarie 2017 Nuusbrief

SIYADALA 2017 “Workshops”

BELANGRIKE DATUMS

BLOEMSKOU

KWILT ARTIKEL

GROEPIE NUUS

KYKERSKEUSE NOV. 2016 Kwilt gemaak deur Lenie Lourens

1


Friendshipgroep - Frances vd Walt 078 803 4019 Goedharte – Du Maurier Weis 083 4071545 Gouedrade - Marie Coetzee 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens 082 438 5191 Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Lee Minnie 082 453 4155 LHParkies - Lettie Rhené 082 466 2986 Needles & Pins – Nelia Venter 0824606326 Quiltmakers - Lynette Eloff 083 973 8161 Piece by Piece - Christa Gouws 083 542 5709 Rotary Cutters - Wilna Geel 084 462 1212 Sterre – Alta Stemmet 082 576 6223 Tolbossse - Mariëtte Venter 082 460 6362 Zastron/Uile – Elize Steyn 078 421 5267

2


UIT DIE VOORSITTER SE PEN: Wees gegroet alle lapvriendinne!! Welkom by die begin van laslap-jaar 2017! Mag hierdie jaar vir jou die jaar wees waarin al jou kwiltdrome en -doelwitte gaan waar word. En ook die jaar waarin al jou onvoltooide projekte kant en klaar gemaak gaan word.

Die Bestuur het so ‘n bietjie vakansie gehou en aan nuwe planne gedink, so ons hoop julle gaan ook hierdie jaar by die Gilde geniet. Ek wil julle nou almal bedank vir die ondersteuning wat ons, as Bestuur, van julle gaan ontvang. Dankie vir al die wenke en idees wat julle gaan deurgee na ons, om hierdie Gilde een van die bestes en lekkerstes in die land te maak. Met ondersteuning bedoel ek dan ook onder andere die inskryf van kwilte vir die Bloemskou. Ek hoop om weer ons kas vol kwilte te kry en ‘n heerlike vertoonkas te kan pak. Soos die meeste van julle weet, gee ek kwiltklasse by my huis en soms ook op ander plekke. Ek vind dit dan moeilik om die telefoon altyd te antwoord. Die beste is om aan my ‘n sms of WApp te stuur wat ek dan op my eie tyd kan antwoord. As dit vir jou belangrik is om met my oor die foon te praat (en kan ek klets!!), dan sal ek jou aanraai om my tussen half-sewe en nege - uur in die aand te bel. Dankie aan al die ou lede wat weer by ons aangesluit het en ook welkom aan elke nuwe lid. Vra asseblief as daar enige iets is waarmee ons julle kan help. Net indien jy dalk gewonder het …nadat jy jou ledegeld vir die jaar by jou groepie betaal het, kan jy reken op inspirasie, aanmoediging, vriendskap, ‘n nuusbrief, demonstrasies en vele meer by die Oranje Kwiltersgilde.

Gilde tema 2017

Net die beste lap-jaar vir almal. Laslap groete.

Woorde soos juwele…

Iessie Steenberg (082 7055 279 OF iessie@vodamail.co.za)

