Feb 2013 newsletter

Page 1

Oranje Kwiltersgilde Oranje Quilters` Guild BLOEMFONTEIN & SURROUNDING Nuusbrief/Newsletter Feb. 2013

May your points always meet

May your thread never break May your borders behave And may inspiration never desert you‌ Have a great 2013!


Alg. Verg. November 2012‌


Kontakbesonderhede van die onderskeie groepies van die Oranje Kwiltersgilde.

Group leader

Area

Cell phone no.

E-mail address

Group

Frances van der Walt Jolena v Rooyen

Woodland Hills Waverley

078 803 4019

vanderwaltf@gmail.com

Friendship

082 853 7472

florentia@internext.co.za

Goedharte

Marie Coetzee

083 448 6921

pfaffbfn@telkomsa.net

Gouedraad

Sonja Geyling

Fichardtpark Kimberley

082 339 7967

geneson@telkomsa.net

Cecilia Cilliers

Smithfield

082 571 5169

celiacilliers@zipplink.co.za

Kimberley Kwilters Kreatiewe Lappies

Lenie Lourens

Heuwelsig

082 438 5191

lenie@afrihost.co.za

Kwetter Kwilters

Thea Slabbert

Dan Pienaar

082 709 7630

Estie Pretorius

Bultfontein

082 789 8037

27827898037@ vodamail.co.za

Alta Stemmet

Dan Pienaar Pellissier

082 576 6223

gstemmet@hotmail.com

Loslappies

082 460 6326

ventern@cut.ac.za

Needles & Pins

Fichardtpark Fichardtpark Uitsig

082 558 7210

high_way@mweb.co.za

Rafels

072 826 4244

lydialandman@ yahoo.com wgeel@kv3.co.za

Rosebuddies

Gerda Breytenbach Hantie Vorster

Faunasig

083 285 1220

Ster Kwilters

Bultfontein

082 257 2374

LiaDeysel/ SujanieVd Spoel

Bainsvlei

084 824 3426 082 332 0018

gbreytenbach@ vodamail.co.za Hantie.vorster @gmail.com liadeysel@gmail.com svdspoel@gmail.com

Sindy Smith

Dewetsdorp

079 878 2159

Vingerhoede

Annelize Keeve

Zastron

082 499 2364

nuwejaarsfontein@ gmail.com akeeve@telkomsa.net

Nelia Venter Karin De Villiers Linda Landman Wilna Geel

084 462 1212

Langenhovenparkies Lappoppe

Rotary Cutters

Tolbosse/ Lappoppe Uille Kwilters

Zastron Kwilters


...van die Voorsitter Liewe kwiltvriendin Daar het die “groot” jaar vir ons gilde aangebreek met die eerste Nasionale Kwiltfees wat in Bloemfontein gehou gaan word. Ons is baie opgewonde oor die fees, en as ons kyk na die belangstelling wat van oral kom, weet ek sommer hierdie gaan „n fees wees om te onthou! Met die nuwe jaar nog vars en jonk, vertrou ek al jou nuwejaars voornemens is nog op koers. Mag al die gebeure van die jaar vir jou „n lappieskombers met die mooiste kleure in wees. Helder somerkleure, lentekleure, en ook as daar somber winterskleure is, mag die warm herfskleure dit op helder ! Goeie wense word al die kwilters toegewens. Mag 2013 die beste jaar ooit vir jou wees! Lappies groete Marianne


144 dae voor ons fees! As ons die tyd verder afbreek, kry ons “4 months and 24 days. 144 days is equal to 20 weeks and 4 days. The total time span from 2013-02-07 to 2013-07-01 is 3,456 hours. This is equivalent to 207,360 minutes. You can also convert 144 days to 12,441,600 seconds”

Baie sekondes…min dae!!!

Besprekings open 1 Maart by Computicket!!!


SupaQuick Gebou Tel: 051 8531178 Davinstr 24 Bultfontein

Mari Sel: 083 274 9161 Faks: 051 853 1179 Epos: maris@telkomsa.net

.

Ons sien uit daarna om julle in 2013 te help met raad, lappies en alles wat jul mag benodig.

Pragtige ingevoerde patrone!!! Koop „n patroon en ons pak vir jou „n “kit” in die kleur van jou keuse – EN jy kry „n “FQ” gratis ! OF koop net die patroon en laat waai met jou kas se lappe!


SAQG is very busy at present what with the proposed quilt book in the pipeline and now also the Challenge sponsored by IQCA that has been launched. Thank you for your enthusiasm for all our quilt related projects.

Challenge 2013: Free to Express Please spread the news! In the mean time, have a great time quilting! Much love Elsa Brits SAQG President elsa.brits@gmail.com (016) 9733205 (H) 083 287 7446 (mobile) 086 537 7820 (Fax)

SAQG will be sending an exhibition of South African quilts to the European Patchwork Meeting 2013 in France and will be displayed in the town of Sainte-Croix-aux-Mines. Quilts must have never been exhibited in Europe and be original. There are size limitations, and other specifications. For those that are interested please contact Kristien at kpvs@live.com or elsa.brits@gmail.com for full specifications. Photographs of quilts must be in on the 20th March 2013.


