ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989 Bloemfontein & District May 2017 Newsletter/Mei 2017 Nuusbrief
BELANGRIKE DATUMS
BLOEMSKOUWenners!
KWILT - ARTIKEL “Boro Bags” GROEPIE - NUUS
Kykerskeuse Feb. 2017 Kwilt gemaak deur: Flolinda Marais
1
Friendshipgroep - Frances vd Walt 078 803 4019 Goedharte – Du Maurier Weis 083 4071545 Gouedrade - Marie Coetzee 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens 082 438 5191 Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Lee Minnie 082 453 4155 LHParkies - Lettie Rhené 082 466 2986 Needles & Pins – Nelia Venter 0824606326 Quiltmakers - Lynette Eloff 083 973 8161 Stukkie - vir - stukkie - Christa Gouws 083 542 5709 Rotary Cutters - Wilna Geel 084 462 1212 Sterre –Iessie Steenberg 084 733 8639 Tolbossse - Mariëtte Venter 082 460 6362 Zastron/Uile – Elize Steyn 078 421 5267
*Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.
2
UIT DIE VOORSITTER SE PEN: Wees gegroet alle lapvriendinne!! Hier is ons al weer amper in die helfte van die jaar en dit maak my so opgewonde as ek dink aan al die lekker dinge wat ons nog hierdie jaar gaan aanpak. Ek kan nie wag dat die volgende belangrike datum op my kwilt-kalender moet aanbreek nie!! Die Bloemskou is weereens vir my die heerlikste geleentheid saam met die beoordelaar, Paul Schutte. Dit is met dankbaarheid in my hart dat ek ons lede se kwilte by die skou kan ten toonstel. Dankbaar vir die geleentheid, wat elkeen van ons het om te kan kwilt! Meeste van ons sit natuurlik oorgehaal en wag vir die spesiale geleenthede wat ons kan bywoon. So `n geleentheid was die Nasionale Kwiltdag, wat goed ondersteun was en `n uitsonderlike heerlike dag was. Baie geluk aan Nelia en haar span vir baie goeie reëlings. Voorwaar al ons komplimente aan Nelia en die Needles & Pins. Ons slyp nou ons tande vir die stikdag wat Christa en haar groepie gaan reël. Maak seker jy weet van al die verskillende items wat aangebied gaan word. As jy die dag nie kan bywoon nie, kan jy altyd van die pakkette bestel en so ook deel van die heerlikheid wees. Dankie vir elkeen, wat al vir ons bydraes gemaak het en nog gaan maak met die aanbied van klasse. Verder skud ons ook ons vere reg vir die Kwiltfees in PE. Daar kan nou ingeskryf word vir klasse, verblyf en ook vir die kompetisie. Baie dankie aan my voortreflike bestuurspan! En natuurlik ook ‘n groot dank aan elke lid wat bywoon wat ons reël en so ‘n sukses van elke byeenkoms maak. Tot ons weer praat..... En dan sien ek julle natuurlik… by die Nasionale Kwiltfees in Port Elizabeth!! 3 – 8 Julie 2017
www.quiltsouthafrica.co.za Iessie Steenberg 0847338639 of iessie@vodamail.co.za
3
Friendshipgroep… Ons kom steeds elke 2de Vrydag van `n nuwe maand in die Bernina – werkslokaal bymekaar. Te lekker – lappies te koop sommer so om die hoek! Die lewe is gedurig aan die verander – ook binne die Friendshipgroep spring ons dit nie vry nie... Martie Botha verhuis na `n kleiner woning – na `n leeftyd in dieselfde huis is dit nou ook vir haar tyd om af te skaal – sterkte Martie met hierdie groot stap. Sy het darem nog tyd gekry om haar “Friendship” – harte kwilt te voltooi en in te skryf vir die skou, so tussen die pakkery en die opknapwerk aan haar nuwe woonplek. Estelle gee `n stywe pas aan en werk dat die biesies bewe om haar “Baby Jane” te voltooi – sy gaan nou met die rand begin. Terselfdertyd werk sy aan die mooiste “crazy patch” – beer. Sy het ook `n klein “fusion” – lappie voltooi. Marlisa het die “Boro bag “ -klas by die Nasionale Kwiltdag gedoen – en dit baie geniet! Hier is so `n voorsmakie van haar sak: Anna Rautenbach se “Baby Jane” – variasie is klaar. Welgedaan Anna! Dit is in die mooiste bruin kleure. Anna Gropp het lekker vakansie gehou, dus het die kwiltwerk eers agterweë gebly. Tannie Trudy se kleinkind hou haar besig, maar tussendeur is sy besig om haar “Baby Jane” te kwilt. Sy het sagte pienk en wit kleure gebruik – te pragtig! Maxie en Maureen laat die brei- en hekelpenne hard werk – so tussen deur word daar aan ufo`s gewerk. Maxie het ook die “magic ruler” – klas by gewoon en baie geniet. Hierdie is `n nekbehangsel wat Maxie vir `n vriendin moes maak. Te pragtig, Maxie!
