14 Jan 2016

Page 1

Kleinmond se skole propvol

Op-en- af seisoen, sê sakemense HELP! R120 000 se juwele gesteel Ons matrieks blink uit Die eerste dag op skool. Kleinmond ma Annari Coetzee en klein AJ gereed vir die groot dag. Nog foto’s binne..


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 2

Op en af seisoen…… KLEINMOND – Die pasafgelope seisoen was ‘n wipplankryery vir plaaslike besighede. Terwyl almal dit eens is dat daar hope vakansiegangers in die omgewing was, selfs meer as verlede jaar, het alle besighede nie ewe goed gevaar nie. Te oordeel aan die ondernemings waarmee ons gepraat het, is dit duidelik dat supermarkte, drankwinkels en slaghuise baie goed gevaar het. Hoewel sommige restaurante se omset dramaties verbeter het, het ander min of meer dieselfde en selfs swakker as verlede jaar gevaar. Die enigste gevolgtrekking is dat mense hul sente omgedraai het en dikwels eerder tuis gebly as om te gaan uiteet. Hier is van die sakemense wat ons mee gesels het: Pieta van Rooyen van Protea Drankwinkel: “Dit was ‘n goeie seisoen. Vroeg begin vir ons en toe weer vinnig weggeval. Dit was beslis beter as verlede jaar. Ek het ‘n probleem met die kersliggies wat op Vrydag 11 Desember tydens ‘n geleentheid in die hoofstraat aangeskakel is. Die hoofstraat is sonder behoorlike konsultasie net na 17:00 toegemaak. Ek is trouens eers die Vrydagoggend amptelik in kennis gestel. My drankwinkel (Lagune) en die viswinkel is onder meer direk geraak hierdeur. Vrydagmiddae laat is van ons besigste tye. Uiteindelik was dit net drie stringe liggies tussen twee lamppale. Ek is in beginsel nie gekant teen die idee nie, maar dit het gelyk asof daar nie werklike beplanning was nie. Hoekom word so iets nie eerder in die hawe gehou nie, dit is immers die dorp se hoof toerisme bestemming.” Gerhard le Roux van Kleinmond SuperSpar: “ Ons het effens beter gevaar as verlede jaar. Die mense het later gekom. Daar was meer voete deur die winkel, maar hulle het minder spandeer. Ek is bekommerd oor vanjaar met verhoogde rentekoerse en voedselinflasie. Ons verskaffers se pryse begin reeds styg. Marie van den Berg van Pino-

Mari: “Ons het verseker ‘n beter jaar beleef, veral by die boetiek. Ons kon beslis meer huise verhuur het, maar mense wag tot op die nippertjie. Eienaars wat vroeg in die jaar al aandui dat hul huise te huur is, gaan beter en langer besprekings kry.” Roelof van der Merwe van Buildit: Die seisoen het laat begin. Niks fantasties nie, maar ons is tevrede. Mense het nie geld nie. Jy kon sien hul dink mooi oor luukse items en vra afslag.” Riaan Smit van OK Minimark: “ Ons het uit ons nate gebars. Dit is was ons eerste jaar as groter winkel en die seisoen het alle verwagtinge oortref. Ons kon nie voorbly nie. Ons verwag dat dit voortaan nog beter sal gaan. Die lisensie vir OK se nuwe drankwinkel is in Desember goedgekeur en hulle begin komende Maandag met die inrig van die winkel. Met die supermark en drankwinkel op een perseel sal dit net soveel geriefliker vir mense wees.” Ingrid Scanlon van Le Reve: “Daar was baie voete, maar mense het nie soveel spandeer as verlede jaar nie. Dit was min of meer dieselfde as 2014.” Sharon Meyer van Stoep Café: “ Baie goeie seisoen. Ons is in die orde van 30% op teenoor verlede jaar, maar ‘n mens moet onthou ons produk het gegroei en die boetiek het ‘n belangrike bydrae gelewer. Die kunstenaars soos Anton Goosen en Valiant Swart het fantasies afgeloop en ons is nou reeds besig om kunstenaars te bespreek vir die einde van die jaar. Mense was mal daaroor. Ek is bekommerd oor die jaar wat voorlê. Daar kan meer gedoen word om toerisme op Kleinmond te bevorder. Dit is die lewensaar van ons ekeonomie. Kyk net wat kry Hermanus en plekke soos Stanford reg. Johan Labuschagne van Boathouse restaurant: “ Daar was meer mense in die dorp, maar hulle het skynbaar meesal by die huis gebly en self kos gemaak. Dit was beslis ‘n stiller seisoen


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Beloning vir gesteelde juwele KLEINMOND – Op 17 Desember verlede jaar is juwele ter waarde van etlike duisende rande uit ‘n huis in Vierdestraat in die Seelane gesteel. Verskeie verdagtes is al ondervra. Die famile is bereid om ‘n beloning te betaal vir inligting wat tot die terugvind van die juwele of die juwele self. Hier verskyn foto’s van die artikels.

Bladsy 3


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 4

‘n Ware dame verloor die stryd teen kanker Ilna Grobler KLEINMOND – Maandagoggend is een van die eerste mense wat die Groblers op hierdie dorp leer ken het, aan kanker dood. Toe ons in 1995 Kleinmond toe gekom het met die doel om die destydse Hangklip Herald te begin, was Martina (ons het haar leer ken as Gouws) eiendomsagent by Aïda. Gerard het haar ontmoet en sy het ons gehelp om ons eerste woonplek in Gousblomstraat in Heuningkloof te kry. ‘n “Holte vir ons voet” het Gerard in die eerste koerant geskryf. (Red: Ek het nie die geld vir die deposito van R680 of die huur gehad nie, maar belowe ek sal dit aan die einde van die maand betaal en ek het dit gedoen. Ons was pas terug van ‘n jaar in Suid Amerika en was brandarm. Martina se hulp het ons ‘n vastrapplek gegee en daarvoor sal ek haar altyd dankbaar wees) En so was Martina altyd: ‘n dame tot in haar vingerpunte wat altyd bereid is om te help. Altyd vriendelik. Haar vriende en kollegas in die eiendomsbedryf, het haar ook so ervaar. Toe Aïda sy deure gesluit het, het Martina by Pam Smit Eiendomme gaan werk en daar het ‘n jarelange vriendskap met Pam en Erina Muller begin. Toe Seeff Pam uitgekoop het die drie van hulle steeds saam bly werk en hul vriendskap het net hegter geword. Iets wat Pam met groot liefde onthou, is dat Martina altyd met