Friendshipgroep: Hanli Henderson se eerste kleinseun is gebore. Elaine Sansom het weer ouma geword. Carine se seuntjie het Vrystaatkleure vir swem ontvang. Anna Raubenheimer het `n knievervanging gehad. Kwetter Kwilters: Elsie vd Bijl se man is oorlede. Sy het `n katarak Kristien at kpvs@live.com or elsa.brits@gmail.com for full operasie gehad. specifications. Photographs must in on the 20th March. Zastron Kwilters: Leba Higgs of hetquilts 70 jaar oud be geword. Annelize Keevé het ‘n heup operasie ondergaan. Tannie Fransie het `n knievervanging gehad. LHparkies: Elsa Schoeman se man het sy heup gebreek.

Lappoppe: Hannelie – Conrad haar seun was in ‘n motorfiets ongeluk, almal groot laat skrik, darem nie te ernstig, net lyfseer, kopseer, knie geswel en `n ligament het seergekry. Verder sterk hy aan by die huis. Haar tweeling dogters het ook verjaar, en het hulle ontgroening oorleef. Amanda – Baie trots op klein Willie, hy is nie eens ‘n hele jaar in Willem Postma en is verkies as prefek. Lolla – Haar terapeutiese perdryskool is klaar gebou, en sy is druk besig met al die kindertjies – haar groot droom het waar geword. Michelle – haar kind is gekeur vir `n Argitektuurskursus. Uile: Adie het oor Desember ouma van haar eerste kleinkind geword het. Sy moes ook haar skoene, as moeder van die bruid, vol staan. Rotary Cutters: Rika van der Merwe – Broer en Oom in 3 weke se tyd oorlede. Wilna Geel – Dogter is getroud.

God grant me the serenity to accept the things I cannot change, Courage to change the things I can and wisdom to know the difference. (Anon)


Met `n vorige onderhoud het Iessie gesê kwilters inspireer haar, maar tans is dit sy wat met haar baie kwiltkennis- en vaardigheid kwilters aan die gang kry. Sy kwilt al die afgelope 28 jaar. Sy bied sedert 2000 beginnersklasse by haar huis in Bainsvlei aan. In `n lekker, ruim gesellige werkskamer! Haar vaardigheid deel sy graag uit en bied sedert 2001 kwitklasse aan vir vroue in Botshabelo. Sy is getroud met Stanley en het 2 dogters en 2 woelige kleinseuns wat sy soms met die grootste geduld oppas. As gesin het hulle ook al `n draai in Amerika gemaak. Gedurende hul verblyf in Winsconsin het sy aan 3 Gildes behoort en deelgewees van uitstallings ens. Die afgelope 2 jaar het sy die leiding geneem om die Kaleidoskoopfees te organiseer en met net `n paar maande oor voor die fees, kan al die lede van die OKG verseker wees alle reëlings is met stewige leisels vasgevat en kan almal uitsien na die fees. Namens al die kwilters, baie dankie Iessie vir al jou harde werk om die fees suksesvol aan te bied. Benewens al haar werk vir die fees, word haar kwiltwerk geensins afgeskeep en was sy met die laaste Alg. Vergdering (Nov. 2012) weereens die wenner van “Show and Tell”. Hierdie keer met haar pragtige ontwerp en uitleg van amperse “Baby Jane” – blokke. Sy vertel meer: “ ek wou so 5 jaar gelede begin met ‘n “Dear Jane”. Die baie aanmekaar rye blokkies is toe nie meer vir my so mooi nie en ek pak die goed weg vir so 2 jaar. Verlede jaar het ek toe besluit om dit weer aan te pak en klaar te maak met oop blokkies op die “Trip-around-the-world” manier. Maar met die wegspring, is daar toe ‘n klomp mense wat dit saam met my wil doen. Ek moes toe nou vir hulle blokkies druk en het toe besef dat ek nie die “Dear Jane” blokkies kan verkoop nie omdat dit nie my ontwerp is nie. Ek het toe van die blokkies in die Publieke Domein gebruik gemaak. Sommige het ek met appliekwerk verander. Die kwilt se naam is “ KLEIN BLOKKIE KWILT”, maar die vrouens van Colesberg en Phillipolis noem dit die “LIEWE IESSIE KWILT”. Daar is tans 25 van hierdie kwilters wat aan so `n kwilt werk. In Walvisbaai werk 5 vrouens aan so `n kwilt, wat dit ook die “LIEWE IESSIE KWILT” noem. Net 1 van die kwilters het my al ontmoet!”

Love is a power, that transforms the soul, fills hearts with heaven and gives life its goal. L. Inman


KWILTERSDAGBOEK 2013

18 Mei – Saterdag Kimberley en Uile

15 Augustus – Donderdag Lappoppe en Kwetter Kwilters

9 November – Saterdag Rafels en Sterkwilters


Kaleidoskoop Kwiltfees 2013 Hoe om te bespreek vir die fees: NB: Geen besprekings kan gedoen word voor 1 Maart 2013 nie. Ek het die volgende lys saamgestel om te probeer om die prosedure van die besprekings te verduidelik en vir almal te vergemaklik: BEGIN SO: 1.

Werk deur die program, merk en besluit watter kursusse jy graag sal wil bywoon. Kyk ook na die klasrooster in die middel van die “Workshop Program” om seker te maak dit pas in by jou skedules.

