1 1 okt 2015

Page 1

Laerskool se Dinner in the Dark groot sukses

GENOEG! Kleinmonders ruk Saterdag op

80-jarige wreed vermoor


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 2

Kleinmonders ruk op na moord KLEINMOND – Honderde Kleinmonders gaan Saterdag deel neem aan ‘n optog om hul frustrasie en woede te toon met die voortslepende vlaag misdaad in ons streek. “ Die laaste strooi was die moord die afgelope naweek op die 80-jarige Ken Mount,” sê Gerard Grobler, redakteur van die Overstrand Herald en een van die organiseerders van die optog. Mnr Mount, wat die afgelope twee jaar op Kleinmond woon en die Gardenia kwekery langs hoofweg bedryf het, is Saterdagnag wreed in sy huisie in Palmiet vermoor. Sy lyk is net na 10:00 Sondagoggend deur ‘n vriend gevind. Sy vriend was bedrywig in die agterplaas en het bekommerd geraak toe Ken nie sy verskyning maak soos gewoonlik vir kerk nie. Hy het aan die deur gaan klop, maar daar was geen antwoord nie. Die kamervenster was effens oop en hy het omgestap na die kombuisdeur. Hy het gesien dat die deur oopforseer is en het Ken in ‘n sittende posisie naby die voordeur aangetref. Daar was bloed aan sy kop en duidelike steekwonde. Die polisie is in kennis gestel en ‘n forensiese span was die grootste deel van die dag in die huis om getuienis bymekaar te maak. Daar is vingerafdrukke geneem, maar die uitslae hiervan is nog nie bekend nie. Speurders wat die saak ondersoek het vandeesweek gesê die volledige prentjie is tans nog nie duidelik nie. Die Herald verneem dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat daar meer as een aanvaller was. Dit kon egter nie bevestig word nie. Dit wil lyk asof mnr Mount in sy bed aangeval is, en of teruggeveg het of later na die voordeur gestrompel het. ‘n Forensiese beampte op die toneel het aan een van die omstanders gesê dat mnr Mount altesaam vyftien keer gesteek is. Dit kon nie bevestig word nie. Die polisie het net beaam dat Mount verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek is. Mnr Mount het die Saterdag voor die voorval soos gewoonlik

plante langs Hoofweg verkoop, so hy het vermoedelik kontant by hom gehad. Die geld word nou vermis. Dit kan wees dat hy, soos soms sy gebruik was, dit by ‘n OTM gaan bank het, of sy aanvallers kon dit gesteel het. Hoe dit ookal sy, die geld is nie in die huis gevind nie. Inwoners van Kleinmond en ook van Worcester (waar hy lank gewoon het) het na sy dood rugbaar geword het, met skok, verslaendheid en woede op sosiale media reageer. Daar was in die orde van 15 000 besoekers die afgelope week net op die Herald se facebookblad. “Dit het ‘n mens laat besef hoeveel mense oom Ken geken het. Hy was die goedheid vanself. Ons het hom goed leer ken omdat hy aan die begin altyd sy fakse van ons kantoor af gestuur en ontvang het. Hy was ook ‘n gereelde adverteerder en het graag geselsies kom maak. Toe hy aanvanklik op die dorp aangekom het, het dit maar moeilik gegaan. Hy is ‘n paar keer besteel en daar is ingebreek by sy voertuig en huis. Hy is ook ‘n slag aangerand. Die afgelope twee maande het die ou het ‘n huppel in sy stap gehad. Hy het vertel van die tee wat vir hom gehou is by die Fellowship Kerk en hoe hy dit waardeer het. Sy besigheidjie het ook vooruit geboer. Hy was gelukkig. Trouens, hy het aan ons gesê dit is die gelukkigste wat hy nog was. Hy was baie trots op sy staanplek langs die hoofstraat en het probeer ‘n verskil maak deur die bome daar te versorg en boombas te strooi. Hy het ook werk gemaak van die badkamers. Hy het gesê die badkamer is nou “spotless” en dat hy dit graag wil “nice” maak. “ You know with some flowers and a picture,” het hy vertel. Hy het Saterdagaand die rugby saam met sy vriendin, Susan, gekyk en nooit weer die oggendlig gesien nie. Hy was ‘n goeie mens. Die soort mens wat ons nie kan bekostig om te verloor nie. Rus in vrede, Ken. Dit was goed om jou te ken.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Oom Ken Mount asoos ons hom almal geken het. Op sy pos langs Hoofweg, gelukkig tussen sy plante

Die kwekery in Ken Mount se agterplaas. Wat nou gaan word, weet niemand nie.

Bladsy 3


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 4

‘Ek gaan die ou groot hande mis’

Ilna Grobler KLEINMOND - “I’ll miss those great calloused hands”, says Susan Marais, Ken’s friend of 27 years. Susan and Ken met briefly at a sequence dance club at Paarl 27 years ago when both had different partners. He and his former wife had moved to South African from England 29 years ago. After he and his wife had split up, he wanted to go dancing again. Then he

apparently remembered the tiny widow who had attended the dance club with a partner with “seven left feet”. He called her up and they became dancing partners. Despite his size, “Suzanne” (as he called his in his broad English accent) says, he was deceptively light on his feet and a wonderful dancer. Ken grew up during the years of WW2. From the age of five until after the war at the age of ten, Ken was separated from his

two brothers and his parents, spending these years with different sets of grand-parents. Shortly after his father’s return from five years in the Royal Navy, Ken’s fourth brother was born, but sadly his father left them not long after the birth of the last boy. The war had changed many people. Susan recalls how Ken told her how, from the age of twelve, he had to take on odd jobs to keep himself in clothes. There wasn’t enough money to go round to feed and clothe four growing boys in those very difficult yeas after the war, so each child in the family had to pull his weight. Ken started off by odd-jobbing in gardens and allotments. When on leaving school to start earning money at the age of fifteen, he turned to gardening. He became a successful gardener and landscaper responsible for not only many a garden, but also taking care of the upkeep and design of estate and some government gardens. It was therefore understandable that those large hands had become calloused. Yet those calloused hands treated each and every fragile flower and petal with true gentleness and great care. In addition to his love for gardening and dancing, Ken loved singing. He had lived in Worcester since he came to South Africa all those years ago where he had joined the Worcester Men’s Choir. With these guys he often performed locally as well as touring with them overseas. It had given him no end of a thrill when some of his former choir mates attended his 80th birthday celebration at his beloved Fellowship Church earlier this year. It was after that happy event that Ken would come into the office of the Overstrand Herald to proclaim, “Egh is ghelughigh” (Ek is gelukkig – I am happy) as “Suzanne” had taught him. Even after having been assaulted and attacked several times, not only at his home, but at his stand along Main Road, Ken remained steadfast in his faith and love for God. He was one of the few people who had the guts to stand up to his assaulters and to follow up on criminal charges. Not

because he was a vindictive man, but because he had a very true sense of what is right and what is wrong. The only callous things about Ken, had been his hands and backing down before something that was so clearly hooliganism and criminal, was not who he was. Not only, says Susan, was Ken a loyal South African, but a truer Springbok supporter would be hard to find. On Saturday he had cheered them on to their victory against Samoa. Though I had heard so much about “my friend, Suzanne” over the past two years, we met one another for the first time on Tuesday. It was a sad, sad moment, but when we started sharing memories of this great man, it became a momentous day. Susan’s life might now be much quieter and there might be less dancing, but I think the affection and regard this charming man had for her, will sustain “Suzanne”. It may not take away the pain and loss, but at least he left a mountain of fond memories. Ken leaves two sons, Douglas and Nicky, as well as a grandson. As Ken was still a British subject at the time of his death, funeral arrangements cannot be made until the body is released to his next of kin after the autopsy. Once forensics have been completed, the family will decide what the next step should be. My personal tribute to a true GENTLEman Mount was his name and mountainous was everything about him. There really was nothing small about Ken Mount. Not his voice, nor his hands, his heart, his laugh, his capacity for joy, his love for his friend ‘Suzanne’ or his devotion to his Lord and Saviour, Jesus Christ. If ever there were a greater man of peace and loving-kindness and Christian charity walking the streets of this town, I have yet to meet him. For the two years he lived among us, he exuded more joy and compassion than most living here their entire life. My life is richer for having known him. Ilna aka the Herald lady


