ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Bloemfontein & Omgewing/Surroundings Since 1989
Mei 2015
Nuusbrief / Newsletter
May 2015
“Crazy Patch” –blokke gemaak deur Christa Gouws.
Van die voorsitter… “Time is a created thing. To say 'I don't have time,' is like saying, 'I don't want to.” - Lao Tzu …ons almal kry 24 uur – om te kan kwilt moet ons tyd “ maak”. “Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin.” ― Mother Teresa … die meeste van ons het hierdie “iets” wat ons nog wil doen, hetsy `n kwilt of andersins – van uitstel kom afstel – so het die oumense geglo - dalk is vandag die “tyd” om te begin… Tyd speel `n groot rol in ons lewe – maar om dit kreatief te gebruik, hang van onsself af. Die afgelope kwartaal het ons “tyd” gemaak vir `n heerlike Kwiltdag – anders sou dit ook nie gebeur het nie. Dit was inspirerend, ons het heerlike gekuier en verryk terug gekeer huistoe. Dankie aan almal wat gehelp het om die dag moontlik te maak – maar bowenal baie dankie aan die lede wat die dag bygewoon het. Dit is so, dat dit soms, al wil jy hoe graag, omstandighede dit nie toelaat dat jy geskeduleerde kwiltverrigtinge kan bywoon. Daarvoor het ons begrip. Tog wil ek `n beroep op al ons lede doen, neem deel waar moontlik, stuur foto`s vir ons nuusbrief, kom wys jou kwilte by `n Alg. Vergadering, deel jou lief en leed - ons wil baie graag wéét wat ons mede kwilters doen! Herfstyd is Skoutyd! – baie dankie aan Iessie Steenberg (Skou -organiseerder) en haar span helpers. Dankie aan Ina Meyer (beoordeelaar van Pta) en ons plaaslike “judge” - Frances v Schalkwyk vir hul tyd om die pragtige kwilte te beoordeel. Dankie aan al die deelnemers en baie geluk aan die wenners! Dit bly maar lekker om na die kas vol pragtige kwiltwerk te kyk en vol inspirasie huis toe te gaan! Aan al die lede wat die Kwilfees gedurende Julie in Kwa Zulu Natal bywoon of die die pragtige Clarens ( Quilt in Clarens) besoek – geniet die kwiltwegbreek! Ry veilig en kom wys ons met die volgende Algemene Verg. wat julle als gedoen het. Dié wat met Jan Tuisbly saamry, geniet die sonnige hersfweer – dis mos net die regte weer vir daardie handwerkie waarmee jy besig is… Kreatiewe kwiltgroete Frances Memories are stitched with love.
Lief en Leed… Our lives are like quilts – bits and pieces, joy and sorrow, stitched with love. Anon Friendshipgroep: Estelle het `n skoueroperasie ondergaan. Anna Gropp het `n knievervanging gehad. Maxie was vir `n dag of wat in die hospitaal a.g.v `n bloeddruk probleem. Mari Strydom se man het die oggend van ons Kwiltdag – terwyl hy vroegoggend vir haar die bakkie uit die motorhuis trek – gegly en sy arm gebreek. Rafels: Beatrice Carshagen was baie siek na chemoterapie – baie sterkte, Beatrice. Alta Street het vroeër die jaar ‘n knievervanging gehad. Needles & Pins: Wessie het ‘n knievervanging gehad. Magde se man het ‘n rugoperasie gehad. Christine was in die hospitaal. Gouedrade: Corine se seun, Phillip, het ‘n baie groot operasie gehad en ons is baie bly dat dit nou weer goed gaan met hom. Charlene het op 16 Maart ‘n groot operasie gehad. Sterkte met die herstel.