haar Engels gepraat het, al kon Pam goed Afrikaans praat. Na Jurie se dood, was Martina lank enkellopend. Aan die einde van 2010 is sy met Nic Saaiman getroud en het op Rooiels gewoon. In Mei verlede jaar het hulle na Somerset-Wes getrek waar Nic in Julie oorlede is. Volgens Jurika Esterhuyse, Martina se dogter in die Hexriviervallei waar Martina gaan bly het, was haar ma die afgelope vyf weke bedlêend en baie verswak. Vir Martina onthou hulle só: “Vir ons was my ma net ouma by uitstek, wonderlike vriendin, besigheidsvrou en kind van die Here. Ons sal haar onthou vir haar liefde vir haar Hemelse Vader, haar sagte en sprankelende persoonlikheid, haar ruimhartigheid vir ieder en elk en ‘n liefde vir die lewe.” ‘n Herinneringsdiens word Vrydag om 10:30 by die Fellowship kerk in Dertiende Laan gehou. Martina laat haar twee dogters, Corné Franken en Jurika, hul eggenote en vier kleinseuns en een kleindogter agter.


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 5

Nog polisiemanne vir Buiten verdrinkings was dit ‘n betreklike stil Desember Hangklip/Kleinmond? KLEINMOND – Twee mense betref misdaad, sy stilste KLEINMOND – Honderde plaaslike inwoners het verlede jaar opgeruk na die plaaslike polisiekantoor om daarop aan te dring dat bykomende polisiemanne aan die streek toegedeel word. Dit het gevolg na ‘n skerp toename in misdaad en die moord op ‘n bekende inwoner, mnr Ken Mount. ‘n Versoekskrif is oorhandig en ook na die Wes-Kaapse provinsiale kommissaris se kantoor gestuur. Ontvangs is erken, maar daar is nooit ‘n antwoord op die eise ontvang nie. Nou wil dit voorkom of daar wel lig in die tonnel is. Klaarblyklik het iemand tog geluister. Kleinmond polisie stasie het reeds ‘n bykomende adjudant-offisier (van Villiersdorp) en twee studente konstabels bygekry en daar is die moontlikheid dat nog ‘n paar studente konstabels teen die einde van Februarie aan Kleinmond toegedeel kan word. Plaaslike polisie woordvoerder, adj Jaco van Wyk, wou hom vandeesweek nie uitlaat oor die gerugte van bykomende personeel vir Kleinmond nie,

buiten om te sê dat daar wel so ‘n moontlikheid bestaan. Presies hoeveel personeellede toegedeel sal word aan Kleinmond is skynbaar nog nie finaal bepaal nie. Studente konstabels moet na hul aanvanklike opleiding by die kollege eers vir ‘n paar maande by ‘n stasie werk (aanvanklik in die aanklagkantoor) waarna hulle dan na die kollege terugkeer vir drie maande voor hulle uitgeplaas word by polisie stasies.

het die afgelope maand in ons streek verdrink. Op 26 Desember het ‘n jong seun in die strandmeer by die hoofstrand verdrink terwyl ‘n 31-jarige man op Nuwejaarsdag by Rooiels dood is. Buiten die goeie nuus oor moontlike bykomende personeel vir die polisie is daar ook goeie nuus oor die vlakke van misdaad. Volgens polisie woordvoerder, ao. Jaco Van Wyk het Hangklip/Kleinmond die afgelope Desember, wat

maand in jare beleef. Haas alle soorte misdade het aansienlik gedaal. Van Wyk sê dit is toe te skryf aan ‘n aantal faktore. Hieronder tel die feit dat verskeie bekende misdadigers aan die einde van verlede jaar toegesluit asook misdaadoperasies in samewerking met omliggende polisiestasies en die rol wat die buurtwag speel. Geen ernstige motorongelukke is aangemeld nie.


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 6

Kleinmond Kiekie Klub U word vriendelik uitgenooi na die eerste maandbyeenkoms van 2016 van die Kleinmond Kiekieklub wat plaasvind op 26 Januarie.

www.overstrandherald.co.za

Plek: NG Kerksaal, Eerstelaan Tyd: 19:00 ‘n Seleksie van die beste AVs wat vir die AV Makers SA se 2015-kompetisie “Light’ ingeskryf is, sal vertoon word in program van 45 minute. Die verskeie beeldreekse - pragtige foto’s met bypassende musiek - handel oor ’n verskeidenheid onderwerpe van die unieke Arktiese lig tot beelde van die Sederberge en Hexrivier vallei. Dit beloof om ’n skouspel van kleur en klank te wees wat nie misgeloop mag word nie. Lede van die publiek is baie welkom. Die toegangsfooi is slegs R10 per persoon.


