12 Nov 2015

Page 1

Geliefde tuinier skielik oorlede

Datastoor Wireless kry nuwe base Foto: Vlnr: Malan Lombard (ASK IT), Hennie Coetzee (Datastoor), Wynand Bock (Datastoor), Michael Kiessling (ASK IT), Nico van der Westhuizen (ASK IT)


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 2

Geliefde tuinier oorlede KLEINMOND – Jan Ryans (61) was by baie inwoners bekend as die “Oom met die hondjie in die fietsmandjie”. Die twee was ‘n bekende gesig op die dorp en dikwels het Roxie, die hondjie, in die mandjie bly sit as Jan gou iewers moes inhardloop. Lorraine van Aarde, een van Jan se voormalige werkgewers, het met trane in haar oë vertel hoe mooi Jan almal se tuine onderhou het. Toe hy Roxie so vier jaar gelede gekry het, het sy eers saam met hom gehardloop. Toe Lorraine sê maar die arme dingetjie hardloop haar dood, het Jan ‘n ou yskasmandjie voor op die stuurstang van sy fiets vasgemaak. Roxie het glo sommer gou-gou geleer hoe die vurk in die hef steek met die ryery. Toe haar pote deur die gate steek, het sy ‘n kussing gekry om op te sit. Maar sommer gou het iemand

vir hom ‘n behoorlike mandjie gegee en so kon die twee oral saam beweeg en so het Jan en Roxie ‘n instelling geraak by die huise waar hy gewerk het. Jan is Donderdag na bewering aan ‘n epileptiese aanval oorlede. Me. Johanna Ryans, sy eggenote met wie hy in 1989 getroud is, sê die Hugo’s by wie hy gewerk het, het baie gehelp met al die reëlings toe Jan dood is. Jan laat sy vrou en ‘n seun met sy gesin agter. Hoewel daar blykbaar mense is wat bereid is om Roxie aan te neem, sê Johanna, maar Roxie gaan maar aangaanbly by die huis. Dit lyk of sy Jan baie mis en wou glo net by die Hugo’s in die motor klim toe hulle daar aangekom het. Jan word Saterdag vanuit die VG Kerk op die dorp begrawe. Die diens by die huis is om 09:00 en by die kerk om 10:00.


Overstrand Herald

12 November 2015

Advertorial

ASK Security betree nuwe mark

KLEINMOND – Stel jou voor jy sit by jou huis in Bellville en jy wil gou kyk of alles by jou vakansiehuis op Kleinmond in orde is. Dis maklik, jy doen dit sommer van jou slimfoon af. Jy skakel eenvoudig die afstandbeheerde kameras aan en loer gou, alles met jou foon. Of jy het Spar toe gery en vergeet om jou motorhuis se deur toe te maak. Maklik. Jy gebruik eenvoudig jou slimfoon en laat die deur sak. Dit alles en nog baie meer gaan binnekort moontlik wees met ‘n nuwe reeks produkte wat ASK Security IT binnekort wil loods. Die eienaar van ASK Security, Michael Kiessling, het vandeesweek bekend gemaak dat sy maatskappy ‘n bekende plaaslike internetverskaffer, Datastoor Wireless, bekom het. Die besigheid sal voortaan onder die vaandel van ‘n nuwe maatskappy, ASK Security IT bedryf word. Die man aan die hoof van ASK IT is ‘n bekende in rekenaarkringe op Kleinmond, Nico van der Westhuizen. Tesame het Michael en Nico meer as twintig jaar ondervinding in die sekuriteits- en informasietegnologie bedrywe. “The purchase of the wireless internet section of the Datastoor business is in line with the overall strategy of ASK Security to expand its service offerings to clients but it also links in with the fact that the latest alarm technologies will allow clients to remotely access their alarms via internet to disable, enable and read the status of their alarms remotely. In a connected world one needs to be able to adjust to client needs and to broaden the spectrum of the services offered to ensure that our clients are able to keep in touch.,” said Michael. “Further aspects planned regarding

this venture will in future include home automation and being able to offer clients remote access to cameras installed at your premises via the internet. You will be able to have a look at your house inside and outside before arriving to ensure that all is safe. ASK Security will also expand our service to CCTV monitoring in future as an additional service. The new company will offer residential and business internet as well as Voice Over IP (VOIP), CCTV installations, domain hosting, web development and any internet associated services.” “ Die skuif hou beduidende voordele in vir onder meer bestaande ASK kliënte. Hulle sou byvoorbeeld kwalifiseer vir afslag indien hulle ook van ons internet dienste gebruik maak,” sê Nico. “ Hou maar gerus die Herald dop vir meer besonderhede” “Ons gebruik graag die geleentheid om Wynand en Johanlie Bock van Datastoor te bedank vir die vertroue wat hulle in ons plaas om die internet gedeelte van hulle besigheid oor te neem. Ons gee hulle en u ook, die gerusstelling dat ons verbind is daartoe om die verhouding wat hulle met die kliënte opgebou het, verder te versterk.” Message from Wynand and Johanlie Bock: We want to thank all our loyal customers through the past 5 years. It’s been a long and exciting road up till now and we have been fortunate enough for the business to grow enormously in a positive way. We want to thank Hennie Coetzee for all his input and hard work. Datastoor Wireless would not have been such a huge success if it was not for Hennie’s loyalty and ongoing support. We are totally convinced that Ask Security will take Datastoor Wireless to a new level. We can assure all our clients that you will be in trustworthy hands. “ Contact details: ASK Internet Technologies cc | 4C Harbour Road, PO Box 681, Kleinmond, 7195. Cell: +27 (0)76 914 0774 | +27 (0)82 261 0005 | Website: www.askit.cc | Email: info@askit.cc

Bladsy 3


Overstrand Herald

12 November 2015 * Doen jou deel om misdaad te help voorkom * Rapporteer alle misdaad by die polisie * Registreer by KSW * Beveilig jou eiendom *Ondersteun Kleinmondnagwag * Do your share to help prevent crime * Report all crime to the police * Register at KSW * Secure your property * Support Kleinmond Night Watch

kleinmondsw@gmail.com

KSW oorweeg ’n Kleinmond Spesiale Aanslaggebied Kleinmond Straatwag (KSW) maak tans staat op die vrywillige ondersteuning van ’n relatief klein deel van die gemeenskap vir sy aandeel aan misdaadvoorkoming en die befondsing daarvan. ’n Meer betroubare en volhoubare manier om hierdie doelwit te bereik, en daarmee saam bykomende voordele vir die gemeenskap te voorsien, is om ’n Spesiale Aanslaggebied (SAG) vir Kleinmond te skep.

’n SAG is ’n geografiese gebied waarin alle belastingbetalers deur middel van ’n klein spesiale heffing op hulle eiendomsbelasting ’n bydrae lewer sodat daar bogemiddelde aandag gegee kan word aan die algemene voorkoms van hulle dorp en in die besonder die veiligheid van al die inwoners. Dit is nie-polities van aard en beoog die verbetering van die algemene welstand van al die inwoners en eienaars van

eiendom in die dorp. ’n SAG is nie uniek aan Kleinmond nie – dit word suksesvol in verskeie ander dorpsgebiede en provinsies bedryf, onder andere ook in ons buurdorp Hermanus. Die grense van die beoogde gebied is die oostelike grens van Heuningkloof, die see as die suidelike grens, die berg as die noordelike grens en die westelike grens van Palmiet en die plakkerskamp – dus die totale dorpsgebied van Kleinmond. Die uiteindelike doel daarmee is om te verseker dat Kleinmond ’n uitsonderlike en veilige woon- en besoekplek bly deur sekere bykomende dienste te verskaf bo en behalwe die verpligte dienste wat reeds deur Overstrand Munisipaliteit (OM) gelewer word. Die breë doelstelling met die Kleinmond SAG sou kon wees om veilige, skoon en aantreklike woongebiede, besighede, strande, staproetes en ontspanningsgeriewe te help verseker. Die volgende aspekte sou onder hierdie breë doelstelling

Bladsy 4 hanteer kan word: •

Die volhoubare en sigbare patrollering van die dorp (in samewerking met die SAPS, OM se Wetstoepassing, KSW, KNW, die GPF en sekuriteitsmaatskappye) om misdaad te help voorkom en die veiligheid van alle inwoners te help verseker.