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Optog ‘n teken van mense se frustrasie KLEINMOND – Die wrede moord van Ken Mount Sondag het skokgolwe deur ons gemeenskap gestuur. Hoe is dit moontlik dat so iets hier in ons gemeenskap kan gebeur? Maandag het plaaslike sakevrou Adelaide Truter van Gringo’s en die Herald se Gerard Grobler koppe bymekaar gesit en besluit iets moet gedoen word. Daar is besluit om ‘n optog te hou. Nie net om ons skok en weersin in Ken se dood uit te spreek nie, maar ook die klem op die hoë misdaadvlakke in ons streek te plaas. Daar is besluit om 10:00 Saterdagoggend by Mount se huis te vergader. Hier sal ‘n petisie onderteken word, waarin inwoners hule medelye met die dood van Ken uitspreek en beswaar maak teen die onaanvaarbaar hoë misdaadvlakke. Die petisie spreek ook die rol van die howe aan. “Ons moet telkens hoor dat die polisie iemand in hegtenis geneem het, maar dat hy net weer die volgende dag vrygelaat is op borgtog. “ Inwoners gaan ook beswaar maak oor die toestande by die polisiekantoor op Kleinmond. “Daar is kwalik sitplek vir almal en die een moet opstaan voor die ander kan sit. In enige ander werksomgewing sou dit totaal onaanvaarbaar wees. Ons dring aan dat die polisie se bestuur kyk na die verbetering van die personeel se werksomstandighede en sorg dat hulle die nodige toerusting en voertuie het om hul werk te kan doen.” Waarskynlik die belangrikste punt in die petisie is die mannekragtekort by die polisiekantoor op Kleinmond. “Ons het tans soveel personeel as wat ons 20 jaar terug gehad het. Dit terwyl die bevolking en misdaad drasties toegeneem het. Dit is belaglik om te verwag dat een voertuig, dikwels met net een personeellid, die hele gebied vanaf Rooiels tot by Arabella moet patrolleer. Inwoners dring aan dat die situasie aangespreek word… en ons wil nie hoor van die 5

rekrute wat ons oor twee jaar gaan kry nie. Ons eis dat die Wes Kaapse kommissaris van polisie binne 14 dae vir ons skriftelik terugvoer gee oor wat hy aan die situasie gaan doen. Ons eis dat daar op ‘n tydelike grondslag nog personeel aan Kleinmond polisie toegedeel word. Hierdie versoek is al hoeveel keer skriftelik en in vergaderings gerig en die polisie het hulle eenvoudig daaraan afgevee. Hierdie slag sê ons hard en duidelik: Of ons kry nog personeel of ons gaan ons protesaksie voortsit, “aldus Grobler. Die petisie sal Vrydag in die dorp rondgeneem word vir diegene wat nie fisies kan saamstap nie asook diegene wat Saterdag moet werk. Skakel Vrydagoggend die Herald se kantoor indien ons dit na u huis of kantoor kan bring. U kan ook ‘n e-pos stuur na redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons gaan ons bes probeer om by almal uit te kom. Jy kan ook die petisie by die Herald se kantoor kom teken. Die petisie gaan ook Saterdag by mnr Mount se huis beskikbaar wees. Na mense die petisie onderteken het, gaan ‘n gebed gedoen word vir hom. Hierna sal ons beweeg na die hoofstraat en stap na die polisiekantoor, waar die petisie oorhandig sal word. Ons gaan dan uitmekaar. Op die oomblik het die munisipaliteit toestemming gegee vir die optog, maar het hulle vanweë die verwagte verkeer tydens die Walvisfees in Hermanus, ‘n probleem met die feit dat ons in die hoofstraat wil af-stap. Dosyne Herald lesers het egter sedert Maandag of facebook laat weet dat hulle in die hoofstraat sal afstap, kom wat wil. “Dis ons hoofstraat, en ons sal daar stap. Basta met Hermanus. Hier word ‘n onskuldige oumens vermoor en by elke tweede huis ingebreek en ons moet in die agterstrate gaan stap vir mense wat na ‘n fees toe wil gaan,” sê een.

Bladsy 5

Die Bloubakkie se Johan Olivier het vandeesweek hierdie huldeblyk op facebook geplaas RUS IN VREDE | Ken Mount Ken, was ‘n jarelange inwoner van Worcester. Hier het hy bekend geraak vir sy betrokkenheid by die gemeenskap en sy liefde vir plante uitgeleef in sy besigheid Gardenia kwekery. Hy was vrygewig met sy kennis en probeer om kliënte altyd ‘n “good deal” te gee. Sondae het hy sy sangtalent saam met die Worcester Mannekoor uitgeleef. Ken en die bloubakkie kom al meer as 20 jaar saam. Met die bloubakkie se beginjare in Worcester het ons langs mekaar gestaan en ons produkte op kerkplein verkoop. Hy was ‘n toonbeeld vir hardwerkendheid. Hy het man-alleen ‘n enorme sleepwa en Landrover se voorraad op en afgelaai om sodoende die allermooiste plante uitstalling te skep. Hy het Worcester met reg trots gemaak. Ken was geliefd en sal onthou word vir sy goedgesindheid, vrygewigheid en omgee vir mense en diere in nood. Sondae het hy die slootjies en sypaadjies in Hoogstraat uitgevee om ‘n positiewe indruk van die dorp by besoekers te skep. Kan hom dan nog duidelik na sy geliefde foksterrier hoor roep: “Mitch, Mitch come here boy.” Ken het besluit om sy besigheid af te skaal en in Kleinmond te kom “aftree”. Mense het gou sy talent hier raakgesien. Hy het op kleiner skaal, weer soos in die ou dae, sy uitstalling langs die hoofweg gedoen en besoekers ‘n lus vir die oog gebied. Wat mens van hom sal bybly is sy diepgelowigheid. Hy is ‘n omgee mens en het tyd gemaak om te hoor hoe dit gaan en nie totsiens gesê voor hy vir jou gebid het nie. Al het dit soms om gesondheid en ander redes met hom moeilik gegaan, was hy die een om ander te bemoedig en aan te moedig. Hierdie Kersfees gaan daar beslis minder bly kinderharte wees. Ken het klokslag elke jaar sy kerspak aangetrek en Kersdag presente by hospitale en kinderhuise gaan uitdeel. Ken is gister by sy huis in Palmiet, Kleinmond vermoor. Ons innige simpatie vir Susan Marais en sy familie.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 6

‘n Wonderlike Musiek konsert op Kleinmond: 13 Oktober 2015 in N G Kerksaal.

