ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTER‟S GUILD Bloemfontein & Omgewing/Surrounding
Since 1989
- - - - - - - - - - - - - - - - -
Nuusbrief
Feb. 2012
Newsletter
Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.
1
Bultfontein Uitstalling Okt. 2011 Wenners - Kykerskeuse 1e - Mari se Poskaart kwiltjie. 2e - Santjie Steyn se katoen, bruin sis en sy lappe. 3e - Gesamentlik - Jolena v. Rooyen en MariĂŤtte se grafitti kwilte.
2
Van die Voorsitter Liewe kwiltvriendin... Mag elkeen „n geseënde kreatiewe, kwilt besaaide 2012 beleef.!! Op die kwiltkalender is daar onder andere Nasionale Kwiltdag by Freshford Museum, Bloemskou (waar ons mik vir 100 kwilte!!), `n kwilt “retreat” in Clarens, International Quilt Convention Africa in Johannesburg en “Jewels of the earth “-reisende uitstalling by Oliewenhuis. Wonderlike kwiltgeleenthede om na uit te sien die jaar! Hierdie jaar gaan voorwaar „n bedrywige een wees met die Kwiltfees ophande. Dankie dat ons op elkeen kan staat maak vir jul ondersteuning. Maak die beste van elke geleentheid die jaar en mag jy geluk in die volgende vind:
God - Mag God deur sy wonderbare krag, julle alle sterkte
gee
om in alle omstandighede te volhard . Kol 1: 11
Empatie -
Om na mekaar te luister is die eerste opdrag van liefde. P. Tillich
Liefde - Deur 2 dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak: die liefde wat ek gee en die liefde wat ek ontvang. CJ Langenhoven
Uithouvermoë - Put your feet down and quilt! Kreatiwiteit - Every quilter has a masterpiece with in!!
Kwiltgroete! Marianne 3
Lief en Leed Friendshipgroep: Die volgende dames het weer ouma geword: Amanda Palvie -`n dogterjie. Estelle Calitz - `n dogtertjie Maxie van Zyl - `n seuntjie. Sterkwilters: Annelize: ons innige simpatie met die afsterwe van jou man. Issie: haar ma het haar heup gebreek. Ons wens vir Madeleine baie geluk met maar dogter Pietie Coetzee, die springbok hokkiespeelster, wat genomineer is as een van die top 5 spelers in die wêreld. Sy is ook ingesluit in die wêreld hokkiespan. Baie geluk. Needles & Pins: Nelia Venter se man is in die hospitaal met longonsteking. Kwetter Kwilters: Baie sterkte aan Elsie met die siekte in haar gesin. Baie geluk ook met die nuwe kleinkind wat op pad is. Goedharte: Heleen Wolvaardt het Maandag, 23 Jan. `n beroerte gehad. Moet nooit die krag van positiewe woorde onderskat nie. Dit kan iemand se lewe verander. – Gary Chapman
4
“Show and Tell” Wenner vir November 2011
Lulu Marais – sy is `n lid van die Sterkwilters en kom van Reddersburg. Welgedaan Lulu, jou kwilt is pragtig!
Anytime is stitchin' time. Anon. 5
Emperors Palace Johannesburg 27-29 Julie 2012 As promised, we have opened the IQCAfrica workshopbookings.website! www.iqcafrica.com TOUR PROGRAM FOR JEWELS OF THE EARTH
19 – 24 MARCH 2012 EAST COAST GUILD (JENNY FLEMMER) MAY 2012
LAEVELD (HEILA)
13 – 16 JUNE 2012 MAKOPANE , NG OOS KERKSAAL ( JOHANNA DE BRUYN) JUNE 2012 LYDENBURG 1 – 30 JULY 2012 JACARANDA AUGUST 2012
GRG
SEPTEMBER 2012 VAAL DRIEHOEK 4 – 28 OCTOBER 2012 BLOEMFONTEIN (ORANJE)
6
PFAFF
Ambition 1.5
Just look at all these amazing features:
IDT (Walking foot) Large sewing space 195 stitches Alphabets - 4 styles PFAFF design makes sewing easy Large, high-resolution screen Bobbin thread sensor Start/Stop button Speed slider Three LED light sources Free-motion sewing External feed dog drop Needle up-down Extra presser foot lift Presser foot pressure Adjustable thread tension
Immediate tie-off 29 Needle positions Twin needle program Stitch width safety Stitch elongation Mirror image Sequencing Save personal stitch Integrated needle threader Snap-on/Snap-off presser feet Top loading bobbin Electronic needle piercing power Hard cover to protect your machine Two spool pins Accessory tray Six feet included
Get your PFAFF ambition 1.5 for only R10 990!!! (valued at R13 365) (Special valid while stock last)
PFAFF Bloemfontein 8 Bergstedt Street Fichardtpark, Bfn Tel: 051 5224554 Cell: 083 4486921
7
Kwilter`s Dagboek 10 Mei 2012/ Kreatiewe Lappies/LHParkies 16 Aug. 2012/Rotary Cutters & Mat. Girls 10 Nov. 2012/Needles & Pins Ons Alg. Vergaderings vind plaas te: NGK Saal Altonasngl. FICHARDTPARK
HELP…HELP…HELP…HELP…HELP… Ek doen so „n naaldwerk klassie by die kerk, vir die huishulpe. En het besluit dat hulle „n kombers gaan maak van koekarretjies. Nou het ek baie lap nodig, oorskiet natuurlik, wat sommer klaar in sirkels van 8cm gesny is. Katoen sal die beste wees. As iemand so „n stukkie lap oor het, sny dit asseblief in „n sirkel of twee en gee asseblief vir my, sodat nog „n paar mense iets kan leer en „n nuwe ding kan besit. Baie dankie.