Die inrigting van ’n beheerkamer en die gebruik van tegnologiese hulpmiddels vir misdaadvoorkoming.

Die monitering van bobbejane en die hantering van enige probleme in hierdie verband.

Die motivering en opvoeding van alle inwoners om medeverantwoordelikheid te aanvaar vir die instandhouding en bewaring van alle aspekte wat van Kleinmond ’n spesiale plek maak.

Die hulp wat

voorsiening van aan organisasies vrywillig betrokke


Overstrand Herald is by die voorsiening en instandhouding van openbare geriewe soos voetpaadjies, bankies en ontspanning gebiede. Om goedkeuring te kry dat Kleinmond ’n SAG word, is die volgende nodig: •

Die OM Raad moet verordenings goedkeur waarvolgens die prosedure hiervoor neergelê word en waarbinne die goedkeuring kan geskied. Dit is reeds aangevra en die vordering hiermee sal mettertyd bekend gemaak word.

Die vasstelling van die presiese doelwitte van die voorgenome Kleinmond SAG na oorlegpleging met die gemeenskap.

Die beskikbaarstelling van genoegsame inligting aan alle belastingbetalers rakende die voorgenome SAG.

Die inwin van kontakbesonderhede (veral e-posadresse) van alle belastingbetalers.

Die byeenroep van verskeie openbare vergaderings waartydens die publiek ingelig sal word oor die proses, die doelstellings, die koste en die voordele wat dit vir elke belastingbetaler sal inhou en waar insette ontvang sal word.

Die opstel van ’n besigheidsplan en ’n begroting vir die verwagte uitgawes in oorleg met die gemeenskap, en die vasstelling van die omvang van heffings op eiendomsbelasting om dit te kan finansier.

Die instemming van meer as 50% van alle belastingbetalers is nodig voordat die SAG goedgekeur kan word; daarna is die spesiale aanslag van toepassing op alle belastingbetalers.

Die oprigting van ’n niewinsgewende maatskappy waarheen die inkomste wat deur OM uit spesiale heffings ingevorder word, oorbetaal sal word.

12 November 2015 •

Die verkiesing van ’n direksie deur die gemeenskap. Die direksie sal daarvoor verantwoordelik wees om te verseker dat voldoen word aan die bepalings van die SAG.

Die groot voordeel vir individuele eiendomseienaars is dat verval in die dorp gestuit kan word; dat almal deel in die bate van ’n goedversorgde en veilige omgewing; dat almal op ’n regverdige manier deel in die addisionele koste

volgens ’n skaal wat bereken word volgens die relatiewe waarde van eiendomme; dat die herverkoopwaarde van eiendom verbeter; en dat besoekers veilig voel en in die proses meer geld na Kleinmond bring. Hierdie proses kan lank duur voordat dit gefinaliseer kan word. Intussen gaan KSW voort met sy normale bedrywighede en word daar steeds sterk gesteun op die vrywillige deelname en ondersteuning van inwoners.

Bladsy 5

NEEM ASB KENNIS SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00


Overstrand Herald

12 November2015

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 6

“Bags-of-Love” campaign On Friday, 30 October 2015 the Bags-of-Love Christmas 2015 campaign was launched by Executive Mayor, Nicolette Botha-Guthrie, at a ceremony held at the Overstrand Municipality office. Soon after taking office in 2010, the Mayor became the patron of the Campaign which marks its tenth anniversary this year. The endeavour takes place annually and is aimed at distributing bags made up of essential grocery items, supplemented by additional Christmas treats, to needy families in our communities. Interest and support has grown steadily over the years to the point where a total of 1700 bags were filled and distributed to those identified in Hermanus, Zwelihle, Mount Pleasant, Hawston, Stanford and Gansbaai during the 2014 campaign. This number is expected to increase exponentially this year with an appeal once again being put to the business sector, churches, NGO’s, municipal staff and individuals to donate to this worthy cause. As before, the

media are on board and will promote the Bags-of-Love Campaign through all available channels, i.e. local newspapers and radio stations. Readers and listeners are advised to be on the lookout for the advertisements and broadcasts which will be flighted shortly. The Mayor has further posed a challenge to businesses and interested parties to meet or better the number of bags donated by their peers. BothaGuthrie said, “Let us up the ante this year. For instance if I donate 5 bags, I will challenge my fellow councillors to either meet that amount or to better it. I urge all those who can, to do the same. The bags are filled at a cost of R121-00 and are available, ready packed, at Spar supermarkets in Eastcliff, Kleinmond and Gansbaai. For more information on the Campaign, joint convenors Des Collins and Terry McCarthy are contactable on cell numbers 082 824 1058 and 083 255 8614 respectively.


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 7


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 8


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 9


Overstrand Herald

12 November 2015 verloor het in ‘n oorlog, met groot eerbied, maar dié wat orrlog met soveel entoesiasme aangevoor en gepropageer het, mag hulle brand. En mag óns onthou, dat elke mens wat in ‘n oorlog gedood word, iewers ‘n ma het of gehad het wie se kind dood is. Dít is al wat saak maak.

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Lest we forget Dit beteken: sodat ons nie vergeet nie. Dis wat ingekap staan op die Graf van die Onbekende Soldaat in al die groot stede van die wêreld, ook in Kaapstad. Om 11:00 op 11 November 1918 is vrede gesluit na die Groot Oorlog. Die Groot Oorlog waarin so baie mense hul lewe (onnodig) verloor het. Die Groot Oorlog wat die einde van alle oorloë moes wees, omdat dit so ‘n mense-slagting was. Maar sover dit my lyk, is die mensdom nie gebore in staat om in vrede te lewe nie. Dis dié dat die teenoorgestelde van oorlog, nie vrede is nie, maar ‘n staat van NIE-oorlog. Volgens Clausewitz is oorlog ‘n daad van geweld met die bedoeling om jou teenstander te verplig om jóú wil uit te voer; en dat oorlog net ‘n ander manier is om politiek te bedryf. In ons land is daar nog genoeg manne wat weet wat “diensplig” beteken en wat op mense moes skiet om die begrip te verstaan. Destyds was die interne propagandamasjien so goed dat ek ook oortuig was daarvan dat dit alles geregverdig was. Nou reken ek daar is ernstig met ons kop gesmokkel en dat te veel jong manne hul lewe moes opoffer vir retoriek. Die onnodigheid van oorlog maak my siek. Ek het groot respek vir die outjies wat hulle moes onderwerp aan die basiese opleiding en wat moes instorm en skiet op mense wat hulle dikwels niks gemaak het nie. Hulle het opdragte uitgevoer.

