Haarkapper skielik oorlede
Oud-onnie vas oor kreef
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 2
Oud-onnie vas oor kreef BETTYSBAAI – ‘n Oud-onderwyser wat, na wat ons verneem, by sy dogter op dié kusdorp woon, het vandeesweek in die landdroshof op Caledon verskyn na beamptes van mariene en kusbewaring hom Vrydagmiddag laat op die R44 met byna 400 kreefsterte betrap het. Die 69-jarige Martin Humfry Reid van Lakeside rd in Bettysbaai het glo nog tot onlangs toe afgelos as onderwyser by die Firgrove Primêre skool in Somerset Wes. Buiten die kreefsterte is daar ook beslag gelê op die silwer kleurige Volvo waarin Reid
gereis het. Op Reid se selfoon was die name van minstens vyftien ander onderwysers by dié skool wat van so ver terug as Desember 2014 bestellings by Reid geplaas het vir kreef, perlemoen en Galjoen. Beamptes sê uit boodskappe op die selfoon is dit duidelik dat onderwysers gereeld met koelbokse by die skool opgedaag het om die onwettige lekkernye in ontvangs te neem. Intussen het die polisie Sondag in twee afsonderlike voorvalle nog agt mans van die Kaap in hegtenis geneem vir die onwettige besit van kreef.
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Melean Weyers
Sophie Vermeulen
KLEINMOND - Twee bekende lede van die VLV-tak hier is in een week oorlede en die tak is diep geraak. Sophie Vermeulen is op 8 Desember dood en Melean Weyers op 11 Desember 2015. In ‘n huldeblyk het die voorsitter van VLVKleinmond, Ninnie du Toit, gesê dat hierdie twee lede lank onthou sal word. “Dit is ‘n ware eer en voorreg vir die bestuur en lede om hulle nagedagtenis te koester”, het Ninnie gesê. Melean Weyers was in 1985 een van die stigterslede van VLV-Kleinmond tak en het vir 20 jaar die pos van sekretaresse gevul. Melean was bekend vir haar pligsgetroue, presiese en opregte bydrae. Melean was die een wat gesorg het vir vars agurkies al die pad van Wellington af en sy het van die lede geleer om hulle in te lê. Melean se ingelegde lemoenskille was alombekend. Daar was omtrent geen einde aan Melean
se idees, krag en harde werk nie. Sy was ook die sameroepster van die Opvoeding portefeulje en ‘n geliefde spanleier. Sophie Vermeulen was die afgelope vyftien jaar ‘n inwoner van Kogelpark aftree-oord. Sophie was meer as sestig jaar betrokke by die VLV en het by die Kleinmond-tak aangesluit toe sy en haar man, Chris, hulle op Kleinmond kom vestig het. Hy was ‘n voormalige raadslid en onderburgemeester van Hangklip/Kleinmond en is al oorlede. Sophie was ‘n getroue lid en het gereeld aan die tak se hekel- en brei-kompetisies deelgeneem.
Huldeblyk aan VLV-lede
As gevolg van suikersiekte het Sophie haar been verloor, maar ten spyte daarvan was sy aktief en het steeds gebak en vrugte ingelê. Haar opgeruimdheid was ‘n inspirasie, nie net vir die inwoners van die aftree-oord nie, maar ook vir alle VLV-lede.
Die Overstrand Herald wens al sy lesers en adverteerders ‘n vreugdevolle en veilige feesgety toe! Ons kantoor is weer op 11 Januarie oop!
Bladsy 3
Overstrand Herald
17 Desember 2015 * Doen jou deel om misdaad te help voorkom * Rapporteer alle misdaad by die polisie * Registreer by KSW * Beveilig jou eiendom *Ondersteun Kleinmondnagwag * Do your share to help prevent crime * Report all crime to the police * Register at KSW * Secure your property * Support Kleinmond Night Watch
kleinmondsw@gmail.com
Ontspan heerlik; wees waaksaam Dis somer, die son skyn en vakansiegangers is aan’t inkom in ons mooi dorp. Natuurlik wil julle jul kosbare tydjie by die see geniet en julle nie oor misdaad bekommer nie. Ons, die inwoners van die dorp, hoop julle skakel af en geniet elke oomblik van die rustigheid en natuurskoon wat Kleinmond bied. Ongelukkig moet ons julle waarsku om op hulle hoede te wees vir die misdadigers wat juis hierdie ontspanne atmosfeer uitbuit om te neem wat nie
aan hulle behoort nie. So ’n rukkie gelede het vakansiegangers vir ’n paar dae kom ontspan. Hulle was haastig om op die strand te kom – dis immers waarvoor hulle gekom het. En dis waarop die misdadigers staat gemaak het. Hulle was skaars weg, of daar word ingebreek. Dit is duidelik dat die huis dopgehou is, en dat die inbrekers gesien het hulle kan vinnig en maklik toegang tot die huis kry. Kleinmond Straatwag sal deur die loop van die vakansie steeds
doen wat hulle kan om misdaad te bekamp en Kleinmond Nagwag sal die strate snags patrolleer – hulle is ook in die vakansie verbind daartoe om die oë en ore van die plaaslike polisie en die Wetstoepassings-afdeling van die munisipaliteit te wees. Die onus is egter op elke inwoner en vakansieganger om sake so moeilik as moontlik vir misdadigers te maak. Jy het die volgende al tot vervelens toe gehoor – onthou om dit te doen. Dit kan die verskil maak tussen rustig vakansie hou en baie ongerief en drama: *Aktiveer die alarm, self al gaan jy net gou-gou iewers heen. Aktiveer dit ook as julle gaan slaap. *Sluit veiligheidshekke en deure en beveilig vensters. Ook wanneer julle op die agterstoep braai! *Moet nooit waardevolle artikels naby ’n vensters of in ’n motor laat nie. *Hou in gedagte dat misdadigers bewoonde huise vanuit leë erwe, onbewoonde huise se