www.overstrandherald.co.za

Lede van die Kaapse Simfonie-orkes kom binnekort op Kleinmond speel. ‘n Wonderlike geleentheid val in ons Kleinmonders se skoot op 13 Oktober. ‘n Koperblaas-kwintet van die Kaapse Simfonie-orkes kom saam met plaaslike kunstenaars konsert hou op ons dorp! Koperblasers van CPO (Cape Philharmonic Orchestra) & CPYWE (Cape Philharmonic Youth Wind Ensemble) onderneem ‘n opvoedkundige musiektoer na Overberg/Overstrand dorpe. Kleinmond was so gelukkig om ook ingesluit te word op die reisprogram van die koperblasers! Laurika Steenkamp (CPO Outreach manager) sal die seremoniemeester wees. Sy het in haar persverklaring gesê: “there is a need in the community for the enrichment that comes from music. We are thrilled that

the members of the CPO Brass Quintet of David Thomson and Paul Chandler (trumpet), Caroline Prozesky (horn), Ryan van der Rheede (trombone) and Shaun Williams (tuba) have been so enthusiastic about this; and the Wind Ensemble always welcomes the opportunity to play in the community”. Dit is ‘n musiekkonsert wat musiekliefhebbers eenvoudig nie kan mis nie!! Musikante en leerders van Narrative Foundation se (Handevat)musiekprojek gaan ook almal deelneem: Marimba orkeste (o.a. die Handevat Marimbas) asook van die hoogtepunt-items wat die musiekleerders in Junie by die Hermanus Fynarts se Jeugkonsert sowel as in die Kunstekaap gelewer het. Die konsert begin om 18:30 in die NG Kerksaal op Kleinmond op 13 Oktober. Kaartjies is R50 pp en R10

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 7


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 8


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 9


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 10


Overstrand Herald

1 Oktober 2015 niks gedoen word wanneer bullebakke mense afdreig en bedreig nie. Ek is kwaad omdat ‘n vredeliewende oom na herhaalde aanvalle op hom, steeds geteiken kon word en geen instansie kon hom beskerm nie. Met my hele wese is ek

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Waar staan jy? Mense ná aan my is al ernstig geraak deur misdaad. My ma is in 2005 hier op Kleinmond ernstig aangerand en ons seun is al driemaal ge-“mug”. Een van die kere was nogal op Kleinmond. Die karakter sonder inbors wat my ma destyds aangerand het, was vir die rekord, ‘n witman. Een wat ‘n kriminele rekord gehad het en wat uit aanhouding ontsnap het. Soos die Engelse spreekwoord lui, “to add insult to injury” was die addisionele “injury” dat ná my ma se aanranding het die vent nóg ‘n bejaarde aangerand, dié keer met noodlottige gevolge. Die volgende ou oom is op Plettenbergbaai met ‘n gholfstok doodgeslaan. Welke stelsel het ons in hierdie land wat nie kriminele kan vasvat nie? Dalk staan DKD vir die Departement van Kammalielie Dienste, want van korrekektiewe dienste is daar nie juis sprake nie. Dit lyk my eerder na ‘n tersiêre inrigting waar eerste oortreders mooi geleer word om gewoonte misdadigers te word. Waar is die bewaarders/ kammalielie beamptes? Hoe gebeur dit dat soveel misdadigers soveel “spesiale voorregte” kry? Radovan Krejcir en Christo Becker is maar die bekende voorbeelde waarvan ons weet wat die stelsel manipuleer. Wat maak dat ‘n gewone vredeliewende mense in ‘n gemeenskap moet ly onder onder ‘n paar mense wat vrot van binne? Velkleur of armoede is net gerieflike verskonings. Geldgierigheid is die grootste beweegrede as ek sake so beluister en bekyk. Wie het Ken Mount so wreed

vermoor? ‘n Gewone redelike mens? Ek laat my dit nie vertel nie. Elke sak wurms wat daardie liewe goeie man oor tyd so geterroriseer het, is ek seker het ‘n draai in een van DKD se fasiliteite gemaak en die laaste “specimen” moes waarskynlik boonop dik getik gewees het. Ja, ek dink die polisie is redelik oneffektief, maar dis nie net húlle skuld nie. Ek vermoed die SAPD het ook maar sy vrot appels, maar die, wil ek amper sê “fool”, persoon wat reken één voertuig op ‘n naweek in ons gebied, is voldoende, lewe seker in Kammalielieland. Geen wonder die smokkelaars van perlemoen en so aan kan so gerieflik hierdeur beweeg nie. Een ding weet ek onvoorwaardelik: Ken sou die lammerd(s)/ papperd(s) wat hom aangeval het, vergewe het. Dit beteken egter nie dat dit die regering met sy talle (lamlendige) departemente onthef van die plig om sy burgers se veiligheid te waarborg nie. Wanneer ons Saterdag hopelik met murg in ons pype opstaan en verenig om as DORP in die hoofstraat protes aan te teken teen misdaad wat so hand oor hand toeneem in ons dorp, kan ons dit doen vir elkeen wat al daardeur geraak is. Ek gaan loop vir my ma en my kind en vir Ken Mount. Vir wie loop jy? Of gaan jy liewer in jou voorkamer sit en teem oor misdaad, want jy doen nie “sulke dinge” nie. Lekker sit, ou beesblaas. Indien iemand nog wonder: Ja, ek IS kwaad. Ek is kwaad omdat daar naweek vir naweek op ons dorp verkragtings en aanrandings plaasvind, maar klaarblyklik maak dit nie saak nie. Ek is kwaad omdat

Bladsy 11 teen geweld, maar as my en Jana se teenwoordigheid in ‘n vreedsame optog teen misdaad ‘n bres kan slaan teen misdadigheid, doen ons dit met liefde. Soos Ken Mount sou gedoen het. Vir wie gaan jy nou weer liewer op jou hande sit?

Briewe

Waar is die leierskap Die moord op Ken Mount het my diep geskok en diep laat dink. Waarheen is ons hier op Kleinmond oppad. Almal voel genoeg is genoeg, maar wat word werklik gedoen? Ek wil daarom vandag `n eenvoudige vraag aan die gemeenskap en myself vra: Waar is die leierskap in die gemeenskap wat gaan opstaan en die gemeenskap verenig teen hierdie boosheid? Ons het tans baie administratiewe bestuurders wat goed betaal word om sekere dienste te lewer, maar waar is die werklike leiers wat kan leiding neem, genoegsame strategie bepaal, protes aanteken en die gemeenskap mobiliseer. Die burgermeester van Overstand woon op Hermanus en kan moeilik daarop aanspraak maak dat sy `n leier in die Kleinmond gemeenskap is. Die dorpsbestuurder is aangestel vir sy administratiewe vaardighede en woon ook nie op die dorp nie. Waar is die

stem en veral die leierskap van die raadslede dan, of die leierskap van die predikante, of burgerlike organisasies soos die belastingbetalersvereniging? Onthou om bloot kritiek uit te spreek beteken nie dat jy noodwendig leierskap uitoefen nie. `n Gemeenskap in krisis word gered wanneer leierskap opstaan en mense help om werklik oor grense hande te vat en `n konkrete plan te maak. Die antwoorde is nie eenvoudig en enkelvoudig nie en hierdie skokkende moord is maar net nog `n simptoom van die diep breuklyne en sistemiese probleme in ons samelewing. Ek glo dat daar wonderlike mense op Kleinmond woon. Die dorp bly een van God se heel mooiste skeppings. Daar sal egter leierskap moet opstaan wat die gemeenskap mobiliseer om hande te vat. Genoeg is genoeg. Braam Hanekom, Lojale vakansieganger vir baie jare

No-one deserves to die like that It is with pure frustration and anger that I put pen to paper. A kind and gentle man like Ken should not have died such a violent death. He was targeted from when he moved in. He came to Kleinmond to sell his plants only to be viciously murdered – NO ONE deserves to die like that. Kleinmond is nie meer die veilige dorp van jare gelede nie. Ons het gaan slaap met die deure wat oop staan en vensters sonder diefwering. Vandag moet mens onder slot en

grendel gaan slaap ’n gevange in jou eie huis waarvoor jy hard gewerk het. There is no longer respect for the life we receive from God. I hope the guilty ones get caught soon and imprisoned – let there be justice. It is with difficulty that I say – but if our Lord could do it, so must I: “Lord forgive them for they know not what they do.” May the Peace of the Lord be with you Ken – enjoy the gardens in Heaven. Resident Bob Laubser Street