2. Som dit alles op, sodat jy presies weet waarvoor jy wil bespreek as Computicket oopmaak op 1 Maart. Die kursus se nommer is baie belangrik. 3. Kyk dan in die “Workshop Program” onder “Student Requirements” of jy „n naaimasjien gaan benodig vir daardie spesifieke kursus. Op die klasrooster sal „n rooi blommetjie vir jou aandui of daar naaimasjiene van „n handelaar beskikbaar gaan wees. Hiervoor moet jy ook „n kaartjie koop, indien jy nie jou eie gaan bring nie.


4. Jy kan ook in die “Workshop Program” sien of daardie kursus „n “kit” beskikbaar het. Vir sommige kursusse is dit verpligtend. Koop ook daarvoor `n kaartjie. 5. Kry al die inligting vir die akkomodasie ook bymekaar. Nou WAG jy TOT 1 MAART 2013 wanneer kaarjieverkope by Computicket open. COMPUTICKET : A. REGISTRASIE – Koop eerste die registrasiekaartjie – dit sluit „n “Goodie bag” in. B. Kursusse - Dan begin jy deur te bespreek vir die kursusse. Gee vir ons soveel moontlik van jou kontakbesonderhede sodat ons vir jou nog ander inligting nader aan die fees kan stuur. Jy gaan dadelik weet of jy plek het of nie. Indien jy een van jou keuses nie gekry het nie, kan jy dadelik „n ander opsie uitoefen. Daar is net plek vir 20 persone per klas vir elke kursus. C. “ KITS” -Koop „n kaartjie vir elke “kit” wat jy benodig. D. NAAIMASJIENE - Koop „n kaartjie vir `n naaimasjien vir die kursus wat jy „n naaimasjien benodig – indien dit beskikbaar is by daardie kursus. E. AANDFUNKSIES - Jy bespreek ook vir die aandfunksies – dit wil jy beslis nie misloop nie. Dit word ook by Computicket gedoen.


F. LESINGS - En laaste, maar beslis nie die minste nie – jy moet ook bespreek vir lesings by Computicket. Computicket is beskikbaar by Checkers, Internet en ander sentra. Bv. Loch Logan Waterfront, Bloemfontein – as jy met die roltrap opgaan na Edgars – is die stalletjie aan jou regterkant. Jy betaal direk by hulle vir al jou kaartjies. AKKOMMODASIE - Daarna bespreek jy die akkommodasie by Pamela van Eunice High School of by die gastehuis.

(Pamela@ehs.co.za or 086 651 9822)

Berei so voor vir jou kursus: 

Nou begin die bymekaar maak van al die goed op die lysie vir elke kursus. Tik „n lysie vir elke klas uit en plak dit by die regte dag in jou dagboek.

Ek hoop ek het so min of meer alles gedek. Onthou om ook uit te kyk vir die toerprogram van BUSH JUNKIES ( inligting is op ons blog beskikbaar) met onder andere „n toer na die Vroue Monument – hulle vier hul 100-jarige bestaan en dit beloof om „n wonderlike uitstappie te wees. Ten laaste wil ek elkeen vra om hierdie lys so ver as moontlik te versprei, want ons wil ons fees so toeganklik maak as moontlik. Iessie Steenberg 082 7055 279

iessie@vodamail.co.za

www.oranjequilters.blogspot.com



Recipe

Chicken Cacciatore

(bbcgoodfood.com)


Friendshipgroep…. Ons vergader elke 2de Vrydag van `n nuwe maand by lokaal van ons keuse. Kontak Frances 078 803 4019

Met `n heerlike Feesseisoen agter die rug, het ons groepie ons eerste byeenkoms gehad. Boonop was dit ook een van ons lede se verjaarsdag. Dit was `n lekker oggend met heerlike koek en tee. Daar was natuurlik baie gesels en nuus is uitgeruil maar dit klink darem of daar so tussen deur die lekker vakansie en kuiergaste gekwilt is! Martie werk ywerig aan `n “Doortjie-kwilt”. Pragtige kleure! Estelle het nog bietjie vakansie gehou met ons eerste byeenkoms, maar sy is besig met `n “Baby Jane” asook nog ander blokke wat sy wil omtower in “lapquilts”. Tannie Magriet se pragtige wit- en blou “Baby Jane” begin vorm aanneem. Trudie werk aan `n “Baby Jane” met skakerings van wit en pienk en so ook Anna Gropp. Tussen deur is daar `n “ufo” wat sy wil afhandel. Annette is besig om haar “Funky” Huisies te voltooi. Pragtige kleure van room, bruin, pers en groen. Hanli is besig om `n heksagonprojek te voltooi. Amanda werk aan `n projek van `n kursus wat Marilyn Pretorius aan gebied het. Dis nou bo en behalwe die mooi lappoppe wat sy vir haar 2 kleindogters gemaak het! Maureen is ook besig om `n “ufo” te voltooi. Maxi is besig met `n “ufo” asook haar “kreatiewe kreature”. Elaine werk rustig aan haar “yo-yo`s”. Sy gaan hierdie jaar ons groepie se “siekeboeg”-tannie wees en so bietjie liefde en troos aan ons groepie uitdeel. Frances werk aan haar “Baby Jane” asook `n “ufo” of 2 wat afgehandel moet word. Anna Raubenheimer is voorlopig “onaktief”. Sy het `n knievervanging ondergaan – maar ons weet, as ons haar weer sien, haal sy `n “haas uit die hoed”! Marlene pak ook `n nuwe kwilt aan – hoofsaaklik appliekwerk. Carine se kinders hou haar baie besig, maar so tussen deur werk haar hekelpen. Ek is seker haar houertjie met klein heksagontjies groei ook by die dag. Dis mos `n lekker werkie as mens vir die kinders moet sit en wag! Oor die algemeem lyk dit vir my ons groepie werk aan “ufo`s” – seker sodat ons gereed kan wees vir die lekker fees en al die oulike kursusse wat aangebied word!