Bladsy 4 tuine en beboste gebiede (dink aan Kusweg!) dophou. Dit is ook hulle vinnige ontsnaproetes. *Rapporteer verdagte optrede of persone dadelik by die polisie by 028 271 8200/8219. *Die noodnommer vir OM Wetstoepassing is 028 312 2400. Relax but stay alert It is summer, the sun is shining and holiday makers are arriving in our lovely town. And you want to enjoy your holiday at the seaside; the last thing on your minds is criminals on the loose. And we, the permanent residents, hope you enjoy every minute of your stay in this peaceful place. Unfortunately we need to warn you to remain alert at all times. Criminals are adept at using the relaxed atmosphere in the town to take what does not belong to them. Just recently some holiday makers visited Kleinmond for a few days. They were in a hurry to get to the beach – after all, that is why they were here. And that is what the criminals bargained (continued on p 5)
Overstrand Herald (continued from p 4) for. As soon as they had left, the house was entered and some items robbed. It is clear that the house had been watched and that the robbers saw that they would have quick and easy access to the property. Kleinmond Street Watch will continue with its role to help prevent crime and Kleinmond Night Watch will patrol the streets at night. They are committed to being the eyes and ears of the police and Overstrand Municipality Law Enforcement in the streets. However, we want to urge residents and holiday-makers to make life as difficult as possible for criminals. Refuse to be an easy target. You are probably tired of reading about precautions – but they do make a difference. You don’t want your peaceful, relaxing time to become one of turmoil, and heartache! *Always activate the alarm at night and when you go away. Even if you’ll only be around the corner for ten minutes. *Lock security gates and doors and secure windows – also when you have a barbeque on the back stoep. *Do not leave any valuable articles close to windows or in your car. *Remember that criminals watch occupied houses from empty plots, from the gardens of empty houses, and overgrown areas (think Beach Road!). Those are also easy escape routes. *Report suspicious behaviour or people immediately to the police at 028 271 8200/8219. *The emergency number of OM Law Enforcement is 028 312 2400. Vic Brink
NEEM ASB KENNIS SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00
17 Desember 2015
Bladsy 5
Hy kon toor met hare KLEINMOND – Johan Otto se skielike dood het baie inwoners geskok. Johan was die afgelope paar jaar ‘n stilis op die dorp wat menige vrou se selfbeeld kon opkikker en haar laat beter voel nadat sy onder sy hande deur is. Johan se suster Elize Coetzee sê Johan was altyd baie lief vir reis. Hy was ‘n hele paar jaar lank vlugkelner en het op ‘n keer in Londen besluit om by die London Morris School of Hair as stilis te kwalifiseer. Daar het hy ook sy meestersdiploma behaal. Om die reisgogga in bedwang
te hou, het Johan mettertyd op die groot posbote as stilis gewerk en so voortgegaan om die wêreld te sien. Die afgelope paar jaar het Johan hom hier op die dorp gevestig en later ook sy eie salon geopen. Die blomme wat voor die salondeur neergesit is, is bewys dat hy gemis gaan word. Johan is Saterdagnag in sy slaap aan natuurlike oorsake dood. Hy was 63 jaar oud. Die familie gaan later ‘n private diens hou om hul broer se lewe te herdenk.
Johan Otto
Overstrand Herald
17 Desember 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 6
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 7
Overstrand Herald
17 Desember 2015
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie? Wat is jou ‘case’? Die meeste mense wat hier lees, weet van die Helpmekaarorganisasie, al was baie van ons dalk te jonk om dit te beleef het. Sover ek weet, is dit gestig om arm Afrikaners ná die Boere-oorlog en die Depressie te help. Afrikaners wat mede-Afrikaners help. As ék nou die ou sakie so uit my ou hoekie beskou, dan wonder ek oor die meriete van sulke organisasies deesdae. Daar wás ‘n tyd dat mense nie skaam was om hard te werk
nie. Daar is nie snaaks gedink om mense, wit of swart met pik en graaf te sien werk nie. Maar deesdae, beskou baie mense dit as minderwaardig. Werk is soos spoed en soos drank, op hul eie is daar niks vreemds aan nie, maar sodra jy die mens en sy opinie inbring, dan word allerlei konnotasies en gevolge daaraan gekoppel en DAN begin die moeilikheid. Ek luister maar na die Ubuntu beginsel. Wie beoefen dit nog in sy suiwerste vorm? Almal
‘demand’ en almal het regte. Selfs bedelaars wat met borde voor die bors staan, raak al spesifiek in wat hulle vra. En “God bless” indien jy die regte goed gee en bewaar jou indien jy dit nie doen nie. Indien jy iemand help, het ek altyd gedink, is die doel dat daardie persoon iemand anders help en so help ons mekaar. Maar soos ek die mense van ons land, nevvermaaind die res van die wêreld, beluister, moet die wat gee, aanhou gee en gee, sodat die wat ontvang kan bly ontvang. Dit verklein so die vreugde van gee, die wete dat dit van jou verwag en ‘demand’ word. Die HelpMEKAAR en die Ubuntu is dalk iets waaraan gewone mense weer gewoond moet
Bladsy 8 raak. Ons demokrasie het ons leer demand, sonder om te dink aan ‘n quit pro quo. En indien jy nie jou sin kry nie, voel jy te na gekom. My ma het van kleintyd af vir my gevra: “Dink jy jy het ‘n ‘case’?” wanneer ek my gewip het, gewoonlik, omdat ek nie my sin gekry het nie. Dan kon ek maar weet, hier kom ‘n ding as ek nie vinnig my houding verander nie. Ek vermoed ons behoort eerder te kyk na al ons voorregte en dan sal ons makliker uit dankbaarheid iets aan ander gee. Dit hoef nie geld te wees nie. Dit kan tyd wees, of hulp. En ons kan elkeen maar ophou om te dink ons het ‘n ‘case’, want daar is immer iemand met ‘n meer verdienstelike saak as jy. Ons moet dit net leer raaksien.