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Briewe

Bladsy 12

Beswaard oor ligte Ek is beswaard. Ek het vanaf Johannesburg hierheen getrek om van die stad a weg te kom. Dit het ‘n tyd lank goed gegaan, nou wil ek egter voelers uitsteek om te hoor hoe voel spesifiek Pringlebaai inwoners oor bure wat ligte buite installeer met die verskoning om inbrekers af te sit. Skrik ’n buite lig wat in jou bure se huis inskyn, inbrekers af of laat dit net jou bure se bloed kook? Ligte belemmer die naglewe

van diere, ons kan nie meer die sterre of pragtige maan sien om te waardeer nie. Dit lyk my ook of wetstoepassing glad nie meer van krag is nie,en dan word ons gereeld aangemoedig om krag te spaar. Ek verstaan niks van die standpunt nie. Kan iemand moontlik aan my verduidelik sodat ek dit ook kan verstaan. Dit is al bewys dat ‘n lig wat deur beweging aangaan ‘n beter afskrikmiddel is. Wilhelmina

Politici, munisipaliteit moet ook help Ek steun die eis om beter toerusting en mannekrag vir SAPS. Ek dink die politici behoort ook ernstig aangespreek te word. Beide provinsiaal en munisipaal. Die DA regeer hier in die Wes Kaap. Wat doen die provinsiale minister oor die saak? Selfs die munisipaliteit kan help. Daar is `n tekort aan wetstoepassers, maar `n menigte verkeerspolisie amptenare……baie te voet wat net geld maak, maar niks bydrae tot wet en orde nie. As

die son sak is hulle almal huis toe. Misdaad is `n 24/7 uur beroep………..wetstoepassers werk net 08h00/5 dag werk met `n minimale nagstaf indien enige!!! Hoe op aarde dink hulle kan daar gewen word? Indien die munisipalteit saamwerk kan daar `n groter getal wetstoepassers saans patrolleer. Deur net die provinsiale kommisaris aan te spreek, laat ons die politici skotvry. Theuns Prinsloo

“It’s the wrong thing to do” No one can claim not to have noticed how our public broadcaster recently stepped up its intimidating adverts on both TV and radio urging us all to “do the right thing and pay your TV licence before the end of the month”. When you start looking into the financial governance of the SABC, or lack thereof, then it is not surprising that they are becoming desperate. This week the ANC spokesperson Zizi Kodwa stated as follows: “The SABC board should not operate outside the framework of commitments provided by the National Treasury. It is our view that economic trends should dictate decisions including remuneration for public servants,” This was after the public broadcaster revealed that its matricless, dishonest CEO

received a 31% salary hike. Chief Operations Officer, Hlaudi Motsoeneng had received a salary hike of almost a million rand since he was promoted from the acting position. Motsoeneng was now earning around R3.7m, including a bonus of R279 000 and R916 000 in expenses and allowances. Kodwa has though the cheek to call for prudence in using public funds. The SABC, has however come out in defence of Motsoeneng’s pay cheque. “We haven’t just decided to give him another million. It is within the SABC benchmark that the COO gets what he is getting at the moment,” SABC Mbulaheni Maguvhe said “What you have to understand is that while he was acting [chief operating officer] he was receiving (Continued on p 13)


Overstrand Herald

Briewe (Continued from p 12) the salary of the GE [group executive], a percentage of acting [COO], not the salary of a COO so when he was appointed as the [permanent] COO that’s when he started receiving what he is getting at the moment.” OK, so now we understand, and should all run off and “do the right thing” Addressing journalists at the SABC’s offices in Johannesburg on Wednesday after the latest financial statements reveal a loss of R390mil, Motsoeneng said it was not a sin for a black man to earn a decent salary, adding that the SABC was willing to pay any employee who

1 Oktober 2015

added value to the company “Anyone who is able to generate revenue for the SABC should be rewarded accordingly, even if those people are cleaners,” Is it also not a sin to lie about your qualifications? A decrease in salary would at best be more appropriate. Last year, Public Protector Thuli Madonsela released a report where she recommended action against Motsoeneng for receiving exorbitant salary increases and forging his matric certificate. He has however stayed in his job and challenged Madonsela’s powers before the Supreme Court of Appeal (SCA). John Eccles

Financial situation at Child Welfare SA Kleinmond critical Child Welfare SA Kleinmond is struggling against the odds to stay afloat and we write this letter to our readers in a desperate appeal for support. CWSA Kleinmond - a NonGovernmental Organisation - is the only welfare organisation in the Hangklip/Kleinmond area. The objectives of our organisation are to protect and promote the interest, wellbeing, safety and development of children within the family and community. We render pre-statutory and statutory services at preventative and rehabilitative levels to ensure the care and protection of children under the age of 18 years. Our services consist of case work (children and families at risk) and group work (support groups for foster parents). The problems that we deal with on a daily basis are child abuse and neglect, mostly as a result of alcohol abuse. We have a high case load and very limited resources to offer programs for children at risk in the community and to facilitate parenting groups. CWSA Kleinmond receives a minimal subsidy from Department of Social Development. This subsidy only partly covers the salaries

of the two social workers and the community development worker – we have to provide the salaries for five of the seven members of staff. We do not receive funding from Child Welfare SA. Therefore CWSA Kleinmond is forced to deal with shortfalls by raising funds from a number of different sources. Like most SA Welfare organisations, the struggle for survival is dependent on the generosity of its funders. We only have money to cover our running expenses till the end of November 2015. CWSA Kleinmond also assist KidsCan After School, Pikkewyntjies, Siyabulela, Heideland, Bambanani and Overstrand Youth Care Centre to comply with legislation such as the NPO Act, SARS, Children’s Act, Dept. of Labour and managing the payment of salaries of these staff members. As a result of limited funding, this office will no longer be able to render services to the followingv The elderly (old age home applications) v Adults with substance abuse v People with Disabilities v Homeless people v Food parcels

v Assisting with constraining orders Contact the office of CWSA Kleinmond for information about which Departments render services for the above in the Overberg Region. Assistance, however small in

Bladsy 13 the form of cash or in kind, will be greatly appreciated – for without it our very existence is seriously threatened. Please contact this office if you are able to help. Theresa Els, Office Manager (028) 271 5753/ 072 494 1310


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Briewe

Bladsy 14

Primêr baljaar op Nuweland

Kleinmond Primêre Skool wil graag vir Caledon Casino bedank wat elf rugbykaartjies geskenk het sodat van hulle leerders en personeel die ABSA Currie

Cup wedstryd op 18 September tussen die WP en die Blou Bulle op Nuweland kon gaan bywoon. Leerders en personeel

www.overstrandherald.co.za

Belangstellende inwoners sowel as toeriste het gedurende die pas afgelope lang naweek uiteenlopende, individuele kuns saam met ‘n glasie wyn en ‘n tafel vol heerlike eetgoed geniet.

