12 Junie 2014

Page 1

Slimfoon-app kan jou beursie vervang

Jong man sterf tragies in eetplek


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 2

Dylan en sy ma Ansie Breytenbach

Jong man sterf tragies Gerard Grobler KLEINMOND – ‘n Vier-en-dertigjarige jong man van die Strand is Sondagoggend hier in die hawe dood na hy ‘n hartaanval gehad het. Dylan Breytenbach was saam met ‘n groep jong mense van regoor oor die Kaapse Skiereiland wat op die dorp saamgetrek het om die lewe van ‘n vriend, David Delport te vier. David is sowat twee weke gelede dood aan kanker.

Die groep branderplankryers het vroeër besluit om ter nagedagtenis van David by die hoofstrand uit te roei en ‘n kringetjie in die see te vorm om hul goeie vriend se lewe in herinnering te roep. Daarna is die groep na Gringo’s in die hawe waar hulle ontbyt sou eet. Adelaide Truter van Gringo’s vertel Dylan het omstreeks 10:20 buite op die stoep by ‘n groepie mense gaan sit. Hy het kort daarna gesê hy


Overstrand Herald voel sleg en toe net skielik inmekaar gesak. Hulle het probeer help deur hom op sy sy te draai. ‘n Plaaslike dokter is gebel. Hy was klaarblyklik by sy spreekkamer, maar het volgens omstanders gesê hy kan nie kom nie, hulle moet ‘n ambulans bel. Die plaaslike paramediese diens, EMR, was binne 3 minute op die toneel en het dadelik begin noodbehandeling toepas. Kort daarna was die Overstrand se brandweerdiens ook daar en dié diens se Jaco Stemmet het ook gehelp. ‘n Plaaslike verkeersman het ook hand bygesit. Toe die Herald opdaag het groepies van Dylan se vriende verdwaas gestaar na die toneel wat hom voor hulle afspeel. Talle het openlik, hartstogtelik gehuil en mekaar ondersteum Effens eenkant, langs die Herald se verslaggewer, het ‘n onbekende swartman lank gestaan en saggies en aanhoudend ‘n gebed geprewel. Na meer as ‘n uur se noodbehandeling, waartydens Breytenbach drie keer skokbehandeling ontvang het, het die noodpersoneel die hartseer besluit geneem om uiteindelik tou op te gooi en is die kombersie finaal oor

12 Junie 2014

Dylan se kop getrek. ‘n Mansvriend het gekniel by sy liggaam en hom ‘n finale drukkie gegee, terwyl omstanders verslae toegekyk het. Intussen het die eienaar van Gringo’s, Adelaide Truter gesê sy is teleurgesteld in die reaksie op die tragedie. “ Ek het die polisiekantoor (028 2718219/8200) vier keer geskakel ( 10.14/10:17/ 10:19 en weer om 10:22). Daar was geen antwoord nie.

Bladsy 3

Die dokter, al was hy by sy spreekkamer, was skynbaar nie bereid om te kom nie. Dit is tog die eerste mense wat jy bel. Waarnatoe gaan jy as jy hulp soek in ‘n krisis? Wie roep jy? Sy sê iets anders wat haar opgeval het was dat die noodpersoneel nie komberse by hulle gehad nie. Komberse moes van die nabygeleë restaurant gebring word. “Hoe werk dit?” wil sy weet.


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 4

Die bakkie het oor die muur van die huis op die hoek van Vierdelaan en Twaalfdestraat geklim.

Kort hier ‘n stop? KLEINMOND - ‘n Inwoner van Twaalfdelaan sê hulle is nie verbaas dat ‘n ongeluk nou die dag daar by hulle plaasgevind het waar hul straat met Vierdelaan kruis nie. Daar is wel toegeetekens aan weerskante van Twaalfdestraat, terwyl voertuie in Vierdelaan reg van weg het. Wat by die mees onlangse ongeluk gebeur het, vertel ‘n ooggetuie, is dat ‘n rooi voertuig vanaf die see se kant noord op berg se kant toe beweeg het. Op die regterkantse hoek is glo ‘n bos

wat uitsig belemmer en toe hy stadig oor die pad beweeg het, het die wit bakkie, wat van die oostekant af gekom het, voor hom ingery. Die bakkie is glo kort by die agterwiel getref en die slag van die ongeluk het die bakkie so uit rigting gegooi, dat hy met ‘n 90° hoek geswaai en deur die heining van Vierdelaan 163 gebars het. Die rooi voertuig het teenaan die muur van Twaalfdestraat 19 tot stilstand gekom, feitlik regoorkant die bakkie.

Die rooi voertuig het tot stilstand gekom in Vierdelaan na hy oor die bakkie se spoor gery het.