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 9
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 10
Kersliggiefees kan gemeenskappe saamsnoer Kleinmond is in die gelukkige posisie dat daar in die loop van die jaar ‘n hele paar karnavalagtige gebeurtenisse is wat die mense uit hul huise lok en uitbundigheid onder hulle laat posvat. Dink maar aan die dae wat die mond na goeie reën na die see toe deurbreek of wanneer die snoek loop en die bote in die hawe begin inkom. Almal is daar en dit lag en gesels en die kwinkslae kry nie einde nie. Dit lyk of daar nou nog ‘n geleentheid in hierdie kategorie bygekom het: die aanskakel van die dorp se kersliggies. Wat ‘n lekker gees het daar nie verlede Vrydagaand (10 Desember 2015) geheers nie toe inwoners en besoekers die kans aangegryp het om die hoofstraat vir hulle terug te neem en motors een kant toe te druk. In haar boodskap by die aanskakelseremonie het burgemeester Nicolette Botha-Guthrie hierdie harmonieskeppende aard van die geleentheid vasgevang. Die aanskakel van kersliggies is ‘n
Daar is die liggies wys burgemeester Nicolette Botha-Guthrie en Kersvader. spesiale geleentheid wat sy graag oor die hele Overstrand wou laat herleef omdat die kind in haar nog nie verdwyn het nie. Elke liggie beteken iets en vertel van liefde, vreugde en hoop. Die helderste een is vir harmonie tussen almal in die
gemeenskap, in die land en in die wêreld, het sy gesê. Areabestuurder Desmond Lakey sê hy was verras deur die openbare belangstelling en sy reëlingskomitee sal aanstaande jaar vroeër begin om te sorg dat daar ‘n bietjie meer
liggies, stalletjies en vermaak aangebied en die geleentheid nog meer inklusief kan wees. Die aansporing vir vanjaar se kleinerige begin was toe die burgemeester onlangs aangedui het dat sy graag (vervolg op bl 11)
Overstrand Herald
Locals launch new engineering university As public higher education in South Africa battled its way through student protests and numerous challenges during 2015, two local Kleinmonders have set out to change the regional situation. Francois Hoffman, a Mechatronics Engineer, and Karin Wolff, a Higher Education specialist, have spent the past two years establishing what will be South Africa’s first homegrown private engineering university: Cape Town School of Engineering. “South Africa only produces 35% of the technicians we need for a developing economy”, Francois explains, “and the automation sector is growing at a rapid rate”. CTSE is thrilled to have received the approval of the Engineering Council for their first Diploma in Mechatronics Engineering to be offered in 2017. The founders are currently in the process of setting up a fullyequipped ‘makerspace’ in Somerset West where they will be offering industrybased short courses and a series of ‘discover Engineering’ gap-year programmes from January 2016. These programmes are ideal for school leavers who would like to get a practical start in technical design and programming, or are interested in engineering but not yet ready for a 3 or 4 year university course, or who want to gain marketable skills. For more information, see www.schoolofengineering. co.za
17 Desember 2015 (vervolg van bl 10) seremoniële aanskakelfunksies in al die vernaamste dorpe van die munisipaliteit wil sien. Dit was ‘n uitdaging wat nie alleen aangedurf kon word nie en Desmond het by Madelaine Coetzee, bestuurder van die Hangklip-Kleinmond Toerismeburo, Heleen Sliep, organiseerder van vanjaar se Kleinmond Got Talent, en Wilna Hooneberg, Kleinmond se bibliotekaris, kers opgesteek. Saam is op die datum besluit: die dag na die skole gesluit het en daar al ‘n lekker vakansieatmosfeer op die dorp heers. Praktiese oorwegings het die plek bepaal, want dit moet
immers wees waar daar liggies is en verkeer maklik herlei kan word. Die aanmekaarsit van die program op kort kennisgewing was nie maklik nie en elkeen moes sy deel doel om kunstenaars en stalletjiehouers te soek, stalletjies wat gewilde en besonderse lekkernye en ander ware kan bied, en ook ‘n Kersvader. So het elkeen sy opdragte gekry en het dit uiteindelik ‘n groot spanpoging geword, vertel Desmond. ‘n Aanduiding van hoeveel mense betrek is, is gegee in die lys van bedankings wat deur rld Lisel Krige aan die einde van die seremonie gedoen
Bladsy 11 is: die reëlingskomitee, die elektrisiteitsdepartement, die verkeersdepartement, die Handevat-marimba-orkes onder leiding van Stephné van Dyk, die talentvolle Winston Maritz met sy pragtige vertolking van bekende Kersliedere, Roger Page wat vir Kersvader ingestaan het, die stalletjiehouers wat op kort kennisgewing hul produkte kom aanbied het en veral die gemeenskap wat die geleentheid kom ondersteun het. Desmond sê hy sal graag soortgelyke geleenthede op ‘n kwartaallikse grondslag wil sien gebeur. Berig en foto’s: SSMA/ Fanie Krige
Overstrand Herald
Briewe
17 Desember 2015
Wees gewaarsku Ek het in Februarie 2015 by mnr Desmond Botes, en sy vrou Claris, drie vertoonkaste vir ‘n nuwe reeks in my winkel bestel. Die R16 000 is kontant betaal voor die kaste afgelewer is. Die kaste is laat, sonder deure en met ‘n kromgetrekte rak afgelewer. Die kwaliteit van die verfwerk was onaanvaarbaar en vele wit kolle, waar die verftegniek nie gevat het nie, was sigbaar. Ek verstaan mnr en mev Botes is toe glo vir ‘n lekker langnaweek weg terwyl ek met hierdie halfgeboude kaste vir ‘n hele naweek in my winkel moes sit. Na vele sms’se en oproepe wat geignoreer is deur mev Botes kom mnr Botes toe in my winkel en sê “my vrou is nou gatvol vir jou #@$%^& briefies!” Uiteindelik is die verfwerk gedoen en die deure gehang. Alles goed en wel. Toe trek die een deur
krom en hang skeef. Dit was ‘n maandlange proses om dit reg te stel aangesien mev Botes baie besig is. Maar toe kom die laaste druppel in die emmer. Die blad van een van die ander kaste en nog twee deure trek ook skeef. Ek gaan weer terug en vra dat dit reggemaak word. Volgende week was die belofte. Dit was vroeg September. Na ‘n weeklikse gevra en soebat wag ek nou nog. Die jongste belofte was dat dit voor Vrydag 11 Desember reggestel sou word. Dit het nie gebeur nie. Ek is briesend kwaad oor dié swak diens. ( Botes het sedertdien onderneem om wel die nodige herstelwerk te doen). Yantha Hoffman Mnr Botes is geleentheid gegee om op hierdie brief te reageer, maar hy het verkies om dit nie te doen nie, Red.
