Overstrand Herald 1 Des 2016

Page 1

Miljoene die dorp uit, maar net 4 kry permitte

Beweerde bedrogspul by toerisme

Lategan bedank as voorsitter

Kla probleemkinders aan, dis al uitweg, sê Welsyn “Nuut - New“

Kideez Peel Off Nail Polish

R29.90

Koop Kersgeskenke Nou - Serpe, Blombakke, Glasware, Servette,Geskenkpakke, Juweliersware en baie meer Buy Christmas Gifts Now - Vases, Scarves, Sarongs, Wall Plaques, Gift Packs, Jewellery, Handbags en lots more


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 2

Kleinmond Animal Clinic Phone no: 028 271 4183 Emergency no: 083 440 5191 Trading Hours: Weekdays: 08:00 - 18:00 Saturdays: 09:00 - 13:00 Consultations by appointment

Stockist of:

Services available: General Health Care Micro chipping Grooming Puppy Classes Name tags

Die man in die spervuur. Garth Fredericks

Beweerde bedrogspul by toerisme Gerard Grobler KLEINMOND – R23 000 wat net wegraak, ‘n faktuur vir R300 - maar dan verdwyn R3000 uit die bankrekening, ‘n maatskappy wat aansoek doen vir visvangregte met personeellede van die toerismeburo as direkteure, ‘n verlies van R140 000, wat skielik oornag R100 000 minder word. Nee, dit is nie die draaiboek vir ‘n film wat hier geskiet gaan word nie, maar slegs enkele van die beweerde ongerymdhede wat die afgelope jaar agter die skerms by ons toerismeburo

gebeur het, aldus die voormalige voorsitter van die Hangklip/Kleinmond toerisme komitee, Joe Lategan. Lategan het die afgelope week bedank as voorsitter van die komitee. Dié sakeman en aktivis was die afgelope week in die nuus waar hy sterk standpunt ingeneem het teen die owerhede en individue oor die bestuur van die Stoney Point pikkewynkolonie op Bettysbaai. Hy is een van ‘n groep aktiviste wat daarna streef dat Stoney Point as bewarea verklaar moet (vervolg op bl 3)

084 577 2926


Overstrand Herald (vervolg van bl 2) word. Toe die Herald hom Dinsdag nader oor die rede vir sy bedanking het hy soos volg geantwoord: “Een woord. Frustrasie!” Lategan het gesê sy groot probleem lê by bestuurskwessies (governance). Die beheer en bestuur van die groter streek/biosfeer waarin ons woon, maar ook die beheer by die organisasies wat die proses moet bestuur. Lategan se weergawe van wat die afgelope jaar by die toerismeburo sou gebeur het, laat ‘n mens se nekhare behoorlik orent staan. Hy vertel dat hy, kort nadat hy aan die einde van verlede jaar, toe hy as voorsitter van die toerismekomitee verkies is, bekendgemaak het dat daar ‘n forensiese oudit op die boeke van die buro gedoen gaan word. Garth Fredericks was op daardie tydstip al sewe jaar lank die tesourier van die komitee en verantwoordelik vir die geldsake. Lategan sê vreemd genoeg het die tesourier alleen tekenregte op die komitee se bankrekening gehad. Lategan vertel dat die Big Blues fees op daardie stadium R140 000 in die rooi was. Hy vertel na die praatjies van ‘n forensiese oudit het die tesourier kort daarna opgedaag met die “goeie nuus” dat die verlies nou net R30

1 Desember

2016

000 of R40 000 was. Lategan sê hy het aangevoel iets is nie pluis nie en begin ondersoek instel. Hy sê daar is gevind dat R23 000 uit die rekening weg is en dat daar ongemagtigde aankope deur Fredericks gedoen is. Lategan sê die vreemdste ding waarop hy egter afgekom het was ‘n maatskappy wat gestig is met personeellede en ‘n lid van die toerismekomitee as direkteure. Na wat die Herald verneem, sou dié maatskappy aansoek doen vir visvangregte en so kamtig ‘n alternatiewe inkomstebron vir die toerismeburo skep. Die idee was glo dié van die tesourier, Garth Fredericks. Lategan sê dit is nie duidelik hoe dit sou gebeur het nie, aangesien die maatskappy glo ‘n filiaal was van ‘n ander maatskappy aan die Weskus, waarmee Fredericks skynbaar noue bande het. Die twee personeellede betrokke, sowel as die komiteelid wat as direkteure benoem is, ontken dat hulle bewus was van die geldmaakskema. Een van die senior personeellede het kort na die petalje bedank. Volgens Lategan voer Fredericks aan dat die voorsitter van die komitee op daardie stadium, Dan Acker, hom toestemming gegee het om voort te gaan met die stigting van die maatskappy. (vervolg op bl 5)

Dié vrou moet nou sake red KLEINMOND – Die beweerde ongerymdhede by die Hangklip/Kleinmond Toerismeburo en die bedanking van hul voorsitter, Joe Lategan, het die organisasie leierloos gelaat. Die vrou wat nou sake moet red is die waarnemende voorsitter, Jeanne Harning van Bettysbaai. Dié personeel- en opleidingskundige het vandeesweek gesê die toerismekomitee sal vandag (Donderdag) vergader om te besluit op die pad vorentoe. “ I think it is important that we start afresh and be transparent. My recommendation would be that we elect a new chair and then open it up to the membership to decide on the way ahead. What is important now is to get things moving in the right direction. We should go forward as a collective. We will engage with our members and ask them what they want.”

Bladsy 3

Protecting our community since 1998 Office: (028) 271 4637 Betty’s Bay: (028) 272 9110 Fax: (028) 271 4179 Cell: 082 410 7845 / 082 940 9113 Email: kleinmondsafe@overberg.co.za

Trust is earned

21


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 4


Overstrand Herald (vervolg van bl 3) Lategan sê Acker ontken dit heftig. Die uiteinde was dat Lategan daarop aangedring het dat daar ‘n klagte by die polisie gelê moet word. Die polisie op Kleinmond het vandeesweek bevestig dat dit wel gedoen is. Die ondersoek het egter sedertdien doodgeloop aangesien die verklaring wat aan hulle gegee is, volgens hulle, op hoorsê neerkom. Hulle kon ook glo nie weer vir die klaer, Acker, in die hande kry nie. Lategan sê Fredericks is toe, na ‘n dissiplinêre proses, afgedank. Hy het egter steeds aangebly as tesourier van die Kogelberg Biosphere Reserve Company. Dit, sê Lategan, terwyl bestuurslede van die

1 Desember 2016 KBRC geweet het dat Fredericks weens beweerde bedrog ontslaan is. Volgens Lategan het Fredericks eers maande daarna bedank as tesourier van die KBRC. Lategan sê die hele gedoente wys dat daar nie behoorlike beheer en bestuur in die verskillende organisasies is nie, en verder dat dieselfde groepie mense mekaar benoem vir leierskapposisies en op daardie wyse alles beheer. Die Herald het mnr Fredericks oor die bewerings om kommentaar genader. Hy het aangedui dat hy wil kommentaar lewer. Die Herald het egter met die ter perse gaan van die koerant gistermiddag nog geen reaksie van hom ontvang nie.

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 5

Bespreek nou jou advertensie vir ons spesiale vakansie uitgawe.

Insider's Guide

to Hangklip/Kleinmond 2016 • • • • • • • •

Luilekker op Hangklip-Kleinmond se 7 strande 10 staproetes om aan te durf 5 Plekke vir ‘n romantiese piekniek 8 things to discover in Harold Porter National Botanical Gardens Hangklip-Kleinmond’s wild 6 Lekker eet en kuier: Geniet ‘n ete met ‘n uitsig 4 Wine farms to discover 12 things to discover in Harbour Road

Die spertyd is 9 Desember Kontak vir Melany by 028 271 3394 of ads@overstrandherald.co.za

PLAASHUIS IN DIE SEELANE!!

HUIS VAN DIE WEEK!

Vakansie verrassing!

Hierdie 4 slaapkamer, 3 badkamer 225m² woning is ‘n ware treffer. Dié oopplan leefarea spog met ‘n binnebraai wat uitvloei na ‘n heerlike kuierstoep met die mooiste berguitsigte! Die moderne kersiehout kombuis vloei na ‘n onderdak kuierstoep. Daar is 2 slaapkamers onder met 2 badkamers en die boonste vleuel het 2 ruim slaapkamers en ‘n volbadkamer met see uitsig kuierbalkon uit die hoofslaapkamer. PLUSPUNTE: Sekuriteitstelsel, “wellpoint”, (gerekenariseerde) sprinkelbespoeiing, ommuur, ruim kamers, hoekerf, loopafstand na hawe en winkels, elektroniese hek, waskamer, motorhuis en veilige parkering vir 2 motors, ingeboude stoof met baie ingeboude kaste vir mams. Paula 082 788 3211

R1 580 000

VINNIGE VERKOPER!

Berglane by Wandelpaaie!! Oulike, warm oopplan kombuis/leefarea wat vloei na ‘n braaivertrek! 2 Slaapkamers, 2 badkamers, moderne kombuis! Boorgatwater en “Jacuzzi” om af te koel. Pragtige berguitsigte, heerlik privaat en ommuur vir diere en kinders.

R1 075 000 - 082 788 3211

Stap na rotse! AFTREE IN SEKURITEIT! Toesluit-en-Ry! Belegging in berglane! 3 Slaapkamers, oopplan en dubbel motorhuis. R1 295 000 - 082 788 3211


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 6

www.overstrandherald.co.za

Kla probleemkinders aan, dis al uitweg KLEINMOND – Inwoners is keelvol vir die klein groepie probleemkinders wat in die dorp rondslenter en almal se lewe versuur. In die jongste voorval is ‘n bejaarde vrou in Elfdelaan van haar beursie, kontant en kaarte beroof deur twee jong seuns, vermoedelik deel van dié groepie. Die vrou is omgestamp deur een van die kinders, terwyl hy haar beursie probeer gryp het. Die jong misdadiger het ‘n rooi “hoody” aangehad. ‘n Paar weke gelede is twee van die seuns aangekeer deur die polisie ná hulle ‘n vrou in die badkamer in die Spar-sentrum probeer afloer het. Een van die seuns het ‘n byl by hom gehad. Die jongste voorval het nou die saak op die spits gedryf en was hoog op die agenda by Maandag se vergadering van die polisie met die gemeenskapspolisiëringsforum. ‘n Omgekrapte raadslid Grant Cohen het gesê dinge ruk nou hand uit. “Their crimes are getting worse. They are now knocking over old ladies. Where is it going to end? We are breeding criminals.” Hy het gevra dat ‘n gesamentlike poging aangewend moet word om die probleem te probeer oplos. Dit behels dat Kindersorg, die polisie, die munisipaliteit en

die gemeenskap saamwerk. Die polisie het by monde van speurhoof, a.o. Dave Marias, gesê die probleem is wesentlik sosiaal van aard (maw die polisie alleen kan dit nie oplos nie.) Hy wou weet of daar nie nouer met die ouers saamgewerk kan word nie. Cohen het hierop gesê: “The parents don’t care. They throw their hands in the air.” Dit is later tydens ‘n onderhoud met kinderwelsyn op die dorp bevestig. Die groepie van ses tot nege kinders kom almal uit gebroke huise of huise waar die ouers drank- of dwelmverslaafd is. Kinderwelsyn se Theresa Els sê hulle weet presies wie die groepie kinders is en waar hulle vandaan kom. Dinge is egter nie so eenvoudig nie. Almal wil hê die kinders moet weggestuur word. Sy sê dit is egter nie binne hulle bevoegdheid om dit te doen nie. Wat nodig is, is dat mense klagtes by die polisie lê. Kindersorg kan dan ‘n aanbeveling maak en die landdros kan ‘n bevel uitreik dat die betrokke kind na ‘n plek van veiligheid gestuur word. Hier neem die nasionale department van maatskaplike ontwikkeling dan oor en die kind volg ‘n spesifieke program.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Sunday 2 - 4pm