Mariëtte Venter 051 85 32100 8
9
*Uittreksel uit Quilters Home Aug/Sept 2010
10
Friendshipgroep se wenk/patroon vir die kwartaal Watter dame kan ooit genoeg handsakke hê? Veral ons kwilters het mos maar altyd iets wat moet rond gedra/karwei word! Vinnig en maklik! Daardie ou denimjeans wat al beter dae geken het – herwin, en maak vir jou `n lekker sak!
1. 2. 3. 4. 5.
Sny die pype af – die gebruik jy weer vir die handvatsels.. Werk toe aan die onderkant. Maak `n voering van vrolike material – oefen sommer bietjie daai nuwe vryhand ontwerp! Plaas in denimsak – werk handvastels aan. Versier en voila!!! `n lekker vrolike sak in `n kits.
Hier is ons weergawe. 11
Besoek die volg. Webwewe vir baie oulike idees hoe om daardie ou jeans te verwerk!!! (About 98,300,000 results) – dus hope idees!!!
tipnut.com/things-to-do-with-old-jeans/ www.squidoo.com › Healthy Living › Green Living › Recycling www.crookedbrains.net/.../creative-ways-to-reuse-denim... United States Denim Pocket Purse: This cool denim pocket purse is made from the hip pocket of a pair of jeans. 50 Creative and Cool Ways To Reuse Old ... www.instructables.com/id/Recycled-Denim-Shopping-Bag
********************
*by samelia`s mum 12
ATTENTION ALL QUILT TEACHERS!!! Dear Quilting Teacher,
The Orange Quilters’ Guild is the hosts of the 17th National Quilt Festival 2013 – Kaleidoscope. We would like to invite you to submit your CV and full details of proposed workshops, lectures or talks for consideration by our committee. Your CV should be concise and include the following information: –
Where you live. How long you have been quilting and teaching. A list of where you have taught during the past two years. Your areas of expertise. Your teaching philosophy. State whether your classes are created from your own ideas.
If you are interested in teaching at this exciting event, which will take place in Bloemfontein from 1 – 7 July 2013, please note that preference will be given to NEW workshops as we would like to offer an exciting program to our delegates. We are looking for a variety of 1-day, 2-day and half-day workshops to cater to a range of skill levels. Details required:
Workshop description and duration - Give a concise description and the duration of the workshop/s that you will offer. For those teachers living outside the Free State, we are particularly interested in those who can offer classes on at least three or more of the available six workshop days. 13
Skills Level - Beginner, intermediate and advanced.
Class numbers - Minimum and maximum numbers in the class.
Samples – A good colour photograph of the item produced in your workshop is recommended to be sent with your application. Requirements - Give a clear and comprehensive requirements list. Kits – State if a kit will be provided and a description of the contents. You will be required to sign a contract with The Orange Quilters’ Guild if you are accepted to teach at Quilt Festival 2013 – Kaleidoscope. The deadline date for submissions is 1 MARCH 2012. Your application can be posted, emailed or faxed to me – see details below.
Kind Regards Mari Strydom PO Box 387, Bultfontein, 9670 Tel: 051-8532054 Cell: 083-2749161 Fax: 051-8531179 maris@telkomsa.net
14
World Wide Web... Hierdie is `n baie oulike webwerf met hope inligting en gratis patrone – www.allpeoplequilt.com
15
`n Besoek aan hierdie webblad is `n moet! Dit het afdelings van alle soorte handwerk.
Categories: Quilting Baby Quilts Candles & Soap Christmas Crafts Clays Craft Business Craft Companies Craft Designers Craft Videos Crafting with Kids Crochet Decorating Ideas Dolls & Teddy Bears Felt Garden and Outdoor Glass Green Crafting Holiday Craft Jewelry Making Knitting Leather Crafts Miscellaneous Crafts
Mixed Media Most Popular Crafts Needlecraft Painting Paper Crafts Party Time Pet Crafts Reviews Scrapbooking Seasonal Sewing Special Occasion Storage & Organization Techniques & Tips Wearable Crafts Wedding Crafts Woodcrafts
What's Hot Top Quilting Projects 33 Free Quilt Patterns A Quilt of Greeting Cards A Charming Quilt Blooming Spring Quilt Cupcakes Quilt Patchwork Circle Quilt Beginners Guide to Quilting: Necessary Materials Adding Names to Quilts Quilted Soft Book for Kids Tips for Needleturn Applique Inserted from:
http://www.favecrafts.com/Quilting
<
16
By Max Ehrman
17
Wat beteken `n “smidgen”? – Brenda Menges Papadakis, skrywer en kwilter beskryf dit so:
“Smidgen -a) cut your pieces as accurately as you can, placing the fabric fully under the painted measuring line but not extending beyond it. The thickness of this line is a "smidgen” b) Sew the pieces a "smidgen" less than one-quarter inch; a "smidgen" in this case is 2 or three threads of the fabric. This smidgen compensates for the little hump that occurs when you press your seams to one side .”. 18
BLOEMSKOU – KARNAVAL 2012 26 April – 5 Mei Kontak Iessie 084 733 8639 of Gerda 083 285 1220
Vir die Fees 2013… Indien daar enige iemand is wat dalk bolletjies 4 draad en dubbeldraad wol het wat in jou pad is, ons sal dit graag wil "erf." - Kwetter Kwilters en ook …
Ek het 'n Materiaal Poskaart Uitstalling met ons Kwiltfees in 2013 en vra of daar Kwilters is wat ook graag 'n poskaart wil maak. Ons tema is 'n wind pomp en 'n kaleidoskoop. Ek sal met groot plesier 'n demonstrasie gee vir die wat wil deelneem. Kontak my – Elsie vd Bijl 076 966 7351
19
CLARENS RETREAT 10-14 JULIE 2012
“Teachers”vir die retreat is:
Trix de Jager Mari Strydom Liezel van Aswegen Marietjie Joubert Kontak: Alae Gräbe 082 577 2232 of quiltinclarens@gmail.com
20
FRESHFORD MUSEUM Nasionale Kwiltdag
21 – 24 Maart 2012 9vm – 12.30nm
Kaartjies beskikbaar by jou groepleidster of kontak Frances by 078 8034019 R40-00 p.p sluit in `n kwiltpatroontjie ontwerp deur Mari Strydom, tee, koffie en heerlike eetgoed.