Die Goedharte wens al die kwilters „n produktiewe kwiltjaar toe en vertrou dat julle die voorbereidings vir ons fees terdeë gaan geniet. Sterkte aan diegene wat die voortou neem met die organisering van die Kaleidoskoopfees. Jolena, Dalene en du Maurier het die afgelope maande niks gekwilt nie en net die feesdae en die kuier saam met kinders en kleinkinders geniet. Dalene het ook intussen verhuis na Woodland Hills en du Maurier sukkel maar met die gesondheid. Rina Schutte kan maar net nie sit en niks doen nie. Haar naaldwerkkamer is georden en sy het so tussendeur kloskant gemaak. Anne het wyn en voedsel geniet tydens familiekuiers, gelees, so „n bietjie gewerk en onsuksesvol probeer om haar “UFO‟s” vir ander kwilters te gee om te voltooi! Elsa van Coller werk daar in die vreemde sneeubedekte wereld aan haar muurbehangsel en maak ook lapkrale om dit mee te versier. Rina Bredenkamp se antieke kwilt wat sy naboots, vorder fluks en sy is tans besig met die appliekwerk waarmee dit versier word. Rene het Kathryn Harmer Fox se “Fibre art” kursus baie geniet en die voltooide triptiek is geraam en staan in haar huis. Skinkbordlappies is met kruisiesteek versier en vir „n vriendin se dogter is bababeddegoed met handgeborduurde teddies verfraai. Rene het ook haar hand aan “Broiderie Perse” gewaag en die eindproduk is 2 treffende handdoeke. Mag al die kwilters „n bevredigende en stimulerende 2013 geniet.

A garden without trees scarcely deserves to be called a garden.C.H. Ellacombe (1790-1885)


Gouedrade… (Saterdaggroep - Bloemfontein)

Die Gouedrade het besluit om die jaar ‘n groepsprojek aan te pak. Ons gaan vir mekaar “graffiti” - blokkies maak. Die idee het ons by Karin van die Rafels groep gekry, nadat sy vir ons haar mooi “graffiti” blokke gewys het. Heelwat werk daaraan verbonde, maar ek glo dit gaan heel interessant uitdraai. Verder werk ons aan die fees se goedjies!! Die tyd raak nou min!! Gouedraad Groete

Die Kwetter Kwilters… … wens almal `n voorspoedige en geseënde 2013 toe, en ons hoop dat elkeen `n baie produktiewe jaar sal hê en dat daar hierdie jaar sommer baie “ufo`s” afgehandel sal word. Ons het een van ons lede gegroet, nl. Willemien Nel. Ons wens haar alles wat mooi is toe, en gaan haar mis. Elsie van der Bijl se man is in November oorlede. Ons gedagtes is met jou. Mag jy troos en berusting in die Here se nabyheid vind. Kwetter Kwilters het ook nog `n lid ryker geword, nl. Madelein Krüger, wat alreeds lid was voordat hulle verhuis het. Baie welkom en ons sien uit om saam met jou te werk. UIteindelik is 2013 hier, en ons sien geweldig uit na die Kwiltfees gedurende Julie!

Die Rosebuddies… Wens al die kwilters `n Voorspoedige 2013 toe!


Needles & Pins… Ooo!!! … ons gaan lekker fees hou, ek sien so uit daarna. Daar is sulke lekker klasse wat ons kan bywoon. Pragtige kwilte wat ons die hele week oor en oor kan bekyk. En dan praat ek nie eers van die Kwilt “Shopping Mall” nie! Ons groepie gaan vir mekaar „n “crazy patch” artikel maak die jaar. Dit doen ons terwyl ons die fees beplan en stories uitruil. Elke 3de Saterdag van die maand gaan ons lekker sit en borduur. Die eerste gebruik van die woord “crazy patch” was in 1878. Dit was en is nog vandag, „n sekere manier van die aanmekaarlas van material met verskillende borduursteke. Die vroue het in daardie jare „n seilkussing aangestuur en dan het elke vriendin haar eie ontwerpsteke aangelas voordat dit weer terug gegee is aan die eienaar. Ons sê totsiens aan Mercia en verwelkom Wessie terug in ons groepie. Iessie se jongste dogter is oppad Ooste toe om daar te gaan skool hou. Laaste maar nie nie minste baie baie dankie Iessie vir „n heerlike fees wat jy vir ons so mooi organiseer.