Sunday 1 - 4pm

Bladsy 7


Overstrand Herald

1 Desmeber 2016

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Vier die lewe! Gits, binne ‘n kwessie van vyf dae is vier mense wat ek geken het, oorlede. Goed, Fidel Castro kan ek nou nie onder my persoonlike vriende tel nie, maar nog steeds, mens het so baie van hom geweet, jy kon dalk voel jy het hom geken. Eerste van die mense was Elmine Boonzaaier. ‘n Klein vroutjie met silwerwit hare en skerp soos ‘n naald. Ons het so lekker gelag, veral die dag toe die bye in die skoorsteen by haar huis besluit het ek is so soet soos stroop en twee raps my in die gesig. Die derde een het gelukkig in my hare verdwaal. Ons het baie lekker gelag en ek kon haar sê om haar bye op hok te hou wanneer ek weer kom. Elmine mag op Kleinmond

gewoon het, maar daar was niks waarvan sy nie geweet het nie. Nie kleindorpiedinge nie, dinge wat saak maak. Sy kon skryf. Jitte, sy kon skryf. Sy het geweet van alles EN sy het die voormalige koning van Griekeland met die hand gegroet. Haar wêreld was net soveel groter as die grense van die dorpie, al was sy seker een van die langste permanente inwoners. O ja, sy was 95 jaar oud en ek was bevoorreg om haar die dag voor haar dood nog te kon sien. My laaste herinnering van haar was die soentjie wat sy vir my van haar stoep af gewaai het. En toe is my pa Vrydag dood. Ons het dit verwag, maar dit was nog steeds skielik. Maar dis goed so. Die verlies aan waardigheid en

geheue het die man wat hy was vir ‘n tydjie vervang. Hy was immer ‘n netjiese gentleman, ‘n lady’s man met wonderlike maniere. Almal in die familie onthou die oom se lang, onderhoudende stories. Hy het iets van alles geweet. Regtig. Maar die meeste van alles het hy geweet van sy familie en die Boere-oorlog en Afrikaanse skrywers van die Eerste Taalbeweging en Langenhoven. Sy betrokkenheid by die vervaardiging van ‘n film oor Langenhoven in 1973 het gemaak dat ek in ons skool se vasvraspan opgeneem is teen skole soos Paul Roos en Bloemhof en Strand en ek het die finale antwoord geken wat HHH laat wen het. Nodeloos om te sê ek het nooit probleme in die Afrikaanse klas gehad nie. So kon jy my pa enigiets vra oor bykans enigiets oor Suid-Afrika se landbou, geografie en geskiedenis. Ek het grootgeword met google. Ek vra net my pa. In ‘n vorige lewe het hy elke registrasienommer van elke dorp in die land geken. My pa se passie was fotografie. Hy het altyd gesê hy is een van die min gelukkige mense wie se stokperdjie sy werk is, want hy was vir ‘n lang tyd kameraman/regiseur by die voormalige Nasionale Filmraad. Hy het films gemaak oor soveel onderwerpe, wat Afrikaanse skrywers ingesluit het. En die Vader weet, hy het duisende kleurskyfies gehad van natuurtonele en blomme. Veral die blommetjies van Namakwaland en die Richtersveld.

Bladsy 8 ‘n Blommetjie van ‘n ander aard het my een van die enigste pakke slae wat ek ooit by my pa gekry het, op die (boud) gehaal. Toe ek baie klein, seker so amper vier was, was my pa nog ‘n kranige amateur fotograaf. Ek was gewoonlik iewers op die prentjie, of selfs dié prentjie. So wou die oom sy dogtertjie in haar mooi wit rokkie met rooi “bordertjie” laat staan met ‘n paar karlienblomme (poinsettias). En Dogtertjie wou nie. Die uiteinde was ‘n foto van Dogtertjie met ‘n betraande gesiggie wat poinsettias vashou. Jare later het ons nog gelag daaroor. My pa het my ook geleer om Yiddishe humor te verstaan en om die snaakse sy van iets in te sien. My ma kon nie altyd ons gelaggery kleinkry nie. Daar is ‘n wieggeliedjie wat ek onthou geneurie is wanneer ‘n baba aan die slaap gemaak is. Ek het die deuntjie gehoor wanneer hy met my boetie of ander babatjies (sy kleinkinders) gesit het. Ek sing dit ook. Dis maar net “Doe-doe baba” op ‘n besondere wysie, maar dis in my wese vasgelê. Billy Joel het ook so ‘n ondervinding. Luister maar na sy “Lullaby”: Goodnight my angel, now it’s time to dream And dream how wonderful your life will be Someday your child may cry, and if you sing this lullaby Then in your heart there will always be a part of me


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 9


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Briewe Nee, mnr West In verlede week se koerant het julle (na my mening) ‘n goed gebalanseerde artikel gehad oor die Stoney Punt kwessie en die internet stryery daaroor. Baie dankie daarvoor. Julle het ook die KBRC se amptelike mediavrystelling geplaas daaroor. In die vrystelling beweer mnr Johan West dat nie een van ons hom ooit genader het vir ‘n amptelike standpunt nie. Hy sê dan ook dat die KBRC die heining ondersteun en so ook die bestuursbesluite van Cape Nature. Dit is egter nie die waarheid nie. Ek het op 8 Augustus ‘n onderhoud met

mnr Johan West self gevoer, waarin hy duidellik sê dat die heining nie in pas is met moderne bewaringsbeskouings nie, en ook dat dit bots met alles waarvoor die biosfeerkonsep staan. Hy sê duidellik in die onderhoud dat die biosfeer sou verkies dat Stoney Punt eerder ‘n oop (sonder heinings) bewarea word, waar mens en pikkewyn vreedsaam kan saambly. Hy noem ook twee voorbeelde van plekke waar dit gewerk het, een in Dublin, ierland en een op ‘n eiland iewers in Mikronesie. Johann Botha

Bladsy 10

Poskantoor dankbaar

Hiermee wil die Posmeester en personeel graag hul opregte dank uitspreek teenoor die Rotariërklub wat gereël het

dat EdW Staalwerke die twee rusbanke op ons stoep opknap. Dit skep ‘n baie netjiese eerste indruk! Kleinmond Poskantoor

Dankbetuiging Baie nederig en met seënwense wil ek graag op hierdie wyse my innige dank betoon aan al die wonderlike ondersteuners wat my so getrou bygestaan het deur die moeilike maande tydens my onlangse behandeling. Baie dankie vir die gebede, gereëlde besoeke, blomme maaltye wat voorsien is,

oproepe en beterskapwense wat met soveel liefde aan my gegee is. Aan my gesin, familie, vriende (wêreldwyd), bure, kennisse, Kansa (Kleinmond/Overberg) se bystand, onkologie, mediese span, Fynbos Dienssentrum, Die Kerkklok (NG gemeente) – BAIE DANKIE. Riti Turner

Laerskool se Gholfdag KLEINMOND Laerskool Kleinmond het op 25 November hul jaarlikse suksesvolle Gholfdag agter die rug. Op ‘n windstil, sonskyn dag het 80 spelers ‘n barshou gespeel en ruimhartig bygedra tot ons veiling. Onder andere is agt unieke Kersbome wat deur ouers en leerders van elke graad volgens tema gemaak is, opgeveil. Sonder die volgende borge sou ons dag nie moontlik gewees het nie. Ons is opreg dankbaar teenoor ‘n ieder en elk wat op verskeie maniere bygedra het om Laerskool Kleinmond se drome en ideale te verwesenlik: Albertyn Apteek; Montagu Vrugte; Arina Couriers; Mountain Range Flora; Arabella Hotel & Spa; Peter Buttner; A Quelle water; Pet’s Café; @ New; Philip Obermeyer; Bergh

Packaging; Protea Drankwinkel; Blake Zwick; Rola Group; BNP Charted Accountants; SA Bierbrouerye; Bon Courage; Sam van Rensburg; Book 24/7; Santam; Build it; Steel & Pipe; Chas Everitt; Surf for Cars; Coastal Flooring; Tracker; Coke; Van Loveren Wyne; DVH Law ; Villa Marine Guest House; Eikestad Wine Barrels; Werner Slaghuis; Four Cousins Wyne; Wildekrans Wyne; Gabriëlskloof Wyne; Willie’s Couriers; Guthrie & Theron; Herman du Preez; Hester Walters; Ina Paarman; Iona Wyne; Kleinmond Animal Clinic; Kleinmond Bouhandel; Kleinmond Spar; Laerskool Kleinmond Ouers; Laerskool Kleinmond Personeel; Mark Flores; Media 24; Mike Niemand; Monette’s Nail & Bridal Studio, and Succeed. Van: Leerders Laerskool Kleinmond

Vol lewe op 92 KLEINMOND – Hy het Jean’s Hill tien jaar gelede nog gemaklik saam met die kinders en kleinkinders uitgeklim en is steeds gesond en fiks om nog elke dag te gaan stap. Hy doen sy eie tuinwerk en gebruik weinig medikasie, nie eens bloeddrukpille nie. Dit is Danie Opperman, voorheen in die Herald as ”die gewete van die Doppers” beskryf. Hy het Dinsdag 29 November, die rype ouderdom van 92 jaar bereik.

Twee van sy Johannesburg kleindogters, Susan en Esther Lategan, was ook in Kleinmond om die geleentheid saam te geniet. Susan het pas haar derde jaar medies voltooi, en Esther haar tweede jaar aan die operaskool van die UK. Danie het aan ons benadruk dat sy goeie gesondheid nie sy eie prestasie is nie, maar groot genade van Bo. “Plus ‘n goeie vrou!” knipoog Santie, sy vrou. “En goeie gene”, voeg hy met ‘n glimlag by!