Hanli is besig om bere te maak en laat elke grootmens wens jy is weer kind! Sy gebruik die mooiste kleurkombinasies.
4
Amanda en Elaine werk ook aan ufo`s – dié moet klaar voor die Clarensfees – hul klasse en blyplek is alreeds bespreek. Amanda het ook `n klein “fusion” – artikel voltooi. Frances is besig om haar “Friendship” – harte kwilt deur te stik. Tussendeur word daar aan ufo`s gewerk, asook ons groepie se projek vir die jaar – `n “cathedral window” – kwiltjie.
Sanet werk heksagone – hoe kleiner – hoe beter! Sy het ook vir haar die mooiste sak in `n klas klas by Bernina, gemaak.
Sy en Mari gaan ook die Clarensfees besoek en die Nasionale Kwiltfees is ook nog op die agenda! Intussen het Mari ook die mooiste drasak vir haar masjien gemaak. Elkeen is op sy eie tyd besig om hul kwiltwerk so spoedig moontlik te voltooi, want… daar is nog soveel ander idees wat wag!!! Kwiltgroete van al die Friendshippers
Easter Blessings
Bron: Internet
5
Kreatiewe Lappies…
…so word daar gewerk!
Carina se blokke van die Kreatiewe Lappies se “mystery” – kwilt…
6
Patchjol Smithfield 14 Sept. 2017 Inligting vol later. 7
Rotary Cutters… Vanjaar het die Rotary Cutters besluit om bietjie weer onafhanklik aan te gaan na 2 jaar van kursusse aan huis van Iessie. Sommige lede is besig met UFO’s terwyl ander nuwe projekte aangepak het. Frances van Schalkwyk is besig met ‘n pragstuk van Kaffe Fasset - lap vir een van haar kleindogters terwyl Marietjie van Rensburg nog aan haar gevorderde beginnerskwilt van 2015 werk. Sy het groen, geel en oranje kleure gebruik, wat dit ‘n baie mooi helder kwilt maak. Marietjie se man het onlangs ‘n ligte beroerte gehad, wat eers ‘n paar dae later ontdek is. Gelukkig is daar geen verlamming nie, waarvoor mens bitter dankbaar is. Elsa de Wet het haar lyf vanjaar nog net stralerjakker gehou in onder andere Suid-Amerika en Antarktika. Baie bly sy is veilig terug en kan weer aandag aan haar kwiltwerk begin gee! Magda du Plessis is besig om haar UFO’s teen die spoed van witlig weg te werk. Sy het verskeie lapverfprente in sakke omskep.
Met ons Maartbyeenkoms het Magda en Rika beide aan organiseerders gewerk, wat onder die naaimasjien inskuif en al daai los goed netjies bymekaar hou. Daar is verskeie patrone op die internet beskikbaar. Hulle het die “Undercovermat” van Lillyella Stitchery gebruik as ‘n basis. Dan het 4 van ons lede die Nasionale Kwiltdag bygewoon en soos altyd weer iets nuuts geleer en dit baie geniet.