Isn't It Great To Remember Who Is Really In Control, and that “the Word of the Lord endures forever." (1Ptr. 1:25)


NUUS VANUIT KIMBERLY… Kimberley Quilters het ‟n besige kwiltjaar gehad in 2012. Met baie hartseer vir sommiges wat geliefdes verloor het. Daar was ook vreugdes van nuwe kleinkinders. Die groep is baie trots op Lillian Myburgh wat verlede jaar twee kunskwilte ingeskryf het vir die “International Quilt Convention Africa”. Die afdeling was “Dreams Challenge”. Altwee kwilte is gekies vir die uitstallings wat in 2012 in Johannesburg en Frankryk gehou is, asook vir die een in April 2013 in Australië. Baie geluk! Ons gaan hierdie jaar begin met ‟n kursus om lap te kleur. Melanie Brummer, skrywer van “Contemporary Dyecraft” besoek ons in Februarie. Die kwilt wat ons aan die DBV skenk is klaar. Verder beplan ons om nog ‟n groepskwilt klaar te maak. Ons gaan ook probeer om elke maand ‟n nuwe blokpatroon te leer. En dan lê die kwiltfees nog voor – lekker! Kwiltgroete van Kimberley


PFAFF Naaldwerk-, Kwilt-, Borduur& Omkapmasjiene

Besoek ons vir spesiale Valentynsaanbiedinge gedurende Februarie op alle PFAFF masjiene!!! Marie‟s Sewing Creations h/a PFAFF Bloemfontein Bergstedt straat 8, Fichardtpark, Bfn Tel: 051 5224554 E-pos: pfaffbfn@telkomsa.net www.mariessewingcreations.co.za

Kennisgewing Marie’s Sewing Creations h/a PFAFF Sal gesluit wees tydens die Bloemskou (25 April tot 4 Mei). U is welkom om ons daar by die PFAFF stalletjie (D11) te besoek.


“Wild West� 25 April tot 4 Mei 2013

Ons wil baie graag die kas met 100 kwilte vul!!! Kontak: Elsa Schoeman 082 824 692


Al ooit gewonder hoe populêr kwiltwerk is? Werêld wyd `n industrie van

$4.8 billjoen.

Wanneer uitstallings besoek word, word daar die meeste kyk na: 79% - Tradioneel 49% - Kompetisie 46% - Antieke 38% - Kontemporêr

Redes hoekom kwiltuitstallings en feeste besoek word! 97% 73% 60% 34%

- besoek en kyk na kwiltuitstalling - koop voorraad - geniet kwiltwerk as kunsvorm - om te “network”

53% belong to a guild up from 25% in 1994

“21.3 million dedicated quilters in the U.S. 99% are women who spend 12 hours per week quilting, and spend $2,442 a year on fabric and quilting supplies.”

Hoeveel naaimasiene p.p? *All statistics courtesy of The National Survey of Quilting in America 2010 (Creative Crafts Group, 2010), presented in collaboration with Quilts, Inc. QUILTERS NEWSLETTER DECEMBER/JANUARY 2013

18% - 1 masjien 31% - 2 masjiene 24% - 3 masjiene 26% - 4 masjiene Wonder hoe lyk ons statistiek in SA?


Langenhovenparkies… So is `n lang vakansie ook verby en sien ons uit na die besige jaar met die fees en al die reëlings wat daarmee saamgaan. Elsa was met vakansie Gansbaai toe, maar met die terugkom het Faan geval en sy heup gebreek. Elsa sê sy het nou `n groot baba om te versorg. Ninor was fluks en het baie kwiltwerk gedoen. Ritha het kinders opgepas en dit baie geniet. Lucy was Kaap toe en vertel net hoe lekker dit was. Lena was rustig tuis. Hannie het haar familie bederf met `n groot Kersete. Baie sterkte aan almal met die harde werk vir die fees!!!

Quilting for beginners Learn the basics in 6 classes Price; R300.00 Date: 7,14,20, March & 11,19,25 April Time: 9am & 5pm


…LAPPOPPE Voorspoedige 2013 vir almal. Ons hoop dit sal „n geseënde jaar wees vir almal. Dit is „n groot jaar vir almal van ons, aangesien dit amper tyd vir die fees is. Almal werk hard aan alles wat gedoen moet word. Dit is vir ons as Lappoppe baie sleg aangesien een van ons staatmakers Helen Labuschagne bedank het. Sy het twee klein seuntjies wat skool toe is, en dit is nie „n man se maat deesdae nie - sy kon net nie by al haar verpligtinge uitkom nie en moes eers haar groot liefde “Naaldwerk” op sy stoot. Ons gaan jou baie mis Helen en dankie vir al jou harde werk en mooi gesindheid al die jare. Onthou, ons is baie lief vir jou. Ons ander 13 lede is terug na „n heerlike Desember vakansie. Ons het 2012 regtig met hoogte punte afgesluit. Ons het ons kwiltuitstalling op 14 November gehad. Dié groep was verantwoordelik vir 137 van die 176 kwilte wat uitgestal is. Die dag was ‟n reuse-sukses. Benewens al die kwilte was daar allerlei handgemaakte goed, deli-produkte, klere, juwele en geskenke van talle uitstallers. Daar was ook ‟n Lappiesland-uitstalling van die dorp se eie kwiltwinkel. (Kyk voorlaaste blad vir pragtige foto`s.) Ons het „n heerlike Jaareindfunksie gehad, by onderskeidelik Silvera Pretty Decor op die plaas Silwerstraal en Maranata Kwekery. Ons was vir ontbyt by Silwerstraal waar ons ook „n heerlike wildrit gehad het, met 6 leeus wat ons gesien het, maar die seekoeie het te warm gekry wou nie onder die water uitkom nie. Ons het op die “Hoenderhok “ gery vir ons wildrit. Wat „n belewenis! Die wa word deur die wildskamp getrek deur `n ou trekker. Daarna is ons na tannie Marietjie by die Kwekery vir ons Kersete en „n demonstrasie om gedroogte rose te maak. Dit was „n heerlike dag saam met al ons BESTE vriendinne. En so sluit ons die jaar toe af met nog „n hoogte punt. Ons is opgewonde oor 2013 en ons kan nie wag vir die Fees nie, maar buiten die Fees beplan ons „n heerlike program met twee kursusse en verder wil ons dit ons” UFO” - jaar maak, en hulle almal klaar maak. Lappop groete