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 11


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 12

Miljoene die dorp uit, maar net 4 kry permitte KLEINMOND – Die feit dat ‘n skamele 4 kleinvissermanne hier permitte gekry het, het die afgelope week ‘n draai in die parlement gaan maak. Die voorsitter van die Kleinmond Integrale Vissersforum, Charles Swartz, sê daar is die verlede Vrydag tydens ‘n sitting van die portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en seevisserye pertinent melding hiervan gemaak. Swartz en die forum se ondervoorsitter, Sam Heydricks, het die sitting bygewoon. Sewe kleinvissermanne op Bettysbaai en 5 op Pringlebaai het ook permitte gekry. “ Mense is baie ongelukkig,” sê Swartz. Daar was aanvanklik ‘n totaal van 280 aansoeke. Hy sê die forum het reeds baie van dié wie se aansoeke misluk het, gehelp om te appelleer. Die sluitingsdatum vir appelle is onlangs uitgestel na 9 Desember vanjaar. Swartz sê hulle het intussen met die sg. “interim relief” groep sowel as die nuwe toetreders vergader en ‘n brief aan die department van Seevisserye geskryf. Hy sê die forum tree op as mondstuk vir plaaslike kleinvissers en sal bly veg vir hul regte.

Intussen is daar onduidelikheid oor hoe presies die proses moet verloop na die permitte finaal toegeken is. Die aanvanklike gedagte was dat kleinvissers moes saamspan in iets soos ‘n koöperasie. Daar is egter ‘n tekort aan finansiële en bestuursvaardighede in die vissergemeenskap en niemand weet waar die finansiële investering vandaan gaan kom vir die skuite, die koel-enverspreidingsgeriewe nie. Die Herald verneem dat ‘n bemagtigingsprojek wat vroeër vanjaar met groot fanfare deur die WWF ( World Wildlife Fund) in Kleinmond se hawe van stapel gestuur is, intussen doodgeloop het. Die plan was dat ‘n groep plaaslike vroue vis van die vissermanne sou koop en aan plaaslike restaurante en ‘n winkelgroep sou verskaf. ‘n Plaaslike visserman het aan die Herald gesê die projek is “doodgebore”. “As ek nou ‘n skuit vol geelbek land, wat maak ek daarmee. Daar is geen verwerkings- of koelgeriewe nie. Waar moet ek dan heen gaan met al die vis? Dit kan mos nie werk nie?” het hy gesê.

Man verdrink PRINGLEBAAI – ‘n 32-jarige man het die naweek hier verdrink terwyl hy kreef ge-duik het. Eric Jordaan, wie se ouers

in Plattekloof woon, het vermoedelik ‘n hartaanval gehad toe hy in die omgewing van die vuurtoring kreef geduik het.

THE OVERSTRAND HOSPICE SHOP The Overstrand Hospice Shop would be very grateful for any unwanted clothing, linen, bric-a-brac, furniture, sporting goods or books. We can collect goods – please phone us on 028 313 1884

OVERSTRAND HOSPICE Palliative (end-of-life) care for the terminally ill & their families – free of charge. Phone Mondays – Fridays 028 312 4679


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 13

2016 Blue Flag Hoisted KLEINMOND - Senior Manager Desmond Lakey, councillors, protection services personnel, municipal officials and various other stakeholders, were present during the Blue Flag Opening at Kleinmond Beach on Monday, 28 November. This official ceremony marked the 2016 Blue Flag campaign. The event was hosted by the Overstrand Municipality. Counciller Grant Cohen welcomed everyone present, including Overstrand Deputy Mayor, Dudley Coetzee, who delivered an address. He stated that “Tourism plays a pivotal role in the local economy; it is therefore essential that we look after our beaches and maintain the necessary standards to ensure that both tourists and locals can continue to enjoy this natural asset.” Councillor Fanie Krige led the note of thanks, including a prayer taken from King

Solomon’s address to the people at the conclusion of the dedication of the temple, a building project that required all their time and effort – and then it was time to rest. He prayed that all visitors will enjoy this time of rest, but will be responsible during their holiday adventures in Kleinmond. He specifically prayed for those who safeguard our beaches and the coastline, as well as the traffic department, the fire fighters and municipal services employees. This was followed by a colourful flag hoisting by the Overstrand Law Enforcement. The coordinated ceremonial raising of the Blue Flag, South African Flag and Overstrand Flag, proved to be a colourful component of the event. In South Africa, the Blue Flag programme is managed by WESSA (the Wildlife and Environment Society of South

Menseredder Siphesihle Kubeka, Roger Natus, hoof van Overstrand Community Life Guards, raadsheer Dudley Coetzee, onderburgemeester, raadslid Fanie Krige (Wyk 10), Lauren Rainbird, Overstrand se Blouvlagstrandkoördineerder, raadslid Grant Cohen (Wyk 9), menseredder Eden Timm, verkeersuperintendent Xenophon Titus, Desmond Lakey, areabestuurder, en Rudi Fraser, verkeershoof. Africa) and participating excellence in the areas of local authorities under the safety, amenities, cleanliness, information Department of Environmental environmental and management. South Africa Affairs’ Coastcare initiative. Blue Flag is an international was the first country outside annual award given to beaches Europe to be granted Blue Flag that meet a standard of accreditation for its beaches.


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 14

Overstrand Herald 028 271 3394

www.overstrandherald.co.za

Clean4u Overberg (Pty) Ltd

KRIGE HOME RENOVATIONS Kontak ons vir alle huisverbeterings & kombuisinstallasies  Huisverbeteringsprojekte  Verf (Binne & Buite)  Houtvloere  Dakke  Eco Rubber Waterdigting  Projekbestuur  Rekenaarontwerp, -uitlegte en installering van ingeboude kaste vir kombuise en slaapkamers

www.perfectkitchensolutions.co.za

BETTY’S BAY - R 995 000

BETTY’S BAY - R 1 800 000

BETTY’S BAY - R 1 980 000

28/07 Sea Front Plot Stony Point Web ref- P175 Size- 770m2 Contact -Rory- 083 5005 036

The Gemini House Web ref: A787 6 Bedrooms, 2 Bathooms, 2 Garages Contact: Craig- 082 7702 783

New release near Beach Web ref: A789 4 Bedrooms, 4 Bathrooms, 1 Garage Contact: Rory- 083 5005 036

R190.0


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 15

Launch of operational plan to save lives during festive season Overstrand Municipality’s Law Enforcement and Traffic officials as well as Fire & Rescue Services joined forces in launching the 2016/17 Festive Season Operational Plan on 28 November in Hermanus. This pro-active operation plan is based on the vision towards ‘zero’ fatalities and injuries on Overstrand roads, parks and other public space including beaches and the central business districts. Neville Michaels, Director of Protection Services, said his directorate will be taking a “nononsense approach” when it comes to road and community safety during this period. The operational plan will enhance public safety by ensuring that there is compliance with traffic rules and various by-laws and other regulations. Director Michaels emphasised that the plan can only succeed if there is a good working relationship between the Municipality and other role players such as the Police, the Provincial Traffic Department, the National Sea Rescue Institute, Marine and Coastal Management, Neighbourhood Watches and security companies. “We are committed to provide an efficient protection and security service as the holiday season begins in all earnest

on Friday in anticipation of the Hawston Sea Festival and Hermanus matric rage weekend. Never drink and drive. If you intend to consume alcohol, make alternative arrangements so that you will not have to get behind the wheel,” Michaels urged. The operational plan for this period will include the following: • Traffic officers will specifically focus on the use of safety belts and motorists who text and drive • Visible patrolling will be sustained on a 24/7 basis • Law enforcement officers will be present at identified activity venues • Random road blocks will take place • Interaction with the public and the promotion of fire safety awareness • Fire season has started and the threat of destructive veld fires increases • On-going policing of other issues such as speeding, drunken driving and unroadworthy vehicles • Prevention of social crime - Never leave items such as cell phones, wallets and other valuables in plain sight, unattended or on the seat next to you. Always stow your valuables in the boot of your car.

PLEASE NOTE: An additional 24hour EMERGENCY ONLY control room is contactable on 028 312 2400 (fire, accidents, drowning etc). For day to day law

enforcement complaints, phone 028 313 8980. Overstrand’s control room for general enquiries is still contactable on 028 313 8000/8111

Marjoh Plant Hire

Zirk 082 496 6751 Judy 082 452 4260


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 16

Overstrand strives to improve participation process At a well attended Overstrand Municipal Advisory Forum (OMAF) meeting on Tuesday, 22 November 2016, not only shared the strategic direction for the new five year Integrated Development Plan (IDP) but also offered a preview of the challenges faced. The timeline for the new 5 year IDP cycle is 1 July 2017 - 2022. As the municipality’s principal strategic plan, the IDP deals with the MOST CRITICAL DEVELOPMENT NEEDS of the municipal area (external focus) as well as the most critical governance needs of the organisation (internal focus). During the last few months, ward specific needs have been identified that will feed into the Budget process. A consolidated list of the top 10 municipal needs as well as the top 10 Provincial and national government needs have been established based on what was received from the 13 wards. The 10 top municipal needs of all wards in Overstrand are: 1. Municipal planning (e.g. of needs raised - Revitalisation of CBD in Gansbaai as well as Hermanus areas, Need for land availability to develop taxi and bus transport, cycle lanes, schools, sports facilities and other amenities) 2. Public places (e.g. of the needs raised- Sidewalks maintenance, beautification of town entrances and planting of trees along entrances/roads, cycle lanes 3. Municipal roads 4. Local amenities (e.g. of the needs raised- Maintenance of Municipal Halls, public toilettes, upgrading of cliff path/ coastal paths) 5. Local sports facilities 6. Water and sanitation services 7. Public safety 8. Storm water management 9. Municipal public transport 10. Street lighting 11. Traffic and parking The top 10 provincial and national government needs includes Education, Housing, Police, Welfare services, Nature Conservation, Youth Development, Environment, Health, Libraries etc. Although these needs are not a municipal function they are real needs of the community and the Municipality will filter/provide these needs to

provincial/national government for consideration in their planning and budgeting processes. TAKE NOTE: The above needs with your input will be prioritised and made available for a second round of consultation with OMAF at the end of February 2017. Funding “The reality is our needs by far exceed the available funding and we have to prioritise these needs for consideration over a 5 year term of IDP,” explained Director of Management Services, Desireé Arrison. Upon analysing the situation regarding the budget proposals (Capital and Operational) she said in more than R790 million is needed for the 3 year budget period. The total needs for 2017/18 are R307 million, and the available Capital Budget for 2017/18 is only R40 million from own funds (R30 million external loan & R10 million surplus). PROPOSED PROJECTS DIRECTORS Stephen Müller, Director of Infrastructure and Planning, told OMAF members that Overstrand has sufficient water sources in all our towns for the next five years. Hermanus, however, will need new sources by 2020 (looking at additional boreholes, transfer scheme from TWK and water reuse). The Water treatment plants in Kleinmond, Buffelsrivier (including Rooi-els, Pringle Bay, Betty’s Bay), Stanford and Buffeljachtsbaai need upgrading to some extent. New reservoir storage capacity planned for Sandbaai, Pringle Bay and Gansbaai. Of the six waste water treatment plants within the whole area , Stanford needs to be upgraded (next year). The main sewer collecting pipes in Onrus (Kidbrooke line) will be completed in the next budget year before rehabilitation of the Kleinmond outfall sewer will commence. A project to upgrading sewage pump stations at a cost of R24m is in progress, of which one third has been completed. Two big municipal public road projects are planned for the next five years. One is the continuation of the Hermanus parallel road (on the sea side of the provincial road to connect our towns (without using the provincial road) by building a second bridge over the Onrus River. The other big project that we aim to finish, is

