Kleinmonder wen blink nuwe wiele
Moord: Inwoners soek antwoorde
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 2
DA wen oortuigend Gerard Grobler KLEINMOND – Die Demokratiese Alliansie (DA) het, soos verwag, die pasafgelope nasionale en provinsiale verkiesing in die Overstrand streek oorheers. Die party het in die nasionale verkiesing 55.74% van die stemme in die gebied op hom verenig, terwyl dit 58,56% van die provinsiale stemme
gekry het. Dit verteenwoordig ‘n groei van onderskeidelik 1,23% en 0,76% teenoor die 2009 verkiesing. Daarteenoor kon die ANC net 36,22% van die nasionale stemme en 35,44% van die provinsiale stemme in die Overstrand kry. Die ANC se plaaslike steun het nietemin sedert 2009 (vervolg op bl 5)
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 3
En die wenner is.... Sandy! KLEINMOND - Saam met derduisende ander SPAR-kliënte in die land, het Sandy Geertse ook sy kasregister strokie met sy naam en adres agterop in die kompetisiehouer gegooi in die hoop dat syne vir hom geluk sal bring. Anders as al die ander derduisende kopers, WAS sy naam toe die een wat uit die hoop getrek is. Sandy sê hy en sy verloofde, Bernadette het soos gewoonlik hul maandelikse kruideniers by die SuperSPAR op Kleinmond gekoop en toe nou maar die strokie ingevul en ingegooi. Verlede Maandag het die SPARhoofkantoor vir Sandy laat weet dat die eksklusiewe Polo Vivo Special Edition syne is. Hierdie nederige man is ‘n boorling van die dorp wat hier skoolgegaan het tot gr. 8 en toe sy skoolloopbaan aan Emil Weder op
Genadendal voltooi het. Hy is reeds amper sewe jaar in diens van die munisipaliteit. Hy en Bernadette het twee dogtertjies van vyf en drie onderskeidelik. Sandy is lid van die bekende Tribal Echo musiekgroep waar hy vokale en rymklets doen. Al die manne wat saam met hom werk, gun Sandy sy prys en is saam met hom bly. Almal wil natuurlik gaan vir ‘n “spin” ook! Een van hulle het egter ‘n dringende versoek aan die organiseerders: “Dié mouter moet met ‘n sleepwa gebring word. Sandy moet dit self oopmaak en die plastic aftrek, want ek ken die outjies by die garages! Hulle sal gas gee tot hier!” Intussen wag Sandy op sy nuwe Polo waarvoor daar reeds ‘n onderdakparkeerplek by die huis is.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 4
Mes-moord: Inwoners soek antwoorde Jacques Myburgh KLEINMOND – Drie jong verdagtes van hier het Vrydag in die landdroshof op Caledon verskyn in verband met die moord op die 18-jarige Nigel April. Die saak is uitgestel en Ethan Hoffman, Phillip Manual en Dustin Stewart sal weer môre (Vrydag) verskyn. Die verwagting is dat hulle dan vir borgtog aansoek sal doen.
April is verlede Woensdagoggend in ‘n stuk oop veld langs Nemesialaan in Proteadorp gevind. Hy het nog gelewe toe die polisie by die toneel opdaag, maar is kort daarna dood. Daar word beweer dat hy herhaaldelik met ‘n mes gesteek is. Ooggetuies beweer dat April glo in ‘n blou Jetta na die moordtoneel vervoer en toe langs die straat in die
veld gelaat is. ‘n Ooggetuie het aan die Herald gesê sy het gesien hoe die beseerde April uit die voertuig gelaai is. Die blou Jetta is toe na bewering by die huis van mnr Frankie Hoffman, een van die verdagtes se pa, geparkeer. Die ooggetuie voer aan dat die voertuig later deur die polisie nader aan die moordtoneel verskuif is. Die polisie wou vandeesweek geen kommentaar op die ondersoek lewer nie en het navrae na die kantoor van die direkteur van openbare vervolging verwys. Indien die voertuig wel verskuif is, laat dit ernstige vrae oor die polisie ondersoek in die saak. Met ooggetuies wat aangedui het dat die vermoorde April voor sy dood in die voertuig gesien is, is dit uiteraard ‘n belangrike bewysstuk. Dit is nie bekend of die voertuig forensies ondersoek is, al dan
nie. Daar is nie, soos ‘n mens sou verwag, op die voertuig beslag gelê nie, aangesien dit nog dieselfde dag in Kleinmond se nywerheidsgebied gewaar is. Intussen is daar volgens omstanders nog ‘n voertuig, ‘n wit BMW, by die moordtoneel opgemerk. Ooggetuies wil dit ook hê dat daar bebloede kledingstukke deur die polisie in die Hoffman huis, laer af in Nemesialaan, gevind is. Die polisie wou dit nie bevestig nie. Daar is ook vrae oor bewerings dat die blou Jetta na die voorval gewas is. Daar word beweer dat dit gedoen is om potensiële bewysstukke te verwyder. Die pa van een van die verdagtes, mnr Frankie Hoffman, het vandeesweek die Herald met regstappe gedreig, omdat die koerant dié bewerings gepubliseer het.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald (vervolg van bl 2) gegroei met onderskeidelik 2,76% (nasionaal) en 2,50% (provinsiaal). Ten opsigte van die nasionale stem het die VF+ die derde beste gevaar met 2,82% van die stemme terwyl nuweling, die EFF, op provinsiale vlak ‘n kortkop voor die VF+ was met 1,40% van die stemme teenoor die VF+ se 1,37%. Ten opsigte van ons plaaslike wyke (Wyk 10 – Bettysbaai/ Proteadorp en Wyk 9 – Kleinmond) is daar ‘n aantal interessante aspekte. Die een is dat die DA se steun by kiesers wat by die Proteadorp gemeenskapsaal gestem het met onderskeidelik 9,13% (nasionaal) en 10,06% (provinsiaal) gestyg het. Steun vir die ANC by die betrokke stempunt het met onderskeidelik 1,79% (nasionaal) en 2,52% (provinsiaal) gedaal. Dit wil dus voorkom asof daar ‘n beduidende swaai weg van die ANC na die DA was. Die ander interessantheid is die groei wat die VF+ by die stembus getoon het. Die party se steun het in die Overstrand met byna ‘n