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 5

Riooltrokke glo ‘n probleem vir padgebruikers Jacques Myburgh KLEINMOND - Talle padgebruikers het die afgelope week op sosiale media gekla oor riooltrokke wat glo verkeersreëls verontagsaam. Ina Lindstrom, ‘n inwoner van Kleinmond, was verlede Donderdag in ‘n ongeluk met een van dié trokke betrokke. Volgens Lindstrom het sy gewag vir aankomende verkeer in Porterweg, Bettysbaai, toe ‘n riooltrok van Pringlebaai se kant af wou afdraai in Porterweg. “Hy het sy draai te wyd gevat en het nie genoeg spoed verminder nie en my kar teen die kant geskraap.” Ander mense het op sosiale media in ‘n groep ook vertel van riooltrokke wat glo die 80km/h spoedbeperking in Bettysbaai oorskry. “Ek het die trok een aand probeer inry om te kyk teen watse spoed hy ry, maar kon nie want ek moes toe afdraai vir petrol. Dit kan ‘n groot probleem veroorsaak as hierdie trokke iets/iemand tref!” skryf een op Facebook. Volgens Desmond Lakey, area bestuurder van die Kleinmond munisipaliteit, word spoedoortredings deur riooltrok bestuurders as ‘n verkeersoortreding beskou en word dit deur die betrokke verkeersafdeling hanteer. “Daar word sonder aansien dissiplinêr teen oortreders van padreëls opgetree sodra dit onder ons aandag kom. In een

geval het ‘n werknemer ‘n finale skriftelike waarskuwing vir ‘n oortreding ontvang.” Volgens Lakey is daar tans ‘n tekort aan riooltrokke in die gebied. “Alhoewel die behoefte aan ‘n bykomende riooltrok tydens die begrotingsproses voorgelê is, sal die aankoop daarvan afhang van die toedeling in terme van die gemeenskaplike begroting vir voertuie in die nuwe finansiële jaar, wat eers op 01 Julie begin” sê Lakey.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 6

Nuwe slimfoon-app kan binnekort jou beursie vervang Jacques Myburgh KLEINMOND – ‘n Nuwe slimfoon-app kan binnekort veroorsaak dat jou slimfoon selfs jou beursie en bankkaart vervang. Snapscan wat ondersteun word deur Standard Bank, is ‘n selfoontoepassing/app wat deur FireID in Stellenbosch ontwikkel is en het in 2013 die lig gesien. Dié app, wat jou bankrekening met jou slimfoon verbind, stel die gebruiker in staat om deur die druk van ‘n knoppie met jou selfoon inkopies te doen, hetsy in ‘n winkel of aanlyn. Die gebruiker neem ‘n foto van sy kredietkaart en skep ‘n wagwoord. Die app kan dan gebruik word om QR (quick response) kodes - ‘n soort stafiekode – mee te skandeer. Die geld word daarna outomaties van jou bankrekening afgetrek en siedaar, jy het betaal vir ‘n produk of jou rekening by ‘n restaurant betaal. Volgens Marthélize Tredoux van Snapscan, is daar oor die 5000 besighede landwyd wat Snapscan aangeneem het, waarvan Village Vibe in Kleinmond se hawegebied een is. Besighede, veral

kleinhandelaars, het volgens haar die tegnologie verwelkom. “Dit het hulle in staat gestel om kaartbetalings te aanvaar sonder die onnodige moeite en koste verbonde aan duur kaartmasjiene”, sê Tredoux. “Verbruikers het ook baie positiewe terugvoer gegee en gesê die app is maklik om te gebruik en maak betalings gerieflik.” Met die huidige tendens van kredietkaartbedrog laat dit ‘n mens wonder of jy jou slimfoon met betroubare inligting soos jou kredietkaart moet vertrou. Volgens Tredoux is die app egter baie veilig om te gebruik. “Sodra die kaartbesonderhede in die app ingevoer is, kan die inligting nie weer verander of besigtig word nie. Die enigste inligting wat vertoon word is die laaste vier nommers van jou kaart, sodat jy weet watter kaart jy gebruik. Wanneer jy die app opstel moet jy ‘n vier syfer pin skep, so wanneer jou foon gesteel word moet die persoon jou pin ken om transaksies te doen. Daar is ook geen manier om toegang te kry tot iemand se bankrekening deur die app nie.”


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 7


Overstrand Herald

12 Junie 2014

www.kleinmondonline.co.za

Bladsy 8


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 9


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 10

‘n Groepie leerlinge van Laerskool Kleinmond, saam met hul skoolhoof mnr Gys Huisamen, het Dinsdagmiddag hul eie skoolkoerantjie, THE WHALE TALE, vir die inwoners van Gerimed Tehuis vir Bejaardes kom uitdeel. Dis was groot opgewondenheid vir die leerders sowel as die inwoners van Gerimed!

ATKV finalis uit ons midde BETTYSBAAI - Die altviolis, Maja van Dyk, dogter van Hans en Stefné van Dyk, het so pas verneem dat sy een van slegs 21 musikante landswyd is wat deurgedring het na die ATKV Muziq kompetisie se semi-finale rondte. Sy is tans ‘n derdejaar BMus

student aan UFS met ‘n baie knap altviolis, Jeanne-Louise Moolman as praktiese dosent. Maja vertrek op 21 Junie saam met die jeugorkes, MIAGI (Music Is A Great Investment), op ‘n uitgebreide konserttoer na Europa