Ma`s‌ Ma`s is baie mooi. Hille kleer hilli gesigte in. Ma`s lees vir ons stories. Ma`s kan baje goed sien, as jy klaar gebad het sien hille nog vyl agter jou ore. As jy sout is, sien hille deer `n mier en vra wat jy alweer doen. Hille maak groente vir kos en ons kry lekker poedieng as ons alles opeet. Ma`s moet baje slim wees, want ons juffrouens gee vir ons huiswerk dan doen ons ma`s dit. Ma`s vat kinders skooltoe en soen hille voor anner kinners en tannies. Ma`s is altyd laat en sê dan kinnders moet gou maak. As jy siek is pas ma`s jou op. Ma`s het baje geld vir tamtiesous, pienatbatter, seep en tannepaste, koffie en pap en net biekie geld vir swiets. Ma`s se altyd hille het nie geld nie, dan koop hille trollies vol goet. Ma`s hou van winkels waar mens net `n papiertjie teken, jy hoef nie te betaal nie. Ma`s sê altyd hille is vet as hille ou klere moet aantrek. Ma`s is baje fiks. Hille praat lank op die foon en lees boek maar maak vinnag kos voor pa kom. Ma`s gaan eendag hemel toe want hille bid baje en ken alles van liewe Jesus. Ek is baie lief vir ma`s. (Anoniem)
Gelukkige Moedersdag aan al ons Kwilters! Komitee - OKG
Victorian Symbolism‌ *Leslie Ehrlich - cpqmagazine.com The Victorian era was steeped in symbolism. Much of the basis for songs, grave markings and embroidery in Victoriana are embedded with symbolism, often having religious connotations. Birds and animals were often seen in embroidery, bringing with them their own meaning. For example: Owls were a symbol of wisdom, eagles resembled courage and a military career for a family member. Butterflies symbolized the soul, frogs were a "sin". Dogs were loyalty, peacocks, incorruptibility. Spider webs were a symbol of luck and clasped hands meant good bye or farewell.
…borduursteke wat gebruik kan word by die maak van `n “Crazy Patch” –kwilt.
Books: * Complete book of Patchwork and Quilting by Linda Seward * Crazy Quilting – Martini Nel *The Crazy Quilt handbook – Judith Baker Montano *Crazy Quilt Memories – Brian Haggard *Crazy Quilting – Marsha Michler *Crazy Quilts by Machine – Marsha Michler Webpages: Sharon Boggon – pintangle.com Pat winters- patwintersgatherings.blogspot.com Allie!s Stichers – allininstitches.blogspot.com
WOW!...an Inspiring system of Personal Indexing
1 – 7 Julie 2015 Besoek hul webblad by: festival.quiltsouthafrica.co.za
Quilt in Clarens 14 – 18 Julie 2015 Kontak: Alae Grabe 082 577 2232 of alaegrabe@gmail.com
I have an affliction...it`s a quilting addiction!
Quilting Tip Keep an album of snapshots of every quilt you make. Include information about when, where and why you made the quilt, who currently owns it, etc. Years from now, you'll be glad to have a record of the quilt you sold or sent off to college with your child. The information may prove meaningful to family members and future historians.
Leer ken ons groepies … …die Goedharte Hierdie groepie het gedurende die 1980 `s onstaan. Van hierdie lede was betrokke by die stigting van die Oranje Kwilters Gilde (1989). Verandering deur die jare het meegebring dat slegs 4 van die lede nog betrokke is by die OKG - Du Maurier Weis, Dalene Volsteedt , Elsa van Coller. en Tannie Rina Schutte. Die groepie het deur die jare 3 Meesterkwilters opgelewer nl. Jolena van Rooyen, Rina Schutte en Anne Strauss. “Fiery Opal” Anne Strauss (Meesterkwilter)
Stellenbosch 2011 Tradisioneel Groot
Talent and individual expression are not qualities that just other people possess. You have it too! All of you have a capacity for creativity in your quilting. Let yours happen and realize there are no boundaries to your unique expression. Anonymous
…baie welkom aan `n nuwe groepie! – die Quiltmakers. Hierdie groepie dames kwilt al `n jaar of wat onder leiding van Iessie Steenberg en het besluit om deel te word van die Gilde. Hul groepleidster is Lynette Eloff. Baie welkom!
*Doorstop… *Sulky.com
*KWILTPROGRAM vir die Doorst res van 2015… *3 - 7 Julie – Creative Energy Festival – KZN *14 - 18 Julie - Quilt in Clarens *8 Augustus – Onthulling van Kwilt gemaak deur Mari Strydom vir die herdenking van die 1915 Vroueoptogte/program deur Oorlogsmuseum.Vind plaas by Vrouemonument. *14 Augustus – Alg. Verg. Laslappies/Grouedrade – “hands on” – speldekussing. *5 September – LenteStikdag/werkswinkels/ vendors –
Venue sal bevestig word. *September – Patchjol – Smithfield (datum sal bevestig word). *7 November – Alg. Verg.