15 Mei 2014 persentasiepunt toegeneem. In die Kleinmond wyk het die party meer as 200 (8,78%) stemme gekry, ‘n vyfde van sy totale steun in die streek. Delf ‘n mens ‘n bietjie verder in die statistiek blyk dit dat ‘n beduidende groep mense wat vir die VF+ op nasionale vlak gestem het, hul stem verdeel het en op provinsiale vlak vir die DA gestem het. Dit skep die indruk dat hierdie mense ‘n boodskap wil oordra van ons is nie heeltemal gelukkig met die DA nie, maar wil steeds hê dat die party die provinsie beheer. Die vraag is natuurlik wat gaan gebeur met die plaaslike verkiesing. Omdat ons ‘n proporsionele kiesstelsel het, wil dit lyk of die VF+, indien hy net effens beter sou doen, die kans staan om ‘n raadslid aan te wys vir die Overstrand munisipaliteit. Dan is daar natuurlik die moontlikheid dat daar onafhanklike kandidate in die plaaslike verkiesing kan staan. Hoe gaan dit die prentjie beinvloed? Dit kan net interessant raak.
Bladsy 5
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 6
www.overstrandherald.co.za
Bagpipe-blessing Voters at the Crassula Voting Station at Betty’s Bay broke out in spontaneous applause when a lone bagpiper marched down the road on Election Day, playing amongst others, Sarie Marais. This performance, however, was not for their entertainment, but part of a traditional blessing for elections by Scottish and Irish people. Pringle Bay resident and world renowned educationalist, Dr Bruce Copley, executed the blessing before and after voting at Crassula Hall. During the time of an election to Parliament or to a local Council or Authority this ceremony is used to ask for God’s guidance in the election and acknowledge him. According to the Scottish Book of Common Prayer (1929) the following wording can be used for such a blessing: ALMIGHTY God, the fountain of all wisdom: Guide and direct, we humbly beseech thee, the minds of all those who are called at this time to elect fit persons
to serve in the Parliament of this nation; grant that in the exercise of their choice they may promote thy glory and the welfare of thy people; and to those who shall be elected give, we pray thee, the spirit of wisdom and true godliness. All this we beg for the sake of our Lord and Saviour, Jesus Christ. Amen. Operations at the Crassula Hall voting station was indeed blessed. A total of 1584 voters visited the station, making it one of the busiest in the Overstrand Municipality. At one stage a queue of about hundred people formed. Counting went smoothly and shortly after midnight the results for both the national and provincial elections were announced. Of the provincial votes the Democratic Alliance received 1455, the Freedom Front Plus 27, the Patriotic Alliance 17 and the ANC 13. Nationally the DA got 1431, the FF+ 66 and the ANC 17. Report and photo: SSMA/Fanie Krige
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 7
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 8
www.kleinmondonline.co.za Afriforum versoek gebou vir honde-eenheid in Hermanus HERMANUS – Afriforum het Dinsdag ‘n versoek hier ingedien vir die oprigting van ‘n gebou vir die polisie se honde-eenheid. Die versoek was gerig aan die minister van openbare werke in die Wes-Kaap, Robin Carisle. Volgens Afriforum was hierdie versoek gerig na verskeie skrywes aan die kommissaris van polisie in die Wes-Kaap, luitenant-generaal Arno Lamoer. “Die honde-eenheid werk steeds uit ‘n houer (container)
in Hermanus en die honde word nie by die stasie gehuisves nie. Amptenare sê openbare werke het tot dusver steeds nie ‘n gebou geïdentifiseer vir die eenheid nie,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid gesê. Volgens Stefan Pretorius, AfriForum se provinsiale koördineerder in die Wes-Kaap, het geweldsmisdaad in die Overstrand met 200% gestyg.
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 9
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 10
Pringlebaaiers se ondernemingsgees laat hulle groei
Die vrywilligers brandweereenheid van Pringlebaai staan by “Rocky”. Vlnr: Clayton Francis, Vic Brooker, Pierre Kruger en Dave Mellet. Dié manne het gehelp om geld in te samel vir die skenk van die brandweerpomp aan die Overstrand Munisipaliteit.