…nuus vanuit Zastron In die Zastron kwiltgeledere het daar nie veel gebeur oor die Kerstyd nie. Aret het ‘n huis vol mense gehad vir die meeste van die vakansie. Hanna het die vakansie met haar familie geniet. Leba het 70 geword en ‘n heerlike verrassingspartytjie het die jaar vir haar afgesluit. Gerda het ‘n ruskans van haar werk gehad en saam met haar familie gerus. Annelize het ‘n heupoperasie gehad en het dus moeilik rond beweeg. Sy was by haar familie en het die meeste van haar agterstallige handwerk afgehandel. Ons wens elkeen ‘n baie voorspoedige kwiltjaar toe en dat dit vol vreugde en pragtige kwilte sal wees. Groete.

********** “And I said to the man who stood at the gate of the year: Give me a light that I may tread safely into the unknown. And he replied: Go out into the darkness and put your hand into the hand of God. That shall be to you better than light, and safer than a known way.” Minnie L. Haskins


Die Sterre vergader elke derde Dinsdag van die maand by Iessie Steenberg. Skink-i-koffie, Bainsvlei. Die Loslappies en Sterkwilters het saamgesmelt en staan voortaan bekend as die Sterre. En sterre is ons ! Met een of twee uitsonderings het ons lede kom spog met hulle voltooide kwilte. Die voltooide Kreatiewe Kreature ( klasprojek 2012) is werklik kunswerke! Elkeen het sy eie stempel op haar kwilt afgedruk. Alta, ons groepleidster se plaaskwilt wat elke familielid uitbeeld, vorder goed. Sy doen ook die bemarking van die kwiltfees. Gerda se plaaskwilt vir haar familie in Namibie, is baie netjies en iets besonders. Die kwilt is byna klaar. Dan is sy ook besig met `n kanselkleed. Ria se beginnerskwilt is byna voltooi. Haar kwilt is baie netjies en word met die hand gekwilt. Jolanda, `n baie stil hardwerkende kwilter, se plaaskwilt vorder baie goed. Elbie het net vakansie gehou en begin nou met die klasprojek van hoenderplekmatjies. Madelein het al haar lappies die vakansie opgebruik met klein artikeltjies wat sy gemaak het. Sy is ook besig met n kanselkleed. Iessie het die Sterre weereens geïnspireer met besondere hoenderplekmatjies wat as klasprojek aangebied word. Met groot waardering sê die Sterre dankie vir vrolike byeenkomste elke maand. Marietjie Schlebush se hartekwilt is „n besondere kunswerk. Haar plaaskwilt is klaar en hang bokant haar man se lessenaar. Baie welkom aan Marietjie Thomas wat by ons aangesluit het. Sy doen ook die hoenderprojek en is besig met „n kwilt by die huis. Lulu het net vakansie gehou en het saam met Magriet Bester besluit kwilters moet swem ook en nie net heeltyd kwilt nie.Lulu is vol moed om drie UFO‟s te voltooi. Met al haar rondryery is sy weer besig met „n tweede heksagonkwilt om haar op die lang pad besig te hou.

Interessante webblaaie! My patchwork.wordpress.com ( gratis patrone en tutoriale) TeaRoseHome.blogspot.com (tutoriale) Cqmagonline.com Windhamfabrics.net (free projects) Errinrussek-typepad.com Theteacherspet.com Gloriusapplque.blogspot.com


…Rafels Die groep het 2013 aangedurf met 2 nuwe lede, wat by ons aangesluit het. Dit maak ons nou „n hele 16 sterk! Die twee nuwe dames Juanita Nel en Annemarie Storbeck. Ons heet hulle baie welkom in ons midde. Die twee moes sommer met die eerste bymekaarkom al help met die „goodie bags‟. Die laaste item is nou netjies verpak en wag ons net vir die lewering van die sakke. Dan begin die groot pak. Die eindproduk gaan net „n groot verrassing en lekkerte wees! Altans die Rafels dink so! So tussendeur die voorbereiding vir die kwiltfees, kry elkeen darem tyd vir sy eie kwiltwerk ook.

Ruby is besig met „n kostelike hoenderkwilt op „n ogiesdraad

agtergrond. Gaan loer op haar blog (Kitty Katryn).