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 7


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Een perd pfft … Toe my niggie in ‘n vorige leeftyd saam met my studeer het (sy op POK en ek Maties), het ons albei ontgroening oorleef. En nou lag ons lekker oor die simpel goed waaroor ons ons destyds so vervies het. Moet ek byvoeg, ons is nie tot in die afgrond verneder nie, net so bietjie ons plek geleer. In elk geval. Die afgelope vakansie praat ons toe weer oor iets wat hulle op POKKE moes doen en ek lag my behoorlik oor ‘n mik. Om die een of

ander obskure rede moes hulle eerste jaar glo op bevel van ‘n senior handeviervoet neerval en dan sê: “Een perd pfft; twee perde perde pfft pfft”. Enige regdenkende mens weet mos nou dis verspot, maar dit ís snaaks, veral wanneer jy dit probeer sê. Indien jy handeviervoet staan is dit seker net aansienlik snaakser. Vir 2016 het ek besluit, sal ek die wêreld beskou met ‘n houding van: “Een perd pfft …” Mense raak geheel en al te

ernstig en opgewonde oor niks. Hulle sit op loop met ‘n storie sonder om agter die kap van die byl te kom. Dan word sake uit verband geruk en die berg baar dikwels ‘n muis. Die munisipale verkiesing lê voor. Die studente ruk na bewering al klaar weer op. Die land gaan gebuk onder ‘n droogte. Die Suni’s en die die Shia’s slaan op hul skilde. Die mannetjie van Noord-Korea speel oorlog-oorlog met ‘n waterstofbom. Europa word oorstroom deur vlugtelinge. Die Rand was vandag R17.91 tot die Dollar. En al die goed is nog sonder inaggenome die daaglikse katastrofes waarvoor ‘n koppie Joko nie aldag heeltemal voldoende is nie. ‘n Gebreekte nael; ‘n misverstand tussen vriende; ‘n pap band; kort humeur op die pad; fietsryers wat driediep langs mekaar ry. Vir my eie sieleheil gaan ek gaan ek hulle volgens my eie kriteria oordeel en dan hoop ek om vir ‘n groot gedeelte van die sake te kan sê:

Bladsy 8 “Een perd pfft …” Ek dink ons is almal deesdae so geprogrammeer om te oorreageer op die geringste beuselagtigheid, dat ek nie verbaas is oor al die geweld nie. Dikwels moet ons stellings liewer vat van wie dit kom, as om opgewerk te raak daaroor. Soms wonder ek hoekom mense nie liewer al die energie wat hulle in fb inploeg, liewer aanwend om hul werk, studies of verhoudings te verbeter nie. Gelukkig is ek nou oud genoeg om my nie meer aan nonsens te steur nie nie. Ek kies wat (en ongelukkig soms wie) ek as belangrik genoeg ag om tyd aan af te staan. Politieke praatjies, godsdienstige tirades, mense se frustrasies met mekaar en domastrante haatspraak van enige aard kan maar by my verbygaan. Daar is genoeg mooi en sinvolle en prettige dinge waarmee ek my persoonlike tyd kan verwyl. Vir die res sê ek: “Een perd pfft, twee perde perde PFFT, PFFT!”

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 9


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 10


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Redaksioneel ‘n Moeilike jaar wag…. Trek maar julle gordels stywer vir die jaar wat kom. Ekonome voorspel niks goed vir 2016 nie. Die Rand se waarde het die afgelope ses maande met soveel as 30 % teen ander belangrike geldeenhede gedaal. Ja, maar ek gaan tog in elk geval nooit oorsee nie, so hoe raak dit my? Wel, in die eerste plek gaan alles wat ingevoer word duurder word. Jou Skotse whisky by TOPS, jou nuwe TV, selfoon of bakkie waarvoor jy al so lank wag, letterlik enige iets wat enige buitelandse inhoud bevat. Intussen gaan die droogte voedselinflasie die hoogte injaag. Dit het klaar begin, vra maar vir jou plaaslike supermarkeienaar. Die prys van sekere voedselsoorte het reeds begin styg. Die voortslepende droogte gaan dit heelwat erger maak. Daar is reeds sprake dat die prys van stapelvoedsels soos mieliemeel met soveel as 50% kan styg. En wanneer die boere weens die droogte klaar hul vee uitgeslag het en daar net kernkuddes oor is – wat gaan jou skaaptjoppie dan kos? Sodra inflasie styg, styg rentekoerse om dit te probeer teenwerk. Ons verband- en motorpaaiemente styg saam met die rentekoerse. Wie onthou nog die jare toe rentekoerse 23%+ was en mense by die duisende hul huise en karre verloor het. Intussen groei ons ekonomie kwalik, daar is ongekende vlakke van werkloosheid (veral onder die jeug) en dit wil voorkom asof ons nasionale regering nie die vaagste benul het om die ekonomie weer op koers te kry nie. Net om dit nog meer depressief te maak word daar vanjaar grootskaalse onrus by universiteite verwag.

Die studente het onrealistiese verwagtinge en met die toegewings wat die regering verlede jaar gemaak het, het hulle nou net een doel voor oë: Gratis tersiêre onderrig vir almal, ongeag of die land dit hoegenaamd kan bekostig of nie. Die studente onrus is dié een ding waarop die oog heeltyd gehou moet word. Rewolusies begin nie onder arm mense nie, maar gewoonlik onder die middelklas, onthou ek uit my dae in die strategiese studies klas. Dit begin dikwels by studente, dan raak hul ouers, vriende en families betrokke en voor jy jou oë uitvee, is daar grootskaalse onrus. Dan is daar nog die plaaslike regeringsverkiesings wat êrens vanjaar moet plaasvind en emosies verder gaan opjaag. Terloops, ek verneem dat daar die moontlikheid is dat daar plaaslik nuwe toetreders tot die politieke terrein kan wees. Ek weet die Vryheidsfront + was in Desember hier en daar is glo onafhanklikes wat ook die kat uit die boom kyk. Dit kan interessant raak. Daar is natuurlik ook die onlangse golf van openlike rassehaat van alle kante wat oral op sosiale media opduik. Hier help die regering en politici weinig en dit wil voorkom asof daar ‘n verwydering tussen rassegroepe begin plaasvind. Ons sit op ‘n kruitvat…. As jy nou nog nie na jou depressie pille gegryp het nie….. skink vir jou ‘n whisky op die stoep, klim op jou fiets of gaan ry ‘n draai by die see en kyk hoe mooi dit is. Afrika is nie vir sissies nie. Gerard Grobler: redakteur@ overstrandherald.co.za

United netbal soek lede KLEINMOND – Die plaaslike United netbalklub is op soek na belangstellendes om by die klub aan te sluit. Hulle nooi manspelers, sowel as vrouespelers om aan te meld. Die klub hou Dinsdag om 18:30 ‘n vergadering in die gemeenskapsaal in Proteastraat. Dan sal ‘n bestuur verkies word en belangstellendes word aangemoedig om hulself beskikbaar te stel.