Program:
Vendors Demonstrasies Uitstalling deur ons 4 “Masterquilters” Bultfontein Uitstalling van Okt. 2011 word herhaal Pienk Kwilte Uitreikgoep van Botshabelo stal uit Poskaarte – Elsie vd Bijl
Maak seker jy is daar!! 21
Hierdie mooi tydskrif is tans gratis beskikbaar (aanlyn) by: www.creativelivingmedia.co.au Moet dit nie misloop nie!!! *Registeer net met jou epos adres.
22
Recipe
*The recipe is from the Keepsake Quiltingâ&#x201E;˘ Cookbook
Oatmeal Peanut Butter Chocolate Chip Cookies 1/2 cup (1 stick) margarine, softened 1/2 cup peanut butter 1 cup sugar 1 cup packed brown sugar 1/4 cup milk 2 eggs
1 teaspoon vanilla extract 1/2 teaspoon salt 1/2 teaspoon baking soda 1-1/2 cups whole wheat flour 2-1/2 cups rolled oats 1 cup semisweet chocolate chips
Blend the margarine and peanut butter in a large mixing bowl. Add the sugar and brown sugar and mix well. Add the milk, eggs and vanilla and mix until well blended. Add the salt, baking soda, flour and oats in the order listed, mixing well after each addition. Stir in the chocolate chips. Drop by tablespoonfuls 2 inches apart onto ungreased cookie sheets. Bake at 350 degrees for about 12 minutes. Cool on the cookie sheets for 1 to 2 minutes and remove to wire racks to cool completely.
23
24
Nuus van die Friendshipgroep... Ons vergader elke 2de Vrydag van `n nuwe maand. Kontak Frances 078 803 4019 Na die lekker lang vakansie is die Friendshippers uitgerus en reg vir aksie! Ons begin sommer hierdie jaar deur gasvrou te speel vir die eerste algemene vergadering. Ons hoop julle het dit saam met ons geniet. Ons spreker van die dag is `n uithaler kwilter en ons is seker sy het nou alle onduidelikheid oor kopiereg uit die weg geruim. Baie dankie Trienie, dat jy die langpad aangedurf het om ons meer te kom vertel van kopiereg en sommer ook jou mooi kwilte aan ons kom wys het. Mooi bly maar mooi!!! Dan is daar ook nog `n lekker Freshford-uitstalling wat wag in Maartmaand. Ons Friendshippers kan nie wag om weer `n klompie mooi kwilte aan julle te wys nie – en hierdie keer regtig iets besonders – nie elke Gilde kan spog met 4 “Masterquilters”nie! Maak seker julle is daar, want as julle die laaste uitstalling in Bultfontein misgeloop het, is hierdie ook sommer die kans om te sien hoe vlytig en talentvol daardie groep kwilters is. Ons het 2011 afgesluit met `n heerlike kuieroggend by Greenside. Heerlike kos en geselskap! En dan die uitruil van `n handgemaakte geskenkie bly maar alte lekker. Daar is weer ge“oe “en “a”oor die mooi handewerk! Bly maar lekker om `n geskenkie oop te maak. Kyk my mooi harte!
Nou is 2012 in volle gang en ons groep het baie planne en kwiltwerk wat gedoen moet word.
Dankie!!!
Ondermeer is daar 10 van ons wat `n Baby Jane gaan aanpak! Lang projek – hopelik wys ons dit vir julle so binne die volgende 2- 3 jaar. Dis darem nie al nie, elkeen van ons het nog steeds `n ufo en/of ander kwiltwerk wat afgehandel moet word. Dus, weereens `n bedrywige jaar vol kwiltwerk! Ons mooiste wense vir 2012 aan al ons medekwilters! Die enigste manier om `n vriend te hê, is om een te wees. Ralph W Emerson So maak mens die mooi hartjie – van draad en lapstrikkies
25
Op die plaas, op die plaas... Kyk net hoe bedrywig was dit gedurende die Desembervakansie op Pentzplaas!
Leandi, `n student wat MariĂŤtte leer kwilt het, se kwilt.
26
Die Tolbosse se nuus... Al is ons maar min, gebeur hier altyd iets by die Tolbosse. Ons het ‘n nuwe leidster, Hantie Vorster en ook ‘n baie entoesiastiese nuwe lid Santjie Steyn. Ons is oor altwee van julle BAIE bly. Julle verryk ons lewens. Susan het sekerlik die hele Desember aan haar heksagonkwilt gewerk. Die bo-kant behoort nou baie naby aan klaar te wees. Santjie het twee feetjiekwilte ( inspirasie Griet Lombaard) gemaak vir haar kleindogters en dink net die vreugde toe hulle daardie Kerspakkies oopmaak en daar is ‘n lekker en mooi kwilt in. Jy inspireer ons ander hoor!