PRINGLEBAAI - Die inwoners hier is taamlik beskeie daaroor, maar tog gebeur daar gereeld verstommende dinge in dié klein dorpie. Op Dinsdag 6 Mei het die gemeenskap nie net ‘n brandweervoertuig aan die Munisipaliteit Overstrand oorhandig nie, maar ook ‘n moniteringskamera vir luiperdbewegings in die omgewing op hul koste in ontvangs geneem. Die brandweertrok, ‘n Unimog, is Rocky gedoop; klaarblyklik ‘n bynaam wat die inisieërder van die fondsinsamelingsprojek, Clayton Francis, in sy weermagdae op die lyf geloop het. Die afdelingshoof van die munisipale brandweerdiens in die Hangklip-Kleinmond-gebied, mnr Marlo Rust, sê Clayton was ‘n sersant-majoor en almal weet dat dit die manne is wat dinge laat gebeur. Clayton het op sy beurt gesê dit was die vrywilligerkorps op Pringlebaai se frustrasie met die bakkie-eenhede wat die munisipaliteit aan hulle toegeken het, wat die projek vorm gegee het. Dit het omtrent vyf tot ses jaar se funksies en skenkings (van heelparty groot finansiële instellings) gekos om genoeg geld bymekaar te maak. Toe begin die soektog na ‘n geskikte voertuig om in ‘n pomp om te bou. Tientalle kere moes hulle aanbiedinge van die hand wys, maar toe die Unimog te voorskyn kom, was die gort gaar. Nou beskik die gemeenskap oor ‘n brandweervoertuig wat sy weg oor die moeilike terrein van die omgewing sal vind en sy taak doeltreffend kan uitvoer. As Pringlebaai dit kan doen, kan enige gemeenskap dit kan doen, sê Clayton, maar miskien moet ‘n mens byvoeg “mits daar ‘n sammajoor is”.
Burgemeester Nicolette BothaGuthrie het ook haar trots oor die gemeenskapspoging verklaar en brandweerhoof Lester Smith het die versekering gegee dat daar nie net mooi na die nuwe aanwins gekyk sal word nie, maar dat Pringlebaai se vrywilliger-brandweereenheid ook op sy ondersteuning kan staatmaak. Die luiperdkamera is weer ‘n projek wat die sakevrou Ellie Wessels gedryf het. Die uitdaging was nie so groot nie, maar dit is nie maklik om R3 700 uit plantverkope bymekaar te maak nie. Die Pringlebaaise Belastingbetalersvereniging het ook hand bygesit en op Dinsdag is die kamera deur die Kaapse Luiperdtrust se Bolandprojek teen Hangklip deur ‘n span vrywilligers geïnstalleer en sal voortaan elke vier tot ses weke besoek word om die foto-materiaal te versamel en die batterye te vervang. Die kamera werk met ‘n infrarooistraal wat geaktiveer word wanneer iets voor die lens verby beweeg. Dit is maar bitter min dat dit ta se kind is, maar die kamera kan ook help met Mammal Map, ‘n projek waarmee die verspreidingskaarte van soogdiere opgedateer word. Jeannie Hayward en Anita Meyer van die Kaapse Luiperdtrust (Cape Leopard Trust) het by die oorhandiging van die kamera gesê dat die dominante mannetjie van die streek, Scott, ‘n wye loopgebied het en waarskynlik die gebied met tussenposes van vier weke besoek. Daar is egter ‘n ongeïdentifiseerde mannetjie ook in die omgewing. Hy is nog net van die een kant afgeneem en ‘n mens moet foto’s van albei kante hê om vir hom ‘n naam te gee.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 11
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Potjiekos ‘n Gereelde rubriek oor aktuele sake deur Fanie Krige Fanie Krige van Solid Stuff Media Agency is ‘n bedrewe potjiekosmaker wat al in die politieke kookkuns by ‘n kollege klasgegee en ook jare se ondervinding in munisipale kombuise het. Hy glo dat met ‘n bietjie speserye en kruie en genoeg tyd kan jy iets van benerige vleis en moerige aartappels maak. Peper hom gerus met vrae by redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons stuur dit aan.