Bladsy 12
Thank you overstrand child and youth care centre!! It is with a huge smile on my face that I write this letter. I have had the absolute privilege of being allowed to be a part of the Overstrand Child and Youth Care Centre for the past year. During this time I have been able to get to know the children at the facility as well as the staff. I want to take this time to send a big, huge, massive thank YOU to each and every member of the staff for doing what they do. The team is led by Theresa Els, who runs the ship with ease and and an assurance which her role demands. The rest of the team fulfil their roles with smiles on their faces and a very special understanding of their environment. These positions are not just for anyone and I truly believe that the facility are in the fortunate position of having the best of the best. I started volunteering at the Centre after I had met Theresa for the 1st time and we agreed that a soccer team was needed. The team was formed with a wide mix of boys, girls, younger and older. This led to a big bond
forming between myself and the facility as a whole. On the 8th of December we celebrated an early Christmas before the kids left on their holiday break. It was an unforgettable day in which various people came together to ensure that the kids had a Christmas for the books! Their bright smiles and enthusiastic cheers will last long in the memory for all those who were lucky enough to see them. In closing I would just like to once again pay respect to Theresa and her entire team and I would like to use this opportunity to encourage the Overstrand community to get involved with this worthwhile, much needed institution in our area. Donations for things such as school clothing, stationery etc. Of course volunteers are also needed for various things, so please get hold of the facility to find out how YOU can help! Overstrand Child and Youth Care Centre - 028 271 5753. Grant Cohen, DA Youth Chairperson of the Overstrand
Alle agting! Sowat drie tot vier weke gelede, donkeraand, sien Tineke hoe water in 9de Laan begin uitborrel nadat ‘n pyp gebars het. Dit is onmiddellik by die munisipaliteit se na-uurse nommer aangemeld. Binne 20 minute is ‘n waarskuwingsteken aangebring en die toevoerkrane toegedraai om die versmorsing tot die minimum te beperk. Minder as drie ure later was die
fout herstel. Almal wat by die proses betrokke was, van die amptenaar wat die opskamer beman het tot by die persoon wat die laaste graaf grond in die sloot gegooi het, verdien opregte dank vir flinke optrede. Ons weet dat hierdie diens gepaard gaan met opoffering van vrye tyd en het des te meer waardering vir julle toewyding. Chris Storm.
Overstrand Kinder en Jeugsorgsentrum sê dankie Die bestuur van die Overstrand Kinder & Jeugsorgsentrum wil graag al ons donateurs en vrywilligers bedank vir die volgehoue ondersteuning die afgelope jaar. Dit is vir ons wonderlik om te weet dat daar mense is wat belangstel in die werk wat ons doen en dan bereid is om by te dra deur donasies van een of ander
aard. Ons is dankbaar vir al die wonderlike vriende wat ons ondersteun en veral omdat ons nie altyd die nodige finansiële middele tot ons beskikking het nie, beteken dit baie dat ons kan staatmaak op mense soos u. Ons waardeer elke donasie wat ons ontvang en wend dit so goed as moontlik aan!
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 13
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 14
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 15
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 16
‘n Paar van die blokfluitspelers wat gaan optree: v.l.n.r. Agter: Keisha McKenzie, Chantel Hendricks, Zander & Dylan Erasmus, Timo Zipfel. Voor: Jonathan, Sheryl-Anne & Carol-lynne Green, Bridgette Dreyer en Granville Hickley Kleinmond hou ‘n Kersliedere by kerslig-aand op 21 Desember 2015 op die grasperk langs die strandmeer. Dit beloof om ‘n pragtige aand met ‘n interessante program te wees. Al die ou kers gunstelinge is daar, asook pragtige inheemse liedere wat die marimbas sal begelei. Daar sal genoeg kans vir saamsing en meedoen wees met orkesbegeleiding van ongeveer 20 bedrewe musikante. Die aand is werklik ‘n gemeenskapspoging met sangers en musikante van verskillende kerke en gemeenskappe uit die omgewing. Ook sal baie van die deelnemers aan Narrative Foundation se musiekprojek en die Handevat Marimbas optree. Benewens Narrative Foundation is veral Kleinmond biblioteek betrokke by die reëlings, terwyl Hilton Hull as klankingenieur gaan dien. Bring ‘n kombers en piekniekmandjie en kom geniet die aand vanaf 18:00! Come and experience first-hand how the joy of music boosts the spiritual, psychological, emotional and even physical wellbeing of people. Music creates natural, spontaneous and delightful opportunities to build bridges, because it knows no racial, religious, age, gender or class differences....! Toegang is gratis, maar enige vrywillige donasies op die aand sal welkom wees om die kostes te help delg.. Daar sal ook Glowsticks vir die kinders te koop wees. Almal is welkom. Kom bewonder en geniet die intenasionale gehalte van ons plaaslike kunstenaars wat aangewend word om die Jesuskind se geboorte te herdenk. Kontak Heleen Sliep 083 533 9303 vir verdere navrae.
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 17
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 18
KLEINMOND CAN COOK!
