Kusweg-reservaat
Nuwe sypaadjie of wandelpad opgradeer?...en wanneer word die fynbos dan gebrand?
Inwoner sit met veearts-rekening van duisende na losloperhonde sy hondjie toetakel.
‘n Deel van die industriële gebied was Woensdag vir ‘n tyd lank sonder water na koperpype-en krane in die gebied gesteel is. Die skuldige is op kamera betrap toe hy krane in die stoorkompleks agter die Active Zone gimnasium afgebreek het. Die beeldmateriaal gaan nou ontleed word om hom te identifiseer. Dit was ‘n jongman met ‘n blou rugsak en ‘n donkerkleurige pet. Op een van die videogrepe is sy gesig duidelik sigbaar.