Recipe…
N & P/Quiltmakers – “Borders & bindings”
*Pie Crust for a Nine Inch Pie Pan 3 cups Flour 1 teaspoon Salt 1 1/4 cups butter ( shortening) Mix with pastry blender until consistency of cornmeal. 1 large Egg 5 1/2 Tablespoons Ice Water 1 Tablespoon Vinegar Beat lightly and toss in flour mixture. Divide into two balls and let sit for a few minutes. Flour pastry board and roll out. This will make enough pastry for three single crusts for an eight inch pie pan or two crusts for a deep dish nine inch pie pan.
*Gram's Delicious Apple Pie 6-8 tart Apples. Peel, core and slice. Use a mix of Apples for texture and flavor. 1/4 cup Brown Sugar 1/4 to 1/2 cup white Sugar depending on taste. 1 Tablespoon Lemon Juice 1/2 teaspoon Cinnamon 1/4 teaspoon Nutmeg 1/4 teaspoon Clove 1/8 teaspoon Salt Place sliced apples in a large bowl. Add remaining ingredients and toss gently. If the apples are dry, add two or more tablespoons water or apple juice. Arrange slices in prepared pie nine inch plate. Dot with butter. Cover with upper crust. Prick. Brush top of crust with one egg white that has been beaten and sprinkle with sugar. Place pie in hot oven 450 degrees for ten minutes. Reduce heat to 350 degrees and bake until done -- 45 to 60 minutes. If the edges of the crust brown too quickly, cover them with aluminum foil. *greenfairiesquilt.com
Gereelde vendors by ons Alg. Vergaderings …. Kontak hulle gerus indien jy opsoek is na “daai spesiale lappie”!
Lappiesland: Mari – 083 274 9161 Pfaff: Marie - 051 522 4554 Quilters` Den: Liezel - 082 822 6967 Quiltalk: Cecile –082 800 5727
Ask not what your fabric can do for you, but what you can do for your fabric. Anon
Nuus van die Friendshipgroep‌ Friendship is sewn with love and measured by kindness. Ons kom elke 2de Vrydag van `n nuwe maand by Bernina se werkslokaal bymekaar. Groepleidster – Frances 078 803 4019
Martie is besig met `n kwiltjie vir `n vriendin. Maureen maak seker dat die teewater kook!
Elaine en Amanda se mooi smuksakkies.
Die laaste van ons poskaartprojek.
Anna Gropp se Dear Jane begin vorm aanneem!
Maxie se pragtige appliekwerk `n kussing.
Estelle het `n skoueroperasie ondergaan en moes vir 6 weke haar arm laat rus. `n Groot frustrasie vir haar! … maar hopelik teen die tyd kan sy al weer begin kwilt. Anna Raubenheimer werk aan haar Dear Jane – pragtige warm kleure! Trudy van Rensburg se kleinkind hou haar baie besig. Sy sê Saterdae is haar dag – dan word daar gekwilt. Benewens haar “Dear Jane” waarmee sy besig is, het sy ook onlangs Mari se Uile – kursus gedoen. Hanli is besig om haar Ufo`s af te handel. Sy moet ook mooi beplan om tyd te maak vir kwiltwerk aangesien sy soms na haar kleinkinders omsien. Mari en Neline, ons 2 Bultfonteinvriendinne, kom kuier graag saam as daar `n kansie is. Mari het `n bedrywige jaar met baie klasse wat oor die land heen aangebied moet word. Neline is ons bedrywige boervrou – sy was ook betrokke by die Neon Run wat onlangs in Bloemfontein gehou is. Die Friendshipgroep is besig met uiteenlopende kwiltwerk maar ons geniet die groepsbyeenkomste en dan is `n oggend soms te kort vir al die nuus wat gedeel moet word! Groetnis tot volgende kwartaal!