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Dis die marinade wat die verskil maak KLEINMOND - Dit is agtuur in die oggend en bitter koud, maar agter die toonbank lag en skerts Steve Botes en Leila Morelli. Dié twee Kleinmonders is die dryfkrag agter die dorp se nuwe braaihoender kitskos-eetplek, La Gallina. Leila, ‘n musikant van Italiaanse afkoms, verduidelik dat La Gallina Italiaans is vir hoender. Nie sommer enige hoender nie, sê Steve. Hy was jare lank ‘n toergids in Afrika en het in die proses heelwat geleer van kosmaak. Hy vertel hy het oor die jare sy spesiale hoender marinade vervolmaak. “ Daar is geen MSG (‘n byvoegmiddel wat die smaak van kitskos verbeter) in of die marinade of die deeg

nie en ons gebruik net natuurlike kruie en bestanddele. Dit is my eie unieke resep,” sê hy. La Gallina is in die Proteasentrum (langs Protea Drankwinkel) geleë. Steve vertel sy ma, Peggy, het in die tagtigerjare vir jare lank ‘n snuffelwinkel in dieselfde perseel in die Protea sentrum langs Hoofweg bedryf. “Dit is soos om huis toe te kom.” La Gallina het hierdie Vrydag ‘n spesiale aanbieding vir die Herald se lesers. ‘n Familieete bestaande uit vier porsies hoender, ‘n groot skyfies en vier bakkies aartappel of koolslaai slaai vir net R89. Moenie dit misloop nie!!

Bladsy 11


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Potjiekos ‘n Gereelde rubriek oor aktuele sake deur Fanie Krige Fanie Krige van Solid Stuff Media Agency is ‘n bedrewe potjiekosmaker wat al in die politieke kookkuns by ‘n kollege klasgegee en ook jare se ondervinding in munisipale kombuise het. Hy glo dat met ‘n bietjie speserye en kruie en genoeg tyd kan jy iets van benerige vleis en moerige aartappels maak. Peper hom gerus met vrae by redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons stuur dit aan.

The welcome walls of Fremantle “You are South African, aren’t you?” For the first time I notice that the stocky old grey-headed lady behind the counter is using a walking frame. She is scurrying around to show me her shop’s collection of second hand books. She did not expect anyone to take an interest in that today, two days after the West Australia Day long weekend. We are probably the first customers of the morning, and my companions are looking at the furniture and other collectables made from Australian wood. We are in Pemberton, a remote forrester’s village in the deep southwest of Australia. This little town has a vast array of tourist attractions, but what made it famous was the still active timber mills that supplied more than half a million sleepers for the Trans-Australian Railway Line, as well as for the London Underground and other railway lines in the United Kingdom. The Karri tree’s wood is renowned for its strength and as a fast grower – stretching up at a pace of a meter per year – it can replenish itself well if it is carefully managed. The illustration of tall sailing ships on the cover of “Soft the Easterlies Blow” attracts my attention as something that may quench my thirst for Australian history, but when

I open the book I see it is a romantic novel. Responding to my affirmative notions to her question, the old lady asks me if we have also moved to Western Australia. “I am so glad that there are so many of your people moving over here,” she says. “When I was still in England during the Second World War, I met a number of South African pilots based at the air force base close to my town. They were always so tough and courageous. It must be something to do with your make-up of Dutch and German ancestors.” “Don’t forget about the French blood in our veins,” I add and when seeing the quizzical look in her eyes start to tell her about the Huguenots and their contribution to our volkie. This becomes quite a long story and eventually she has to draw my attention to the fact that my companions are leaving the shop. In greeting she says that the teaching of history was a bit neglected in her schooling days in England, but that she loves the word Huguenot. An historic event that will not go unnoticed this year in Australia, is the beginning of the First World War in 1914 and the main focus will be on the historic port of Albany, from where the first convoy of Australian

and New Zealand troops, also known as the ANZACs, set sail for the battlefields of Turkey and Europe on 1 November 1914. Huge commerative and community events are planned for Albany from 30 October to 2 November 2014. The sad part of the story is that of the 42 000 soldiers that left more than 27 000 did not return and of the 2000 horses only one was known to return to home soil. Albany has a special place in the remembrance of World War I, with an annual dawn service at the top of Mount Clarence looking out over King George Sound from where the troop carriers left. An ANZAC Peace Park has now been added on the town’s foreshore and will be an attraction for thousands of visitors from the world over. Western Australia’s migration history is fascinating. Millions of migrants have come to Western Australia by sailing ship, steamship, naval vessel and ocean liner either in transit to other Australian ports or as immigrants intending to make Western Australia their home. Immigrants from all over the world have made Australia a very culturally diverse society. The Port of Fremantle is integral to this history. Situated at the mouth of the Swan River, it is the maritime gateway to Western Australia. The first migrants in 1829-30 were mainly retired servicemen on half-pay, professional men with their families, and artisans and servants from Britain. The colony failed to flourish and population stagnated. Between 1848 and 1889, single women were sent to the colony in what became known as the ‘Bride Ships’. The population was enhanced between 1850 and 1868 when convicts were sent to the colony. Indentured workers from many parts of Asia were also significant in populating the far northwest of the colony. The 1890s gold rush brought the first major influx of willing immigrants, mostly from Australia’s eastern colonies but also from southern Europe and

Bladsy 12 other parts of the world. With the need to feed the growing population, a variety of migrant schemes were created to bring market gardeners and farmers to the young State. However, the main influx took place after World War II. Nowadays, South Africans are helping to swell the numbers. In Fremantle, over 400 panels commemorating the names of migrants who arrived through this area have been erected at the Western Australian Museum - Maritime at Victoria Quay. The three stages of the Welcome Walls display more than 21,000 inscriptions, paying tribute to some 45,000 immigrants to Western Australia. The Welcome Walls began as a one-off project in 2004 as part of the commemoration of the 175th anniversary of the founding of the Swan River Colony. It was originally planned to display about 2,000 inscriptions. When the project was first announced, the public response was so immense, that the Western Australian Government of the day quickly came to the decision that the number of inscriptions should be increased to around 8,000. When the Welcome Walls were launched at the end of 2004, public interest in the Walls surged once again. The demand from those who had missed out on inscriptions for the first set of walls was so strong that a second stage was built and launched in 2006, adding a further 8,500 to the original Walls. Public demand remained so high that a further extension was announced. The third and final stage of the Welcome Walls was unveiled in December 2010. My research showed that the few South African names on it are those of people who wanted to escape the Apartheid system in the seventies. The closest to Krige I could find, is Vassiliki Krigas, mother of 3, grandmother of 5, who had been well loved among the local Greek community in Sydney and came to Australia in 1960. (vervolg op bl 13)