Miskien het hulle nog daarin geglo ook. En nou? Hoe voel hulle nou? Glo hulle nog dit was die moeite werd? Het iemand iets daaruit geleer? Miskien die wapenvervaardigers, want hoe meer daar geskiet word, hoe meer wapens is nodig, en hoe meer geld is daar te maak. Ek het grootgeword met ‘n oupa wat tot met sy dood op 94-jarige leeftyd, oortuig was van die meriete van die Boereoorlog. My pa glo dit nou nog en boonop is/was hy oortuig die Boere het geen foute gehad nie en genl. Piet Cronjé was ‘n lafaard, omdat hy by Paardeberg oorgegee het. (In alle billikheid, wie kon die ou man kwalik neem? Teen so ‘n oormag en met soveel dood en verwoesting reeds om hom? Maar oorlog is nooit billik nie, nie sover ek dit het nie). Maar terug by : Lest we forget. Wat is dit wat nie vergeet moet word nie? Sou dit wees om te onthou hoe verkeerd die vyand was? Sou dit wees dat ons onthou wie almal aan óns kant (wie óns dan nou ookal mag wees) dood is? Eintlik dink ek dis om ons die sinloosheid van oorlog te laat onthou en dat daar beter maniere is om ‘n saak te besleg as om die vale dinges uit mense te skiet. En dís hoekom ek 11 November onthou: Daar ís beter maniere om verskille op te los as met geweld. Die mense wat hulle so vinnig op wapengeweld beroep, is in my oë, dié wat hoofsaaklik haarwortels tussen die ore het. Ek onthou diegene wat hul lewe

Bladsy 10 (Gaan google gerus “Green Fields of France” en “Gallipoli” deur The Fureys and Davey Arthur) (Terloops, van al die betrokkenes by die skoolbusgeval, reken ek het net die Verkeersafdeling reg opgetree. Of mens nou daarvan hou of nie)

Briewe

Kom ons wees skeppend

Ek het probeer dink aan ander dorpe in die Weskaap waar almal so afsydig staan teenoor die eerste indrukke wat hulle dorp maak as die ‘bestuurders’ en ‘stadsvaders’ van Kleinmond. En moet asseblief nou nie die ou afgesaagde ‘Palmiet is nie Kleinmond’ speletjie probeer speel nie - dit is ook afgesaagd, kleinlik en kontra-produktief. Dit staan soos ‘n paal bo water: Kom om die draai vanaf die brug oor die Palmiet-rivier en ‘n paar dinge maak ‘n kwaadwillige aanslag op jou sin vir die estetiese; Geen bome langs die pad nie- en die pleidooi was al voorheen gerigplant tog bome links en regs van die pad vir ‘n kilometer of so. Veral waterpere is inheems, immergroen en groei redelik vinnig. Sandringham se nuwe aansluitpad na die M7 is in pragtige voorbeeld. Behalwe die rioolwerke links (wat maklike verskuil kan word deur die bome) is daar die aaklige snykant van ‘n driehoekige erf met ‘n onversorgde dubbelverdieping huisie anderkant ‘n gevaarlike sloot op die draai na Malherbe straat. Die slordige konglomeraat ding sny soos

‘n stomp mes deur ‘n mens se siel. Aaklig en onaansienlik kan die stadsvaders dan tog nie in hemelsnaam aan iets aantrekliks daar dink nie? Nog bome, ‘n hotel of groot deftige gaste huise links en regs van die pad of ‘winkelkompleks –in die-kleine –of laat julle gedagtes gaan en raak tog om hemelsnaam ‘n bietjie skeppend! Die Westekant van Kleinmond se estetika bestaan nie en stagneer nou al vir twintig jaar of meer. Dit is skandalig! Die pragtige natuurskoon om Kleinmond/ Palmiet is nie ‘n verskoning vir sulke ongevoeligheid en gebrek aan verbeelding en ondernemingsgees nie! Moet die dorp vir ewig verdoem wees tot hierdie onaanskoulike intog in ‘n dorp met baie meer potensiaal vir estetiese ontwikkeling? Die poging tot ‘ontwikkeling’ by die hawe spreek van hulpeloosheid (na my mening) en as daar dalk ‘n vonkie van avontuurlus opduikraadpleeg tog mense wat weet wat hulle doen? Ek dink hier aan die suksesverhaal van die benutting van die werkende hawe by Kaapstad. Ben Smit

2015 Potjie bedankings Graag wil ek die volgende instansies bedank. ATKV Goudini Spa Rawsonville vir hul jaarlikse vriendelike skenking van die 1ste Prys; Arabella vir eerste en tweede pryse; Arabella Chefs, Uwe Grote

and Team; Van Loveren wyne; Hornbill House Self-catering Accommodation 2nd Prize; Honingklip Brouery vir “beer tasting”; Bot Rivier Hotel vir 3de Prys; Oupas Boekwinkel (vervolg op bl 11)


Overstrand Herald

Briewe (vervolg op bl 11) Potjiekosboek; Coke vir die “stage truck”, DJ Leonard en Johimy; die Burgermeester van die Overstrand wat kom besoek aflê het; Haweweg Selfsorg Akkommodasie vir verblyf; Wynand Bock – Afslaer; Vinimark vir geskenke; Bidvest vir geskenk; Wildekrans Restaurant vir piekniekmandjie; Bela Bela Geskenk Kleinmond; Du Toit Kelders- wyne; Wildekrans-wyne; Bouchard Finlayson – wyne; Stellenrust/ Kleinerust – wyne; Johan Kotze – skenking; Ben Theron WP Rugby Unie; SW Goosen

12 November 2015

en Koegies vir braaidromme en Overstrand Herald vir publisiteit. Graag wil ek elke potmaker, besoeker en plaaslik mens bedank vir hul ondersteuning. Sonder julle sou ons dit nie kon doen nie. Adelaide Truter Red: Adelaide het aangedui dat vanjaar die laaste jaar was wat sy die kompetisie gaan aanbied aangesien haar situasie waarskynlik gaan verander. As gemeenskap wil ons haar graag bedank vir al haar harde werk die afgelope jare en voorspoed toewens met haar planne.

Bladsy 11

SmartKids sê dankie Graag wil ons by Mthimkhulu SmartKids ‘n groot” Baie Dankie” aan Spar Kleinmond asook Albertyn Apteek Kleinmond sê vir hul wonderlike bydrae.

Dankie ook aan elke ouer, onderwysers en volunteers vir hul bystand en hulp. SmartKids Hoof, personeel en leerders

Overstrand Hospice sê dankie Overstrand Hospice Winkel (Hermanus) wil graag hiermee ons opgregte dank en waardering bring aan elke persoon/ besigheid vir gereelde donasies aan ons geskenk gedurende die jaar. Elke item/ artikel is vir ons goud werd en help elkeen van u vir ons om ‘n suksesvolle jaar af te sluit! Alle donasies wat ons ontvang,

word aangewend om na ons pasiente en gesinne om te sien. Die Hospice lewer ‘n gratis palliatiewe sorg-diens aan pasiente in die Overstrand munisipale gebied en dit is slegs moontlik deur donasies! Wees verseker ons waardeer jul omgee en ondersteuning opreg! Petro, Overstrand Hospice (Hermanus) 0283131884

www.overstrandherald.co.za

NEEM ASB KENNIS SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

SmartKids hou Debs-bal KLEINMOND - Mthimkhulu SmartKids het hul jaarlikse Debutante bal op Saterdag 31 Oktober aangebied. Die gaste is op ‘n 3 gang maal trakteer. Die wenners was as volg: Seuns: Mnr. Debutant 2015 was Jordan Scholtz en onder die meisies was dit Tiffany Arendse wat as Me. Debutante gekroon is.


