23 Julie 2015

Page 1

Local young woman realizes a dream

75 inbrake in 5 weke

Krisis? Watse krisis?

Kleinmonders rol moue op vir Madiba


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 2

75 inbrake in 5 weke Krisis? Watse krisis? Gerard Grobler KLEINMOND – Daar was volgens berekeninge wat die Herald in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye gemaak het, die afgelope 5 weke meer as sewentig inbrake net in Bettysbaai en daar blyk geen einde in sig te wees nie. Wat dit soveel erger maak, is dat talle van dié inbrake gebeur het terwyl die eienaars tuis was. Die dorp het eens ‘n effektiewe buurtwag gehad, maar dit het sedertdien doodgeloop. Misdaadvoos inwoners van dié kusdorp het die afgelope week aan die Herald gesê dat baie nie eens meer die moeite doen om inbrake aan te meld nie. Hulle sien eenvoudig nie kans vir die rompslomp nie. Dit is verklarings aflê en dan later die hofsaak bywoon. Dit is veel makliker om net van die versekering te eis. Dan is daar dié wat vra: Wat help dit tog? Die misdadigers word nooit vasgetrek of indien hulle wel gevang word, is hulle na ses maande weer op straat. Plaaslike polisiewoordvoerder, ao Jaco van Wyk, het vandeesweek by navraag bevestig dat daar tans ‘n groot probleem met inbrake in die Bettysbaai gebied is. Die polisie mag volgens instruksies van hul nasionale hoofkantoor nie misdaadstatistiek bekendmaak nie, maar Van Wyk sê die hoeveelheid aangemelde inbrake in die gebied is minder as die sewentig waarby die Herald uitgekom het. Die tendens is nietemin kommerwekkend, het hy gesê. ‘n Inwoner, Mnr X, wat gevra het dat ons hom nie identifiseer nie, het aan die Herald gesê die kruks van die probleem is dat Kleinmond se polisiestasie doodgewoon nie die mannekrag het om die probleem te bekamp nie. Dit is ‘n bekende feit dat daar tans net een polisievoertuig snags beskikbaar is vir die hele gebied vanaf Rooiels tot by Arabella. Dit is ook bekend dat Kleinmond se polisiestasie

tans minder personeel het as agt jaar gelede. Mnr X sê daar word al die afgelope vyf jaar belowe dat nog polisiemanne na Kleinmond gestuur word, maar daar kom niks van nie. Hy sê tot die polisie nie voldoende mannekrag en hulpbronne het nie, sal die sporadiese vlae van misdaad voortduur. Ao Van Wyk gee toe dat die polisiestasie onderbeman is, maar sê dit moet binne die groter perspektief beskou word. Hy sê daar is wel bykomende polisiemanne aan Kleinmond toegedeel, maar hulle moet nog hul opleiding deurloop en dit kan tot twee jaar duur. Dan, sê hy, moet die nasionale prioriteite van die polisie ook in ag geneem word. Die prioriteit is kontakmisdade soos moord, verkragting en gewapende roof. Van Wyk sê anders as in die res van die land en ook omliggende dorpe is plaaslike misdaad hoofsaaklik eiendomsverwant m.a.w. inbrake en diefstal. Dit speel ook ‘n rol in die toedeling van personeel, sê hy. Die geskorste Wes-Kaapse polisiehoof, lt.genl Arno Lamoer, het vroeër vanjaar bekendgemaak dat die provinsie ‘n tekort van sowat 3000 polisielede het. Van die 150 polisiestasies is daar 128 wat te min lede het. Daar word beweer dat dié toedrag van sake politieke ondertone het en dat die Wes-Kaap doelbewus oorgesien word met die toedeling van polisiepersoneel ten einde die DA regering in dié provinsie te ondermyn. Intussen het daar landwyd in die 2014/15 jaar 7249 polisielede die diens verlaat in vergelyking met net 5447 die vorige jaar. Nog ‘n inwoner van Bettysbaai het vandeesweek gesê daar is ‘n bekende groepie in die gebied wat telkens verbind word met inbrake. “Ons ken hulle al by naam. Gaan kyk maar. Daar is in Desember van hulle in hegtenis (vervolg op bl 8)


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 3

Die afgelope naweek se rukwinde het plek-plek skade aangerig. Die mees opmerklike skade was die stoepdak van die Sandown Blues restaurant by die hoofstrand wat afgewaai het.


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 4

Daar is gas- maar met rukke en stote KLEINMOND – Die landwye tekort aan gas is ook die afgelope tyd plaaslik gevoel. Kleinmond Bouhandel het Dinsdagmiddag nie meer omruilsilinders in voorraad gehad nie, maar wel nog gasbottels gevul. Hulle verwag binnekort weer ‘n besending. Mond Kafee het Dinsdag nog omruilsilinders gehad en gesê hulle het tot dusver nog nie verskaffingsprobleme ondervind nie. Kleinmond Gas se Thinus Bekker was egter Dinsdagmiddag besig met sy laaste silinder en hy het gemeen dat hy eers weer môre ( Vrydag) gas sou hê.