Overstrand Herald

12 Junie 2014 (vervolg van bl 12) POTJIEKOS FACT OF THE WEEK Did you know that Potjiekos is also popular in Israel. According to my sister in law in Canada waar sy ‘n kerk en skool vir die they were treated on Potjiekos plaaslike gemeenskap gebou by an Israeli family. Is there het. Die perde begraafplaas waar sy haar diere begrawe het kan vandag nog op die plaas Karwyderskraal buite Hermanus besigtig word. Die produksie word opgevoer om fondse in te samel vir die Hermanus Historiese Organisasie wat dit ten doel het om Hermanus se geskiedenis te bewaar en aan ‘n nuwe geslag bekend te stel. U ondersteuning van die gebeurtenis sal hoogs waardeer word. Kaartjies vir die vertoning op 4 Julie om 19h00 by die Hermanus Burgersentrum kos R80. Vir besprekings en navrae kon Angela Heslop by e-pos: a h e s l o p @ h e r m a n u s . c o . za http://www.hermanus-historysociety.co.za

Perde vrou se verhaal op die verhoog in Hermanus! Die Hermanus Historiese Organisasie bied in samewerking met die bekroonde dramaturg en regisseur Charles J. Fourie van Pringlebaai ‘n aand van toneel aan by die Hermanus Burgersentrum. Die produksie Ella’s Horses is gebaseer op die werklike verhaal van die ‘perdevrou van Hermanus’. Die deernisvolle en treffende toneelstuk vertel die verhaal van die eksentrieke Ella Gordon, wat ‘n ooreenkoms met haar dominee wil aangaan om haar geliefde perde en honde saam met haar hemel toe te vat. Ella was ‘n Skotse immigrant wat na Suid Afrika toe gekom het saam met ‘n reisende sirkus gedurende die vroeë 1900’s. Sy het eers in Hermanus gaan woon maar haar later op die plaas Karwyderskraal gevestig

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 13 anyone who can throw more light on this phenomenon. Apparently the Israeli’s import their potjies from South Africa. I hope to present you, my readers, soon with a recipe for a Joodse Potjie!


Overstrand Herald

12 Junie 2014

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

Dis omdat daar te veel mense in die wêreld is, dat’n mens se lewe so NIKS werd is nie. Indien menslike voortplanting skielik bedreig word, sal lewe weer gekoester word. Maar hoekom, hoekom, hoekom moet ons

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Kanonvoer Wat ‘n aaklige. woord. En tog, het ek oor die naweek besef, is dit al waarvoor miljoene vroue waarskynlik kind na kind na kind het, want oorloë en skietery raak nie minder nie. Inteendeel, dis asof mense nie genoeg daarvan kan kry om ander wreedaardig uit die lewe te help nie. Dit sluit in bendegeweld, politieke opstande, betogings, stamonderonsies, sogenaamde bloedvetes en verskillende godsdienstige faksies. Gedurende elke oorlog, word aan die vroue vertel hoe belangrik hulle is, want die kinders wat hulle voortbring, versterk die volk of die groep. Veral die seuns wat gebore word, word deur militêre en/ of politieke leiers gesien as “nog enetjie vir my”. Is dit hoekom ons so swaar ons kinders in die wêreld bring? Ek raak so woedend wanneer ek hoor en lees en sien hoe maklik daar bomme gegooi of gewere rondgeswaai raak. Ander ma’s se kinders word aan flarde geruk en geskeur. Dis verskriklik. Terselfdertyd verkoop mense hul kinders as slawe, kinders vergaan van honger en verkluim van koue. En asof dit nie erg genoeg is nie, word derduisende kinders per sekonde in wêreldse armoede en ellende gebore en ontvang. Ek lees die naweek van vroue wat positief getoets is met MIV wat die staat wil dagvaar omdat hulle sonder toestemming gesteriliseer is en dit sit my toe verder aan die dink. Hoekom het ons kinders? Om iets aan onsself