3


INLIGTING AAN GROEPE TOV REËLINGS VAN ALG. VERGADERINGS : Kontak Christa Gouws vir enige navrae: 083 542 5709 Verpligtinge vir die oggend sluit in: 1. `N Uitnodigingskaartjie word gemaak, wat die nodige inligting bevat bv. tyd, plek spreker ens. Dit word op Whats App geplaas. 2. Die saal is alreeds bespreek – bevestig by Rene 051 522 5418 – NGK Kantoor te Altonasingel. Gee betyds aan Christa Gouws deur hoeveel tafels benodig word! 3. Die groep verantwoordelik vir die Kwartaal verg. moet asb. ook sorg vir `n ligte verversing by die tee na die Bestuursvergadering – gewoonlik 3 weke voor Alg. Verg. Die klem val op `n ligte verversing – dit is net vir daardie “honger” gaatjie wat so by 11 - uur ontstaan - dit is ons manier om om gasvry te wees en almal te bedank vir die tyd wat hulle afstaan sodat die Gilde kan funksioneer. 4. By die Algemene Vergadering poog ons om gewoonlik `n demonstrasie of spreker te kry wat verband hou met kwiltwerk. (Verwys na besluit op Bestuursvergadering) 5. Daar word ook verversings na die Alg. Vergadering aangebied – gewoonlik soet en sout saam met tee en koffie. Hou dit alles asb. so minimalisties as moontlik. Gedurende wintermaande is sop en broodjies ook `n alternatief. 6. Die groepe verantwoordelik vir die dag se Alg. Vergadering - moet ook sorg dat daar buite die deur persone is om die tafel vir ontvangs te beman. Hier word plakkers uitgedeel vir die stem van “Show & Tell”, asook die “challenges”. Besoekers betaal R50.00 . Daar sal `n kleinkas voorsien word, asook `n kwitansieboek en ledelys. Indien die Tesourier nie teenwoordig kan wees nie kan die lys, kwitansieboek en ledelys, na afloop van die vergadering aan die sekretaresse oorhandig word of soos deur tesourie gereël. 7. Groepleidsters kan na afloop van die Vergadering die Nuusbriewe by die Sekretaresse afhaal. 8. Daar word verwag dat alle inligting rondom jou groepie soos bv. lief en leed kwartaalliks aan die Redakteur of sekretaresse deurgegee word sodat dit in die Nuusbrief geplaas kan word. Sou jou groepie enige kursusse of fondsinsamelings hou of enige ander kwiltnuus, kan daardie inligting ook in die Nuusbrief verskyn. Gee dit net vroegtydig via e - pos deur aan die Sekretaresse of Redakteur. 9. “Show & Tell”: Kwartaalliks stal die groepies hulle kwiltwerk uit. Elke groepie het `n kwiltstaander. Dit word saamgebring na elke kwartaalverg, sodat die kwilte daaroor gehang kan word. Dit is net mooier as wat dit oor `n stoel sou hang. Lede moet onthou om hulle kwilte te merk met `n “label” waarop jou naam, naam van jou kwilt, inspirasie vir die kwilt en `n datum verskyn. Gedurende “Show & Tell” vertel elke uitstaller meer van haar kwilt. Lede moet die plakker wat hulle by die deur ontvang gebruik om voor die vergadering vir hul gunsteling te stem. Groepies sal voortaan elkeen hul eie “show & tell” hanteer. 10. Onthou om jou ledegeld wat hierdie jaar R180.00 beloop, aan jou groepleidster te betaal. Sy moet die voor einde Feb. oorbetaal aan die tesourie.

11.

Welkom aan alle nuwe lede. Indien daar iets is wat jy nie weet nie, vra gerus jou groepleidster of kontak van die Bestuurslede. Ons help graag. Geniet jou stokperdjie saam met ons, dit is `n absolute voorreg om deel te wees van `n groep baie talentvolle vroue, wat mekaar nie net rondom die wêreld van kwilte inspireer nie, maar ook sommer baie spesiale vriende word!

Laastens maar BAIE BELANGRIK – groep verantwoordelik vir vergadering maak asb. seker dat alle ligte en urn afgeskakel is, die vensters toe is, en trek asb. die voordeur toe nadat almal uit is. Stuur sms of bel asb. Rika 083 337 5019 en gee kennis dat Verg. afgehandel is, sodat sy kan toesluit. Dankie. -Lekker Resepte