Bladsy 11

Dolfyntjies Leer en Speel Sentrum

KLEINMOND – Op Maandag 1 Februarie open die Dolfyntjies Leer en Speel Sentrum in die OK Sentrum op die dorp. Registrasie neem op dieselfde dag ‘n aanvang. Die skoolhoof

en ook een van die opvoeders, is Melissa van Aswegen Children from age 3-5 are welcome, as well as Gr. Rs. Teachers will speak both Afrikaans and English in class. Melissa is an SAQA qualified educator and she not only loves children, but takes early child development very seriously. She says, “At the core of all learning is a trusting and loving relationship. I believe that educating a child is a partnership between home and school. Every child has their own unique ability and as a teacher I should strive to develop that”. Skakel Melissa gerus om meer inligting.


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 12

Kleinmond skole propvol KLEINMOND – Die twee skole op die dorp is waarskynlik besig om versadigingspunt te bereik. Kleinmond Primêre Skool het die 629 leerders waarop hy

verlede jaar gesluit het, reeds verbygesteek en Laerskool Kleinmond se inname vanjaar staan op die hoogste ooit met ‘n leerdertal wat 250 verby

gesteek het. By Primêr het die skool vanjaar ‘n addisionele gr. R klas om Xhosa-sprekende kleingoed te akkommodeer. Hul gr. 1’s is reeds amper 90

in getal en sal dit waarskynlik verbysteek. By Laerskool Kleinmond beleef die skool ook sy grootste inname van gr.1’s ooit en hier is al bykans 60.


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 13


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 14

Briewe

Thank you to all involved I would like to send out a big “Whoop Whoop!” to all involved in collecting dustbin and recycling bags on just about every day of the festive season in Kleinmond! You all deserve a well earned break.... The town was really clean for visitors and Kleinmonders to enjoy. It was concerning to note though that, during our terrible heat in Kleinmond, it did not seem as though out newly refurbished Petrol Station has made sufficient allowance for shade/cooling off area for their staff. On the particular scorcher of a day that I was there, the

Petrol Attendants were very obviously perspiring in their hot uniforms and they only had a small “hokkie” to take shelter in which did not seem very heat friendly. In a holiday town such as our own, Petrol Stations are often the first and last port of call for any visitor, so let’s make sure that their staff are reasonably protected from the elements so that they can give holiday-makers (and locals!) the best service possible! We really do live in such a great town and had a blessed Festive Season! Yvonne Smith

Bedanking: André Momberg My opregte dank aan almal wat ons ondersteun het met besoeke, boodskappe en oproepe tydens André se heengaan. Ek is baie dankbaar teenoor Drs F du Plessis & L Morkel wat André oor die afgelope 2 jaar versorg het en ons bygestaan het. Dankie aan Kobus le Roux en personeel van Kleinmond

Apteek vir hul raad en bystand. Dankie aan EMR se personeel vir hul flink mediese hulp en bystand. Dankie aan ds Steven Sass vir sy besoek en bemoediging. Dankie aan Anré Begrafnisdienste se personeel wat ons met waardigheid en deernis behandel het. Esma Momberg


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 15

KLEINMOND – Die vier hoofleiers by Laerskool Kleinmond is gisteroggend (Woensdag) aan die skool bekend gestel. Hulle is Gabriella du Bois, Luchuané Hechter, Danika Singleton en Nina Visser. By die vier leiers staan links mnr. Jonathan Joubert, me. Ester Groenewald en skoolhoof Gys Huisamen.

KLEINMOND – Kleinmond Primêre Skool het Woensdagoggend sy prefekte bekkend gemaak. Hulle verskyn hier saam met skoolhoof Roderick Brikkels. Voor vlnr staan Chrislyn van der Merwe, Amy Barry, Lucille Jacobs (Hoofmeisie), Ashley Malan (hoofseun), Cherwin Nyl en Bokamoso Lepita. Agter staan Lungani Makholwa, Danelle August, mnr. Brikkels, Zilungile Pote en Chirein Blomdegeld.


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 16

Ons kinders presteer! KLEINMOND – Vier oudleerders van Laerskool Kleinmond het A gemiddeldes behaal in hul matriek eindeksamen. Die leerders is Martin du Plessis (Hoërskool Overberg), Christoff Kitshoff (Hoërskool Hermanus), Jana Oosthuizen (Hoërskool Stellenbosch), en Martha-Anne van der Westhuizen (Hoërskool Hermanus). (Red: As julle van nog weet laat weet ons)

Jana Oosthuizen (Hoërskool Stellenbosch)

Christoff Kitshoff (Hoërskool Hermanus)

Martha-Anne van der Westhuizen (Hoërskool Hermanus)

Martin du Plessis (Hoërskool Overberg)

Hoërskool Overberg A-kandidate 2015 Esna de Kock Martin du Plessis Mieke Jonker Alex Dibden Temara Maree Jonathan Hendricks Chelsea Balie Jeanette Swart Gary Raubenheimer Louis Fourie Gaylynn Vashu Wessel du Toit Herman van Dyk

91% 90.83% 87.66% 87.33% 86.30% 85.33% 84.67% 83.17% 82.16% 81.50% 81.17% 80.67% 80.16%

Foto regs: Sommige van die gemiddelde A-kandidate van Hoërskool Overberg op Caledon kon die opening van die nuwe skooljaar bywoon. Hulle is tydens die saalbyeenkoms vereer vir hul praguitslae en het ook ʼn klein erkenning van die skool ontvang. Hierna is hul en hul ouers in die Blue Bells Restaurant onthaal. Hier is agter: mnr. Eddie Labuschagne (Skoolhoof); Jonathan Hendricks; Mieke Jonker; Te-mara Maree; Esna de Kock. Voor: Chelsea Balie; Gaylynn Vashu