Christa het „n pragtige “old

rail fence”-kwilt vir haar kleinkind klaargemaak. Gaan kyk op die Rafels se blog! Riana is besig met haar inskrywing vir die kwiltfees – asemrowend! Karin Nel was baie produktief. Gedurende die vakansie het sy drasakke vir vriendinne gemaak en ook die mooiste dagboekoortreksels. Maar iets, wat regtig sy houvas op die Rafels gekry het, is “graffiti-blokke”. Dit was „n projek wat in 2010 deur die Rafels aangepak is, maar dit was so lekker dat Alta du Plessis so twee jaar terug een vir haar dogter gemaak het, wat op trou gestaan het. Alta Street het 2012 vir „n vriendin een gemaak om oor haar masjien te gooi, maar dit pryk nou teen haar naaldwerkkamer se muur. Karin de Villiers en Alta du Plessis s‟n is nog steeds aan die groei en trek tans by 42 en 48 onderskeidelik! Dit is iets wat regtig aanbeveel kan word – dit is soos wanneer jy by „n sak grondbone gaan sit en jy kan nie ophou eet nie! Die feeskomitee word baie sterkte toegewens met die Kaleidoskoop Kwiltfees van Julie 2013!



Die Rotary Cutters… Die Rotary Cutters het Dinsdag 22 Januarie aan huis en onder leiding van Iessie, begin met hulle projek vir 2013 – ‘n Innoverende kwilt. Die lede kon kies uit blomme, skoenlappers en uile. Almal was baie opgewonde om met hierdie projek te kon begin. As huiswerk moet die eerste prenteblok voltooi wees met Februarie se byeenkoms, wanneer daar dan versierings aangebring gaan word. Die 3 lede (Elsa, Sonja en Jolita) wat nie hierdie kwilt maak nie, kom om die beurt by mekaar se huise byeen waar hulle aan UFO’s werk. Dan het die Rotary Cutters se ledetal ook toegeneem na ‘n totaal van 10 met Hanlie Hoffman, Rika van der Merwe en Caro van Tonder wat aangesluit het. Ons heet hierdie lede hartlik welkom in ons midde. Mag 2013 vir ons gilde ‘n baie mooi jaar wees.


Nuus vanuit Smithfield… Die “KREATIEWE LAPPIES”

Danksy `n baie lekker afsluitings vergadering in November met al daardie heerlike artikels wat elke tafel gemaak het, was ons laaste vergadering in dieselfde luim. Baie lede kon nie daar wees nie. Dit was toe lekker om sommer die engeltjies saam te sit en maak, sommer so rondom een tafel. Ons nuwe jaar het nogal vinnig en entoesiasties afgeskop danksy Hettie se aansteeklike Kaleidoskoop voorbeelde op die blog. Ons ouer hande het sommer die nuwe lid by name Linda Steyn met `n Kaleidoskoop laat inval. Sy laat haar nie afskrik nie en het alles met groot presisie uitgevoer. Ons het 3 voorbeelde gedemonstreer en eie aan ons klub het elkeen weggespring met sy eie inisiatief. Ons hoop om met die vergadering `n paar voltooides saam te bring. Ons beplan hierdie jaar klein projekte sodat ons dit liewer kan afhandel saam met ons “ UFO`s ” tuis. Ons is baie opgewonde oor die fees wat kom en vir baie gaan dit `n eerste belewenis wees! Groete aan almal en geniet jul kwiltwerk hierdie jaar. Dit gaan ongelooflik lekker wees, so met die fees om die draai!


Nuus van die Tolbosse… Met so „n lang vakansie het hier by Tolbosse nou net mooi niks gebeur nie, behalwe dat almal te veel geeёt en miskien te veel in die son gewees het. Pikkie het haar Kanadese kinders en kleinkind bederf en het sy dan geen naaldwerk gedoen nie. As mens se kinders so ver is gebruik jy elke sekonde saam met hulle. Susan het net gerus en is baie dankbaar oor die mooi natuur daar buite. Santjie het „n vroeё Kersfees saam met haar kinders gehad - die 15e Desember en het toe Kersrdag op Pentzplaas by Granaat gekuier. Verder pak sy vir die groot trek dorp toe. Sy het vir Lydia haar huishulp gehelp ryg aan „n kwilt wat sy vir die Kaleidoskoopfees maak . So, ons het darem al een inskrywing vir die “Outreach”. Mariёtte het 2 gevlekte ooruiltjies gerehabiliteer wat iewers uit „n nes geval het, of so het sy gedink maar nadat hulle vrygelaat is, kom hulle elke aand so 7nm by die agterdeur wag vir „n kuiken of „n muis. Ongelukkig is die “dogtertjie” in die teerpad doodgery vroeg in Januarie. Sy het seker „n lekker muis gevang en net daar bly sit. Dit is erg hartseer, maar so is die lewe. En toe bring iemand „n lelike pienkvoёltjie met groot bloukolle vir oё en geen veertjies vir haar en noudat sy veertjies kry is dit „n doodgewone tuin mossie. Sy het „n gebreklike voetjie en miskien is dit hoekom sy uit nes gegooi is maar sy is vrek oulik en sal beslis weer oorleef daar buite. Die natuurlike instink is goed. Verder het Mariёtte baie blokke gestik vir die kwilt wat sy in Stellenbosch begin het maar hy wil nog nie mooi word nie. Sy het darem „n ander kwilt klaar gemaak so tussen al die kokery en die kuiermense. Daar was ook weer 2 dae “craftschool” op die plaas met 15 kinders wat gebak, gebrou, geverf en baie gespeel het. Verder beplan sy haar klasse vir 2013. Calista het gekuier en haar woudkwilt wat sy by Mari gemaak het kant en klaar gekwilt. Sy het baie hard gewerk en dit binne twee dae klaar gemaak. Dit is baie netjies. Rina sê sy het nie tyd gehad vir kwilt nie. Sy het Oudtshoorn toe gegaan vir Kersfees en daar net kos gemaak en gekuier. Maar sy is darem besig aan haar diamante kwilt en hy vorder fluks. Hopelik sien ons hom by die fees. Marieta sê sy was te besig met rondry en kuier, sy kon nie nog kwilt ook nie. Hantie het sowaar in die besige tyd „n paar sterre op haar kwilt klaar gekwilt en hy behoort beslis klaar te wees vir ons fees. Ons verwag hom daar. Verder het sy koshuis beddegoed gemaak en Henricko se kussing vir die leerlingraadkamer is ook klaar. „n Man moet darem sag sit wanneer “groot” besluite geneem word. Ons hoop al die Oranje kwilters het „n wonderlike 2013 en dat almal, sowel as die Tolbosse tot hoёr hoogtes sal gaan met hul kwiltwerk en dat elkeen iets besonders hierdie jaar sal klaar maak.