Koop vir jou ‘n vulstasie KLEINMOND – Een van die bekende bakens in Kleinmond se hoofstraat, die Shell vulstasie is in die mark vir, na wat ons verneem, R7,2 miljoen. Dié vulstasie, wat aan ‘n Durbanse sakeman behoort, het die afgelope jaar of twee onder fel kritiek deurgeloop deurdat daar dikwels op kritieke tye – soos ten tye van prysverhogings – nie brandstof beskikbaar was nie. Die eienaar het onlangs ‘n geriefswinkel op die perseel ingerig, maar dit het nooit werklik op dreef gekom nie. Die Herald verneem dat ‘n verteenwoordiger van ‘n koper uit Gauteng reeds ‘n paar draaie in die dorp geloop het om meer te wete te kom oor die vulstasiebedryf op die dorp. Die spook van ‘n kettingskoswinkel op die Shell perseel loop ook glo weer……


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 5

Silwerskoon? Moenie glo nie! Kleinmond se strand het Sondag silwerskoon gelyk toe ‘n groep deelnemers aan ‘n Mandeladagopruimaksie onder die vaandel van die WWF, HangklipKleinmond Toerismeburo en Clean C omstreeks tienuur byeengekom het. Maar 67 minute later was almal verbaas oor wat daar nog van die strand en tussen die duineplantegroei uitgehaal is: wrakstukke van ‘n vissersboot wat meer as ‘n jaar gelede by Bettysbaai op die rotse geloop het, ‘n verroeste rooster, bottels, vodde en sakke vol ander gemors. Die weer het pragtig saamgespeel om van die dag ‘n sukses te maak en dit is

jammer dat daar nie meer mense opgedaag het nie. Die geleentheid was puik georganiseer en daar was genoeg veiligheidshandskoene en plastieksakke vir almal se beskerming. WWF se simbool, die reusepanda, was ook teenwoordig tot groot vreugde van die kinders wat daar was. Ray Chaplin, die eerste mens wat die volle lengte van die Oranjerivier geswem het, het ook kleur aan die dag verleen. Onder die teenwoordiges was Mkhululi Siyandela, wat die WWF se Kogelberg Vissersprojek lei, Greg Player van Clean C, Lisel Krige, wyksraadslid bir

By Sondag se opruimingsaksie op Kleinmondstrand was van links Mkhululi Siyandela, Nicolette Baadjies, Lisel Krige, Fredeline van der Merwe en Mathilda Abrahams.

Wyk 10, Chris Karsten van WWF, Madeleine Coetzee, toerismebestuurder en Colleen Hendriks van Ecolabels. Mkhululi het na afloop van die verrigtinge

gesê hy is baie tevrede met wat Sondag bereik is. Storie en foto’s: SSMA/Fanie Krige

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

23 Julie 2015

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 6


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 7


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 8

75 inbrake in 5 weke Bettysbaaier stel nuwe (vervolg van bl 2) geneem. Na ses maande is hulle op vrye voet. Dit is nou Julie en hulle breek weer lustig in by al wat ‘n huis is. Ek kan nie verstaan dat Mooiuitsig (die piepklein woongebied in Bettysbaai) se mense nie iets aan die belhamels kan doen nie. Hulle moet tog weet wie dié mense is en waarmee hulle hul besig hou. Daar word van inwoners verwag om by te dra tot die opbou van dié gemeenskap, maar hulleself doen niks om die kwaad uit te roei nie.” Hy wil weet wat moet Bettysbaaiers dan doen voor die polisie se bestuur aandag aan die saak gaan gee. “Moet ons opruk na die polisiestasie en die hek probeer afbreek soos onlangs gebeur het of moet ons miskien soos die boere destyds in Pretoria eenvoudig kamp opslaan in Clarence Rylaan, sodat geen verkeer daar kan deur nie. Sal hulle dan luister?” Daar word ook toenemend vrae

gevra oor die rol van munisipale wetstoepassers. Leon Meyer het vandeesweek op die Herald se facebook blad gevra: “ Could the local law enforcement roles and responsibilities not be extended to provide crime prevention and response as well? If the South African Police Service resources are limited, should the municipality, which were voted into power by the people, perhaps not do even more to assist SAPS in protecting the local community and their property? As the Overstrand municipality does excel in service delivery areas, I personally feel they should also play a much larger role in curbing the escalating crime in the area.” Wat is u mening? Gaan gaan die Herald se FB en gesels saam of stuur ‘n e-pos na redakteur@ overstrandherald.co.za