te bewys? Uit pligsbesef? Om vroulikheid of manlikheid te toon? In die ou dae verstaan ek moes die vrouens baie kinders hê, oor die toestande so moeilik was. Ten minste ‘n paar uit elke gesin is dood voor hulle vyf jaar oud geword het. Maar deesdae is dinge tog baie makliker. Die wêreld skree so hard oor gelykheid en seksisme, maar hoekom mag ‘n vrou dan nie besluit om nié soos ‘n mierkoningin kind ná kind ná kind uit te druk nie? Die meerderheid van mans selfs in ons eie land reken klaarblyklik hul manlikheid word bewys deur die stringe en stringe kinders wat met húl DNA rondloop. Hoe eenvoudig kan jy wees? Wat natuurlik hierdie saak bevorder, is om mense ongeletterd en oningelig te hou. Dan kan hulle enigiets vertel word. Die mans (en vrouens waar hulle dalk enigsins ‘n sê het) moet tog verder ook kan dink as wat hul ... neus lank is. Kan iemand wat beweer hulle gee om vir hul kinders, willens en wetens die kinders in die wêreld laat kom, terwyl hulle weet dat daar nie sorg vir hulle is nie? Veral wanneer hulle meer as twee of hoogstens drie kinders het. Hoe kan ons sê ons het ons kinders lief en ons sorg nie vir hulle nie. Dis nie iemand anders se plig om ander se kinders te versorg of op te pas nie. Daar is duisende ouerpare wat so graag ‘n kindjie wil aanneem WAT HULLE WIL VERSORG EN LIEFHê, maar hulle kan nie, want daar is nie sulke babas beskikbaar nie.

Bladsy 14 wag tot ‘n krisis ontstaan, voor iemand weer respek vir lewe kry? Of mans moet die kraamproses deurgaan. Dan sal die mense-ras, die vet weet, binne een eeu uitsterf. Of ten minste dan seker oorlog.

Briewe Heartfelt thanks We, the Coert family wish to express sincere thanks to everybody who shared in Linda’s life.Thanks for your prayers, concern, support, telephone calls, messages, visits, contributions, kind words

of condolence and floral tributes during our time of bereavement and loss. It is highly appreciated and acknowledged. God bless you all. Coert Family

Thanks be for Library! At last we are going to get a larger library, starting some time in January 2015. I hope that the existing staff will stay on and make a good library an excellent one. I and many

others have a lot to be thankful for regarding the excellent and courteous service provided by them. Thank you very much. John Orford

Desmond antwoord In die OH van 5 Junie het ‘n brief verskyn van Gerald Botha oor die gebrek aan geriewe vir smouse op Kleinmond. Areabestuurder Desmond Lakey het laat weet dat hierdie ‘n saak is wat in die nuwe finansiële jaar wat in Julie begin, aandag sal geniet. Desmond Lakey

Baboons in Sunny Seas For the first time in ten years I have seen Baboons in the Sunny Seas part of Betty’s Bay. On Monday, the bins put out for emptying by the council on Clarence Drive were turned over and the contents scattered by baboons. It is plain that these animals are starving in the present cold spell would

it not be common sense for the council to provide some sort of feeding program under the current conditions. I have witnessed a female baboon trying to scoop up and eat bird seed I had put out. Surely something can be done.... Frank Helm


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 15

Knutselklasse by Allerlei Allerlei het in Junie begin om werkswinkels in verskillende handvaardighede (crafts) aan Kleinmond se knutselaars te bied. “Ons begin met basiese werkswinkels, waar die mense meer oor die materiale, agtergrond en tegnieke van ‘n kunsvorm leer, en ’n klein voorwerp voltooi. Later sal meer gevorderde klasse en kursusse aangebied word,” sê Kobie Coetzee, nuwe eienaar van Allerlei. Vandag, 12 Junie, se werkswinkel is Macrame, ’n kunsvorm waar dik katoendraad in verskillende knooptegnieke gebruik word. Die finale produk vir die dag is ’n potstaander gemaak met die mees basiese knope. Materiaal vir hierdie werkswinkel is ingesluit by klasfooi. “Mens hoef nie ’n Voortrekker of Scout te wees om hierdie tegniek baas te raak nie, en mans en vroue kan kom saamknoop,” sê Kobie. “Vir Donderdag 19 Junie beplan ons ’n Bauernmalerei (Folk Art) werkswinkel. Dis ’n baie ou volkskuns waar hout-artikels met ’n eenvoudige verftegniek versier word. Hier hoef jy ook nie ’n wafferse kunstenaar

‘n Macrame potstaander met basiese knope.

te wees om die tegniek te bemeester nie. Deelnemers gaan eers die basiese kwashale oefen en sal dan huis toe kan gaan met ’n voltooide sleutelrakkie. Materiale vir hierdie werkswinkel kan in die winkel aangekoop word.” Die 26e se werkswinkel is broodkuns, wat deur Willemien van Rooyen aangebied gaan word. Sy vertel dat dit ook ’n ou volkskuns is waar brood in duursame kunsstukke verwerk word. Elke deelnemer gaan ’n servetring of Alice band maak wat met broodblomme versier is. Werkswinkels kos R50 per sessie en daar sal iets te knibbel wees so tussendeur die geknutsel. Intussen is die kinderklasse ook al op dreef. Daar is nog ruimte oop vir kleuters van 4-7 jaar. Hulle kom op Woensdagmiddae 2-3 uur bymekaar. Die laerskoolklas op Vrydagmiddae 3-4uur het ook nog ruimte vir nuwelinge. Belangstellendes moet asseblief vroegtydig hul name by ALLERLEI Tweedestraat 32 kom opgee, sodat ons weet vir hoeveel mense om voor te berei. Of skakel Kobie by 028 271 3430.


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 16


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 17


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 18

www.overstrandherald.co.za

Connie trek na Doer-onder KLEINMOND Connie Ottogalliee verhuis permanent na Australië op Vrydag 13 Junie 2014 na haar kinders om daar te gaan aftree. Ons ken haar nou alreeds van 1994 - toe Shadylane Kwekery nuut op Kleinmond begin het. Dit was veral John wat met haar

in kontak was toe Connie nog gereeld die kwekery besoek het. Op 8 Junie het Connie kom tot siens sê deur ‘n Sondagmiddagete by Cup’a Cafe te kom eet. Almal wat haar geken het, wens haar alles van die beste toe vir die toekoms.