Wat van ‘n Xhosa-koerant vir ons gemeenskap? Die Baron van Hangklip was in ‘n joviale bui toe ek hom Sondagmiddag teen skemering gaan groet het. Die son het vinnig agter die skiereiland oorkant Valsbaai ingesak, maar wat ‘n perfekte dag was dit nie om die moeder van die huis te vereer nie. Wilhelm moes oor die verkiesingstyd familiebesigheid in Namibië afhandel. Vrydagaand het hy en sy broer nog onder die verbysterende sterrehemel van Sossusvlei aan ‘n KWV-tienjaaroud geteug totdat dit vir hulle soos in ‘n Jan Spiesstorie gelyk het of elke ster ‘n stert het. Saterdagaand het sy geliefde Bulle die Stormers karnuffel, nogal met talent wat hier onder Allister Coetzee se neus uit geskaai is. Dus is ek ‘n klomp komplimente toegeswaai oor die DA se vertoning in die nasionale en provinsiale verkiesing. Hy het sy welige snor behaaglik gestreel met ‘n aksie van sy duim en wysvinger wat van die neus af uitgesprei het tot by die gedraaide punte en dan weer terugkeer na die begin om dit oor en oor te doen. Ek kon nie mooi hoor wat hy van agter sy hand sê toe ek hom vertel van die doedelsakspeler wat vir ons met die Sarie Marais
‘n seëning oor die Crassula-saal in Bettysbaai kom afspeel het nie. Toe ek hom inlig die ANC net 13 stemme provinsiaal in Crassulasaal gekry het en vierde na die Vryheidsfront Plus en die PA geëindig het, sê die Baron dit is mos wat hy vir kiesers in die Overstrand Herald gevra het om te doen. Oor die meer as 1000 ANC-stemme in die Proteadorpse gemeenskapsaal is hy minder ingenome. Dit is toe dat hy skielik Die Overtjie gryp wat Sannie met haar weeklikse inkopietog by die Kleinmond Mall opgetel het. “Dit is die antwoord,” verklaar hy. “Wilhelm, het jy die spoor daar in die woestyn byster geraak? Wat het ‘n skoolfondsprojek met plaaslike politiek te doen?” wil ek weet. “Lyk my jy het ‘n bietjie van die helderheid wat afstand bring nodig!” antwoord hy seepglad. “Dit is vir my duidelik dat die Xhosa-sprekendes in hierdie wyk van ons ‘n Herald in hul taal moet kry – en dit sal ‘n gratis koerant moet wees wat soos die Overtjie deur klein plaaslike advertensies gedra moet word. Hoe anders gaan jy ‘n platform vir gesonde debat met en tussen die swart gemeenskap skep? Hoe anders gaan jy hulle bewus
maak van wat die munisipaliteit en die provinsie hier vir ons doen? Hoe anders gaan jy hulle met die res van HangklipKleinmond laat integreer? “Hier het hulle net die SABC en na maande se “we have a good story to tell” besef jy seker hoe neutraal ons nasionale uitsaaier is ... en hoe ver hulle van die grond is? “Die grootste deel van ons swart gemeenskap is arm en het bitter min om aan kommunikasiemedia bestee. Selfone word nie vir die internet gebruik nie, net om “please call me’s” te stuur,” sê die Baron. “Dit was eintlik ongelooflik hoe die swart inwoners op die DA se pamflette gereageer het,” stem ek saam. Elke keer as ons ‘n verspreiding gedoen het in die plakkerskamp, Overhills en selfs by die New Houses, het ons aktiviste laat weet om lidmaatskapvorms te bring vir die mense wat wil aansluit. ”En seker ook die t-hemde? Dit was by verre die gewildste partydrag in die aanloop tot die verkiesing,” merk die Baron op. “Net jammer ons kon nie al daardie belangstelling in stemme omsit nie,” antwoord ek. “Miskien het die ANC se onwettige straatuitsending vieruur die oggend voor die verkiesing iets daarmee te doen gehad.” “Ongetwyfeld, maar dit sou ook baie gehelp het as julle harde werk in die buurte ondersteun is deur ‘n lekkerleeskoerant, wat ook die besighede van die dorp na die swart mark kan bring.” Daar is nie genoeg ruimte om al Wilhelm se ander waarnemings met die lesers vandeesweek te deel nie, veral nie met sy revolusionêre gedagte dat
Bladsy 12 nouer samewerking met die EFF vir die DA dalk veel meer voordele as nadele inhou nie. Dalk doen ek dit tog as ek dit ‘n paar keer herkou het! Potjiekoswenk van die week: Lesers wat ‘n nuwe potjie gaan koop om aan die Laerskool Kleinmond se Potjiekoskompetisie deel te neem, kan die pot voorberei deur groenteskille, stingels en blare vir so ‘n uur in water te kook. Gooi die kooksel uit en spoel deeglik skoon. Skuur dit met houtas en spoel weer skoon. Maak die pot dan baie warm en laat asyn daarin kook. Gooi weer uit en spoel die pot skoon. Nou is dit gereed vir daardie wengereg! Red: Die idee van ‘n Xhosanuusblad is ‘n interesssante een en een waarvan ek kennis dra, aangesien ek al by twee geleenthede in die verlede sulke projekte van stapel gestuur het, onder meer in Malmesbury waar daar ‘n groot Xhosa-sprekende gemeenskap is. Beide pogings het klaaglik misluk. Daar is by nabetragting verskeie redes. Die een is om personeel te kry wat die taal behoorlik magtig is. Dan is daar ‘n gebrek aan ‘n leeskultuur in plattelandse gemeenskappe. Ek was onder die indruk dat mense verheug sou wees om leesstof in hul eie taal te kry. Dit was doodgewoon nie so nie. Dit mag vreemd klink, maar ek was verstom om uit te vind hoeveel Xhosa-sprekende mense nie in hul eie taal kon lees nie. Net interessantheidshalwe, gaan kyk ‘n bietjie op die internet hoeveel koerante met Xhosa as voertaal word daar in die land uitgegee? Hoekom?