Gouedrade… Baie van ons groeplede het die Nasionale kwiltdag op 14 Maart bygewoon en so baie geleer. „n Groot dankie aan almal wat dit gereël het, asook die uitstallers. Dit was puik, maak asb. meermale so. Waarmee hou die Gouedrade hulself besig? Ria van der Merwe: Is besig om haar naaldwerkkamer uit te sorteer en reg te pak. Sy is ook besig om „n gebedskussing vir haar dogter te maak. Kokkewiet Scholtz: Sy is baie hard besig om aan haar appliekwilt te werk. Daarna volg „n babakwilt. Petro van der Merwe: Sy was besig met „n hondekwilt wat sy vir die Skou ingeskryf het. Corine Buys: Sy verhuis na „n ander huis. Sterkte Corine, dis „n groot werk. Tussen die trek deur is sy besig met beginners kwiltklasse by Marie en sy is so opgewonde, verder hekel sy aan haar hekelkombers. Rina van Straten: Sy is besig met „n pragtige appliek kwilt, dan werk sy aan haar UFO‟s. Charlene Gous: Is besig met haar maandblokke en dit lyk pragtig. Haar suster van London kom kuier en ek glo daar sal gewerk word ook. Rita Botha: Werk hard om al haar UFO‟s klaar te kry. Bettie du Toit: Maak pragtige Uile wat sy opstop vir „n deurstop. Dan het sy ook vir ons heerlike vars eiervrugte gebring om „n heerlike bladjang meet te maak. Sonja Mostert: Besig met “crazy patch” blokke. . Haar Engelse bulhond is dood, sy is baie hartseer. Connie Wilke: Werk aan haar tweede dubbelbed hekelkombers, dis so op die hond se stert van klaar af. Dan werk sy ook aan „n bos toneel, dis die „Woud‟ kursus wat Mari Strydom aangebied het en met haar toestemming het sy hom verander. Breggie Viljoen: Maak slope vir die “memory” -kwilt waarmee sy reeds klaar is, dan moet sy nog „n “memory”kwilt kniekombers maak vir „n tannie wat 80 jaar word. So tussenin werk sy aan haar UFO‟s. Besige meisie die. Linda Theron: Sy het al van haar UFO‟s klaar gemaak en werk nou aan haar bruin kwilt. Haar kleinkind het verjaar. Marie Coetzee: Besig om aan haar halwe kwilte te werk. Gouedraad-groete
Kwetter Kwilters: By die Kwetters gaan dit bedrywig. Marietjie is besig om haar gevorderde kwilt klaar te maak. Marthie-Marie het „n pragtige pastel kleurige “throw” vir haar dogter se bed voltooi, tussen al die bedrywighede van die kinders se hokkie. Mara sukkel om haar dubbelbed kwilt te voltooi. Lenie het haar “10” kwilt voltooi - dit het haar tien jaar geneem om dit te voltooi! Arina, Renè, Regina en Lenie het die Twista kursus by die kwiltdag bygewoon terwyl Mara en Marietjie die dag met die uitstallers en demonstrasies terdeë geniet het. So begeesterd was hulled at ons met ons April vergadering almal „n vlegblok gemaak het. Lenie gaan die 27e April alweer stap, hierdie keer die Pondohopper! Geniet en velig stap! Kwiltgroete van al die Kwetters!
Kwetter Kwilters se pragtige handewerk!
Lenie Marthie - Marie
Regina
Mara
Marietjie met haar gevorderde kwilt.
Laslappies:
Die Laslappies is besig met `n kwilt van Desire Juta –
hier is so `n paar van hul blokke. Terloops, hierdie blokke is volgens handappliek metode gedoen. Wel gedaan!
Needles & Pins… …se wense is dat julle ‘n geseënde Paasfees. Nelia
tyd
en
mag
hê
Marianne
die
gaan
bietjie see toe (nie om te swem nie, maar om te kwilt !) Doretha en haar man vier fees saam met hul jarelange vriende daar in die Kaap, terwyl die res van ons saam met familie en vriende kuier. skoukwilte.
Tussendeur word daar hard gewerk aan die
Die groepie het die kwiltdag by Altonasingel baie geniet. Baie van die lede het van die kursusse bygewoon en pragtige artikels gemaak. Sommige van ons het weer te veel lap gekoop, maar soos julle weet sal ‘n kwilter nooit genoeg lap kan hê.