the Hermanus public transport facility that has been on the cards for the past 20 years and is also earmarked for completion in this five-year cycle. It includes the Hermanus taxi rank as part of the CBD revitalisation project. Müller also briefly touched on Provincial Road projects: • The upgrade of the road between Hermanus and Stanford is in an advanced planning stage and when that is done, the Stanford – Gansbaai road will follow. • Planning for the Hermanus bypass is still ongoing and we are awaiting further information on the matter. • Bottleneck at Onrus/Kidbrooke and Sandbaai interchanges: the Municipality will talk to Province about two options: either they must help us to build our bridge, or double up their bridge. • Intersections at Kidbrooke (Onrus) and Sandbaai are a huge concern and creating problems. In his briefing on the provision and maintenance of municipal services, Roderick Williams, Director of Community Services, said the way forward to save costs, is to promote efficiency through accurate planning for scheduled maintenance by doing more with less. The upgrading of various public launching sites (slipways) amounts to R23 million and has potential to unlock economic opportunities to bring about economic development that will have a positive impact on communities. Roads are priority number four received from the wards and “we need to look at it seriously,” Williams said. In the past, the Municipality relied on land sales

to cover costs for tarring gravel roads. Maintenance of municipal roads is a non-return service and loan cannot be made for this purpose”. A successful dust control project has been started in De Kelders and “It might be a viable option for gravel roads in other communities,” Williams continued. The municipal vehicle fleet is another concern. The Municipality has 261 vehicles that need to be maintained and / or replaced as some of these vehicles are very old. “An amount of R8,524 million in capital had been received over the past four years to replace vehicles but the actual amount needed to replace existing vehicles is R44,3 million. “Overstrand is a high risk fire area and the fire brigade alone needs R24,6 million for trucks, etc. By comparison e.g. in 2014 a fire service truck cost R3,4m, a sewer tanker cost R1,8m (we have 15 sewer tankers and we urgently need to replace some of them); refuse removal compactors cost R1,9 million (and we have 11 tankers),” Williams added. Neville Michaels, Director of Protection Services, said Overstrand is a tourism economic driven destination and “as much as we need people to come in and arrive alive, there is an even greater need for general safety. Overstrand Traffic is going to focus on high visibility and increased road policing with regular vehicle check points. “Your flat screen and other appliances are not walking out of Overstrand, they are going via vehicle and we must get those vehicles searched.”


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 17

Programme to mark 16 days of Activism On Friday, 25 November 2016 Kleinmond locals turned out in their masses in support of an occasion aimed at showcasing the “16 Days of Activism against the Abuse of Women and Children” campaign that is commemorated from 25 November to 10 December each year. Speaking at the event, Ward Councillor Grant Cohen pointed out that while it was encouraging to see communities joining forces for the period, extending the programme to a year-long campaign would reap greater results. A powerful performance highlighting the destructive effects of abuse on women, featuring popular South African actors Lee Ashmond Moses and Silvina Wilhemse, moved the

audience and resonated with many. As too did a thoughtprovoking poem titled “Hope” by local poet Ziyanda that centred on building the psyche of those who found themselves in desolate situations. Winner of the 2016 HangklipKleinmond Got Talent, Wilton Swartz and his mates, had the crowd spellbound with some riveting dance moves. But, it was the kids of Overstrand Child and Youth Care Centre and their lively rendition of the song “Shout” that got everyone to their feet and jiving along to the beat. In closing, the community was invited on stage to light a wall of candles to signify their commitment to the protection and upliftment of women and children.

Eerste Kooroefening BETTYSBAAI - Die jaarlikse Kersliedere-aand van die Harold Porter Tuin is vanjaar op 21 Desember 2016. DIt is ‘n jaarlikse gebeurtenis wat die diversiteit, samekoms en samewerking van ons onderskeie gemeenskappe vier Die eerste kooroefening is Saterdag, 3 Des 2016 om 14:00 (2nm) by die Lakeside Chapel in Bettysbaai. Ons kan moontlik

ook probeer vervoer verskaf vir diegene wat daarmee probleme het. Diegene wat ‘n instrument bespeel en wil deelneem aan die orkes, kan my gerus by onderstaande selnommer kontak om die bladmusiek te bekom. Vir meer info, of om jou deelname te reël kontak: Stefné van Dyk, 08 2923 2723

Overstrand Herald 028 271 3394

Kleinmond community members sign a pledge aimed at stopping violence against women and children at the launch of the “16 Days of Activism against the Abuse of Women and Children” event held at the Mthimkulu Village in Kleinmond.


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 18

Kleinmond the film industry hub for the overberg region

14DE STRAAT 17A POSBUS 327 KLEINMOND 7195

Tel: 028 271 3394 / Faks: 086 767 2943 Redakteur / Editor: Gerard Grobler redakteur@overstrandherald.co.za Verslaggewer / Reporter: Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za Medewerker: Dr Ria Burrows Bladuitleg, Versorging & Advertensies / Page layout, Editing & Advertising: Melany Cedras ads@overstrandherald.co.za Rekeninge navrae / Account enquiries: redakteur@overstrandherald.co.za Business hours / Besigheidsure Maandag - Woensdag / Monday - Wednesday: 08:00 - 13:00 & 14:00 - 17:00 Donderdag & Vrydag / Thursday & Friday: 08:00 - 13:00

by Henning and Miemsie Basson, Petro van Dyk and Desmond Denton The Overberg Film collaborative: Overberg Film Office, Overberg Film Studios and Cinema in the Shed hosted an exciting event on 19 November to introduce their services to the larger industry. Over 60 people with various backgrounds and experiences in the film industry attended. Realising that many film industry professionals are residing in the Overberg and facilities likes locations, studios, accommodation are on super standard and either functioning or ready to go, the organisers started a joint venture in creating platforms to promote these resources to the market and assist in bringing it to its full potential. Petro van Dyk from the Overberg Film office said in her presentation that the launch of this initiative is a great fit for an area not over-explored by film and where tourism can greatly benefit from crews visiting for long and short periods of time. Apart from the financial injection and job opportunities it creates,

it is also cause for an inevitable showcase of the splendour and hospitality of the Overberg, hopefully in full HD. Desmond Denton from Imagenheart also part of the Overberg Film Studio stated “It’s an exciting venture for us, at a very exciting time for the local film industry. We are very excited to see the interesting projects that come out of this space by talented filmmakers. It’s great to see large productions come to South Africa, they put people to work and put money in the economy. We want to support them and facilitate their productions, but the local industry and independent film community is even more important to us and with this we have started the Overberg film studios. “As much as we enjoy the international productions, it is our drive to create local film productions for the international film markets. We have already won various international film awards with our films and excited to be part of more such

(Continued on page 19)


Overstrand Herald (Continue from page 18)

productions” Cinema in the Shed in Kleinmond Harbour Road is the heart and home of the Overberg Film Studios and together it boasts with professional gear, movable structures and green screens, props, wardrobe, make up and green room/backstage. Miemsie Basson from the Cinema in the Shed also mentioned: “the Shed will also become the art and cultural hub in the region and is very excited to announce that top entertainers will be hosting their shows at the Shed this coming December; names such as Chris Chameleon, Neels van Jaarsveld, Jannie du Toit, Joshua na die rëen, Pierre van Pletzen (Oubaas), Barry Hilton and Radio Kalahari Orkes”. The Shed is located in Harbour Road Kleinmond. The overall support from companies and individuals in the region has been overwhelming for this event and the organisers

1 Desember 2016 would like to thank Shutter Actions, Le Rêve Restaurant, OK Kleinmond, Stoep Café, Fisherman’s Take Away, Gringo’s, Harbour Corner Restaurant, Bistro 14, The Potter’s Gallery, La Rachelle’s Sweet Sensations, Art Café, Botrivier Hotel, Honingklip Brewery, Creation Wines and Cape Whale Coast Tourism. Lisa Mini from Cape Town and Western Cape Film and Media Promotion [a division of WESGRO] who also attended the event, stated that they are very excited about promoting our region’s locations and facilities. Overberg Film Office relies greatly on working together with members from the film industry, restaurants, wine farms, caterers, locations and accommodation in the Overberg region to join us in exhibiting our strengths. Anyone wanting to be part of this initiative can contact Petro Van Dyk on 079 807 9726.

Left: Cobus and Gerdi van den Berg, Miemsie and Henning Basson in front of Oom Christophel the car. Cobus from Kaapland Films stated that he will definitely bring one of his productions to our region next year.

Guests listening to presentations

Bladsy 19


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 20


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 21


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 22

Prayer service for firefighters OVERSTRAND - The rising mercury on Sunday, 27 November 2016 was a fitting reminder of the many hazardous elements that fire fighters have to contend with on any given day, but more so during the fire season set to commence from 1 December through to the end of February next year. The support of the community is vitally important in ensuring the successful delivery of this essential service. To this end, the Overstrand Municipality remains committed to raising awareness on fire prevention and safeguarding the environment and its people. In a moving ceremony to mark the launch of the fire season, a prayer service led by a member of the VGK congregation in Kleinmond, Carl Swart, was recently conducted. In his address, he called on the public to assist the fire fighters by

being extra vigilant during the season and to desist from any activities that could result in the destruction of lives or property. The congregation was further

urged to familiarise themselves with the relevant emergency numbers so that they would know who to contact in such an eventuality, i.e. for fire,

accidents, drownings or floodings the number to call is 028 312 2400. For normal day to day inquiries, the telephone number 028 313 8980 applies.