Saturday the 12th December will be a day to remember in the Kleinmond Harbour. The auditions for the Harbour rd Cook Off took place in the harbour and the excitement was electric. We were blown away by the amount of entries we received, and the support that the event had on Saturday afternoon. This event is truly bringing our community together. The panel of judges were surprised by the level and standard of cooking that made its way to their table. Our contestants went the extra mile and we are truly happy to have received the support we did. Here are the names of the entrants that made it through to the COOK OFF round with Reuben Riffel to take place in the Harbour on the 16th January 2016. The level of contestants was extremely high, so we have decided to take the top 13 through to the next round. The names of entrants going through to the cook off are in no particular order: Charlotte Ann Aucamp - Zandre Crous Kurt Brunner - Renay Makka - Dayne Nel Mary Hull - Zulne Koorsen - Annetjie Emge – Lee Ludick – Morongwe Mohlafuno – Debbie Ludick – Madeleine Oncher – Mik Long Thank you to the Boathouse, Barton Wine and Harbour Road for making Saturday possible. Our esteemed judges: Vanya Jones, Joe Lategan, Vic Lovkis, Johan Labuschagne, Krige We wish our contestants good luck for the cook off on 16th January 2016
Die beoordeelaars van Kleinmond se eerse Harbour Road Coof-off.
Voorbeelde van die spoggerige geregte wat voorgesit is.
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 19
Fynbos Kunsroete Uitstalling
Fynbos Art Route Exhibition The Fynbos Art Route group will be exhibiting in Kleinmond again from 22 of December 2015 to 9 January 2016. We warmly invite both Kleinmond residents and holiday visitors to come and explore the fascinating variety of artworks on display. Our exhibitors include painters, sculptors and ceramists. You will be able to find small gifts for special people or something unique for your own home. On the other hand, you may just want to come and browse for the sheer pleasure of it. The exhibition will be opened on the 22 December at 16:30
pm by Ms. Nicolette BothaGuthrie, Mayor of Overstrand. You are very welcome to come and celebrate this event with us. Venue: The Boardroom of the Harbour Road Development Company. (Formerly the Backpackers’ Lodge, next to Gringo’s). Clear signposts from the car park at the bottom of Harbour Road will lead you there! Exhibition dates and times: Tuesday 22 December 2015 - Wednesday 9 January 2016 from 10:30 – 16:30 every day except Christmas Day when it will be closed.
Die Fynbos Kunsroete groep stal weer vanaf 22 Desember 2015 tot 9 Januarie 2016 in Kleinmond uit. Ons nooi sowel Kleinmond inwoners en as vakansiegangers hartlik uit om die fasineerende verskeidenheid kunswerke te kom besigtig. Onder ons uitstallers is daar skilders, beeldhouers en keramiekkunstenaars. Dis ‘n ideale plek om pragtige klein geskenkies vir spesiale mense te vind, of miskien iets uniek vir jou eie huis. Jy mag ook net vir pure genotsonthalwe kom kyk. Die uitstalling word op die 22 Desember om 16:30 geopen
deur die burgemeester van die Overstrand, me Nicolette Botha-Guthrie, en almal is baie welkom om hierdie geleentheid saam met ons te kom vier. Lokaal: Die Raadskamer van die Haweweg Ontwikkwelingsmaatskappy. (Voorheen die Backpackers’ Lodge, langs Gringo’s). Daar sal duidelike aanwysings vanaf die parkeerterrein aan die onderkant van Haweweg wees. Uitstalling datums en tye: Dinsdag 22 Desember 2015 – 9 Januarie 2016, elke dag van 10:30 tot 16:30, behalwe Kersdag wanneer dit toe sal wees.
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 20
Charlotte is nog op en wakker op 90
Charlotte Swart
Ilna Grobler KLEINMOND – Charlotte Swart is nie net een van die laaste kleinkinders van ds PK Albertyn wat die dorp gestig het nie, maar sy vier ook reeds Kersfees op Palmiet sedert 1935. Charlotte is op 4 Desember 1925 op Nieu-Bethesda gebore, die jongste van ses kinders. Die Webb gesin het die land vol getrek waar hul pa op verskillende dorpe predikant was. Waar hulle ookal was, was hulle einde van die jaar vakansie op Palmiet in die Blou Huisie die hoogtepunt van die jaar. Charlotte vertel dat die tog Kleinmond toe gewoonlik vyf dae geduur het op gruispaaie. Aan die begin jare is dit in ‘n ou Model T Fordjie afgelê. Omdat sy die jongste was, het sy gewoonlik op haar ma se skoot gesit en sy onthou hoe sy op ‘n keer gevoel het hoe daar iets op haar kop gedrup het. Dit was van die botter in die padkos wat in die netjie onder die dak gespan was. Water het hulle gekry uit ‘n seil waterbottel wat aan die voorkant van die kar vasgemaak was in ‘n nat sak, sodat dit kon koud bly. In hul huis is baie gesing en het hul musikale ma het orrel in die kerk gespeel. Saam met die liefde vir haar familie en musiek, was Charlotte ook baie lief vir sport. Soveel so dat dit haar loopbaan geword het nadat sy haar BSc Jokkel (liggamlike opvoeding) voltooi het. Tydens haar universiteitsloopbaan was Charlotte nie net een jaar die sportvrou van die jaar op Maties nie, maar was sy ook die SA
rekordhouer in damespiesgooi. Na ‘n jaar se skoolhou het Charlotte en ‘n vriendin in 1952 met hul pensioengeldjies Europa toe gegaan en die vasteland per fiets deurkruis. Dit was die begin van een van haar vele oorsese reise. Sedert 1990 het Charlotte nog elke jaar iewers oorsee gaan toer, gewoonlik op haar eie. Met haar terugkeer na die eerste oorsese reis, het Charlotte in die voormalige Transvaal gaan skoolhou maar na ‘n paar jaar te veel na die see begin verlang. Sy het toe ‘n pos by die Hoërskool Jan van Riebeek aanvaar en haar man, Piet, ontmoet wat toe skoolgehou het by SACS. Toe dit tyd raak vir kinders grootmaak, het Piet aansoek gedoen vir poste by skole waar hulle as koshuisouers kon diens doen. So het Charlotte weer saam met Piet groot dele van die land leer ken. Piet se laaste pos voor sy aftrede was aan Hoërskool Kuilsrivier, waar al vier hul kinders gematrikuleer het. Na hul aftrede het hulle die huis, Tjaila, in Albertynstraat gebou. Daar is talle huiskonserte gehou wat altyd baie gewild was onder vriende en inwoners. Nog ‘n groot liefde van Charlotte is swem. Sy is ‘n vrou wat op 65 leer windsurf het en sy het dit tot op 75 beoefen. Deesdae gaan daar nie ‘n dag verby sonder dat Charlotte geswem het nie. Sy het ‘n groot liefde vir jazz en speel nog gereeld klavier. Sy is deesdae ‘n inwoner in “Sewende Laan” in Kogelpark.