4


www.quiltsouthafrica.co.za

5


November 2016 Dear Fellow SAQG Members Since the last President’s Newsletter in August, I have been away in the USA for 5 weeks, visiting family. I also visited two quilting shops while there and was disappointed with the quilts I saw there both times. I really didn’t see much creativity or originality, but there was wonderful fabric, of course (and out of my budget league, alas). Committee Meeting 2017 - Please note that our next Committee Meeting will be held on Sunday, 2 July 2017, in the Collegiate High School for Girls (the NQF 2017 venue) in the hostel, starting at 8:30. This will be a one-day meeting.The Biennial General Meeting of the SAQG will be held in the Jubilee Science Lab of the Collegiate High School for Girls on Wednesday, 5 July 2017, at 17:15. Accreditation Courses - The current Teachers Accreditation Course is going well under the leadership of Jenny Hermans, who is doing a wonderful job. Of the 50 students who signed up, 31 are still in the course and have passed the second round of assignments. The assignment part of the Guild Judges’ Accreditation Course finished last year. The successful candidates were: Alison GrantFletcher, Antoinette Kriel, Dal Botha, Iessie Steenberg, Mari Strydom and Shan Fox. These new Guild Judges have now been asked to submit two proposals each for papers that when completed and approved, will see them qualify as National Quilt Judges. Using Accredited Teachers and Judges - Please encourage your guild to support our accredited teachers and judges and use their skills wherever possible. Teachers Forum - Please encourage the quilt teachers in your area to join the National Quilt Teachers’ Forum. For a joining (once-off) fee of R50, they become part of this important group. Newsletters are sent out several times a year with a variety of interesting articles by well-known teachers. NQF Competition Categories - Several guilds have used versions of the new NQF quilt competition categories when holding their competitions. The feedback I have received is that this has worked well. The beauty of this system is that, as long as you are within the correct size limitations for wall hangings, the quilt maker has the choice of where to enter the wall hanging: Pictorial, Organic, Geometric or Abstract. None of the categories are exclusive. In other words, if there are geometric and pictorial aspects to your quilt, you get to decide which category to place it in and it can’t be juried out because of this choice (it can only be juried out if it doesn’t conform to size restrictions or other requirements that pertain to all of the categories, for instance sleeves, labels and cleanliness). Yours in Quilting, Sue Prins SAQG President www.quiltsouthafrica.co.za sjprins@mweb.co.za (h) 028 314 1918 (m) 072 248 3425

6


Die jaarlikse Bloemskou is altyd ‘n wonderlike vertoonkas vir ons Gilde se kwilte. Inskrywingsvorms is by my en kan ook elektronies aangestuur word.      

Ek begin kwilte inskryf vanaf 1 Maart. Die sluitingsdatum is 29 Maart, maar ek neem vorms in tot 23 Maart. Ek sal dit met jou inskrywingsfooi betyds by die kantoor gaan indien. Inskrywingsfooi is R12 vir elke kwilt. Die kwilte neem ek in voor 8 April of jy kan dit op daardie dag self by die skougronde gaan inhandig. Ek handig kwilte terug na 9 Mei.

Anne Hoffman werk by die Bloemskou kantore en kan ook van jou navrae beantwoord. Baie dankie vir jou samewerking. Iessie

7


30 days of organizing your sewing room… 1 trashing your needles 2 keeping track of your sewing machine feet 3 ways to store thread 4 how to fold fabric 5 using fabric bins for storing supplies 6 ribbon and spool storage 7 junk drawers and dividers 8 magazines and books 9 Sewing machine needles – storage 10 Make your own Quilt Kits – Printable 11 rulers and rotary cutters – store and find easily 12 Sewing room Art & Printables 13 batting storage 14 ways to set up your new room. ideas, inspiration and layouts for using your space 15 Decorating- sewing room walls 16 hanging quilt tops in the closet- how to fold them to protect them 17 track printable for projects and progress 18 printable labels for storage containers 19 Declutter your Sewing Space 20 furniture for sewing spots 21 project printable for the year – 22 project printable for year in review 23 storing your little bits of fabric24 Unique storage solutions 25 how to store tall supplies-– heatnbond, plastic, maybe a container 26 DIY craft and sewing room tables 27 keeping projects together 28 Ironing board stations 29 when to get rid of it 30 Mega list – that’s today!

