25 Feb 2016

Page 1

Kleinmond se krieketspan vat Suid-boland

Kleinmond se krismisroos dief

Noodwerkers ruim op na ‘n botsing in Bettysbaai Maandagoggend. Twee voertuie, die een van Gauteng en die ander van Kaapstad het op die reguit stuk pad by die uitgang van Bettysbaai na Pringlebaai teen mekaar gebots. Die een voertuig is weens die geweld van die slag die veld ingeslinger. Sover bekend is neimand ernstig beseer nie.

Raadslede se salarisse: So werk dit


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 2

Raadslede se salarisse: So steek dinge inmekaar KLEINMOND – Die Overstrand munisipaliteit het die afgelope week reageer op die Herald se berig en navrae verlede week oor die klaarblyklike teenstrydighede in raadslede se begrote vergoeding en die perke wat deur die nasionale regering gestel word. Die koerant wou weet waarom die totale vergoeding van raadslede waarvoor begroot is, hoër is as die perk wat deur die betrokke minister in die staatskoerant afgekondig is. Die voorsitter van die finansies portefeuljekomitee, mnr Dudley Coetzee, het in ‘n brief aan die redakteur gesê dat die probleem lê in die feit dat ons (Die Herald) die afkondiging in die staatskoerant verkeerd gelees het. Hy het verduidelik dat daar twee komponente betrokke is. Die eerste is die salaris gedeelte van raadslede en die tweede die verskillende toelaes wat hulle ontvang. Coetzee sê indien beide in ag geneem word, klop die syfers wel en word geen raadslid in die Overstrand “meer betaal as dit waarop hul geregtig is nie.” Verder sê Coetzee moet daar in ag geneem word dat die afkondiging in die staatskoerant van toepassing is vir die 2015/16 finansiële jaar en dus terugwerkend is na 1 Julie 2015. “Die salarispakket-syfers wat in die begroting ingesluit is, was op vooruitskattings wat van die nasionale tesourie ontvang is, gebaseer. Hierdie syfers was

wel ietwat hoër as dié wat deur die minister in die staatskoerant bekend gemaak is. Die begroting het vir ‘n salarisaanpassing van 6,2% voorsiening gemaak, terwyl die minister uiteindelik net 6% goedgekeur het. Raadslede se inkomste is volgens die aanbevelings in die staatskoerant aangepas, wat minder as die begrote bedrag was.” Die munisipaliteit se direkteur: finansies, me Santie ReynekeNaude, het ook soos volg reageer: 1. Die begroting vir raadslede se toelae vir die komende finansiële jaar word beraam met die vorige finansiële jaar se goedgekeurde waardes soos vervat in die staatskoerant van toepassing op die genoemde jaar as basis, met inagneming van die toegelate inflasiekoers perke soos verwoord in die omsendskrywes voorsien deur nasionale tesourie. Hierdie proses word normaalweg tussen November en Mei van elke gegewe finansiële jaar afgehandel. 2. Die werklike toelaes van toepassing op raadslede word egter eers halfpad deur die toepaslike finansiële jaar in die staatskoerant afgekondig en moet dan terugwerkend vanaf 01 Julie vir daardie finansiële jaar geïmplementeer word. (vervolg op bl 3)


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

(vervolg van bl 2) 3. Vir die finansiële jaar 01 Julie 2015 tot 30 Junie 2016 se toelaes is eers op 21 Desember 2015 in staatskoerant 39548 onder goewermentskennisgewing 1271 gepubliseer en dit is die syfers wat op 18 Januarie 2016 voor die raad gedien het). 4. In terme van genoemde staatskoerant kennisgewing word al die raadslede van die Overstrand munisipaliteit vergoed in terme van die perke vir ‘n graad 3 munisipaliteit, naamlik vir voltydse raadslede as volg:

en vir deeltydse raadslede as volg:

Benewens bogenoemde hierdie toelaes is elke raadslid verder ook geregtig op ‘n selfoon toelaag van R20.868 per jaar en ‘n data toelaag van R3.600 per jaar. Red: Daar het jy dit. Die Overstrand se raadslede verdien nie meer as die perk wat deur die nasionale regering gestel word nie. Hulle neem wel die maksimum voordeel of baie na daaraan, op, en gaan dit in die komende finansiële jaar weer doen. Die totale koste hiervan vir die belastingbetaler gaan kortby die R9m vir die jaar wees.

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 3


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 4


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 5

Maar so ‘n blommedief! KLEINMOND – Wees gewaarsku, inwoners: Hier loop ‘n nuwe soort dief op ons dorpie rond! Me. Lynette Loubser, het Dinsdagoggend baie ontstoke die Herald se kantoor gebel. ‘n Vrou wat toe al vantevore by hulle krismisrose gesteel het, het weer toegeslaan. Die eerste keer, in November, het hulle reggemaak om hul dogter wat 6 jaar laas uit Amerika kom kuier het, op die lughawe te gaan haal. Die skoonmaakdiens sou spesiaal vroeg kom. Toe hulle ‘n motordeur hoor slaan,

roep Lynette dat Ewie die deur moet gaan oopmaak vir die skoonmaakdienste. Al wat hulle toe sien, is ‘n ratse bejaarde vrou met wit hare wat in haar karretjie spring en wegjaag. By nadere ondersoek sien hulle toe dat die “ou vrou” sewe pragtige blou krismisrooskoppe gevat het. “Ewie was amper in trane,” vertel Lynette, “want die hele jaar lank al snoei koester hy die blomme sodat hulle ‘n mooi vertoning maak. En hy het veral daarna uitgesien dat ons dogter die mooi blomme sien”.