boek bekend KAAPSTAD – Lien Botha het verlede Donderdagaand haar eerste roman, Wonderboom, by die Book Lounge in Roelandstraat bekend gestel. Die winkel was van hoek tot kant vol gaste en Botha is gepeper met vrae na ‘n bespreking oor die boek gelei deur bekende letterkundige kritikus, Herman Lategan. Die volgende is ‘n uittreksel uit ‘n 10-vrae onderhoud op Litnet (Boeke en skrywers) met Botha oor Wonderboom: Waarom het jy Wonderboom geskryf – en was daar een idee/emosie waaruit die boek ontspring het, of kan jy verskillende faktore as inspirasie noem? – “Die verhaal het gebroei hier in Bettysbaai, aanvanklik in ’n dagboekvorm om anekdotes en gebeure van

die dag vas te pen. Benewens die wilde natuur is hier hels interessante mense, en hul mindere bewegings binne die groter Suid-Afrikaanse realiteit het my genoop tot gereelde inskrywings. Maar goed, Wonderboom is ’n ode aan Moeder Natuur en ’n manier om aspekte van mens se eie lewe uit te skryf sodat jy daarmee vrede kan maak. Om die boom te snoei, as’t ware. En snoei is een van my stokperdjies.” Donderdagaand het ‘n lid uit die gehoor gevra na Botha se woordgebruik, haar “groot woorde”. Sy het geantwoord dat haar woorde nie vir haar vreemd is nie, want in haar ouerhuis is die kinders van kleins-af aangemoedig om baie te lees en elke Donderdag was biblioteekdag.


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 9


Overstrand Herald

23 Julie 2015 moet begin om in kort sinne “hoekom, wat, wie, waar en hoe” te antwoord, sou hofsake soveel korter en goedkoper gewees het en advokate en

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Diewaarheidiewaarheidiewa Ek was baie klein, seker so agt of nege, toe my ma my saamgeneem het na’n toneelopvoering, The Gates of Rashomon. Ek onthou dit hoofsaaklik omrede die vreemde naam. Die stuk vertel hoe verskillende karakters ‘n spesifieke voorval beleef. Elkeen beleef ‘n gegewe oomblik anders as die volgende een. Elkeen kleur die gebeure in uit sy of haar eie ervaring of kennis. Dit was net ‘n toneelstuk, hoeveel erger/ moeiliker/ meer ingewikkeld is die lewe dan nie? So is een van ons voorste kampvegters vir die waarheid in ons land, emeritus biskop Desmond Tutu, nou in die hospitaal. Wie gaan sy plek kan volstaan wanneer hy eendag gaan? Ek sou reken Thuli Madonsela is omtrent die beste kandidaat, want sy, soos die Desiderata lui, “(speaks her) truth quietly and clearly”. Die waarheid het ‘n baie skaars kommoditeit geword. Dit lyk of baie mense reken ‘n leuen is meer winsgewend. Hoe anders kan soveel mense omgekoop word? Hoe anders kan soveel mense liewer stilbly as om die waarheid te praat? Neem nou maar ‘n hofsaak: Die regter of landdros moet voorsit en luister na verskillende mense se interpretasie van iets wat plaasgevind het. Sommige getuies vertel die waarheid soos hulle dit sien, terwyl ander half spaarsamig daarmee werk, en nog ander sommer blatant, sonder om te blik of te bloos, meineed pleeg (lieg). Toe Oscar Pistorius in die hof

gestaan het, het hy die waarheid vanuit sy eie perpektief vertel. Nou weet ek daar is net soveel mense wat hom geglo het as wat daar mense was wat reken hy is ‘n leuenaar en die waarheid is nie in hom nie. Ek (wat nie die saak gevolg het nie) sal nie weet nie en net so min sal enigiemand wat nie self met die skietery daar was nie, die volle waarheid weet. Die regter moes haar gevolgtrekkings en bevindings maak uit die getuienis wat deur die staat en die verdediging voorgehou is. Sy kon nie emosioneel betrokke raak by die situasie nie. Sy kon nie oor sy Reeva se ouers jammer gekry het of deur Oscar se betraande gesig geraak is, ‘n spesifieke standpunt inneem nie. Net die koue, klinkklare getuienis, of die inligting soos sy dit met haar grondige regsagtergrond kon interpreteer, het saak gemaak. En neem nou maar ‘n koerantstorie. ‘n Joernalis hoor ‘n gerug. Nou loop hy binne die beperking van tyd op die spoor van die storie, want ‘n onbevestigde gerug, is nie ‘n berig nie, dis ‘n skinderstorie. En soveel mense met wie jy praat, het iewers ‘n klok hoor lui, maar weet nie waar die bel hang nie en hoorsê is nie noodwendig nie waarheid nie. Een ding weet ek beslis van die waarheid: Dis baie eenvoudig. Dis die stertjies en die aanvullings en die bylieg wat dit so moeilik maak om by die waarheid uit te kom. ‘n Leuen is baie dikwels meer interessant, want dis vol draaitjies en swaaitjies en krulletjies en dis gewoonlik lank. Wanneer mense

Bladsy 10 prokureurs wel-af.

heelwat

minder

En parlementsittings aansienlik korter. Dis wat ek dink.