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 13
Overstrand Herald
15 Mei 2014
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie? Nou wat moet ons dan doen? Die passede naweek luister ek so met ‘n halwe oor na ‘n BBC program wat handel oor die Oscar Pistorius saak en misdaad oor die algemeen in SuidAfrika. Daar seg die mense wat ondervra word hulle dink hierdie saak is soortvan ‘n klug. ‘n Klug vanweë al die aandag wat een saak kry, omdat die beskuldigde ‘n bekende en die slagoffer ‘n mooi blonde meisie is. Gewone mense kry nie sulke aandag van die polisie óf die howe nie. Is dit nou nie ‘n feit nie, né? Met die Oscar saak word patoloë en kenners van oral af nadergehark om elke kant se saak te probeer bewys. Gewone mense se sake lê in stof vergaar, omdat diegene wat van beter behoort te weet, eerder speletjies speel oor regstellende aksie as om bekwame mense aan te stel wat die werk kan doen. Gaan doen maar navraag oor enige blessitse saak by die polisie: Kan nie ‘n antwoord gee nie, want die forensiese departement is ses maande agter met hul werk. Laat ek myself korrigeer: Toe ek laas ‘n polisiestorie gedoen het in 2011, was hulle ses maande agter met hul werk en toe was dit al droewig. As jy my vra, werk die forensiese departement se agterstand nou al in jare. En dis nie heeltemal hul eie skuld nie. Nou vra ek weer: “Welke kans staan gewone mense wat nie die skop en reklamewaarde van glansmense het nie, om gehoor te word?” Nie net in die howe nie, maar ander instansies soos die polisie of ‘n verskeidenheid van staatsdepartemente kan
die publiek ook maar lekker die josie in maak deur hul dikwels skynbare onbeholpenheid. Jammer manne, maar néém nou maar die polisie in die Oscar saak: Sonder dat ek enigsins probeer het om te probeer luister, het ek verskeie kere gehoor hoe onprofessioneel (soms wou dit al klink of die mense wou sê dom) die personeel op daardie toneel te werk gegaan het. Enige Jan Rap en sy maat kon glo oor en in die misdaadtoneel beweeg en bewysstukke is opgetel en bevoel en bevat en is op ou laas blykbaar haas onbruikbaar. Dis nie wat ek sê nie, dis wat ek oor die radio gehoor en op TV gesien en in die koerant gelees het. Nou, juis omdat daarop die misdaadtoneel drooggemaak is, word in die hof nie net vrae gevra nie, maar allerlei truuks ingespan om ‘n verloop te probeer formuleer. Nou trek die Gerrie en Barry Show daagliks vol sale waar ‘n getuie onder meer moet skree, so asof sy ‘n oudisie aflê om ‘n in ‘n sepie te speel. Blykbaar is daar darem een onomstootlike feit: Oscar hét Reeva Steenkamp geskiet. Die wat en wie vrae word soortvan beantwoord, maar die wanneer, waar en hoe raak al hoe meer duister, terwyl die regte waarom waarskynlik net aan Oscar bekend is. As die beamptes in so ‘n opsienbare saak so ligtelik met bewyse omgaan, hoe moet ander gewone mense dan vertroue hê in die regstelsel? Die Shrien Dewani saak begin ook vandag (Maandag). Noudat die man uiteindelik hier is, gaan daardie saak ook uitwys hoe ...
onprofessioneel daar daarmee omgegaan is? Is die geleentheid om aandag in ‘n hof te kry iets wat net die superrykes beskore is? Is daar ‘n Dolce&Gabbana Gold Edition sonbril voor Geregtigheid se oë in plaas van ‘n blinddoek? Wat van die babatjies van gewone (arm) mense wat wegraak hier of in townships? Wat van verkragtings en moorde op vroue en kinders en ou mense in die diep platteland waar geen koerantjoernalis ooit kom nie?
Bladsy 14 Is daar selfs net ‘n sprankie hoop dat sulke sake aandag geniet? En indien ‘n saak wel voorkom, hoeveel male sonder tal word dit net uitgestel en uitgestel en uitgestel? Dis nou soortvan net hier waar die media weer ‘n bloedneus kry, want ons krap mos waar dit (na bewering) nie jeuk nie. Maar toe maar, ons vat die pak, want ten minste het gewone mense die troos daar is iemand iewers wat waarskynlik gaan luister.
Harold Porter Botanical Gardens still under repairs Jacques Myburgh BETTY’S BAY – Major pathways in the Harold Porter Botanical Gardens are still under construction after floods destroyed most of the Garden’s infrastructure six months ago. The botanical gardens were almost brought to its knees after copious amounts of rainfall targeted the Overstrand region in November 2013, resulting in flooding and damage to infrastructure and pathways. Staff from the botanical gardens, helpers from Kirstenbosch Botanical Gardens and local volunteers salvaged and repaired as much as they could of the almost decimated garden and flooded pathways. Large parts of the garden including the main pathways, restaurant and gardens recovered from the floods, but some major attractions such as the Disakloof pathway leading to the waterfall and
the mountains are still in dire need of repairs and not accessible. When the Herald visited the gardens a R20 fee was charged at the gate without informing us that some pathways are closed. Only when we reached the pathway a barrier with a no entry sign prohibited us from going onward. “Many of the walkways and bridges were washed away by the floods making it unsafe for visitors”, says Benjamin Festus, from the Natural Maintenance department of the Harold Porter. “Some pathways like Leopard’s Kloof have been repaired and are open to the public.” According to Festus plans are in place to repair the remaining pathways. “We’re waiting for the service provider to approve the contract to start the repairs. At this stage we don’t have a specific date on which the repairs will be completed