http://www.patchworkposse.com/30-days-sewingroom-organizing/ 8


9


Friendshipgroep… Ons kom steeds elke 2de Vrydag van `n nuwe maand in die Bernina – werkslokaal bymekaar. Verlede jaar het ons die baie gewilde “harte” – kwilt aangepak. Dit was nou pure lekkerte! Almal het dit baie geniet. Hierdie jaar is daar 2 groepsprojekte. Met 15 lede moes ons `n midde – weg vind, sodat elkeen kan maak waarvan sy hou. Hekel is tans baie gewild binne ons groepie, so `n paar lede gaan aan `n “fusion” – kwilt werk. Die res gaan “cathedral window” – blokke maak. Die oorspronklike tegniek (handwerk) gaan gebruik word. Keuse van die grootte is elke lid se besluit asook of dit vir `n kussing, loper of dalk klein kwiltjie gaan wees. Dit was vir al ons lede `n lekker Kersseisoen van min handwerk en baie lekker kuiers saam met kinders en ander famililede. Hanli het so tussen `n kuier van haar kinders uit Namibië, naaldwerk gedoen en ondermeer die mooiste “worshond” op aanvraag gemaak. Oulik! Maxie het die goeie nuus ontvang dat sy weer ouma gaan word. Baie geluk Maxie! Daarbenewens gaan sy ook die groot taak aanpak om hekelklasse vir beginners aan te bied. Kyk gerus haar FB – blad – daar kan jy meer inligting kry. Ons is bly om te kan sê ons kwiltmaatjie van Bultfontein (Mari) is weer op die been! Haar dagboek is alreeds goed vol bespreek en het sy intussen ook weer baie planne gemaak om ons kwilters mee besig te hou. Aangesien dit ons Friendshipgroep/Rotary Cutters se beurt is om Meimaand die Algemene Vergadering aan te bied, het ons dit goed gedink om Mari te betrek. Sy gaan vir ons `n uitstalling van al haar kwilte hou (trunk show), asook `n lekker “hands – on” demonstrasie gee van die sogenaamde “vlegtegniek” om `n kwiltblokkie te maak. Dagboek solank die datum!

10


Maureen het weens hartversaking `n draai in die hospitaal gemaak. Daar is egter niks wat haar onderkry en sy is altyd die vriendelikheid self, al voel sy nie gesond. Marietjie Brink kuier vir die volgende 6 maande by haar kinders in die buiteland – so haar kwiltwerk staan eers stil. Marlisa het al klaar haar “proefblokkie” gemaak vir haar “fusion” – kwilt. Amanda is ook gereed – sy is die een wat weet waar om al die “gadgets” – te koop en watter gare die beste is om te gebruik.

Estelle het `n lekker lang seevakansie agter die rug en met die dat sy klaar ge“spring clean” het, kan sy ook nou weer haar aandag aan haar kwiltwerk gee. Martie het haar harte-kwilt afgehandel – sy is natuurlike `n tree of wat voor ons ander! Frances het haar “proefblokkie” vir die “cathedral window” afgehandel en die res van haar voorbereiding gedoen en kan nou net begin werk. Elaine gaan ook deelneem aan die “cathedral window” – projek. Ons twee Anna`s is besig om hul “Baby Jane`s” te voltooi – so ook Trudie – sy is al besig om te kwilt. Sanet het nog laaste aan heksagone gewerk ( deel van `n kwiltklas wat sy by die Clarensfees 2016 gedoen het) , en maak al weer plan om die volgende Clarensfees te besoek! Na die lekker lang somervakansie is ons nou weer almal vuur en vlam om ernstig te kwilt – hetsy of dit `n “ufo” is of om nog `n nuwe projek aan te pak.

Mooiste kwiltwense vir 2017 aan al ons medekwilters …

11


Rotary Cutters… Die Rotary Cutters het verlede jaar aan huis van Iessie geleer "Free Motion" en 4 van die lede het aan medaljons gewerk. Rika het 'n tafelloper grootte medaljon gemaak en tydens hul vakansie November in Australië saamgeneem as geskenk vir haar skoondogter.

Magda en Hanlie het albei hul “ free motion” projekte voltooi. Hulle het elkeen 'n pragtige naaimasjien muurbehangsel gemaak.

Uit die groep het Wilna deelgeneem aan die Rytjiekwilt en is haar kwilt as wenner gekies by die Algemene Vergadering November 2016.

Frances het verkies om aan haar UFO's te werk en kon daarin slaag om heelparty te voltooi. Verder het haar seun uitgeblink in die 6 nasies waar hy , Italië verteenwoordig het. Ons sien uit na 'n nuwe jaar vol nuwe idees en projekte!