Mariëtte het ‘n baie suksesvolle somerskool op die plaas gehad, wat deur 17 kinders bygewoon was. Hull het gebak, gebrou, mooigoed gemaak en tot naaldwerk gedoen. Tweetjies het agtergebly na die tyd, Calista en Ansuné en hulle het elkeen ‘n baie mooi brandwerkkwiltjie klaar gemaak. Hoop ek sien hulle by die skou. Darem ook 3 koekarretjie-skinkbordlappe gemaak, klere gemaak en iemand geleer om ‘n kwilt te maak. Verder lyk dit soos ‘n fabriek soos wat hier groenvye konfyt gekook word. Rina het aan `n kaleideskoopkwilt gewerk want daar moet een klaar wees vir die VLU- konferensie en soos dit met DIE goed gaan sien niemand mos kans nie, so die Voorsitter moet inspring. Gelukkig ken sy Kaleidoskope en daar sal ‘n baie mooi een wees om mee te ding.
27
Hantie het so lekker vakansie gehou en op vinnige bote rondgejaag en in die see gespring dat sy net tyd gehad het vir klere korter maak. Volgens haar moet alles korter kom vir die Vorstertjies. Dit is al ‘n groot werk. Marita sê sy het probeer om haar tuin aan die lewe te hou in hierdie warm tyd, so sy het niks gekwilt nie. Pikkie het in spreekkamer gewerk en haar siek man versorg. Ons hoop alles loop nou weer mooi en dat 2012 jou kwiltjaar is.
Baie sterkte aan die Oranje Kwilters se bestuur vir 2012 en ook aan Iessie en haar span vir die harde werk wat voorlê om die FEES 2013 ‘n sukses te maak.
Kopiereg... “Copyright and how it affects SA Quilters by Trienie Krugel (A study done as part of the SA Quilters Guild`s Course for the training of Judges)” ( ISBN-O-620-35689-8 Dec 2005) Hierdie studie is beskikbaar by ons Gilde, indien jy sou belangstel. Navrae: kontak Frances 078 803 4019 Hier is `n uitreksel uit die studie:“Conclussion – The golden Rule regarding copyright is OBTAIN PERMISSION. If you copy anything without permission it is theft. Instead of assuming that nou copyright subsists in a work, rather always assume that a work is copyrighted.”
28
Kaleidoskoop Kwiltfees 2013
Vir die van ons kwilters wat die kwilt-kalenders dophou, ons is net 18 maande weg van ons eie groot geleentheid!
Intussen kan ons lekker gaan rondhang by Owen van Stitches en Leon van Moda se fees in hierdie jaar se winter.
Julle almal weet dat ons bestuur Eunice gaan besoek het op 3 Oktober 2011 om die skool te bekyk. Nou moet ons op ons tone bly en die volgende is „n afspraak met Kaptein Victor van SAPD om te hoor hoe gaan ons die sekuriteit hanteer – het julle geweet daar is „n hele nuwe wet rondom die besigheid van vergaderings? Ek het nie! Elsa Brits, ons huidige SAQG Presidente, was gelukkig wakker genoeg om dit vir my ook aan te stuur. Fondsinsameling: En onthou julle van Jeanette Botha se hulp met die vra van pryse by ons borge? Sy het vir Derrick van Bernina gaan sien en ons totale prys aan borgskap se waarde is R62 500.00! Dit is nou vir die kwilte op die kompetisie.Weereens kan ons net baie dankbaar wees teenoor haar. Sy het ons hande oneindig verleng. Karin en Rafels se tweede gholfdag, met die hulp van Hettie se man, Dods, is nou die volgende om te gebeur in Februarie. Die eerste een, op 5 November, het reeds vir haar „n lekker bedraggie in die sak gegee om aan te wend vir die goodie bags. Indien jy weet van enige iemand wat „n borgskap sal wil gee, kontak asseblief vir Karin. Gerda gaan nog steeds aan met die verkope van houtwerkartikels wat oom Manie vir haar maak. Indien jy dalk van iemand weet wat „n ligkas, kwiltboks of enige hout artikel wil koop, kontak vir haar. Ons almal is dan ook nou weer gereed om Frances van der Walt se Friendship groepie te ondersteun met hulle kwiltuitstalling wat hulle weer wil hou by Freshford.
Die Werkswinkel Kwiltdag gaan ook weer gehou word deur Nelia se Needles & Pins, hou net hierdie spasie dop vir datums! 29
Nog nuus oor ons Kwiltfees is dat Marïette klaar is met die kwiltkompetisie se opstel. Ons eie beoordelaar, Frances van Schalkwyk, moet dit net deurgaan en bekragtig! Dit gaan vroeg in Februarie uit na die gildes en ons gaan ook vir Hettie vra om dit op die blog te pos vir ons. Ek het in die vakansie „n navraag oor die kompetisie uit Zambïe gekry! Ek moet sê ek het die epos twee keer gelees. Gepraat van die blog – het enige van julle al probeer om iets aan die gang te hou met niks? Hettie het ons blog die hele kwiltdooie Desember so aan die gang gehou! Baie dankie Hettie! Vir Rene, van die Goedharte, wil ek ook net spesiaal dankie-sê vir die aflewer van pakkies in die Desember-vakansie. So maak ons dit almal vir mekaar makliker om vir die fees voor te berei. Baie dankie aan elkeen wat so mooi saamwerk. Laat die windpompe waai en stik daai kwilte! Iessie
Material Girls se nuus..
30
31
32
Die Goedharte se nuus... DIE GOEDHARTE WIL GRAAG AL DIE KWILTERS 'N VREUGDEVOLLE, PYNLOSE EN PRODUKTIEWE KWILTJAAR TOEWENS. MAG JULLE STOKPERDJIE JUL LEWENS EN ALMAL MET WIE JULLE IN AANRAKING KOM, ONEINDIG VERRYK.