Fynbos Kuns Roete spog met plaaslike werke KLEINMOND - Die Fynbos Kuns Roete Gemeenskap se uitstalling wat van 24 tot 27 September in Haweweg gehou is, beywer hulself vir die opheffing van Overstrand kunstenaars, insluitend die kuns van minderbevoorregtes. Diverse kunswerke insluitende gemengde media, olieverf en waterbasisverf asook keramieken pottebakkerswerk het verskeie belangstellende inwoners sowel as vakansiegangers oor die lang naweek gelok. Die gaste het die uiteenlopende, individuele kuns geniet met ‘n glasie wyn en ‘n tafel vol heerlike eetgoed wat deur die kunstenaars self verskaf is. Die nuwe voorsitster van die Fynbos Kuns Roete Ge-

meenskap, Saniki Wessels het Lisel Krige, munisipale raadslid vir Wyk 10 van die Overstrand munisipaliteit bekend gestel wat die uitstalling geopen het. Dié talentvolle dame was vir baie jare as vryskut joernalis werksaam en is self ‘n kunstenaar van formaat. Sy het spesifiek klem gelê op hoe die Biosfeer van die Overstrand se ongerepte natuur as ‘n inspirasie vir die uitbeelding van plaaslike kunstenaars se werke met verwysing na Erfenisdag kan dien. Die Fynbos Kuns Roete Gemeenskap het verskeie komplimente van inwoners sowel as toeriste ontvang wat dit gedurende die naweek besoek het.

Wenner van kaaskoek Jasmine Dreyer is die gelukkige wenner van die Kaaskoek wat uitgeloot was op Maandag 28 September 2015. Baie dankie aan Mev Rossouw, eienaar van Die Coffee Shop, vir die skunking van die Kaaskoek en ander vir die ondersteuning. Groete Erna Olivier


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 15

Laerskool Kleinmond hou spog-ete in duister KLEINMOND - “Dinner in the Dark” met die blinde avonturier, Hein Wagner as gasspreker is deur Laerskool Kleinmond as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid op 23 September by Arabella Hotel en Spa aangebied. Rye en rye, gaste geklee in formele drag, het die voorportaal binne gestap waar hulle op verskeie watertand versnaperings getrakteer is voordat hulle by die tafels aangesit het. Die bekende sanger, Heinz Winckler het die verwelkoming en bedankings behartig waartydens hy die gaste vermaak het met staaltjies uit sy beginjare, pas nadat hy as die eerste Suid-Afrikaanse Idol aangewys is. Die tafelgebed is deur Ester Groenewald behartig waarna die voorgereg voorgesit is. Intussen het die gaste ontdek dat daar op die tafels vir hul elkeen ook ‘n blinddoek gedek was. “Vanaand daag ek elkeen van julle uit om jul hoofmaaltyd geblinddoek saam met my te geniet, om jouself net vir een keer in jou lewe in my skoene te bevind. En onthou ek het nog nooit die voorreg gehad om te verneuk nie,” sou Hein, vele kwinkslae later die doel hiervan aan hulle verduidelik. Dié huidige rekordhouer van die Wêreld Blinde Landspoed Rekord van 322,52 km/h het reeds onder meer aan die Cape to Rio Yact Race, skydiving en verskeie Ysterman kompetisies deelgeneem sowel as die ABSA Cape Epic voltooi. “Ek is blind, wat is jou verskoning?” is die kragtige woorde waarmee hy die gaste tot hulle sinne geruk en oor hul eie lewens laat nadink het. Die aand se verrigtinge is stylvol afgesluit deur ‘n veiling wat Wynand Bock en Jacques Oosthuizen behartig het. Daar is onder andere kunswerke van drie gebore Suid-Afrikaanse kunstenaars, André Peypers, Bella en Barbara du Bois opgeveil. André Peypers se werk kan beskryf word as ‘n sag-gefokusde, gedetaïlleerde aanbieding van die natuur se gegewe onderwerp wat in Afrika se fauna en flora gevind kan word. Bella is bekend vir haar papier rok patrone wat

Laerskool Kleinmond se personeel was baie nou betrokke by al die reëlings vir die spoggerige fondsinsamelingsgeleentheid, “Dinner in the Dark” wat op 23 September by Arabella Hotel en Spa plaasgevind het. Hulle is voor van links na regs Jacques Oosthuizen, Pietro Roos, Famke Allen, Anna-Marie du Preez, Ester Groenewald en agter van links na regs Chrisda de Witt, Aletté-Johanni Winckler, Heinz Winckler, Hein Wagner, Amanda Swart, Gys Huisamen, Kim Steinman, Jonathan Joubert, Arina de Jager en Raymond van Wyk. sy gebruik om ‘n delikate, wulpse rok op die doek te skep. Barbara du Bois is ‘n skilder en beeldhouer wat daarvan hou om met ‘n kombinasie van rotse en klei te werk. ‘n Vertoning deur Heinz Winckler is ten bate van die skool opgeveil. Hy het aangebied om die opbrengs van die hoogste bod daarop sowel as al die kaartjieverkope vir die oprigting van ‘n skoolsaal aan hulle te skenk. Daar is danksy verskeie ruim bydraes altesaam R 42 350 tydens dié spoggeleentheid ingesamel. Laerskool Kleinmond wil graag die volgende borge vir hulle bydrae tot hierdie suksesvolle aand bedank, naamlik Arabella Hotel and Spa, Wildekrans Wine Estate, Gabriëlskloof Wine Estate, Obermeyer Oogkundiges, Diemersdal Wine Estate, Genadedal Wines, Stellenosch Hills, Sonop Plaas Koelenhof, Mountain Range, Jacques Oosthuizen, Barbara du Bois, Biolink, Johanette Groenewald, Kleinmond Super Spar, Sweet Temptations, Succeed Group, Dreamworx, Melean Weyers, Herman du Preez, Zipfel Blommeplaas, Bella Bella, André Peypers, Werner’s Slaghuis en Boeke24.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Misdaad het afgeneem, sê polisie (glo dit as jy wil, sê redakteur)

Geintegreerde Vissersforum KLEINMOND – Die Geintegreerde Vissersforum is weer aktief. ‘n Nuwe bestuur is die afgelope week na ‘n vergadering in die Proteadorp gemeenskapsaal gekies en die nuwe voorsitter, mnr Charles Swartz, sê hulle het alreeds begin werk om probleme soos werkloosheid onder veral jongmense aan te spreek. Die ander lede van die nuwe bestuur is: William August (sekretaris), Wilfred Januarie, Sam Haydricks, Thakura Makibi, Roschelle Barry en Danie Smit.

Bladsy 16

Swartz sê die forum gaan hom toespits op vraagstukke soos die volhoubare benutting van mariene bronne en werkskepping. Hy het gesê die kwessies van dwelmmisbruik en misdaad moet ook aangespreek word. Die forum het sy misnoeë uitsgespreek oor die moord op die 80-jarige mnr Ken Mount en gesê hy gaan hom beywer daarvoor om met die breër gemeenskap saam te werk om van Kleinmond ‘n beter dorp te maak.

KLEINMOND – Volgens die jongste misdaadstatistieke lyk die misdaadprentjie in Hangklip /Kleinmond ,volgens die polisie, glad nie so sleg nie. Volgens die jongste statistiek ( Maart 2014 tot Apr 2015) het feitlik alle ernstige misdade soos moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer te beseer en roof, afgeneem. As dit kom by eiendomsverwante misdade soos inbrake by huise lyk die prentjie egter baie anders. Volgens die polisie is daar altesaam 643 inbrake aangemeld in dié tydperk teenoor verlede jaar se alreeds hoë 519. Hou ingedagte dat al meer mense nie eens die

moeite doen om inbrake aan te meld nie. Diefstal uit voertuie het ook drasties toegeneem van 124 in die vorige verslagtydperk na 215 tot Maart vanjaar. Rooftogte by woonhuise het ook toegeneem van 2 na 6. ‘n Belangrike syfer is die van alle ander diefstal. Hier was daar net so ‘n dramatiese toename van 250 die vorige jaar na 473 die afgelope verslagjaar. Hierdie syfers maak dit vanuit ‘n polisie bestuursoogpunt duidelik hoe-kom Hangklip/ Kleinmond nie ‘n prioriteit is nie. Misdaad is hoofsaaklik beperk tot inbrake en diefstalle. Personeel en hulpbronne gaan dus elders heen.