12


Quiltmakers….. Die Quiltmakers is ‘n ongelooflike lekker groep ons werk en kuier lekker. Dankie Ria vir die pragtige rytjiekwilt wat jy vir ons gemaak het Na ‘n jaar van harde werk en lekker kuier het ons 2016 afgesluit met ‘n kuier by The Willows. Dit is met hartseer dat ons vir Marelize groet, dit het vir haar te moeilik geraak om ons Saterdaggroep by te woon, sy het nie die Gilde verlaat nie, maar net oorgeskuif na ‘n groepie in die week. Marelize ons gaan jou mis, maar sterkte by die nuwe groepie en ons glo jy gaan daar net so gelukkig wees. Dan sê ons ook welkom aan 5 nuwe lede by die Quiltmakers - Margaret / Carlin / Petro / Sonia en Christa.

13


Resep … Piesang Karamel Poeding BESLAG 2 kop koekmeel ½ kop strooisuiker 4 baie ryp piesangs - fyn gedruk 1 tl bakpoeier 1 tl koeksoda ½ kop appelkooskonfyt 1 kop volroom melk 3 e botter - gesmelt 1 groot eier - geklits 1 tl vanielje geursel knippie sout STROOP 1 kop bruinsuiker 4 el stroop 1 blik Idealmelk ½ kop water METODE 1. Voorverhit die oond tot 180 ˚ C. Smeer ’n oondvaste pan met botter. 2. Sif koekmeel, sout, bakpoeier en koeksoda saam. 3. Gooi suiker by, roer liggies deur. 4. In ‘n ander lekker groot mengbak gooi die fyn piesangs, melk, gesmelte botter, eier, vanielje geursel en konfyt en meng liggies saam. 5. Gooi nou bietjies - bietjies gesifte koekmeel op ‘n slag by tot alles lekker gemeng is. 6. Gooi in gesmeerde pan. STROOP In ’n kastrol bring al die bestanddele tot kookpunt, verwyder van plaat en roer tot suiker opgelos is. Gooi nou die helfte van die stroop versigtig oor die agterkant van ‘n eetlepel oor die rou deeg. Sit dadelik in die voorverhitte oond en bak vir 40 minute tot goudbruin. 8. Bring die res van die stroop tot kookpunt en gooi oor die poeding sodra uit die oond kom. Sit dit terug in die oond vir so 10 minute totdat dit borreltjies maak. Laat rus vir so 20 minute voor jy dit opdien met roomys of lekker styfgeklopte room.

Bron: Internet/Fb

14


Nelia Venter – 092 460 6326 ( Needles & Pins) bied die dag aan. Verdere inligting sal so spoedig moontlik deurgegee word aan die groepleidsters.

CHALLENGE 2017!!!

Die Gilde is opsoek na `n nuwe logo!!! R1000-00 is op die spel!!! Stuur jou idee aan: Iessie Steenberg by 082 705 5279 0f iessie@vodamail.co.za

15


Kwetter kwilters… ..die Kwetters se handwerk. Pragtig!

Aan al die Gilde se lede wil ons net ` n Geseënde 2017 toewens. Ons hoop die masjiene en naalde werk baie hard. Die Kwetters se afsluiting in Nov 2016 by Regina se huis was een groot lekkerte. Ons het aan begin van die jaar begin met `n “Round Robin” - blokkie. Die opgewondenheid was groot toe ons met die afsluiting elkeen weer ons blok kon terugkry. Daar was baie oe's en a's. Almal was baie tevrede met wat die ander lede gedoen het. Ons het ook na Regina en Raymond se blomme foto`s gekyk, wat hulle geneem het. Almal was baie jaloers dat ons dit nie ook kon beleef nie.