8
Nuus van die Sterre… Ons groepie het sommer hierdie maand twee nuwe lede bygekry. Baie welkom aan Elsie en Nieka. Hulle ry spesiaal vir ons groepie van Brandfort af. Nog ‘n nuweling is Chantelle. In ons groep is ons besig om ‘n loper te maak gedurende hierdie kwartaal. Die loper het blomme op en sal geskik wees vir gebruik in die lente op ons tafels. Uit ons geledere neem Ilze, Gerda en Iessie deel aan die Bloemskou.
'n Ware vriend weet presies wat jy nodig het en sal sy bes probeer dat jy dit kry. (Outeur onbekend)
Quiltmakers….. ….met Lynette Eloff as groepleidster.
Die Quiltmakers met die “bibs” wat hulle gemaak het
9
Resep … Hannes van Wyk (Kwela) se ma se souttert 4 tot 6 porsies 250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny 2 75 g (1 blikkie) Weense worsies in soutwater, gedreineer 500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper 15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap 45 ml (3 e) koekmeel 15 ml (1 e) droë mosterdpoeier 250 ml (1 k) volroommelk 3 ekstragroot eiers, geklits knypie sout en peper Stel oond op 180 °C. 1. Sprinkel gekapte spek in oondtertbord van 20 cm-deursnee, wat met kossproei gespuit is. 2. Sny worsies in skyfies en gooi oor. 3. Sprinkel kaas en pietersielie oor. 4. Meng koekmeel en mosterdpoeier en voeg helfte van melk daarby. Roer tot gladde beslag vorm. 5. Roer nou oorblywende melk, eiers, sout en peper by. 6. Giet oor bestanddele in oondtertbord. 7. Bak vir 35 minute of tot goudbruin. 8. Sit warm of teen kamertemperatuur saam met slaai voor. http://www.vrouekeur.co.za
CHALLENGE 2017!!! Die Gilde is opsoek na `n nuwe logo!!! R1000-00 is op die spel!!! Stuur jou idee aan: Iessie Steenberg by 082 705 5279 0f iessie@vodamail.co.za
10
Nasionale Kwiltdag…
Teetyd/kuiertyd
… “Magic Ruler” klas
11
“Cathedral Window” - klas
“Boro bags”
12
How to maintain your sewing machine https://blog.colettehq.com/tutorials/sewing-machine-maintenance
Day To Day - Use your cover Prevent dust, lint, dirt and your pet’s fur from infiltrating your machine by covering it when not in use. Most machines come with a cover. If you don’t have one, you can make a pretty one out of fabric or use a pillow case.
Per Project - Change needle It’s important to remember how much work your needle does. A bent or dull needle can result in skipped stitches, broken or looped threads, runs or pulls in your fabric or worst of all, damage to your machine. Suggestions on when to swap needles ranges from every 8 hours to whenever you complete a project. You will also want to change your needle to match the weave and weight of your fabric.
After Big Projects You should consistently clean your machine yourself after every extensive sewing project, when bits of thread and lint build up around the throat plate and feed dog.
Annually Professional Servicing
A good service person adjusts tension and timing during regular service, as well as cleaning areas of the machine that you cannot reach without taking the machine completely apart.