Briewe Dankie vir hulp Graag wil ek baie dankie sê aan my bure, Piet en Gean Morton vir al die waardevolle hulp aan my toe ek ‘n tyd gelede in my huis aangerand is deur die twee vroue. Dankie vir die reëlings, gebel, rondryery. Dankie aan die fantastiese polisie en Jakkie Human en die speurders, asook aan alle belangstelling na die

aanval op my op Dinsdag 26 Mei. Ek waardeer dit baie. Dankie ook aan Marie Jacobs wat soos gewoonlik kom koffie drink het en toe die meisies sien weghardloop het en sekerlik tot my redding gekom het. Ek dank die Here God en Jesus vir die mense wat my gehelp het. Julia

Knap gedaan Mellins Oogkundiges Alle diensverskaffers hier in Kleinmond probeer sekerlik hul bes om bevredigende diens te lewer. Die gemeenskap is klein en negatiewe nuus het die gewoonte om soos blits te versprei. Daarom wil ek ook bydra om die goeie nuus bekend te maak. My persoonlike ondervinding van gehalte diens

deur die Mellins personeel alhier het alle verwagtings oorskry. Ja, daar was lastige probleme, maar nooit te groot vir Fred en Tanja om op te los nie. Dank ook aan hul hoofkantoor vir die ondersteuning. Ek voel sommer lus en laat maak nog ‘n bril. Gawie Eksteen

Dankie aan Blitz Loodgieters Blitz Loodgieters het hul naam gestand gedoen! My bure het na hul strandhuis toe gekom om die naweek lekker te ontspan. Met hul aankoms om 18:00 Vrydagaand het hulle gevind dat daar geen water was nie en nadat ek bevestig het dat ek water het, het ons besef dat die onvoorsiene gebeur het.....die koperpype was gesteel. ‘n Goeie vriendin gee toe vir my Blitz loodgieters se selfoonnommer . Toe ek hulle bel, was hulle nog besig in Pringlebaai om mense te help, maar sy vrou het belowe om terug te skakel. Binne 15 minute het die oproep gekom en die belofte daarmee saam om te kom help. Dit het toe ook

gebeur en ek kon nie glo dat die manne van Blitz in twee voertuie by my buurman opdaag nie. Dit was stormreën en wind, maar hulle het hul medemens gehelp. Die probleme was ge-evalueer en onderdele was gaan haal en binne 2 ure was die proses so dat ons bure kon stort en water kon hê vir huishoudelike gebruik vir die aand. Saterdagoggend het Blitz weer opgedaag om op te volg en daar is toe gevind dat ook pype aan die agterkant van die huis gesteel was waaraan aandag gegee was. Baie dankie vir mense wat nog bereid is om hul medemens te help afgesien van stormweer en wind. Philip Hanekom

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 11

Harold Porter guys love nature AND people KLEINMOND – The staff at the Harold Porter Botanical Garden which is part of the South African National Biodiversity Institute (SANBI) joined many individuals and organisations in celebrating Mandela Day on 18 July. These enthusiastic guys, however, not only limited themselves to one day. They made a concerted effort to show how much they subscribe to the ideal set by the late Nelson Mandela. They not only personally contributed foodstuff for food parcels, but each donated R10 into a fund so that R50’s worth of electricity could be bought for a few households where there was no such luxury. Die manne (en dames) van die personeel Harold Porter het reeds vroeër hierdie maand begin om by huisgesinne in die omgewing bystand te gaan lewer. Die hulp is hoofsaaklik gerig op bejaardes of gesinne waar geen of min inkomste is. Die ondersteuning sluit in kospakkies, die skoonmaak en/ of opknap van wonings en erwe, en ‘n selfs eenhede koopkrag. Die krag en kospakkies en arbeid word deur die werkers self voorsien, maar daar is sekere ondernemings ondersteun. Dié ondernemings is Kleinmond

Superspar, Bettysbaai Glas, Blou Bakkie, Fatima Hickley, Verspreiders, Penguin Shop en Albertyn Apteek.

Bo: SANBI het oom Piet se tuin ook getakel om van rommel wat ander mense kom stort het ontslae te raak.

Regs: Oom Piet Abrahams, ‘n bejaarde wat in Proteastraat woon, se nood is deur van die Harold Porter groep raakgesien. Oor ‘n tyd is die huis se dak herstel en gebreekte ruite uitgehaal en vervang met ander geskenk deur BB Glas. Maandag, op Mandela-dag het ‘n paar van die werkers die erf getakel en skoongemaak, terwyl van die vroue die huis binne van die plafon af tot op die vloer geskrop en skoongemaak het.

‘n Huis, die woning van auntie Titter in Proteastraat, is vroeër vanjaar in ‘n brand beskadig, klaarblyklik as gevolg van beurtkrag. Die span van Harold Porter het ingespring en nie net help skoonmaak nie, maar ook die ruite vervang na ‘n skenking van BB Glas. Verder het hulle ook geld ingesamel vir krag en ‘n kospakkie geskenk.