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 19

Gaskunstenaars: www.overstrandherald.co.za Con Spirito uitvoering KLEINMOND - Soos gebruiklik gaan nie net die koor vanjaar tydens sy gala-aand optree nie, maar gaan ‘n paar gaskunstenaars ook luister aan die aand gee. Bea Whittaker en Sandra Odendaal se sangtalent is al jare aan ons bekend en hulle vorm ook sommer deel van die koor!! Hulle oefen nou nie elke week saam nie, aangesien Bea op Stanford bly en Sandra anderkant die berg skool hou, maar as hulle kan, is hulle hier!! Vanjaar gaan ons eie Ivan Rebroff (soos James Munnik hom noem), Louis Fourie, ons weer vergas op sy nootspan van hoog na baie laag as hy sy Duitse en Russiese liedere gaan afstof. Ander kunstenaars in eie reg is o.a. Chrisjan Cruywagen met sy goue trompet wat vir Sandra gaan help, terwyl hy die koor bystaan in Song of Peace, Huisie in die berge en Funiculi, Finicula. Onder ons eie koorlede gaan

Flippie Kok haar vingers oor die trekklavier se klawers laat gly, terwyl Roelien van Altena en Janice Anderson die trom en simbaal die praatwerk sal laat doen. Die begaafde Van Dyks (Stefné en haar dogter Maja) en Sumarie Prinsloo gaan die strykinstrumente (kontrabas en viole) bespeel en so luister aan van die uitvoerings gee. Donderdag 19 Junie se optrede word deur die Kleinmond Fellowship Church behartig, terwyl die koor self die optrede vir Vrydag reël. Albei aande se kaartjies is R40 p.p. Die deure open om 18:15 en die uitvoering begin stiptelik om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by die kerklidmate, koorlede en Albertyn Apteek. As jy nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie slaap – skrik wakker en kry ‘n kaartjie. Soos gewoonlik gaan dit die moeite werd wees om die koue te trotseer, want die koor gaan jou warm laat kry van pure lekkerte!! -- Jean

Nuwe verkeersboetes die hoogte in KAAPSTAD – Die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke het Dinsdag aangekondig dat sekere padverkeersboetes in die provinsie dramaties verhoog gaan word. Bestuurders wat sonder ‘n rybewys ry gaan voortaan met R1000 pleks van die huidige R500 beboet word. Die boete vir ‘n onpadwaardige voertuig styg van R1000 na R3000. Bestuurders wat nie by voetoorgange vir leerders stop nie sal voortaan R3000 moet opdok in stede van die huidige

R500. Die boete vir diegene wat nie by ‘n stopstraat stilhou nie word verhoog van die huidige R500 tot R1500. Ignoreer jy ‘n sperstreep gaan jy R2500 moet betaal pleks van die bestaande R1000. Mense wat verkeersligte verontagsaam gaan voortaan ‘n boete van R2000 teenoor die huidige R1000 moet betaal. Spoedboetes vir motors bly dieselfde maar die vir minibuses en passasiersbusse styg ook. Die nuwe boetes tree op 1 Augustus vanjaar in werking


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 20


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 21


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 22

Seniors beraad oor geweld KLEINMKOND - On a very blustery cold Tuesday afternoon the 5 June 2014 Anthea van der Pluym came to speak to the Kleinmond Senior Club. What a dinamic speaker with a very stong convincing message. The 25 plus people who veNtured to leave there home were given much to ponder on. Her message was: how to handle violence. Anthea het vir 10 jaar in haar vroë veertigs met baie geweld in haar en haar familie se lewe geleef. Onder andere was haar vader ‘n slagoffer van ‘n plaasmoord, haar skoonouers is aangeval en verkrag sy self het in onluste en betogings beland, en haar motor is met klippe bestook. Sy het besef dat vir 10 jaar sy vasgevang was in groot vrees, vrees selfs vir dinge wat nie sou gebeur nie. So groot was haar ontsteltenis dat sy nie verder vir die lewe kans gesien het nie en het ‘n poging aangewend om selfmoord te pleeg. Anthea het, terwyl haar lewe stadig tot ‘n einde gekom het besef dat sy haar liggaam kan laat sterf, maar dat haar siel altyd sal voort leef. Sy is betyds gevind en haar liggaam is aan haar teruggegee. Daarna het sy nooit opgehou om aan die siel te werk nie. Sy is daarvan oortuig dat sou elkeen van ons die vrees in ons lewe kan breek, daar vir ons ‘n vredevolle lewe voorlê. Sy het elke stelling wat sy gemaak het met Bybelverse gestaaf. Sy is positief en absoluut oortuig dat

elkeen van ons geweld in hierdie land van ons kan stop as ons vrees aan bande kan lê. Sy het die teenwoordiges uitgedaag om alles in hul vermoë tedoen, om hulp te kry van wie of waar ook al, maar om net van vrees ontslae te raak. “Dit betrek jou, oorheers jou en maak van jou ‘n wrak”. Die seniors se volgende byeenkoms sal op Donderdag 3 Julie plaasvind. wanneer hulle ‘n “Beatle Drive” speletjie om 3.00 in die NG Kerksaal in 1ste laan aanbied. Daar sal lekker pryse te wen wees. Skakel Melanie Wiles 028 271 3602 vir meer inligting.