13
Gouedrade…
lede se doen en late:
Breggie is besig met haar kattekwilt. Neranda het “paper piecing pineapple quilt” begin … en dit vir ‘n “queen size” bed. Sterkte Neranda. Sy oorweeg om dit maar eerder ‘n “throw”vir ‘n bababedjie te maak. Kokkewiet werk hard aan ‘n babakwilt vir iemand en is tans besig met die appliekwerk op die kwilt. Rita het nie ‘n kwilt waaraan sy op die oomblik werk nie en dit gaan baie goed met haar en haar kat Candy…. Petro is besig met “daisy” bont blokke kwilt en haar kleinseun het 1 jaar oud geword op die 16de Maart. Charlene is besig met haar pienk kwilt wat, sover al baie mooi lyk. Sonja wil vreeslik graag met ‘n “pineapple” - kwilt begin, maar sy moet eers haar beginnerskwilt klaar maak voor sy enige iets nuuts aanpak. Delene is besig met die deurstik van haar beginnerskwilt . Sterkte Delene. Xena stik ook nog aan haar beginnerskwilt. Tersia het ouma geword van `n babadogtertjie. Baie geluk Tersia, ons hoop jy het al begin pienk rokkies met valletjies maak. Rina is hard besig om te pak, want sy en Bettie gaan op ‘n “Sew Away” - bootreis. Louisa is besig met haar beginnerskwilt en sy is baie hartseer, want haar hondjie is oorlede. Sterkte Louisa , ja hulle word soos kinders is die huis. Linda is besig met ‘n babakwilt vir` n vriendin se skoondogter en is maar hartseer. Maart was ‘n baie slegte maand vir haar. Albei haar seun en skoonseun, asook kleindogter van 10 maande, Linriche was die maand in die hospitaal. Haar tannie is Vrydag begrawe en so pas gehoor ‘n vriend is vanoggend oorlede. Corine het niks laat weet nie, maar met ons laaste groepie was sy besig om aan ‘n kombers te hekel.
14
Kwetter kwilters… Vreugde kom klop aan die deur wanneer ons onsself toelaat om te erken hoe goed die lewe eintlik is. Mariaanse Williamson. Ons Kwetters het `n wonderlike geskenk uit God se hand ontvang. Klein Nienke is die 19 Feb 2017 gebore. Ons sê vir haar welkom as nuwe lid. Ons wens haar ouers en grootouers baie geluk. Sy gaan verseker vir hulle baie vreugde verskaf. (Foto word met toestemming geplaas.)
Die Kwetters het saam vir haar `n kwiltjie gemaak. Voorop is diertjies ge -appliek en agter is `n rympie van die diertjie. Regina het ook weer lekker vakansie gehou. Gelukkig was Nienke se hekelkombersie klaar voor sy gegaan het. Van ons groepie se dames het ook borslappe vir die verswakte bejaardes gemaak. Baie dankie aan julle.
Marietjie, Lenie en `n vriendin het die kwiltdag by Altona bygewoon en Mariëtte se Boro - kursus gedoen . Ons het dit baie geniet, en weer iets heeltemal nuut geleer. Dankie Nelia, vir die reëlings.
Lenie se “Boro Bag”
Marietjie gaan ook een van die dae Ouma word en sy het reeds `n pienk kwiltjie gemaak.
Magriet het ook `n kwilt gemaak, wat sy vir die Gideons skenk vir fondse vir Bybelverspreiding. Sy het het slegte nuus ontvang en sal weer vir `n rugoperasie moet gaan. Van die senuwees druk weer vas. Magriet ons sal vir jou bid.
Groete aan al die Kwilters, geniet die vakansie wat, vir sommige voorlê.
15
Langenhovenparkies… Die eerste kwartaal is verby en die blare begin verkleur. So herfs is op ons voorstoep! Ons groepie het met groot ywer weggespring en geesdriftig ons uitreikprojek aangepak. Meeste dames het twee borslappe gemaak en selfs meer. Dit het Elsa ook aangespoor om borslappe te maak vir `n vriendin wat haar siek man versorg. Lettie het ook besluit om borslappe te maak vir `n vriendin se vader, wat Alzheimer het. Elize en Lucy was beide in die hospitaal, maar ons is dankbaar dat dit beter gaan met hulle. Baie van ons lede is afgetredenes en reis die land en selfs Namibië deur en moet hard werk om op datum te bly met kwiltprojekte. Maar almal vorder goed met hul projekte. Daar gaan ook 'n paar van ons kwilte skou toe en ons hoop op `n prys of twee!