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 12

OOM SAKKIE SE “WOOI” Oom Sakkie (die strooipop op Singleton se Winkelstoep) sit nou die dag en peins of dit net ‘blonde’ oomblikke is wat sekere besoekers tref en of dit die ouderdom is wat stadigaan begin inslaan?!) Deur die volgende staaltjies het sy alter-ego (die uwe) lig op die onderwerp probeer werp. ‘n Goeie vriend van my (ons het al ure saam op die fietse deurgeworstel) is nie baie lief vir inkopies nie, veral nie in die Mall anderkant die berg nie. Sy ‘veggenote’ (dit staan blykbaar vir ‘vennoot’ en ‘eggenote’, maar hy dink dis eerder vir ‘veg’ soos in ‘faait’!) weer, moet elke tweede week daar ‘n draai maak en ‘laaik’ dit baie. Hy is so sku vir die gange en winkels dat hy eerder in sy ryding in die hitte op die parkeerplek met ‘n bottel tee en sy koerant as geselskap vir Vroulief sal wag as om dit binne in die ‘leeukuil’ te waag. Om te demonstreer hoe uit voeling hy met die opset is: op ‘n slag het sy wederhelfte aanbeveel dat hy ‘n heerlike ontbyt by die Spore kitsplek moes gaan nuttig. Nadat hy die afslagapteek besoek het, gaan hy na die lokaal waar hy laas die eetplek besoek het langs die flieks. Maar met sy aankoms vind hy geen Spore en geen flieks, net vir A.C.Kermans wat daardie perseel al seker 10+ jare gelede betrek het!! Hy weet nou nog nie waar die flieks is nie! Noodgedwonge moes hy ‘n rukkie gelede saamgaan en hulle parkeer gerieflikheidshalwe onderdak. Na ‘n paar keer se ge-op en ge-af in die gange stuur Vroutjie hom toe vanaf die afslagapteek om solank ‘n pakkie in die kar te gaan bêre. ‘n Halfuur later loop sy hom toevallig in een van die gange raak, nogsteeds met die pakkie in die hand. “En daai?” “Ek was nou al orals, tot daar by Wolwors, maar ek kry nie die trappe nie!” Veggenote!!! Die uwe en kie staan een Sondag ewe rustig op, trek aan vir die kerkbywoning (grys broek en blou hemp) en stap gesels-gesels die 4 straatblokke kerk toe. Daar aangekom, so tien oor nege, groet hy die man by die deur en sê ewe praaitjiesmakerig: “Baie motors

by die Kerk, né?” waarop hy die antwoord kry:”Ja, die koor sing vandag.” Niksvermoedend vra hy ewe :”Watter koor?” en trap oor die drumpel om na die galery te kyk. Wat sien hy? Sy eie koorgenote wat al ‘n driekwartier tevore daar vergader het om ‘n oefening in te kry!!! Huistoe hardloop, verklee en terug het nie eens tien minute geduur nie!!! Hierdie beurtkraggemors het die omie al raadop en moedeloos. Hy weet nie meer of hy kom of gaan nie. Is hy in die oggend na deeglike beplanning van sy dagtaak met sy ou houtwerkies in die buitekamer aan die werskaf en die draaibankie sing tog te mooi, is dit woeps!! – alles morsdood!! Wil hy in die middag ‘n lekker beker boeretroos (is dit polities korrek om nog so te sê!?) maak, kom hy by ‘n koue ketel aan al kan hy sweer hy hét die verdomde ding 5 minute gelede aangeskakel! Saans skuif hy hom reg met ‘n ‘Skotse waterjie’ (onverdun) reg om sy gewilde sepie te volg, en weer is dit ‘tot later, ou mater’! (en versluk hy hom só dat hy die genotjie glad nie kan geniet nie!) Gelukkig kan jy die storie se draad vinnig optel, al kyk jy eers weer ‘n week later daarna, maar hy weet nie meer wat in die wêreld aangaan nie, want geen nuusberig bereik sy oë of ore nie. (As dit nie Eksdom is wat veroorsaak dat die radio nie blêr nie, is dit die klankgolwe wat nie sy ‘transistortjie’ bereik nie, want die stasie is plein vrek of jy hoor net ‘n gesuis!!) Maar die toppunt van frustrasie het hy nou die dag by sy kind in die grote stad beleef: geen verkeerslig het gewerk nie en spitstyd kruie hulle in January Mabozorylaan af terug voorstad toe. Nadat die tenk die helfte van sy gewig verloor het, bereik hulle teen sononder hul ‘veilige’ tuiste, net om te ontdek dat die helfte van die huisinhoud herverdeel is! Tog het sy oog iets wonderbaarliks gevang toe hulle die rylaan verlaat het: hulle het soveel tyd daar op die pad deurgebring dat die rylaan se naam intussen hier aan die onderpunt na February Mabozorylaan verander het!!! Blond of oud?? self!!! -- Jean

Kies maar


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 13

AfriForum Overstrand lei die gemeenskap op Afriforum Overstrand het op 05 - 06 November 2015 noodhulp-, selfverdediging- en patrollie opleiding vir die gemeenskap aangebied. Die kursusse wat op 05 November in die Hermanus NG kerksaal aangebied is, is deur sowat 90 mense bygewoon, wat lede van die publiek en die buurtwagte van Onrus,Vermont, Fisherhaven en Sandbaai, sowel as die publiek ingesluit het. Kursusse in noodhulp en selfverdediging is op 06 November vir 55 hoërskoolleerlinge aangebied. Die selfverdedigingkursus is deur Riaan Coetzee van Fortis aangebied. Hy het beklemtoon dat enige persoon, ongeag sy grootte of geslag, hom/haarself suksesvol teen ‘n aanvaller kan verdedig deur enigiets tot sy/ haar beskikking as ‘n wapen te gebruik. Riaan het dit aan die deelnemers beklemtoon dat ‘n mens te alle tye bedag moet wees op wat om jou aangaan, en dat indien jy aangeval word, helder moet dink en nie moet ophou baklei voordat jou aanvaller bly lê of vanself die aftog blaas nie. JanPiet Cooks van AfriForum hoofkantoor het die noodhulp kursusse aangebied. Die

kursusgangers is bekend gestel aan kardiopulmonêre resusitasie (KPR), beheer van bloeding en verskeie ander basiese metodes om ‘n pasiënt aan die lewe te kan hou totdat gevorderde hulp opdaag. Die kursusse is gratis vir alle deelnemers aangebied, en die kostes van die instrukteurs wat van Pretoria af gekom het, is deur die Overstrand AfriForum tak gedek. “Die vermoeë van ons gemeenskap om selfstandig te kan optree in enige noodsituasie, is vir ons van kardinale belang”, het Elmarie van Dalen, die voorsitter van AfriForum Overstrand gesê. Sy het voortgegaan deur te sê dat AfriForum hulleself beywer daarvoor om die gemeenskap, en in die besonder hulle lede, te bemagtigtig om daar waar die regeringstruktuur faal, self die funksies te kan oorneem. Elmarie het ook beklemtoon dat AfriForum ‘n apolitiese burgerregte organisasie is wat staan vir die regte van minderheidsgroepe. Enige persoon wat ‘n lid van AfriForum wil word, kan Elmarie van Dalen skakel op 079 366 1000 of sms jou naam na 45265


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 14

Little Welsh Dragon turns 95 KLEINMOND – On Friday evening Friends and relatives of Marjory Lewis had a great old shindig at the Tobie Erasmus Hall of Kogelpark to celebrate her 95th birthday. Marjory was born at Newbridge near Newport in South Wales. She is very adamant that she comes from Wales, not England. This former nurse met her husband Geoffrey when he came to meet her sister at their parents’ home at Newbridge, as he had met her before. But unbeknownst to him, the sister had already returned to London where she had a boyfriend and also worked. A friendship then developed between Geoffrey and Marjory and the rest is history. Geoffrey was a mechanical engineer in the Royal Naval Volunteer Reserve. When Geoffrey stated courting Marjory, she was 21 and they were married when she was 22. The first eight years of their marriage was spent mostly apart, because of Geoffrey’s work in the navy. He then joined a large engineering concern in Manchester and they could be together. They had two children, a boy and a girl. When his work sent out a circular asking who would be interested in being transferred to “Africa” 43 years ago, there weren’t many volunteers, as Apartheid was frowned upon by everyone. Geoffrey was very hardworking and loyal to his company and decided he would start their new head-office. He was such a good employee, he never took ill during the week, much to Marjory’s chagrin. If he developed a sore throat or something, it would always be over a weekend, which often upset family plans. The family then moved family to “Africa and what a change the weather was! The couple later moved to Randburg with their children were they lived for 18 years. On retirement, they moved to Hermanus, but some of the companies he had worked for previously, then still wanted Geoffrey’s services, so he worked as a consultant.

