10 Desember 2015

Page 1

Olof Bergh 750ml

R86.99

Slim vang sy baas Harbour Rd COOK-OFF This Saturday 14:00

Perlemoen onder slapende kind weggesteek


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 2

Dave van der Merwe

Slim vang sy baas KLEINMOND – ‘n Berugte smokkelaar van Bettysbaai, Dave van der Merwe, het vandeesweek sy rieme styf geloop toe hy met meer as 100 perlemoene in sy kar betrap is. Van der Merwe, sy vriendin en sy seun was in die voertuig toe dit deur beamptes van mariene en kusbewaring onderweg na Rooiels voorgekeer is. Van der Merwe het glo aan beamptes gesê hy gee glad nie om dat hulle sy motor deursoek nie,

hulle moet tog net nie sy slapende seuntjie wakker maak nie. Dié was onder ‘n groen kombersie op die agter sitplek. Die beamptes het toe die res van die kar deursoek maar aangedui dat hulle tog maar na die agter sitplek ook wil kyk. Nou ja, onder die seuntjie is daar toe altesaam 76 ontskulpte en 21 geskulpte perlemoene. Van der Merwe is op die plek in hegtenis geneem en het Woensdag in die hof op Caledon verskyn.


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Weermag ontplooi Die nasionale weermag het soos verlede jaar weer onlangs Operasie Corona geloods. ‘n Tentekamp is by Gansbaai kampeerterrein opgerig en vier blitsige hawepatrolliebote is by die Nuwe Hawe op dié dorp gelanseer. Die operasie was ‘n gesamentlike optrede deur die SA Weermag, Vloot en Seevisserye. Volgens die bevelvoerder van die operasie, Kommandeur Wayne Combrinck, is die doel van die aktiwiteite om die land se mariene bronne en in hierdie spesifieke geval, perlemoen, teen onwettige stropery te beskerm. Die spanne was ook in ons gebied bedrywig, veral snags. Die Herald het verneem dat hulle in Bettysbaai gewaar is. Dit is in alle waarskynlikheid een van die redes hoekom misdaad in Bettysbaai die afgelope tyd skerp afgeneem het. Die operasie het intussen ten einde geloop. ʼn Nuwe operasie, bekend as Pakisa 2 is

tans aan die gang. Dit is ʼn gesamentlike poging van seevisserye en die polisie se watervleuel. Die Herald het verneem dat daar sedert die begin van die kreefseisoen reeds R30 000 se boetes in Hangklip/ Kleinmond uitgeskryf is. Dit is hoofsaaklik kwotahouers wat oortree het. Intussen gaan die smokkelaars klaarblyklik onver poosd voort met hul bedrywighede. Die afgelope week is daar by ten minste twee geleenthede ʼn skuit gewaar wat duikers in De Wetsbaai by Bettysbaai aflaai en na sowat ʼn uur en ʼn half weer koers kies na Hawston. Indien u verdagte optrede gewaar kan u die volgende nommers skakel: Seevisserye se kantoor – 028 2714768 of Johan Fouche by sel no: 084 408 6154. Hierdie berig is saamgestel met die hulp van ons susterskoerant op Gansbaai, die Gansbaai Courant.

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 3


Overstrand Herald

Die polisie op Kleinmond is op soek na hierdie motorfiets wat in September vanjaar in Harbour rd uit ‘n motorhuis gesteel is. Daar is terselftertyd ‘n wit valhelm, leer baadjie en ‘n wit Samsung S5 selfoon gesteel. Die motorfiets is ‘n Suzuki VZ 800. Indien u oor enige inligting beskik wat die polisie in hul ondersoek kan help, skakel sers Rudman by Kleinmond polisie.

10 Desember 2015

Bladsy 4

Weer riool in strandmeer? KLEINMOND – Daar het die afgelope week weer riool in die strandmeer by Kleinmond se hoofstrand beland. Die munisipaliteit se bestuurder op Kleinmond, mnr Desmond Lakey, het by navraag gesê die probleem het as gevolg van ‘n uitskop van skakelaars by die pompstasie ontstaan, moontlik as

gevolg van ‘n onvoorsiene stuwing in die elektrisiteitsgeleiding. “Die strandmeer is onmiddelik na die ontdekking van die probleem afgesper en is die nodige waarskuwingkennisgewingsborde geplaas. Die water in die strandmeer is met ensieme behandel en watermonsters is geneem.”