Youth Block 2017… Vir meer intliging besoek: http://youthblockchallenge.co.za
16
Uile/Zastron‌ Dit was nogal `n besige tyd vir die Uile. Ons het `n baie lekker Alg. Vergadering gehad (Feb. 2017). Groot lekkerte om so baie dames teenwoordig te hê en met soveel entoesiasme. Die lede was ook baie vlytig en het die mooiste artikels gemaak. Ons doen hierdie jaar kleiner projekte en leer daarmee weer nuwe tegnieke en verfris die oues. Dit is en bly lekker om `n Uil te wees en met Iessie, wat die leisels het, is dit `n fees. Groete van Elize en die Uile.
Elize se teesakkie -artikel
Ons maak krale!
Adie se gordynkap. Elrita se gordynkap.
Annalize Keeve se teesakkie boekoortreksel.
J. Havenga se pragtige kwilt.
17
Dagboek asb… Alg. Vergaderings 2017
19 Augustus Quiltmakers/LHP 4 November Needles/Pins
Ek het die laaste 2 van ons omgee kwiltjies by Rosepark se kraamafdeling gaan afgee. Die kwiltjies, wat van julle met oop harte gemaak het vir die mamma en papa, wat met leë hande moet huis toe gaan, omdat die baba dood gebore is. Elke keer is dit so 'n emosionele kuier en daar is nou net so 4 kwiltjies oor. Toe wonder ek of daar nie van julle is, wat nog sulke kwiltjies wil maak nie. 50 x 50cm is groot genoeg of 'n langer enetjie so 40 x 55cm. Enige grootte eintlik. Ons het almal kwiltblokke, wat ons nooit gebruik het nie en kan dit in klein kwiltjie omskep. Of maak van vooraf. Dit maak nie die seer van doodgebore baba beter nie. Is iets om vas te hou as die trane nie wil ophou vloei nie. Dit sal fantasties wees as ons nog 'n paar kan kry. Groete Mariëtte 082 337 3699
LENTE KWILTDAG
2 September 2017!!! 18
Stukkie-vir-Stukkie…
Ons groepie is aan die gang en het die afgelope weke lekker saamgewerk. Na die Februarie - kwartaalvergadering by Altonasingel, het ons groepie masjiene uitgepak en het ons saam met Charlotte (2OldBroads) „n kort kursus gedoen, nl. “disapearing hour glass”. Dit was baie leersaam en „n kortpad om vinnige 3-hoeke te stik, te sny en dan in verskillende patrone te pak en stik. Felicity en Annatjie is besig om elkeen „n artikel op hierdie metode te maak. Annamarie en Margaret, ons 2 beginners, se kwiltjies is amper klaar. Ons het vir „n paar weke elke Donderdagoggend by Elna bymekaar gekom en gewerk. Dit was baie lekker al het dit soms gelol met die kwartduim naattoelating ens. Ons het dit geniet en baie geleer. Ons is so trots op julle twee! By „n volgende geleentheid het ons gekyk na die meet en aanstik van randstroke en „bindings‟. Die Nasionale Kwiltdag was baie lekker en ons het baie geleer. Annamarie en Margaret het Iessie se kursus (katedraalvenster) gedoen en Muriel en Christa het 2OldBroads se “Ruler Magic” kursus gedoen. Dit is nie altyd vir almal moontlik om „n kwiltmiddag by te woon nie, maar ons probeer om dit interessant te maak vir die groepie. Martina was vir 5 weke in die hospitaal, maar sy het die tyd daar verwyl om aan haar heksagone te werk en het „n klomp aanmekaar gelas. Sy is nou besig om „n strook aanmekaar te werk vir „n gordynkap. Magdaleen is ook nog besig met haar heksagone en sy is amper klaar met „n tafelloper. 19
Annatjie borduur een strook deur aan haar “Crazy Patch” en sy kom met die interessantste kombinasies na vore. Muriel het ook aangesteek om met ‘n handwerkie te begin. Sy het met “Falsi Triangoli” (Nuusbrief Aug 2012) blokkies, of soos ons dit ken, Doortjie se “Checkies” - kwilt, begin. Sy het sommer vir Annamarie en Margaret ook aangesteek. Felicity het eers bietjie rondgery en vakansie gehou. Beatrice bly besig met haar graffiti - blokke. Sy sukkel tans met haar gesondheid en ons wil net vir haar baie sterkte toewens en liefde gee vir die operasie en behandeling wat voorlê. Bea jy bly ‘n ster en jy is ons veteraan. Ons 2OldBroads is baie bedrywing in hulle streek en die Studio op Bethulie is nou klaar en daar is plek vir 12 studente beskikbaar vir kursusse. Christa is besig om blokke op die oorvou - metode op ‘n basislap te maak. Hopelik sal dit ‘n duvetoortreksel of dalk ‘n slaapkombers word. Dankie aan al die Stukkies, julle is kosbaar.