16


Klink of die vakansie vir almal sonder teenspoed verloop het, en almal is uitgerus. {hoop so} Net Rene het haar voet beseer en moes met `n "moon boot" vakansie hou. Ons glo dit gaan baie beter met haar. Lekker kwilt in die nuwe jaar. Groete

Langenhovenparkies…

So skop ons af met die begin van `n nuwe jaar en is bevoorreg om al ons kwiltvriendinne veilig terug te verwelkom na die feestyd!! Daar is altyd `n gevoel van afwagting aan die begin van `n nuwe jaar, met die belofte van nuwe ervarings, geleenthede, avonture en seëninge. En met die lieflike reën die afgelope tyd is ons klaar so geseënd! Ons groepie beplan `n verskeidenheid nuwe projekte en is opgewonde om daarmee te begin. Anna-Maria is baie besig met verskeie projekte tussendeur die versorging van haar moeder. Ansie gaan `n huisie - kwilt doen hierdie jaar en pak altyd haar projekte met groot ywer aan. Denise wil graag die hartjie - kwilt doen wat Flolinda en Ritha verlede jaar gedoen het. Elize sien uit daarna om `n kwiltsak te maak. Elsa het planne om hierdie jaar `n kwilt te maak vir haar seun. Flolinda gaan `n sterrekwilt maak! Tannie Lena wil haar landskap - kwilt voltooi, wat sy gedurende die tweede helfte van verlede jaar begin het. Lucy is besig met `n UFO en wil graag later in die jaar` n "funky huisie - muurbehangsel" maak. Ninor se skouer pla baie, maar sy beplan om haar “granny” - kwilt klaar te maak teen die middel van die jaar. Ritha wil probeer om al haar UFO's klaar te maak voordat sy begin met `n nuwe projek.

17


Lettie is baie opgewonde om `n huisie - muurbehangsel te begin en sien uit na `n produktiewe 2017. Voorspoed aan al ons kwiltvriendinne en vrede en geluk vir almal. Langenhovenparkie groete

Uitreik 2016…Lenie Lourens van die Kwetter Kwilters is die mentor van `n groep dames – hoofsaaklik huiswerkers uit die Heuwelsigwoonbuurt. Hier is `n uitstalling van hul werk van die afgelope jaar. Pragtig! Welgedaan.

Gouedrade (Saterdaggroep)… Met die Gouedrade gaan dit almal goed. Ons verwelkom twee nuwe lede , Tersia Schropferen en Delene Botha. Ons glo julle gaan dit baie geniet by ons. Ons gaan die jaar poog om elkeen minstens een kwilt projek te voltooi, ongeag sy grootte. Verder gaan ons net ons kwiltwerk geniet en maandeliks lekker saam kuier en kwilt. Gouedraad groete

18


Needles & Pins….. Ons vergader 1 keer per maand op die derde Saterdag van die maand by : 16 WEG Louwst, Langenhovenpark om 14h00 tot 17h00.

Ons het die jaar afgesluit met ‘n lekker deurnag by Doretha se mooi ou huis. Ons het die “Bull`s eye” - patroon aangedurf met Shwe- shwe lappe in verskillende kleure gemaak, ons het elkeen 12 blokke gemaak en toe uitgeruil tussen mekaar. Ons hoop om ons kwilte by die laaste vergadering van 2017 uit te stal.

Tussen die maak van die blokke het ons ook ‘n lekker spyskaart gehad waaraan ons gesmul het met “wine paring” by elke dis.

Vir die Mammas wie in 2016 Matrieks gehad het, sê ons baie geluk en sterkte vir die toekoms, hier by ons was vier Ma’s met matrieks wie almal geslaag het met universiteitstoelating, ons is baie trots op hulle Willem de Kock, Louis Venter, Theana Jacobs en Calista von Wielligh.

Vir almal wil ons ‘n baie voorspoedige 2017 toewens met baie tyd vir hulle lappies.