Overstrand Herald

Bonsai’s kry groot aftrek KLEINMOND - Die Kleinmond Bonsaikunsgroep het van 2 tot 4 Desember ‘n uitstalling gehou. Daar was baie besoekers en te oordeel aan die positiewe terugvoer, het hulle dit terdeë geniet. Die uitstalling is gehou in die binnehof van Neil Rossouw se Coffee Shop in die Spar sentrum. Op die foto verskyn die uitstallers. Agter v.l.n.r. Koos Smit, Manie Mans en Louw Erasmus. Voor: Herman Bruwer en Johan Erasmus. Hulle wil almal bedank wat dit moontlik gemaak het en waardeer die belangstelling van die publiek ( Manie Mans)

NEEM ASB KENNIS SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

10 Desember 2015

Bladsy 5


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 6

www.overstrandherald.co.za What to do with your

kids during the holidays KLEINMOND – Children from 12 and over can express their creativity and sense of fun at Art Fun during the holidays. Barbara du Bois, one of our talented local artists, has opened a working area for this purpose next-door to her gallery at 14 Harbour Road. Children younger than 12 can also attend if they are accompanied by an adult. Kinders kan ‘n bewertjie

(mobile) kom maak, mosaïk skep en lanterns maak. Boonop is daar keramiek bekers, borde of bakke wat versier en geverf kan word. Barbara voorsien alle materiale soos skulpe, glas, verf, gom, stokke, tou ens. Cost involves R100 registration per day and the price of items of their choice vary from R40 – R100. Phone Barbara at 072 341 4172 for more info.


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 7


Overstrand Herald

10 Desember 2015

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? ‘n Baba in ‘n krip Daar is mos min dinge wat normale mense so maklik laat sê: “Aaau!” soos ‘n klein kindjie, hondjie, katjie of welke diertjie dan nou ookal. So is die Jesus-baba dan gebore en voor die mense nog geweet het van sy spesiale rol, sou normale mense soos gewone mense gereageer het op die ou dingetjie. Sou mens dink. En tog was daar ‘n Herodus wat sy soldate gestuur het om al die babas en kleuters in Betlehem te gaan doodmaak. Nie dat

Betlehem ‘n metropolis was nie, maar klein kindertjies is voor die voet afgemaai. Dit was nog altyd so, dat wanneer ‘n leier bedreig voel, hy (of seker sy) begin om alle verbeelde en ander vyande uit te roei. Dis al so van die begin van alle tye af. Niemand in die geskiedenis kan terug staan en hul hande in onskuld was nie. Wat dan nou nog erger is, is dat daar hopeloos te veel mense, eintlik monsters is, wat kinders aanrand of verkrag of vermoor

of sommer alles tegelyk, sonder om eens die flou verskoning van oorlog te hê. Ons is nou net weer deur die internasionale 16 dae teen geweld teen vroue en kinders, en ek weet nie of dit enigsins iewers toegepas word nie. Sekerlik nie op ons dorp nie. Ek onthou dat hier ‘n jaar of twee gelede met groot fanfare ‘n sogenaamde slagofferkamer ingerig is. Is daar ooit selfs net een slagoffer veilige hawe gegee? Die Jesus-baba is darem veilig weggevoer na Egipte waar Hy en sy ouers kon skuil tot Herodus weer ander mense gekry het om te jag. Hoewel dit baie gerieflik is om Herodus die sondebok te maak, was hy nie die eerste in sy soort nie en laaste is hy is hy seersekerlik ongelukkig nie. Die heer Hitler en sy trawante het Jode en sigeuners van alle groottes en ouderdomme met ‘n lied en ‘n lag doodgemaak. Kinders

Bladsy 8 in vlugteling kampe in SuidSoedan vergaan en die grootste deel van die mensdom gee nie ‘n snars om nie. Kinders word wêreldwyd nie net in sonde ontvang en gebore nie, maar in ook in slawerny en skreiende armoede. Dit behoort nie saak te maak dat die ou kleintjies in ‘n spesifieke geloof of ras of van ‘n sekere geslag gebore is nie. Hulle is babas. Hulle verdien beter. As jy nou hierdie Kersfees klatergoudgeskenke aan jou kinders of kleinkinders uitdeel wat hulle nie waardeer en jy nie kan bekostig nie, probeer net ‘n oomblik dink aan ‘n ou babatjie iewers wat sou kon doen met ‘n blik melk, ‘n pak doeke of ‘n houer waterige room (aqueous cream), want die meeste van ons het nie goud, wierook of mirre nie. En onthou sommer verder dat daar ernstige gevolge is vir wie ook al enige kleintjies laat struikel.

Don’t drink and drive

Drink OR Drive


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 9


Overstrand Herald

Briewe

10 Desember 2015

Meneer die klaer Eerstens – Welkom in ons mooi en skoon Biosfeer dorp, Kleinmond. Hier woon ons meesal vreedsaam en stigtelik saam. Hierheen kan mens nie eintlik jou drifte en hoë energievlakke saambring nie, want jy mag of sal dalk gou gefrustreerd raak en dis dan wat dinge vir jou begin krapperig raak. Ek dink jy begin nou reeds krapperig raak. Nou wonder ek mos van watter hogere dorp/stad in ons land kom jy nou eintlik vandaan? Was daar nie ook sulke onaansienlike opdrifsels van die mensdom nie? Was daar nie eens bedelende kinders op julle strate nie? Was julle strate en alle infrastruktuur baie goed versorg en behaaglik en nie afgebreek en verwaarloos nie? Nou wonder ek mos hoekom jy dan nie liewer net daar gebly het nie? Hoekom het ons dorp dan vir jou meer aansienlik en