Indaba onder die boom www.overstrandherald.co.za

Die Hangklip-tak van die DA, wat ook in Overhills en Proteadorp bedrywig is, het Erfenisdag (24 September 2015) gebruik om kiesers bewus te maak van die party se Visie 2029. Takvoorsitter Lisel Krige verduidelik die konsepte van Vryheid, Regverdigheid en Geleentheid wat die grondslag van die nuwe visie

vorm aan omstaanders. Langs haar is Lucette Geldenhuys, DA se koördineringsbeampte in Overstrand. Die uitreikaksie het in ware indaba-tradisie onder ‘n groep bome by die Smousterrein langs Hoofweg in Kleinmond plaasgevind. ‘n Worsbraai het gesorg dat nog ‘n deel van ons erfenis gehandhaaf is.


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

OOM SAKKIE SE “WOOI” Oom Sakkie (die strooipop op Singleton se stoep) het die vorige vakansie weer opgelet hoeveel mense van oor die hele land (en selfs van buite) sy winkel se drumpel oorgesteek het. Ook het sy ore (via die uwe) ‘n oulike storie opgetel. Jare der jare gelede, toe rytuie nog yster- en houtwiele had, toe die dryfmiddele nog vierpotig was en tyd nog nie so van kardinale belang was nie, het veral die boere hul jaarlikse vakansie (veral gedurende Desember/Januarie) by die naaste strandoord/gebied aan hul plaas gaan geniet. So het die Swartlanders na Yzerfontein en Melkbos, die Moorreesburgers na Saldanha en Dwarskersbos, die Vredenburgers na Paternoster (Tietiesbaai), die Stellenbossers na Somersetstrand, die Caledoners na Hermanus en Kleinmond en die Oudshoorners na Hartenbos gegaan. Omdat daar nog geen of minimale ontwikkeling was, moes hulle letterlik alles wat nodig is, saamneem om darem “gerieflik” te kon lewe. So is

blikke vol koekies gebak, die hoenders lewend in ‘n fuik saamgery, selfs die melkkoei aangejaag, die tent, houtkatel en hangkas opgelaai. Soms het dit ‘n dagreis of twee geverg om die bestemming te bereik. Kleinmond se eerste vakansieganger was ds. P.K. Albertyn van Caledon (sy huis, die “Homestead”, staan vandag nog daar neffens die badshuisies by die swemplek). Sy seun was predikant op Wellington en dit het hom en al die aanhangsels (± 20 in getal) sowat 24 uur geneem om vandaar tot hier per trein (met ‘n oorklim te Eersterivier) en ossewa (vanaf Sir Lowryspas met ‘n oorslaap op Botrivier) te reis. My vader en die latere prof. Jac Muller (Quarta Heuer se pa) was kollegas op Caledon en dit is hoe my familie hier uitgekom het. Toe Pa later Stilbaai toe beroep is, het hy van die een see na die ander verskuif en later van Rawsonville af was Kleinmond “gerieflik” naby. Wat ‘n pakkasie had ons ook nie om vir ses weke hier te kom afsaal nie!!

‘n Maat van my (van Grabouw) se ouma het in die 70ger jare nog met die vragmotor gelaai met selfs ‘n bed, kas, tafel en handgemaakte tent vanaf Gansbaai na Uilenkraalsmond gereis om te gaan afpak. Maar die mooiste storie insake vakansiehou het ek nou die dag daar uit Stilbaai se wêreld gehoor. (Terloops, in daardie omgewing kry jy duinemolle wat selfs groter is as ons eie dassies daar in Kusweg! En een van die winkeltjies in Stilbaai se winkelkompleks het die treflikste naam: Die Duine Mall!!) In daardie omgewing woon die Fox-tweeling: die een op die dorp en die ander een op ‘n plaas in die rigting van Jongensfontein. Die Fox’e besit

Bladsy 17 al vir jare drie vakansiehuise by die see, en soos gebruiklik gaan almal elke Desember/ Januarie vir 5/6 weke daar afsaal en ontspan. Letterlik afsaal, want alles wat nodig is vir so ‘n wegbreek (amper soos die Albertyns destyds op Kleinmond) word gelaai sodat daar nie later enigiets aangekoop hoef te word nie. “Boots and all” kom hulle dan daar aan en keer terug met omtrent net hul “boots” aan! Die mooiste van die hele gedoente is die volgende: daardie drie vakansiehuise is sowat 3 km van sy eie huis op sy eie plaas geleë!!! Maar see-toe gaan hulle see-toe!! Ja, ‘n boer maak ‘n plan!! -Jean


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 18


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 19

Grand finale beloof sterstatus

KLEINMOND - Tydens Kleinmond Got Talent se semi-finaal wat op 26 September in die Stadsaal plaasgevind het, is die laaste koring van die kaf geskei. Twaalf hoopvolle deelnemers het om ‘n plek in die finaal meegeding, maar ongelukkig kon slegs agt van hulle na die finaal deurdring. Hulle is Jordan Cohen, Mehnert Kids, Pirates, Epic, Nyamende Mnonleli, Heston Makka, Ronaldo Visser en Winston Makka. Hierdie plaaslike talentkom-

petisie se finaal sal op Saterdag, 3 Oktober om 18:00 in die NG Kerksaal plaasvind waar Tribal Echo, Cassidy, Line Dancers en Hangklip Dayseez as die gaskunstenaars sal optree. Die beoordelaars van die finaal is almal reeds bekende vermaaklikheidskunstenaars in eie reg. Dorette Potgieter is ‘n bekende aktrise, model en televisie-aanbieder terwyl Frazer Barry lid van Tribal Echo is en Daniel Morake ‘n DJ by Whalecoast 96 FM.


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 20

Inwoners ding mee om beste potjie vir Anima KLEINMOND - ‘n Potjiekoskompetisie en veiling is op 26 September by Mike’s on Main gehou as deel van ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir die Kinderontwikkelings Intervensie Sentrum, ANIMA. Alhoewel die ses verskillende spanne se potte reeds vanaf 10:00 voorberei is, het die beoordeling daarvan eers vanaf 15:00 plaasgevind. Daar is aan elke span ‘n 2 kg vark of skaap voorsien wat hulle saam met ‘n bygereg op die vuur moes voorberei en stylvol saam met ‘n drankie aan die beoordelaars moes opdien. Die drie beoordelaars, Ockie Marais, Adri Keyser en Fanie Krige het die reuse taak op hul skouers gehad om vyf wenners aan te kondig. Die drie Varkies se Wolwepot het die eerste prys losgeslaan met Green Machine se Waterblommetjiepot in die tweede plek, Gouga Slaghuis se Mengelmoeskardoes in die derde plek

en Porky’s se Kerrie vark pot in die vierde plek. Japan het met groot opgewondenheid hulle prys vir die span met die beste gees ontvang. Dié dag se verrigtinge is afgesluit met ‘n veiling waartydens ‘n groot verskeidenheid van items ook ten bate van ANIMA opgeveil is. Hierdie nie-winsgewende organisasie wat in Bergsigstraat, Sandbaai binne die Christelike Akademie se terrein geleë is, maak vir kinders voorsiening wat nie binne die opset van ‘n hoofstroom skool sal kan aard nie. ANIMA wat “Die Siel” in Latyn beteken, glo dus dat menslike lewe kosbaar is en dat mense met gestremdhede ook die reg het om ‘n lewe vry van diskriminasie te kan leef. Hul beywer hulself daarvoor om ‘n stimulerende, maar nie-komplekse omgewing van liefde en begrip vir kinders met ‘n globale ontwikkelingsagtergrond as gevolg van trauma, beserings, genetika,

Die Drie varkies se Wolwepot het die eerste prys in die Potjiekoskompetisie ten bate van ANIMA Children’s Therapy Centre losgeslaan. omgewingsinvloede en/of geboortedefekte te skep. Die organiseerder, Jakkie Human wil graag al die betrok-

kenes en donateurs vir hulle onderskeie bydraes bedank waarsonder dié dag beslis nie so ‘n groot sukses sou wees nie.