Wat is nou
lekkerder as om die lappies so uit te pak, te pas, te droom en te begin stik? Die groepie is ywerig besig met hul graffiti -blokkies. Elke lid van die groepie kry 11 blokkies in haar verjaarsdag maand by die res van die groep. Daar is so ‘n opgewondenheid in die lug elke keer as ons bymekaarkom en daardie blokkies word uitgepak. Wessie is so geïnspireerd dat sy al 19 blokkies klaargemaak het! Kwilt groete!
Friends are like fabric – you can never have enough! Anon
Rafels… Nuus in die Rafelkamp is bra skaars. Die Rafels het net gewerk en gewerk en gewerk!
Op 7 Februarie was ons saam met die
Kwetter Kwilters die gasvrouens by die kwartaalvergadering. Baie dankie aan almal wat daarvan deel was, ontvangs by die deur, tee/koffie skink, skottelgoed was en morele ondersteuning. By die Nasionale Kwiltdag het die Rafels ook hulle kant gebring, buiten vir die bediening van tee en verversings het ons ook kwiltstaanders opgeslaan en afgebreek. Spesiaal dankie aan Alta Street wat nog herstel het na haar knie operasie, vir haar hulp. Felicity het die Uiltjie-kwilt by Mari gedoen. Ons is so trots op haar. Daar is darem ook „n „bietjie‟ gekwilt Daar is 3 inskrywings vir Bloemskou (einltik 5 kwilte), want een van die kwilte is „n 3-in-een kwilt, ingeskryf. Karen laat ook nie op haar wag nie – sy het tydens die Krieket Wêreld Beker, baie vroeg opgestaan, ongehoord vir haar, krieket gekyk, gekwilt („n pragtige “Clam Shell-kwilt) met die hand begin en die res van die groep op hoogte gehou van die krieket. Verder het sy ook haar “Mystery kwilt” voltooi – met so baie 3-hoekies wat aanmekaar gestik moet word, kan selfs„n gesoute kwilter ook iewers deurmekaar raak! Intussen is daar 5 Rafels besig met „n beginnerskwilt by Bernina nl. Annatjie, Felicity, Martina, Magdaleen en Christa. Dit is nie altyd so maklik nie, maar „n Rafel laat haar nie onderkry nie. Verder spook ons nog met die “Crazy Patch” werk – tyd het mos „n manier om onder mens uit te hardloop – hoop ons sal iets kan wys met die komende vergadering. Die Rafels kom tweemaal per maand (gedurende „n kwartaal) bymekaar by Stellenryk Aftree-Oord in die Saaltjie. Soms is is ons groep volledig, maar almal kan dit nie altyd bywoon nie. Daar is „n sterk band tussen die Rafels en ons werk baie lekker saam, daarom 3 hoera‟s vir die Rafels!
Rotary Cutters… Die Rotary Cutters het vanjaar 3 lede verloor. Sonja Snyman, Diana Nel en Dalene van der Colf het almal die groep verlaat. Ons mis julle en hoop Sonja en Diana sal vorentoe weer by ons aansluit. Vir Dalene wil ons alle sterkte en voorspoed toewens met die skuif Kaap toe. Mag dit vir julle groot vreugde verskaf. Marietjie van Rensburg se 5de kleinkind is gebore. Rika van der Merwe word DV Mei ook weer ouma vir die 6de keer, die 2de kleinseun. Baie geluk aan julle! Frances van Schalkwyk het ‘n groot skrik agter die rug toe haar man in ‘n motorongeluk was. Gelukkig was hy darem nie ernstig beseer nie, maar die ontwrigting bly maar sleg. Sterkte vir julle! Rina van Aardt loop deur onder inbrekers, maar dit skrik haar nie af nie. Sterk vrou wat alleen kans sien vir die plotlewe op Estoire. Wilna Geel en haar gesin kon uiteindelik weer terugtrek in hulle huis na die herstelwerk afgehandel is na die brand van Augustus verlede jaar. Hulle sien ook baie uit na die kinders en kleinkind van Engeland se kuier later vanjaar. Die projek vir die jaar is ‘n dubbelbedkwilt onder leiding van Iessie en wel haar gevorderde beginnerskursus. En so leer ons alweer heelwat tegnieke en kortpaadjies en staan elke keer verstom om te sien hoe verskillend almal se blokke lyk met dieselfde patroon. Aangeheg is ‘n paar foto’s. Mag die kragonderbrekings nie te veel met ons stokperdjie inmeng nie!