leefbaar gelyk dat jy hierheen verplant het? En nou kom steek jy sommer so goedsmoeds ‘n lang stok in ‘n bos vol allerhande ongediertes wat daar kan uitpeul – dinge wat jy mos moes van kennis gedra het voordat jy jouself hierheen begewe het, of hoe? Van die ‘bedelaars/homeless’ wat jy hulle ook al wil noem. Ons weet nou al sowat 12 jaar of langer van hulle – hulle groei maar daar op die stoepe, orals in die dorp, soos verdorde straatbome, en niemand probeer hulle nou meer raaksien nie. Want sien – ‘n straatboom kan ook nie juis maklik verplant word nie – hy staan maar net daar. En wanneer, indien ooit, die rondleêrs en rondsitters op die stoepe verwilder sou kon word – dis nou as hulle verwilder wil word – op watter stoep of straathoek sou jy aanbeveel

dat hulle dan gaan tuismaak? En hoekom nou eintlik so naby die stoepsitters verbystap om alles te kan hoor wat hulle so losbek kwytraak? As mens deur ‘n rookwolk stap dan sal jou oë mos brand, stap liewer wyd om hom – ons doen dit almal al vir jare. Ons ‘hoor’ nie meer hulle

Bladsy 10 tale nie, en ‘sien’ hulle nie meer op die grasperk lê nie – ons hou maar wyd van die ‘straatbome’. Maar – het jy nou ‘n goeie en beter plan en ‘n standhoudende oplossing? Laat ons hoor, Meneer! Ou Inwoner van die mooi dorp.

Thank you Wynand We wish to extend a big thank you to Wynand of Bayside Furnishers for going the extra

mile with the music for the Line dancing. We will do a special cha-cha in his honour. Lynette


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 11


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 12


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 13


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 14

Kersliggies Program vir 11 Desember 18H00: Sluiting van hoofstraat vanaf Botrivierweg tot Lagoonweg. 18h30: Lewendige agtergrond musiek. uitpak van stalletjies, bymekaarkom van publiek vir toesprake, aankoms van Kersvader 19h00: Verwelkoming deur Senior Administrasie: Mnr. Desmond Lakey

Bestuurder

Kleinmond

19h15: Kersboodskap deur Uitvoerende Burgemeester Me. Nicolette Botha-Guthrie 19h30: Aftel en aanskakel van die kersliggies deur die Uitvoerende Burgemeester 19h35: Mark begin 23h00: Einde van feesgebeure en opening van Hoofstraat

Christmas lights Programme for 11 December

18H00: Closure of Main road from Botriver Road to Lagune Road 18h30: Live background music, setting up of stalls, gathering of public for speeches, arrival of Santa 19h00: Welcome message by Senior Manager Kleinmond Administration, Mr Desmond Lakey 19h15: Christmas message by Mayor Nicolette Botha-Guthrie 19h30: Countdown and switching on of Christmas lights 19h35: Market starts 23h00: Closure of festivities and opening of Main Road.

Overstrand Herald 028 271 3394


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 15

Fynbos Kunsroete Uitstalling

Fynbos Art Route Exhibition The Fynbos Art Route group will be exhibiting in Kleinmond again from 22 of December 2015 to 9 January 2016. We warmly invite both Kleinmond residents and holiday visitors to come and explore the fascinating variety of artworks on display. Our exhibitors include painters, sculptors and ceramists. You will be able to find small gifts for special people or something unique for your own home. On the other hand, you may just want to come and browse for the sheer pleasure of it. The exhibition will be opened on the 22 December at 16:30

pm by Ms. Nicolette BothaGuthrie, Mayor of Overstrand. You are very welcome to come and celebrate this event with us. Venue: The Boardroom of the Harbour Road Development Company. (Formerly the Backpackers’ Lodge, next to Gringo’s). Clear signposts from the car park at the bottom of Harbour Road will lead you there! Exhibition dates and times: Tuesday 22 December 2015 - Wednesday 9 January 2016 from 10:30 – 16:30 every day except Christmas Day when it will be closed.

Die Fynbos Kunsroete groep stal weer vanaf 22 Desember 2015 tot 9 Januarie 2016 in Kleinmond uit. Ons nooi sowel Kleinmond inwoners en as vakansiegangers hartlik uit om die fasineerende verskeidenheid kunswerke te kom besigtig. Onder ons uitstallers is daar skilders, beeldhouers en keramiekkunstenaars. Dis ‘n ideale plek om pragtige klein geskenkies vir spesiale mense te vind, of miskien iets uniek vir jou eie huis. Jy mag ook net vir pure genotsonthalwe kom kyk. Die uitstalling word op die 22 Desember om 16:30 geopen

deur die burgemeester van die Overstrand, me Nicolette Botha-Guthrie, en almal is baie welkom om hierdie geleentheid saam met ons te kom vier. Lokaal: Die Raadskamer van die Haweweg Ontwikkwelingsmaatskappy. (Voorheen die Backpackers’ Lodge, langs Gringo’s). Daar sal duidelike aanwysings vanaf die parkeerterrein aan die onderkant van Haweweg wees. Uitstalling datums en tye: Dinsdag 22 Desember 2015 – 9 Januarie 2016, elke dag van 10:30 tot 16:30, behalwe Kersdag wanneer dit toe sal wees.