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 21
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 22
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 23
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 24
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 25
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 26
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 27
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 28
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 29
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 30
Overstrand Herald
DAGBOEK
17 Desember 2015
4 & 5 Desember: Singleton’s Winkel is op Vrydag- en Saterdagoggende (somertyd) oop vanaf 08:30-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Vrydag- en Saterdagoggende 11 & 12 Desember Vrydag- en Saterdagoggende 18 & 19 Desember Woensdag & Donderdagoggende 23 & 24 Desember Woensdag & Donderdagoggende 30 & 31 Desember Daarna gaan dit weer normaalweg aan. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die Kleinmond Tennisbane word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Pringle Bay Fynbos market in your what’s on in the area. Next market is this Saturday 7th Nov. On 16th December the PB Art route artists will join the crafters for a busy market. 2nd January is the first one for 2016. Any traders can call Marion to book their space on: 074 505 1277 Community Hall Pringle Bay from 9.30am 3pm. Hope to see you all there. 11 Desember: Overstrand Munisipaliteit Kleinmond Administrasie nooi u hartlik uit na ‘n feestelike geleentheid vir die aanskakeling van die kersliggies deur die Uitvoerende Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie. Kom ondersteun die geleentheid asook die talle stalletjies wat eetgoed en wat nog als bied. Die geleentheid sal plaasvind vanaf 18h30 tot 23h00 in Hoofweg, KLEINMOND, tussen Botrivierweg en Lagoonweg. Kom geniet die samesyn en die musiek. Vir stalletjies geleentheid of navrae, skakel asb. Wilna Hooneberg by Overstrand Munisipaliteit 028-271 8473 of Madelaine Coetzee by die Toerismeburo 028-271 5657. 13 November: Algemene Jaarvergadering van die Kleinmond Belastingbetalersvereniging vind plaas in die Gereformeerde Kerksaal om 10 vm. Kom woon by en bespreek die munisipale sake wat jou na aan die hart lê. 12 December: HANGKLIP COMMUNITY BOOTSALE. All welcome! Almal welkom! TIME/TYD: 09:00-14:00: Refreshments, Pancakes, Puddings, Wors rolls, Curry & Rice/ BOOKS! VENUE/PLEK: Crassula Hall, Crassula road, Betty`s Bay Contact: Pip Prinsloo 028 272 9949. 15 Desember: CHRISTADELPHIANS GOSPEL GROUP by Gemeenskapsaal, te Proteadorp om 19h00. Kaartjies @ R40 en by Basil Swartz (076 088 8347) beskikbaar. Baie dankie! 17 Dec - 24 & 26 - 29 December: Betty’s Bay Arts and Crafts Market at Disa Kloof Youth Camp Site. 20 Desember: KERSSANGDIENS in die NGK-Sentrum te BETTYSBAAI. Almal hartlik welkom om Kersliedere lekker te kom saamsing! Kom drink gesellig tee saam na afloop van die Kersdiens in die sentrum. 21 Desember: Kerssang en Kerslig/ Carols by Candlelight tussen 18:00 en 21:00. Grasperk by die hoofstrand (bring piekniekmandjie en kombers) Almal welkom. 29 December: CANSA Spot the Spot.Free advice on skin spots by dermatologist. Under trees next to Kleinmond lagoon, 9h00 - 12h00. 29 Desember: KANSA. Gratis advies oor velmerke deur dermatoloog. Onder bome langs Kleinmondstrandmeer, 9h00 12h00
Bladsy 31
12 Januarie: Werkswinkel oor Vroeë Kind Ontwikkeling in Kleinmond. Boksies vir uksies tuissorg model. Van 14.00 tot 17.00 by die VGK Kleinmond, Proteadorp. Navrae: CJ Swart 082 908 9825 12 January: Workshop on Early Chirldhood Development in Kleinmond. Brilliant Boxes model. From 14.00 to 17.00 at the URC Kleinmond, Proteadorp. Enquiries: CJ Swart 082 908 9825. 14 Januarie: Fynbos Dienssentrum OPEN – Eerste etes word bedien. / Fynbos Service centre OPENS – First meals being served. Skakel / Contact Melanie 028 271 3602 (08:00 – 14:00) vir meer inligting / for more information.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 32
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 33
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 34
NEEM ASB KENNIS SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Hengelklub deel pryse uit BETTYSBAAI – Die Hadie Hengelklub van hier het op 5 Desember sy laaste hengelkompetisie vir die jaar aangebied. 2015 was ‘n suksesvolle visvangjaar. Die klub het onder meer deelgeneem aan die 5 spesies in Struisbaai en die Galjoen Derby by Jongensfontein. Die jaar is afgesluit met ‘n prysuitdeling en lekker braai vir die hele gesin. Die volgende lede het pryse ontvang: Danie Klem vir die Mannenaweek; oom Pine Pienaar as die beste nuweling; oom Pine het ook ‘n medalje ontvang vir die beste senior; Charlie (jnr) het ‘n medalje ontvang as die beste junior; Charlie het die swaarste das gevang; Danie Klem het die prys gekry vir die swaarste galjoen; Derick Moolman het die swaarste steenbras gevang; Pieter (Klappe) Groenewald het ‘n meriete trofee verower;
NEEM ASB KENNIS SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00
Danie Klem het die meeste bonuspunte behaal; die beste karakter van die jaar was oom Pine Pienaar. Die man wat wegstap as die wenner van die jaar, is Danie Klem. Charlie het die tweede plek behaal, Derick Moolman derde plek en Pieter (Klappe) Groenewald vierde plek. Die hengelklub is onder nuwe bestuur. Almal wat lief is vir hengel word genooi om te kom aansluit. Bel gerus vir Andries by 082 296 6763. Die klub wens al sy lede, Hangklip inwoners en besoekers ‘n geseënde feestyd toe. Lekker visvang in 2016!