Van links na regs is Ockie Marais, Fanie Krige en Adri Keyser het die beoordeling van die Potjiekoskompetisie op 26 September behartig.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 21

WARM WATER… YAY! Nog nooit voorheen ’n warmwaterstelsel (‘geyser’) in die huis gehad nie? Vir minder as R2 000.00 in totaal – en boonop op ‘n ‘lay-by’ stelsel – is dit nou binne jou bereik! Dit maak ook skaars ’n duik in jou elektrisiteitsrekening.

Tien huishoudings in Proteadorp, Kleinmond, het reeds elk so ’n waterverwarmingstelsel ontvang, wat namens die Johan Visser Charity deur ’n plaaslike inwoner en agent vir die produk, Ray Williams, geïnstalleer is.

‘HOT WATER FOR AFRICA’ is a charity initiative with the objective of doing exactly what it says: taking hot water to the people.

Van die ontvangers van die ‘badkamers’ het briefies van waardering aan mnr Visser geskryf, waaruit uittreksels volg:

Die produk wat vir mense die luukse van warm water teen ’n uiters bekostigbare prys in die huishouding beskikbaar maak, is ‘n eenvoudige dog doeltreffende verwarmingstelsel wat ook ’n slim ontwerpte bad kan insluit.

“We as a family will have great pleasure when it is bath time. We assure you of our thanks. May God bless you.” (Barend en Katrina Dramat)

The driving force behind the campaign is Mr Johan Visser of the homonymous charity organisation. He takes a cold shower every day in solidarity with those who do not yet enjoy the privilege of hot water in their homes. “Ek sal bly koud stort solank as wat ek weet dat so baie mense nog sonder warm water is,” sê mnr Visser.

“…We have never had a geyser in our lives, because we could not affort it. Thank you again, for reaching out to others.” (Millicent Oliver, 85 jaar oud). “For over 14 years I have not had hot water, and now I have hot water in my house. I am so happy.” (Charlotte Makka). “My whole family is very excited about the geyser. It will help us a lot. So thank you again, we appreciate it. (Africa family). “We appreciate your help and

Van links is Johan Visser, raadslid Lisel Krige en Ray Williams (sy seun, ............., staan voor) by die voertuig waarmee die warmwaterstelsels vervoer en afgelewer word. will take full responsibility to look after the geyser.” (Piet en Jeanette Gouws). Lisel Krige, raadslid vir wyk 10, is net so opgewonde en sê dit is deurentyd haar droom om deel

te wees van enige verbetering in die lewensomstandighede van mense in haar wyk. Indien u belang stel in meer besonderhede oor so ’n warmwaterstelsel, skakel vir Ray Williams by 072 864 2255.


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 22


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 23


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 24

Kleinmond Primêre Skool se leerders vang ‘n bietjie gees voor die ABSA Currie Cup wedstryd tussen die WP en die Blou Bulle op Nuweland. Voor van links na regs is Slade Jacobs, Deacon Fyfer, Blaiden Carels. Agter van links na regs is Leighton Swarts, Daniel Byliefeldt, Bladen Plaatjies, Justin Andrews (onderwyser), Ashley Malan en Keaton Krewitz.

The members of the Kleinmond Cycling Club were enjoying breakfast at Mooi Haven on Heritage Day after a mountain bike ride. They are from left to right Hermie, Conrad, Netta, Dudley, Jens, Braam, Bertie, Blake and Lammie.

Kleinmond Cycling Club enjoy Overstrand nature The members of the Kleinmond Cycling Club enjoyed the solitude of nature’s creations on 24 September during a mountain bike ride all along the

shore line between Rooiels and Kleinmond. Their route led them into Pringle Bay past the Hangklip Hotel and Haas Bay to the sea

farm where they carried and pushed their bikes around the flat sea side area of the large sand dunes. They rode down the gravel road to Mooi Haven when they entered Betty’s Bay for a delightful breakfast. There they shared their cycling tales of good and bad moments. When

they left Mooi Haven they cycled past Verwoerd’s Beach to the Main Road at Harald Porter and then home to Kleinmond. All the club members who participated in the outing would like to thank Lammie for arranging the enjoyable day


Overstrand Herald

DAGBOEK

1 Oktober 2015

2 & 3 Oktober: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. HANGKLIP ATHLETICS invites walkers, runners/ joggers to come and participate, every Wednesday, starting 2nd September . Meet at the Sandown Car Park, 5.30pm. Please bring a friend, dogs are welcome but must be on a leash. It’s Free come and see for yourself. Tweedehandse klereverkoping vanaf 08:00 – 11:00, Kerksaal, Eerstelaan 1 Oktober: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis - Loodglas - Keltiese werk. 1 Oktober: Kleinmond Senior Burgers vergader in die N.G. Kerksaal om 15h00. Ons vier die Lente en ons vra dat almal ‘n bossie blomme saam bring. Almal welkom. Koffie , tee en verversings. Kontak Marietjie; 0824455962 2 & 3 Oktober: Walkerbaai Orgideë Vereniging - Orgideë skow St Peter’s Church Hall, Main Road Hermanus. Tyd: 09:00 - 17:00. Toegang R15.00. 3 October: Come and enjoy the Overstrand community vibe while browsing through the creativity of local crafters with a variety of handmade products from 09:30 to 15:00 at the Community Hall Market, Buffels Road, Pringle Bay. To exhibit, please contact Marion Green at 074 505 1277. Upcoming events: Saturday, 7 November 2015 (09:30 - 15:00) Wednesday 16 December 2015 (09:30 - 15:00) 4 Oktober: “Voices for Christ”-damesgroep tree om 15:00 in die Stadsaal op. Toegang is gratis, maar CDs sal na afloop van die program te koop aangebied word. 5 Oktober: Walkerbaai Seëlklub - 17:30 - Rolbalsaal, Hermanus. Navrae 082 376 6252 08 – 10 Oktober: Fynbos STOKPERDJIE UITSTALLING. Ons nooi almal wat stokperdjies beoefen om deel te neem. 1 of ½ tafels pp sal gratis beskikbaar wees om stokperdjie ten toon te stel. Items mag verkoop word. Sluitingsdatum 16 Sept. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 – 14:00) of epos fynbospark@telkomsa.net vir meer inligting. 08 – 10 October: Fynbos HOBBY FAIR. We invite all involved in hobbies to participate. 1 or ½ tables pp will be free of charge to display hobby. Items may be sold. Closing date 16 Sept. Contact Melanie 028 271 3602 (08:00 – 14:00) or fynbospark@telkomsa. net for more information. 12 Oktober: Kansa reel weer gratis borsondersoeke 10h00 tot 14h00 in die Kerksaal, Eerstelaan, Kleinmond. Enigeen welkom. Kontaknommer 028 271 4027 / 082 225 3034

Bladsy 25

16 Oktober: Kogelpark Aftree-Oord hou ‘n Musiekkonsert en Vasvra om 15:00 in die Tobie Erasmussaal. Kom geniet die middag! R20 per kaartjie, wat verversings en ‘n wenprys insluit. Kaartjies te koop tussen 8:00 en 13:00 by Kogelparkkantoor of by Albertyn Apteek. Hentie van der Westhuizen, Bestuurder Kogelpark. Tel: 028-2718000 5 November: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis - Ontwerp van eie papierlas (paper piecing) ontwerpe. Afsluiting van die Jaar 2015. 13 November: Algemene Jaarvergadering van die Kleinmond Belastingbetalersvereniging vind plaas in die Gereformeerde Kerksaal om 10 vm. Kom woon by en bespreek die munisipale sake wat jou na aan die hart lê. 12 December: The Friends of the Hangklip Library invite you to join: HANGKLIP COMMUNITY BOOTSALE Winter is a good time to sort out cupboards & get rid of the clutter. Your unwanted goods may be someone`s treasure! TIME/TYD: 09:00-14:00. VENUE/PLEK: Crassula Hall, Crassula road, Betty`s Bay. Registration fee: R50.00 per car. This can be paid at the Library, Betty`s Bay. Rosaline 028 272 9263. Contact Pip Prinsloo 028 272 9949.