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 16


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 17


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 18


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 19


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 20

VLV sluit jaar af KLEINMOND – Die VLV tak het op 20 November die jaar soos gewoonlik spoggerig afgesluit met ‘n ete waarop die lede hul eggenote trakteer het. Die tafels was fyn gedek

en die gaste kon weglê aan ‘n voorgereg, hoofgereg met 2 vleise, groente asook gebakte pampoentert en nagereg. Daar was seker nagenoeg 130 lede en gaste by die geleentheid.

Baie dankie aan almal VLV voorsitter, Ninnie du Toit en haar man koos

Die VLV Kleinmond wil opreg dankie sê aan die volgende besighede en persone wat ons geborg het: Lu-dal, Kleinmond Superspar, Albertyn Apteek, Blou Bakkie, Carpé Diem Wassery, OK Minimark, Cup a’ Café, ST Motors, Wildekrans, Walkerbay Speserye, Njam, Rina Engelbrecht, Brenda Neethling, Marietta Serdyn, Chas Everrit, en Kleinmond Boekwinkel. VLV bestuur en lede


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Oom Sakkie se Winkel / Singleton’s Die oudste winkelgebou in Kleinmond word op die perseel Tweede Laan 14 gevind. Oom Izak Singleton het ‘n reeds bestaande gebou (toe ‘n motorhawe) in 1937 na ‘n egte negosiewinkel omskep en op sy openingsdag in 1938 was die eerste dag se omset ‘n volle £100 of te wel R2-00!!! Dit was nie ‘n selfdienwinkel nie en alle aankope moes oor die toonbank aangegee word. Die suiker en rys was in groot sink ‘bins’ gestoor en met ‘n skoppie in ‘n papiersak op ‘n skaal wat nog los gewigte as teenwig vir die bv. suiker dien, afgemeet. Paraffien is in (ek skat nou) 4 gelling / ± 18 liter blikke gestoor en met ‘n eenvoudige pompie (daar is nog een in die huidige winkel) in bottels uitgepomp. Kerse, paraffien, vuurhoutjies en primusstofies het oor die toonbank gevlieg, want Kleinmond had nog geen elektrisiteit nie!! In 1979 het oom Izak die winkel se deure gesluit, maar in 1995 het sy seun en skoondogter, Johan en Magda, weer naweke groente en vrugte verkoop.

In 2002 het Johan (so het hy gedink) die winkel se deure finaal gesluit, maar in 2004 het hy sy gebou beskikbaar gestel aan die Bejaardesorgprojek om dit as ‘n tuisnywerheid te gebruik. Die Tuisnywerheid verkoop wit olifante (dalk is daar ‘n Kersfeesgeskenk te vinde?!), allerhande soorte gebak (van pasteie, koeke, tertjies, soetgoed, droëvrugte, konfyte, ingelegde goeters, brode). Die winkel is 18 & 19, 23 & 24, 30 & 31 Desember oop. In 2016 sal dit normaalweg op Vrydagen Saterdagoggende oop wees. Pannekoek word op 12, 19, 23 en 31 Desember gebak. Dalk hoor jy nog die Stoepsitter Boere-orkes speel?!! Oom Sakkie het die afgelope byna 11 jaar meer as R1 100 000-00 ingesamel, en die pannekoekgeld is nie eens ingereken nie!!! Inwoners, vakansiegangers, ou bekendes en nuwelinge, kom maak ‘n draai by Singleton’s waar oom Sakkie (die strooipop op die winkelstoep) jou sal verwelkom!!! -- Jean

Bladsy 21


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 22

Tonne voer deur Wes-Kaap produsente geskenk

www.overstrandherald.co.za

Produsente in die Wes-Kaap het die afgelope maand sowat 120 ton voer tot Agri Wes-Kaap se Droogtehulpprojek bygedra om aan veeprodusente in die provinsie te skenk wat erge weidingstekorte na die afgelope winter se ondergemiddelde reënval ervaar. Vragte lusern, gars, kaf en koringstrooi is deur produsente in die Suid-Kaap en die Kaapse Metropool geskenk en na produsente in die Weskus- en Sandveldgebiede versprei waar beskikbare weiding ses weke gelede reeds opgedroog het. Voerskenkings uit die Suid-Kaap, waar goeie winterreën geval het, is ook na veeprodusente in die res van die land gestuur wat onder die droogte gebuk gaan. Aartappelprodusente in die Clanwilliam-, Lambertsbaaien Elandsbaai-omgewing kon ook 400 ton aartappels met die hulp van Aartappels SA en Simba aan veeprodusente in die Noord-Kaap vir veevoer geskenk. Die 12 vragte aartappels is met die hulp van Griekwaland-Wes Korporatief (GWK) vanaf Lambertsbaai na Upington vervoer, vanwaar KLK Landbou dit na produsente op Williston, Springbok, Upington, Olifantshoek en Kenhardt versprei het waar erge weidingsprobleme ook ondervind word. Omdat veevoer vanjaar as gevolg van die landwye droogte skaars is, betaal produsente tot R1 000 per ton meer vir voer as verlede jaar. Produsente wat nie meer kan bekostig om voer vir hul kuddes aan te koop nie, het begin om hul diere teen ondergemiddelde pryse aan reeds stampvol voerkrale te verkoop.