Schools to submit 2017 numbers soon KLEINMOND – Albei die departementele laerskole op die dorp moet teen 24 Maart hul eerste raming van getalle vir 2017 inhandig. All schools in the country are required to do this, so that the department can work on a realistic estimation regarding the provision of books and accommodation for learners at schools. For these reasons parents will be asked to put in applications in July and to verify the applications in September. By sowel Kleinmond Primêr as die Laerskool, loop sake vir 2016 sover goed. Klasse by Laerskool,sê skoolhoof Gys Huisamen, waar die grootste gr.1 inname sedert die ontstaan

van die skool, nl 56 vanjaar plaasgevind het, is al die klasse feitlik almal tot stampenstoe vol. By Primêr waar daar nou vier gr. 1 klasse is, voldoen die klasse aan die departementele verhouding van 40:1, hoewel een van die gr. 1 klassies groter is. Mnr. Godfrey Brikkels, skoolhoof, sê hoewel alle opvoeders sou verkies om ‘n verhouding van 20-25:1 per klas te hê, kan hulle die voorgeskrewe ratio van 40-1 hanteer. Waar klasse egter soms groter raak, is dit vir almal moeilik. Die meeste kinders wat aansoek gedoen of na die skool verwys is, kon geakkommodeer word.

CANSA Relay For Life Die komitee is druk besig om alles in plek te kry vir die Relay For Life wat op 12 Maart by die Kleinmond Laerskool gaan plaasvind. Ons is baie opgewonde oor die betrokkenheid van plaaslike kunstenaars soos die Hangklip Dayzees, die Marimba orkes van die laerskool, Fanie de Jager en vele ander. Buiten vir die lekker spanspeletjies wat ons deur die nag gaan wakker hou, gaan die deelnemers danslesse by professionele dansers ontvang en gaan Kleinmond se eie Noot vir Noot span aan die stuur van Hanli Haasbroek sorg vir baie pret. Ons wil graag alle persone

wat belangstel om deel te neem, uitnooi na ons spankapteinvergadering wat op Donderdag 25 Februarie om 18:00 by die laerskool, plaasvind. Hier sal die komitee alle inligting rakende die geleentheid deurgee. U is ook welkom om ‘n span te kom inskryf of Luminaria sakkies te kom koop of u plot te bepsreek. Die inskrywingsfooie is R 600 vir ‘n span van 10 persone. Hierdie jaar is die Relay vir die eerste keer in Kleinmond en ons wil graag die hele gemeenskap betrek. Vir verdere inligting is u welkom om vir Elnette du Toit by 0832185980 of Maryna Voges by 0283163678 te kontak.

Sy sê hulle was nog nooit ongeneë om blomme te gee indien iemand vra nie. So het hulle al steggies vir mense gesny en een oggend, ‘n jong man wat om een kop kom vra het, sommer ‘n hele paar gegee. Die jong man het kom klop en gesê dat hy die middag trou, maar dat hulle nog blomme kort vir die bruidsmeisies se tafel en die krismisrose is presies die regte kleur, mag hy een pluk? Ewie

neem hom toe na die blomme wat hulle in die agtertuin het en gee hom heelwat meer as wat hy gevra het. Maar dié ou dief het sommer net lukraak gevat en gate in die mooi bosse gelos. “En vanoggend was sy weer hier! Maar vandag het ons die ou vrou se registrasienommer ook gekry!” n dis die storie van Kleinmond se Krismisroosdief.


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 6


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 7


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie?

Net ter inleiding: ek is ordintlik grootgemaak. G’n gelelikpratery nie. Iets het “nie lekker geruik nie”, want “stink” was nie ‘n mooi woord nie. Selfs ‘n dier het ‘n “mond”, want “bek” is ‘n growwe woord. Die woord “vloek”, was buite perke, aangesien jy moes sê: “lelik praat”. In die huis was “bleddie” ‘n grootmenswoord wat slegs in uiterste frustrasie gebruik is. Oor tyd, het ek agtergekom, het ons eintlik ‘n baie groot woordeskat gehad, want ons kon dinge beskryf met meer as net een of twee byvoeglike naamwoorde. Van regte growwe eksplisiete woorde het ek eers, sowaar,

agtergekom toe ons in my 10de jaar in die Kaap kom bly het. Dis die woorde wat die bergies selfs nou nog hier op d ie dorp mekaar so mildelik toesnou. Ek het destyds die woorde gehoor, sonder dat ek die betekenis geken het, maar geweet my ma trek my velle af as ek so-iets probeer. Sy het juis, toe ek al die rype ouderdom van 15 bereik het, my mond met Shield seep uitgewas (ek onthou nou nog die smaak!), omdat my boetie gaan klik het dat ek “damn” gesê het, nadat ons gewaarsku is oor lelik praat. Nou hoekom is ek so gebodder oor taalgebruik? Want ek wil rasionaliseer hoekom ek iets wil

sê. Seuns wat destyds weermag toe is, het met ‘n aansienlik andersklinkende woordeskat teruggekeer as waarmee hulle weg is. Ek begryp dat lang, goedgefraseerde sinne nie spoedige handeling tot gevolg het nie en neem ek aan, kort, kragtige woorde laat mense vinniger beweeg in ‘n oorlogsituasie. Tot ‘n mens se spyt het daardie woorde al hoe meer omgangstaal geword. Nou neem ek verder aan, dat mense in sekere omstandighede meer geneig is om kru te praat. Soms speel onkunde ‘n groot rol, want as jy nie van beter weet nie, druk jy jouself maar so goed uit as jy kan. Frustrasie, woede en magteloosheid laat baie mense dikwels na die kruuste woorde in hul woordeskat gryp. Dis ook die tipe woorde wat dikwels so vinnig as wat drank by iemand se keelgat (met permissie) afgly, by hul mond uitstort. Dan word dit waarskynlik verder gebruik om vrees of gesag te probeer afdwing. Ander gebruik dit vir skokwaarde. Verlede week kyk ons na ‘n TVreeks “The War” op Netflix. Dit vertel hoe inwoners van ‘n paar Amerikaanse dorpe