SOMMIGE VAN ONS HANDHAAF LANG RUSPERIODES, ANDER KORTER, MAAR TEEN DIE EINDE VAN DIE JAAR IS ALMAL SE PAS MAAR STADIGER. RINA SCHUTTE HET NA AL DIE VER PELLE VERLANG, MAAR OOK ONKLAAR DINGE VOLTOOI EN AFGEROND. DU MAURIER WEIS HET OOK HEEL NOSTALGIES 'N OUTYDSE KRALEDOILIE GEHEKEL EN OOK NOG VIR 'N NEFIE MET APPLIEKWERK 'N KARRETJIEKWILT GEMAAK. SY HET OOK VIR ELK VAN DIE GOEDHARTE DIE MOOISTE MINIATUURHANDSAKKIE GEBREI. DIT NOGAL MET KRALETJIES IN DIE BREIWERK. ANNE STRAUSS BERIG DAT KUIER, SPYS EN DRANK HEEL BO-AAN HAAR PRIORITEITSLYS WAS. DIE UFO'S HET DAREM NIE AGTERWEE GEBLY NIE. ELSA VAN COLLER HET DIE MEESTE VAN HAAR KERSGESKENKE SELF GEMAAK: KUSSINGS, STRANDSAKKE, HEKELBLOMME, KRALE, BLATJANG, ENS. VOORWAAR N VROU SO UIT SALOMO SE SPREUKE. JOLENA VAN ROOYEN KON NIE HAAR OË GLO TOE SY DIE MOOISTE GESMOKTE BABAROKKIE VIR 'N SY HET OOK VIR DIE KLEINE ESTELLE 'N HANDSAKKIE GEBREI OP DIE PATROON WAT SY BY DU MAURIER GELEER HET. RENE SCHOEMAN-HODGSON HET GOU VOOR DIE KERSVAKANSIE 'N MANDJIE VOL BALLE VIR DIE KERSFEESBOOM GEMAAK EN HAAR MAN WAS BAIE IN SY SKIK MET DIE BOOM WAT NET MET BALLE VERSIER WAS. AL DIE KOMBERSSTEKIES RONDOM DIE APPLIEKKWILT IN WORDING, IS DAREM VOOR DIE SEEVENSTER KLAAR GEWERK. SKAMELE R90.00 BY 'N MARKSTALLETJIE VIR HAAR KLEINDOGTERTJIE KON KOOP NIE.
MARIËTTE VENTER SIT OOK NIE 'N OOMBLIK STIL NIE. SO TUSSEN DIE KOSMAAK DEUR, HET SY SERVETTE BORDUUR, 3 KOEKARRETJIE- SKINKBORDLAPPIES VOLTOOI EN KLERE GEMAAK. LEANDI, `N STUDENT, HET OOK NOG BY HAAR GELEER OM 'N KWILT TE MAAK. DIT LYK GLO SOOS DIE UNION JACK. ONS IS AL BAIE OPGEWONDE OM WEER MET ONS WEEKLIKSE AKTIWITEITE TE BEGIN SODAT ONS KAN HOOR WAARMEE DIE ANDER GOEDHARTE HULLE TYD VERWYL HET.
Sonder moeite geen vreugde. Hy wat blomme wil plant, moet baie water aan dra. F. Schan
33
... nuus van die GoueDrade Die Gouedrade het sommer vroeg begin deur al ons eerste byeenkoms in Januarie te hou en nie sonder rede nie. Ons groepie is verantwoordelik vir die verblyf tydens die 2013 Kwiltfees. Ons maak vir elkeen wat in die koshuis tuisgaan „n “geskenkpakkie”. Hiervoor word leë 2l Coke bottels gebruik. Ons het tydens ons Januarie byeenkoms plastiese bottels gesny dat dit klap. 'n Paar van ons het eintlik blase op ons vingers gehad. Dit was egter 'n hele proses en ons het soos gesoute fabriekswerkers gelyk. Eers is die bottels gewas en dan korter gesny voordat hulle na die volgende tafel verskuif is. Daar is die bottels deur 'n tweede proses van snywerk voordat die vouwerk begin is en Rina was dan verantwoordelik vir die tel van die voltooide projekte. Ons het nou reeds 490 van die 1000 wat ons benodig klaar gesny. Nou moet ons eers weer bottels bymekaar maak. Kokkewiet het haar kubus se bokant kom wys en Connie se beginnerskwilt is ook klaar. Ons het darem ook nie net gewerk nie en Kokkewiet het vir die” les van die maand” gesorg deur vir ons te wys hoe om stroke vir skuinsband te sny sonder om teen 'n hoek te werk. Hettie het ter wille van ons oud-wordende geheues stap vir stap foto's geneem ons te help met die onthou. Julle is welkom op ons blog daarna te gaan kyk. Dit is wat dit so lekker maak om aan 'n groep te behoort, elkeen wat 'n wenk, wenplan of nuwe skepping uitdink, deel dit met almal. Dankie Kokkewiet!! Besoek ons gerus by: http://www.gouedradekwilters.blogspot.com/ Groete Alle geluk het twee basiese bestandele: moed en harde werk. De Balzac
34
Die Vingerhoede en LHParkies wens alle kwilters net die beste vir 2012 toe!!!