Volgens veeprodusente in die Swartland gaan hulle beskikbare weiding nog net tot die einde van die jaar voldoende wees en gaan hulle in Januarie ook voer moet begin aankoop of hul kuddes moet uitdun. Mnr Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê kommersiële, sowel as opkomende landbou in die Wes-Kaap, gaan onder ‘n ernstige droogtekrisis gebuk wat bestuur moet word. “Graanprodusente het reeds groot verliese gely en die krisis is besig om na ons veeprodusente uit te brei. Die gebrek aan voer plaas nie net die provinsie se rooivleisprodusente nie, maar ook die melk- en wolbedryf onder groot druk. Produsente moes hulle diere begin voer en voer is skaars en duur. Indien ons Karoo-boere nie binnekort goeie reën kry nie, gaan hulle ook probleme hê om in hulle voerbehoeftes te voorsien,” het hy gesê. Mnr Opperman het gesê die skenkings wys weer duidelik hoe produsente mekaar in tye van nood omarm en hulp verleen wanneer dit swaar gaan met hul kollegas. Hy het produsente wat tot die droogtehulp bygedra het, vir hul ondersteuning en bydraes bedank. Hy het ook sy dank teenoor dr Andre Jooste, uitvoerende hoof van Aartappels SA en mnr Gerhard Botha, Agronomie Verskaffingsbestuurder van Simba, vir hulle ondersteuning bedank. Hy het ‘n beroep op produsente gedoen wat nog beskikbare voer het om te skenk, om met Agri Wes-Kaap te skakel. “Die nood raak baie groot,” het mnr Opperman gesê.


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 23


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 24

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

DAGBOEK

10 Desember 2015

4 & 5 Desember: Singleton’s Winkel is op Vrydag- en Saterdagoggende (somertyd) oop vanaf 08:30-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Vrydag- en Saterdagoggende 11 & 12 Desember Vrydag- en Saterdagoggende 18 & 19 Desember Woensdag & Donderdagoggende 23 & 24 Desember Woensdag & Donderdagoggende 30 & 31 Desember Daarna gaan dit weer normaalweg aan. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die Kleinmond Tennisbane word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Pringle Bay Fynbos market in your what’s on in the area. Next market is this Saturday 7th Nov. On 16th December the PB Art route artists will join the crafters for a busy market. 2nd January is the first one for 2016. Any traders can call Marion to book their space on: 074 505 1277 Community Hall Pringle Bay from 9.30am 3pm. Hope to see you all there. 11 Desember: Overstrand Munisipaliteit Kleinmond Administrasie nooi u hartlik uit na ‘n feestelike geleentheid vir die aanskakeling van die kersliggies deur die Uitvoerende Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie. Kom ondersteun die geleentheid asook die talle stalletjies wat eetgoed en wat nog als bied. Die geleentheid sal plaasvind vanaf 18h30 tot 23h00 in Hoofweg, KLEINMOND, tussen Botrivierweg en Lagoonweg. Kom geniet die samesyn en die musiek. Vir stalletjies geleentheid of navrae, skakel asb. Wilna Hooneberg by Overstrand Munisipaliteit 028-271 8473 of Madelaine Coetzee by die Toerismeburo 028-271 5657. 13 November: Algemene Jaarvergadering van die Kleinmond Belastingbetalersvereniging vind plaas in die Gereformeerde Kerksaal om 10 vm. Kom woon by en bespreek die munisipale sake wat jou na aan die hart lê. 12 December: HANGKLIP COMMUNITY BOOTSALE. All welcome! Almal welkom! TIME/TYD: 09:00-14:00: Refreshments, Pancakes, Puddings, Wors rolls, Curry & Rice/ BOOKS! VENUE/PLEK: Crassula Hall, Crassula road, Betty`s Bay Contact: Pip Prinsloo 028 272 9949. 15 Desember: CHRISTADELPHIANS GOSPEL GROUP by Gemeenskapsaal, te Proteadorp om 19h00. Kaartjies @ R40 en by Basil Swartz (076 088 8347) beskikbaar. Baie dankie! 17 Dec - 24 & 26 - 29 December: Betty’s Bay Arts and Crafts Market at Disa Kloof Youth Camp Site. 20 Desember: KERSSANGDIENS in die NGK-Sentrum te BETTYSBAAI. Almal hartlik welkom om Kersliedere lekker te kom saamsing! Kom drink gesellig tee saam na afloop van die Kersdiens in die sentrum. 21 Desember: Kerssang en Kerslig/ Carols by Candlelight tussen 18:00 en 21:00. Grasperk by die hoofstrand (bring piekniekmandjie en kombers) Almal welkom. 29 December: CANSA Spot the Spot.Free advice on skin spots by dermatologist. Under trees next to Kleinmond lagoon, 9h00 - 12h00. 29 Desember: KANSA. Gratis advies oor velmerke deur dermatoloog. Onder bome langs Kleinmondstrandmeer, 9h00 12h00

Bladsy 25

14 Januarie: Fynbos Dienssentrum OPEN – Eerste etes word bedien. / Fynbos Service centre OPENS – First meals being served. Skakel / Contact Melanie 028 271 3602 (08:00 – 14:00) vir meer inligting / for more information.