Bladsy 8 Wêreldoorlog 2 tuis en op die front beleef het. Verskillende mense gee dan hul indrukke en belewenisse. Een rustige ou oom, vertel hier na die einde van die oorlog, toe sake van D-Dag af soms lelik skeefgeloop het vir die Geallieërdes met Operation Market Garden en “The Battle of the Bulge”, die soldate toe woorde gebruik het wat hulle nooit, veral voor hul ma, by die huis sou gebruik het nie. Een so ‘n woord was om die situasie waarin hulle dikwels was, te beskryf, naamlik: Fubar – “f***ed-up beyond all repair”. Deesdae kyk ek nuus en lees ek koerant en sien ek op die internet dinge wat oral in die wêreld aangaan. Dis veral nadat ek net hierdie week alleen se marakas in ons eie land op kampusse, in die parlement, in die strate oor dienslewering en korrupsie gesien het, dat ek skielik tot die besef gekom het dat ek dink groot dele van ons land en van die instellings nou in die staat van FUBAR is. Daar het jy dit. Jammer outjies, maar dis waarna dit vir my lyk, en geen hoeveelheid Shield seep gaan vandag vir my help nie.


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 9


Overstrand Herald

Briewe

25 Februarie 2016

Kersmark en beplande oggendmark

Ek wil graag verwys na die menings en briewe aangaande die Kersmark en die beplande Oggendmark op Sondagoggende. Die winkeleienaars wat so daar teen gekant is, wil ek net graag vra wat doen julle om julle winkels so aantreklik moontlik te maak vir mense om daar te gaan koop? Jaar in en jaar uit lyk alles dieselfde of jy nou laas jaar daar was niks het verander nie! Wat van om in die 1ste plek julle winkels van buite en binne blinkskoon te maak. Ruil bietjie die rakke en voorraad om, sodat kopers met nuwe oë sal kyk. Verf ’n muur of plak met mooi plakpapier. Daar is so baie tydskrifte en TV programme waar ‘n mens hope inspirasie kan kry om iets nuuts te doen – word julle self

nie moeg om daarna te kyk nie. Koop maar ‘n bossie blomme en speel mooi musiek wat dit vir klante lekker sal maak om te koop en te kyk. Ons mense in Kleinmond ry baie rond en kry baie blootstelling aan baie mooi winkels en heerlike kos. Raak tog ontslae van al die ou voorraad wat al jare daar staan. Kry n stilis wat jou kan help as jy nie weet hoe nie. Party winkels lyk so moeg en der dagen sat dat ons nie eers meer wil gaan kyk nie wat nog te sê ons kuiermense soontoe te vat. Sit jouself in die klante se skoene en sien wat hulle sien! Koop maar goedkoop lap en maak tog nuwe tafeldoeke wat vars en vrolik lyk. Plant sommer kruie in klein potjies. Ai en dan die mense wat daar werk lyk tog lus om mense te

Bladsy 10

help – jy as klant kom in, word nie gegroet nie want my selfoon is tog net te belangrik! Jy loop in en uit en wonder of hulle jou gesien het. Lyk tog lus om te werk! Ek sal regtig van daardie verruklike kos wil eet wat ons restaurant eienaars van praat! As ‘n mens ‘n restaurant het, wil jy tog die lekkerste kos maak wat jy self sal wil eet? As jy nie weet hoe om kos te maak nie, gaan na ‘n sjef/restaurant skool toe en gaan leer. Hoe verwag jy ander mense moet dit geniet en nog daarvoor betaal! Al hoe jy lekker kos kan maak is met die beste vars bestanddele. Kelners moet goed opgelei wees, skoon, vriendelik. By party restaurante wag jy lank vir ‘n spyskaart – dan verdwyn hulle en hoop jy hulle kom terug – as jy eers jou kos het kom hulle nie weer terug nie – jy moet met hand gebare en taal hulle aandag probeer

trek as jy dalk nog ‘n drankie wou hê – en op die einde wil hulle ‘n goeie fooitjie hê! En wat van die wat sommer jou bestelling vergeet! En dit, liewe winkeleienaars, is hoekom ons na die Kersmark en ander markte toe gaan. Daar is ander goed en ‘n lekker atmosfeer waar jy wil gaan kyk vir nuwe goeters en geskenke. Baie dankie aan al die winkels op Kleinmond wat so mooi van binne en buite lyk met vriendelike, op-en-wakker winkel assistente dat ‘n mens weer en weer terug gaan! Julle is ons sterre in Kleinmond en ons sien raak en waardeer wat jy julle doen. Die twee lesers wat gekla het oor die Sondagmark: Wat van die winkels en drankwinkels wat op ‘n Sondag oop is? Komaan Kleinmond doen iets en hou op kla! Ook ‘n besorgde Kleinmonder

Moenie mense die keuse ontneem nie ‘n Onlangse uitgawe van u koerant het berig oor besware oor ‘n beplande mark wat beoog om op Sondae sake in Kleinmond te bedryf. Die ongelukkigheid het spesifiek oor die gekose markdag gegaan wat vir sommige Christene nie aanvaarbaar is nie. Die klaarblyklike ingesteldheid van intoleransie wat die beswaarde(s) hierdeur toon is betreurenswaardig en getuig van ‘n gebrek aan die verstaan van die werking van ‘n sekulêre staat soos Suid Afrika enersyds, en gebrek aan sensitiwiteit jeens die diepgewortelde armoede van duisende van ons medemense van alle kleur, van die Overstrand, andersyds. Terwyl die grondwet vryheid van godsdiensbeoefening en –diversiteit waarborg, gee dit geensins Christene, hetsy individueel of binne die konteks van georganiseerde religie, die reg om voorskriftelik in die sosiaal –ekonomiese funksionering van inwoners van