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 23


Overstrand Herald

1 Desember 2016

20/10/2016-10/11/2016

4x R100 = R400.00

28 07 2016 R190.00 p/week

Bladsy 24


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 25


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 26


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 27

Feestelike afsluiting van die VLV KLEINMOND - Die nuwe voorsitter van die Kleinmond Vroue-Landbouvereniging (VLV) Cecile Jonkheid, en haar nuwe bestuurspan het dit goedgedink om hierdie jaar iets buitengewoon en onvergeetlik te doen vir die jaarlikse afsluitingsfunksie. As ‘n blyk van egte waardering vir die jaar se harde werk, onbaatsugtige bydraes en talle prestasies, is ‘n spesiale ontbyt voorgestel vir Saterdag 26 November 2016 om die jaar se werksaamhede af te sluit. Hierdie voorstel is eenparig goedgekeur deur die taklede. Vir ‘n verandering het die lede die geleentheid gekry om bedien te word! Wat ‘n voorreg, wat ‘n beloning vir VLV-lede en hulle gades! Nog ‘n hoogtepunte was dat die lede vrygespreek was van enige opruimwerk of skottelgoed was. Fynbos Dienssentrum het alles keurig hanteer. Die tema van die VroueLandbouvereniging van Kaapland vir 2016 was “Droom, Glo, Leef”. ‘n Kort terugblik op die jaar se verrigtinge wys duidelik dat 2016 vir VLVKleinmond ‘n opwindende en noemenswaardige jaar was wat voldoen het aan hierdie tema. Die jaar het afgeskop met die tak wat as gasvroutak opgetree het vir die jaarlikse Overbergse Sirkelkonferensie waar Kleinmondtak talle trofeë en pryse verower het. Deur die jaar is sprekers genooi om hulle kennis, vaardigheid en bevoegdheid op ‘n spesifieke vakgebied te deel met die lede en talle besoekers. Die sprekers het die gehoor geïnspireer om optimaal te lewe en om nuwe projekte aan te pak. “Ons moet die persoon in die spieël aanvaar en ons moet optimaal lewe en drome droom”, was die raad van Dr. Wilma Coetzee, een van die sprekers. Die lede en hulle gades is met die afsluitingsontbyt weereens geïnspireerd deur Josias Le Roux van Langhoogte Plase. Hy is onlangs aangewys as die WesKaap se “Boer van die Jaar”. Hy

en sy vrou Fredine en hulle drie dogters was spesiale gaste by die afsluitingsgeleentheid. Fredine het die gehoor toegespreek en aan die hand van die nuwe VLVK-tema vir 2017 “Aanpasbare Vroue”, uitgewys hoe vroue “aanpasbaar” moet wees om werklik ‘n “helper”, soos die Here dit bedoel het, vir hulle mans en ook vir mense om hulle, te wees. Kleinmond is ‘n dorp vol talentvolle musikante. Die wonderlike voorreg wat ons koester is dat hierdie musikante hulle tyd en spesiale talente mildelik met VLV-Kleinmond deel. Die musiek het die vergaderings opgehelder en daar was geleenthede vir saamsing, hande klap en voete stamp! Ideale ruimte om sorge te vergeet! Ons opregte dank aan al die musikante wat ons by die VLV-vergaderings so geseën het met hulle tyd en talent. Saterdagoggend se afsluitingsgeleentheid was geen uitsondering nie. Miso Markovina, ‘n briljante saksofoonspeler, het die gehoor vermaak met sy musiek en so

Annie Jooste, Cecile Jonkheid, Averyl Pepper, Melanie Wiles bygedra tot die gesellige en aangename atmosfeer van die oggend. Daar was baie hoogtepunte dwarsdeur die jaar en ons dank en waardering gaan aan ons plaaslike koerant, Overstand Herald, vir hulle gratis publisiteit en blootstelling wat hulle so mildelik aan ons organisasie skenk. Ons is ook dankbaar vir ons talle lesers se goeie kommentaar en positiewe terugvoer uit die beriggewing.

Kleinmond se VroueLandbouvereniging het ‘n suksesvolle jaar agter die rug en kan met reg tevrede voel met wat hulle bereik het. Mag die Kersfees vir almal ‘n opwindende Christusfees wees en ons vertrou dat ons lede en hulle families en besoekers ‘n heerlike en veilige somervakansie in ons mooi dorp sal geniet. Berig Alice van Rooyen; Foto: Hermien van Zyl

Boer van die jaar KLEINMOND - Josias le Roux, (43) ‘n skaap-en-graan boer van die Overberg, is aangewys as die Wes-Kaap se “boer van die jaar” vir 2016. . Die Langhoogte plase lê tussen Botrivier en Caledon. Josias is die vierde geslag wat op die plaas boer. Josias was in die Laerskool Botrivier, waarna hy aan die Boland Landbouskool gematrikuleer en landboubestuur aan die Sentraal-Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein bestudeer het. In 1995 het hy na die familieplaas Langhoogte teruggekeer waar hy saam met sy pa begin boer het. Volgens Josias is dit belangrik om betroubare werkers, bestuurders en adviseurs te hê wat met jou saamwerk. Sy vrou Fredine kom oorspronklik van Malmesbury en het wynbou aan die Elsenburglandboukollege studeer. Josias en Fredine, tesame met hulle drie dogters, was Saterdagoggend 26 November die spesiale gaste by die VLV-Kleinmond se jaareinde-ontbyt. “Op ‘n familieplaas is dit ons plig om dit was ons geërf het, nie weer oor te gee net soos ons dit ontvang het nie, maar in ‘n beter toestand” verklaar Josias. Berig: Alice van Rooyen

Josias le Roux, sy vrou Fredine en hulle drie dogters


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 28

A slave of fear or a child of GOD? KLEINMOND – A young man of our town is regularly seen pedalling away on his tricycle with a little flag merrily blowing on an aerial in the wind. There is a story of great tenacity, perseverance and faith behind this seemingly easy-going picture. In September 2009 Marnus Theron had a terrible accident in the Bahamas where he was working. He fell several storeys from a balcony, landing on his head. Marnus was in a coma for two months. After regaining consciousness, he started exercising. He never lost hope in God’s grace while exercising. Four years and three months after the accident, Marnus completed the Cape Argus (109 km) in 2014 with James Such and in 2015 and 2016 with Virgil Barry. Doctors informed Marnus that he would never have the use of his legs again after his fall. Yet, with greatly impaired balance and coordination, he trusted God to help him to do all three Cape Argus Races. During this year’s Cape Argus he suffered serious cramps on the 90 km and could not finish. Yet despite this setback, Marnus’s faith remains steadfast, quoting Phillipines 4:13: “I can do all things through Christ who strengthens me”. Marnus says that you have

to challenge your barriers and if you fall 7 times, you stand up 8 times. 12 November 2016 became a proud day for Marnus. After 11 months and 12 days, he achieved his goal of travelling 1000 km on his three wheel bicycle. This distance was only covered on the streets of Kleinmond. Marnus has had to face some very challenging weather obstacles and the tyres on his bike were extremely worn, but he never ever gave up. Again he quotes Scripture, from Exodus 15:2: “The Lord is my strength and my defence, He has become my salvation. He is my God, and I will praise him.” Marnus would like to thank the following sponsors who made it possible to buy new tyres for his trike and for servicing it. Sponsors were Charl and Delarey Calitz from Suidwes Biltong & Farmstall; France & Elize Saayman from Sonic Wifi; Nicky Matthee from Nicky’s Verspreiders; Cornelia Calitz from Karoo Kombuis; Lammie Gresse from Kleinmond Cycles, and George Young from Capitec Bank; Pieter Myburg, for the new yellow visible jacket, and finally to Schalk Boonzaaier (senior) from ST Motors for fixing Marnus’s wheelchair free of charge. Marnus is looking forward to a

new goal which is to walk 500 km between walking pipes installed in their front garden. Along with walking, Marnus wants to cover an additional 500 km with his three-wheeler within the next six months.

Marnus says, “GOD made me brave to believe in myself!” His ideal is to participate in Ultimate Survival to inspire others is in the same position. (Charl Calitz and Ilna Grobler)

Kleinmond egpaar vier feestelik BOKSBURG - Twee inwoners van Kogelpark is verlede naweek verras met ‘n dubbele verjaarsdagviering, soos beplan en uitgevoer deur hulle kinders wat in Gauteng woon. Albei vier hul 70ste verjaarsdag binne een week. Geylie Basson verjaar 1 Desember en haar man Corrie, die 25ste November. Ongeveer 50 familielede en vriende het ‘n smaaklike middagete in Orama Restaurant in Boksburg, saam geniet. Daar was baie gelag, geëet en gekuier - en baie min toesprake! Die paartjie sal binnekort terugkeer na Kleinmond – met kosbare herinneringe.


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 29

Kleinmond Kok van die week

Hesta Groenewald KLEINMOND - Frans en Hesta Groenewald het op Onrus ontmoet, waar hulle ouers vriende was. Later het hulle mekaar weer raakgeloop, beter leer ken en is in 1968 getroud. Hulle het twee kinders, ‘n seun en ’n dogter, en twee rooikop kleinkinders, vertel hulle trots. Hulle het vir baie jare die De Mond Karavaanpark in Hermanus op tenderbasis bedryf, terwyl die grond van die Munisipaliteit gehuur is. Frans verduidelik dat hy en Hesta mekaar baie sterk aanvul, nie alleen in die spyseniering nie, maar ook in die meeste aspekte van hulle daaglikse bestaan. Hulle is beide gesoute spyseniers, wat onlangs besluit het om kleiner te gaan en toe na Kleinmond verhuis het.

Hulle seun is die eienaar van die restaurant by Gabriëlskloof, en hulle is deesdae baie bedrywig met die inlê van groente en vrugte vir Gabriëlskloof. Hulle bak ook, maar meesal net vir Gabriёlskloof, en werk ook soms in die restaurant daar. Hesta deel graag met die lesers hulle gunsteling resep vir ‘n kleurvolle slaai – smaaklik, maklik en koel vir die sonnige vakansiedae wat voorlê! Bestanddele: Kropslaai, fyn gesny Uieringe, ook fyner gesny Spek (bacon) liggies gaargemaak Gevriesde ertjies Mayonnaise Metode Gebruik ‘n mooi glasbak vir die slaai. Bou die slaai op in kleurvolle lagies in die bak - al die bestanddele behalwe die mayonnaise. Heel laaste kom die mayonnaise bo-oor. Plaas dit dan in yskas, maar haal weer uit en laat die slaai oornag teen kamertemperatuur rus, voordat dit volgende dag in die yskas teruggeplaas word. Net voor ete word die slaai dan liggies gemeng. Op hierdie wyse kan dit maklik vir ‘n week hou. Indien verkies, kan fyn parmesankaas net voor opdiening oorgestrooi word.

Oudiovisuele plesier! ’n AV-aand gereël deur Kleinmond Kiekieklub op 17/11/2016. Kleinmond Kiekieklub se eerste AV-aand was ’n groot sukses! Die 120 beskikbare kaartjies is almal vooraf opgeraap. Mense het vanaf al die omringende dorpe saam kom kuier. Die vol saal toeskouers het met groot waardering op elke aanbieding gereageer. Vir sommige het daar letterlik en figuurlik ’n nuwe kyk op die lewe gekry. Die ontspanne, kuieratmosfeer tydens pouse het meegehelp om die impak van die AV’s verder te voer. [AV is die afkorting van Audio Visual en word algemeen gebruik vir dié deel van fotografie waarin aanbiedings met beeld en klank, ’n groter geheel vorm as blote foto’s en musiek afsonderlik.] Die program was ’n goeie mengsel van aanbiedings deur ons eie lede, fotograwe van Hermanus asook internasionaal fotograwe. Die verskeidenheid van style en tegnieke het gesorg vir ’n besonder leersame aand vir dié van ons wat hierdie faset van fotografie nuut betree. Ons verwag volgende keer nóg meer plaaslike bydraes. Die entoesiasme was opmerklik. Dankie aan die bestuur, en veral Gerhard van Helsdingen, vir die puik organisasie. Mag dit die eerste van vele sulke byeenkomste wees. Daar móét altyd geleenthede wees waar fotograwe die skat wat in hulle besit is, wyer kan deel. Daar is vreugde in foto’s opgesluit! [Kyk gerus op ons Faceboek-blad: KIKIKYKers vir ’n paar foto’s van die geleentheid.]