35
Die Kreatiewe Lappies Wat n wonderlike weersiens na n lang vakansietyd. I.p.v. n afsluiting saam met al die gewardeerde manne wat weier om n fesie mis te loop, gaan ons nou in Januarie `n "welkom almal" kuieraand hou. Ons verwelkom dan ook in ons midde 2 nuwe lede nl. Sue wat vir die eerste keer blootgestel word aan ons laslapkuns en Alet Venter wat al vol inisiatief haar eie ding gedoen het. Die jaar 2012 gaan vir elkeen van ons `n uitdaging van eie reg wees. Ons gaan `n medaljonkwilt maak wat rondom `n spesiale blok metâ&#x20AC;? paper piecingâ&#x20AC;? bemeester moet word. Dan wil ons dit opvolg met n New York Beauty en daarna sal ons bymekaar idees kry, ons eie maak en aanhou ontwerp. Ek is seker ons gaan onsself oortref met ontwerpe en samestellings en `n eindproduk waarvan niemand in die klub sin dieselfde gaan wees nie. Hiermee wens ons vir almal `n wonderlike jaar vol mooi lappe en te veel planne toe. Groetnis Cecilia Ciliers
Vriende is soos metgeselle op `n reis, wat mekaar moet help om te volhard op die pad na `n gelukkiger lewe. (Pytahgoras) 36
Die Kwetter Kwilters... Ons wens elke kwilter `n voorspoedige 2012 en vele produktiewe en kreatiewe ure, toe! Die Kwetters het `n heerlike afsluiting in Desember gehad by die Botaniese Tuine. Ons het speldekussings uitgeruil, en is keer op keer verbaas vir die vindingryke skeppings. Ons het besluit, dat ons in 2012 vir onsself iets gaan maak, en in Desember met ons afsluiting, sal ons alles uitstal wat voltooi is.
Groot opgewondenheid heers oor die "Free-motionâ&#x20AC;? projek wat `n klomp van ons in Februarie by Hettie gaan doen. Ons sien baie daarna uit en kan nie meer wag nie.
Baie sterkte aan Elsie met die siekte in haar gesin. Baie geluk ook met die nuwe kleinkind wat op pad is.
Ons verwelkom `n nuwe kwilter nl. Mara by ons groep. Dit gaan baie lekker wees om saam met ons te kwilt. Groete Kwetter Kwilters
37
Lappoppe se nuus... Die 16 lede van die Lappopgroep is terug na „n heerlike vakansie en kan nie wag om weer te kwilt nie.
Ons het die verlede jaar afgesluit op „n hoë noot. Ons het as groep Bloemfontein toe gegaan vir „n pret en bederf dag. Ons eerste stop was by Oliewenhuis waar ons almal „n heerlike “brunch” saam geëet het en ons Kersfees geskenkies uitgeruil het. Tweede stop was by die “Cheetha Experience” ons het almal met die klein leeutjies gespeel en sommer net die hele ondervinding daar geniet . Laaste stop was ons waterfront toe vir laaste Kersinkopies en „n lekker sny koek by CoCo C geniet. Ons gaan „n “Mystery Kwilt” as jaarprojek maak. Elke maand gaan ons „n blok maak en vir Mari gee. En aan die einde van die jaar kry elkeen eers weer sy blokke terug, om aanmekaar te sit. So niemand weet hoe sy eie kwilt regtig gaan lyk totdat als klaar is nie. Dit laat die groep dinge soveel meer geniet, want elke vergadering is vol en almal werk ewe lekker saam. Ons beplan om almal weer 2 dae na die kwilt in Clarens te gaan wat aangebied word vanaf die 10 – 14 Julie. Ons het dit almal so geniet verlede jaar dat daar glad nie eers twee keer gedink is oor die uitstappie van ons nie. Die Lappoppe beplan „n deurnagkwilt waar almal 18:00 die aand by Esti bymekaar kom en dan gaan werk tot 06:00 die volgende oggend. Al ons Lappoppe wil weer eens vreeslik dankie sê vir Lolla wat „n wel verdiende rus kans nodig het, en wat ons so mooi op ons tone en aan die kwilt gehou het. Dankie Lolla jy is „n sterretjie !!!! Esti gaan ons op ons tone hou en het „n heerlike program vir ons uitgewerk! In Lappopland sit niemand handjies gevou nie! Verder spook almal met die skoolprogramme van die kinders, ons het mammas wat se kindertjies vir die eerste keer skool toe is, en mammas wat se kinders na ander skole toe is. En natuurlik die klomp nuwe mammas wat besig is met hul babatjies. Maar almal sien uit na „n heerlike 2012 met nuwe idees en lekker dinge om te doen. Lappop groete tot volgende keer. Neline 38
Die Loslappies vertel... Ons het mekaar gegroet met goeie wense vir die Kersgety. By Emoya het ons ontbyt gëeet en in die proses na almal se “laat in die jaar stress” geluister! Ons het oulike geskenkies onder mekaar uitgeruil en die samesyn was lekker. Annetjie het ons verlaat. Sy het Kaap toe getrek. Ons sien mekaar DV. einde Januarie wanneer Iessie ons gaan ons help om 'n mooi kunskwilt wat met tradisionele blokke gekombineer word, te maak.. Voorspoed vir 2012 van ons almal. Ons kom elke derde Di. van die maand 9 uur by Issie by mekaar.