Ons wens Iessie en haar span sterkte toe met die fees wat vinnig oppad is… nie!

A hug is the ideal gift .. one size fits all! (Anon)

ons kan nie wag


Uilekwilters Ons bestaan uit 15 lede, en het ‘n been in Zastron ook. Hulle is 5 lede. Drie van die Zastronners is ingeskakel by ons maandelikse byeenkoms. Ons kom elke derde Saterdag van elke maand bymekaar by Issie, by “Skink-iKoffi”. Nog „n jaar is verby, en ons staar 365dae van potensiaal in die oë. Elke dag bring nuwe geleenthede, en ons wens almal in die gilde „n voorspoedige 2013 toe. Baie sterkte ook aan die bestuur wat druk besig is met reëlings vir die kwiltfees in Junie. Ons weet dit gaan „n reuse sukses wees. Ons wil dan ook net baie geluk sê aan Adie wat oor Desember ouma van haar eerste kleinkind geword het. Sy moes ook haar skoene, as moeder van die bruid, vol staan. Ook wens ons haar sterkte toe met haar gesondheid. Anelize, wat dokter is op Zastron, het ook “hand-voet-en mond siekte” oorwin, en ons is tog te dankbaar dat die voet weer die naaimasjien kan trap, en die mond weer kan koek eet. Ons het ook besluit om die leisels te roteer. Dankie aan Lia wat ons leidster in 2012 was. Sy gaan nog die fees se reëlings namens ons waarneem. Sterkte aan Sujanie wat by haar gaan oorneem vir die 2013 termyn. Dan verwelkom ons die volgende nuwe lede Aret Labuschagne, Madelein Venter en Nora Hoy. Hoop hulle skakel gou in, en geniet elke oomblik van genot wat lap mens kan bied. Verder sien ons uit na „n wonderlike kwiltjaar. Die fees gaan verseker een van die hoogtepunte wees. Sterkte aan almal, en mag alle projekte voltooi word, en wonderlike nuwes gebore word. Groete van die Uile

Home is where you go to …when you`ve nowhere to go. Bette Davis


ELKE KWARTAAL KAN “UFO`S” INGESKRYF WORD!

1STE Kwartaal – Tema van ons Fees (Kaleidoskoop)

2de Kwartaal – Logo van Fees (Windpomp)

(Daardie kursus wat jy bygewoon het, kom wys jou voltooide kwilt.)

4de Kwartaal – Sterkwilt (met die oog op Kersfees)


‌ `n laaste woord Father, We thank You for the privilege of living through yet one more year. Grant unto us to waste none of its precious hours, To soil none of its precious moments, To neglect none of its opportunities, And fail in none of its duties. And bring us to the end of this year, Undefeated and at peace with ourselves and with our fellow men. Amen (Anon)


Die Lappoppe is van links, voor: Annarie van der Westhuizen, Helen Labuschagne, Charlene Nel, Sharline Marais, Esti Pretorius en Amanda Pretorius; agter: Michelle van der Westhuizen, Mari Strydom, Lolla Geyer, Neline Pienaar, Hannelie de Wet, Soretha van Rensburg en Myrtle Welman. Regs onder is almal se ”Fairy Godmothers” wat ons gemaak het, wat in die ingangsportaal gehang het. (wat „n heerlke projek! die “mothers”)

Ons MODA gelukkige trekking wenners” van Links na Regs: Miempie Fourie; Marina Kramer; Mitzi Immelman (al die pad van Potchefstroom) en Esti Pretorius

Uitreikprojek: Johanna Moeketsi – Afrika en sy Mense

Uitreikprojek: Johanna Moeketsi se Familie en Vriende Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltergilde se lede. Dit is `n nie-winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.