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 17

Geluk en voorspoed vir alle studente wat 2016 KLEINMOND Veertien hoërskool leerders van hier het in aanmerking gekom as beurshouers van die die Dickie Web fonds. Hulle is Lee-Sharne Karelse; Vinita van Rooyen; Lucian Martinka; Sherredan Cedras; Courtney Oliver; Chemise Taute; Linzay Abrahams; Charles Taute; Karisha Karelse; Cleonay Oliver; Junaide Karelse; Kervin Plaatjies; Jaide Floris, en Marche-Lee Joemat. Benewens die skoliere het vier student aan tersiêre instellings ook beurse ontvang. Hulle is Brandon Martinka; Cehellen Plaatjies; Tania-Lee van Rooyen; Mischa Karelse het beurse uit die fonds ontvang. Die ontvangers van die beurse sê graag dankie aan die nageslag van die Albertyn en Lückhoff

KLEINMOND - Die Dameskring, gister (Woensdag) aan elke nuwe gr. eentjie by Kleinmond Primêr sy of haar eie potloodsakkie gegee om hul skoolloopbaan mee te begin. Verlede jaar het die dameskring potloodsakkies by die Laerskool ook uitgedeel.

families, die Kleinmond NG gemeente Kleinmond, sowel as die VG gemeent vir

die instandhouding van die beursfonds. Verder wens almal me. Charlotte Swart (nèe

Webb) geluk met die onlangse herdenking van haar 90ste verjaardag. (Debbie Hull)


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 18

News from the Bird Club Bridges in Disa Kloof to KLEINMOND – Twenty-five as to whether the monthly members and visitors attended attendance levy should be undergo repairs at last the December AGM The event raised. It was decided that the took place at the home of Hans and Joan Wurr, on a very pleasant summer’s day. Proceedings started with a short meeting, largely to elect club officials for the coming new year, but also to discuss possible venues for the next 12 months. The following officials were elected: Chairman: Hans Wurr; Secretary: Joan Wurr; Treasurer: Daphne Richardson; Scribe: Paul Bramhall. The treasurer then presented the annual accounts, which showed a positive balance of R800, before Xmas expenses. A discussion then took place

amount should remain the same as for 2015, although it can be raised if necessary should the Chairman so decide. A suggestion was made that the new Gansbaai Bird Rescue Centre would be a possible venue for 2016. A presentation was then made to the Chairman and Secretary in thanks from all members for the work put in running the club for the last year, and the use of their home for the day’s meeting This was followed by a braai , attended by all including a cape spur fowl, finally finishing at 11.30 am. Paul Bramhall

After a very lengthy and frustrating wait, the bridges which were damaged by the massive floods in November 2013, are finally going to be repaired. We are delighted and relieved to be able to announce that the repairs will start on Monday 18 January 2016 and should be completed in June of this year. The long wait was caused by having to comply with the many regulations demanded by the Department of Environmental Affairs, which included a Botanical Survey, an Environmental Impact Assessment and an Hydrology Study, all of which had to be contracted out which required a tender process and all the red tape that that involves, as well as a Water License Application which had to be approved. A further tender to find the correct, fully compliant, contractor with experience

in bridge building was then advertised and, once approved, was appointed. PLEASE NOTE: As soon as repairs commence, Disa Kloof will be completely closed to the public who will not be able to proceed further than the Olive May Porter Bridge which crosses the Dawidskraal River. We would like to thank all our Garden visitors for their patience and understanding while the bridges have been out of commission and hope that the lowered entrance fee has helped to offset the inconvenience of not being able to visit this special section of the Garden. As soon as Disa Kloof is opened once again with the new bridges, the entrance fees will be raised as decided by the SANBI Board. As always Botanical Society members and children below 6 years will enjoy free entry.

Klipgooiery langs hoofstraat KLEINMOND – ‘n Inwoner van Bettysbaai, me Irene Winton, se voertuig is Dinsdag omstreeks 14:00 beskadig toe jong kinders glo klippe na haar kar gegooi het. Die Honda Jazz is splinternuut en nog nie eens op haar naam geregistreer nie. Sy het gestop, maar hulle het weghardloop in die rigting van die huis in Proteadorp met die groot oop erf waar hout verkoop word. Die pa van die seun het glo verantwoordelikheid aanvaar na die polisie laat kom is. Dit is ‘n uiters ernstige oortreding wat tot ‘n ernstige ongeluk kan lei en ouers word gemaan om hul kinders hieroor in te lig.


Overstrand Herald

Die polisie is op soek na inligting oor dié hangertjie. Dit is op 17 Desember uit ‘n huis in Kusweg gesteel. ‘n Beloning van R1500 word aangebied vir enige

14 Januarie 2016

inligting wat tot die terugvind van die hangertjie kan lei. Skakel insp, Anton du Preez by Kleinmond polisie.

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 19


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 20

Executive Mayor Nicolette Botha-Guthrie and DOCS field worker Monica Matais (centre), along with Chief: Fire, Rescue and Disaster Management Lester Smith (far left, back row), Chief: Traffic/Licenses Rudi Fraser (far right, back row), Municipal Manager Coenie Groenewald (far right, front row) and mentor Senior Inspector of Law Enforcement, Zingani Tshefu (pictured to left of Ms Matai), with the outgoing and incoming candidates of the Chrysalis Academy Intern Programme.

Fond farewell and resounding welcoming given to Chrysalis Academy Interns On Friday, 8 January 2016 the Overstrand Municipality once again played host to a ceremony that marked the farewell of seven outgoing candidates, whilst at the same time celebrated the group of nine new intakes, of the Chrysalis Academy Intern Programme. The Chrysalis Academy is an initiative of the Western Cape Department of Community Safety (DOCS) and was established some 15 years ago in response to the alarming number of youth who were increasingly falling prey and victim to social ills such as substance abuse, gangsterism and crime. Subsequently, a 5-year youth development program, including a 3-month empowerment training module, was borne aimed at providing a social crime

prevention and upliftment programme for “youth at risk”. The programme focuses on the physical, psychological and spiritual development of the youth involved, resulting in realistic and sustainable results. The Chrysalis Academy Intern Programme, of which the Overstrand Municipality has been a partner since 2013, provides for a 9-month period of internship where interns are integrated into various aspects of the Municipality’s daily operations. They are further given exposure to all areas of its mandate, but with a particular focus on public space maintenance and community safety issues in the area. In her address, Monica Matais, a DOCS district field worker, thanked the Municipality for upholding its Memorandum of Understanding and for

providing the necessary skills and training that would afford the candidates in its care with greater employment opportunities and defining the path of any future studies they may wish to embark on. This sentiment was echoed by one of the outgoing candidates who said, “I have learned so much during my time at the Municipality. Before this I had no idea what to do with my life, whereas now I have so many newfound skills that make me much more employable. For the first time I have hope and a sense of purpose. I know that this experience will open up a number of doors for me. ” In a moving keynote address Executive Mayor Botha-Guthrie stated, “We are exceptionally proud of the accomplishments of our outgoing interns. You have shown such promise and