Suid Afrika, in te meng, en hul vryheid van keuse aan bande probeer te lê nie. Dit beteken eenvoudig die kerk en haar lidmate het baie binnehuise of interne vryheid, maar beperkte normatiewe legitimiteit buite kerkverband (ook in Kleinmond) in ‘n demokratiese Suid Afrika en kan nie meer sosiaal voorskriftelik op tree, soos die geval in die verlede was nie. Enige poging om die plaaslike ekonomie van Overstrandse dorpe, en by bestek die finansiële gesondheid van huishoudings te versterk, verdien die geesdriftige ondersteuning van sowel inwoners as die plaaslike owerheid. Die keuse om of die mark of kerkdiens op ‘n Sondag by te woon, is uiteindelik die vrye keuse van inwoners van en besoekers aan Kleinmond. Geen (godsdienstige) instelling of persoon het die reg om mense van hierdie keuse te ontneem in kontemporêre Suid Afrika nie. Onbeswaard Pringlebaai

Extra English classes Learners and students from Gr. 6 and upwards are welcome to join a class in which spoken and written English will receive attention. Anyone interested in improving their English is also welcome. The teacher is a fully qualified educator. The venue is at the St Nicholas Anglican Church on a Friday afternoon from 16:00 – 17:00. There is no need to bring anything along. There are no costs involved. The only condition is that learners must be truly interested in improving their English.


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 11

Kleinmond polisiestasie het onlangs nog sewe studente konstabels bygekry. Dit na daar vroeër twee aan die dorp toegedeel is. Die studente het ‘n jaar by die polisie kollege deurgebring en gaan nou vir nege maande hier werk, hoofsaaklik in die aanklagkantoor. Daarna gaan hulle vir drie maande terug kollege toe en passeer dan uit as konstabels en keer terug Kleinmond toe. Hier is die sewe by hul opleidingsbeampte, sers. Mzayiya (heel links). Die studente is S Tyhali, T Mpisane, T Somdaka, M Xekethwana, M Ngxenwana, L Tshethu en JMN James. Kleinmonders het verlede jaar in getalle opgeruk tydens ‘n plakkaatveldtog- en optog waartydens hulle aangedring het daarop dat bykomende polisiemanne aan die stasie toegedeel word.


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

OOM SAKKIE SE “WOOI”

Oom Sakkie (die strooipop op Singlton se Winkelstoep) het nou die dag belangstellend na sy alterego (die uwe) se vertelling oor jare gelede se rygoed geluister. Watter soort rygoed my predikantpa gehad het toe ek nog klein was, weet ek nie veel van nie en ek het ook nie veel aandag aan sy latere vervoermiddels gegee nie, want daar waar ons in die ‘paradys’ gewoon het (Rawsonville) was daar vir seuns net te veel avonture, plekke en dinge om nog aandag aan onbenullighede soos motors te gee; jy spring net in en ry saam (veral met huisbesoeke aan die plase), ‘newwer maaind’ die wiele!! Waar ek so vaagweg iets van weet (miskien is dit ook maar net deur oorvertellings daarna) is die insident met die Dodge hier in die laat veertiger jare van die vorige eeu. My pa was op die bestuur van die Skool vir Dowes en Blindes op Worcester en na een van die vergaderings het hy om een of ander rede op die verkeerde tyd op die treinoorgang beland en die trein het die motor geskraap. Gelukkig het Pa nie juis iets oorgekom nie, maar die ryding is afgeskryf. Daarna het Pa oorgeskakel na Fords. Soos Mister Jaffe gesê het: “As Dominee met ‘n Ford ry, ry die helfte van die gemeente ook met ‘n Ford!!” Dit was daardie reuse rygoed met die aanmekaar voorsitplek waar 4 persone met gemak kon sit. Vakansies het ons ses plus die huishulp en haar dogtertjie en al die bagasie (darem ook in ‘n waentjie met die lewendige hoenders in ‘n streepsak op die kap vasgebind) met gemak die pad Kleinmond toe

kafgedraf! Toe broer André universiteit toe is, het Pa skielik besluit ‘n kleiner kar sal dienlik wees en sy keuse val toe op twee: ‘n Morris Minor (klein) vir die gemeentewerk en ‘n Morris Oxford (nie veel groter nie) vir die gesin. By die Minor het ons nooit uitgekom nie en die Oxford was vir ons gesin gans te klein! Soveelso dat my twee broers, een vakansie toe almal moes inpas, met ‘n geleentheid die Swartbergpas moes oor omdat die ding nie met almal die pas kon oor nie!! Ma was glad nie lief vir die Morris nie, want: ”Ouman, dis omdat jy die ding tydens Pinksterdienste gekoop het. Plaas daarvan dat jou gedagtes by jou preke was, het jy meer aandag geskenk aan die ryding!” Nadat Emile ook universiteit toe is, was dit net ek en my suster agter in die motor met ‘n koffer tussen ons sodat ons mekaar nie kan sien nie, want dan sal ons nie baklei nie. Kort nadat ons die plaas verlaat het waar ons gekuier het, het ek al die bagasie uitgepak en die pap wiel met die noodwiel vervang, terwyl my pa my prys: ”Jean, wat sou ek tog sonder jou gedoen het!?” Maar skaars 50 myl later, op skoon ‘n verdwaalde, verkeerde, ellendige plaaspaadjie en nadat ek en Suster vasgesit het, laat hoor dieselfde pa (uit moedeloosheid en jammerkry vir sy kar): ”Jean, you’re good for nothing!!” Ja, dag ek toe by myself, netnou was ek nog goed, nou nie meer nie! (Snaaks hoe ‘n mens dié insident onthou en baie ander vergeet!!??) Die volgende ryding was ‘n blitsige Ford Zephyr “overdrive” waarmee ek my eerste formele ryles gekry het: ”Jean, hier is die koppelaar wat die masjien via die