Alta 0825766223 39
Lappies! Wie sou kon dink dat dit net na „n jaar ons lewens so kon oorneem. Ons het elke maand ywerig geluister, gesny en gestik by Iessie Steenberg se beginnersklas. Soms eers uit fustrasie losgetrek en dan weer oorgestik, dalk was dit die geklets met die een langs jou, of dalk net blote onkunde. Onkunde en ywer, die twee hoof redes hoekom ons besluit het om met ons gevorderde klasse die jaar aan te gaan. Want glo my, daar het „n ander wereld vir een en elkeen van ons oopgegaan, en ons is te bang om iets te mis. So, ek stel aan julle bekend “ Die uile “ Ons is die vrouens van die nag…elkeen het „n day job, en snags of naweke vlieg die lappe in ons huise rond. Lia Deysel is ons leier, mens kan mos nie verkeerd gaan om Iessie se dogter aan die stuur te hê nie. Maar moenie worry nie Lia, jou ma dra maar „n nommer 3 skoen. Elsie Coetsee is ons sekretaresse. Wie kan beter admin doen as „n onderwyseres. Annelize Keeve is ons uitmuntende dokter wat elke keer getrou vanaf Zastron af ry om melkkos by Pretty Garden te gaan eet na klas. Hopenlik gaan sy vir Tannie Gerda ook saam bring. Die res van die Zastron kwilters wag tuis vir Annelize om hulle tou wys te maak. Sujanie van der Spoel is die suster wat so met haar 1 jarige, wat op die tafel sit en spelde en knopies uitpak, kwilt. Elke bietjie tyd help mos om daai projek klaar te maak. Adie Botha se hande gee ook weer nuwe glans en glorie aan afgeleefde porseleinpoppe by haar porseleinpop-hospitaal. Joey Smit “moonlight” in die intensiewe sorg eenhede en sorg altyd dat daar aan elkeen se basiese menslike behoeftes voorsien word in die klas nl. bloot net omgee. Tannie Jossie en haar sussie Tannie Lizbe is ons twee dames wat al die pad getrou vanuit Virginia elke klassie bywoon. Tannie Estie, Tannie Martie en Tannie Susan behoort aan die Tierpoort VLU, en hoe sien ons nie uit na hulle koekbeurt nie. En dan moet die geestelike sy ook gedek word – Sonja Stroebel is die NG Kerk Bainsvlei se sterretjie en ons wiskundige. Marelize, sterkte met jou swangerskap en nuweling wat die jaar gaan kom. Sprei julle vlerke saam met ons sodat ons baie ywerig 2012 aan kan pak. Groete Die uile. 40
Needles & Pins Ek
lees
artikel
die
anderdag
oor
hoekom
kwiltgroepies behoort.
„n
interessante
vroue
aan
In Engels noem
hulle dit „n “quilting bee: a gathering of friends and neighbors who come together to work on creating a quilt”. Dit is ook „n sosiale geleentheid waartydens vriendinne bymekaarkom en tyd saam spandeer om „n kwilt te maak, hetsy vir „n kompetisie of vir „n geskenk.
Die oorspronklike doel van „n “quilting bee” (wat sal ons dit noem in Afrikaans?) was dat „n groep vroue aan een kwilt gewerk het sodat dit in „n korter tydjie voltooi kon word. Alhoewel dit in die moderne eeu
nog steeds die doel is, kom
ons bymekaar meer vir die samesyn as vriendinne en om mekaar se skeppings te geniet.
Deur die geskiedenis en tot vandag toe nog, word kwilte meer gebruik vir dekorasie as vir die verskaffing van hitte. Vandag praat ons meer van “art quilts”.
In ons groepies het ons dus
die geleentheid om lappies uit te ruil, idees te kry, saam te werk, om te gee en mekaar se vriendskap te geniet.
Geniet jul kwiltgroepie in 2012. 41
Ons eie blog... Oranjequilters.blogspot.com Kyk bietjie na hierdie statistiek: Oranjequilters is ranked 3,442,960 in the United Kingdom. 16,980,349 Worldwide Rank Monthly pages viewed
< 300
Monthly visits
< 300
Value per visitor
--
Estimated worth
£248 *
External links
8
Number of pages
41
Hierdie versoek van Hettie... Lede wat “Facebook” gebruik - “add” asb. die Oranje Quilters Guild as 'n "friend”! Dankie Hettie, die blog is uitstekend. Die van ons wat dit gereeld besoek, geniet dit baie!!! 42
Bring kwilters by mekaar... Tien lede van die Friendshipgroep pak hierdie jaar `n Baby Jane aan. Omdat dit `n groot projek is, het ek navorsing op die internet gaan doen. Na vele besoeke aan verskillende webwerwe, spoor ek toe `n baie goeie webblad op , wat volledige tutoriale van elke blokkie wat in die oorspronklike Dear Jane kwilt is, bevat. Aangesien ek van die tutoriaal gebruik gaan maak, kontak ek toe die skryewr/eienaar van die blad, bygesê via Facebook. En wat `n verrassing – sy is toe al die tyd `n oud- Bloemfonteiner wat in Amerika woon. Hier is `n gedeelte van ons gesprek:
Frances van der Walt /the twiddletails store We are 10 quiltfriends from RSA, starting this Jan with a BJ use thatquilt.blogspot as our guide! Thanks a lot!!! Like · · Monday at 4:14pm · the twiddletails store You're welcome! Dis 'n plesier! Tuesday at 7:54pm · Like Frances van der Walt Wow, you speak Afrikaans! Check out our blog - oranjequilters.blogspot.com 18 hours ago · Like the twiddletails store Ja, en ek het in Bloemfontein grootgeword! Lovely blog! 14 hours ago · Like
Besoek gerus haar “blogs” – thatquilt.blogspot.com twiddletails.blogspot.com
- the twiddletails store Shopping/Retail Sammamish, Washington
Haar naam is Anina . ( Dalk `n bekende aan ons kwilters?) 43
Rafelnuus... We would like to wish all the best to Marianne and her team for 2012. Hopefully everyone had a lovely holiday and is eager to start the New Year.