Here Marjory Lewis (centre front) appears with her four very good friends (from the left), Sheila Cunningham (89), Doris Nicholas (85), Helen Muller (84) and Annamarie Botha (78). Together they are known as the Five Roses. With them stands Marjory’s niece, Pauline Nelson, who was made an honorary Rose for the evening. Marjory always loved walking and after a fall, she walked all around Hermanus, but became bored with the surroundings. Geoffrey would then bring her to Kleinmond where she walked along the coastal paths and later along beach road. One day Marjory just told Geoffrey to turn op the road to the mountain to see what it looked like that way. That was Botrivier Road and they then came upon Kogelpark. She and Geoffrey moved here. He passed away some years ago, but here she still lives in the house they bought together.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 15

VLV beleef ‘n Stellenbosch-wêreld in Afrikaans! “Wys jou net. Dit kan in Afrikaans gedoen word!” Dit was die oorweldigende reaksie by 13 VLV-lede wat op Vrydag, 6 November ‘n uitstappie na Stellenbosch onderneem het. Jubileumhuis, in historiese Dorpstraat, die hoofkantoor van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland, was die eerste stilhouplek. Hulle kon na die pragtige pryswennerhandwerk van VLV-lede in die Tekstielmuseum kyk, asook die ongelooflik-mooie kantwerk van die Emily Hobhousekantversameling wat daar op permanente bruikleen van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein, uitgestal word. In die Argief word al die organisasie se geskiedkundige dokumente en foto’s bewaar, vandag ‘n waardevolle naslaanbron vir navorsers. Op uitnodiging van Rika Raats, inwoner van Kleinmond en lid van die VLV-tak, het die groep daarna die wynlandgoed Longridge besoek waar haar seun, Jasper Raats die bestuurder/wynmaker en mede-eienaar is. Die groep is in Afrikaans verwelkom, op ‘n keldertoer geneem en kon daarnà na ‘n video kyk wat die plaasbedrywighede en wynboupraktyke in Afrikaans verduidelik met Engelse byskrifte. Vir die toeris moet dit ‘n besondere belewenis wees om die plaas se werknemers in hul kleurryke moedertaal te hoor praat en die verduideliking in Engels te sien, sou hulle nie Afrikaans verstaan nie. Hiermee sê Jasper Raats ook hy salueer die bydrae wat die Afrikaanse boer tot die uitbouing van die bedryf gemaak het. Hier hou die verbintenis met Afrikaans egter nie op nie. Op al die verskillende wyne se bottels is die etikette in Afrikaans en volgens mnr Raats is dit beslis ‘n interessantheid vir veral die Europese wynversamelaar. Behalwe dat daar ‘n wyn na Rika Raats vernoem is, is daar ook een wat vir Emily Hobhouse vereer. Die laaste verrassing was om in die restaurant van

Die vrolike groep VLV-vroue in Jubileumhuis. V.l.n.r. Hermien van Zyl, Annie Jooste, Daphnè Loots, Anne Meershoek, Ninnie du Toit, Anna Naudè, Etta Eksteen, Marita Grobler (agter), Lisbè Badenhorst, Rika Raats, Cecile Jonkheid, Marietta Serdyn en Sylvia Coetzee.

Jasper Raats, in die proelokaal/ wynkelder van die Longridge Wynlandgoed. ‘n spyskaart af te bestel waar Afrikaans naas Engels by elke gereg pryk. Vir VLV-vroue wat vertroud is met die SuidAfrikaanse kookkuns en weet hoe swaar die toerismebedryf steun op die tradisionele Afrikaanse resepte, is dit goed om te sien dat daar ook erkenning is vir die taal van ons kospioniers. Hoekom kan meer restaurante dit nie doen nie?


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 16

2015 Potjiekos Adelaide se swanesang

Adelaide Truter KLEINMOND – Hierdie jaar se Potjiekoskompetisie is die laaste een wat Adelaide Truter van Gringo’s aanbied. Adelaide het in 2015 begin om die kompetisie op die parkeerterrrein voor die restaurant in die hawe aan te bied. Vanjaar se wenners van die Gringos Potjiekoskompetisie is Anthea Botma en Debbie Ludick se Lamskenkel en Bees pot. Tweede was Anel van Urkel en Christene Swartz met ‘n lekker Lamskerriepot en derde was

Rudi Boshoff en sy oom met ‘n Eisbeinpot. Adelaide sê: “Dit was nog altyd vir my belangrik om ‘n ietsie te doen vir my medemens en dis hoe ek aan die gedagte gekom het van die kompetisie. Ek het dan elke jaar vanaf 2010 die fondse geskenk aan ‘n verdienstelike saak. In die proses het ek kennis gemaak met wonderlike mense met wie ek nou al vriende is. Ek dink besonder aan die Brukman familie van die Kaap wat vir die afgelope 5 jaar deelneem en dan soms 3 vakansie huise huur vir die naweek van die potjie.” Sy is baie dankbaar teenoor die mense wat haar gehelp het met die organisasie van die kompetisie. Die verdienstelike organisasies was Anima sentrum vir gestremdes (2x), KAWS, Laerskool Kleinmond, die Tinus Linee-trust, en vanjaar die Fynbos dienssentrum. Adelaide sê daar was aanvanklik tot soveel as 26 potte wat beoordeel moes word! Die wenners vanaf 2010 was, Kleinmond Spar; 2011 – die Bridget Brukman span van die Kaap; 2012 - die WP Ondersteuners; 2013 - Eugene en Deon voorheen Fountain Square; 2014 - Kobus en George van Cutting Edge en vanjaar se wenners, Anthea Botma en Debbie Ludick van Kleinmond. Die grootse bedrag geld wat ingesamel is, was diep in R20 000. Adelaide sê: “Dit was harde werk maar ses wonderlike geleenthede om ander te help. Ek is baie dankbaar dat ek dit kon doen. Nou is dit dankie en tot siens”.


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 17

Senior Burger Klub se wenprogram! KLEINMKOND Bekende woorde, klanke en kleure om die komende Kerstyd saggies aan te raak na maande van sluimertyd – dit was die doel van die afsluitingsbyeenkoms van Kleinmond se Senior Burger Klub. Hulle het skitterend daarin geslaag, na aanleiding van die opgewondenheid en opmerkings vanuit die gehoor! Dit was ‘n gulde geleentheid om weer na die strelende Con Spirito stemme te luister – en dit nogal in Kersfeesstemming! ’n Groot groep lede van hierdie uiters gewilde koor het bymekaar gekom en onder leiding van hul legendariese koorafrigter en begeleier Isabel Wagener, ingewillig om ‘n Kersprogram in te oefen en tydens die Senior Burger Klub se Kerskonsert op te tree – tot groot vreugde van die talle musiekliefhebbers op Kleinmond en omliggende gebiede. Alle belangstellendes was welkom om dit by te woon, nie slegs klublede nie, en meer as ‘n 100 persone het hierdie voorreg aangegryp en geniet – en aangedring op ‘n encore! Benewens die koorsang, is die Kersstemming verder ingekleur deur die treffende openingsgebed van Koos de Wet en ‘n Bybelvoorlesing in die helder stem van die jeugdige Anita Brand oor die Engele se boodskap aan die herders, soos in Lukas 2 omskryf. Later ‘n Kersgedig, “Maria”, van Elisabeth Eybers, gevoelvol voorgedra deur Nienie Burger. Om alle teenwoordiges te betrek, was daar ook samesang van die mooiste Kersliedere, insluitend die eenvoud en prag van die geliefde “Stille

Marietjie Marais oorhandig ‘n geskenkie aan Isabel direk na die optrede van die koor Nag”, nadat die koor dit vooraf in drie tale gesing het. Soos altyd tydens ‘n byeenkoms van hierdie Klub, was daar agterna tyd vir gesels en gesellig kuier oor ‘n koppie tee met keurige versnaperings. Hierdie program was een van die hoogtepunte in die jaar se talle interessante klubaktiwiteite, soos die sekretaris Mauritz van den Berg, tydens sy bedankings uiteengesit het. Die klublede in Kleinmond sê dankie aan Hester Wentzel, klubvoorsitter saam met haar bestuur, vir die jaar se program, en spesiaal ook aan Isabel Wagener, vir die Con Spirito Kersmusiek. Die bestuur van 2016 het beslis ‘n hoë standaard om te handhaaf! Berig en foto’s: Ria Burrows

Die voorsitter (Hester Wentzel) en die sekretaris (Mauritz van den Berg) van die Senior Burgerklub, saam met koorleier Isabel Wagener

Die jongste kunstenaar wat ‘n item gelewer het, Anita Brand, saam met haar jeugdige ouma en oupa in die gehoor.