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 26


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 27

SA driver Demerit System: All you need to know The South African driver Demerit System has taken years to be implemented but it looks like the green light could be given in April 2016. It was initially signed into law in September 1998 as part of the Administrative Adjudication of Road Traffic Offences (AARTO) Act, Act 46 of 1998. This system, based on those used in Australia and the United Kingdom, has been adapted to meet local needs, according to Arrive Alive. How will the Demerit System work? • Each driver will start out with zero points (irrespective of the

number of classes of vehicle licences held) • Points are allocated according to infringements or offences committed (there are different values for different infringements and offences) • Points are incurred (allocated) on the date a penalty (fine) is paid or when the person is convicted of the offence (as the case may be) • Operators receive points separately from their drivers (ie a transport company receives points allocated to the operators permit) • When you reach 13 points

and more, the licence (and / or operator card) is suspended with effect from 32 days after the maximum points (12) have been reached • The suspension period is calculated in months equal to the number of points exceeding 12, multiplied by three (or such number as may be prescribed by the Minister of Transport) • The number of points (demerits) added will depend on the severity of the offence • The driver / operator may apply for the return of the licence on expiry of the suspension (disqualification)

period • A driver / operator who is disqualified for the third time will permanently loose the licence / operator card and will have to reapply for testing and issue (as if a first time licence / operator applicant) after expiry of the disqualification period • Demerit points will be reduced (for all persons / operators) at a flat rate of one point per every three months (or as otherwise prescribed), except in the case where evidence points to the fact that the process has been deliberately delayed to obtain a reduction in points


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 28

Kleinmond krieket club still undefeated after 8 rounds

BETTYSBAAI – Bettysbaai Jukskeiklub het Saterdag deelgeneem aan Groenbergklub se Opedag op Sandbaai. Die lede van die C span het die silwer medaljes gewen. Die span is vlnr: Ria de Klerk, Helen Hamilton, Erna van Loggerenberg en Willie van der Merwe. ( - Penny Davidson)

Overstrand Herald 028 271 3394

A tight, low scoring game was just what the doctor ordered. Playing against the team from Helderstroom in sweltering heat it was a day that tested the team in different ways. Kleinmond was sent in to bat first and scored a modest 127 runs. The top scorer was Tersius Meintjies with 32. He was ably assisted by Danny Gerber with 19. Defending a low total requires tight bowling and an attacking mindset. This was achieved and the hosts were bundled out for only 92 runs. The bowlers responsible for the victory was Richard Hanson(4/20) and Divan de Wit(2/17). What the team of Helderstroom did manage was for the first time to keep Kleinmond from securing a bonus point. Kleinmond currently has 7 bonus point victories out of 8 victories.

The log position bodes well for a team striving to win the South Boland league and progress to the next league in 2016/2017. For this to materialize will depend on the club’s ability to raise enough funds to meet the Boland Cricket Leagues requirements, most notably is that a bulli pitch need to be used instead of a concrete pitch. This will cost around R50 000 and the club is reaching out to anybody willing to assist with a sponsor. Advertising can be discussed with possible sponsors. For more info please contact our treasurer Divan de Wit on 0839600665. All donations are welcome big or small. The 50 overs season is taking a break until next year with the 20/20 championship starting this coming Saturday against Hawston.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 29

Biblical archaeological lectures

Prof Martin Klingbeil from the USA will be presenting four unique well illustrated public lectures in Somerset West on Biblical Archaeology. He was one of the excavators of the “Fortress of Elah,” known today as Khirbet Qeiyafa or Sha’arayim in the Bible, one of the most important archaeological discoveries relating to the period of the Israelite monarchy. His FIRST lecture on Saturday afternoon 12 December at 4 pm is entitled “Discovering King David: Excavating a 10th century B.C. Judean Fortress”. It will cover his teams’ final excavation seasons at Khirbet Qeiyafa (the biblical Shaaraim) in 2013 which produced some amazing artifacts and a large administrative building (palace) at the top of the site. These excavations confirm the historicity of the biblical account. The SECOND lecture on Sunday afternoon 13 December at 4 pm is entitled “Excavating Ancient Wars at Tel Lachish I: The Assyrian Destruction of 701 B.C.” It will cover his teams’ excavations at Lachish (20132015), especially the 701 BC destruction by Sennacherib (Assyrian destruction) during

the time of Hezekiah and Isaiah (including some exciting new discoveries). This lecture will confirm the veracity of biblical prophecy. The THIRD lecture on Monday evening 14 December at 7 pm is entitled “Excavating Ancient Wars at Tel Lachish II: The Babylonian Destruction of 586 B.C.”. It will also cover his teams’ Lachish excavations, but now focusing on the 586 BC destruction by Nebuchadnezzar, including the famous Lachish letters. These diggings confirm the certainty of the eschatology

of Daniel 2. The FINAL lecture Saturday morning 19 December at 11 am is entitled “Ancient and Modern Wars – Through Fire and Water”. This lecture will focus on how God will see us through the end of times, watching over us in the midst of a disintegrating world around us. Prof Klingbeil will share his teams’ experience during 2014 when they had to

evacuate from Israel because of the Gaza war. ADMISSION to all the lectures are FREE and no booking is required. VENUE is Helderberg College, Helderberg College drive, Somerset West. Direct telephonic enquiries to 0218551312 or 082 8814982 or ficker@worldonline.co.za See also www.bestchoicesever.wix. com/archaeology