I have no doubt that a bright future awaits you. To the new interns, take from their example that with the right amount of dedication and discipline you can achieve anything you set your minds to.” Before concluding the event, Chief of Traffic Rudi Fraser in his thank you address said that the outgoing interns had played an important role in ensuring the successful delivery of the recent Festive Season Operational Programme. “To put it into context, besides the occasional fend-bender and other minor infractions, no fatalities in road accidents were recorded over the period. This is no small feat when you consider that on the 29th of December alone, 1152 vehicles had passed through the area in just one hour.”


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 21

Several veld fires reported A fire in the vicinity of Stanford started on Friday 8 January 2016. The cause is under investigation. The fire is extremely difficult to contain due to the fuel load, weather conditions and limited vehicle access to the fire through the thick bush. Overstrand Fire Department and Overberg District Municipality responded to the fire and was assisted by ground teams from Working on Fire, Cape Nature and Volunteer Wildfire Services. The Stanford fire is currently (Wednesday) still not under control, 6 vehicles from Overstrand Municipality were on the scene with 12 crew members. Cape Nature and two Working on Fire teams consisting of 36 members from Walker Bay were also busy with active fire fighting.

OTHER FIRES IN AREA On Monday 11 January 2016 while fighting the Stanford fire other fires were also reported and managed around Gansbaai at 11:00 where fires were apparently set in 3 different places, The fire fighters managed to bring these fires under control within an hour. A fire in Kleinmond was brought under control quickly. At 14:00 a fire was reported at Baardskeerdersbos where assistance was called in from Overberg District Municipality as well as aerial support. No property was damaged. At Just before 16:00 a fire was reported at Swartdam Weg Hermanus, but was under control within an hour. A fire was reported at at about 22:00 at Hawston and was also brought under control within an hour.

Overstrand Herald 028 271 3394 www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

BUKSIES

14 Januarie 2016

GESOEK / WANTED

Looking for a 2 or 3 bedroom cottage or a house to rent in Betty’s Bay, Pringle Bay or Rooiels. Phone 071 360 1087 Looking for a garage in Kleinmond, Betty’s Bay or Pringle Bay to rent on a monthly basis. Phone 071 360 1087 Looking for a reliable Campervan to buy (that is suitable for touring) as well as a closed trailer to buy. Phone 071 360 1087 Looking for a second hand tow-hitch for Golf 3 or Jetta 3. Phone 071 360 1087 Margaret is opsoek na werk as huiswerker, enige dag van die week. Skakel 073 673 5378

Bladsy 22

Patrici Sokoyi is looking for cleaning work Wednesdays and Fridays. Phone 073 076 1083 Desiré soek werk as huiswerker in Kleinmond Maandae tot Vrydae. Skakel 078 728 2129 Opsoek na ‘n 3 slaapkamer huis / townhouse om te huur, verkieslik in sekuriteitskompleks vanaf 1 Februarie. Skakel 082 856 4654 Selinah is looking for cleaning work Mondays, Tuesdays and Fridays. Has reference 072 699 8486. Phone 078 240 8268 Opsoek na 60-80m² kantoor spasie om te huur vir 3 mense vanaf 1 Februarie. Skakel 082 856 4654 Somilia is looking for domestic work. Has reference Thelma Shum 082 906 2615. Phone 081 071 3361 Portia is looking for domestic work (ironing and cleaning) Reference 072 118 3888. Phone 060 452 3372

VHS tapes 180/240 mins in good condition for VCR use. Fold-up/ Collapsible type metal walking stick. A wheel walker for elderly lady. Phone 028 271 4145

Zanele is looking for domestic work Mondays, Thursdays and Fridays. Has reference 082 685 7271. Phone 073 275 7486

Looking for a full-time or part-time job as a domestic worker, housekeeper or child-minder. She is honest and hardworking. Please call Loko at 063 234 4476 / 084 420 1884

Wanted Knowledgeable mechanic/enthusiast to adjust correct idling (for reward) on veteran Toyota Conquest 1300 as garage has given up on it. Phone 079 132 0028

Valetin is looking for a house, flat or bachelor flat to rent permanently. Please phone 082 722 3837 / 061 182 5529 Thozamie is a driver looking for work. Has code 8 & code 10 licence. Has reference 083 759 4287. Phone 078 738 9949

One bedroom apartment or garden flat wanted to rent for elderly single gent. In areas of Kleinmond, Hermanus, Onrus, Stanford or Gansbaai. Preferably long term. Occupation February or March. Contact Ernie Schellhorn 083 680 6204. Email and references on request.