…lede van die Rotary Cutters se blokke vir die “gevorderde kwilt” – gemaak onderleiding van Iessie Steenberg.
…die Rotary Cutters se lekker aartappelsop vir die koue maande wat voorlê!
Aartappelsop 6 – 8 aartappels Pietersielie fyngekap 250ml room 250ml gerasperde cheddar kaas Sout na smaak Spek en croutons (opsioneel) Skil en sny die aartappels in skywe. Bedek met water en kook tot sag. Versap aartappels en water . Voeg res van die bestanddele by en meng. Bedien met bros gebraaide spekblokkies en/of croutons. ***************************
Tolbosse… The only place where housework comes before needlework is in the dictionary. – Mary Kurtz
By Tolbosse rol ons altyd. Hier is selde 'n vervelige oomblik. En hulle MOES elkeen 'n Little Love Quilt maak. Sulke oulike ywerige lede. Ons is ook so gelukkig om 2 nuwe lede te hê. Ons is so bly oor Amanda Vermaak en Zani Swart wat by ons aangesluit het en kan hulle kwilt. WOW! sommer so ongesiens 'n kwilt gemaak vir Irma Joubert wat haar boek Tolbos by ons leeskring kom bespreek het. Baie welkom julle twee!! Rina sê noudat sy Tierlantyne bestuur is daar min tyd vir kwilt maar sy bring haar kant en woon ons werk sessies by. Soms kuier ons sommer in die winkel en inspireer almal wat inkom. Hantie rol kwilte uit sommer so `n paar op 'n keer. Vir haar swaer en skoonpa elkeen 'n kwilt gemaak vir hul verjaardae - een was 40 en ander een 80. Susan brei die mooiste hanger oortreksels en almal is jaloers dat hulle nie tyd het om dit te maak nie. Pikkie beman die spreekamer so sy kwilt nie nou nie. Ons wil almal nou Amanda se beste maatjie wees, sy maak sommer gou vir haar vriendin 'n baie mooi kwilt vir haar verjaardag. En dan sal julle nie glo nie, Zani maak 'n kwilt vir haar kombuis. "Apple a day" is die kwilt se naam en dit is 'n GROOT kwit, pragtig en gaan vir hulle baie plesier gee wanneer hulle in hul kombuis is. Sien oulike nuwe lede. Antoinette en Santjie sukkel bietjie met gesondheid, Antoinette sê sy het noual haar fisioterapeut se aftree fonds 'n groot hupstoot gegee met die gereelde besoeke om `n tennis -elmboog reg ts kry. Ons hoop regtig sy is nou reg vir kwilt, ons mis haar baie. Santjie is nog nie heeltemaal op die been nie, maar kan darem in die bed sit en hekel en brei. Mis haar insette en mooi werk ook baie. Lynette is bevoorreg om vir baie lank vakansie te hou. Sy en haar man van vis by Hentiesbaai, so ons het ons eie Sarah de Jaar. Hoop sy bring sakke vol vis terug.
Mariëtte kry eitlik nie meer tyd vir kwilt nie, sy knip en stik vir die Park mark en ook Botaniesetuin mark. Maar sy maak darem tyd om so dan en wan aan haar” Slowcloth” te werk. Dan is haar hart vrede! Sy bied ook Moedersdag ete die 10e Mei aan,so daar moet gekook word ook. Ons het ook elkeen 'n stel vatlappe gamaak wat ons uitruil met ons verjaardae. Iets om na uit te sien. Laat julle almal rol met julle kwiltwerk.