Needles & Pins… Ons vergader 1 keer per maand op die derde Saterdag van die maand by : 16 WEG Louwst, Langenhovenpark om 14h00 tot 17h00. Ons het die voorreg gehad om die Nasionale Kwiltdag aan te bied en was dit nie lekker nie??? Daar was drie aanbiedings en al die goepe was lekker vol. Saam met kwilt moet ons natuurlik ook lekker eet, en Mariëtte het soos gewoonlik die lekkerste eetgoed veskaf. Ek dink almal is die Saterdagoggend daar weg vol inspirasie en weer lus om aan die werk te spring. Soos die oggende koeler raak, kruip die winter stadig nader en dan sit ons knus in ons huise en werk ons aan nog ‘n meesterstuk. Geniet dit! Die volgende geleentheid om na uit te sien, is die Bfn Skou, stertkte aan almal wie ingeskryf het.
20
Tolbosse… Die Tolbosse doen baie dinge behalwe kwilt. Party van ons doen Woordfees in Stellenbosch. Ander toer die land vol en ons "Sarah de Jager" vang vis in Hentiesbaai. Dit alles net om nie te kwilt nie.
Darem het ons 'n omgee - kwilt gemaak wat, die 4e April aan die besonderse omgee - dame van Bultfontein oorhandig is. Heerlik om te maak, nog lekkerder om weg te gee.
Hantie, ons jongste lid moet haarself in `n paar stukke skeur! Haar dogter gaan oorsee dans en ma gaan saam. Dan is die talentvolle kind gekies vir UOVS hokkiespan waar ma ure omsit. En Hantie het nog paar ure in hospitaal verwyl. Gelukkig het sy 'n pragtige handkwilt waaraan sy werk en die blokke gaan oral saam. So sal dit dan sekerlik klaarkom. Rina het die “ruler magic” kursus gedoen by die Nasionale kwiltdag en so bietjie haar geheue verfris. Sy het planne vir 'n mooi kwilt, maar eers sal sy haarself moet vasplak op die stoel voor haar masjien. Anders herstel ons klere of maak sommer nuwes.
Antoinette het 'n bargello - kursus gedoen by Bernina in Welkom. Santjie maak steeds musiek - sakke en Susan brei voort. Mariëtte is besig met 'n dasse - kwilt vir haar broer se verjaardag. Susan Pieterse ons "grande dame" bring haar kant ten volle. Sy help waar sy kan en is baie getrou. Ons waardeer haar teenwoordigheid baie. Ook help sy met lappe as ons aan 'n projek werk soos ons omgee - kwilt. Sy is 'n ster.
Die jaar snel wraggies so vinnig verby ek wonder of hier ooit nog kwilte sal gemaak word. Hopelik met die koue weer in aantog is ons almal lus vir nuwe uitdagings en kwilte. Tolbosse met hul “elderly bibs” – wat hulle gemaak het.
21
Alg. Vergadering Februarie 2017‌
(Pan African Quilts - www.quiltersgilde.nl/pan-african-quilt-challenge-show-kaapstad of http://quiltersgilde.blogspot.co.za/2016/03/pan-african-friendship-quilt-challenge.html of oranjequilters.blogspot.com)
22