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 23

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 24


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 25

100 unemployed benefit from work placement initiative KLEIONMOND - Mthimkhulu Community Development (MCD) Programme - a program of the Grail Centre Trust - has entered into partnership with the Independent Development Trust (IDT) for their work placement program. The opportunity is given to 100 unemployed beneficiaries (mainly youth) from Overstrand and Theewaterskloof Municipalities to be placed at various businesses/organisations to be exposed to meaningful work environments. Beneficiaries commenced the 9-month placement on Monday, 09 June with 40 of them from Kleinmond. Coupled with work readiness training, including work ethics; rights and responsibility at work; financial management etc, beneficiaries will receive on-the-job training in the various sectors. In 2012, only 9 host organisations took part in this initiative; this year the centre has a total of 18 host organisations – with SPAR (Kleinmond) & Emmanuel Shalom Salon (in Hermanus) newly added. Since the inception of this project in 2012, 25 young people have been full-time employed at the host organisations they were placed; 5 full-time placed elsewhere; and 14 entered into tertiary institutions and pursue the career to which they were exposed. The various career placements include administrators, teachers’ assistants, journalists, cashiers, mechanical work, hairdressing, frail care and Educare teachers. Selection for beneficiaries for this project was done through the unemployed database at MCD – young people register and submit their CVs at the job centre and indicate their field of interest. The host organisations form part of the interview panel to select suitable candidates. For information on employment AND/OR study opportunities at Mthimkhulu or at other institutions. Contact details: Nicky/Sylvester @ job centre – 028 271 5648. Nicky 079 6687 146. Facebook - Mthimkhulu Community Development


Overstrand Herald

12 Junie 2014

DAGBOEK

13 & 14 Junie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdag-oggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/0727780249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. 16 June: The Overberg Quilters’ Guild will be meeting at 9.30 at the de Wet Hall, Roos Street, Onrus. Block project.

Bladsy 26

30 Junie: Kleinmond Leeskring vergader om 15:00 in die Biblioteek. Too much happiness deur Alice Munro word deur Margie Wilson,Annette vd Heever en Tess Bruwer bespreek. Almal is baie welkom. Skakel Saryna van As by 082 378 0057 01 – 05 Julie: Fynbos Wintermark N G Kerksaal. 01 – 05 July: Fynbos Winter Market 29 Augustus: VGK Kleinmond, Debutante Bal, kaartjies verkrygbaar @ R50pp by Ouderling Maria Hoffman – 072 766 7561 / Ouderling Sophie August – 078 429 9615

BUKSIES

17 Junie: Die Kapgroep vergader om 09:00 voor die Inligtingsburo vanwaar hulle uitgaan om indringerplante in die veld rondom Kleinmond uit te kap. Nuwe vrywilligers baie welkom. Kontak Leon Louw 028 271 5022. 18 Junie: Kleinmond Bird Club. Venue: Suprise slide show - 15, 12th Avenue. Meet at venue 09:30. Winter has now arrived, so good time to switch our outing indoors this month. Justin and Ann-Marie have kindly opened their home to us for a suprise slide show, so expect to see some interesting bird pictures. If the weather should be nice, a walk around the garden looking for garden birds is always worthwhile. Tea and coffee will be available. Club levy R5. All welcome. Enquiries Justin / Ann-Marie van den Hoven 028 271 4668 20 Junie: Ons wil graag ‘n ondersteuningsgroep vir mense wat worstel met Depressie, Spanning of soortgelyk begin. Kom drink ‘n tee by Fynbos Seniorsentrum, N G Kerksaal om 10:00. Vir meer inligting kontak Corrie 028 271 3865 / 084 877 5356 20 June: We would like to start a support group for people struggling with Depression, Stress or similar problems. Join us for a cup of tea at Fynbos Senior Centre, D R Church Hall at 10:00. For more information contact Corrie 028 271 3865 / 084 877 5356 21 Junie: Laerskool Kleinmond hou Karnaval! Heerlike koeke, terte, poedings, pannekoek en middagetes beskikbaar. Kindertafel, speletjies, snoepwinkel, plaasstal en rustige teetuin en potjiekos rond die dag af! Kom geniet die dag saam met ons kinders by Laerskool Kleinmond. 22 Junie: om 10H00 (Sangdiens) tree die Gospel groep op in die VGK Kleinmond 24 Junie: Byeenkoms Kleinmond Kiekie Klub. Tema: Deel van die geheel/ Part of the whole. * Slegs ‘n gedeelte van ‘n voorwerp moet in die beeld vertoon maar dit moet steeds duidelik wees wat die voorwerp is. Dink aan ‘n gedeelte van ‘n boot of net die oog van ‘n mens of dier. Daar is baie moontlikhede. Aanbieding: Kobie Coetzee, Hulle verblyf in Suid Korea. 25 Junie: Tweedehandse klereverkoping by NG Kerksaal in Eerstelaan vanaf 8:00 – 11:00 26 June: Friends of the Hangklip Library. Theme: “ ART of WALKING – Alexander Technique presented by Marguerite van der Merwe. Path to Health, correct postural, mobility & walking patterns. Time: 10:30. Venue: Betty`s Bay Library/Bettysbaai Biblioteek

GESOEK/ WANTED Florence is looking for a job as domestic worker. Available any day of the week. Phone 072 303 2984. Olga is looking for for a job as house-worker. Monday - Saturday. Phone 083 333 4572. Maliviwe has his own bakkie and wants to do gardening. Phone 078 603 9435. Tape/casette player. Phone 028 271 4548 072 252 9438 Ivy is looking for dometic work five days a week. Phone 078 734 4664 Yonela wants to do domestic work. Available three days a week. Phone 078 172 2224 Bottelproppies en -doppies van plastiek koeldrank- en melkbottels. Ook enige hersirkuleerbare rolle of papier vir gebruik by Anima Sentrum vir Gestremdes. Bring na Herald kantoor. Margaret is looking for charwork. Phone 076 706 6155.