Maria is looking for work as a cleaner or babysitter. Phone 071 845 7163

Gesoek: nommer 38 wit of room kleur rok geskik vir troue vir 30 jarige. Skakel 076 868 1535

Beula is looking for domestic work Monday to Friday. Phone 063 163 7213

Dringend opsoek na 2 slaapkamer huis in Kleinmond of Bettysbaai en dierevriendelik. Skakel 079 527 2896

Annah is looking for char work Wednesdays, Thursdays and Fridays. Phone 062 716 8351

Collins is looking work as a chef/baker. Diploma is Hotel & Catering Management. Thirteen years experience working in a four star hotel. Phone/Whatsapp 073 965 5080

Lucia seeks employment Tuesdays and Thursdays. Has reference 071 871 8420. Phone 028 271 4927

TE KOOP / FOR SALE

Primrose is looking for cleaning work and babysitting. Mondays to Thursdays. She has reference. Phone 084 809 4872

Golfstel Tony Penna ysters drywer soos nuut, Gemini waentjie met sitplek R950. Unwanted gift – Vodacom Smart phone new R800 now R500. Phone 083 365 5510


Overstrand Herald

BUKSIES

14 Januarie 2016

3x Aliminium skuifdeur panele met glas in goeie toestand R700 elk. Skakel 079 522 4183 / 028 271 3094 Large Oval copper and brass antique queen size hotwater bed warmer/water bottle ± 200 years old. Offers welcome. Phone 028 271 4145 5kg Gasbottel R270. Rexel CD 260 binder soos nuut & binders R450. Baie tuingereedskap. Skakel 028 271 4397 / 072 976 2177 Toilet seat raiser with arm rest’s as new R500. Bouers kruiwa R350. Baie kombuis toerusting. Skakel 028 271 3454 Painting easel R200. Electrolux vacuum cleaner R360. Phone 079 996 5874 Stoepbank R900. Dennekas en hangkas R900 elk. Eikehangkas en spieëlkas R1000 elk. Gemakstoele R350 elk. Groot sambreel en stander R800. Trapmeul soos nuut R2000. Verskeidenheid breekgoed. Skakel 028 273 8487 Telefunken TRU-FLAT 68cm television in very good condition R800. Phone 028 271 3044 / 072 450 2287 Sideboard R500. Embuia koffietafel R500. Boekrak R300. Huishoud – los artikels. Skakel 072 260 0467 Golf tow-bar R800. Phone 079 940 0296 Boomtamatie plante vanaf R20 elk asook Cape Daizies R23 elk. Skakel 082 797 1088 / 028 271 3508 Groot National mikrogolfoond R440. 18 stuk Pottery eetstel R440. Skakel 076 673 3757 Defy fridge - still in use R400. Phone 028 271 4849 Hi-Tec Bryce 11 WP Woman’s Hiking Boots Graphite/ Stellar UK 6. Soos nuut R400. Skakel 082 578 1710 New aluminium sliding door 180 x 220 at half price R900. Two second hand alumium windows, 180 x 120 and 130 x 100. Good condition R400 each. Take all for R1300. Phone 083 455 5536 Outydse skool-lessenaar (opslaan bankie en ‘deksel’) R600. Skakel 028 217 5784 / 072 026 4532 / 082 822 8237 Vier YOKOHAMA GEOLANDAR A/T.S 215/70/R16 Buitebande. Nog 30 tot 40 duisend kilometer leeftyd oor. Skakel 028 271 3954 / 082 333 3207 Spyseniering – 4 Tafeldoeke (Damas) 2300mmx1300mm teen R70 stuk. Elektriese 2-sny broodrooster (wit) R50. Draagbare Panasonic Telefoon (nuut) R100. Baie huis-/kombuisware beskikbaar na verhuising; kom loer en koop! Diastella 3951, Bettysbaai. Skakel 084 517 6664 2-Geweer kluis volgens polisie-spesifikasies (1300mmx200x200) R1500. 308 WIN PMP Patroondoppies (een keer gebruik) Maak my ‘n bod per doppie – ek het baie. Telefoon Panasonic draagbare

Bladsy 23

model (nuut) R100. General Electric telefoon/radio in puik toestand R100. Skakel 083 703 0227 Hoërskool Overberg dogterskoolklere graad 8/9 - 10 items vir R400. Skakel 083 548 7109 2005 VW Chico 5 door, +-158000kms, Air conditioning, Power steering, CD/Radio, Full service history R40000 onco. Phone 082 322 6722 Massage bed for sale R700 negotiable. Must be able to collect in Kleinmond. Please contact 071 608 0798.

GEVIND / FOUND

Branderplank “Surfboard” opgetel in DF Malherbe Str op 23/12/2015. Blou en wit plank in silwer sak en agterop met hand geskrywe. Kontak asb 084 586 8004

DAGBOEK

15 & 16 Januarie: Singleton’s Winkel is op Vrydag- en Saterdagoggende (somertyd) oop vanaf 08:30-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die Kleinmond Tennisbane word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. 14 Januarie: Fynbos Dienssentrum OPEN – Eerste etes word bedien. / Fynbos Service centre OPENS – First meals being served. Skakel / Contact Melanie 028 271 3602 (08:00 – 14:00) vir meer inligting / for more information. 18 January: The Overberg Quilters’ Guild will be having their first meeting of the year at 09.30 at the De Wet Hall, Roos Street, Onrus. New members and guests are very welcome. Our vendor this month is Tania from BonBon in Gansbaai. 25 Januarie: Kleinmond Leeskring vergader om 14:30 in die Gereformeerde Kerk. And the mountains echoed deur Khaled Hosseini word deur Isabel van der Walt bespreek. Almal is welkom. Skakel 082 378 0057 26 Januarie: VLV Vergadering om 14:30 in NG Kerksaal. Tem: Glo, Leef en Droom. Almal welkom. 28 January: AGM Friends of the Hangklip Library at 10:00 in Betty`s Bay Library. ALL WELCOME to share ideas/suggestions for 2016! 28 Januarie: A J V Vriende van die Hangklip Biblioteek: 26 om 10h30 Bettysbaai Biblioteek. ALMAL WELKOM om idees/voorstelle vir 2016 te deel! 4 Februarie: Lieflappers Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 by Kleinmond Rolbalklubhuis. Almal welkom. Beginners en onsekeres ons sal julle baie gou touwys maak. Gwen Coetzee 028 272 9057 / 079 673 8882


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 24

KERKE / CHURCHES

The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome LEWENDE WOORD BETTYSBAAI

H/v Serruria en Watsonia Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons volgende byeenkomste: Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Brindley Pritchard 083 459 8903. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg. Ons laaste diens vir 2015 was Sondag 13 Desember. Die volgende diens is op 3 Januarie 2016. Sondagoggende 09:30. Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 / Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;