ratkas met die dryfas verbind. Daar is die rathefboom (nog teen die stuurkolom) en daar die petrolpedaal. Die geheim van bestuur is die sinkronisasie tussen die koppelaar, ratte en petrolpedaal.” Pa se laaste motor was ‘n Ford Taunus stasiewa. Ek het skelm op hom leer ry, want met begrafnisse het Pa die motor langs die huis parkeer sodat hy vinnig kan inklim om na die begraafplaas te gaan. Dan het ek tydens die diens al om die huis en akkerbome (die pastoriegronde was ‘n rugbyveld groot!!) geoefen en die kar weer presies op dieselfde plek parkeer voordat hy inklim! Na Pa se skielike dood moes Ma noodgedwonge leer bestuur. Sy het haar lisensie sowat ‘n jaar voor my gekry en het geglo sy kan beter bestuur. Sy het ‘n baie eenvoudige bestuursbeleid gehad: as sy bv. oor Dutoitskloof ry en ‘n swaar vragmotor kom naby haar, trek sy eenvoudig van die pad af en wag tot hy ver weg is voordat sy voortry. Kom daar nog, doen sy dit weer en weer. Dit het nou nie vir haar saak gemaak as dit ure neem om in die Strand te kom nie!! Haar laaste ryding was ‘n dubbelgeslag Ford Escort, want die ‘spiedômiter’ was in m.p.u en km/h afgemerk. Die karretjie het later na my broer se dogter gegaan. Ongelukkig het sy die ou blou motortjie gerol. Ja, ek was altyd ‘n Volkswagenmens, maar het op my ‘oudag’ oorgeskakel na Chev. Onthou jy nog die wedywering tussen Nat en Sap en Ford en Chev?!! -- Jean

Bladsy 12

Bird Club

On Wednesday 17 February and 27 enthusiastic birders gathered at the Library car park at 07.30 for an outing to Stanford. The weather was cloudy and blustery, not exactly ideal bird watching weather. The first stop was at Prawn Flats on the Eastern side of Hermanus. Fortunately we slipped through the roadworks on the R33 with minimum delay. As we passed Bot River Lagoon a flock of blue cranes were spotted at the water’s edge, and from the road a large number of Greater flamingos could be seen on the Vermont salt pan. Having all arrived at the lay-bye above the bird hide at Prawn Flats, it was decided not to make the trek to the bird hide due to the distance, but rather spot from the lay-bye where the following birds were seen – Egyptian geese, Spurwing geese, Spoonbills, Kelp gulls, Sacred ibis, Black winged stilts, Grey heron, and numerous Greater flamingos scattered round the lagoon. A large flock of Terns could be seen but were too far away to identify – probably Swift terns. After an hour spent sighting and chatting, we moved on to Appel Dam at Stanford. This is a good location for various ducks and other water birds. Seen here were – Red knobbed coots, Swamp hen, Moorhens, White faced ducks, Yellow billed ducks, Little grebes, Darter, Blacksmith plovers, Egyptian goose, and Reed cormorants. After an hour spent at this location, the word coffee was heard several times, so off we went to the banks of the Klein River for a picnic under the trees. To make the most of the outing many birders then went for a walk along the river footpath. Although still windy we were able to see – Darters, Fiscal shrikes, White eyes, a number of Red faced mousebirds, and a Swallow, either European or saw-wing. A total of 23 different species was seen during the outing. Not a lot, probably due to the windy weather, but a very nice social occasion at a very pleasant venue. We finally dispersed about 11.30 by which time it was getting hot. Great to see some new faces at this outing. Keep it up, all are welcome. ( - Paul) Enquiries about future outings: Contact Joan & Hans Wurr. 0282715434 Cell. 0832449746


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

BB-ers wen hengel BETTYSBAAI – Die Bettysbaai rots-en strandhengelklub het op Saterdag 13 teen die span van Gordonsbaai gehengel in ‘n kompetisie. Die meeste van die vangste wat strand toe gebring is, was kabeljou. Voorsitter Andries Coetzee sê dit was ‘n ongelooflike lekker dag vir visvang, die weersomstandighede was goed en die water nie te koud nie. Die vistermanne het op verskeie plekke gehengel en die vis het lekker gebyt. GB se visgewig was 21,23 kg, terwyl BB se manne 36,1 kg vir die dag ingebring het.

Pryse: Die wenner van die dag was Danie Klem (BB) met 8,01 kg. Tweede was Andries Coetzee (BB) met 7,25 kg en derde ook ‘n BB-man, Edmund (Smurf) Olivier met 5.51 kg. Vierde en vyfde plekke plekke het aan GB gegaan, nl Hugo Krijnauw met 4,99 kg en Hennie Laubscher met 4,89 kg. Sesde was Derek Moolman (BB) met 4,46 kg. Baie geluk aan al die manne met hul onderskeie vangste. Die volgende kompetisie vind op 5 Maart by Struisbaai plaas (5 spesie). Stywe lyne!

Bladsy 13


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 14

Launch of PASA KLEINMOND – PASA (People Against Substance Abuse) opens their satellite office officially on Monday, 29 February. PASA is a registered NNPO and approved PBO based in George. The main focus of the organisation is to raise awareness of the problem in

our schools and community and to offer assistance to families with loved ones who suffer from addiction. They also do referrals and offer transport to affordable rehabilitation centres. The office is on the premises of Guthrie & Theron in Main Street.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 15

Piet Botha + Stoepkafee = groot lekkerkry KLEINMOND – Sondagmiddag het talle inwoners en aanhangers van Piet Botha en Jack Hammer by Stoepkafee in die hawe saamgetrek om die vrystelling van Jack Hammer se jongste CD te beleef. Kleinmond is een van 14 dorpe wat deel is van die groep se bekendstellingstoer. The official album launch tour across the country for Jack Hammer’s new album – A Handful of Rain included Kleinmond. The tour comprises 14 gigs in 24 days. Songs of rivers, highways and impossible love: these are the main motifs of Jack Hammer’s latest studio album, Handful

of Rain. Jack Hammer is the country’s longest-standing rock band, its existence spanning three decades with Piet Botha, the “godfather of South African rock”, at their helm. Their brand-new album comes after many years spent touring, and is an ode to the road, a story, a book of songs, a collection of quiet reflections of a man looking back on his life as a touring musician. The album was produced, mixed and mastered by SAMAwinner Peter Pearlson and was released online by VH Music and Publishing. (-ilna Grobler/ fb)

Die groep het bewonderaars onder jonk en ouer. Bo staan Charlotte Swart By Piet Botha.