‘n Gesin wat naby die terrein van die Bettysbaai oorlaaistasie in ‘n struktuur woon, was ook ‘n ontvanger van ‘n skenking van die Harold Porter werknemers. Daar is geen broodwinner by hierdie gesin nie, en daar is toe klere bymekaar gemaak vir die ma met haar kinders. Die groep het verder oor drie maande tussen hulle gereël dat hulle blikkieskos en nie-bederfbare produkte onder mekaar insamel en kon ‘n substansiële kospakkie hier lewer.


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 12


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 13


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 14

Mandeladagvreugde vir oues en kinders op Mooiuitsig In Mooiuitsig is daar op Mandeladag verfwerk aan die huise van drie pensionarisse gedoen, terwyl kinders van die gemeenskap hul speelterreine opgeruim het. Die projek was die inisiatief van Mooiuitsig se Groenspan, oftewel die groepie wat deur die Uitgebreide Openbare Werkeprogram (EPWP) tydelik in diens geneem is om in die Bettysbaai-omgewing instandhoudingswerk te onderneem. Die werk op Mandeladag is vrywillig gelewer. ‘n Groep studente van die Vlootopleidingskollege op Gordonsbaai het hand bygesit. Verf en kwasse is deur DevSA Projekbestuursdienste na bemiddeling deur die areabestuurder, mnr Desmond Lakey, geskenk. Ook betrokke by die reëlings van die dag was wyksraadslid Lisel Krige, kmdr Patrick Jones en Joseph Smith, die munisipale amptenaar wat vir

die Groenspan verantwoordelik is. Die begunstigdes was die 69jarige Muriel van Niekerk, die egpaar Adam (67) en Martha (68) José, en James Jacobs (55), wat almal bande met die munisipaliteit het. Mooiuitsig het sy ontstaan gehad as die dorpie waar munisipale werkers van Bettysbaai gehuisves is. Adam en Martha was van die eerste intrekkers in Mooiuitsig en woon reeds 40 jaar daar. Muriel het 35 jaar gelede daar kom woon. James is al 25 jaar in sy huis. Die groepie sê hulle is diep dankbaar vir die welwillendheid teenoor hulle en dat hulle geëerd en gewaardeer voel. Die kinders is na hul harde werk met koekies beloon en Eerste Bootsman Riaan Veldkornet het vir hulle eerstehands oor die lewe in die vloot ingelig en vrae beantwoord, soos of hulle baie moet hardloop. Planne word nou beraam

Betty Amadhila, een van die vlootstudente wat gehelp het om Muriel van Niekerk se huis te verf, kom van Walvisbaai in Namibië. Sy is een van ses vlootlede van ons buurland wat hier opgelei word en daar is ook twee Tanzaniërs op kursus. vir ‘n besoek aan die Vlootopleidingskollege en hopelik sal die kinders die

geleentheid kry om aan boord van ‘n skip te gaan.

Adam en Martha José (heel regs) woon al veertig jaar in Mooiuitsig. By die oorhandiging van verf en kwaste aan hulle was van links Daniël van Niekerk (lid van die EPWP-span), kmdr Patrick Jones van die SA Vlootkollege, en wyksraadslid Lisel Krige.

Regardt Jansen van Rensburg, wat hier met ‘n vensterbank by die José’s besig is, kom van Pretoria.


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 15


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 16


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 17


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 18

Local young woman realizes a dream BETTY’S BAY – Nadia Krige has been a resident of this area since she was ten years old. She is the daughter of well-known Betty’s residents Fanie and Lisel Krige. Nadia says her career choice is not particularly strange, as both her parents have their roots in journalism. She completed primary school at Laerskool Kleinmond and high school at Hermanus after which she followed a course in Film and Media studies at UCT. Nadia then read a three year course in Eng. Lit at UCT as well as US. As kind, vertel Ndia, het sy nie aldag Bettysbaai so baie waardeer nie, omdat dit maar logistiese problem oplewer wanneer ‘n mens skoolgaan. Nou besef sy egter hoe ‘n voorreg dit was. Afgesien van die asemrowende omgewing, is die Harold Porter botaniese tuin dan sommer naby en maak sy ‘n draai met elke besoek aan haar ouerhuis. BB se strand is ‘n plek waar sy in die somer haar dae verwyl het, terwyl haar broer branderplank gery en hulle sommer net gekuier het. Die koffiewinkeltjies in Pringlebaai en Kleinmond ontvang gereeld besoek van haar, want sy sê hulle is almal heerlike kuierplekke. En dan is daar natuurlik nog