Bladsy 35
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 36
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 37
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 38
Overstrand Herald
BUKSIES
17 Desember 2015
GESOEK / WANTED
Moos is ‘n betroubare Verwer/Bouwer soek verf-, vernis-, en klein bouwerk. Begin soggens om 8 uur. Kontak MOOS -071 161 1893 GESOEK – Werk vir my Hande! vir skoene reparasies en stoffeerwerk – nog voor KERSFEES. Skoenewerk – hakke, half en vol sole, mans sandale/volle nuwe sole. Upholstery of couches, chairs, riempie chairs - done professionally in your own garage or at my home. Also vehicle seats and hood linings inside car. Baie redelike pryse. ADOLF 061 941 8597 Looking for a 2 or 3 bedroom cottage or a house to rent in Betty’s Bay, Pringle Bay or Rooiels. Phone 071 360 1087 Looking for a garage in Kleinmond, Betty’s Bay or Pringle Bay to rent on a monthly basis. Phone 071 360 1087 Looking for a reliable Campervan to buy (that is suitable for touring) as well as a closed trailer to buy. Phone 071 360 1087 Looking for a second hand tow-hitch for Golf 3 or Jetta 3. Phone 071 360 1087 Loko is looking for a full-time or part time job as a domestic worker, housekeeper or child-minder. She is hard-working and honest. Phone 063 234 4476 Looking for a house, flat or bachelor flat to rent permanently. Please call Valentine 082 722 3837 Portia is looking for a cleaning and ironing job for Mondays, Tuesdays, Thursdays, Fridays, Saturdays and Sundays. Has a reference at 072 113 6888. Call 060 452 3372 Motor garage met kragpunt om per maand te huur naby Gousblom str. Heuningkloof. Skakel 083 661 2202 Gesoek – Hout draaibank beitels vir ‘n beginner met hout draaiwerk. Skakel 083 251 6039 / 028 271 3221
TE KOOP / FOR SALE
Fotostaatmasjien in goeie toestand – kort ink R250; glasblad tafel en 4 stoele R500. Gas verwarmer R100. Elektriese tikmasjien – kom haal - verniet. Houer met House and Home tydskrifte – kom haal - verniet. Skakel 028 272 9526/ 083 730 7208
Bladsy 39
Braun air cooler, humidifier, heater, remote control R550. Phons 073 227 3175 1x complete poker set including instructions, cards and chips R400; 9x assorted A4 lever arch files - 4x PVL never used R30 ea; 2x board never used R20 ea; 3x board, used, R10 ea; 6x asst A4 PVC Ring binders 4x never used R20 ea; 2x used R10. 3x florescent fittings in original packing R20 ea; 2x flexible pool pipes R40; 1x Logik 25 cm 3 speed control , HR timer R100. Phone 081 334 6510 Pushcart, very good condition R400. Phone 082 568 3589 KTC Deep freezer 210L in excellent condition. Must sell R850. Phone Keith at 082 499 3993 3 Gebruikte bande te koop. Grootte: 155R13. Die bande was op ‘n sleepwa gebruik en is nog in ‘n baie goeie toestand. Prys: R200 per band. 8 Vierkante meter goeie gehalte vloer teëls. Kleur – terra cotta. Grootte van teëls = 325mm x 325 mm. Prys R60 per vierkante meter. Alternatief R50 per vierkante meter as al die teëls geneem word. Skakel 082 887 6466 STURDY VHS-DESIGN PIVOTAL TV WALL-BRACKET-R125. Phone 079 132 0028 2-spiral plate electric HOTPLATE- R220.00; smart black 2-light ceiling/ wall SPOTLIGHT for your pub - R80; 3 genuine Tea Chests R10 each. Sets of good pictures eg. Birds, Six Seasons, Old Gold Artifacts, eg The Three Wise Men - all with non-reflective glass and good frames; still life –fruit- oil painting – verskillende spot goedkoop pryse! 9- laptrays 5 different colours – R60.00; 61 Bot River Road. Skakel 028 271 5333 Stoepbank houtsparre met yster raam Donker Groen geverf R850. Old fashioned Porch Bench. Skakel 076 161 4838 / 028 271 3407 voor 22h00 Pophuis/Barbie huis: Groot ruim huis met 4 kamers en dakstoep. Kan later gebruik as ‘n boekrak R700. Stoof : 4 plaat losstaande stoof met oond en warmlaai. R750. Skakel 082 782 5034 GARAGE SALE. New and old. Fishing Rods. Cano, Surfbord. 6 Vintage suitcases. Cast Iron Baby Cot. Bone China tea sets.Lots of ornaments and gifts. Unpack stock every day.Desember from 10am till late. Gazania str 19. Heuningkloof. Spaanse diefwering – verskeie groottes – maak ‘n offer. Motorseil – nooit gebruik R350 ona. Skakel 082 557 5236 Moderne baba eetstoeltjie R350. Stewige 3 sitplek KoriKraft bank – maak offer. Skakel 076 673 3757
9 Asbestos flower boxes 200x222x900 mm; a GBR Zimmermana AG piano. Phone 083 683 9655
7.2kg LG Wasmasjien in goeie werkende toestand R700. Skakel 082 532 0542
Sony Hi-fi: 6.2 surround; HMDI, dts, 2x rear, 2x centre, 2x active subwoofers ens. Skakel 079 403 9557
TV trollie 77cm x 38cm R100. Lang small Dennehout bankie 112cm x 30cm R100. Liggewig tent Storm 3 (2-3 man tent) R150. Dennehout ronde tafeltjie 50cm – baie nuut R100. Skakel 028 271 3419
Cadac skottelbraai R290; Flymo Turbo Lite 350 lawnmower R590; Brand new Brigestone Dueler 245/65R17 tyre (fits VW Amarok) R1990. Phone 074 788 2946 Enkelbed R400; Gordyne sitkamer R100 elk; Sitkamerstoel R250. Skakel 082 579 2580/ 028 271 3496
Salton hottray in good condition R500. Phone 028 271 3950 / 073 135 7912 2x Stinkhout in sleeper vorm R800. 1x Groot Meranti vensterraam met glas en diefwering R800. Panasonic faks/tel masjien – kort slegs nuwe battery R200. Skakel 083 303 5464
2x 200 lt blou plastiese dromme R100 elk. Skakel 073 655 7741 Towbar for Mazda Rustler/ Ford Bantam R2000; binoculars as new R700; garden vacuum Trimrite R200; Dartboard and cabinet R150. Phone 028 271 30 94/ 079 522 4183 Heart shaped rigid plastic paddling pool 20 cm deep. Built-in seat R250;
3 Kroegstoele (R85.00 elk), 4-laai liaseer kabinet, 2 soliede hout buite deure (meranti). Skakel 082 908 9825
GEVIND / FOUND
‘n Leesbril opgetel het nie. ‘n Bondiblu OPTICS. Kan by Kleinmond Pet Shop afgehaal word.