19


Dagboek asb‌ Alg. Vergaderings 2017

19 Mei Friendship/RCutters

19 Augustus Quiltmakers/LHP

4 November Needles/Pins

faberwood.com

20


21


22


Stukkie-vir-Stukkie / Piece-byPiece… Ons groepie het op 14 Januarie vir die eerste maal vergader. Tot op datum is daar 12 lede in die groep. ‘n Spesiale welkom aan Charlotte en Aletta (2 old broads), Margaret van Niekerk en Annamarie Wessels. Annamarie is die eienares van Elna in Fichardtpark. Aan Annatjie, Beatrice, Felicity, Magdaleen, Martina, Muriel en Riana, bly julle is daar. Dit was nie so maklik om ‘n nuwe groep te begin nie, en as iemand sou wonder oor ons dalk ‘vreemde naam’: die oorsprong kom uit een van Milanie Vosloo se dagstuk-boeke ‘Moed vir elke Môre’ met die opskrif: ‘Die moed om stukkie vir stukkie te leef – en ‘n kort gebed: Laat God toe om jou stukkie vir stukkie met jou lewe te help. Die paar woorde het toe sommer ons naam geword (ons groep se juweel-woorde). Nadat ons onsself voorgestel het, het ons oor die kleurwiel gesels en voorbeelde is aan elke lid uitgedeel. Die kleurkeuse van lap is ook bespreek en ons het lekker saam met Charlotte en Aletta gespeel met die uitsoek en kies van kleurskemas ens. Verder het ons ook oor die beplanning van ‘n kwilt gesels en oor ‘short cuts’ om kwiltwerk net makliker en vinniger te maak.. Dankie aan al die Stukkies in die groep vir julle bydrae – so gaan klein stukkies ‘n groot kwilt word.

23


ZASTRON/ Uile… …die mooi handwerk van die groep!

Tolbosse…Dit lyk of die somervakansie erger is as die wintervakansie! Ons is onproduktief.!!!! Erg ook!!!! Ons word ook al minder, maar die van ons wat vasbyt is “go getters” ! Jul sal moet werk om by te bly!

Santjie het die KKNK beleef! - KINDERS,KLEINKINDERS, NAALDWERK EN KOS!

Antoinette sê sy het “ge - bond” met haar kleinkinders wat, gaan studeer of die werksplek betree. Wat 'n voorreg dat hulle nog tyd het vir hul ouma en oupa. So daar was dit ook “KKNK” . Rina het darem 'n plan aanmekaar vir haar nuwe kwilt wat hopelik vroeg in 2017 klaar gemaak sal wees. Ons hoop sy sal meer by die huis wees as met vakansie. Lynette het met haar ouers gekuier onderskeidelik 90 en 88. Maar nou waag sy haar hand ook nog aan die lintborduurwerk. Bewerk agurkies, peppadews en meer. Hantie het werk gekry, wat sy nie gesoek het nie. Sy verstel gordyne vir haar studente - kinders se vriende wie se ouers ver bly. Dit is 'n slegte werk, maar 'n edel taak. Susan bly besig al is dit nie met kwilt nie en sy is steeds 'n lid van Tolbosse en ons is trots op haar en baie lief vir haar. Mariëtte het darem 'n kwilt klaar gemaak, maar hy sal nie “show en tell” haal nie. Is klaar afgelewer. So, ons is besig en ons het 'n heerlike afsluiting gehad in Welkom, by die Alna Kwekery.

Mag 2017 vir die bestuur en elke Oranje Kwilter 'n jaar vol seën wees, natuurlik met baie kwilte. Die foto, is die prent wat Lynette nou borduur.

24


… `n Vinnige en maklike idee. Gebruik blokpatroon vir `n “tote bag” of `n lopertjie. (Uitreksel uit QNM Januarie 1990)

25


`n laaste woord…

“Be Thankful”

“Be thankful that you don’t already have everything you desire, If you did, what would there be to look forward to? Be thankful when you don’t know something For it gives you the opportunity to learn. Be thankful for the difficult times. During those times you grow. Be thankful for your limitations Because they give you opportunities for improvement. Be thankful for each new challenge Because it will build your strength and character. Be thankful for your mistakes They will teach you valuable lessons. Be thankful when you’re tired and weary Because it means you’ve made a difference. It is easy to be thankful for the good things. A life of rich fulfillment comes to those who are also thankful for the setbacks. GRATITUDE can turn a negative into a positive. Find a way to be thankful for your troubles and they can become your blessings.” Author Unknown 26


Alg. Vergadering Nov. 2016 Gasspreker: “2 Old Broads”

27


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.