Siyabulela’s Grade R CAP evening KLEINMOND - On Thursday, 24 November, Siyabulela’s Grade R learners had their graduation. It was a beautiful occasion and they looked very smart in their gowns. Certificates were handed out to all of them and there were also some special certificates. Best attendance went to Meniche Wildebees and Elethu Kibido; achievement in Life Skills to Ciska Platjies and Elethu Kibido; achievement in Home Language

to Carla Hartogh and Deon Musekiwe, and achievement in Mathematics to Enrique Vries and Asonele Mado. The two top achievers for 2016 were Carla Hartogh (Afrikaans class) and Asonele Mado (isiXhosa class). The school wishes all their learners everything of the best for next year and the teachers and staff are sure their young pupils will do them proud! (- Alta van Wyk)

Siyabulela’s safari through Africa! KLEINMOND - Siyabulela’s concert had an African theme this year, going on a safari through Africa. All the children were dressed up in costumes and there was everything from frogs and chickens to baboons and wild animals! The isiXhosa children in their traditional clothes doing traditional dancing were a great hit! It was a very enjoyable evening and the parents and children

had a great time. The evening was concluded with everyone joining in to sing the national anthem. The school would like to thank Daniël and Shireen for the DVD and photos; Grant for the music; Oom Herman and Kay for helping at the door; Marcelian for working at the tuck shop, and the staff for their hard work preparing the children for the concert. (- Alta van Wyk)


Overstrand Herald

1 Desember 2016 toe hul intrek in Huis Nerina op Porterville geneem waar Ilna gewoon het. Na Sannie se dood het Retief in Gerimed kom woon om nader aan sy kinders, Ilna en Gerard, en die kleinkinders, wat intussen teruggetrek het na Kleinmond, te wees. Daar is hy

Bladsy 30 versorg tot sy dood op Vrydag 25 November 2016. Hy laat sy kinders Ilna en Retief, skoonseun Gerard en kleinkinders Jana en Kenneth agter. ‘n Viering van sy lewe word Vrydag, 2 Desember, om 15:00 in Gerimed gehou.

Retief Koch se boek is toe KLEINMOND – Francois Retief Koch is Vrydag omstreeks 15:20 in Gerimed oorlede. Sy vrou Sannie het hom verlede jaar in April ontval. Retief is op 9 April 1927 op Middelburg in die ou OosTransvaal gebore, die jongste van vier kinders. Sy pa, ook Retief Koch, was ‘n Bittereinder wat getroud is met Frances du Preez, een van die eerste assistente by die Langlaagte weeshuis. Dit sou later die Abraham Kriel Kinderhuis word. Sy het saam met ds Kriel gewerk en is na Middelburg gestuur om by die Kinderhuis vir oorlogswesies op daardie dorp te gaan hulp verleen. Daar het die twee ontmoet. Retief (jr) het grootgeword met gesprekke oor die “Ingelse” oorlog wat gereeld aan huis of in die omgewing gevoer is. Die oupa het in 1952 ‘n boek met sy oorlogsherinneringe in langhand vir elk van sy vier kinders geskryf. Dit was immers in die dae voor afrolmasjiene of fotokopieërders. Retief (jr) wou ammeleë (sy woord) die boek laat druk, maar nooit sover gekom nie. Die handgeskrewe boek is toe deur sy skoonseun, Gerard Grobler op rekenaar gesit en verwerk. Retief was baie trots op sy kunstige familie en het sy eie kreatiwiteit eers met foto’s en film en later ook met skryfwerk tot uiting laat kom. In 1999 het hy ter herdenking van die 100-jarige viering van die Anglo-Boereoorlog, ‘n weeklikse reeks oor die ABO te skryf. Hy het ook gereeld bydraes aan Die Burger se voormalige Kultuurkroniek gelewer. Uit sy pen het ook ‘n gesaghebbende boekie oor Gideon Scheepers verskyn. Scheepers is in die omgewing van Middelburg gebore en Retief het dus ‘n besondere sagte plekkie vir hierdie Boereheld gehad. Die boek is steeds beskikbaar by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein. Retief het baie eerstes beleef. Een van hulle was dat hy saam met ‘n oorsese TV span in 1963 een van die eerste ope-hart-operasie in Suid-Afrika afgeneem het. Hy het

ook die geskiedkundige eerste hartoorplanting van dr. Chris Barnard op Louis Washkansky in 1967 op film vasgelê. Die film wat hieroor gemaak is, is genoem, “The Heart of Cape Town”. Nog films waaraan hy gewerk het, het onder meer gehandel oor MER, Maggie Laubscher, WH Coetzer, Jean Welz, DF Malherbe en Langenhoven. Om die waarheid te sê, die naambordjie, Hansdie-Skipper, wat steeds bo in die venster van DF Malherbe se huis pryk, het Retief spesiaal vir die skrywer gemaak. Retief se pad het ná Middelburg Johannesburg toe geloop, waar hy lank vir Bradlows meubelverkoopsman en vensterversierder was en die Bradlow broers goed geken. Na Bradlows is hy in Pretoria by die Nasionale Filmraad aangestel waar hy vele gelukkige jare deurgebring het. In 1967 het hy die Kaapse tak van die Filmraad kom stig met hoofkantoor in SomersetWes waar hy en Sannie 30 jaar lank gewoon het. Die kinders, Ilna en Retief (jr jr?) het daar grootgeword. Na die sluiting van die Filmraad het Retief by MEMA gewerk as skyfiereeks vervaardiger en daarna as hoof tegniese beampte by die Universiteit van Wes-Kaap se oudiovisuele afdeling van die tandheelkunde fakulteit. Op Somerset-Wes was hy en Sannie baie betrokke by die Helderberg gemeente. Retief het onder meer die planne opgetrek vir die eerste uitbreiding van die kerkgebou. In 1998 het hulle na Kleinmond getrek om nader te wees aan die kleinkinders en so het albei baie betrokke geraak by die voormalige Janaskool. Ouma was tesourier en fondsinsamelaar, terwyl Oupa sy hand aan alles gehou het. Hul kleindogter Jana het vir ‘n hele tyd by hulle gebly toe haar ouers verhuis het. Die Kochs het 12 jaar lank in Agtstelaan gewoon Omstandighede het genoodsaak dat hulle versorg moes word en eers Sannie en daarna Retief het

VGK Jeugafsluiting KLEINMOND – Die jeug van die VGK het onlangs ‘n gesellige afsluiting saam met hul leraar, ds John Holzhauzen en sy vrou Yolande, geniet. Elkeen het ‘n pragtige T-hemp met die embleem daarop ontvang,

asook ander kleiner geskenkies. Ds Holtzhausen, het die jeug se opregte waardering uitgespreek vir die skenking vanaf ‘n trust, wat die geleentheid sowel as die geskenkies moontlik gemaak het.

‘n Eerste vir Kleinmond BUITELUG Fliekteater “Modder en Bloed” is tans besig met ‘n “FliekOpDieVeld” toer waar hulle die Afrikaanse film na al die kleiners dorpies bring deur dit in die buitelug op ‘n groot skerm (4m x 7m) onder die sterre te vertoon. Die gasheer in Kleinmond is “Cinema in the shed” (Henning Basson). Die film “Modder en Bloed” gaan op 09 Desember op die grasperk langs die seemeer (lagune) by die hoofstrand in Kleinmond vertoon word en kaartjies beloop R60 per persoon. Kom neem deel aan ’n aand propvol pret vir die hele gesin en vriendekring. Maak seker dat jy ’n piekniekmandjie pak en genoeg komberse en kampstoele saambring om ’n aand van pret en fliek langs die strand te geniet. Daar sal ook pretaktiwiteite voor die fliekvertoning wees, wat weggeegeskenke, pryse en raakrugby insluit – en met akteurs en ander bekendes

skouerskuur. Hulle besoek slegs 36 dorpe regoor Suid-Afrika. Hierdie toer is moontlik gemaak deur AfriForum as die hoofborg en Virseker, Maroela Media, Total Gas en Pretoria FM medeborge. Die doel hiervan is om Afrikaanse films te bevorder, maar ook om die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis lewendig te hou. Afriforum het besluit op hierdie film “Modder en Bloed”, wat net buite Worcester op ‘n plaas verfilm is en al die elemente (film, taal, kultuur en geskiedenis) bevat. Die film is van hoogstaande gehalte en is ook genomineer as een van slegs 13 films wêreldwyd om by die “Camerimage” fees te Bodgoszcz in Pole (Poland) vertoon te word. Die kamerawerk onder leiding van Adam Josua Bentel is benoem in die kompetisie en hulle het deurgedring na die finaal. Dit is ‘n uitstaande prestasie en vir Suid-Afrika ‘n eerste.


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 31

TRANSPARENT SAFETY BARS

The most affordable and secure way to burglarproof you windows without spoiling your view.

Cleerbar Gerhard Hayward

Cell: 083 677 4261 gerhard@cleerbarsolutions.co.za www.cleerbarsolutions.co.za CONTACT US FOR A FREE QUOTE

Overstrand Herald 028 271 3394

www.overstrandherald.co.za

®

Ralf Zipfel Qualified Installer for Solar Hot Water Systems FOR NEW AND EXISTING HOMES 083 663 7661 info@solar4u.co.za


Overstrand Herald BOWLS - At the Kleinmond Bowls Club competitions are now in full swing! The first competitions started on Tuesday 15 November 2016 with the men’s fours. We have previously reported on the first 4play competitions of both the men’s and ladies teams and the various results thereof. Since then these competitions were concluded and our club have new men- and ladies 4play champions. After Celeste Price’s team beat the team of Christa Steenkamp 26 – 12, they played in the final on Thursday 24 November against the team of Sandra Hembold. Sandra’s team, consisting of herself as skip, Rina Janse van Rensburg, Hannie de Kock and Irene Cawood scored 19 – 16 against the team skipped by Celeste Price,as well as Elaine le Roux, Bets Goosen and Bekkie Galloway. Sandra’s team are the new club champions in this format. Die mans 4e het vir ‘n dramatise einde gesorg! Met 2 koppe oor en die telling gelyk op 15 elk, kon enigiets gebeur. Kallie de Kock se span, bestaande uit homself

1 Desember 2016 as skip, Divie van Deventer, Alan Bryant en Roelf Beukes het egter ander planne gehad! Teen die span van Maruis Schutzler, Ockie Marais, Peter Davidson en Walter Galloway het hulle eers 7 en toe 4 gekry om met 26 – 15 te wen! Sodoende het hulle die nuwe mans vierspelkampioene geword. Op Vrydag 25 November het die Super Spar Singles ‘n aanvang geneem. Hierdie strawwe kompetisie word oor 6 weke gepeel en,behalwe vir nog 2 kompetisies hierdie jaar,word dit volgende jaar voltooi. Die uitslae in Vrydag se Super Spar Singles was soos volg : Wynand Neethling – 21; Peter Davidson -12: Kevin Sandy – 22; Cai Classen – 3; Divie van Deventer – 21; Tiki Rossouw -16; Phillip Graham – 21; Val Strydom -12; Hubert Bock – 23; Frank Cawood – 7; Roland Tarr -23; Roy Galloway -9. (Louis Muller)