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 16

www.overstrandherald.co.za

Overstrand Herald 028 271 3394


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 17

‘Electronic Nose’ Detects Prostate Cancer in Urine British researchers have developed a new device that effectively “sniffs out” prostate cancer cells in urine. The findings, by scientists with the University of Liverpool, mark an important milestone in developing a urine test to diagnose prostate cancer that could alleviate the need for invasive biopsies and other diagnostic procedures millions of men undergo each year. A pilot study of the so-called “Odoreader” device, published in the Journal of Breath Research, found that it was able to identify cancer among 155

men treated at British urology clinics. Of this group, 58 were diagnosed with prostate cancer, 24 with bladder cancer, and 73 without cancer. “There is an urgent need to identify these cancers at an earlier stage when they are more treatable as the earlier a person is diagnosed the better,” said Chris Probert from the University of Liverpool’s Institute of Translational Medicine, who has been working on the project for several years. “After further sample testing the next step is to take this technology and put it into a

user friendly format. With help from industry partners we will be able to further develop the Odoreader, which will enable it to be used where it is needed most; at a patient’s bedside, in a doctor’s surgery, in a clinic or walk-in center, providing fast, inexpensive, accurate results.” Co-researcher Norman Ratcliffe noted such a test would be a vast improvement on the notoriously unreliable PSA (prostate-specific antigen) test, now used to identify cancer. “There is currently no accurate test for prostate cancer; the vagaries of the PSA test

indicators can sometimes result in unnecessary biopsies, resulting in psychological toll, risk of infection from the procedure and even sometimes missing cancer cases,” Ratcliffe said. “Our aim is to create a test that avoids this procedure at initial diagnosis by detecting cancer in a noninvasive way by smelling the disease in men’s urine. A few years ago we did similar work to detect bladder cancer following a discovery that dogs could sniff out cancer. We have been using the Odoreader, which is like an electronic nose to sense the cancer.”

Man in Over-Hills geskiet KLEINMOND – ‘n Verdagte is Dinsdag op Botrivier in hegtenis geneem in verband met ‘n skietvoorval in Over-Hills oor die naweek. Klaarblyklik het die

verdagte sonder ooglopende rede ‘n man in die bors geskiet. Hy is tans in die hospitaal. ‘n Vuurwapen is in besit van die verdagte gevind.


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 18


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 19


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 20


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 21


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

GOLF RESUTS

Bladsy 22

WEDNESDAY 17/02/16 4B ALLIANS 1 SCORE ON 3S 2 SCORES ON 4S 3 SCORES ON 5S

1)S BURGER, E WHITEHEAD, D ROSSOUW, E VAN ZYL 92 POINTS 2) C LASSEN, D ERASMUS, K OLIVIER, D QUIRK 88 POINTS 3) C DE JAGER, K GELDENHUYS, G BARTON, B BARTON 88 POINTS FRIDAY 19/02/16 SUNDOWNER SINGLES STABLEFORD IST 9 1)M STERN 23 POINTS 2)P STERN 20 POINTS 3)C ANTONIE 20 POINTS SATURDAY 20/02/16 4B STABLEFORD 1ST 9 BETTER BALL 2 9 COMBINED

E WHITEHEAD, D ROSSOUW, E VAN ZYL, S BURGER, F EAGAR (CAPT) (2)

1)E VAN ZYL & D UNGERER 61 POINTS 2)C DE JAGER & B BARTON 59 POINTS 3)H KOEGELENBERG & S STEMMER 59 POINTS

www.overstrandherald.co.za

F EAGAR (CAPT) M STERNER (2)

F EAGAR (CAPT) E VAN ZYL, D UNGERER (2)


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 23

Op Saterdag, 20 Februarie het die atlete van Hoërskool Overberg by Grabouw deelgeneem aan die Suid-Boland byeenkoms. Die onderstaande 26 atlete het gekwalifiseer om op 26 en 27 Februarie 2016 by Coetzenburg, Stellenbosch aan die Boland Kampioenskappe deel te neem: Jaco Conradie, Adriaan Swart, Renaldo Pretorius, Rudi Matthys, Jayden-Lee Schroeder, Hendrik Prinsloo, Charles Vermeulen, Danel Franse, Clint Joseph, Faizel Pieters, Stanton Lewies, Martelize Jordaan, Curtleigh Tobias, Bradley Marthinus, Adriaan Hendricks, Simoné Immelman, Craighon Fenner, Kelley May, Christodoulos (Junior) Spanellis, Lauren Phillips, Winnray Oncker, Liané Jacobs, Lee-Hano Swarts, Duncan Adams, Ru-naldo Appel, Tanja de Kock. Saam op die foto staan me. Annamari Burger, atletiekorganiseerder.