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 30


Overstrand Herald

BUKSIES

10 Desember 2015

GESOEK / WANTED

Moos is ‘n betroubare Verwer/Bouwer soek verf-, vernis-, en klein bouwerk. Begin soggens om 8 uur. Kontak MOOS -071 161 1893 GESOEK – Werk vir my Hande! vir skoene reparasies en stoffeerwerk – nog voor KERSFEES. Skoenewerk – hakke, half en vol sole, mans sandale/volle nuwe sole. Upholstery of couches, chairs, riempie chairs - done professionally in your own garage or at my home. Also vehicle seats and hood linings inside car. Baie redelike pryse. ADOLF 061 941 8597 Looking for a 2 or 3 bedroom cottage or a house to rent in Betty’s Bay, Pringle Bay or Rooiels. Phone 071 360 1087

Bladsy 31

– new R800 my price R500. Phone 083 365 5510 Motorhuisverkoping – Swartrivierweg 11 – Hilux dakrak & leer. Rubber bakkiemat. 2 Elektriese stowe. 2 Kreefnette. Blomstaanders (vir troues). Klein voëlkou. Kleur TV. Defy dubbelbalie wasmasjien. 4 Hout kroegstoele en nog vele meer. 072 821 5510 2 Mirrors R300 each (695 x 380 x 5mm) 1 set Genius Computer speakers with amp built in R300. 2 Speaker stands metal sturdy R300 for pair. 1 Potplant stand (1400 high) R300. 1 Ryobi RLT 800 watt Electric Trimmer/weedeater R500. 1 Dog feeder (galvanised steel) R200. 1 Delux wind strap kit R200. 1 Mellerware blue cordless electric kettle R50. Phone 081 334 6510 Trojan Fusion 2 oefenfiets (heart/pulse/mountain range) R750. Phone 062 236 1660

Looking for a garage in Kleinmond, Betty’s Bay or Pringle Bay to rent on a monthly basis. Phone 071 360 1087

Reef Wetsuite sak. Aqaurius duikpak M/L. Reef Gloves (S). Reef Hoody (S). Flippers (Saekodlve) (S). R2000 ohb vir alles (bundle). Winskoop! Skakel 028 273 8698 / 084 411 4005

Looking for a reliable Campervan to buy (that is suitable for touring) as well as a closed trailer to buy. Phone 071 360 1087

Kombuiskas R350. Stortdeur R250. Dubbelbed. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580

Looking for a second hand tow-hitch for Golf 3 or Jetta 3. Phone 071 360 1087 Groot druk Afrikaanse bybel. Skakel 028 271 3093 / 074 855 8595

Robalstel (Henselite standard) Grootte 4/15/16 in tassie R300. Dubbelbed duvet met oorstreksel + 4 kussingslope en bedval R150. Bodyboard vir kinders R30. 2x Natuurprente in mooi rame 41x38cm R50 elk. Skakel 028 271 3419

Sylvia is looking for cleaning or char work on Tuesdays, Wednesdays & Fridays. She has reference 076 699 8033. Phone 078 754 2198

Skaaphondjies R700 elk (Swart en Wit). Tafeltennis tafel R800. Skakel 083 380 3974 / 072 595 3967

Wendy is looking for house cleaning work. She has reference 082 831 4286. Phone 078 879 1938

Makadamia olie en neute te koop. Baie mooi verpakking vir n kersgeskenk. Skakel 028 271 4524 / 076 807 3889

Lucia is looking for work Mondays, Tuesdays and Thursdays. She has reference. Phone 076 779 7350

2-spiral plate electric HOTPLATE- R230.00; smart black 2-light ceiling/ wall SPOTLIGHT for your pub or valuable paintings - R80; 3 genuine Tea Chests R15 each. Sets of good pictures eg. Birds, Six Seasons, Old Gold Artifacts. Other Large pictures, Still life fruit oil painting. 9- laptrays for your braais, different colours – R60.00; Singer Sewing machine, 58 years old, with brand new electric motor, or use by hand, R250.00; 61 Bot River Road. Skakel 028 271 5333

Nonzame is looking for work Mondays to Fridays. Phone 073 905 5876 / 083 657 4333 Fynbos Diensstrum soek ‘n klein vriekas of yskas. Skakel 082 901 7422 Ses 3m lange tentpale. Gazebo 3x3m met waterdigte dak. Werkbare kasset Walkman in goeie toestand. Skakel 028 271 4330 / 071 256 4190. Groot druk Afrikaanse bybel. Skakel 028 271 3093 / 074 855 8595

TE KOOP / FOR SALE

GARAGE SALE Vrydag en Saterdag. Gazania Str 19. Heuningkloof. 082 575 2557. Old Cast Iron Baby cot. Vintage Suitcases. Bone China Tea sets. Christmas Trees and decorations.10 Fishing rods.Caravan mirrors. Blow up Cano. Pedal ski. Lots of ornaments and houshold. Computer desk. Paintings.Tools. New gifts and crafts. Lots of fabric and lots more.