Hermanus Toyota Driespel Rondomtalietoernooi KLEINMOND Die jaarlikse Hermanus Toyota Rondomtalietoernooi het op `n pragtige sonskyndag, Saterdag 26 November, plaasgevind. Twee en sewentig spelers o.a. vanaf Somerset-Wes, Greyton, Hermanus, Caledon, Franskraal, De

Doorns, Gordonsbaai en van ons eie klublede, het vir die toernooi ingeskryf. Die klub President, Valerian Strydom, het `n verwelkomingswoord tot almal gerig en sy waardering uitgespreek

jeens die mooi getal inskrywings van ander klublede. Hy het ook Hermanus Toyota, bedank vir hulle volgehoue borgskap van dié jaarlikse toernooi. Die dag se verrigtinge is met gebed geopen en Cai Classen, wedstrydsekretaris, het daarna die kompetisie-reëls en telkaartinvulling verduidelik. Die formaat van spel vir die dag was 2 wedstryde in die oggend van 12 koppe elk en een wedstryd in die middag van 15 koppe. Die spel het daarna in alle erns begin. Na die 1ste spel is tee saam met heerlike toebroodjies bedien en na die 2de spel is middagete voorgesit. Elma Visagie en haar span was verantwoordelikvir al die spysenieringreëlings. Daar is ook “raffle” kaartjies verkoop hierdie taak is deur Annelene Strydom uitgevoer. Op so `n warm dag is daar baie droë kele en dorstiges. Gelukkig was die kroeg daar vir lafenis met Tiki Rossouw, Ockie Marais en JC.aan diens. Die dag se spel het pragtig afgeloop en angstig is daar op die uitslae, gewag. Wynand Neethling het die berekeninge vanaf die spelers se telkaarte gedoen, terwyl die lootjiewenners getrek is. Die President het die dag se pryswenners aangekondig en gelukgewens.

Bladsy 32 Oosie Oosthuisen van Hermanus Toyota, het die prysoorhandiging, waargeneem. Die President het die dag se verrigtinge afgesluit deur almal te bedank vir hulle teenwoordigheid, ondersteuning en hulp wat meegehelp het om van die dag so `n groot sukses te maak. Final Results: Leads: 3rd Petula Fortuin (Caledon) 35 +58 2nd Elsabe Liebenberg (Kleinmond) 36 + 22 1st Pieter de Jager (Kleinmond) 38 + 19 Seconds: 3rd Hanneke Viljoen (Greyton) 38 + 19 2nd Cai Classen (Kleinmond) 38 + 28 1st Marthinus Pool (S. West) 39 + 39 Skips: 3rd Hubert Bock (Kleinmond) 38 + 11 2nd Wynand Neethling (Kleinmond) 38 + 29 1st Cor J van Vuuren (Kleinmond) 39 + 22 Overall Winner: Etienne Stevens (Visitor from Marble Hall) 40 + 20


Overstrand Herald

1 Desember 2016

General Maintenance New Houses Renovations / Alterations Boundary Walls Painting Paving

Bladsy 33

GRATIS Voorskrif Sonbril/Leesbril met die aankoop van ‘n volledige bril

29/09/2016—27 0/01/2017

R1260.00


Overstrand Herald

DAGBOEK

1 Desember 2016

02 & 03 Desember: Singleton’s Winkel is op Vryddag- en Saterdagoggende (somertyd) oop vanaf 08:30 - 13:00 in Tweedestraat 14, Kleinmond. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260 / 072 778 0249 29 November: Jaareind byeenkoms by the Shed Tema: Nag fotografie Tyd: 19:00 29 November: Kiekieklub maandlikse byeenkoms by “The Shed”. Kontak Gerhard van Helsdingen @ 083 306 9332 01 DESEMBER 2016 – KERSETE by Fynbos Dienssentrum. 3 gangete om 12:00 vir 12:30 @ R85.00 pp – N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting. Bring asseblief u eie drankies, glase sal verskaf word. 2 Desember: Movies at the Shed 15:00 Heidi - Heidi se storie herleef op silwerdoek in Afrikaans [All] 19:00 Noem my Skollie [16 D L SV V] - Set in the Cape Flats of the 60s, Noem My Skollie tells the story of four youngsters who form a gang. Their bond is tested when two of the group’s members (including the leader AB) are arrested. “Noem my Skollie” has been nominated as South Africa’s official selection for the 89th edition of the Oscars.

Bladsy 34

9 -23 December: Photoshoot with Father Christmas Harold Porter National Botanical Garden,Betty’s bay 11h00 - 13h00 A4 R40 per photoshoot 11 Desember: Verhoogoptrede met Chris Chameleon @ 18:00 (R150) by die Shed, Harbour Road, kaartjies beskikbaar by Petro 079 807 9726 petrokandans@gmail.com of by die Toerismekantoor. 12 Desember: Lights on Main Celebration: Festive Lights Switch on / Kersliggies aansit vanaf 18:00 – 22:00. Cnr of Botriver and Lagune Drive, Main Road, Kleinmond 13 Desember 2016:Tweedehandse klereverkoping is gekanselleer tot verdere kennisgewing. 13 December: Rymklets & Skerpskets konsert met Frazer Barry van Tribal Echo en ander kunstenaars (R50) @ 19:00 – 22:00 by The Shed, Harbour Roa, kaartjies beskikbaar by die Shed of by Petro 079 807 9726 petrokandans@gmail.com 14 December : Jannie du Toit - Doep is nie dood nie (R120) @ 20:00 by The Shed, Harbour Road, Miemsie 083 445 2684 miemsie@ onstv.net 16 -18 December: Plant sale Harold Porter National Botanical Garden, Betty’s bay 8h30 -16h30 free entry to nursery only

2 Desember: Con Spirito Kerskonsert!!! NG Kerksaal, Kleinmond om 19:00. Kaartjies @ R45.00 Pp (verversings ingesluit). Kaartjies by Fynbos, NG Kerkkantoor en Albertyn Apteek beskikbaar. Fynbos dienssentrum fondsinsameling projek. Navrae kontak Melanie Wiles 028 271 3602 (08:00 – 14:00)

16 Desember: Innierof, n eenmanvertoning met Neels van Jaarsveld @ 19:30 by die Shed. Al weet jy niks van gholf sal jy jou steeds vrek lag vir Neels. Dit is komies, realisties, vermaaklik en in lewende lywe in Kleinmond. Kaartjies R120 per persoon. Kontak Miemsie 083 445 2684 miemsie@onstv.net of Toerismekantoor.

3 Desember: Movies at the Shed: 15:00 Heidi - Heidi se storie herleef op silwerdoek in Afrikaans [All] , 19:00 Dis koue kos, skat [All]- Dis koue kos, skat is ‘n Afrikaanse rolprent gebaseer op die roman deur Marita van der Vyver. Die fliek vertel die storie van die kosskrywer, Clara Brand, wat haar man, Bernard, se ontrouheid met een van haar beste vriendinne ontdek.

17 December: @ 19:00 Joshua na die reën LIVE show (R120) The Shed, Harbour Road - Tickets: The Woodenleg Guesthouse contact 082 722 1621 / 082 579 3735

9 Desember: Fliep op die veld toer – Modder en Bloed, buitelig teater by die preekboom - kom ontmoet van die akteurs. Vanaf 18:00 gaan daar touchies gespeel word, bring kombers, gemakstoel en piekniekmandjie of kom ondersteun die kosstalletjies, fliek gaan op die groot opblaas skerm gesien kan word na sonsondergang. Kaartjies is slegs R60 pp. Kontak Miemsie 083 445 2684

21 December: Carols by candlelight HaroldPorterNational Botanical Garden,Betty’s bay gates open at 6:00pm concert starts at 7:00pm adults R50 Children: 6 -18 -R25

10 Desember: Put on your dancing shoes with Madre and the Elementals at the Shed. KAWS dance. 19:00 till late. R100 per person or R150 per couple. Tickets available at KAWS, or contact Eloise on 028 271 5004 / 079 899 3511.

19 Desember: Kom kuier saam met Ian Roberts en die Kalahari Orkes by die Shed vanaf 20:30. Kaartjies R150 per persoon. Kontak Miemsie 083 445 2684 miemsie@onstv.net of Toerismekantoor.

23 December: @ 20:00 Pierre van Pletzen (Oubaas) - Voël innie hand – Eenmanklug (R120), The Shed, Harbour Road Kleinmond, Miemsie 083 445 2684 miemsie@onstv.net 24 December: Lutheran Church:18:00 Deutsche Weihmadts – gottesdienst Pastor Johannes Trauernidt Fellowship Church 6th Street 72 28 December: @ 19:00 Barry Hilton Evolver Show (R150), The Shed, Harbour Road, Kleinmond, Miemsie 083 445 2684 miemsie@onstv. net 7 January: Gugulethu Tenors Harold Porter National Botanical Garden, Betty’s bay gates open at 6:00pm concert starts at 7:00pm adults R80 Children: 6-18 R40

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

BUKSIES

1 Desember 2016

GESOEK / WANTED

Bladsy 35

te maak. Skakel Gerrit by 028 271 3221 2x Lessenare @R400 elk of naaste kontant aanbod Vlekvryestaal tafel vir slaghuis of kombuis R300 54cm Kleur TV R300 Skakel: 083 772 6385

Looking to rent a two or three bedroom house/cottage located in either Bettysbay/ Pringle Bay/ Rooiels. If you have anything suitable contact: 0713601087

Garage sale Saterdag 26/11/16. Bob Lauscher str. 32. Elektriese kombuistoerusting in goeie werkende toestand, asook tuin- en werkskamer gereedskap. Boeke en baie meer.

Looking to buy a reliable campervan/ motorhome and or enclosed trailer. If you have anything suitable contact: 0713601087

Vistenk 2m x 0,5m x 0,51m en yster-staander. Bel 084 614 5167

Looking to buy a second hand reliable washing machine (Toploader).

Defy Twinmaid 1000 wasmasjien (dubbelbalie) R1400 ona. New Tech hondehok R400 ona. Bel 071 895 1396.

If you have anything suitable contact: 0713601087

Opvou materiaalsnytafel 180x110x90cm. R400. Bel 028 271 4435.

Hokkies vir klein voëltjies. Bel 082 789 3038

Bernina borduurmasjien met magic box en kaart en twee raampies. Elna F4 omkapmasjien. Albei min gebruik en in goeie toestand. Bel 028 271 3431 / 083 653 6574.

Zandile is looking for charwork for Monday, Tuesday, Wednesday and Friday. Reference 072 477 6172. Klavier in goeie toestand; klavierstoeltjie; agterste veiligheidsgordels vir Toyota Corolla 1.6 1992 model. Bel 071 895 1396. Trustworthy domestic worker with neat personal habits willing to work over Christmas and New Year. Contactable references. No smokers. Call 083 302 9336 / 028 272 9039.

30x vetplantjies vanaf R5 elk, Ook Crown of thorns en meerstammige aalwyn (R10). Rexal Binder R150. Klaas Vakie rugsteunmatras R150. Bel 072 976 2177. Bruin Wispeco Roll-a-door motorhuisdeur ekstra lank (karavaan hoogte) met elektriese motor en battery. Bel 082 359 0001/ 028 271 5755.