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 24

Hat-trick for Jigsimur What a nail-biter! Jigsimur to Louis Kleinmond Apteek is die wenners and the Spar A and Spar A were level van Afdeling B na ‘n oorweldigende pegging going into the 10th and final oorwinning oor Gholfklub, wat end, but with their last bowl the hulle 12 punte besorg het. Hulle is reigning champs earned 5 points to die enigste span in Afdeling B wat retain their crown and finish as only slegs 2 keer geklop is. Whaletail unbeaten side. Well done, Dean en Du Preez Stegmann het 2de and your team and hard luck to en 3de plekke behaal nadat hulle Louis and Spar A who played them tien punte elk verdien het deur 3 times without success. Alimento oorwinnnings teen onderskeidelik and Bouhandel who both lost Munisipaliteit en Pep Stores. only 1 game this season, finished The Sportsmanship, “Wooden strongly to soundly beat Hoofpad Spoon” went to Chas Everitt who, and Xplore respectively and gain despite not winning any matches, 10 points each, pushing them up won many friends with their to 2nd and 3rd spots respectively and cheerfulness and humility in defeat. pipping Spar A to the prize. A B 1. Jigsimur 63(+55) 1.Kleinmond Apteek 52(+40) 2. Alimento 54(+29) 2. Whaletail 43(+2) 3. Bouhandel 51(+10) 3. Du Preez Stegmann 42(-26) 4. Spar A 49(+32) 4. Golf Club 41(+7) 5. Hoofpad 48(+8) 5. Tennis Club 39(-6) 6. KM Self Catering 48(-2) 6. Municipality 38(-19) 7. Xplore 45(+25) 7. Jukskei 36(-4) 8. Allrounders 45(+2) 8. Pep Stores 35(-8) 9. Pudding&Pie 44(-10) 9. Spar B 33(-26) 10. Bayside 41(-12) 10. Sharpa 32(-27) 11. ABSA 40(-7) 11. Guthrie&Theron 28(-28) 12. Caprichem 36(-14) 12. Chas Everitt 25(-21)

Jigsimur

Thanks to everyone for your enthusiastic support. See you at next year’s challenge! Alan 082 923 0675

www.overstrandherald.co.za Kleinmond Apteek

Alimento

Whaletail


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 25

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 26


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 27


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 28


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 28


Overstrand Herald

BUKSIES

25 Februarie 2016

GESOEK / WANTED

Enkel man wil by mense aan huis bly óf het u dalk ‘n billike woonstel? (Kleinmond) maar geen rook of drink – doen geestelike werk met E-pos boodskappe? Pieter (Petros) Gous 082 922 5818 / 076 242 0733 A baby’s playpen to loan, hire or buy for two months. Phone 083 776 3336 Looking for a small flat/room with bathroom. Phone 082 637 4846 Lucia is looking for work Mondays, Tuesdays and Thursdays. Has reference. Phone 076 779 7350 Alicia is looking for char work any day of the week. Phone 073 029 7995 / 071 400 7960 Gesoek om te koop of huur – 2x Draagbare twee-rigting radio’s met herlaaistel. Benodig vir April vakansie. Skakel 078 624 8754

Bladsy 30

egte leer R80. Skakel 084 583 7104 na 15:00 Tip-up garage door R300. Roof tiles 1650 (150 sqm) R5/tile. Phone 082 806 2960 Gas stove 3 burner with regulator (Nooven) R350. 2x Side tables Solid wood 500 H x 350 x 440 R200. Phone 028 271 3094 / 079 522 4183 Jong boomtamatie boompies teen net R20 to R30 elk, skaar e nook sierraad vir ‘n tuin. Vars, gevriesde vye netjies verwerk en verpak, net reg vir konfyt kook R32 per kg (5 bottels konfyt uit 2 kg vye). Skakel / whatsapp 082 797 1088 of na ure 028 271 3508 Wardrobe 1,340 L x 1,830 H R1200. TV 54 cm R500. Tumble Dryer R500. Matric dance/evening dresses size 32/34 from R200. Phone 028 271 4515 view from 12:00 – 14:00. Stewige ronde hout eetkamer tafel met 4 stoele. Skakel 079 613 7485 Washburn kitaar in goeie toestand R1500. Skakel 028 271 8015 / 072 178 9516

Amanda is looking for work. She has reference Eric 083 281 9615. Phone 073 639 9694

Groot verskeidenheid tuingereedskap by Bob Laubserstraat 8 Palmiet vanaf Donderdag to Sondag. Ook vlekvrye staal opwasbak, gordynkappe, gebruikte skadunette en plante. Skakel 076 290 8152

My char Jessica is looking for work 4 days a week. Good reference Mrs Maes 084 478 4495

Ligte Roomkleurige Trourok of Aandrok Nr 42 ongebruik. R999 o.n.a. Skakel 021 913 1341

Amanda is looking for char work 3 days a week. Has reference 083 301 7624. Phone 078 449 3969

VERLORE / LOST

Voet kontrole vir Bernina Bernette 50. Masjien geskenk aan KAWS maar sonder kontrole. Skakel 083 244 1245

TE KOOP / FOR SALE

Groot goud visse en ‘n vistenk met staander. Skakel 076 571 6407 Folding single bed with mattress – easily stored – takes little space R500. Phone 028 271 3912 Enkelbed R450. Kombuiskaste R350. Stortdeur R300. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Walker (4 wiel met sitplek) soos nuut R950. Skakel 028 271 8025 / 084 400 1509 Traditionele Duitse volksrokkie (“Dirndl”) no 10 – splinternuut R400. Houtmasker uit Malawi – ideale muurversier R60. “Moonbag” van

Gold ring with 4 very small Zirconias. Lost on Saturday morning – reward offered. Phone 028 271 3912

GEVIND / FOUND

Ford Escort sleutel met “Ford” embleem Maandag gevind by restaurant by swemstrand. Kan afgehaal word by die Herald se kantore. Ek het ‘n bril opgetel op 22 Februarie, in die Hoofstraat van Kleinmond in die omgewing van die dokter se spreekkamer, naby munisipale saal. Skakel Carlin by 074 261 6513 en beskryf om af te haal.