Overstrand Herald

12 November 2015

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 18


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 19

Siyabulela Debutante 2015 KLEINMOND - Op Vrydag, 6 November 2015 het Siyabulela Pre-Primêr hul jaarlikse Debutante Bal gehou. Die ouers van die leerders werk hard gedurende die jaar om geld vir die skool in te samel. Elke kind kry dan op die Debutante Bal ‘n geskenk ter waarde van 10% van die bedrag wat die kind ingevorder het. Die kinders het pragtig gelyk en die aand was ‘n reusesukses.

R54 000 is ingesamel vir die skool! Mej Debutante 2015, Tyra Lee Swartz het ‘n rekord bedrag van R7 644 ingesamel en Mnr Debutante 2015, Kaylim Windvogel het ‘n bedrag van R3 110 ingebring! Die komitee en personeel van Siyabulela wil al die ouers hartlik bedank vir hul harde gewerk om die fondsinsameling so suksesvol te maak! (Maretha Muller)

Mnr Debutante 2015, Kaylim Windvogel

NEEM ASB KENNIS SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

Mej Debutante 2015, Tyra Lee Swartz


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 20

Kleinmond krieket skitter! 31/10/2015 Kleinmond krieket klub bereik 3 wenne uit 3 wedstryde en met bonus punte nogal! Kleinmond het vir Botrivier op Botrivier met 5 paaltjies die afgelope Saterdag geklop. Dit los die span bo aan die punteleer met maksimum punte na 3 rondtes. Botrivier kon slegs 75/9 aan teken met die Kleinmond boulers J van Rooyen 2/13 en R.Hansen 2/22 wat die oog gevang het. Kleinmond moker toe 80/5 na 13.3 beurte vir hul derde bonus punt sege sover. Kolwers C Jordaan 36 en R Hansen 10* het die telling afgeslaan. Toe ‘n week later – 07/11/2015. Swellendam, wat tweede op die punteleer is (na Kleinmond), speel teen Kleinmond op ons tuisveld. Die besoekers begin goed en met die water breuk(17 beurte) was hulle 60/2. Wat toe gebeur kon niemand voorsien. Divan de Wit boul hulle toe letterlik van die park af. Hy eindig met syfers van 7/40. Hy was

bygestaan deur Richard Hansen met 2/9. Die besoekers kon nie uitmaak wat hul getref het nie en is uiteindelik almal uit vir 87 lopies. Divan was nog nie klaar nie, hy kolf eerste en moker ‘n vinnige 50 net om die sout in te vryf. Hy word gehelp deur Reno Botes(28) wat die plaaslike span na ‘n 9 paaltjie oorwinning help in slegs 12 beurte. Kleinmond poog die jaar om eerste te eindig in die Suid Boland kompetisie. Met 4 uit 4 met bonus punte. Dit sal merkwaardig wees vir ‘n span wat geen borge of finansiele steun ontvang nie en heeltemal selfonderhoudend is. In ander nuus het die Sondag liga span ‘n goeie sege teen Gansbaai gehad. Misha Carelse het goed vertoon met die kolf, gehelp deur Gawie Swanepoel. Die boulers wat paaltjies geneem het was: Martin(1), Tersius(1), Alwyn(1), Richard(1), Arend(1), Dwayne(1), Rooies(1). ‘n Goeie span poging het die span deurgetrek.

Hangklip Netbal KLEINMOND - HANGKLIP NETBAL KLUB het Saterdag hul jaarlikse spoggerige toekenningsaand gehad. Verskeie spelers het individuele toekennings ontvang. Dit was ook die laaste geleen-

theid dat dié klub iets aanbied, aangesien ‘n nuwe klub gestig is, nl. Kleinmond United. Die hoofborg van die geleentheid was Jowas Electricians. (Lee Ashman)


Overstrand Herald

DAGBOEK

12 November 2015

Bladsy 21

30 November: Die leeskringafsluiting word om 14.30 by Bistro 14 gehou. Alle lede is welkom om dit by te woon. Die koste is R30 per persoon. Vir enige navrae kan u 0823780057 skakel.

30 & 31 Oktober: Singleton’s Winkel is op Vrydag- en Saterdagoggende (somertyd) oop vanaf 08:30-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260/ 072 778 0249.

2 Desember: Tweedehandse Klereverkoping. Kerksaal, Eerstelaan 8:00 tot 11:00

Sosiale tennis op die Kleinmond Tennisbane word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10.

03 DESEMBER 2015 – Fynbos Dienssentrum Kersete – 12:00 in die N G Kerksaal. Heerlike Fynbos 3 Gang maal @ R70.00 pp. Bring asseblief u eie drinkgoedjies. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting.

HANGKLIP ATHLETICS invites walkers, runners or joggers to come and participate every Wednesday, starting 2 September. Meet at the Sandown Car Park, 5.30 pm. Please bring a friend. Dogs are welcome but must be on a leash. It’s free, come and see for yourself. Pringle Bay Fynbos market in your what’s on in the area. Next market is this Saturday 7th Nov. On 16th December the PB Art route artists will join the crafters for a busy market. 2nd January is the first one for 2016. Any traders can call Marion to book their space on: 074 505 1277 Community Hall Pringle Bay from 9.30am 3pm. Hope to see you all there. Kleinmond Kiekie Klub: November 15 Byeenkoms. Datum: 24 November 2015. Plek: NG Kerksaal 1ste laan. Tyd 19:00. Tema: Kreatief/ Creative. Jaar eind Funksie Datum van wykskomiteevergaderings / Dates of ward committee meetings: Wyk 9: Publieke vergadering, 12 November 2015 om 16:00 in die Stadsaal, Kleinmond Ward 9: Public meeting, 12 November 2015 at 16:00 in the Town Hall, Kleinmond 17 November: The Overberg Quilters’ Guild will be meeting at 9.30 at the de Wet Hall, Roos Street, Onrus. Our end of year function will be held 18 November: Kleinmond Bird Club - Meet Kleinmond Library 7.30 am Venue; Keurbos Nursery Garden Elgin Valley We will meet Jessie Walton at 8.30 at the entrance to Keurbos and then proceed to the vlei which is located 500m down the road to the bird hide before moving to the garden. Jessie has also kindly arranged for the guest house to be opened, where we can have tea and enjoy the view of another dam where we could see the raptors. Cost of car share ..... R35.00 donation for charity ...... R10.00 Club fee....R5.00 20 November: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting. 21 November: Spring Festival at Kleinmond Fellowship Church. Come and enjoy this festive day with us from 09:00 till 13:00. Cakes, jams and pickles, pannekoek, boerewors rolls, sweets, fresh veggies, white elephant table, handcraft, fun for the kids and a tearoom. 24 November: VLV Vergadering om 14:30 in NG Kerksaal. Ons sluit 2015 af met ons prysuitdeling en verrassing of twee. Almal welkom. 26 November: Kleinmond Senior Burger Afsluitingsete{Kers} in die ACSV saal in 11de Laan om 12hoo. Lede sowel as nie-Lede word hartlik uitgenooi. Koste Lede R40.00 en nie Lede R50.00. Antw. Asb. 20 November. Marietjie 0824455962.