Angie is looking for a cleaning job. She has a contactable reference at 082 779 5826. Call 071 762 8193.

Yorkie hondjies opreg. Tefie R2000, reuntjie R1500. Bel 082 845 8042

A mature Zimbabwean man is looking for a permanent driving job. He has a Code 10 licence and a valid working permit. Call 074 910 8675.

3x groot spieёls met donkerhoutrame onderskeidelik R250, R150 en R100. Bel 083 656 6457.

Slow-cooker in goeie toestand. Bel 082 544 0740

Solid pinewood strips R8 per m 90mmx12mm. Bel 076 157 7650.

TE KOOP / FOR SALE

Elektriese grassnyer, weed-eater, hoëdruk spuit, Lieberman eetservies. Pryse onderhandelbaar. Kontak: 028 271 4580

Elektriese 4-plaatstoof. Defy Kitchenaire 6215 werkende toestand. R500. Bel 082 731 5151 Rolballe nr 2 en nr 3 stelle. Bel 072 426 3640/ 028 273 8040.

Large Club styled two seater fully upholstered sofa in very good condition.180 cm long, 95 cm depth R500.00.Please supply your own transport Phone: 028 271 3770 or 083 759 4200

1x 30 m cord, 1x Lawnstar 1000, 1x Weed-eater Fly-mo. R500. Ph 076 275 9104.

Baie mooi oudtydse enkelbedjie van Burmese Kiaat hout. In baie goeie toestand. R600.00. Skakel 028 2715715 of 0827726391.

www.overstrandherald.co.za

Lessenaar-stoel op wiele en kan draai. In goeie toestand. R150 Skakel 028 2715715 of 0827726391. 57cm Weeber Kettle Braai min gebruik. R650 Kontak 0829238066 3 x wooden cottage kitchen chairs R250 each Phone : 084 272 6655 Pyramid flatback freestanding fireplace with flue and cowl R3000 Phone : 084 272 6655 Slaapkamerstel bestaande uit dubbelbedbasis en matras, kopstuk en spieëlkas.Baie goeie toestand.Navrae 028 271 3954 of 082 333 3207 Cadac Hotwheel griller. R300 Cadac Skottelskaar Braai. R300 Cadac Roker/Koker R300. Alles in uitstekende toestand.Kontak 028 272 9693 of 082 5155907 Gas Braai in excellent condition (R1000) with 9Kg Gas Bottle (R600) includes other accessories - Paul 064 207 6057 Twee pragtige Golden Labrador/Golden Retriever tefies ingeënt en ontwurm te koop. Op 5 Desember agt weke oud. Skakel 0829273641 of 028 2713507 vir meer inligting. Ek het ‘n goeie drie laag wurmplaas houer om jou eie kompos en tee

TRENCHERS Medium Digger / Loader Hire Plot clearing Building rubble remove and site clearing General transport Drainage systems

Derick Cheyne 082 677 5577 ROOIELS - PRINGLE BAY - BETTY’S BAY - KLEINMOND


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 36

KERKE / CHURCHES

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie. The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 / “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Stiaan Duvenage 078 810 3632 Pastoor Tewis de Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:30 / Elke Woensdagaand biduur 19:00 HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome LEWENDE WOORD BETTYSBAAI

NG KERK: 04 Dec 2016

09:30 Kerkgebou Ds. Steven Sass 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Ben de Wet 08:30 Kerksaal Ds. Steven Sass KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Chris Malan LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9875 / 028 272 9996 / 028 273 8153 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707. Leilani Abrams 079 980 4540. Dienstye: 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday at 10:00. 4th Sunday at 08:00. 5th Sunday is family service. Notice will be given at which chapelty in Parish. Sundayschool: Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540. Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146. Priest Father Fr Neil February 084 222 1492/028 284 9772 nkfebruary@gmail.com.

H/v Delport en Serruria Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons byeenkomste elke Sondag. 20 /27 Nov en 4 Des om 18h00, by bogenoemde adres in Bettysbaai Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Erica by 083 556 3555. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.

PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal is welkom by Laerskool Kleinmond elke Sondagoggend 09:30. Navrae by Manie 082 331 3552 / 028 271 5592 of Gerrit 083 251 6039 / 028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19:00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Kallie Jonkers 082 877 0800 Jeug byeenkoms om 18:00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 09:00: Koor oefen elke Disdag aand om 19:00;

CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 18:00 / Thurday 17:00 / Additional services as per notice board. Parish Priest: Father John Keough 079 874 2281 / 021 859 5397

AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870

DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2016: 24/07/2016 25/09/2016 04/12/2016 PRINGLE BAY HOMECELL 1518 Dennys Road Pringle Bay Mondays: Women’s Homesell 10:00 - 11:30. Wednesdays: Family Homecell 18:30 - 20:00 Pieter and Arina Myburgh 082 680 3586 - 028 273 8111


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 37

BOWLS BUSINESS LEAGUE Important / Belangrik

Remember to submit your application by 10 December First 24 will be accepted Onthtou u aansoekvorm moet ons voor 10 Desember bereik aangesien ons slegs die eerste 24 kan akkomodeer.

10 NOV - 7 DES

ALAN 0829230675 THE OVERSTRAND HOSPICE SHOP The Overstrand Hospice Shop would be very grateful for any unwanted clothing, linen, bric-a-brac, furniture, sporting goods or books. We can collect goods – please phone us on 028 313 1884

OVERSTRAND HOSPICE Palliative (end-of-life) care for the terminally ill & their families – free of charge. Phone Mondays – Fridays 028 312 4679

JC LOODGIETERS VIR BETROUBARE DIENS

ONS KAN HELP MET:

Nuwe installasies en toevoegings Badkamer opknapping Dreineering Water lekke Lekkende storte Foutiewe/ Beskadigde toilette Suig Kop verskuiwings Alle water vewarmer verwante Probleme!! Ons kan help!!

VIR ‘N GRATIS KWOTASIE SKAKEL: JOHATHAN 072 741 5719 (24 UUR) CHANTELL 073 806 0869 (KANTOOR)

10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 1 2 3 4 5 6 7

Thu / Don Fri / Vry Sat / Sat Sun / Son Mon / Maan Tues / Dins Wed / Woens Thu / Don Fri / Vry Sat / Sat Sun / Son Mon / Maan Tues / Dins Wed / Woens Thu / Don Fri / Vry Sat / Sat Sun / Son Mon / Maan Tues / Dins Wed / Woens Thu / Don Fri / Vry Sat / Sat Sun / Son Mon / Maan Tues / Dins Wed / Woens

11:56 00:20 01:08 01:54 02:39 03:23 04:09 04:55 05:43 06:35 07:37 08:53 10:16 11:24 00:01 00:50 01:29 02:03 02:35 03:06 03:36 04:07 04:39 05:14 05:54 06:41 07:40 08:53

—:— 12:43 13:27 14:11 14:55 15:40 16:27 17:14 18:05 19:01 20:10 21:34 22:57 —:— 12:15 12:56 13:31 14:03 14:35 15:05 15:36 16:08 16:42 17:18 17:59 18:49 19:52 21:14

05:38 06:29 07:14 07:57 08:40 09:24 10:11 11:00 11:54 00:17 01:13 02:22 03:45 05:03 06:02 06:46 07:22 07:55 08:25 08:56 09:27 09:59 10:34 11:12 11:55 00:09 00:59 02:07

18:18 19:04 19:46 20:29 21:12 21:55 22:40 23:27 —:— 12:56 14:13 15:42 17:03 18:04 18:49 19:24 19:55 20:23 20:51 21:19 21:48 22:19 22:51 23:27 —:— 12:49 13:59 15:22


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 38

SERVICES - DIENSTE

In the Hangklip – Kleinmond Tourism Bureau, Shop 1, Protea Centre

Tel: 028 271 3420

email: kleinmond@harveyworld.co.za IATA and ASATA licensed agency

25 08 2

R100.0

OVERBERG

OVERBERG

Boedel Beredderaars & Beplanners

Administrators & Planners of Estates

*Gratis Testamentopstelling *Boedelbeplanning * Taksateurs/Waardasies *Opstel Trustaktes Meer as 35 jaar ondervinding in boedelberedding en geswore waardasies. Kontak Niel Theron / Linda Dixon Tel / Faks: 028 271 5944 Sel: 083 459 9419 / 082 325 2022 Fonteinhoutlaan 38 Kleinmond sdtheron@telkomsa.net Geen BTW op Eksekteurs fooie Eksekteurs fooie onderhandelbaar

*Free drafting of wills *Estate planning * Appraisals / Valuations *Preparation of Deeds of Trust More than 35 years experience in estate administration and valuations. Contact Niel Theron / Linda Dixon Tel / Fax: 028 271 5944 Cell: 083 459 9419 / 082 325 2022 38 Fonteinhout Avenue Kleinmond sdtheron@telkomsa.net No VAT on Executors Fees Executors Fees negotiable


Overstrand Herald

1 Desember 2016

Bladsy 39

PJM PLUMBING PIETER MARAIS

082 747 0510 Gekwalifiseerde / Gelisensieerde Maintenance

Construction Drainage Geysers

Oud en nuwe kliĂŤnte skakel gerus vir kwaliteit diens en werk

072 977 8564

BEST VALUE! GUARANTEED!

Solar Maximum (Pty) Ltd Registra on Number 2016 / 370747 / 07

Tel. 028 271 3152 Emergency Cellphone: (24/7) 082 447 9073 E-mail: info@solarmaximum.co.za


SELF STORAGE Give yourself some space...

MONTHLY RENTAL SPACE No goods too small or large!

087 150 4940

GOLF RESULTS WEDNESDAY 23/11/16: 4BBB STABLEFORD BOTH SCORES ON 5 1 M. ARENDSE & E.VAN ZYL 58 POINTS 2 G. GRAHAM & D.ERASMUS 56 POINTS 3 J. OOSTHUIZEN & R.LIEBENBERG 52 POINTS SATURDAY 26/11/16: SINGLES MEDAL & SINGLES STABLEFORD MEDAL 1 H. LICHTENERG 68 NET 2 P. BOTHA 69 NET 3 C. BEZUIDENHOUT 70 NET STABLEFORD 1 W. EMMENIS 40 POINTS 2 M. ERASMUS 37 POINTS 3 S. MARSHALL 36 POINTS

B.STEYN.(CAPT) H.LICHTENBERG

B.STEYN.(CAPT.)W.EMMENIS M.ARENDSE.B.STEYN.(CAPT.)E.VAN ZYL

PROTEA

DRANKWINKEL LIQUOR STORE

h/v Hoofweg & 6de Straat, KLEINMOND

BEST BUY

Arabella

Arabella Merlot/Sav Blanc Balance Shiraz/Pinotage

750ml 750ml

Tel/Fax: 028 271 3898

Shiraz/Merlot 1.5L

R35.00 R35.00

R70.00

Badsberg Sav Blanc Villiersdorp Cab/Merlot

BEST BUY 750ml 750ml

R35.00 R27.00

R90.00 Dry Red Cape Style 5lt Grand Cru R75.00 Stettyn Stone White Chenin Blanc Michealangelo Gold Winner 750ml R30.00


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.