Hout werkbank 1.8m lank x 1m hoog x 7m wyd R550. Veerpyltjie bord (bristle) splinternuut R300. Veerpyltjie bord (bristle) 2de hands R250. Nissan 1400 vergasser en aansitter R500. Skakel 028 272 9693 / 082 229 1549

Meranti “French Window” 225 x 152. Meranti “French Window” 114 x 97. Meranti houtdeur met raam (2 stuk) 90 x 210. Corian kombuisblad (L shaped) 260 x 60 en 110 x 60. 2 Kombuis hoek kassies met glasdeure en rakkies. Kontak Theo 076 315 1465

Binoculars – as new condition R700. 1.4 m Combination aluminium ladder R750. Dartboard (Spalding) in cabinet R150. Foot Spa – as new R100. Phone 079 522 4183 / 028 271 3094

Fietshelm naby tennisbane opgetel. Skakel 028 271 4330 / 071 256 4190

2x Empire styl stoele R1200 elk of R2000 vir albei. Skakel 028 271 3394 werksdae tussen 08:00 – 13:00 Petreanze Creations rottang stel – 3 stoele plus tweesitplek bank in goeie toestand R1500 ona. 2 Ronde houttafels R30 elk. Skakel 082 829 6128 Vetplante. Skakel 028 271 4331 Vodafone Smart 4 cellphone – brand new with extra back cover in box

GEVIND / FOUND

Kamera, identifiseer hom en dit is joune. Skakel 082 577 5049

VERLORE / LOST

Bruin beursie verloor naby Plamiet. Skakel 028 271 3093 / 074 855 8595 Prescription glasses with black frame in black hard cover case with the word ‘morgan’ written on outside of case. Phone Chané 072 130 9591 / 076 733 9911


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 32

KERKE / CHURCHES

The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome

LEWENDE WOORD BETTYSBAAI H/v Serruria en Watsonia Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons volgende byeenkomste: Kerssangdiens 13 Desember om 09h30 by Lochnerhof Laerskoolsaal Somerset-Wes, 20, 27 Desember, 3, 10, 17 Januarie om 18h00 by bogenoemde adres in Bettiesbaai. Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Brindley Pritchard 083 459 8903. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondagoggende 09:30. Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 / Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;

NG KERK: 13 DESEMBER 2015 08:15 Kerk Ds. Sias Meyer 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Steven Sass 10:00 Kerk Ds. Sias Meyer Woensdag 16 Desember 09:00 Kerk Ds. Braam Hanekom KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30: Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 20 Dec: 19:00 Christmas Carol Service / 25 Dec: 07:00 Christmas Service 27 Dec: 07:00 1st Sunday after Christmas KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Christmas Mass times: 20 Dec: 19:00 Carol Service/ 24 Dec: 18:00 / 25 Dec: 09:30/ 26 Dec: 17:30 / 27 Dec: 09:30 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond 24/12/2015: Weihnachtsgottesdienst mit Hannes Trauernicht in der Fellowship Church 72 6th Street Kleinmond. Gottesdienste 2016: 24/01/2016


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 33


Overstrand Herald

10 Desember 2015

Bladsy 34

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

10 Desember 2015

Bladsy 35


Golf Results

Monday 30 November Fish Eagles Final for the year: Winning Team Rhodes Fish Eagle of the Year E. Koopman

WEDNESDAY 02/12/15 4B YELLOW BALL STABLEFORD 1) P, BENADE & H, VAN ZYL 87 POINTS 2) M, ARENDSE & R, JANSEN 86 POINS 3) C, LASSEN & E, LAMBRECHT 82 POINTS

SINGLES MATCHPLAY WINNER - A, DELEN

PLATE

BB MATCHPLAY WINNERS - E, KOOPMAN & A, RAE BB MATCHPLAY RUNNERS-UP - L, PFISTER & H, UPSHER

Fish Eagles final: Winning Team Rhodes

BB MATCHPLAY PLATE WINNERS D, ERASMUS & K, OLIVIER

FRIDAY 04/12/15 SUNDOWNER 2ND 9 1) C, ANTONIE 26 POINTS 2) A, DELEN 23 POINTS 3) B, BOWERS 23 POINTS SATURDAY 05/12/15 4BBB STABLEFORD 1ST 9 BB, 2ND 9 COMBINED. 1)P, BENADE & M, ARENDSE 60 POINTS 2)F, CRUYWAGEN & D, ERASMUS 60 POINTS 3)E, KOOPMAN & A, RAE 59 POINTS MATCHPLAY WINNERS 2015 SINGLES MATCHPLAY WINNER D, ROSSOUW SINGLES MATCHPLAY RUNNERUP - J, STENEVELD

Above: BB MATCHPLAY WINNERS - E, KOOPMAN & A, RAE

Fish Eagle of the Year E. Koopman

Right: SINGLES MATCHPLAY WINNER - D, ROSSOUW


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.