03 DECEMBER 2015 – Fynbos Service Centre Christmas Lunch – 12:00 in the D RChurch Hall. A delicious 3 Course Fynbos meal @ R70.00 pp. Please bring your own liquid refreshments. Contact Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) for more information 09 DESEMBER 2015 – Fynbos Dienssentrum SLUIT. Laaste etes word bedien. / Fynbos Service Centre CLOSING – last meals to be served. Skakel / Contact Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting / for more information. 13 November: Algemene Jaarvergadering van die Kleinmond Belastingbetalersvereniging vind plaas in die Gereformeerde Kerksaal om 10 vm. Kom woon by en bespreek die munisipale sake wat jou na aan die hart lê. 12 December: The Friends of the Hangklip Library invite you to join: HANGKLIP COMMUNITY BOOTSALE Winter is a good time to sort out cupboards & get rid of the clutter. Your unwanted goods may be someone`s treasure! TIME/TYD: 09:00-14:00. VENUE/PLEK: Crassula Hall, Crassula road, Betty`s Bay. Registration fee: R50.00 per car. This can be paid at the Library, Betty`s Bay. Rosaline 028 272 9263. Contact Pip Prinsloo 028 272 9949. 14 JANUARIE 2016 – Fynbos Dienssentrum OPEN – Eerste etes word bedien. / Fynbos Service centre OPENS – First meals being served. Skakel / Contact Melanie 028 271 3602 (08:00 – 14:00) vir meer inligting / for more information.


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 22


Overstrand Herald

12 November 2015

Tennisklubnuus KLEINMOND - Op die onlangse Algemene Jaarvergadering van die tennisklub was daar ‘n paar interessante besprekingspunte. Die voorsitter van die klub, Walter Galloway, het onder meer genoem dat die klub volgende jaar in Oktober sy 50ste bestaansjaar beleef en dat die bestuur se plan is om hierdie mylpaal behoorlik te herdenk. Alhoewel hierdie feesvieringe darem eers oor byna ‘n jaar gaan plaasvind, is die bestuur reeds druk aan die planne maak vir ‘n groot opskop en hoop hulle dat hulle sowel alle oud - as huidige lede betrokke sal kry by die verrigtinge. Lede van die publiek sal natuurlik ook welkom wees om die vieringe mee te maak. Tydens die vergadering is daar ook genoem dat die klub nou nóg ‘n kategorie van lidmaatskap behalwe dié van volle lede, weekdaglede en skoliere het. Die nuwe kategorie is dié van sosiale lede. In hierdie kategorie val diegene

wat om een of ander rede nie meer aan die sosiale spel wil deelneem nie, maar tog nog deel wil wees van al die sosiale aktiwiteite en gesellige verkeer met die ander lede. Die enigste voorwaarde om hierdie sosiale lidmaatskap te bekom, is ‘n eenmalige donasie van jou keuse aan die klub. Die eerste lid in hierdie kategorie is Faan Engelbrecht van Bellville. Hy was vir baie jare ‘n aktiewe lid en geesdriftige speler wanneer hy op Kleinmond vakansie kom hou het en nou kom hy nog gereeld besoek aflê by die baan en kuier op die stoep saam die spelers wat uitsit tussen stelle. Walter het die hoop uitgespreek dat ander oud-lede ook Faan se voorbeeld sal volg en ou bande op die manier in stand hou. Daar word met groot verwagting uitgesien daarna om weer die gereelde tennisspelende besoekers te verwelkom gedurende die feesseisoen. (Mariette Eagen)

Bladsy 23

Overstrand Herald 028 271 3394


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 24

The 2015/16 west coast rock lobster recreational fishing season will open on Sunday, 15 November 2015 and will close on Sunday, 28 March 2016. The 2015/16 WCRL recreational fishing effort will be restricted to 21 days and will be split as follows: · Fishing allowed from 15 November 2015 to 15 November 2015 (1 day) · No fishing allowed from 16 November 2015 until 20 November 2015 · Fishing allowed from 21 November 2015 to 22 November 2015 (2 days) · No fishing allowed from 23 November 2015 until 27 November 2015 · Fishing allowed from 28 November 2015 to 29 November 2015 (2 days) · No fishing allowed from 30 November 2015 until 4 December 2015 · Fishing allowed from 5 December 2015 to 6 December 2015 (2 days) · No fishing allowed from 7 December 2015 until 11December 2015 · Fishing allowed from 12 December 2015 to 13 December 2015 (2 days) · No fishing allowed from 14 December 2015 until 18 December 2015 · Fishing allowed from 19 December 2015 to 20 December 2015 (2 days) · No fishing allowed from 21 December 2015 until 25 December 2015 · Fishing allowed from 26 December 2015 to 27 December 2015 (2 days) · No fishing allowed from 28 December 2015 until 1 January 2016 · Fishing allowed from 2 January 2016 to 3 January 2016 (2 days) · No fishing allowed from 4 January 2016 until 8 January 2016 · Fishing allowed from 9 January 2016 to 10 January 2016 (2 days) · No fishing allowed from 11 January 2016 until 24 March 2016 · Fishing allowed from 25 March 2016 to 28 March 2016 (4 days) A holder of a recreational west coast rock lobster permit shall not engage in fishing, collecting or disturbing west coast rock lobster in Area 7 (Dassen Island), the area between a line in the north ( 270° true bearing) drawn from the co-ordinate 33°15’00”S and 18°07’00”E in respect of Zone C and as a southern boundary the northern beacon MB 1 of the rock lobster sanctuary at Melkbos Point, which is also known as Area 7 (Dassen Island).

Attention is also drawn to Regulation 51, issued under the Marine Living Resources Act 18 of 1998 (MLRA), which provides that only persons over the age of 12 years may obtain from any authorized office, a recreational fishing permit to engage in fishing, collecting, keeping, controlling, landing or transporting of, or to be in possession of not more than four WCRL per day subject to the payment of R94 per permit (R7 application fee and R87 permit fee) as

determined by the Minister under section 25 of the MLRA and published under Government Notice No. 795 in Government Gazette No. 33518 of 10 September 2010. Permits are valid for the entire recreational fishing season. Fishing times for WCRL will be from 08h00 until 16h00 and the bag limit is four per personper day and the size restriction is 80 millimetres carapace length. No person catching WCRL

with a recreational fishing permit may sell his/her catch and any WCRL caught, collected or transported must be kept in a whole state. A maximum of 20 WCRL’s may be transported per day on condition that all the persons who caught such WCRL’s are present in the vehicle, vessel or aircraft during transportation and that such persons are in possession of WCRL recreational fishing permits.

Anima walk to raise money SANDBAAI - Jenni Coetzer, principle of the Anima Centre for mentally and Physically Challenged Kids, invites active and socially minded people to join her in a sponsored beach walk. The walk will take place from the New Harbour in

Hermanus to Grotto Beach on 19 November. Entry fee is R100 per person. Should anyone be interested in sponsoring Jenni on her walk, please contact her on 078 873 1125.