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 26


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 27


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 28


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 29


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 30


Overstrand Herald

BUKSIES

1 Oktober 2015

GESOEK / WANTED

Pappegaai hok of groot voëlhok vir ‘n apie. Skakel 028 271 4745 / 083 566 5294 Bongi is looking for any work 3 days a week. Phone 078 710 6131

Bladsy 31

Dubbelbed duvet in puik toestand R100. Braaidrom op voetstuk – baie min gebruik R250. Ronde geelhout en embuia eetkamertafel met agt stoele in puik toestand R12 000 (nuwe prys R29 000). Skakel 078 624 8754 Lessenaar R300. Waterfilter R350. Sleepwaentjie of trailer – geen aanbod. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580

Margaret soek werk elke dag van die week. Skakel 073 673 5378

680 Jurgens karavaan, 6 slaapplek met gas stofie en yskas R6000 o.h.b. Skakel 079 142 1410

Lucia is looking for work 3 days a week. She has reference 082 653 0625. Phone 073 052 9971

Baba camping cot splinternuut R600 en antieke hout eet stoeltjie R350. Skakel 082 225 3136

Elderly former missionary couple available to care for your house / dogs during Christmas time (18 Dec – 3 Jan). Phone 028 271 3506 / 074 410 1241

Magnum Hot Air Station – for working on electronic printed circuits boards, eg. High fi, microwave, cellphone. Brand new – NEVER switched on. R1500.00. Skakel 072 906 8029.

Aliswa is looking any work any day of the week. She has reference Mrs Nell 071 684 8410. Phone 073 623 8007 Thandi is looking for work 4 days a week. She has reference Mrs Dorian 084 478 4495. Phone 063 267 7680 Busi is looking for any work – experience in cleaning and child care. She has reference M Cilliers 072 872 3472. Phone 074 632 5466 Enkel persoon soek dringend woonstel te huur vir langtermyn vir begin van oktober. Skakel 082 225 3136 Wil u nog verf voor Kersfees? BAIE betroubare Verwer/Bouwer soek verf-, vernis-, en klein bouwerk. Klein of groot projekte – alles word met presiesheid afgehandel. Kan ALLES goed en reg doen. Begin soggens om 8 uur. Kontak MOOS -0711611893

TE KOOP / FOR SALE

Crochet and Fine Knitting by E.E Visser. Empisal sewing machine (electric) with all pattern discs and buttonhole attachments in cabinet. Phone 084 813 6773 TV skottel – 60cm – Visiosat – goed soos nuut met mounting elbow R200 of naaste aanbod. Skakel 082 824 6924 66cm Samsung Kleur TV R100 (reperasies nodig). Phillips rekenaarskerm GRATIS. Skakel 082 909 9798 Groot en klein klippe vir tuine in Pringlebaai – kan net afhaal – GRATIS. Skakel 083 561 5803 Flesse – GRATIS – bring net eie houer – 21 9de Straat. Wit regop vrieskas 325lt in goeie toestand in daaglikse gebruik R300. Skakel 028 271 5316 / 084 523 1035 Telefunken 60cm TV R550. Phone 082 568 3589 Groot garage sale – 140 Tweedelaan Vrydag en Saterdag (2 & 3 Oktober) vanaf 10:00 – 17:00. Van kamp toerusting tot huishoudelike goed – Hou/Bali TC kas ens. Skakel 082 441 4652 Garage sale – Aluminium vensters, trailer, wiele, toilets, gordyne gym equipment en vele meer. Skakel 082 870 4725

Huisgoed (porselein ens) op twee tafels, lang speel plate, Stelle goeie Boeke, Die hele week behalwe hierdie Saterdag. Botrivierweg 61. Hondehok – Groen hardeplastiek hok met los vloer, vir klein tot middelmatige hond. Baie goeie toestand. Twee vlekvrye staal kosbakkies, toonnael skêr, sjampoe en aantal medisynes. R250. Botrivierweg 61 (net nie hierdie Saterdag nie). Hi-line glasvesel kappie vir Bantam bakkie R1800. Skakel 074 582 1121

LOST / VERLORE Green wheelie bin marked “black bags” – Reward R30. Phone 083 207 5721 / 028 271 3893


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 32

KERKE / CHURCHES

The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;

NG KERK: 4 OKTOBER 2015 09:30 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai

Ds. Nico Rabe Ds. Barry Lordan

KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30: Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015: 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015 LEWENDE WOORD BETTYSBAAI H/v Serruria en Watsonia Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons byeenkoms elke Sondag vanaf 17:00 - 19:00. Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Brindley Pritchard 083 459 8903. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 33


Overstrand Herald

1 Oktober 2015

Bladsy 34

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

1 Oktober 2015

Bladsy 35


Golf results Rolbalnuus

Great week of golf and being a long weekend our course was busy until the rain came on Saturday. Three days of competition one day being a Corporate Day and was great having a lot of visitors playing our course. Wednesday 23/09/2015bbb Stableford - 48 players and 5 visitors 1) P Van Heerden & W Smith (47 points) 2) F Bruwer & H Huisamen (46 points) 3) L Van Zyl & W Van Heerden (46 points) Thursday 4 Ball Alliance 2 Scores to Count 24/09/2015 39 players and 4 visitors... Started out to be a beautiful day but the wind came up and the challenge was on to play good golf in the wind. 1) H Ekermans, J Bekker, D Ungerer and T Taljaard (88 points) 2) R Low, L Pfister, S & H Upsher (84 points) Friday 25/09/2015 - KingFisher Day 4 Ball Alliance 2 Scores to Count 1) A October, M Williams, F Cruywagen & Dawie (100 points) 2) J & F Bekker, S & J Ekermans (95 points) 3) K Olivier, R Olivier, P Odendaal & J Smith (92 points)

Five teams from Kleinmond took part in a rain-drenched tournament in Greyton on Saturday. The tournament was decided over 3 games, 2 of 12 ends each and 1 of 14 ends. Roy Galloway, Cai Classen & Monet Meyer finished 2nd overall. Congratulations to Roy and his team! Reminder – Sundowner Bowls. We are trying to encourage folk who have never played bowls, to join us every Friday afternoon at 16h30 to see what the game is all about. Club members bring family, friends & neighbours to join in the fun. Last Friday we had 11 new players who came along to

try their hand, so come one, come all. Reminder – Sunday Bowls. Diarise Sunday 4 October for our monthly Sunday bowls and enjoy a bring & braai afterwards. Daar is kompetisie lyste uit vir klub kampioenskappe, mans en dames viere, mans en dames driespel, asook die Super enkels. Die lys is ook uit vir ons Rondomtalie toernooi wat op 28 November plaasvind. As can be seen, the bowling season is gaining momentum, and we look foward to seeing you all on the bowling green. Kitty

www.overstrandherald.co.za

M Kotze ( V Capt) P Van Heerden, W Smith


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.