BAIE DANKIE… BAIE DANKIE… Dankie aan al die dames wat hul harte oopgemaak het vir Little Love Quilts. Ek en die dames wat dit kry, waardeer dit baie. Ongelukkig is ons hier in die Vrystaat nie so ywerig soos die ander Gildes nie, maar elkeen se kwiltjie tyd en liefde waardeer ek. Die wat ek het, word in Mei afgelewer. Baie dankie! Mariëtte
…2015 Baie geluk aan al die wenners! 5.1 Tradisioneel 700 Groot Martie Botha 1 *Iessie Steenberg Wisseltrofee – Beste Tradisionele Kwilt Adie Botha 2 Estie Maartens 3 701 Klein Marianne le Roux 1 *Anita Kleynhans Wisseltrofee – Meeste Punte in die Laslap- & Kwiltwerk Afdeling Petro vd Merwe 2 Lenie Lourens 3 Linda Theron 4 5.2 Innoverend 703 Klein Regina Raubenheimer 1 *Mariette Venter Wisseltrofee – Beste Innoverende Kwilt Alta Street 2 Marianne le Roux 3 Marietjie v Rensburg 4 5.3 Appliek, Masjien gelas en Masjien Gekwilt 704 Groot 705 Klein Gerda Breytenbach 1 *Raadzaal Matlokaal Wisseltrofee – Beste Vryhand Masjien Gekwilte Artikel Marika vd Merwe 2 Regina Raubenheimer 3 Magda Diedericks 4 5.4 Masjien Appliek en Masjien Gelas & Masjien gekwilt 706 Groot Anna-Maria Flannegan 1 *Mev H Odendaal Wisseltrofee – Mees Uitstaande Artikel *Frances van Schalkwyk Wisseltrofee – Beoordelaarskeuse Marika vd Merwe 2 707 Klein 5.5 Hand Geborduur, masjien gelas en Masjien Gekwilt 708 Groot 709 Klein Marianne le Roux 1 Noeline van Dalen 4 5.6 Hand appliek, hand/masjien gelas en hand gekwilt 711 Marianne le Roux 1 Anina Louw 3
5.7 Kwilt totaal met die hand gemaak 712 Groot Alta Street 1 Madeleine Coetzee2 5.10 Beginnerskwilt 716 Groot Alida Viviers 1 *Karin de Villiers Wisseltrofee – Beste Kwilt-beginner *Oranje Kwiltersgilde Wisseltrofee – Beste Gekwilte Artikel Susan Fresham 4 717 Klein Rika vd Merwe 1 Hanlie Hoffman 2 Lynette Eloff 3 5.11 Gebruiksartikel wat nie ‘n kwilt is nie 718 Anina Louw 1 Lorene Erwee 2 Cristelle Myburgh 3 Marianne le Roux 4 5.12 Groepskwilte 719 Groot Karin de Villiers 1 720 Klein Estelle Calitz 1 Estelle Calitz 2 5.13 Ander Tegnieke 721 5.14 “Whole Cloth” Kwilte 723 5.16 Kunskwilte 726 Klein Iessie Steenberg 1 Frances van Schalkwyk 2 Christine von Wielligh 3 Regina Raubenheimer 4 5.17 Kwilte gemaak deur Hoerskool-leerlinge 744 Klein Juanita van Wyk 1 *Best Youth Quilt Wisseltrofee – persone onder 18 jaar Liza-Marie van Wyk 2 Ankia Myburgh 3 Juanita van Wyk 4 Dankie aan betrokke lede vir deelname. `n Spesiale dankie aan Iessie Steenberg (Skouorganiseerder),beoordeelaars Ina Meyer, Frances v Schalkwyk en al die ander helpers. Baie geluk en welgedaan aan al die wenners!
*Challenges… Buttons and patches and the cold wind blowing, the days pass quickly when I am sewing. Anon
*Augustus 2015 Appliekwerk – Kwilt of Artikel ***
***
***
*November 2015 My mooiste speldekussing – handgemaak deur jouself.
*Gebed vir Paasfees Vader … Bloedbevlek loop Jy en strompel na Jou dood My lewensbrood. Jou skerpgemaakte doringkroon … my ewige Hemeltroon. Tree vir tree, is Jy op pad om vir my die ewige lewe te gee. Jy val neer, alweer en weer. Jy vergewe my, keer op keer … Houtsplinters en spykers gemeng in jou vlees … sodat
ek vir ewig… Jou kind kan wees.
*(Erkenning Sarie Admin - Sarie 12 April 2011)
Alg. Verg. 14 Februarie 2015‌
Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.