Tannie Rina had a very busy holiday and finished no less than 5 projects. Not all are quilt related but they are done, so now she has more space in her workroom for fabric. She took a well-deserved rest from working on her goody bag projects and is all ready to pick them up again. She received a journal from Griet Lombaard, which features one of Griets quilts. Griet sent regards to all at the Oranje Quilters guild.
Karin spent her time to do absolutely nothing but relax. Every time they went to The Cabin for a few days she would take along a whole lot of quilting to do but needless to say they came back untouched. Hopefully she will start getting back to reality soon.
Alta Street went to Cape Town to visit her mom, and when she got back she had finished the hand quilting on her grandson Kyleâ&#x20AC;&#x2122;s quilt. Now to start the joining, so he can cuddle under her work of love.
Our group has got a bit smaller with a few ladies leaving. A few of our group got together on a couple of Saturdays to work on goody bag projects. With sooo many helping hands they finished in record time. Thank you Alta du Plessis for letting these ladies take over your home.
We wish everyone a WONDERFUL QUILTING YEAR.
44
Rosebuddies wens al die Oranje Kwilters `n Voorspoedige 2012 toe!!
45
Nuus van die Rotary Cutters... Die Rotary Cutters wag nog angstig op hulle eerste kwartaalbyeenkoms, waar daar besluit sal word wat die groep vir die jaar gaan aanpak...
Daar is al tentatief besluit op „n “Charity Quilt” - so hou die spasie dop vir verdere nuus in verband hiermee. Verder verskuif ons ook van lokaal deurdat ons nie meer as groep by Hettie gaan byeenkom nie. Die groep gaan vir seker vir Hettie baie mis, maar verstaan haar situasie volkome. Ons het 2011 afgesluit met „n heerlike uiteet by CTFM Noordstad waar daar geskenke uitgedeel is. Behalwe dat Wilna in die bed was met „n migraine aanval, het almal die aand terdeë geniet. Die boek van Leah Day – From Daisy to Paisley, wat Wilna as geskenk gekoop het, het heelwat aandag getrek. Almal in die groep is mos ernstig besig om “Free Motion” onder die knie te kry.
Rotary Cutter groete tot volgende keer en mag dit vir almal in die Gilde „n baie bedrywige kwiltjaar wees!
46
Sterkwilters...
Dagsê mede kwilters Die jaar het weereens met `n spoed begin en hopelik is alle kinders terug skool toe en die studente se laatslaap nou ook verby. Nou kan die ma`s weer begin kwilt!
Ons Sterkwilters het ons eerste byeeenkoms gehad en almal is begeester om weer iets nuuts aan te pak. Verskeie projekte is voorgestel nou moet almal net aan die gang kom. Nuus van ons lede: Annelize: ons innige simpatie met die afsterwe van jou man so voor Kersfees. Mag God se Liefde jou elke dag dra. Jy bly in ons gedagtes. Issie: haar ma het haar heup gebreek. Sterkte vir julle met al die omwentelinge. Ons wens vir Madeleine baie geluk met maar dogter Pietie Coetzee, die Springbok hokkiespeelster. wat genomineer is as een van die top 5 spelers in die wêreld. Sy is ook ingesluit in die wêreldhokkiespan. Baie geluk. Sommige lede het n heerlike vooruitsig so vroeg in die jaar. Gerda en haar man gaan op `n bootreis. Geniet dit Gerda! Welkom terug aan Elbie ons het jou gemis! Met Lulu, Moira, Magda, Karin en Makkie gaan dit goed. Sommiges het die mooiste kwilte klaargemaak oor die kerstyd, terwyl ander net lekker rustig was. Welkom ook aan Ria wat saam met ons kom werk en nog `n nuwe lid is Isabel, ook vanaf Boshof, wat saam met Makkie kom. Ons hoop jul vind onss sterkwilters so inspirerend en liefdevol, dat ons nog baie lank saam sal kwilt. Laaste woordjie: Leef met `n hart wat nooit verhard nie, geduld wat nooit opraak nie, n aanraking wat nooit seermaak nie. (Charles Dickens) Groete van die Sterre 47
Afslag!!! Februarie -10% alle Jelly Rolls & gratis patroon Maart- 10% op alle Cake layers & gratis patroon April- 10% op alle liniale, cutters, snyborde skêre en ander “habby”. *Koop soveel keer as wat jy wil en kry elke keer die afslag!!!
Beste wense vir 2012! Lappiesgroete Mari en Lappiesland Personeel. 48
`n laaste woord...
Another year I enter Into history unknown; Oh, how my feet would tremble To tread the paths alone! But I have heard a whisper, I know I shall be blest; "My presence shall go with thee, And I will give thee rest." What will the New Year bring me? I may not, must not know; Will it be love and rapture, Or loneliness and woe? Hush! Hush! I hear His whisper; I surely shall be blest; "My presence shall go with thee, And I will give thee rest." --Unknown Author
.
49
Die laaste vergadering van 2011!
Laaste voorbereidings word gedoen.
`n
Vol saal.
Die Sterkwilters was die gasvroue vir die dag.
Soos gewoonlik, is Cecile op haar pos!
Pragtige
Kaleidoskoop.
Die Nasionale Museum in Bloemfontein het `n hele paar ou kwilte en SudrĂŠ het die voorreg om daarnmee te werk.
SudrĂŠ vertel hoe om kwilte te hanteer en te bewaar.
Mooi modern!
50
Oranje Kwiltgilde spog met `n nuwe "Masterquilter". Anne Strauss het op die onlangse fees in Stellenbosch `n 1ste plek verower in die Tradisionele Afdeling.
Tannie Rina Schutte is ook een van die Gilde se "Masterquilters".
Aan talent ontbreek die Vrystaat nie!
51