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Oom Sakkie se “wrooi”
Oom Sakkie (die strooipop op Singleton se Winkelstoep) het weer ‘n regte, egte Namakwalander ontmoet wat die volgende te vertelle had. Dit is seker maar ‘n “wrooi” – ‘n ware (dis tog vertel) , maar strooi (lieg)storie. Die Namakwalandse jongboertjie was skielik op ‘n dag doodseker van twee dinge: hy is nou siek en sat van alleen swoeg op sy afgeleë plaas en hy voel nou bekwaam genoeg om vrou te vat. Dus het sy soektog na ‘n geskikte wederhelf met erns begin. Op elke geleentheid, hetsy Nagmaal, basaar, langarmdans of verjaarsdag, het sy oë na die jongnooiens, maar veral na die boeremeisies gedwaal en het hy hulle een vir een in sy verbeelding daar op sy plaas en in sy huis probeer “picture” om darem ‘n beter kans te staan om die regte een uit te kies. Na vele waarnemings het sy keuse op ‘n aanvallige meisietjie wat op die 3de/4de plaas van syne af deur haar ma in die pligte van ‘n boervrou touwys gemaak word, geval en die gekuiery en gevryery het in alle erns begin. Saterdagmiddae as al die bokke versorg en veilig in die kraal is, het hy sy netjiesste klere aangetrek, sy fiets se wiele gepomp en padlangs na die kuierplaas getrap. Dit het hom ‘n goeie uur of twee geneem om daar te kom en toe besluit hy dat hy sommer, daar waar die pad so ‘n ellelange draai maak, kortpad deur die veld en droë rivier te vat om darem meer praat- en vrytyd tot sy beskikking te hê. Dus draai hy dié spesefieke Saterdagmiddag met ‘n lied in die hart regs weg die veld in om tyd te bespaar. Hy was heel in sy noppies met sy vordering en al singende bestorm hy toe ‘n sandheuwel op die rivierwal en probeer soos ‘n wafferse
waaghals deur die lug te trek soos hy die kinders op die dorp by die basaar sien doen het. Toe hy so deur die lug trek, sien hy daar kom moeilikheid en hy verloor sy greep op die stuurstang. Die fiets trek toe verder, maar hy beland toe in ‘n nuutgegraafde gorra in die middel van die rivierloop. Die gorra was redelik diep met steil regaf walle en die syferwater het tot hier by sy neus gestrek as hy op die punte van sy tone staan. Sak hy op sy hakke af, sien en hoor jy net borrels! Gou-gou het hy besef hy is in groot moeilikheid, want hy sou dit nie kon volhou om op sy tone te bly staan nie en verdrink wil hy nou ook nie eintlik nie?! Maar ‘n boer maak ‘n plan en toe begin hy, net voor sy kuite té lam word van op die tone staan, groot teue water te sluk om die watervlak ‘n bietjie af te bring sodat hy weer kan asemhaal. Maar ongelukkig vir hom syfer die gorra stadigaan weer voller en hy moes maar weer op sy tone kom. Ongelukkig het ek die einde van die storie nooit gehoor nie en hoe hy daar uitgekom het en of hy die meisie toe uiteindelik gewen het, weet ek nie, maar hy het sy dilemma daar in die gorra duidelik uitgespel: twee natuurwette kan jy nie omseil nie: die insyfering van water in die gorra kan jy nie keer nie, en : wat bo in moet een of ander tyd onder uit. Dus het sy gesuipery veroorsaak dat sy blaas ‘n paar keer geledig moes word en dan het die water skielik nog hoër gestyg en moes hy vinniger suip om nie te versuip nie!! Wat ‘n bose kringloop!!! Ja, dit was nou ‘n ware “catch 22”-situasie, so tussen die duiwel en die diepblou see, so ‘n 6 van die een en ‘n halfdosyn van die ander, maar loskom was maar seker problematies!! -Jean
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 15
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 16
www.overstrandherald.co.za
Chad Kruger, Liné Els, Elani Matthee, Kayla Smal, Carla Zondagh, Charlene Schwemmer, metgesel CALEDON - Die 2014 leerderraad die matriekafskeid! Die OOV het van Hoërskool Overberg het ‘n heerlike ete voorgesit en die geskiedenis gemaak deur ‘n gaste is absoluut bederf. formele winterbal te organiseer. Die gaste was uitgevat in pragtige Almal hoop natuurlik dat dié bal rokke - ‘n lekker oefenlopie vir ‘n tradisie by Ovies sal word!
Die Con Spirito Sangers tree weer op 19 en 20 Junie met hul jaarlikse konsert in die NGKerksaal op. Kaartjies vir die Donderdag-optrede is beskikbaar by die Fellowshiplede en dié vir die Vrydagaand by die koorlede. Kom luister na ‘n aand vol genotvolle musiek!!
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 17
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 18
Senior burgers toer L ’Agulhas Op Dinsdag 06 Mei het 32 baie opgewonde voornemende reisigers om 07:00 per bus vanaf die NG Kerk vertrek. Die rede vir die opwinding was dat dit die Senior Burgers se eerste dagtoer was. Die eerste stop was ‘n koue en winderige Struisbaaihawe waar
die besoekers ‘n rob op die kaai in die yl sonnetjie rustig sien slaap het. Hul tweede stop was op L’Agulhas by Suiderpunt Potpouri waar tee en verversings geniet is. Daarna was die die vuurtoring en die 1,5 km lange wandelpad aan die beurt. Vyftien van die seniors
het die wandelpad aangedurf. Die ander het met bus tot by die Suiderpunt en verder tot by die skeepswrak in die see gery. Om 11:00 het hulle na Arniston (Waenhuiskrans) vertrek waar hulle ‘n uithalermiddagete geniet het by Willeen se Restaurant in ‘n Kassiesbaai
visserhuisie. By die kaai in hierdie hawe word die bote nog ingesleep met trekker en kabel. Hulle het hul uitstappie afgesluit met ’n besoek aan die Van Brakel Stoor Restaurant met tee en heerlike sjokoladekoek met mousse waarna die skrede weer huiswaarts gewend is.