skoolvriende ook. In 2010 she started an internship with Media24 for a year where she worked at a variety of publications. During the internship Nadia did a stint at Travel24 and she has been working there since 2011. In August a new phase of her life starts when she begins her life as free-lancer to give more attention to a dream when she and her partner Guillaume Marais wants to work seriously on their new magazine, Slow Drive. Guillaume is ‘n gebore en getoë Kapenaar wat al ‘n belangstelling in reis en toerisme ontwikkel het gedurende familie vakansies. Hy het na skool toerisme aan CPUT studeer en daarna vir verskeie maatskappye as toergids gewerk. Hy is tans die toerisme ontwikkelingsbeampte in die Hessequastreek. Buiten sy voltydse werke het hy nog altyd stokperdjies gehad waaraan hy baie van sy vryetyd toegewy het, insluitend branderplanke maak en fotografie. Al hierdie belangstellings het ‘n rol gespeel in die stigting van Slow Drive. Dit sou aanvanklik as ‘n aanlyn platform gebruik geword het vir begeleide toere, maar word toe ‘n tydskrif Nadia sê die tydskrifmakery is


Overstrand Herald eintlik baie interessant. Hul lemaak gebruik van bydraers van regoor die wêreld, sowel as Suid Afrika, wat hulle maar meestal deur ‘word of mouth’ en sosiale media opspoor, veral Instagram. Soos die tydskrif wyer bekend raak, is daar meer mense wat hulle nader om bydraes te maak. Byvoorbeeld in Volume 2, wat hulle aan die

23 Julie 2015

Bladsy 19

begin van Junie bekendgestel het, is daar 13 bydraers van 4 verskillende lande (Australie, Frankryk, Engeland en Suid Afrika). Nadia het Maandagaand ‘n blog geskryf oor hoe alles vir haar begin het. Lees dit gerus op https://gypsified.wordpress. com/2015/07/19/slow-drivethe-journey/

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 20

KLEINMOND - Arabella Hotel and Spa celebrated Madiba Day on 18 July by visiting the town and community members. Young and old were delighted to be greeted with a hot cup of delicious soup! The staff (from left to right) that enjoyed the day in the community were: Izak de Bruyn, Eddie Makuwaza, Eddie Venter, Angela Frans, Desiree Marinus, Collette Jones and Jeanine Redcliffe.


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Well done Genéve! At the Western Cape Schools Chess Trials in Worcester Genève Mehnert was chosen to represent the Western Cape in the Girls Under 13 age group at the SA Schools Individual Chess Championship. This tournament took place during the July holidays at the towering 32 floor high Cape Sun Hotel in Cape Town. The event was incorporated by the 2015 South African Open Chess Festival which ran from 3 - 11 July. The SA Schools Individual Open took place over 4 days from Monday 6 to Thursday 9 July. Teams from all over the country came to represent their region or province. This included Gauteng Province, KwaZulu-Natal, Northern Cape, Free State, Western Province and others. Out of 87 boys and girls playing mixed games in the Under 13 Open age group Genève managed to achieve 13th position for girls Under 13.

Bladsy 21


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 22

www.overstrandherald.co.za www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 23


Overstrand Herald

23 Julie 2015

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 24

Bird club outing The June birding outing started with a short sharp shower of rain, but seven avid birders met at the library ready to brave the weather which turned out to be very mild, sunny and windfree…rather perfect for birding. We headed in convoy, to the Hawston sewage works where we encountered about 15 different species in and around the sewage ponds. We identified Yellow-billed ducks, Cape teals, a single Cattle egret, Cape shovellers, Red knobbed coots , many Hartlaub gulls, little Grebes “dabchicks”, a pair of Three banded plovers attending their chick, Egyptian geese, Hadedas and Grey herons. As we were leaving, a Sacred ibis flew on to the bank and on moving towards the cars we were graced by a “fly by” of about 20 beautiful greater Flamingos. Looking down across the marshes a Grassbird was spotted as well as an African marsh harrier. Two special sightings. From there we drove to the Vermont Bird Pan to be confronted by the never disappointing large flock of

White breasted cormorants all shuffling about on their manmade roosts to make their nests. On the pan we saw African black ducks, many common Moorhens, more Red knobbed coots and Greater flamingos gliding through the water. At this stage it was decided we would have our coffee break giving us time to discuss our morning. After our break we walked around the pan spotting the Lesser swamp warbler, a couple of African red-eyed bulbuls, a Cape spurfowl, Levaillant cisticola, Cape robin chat, Southern double collared and Malachite sunbirds, a common Starling, Cape weavers, an Olive thrush, Cape white eyes, a Speckled mousebird, Cape canaries and a male Pintailed whydah in his ‘eclipse’ plumage. After a successful morning out we set off home about noon…. another good count of species considering it is a winter month. (Daphne Richardson)