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 25


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 26

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

BUKSIES

12 November 2015

GESOEK / WANTED

Moos is ‘n betroubare Verwer/Bouwer soek verf-, vernis-, en klein bouwerk. Begin soggens om 8 uur. Kontak MOOS -071 161 1893 GESOEK – Werk vir my Hande! vir skoene reparasies en stoffeerwerk – nog voor KERSFEES. Skoenewerk – hakke, half en vol sole, mans sandale/ volle nuwe sole. Upholstery of couches, chairs, riempie chairs - done professionally in your own garage or at my home. Also vehicle seats and hood linings inside car. Baie redelike pryse. ADOLF 061 941 8597. Opsoek na betroubare huishulp om permanent in te woon sonder afhanklikes. Skakel 028 273 8697 Linea is looking for work – she has qualifications – Secretary/receptionist 4 years, typist/data capture (60 words a minute) and computer literate. Phone 082 504 7171 / 073 912 2247 Looking for a 2 or 3 bedroom cottage or a house to rent in Betty’s Bay, Pringle Bay or Rooiels. Phone 071 360 1087 Alleenlopende oud Nelspruiter is dringend op soek na gemeubileerde woonstel om te huur vanaf Desember of Januarie (sal 3 maande vooruit betaal). Skakel 072 964 8563 Themba is looking for general work in Kleinmond or Betty’s Bay Mondays – Saturdays. Phone 073 380 2951 Wendy is looking for work as a housekeeper or cleaner any day of the week. She has reference. Phone 078 879 1938 Looking for a garage in Kleinmond, Betty’s Bay or Pringle Bay to rent on a monthly basis. Phone 071 360 1087 Esther is looking for domestic work Mondays, Wednesdays and Fridays. She has reference 072 425 6050. Phone 081 070 0846 Looking for a reliable Campervan to tour with as well as a closed trailer to buy. Phone 071 360 1087 Edith is looking for domestic work Mondays to Fridays. Phone 060 347 7844 Rita soek werk as huishulp 3 tot 5 dae ‘n week. Het verwysings. Skakel 073 577 2611 Looking for a second hand town-hitch for Golf 3 or Jetta 3. Phone 071 360 1087 Georgina soek werk as huishulp 3 tot 5 dae ‘n week. Het verwysings. Skakel 079 579 5095 Christian is looking for work as a driver, waiter, housekeeper or any general work. Phone 078 400 9551

TE KOOP / FOR SALE

96 bas Trekklavier R2500. 24 bas Trekklavier R1200. Skakel 072 260 0467 Defy yskas/vrieskas R850. Onder toonbank Defy oond R350. Akkerhout tafel R350. Skakel 028 272 9693 / 082 229 1549 2 Pine beddens met matras en kopstukke R200 elk. Skakel 061 459 5891 Enkel ysterbed met sponsmatras R100. Sanlam reiskoffer R200 baie pakplek (“cabin” grootte). 2x Sanlam seil rugsakke R40 elk. Damesjas (Woolworths) 34 – 36 grootte Beige was R1000 nou R450. Opblaas bootjie vir kinders (nooit gebruik) R150. Skakel 028 272 9334 / 084 517 6664

Bladsy 27

Industriële nege toebroodjie rooster – soos nuut – ideaal vir restaurant en koffiewinkels R1500. Skakel 082 902 1785 Brand new 65.5 KVA generator, Honda petrol engine, electric starter, on wheels, suitable for large dwelling, business. Complete with protective fitted cover – save R2000 price R7995. Phone 028 271 4145 Upright Yamaha piano – price negotiable. Phone 083 612 2700 Elna Lotus naaimasjien R800. Kenwood Chef (met alle toebehore) R300. Antieke cannistel stel (proselein met suiker, meel en rys inskripsies) Verskeie Pyrex en Stainless steel bakke. Pragtige ou rame – geskik om spiels in te sit. Skakel 083 229 0756 Toshiba laptop – Maak aanbod. Pine boekrak R350. Lessenaar R250. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 1x 1½ pk Enkelfase eletriese motor, nuut bedraad + 2 nuwe pillar block bearings. 1x Drie verstelbare pully’s R1200. Skakel 082 468 5028 Printer’s tray. 2x Embuia bal + klou stoele. Dubbelbankbed met matrasse. LG Tv. Broodmaker. Samsung 1600w stofsuier. Teal 3 disc speler + radio. Gholf stoke + sak + stootkar. 2 Toilets. National VHS video speler. Boks met allerlei in. Welcome Dover houtstoof. Antrasiet stofie. Skakel 082 870 4725 1996 Sprite Escape 2 caravan in very good condition. Eiland bed, microwave, rally awnings with front + sides, new roof surround. Price R45 000. Reluctant sale due to ill health. Phone 083 631 2124 Towbar for Ford Bantam/Mazda R2000. Single bed Pine base only R300. Phone 028 271 3094 / 079 522 4183 Beige bath taps side handles and outlet in good condition R600. Beige basin with taps and outlet and beige toilet in good condition R400. White corner shower half round with tray R600. Phone 072 192 6184 I matching cabin pull on cases with wheels.(navy) Cellini. Elelectric, teflon coated pie maker. Brand new. Computer logitek camera for skype. Box materials. Phone 084 580 1298 / 028 272 9875 Dubbelbed spons matras, goeie toestand. Prys: R400. Skakel 072 805 4804 Allnet ground cover +/_ 4x6m R220, Ryobi electric chainsaw R180, Cadac skottel braai with extra skottel R230, Bain marie R175, 12v compressor R50, car mats R25, suit cases x3 R105. Various small garden tools R50. Phone 028 271 4969 Milk Kefir plants/grains for sale, R40 per tablespoon size. Phone 076 733 9911 Stewige werksbank van hout met groot Henry skroef R750. Staal kombuiskas 180x40x40cm R100 Defy Kisvrieskas 60x75x85cm in daaglikse gebruik.R500. Verhuis en moet verkoop teen einde November. Skakel 028 273 8231 / 072 397 7081 Kelvinator mikrogolfoond (slegs in karavaan gebruik en soos nuut) R400. Hout kopstuk vir enkelbed R50. Klein ronde tafeltjie R50. Skakel 028 271 3044 / 072 450 2287 Trojan exercise bike in very good condition R950. 2nd hand Black plastic tables(loose legs) R95 each. Phone 082 210 8187 Baby Feeding Chair - R500 (Peg perino). Baby Cot + Mattrass R450. Phone 071 608 0798 Klein vrieskas = 220/12/gas. Goeie mikrogolf. Groter ys/vrieskas. Wasmasjien. 2 Fantastiese leunstoele. RO-water-suiweringe. Verskeie kaste van soliede hout. HP All-in-one puik drukker. “Amplified” Phonic 740c. Kussings. Eetgereedskap. Eetgerei. Gereedskap. Kruiwa en nog vele ander benodighede maar ons moet alles verkoop en ontslae raak en kom maak eie aanbiedinge. Vrydag: 15:00 - 17:00 / Saterdag: 10:00 - 13:00. Watsonialaan 4 (agter onder afdak). Skakel Pieter 082 922 5818


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 28

KERKE / CHURCHES

The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome

LEWENDE WOORD BETTYSBAAI H/v Serruria en Watsonia Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons byeenkoms elke Sondag vanaf 17:00 - 19:00. Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Brindley Pritchard 083 459 8903. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondagoggende 09:30. Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 / Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;

NG KERK: 15 NOVEMBER 2015 08:30 Kerksaal 09:30 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai

Ds. Guy Roberts Ds. Nico Rabe Ds. Daan Botha

KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30: Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015: 29/11/2015

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.


Overstrand Herald

VERLORE / LOST

12 November 2015

2x Outboardprops for 60HP. 1x Stainless steel and 1x Aluminium 15 pitch – Reward offered. Phone 082 567 8930

Bladsy 29


Overstrand Herald

12 November 2015

Bladsy 30

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

12 November 2015

Bladsy 31


Golf results

Wednesday 04/11/15 - 4bbb Stableford 1] G,GRAHAM & JACOBSEN [50 POINTS] 2] D.ERASMUS & K, OLIVIER [48 POINTS] 3]J,STEENEVELD & M, ARENDSE [47 POINTS] FRIDAY 06/11/15 - SUNDOWNER 2ND NINE 1]W,P VAN WYK [24 POINTS] 2]W,EMMENIS [23 POINTS] 3]F. EAGAR [22 POINTS] SATURDAY 07/11/15 4B BONUS STABLEFORD 1]M,ERASMUS & R,ERSAMUS [53 POINTS] 2]S,AUGUSTYN & H, VAN ZYL [52 POINTS]

G Graham, F Eagar (Capt) N Jacobsen 3]S, PRETORIUS & J,STEENEVELD [51 POINTS] MONTLY R500.00 VOUCHER. WINNER G, GRAHAM

F Eagar (Capt) W P Van Wyk


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.