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 19
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 20
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Jemma and Star ride the high country BOTRIVER - Young Jemma Anderson (13) on her horse, Halliford Shooting Star, have been selected to the Western Province horseriding team. This honour befell them after they had participated in the WP showing team trials in Cape Town last week.
Bladsy 21
Overstrand Herald
15 Mei 2014
DAGBOEK
16 & 17 Mei: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdag-oggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/0727780249.
Bladsy 22
BUKSIES
Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. 20 Mei: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 08:30 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5022. 19 May: The Overberg Quilters’ Guild will be meeting at 9.30 at the de Wet Hall, Roos Street, Onrus. Speaker Marijike Weitsz. Crazy Patch square draw and Block of the month. 20 Mei: Gemeentevrouebyeenkoms: Gemeentebediening in die NGKerk Kerksaal om 15:00, H/v 1ste Laan en 3de Straat, Kleinmond. Spreker: Hanneli Rupert-Koegelenberg. Onderwerp: “Eindig as ‘n oorwinnaar” Tema: Vintage – Trek iets vintage aan bv. outydse klere, handskoene, skoene, handsak, hoed of borsspeld, ens. 21 May: Kleinmond Bird Club. Venue: Arabella and Rooisand. Meet at Kleinmond library car park 08:00. With winter approaching and most migrant birds having now departed, good birding venues are nog easy to find. However Bot Lagoon always has something to offer, be it fynbos birds and raptors on the fringes, or sea birds and waders on the water. Look out for the resident fish eagles in the area. We will start the morning with a drive to Arabella, and a short walk in the grounds and along the waters edge. From here we will drive to Rooisand and walk to the bird hole. On our return we will picnic in the car park. Please bring chairs. Cost of car share R10/ Club levy R5. All welcome. Enquiries Daphne Richardson 028 271 3993 22 May: Friends of the Hangklip Library. Theme: “Die Padkaart van `n Speurder” met Wouter Grové. The author will tell of his 36 years in the SA Police & retiring as chief of the Detective Branch. This book on Sale @ R150. All welcome!Time 10h30, Venue Betty`s Bay Library 27 Mei: Kiekieklub byeenkoms om 19h00 in die NG Kerksaal. Tema vir die maand is, “beweging/motion blur.“ Aanbieding deur Anli Theron. Sy gaan vir ons vertel en wys hoe dit in Khazakstan lyk. Almal is baie welkom. 27 Mei: VLV Vergadering om 14:30 in die NG Kerksaal. Spreker Nellis Zaaiman. Kom leer meer oor Montagu droëvrugte en hul gebruike. Almal welkom. 31 Mei: Laerskool Kleinmond hou Karnaval ! Heerlike koeke, terte, poedings, pannekoek en middagetes beskikbaar. Kindertafel, speletjies, snoepwinkel, plaasstal en rustige teetuin en potjiekos rond die dag af! Kom geniet die dag saam met ons kinders by Laerskool Kleinmond. 2 Junie: Walkerbaai Seëlklub, Hermanus Rolbalsaal om 17:30. Vir meer inligting skakel 082 376 6252 5 Junie: Senior Burger byeenkoms om 15:00 in die NG Kerksaal. Antea de Pluym sal kom praat oor haar ervaring na haar vader in ‘n plaasmoord gesterf het en hoe om geweld te verwerk. Petrovna Metlerkamp het op Whale Coast FM ‘n onderhoud met haar gevoer. Vir verdere navrae skakel Hester Wentzel by 082 541 2470
WANTED / GESOEK Geweerkluis. Skakel 082 293 1733 Very neat and quiet person urgently looking for a flatlet to rent from 1 June 2014. 1 to 2 bedrooms. Please contact Lize on 072 785 7077. Professional couple seeks an unfurnished house to rent long-term in Bettys Bay or Pringle Bay. Pet friendly for 2 short-haired and small house-trained hounds. R4,500 – R5,500 per month. Matthew cell: 082 469 6374 or email stonelion@vodamail.co.za. Aggy, a Zimbabwean lady is looking for domestic work, reliable and hard working and has reference. Phone 084 834 7440 Laaikas, hangkas en dubbelbed. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Mokota has qualifications as Electrical Engineer (N3, N4, N5 & N6). She is looking for practical training and general house work. Phone 071 015 5269 Marilyn soek huiswerk vir Dinsdae en Vrydae, is baie vriendelike en betroubaar. Skakel 072 549 0961 Amanda is looking for domestic work. Has reference Marina 083 301 7624. Phone 076 536 1135 A second hand electrical lawnmower, medium size ± 1800KW with extension cord for cash buyer and a small reliable bakkie up to R35 000 required. Phone 028 271 4145 Lazy boy armchair or winged back chair – must be in excellent condition. Phone 082 697 0534 Musical Recorders, suitable for children to play.Childrens reading books, Afrikaans and English. Squash rackets suitable for children. Contact Binkie at Pringle House ECO School 083 796 5841 I would like to rent a house or flat. Phone 082 722 3837 FOR SALE / TE KOOP Garage sale 16 & 17 May 14, 10am - 4pm, 3627 Microloma Road, Betty’s Bay. Garage sale: 9 7de Laan, alles en nog wat.