NG KERK: 17 JANUARIE 2016

09:30 Kerkgebou 08:30 Kerksaal 09:00 Sentrum, Bettysbaai

Ds. Nico Rabe Ds. Daan Botha Ds. Ben de Wet

KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2016: 24/01/2016 03/04/2016 29/05/2016 24/07/2016 25/09/2016 04/12/2016


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Veeboere benodig dringend hulp Een van die landbou in die provinsie se grootste huidige krisisse is ons veeprodusente in veral die westelike streke en sentraal-Karoo wat onder kritiese weidingstekorte deurloop na die min reënval van die afgelope winter. In sommige gebiede het die weiding weke gelede reeds opgedroog, en in ander gebiede is die bietjie beskikbare weiding besig om in die hitte weg te skroei. Omdat veevoer as gevolg van die landwye droogte byna onverkrygbaar is, betaal produsente tot R1 000 per ton meer vir voer as verlede jaar. Produsente wat dit nie meer kan bekostig om voer vir hul kuddes aan te koop nie, het begin om hul diere teen ondergemiddelde pryse aan reeds stampvol voerkrale te verkoop. Produsente verminder ook hulle vee om voer vir die res van die kudde te kan koop, wat veegetalle laat afneem. Die gebrek aan voer plaas nie net die provinsie se rooivleisprodusente nie, maar ook die melk- en wolbedryf onder groot druk. Produsente in veral die SuidKaap, wat goeie winterreën

ontvang het, het die afgelope paar weke sowat 120 ton voer aan Agri Wes-Kaap se Droogtehulpprojek geskenk. Vragte lusern, gars, kaf en koringstrooi kon reeds na produsente in die Weskus- en Sandveldgebiede versprei word, maar tonne voer gaan nog vir die volgende paar maande benodig word. Agri Wes-Kaap is steeds besig om voer in te samel, maar die vervoer daarvan na ons lede in nood is duur. Persone wat tot Agri Wes-Kaap se droogtehulpfonds wil bydra, kan soos volg inbetalings maak: Rekeningnaam: Agri Wes-Kaap Bank: ABSA, Paarl Rekeningnommer: 400 960 313 Takkode: 334 210 Rekening: Tjekrekening Verwysing: Voorletter, Van, en die woord Droogtehulp Agri Wes-Kaap het groot waardering vir elke produsent, onderneming en lede van die publiek wat tot dusver bydraes gemaak het. Ons is dankbaar dat die landbousektor in ‘n tyd van nood soveel welwillendheid ervaar.

Bladsy 25


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 26

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

14 Januarie 2016

Bladsy 27


ST Motors en Supa Quick Bande borg rolbal driespel Saterdag 9 Januarie, was `n helder sonskyndag met `n ligte see-bries, `n ideale dag vir rolbal waaraan 18 spanne deelgeneem het. Ons klub President, Valerian Strydom, het almal verwelkom en sy dank uitgespreek teenoor die borgskap van ST Motors en Supa Quick Bande, asook teenoor die buitespanne wat ons klub ondersteun het deur vir die toernooi in te skryf. Daar was 3 spanne van Franskraal, 2 spanne van Hermanus en een span elk van Greyton, Old Oak, Worcester en `n span uit die Paarl. Cor J van Vuuren, ons vorige president, het die verrigtinge met gebed geopen. Cai Classen, ons wedstryd sekretaris, het die kompetisie reëls en telkaart invulling verduidelik. Die formaat van spel vir die dag was 2 wedstryde in die oggend van 12 koppe elk en een wedstryd die middag van 15 koppe elk. Spel het daarna in alle erns begin. Na die 1ste spel is tee saam met heerlike toebroodjies bedien en na die 2de spel is `n lekker middag ete en roomys as nagereg voorgesit. Ons dank aan Celeste Price en haar helpers vir die reëling daarvan. Op so `n dag is daar ook persone wat hulle tyd en energie insit

om “raffle” kaartjies te verkoop. Elsabé Neethling het spelers aangemoedig om die hand in die sak te steek en kaartjies te koop.Dankie Elsabé, vir `n taak goed verrig. Ons dank ook aan Kallie de Kock wat die spinwiel aan die rol gehou het. The umpire for the day was Celeste Price. Thank you Celeste, job well done. Vir die droë kele en dorstiges was die kroeg daar vir lafenis. Baie dankie Ingrid en Deon Erasmus vir julle diens en Johan Carstens en Roland wat julle by tye bygestaan het. Die dag se spel het pragtig afgeloop en angstig is daar in die klubhuis gewag op die finale uitslae, terwyl die “raffle” prystrekkings gedoen is en Wynand Neethling die pryswenners berekeninge gemaak het. Dankie ook daarvoor. Die klub President het die pryswenners aangekondig en die prysoorhandiging gedoen en die dag se verrigtinge afgesluit deur almal te bedank wat dié dag moontlik gemaak het. `n Spesiale woord van dank was gerig aan Schalk snr. en Schalk jnr. Boonzaaier, ons plaaslike borge (ST Motors en Supa Quick Bande), want sonder `n borg is sulke toernooie nie moontlik nie.

Old Oak Span onderleiding van Pieter Laubsher, saam met Valerian Strydom (President) Finale Uitslae: Eerste Prys. Pieter Laubscher se span van Old Oak 35 + 6 Tweede Prys. Kevin Sandy (Skip), Hubert Bock en Valerian Strydom 34 + 18 Derde Prys. Kallie de Kock(Skip), Wynand Neethling en Divvie v Deventer. 32 + 8 Vierde Prys. Roy Galloway en sy span 30 + 13 Vyfde Prys. Hennie Beukes en sy span 30 + 5

Come and support your favourite team, starting at 17:30. There are some new faces including ABSA, Caprichem and Du Preez Stegmann. Unfortunately, SAPS have had to withdraw and are replaced by last year’s champions, Jigsimur, who will be going for their hat trick. We will miss Sasol, Dulux and Albertyn’s who may be back next year. See you there!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.