TE KOOP/ FOR SALE Te koop bruin mans leerbaadjie. Grootte XL. Prys: R600. Skakel 072 805 4804. 1997 Jurgens Penta Woonwa. Uitstekende toestand met volledige tent, sytent, grondseile en baie ekstras. Prys onderhandelbaar. Skakel 082 556 2352


Overstrand Herald

BUKSIES

12 Junie 2014

Please adopt Jill

Groot dubbeldeur ys/ vrieskas. Goeie werkende toestand. R950. Skakel 078 515 9058. Garage sale. Saturday 14 June. 14 Bob Laubscher Street. Household goods, books etc. No electrical goods. Phone 076 195 3961 Sony kleur TV. Perfekte toestand. R850. Skakel 078 515 9058. Wheelchair almost new. Picnic baskets. 9 ribbed heater. New men’s leather jacket/ boots (SIZE 38/NO.8). Phone 028 272 9875 / 084 580 1298 Tamdan bike R600. Canoe R799. Two paddle skis R600 ea. Phone 072 018 9700. Electric oven. R300. Phone 028 273 8617 Hob R120. Printer’s tray with ornaments R350. Phone 083 228 7714. Platinum Orbitrek & Fitness trim machine. Skakel 028 271 3887/ 078 558 0292. Fiat Multipla (2003). 6-sitplek. Uitstekende toestand. Volle diensrekord. Een eienaar. R40 000 onhb. Skakel 082 470 2460/ 028 271 5842.

Bladsy 27

KLEINMOND - We are trying our best to find a home for Jill. Jill is currently at Kleinmond Animal Welfare Society in the Western Cape. she has been with KAWS so long, she lost count of all the years. She is not a youngster anymore. About 6-7 years old and yet she has to spend winter in and out at KAWS.We are really hoping that this will be the last winter here for Jill. Maybe, just maybe, she will be able to relax in a warm bed and home of her

own soon, but we are going to need everyone to please share Jill with family and friends. Jill is a very happy, friendly and sweet girl. She enjoys water a lot. She will be happy with a walk every now and again on the beach. She is a Collie X Crow breed. She will fit perfectly into a home with an older couple, as she is not that energetic anymore. She gets along well with other dogs, but tends to get a bit jealous when she is with a human that she thinks is hers and hers alone. She doesn’t fight, just gives a little warning. But her gorgeous manners makes up for that. She walks wonderfully on a lead. She doesn’t even pull. She sits for snacks. A real lady this. She is really not liking this “being in a cold shelter’ anymore and we know her true home is out there. We just need to find it. Please contact Nicola Ramos on 084 803 8873 or nixrsa@gmail. com or Helene Strydom on 073 354 4915 or kleinmondaws@ yahoo.com

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 28

KERKE / CHURCHES

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.

Christian Revival Church “Mend the nets, the catch will be great” Main Road 68 Wednesday Nights at 19:00. All ages welcome. We worship, praise and love God with boldness and with all of our heart, so come and join us! Heinrich 072 460 6226 / Riana 072 403 0599 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Hoof Diaken – Christiaan Bailey: 078 311 1744 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Diaken: Tohlin Oppelt & Diaken: Rachel Arendse –076 166 9811 Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Ouderling: Maria Hoffman & diaken Rachel Arendse: 072 766 7561 Koor oefen elke Disdag aand om 19H00; Koorleier: Janine Floris: 082 495 3950

NG KERK: 15 JUNIE 2014 09:30 Kerkgebou Ds. Guy Roberts 09:00 Sentrum Ds. Ben de Wet

KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Woensdae: Biduur om 18:30 GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Izak Lessing Tel: 028 273 8134 / 083 259 3403 09:30: Oggenddiens Ds Ferdie Postma Geen aanddiens LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay. Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Leilani Abrams 0799804540 Andrew Arendse 0282714002. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Kleinmond Gottesdienst 2014 Sonntag 27 July 2014 - 15h30 Sonntag 28 September 2014 - 15h30 Sonntag 30 November 2014 - 15h30 - Adventsfeier


Overstrand Herald

12 Junie 2014

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 29


Overstrand Herald

12 Junie 2014

Bladsy 30

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

12 Junie 2014

www.overstrandherald.co.za www.kleinmondonline.co.za

Bladsy 31


Kleinmond golf results

F. Eagar & P. Benade Friday 6 June Sundowner: Winner P.C. Theron 24 Points Second F. Budler 24 Points Third L. Pfister 22 Points Saturday 7 June Singles Stableford: Winner P. Benade 39 Points

Second H. Emmenis 36 Points Third S. Upsher 36 Points League results: Kruger League: Kleinmond 3 vs Bredasdorp 5 Brodie League : Kleinmond 6 vs Malmesbury 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.