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 40
KERKE / CHURCHES
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome LEWENDE WOORD BETTYSBAAI
H/v Serruria en Watsonia Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons volgende byeenkomste: Kerssangdiens 13 Desember om 09h30 by Lochnerhof Laerskoolsaal Somerset-Wes, 20, 27 Desember, 3, 10, 17 Januarie om 18h00 by bogenoemde adres in Bettysbaai. Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Brindley Pritchard 083 459 8903. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.
Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg. Ons laaste diens vir 2015 was Sondag 13 Desember. Die volgende diens is op 3 Januarie 2016. Sondagoggende 09:30. Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 / Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;
NG KERK: 20 DESEMBER 2015
08:15 Kerk 08:30 Gras 09:00 Sentrum, Bettysbaai 10:00 Kerk
Ds. Hendrik Saayman Radio Kansel Ds. Daan Botha Ds. Hendrik Saayman
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 20 Des: Dr Kallie Opperman LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 20 Dec: 19:00 Christmas Carol Service / 25 Dec: 07:00 Christmas Service 27 Dec: 07:00 1st Sunday after Christmas KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Christmas Mass times: 20 Dec: 19:00 Carol Service/ 24 Dec: 18:00 / 25 Dec: 09:30/ 26 Dec: 17:30 / 27 Dec: 09:30 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond 24/12/2015: Weihnachtsgottesdienst mit Hannes Trauernicht in der Fellowship Church 72 6th Street Kleinmond. Gottesdienste 2016: 24/01/2016
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 41
Overstrand Herald
17 Desember 2015
Bladsy 42
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
17 Desember 2015
Bladsy 43
ROLBAL NUUS/ BOWLS NEWS Rolbal Driespel Klubkampioenskap uitslae/ Bowls Trips Club championship results: 1 – 10 December 2015 Die mans driespel het Dinsdag die 1ste Desember afgeskop. Die uitslae was as volg: Marius Schutzler’s team v/s Tiki Roussow’s team
21 -15
Hubert Bock’s team v/s Franscois’s team
22 -11
Wynand Neethling’s team v/s Kallie de Kock’s team Roy Galloway’s team v/s Kevin Sandy’s team
16 -15 30 -07
Alan Deitchman’s team v/s Jan Stubbe’s team
22 -18
Wynand Neethling’s team v/s Roy Galloway’s team
06 -18
Marius Schutzler’s team v/s Hurbert Bock’s team
18 -08
Roy Galloway’s team v/s Alan Deitchman’s team
20 – 10
The finals in the Mens Trips was between the teams of Roy Galloway and Marius Schutzler, and what a final it was. Both the teams wanted to winththis match and the score was pretty even at th the head. At the 14 head Roy’s team was in front with one shot, 13-12. The next two heads was won by Marius’s team, 17-13. At the end it was Roy’s team that had nerves of steal and they picked up another 5 shots to win the match 18 – 17. Well done to Roy Galloway, Paul Pretorius and Paul Kestens. The ladies started their trips on the 2nd December. The results as follows: Hannie de Kock’s team v/s Sandra Helmbold’s team 11 -22 Christa Steenkamp’s team v/s Celeste Price’s team 21 -09 Sandra Helmbold’s team v/s Rina van Rensburg’s team 21 – 13 Hannie de Kock’s team v/s Christa Steenkamp’s team 19 -16
2016 Business Leage Update The 24 teams to take part are: ABSA AllRounders Bayside-Data Bouhandel Caprichem Chas Everitt DuPreez – Stegman Golfclub Guthrie and Theron Hoofpad Jukskeiklub Kleinmond Pharmacy Kleinmond Self Catering Mikes Munisipaliteit PEP Pudding & Pie SAPD Sharpa Spar A Spar B Tennisklub Whaletail X-Plore
Your coaches will contact your to arrange for free practices, but you can also join us any Friday afternoon at 17h00 for a game @ R20 green fee per person. If you want to know your coaches name contact Alan at 082 923 0675 or 028 271 3317 Have a great time over the festive season – see you all next year. CLOSING DAYS Please take note that the Bowls Club will be closed on the following dates: 26 December 2015, 1 January 2016 and 2 January 2016. There will also be no Sunday Bowls in December. SUNDOWNER BOWLS Eerskomende Vrydag 18 Desember sal ons laaste Sundowner Bowls vir 2015 wees. Baie dankie aan almal wat ons kom ondersteun het en die middae saam met ons geniet het. The first Sundowner Bowls in 2016 will be 8 January.