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 25

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

DAGBOEK

23 Julie 2015

24 & 25 Julie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. HANGKLIP ATHLETICS CLUB: Wish to advise that due to the Winter Season there will be NO running/walking on Wednesday evenings at the Car Park, Sandown Restaurant until Wednesday 2nd September. 25 July: Notice of Horse Watch Meeting: Our first public meeting is being held in July. Come let’s gather together and talk about our lovely horses. Learn more about equine body language from our local expert Sarah Milton. Find out how you can ensure the safety of the herd in Fisherhaven, and Rooisand. Time: 10:30 am. Venue: Lake Marina Yacht and Boat Club, Fisherhaven. Please bring: A plate of eats for the community table so wecan enjoy a snack and tea and coffee afterwards. Contact 083 410 8800 27 Julie: Kleinmond Leeskring vergader om 14:30 in die Gereformeerde Kerk. Klimtol deur Etienne van Heerden word deur Elize Gerber bespreek. Almal is welkom. Skakel 082 378 0057. 28 Julie: Kleinmond Kiekie Klub byeenkoms om 19:00 by die NG Kerksaal. Onderwerp: Herfs/Autumn. Aanbieding: Maryna Loubser: Reis deur Portugal

28 Julie: VLV Vergadering om 14:30 in die NG Kerksaal. Tema: Ons Afrikaanse taal is 90 jaar oud. Kom beleef ons Skryfkuns en Woordkuns met Pieter Lourens. Almal welkom.

Bladsy 26

9 Augustus: Spesiale middag vir Vrouedag, sprekers, musiek, ens en saam kuier na die tyd. Krietiewe vroue uitstalling. NGK, kerksaal, Eerstelaan om 14:45nm. Kaartjies R10.00 by Kerkkantoor of Albertyn apteek. 9 Augustus: Spesiale geleentheid vir vroue-dag. Hoof spreker Louise Bruwer. Lofdansers en samesang. Plek: NG kerksaal, Eerstelaan, Kleinmond om 15:00. Almal baie welkom, Kaartjies R10.00 by Albertyn apteek of NG kerk-kantoor. Kreatiewe vroue uitstalling. 11 Augustus: Hiermee kennis geskied van Kindersorg Suid Afrika: Kleinmond se Algemene Jaarvergadering gehou om 18h00. Die vergadering sal in die Jeugsaal (agter die kantoor) plaasvind. U jaarlikse lidmaatskap fooi van R10 is betaalbaar. Vir meer inligting skakel asb die kantoor by (028) 271 4044. Baie dankie en mooi bly! 11 August: Herewith please be informed about the Annual General Meeting to be held at 18h00. The meeting will take place in the Youth Hall (behind our office). The annual membership fee of R10 is payable. For more information please contact the office at (028) 271 4044. Thank you and stay well! 14 Augustus: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting.

14 Augustus: Die Vriende van Afrikaans se Kleinmondtak bied weer ’n viering van Afrikaansdag in die Gereformeerde Kerk Kleinmond om 19:00 aan. Dit beloof om ’n opwindende aand van Vers en Lied en ’n kompetisie vir ’n gekostumeerde voordrag te wees. Kaartjies teen R30 beskikbaar by Albertyn apteek. Sop en toebroodjies ingesluit.

BUKSIES

29 Julie: Keuring van produkte en artikels vir die Kunsmark Des 2015, vind plaas by Disakloof Jeugkampterrein bedags vanaf 09:00. Nuwe uitstallers ook welkom om aansoek te doen. Kontak Judith 074 3669 533 31 Julie: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting.

3 Augustus: Walkerbaai Seëlklub om 17:30 Rolbalsaal Hermanus. Skakel 082 376 6252 6 Augustus: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroet vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis. Alma Schwabe van Somerset Wes is die Gasspreker vir die oggend. Ons sal ook leer hoe om Ou Baltimore Patrone te vernuwe, asook die gebruik van “Freezer Paper”. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882 6 Augustus: Kleinmond Senior Burger Klub vergader in die N.G. Kerksaal om 15h00. Ons hou ‘n Stokperdjie uitstalling van al die lede en dit beloof om baie interessant te wees. Almal word genooi om deel te neem. “n Algemene kennis vasvra sal deur Mauritz van dan Berg aangebied word. Almal baie welkom, Hoop ons sien jul daar, Tee en verversings vir gesellig verkeer. Marietjie sel. 0824455962

GESOEK / WANTED

Christian is a Malawian man looking for a job as a general worker, and has been in the hospitality business for 8 years. He has a South African code 10 drivers licence. Phone 078 400 9551 Princess is looking for house work Mondays, Tuesdays and Wednesdays. Has reference: 028 271 5170 / 083 296 0146. Phone 078 515 9297 Frikkie van der Merwe is op soek na ‘n 3 slaapkamer huis met motorhuis om te huur in Kleinmond vir R4000, hou van tuinmaak