TE RUIL / TO SWOP

My townhouse – own title, pet friendly, 2 bedroom and 1 garage in Twinpalms Strand to swop for place in Kleinmond. Phone 083 609 9221


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Overberg Jukskei Overberg is met 4 spanne Riversdale toe om in die InterDistrik Toernooi deel te neem. Die spanne het baie goed gevaar, reën of te nie. Vier van Overberg se spelers is vir Wes-Kaap gekies om deel te neem in die SA Kampioenskap

Toernooi op Kroonstad in Maart. Hulle is Poppie Marais, Penny Davidson, Andre van der Walt en Tiekie Cox. Willie Marais is die manspanbestuurder. Die A span het Brons, die C1 span goud en die C2 span brons verower.

Bladsy 31

DAGBOEK

19 & 20 Februarie: Singleton’s Winkel is op Vrydag- en Saterdagoggende (somertyd) oop vanaf 08:30-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die Kleinmond Tennisbane word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. 21 Februarie: Piet Botha CD Launch by Stoef Café in Kleinmond. Kaartjies beskikbaar teen R100 per persoon. Beperkte sitplek. Navraag by Petro van Dyk 079 807 9726 23 Februarie: Kleinmond Kiekie Klub: Plek: N G Kerksaal 1ste laan: Tema: Argitektuur/ Architecture: Aanbieding Eie AV reekse van lede. 23 Februarie: VLV Vergadering om 14:30 in NG Kerksaal. Spreker: Phillip Obermeyer - plaaslike oogarts. Almal welkom. 26 Februarie: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting.

27 February: Pringhouse Eco Primary School is hosting their first ever CAR BOOT SALE! Come and join the fun! R50 per parking spot! Enquiries and bookings - Eloise 072 036 0148 29 FEBRUARIE: Kleinmond Leeskring vergader om 14:30 in die Gereformeerde Kerk . Fugitive pieces deur Anne Michaels word deur Isabel van Niekerk bespreek. Almal is welkom. Skakel 082 378 0057. 1 Maart: NG Gemeente vroue byeenkoms om 15:00 in NG Kerksaal. Spreker: Annelise Wiid. Kom geniet die midda. Almal welkom. 3 Maart: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis. Sue Hyens van Overberg Kwiltgilde kom besoek en gee ‘n demonstrasie. Bring saam die projekblok. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 376 8882. 7 Maart: Walkerbaai Seëlklub vergadering om 17:50 by Rolbalsaal Hermanus. Inligting 082 376 6252

10 March: Friends of the Hangklip Library. Theme: “Bee Keeping & the Benefits of Honey” by Sunra Mostert. Products FOR SALE from R35 –R80. Time: 10h30. Venue: Library, Betty`s Bay. All are most welcome! Almal welkom! 19 - 28 March: Craft Market in Crassula Hall, Betty’s Bay. 7 April: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergaderin om 09:30 in die Rolbaklubhuis. Bring blok vir projek saam. Demonstrasie vir “Apple Core” - papierlas. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882. 5 Mei: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhis. Bring prjek. Saamwerkoggend: Bring handwork en kwilt saam om te doen. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882.


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 32

KERKE / CHURCHES

The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075

NG KERK: 28 FEBRUARIE 2016 09:30 Kerkgebou Ds. Guy Roberts 08:30 Kerksaal Ds. Steven Sass 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Nico Rabe KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik

LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30

A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom

ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875

HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand

KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45

SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome LEWENDE WOORD BETTYSBAAI H/v Serruria en Watsonia Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons byeenkoms elke Sondag om 18:00: Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Erica by 083 556 3555. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal is welkom by Laerskool Kleinmond elke Sondagoggend 09:30. Navrae by Manie 082 331 3552 / 028 271 5592 of Gerrit 083 251 6039 / 028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;

ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Fr Neil February 084 222 1492 nkfebruary@gmail.com. PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 18:00. Thurday 17:00 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father John Keough 079 874 2281 / 021 859 5397 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2016: 03/04/2016 29/05/2016 24/07/2016 25/09/2016 04/12/2016 NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Zack deur na Weskaap byeenskoms KLEINMOND – Die jong Zack Coetzer, langbeen 0.13 hoogspring atleet van Laerskool Kleinmond, het op die Boland atletiekbyeenkoms ‘n tweede plek in sy item behaal met ‘n hoogte van 1,57m. Dis ook ‘n persoonlike beste. Die atleet wat eerste geëindig het en Zack het mekaar goed gehou tot op 1,57 m. Daarna is die dwarslat opgeskuif na 1,59m waarmee albei atlete gesukkel het. Die dwarslat in toe afgeskuif na 1,58m en die outjie wat gewen het, het hieroor gekom, hoewel die dwarslat glo maar erg gebiggel het. Zach verwerf hiermee sy Boland kleure en gaan die naweek op Oudshoorn deelneem aan die Weskaap byeenkoms.

Bladsy 33


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 34

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

25 Februarie 2016

Bladsy 35


South Boland Champs for 2015 In a year where the side was undefeated until the second last round the boys from KCC made amends in smashing Elgin on the weekend. The visitors were sent in to bat on a gloomy and cloudy morning. With conditions favouring the home side it became clear that the visitors

were going to be in for a tough day. The bowlers were efficient and didn’t stray from the game plan, bowling excellent lines and lengths until the batting side faltered. In the end the Elgin team was bowled out for 71 runs. Tersius Meintjies(3/16) and Divan de Wit(3/19) were the standout bowlers on the

day. In response KCC got the total in under 20 overs to clinch the league. Christiaan Jordaan scored 28 not out which took his tally for the season to 1027 runs. He was assisted by Divan de Wit 21 not out while Clive Van Wyk steered the early overs valiantly with Jordaan.

The season reads as follow: Played 11 won 10 (8 with bonus points) lost 1. If Kleinmond progresses to the next league next year we will require a bulli pitch, this is an expensive asset and anyone who wants to assist financially or share their wisdom on the process of building one will be welcome.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.