Overstrand Herald
BUKSIES
15 Mei 2014
Veeldoelige stewige trailer 1,9 x 1,2m x 40cm diep. Skakel 028 271 5373 / 082 375 3742 Fiets R450. Skottelbraai R250. Klein tafel R200. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Tip-up garage doot R1200. Phone 083 776 3548 CD/DVD kas R500. Laptop met sak R1500. Olie verwarmer R300. Skakel 083 629 0339 Wasmasjien in goeie werkende toestand. Skakel 079 692 6407 / 028 271 5432 Outydse kombuiskas. Pine dubbelbunk met matrasse. Skakel 082 564 2460 Garage verkoping: Saterdag 17 Mei vanaf 10:00. Huishoudelike goedere. Tweedelaan 56. Powerforce 560 watt Black & Decker 40044 boormasjiene slegs huishoudelike gebruik R120 elk. Skakel 072 212 2388 Samsung Wave II Celphone vir R490. Skakel 074 788 2946 Motorradio/CD speler JVC soos nuut R500. Koffietafel met glasblad in baie goeie toestand R350. Skakel 028 271 3044 / 072 450 2287 Buiteboord enjin Yamaha 30pk – short shaft R8500. Skakel 083 460 2123 LG RH1999H DVD.HDD recorder with remote, record onto DVD or 160GB hard drive, HDMI out, timeshit function + 14-in-2 card reader, ,R4500 new, asking price R1500. Phone 079 422 2503 / 074 285 7309 Groot Embuia spieëlkas met laaie in baie goeie toestand R800. Skakel 084 583 7104 Manual wheelchair 6months in use. Shopping trolley on wheels. 1 suitcases (no wheels) R40. Basket for 3 thermos flasks .Good condition. 13 ribbed heater. Genuine Leather attache case. V good condition.Mens suede jacket. (38). Nearly new. Men’s fur lined boots. Nearly new. Phone 084 580 1298 / 028 272 9875. Ses sitplek bruin sitkamers te koop in goeie toestand R700. Skakel 083 788 2486
Bladsy 23
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 24
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie. Christian Revival Church “Mend the nets, the catch will be great” Main Road 68 Wednesday Nights at 19:00. All ages welcome. We worship, praise and love God with boldness and with all of our heart, so come and join us! Heinrich 072 460 6226 / Riana 072 403 0599 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Kleinmond Gottesdienst 2014 Sonntag 25 May 2014 - 15h30 Sonntag 27 July 2014 - 15h30 Sonntag 28 September 2014 - 15h30 Sonntag 30 November 2014 - 15h30 Adventsfeier CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411
NG KERK: 18 MEI 09:30 Kerkgebou Ds. Barry Lordan 09:00 Sentrum Ds. Guy Roberts 09:00 Kerksaal Ds. Nico Rabe
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Woensdae: Biduur om 18:30 GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Izak Lessing Tel: 028 273 8134 / 083 259 3403 Eredienste Sondae om 09:30 en 18:00 09:30 Ds Ferdie Postma 18:00 Ds Ferdie Postma LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay. Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Heide Street Priest is Father Vincent Bastiaan 028 284 9772 Chapelwardens is Leilani 0799804540, Susan Megan 028 271 3546 First and Third Sunday: 10:00 Holy Eucharist Second Sunday: Morning Prayer Fourth Sunday: 07:30 Holy Eucharist Fifth Sunday: Family Service (Notice Will Be Given In Church Where It Will Be) Sunday School: 09:00 Every Sunday except 4th And 5th Sunday First Tuesday: Council Meeting @18:00 Second Tuesday: 10:00 Holy Eucharist and visit of sick Third Tuesday: Evening Prayer @ 18:30 Fourth Tuesday: Holy Eucharist @18:30 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 VG PROTEADORP - Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00
Overstrand Herald
15 Meil2014
Bladsy 25
Overstrand Herald
15 Mei 2014
Bladsy 26
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
15 Mei 2014
www.overstrandherald.co.za www.kleinmondonline.co.za
Bladsy 27
Kleinmond golf results WEDNESDAY 7TH May 2014 (Singles Stableford) There were 58 players in the field. 1st: du T v d Merwe (44) 2nd: C Basson (42) 3rd: D Bunn (39) 4th: W v Heerden (39) SATURDAY 10th May 2014 (4BBB Bogey +)
There were 44 players. Kruger League played at Kleibnmond against Riverside. Kleinmond lost 2 and a half / Riverside 5 and a half 1st: R & M Erasmus (+10) 2nd: L Pfister & H Upsher (+6) 3rd: N Roussouw & J Zeelie (+6) 4th: A Ferreira & R Lassen (+6)
Ovies hokkiespeler presteer Sat Winners 10 May, R & M Erasmus
CALEDON - Marquerite de Waal van HoĂŤrskool Overberg het die die Nasionale Hokkie Skeidsregterseksamen met 72% geslaag. Hierdie Ovie is ‘n ywerige hokkiespeler en hoop om binnekort ook haar praktiese evaluasie te doen.
Het u enige sportnuus? Stuur dit na redakteur@overstrandherald.co.za
Wed Winner 7 May, Du T v d Merwe