Overstrand Herald

23 Julie 2015

BUKSIES

en om ‘n plek netjies te hou. Skakel 072 869 4237

Opsoek na ou speelgoed karretjies, teddies en poppe wat heel is, maar bietjie TLC in kinderhart kan verbly. Skakel 028 271 5295 Ntombi is available for domestic work and house cleaning Tuesdays - Fridays. Phone 083 355 3724 Belinda is looking for domestic work Mondays, Tuesdays, Wednesdays and Thursdays. Phone 073 290 8866 Esther is a Malawian lady who is looking for domestic work Mondays - Fridays. Phone 081 070 0846 3 Bedroom full furnished house wanted to rent in Rooiels, Betty’s Bay or Pringle Bay. Contract 6 Months or longer. Bereid om te ontruim oor Desember/Januarie. Kontak Jan per sms - 082 502 5711 / 076 011 6759 Sal die vriend wat die koperkraan hier by ons kom omruil het, asseblief sy maatband kom haal.Skakel 028 271 5333

TE KOOP / FOR SALE

Stewige toesluit sleepwa 1.7 x 1m R4500. Skakel 082 564 2460 Dubbel kombuis wasbak (Frank) R550. Skakel 082 796 2135 Four plate Defy kitchenaire 621 stove plus Whirlpool extractor in working order. Phone 082 820 1417 Rooibruin gestoffeerde sitkamerstel, bestaan uit: 2x Sitplekbanke + 2 Stoele in baie mooi toestand. Skakel 083 512 1628 3 Perdekrag motorbootjie enjin R750. Vurk, besem, graaf ens...R50. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 6 Sitplek pale en riempies hout eetkamerstel R2000 o.h.b. Skakel 082 373 0084 200 lt Sunstream geyser R500. HP Deskjet 1000 printer R200. Skakel 084 652 7318 Splinternuwe babahoutkot R600. Dogterklere vanaf 0 - 12maande (pryse verskil per item). Skakel 082 225 3136 1 X KIC fridge - top section fridge - bottom section freezer R500. Phone Darryl 083 532 8936 GOOD WOOD PIECES for sale – all now priced by knowledgeable Woodcrafter at discount prices. Also long Metal curtain rail, Yellowwood Table top, Oak Spices cupboard, Three good oldfashioned Tea Chests, Bentwood chair to be assembled, large pieces 3mm thick Three ply sheets, several Pine beams, at 61 Botriver Road. Te Koop: Maroon leër sitkamerstel, teetafeltjies, rottang enkelbedkopstukke met bypassende spieelkas en kassies, TV kas soos nuut, kombuistoerusting, ornamente, bloemiste benodighede,glaspotte en vele meer. DATUM: 23-25 Julie 10 - 6nm. Skakel 028 271 4790 / 083 292 3258

Bladsy 27

Ronde sapelehouttafel 112cm deurnee R250. Skakel 028 273 8231 / 072 397 7081 Oak dressing table, 6 drawers (three on either side) 3 mirrors. R1000 or nearest cash offer. Phone 028 271 3064 / 083 512 1418 Stewige plastiektafeltjie (72cm x 72cm x 48cm) en 4 stoeltjies (vir kleuters) in goeie toestand R250. Trojan mini-trampoline (deursnee 80cm) R50. Skakel Jacoba by 028 271 5045 / 072 1011 246 KIC yskas/ vrieskas kombo. R 500. Skakel 083 324 7007

GEVIND / FOUND

Yale sleutel opgetel in 4de Straat / 13de Laan. Skakel 082 951 2051

OFFERED / AANGEBIED

House to share in Betty’s Bay. Phone 083 485 1873


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 28

KERKE / CHURCHES

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.

The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 GELOOF, HOOP en LIEFDE - Huiskerk (Uitnodiging) Kom deel saam met ons in die Woord. Sondagoggende om 09:30 in Palmiet. John / Yolanda 074 248 0108 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;

NG KERK: 26 JULIE 2015 09:30 Kerkgebou Ds. Schalk van Wyk 09:00 Kerksaal Ds. Barry Lordan 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Nico Rabe KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772

PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 29


Overstrand Herald

23 Julie 2015

Bladsy 30

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

23 Julie 2015

Bladsy 31


GOLF RESULTS WEDNESDAY 15/07/15 - 4BBB BOGEY PLUS 1) H, VAN ZYL & J, BEKKER +6 2) S, CLOETE & C, BRAND +6 3) D, UNGERER & D, ROSSOUW +5 FRIDAY 17/O7/15 - NO GOLF DUE RAIN SATURDAY 18/07/15 - 4BBB STABLEFORD 1)S, VAN HEERDEN & C, VAN HEERDEN 2)W, VAN NIEKERK & F, BRUWER 3) S, UPSHER & H, UPSHER

(44 POINTS) (43 POINTS) (42 POINTS)

BRODIE TEAM KLEINMOND V.S GAANSBAAI 6.5 1.5

F, EAGAR, (CAPTAIN) H, VAN ZYL, J, BEKKER

www.overstrandherald.co.za

F, EAGAR, (CAPTAIN) S, VAN HEERDEN, C, VAN HEERDEN


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.